“op die oog af”€¦ · die afgelope jaar, 2013, het vele suksesstories gehad,maar min so...

7
BOODSKAP VIR ELF½ MAANDE 2014: Miserabel of Manjifiek? Aan die einde van elke jaar het mens onwillekeurig ‗n terugblik op die jaar. 2013 was vir ‗n aantal van ons inwoners ‗n uitdagende, moeilike jaar. Geliefdes is aan die dood afgestaan, siektes moes trotseer word, an- der probleme het opgeduik. Hier by Die Oog het meer as een inwoner kennis gemaak met die terugslae, maar ook beleef dat mense nog om- gee vir hul medemens en dat ons inwoners mekaar ondersteun. Ons dank aan diegene wat ‗n verskil in ander se lewens gemaak het! Maar noudat ons aan die begin van ‗n nuwe jaar staan, bespiegel ons ook oor wat hierdie jaar vir ons gaan inhou. Watter seëninge, uitdag- ings, vreugdes kan ons te wagte wees? Ons as eienaars, inwoners en werknemers van hierdie ongelooflike landgoed staan aan die begin van 2014 voor ‗n keuse: wat gaan my gesindheid hierdie jaar wees? Die Beknopte Verklarende Woordeboek (Kritzinger, Eksteen) beskryf ―miserabel‖ as ―ellendig‖. Gaan my optrede so wees dat ek miserabel gaan wees en ander my gaan vermy? Of gaan ek ―manjifiek‖ wees, in die woordeboek beskryf as ―pragtig, skitterend, heerlik‖? Gaan mede-inwoners my beny? Daar is net één keuse: Elke inwoner van Die Oog Aftreelandgoed moet van 2014 ‗n skitterende, heerlike jaar maak – ‗n MANJIFIEKE JAAR!!! Beste wense vir die jaar Leonie Gerber Skakelbeampte “Op die Oog af” In hierdie uitgawe … Voorbladnuus Dankie Gholfdagborge Besige Bye KVV Plantplesier Oefenprogram “Op die Oog af” JANUARIE 2014

Upload: lydiep

Post on 30-May-2018

229 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: “Op die Oog af”€¦ · Die afgelope jaar, 2013, het vele suksesstories gehad,maar min so vrugbaar soos die gholfdag van 23 No-vember 2013. ... vang word, wat nie noodgevalle

BOODSKAP VIR ELF½ MAANDE

2014: Miserabel of Manjifiek?

Aan die einde van elke jaar het mens onwillekeurig ‗n terugblik op die

jaar.

2013 was vir ‗n aantal van ons inwoners ‗n uitdagende, moeilike jaar.

Geliefdes is aan die dood afgestaan, siektes moes trotseer word, an-

der probleme het opgeduik. Hier by Die Oog het meer as een inwoner

kennis gemaak met die terugslae, maar ook beleef dat mense nog om-

gee vir hul medemens en dat ons inwoners mekaar ondersteun. Ons

dank aan diegene wat ‗n verskil in ander se lewens gemaak het!

Maar noudat ons aan die begin van ‗n nuwe jaar staan, bespiegel ons

ook oor wat hierdie jaar vir ons gaan inhou. Watter seëninge, uitdag-

ings, vreugdes kan ons te wagte wees?

Ons as eienaars, inwoners en werknemers van hierdie ongelooflike

landgoed staan aan die begin van 2014 voor ‗n keuse: wat gaan my

gesindheid hierdie jaar wees? Die Beknopte Verklarende Woordeboek

(Kritzinger, Eksteen) beskryf ―miserabel‖ as ―ellendig‖. Gaan my

optrede so wees dat ek miserabel gaan wees en ander my gaan

vermy? Of gaan ek ―manjifiek‖ wees, in die woordeboek beskryf as

―pragtig, skitterend, heerlik‖? Gaan mede-inwoners my beny?

Daar is net één keuse: Elke inwoner van Die Oog Aftreelandgoed

moet van 2014 ‗n skitterende, heerlike jaar maak – ‗n MANJIFIEKE

JAAR!!!

Beste wense vir die jaar

Leonie Gerber

Skakelbeampte

“Op die Oog af”

In hierdie uitgawe …

Voorbladnuus

Dankie Gholfdagborge

Besige Bye

KVV

Plantplesier

Oefenprogram

“Op die Oog af”

JANUARIE 2014

Page 2: “Op die Oog af”€¦ · Die afgelope jaar, 2013, het vele suksesstories gehad,maar min so vrugbaar soos die gholfdag van 23 No-vember 2013. ... vang word, wat nie noodgevalle

Gholfdag Borge

23 November 2013

Die afgelope jaar, 2013, het vele suksesstories gehad,maar min so vrugbaar soos die gholfdag van 23 No-

vember 2013.

Die dag was gereël om fondse in te samel vir die aankoop van toerusting in die Mediese Sorgsentrum en die totale bedrag van R61 524 wat ingesamel was, is nie te versmaai nie! Ons bedank van harte ons borge en donateurs:

Hierdie sukses sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van ons borge en donateurs nie. Ons

opregte dank aan hulle en ons versoek dat ons inwoners hulle ondersteun waar van toepassing. Ons maak

weer so hierdie jaar. Laat gaan solank die gedagtes en gee asseblief u idees deur indien daar spesifieke be-

hoeftes is wat u sou meen meriete het. So, dagboek solank 29November 2014!

Beste wense vir 2014!

Jan Ebersohn Komitee Voorsitter

Bladsy 2

ABSA ACL ENTERPRISES , AFRICAN TRACKING SOLUTIONS, BABOOS HARDWARE, BASTIAAN & MARIé RICHARDS - Die Oog Aftree Landgoed, BETTA PROJECTS, BINGELELA PROFESSIONAL CONSULTANTS, BRON APTEEK , BUILD-IT, BUKS VAN DER LINDE, CERES POT & PLANT Naboomspruit, CMD DOORS, C-TRACK Centurion, CUSSONIA KWEKERY, DAVID SPÖHR Jnr, DELEVEX CANVAS & STEEL, DRG SERVICES, DR'S KRUGER & FOURIE, E L AUTO, ELEMENTS GHOLFKLUB, ELSABE CRONJE, EXTREME CARAVANS, FLINTSTONES, FNB MODIMOLLE, FRUIT & VEG, GECKO'S RESTAURANT, GP KELDERS, GLOBAL INTERNATIONAL METERING SER-VICES, HBL AUTO, HENRY'S PLUMBING, HERMAN CALITZ, J & T PANEELKLOPPERS, JACO ROUX, JAVABEAN, JOHAN PRETORIUS KOBUS OBERHOLZER, KOEDOE MOTORS/OVERLAND

LEGENDS GHOLFKLUB, LIMPOPO KOMBUISE, LIMPOPO TYRES, LIQUI MOLY, M & J WAPENS, MEDILOGISTICS, NABOOM GHOLFKLUB, NABOOM TYRES, NATIONAL AUTO GLASS, NTK, NYLSTENE OAKS RESTAURANT, OBARO, OK GROCER, PHILPOT FAMILIE TRUST, PHILTO 2000 PIKKIE VERVOER Modimolle, SANSTRY CONSTRUCTION Hannes van Dyk, SASHA'S RESTAURANT, SPECSAVERS SPIF HOENDERS, SPRINGBOK SLAGHUIS, STER RADIO, SWANNIES VLEIS, TAKANA ENTERPRISE, TIENIE DU PREEZ, TONY'S CASH & CARRY, TOYOTA SA Naboomspruit, UNICLOX, UNIVERSAL PAINTS, VAN LOVEREN WYNE Hennie Ludick, VAN VUUREN & VENOTE, VOLTEX, WATERBERG BOTTELSTOOR, WESTERN BREEZE WIMPY Naboomspruit

Page 3: “Op die Oog af”€¦ · Die afgelope jaar, 2013, het vele suksesstories gehad,maar min so vrugbaar soos die gholfdag van 23 No-vember 2013. ... vang word, wat nie noodgevalle

Belangegroep Bedrywigheid

Besige Bye

Die Besige Bye begin weer Donderdag 15 Januarie 2014 volstoom werk en hierdie belowe

om baie opwindende jaar vir die groep te wees.

Ons nooi weer alle inwoners uit om te kom gesig wys en die fantastiese gees te kom ondervind. Jy hoef nie

Picasso te wees nie, ons doen ons kunswerke vir die pret!

Onthou, elke Donderdag om 10:00. Al wat jy moet bring is jou positiewe gesindheid.

BB Groete Marieta Enslin

(Maatskaplike Werker)

Bladsy 3

Dringende Versoek

Noodbystandfone en Spreekure

Daar is steeds ‘n redelike hoeveelheid oproepe wat op die NOODbystandfone ont-

vang word, wat nie noodgevalle is nie.

Beide fone—personeel en medies, is nie algemene inligtingsfone nie. Elke oproep wat

na dié fone gemaak word , moet asseblief slegs noodgevalle wees.

Let asseblief weer op na die nommers :

Personeel Bystand: 078 803 1479

Mediese Bystand: 079 217 5323

Spreekure

Die adminkantoor spreekure is steeds slegs 08:00 tot

09:00 en 11:00 tot 13:00. Besoek ons asb slegs

gedurende hierdie tye met u navrae. Kragstrokies kan

enige tyd in die kragaanvraagblikkie geplaas word en u

is te enige tyd welkom om vir pos te kyk.

Page 4: “Op die Oog af”€¦ · Die afgelope jaar, 2013, het vele suksesstories gehad,maar min so vrugbaar soos die gholfdag van 23 No-vember 2013. ... vang word, wat nie noodgevalle

Sosiale Klub Vlytige Voete

Die KVV het hul aksies vir 2013 afgesluit met ‗n suksesvolle Kersmark op

14 Desember en ‗n verkoping van pannekoek en vetkoek op 21 Desember. Die

Kersmarkuitstallers het ons baie goed ondersteun en uit die totaal van sestien stal-

letjies was ses stalletjies deur Oog inwoners beman. Daar was snuisterye, verskeie

eetgoed, klere, tuinmeubels, skoene en allerlei nutsartikels beskikbaar. Die vakansiegangers

het ons ook goed ondersteun en goeie terugvoering is ontvang. Baie dankie vir die Oog se inwoners

vir jul volgehoue ondersteuning en harde werk. Julle is ware staatmakers! Ons maak 2014 weer so!

Die KVV program vir Januarie sluit die volgende in:

Die eerste vergadering vir 2014 het reeds op 9 Januarie plaasgevind in die Olienhoutsaal. Almal

was hartlik welkom, veral die nuwe intrekkers.

Daar word ook ‗n afsonderlike Bring en Braai op 24 Januarie vir elke fase beplan. Fase 1 en 2 by

die Njalabraai-area. Fase 3 by die Tentkampbraai-area en Fase 4 en 5 by die Koue swembad-

area. Bring u eie vleis, eetgerei, borde en drinkgoed. Vure, Pap en sous sal voorsien word. Ons

moedig alle ou inwoners en veral nuwe intrekkers aan om die braai by te woon. Kom ontmoet en

geniet die mede Ooggenote in jou fase!

Ons sal later in die jaar ‗n reuse braai reël waar geleentheid gegee word om al die ander Oog-

genote te ontmoet. Sien u daar!

Warm KVV groete

Martie Buys

Graag wil ons namens al die Inwoners en Trustees vir Martie alle

sterkte as nuwe Voorsitster van KVV toewens. Baie dankie aan Marié Richards wat

die teuels gedurende haar tyd as voorsitster styf vasgehou het en haar uitstekend van

haar taak gekwyt het. Die dames doen almal voortreflike werk en ons kan nie vir hulle

genoeg dankie sê nie. Geluk ook aan die nuwe Komitee wat verkies is, ons sal hul aan u in vol-

gende maand se nuusbrief bekend stel.

―Ons Vir Mekaar”

Bladsy 4

Pos

Ons versoek alle inwoners wat dorp toe ry om asseblief te help met die afhaal van ons pos. Aan diegene (tans slegs twee) wat ons help, BAIE DANKIE! Die possak en sleutel is in die administratiewe kantoor en die proses is werklilk eenvoudig. Gesels met Leonie of Jackie vir besonderhede. Baie dankie byvoorbaat Admin Kantoordames

Page 5: “Op die Oog af”€¦ · Die afgelope jaar, 2013, het vele suksesstories gehad,maar min so vrugbaar soos die gholfdag van 23 No-vember 2013. ... vang word, wat nie noodgevalle

Bladsy 5 Plantplesier

KARAKTER EN GEUR

Suid-Afrika se twee ‗Bome van die Jaar‘ vir 2014 is albei propvol karakter en geur. Kneus hulle blare en die

een sê: ―teug my heerlike laventelgeur‖ en die ander een ―en wat van my vars suurlemoen klankie?‖. ―En

daarmee saam is ons `n plesier vir die oog en speelplek vir voëls en kleurvolle goggies‖. Beide spesies is

geskik om by Die Oog verwelkom te word.

So lyk hulle:-

Laventelboom (Heteropyxis natalensis)

Hierdie karaktervolle kleinerige tot mediumgrootte boom het `n kroon

met effe neerhangende loof, glansend groen in die somer en ryk rooi in

die herfs. Dit is hierdie blare wat `n besonderse laventelgeur vrylaat

wanneer dit gekneus word – vandaar die volksnaam. Die soms swierig

gekromde stam is ewe aandag-trekkerig met sy liggrys tot feitlik wit bas,

wat by volwasse bome in dun vlokke afskilfer. Die klein roomkleurige tot

geel blommetjies is eweneens welriekend en lok dus veelkleurige insekte

en skoenlappers. Die boom het`n medium groeitempo en is ideaal om

ons klein tuine te versier of om as fokusplant in die oper ruimtes van Die Oog te dien.

Die laventelboom se blare en bas het vele medisinale en ander eienskappe. Dit kom natuur-

lik voor aan die rand van immergroen woude en rivierbosse in KwaZulu-Natal, Swaziland, die sentrale Mpu-

malanga, Limpopo en op DIE OOG AFTREE-LANDGOED. Trots Oog-bosvelds! Dit sal tuis voel hier en by-

dra om die oorspronklike karakter van die landgoed terug te bring.

Witysterhout (Vepris lanceolata)

Hierdie outjie is `n besonder aanskoulike groot, immergroen struik tot klein boom

met `n spreidende, driehoekvormige tot ronde kroon. Die sagte liggroen loof

bestaan uit ‗drie-blaartjie‘ saamgestelde blare met gegolfde rande. Dit is nou weer

hulle wat daardie suurlemoen plesiertjie verskaf as mens dit so tussen die vingers

vryf. Die stam is glad en grys tot pers-grys. Asemrowende

vlinders, soos die swaelstert sitrusskoenlapper en ander ple-

sierige insekkies kuier graag by die klein gelerige blommetjies. Die vruggies van ongev-

eer 5mm in deursnee, swart wanneer ryp, is weer `n roepstem vir `n verskeidenheid voël-

soorte.

Die witysterhout kom natuurlik voor in droë- en kuswoude, vanaf Oos-Kaapland, deur Transkei en KwaZulu-

Natal asook Swaziland, Mpumalanga en dele van Limpopo. Met goeie behandeling sal dit gelukkig wees by

Die Oog en `n uitstekende tuinplant uitmaak, wat gesnoei kan word om vorm en grootte te beheer. Dit kan

selfs as groot houerplant benut word.

Saam met die verskeidenheid inheemse plante wat ons omgewing kan versier behoort hierdie twee opwin-

dende boomsoorte heerlike tuinvreugde te verskaf in 2014.

Boomplant groetnis

Groenie

Page 6: “Op die Oog af”€¦ · Die afgelope jaar, 2013, het vele suksesstories gehad,maar min so vrugbaar soos die gholfdag van 23 No-vember 2013. ... vang word, wat nie noodgevalle

Bladsy 6

Kom kyk asseblief waaroor dit gaan, raak betrokke, stel belang. Dis groot pret!

Kom Oefen Saam!

Of dit nou is om die kersmaaltydvetjies af te skud, ‗n gesonder leefstyl aan te neem of te volhou, ‗n nuwe

kuns te leer of net gesellig saam te speel, wil ons graag almal nooi om deel te neem aan die vele oefenpro-

gramme en aktiwiteite wat ons aanbied. Jy hoef nie ‗n ―virgin active‖ figuurtjie te hê, in ‗n speedo met jou

spiere hoef te spog of ‘n Picassso te wees nie—kom soos jy is!

DAG TYD AKTIWITEIT KONTAK

MA 08:00 PILATES (vloerwerk en balle) - Almal Olienhoutsaal Martie de Beer

09:00 STOELOEFENINGE - Almal kan! Olienhoutsaal Gerda v/d Walt

16:30 WATER AEROBIESE OEFENINGE - Waterwurm Warm swembad Marie Ryan

DI 06:30 TOKTOKKIE STAP (RUGBYVELD)STOK/KIERIE - Almal Rugbyveld Minnie Coetzee

07:00 WATER AEROBIESE OEFENINGE - Frisbee of balle Warm swembad Gerda v/d Walt

09:00 STREK- EN ONTSPANNINGSOEFENINGE - Vloer Gimnasium Gerda v/d Walt

10:30 MANS SANGGROEP - net lekker sing Olienhoutsaal Gehri v/d Walt

14:00 KWILTKLASSE Olienhoutsaal Elize Duncan

15:30 JUKSKEI Rugbyveld Isak van Wyk

WO 15:00 KOOR OEFENING - Mans en Dames Olienhoutsaal Elize Duncan

17:00 LYNDANSE - Mans en Dames Olienhoutsaal HettieThompson / Ansie Morkel

DO 06:30 TOKTOKKIE STAP - Stok of Kierie - Almal Rugbyveld Minnie Coetzee

08:00 PILATES - Mans en Dames Olienhoutsaal Martie de Beer

09:00 STOELOEFENINGE - Almal kan! Olienhoutsaal Gerda v/d Walt

11:00 KOOR OEFENING - Mans en Dames Olienhoutsaal Elize Duncan

15:30 JUKSKEI Rugbyveld Isak van Wyk

16:30 WATER AEROBIESE OEFENINGE - Waterwurm Warm swembad Marie Ryan

VR 07:00 WATER AEROBIESE OEFENINGE - Frisbee of balle Warm swembad Gerda v/d Walt

09:00 STREK- EN ONTSPANNINGSOEFENINGE - Vloer Gimnasium Gerda v/d Walt

15:00 SPELETJIES - Bingo, kaart, skaak, ens. - Almal Olienhoutsaal Elzabi Fouche

SA 15:30 JUKSKEI Rugbyveld Isak van Wyk

SO 07:00 KRUISKERK = 1ste Sondag v/d maand Rugbyveld - stap/ry

Gerda v/d Walt; Loma Lessing

11:00 KERKDIENSTE - elke Sondag - Almal Olienhoutsaal Preekbeurte ken-nisgewingbord

Page 7: “Op die Oog af”€¦ · Die afgelope jaar, 2013, het vele suksesstories gehad,maar min so vrugbaar soos die gholfdag van 23 No-vember 2013. ... vang word, wat nie noodgevalle

BELANGRIK

Alle medikasie wat by die

Mediese Dienssentrum gekoop

of toegedien word, moet

dadelik in kontant betaal

word. Groter bedrae kan per

kaart in die adminkantoor

betaal word.

Bladsy 7

“Op die Oog af”

KOM ADVERTEER!!!

Handelshuis

Ruil jou hier, ruil jou

daar…

Indien u iets wil verkoop, of iets ruil vir ‗n ander, kom

plaas u versoek in Die Knipoog!

U kom dalk net reg, in die knip van ‗n oog...

Humorhoekie

Raai wat stel hierdie voor….

Plaas gerus grappies in die Knipoog boksie in die admin kantoor :)

1. Muisval

2. Panfluit

3. Seepunt

4. Regsadvies

5. Stokperdjie

6. Pooltafel

2

3

1

4

5 6