psalm 121 - gk daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die here ons met hierdie psalm sal aangyp en...

16
Psalm 121 Op pad na die Nuwe Jerusalem: Breek met jou afgode en vertrou op die HERE. Want Hy is jou enigste ware Helper en Bewaarder. Januarie 2017 Ps 84: 1, 2 – vooraf Ps 33: 1, 10, 11 – lofpsalm Ps 115: 3, 4, 6 – na wet Ps 84: 3, 4, 6 – as antwoord op die Woord Ps 118: 1, 3, 4 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 91: 1, 8 – slotpsalm Lees: Ps 121 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes dis ‘n nuwe jaar. Verlede week het alles weer begin. Die skole het begin en skoolwerk. Almal is werk toe. Party van ons het by nuwe plekke begin. Ander van ons worstel omdat dinge maar net nie so lekker wil begin nie. En dan wonder mens: Waarheen is alles op-pad? Waarheen is ons op-pad? * * * * * Nou wanneer Israel die HERE se OT-kerk sy OT-dissipels Ps 121 gesing het was hulle op-pad Jerusalem toe. Verduidelik 1 En dan was Ps 121 bedoel vir-ie pad Jerusalem toe. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop ingaan. Toepassing En ek en jy? Wel as-aar nou een belangrike ding is 1 1a יר שhet die betekenis van ‘’n lied(vgl. NIDOTTE vol 4 bl. 99; Boice se Ps. komm. vol 3 bl. 1068). 1a ת֥ לֲ ע מ ל= voorsetsel-frase ל+ lw ה+ mv van מעלה. ת֥ לֲ ע מ לhet dan die betekenis van vir die pelgrimstogte’/ vir die opgaan-togte(Holladay bl. 207; NIDOTTE vol 3 bl. 402). Ps. 120, 122-134 se opskrifte is telkens יר שת֥ לֲ ע מ ה. Hierdie Psalms is dan gesing tydens die pelgrimstogte na Jerualem vir die drie groot feeste wat in Jerusalem gehou is Pasga, Pinkster, Loof-huttefees (vgl. NIDOTTE vol 3 bl. 403; Reformation study Bible bl. 185; Kidner se Ps. komm. bl. 429; Reformation study Bible bl. 850; Allen se Ps. komm. bl. 194; Lane se Ps. komm. vol 2 bl. 141; Boice se Ps. komm. vol 3 bl. 1069). Dit kan ook wees dat ת֥ לֲ ע מ הwys op die terugkeer uit die balingskap vgl. Esra 7:9 (Lange se Ps. komm. bl. 16). Waarom verskil Ps. 121 se opskrif? Waarom die voorsetsel-frase לby לת֥ לֲ ע מ? Dis net by hierdie Psalm wat ons hierdie vorm van die opskrif kry (vgl. Bonar se Ps. komm. bl. 382; Lange se Ps. komm. bl. 604; K&D se Ps. komm. bl. 272; Allen se Ps. komm. bl. 193). Lane se Ps. komm. vol 2 bl. 143 wys my daarop dat Ps. 121 spesifiek bedoel is vir die pad. Ander van die pilgrim-psalms is gerig op die wegtrek, ander op die aankoms. Ps. 121 met sy ‘’n lied vir die pelgrimstogte’ is spifiek bedoel vir die pad.

Upload: others

Post on 26-Mar-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

Psalm 121 Op pad na die Nuwe Jerusalem:

Breek met jou afgode en vertrou op die HERE. Want Hy is jou enigste ware Helper en Bewaarder.

Januarie 2017

Ps 84: 1, 2 – vooraf Ps 33: 1, 10, 11 – lofpsalm Ps 115: 3, 4, 6 – na wet Ps 84: 3, 4, 6 – as antwoord op die Woord Ps 118: 1, 3, 4 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 91: 1, 8 – slotpsalm

Lees: Ps 121 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes dis ‘n nuwe jaar. Verlede week het alles weer begin. Die skole het begin en skoolwerk. Almal is werk toe. Party van ons het by nuwe plekke begin. Ander van ons worstel omdat dinge maar net nie so lekker wil begin nie. En dan wonder mens: Waarheen is alles op-pad? Waarheen is ons op-pad?

* * * * * Nou wanneer Israel die HERE se OT-kerk sy OT-dissipels Ps 121 gesing het was hulle op-pad Jerusalem toe.

Verduidelik1 En dan was Ps 121 bedoel vir-ie pad Jerusalem toe.

Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop ingaan.

Toepassing En ek en jy? Wel as-aar nou een belangrike ding is

1 1a – יר עלות – het die betekenis van ‘’n lied’ (vgl. NIDOTTE vol 4 bl. 99; Boice se Ps. komm. vol 3 bl. 1068). 1a ש מ = ל

voorsetsel-frase ל + lw ה + mv van עלות .מעלה מ ’het dan die betekenis van ‘vir die pelgrimstogte’/ vir die opgaan-togte ל

(Holladay bl. 207; NIDOTTE vol 3 bl. 402). Ps. 120, 122-134 se opskrifte is telkens יר עלות ש מ ה . Hierdie Psalms is dan

gesing tydens die pelgrimstogte na Jerualem vir die drie groot feeste wat in Jerusalem gehou is – Pasga, Pinkster,

Loof-huttefees (vgl. NIDOTTE vol 3 bl. 403; Reformation study Bible bl. 185; Kidner se Ps. komm. bl. 429; Reformation

study Bible bl. 850; Allen se Ps. komm. bl. 194; Lane se Ps. komm. vol 2 bl. 141; Boice se Ps. komm. vol 3 bl. 1069).

Dit kan ook wees dat עלות מ .wys op die terugkeer uit die balingskap – vgl. Esra 7:9 (Lange se Ps. komm. bl. 16) ה

Waarom verskil Ps. 121 se opskrif? Waarom die voorsetsel-frase ל by עלותל מ ? Dis net by hierdie Psalm wat ons hierdie

vorm van die opskrif kry (vgl. Bonar se Ps. komm. bl. 382; Lange se Ps. komm. bl. 604; K&D se Ps. komm. bl. 272;

Allen se Ps. komm. bl. 193). Lane se Ps. komm. vol 2 bl. 143 wys my daarop dat Ps. 121 spesifiek bedoel is vir die

pad. Ander van die pilgrim-psalms is gerig op die wegtrek, ander op die aankoms. Ps. 121 met sy ‘’n lied vir die

pelgrimstogte’ is spifiek bedoel vir die pad.

Page 2: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

1

ook vir-ie begin van hierdie jaar dan-sit dat ons ook op-pad moet wees. En dan na-ie nuwe-Jerusalem toe, hemel toe, nuwe aarde toe. En dan moet osn op-pad-wees ‘n op-pad-wees by Jesus in navolging van Jesus. Ons moet op-pad wees op-ie pad van heiligmaking en dissipel-wees. Dit moet vir ons ‘n pad wees

waarop ons al meer God-gesentreerd leef. Dit moet vir ons ‘n pad wees

waarop-ie wil van God by Jesus en deur Jesus al meer ons wil ons vreugde word.

* * * * * En wanneer ons dan so by Jesus op-ie pad van dissipel-wees en heiligmaking op pad is na-ie Nuwe Jerusalem dan’s Ps 121 ook vir ons. En dan-sit ‘n Psalm wat sê:

Op pad na die Nuwe Jerusalem: Breek met jou afgode en vertrou op die HERE. Want Hy is ons enigste Helper en Bewaarder.

Toepassing En nou gaan ons vers vir vers deur Ps 121 gaan en meer oor hierdie waarheid leer. Ons gaan sien hoe-it op ons van toepassing is. Kom ons bid dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk.

1. Nou heel eerste moet ons leer

dat Ps 121 ‘n Psalm is vir-ie pad na-ie nuwe Jerusalem. A. Ons sien-it in vers 1. Kyk dit begin met: “‘n Bedevaartslied.”

Opmerking En kom ons gaan bietjie in op hierdie Bedevaartslied. Want dis in hierde woord dat ons leer-at Ps 121 ‘n Psalm is vir-ie pad na-ie nuwe Jerusalem.

Verduidelik2 Nou ons kan “Bedevaartslied” ook vertaal met ’n lied vir-ie op-gaan’. Dis hoe-ie ESV dit vertaal: “A Song of Ascents” . En nou lyk-it my hierdie op-gaan was op-gaan na Jerusalem. So Ps. 121 was ‘n lid vir-ie op-gaan na Jerusalem. Of ’n lied vir die pelgrimstogte na Jerusalem Of ’n lied vir die reis na Jerusalem.

En dan-saar ’n hele klomp van hierdie Psalms. Ons kry hulle van Ps. 120-134.

2 Holladay bl. 207; NIDOTTE vol 3 bl. 402

Page 3: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

2

So Ps. 121 is deel van hierdie Bedevaartsliedere of liedere vir-ie reis na Jerusalem.

Verduidelik3 En dan’s hierdie liedere gesing wanneer Israel daar in-ie OT na Jerusaelm gereis het vir-ie groot jaarlikse feeste

die Pasga die Pinkster-fees en-ie loof-hutte-fees. Dis-ie feeste wat die HERE in-ie OT vir sy volk gegee het. Elke jaar moes hulle dit hu.

En dan’s Ps. 121 deel van hierdie Psalms. Dis ’n lied bedoel vir-ie reis na Jerusalem.

* * * * * B. So wat sê-it vir ons? Wat-sie boodskap as ons uit vers 1 se “Bedevaartslied” leer-at Ps. 121 ’n lied is vir-ie Jaarlikse reise na Jerusalem? Wel vir my en jou wat al in Jesus glo en Hom nou volg moet hierdie OT-reise na Jerusalem vir-ie jaarlikse feeste iets vertel van ons eie op-pad-wees na-ie nuwe Jerusaelm.

Verduidelik4 Sag 14:16 wys-it. Daar staan-at “almal wat oorbly uit al die nasies

dis almal wat bekeer het uit al-ie volke5 sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier.”

Opmerking6 Nou die hutte-fees was een van-ie jaarlikse feeste in Jerusalem. Die Israeliete het dan in tak-hutte gebly. Dit was ’n fees van baie vreugde en blydskap. Dit was ’n fees waarin-ie Israeliete gefokus het op-ie groot verlossingswerke van-ie HERE.

En dan profeteer-ie HERE deur Sagaria dat ’n tyd gaan kom dat gelowiges uit alle volke so gaan optrek gaan reis na Jerusalem vir-ie fees. En dan is-it ’n profetiese manier van praat oor hoe elkeen wat werklk deur-ie HERE tot bekering gekom het uiteindelik op reis is na-ie nuwe Jerusalem vir-ie ewige fees van-ie ewige lewe op-ie nuwe aarde.

Toepassing En ja. Dis waaroor-it gaan as ons in Ps. 121:1 lees dat hierdie Psalm ’n “Bedevaartslied” is

’n lied is vir-ie reis na Jerusalem.

3 NIDOTTE vol 3 bl. 403; Reformation study Bible bl. 185; Kidner se Ps. komm. bl. 429; Reformation study Bible bl. 850;

Allen se Ps. komm. bl. 194; Lane se Ps. komm. vol 2 bl. 141; Boice se Ps. komm. vol 3 bl. 1069 4 Vgl. NIDOTTE vol 2 bl. 21; Mackey sê sag komm. bl. 266 5 Vgl. Reformation study Bible bl. 1341 6 Vgl. Reformation study Bible bl. 1341

Page 4: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

3

As ons in vers 1 lees-at Ps. 121 “’n Bedevaartslied” dan moet daai woord ons wys op ons eie reis na-ie nuwe Jerusalem.

* * * * * C. En dan’s hierdie reis belangrik. Want vir ons is hierdie reis die pad van heiligmaking en dissipelskap. Dis hoe ons nou op-pad is na die nuwe-Jerusalem. Ons pad is ons elke dag se lewe van heiligmaking en dissipel-wees.7

Verduidelik8 Dis ons lewens van altyd bekeer na Jess toe. Altyd weer breek met ons sondes ons afgode. Dis ons lewens by Jesus en deur Jesus van al meer my eie wil prys gee. Dis ons lewens by Jesus en deur Jesus waarin die HERE se wil al meer my wil en my vreugde word.

Toepassing So hei geliefdes waar’s ek en jy? Is ons op hierdie pad?

* * * * * Oorgang Maar kom ons gaan eers aan. Want Ps. 121 het ook ’n baie belangrike oproep. 2. Want Ps. 121 roep ons op

om op pad na-ie nuwe Jerusalem altyd te breek met ons afgode.

A. En ons kry hierdie oproep as vers 1 sê: “Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?”

Verduidelik9 Party verklaarders verstaan hierdie so dat die berge waaroor-it hier gaan die berge rondom Jerusalem is.

Opmerking Ps. 87 en Ps. 125 praat bv. oor hierdie berge rondom Jerusalem.

En as vers 1 dan sê: “Ek slaan my oë op na die berge ...” dan gaan-it daaroor dat jy vol verwagting na-ie berge toe kyk en na Jerusalem toe kyk war-ie Tempel is en eintlik dan ook na die HERE toe kyk vir jou hulp en uitkoms.

Bewys Ons ou Neerandse Statevertaling vertaal-it ook so: “Ek slaan my oë op na die berge: vanwaar af sal my hulp vandaan kom.”

7 Vgl. Boice se Ps. komm. vol 3 bl. 1068; Beale, A New Tstamnt Biblical Theology – The unfolding of the New Testament in the Old,

bl. 860, 938 8 Vgl. Heidelbergse Kategismus, Sondag 33; Beale, A New Tstamnt Biblical Theology – The unfolding of the New Testament in the

Old, bl. 860, 938. Vgl. Ook 2Kor 7:1 9 Vgl. Allen se Ps. komm bl 206-207; K&D se Ps. komm bl 272; Kidner se Ps. komm. bl. 431; Lane se Ps. komm. vol 2

bl. 143: Boice se Ps. komm. vol 3 bl. 1076-1077.

Page 5: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

4

Hoor julle? Die vertaling is so dat die plek vanwaaraf jou hulp kom die berge is.

* * * * * B. Maar ek dink in nederigheid dat ons nie vers 1 so moet verstaan nie. As ons mooi kyk na-ie Hebees sien ons-it ook. Vers 1 sê: “Ek slaan my oë op na die berge ...”

Verduidelik10 So daar word vol verwagting na-ie berge gekyk want vandaar af word hulp verwag.

Maar dan kom daar ’n vraag.

Verduidelik11 Die Hebreuse woorde wys-it mooi. ’n Vraag: “... waar sal my hulp vandaan kom?” Dis ’n vraag. Dis nie ’n sinnetjie wat sê-at my hulp van die berge afkom nie. Nee dis ’n vraag. En dan’s hierde vraag eintlik ’n manier om te sê: ‘Hei ons hulp kom beslis-ie van die berge af-ie. So waar kom-it dan vandaan? Want dit kom-ie van-ie berge af-ie.’

Opmerking12 Dis ook hoe Calvyn vers 1 verklaar.

* * * * * C. Nou in-ie OT in Israel was-ie berge baie maal ook-ie plek waar vir-ie afgode geoffer is en waar eredinste vir afgode gehou is.

Bewys13 In Jer. 2:20 sê-ie HERE bv. aan Israel wat haar rug op die HERE draai en in liefdeloosheid die HERE los en agter ander gode aagaan

agetr hulle aan hoerer soos ’n slegte vrou wat haar man los wat nog net altyd goed en lief was vir haar.

Die HERE sê vir hulle: “van ouds af het jy ... gesê: Ek sal nie (die HERE) dien nie; want op elke hoë heuwel ... gaan jy lê om te hoereer.” Ons sien-t ok in Jer. 3:6

10 1b – Die uitdrukking י ינ א ע .het, geparafraseer, die betekenis van ‘ek kyk met verwagting’ (vgl NIDOTTE vol 3 bl 378) אש

11 Vgl. NIDOTTE vol 1bl 1054; Calvyn se Ps komm vol 5 bl 63; Allen se Ps komm bl 207; Boice se Ps. komm. vol 3 bl.

1077 12 Vgl. Calvyn se Ps. komm. Vol 5 bl. 63; Boice se Ps. komm. vol 3 bl. 1077 13 Vgl. NIDOTTE vol 1 bl 1054; Allen se Ps komm bl 207; Boice se Ps. komm. vol 3 bl. 1077; Mathew Henry, Logos Bible Software

Page 6: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

5

So sien julle? Op-ie berge is baie maal afgode gedien.

Verduidelik En as gelowige Israeliete in-ie OT sê: “Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?” dan sê hulle eintlik:

‘Vanaf-ie berge en-ie afgode daarop kom ons hulp beslis nie. Nee! Breek daarmee. Dis sinloos Dis dwaas. Afgode kan nooit werklik help nie.’

Bewys En keer op keer sê die HER-it. In 1Sam 12:21 sê-ie HERE: “julle mag nie afwyk (van-ie HERE af) nie, want dan gaan julle agter nietige afgode aan wat nie kan help of red nie, omdat hulle nietighede is.” In Jer. 3:23 staan daar: “tevergeefs verwag hulle (verlossing/ hulp) van die heuwels ... waarlik, in die HERE onse God is Israel se heil.” En in Jes. 44:9 staan daar: “Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid, en hulle lieflinge bring geen voordeel nie ...”

Toepassing14 En nou met ons dit tog uit vers 1 aanneem. Op-ie pad van heiligmaking en disipelskap Op-ie pad na-ie nuwe Jrusalem moet ons breek met ons afgode. Want hulle kan nooit waarlik help nie. Want ons afgode is altyd iets wat ons uitdink. Dis iets wat ons moet help red verlos dis iets of iemand wat ons geluk moet gee dis iets wat ons vastigeheid moet gee dis iets wat my lewe die moeite werd maak.

Voorbeelde15 Dit kan ’n goeie loopbaan wees. ’n Goeie vriend jou man jou meisie. En as jy hom verloor dan kom jy agter jy kan nie sonder hom nie. Want eintlik het hy jou god geword. Dis baie keer goed wat nie op hulle eie verkeerd is nie. ’n Mediese fonds jou pensioen jou salaris.

14 Vgl. God, Revelation and Authority, vol 5 bl. 73, Logos Bible software. 15 Vgl. Christians can get depressed, Kindle; Keller, Cener Church, 70-71

Page 7: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

6

Maar intussen is jy besig om jou vertroue daarop te stel. Dit kan ‘n politieke party wees wat ons tog moet verlos uit die hand van ‘’n swak korrupte regering. En dan word hulle vir jou aanvaarbaar al het hulle waardes wat reguit ingaan teen die Bybel. Weet jy dan’t jou begeerte na beter regering hier-en-nou dalk vir jou te belangrik geword ’n afgod geword. Jou afgod kan dalk daai naweek-wegbreke wees wat net ’n moet geword het waar sonder jy nie meer kan klaarkom nie. Jou afgode kan-aai goed wees waarvoor ek sal veg dit wat my by breekpunt-hartseer en depressive bring. Dis daai heroien jou selfoon jou internet

wat jou middlaar is na daai pornografie site toe of daai rekenaar-games

waarmee jy ontsnap uit jou misrabele werklikheid.

Maar weet julle: Al hierdie goed is altyd hier. Dis altyd deel van hierdie wêreld. En van hierdie wêreld sê Paulus in Rom 8:20 dat dit “aan die nietigheid onderworpe is, (omdat die HERE) ... dit (aan nietigheid onderwerp het.” As straf op Adam se sonde. Ons lees ook daarvan in Gen. 3:17-19.

* * * * * En dan kom ons en ons maak wat nietigheid niks is tevergeevsheid is die ding wat die belangrikste is in ons lewens die ding wat ons dryf wat die lewe sinvol maak wat stabilieteit en voorspoed moet gee en hulp. En dan stel-it altyd telleeur. Altyd. “omdat hulle nietighede is.” Sê die HERE.

Toepassing So dis wat Ps. 121:1 vir ons sê. Ons Hulp ons Helper kom-ie van-ie berge af nie. Dit kom nie uit enige iets in hierdie wêreld nie. Dit kom nie van ons afgode af nie. So gelefdes kom ons breek met ons afgode. Vandag. In hierdie jaar. Op-ie pad van dissipelskap en heiligmaking aanmekaar. Breek daarmee. Want ware Hulp kom-ie van hulle af nie. Hulle kan-it nie gee nie.

Page 8: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

7

3. Nee Vers 2 sê: “My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”

Verduidelik Ja van die HERE af kom ons ware Hulp.16 En die HERE self is ons Helper.17

Bewys Deut. 33:26 sê: “Niemand is daar soos God ... wat oor die hemel ry as jou hulp, en oor die wolke in sy hoogheid.” En in Jes. 41:10 sê die HERE: “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.”

A. En Hy kan geliefdes! Want Ps 121:2 sê die HERE is-ie Een “wat hemel en aarde gemaak het.”

Verduidelik18 En as-ie HERE die “hemel en aarde gemaak het” dan’s hemel en aarde ’n manier om te praat van-ie ganse alles. Ja-ie HERE is-ie skepper van-ie heelal van alle sienlike en onsienlike dinge. Alles.

En dan? Wel-it beteken dan dat die HERE ook Soewerein almagtig is.19

Bewys Hoor hoe sê Jer. 32:17 dit: “Here HERE, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar (of te moeilik nie ... of ondoenbaar) nie.”

B. En dan is die HERE mos die Een wat waarlik kan Help geliefdes!

Christus verkondiging Weet julle, ons sien hierdie Hulp van-ie HERE af, “wat hemel en aarde gemaak het” en daarom Almagtig is die heel wonderlikste in-ie volheid van-ie tyd. Dis daar in Luk. 1. In vers 30-31 is daar ’n engel wat met Maria praat.

16 2a – Die voorsetsel-frase ם ע .en het die betekenis van ‘weg van by’/ ‘vanaf’ (Holladay bl 275; Bonar se Ps עם + מן = מ

komm. bl. 383). Die KJV en ESV vertaal met “cometh from”. Geprafraseer vertaal ek dan 2a soos volg: ‘Die Een wat my help kom van die HERE af.’ Hierdie Helper van my is dus by die HERE en kom van Hom af.

17 Vgl. NIDOTTE vol 3 bl. 378, 379 18 2b – ה ש ה Qal part ml ev wat = ע so meen ek, byvoeglik verder beskryf (BHNG bl. 123) en het die betekenis van ‘wat ,יהו

gemaak het’ (Holladay bl. 284). Wanneer ה beskryf word as die Een wat die יהו ם י מ רץש א ו gemaak het, dan verwys ם י מ ש

רץ א na die ganse kosmos (vgl. NIDOTTE vol 1 bl 519, 730, vol 4 bl. 161). Die HERE is dus die Maker/Skepper van die ו

ganse Kosmos (NIDOTTE vol 3 bl. 547).

19 Vgl. NIDOTTE vol 1 bl. 732, vol 3 bl. 616; Calvyn se Ps. komm. vol 5 bl. 64

Page 9: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

8

Maria is ‘n meisie Sy’s nog ’n maagd. En dan sê die engel vir haar: “Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.” In vers 34 sê Maria: “Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?” En dan? Wel toe sê-ie engel in vers 37: “geen ding sal by God onmoontlik wees nie.” Want Hy is die Almagtige, Skepper van hemel en aarde wat ons Helper, Jesus, stuur van Hom af en Hom gebore laat word deur ’n wonderwerk uit ’n maagd. En deur Jesus is-ie HERE ons Helper wat ons verlos daar waar ons total hulpeloos-verlore in ons sonde dood is daar waar ons hulpeloos-verslaaf is aan ons afgode van wie af ons hulp verwag en dit net nooit werklik kry nie omdat hulle nietighede is.

Opmerking Die ergste van alles is-at in ons hulpeloosheid wil ons nie die HERE se Hulp hê nie. Want in ons sonde verloreneheid in ons verslaafdheid is ons soos Paulus oor ons praat in Rom 8:7. Dis waar Hy sê: “wat die (natuurlike mens) bedink is vyandskap teen God; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.”

Maar dan help die HERE ons uit genade alleen.

Bewys Hand 3:26 sê dat die HERE “sy Kind Jesus ... vir julle gestuur het om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.” Sodat ons ons kan bekeer van die afgode tot God20 ons ware Helper vir ons hele lewe.

Topassing Daarom: Kom ons breek met ons afgode. Kom ons vertrou op die HERE. Hy is ons enigste ware Helper. Van Hom-af kom ons enigste ware Helpe Jesus.

* * * * * Weet julle: Die wonder is-at as ons so breek met ons afgode en vertrou op-ie HERE

20 1Tes 1:9

Page 10: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

9

dan-sit omdat die HERE “wat hemel en aarde gemaak het” en Almagtig is in almag ons eerste kom help het toe ons ons self nie kon help nie.

Oorgang En dan kom gee vers 3-8 hierdie wonderlike verdere onderrig oor Wie die HERE vir ons is. Vers 1-2 praat en bely vir ons as ware dissipels: “My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.” In vers 3-8 word daar met ons gepraat.21

Bewys Kyk vers 3 sê: “Hy kan jou voet nie laat wankel nie ...” En so hou dit aan in die res van vers 4-8: “... Die HERE is jou Bewaarder ... Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar (of jou in die lewe hou22). Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar ...” Sien julle. In vers 1-2 praat ons self met die Woorde van die Heilige Gees. In vers 3-8 praat die Heilige Gees met ons oor Wie die HERE vir ons is.

4. En kom ons fokus hierop.

Op vers 3-8 se onderrig oor Wie die HERE vir ons is hier op-ie pad van heiligmaking en dissipelskap op pa na die nuwe Jerusalem.

Opmerking Nou in vers 3-8 is-aar nogal baie detail waarop ons kan ingaan. Wonderlike goed. Maar ons gaan nie nou tyd hê daarvoor nie. So ons gaan meer fokus op-ie hoof-saak die hoof-tema in vers 3-8.

A. Nou die hoof-Saak of-ie hoof-tema is-at die HERE as enigste ware Helper ook ons Bewaarder is. Op-ie pad na die Nuwe Jerusalem

die pad van heiligmaking en dissipelskap is-ie HERE ons Helper en Bewaarder.

Verduidelik23 En as-ie HERE ons Bewaarder is dan beteken-it dat die HERE met groot omgee ons beskerm en op-pas ons vas-hou.

21 Vgl. Lane se Ps. komm. vol 2 bl. 143; Kidner se Ps komm bl 431; Allen se Ps komm bl 207 22 7b – Die objek wat die HERE bewaar is ך פש ;het die basiese betekenis van asem, lewe – vgl Gen 1:20; 2:7 נפש .את־נ

1Sam 24:12; 1Kon 19:4,14 (Pop, Bijbelse woorden en hun geheim, bl 588, 589). Waaroor dit dan gaan as in 7b staan: ר שמ ךי פש את־נ , dan gaan dit daaroor dat hier geleer/ beloof word dat die HERE jou in die lewe sal hou. Niks sal

jou lewe van jou an wegneem nie (vgl Pop, Bijbelse woorden en hun geheim, bl 590). 23 Vgl. NIDOTTE vol 2 bl. 866

Page 11: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

10

Bewys I Kyk ons sien-it in vers 3: “Hy (die HERE24) kan jou voet nie laat wankel nie ...”

nie laat struikel of onvas laat raak25

Verduidelik26 En dit beteken dat die HERE met omgee jou hand vat en jou jou bewaar jou beskerm.

En vers 3 druk hierdie waarheid regtig sterk uit.

Verduidelik27 Daai “Hy kan jou voet nie laat wankel nie ...” het ons vertalers spesiaal so vertaal in plaas van bv: ‘Hy laat jou voet nie wankel nie ...’ Nee spesiaal het ons hierdie

“Hy kan jou voet nie laat wankel nie ...” juis omdat die Hebreeus van vers 3 met regtige baie sterk oortuiging oorkom. Dit wil iets sê soos: ‘Luister, dis net totaal onmoontlik dat die HERE ooit sal toelaat dat jy struikel dis net onmoontlik dat die HERE jou nie sal bewaar nie.’

* * * * * II En dan sien ons hierdie waarheid ook in-ie res van vers 3-8 wemel. Kort-kort duik-it op. Kyk vers 5: “Die HERE is jou Bewaarder ...” Vers 7 ook: “Die HERE sal jou bewaar ...” In vers 8 weer: “Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar ...”

* * * * * B. Is-it nie wonderlik nie! Die HERE is ons Helper. En as Helper is die HERE ook ons Bewaarder. En hierdie waarheid word behoorlik in vers 3-8 ingehamer. Op die pad van heiligmaking en disippelskap Op die pad na die nuwe Jerusalem bewaar die HERE ons. En dan is-ie HERE absoluut beroubaar hierin.

Bewys Ons sien-it as vers 3 sê:

24 3a – Ek meen dat die ‘Hy’ (3de mle ev) terug kan wys na י זר ה en/ of ע waarmee dit ooreenstem in getal en ,(2a) יהו

geslag (vgl Lane se Ps komm vol 2 bl 144). 3b identifiseer die ‘Hy’ as ך מר ה 5a sê dan baie duidelik dat .ש ך יהו מר ש . 7a,

8a wys ons ook dat ה werk doen – vgl ook Num 6:24; Ps 12:8; 34:21; 86:2 (vgl TWOT vol 2 שמר die Een is wat die יהו

bl 939; TLOT, Logos Bible software). Dus: Die Hy = die HERE = die Helper.

25 3a – וט מ ’met die basiese betekenis van ‘wankel’/ ‘aan die val raak’/ ‘onvas raak’/ ‘struikel מוט Qal infin van + ל voorsetsel = ל (Holladay bl. 185; NIDOTTE vol 2 bl. 865)

26 Vgl. NIDOTTE vol 2 bl. 866 27 3a – Die negatiewe partikel ל ן by א ת ל־י ן wys my dat ons in א ת .BHNG bl) נתן te doen het met ’n Qal juss 3de ml ev van י

116; Holladay bl. 249). ל juss kan in hierdie konteks die vasstaande oortuiging uit dat iets net nie kan wees/ gebeur + א nie uitdruk, so ook by 3b (Gesenius Grammar § 107.p, 109.e bl. 317, 322; K&D se Ps. komm. bl. 273). Die OAV vertal dan met: “Hy kan ... nie ...” Die juss kan egter ook ’n versoek uitdruk: ‘Hy moet tog nie ...’ of ‘’n wens: ‘Mag Hy tog nie ...’ (BHNG bl. 116; Kidner se Ps. komm. bl. 431; Allen se Ps. komm. bl. 204). Gevolgtrek: Allen se Ps. komm. bl. 204 wys daarop dat die meeste verklaarders vir Gesinius navolg. Ek kies ook op die oomblik hiervoor.

Page 12: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

11

“jou Bewaarder kan nie sluimer nie.” En net om-it behoorlik te beklemtoon sê vers 4:28 “Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.”

Verduidelik29 So sien julle. Die HERE slaap nie. Jes. 40:28 sê: “Hy word nie moeg of mat nie ...” Altyd is die HERE op sy pos. Hy hou wag oor jou. En nooit gaan Hy aan die slaap raak en jou in die stek laat nie. Nee die HERE is as Helper-Bewaarder absoluut betroubaar.

* * * * * C. En altyd digby. By ons. Die HERE gaan nie van ons af weg nie.30

Bewys Dis wat vers 5 vir ons sê: “die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.”

Verduidelik31 Ja soos jou skadu by jou bly so bly die HERE by ons as ons Bewaarder.

D. En dis net so totaal omvattend.32

Bewys Ons sie-it in vers 7: “Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil

of elke ding wat vir jou sleg is ... of tot jou nadeel is33 jou siel sal Hy bewaar.” Of jou in die lewe hou.

Verduidelik So met die HERE as jou Helper-Bewaarder kan net niks meer jou lewe bedreig nie. Net niks kan jou meer benadeel nie. Want die HERE se bewaring is total omvattend.

Ons sien-it ook in vers 8: “Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar ...”

28 4a – Met ה נ word die aandag/ fokus baie sterk geplaas op wat nou in die res van 4a-b volg ... wat nou volg word baie ה

sterk deur ה נ ;beklemtoon (BHNG bl. 271; A Grammer of Biblical Hebrew, bl. 580-581; Allen se Ps komm bl 207 ה

Lange se Ps komm bl 607).

29 Vgl. Boice se Ps. komm. vol 3 bl. 1077 30 5b - ך ינ ד ימ ל־י .dui ook op die HERE se nabyheid (Kidner se Ps komm bl 432; Calvyn se Ps komm vol 5 bl 66) ע 31 Vgl. Reformation study Bible bl. 851 32 Vgl. Boice se Ps. komm. vol 3 bl. 1078 33 7a – Die voorsetsel-frase ע ל־ר כ het die betekenis van ‘weg van/ uit alle fisiese sleg/ morele boosheid/ dit wat jou kan מ

benadeel/ dit wat jou van ‘n goeie vol lewe kan beroof' (Holladay bl 341; NIDOTTE vol 3 bl 1154, 1155).

Page 13: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

12

Verduidelik34 En dan’s “jou uitgang en jou ingang” ’n manier om te praat oor jou totale lewe. Alles wat jy doen orals waar jy gaan. Ja in alles is die HERE jou Helper-Bewaarder.

En nie een oomblik is die HERE nie met hierdie omvattende bewaring besig nie. Want kyk in die laaste deel van vers 8 staan dat die HERE daarmee besig is “van nou af tot in ewigheid.”

* * * * * 5. Toepassing

So geliefdes breek met jou afgode. En vertrou op die HERE alleen. Want op die pad van heiligmaking en dissipelskap

op die pad na die Nuwe Jerusale is Hy ons enigste Helper. En daarby bewaar Hy ons. By Hom kan niks kan ons benadeel nie. By Hom kan niks ons meer skade aandoen nie. By Hom kan niks meer ons lewe bedreig nie. Hy is ons betroubare Bewaarder altyd by ons. Ja dis wat Ps. 121 vir ons sê. So breek met jou afgode. Hulle kan nooit werklik help nie. En vertrou op die HERE alleen.

* * * * * A. Maar nou’s daar tog iets wat my laat wonder en my ook bekommer.

Verduidelik35 As ons deur die Bybel se geskiedenis gaan sien ons dit keer op keer. I Daar’s Abel gelowige Abel. En dan vermoor sy broer hom. Gen. 4 vertel daarvan. En hoe nou gemaak met die boodskap vna Ps. 121 van die HERE wat ons Helper is en ons so totaal omvattend bewaar. II En dink maar net aan die Israeliete in Egipte. Hulle is daar vasgevang in slawerny. Hulle het nie ’n lewe nie. En daarby word hulle kinders vermoor. Gaan lees maar Eks 1. En wat dan van die boodsap van Ps. 121.

34 8a – Die frase ך אתךובוא gaan oor jou elke dag se handel en wandel … die dinge wat jy doen in jou gewone elke dag צ

se lewe … net mooi alles … oral in alle tye – vgl Deut 28:6; 31:2; 1Sam 29:6 (NIDOTTE vol 1 bl 616; Kidner se Ps komm bl 432; Lange se Ps komm bl 607; K&D se Ps komm bl 274).

35 Vgl Boice se Ps komm vol 3 bl 1078-1079

Page 14: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

13

III En lees mens aan kom ons bv. by 1Kon 21 en die gesiedenis van Nabot. Hy was gelowig. Hy was ook ’n druiwe boer met ’n mooi wingerd-plaas. En toe? Wel die Goddelose koning Agab het daai plaas gesoek. En uiteindelik word ’n komplot gesmee. Nabot word vermoor en sy plaas word Agab sin. En wat dan van die boodskap van Ps. 121. IV En wat van die moord op Stefanus in Hand 7. Hy was een van die eerste diakens in die NT-Kerk. En in Mark 13:9 sê Jesus vir ons: “Maar ... hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil ...” V En wat van al die vervolgde Christene deur die eeue? VI En wat van jou wat kanker het? VII En wat van die meisie wat verkrag word en die dogtrtjie wat gemolisteer word? VIII En wat van die Oom en Tannie wat wreed op hulle plaas gemartel en vermoor word?

Ja hoe moet ons

as al hierdie goed na ons toe aankom maak met die boodskap van Ps. 121. Die boodskap van die HERE wat ons Helpr is en ons totaal omvattende Bewaarder.

Verduidelik36 Nou geliefdes dis nie maklik nie. Ek weet nie altyd hoe om hierdie soort dng te verstaan nie. Wat ek el weet is dat die HERE goed is en dat Hy altyd die waarheid praat.37 En dan gee Hy vir ons oor hierdie saak antwoorde in sy Woord. Nie altyd maklik nie. Maar tog die HERE gee tog antwoorde. En ek dink die antwoord oor hoe ons dit moet verstaan dat aan die een kant Ps. 121 vir ons vertel van die HERE wat ons Helper is en ons so omvattend bewaar en dat daar dan tog ook aan die ander kant

36 Vgl Waltke, An OT theology, bl 282 37 Vgl bv Ps 12:7; 119:160; Tit 1:2

Page 15: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

14

baie maal baie slegte goed met ons gebeur begin ons kry as ons weer teruggaan na vers 1. Daar waar ons hoor dat Ps. 121 “‘n Bedevaartslied” is ’n lied vir die reis na Jeruslem met ’n boodskap vir ons wat op pad is na die nuwe Jerusalem. En dan moet ons onthou wat ons geleer het oor wat hierdie pad vir ons is. Vir elke ware gelowige dissipel van die HERE is heirdie pad die pad van heiligmaking dis die pad van dissipelsskap dis die pad van navolging van Jesus. En nou-sit wanneer ons op weg na die Nuwe Jerusalem

op die pad van heiligmaking en dissipelskap vir Jesus in die oog hou dat ons antwoorde op ons moeilike vrae begin kry. Want weet julle: Jesus is saam met ons op hierdie pad. Hy lei ons op hierdie pad.38 Ja Jesus lei ons na die nuwe Jerusalem op die pad wat Hy gemaak het. En daai pad is die pad waarop Hy deur lyding heen in die oorwinning en vreugde van die die nuwe Jerusalem ingegaan het.

Bewys Ons lees hiervan al by die heel eerste verkondiging van die Evangelie in die Bybel. Daar in Gen. 3:15. Dis daar waar ons hoor dat Jesus die Een is wat Satan se kop sal vermorsel. Maar dan lees ons ook dat Satan Jesus in die hakskeen sal byt.

En dis ’n manier van praat waarop die HERE sê dat Jesus sy oorwinning op die pad van lyding gaan behaal. Op die pad van die kruis. Dis hoe die HERE dit bepaal het.

Toepassing So wat sê dit vir ons? Wel Jesus sê in Joh. 15:20 “As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg.”

Maar dan sê Jesus ook in Joh. 10:27-28 “My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

op hierdie ad van lyding En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.”

* * * * * So sien julle? Ek dink dis baie belangrik. Ons moet Ps. 121 se boodskap nie net op sy eie vat nie. Ons moet daai boodskap van die HERE

38 Vgl. Ps. 23; Joh. 10

Page 16: Psalm 121 - GK Daspoort 121.pdf · 2017-01-16 · dat die HERE ons met hierdie Psalm sal aangyp en bekeer en bemoedig en versterk. 1. Nou heel eerste moet ons leer dat Ps 121 ‘n

15

wat ons Helper is en ons totaal omvattend bewaar verstaan saam met die boodskap van die res van sy Woord.

En doen ons dit sien ons dat ons nou op die pad van heiligmaking op die pad van dissipelskap agter Jesus aan baie maal lyding gaan hê swaarkry gaan hê.

Maar en dis dan die boodskap van Ps. 121 daar binne in gaan die HERE ons Helper wees daar binne-in gaan die HERE ons Bewaarder wees so omvattend dat net mooi niks

nie een stukkie lyding nie en stukkie swaarkry

ons van die pad na die nuwe Jerusalem sal afhaal nie.

Ja die HERE sal ons so bewaar dat ons deur daai lyding sal kom tot in die nuwe Jeruslem. Niks sal dit kan keer nie.

* * * * * B. En dan kom daar nog iets by. Want as Ps. 121 ons leer dat die HERE ons omvattend bewaar dan hou dit in dat net mooi niks ons meer gaan benadel nie. Vers 7 sê dit.

En dis waar ook in lyding.

Verduidelik39 Paulus leer dit as hy in Rom 8:28 sê: “ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk ...”

Ja ook ons lyding. Met die HERE as ons bewaarder kan dit nie meer vir ons nadelig wees nie.

Opmerking En ja dis nie maklik nie. Dis nie lekker nie. Dit voel baie maal of ons dit nie meer kan dra nie.

Maar geliefdes met die HERE as ons Helper en Bewaarer kan net mooi niks meer vir ons sleg wees nie. Want die HERE gebruik dit om iets goeds in ons te werk.

Hy gebruik dit in ons heiligmaking. Hy gebruik dit om ons al meer daarby te bring om daai afgode van ons raak te sien en daarmee te breek en al meer op Hom te laat vertrou.

* * * * * Slot Daarom geliefdes: Kom ons neem die boodskap van Ps. 121 aan. Op pad na die Nuwe Jerusalem: Kom ons breek met ons afgode en vertrou op die HERE. Want Hy is ons enigste Helper en Bewaarder. Hy alleen bring ons ook al gaan die pad deur lyding en swaarkry by die Nuwe Jerusalem. Amen.

39 Vgl Grudem, Systematic theology – An introduction to Biblical Doctrine, bl 81-812; Reformation study Bible, bl 1627