rapport/joshua na die reën-kompetisie: reëls en regulasies

5
RAPPORT - JOSHUA NA DIE REëN KOMPETISIE 1. Jou inskrywing by ’n kompetisie en/of jou aanvaarding van ’n prys (in die geval dat jy wel ’n prys wen) vervat jou bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes. 2. Die kompetisie is nie oop: 2.1.1. vir direkteure, lede, vennote, agente, werknemers of konsultante van Media24 - Rapport of enige maatskappy binne die Naspers Groep van maatskappye of enige verskaffer van goedere of dienste wat met die kompetisie verband hou nie; of 2.1.2. vir die eggenoot/-note, lewensmaat, sakevennoot of - assosiaat of die natuurlike of aangenome ouer, kind of broer/suster of enige van die persone gespesifiseer in 2.1.1 hierbo nie. 3. Deelnemers jonger as 18 jaar moet toestemming by hulle ouers of voogde verkry voordat hulle kan inskryf. 4. Indien jy ’n selfoon gebruik om vir die kompetisie in te skryf, sal die datakoste wat jy gebruik teen die heersende tariewe gehef word, wat van tyd tot tyd kan verskil. 5. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat jou inskrywing voor die sluitingsdatum deur ons ontvang word. Enige persone wie se inskrywings nie voor die sluiting van die kompetisie deur ons ontvang is nie, sal nie daarop geregtig wees om deel te neem nie, ongeag die rede vir die laat inskrywing. 6. Ons en ons geaffilieerdes is nie verantwoordelik vir enige inskrywings wat nie betyds of hoegenaamd deur ons ontvang is nie, ongeag die oorsaak daarvan. Sonder uitsondering is ons of ons geaffilieerdes nie verantwoordelik vir enige probleme of tegniese onklaarheid of enige onklaarheid of defek van enige telefoonnetwerk of -lyne, aanlynrekenaarstelsels, bedieners of verskaffers, rekenaarapparatuur of -programmatuur of verkeersopeenhoping (fisiek of op die internet, telefoonlyne of by enige ander diensverskaffer, webtuiste of ander toestel of medium) of enige kombinasie daarvan of enige ander tegniese of ander probleme nie. 7. Ons en ons geaffilieerdes is nie een verantwoordelik vir enige onregmatigheid of skade aan jou of enige ander persoon se rekenaar, selfoon of ander toestel wat deur jou gebruik is om vir die kompetisie in te skryf of om enige materiaal te verkry wat verband hou met die kompetisie nie.

Upload: netwerk24

Post on 17-Dec-2015

44 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Rapport/Joshua na die reën-kompetisie: reëls en regulasies

TRANSCRIPT

STANDAARDBEPALINGS EN -VOORWAARDES VIR KOMPETISIES

RAPPORT - JOSHUA NA DIE REN KOMPETISIE

1. Jou inskrywing by n kompetisie en/of jou aanvaarding van n prys (in die geval dat jy wel n prys wen) vervat jou bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes.2. Die kompetisie is nie oop:2.1.1. vir direkteure, lede, vennote, agente, werknemers of konsultante van Media24 - Rapport of enige maatskappy binne die Naspers Groep van maatskappye of enige verskaffer van goedere of dienste wat met die kompetisie verband hou nie; of2.1.2. vir die eggenoot/-note, lewensmaat, sakevennoot of -assosiaat of die natuurlike of aangenome ouer, kind of broer/suster of enige van die persone gespesifiseer in 2.1.1 hierbo nie.3. Deelnemers jonger as 18 jaar moet toestemming by hulle ouers of voogde verkry voordat hulle kan inskryf.4. Indien jy n selfoon gebruik om vir die kompetisie in te skryf, sal die datakoste wat jy gebruik teen die heersende tariewe gehef word, wat van tyd tot tyd kan verskil. 5. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat jou inskrywing voor die sluitingsdatum deur ons ontvang word. Enige persone wie se inskrywings nie voor die sluiting van die kompetisie deur ons ontvang is nie, sal nie daarop geregtig wees om deel te neem nie, ongeag die rede vir die laat inskrywing. 6. Ons en ons geaffilieerdes is nie verantwoordelik vir enige inskrywings wat nie betyds of hoegenaamd deur ons ontvang is nie, ongeag die oorsaak daarvan. Sonder uitsondering is ons of ons geaffilieerdes nie verantwoordelik vir enige probleme of tegniese onklaarheid of enige onklaarheid of defek van enige telefoonnetwerk of -lyne, aanlynrekenaarstelsels, bedieners of verskaffers, rekenaarapparatuur of -programmatuur of verkeersopeenhoping (fisiek of op die internet, telefoonlyne of by enige ander diensverskaffer, webtuiste of ander toestel of medium) of enige kombinasie daarvan of enige ander tegniese of ander probleme nie.7. Ons en ons geaffilieerdes is nie een verantwoordelik vir enige onregmatigheid of skade aan jou of enige ander persoon se rekenaar, selfoon of ander toestel wat deur jou gebruik is om vir die kompetisie in te skryf of om enige materiaal te verkry wat verband hou met die kompetisie nie. 8. Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat jy aan ons verskaf akkuraat, volledig en op datum is.9. Enige koste of uitgawes wat jy mag aangaan is vir jou eie rekening, buiten daardie items wat spesifiek by n prys ingesluit is. Media24 - Rapport sal nie verantwoordelik wees vir enige koste of uitgawes wat jy of jou metgesel (indien van toepassing) gedurende en vir die doeleindes van jou inskrywing vir die kompetisie en jou aanvaarding en/of gebruik van die prys aangaan nie.10. Ons maak of gee nie voor of bied enige waarborge, uitdruklik of implisiet, in verband met n prys nie, en in die besonder, maar sonder uitsondering, maak ons geen voorstelling en gee geen waarborg dat: 10.1. jou inskrywing of deelname aan die kompetisie noodwendig tot gevolg sal h dat jy n prys wen nie;10.2. n prys of enige aspek daarvan aan jou of, indien van toepassing, jou metgesel se vereistes, voorkeure, standaarde of verwagtinge sal voldoen nie;10.3. n prys of enige aspek daarvan bevredigend, stiptelik, sonder foute, veilig of betroubaar sal wees nie.11. Ons en ons geaffilieerdes sal nie verantwoordelik wees vir enige besering, skade, verlies of eis wat verband hou met die voorsiening van enige element van n prys nie. 12. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie uitgestel, verander of vir kontant of enige ander item geruil word nie. 13. Jy mag nie n prys wen as dit onwettig vir ons is om sodanige prys aan jou te verskaf nie. Indien jy wel so n prys wen, sal jy dit verbeur.14. Jy erken dat die aanvaarding en gebruik van n prys onderhewig is aan die voorbehoud dat:14.1. alle bepalings en voorwaardes vir sowel jou as jou metgesel sal geld en dat jy sal verseker dat jou metgesel instem om deur hierdie bepalings en voorwaardes gebind te wees en om dit te onderhou en sal voortgaan om dit te onderhou;14.2. jy volle verantwoordelikheid vir jou metgesel sal aanvaar;14.3. jy ons en ons geaffilieerdes vrywaar en skadeloos stel teen enige eis deur jou metgesel of enige derde party in n geval waar jou metgesel enige verlies of skade ly voortvloeiend uit jou metgesel se aanvaarding en/of gebruik van die prys;15. Indien jy of jou metgesel (indien van toepassing) versuim om aan enige van hierdie bepalings en voorwaardes te voldoen, sal jy, behoudens enige ander regsmiddels tot ons beskikking:15.1. outomaties gediskwalifiseer word en sal jy die prys/e verbeur (in welke geval jy reeds n prys gewen het);15.2. ons betaal vir enige verlies of skade wat ons gely het direk of indirek as gevolg van jou (of, indien van toepassing, jou metgesel se) nie-nakoming, insluitend al ons regskoste (insluitend prokureurs- en eie klintekoste) wat ons mag aangaan om stappe te doen ooreenkomstig jou (of jou metgesel se) nie-nakoming; en15.3. sal jy ons en ons geaffilieerdes vrywaar en onskadelik stel van enige eis deur enige persoon (hetsy direk, indirek, toevallig, bestraffend of voortvloeiend) van enige aard, weens nalatigheid of enige ander oorsaak, wat verband hou met dood, besering, verlies en/of skade wat gely mag word na aanleiding van jou versuim om hieraan te voldoen.16. Vir alle doeleindes hierin, beteken geaffilieerde ons vennote, medepromotors en borge van hierdie kompetisie, ons filiaalmaatskappye, ons en hulle filiaalmaatskappye en die onderskeie houermaatskappye, die filiaalmaatskappye van hulle houermaatskappye en ons en hulle direkteure, beamptes, werknemers, agente en verteenwoordigers.17. Persoonlike inligting wat van jou verkry word, sal ingevolge beste bedryfspraktyk in die Republiek van Suid-Afrika gestoor en verwerk word. 18. Deur in ons promosies deel te neem word jou persoonlike inligting (selfoonnommer) outomaties in n databasis gestoor vir toekomstige promosiedoeleindes. Jy verleen dus toestemming aan Rapport om in die toekoms vir promosies te kontak. 19. Persoonlike inligting sal nie aan derde partye verhandel, verkoop of verhuur word nie. Hoewel ons poog om nie enige van jou persoonlike inligting aan derde partye openbaar te maak nie, mits ons jou toestemming het, of vir die doel van ons wettige sakebelange, waarborg ons nie dat jou persoonlike inligting nie sonder jou toestemming met derde partye gedeel sal word nie.20. Hierdie bepalings en voorwaardes sal volgens kontrakwette en dispuutoplossingswette in die Republiek van Suid-Afrika verklaar, vertolk en toegepas word.21. Joshua na die Ren se optrede hang af van sy beskikbaarheid en wenskool word versoek om daarom te werk. 22. Finaliste sal bepaal word deur middel van 'n paneelsitting. 23. Die wenskool word bepaal deur meeste stemme ontvang.24. Die name van die wenners sal in Rapport en op Netwerk24 gepubliseer word.25. Die wenners sal in kennis gestel word deur middel van die kontakbesonderhede wat aan ons verskaf is. Indien ons of n derdepartyverskaffer nie in staat is om die wenner binne 24 uur of na 3 telefoonoproepe te kontak nie of indien die wenner nie in staat is om die prys binne 60 dae op te eis nie, sal die wenner die prys verbeur en behou Media24 - Rapport die reg voor om n nuwe wenner te trek onder dieselfde voorwaardes.26. Media24 - Rapport en die beoordelaar se beslissing oor enige saak rakende die kompetisie en/of saak wat uit hierdie bepalings en voorwaardes voortspruit, is finaal en bindend op jou en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie. 27. Ons kan vereis dat jy ons van sodanige bykomende inligting voorsien soos wat ons redelikerwys benodig om jou aanvaarding en/of die gebruik van n prys te prosedeer/verwerk en te bevorder/fasiliteer.28. In gevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hulle persoonlike inligting (ID-nommer, volle adres en kontaknommers) aan ons verskaf om die pryse op te eis.29. In die geval waar jy n prys wen wat deur n derdepartyverskaffer voorsien is, sal die verskaffer jou kontak om relings vir die afhaal daarvan te tref. In hierdie verband moet jy die prys afhaal op die tyd en datum waarop met die verskaffer van die prys ooreengekom is. Alle korrespondensie betreffende die prys moet aan die verskaffer van die prys gerig word. Media24 - Rapport sal nie verantwoordelik wees vir enige verdere korrespondensie, besering, skade, verlies of eis wat met die verskaffing van enige element van die prys verband hou nie.30. Ons en ons derdepartyverskaffers, soos die geval mag wees, behou die reg voor om die kompetisie en enige pryse of enige aspek daarvan te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer sonder enige kennisgewing, te eniger tyd, vir enige rede wat ons mag nodig ag. In die geval van so n verandering, uitstelling, opskorting of kansellasie, stem jy daartoe in om afstand te doen van enige regte, belange en verwagtinge wat jy ten opsigte van hierdie kompetisie het en erken jy dat jy geen reg op skadevergoeding teen ons, ons geaffilieerdes en derdepartyverskaffers het nie. 31. Jy stem daartoe in dat jou deelname aan die kompetisie en jou aanvaarding en/of gebruik van die prys of enige aspek daarvan op eie risiko geskied.32. Ons en ons geaffilieerdes sal nie verantwoordelik wees en aanvaar geenaanspreeklikheid vir enige verlies, verpligting, besering, koste of skade (hetsy direk, indirek, toevallig, bestraffend of voortvloeiend) van enige aard wat gely word weens nalatigheid of enige ander oorsaak voortspruitend uit jou deelname aan die kompetisie of deur die aanvaarding en/of gebruik van enige prys deur jou of jou metgesel (indien van toepassing) of as gevolg van enige aksie wat ons of enige van ons geaffilieerdes volgens die bepalings en voorwaardes neem nie.