piketberger sept 2013 4

6
25

Upload: piketberg-tourism

Post on 09-Mar-2016

249 views

Category:

Documents


26 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

25

26

4U VERVOER

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel …

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

Nou beskikbaar: Tuinsand en plaas-

mis teen billike pryse

Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik.

Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie 082 660 2470 022-913 3984

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE EK KAN SPOG MET DIE WORS

Digger Loader werk

Uitgrawe van grond en sand

Skakel Adam 078 148 1771 of Fourie Lötz 082 660 2470

022-913 3984

Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde

abattoir geslag is

Swartland Honey Farm

Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens.

Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

BADISA vier 10 jaar - met ‘n ryk geskiedenis van meer as 100 jaar ‘n Mens kan nie oor die 10 jaar van Badisa se bestaan praat sonder om te kyk wat vooraf gebeur het nie. Die werksaamhede kom so ver terug as 1652. Die NG Kerk het gefokus op versorgings- en onderwys-programme. Daar was groot nood na die Anglo-Boereoorloë, die Eerste Wêreldoorlog en die Groot Griep wat die oprigting van kinderhuise genoodsaak het. Sosiale en ekonomiese krisisse het die behoefte aan opheffingsprogramme en die behoefte aan maatskaplike werkers uitgewys. In daardie tyd is met die opleiding van maatskaplike werkers begin. In 1940 is die eerste Maat-skaplike Rade gestig en die Departement van Volkswel-syn het tot stand gekom. In 1978 registreer die SKDB (Sinodale Kommissie vir Diens van Barmhartigheid) as welsynsorganisasie. In die VG Kerk het die klem in die vroeë 1900’s op plaaslike armsorg geval. In 1931 begin die kerk met opleiding van “Kristelike Sosiale Werkers”. In 1953 regis-treer die Welsynskommissie as welsynsorganisasie, en in 1978 snoer die SKDD die verskillende werksaamhede binne die VG kerk saam. En toe amalgameer die twee barmhartigeidsdienste (SKDB en SKDD) van die NGKerk (Wes- en Suid-Kaap) en die VGKerk (Kaapland) en vorm Badisa in April 2003. Die naam is ‘n afkorting vir ‘Barmhartigheid, Diens/Diakonaat, Saam’. In Tswana beteken die woord Badisa ‘herder/versorger/ouderling’. Badisa is tans geregistreer as ‘n NGO (NPO) met een registrasienommer vir al die Badisa takke/programme.

Die tien jaar van Badisa se bestaan getuig van groei, ver-nuwing en dinamika om die uitdagings in ons land aan te spreek. Badisa pas voortdurend aan by landswette waardeur die organisasie verantwoordelik gehou word. Teen die einde van die eerste jaar (2004) lewer Badisa dienste aan mense in nood deur middel van 155 takke. Deur die loop van die tien jaar is sommige dienste op-geskort en ander het bygekom. Die fokus van die dienste het geskuif van ‘n hulpverleningsmodel na ‘n meer ont-wikkelingsgerigte benadering. Vandag lewer Badisa dien-ste deur middel van 163 takke. Kleuterskole het baie ge-groei van 8 in 2003 tot 20 in 2013, uitgesluit die voor-skoolse tuisprogramme wat ontwikkel is met die opleiding van 50 dagmoeders. Die eerste jare van Badisa is hoofsaaklik gefokus op die vestiging van die nuwe organisasie. Ons is nou in die 10de bestaansjaar besig met ‘n proses om nuut te kyk na die volhoubare voortbestaan van die Organisasie om die uitdagings ten beste aan te spreek. Uitgereik deur Badisa Hoofkantoor

Prokureur Estie Estie Windell is vroeër die

maand toegelaat as Prokureur. Estie het BComm (Regte) by

Stellenbosch Universiteit gestudeer en in 2008 by

Anderson, Nel & Kie Proku-reurs begin werk terwyl sy

geleer het vir haar LLB graad deur UNISA.

27

Die Laerskool Toneelgroep olv Vanessa Luyt, regs agter, met die produksie "'n Bril vir die Lewe" met agter Anné Rheeder as Sarina Geldenhuys, Lea de

Vries as Ruspe, Lize Visser as Kat, Kristin Lochner as Mev Geldenhuys en voor Anika Smit as Mot/Voël, Ciara Lintnaar as Eikeboom, Larissa Beukman as

Blom-Tomorrow, Zoë Pieters as Blom-Today, Anicka Truter as Blom-Yesterday en Mivuyo Xakeka

as Promise.

Die Gr 4 en 5 Spreekkoor olv Alicia Hanekom, agter. Hierdie Spreekkoor het Silwer gekry by die Wes-

Boland se Eisteddfod.

Die karakters Gert Willem Tredoux (die sesde) en Johanna, gespeel deur A van Niekerk en J Rademan in die komedie, Bloomers en Steradent, met drama-turg en regisseur, Magdaleen van Zyl. By die Nama-quafees het Janeske Rademan Goud verwerf en Anri van Niekerk en Magdaleen van Zyl silwer. By die Lo-

ganfees het Janeske goud gekry en is genomineer as beste aktrise. Anri het silwer gekry. Hulle het ook

Goud gekry vir grimering, stelontwerp en kostuums.

Die Gr 6 en 7 Spreekkoor olv Vanessa Luyt, middel. Hierdie groep het Goud gekry by die Wes-Boland

Eisteddfod. Foto’s: Marietha Goosen

PHS hou Kultuuraand

Oubaas borg oefenhemde

Die o/16A Netbalspan het oefenhempies ontvang wat geborg is deur Oubaas Engelbrecht en ontwerp deur Adriana Visser. Saam met Oubaas Engelbrecht(borg) is Lize-Marie Engelbrecht, Marike Koch, Coreen van

Wyk, afrigter, Diané Ungerer, Cara-lee Jantjies, Linelle Mostert, Melissa Beck en Vivian Human.

Foto verskaf

28

Interskole tussen die Zebras van Piketberg en die Bulle van Porterville

29

Henri van der Westhuizen en Stass Nel het albei deurgedring na die finale Boland Rugby-proewe

Foto: Marietha Goosen

Finale Boland rugby-proewe

Foto’s: Marietha Goosen

30

Wiskunde Wenners

Jordan Pedersen Gr 3, Nico Blankenberg Gr 4, John-Elize Runba Gr 5 Albert Grobler Gr 6 en voor,

De Waal Visagie Gr 1 is die wenners in die Wiskunde Uitdaging vir Kring 2 kategorie B. Hierdie leerders se volgende uitdaging is teen die skole in die Weskus

Kring.

Harry Roux en Nicola Coetzee het deurgedring na die finale rondte van die Wiskunde Weskus Streek Uitdaging(Vredenburg tot Vredendal) en het onderskeidelik ‘n tweede en ‘n eerste plek behaal vir Graad 8’s. Hulle het vooraf aan ‘n uitdunrondte deelgeneem wat in kring 2 gehou is. Drie leerders van PHS het deurgedring, hulle twee en Charl Hanekom in Graad 9. Augsburg het die Graad 9 wenner gehad.

Van alle graad 8’s in die Weskus Streek het Harry Roux ‘n 2de plek en Nicola Coetzee ‘n 1ste plek in die

Wiskunde Uitdaging behaal.

Gedurende die Wiskunde Week by PHS het die hele Hoërskool aan dieselfde wiskunde uitdaging deel-

geneem en Jacques Joubert Gr 10, regs,

het die beste gedoen.

Foto’s: Marietha Goosen

Wetenskap Vasvra

Hierdie wetenskap leerders het onlangs deelgeneem aan ‘n wetenskap vasvra uitdaging wat gehou is te Moorreesburg. Agter is Duan Mostert, Charlie Mou-ton, PHS Wetenskap onderwyser, Timothee Luyt en Stephan Louw. Voor is Maria Visser, Tinus Bronk-

horst en Wickus Bronkhorst. Foto: Marietha Goosen

Uitruilstudent kuier by Vissers

Jamie-Melissa Kalb, links voor is van Bavaria, Duits-land en kuier vir ‘n maand by Adriana, Johan, Lize en

Maria Visser. Foto: Jan Visser