nuus vanaf die sinodale kantoor - ngkhoeveld.co.za vanaf hovel… · en as jy dink aan klere of...
TRANSCRIPT
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/
NUUSBRIEF # 22
15 JUNIE 2016
1
NUUS VANAF DIE SINODALE KANTOOR
Hiermee ʼn herinnering aan die volgende sperdatums:
Indiening van Vorm 15 – 30 Junie 2016
Jaarboek veranderinge (Rondte 1) – 30 Junie 2016
NUUS VANAF GEMEENTES, CMR’E EN TUISTES
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/
NUUSBRIEF # 22
15 JUNIE 2016
2
Ons nood is wel nie oor nie. Dit is 'n voortslepende stryd om maandeliks genoeg geld beskikbaar te hê om aan die basiese behoeftes van ons kinders te voldoen.
Ons vra dus baie dringend vir U hulp!
R160 is in vandag se tyd nie veel werd wanneer dit kom by inkopies doen, by 'n restaurant uiteet of selfs wegneem etes bestel om voor die TV te geniet nie. En as jy dink aan klere of huisware koop is die bedraggie nog 'n groter teleurstelling.
Maar!
R160 per maand kan een kind vir 'n dag borg by Abraham Kriel Kindersorg. Ons huidige finansiële situasie met bestaande befondsing is vaal. Staatsbefondsing word elke jaar relatief minder en die Rand is besig om daagliks te daal. Ons het tans 'n tekort van R160 per kind per dag.
Ons mikpunt is om 10 nuwe gemeentelede uit elke kerk te vind wat bereid is om die saak te ondersteun. ls jy 1 uit 10?
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/
NUUSBRIEF # 22
15 JUNIE 2016
3
BABA -EN KLEUTERKOMPETISIE
MES se jaarlikse Baba -en Kleuterkompetisie het afgeskop en die
eerste foto’s sal reeds aan die einde van die maand in die Kempton
Express verskyn.
Daar is wonderlike pryse op die spel hierdie jaar, so moet asseblief
nie uitmis nie.
Drie kategorieë vir dogters en seuns: 0-12 maande, 12-36 maande en
1 – 3jaar.
Kontakpersoon: Aloma, 082 652 3398 / 011 024 4580 /
Meer inligting ook op ons webwerf: www.mes.org.za
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/
NUUSBRIEF # 22
15 JUNIE 2016
4
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/
NUUSBRIEF # 22
15 JUNIE 2016
5
Internasionale Vigskonferensie na 15 jaar weer in Durban
Die Internasionale Vigskonferensie vind van 18 tot 22
Julie in Durban plaas. ʼn Verwagte 1800 wetenskaplikes,
gesondheidswerkers en gemeenskap aktiviste word
verwag by die belangrike kongres wat twee-jaarliks
gehou word. Die vorige Durban konferensie in 2001 word
deur baie gesien as ʼn waterskeiding moment, toe die
stemme van mense soos Pres Mandela en Nkosi Johnson
dramatiese veranderinge in die behandeling van mense
met MIV in die publieke sektor teweeg gebring het.
Soos toe, is die epidemie weer op ʼn mespunt. Mense voel
dikwels dat die probleem opgelos is en mens lees selfs
dikwels van “The end of AIDS” maar die realiteit is ver
daarvandaan. In Suid Afrika was daar in 2014 steeds byna
ʼn duisend infeksies ʼn week en, ten spyte van reuse
vordering, het mense steeds nie orals toegang tot
medikasie nie en leef 36.7 miljoen mense tans met die
virus. Kenners is dit eens dat die droom van ʼn wêreld
waar MIV nie meer ʼn publieke gesindheid krisis is nie
slegs ʼn werklikheid kan word met ʼn intensiewe en
gefokusde program oor die volgende vyf jaar.
Geloofsgemeenskappe het steeds ʼn belangrike rol om te
speel, en die aspek sal spesifieke aandag kry by die
“Faith on the Fast Track PreConference” wat op die 16e
en 17 Julie in Durban plaasvind. CABSA werk saam met
die ‘Ecumenical Advocacy Alliance’ van die Wêreldraad
van Kerke om ʼn besondere en uitdagende konferensie te
reël.
As julle gemeente op enige manier by hierdie belangrike
saak betrokke is, wil ons julle graag uitnooi om deel
hiervan te wees.
Inligting oor die konferensie en ander geloofsgebaseerde aktiwiteite is beskikbaar by http://www.iacfaith.org
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/
NUUSBRIEF # 22
15 JUNIE 2016
6
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/
NUUSBRIEF # 22
15 JUNIE 2016
7
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/
NUUSBRIEF # 22
15 JUNIE 2016
8
ANDER NUUSBRIEWE
Kerkbode se e-koerant, propvol nuwe artikels, rubrieke en briewe. Kliek hier vir e-Kerkbode.
NUUT OP DIE BOEKRAKKE
KYK MET JESUS SE Oë NA DIE PERSOON OP STRAAT
Die verflenterde kind by die verkeerslig staar met smekende oë na jou en al probeer jy hard
om hom mis te kyk, brand die skuldgevoel in jou hart as jy wegry. Sê God dan nie in sy
Woord dat ons dié wat honger is moet voed en klee nie? Maar as jy gee, gaan dit baie maal
net vir drank en dwelms … So wat moet jy doen?
Kix Kinderbediening van Wes-Kaap Sinode het in 2016 “toxic charity” as tema aangepak,
met hul Otjiekos-projek wat kinders leer om die persoon op straat op die regte manier en met
menswaardigheid te hanteer. Christelike Lektuurfonds het hul hand gevat met 2
pamflette wat ons as Christene leiding gee om hierdie sosiale probleem op die regte manier
aan te pak. Die een pamflet genaamd “ Die mense by die verkeerslig”
http://bit.ly/1UkyTN8 gee leiding aan kinders en “Hoe gemaak met mense op straat”
http://bit.ly/22XJZKb is bedoel om volwassenes te help om anders te dink oor hierdie saak.
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/
NUUSBRIEF # 22
15 JUNIE 2016
9
Beide pamflette is gratis beskikbaar by Christelike Lektuurfonds met ‘n minimum van 10 en
maksimum van 1500 gratis pamflette per jaar. Bestel gerus daarvan en gebruik dit op die
volgende manier in jul gemeente:
1. Sit dit by die deure van die kerk of in die gemeentesentrum/saal waar lidmate dit kan
neem om hulself te bemagtig.
2. Gebruik dit as tema vir ʼn preek oor bv. barmhartigheid en deel dit dan aan volwasse
lidmate sowel as by die kinderkerk/Sondagskool uit.
3. Al het julle kerk nie ʼn Kix bediening nie, deel Kix Kinderbediening graag hulle idees op
hul webblad by www.kixkinders.co.za. Harde kopie van die Kix.com kwartaalblad,
propvol praktiese idees en lesse, kan ook bestel word by José by 021 808 9050.
4. Identifiseer ʼn sopkombuis, nagskuiling of enige ander plek in jul omgewing wat op
gestruktureerde wyse hulp verleen aan diegene op straat , laat druk plakkers met hul
kontakbesonderhede en plak dit op die pamflette. Deel dan hierdie pamflette met
plakkers by verkeersligte in die dorp uit en motiveer motoriste sodoende om eerder die
plek te ondersteun as om geld aan bedelaars te gee.
Vir meer inligting of bestellings van pamflette skakel Christelike Lektuurfonds by 021 873 6964
of epos na [email protected] of kliek op die skakels hierbo om dit direk van CLF se webtuiste te
bestel.
NG Gemeente Brakpan-Oos verkoop hierdie boekie, geskryf deur hul eie leraar, dr. Fanie Rudolph.
SSaaaamm mmeett GGoodd oomm ddiiee KKaammppvvuuuurr (Boekie oor gebed) Gewone mense in gewone gesprekke met die buitengewone God.
Ons beoefen dit meer as wat ons dink. Jy is besig met ʼn gesprek met God wanneer jy in jou binnekamer sit, besig om Bybel te lees of te bid; wanneer jy hardop na God uitroep in jou nood; wanneer jy net stil in jou gedagtes met God besig raak; wanneer jy agter die stuurwiel sit en in jou kop iets met die Here uitklaar. Ons maak heeltemal te veel van formele gebede. Ons probeer gesprekke met God in formules en resepte uitdruk, kry kernpunte wat gebede suksesvol maak, of wat gebede laat faal. Dit terwyl Jesus se voorbeeld in Matteus 6 ʼn eenvoudige, openlike, eksistensiële gesprek met die Here is. God is nie so ingestel op ons goeie gebedstaal, ons korrekte gebedswoorde, ons goedontwikkelde teologies redenasies nie. Hy soek ons eerlike en openhartige gesprekke met Hom, self in informele en ongewone ruimtes. Soos wat Abraham om die kampvuur saam met God doen. Of Henog in sy wandel saam met God. Of Job as hy met God op die ashoop stoei. So is jou eerlike gesprek met God dalk die groot verskil in jou eie gebedslewe. Mag hierdie boekie jou help om te sien hoe mense in die Bybel met God in gesprek verkeer het. En hoe dit jou dalk kan help om groter rustigheid te kry oor jou eie gesprekke met God. Prys: R100-00
Bestellings kan by die kerkkantoor geplaas word: [email protected]
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/
NUUSBRIEF # 22
15 JUNIE 2016
10
Hierdie week is die fokus op die jongste Kerkbode, die Julie-uitgawe
van LiG en die SingsaamPro – rekenaarprogram.
Inligting, Navrae en Diensverskaffing:
Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210
Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected]
Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za
LLeeeess iinn jjoonnggssttee KKeerrkkbbooddee ......
In Kerkbode van 16 Junie word die verhaal vertel van hoe bendelede in tronke met liefde en geduld deur gelowiges die kans gegee word om nuut te begin. Lees ook hoe die Groote Kerk in Kaapstad help om ʼn dogtertjie wie se ma vermoor is, ʼn kans in die lewe te gee. Daar is nuus uit die Winterskool wat by die Universiteit van Stellenbosch aangebied is, asook oor die groot aantal dominees wat die NG Kerk gaan nodig hê. In die gay-debat word daar in hierdie uitgawe gekyk na die rol wat die belewenisse van gay mense in die debat speel, en in die reeks oor kuns en die kerk, kom twee skilderye van Vincent van Gogh aan die beurt.
LLeeeess iinn ddiiee JJuulliiee--uuiittggaawwee vvaann LLiiGG:: Hanna Grobler wys God se hart vir swaarkrymense en vertel ons hiervan in die jongste LiG. Sorina Erasmus glimlag trots oor haar babadogtertjie in ʼn eksklusiewe reeks foto’s vir LiG. Predikant Barend Vos gee woorde vir ons gebede met sy boek uit Psalms. Kry jou dissiplinegids vir moderne ouers, leer hoe ʼn omgee-gesin leef en kry wenke vir ʼn gesonde tweede huwelik. Kom ontdek saam hoekom ons God as Vader, Seun en Heilige Gees aanbid. En stap saam op ʼn man se ontdekkingstog van God se genade ná sy kankerdiagnose. LiG – vir jou en jou mense.
Onthou dat die NG Sinode Hoëveld ook ʼn depot van Bybel-Media produkte het. Skakel gerus indien ons kan help met u bestellings...
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/
NUUSBRIEF # 22
15 JUNIE 2016
11
SSiinnggSSaaaammPPrroo –– RReekkeennaaaarrpprrooggrraamm Orrelbegeleiding
vir elke lied in die Liedboek met ʼn kerkorrel/huisorrel-klank wat deur ʼn rekenaar gegenereer is;
vir elke lied in die Liedboek met snitte van die Bybel-Media-CD (met begeleiding wat met ʼn egte meganiese pyporrel opgeneem is) met ʼn kerkorrel van Joop van der Ham (slegs sommige liedere wat opgeneem is)
vir die 150 psalms van Totius (wat die Geneefse melodieë insluit), asook vir die 91 Skrifberymings van die GKSA.
Vertoon die teks
Al die liedere van die Liedboek, 150 psalms en 91 Skrifberymings kan vanaf die rekenaar op ʼn skerm vertoon word en dit loop outomaties saam met die musieksnitte.
Jy kan jou eie PowerPoint-skyfies intrek.
Ander musieksnitte
50 musiekopnames geskik vir voor-, na- en kollektespel.
Jy kan jou eie MP3-musiek intrek.
Jy kan jou eie begeleiding intrek.
Hoe werk SingSaamPro? SingSaam word versprei op ʼn 8 GB-stokkie wat vir 5 jaar gewaarborg is. Al wat jy nodig het, is ʼn rekenaar wat aan ʼn dataprojektor en ʼn klankstelsel gekoppel is. Dit kan ook by kampe, bosberade en bidure gebruik word. Vir eredienste kan die liturgie vooraf opgestel en gestoor word. Daar is ʼn “Kitssing”-opsie waar liedere spontaan gekies en begelei kan word. Die musiek en teks is onmiddellik gekoppel en gereed. Daar is kort opleidingsvideo’s wat jou wys hoe om die program te gebruik. Jy kan aansluit by die SaamSing-gemeenskap by Saamgesels op Facebook en YouTube. Die SingSaam-program werk op alle Windows-gebaseerde rekenaars (XP en meer). Wie is SingSaam? SingSaamPro is ʼn rekenaarsagteware-maatskappy wat die programmatuur “SingSaam” ontwikkel het. Alle tegniese bystand word deur SingSaamPro verskaf, nie deur Bybel-Media nie. Bybel-Media het slegs hulle produkte beskikbaar gestel. Jy huur die program by SingSaamPro. Gemeentes moet steeds hulle Liedboek-lisensiegeld aan CCLI betaal om toegang tot SingSaam te hê. Hoe bestel en SingSaam? Vir enige navrae, kontak vir Faani ([email protected]) by Bybel-Media Kerkmusiek. Slegs gemeentes met ʼn CCLI Liedboek-lisensie kan SingSaamPro aankoop op hul gemeenterekening. Meld asseblief in die e-pos wat die adres is vir aflewering. Sodra ons bevestig het dat die gemeente se lisensiegeld op datum is, sal SingSaamPro die stokkie in die gemeente se naam registreer en aan die gemeente besorg. Prys: R2030,00 (BTW ingesluit)
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/
NUUSBRIEF # 22
15 JUNIE 2016
12
VAKATURES
Sien die nuutste vakatures by e-Kerkbode - kliek hier.
MES Kempton Park - Takhoof
Opwindende geleentheid om ʼn span te lei in die ontwikkeling van ʼn dinamiese tak van ʼn gevestigde Christelike gemeenskapsontwikkelingsorganisasie.
As jy bewese ervaring het in die suksesvolle lei van spanne in gemeenskapsontwikkeling, ʼn relevant kwalifikasie het en ʼn selflose passie het vir die armes besoek dan www.mes.org.za en kontak ons vir ʼn aansoekvorm by [email protected]
MES Moulds, Empowers and Serves the urban poor by changing the heart of the city.
______________________________________________________________________________
Die Bybel-Media Groep stel die vakante pos van Uitvoerende Hoof by die
Bybel-Media kantoor bekend.
Die Uitvoerende Hoof rapporteer aan die direksie en is verantwoordelik
vir die strategiese en operasionele bestuur van dié multimedia-groep.
Die klem is op transformasie om BM optimaal toekomsgerig te bly
posisioneer. Lees meer…
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/
NUUSBRIEF # 22
15 JUNIE 2016
13
datumlys
ʼn Volledige datumlys, met die portefeuljeleiers se
beplanning en belangrike sperdatums, is hier beskikbaar.
Ringsittings 2016
Naam van Ring Ringsitting Alberton 30 Julie 2016 Benoni 31 Julie 2016 Birchleigh 20 Augustus 2016 Boksburg 19-20 September 2016 Brakpan 14-15 Augustus 2016 Delmas 20 Junie 2016 Evander 26 Junie 2016 Germiston 13 Augustus 2016 Heidelberg 31 Julie 2016 Johannesburg 22 Junie 2016 Kempton Park 6-7 Junie 2016 Linden 13-14 Junie 2016 Standerton 12 Junie 2016 Turffontein 22 Junie 2016
AFLOSPREDIKANTE
Klik hier vir ʼn lys van aflospredikante.
Ons is op soek na ENIGE interessante nuusbrokkies!
Ons wil ook baie graag inligting van ons leraars in die
nuusbrief plaas.
Laat weet ons asseblief wanneer daar nuwe leraars by
jul gemeentes is, of bevestig word, emeriteer en selfs
na ander Sinodes verhuis. Enige nuus is welkom!
www.kerkweb.org https://www.facebook.com/SinodeHoeveld/
NUUSBRIEF # 22
15 JUNIE 2016
14
BESOEK ONS OOK OP FACEBOOK www.facebook.com/SinodeHoeveld
VRYWARING
Die inligting wat voorsien word en standpunte wat gehuldig word in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE behels, het geen verifiëring van bevindinge, gevolgtrekkings en opinies deur die NG Kerk van Suid-Transvaal [NG Sinode Hoëveld] nie. Dus weerspieël die inligting en standpunte wat in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE gehuldig word nie noodwendig die van die NG Sinode Hoëveld of sy personeel en lede nie. Menings, afleidings en ander inligting in hierdie boodskap wat nie verband hou met die amptelike werksaamhede van die NG Sinode Hoëveld nie, verteenwoordig nie die amptelike standpunt(e) van die NG Sinode Hoëveld nie.
NUUS VANAF HOËVELD SINODE plaas slegs nuus en inligting vanaf die sinodale, rings- of gemeentelike verband.
Die NG Sinode Hoëveld aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige benadeling en/of skade aan persone of eiendom as gevolg van produk-aanspreeklikheid, waninligting verskaf, nalatigheid of die gebruik van enige metodes, produkte, instruksies of idees wat vervat is in die materiaal soos opgeneem in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE nie. Die inligting en advies is beskikbaar gestel in goeder trou en is afgelei van die inligting verskaf deur die betrokke organisasie/persoon en word voorgehou as betroubaar en akkuraat ten tye van die bekendstelling daarvan. Dit is die verantwoordelikheid van die gebruiker om sy of haar eie besluite te neem oor die akkuraatheid, geldigheid, betroubaarheid en korrektheid van die inligting. Dit beteken dat die instansie en/of die betrokke persoon wat die plasing in die NUUS VANAF HOËVELD SINODE versoek, dan volle verantwoordelikheid vir die gebeure of inligting aanvaar.
Vir enige navrae in verband met hierdie Nuusbrief skakel gerus me N Marais by 011- 975 8220.