ondersteuning aan gemeenskappe - shell...july 2012 ondersteuning aan gemeenskappe vir meer...

2
July 2012 ONDERSTEUNING AAN GEMEENSKAPPE Vir meer inligting, besoek asseblief ons webwerf by http://www.shell.co.za/karoo Suid-Afrika se reis Uit ‘n globale perspektief gesien, is dit duidelik dat energie ons moderne wêreld aan die gang hou. Namate bevolkings groei, sal die vraag na energie voortgaan om te styg. Die vraag na energie sal na verwagting teen 2050 verdubbel, en in sommige lande soos Suid-Afrika sal dit verdriedubbel. Aardgas speel ‘n noodsaaklike en toenemende rol om ‘n skoner, meer bekostigbare en standhoudende energietoekoms te verseker, en nêrens is dit so ’n klinkklare feit as in Suid- Afrika nie. Aardgas is ’n belangrike komponent van volhoubare energie wêreldwyd en is noodsaaklik vir die groeiende vraag na skoon elektrisiteit. Volgens die Internasionale Energie- agentskap word 90% van Suid-Afrika se energie opgewek uit steenkool, wat hoë vlakke van koolstofdioksied (CO 2 ) in die atmosfeer vrylaat. Die vrylating van CO 2 en kweekhuisgasse in Suid-Afrika kan verminder word as ons steenkool met gas vervang. Suid-Afrika se teiken vir die vermindering van CO 2 in die atmosfeer (ingevolge die Kopenhagen-ooreenkoms) is van die hoogste teikens vir ontwikkelende lande. Suid-Afrika het onderneem om vrystellings van kweekhuisgasse teen 2020 met 34%, en teen 2025 met 42% te verlaag. Volgens die Nasionale Beplanningskommissie het slegs 80% van Suid-Afrikaners tans toegang tot elektrisiteit, en die pryse bly hoog. Die regering se doelwit is om te verseker dat ten minste 95% van alle Suid-Afrikaners teen 2030 toegang tot elektrisiteit sal hê. Suid-Afrika het ’n unieke geleentheid om volhoubare energie vir die toekoms te voorsien en die land se afhanklikheid van steenkool te verminder deur meer omgewingsvriendelike opsies soos aardgas te benut. Groot hoeveelhede aardgas – die skoonste van alle fossielbrandstowwe – kan moontlik in dele van die skalierotsformasies diep onder die oppervlak van die Karookom voorkom. Dit kan help om Suid-Afrika in die toekoms van energie te voorsien, maar slegs as ons die eiesoortige karakter van hierdie gebied kan bewaar. Ons weet dat die Karoo se kosbaarste hulpbronne, naamlik sy mense en sy gemeenskappe, eerste gestel moet word. Shell het aanduidings gevind dat daar moontlik groot hoeveelhede aardgas in dele van die skalierotsformasies diep onder die oppervlak van die Karookom teenwoordig is, en het vir ’n eksplorasielisensie aansoek gedoen om te bepaal of die aardgas op ’n ekonomiese en verantwoordelike wyse ontgin kan word. Ons werk saam met plaaslike gemeenskappe Waar ons ookal werksaam is of energie voorsien, is ons deel van ’n gemeenskap, en dit behels meer as net om ons werksaamhede op ’n skoon en veilige manier te bestuur. Dit behels ook dat ons ten nouste saamwerk met die mense wat naby ons werksaamhede woon om sodoende enige besorgdheid wat hulle mag hê, met begrip te hanteer. Ons leer ook by hulle en gebruik hul ondervinding in die ontwikkeling van projekte ten einde die sosiale en omgewingsimpak sover as moontlik te verlaag en te verseker dat gemeenskappe ekonomiese en sosiale voordeel trek uit sulke projekte. Shell Suid-Afrika was die eerste internasionale oliemaatskappy wat geakkrediteer is as ‘n Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtingsmaatskappy (Broad Based Black Economic Empowerment, oftewel BBBEE). Ons poog om te verseker dat plaaslike kwessies aangespreek en by ons werksaamhede ingesluit word. Ons streef daarna om die gemeenskappe by wie ons betrokke is, deur werksverskaffing te versterk. ’n Onlangse ekonomiese studie wat deur Econometrix gedoen is, het bereken dat ’n skaliegasbedryf in die Karoo tusssen 300 000 en 700 000 voltydse werkgeleenthede kan oplewer indien gasvoorrade van 20 tot 50 tkv (tkv = triljoen kubieke voet, oftewel TCF) gas gevind word. Shell het aansoek gedoen om aardgas in die Karookom te ontgin indien kommersiële aardgashulpbronne daar bestaan. Indien lisensies aan ons toegeken word beteken dit dat ons tot 24 boorgate oor ’n tydperk van drie jaar sal boor. Enige moontlike ontwikkeling sal oor ten minste nege jaar eers plaasvind en is ’n aanduiding van hoe uiters versigtig ons hierdie program sal onderneem. SHELL.2481 839419_UI_CX_Karoo Briefing Notes_Afrikaans_Gemeenskappe_AA_v2.indd 1 10/17/12 1:54 PM

Upload: others

Post on 10-Jan-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ONDERSTEUNING AAN GEMEENSKAPPE - Shell...July 2012 ONDERSTEUNING AAN GEMEENSKAPPE Vir meer inligting, besoek asseblief ons webwerf by  Suid-Afrika se reis Uit ‘n globale

July 2012

ONDERSTEUNING AAN GEMEENSKAPPE

Vir meer inligting, besoek asseblief ons webwerf by http://www.shell.co.za/karoo

Suid-Afrika se reisUit ‘n globale perspektief gesien, is dit duidelik dat energie ons moderne wêreld aan die gang hou. Namate bevolkings groei, sal die vraag na energie voortgaan om te styg. Die vraag na energie sal na verwagting teen 2050 verdubbel, en in sommige lande soos Suid-Afrika sal dit verdriedubbel. Aardgas speel ‘n noodsaaklike en toenemende rol om ‘n skoner, meer bekostigbare en standhoudende energietoekoms te verseker, en nêrens is dit so ’n klinkklare feit as in Suid-Afrika nie. Aardgas is ’n belangrike komponent van volhoubare energie wêreldwyd en is noodsaaklik vir die groeiende vraag na skoon elektrisiteit. Volgens die Internasionale Energie-agentskap word 90% van Suid-Afrika se energie opgewek uit steenkool, wat hoë vlakke van koolstofdioksied (CO2) in die atmosfeer vrylaat. Die vrylating van CO2 en kweekhuisgasse in Suid-Afrika kan verminder word as ons steenkool met gas vervang. Suid-Afrika se teiken vir die vermindering van CO2 in die atmosfeer (ingevolge die Kopenhagen-ooreenkoms) is van die hoogste teikens vir ontwikkelende lande. Suid-Afrika het onderneem om vrystellings van kweekhuisgasse teen 2020 met 34%, en teen 2025 met 42% te verlaag.

Volgens die Nasionale Beplanningskommissie het slegs 80% van Suid-Afrikaners tans toegang tot elektrisiteit, en die pryse bly hoog. Die regering se doelwit is om te verseker dat ten minste 95% van alle Suid-Afrikaners teen 2030 toegang tot elektrisiteit sal hê.

Suid-Afrika het ’n unieke geleentheid om volhoubare energie vir die toekoms te voorsien en die land se afhanklikheid van steenkool te verminder deur meer omgewingsvriendelike opsies soos aardgas te benut.

Groot hoeveelhede aardgas – die skoonste van alle fossielbrandstowwe – kan moontlik in dele van die skalierotsformasies diep onder die oppervlak van die Karookom voorkom. Dit kan help om Suid-Afrika in die toekoms van energie te voorsien, maar slegs as ons die eiesoortige karakter van hierdie gebied kan bewaar. Ons weet dat die Karoo se kosbaarste hulpbronne, naamlik sy mense en sy gemeenskappe, eerste gestel moet word.

Shell het aanduidings gevind dat daar moontlik groot hoeveelhede aardgas in dele van die skalierotsformasies diep onder die oppervlak van die Karookom teenwoordig is, en het vir ’n eksplorasielisensie aansoek gedoen om te bepaal of die aardgas op ’n ekonomiese en verantwoordelike wyse ontgin kan word.

Ons werk saam met plaaslike gemeenskappe Waar ons ookal werksaam is of energie voorsien, is ons deel van ’n gemeenskap, en dit behels meer as net om ons werksaamhede op ’n skoon en veilige manier te bestuur. Dit behels ook dat ons ten nouste saamwerk met die mense wat naby ons werksaamhede woon om sodoende enige besorgdheid wat hulle mag hê, met begrip te hanteer. Ons leer ook by hulle en gebruik hul ondervinding in die ontwikkeling van projekte ten einde die sosiale en omgewingsimpak sover as moontlik te verlaag en te verseker dat gemeenskappe ekonomiese en sosiale voordeel trek uit sulke projekte.Shell Suid-Afrika was die eerste internasionale oliemaatskappy wat geakkrediteer is as ‘n Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtingsmaatskappy (Broad Based Black Economic Empowerment, oftewel BBBEE). Ons poog om te verseker dat plaaslike kwessies aangespreek en by ons werksaamhede ingesluit word.

Ons streef daarna om die gemeenskappe by wie ons betrokke is, deur werksverskaffi ng te versterk. ’n Onlangse ekonomiese studie wat deur Econometrix gedoen is, het bereken dat ’n skaliegasbedryf in die Karoo tusssen 300 000 en 700 000 voltydse werkgeleenthede kan oplewer indien gasvoorrade van 20 tot 50 tkv (tkv = triljoen kubieke voet, oftewel TCF) gas gevind word.

Shell het aansoek gedoen om aardgas in die Karookom te ontgin indien kommersiële aardgashulpbronne daar bestaan. Indien lisensies aan ons toegeken word beteken dit dat ons tot 24 boorgate oor ’n tydperk van drie jaar sal boor. Enige moontlike ontwikkeling sal oor ten minste nege jaar eers plaasvind en is ’n aanduiding van hoe uiters versigtig ons hierdie program sal onderneem.

SHELL.2481 839419_UI_CX_Karoo Briefing Notes_Afrikaans_Gemeenskappe_AA_v2.indd 1 10/17/12 1:54 PM

Page 2: ONDERSTEUNING AAN GEMEENSKAPPE - Shell...July 2012 ONDERSTEUNING AAN GEMEENSKAPPE Vir meer inligting, besoek asseblief ons webwerf by  Suid-Afrika se reis Uit ‘n globale

Vir meer inligting, besoek asseblief ons webwerf by http://www.shell.co.za/karoo

Die aardgasbedryf in die Amerikaanse staat, Louisiana, wat Shell projekte in Haynesville insluit, het in 2008 meer as $2.4 miljard in nuwe besigheidsverkope gegenereer; meer as $3.9 miljard in nuwe huishoudelike verdienste vir die inwoners van Louisiana ingebring, en meer as 30 000 nuwe werksgeleenthede in die staat geskep.

As Shell ’n eksplorasielisensie kry, sal ons eerste stap wees om ’n omgewings-, sosiale en gesondheidsimpakstudie (OSGIS) te doen. Dit sal omvattende samesprekings met mense en alle plaaslike gemeenskappe in die Karoo insluit. Samewerking met plaaslike gemeenskappe, nieregeringsorganisasies, omgewingskenners en reguleerders is die enigste manier om te verseker dat hierdie projek in harmonie met die omgewing en die mense plaasvind.

Voordele vir plaaslike gemeenskappe n Billike vergoeding vir grondeienaars n Werksgeleenthede vir plaaslike gemeenskappe n Bou en verbetering van toegangspaaie en infrastruktuur n Moontlike vroeë aansluiting van gastoevoer n Opleiding en ontwikkeling

n Mense (gemeenskappe) n Ontwikkeling van handelsvennote n Ondernemingsontwikkeling Skaliegasonwikkelingsprojekte skep werksgeleenthede en ’n baie groot indirekte diensbedryf. Shell en die boorgatoperateurs sal ‘n verskeidenheid plaalike dienste benodig. Shell moet in vaardigheidsontwikkeling belê wanneer plaaslike maatskappye aangestel word, en ook in vaardigheidsverbetering om aan Shell se streng veiligheid- en bedryfstandaarde te voldoen.

n Korporatiewe Sosiale Beleggingsprojekte in die Karoo

Shell se verbintenis tot die Karoon Ons sal oop, eerlik en deursigtig wees met die mense van

Suid-Afrika en die Karoo. n Ons sal ’n onafhanklike advieskomitee en burgerlike

adviesgroepe op die been bring om ons oor die omgewings- en sosiale impak te adviseer, onder meer oor die gebruik van hidrouliese breking en die watergebruik wat daarmee gepaard gaan.

n Ons sal met die betrokke gemeenskappe en grondeienaars saamwerk ten opsigte van die direkte voordele wat hulle uit die ontwikkeling van onkonvensionele gasbronne kan trek.

n Ons sal saam met belanghebbendes werk om deurlopende gemeenskapsbetrokkenheid te verseker en om vraagstukke soos waterverbruik en grondgebruik te verstaan en te bestuur.

n Shell sal enige grondeienaar ten volle vergoed as daar bewys kan word ons aktiwiteite ’n direkte negatiewe impak op sy eiendom veroorsaak het.

n Shell sal met behulp van ‘beste praktyke’ en die samewerking van gemeenskappe en grondeienaars, bepaal hoe hierdie gemeenskappe en grondeienaars direkte voordeel uit die gasontwikkeling kan trek.

Ons is deurlopend in verbinding met gemeenskappe in die Karoo, maar u kan ons gerus ook besoek op ons webtuiste by http://www.shell.co.za/karoo. U het daar toegang tot verdere inligting oor ander Shell verbintenisse, veral ten opsigte van waterbestuur en hidrouliese breking.

20 tcf 50 tcf

Potensiële Lewe van Hulpbron 25 25

Potensiële Jaarlikse Ekonomiese Impak(ZAR bn)

ZAR 80bn ZAR 200bn

Potensiële Bydrae tot BBP (%) 3.3% 9.6%

Potensiële Bydrae tot BBP (ZAR bn) ZAR 35bn ZAR 90bn

Potensiële Permanente Werkverskaffing 300,000 700,000

SHELL.2481 839419_UI_CX_Karoo Briefing Notes_Afrikaans_Gemeenskappe_AA_v2.indd 2 10/17/12 1:54 PM