nuus jeug oud-daller in silver ferns opgeneem ken sy die … · 2018-10-30 · ronel stoltz, een...

20
Katelynn Lott S pieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in Dallerland? Vanjaar het Hoërskool Vreden- dal se leerders weer die asems weggeslaan tydens die jaarlikse mnr. en mej. Hoërskool Vre- dendal kompetisie. Die seuns het hulle skoene poleer en die dogters hul mooiste aandrokke uit die kas gehaal om op 7 Augus- tus op die loopplanke te verskyn. Vir die eerste keer in hierdie kompetisie se geskiedenis het daar 21 paartjies deelgeneem. Die aand het met ‘n dans deur HSV se mooistes gekroon R 15.00 • Septemter 2018 • Jaargang 44 • Media 24 se 2de Beste Nasionale Skoolkoerant • Skoolkoerant van Hoërskool Vredendal Jeug Hoe goed ken sy hom? bl.13 Nuus Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem bl.2 Mia Human en Egbert de Waal - mej. en mnr. Hoërskool Vredendal 2018 Foto: Love of Light Photography Die Parskuip die deelnemers afgeskop waar- tydens die beoordeling reeds be- gin het. “Dit was die hoogtepunt van my aand. Ek het nie geweet die seuns het sulke moves nie!” het Karli Geldenhuys, een van die deelnemers, gesê. Katelynn Lott en Chanté Klaase het as aanbie- ders opgetree. Die deelnemers het aan ‘n in- formele en uiteindelik ‘n formele afdeling deelgeneem. Aan die einde van die aand was almal op- gewonde om uiteindelik te hoor wie die gekroondes is. Die tweede prinses en prins was onder- skeidelik Monette Arp en Joubert Kearney en die eerste prinses en prins was onderskeidelik Kadey Phillips en Kirwin Loubser. Na al die spekulasies uit die ge- hoor is die wenners uiteindelik gekroon. Die skare was in ek- stase oor ons nuut gekroondes: Mia Human en Egbert de Waal. Die borg by vanjaar se kompe- tisie, Love of Light Photography, het ‘n fotosessie vooraf met die deelnemers gedoen waarna die foto’s uiteindelik op Facebook geplaas is. Die paartjie met die meeste likes is tydens hierdie aand as Beste Paartjie aangewys. Die twee gelukkiges was Sha- ron-Lee Hurst en Rickus van Vuuren. Dit was die hoogtepunt van my aand. Ek het nie geweet die seuns het sulke moves nie

Upload: others

Post on 17-May-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

Katelynn Lott

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in

Dallerland?Vanjaar het Hoërskool Vreden-

dal se leerders weer die asems weggeslaan tydens die jaarlikse mnr. en mej. Hoërskool Vre-dendal kompetisie. Die seuns het hulle skoene poleer en die dogters hul mooiste aandrokke uit die kas gehaal om op 7 Augus-tus op die loopplanke te verskyn.

Vir die eerste keer in hierdie kompetisie se geskiedenis het daar 21 paartjies deelgeneem. Die aand het met ‘n dans deur

HSV se mooistes gekroon

R 15.00 • Septemter 2018 • Jaargang 44 • Media 24 se 2de Beste Nasionale Skoolkoerant • Skoolkoerant van Hoërskool Vredendal

Jeug Hoe goed ken sy hom? bl.13

Nuus Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem bl.2

Mia Human en Egbert de Waal - mej. en mnr. Hoërskool Vredendal 2018Foto: Love of Light Photography

Die Parskuip

die deelnemers afgeskop waar-tydens die beoordeling reeds be-gin het. “Dit was die hoogtepunt van my aand. Ek het nie geweet die seuns het sulke moves nie!” het Karli Geldenhuys, een van die deelnemers, gesê. Katelynn Lott en Chanté Klaase het as aanbie-ders opgetree.

Die deelnemers het aan ‘n in-formele en uiteindelik ‘n formele afdeling deelgeneem. Aan die einde van die aand was almal op-gewonde om uiteindelik te hoor wie die gekroondes is. Die tweede prinses en prins was onder-skeidelik Monette Arp en Joubert Kearney en die eerste prinses en

prins was onderskeidelik Kadey Phillips en Kirwin Loubser.

Na al die spekulasies uit die ge-hoor is die wenners uiteindelik gekroon. Die skare was in ek-stase oor ons nuut gekroondes: Mia Human en Egbert de Waal.

Die borg by vanjaar se kompe-tisie, Love of Light Photography, het ‘n fotosessie vooraf met die deelnemers gedoen waarna die foto’s uiteindelik op Facebook geplaas is. Die paartjie met die meeste likes is tydens hierdie aand as Beste Paartjie aangewys. Die twee gelukkiges was Sha-ron-Lee Hurst en Rickus van Vuuren.

Dit was die hoogtepunt van my aand. Ek het nie geweet die seuns het sulke moves nie

Page 2: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

2 Die Parskuip September 2018

Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem

Chanté Klaase

Dit was weer tyd om die woor-deboeke vir die jaarlikse

WOW- (Woorde Open Wêrel-de) spelkompetisie af te stof. Hierdie kompetisie word deur die Universiteit van Stellenbosch en SANLAM aangebied.

Gr.8-10-leerders van die hoër-skole en gr.1-7-leerders van die laerskole mag vir die kompetisie inskryf. Hoërskool Vredendal

Nuus

Meesterlike spelvernuf

Bianca van Eck

Agter al die ure van oefen en al die afgrigters wat haar gedruk

het, was daar ‘n klein dogtertjie wat op die spel verlief geraak het en van daar af nooit gehuiwer het om ‘n kans te vat nie.

Karin Burger, oud-leerder van Hoërskool Vredendal, het vier jaar vir ons eerste netbal-span gespeel. Sy was in haar matriekjaar, 2011, ook lid van die Suid-Afrikaanse skole-netbal-

span. Hierdie netbalspan uit die platteland was baie bekend in Wes-Kaap netbalkringe.

Haar ervaring en passie vir die sport het haar die geleentheid gegee om te kan volg en beoefen wat haar ge-lukkig maak. Karin woon al die afgelope sewe jaar in Nieu-See-land en sy het waarlik in haar omgewing uitgeblink. Sy is on-langs vir die Silver Ferns netbal-span gekies. Dit is Nieu-Seeland se nasionale netbalspan.

Karin Burger, oud-leerder, sprei nou haar vlerke in Nieu-Seeland. FOTO: VERSKAF

Janelle Pieeters, Jemealiane Stout en Inka Links van HSV se top spellers. FOTO: ANSJONÉ NEL

Die Parskuip September 2018

Sy kan al drie verdedigende posisies uitstekend speel. Ek haal die woorde van die ANZ Premiership Netball aan: “Bur-ger is an exciting talent who con-tinues to improve.”

Karin het hard gewerk en haar

talente tot die beste van haar vermoë ontwikkel om hierdie posisie te behaal. Hoërskool Vredendal spog saam met haar ouers, wat steeds in Vreden-dal woon, oor haar uitstekende prestasie.

het self hul beste spellers be-paal om aan die uitdunrondte van al die skole in kring vyf deel te neem.

Robyn Cloete, Jemealiane Stout, Shaylanique van der Mer-

we, Inka Links, Janelle Pieters en Marelize Bradshaw is gekies om aan die eerste rondte deel te neem. Die wenners hier was Je-mealiane (tweede), Inka (eerste) en Janelle (eerste).

Met weke se voorbereiding en die leer van tot ‘n duisend spel-woorde het hierdie drie spellers op 31 Augustus aan die Weskus finale rondte te Citrusdal deel-geneem. Na strawwe kompe-tisie en ure se spellery het Inka ‘n tweede plek in die gr.9-groep behaal.

Sy gaan Hoërskool Vredendal op 8 September in Stellenbosch verteenwoordig waar sy aan die Westelike Provinsie se finale rondte gaan deelneem.

“Ek is baie trots op hierdie dogters wat van hierdie aktiwiteit ‘n reusesukses ge-maak het,” het me. Christine du Toit, Afrikaanse onderwyser, gesê.

Page 3: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

3Die Parskuip September 2018

Adri Cornelissen

‘n Grappie op sy tyd laat jou lekker lag, maar soms is ‘n

sin vir humor ‘n gevaarlike ding. Dít kan jy maar vir enige iemand vra.

Gaan hoor gerus by die twee koshuisdames wie se poets hulself gevang het. Die twee hansworse het die blink plan gehad om straks na middernag die hele gang se deure met tan-depaste te besmeer. In die stip-donker nag het die tweetjies al giggelend die houtdeure in ‘n

Colgate-plaveisel toegeplak.Daar was egter foute in hierdie

007-komplot – twee grootes om presies te wees.

Eerstens het die twee ge-heime agente vergeet dat daar kameras in elke gang is wat hulle gedoentes vasgevang het. Tweedens is dit ook belangrik om te noem dat dié tweetjies prentjies geteken het op elke liewe deur behalwe… hulle eie.

Natuurlik het hierdie ongenoemde dames vir hul sondes geboet en detensie was hulle voorland. Daar kan ook met sekerheid gesê word dat die gang se dames met besmeerde deure ook nie te gaande was oor die hele situasie nie.

Daarom, dames en here, as jy dan nou vir iemand ‘n streep moet trek, onthou om nie jou liniaal, pen… of dan nou tande-paste op die misdaadtoneel te los nie.

Theunis 'n rekenaar fundi

Tandepaste- troebels tref koshuisgange

Wetenskaplikes in wordingKara Engelbrecht

Na maande se harde werk het dertien Fisiese

Wetenskap-leerders, onder leiding van mnr. Vivian van Zyl, die lang pad Saldanha toe aangepak. Die leerders het hul verskillende projekte op 16 Aug. by die jaarlike Eskom Expo gaan uitstal.

Reeds vroeg op Vrydag, 17 Augustus, het die leerders gereed gestaan by hulle pro-jekte. Die senuwees het maar geknaag. Aan die einde van ‘n lang dag se beoordeling is die leerders verras met ‘n vertoning waar verskillende eksperimente vir hulle gewys is. Uiteindelik was dit tyd vir die prysuitdeling.

Hoërskool Vredendal se leerders vaar uitstekend en bring ag brons- en twee goue medaljes huis toe.

Kara Engelbrecht en Wiaan Fouché ontvang albei goue medaljes. Wiaan is ook gekies om sy projek, “The mighty Shredder”, vanaf 2-5 Oktober te Boksburg by die Nasionale Expo uit te stal.

Wiaan se projek handel oor ‘n apparaat wat plastiekbottels vir herwinning fynmaak. Hy het dit self uit afvalmateriaal

gebou. Kara se projek handel oor

die gebruik van verskillende temperatuur gradiëte om elek-trisiteit op te wek.

Volgens mnr. Van Zyl, Fisiese Wetenskap onderwyser, was die beoordeling baie streng. “Van die 140 projekte by die Expo is daar slegs 13 goue medaljes toegeken. Baie dan-kie aan elke leerder wat deel-geneem het en geluk aan almal wat medaljes ontvang het.”

Wilmari Basson

Theunis Nel, gr.12-leerder van Hoërskool Vredendal, het

vanjaar in Mei aan die Rekenaar-toepassingstegnologie olimpiade deelgeneem en het in die top 13 uit ongeveer 5000 deelnemers uit 350 skole landswyd geeïndig.

Theunis Nel, Judi Botha, Nonique Coetzee en Dewaldt Snyman het aan die eerste rondte deelgeneem en goud ontvang. Zascia Hugo ontvang ‘n brons sertifikaat. Al die deel-nemers het deurgedring na die tweede rondte wat op 6 Junie plaasgevind het. By die tweede rondte het net Theunis gekwali-

fiseer vir die finale rondte wat op 26 Junie in Kaapstad plaasgevind het.

“As dit nie vir RTT was nie sou, ek niks van die vrae kon doen nie, so daarmee wil ek ook baie dankie aan juf. Nieman sê,” ver-tel Theunis.

“Dis ‘n goeie ervaring en ek sal dit enige tyd weer doen.” Hy beveel dit ook vir ander aan, maar sê dat jy in gedagte moet hou dat RTT nodig is om daaraan deel te neem en dat jou Engelse woordeskat en rekenaartermi-nologie redelik goed moet wees.

“Dit was ‘n groot eer om die prestasie in my matriekjaar te kon behaal.”

FOTO: KALINKA BARNARD

Goue medalje wenners, Wiaan Fouché en Kara Engelbrecht. FOTO: SUZAAN ADRIAANSE

Nuus

Medalje Wenners GOUD

U Kara Engelbrecht U Wiaan Fouché

BRONS

U Michiel Coetzee U Elizma Boltman U Mia van Zyl U Johan Koegelenberg U Henk Fourie U Lisa Botha U Karla Gaugler U Marelize Bradshaw

Page 4: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

4 Die Parskuip September 2018

Verse, verf en foto’sCarla Kotze

Tydens die tweede week van die nuwe kwartaal het die

kultuur-Dallers weereens geskit-ter. Dit was tyd vir die jaarlikse Klawer Kunste, een van die jaar-likse hoogtepunte vir Hoërskool Vredendal se kultuurleeders.

In die drama-afdeling, met me. Marquerite Tamponi as af-rigter, het die items gewissel van tweespraak en monoloog tot die klassieke voordrag en poetry.

‘n Paar dramaleerders se ster-retjies het veral ekstra helder geskitter. Tiaan Cronje het sy eie poetry geskryf en 94% be-haal. Kirwin Loubser het vir beide sy prosa en monoloog 97% behaal. Sy prosa – ‘n Gevaarlike talent - het almal se lagspiere behoorlik geprikkel. Daren-teen het hy met sy monoloog, ‘n uittreksel uit “Map Jacobs”, weer baie toeskouers in trane gehad.

Danielle Marote en Jani Smith het die beoordelaar baie met hul tweespraak beïndruk en ‘n skitterende 96% behaal. Car-la Kotze het ook die gehoor en

Carla Kotze

So het ook die dans- en musiekleerders, onder lei-

ding van me. Rensia Theron en me. Michéle de Villiers, op 23-27 Jul. hulle kant op die Klawer Kunste-verhoog gebring.

Die dans-afdeling presteer en die matriek choreograwe van 2018 se dans, getiteld “Lig aan die einde van die tonnel”, ont-vang 99%.

Esrin Persens se “I am a wo-man” gedans deur Zoë Cloete en Georgia Julies het die beoor-delaars in trane gehad en me. Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop geplant.

Belowende dansleerder, Kir-win Loubser, het altesaam 19 dans- en choreografie-items die lig laat sien. ‘n Uitmuntende 13 dubbelgoue en 6 goue toeken-nings word deur Kirwin inge-palm.

“Dit was ‘n dag wat ek nooit sou vergeet nie. My mede-dansers het soos familie geword - die dansklas was ons huis en juffrou Theron was die beste ‘ma’ vir daardie familie,” het Kirwin, wat graag na matriek in ‘n dans- en dramarigting wil studeer, vertel.

Die eisteddfod het ook goeie musiekuitslae opgelewer. Die musiekdepartement se junior en senior blokfluitensembles het puik presteer. Palesa Louw,

Kirwin Loubser, belowende jong danser, ontvang 13 dubbelgoue toekennings. FOTO: ANNEKE NEL, JOLLY KIKI FOTOGRAFIE

Kultuur

Klawer Kunste UitslaeDRAMA:

49 dubbelgoud 31 goud 7 silwer 1 bronsFOTOGRAFIE:

1 dubbelgoud 9 goud 10 silwer 1 bronsKUNS:

4 dubbelgoud 4 goud 2 silwer

Musieknote en danspassies

Robinique Berend en Mickayla Arendse se sang-trio, “Perhaps Love”, het ‘n dubbelgoud behaal. Hul interpretasie en meelewing het die beoordelaar beïndruk.

Klavier-, blokfluit- en sangsolo’s is gelewer, asook duette. Die mei-sieskoor en -ensemble het tydens

die Klawer Kunste Koorfees beide goud verwerf.

“Die standaard van die musiek was besonder hoog. Ek is baie trots op die musiekleerders wat oortuigend voorgedra het,” het me. Michéle de Villiers, musiek onderwyseres, gesê.

beoordelaars beïndruk met ‘n uittreksel uit Koors, deur Deon Meyer, wat sy as monoloog aangebied het.

Die spreekkoor het 90% ont-vang en het die kollig gesteel deurdat hulle uitgenooi is om by die “West Coast Education Dis-trict Visual Art Celebration” te Schoonspruit Sekondêre skool,

wat ‘n fokusskool vir die kunste is, op te tree.

Die leerders in die kuns- en fotografiekategorieë moes aan die tema, “Oppie plaas”, vol-doen. Twee van Hoërskool Vre-dendal se gr.8-kunsleerders, Anke Gaugler en Pierre du Toit, het 99% behaal. Karla Gaugler behaal ook twee dubbelgoue

toekennings. Pierre du Toit se kunswerk

is tydens die “Provincial Visu-al Art Celebration: West Coast Education District” se gala-aand in Malmesbury uitgestal.

“Ons leerders se mal idees en goeie afronding het heel duide-lik die beoordelaars se harte gesteel,” het me. Cecile Gaugler,

DANS:

24 dubbelgoud 20 goud 2 silwerMUSIEK:

17 dubbelgoud 36 goud 3 silwer 1 brons

Bo: Karla Gaugler, links onder: Megan de Beer en regs onder: Petro Louw

Page 5: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

5Die Parskuip September 2018 Kultuur

HSV se eie Soirée Musicale

HSV-sterre blink by Paarlvallei eisteddfod

Chanté Klaase

‘W here words fail, music speaks.” - Hans Christian

AndersenDie musiekleerders van Hoër-

skool Vredendal kan beslis hiermee saamstem. Swetende hande en harte wat vinniger as resiesperde klop is presies wat hierdie 24 musiekleerders nié gevoel het op 22 Aug. tydens die Soirée Musicale.

Soirée: ‘n Intieme geleentheid vir kunstenaars om by ‘n huis

bymekaar te kom en mekaar se werke te waardeer en erkenning voor te gee. Dit was die doel van die aand. Die gehoor het ‘n glasie wyn voor die kaggelvuur geniet terwyl die leerders hulle met musiek betower het.

Gedurende die aand het hulle na 22 musiekitems wat van kla-vier-, sang- en blokfluitsolo’s tot ensemblewerke deur blokfluit en die meisiesensemble gewis-sel het.

Die meisiesensemble se “Isn’t she lovely” het die gehoor veral beïndruk. Hulle het vroeër

Kara Tubb

Hoërskool Vredendal se dansers het op 2 Junie aan

die kontemporêre en moderne dans-afdelings van die Paarlval-lei Eisteddfod (PVE) in die Paarl stadsaal deelgeneem. Na afloop van hierdie geleentheid is ‘n paar dansers uitgenooi om op 11 Sep-tember by die Prestige Gala-aand op te tree. Ongelukkig, weens die matrieks se rekordeksamen, kan die geleentheid nie bygewoon word nie.

Hierdie dansers het tydens die Paarlvallei eisteddfod altesaam

vyf trofeë in die verskeie kate-gorieë ontvang. Ook sewe Cum Laude, vyf goue, ag silwer en een brons sertifikaat word deur Hoërskool Vredendal se leerders losgedans.

Dit was vanjaar Kirwin Loubser, gr.12 dansstudie- leerder, se vyfde en laaste jaar van deelname van PVE. Me. Sonya Jones, beoordelaar, het die volgende vir Kirwin gese: “Wow! Breathtaking cho-reography and dancing with so much emotion. Remember that the sky is the limit.”

“Baie geluk aan al Hoërskool

Vredendal se dansers met julle puik uitslae, jul toegewydheid is wonderlik beloon,” het me. Ren-sia Theron, dans-onderwyseres, gesê.

Sharon-Lee Hurst agter die klavier. FOTO: ANNEKE NEL, JOLLY KIKI FOTOGRAFIE

PVE-uitslae U Light (Elrika van Niekerk):

Beste 14-16 jaar kontemporêre/moderne dans solo choreografie

U Still I Rise (Kirwin Loubser): Beste 17-19 jaar kontemporêre/moderne dans solo choreografie

U Fallen (FP Smit & Elrika van Niekerk): Beste 14-16 jaar kon-temporêre/moderne dans groep choreografie

U My Love (Mia Human): Beste 14-16 jaar kontemporêre/mo-derne dans solo

U Trust (Kirwin Loubser & Mia Human) deel trofee met Love is Love (Theunis Smit & Celine Booy-sen): Beste 17-19 jaar kontem-porêre/moderne dans groep

7 Cum Laude

5 Goud

8 Silwer

1 Brons

vanjaar ‘n goue toekenning by Klawer Kunste Koorfees verwerf en sal ook in Okt. by die Nieu-woudtville Koorfees optree.

Die gr.12-leerders is deur me. Driekie de Klerk geassesseer. “Die standaard was deurgaans hoog en die terugvoering van die gehoor was baie positief,” vertel

me. Michéle de Villiers, hoof van die musiekdepartement.

Palesa Louw, musiekleerder, voeg ook by: “Die aand was suk-sesvol en dit wys net weer al die harde werk was nie verniet nie. Ek dink almal het hard gewerk om die hoë standaard te behou en die gehoor te betower.”

Page 6: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

6 Die Parskuip September 2018Ondersoek

Swem Jannie, swem?Hoë veertigs is nie ‘n vreemde verskynsel

in die somer vir Vredendal nie. Wat is die moontlikheid dan van swem as sport by Hoërskool Vredendal?

Dit is geen geheim dat die Wes-Kaap een van die warmste streke in die land is nie. Swem dien as afkoelingsmiddel vir baie, veral hier in Vredendal waar die kook omtrent kan styg. Baie leerders spandeer

ure tydens somer in swembaddens en baie beskik oor natuurlike talent. Ongelukkig sal hierdie talent nooit ontgin kan word nie

wat ‘n groot jammerte is. Baie mense dink dat swem net as

ontspanningsmiddel kan dien, maar dit is waar hulle verkeerd is. Swem is een van min sporte waar die meeste spiere gesa-mentlik geoefen word en dit kan ook dien as ‘n alternatief vir hoë-impak oefening as jy wil spiere bou. Dit verhoed verder die kanse van lae rugpyn, hartsiektes en hoë bloeddruk.

Swem is ook ‘n life skill wat alle leerders behoort te hê – vir jou eie veiligheid asook

vir die moontlikheid om iemand anders se lewe te kan red. Swem is ‘n sport wat jy tot jou oudag toe kan beoefen en nie soos ander sporte waar jy moet aftree of uitree nie.

Wat baie mense dalk ook nie weet nie is dat swem jou brein beter laat funksioneer a.g.v. die konsentrasie wat jy moet hê. Wanneer jy swem sal jou konsentrasie dus outomaties in die klas ook verbeter.

Daar is dus baie voordele, maar in die realiteit bestaan daar ook heelwat struikelblokke. Baie tyd word spandeer in chloor-gevulde swembaddens wat met gesondheidsrisiko's soos asma geassosieer word. Nog ‘n probleem is dat ons sopas uit ‘n droogte kom en baie mense is maar nog skrikkerig en versigtig en wil eerder die water spaarsamig gebruik.

Die bou en instandhouding van ‘n swembad kos ook baie geld en fondse sal daarvoor ingesamel moet word. Verder is die kompetisie met aanliggende skole baie skaars.

Maar: waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Dalk moet die voor- en nadele goed opgeweeg word en die moontlikheid ver-

der ondersoek word."The things you learn from swimming -

setting goals, being part of a team - that's invaluable," – dit is wat die bekende Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmer, Chad le Clos, elke dag na die swembad toe laat terugkeer.

ONDERSOEKJanelle Pieters

The things you learn from swimming - setting goals, being part of a team - that's invaluable

Peiling onder gr.10's: Swem as sport by HSV.As HSV swem as sport aangebied het, sou jy

deelneem?JA - NEE

70% - 30%

Weet jy wie is Michael Phelps

JA - NEE

45% - 55%

Kan jy vryslag swem?JA - NEE

51% - 49%

Ken jy die verskillende swem-style?

JA - NEE

34% - 66%

Page 7: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

7Die Parskuip September 2018 Onderhoud

Wil jy ook eendag lewens red?Karla Gaugler

"Ek het nie die werk gekies nie, die werk het my gekies."

So vertel Anina Nortier Balie, ‘n paramedikus wat hier in ons area vir die Departement van Gesond-heid werk.

Sy was van plan om na skool argitektuur te studeer. ‘n Ambu-lans praktisyn het haar genader terwyl sy noodhulp by skole-rug-by gedoen het en gevra of sy sal belangstel om by hulle as ‘n vry-williger te werk. Daar het die gogga gebyt.

Volgens Anina is die belangrik-ste reël vir ‘n paramedikus die volgende: “Dooie helpers kan niemand help nie, so kyk altyd na jou eie veiligheid. Moet nooit dat jou emosies jou verhoed om jou werk te doen nie."

“In die praktyk is sekere goed anders as wat ons dit in skool leer. Pasiënte lees bv. nie hand-boeke nie en daarom reageer hulle nie altyd soos wat in hand-boeke staan nie, jy moet vinnig op jou voete dink wanneer dinge nie uitwerk soos jy beplan het nie. Dan moet jy jou eie kennis

van die liggaam en hoe dit werk gebruik om jou planne aan te pas.”

Anina verduidelik dat die vaar-dighede wat hulle aanleer nie noodwendig baie moeilik is nie, maar dat die omstandighede waarbinne hulle dit moet uitvoer uitdagend is. Dit is bv. relatief maklik om ‘n drip in te sit as die persoon in ‘n kamer lê, maar om dit te doen terwyl hy vasgepen is in sy kar wat op sy sy lê, is ‘n heel ander storie.

Op my vraag aan Anina wat haar ergste voorval nog was, ver-duidelik sy dat die woord "erg" relatief is en dat daar nie ‘n erger geval as ‘n ander was nie. “Wan-neer mense seerkry is dit erg. Dis net nog ‘n klein bietjie erger as daar kinders betrokke is.”

Sy gee die volgende raad aan ons leerders: “Leer hard op skool. Die meeste van ons besef eers na skool dat ons onself deur die voet geskiet het deur nie te werk nie. Gaan na opedae en doen navorsing oor verkeie beroepe. Stel ‘n doel en werk daarvoor.”

Adri Cornelissen

Hulle sê dat onderwys nie net ‘n beroep is nie, maar ‘n roeping

- iets wat jy uit en uit gebore is om te doen. Dit is iets wat die proefstudent, ‘n oud-leerder van Hoërskool Vredendal, Anri Late-gan, jou al te goed kan vertel.

Anri het in 2015 gematri-kuleer en is tans ‘n derdejaar student aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroom kampus. Sy het besluit om on-derwys te studeer omdat sy “‘n passie vir kinders het en geeste-like, fisieke en emosionele groei in jongmense wil aanmoedig”.

“Ek hou daarvan om ‘n

Anri Lategan, oud-leerder van HSV, nou proefstudent.

FOTO:VERSKAF

Die onderwysers van môre... vandagpositiewe stempel te los en my unieke leierskapvaardighede te gebruik om mense te lei op die regte pad,” het sy haarself ver-duidelik.

In haar tyd hier by Hoërskool Vredendal het sy glo ‘n paar dinge geleer. Soos dat jou in-gesteldheid jou elke tree bepaal, asook die spoor wat jy dan los.

Sy beskou haar proeftydperk as ‘n positiewe ervaring en sê: “Ek was bevoorreg om die ge-leentheideid te hê om die on-derwysers beter te leer ken, hul opregte harte te sien en natuur-lik ook almal se sin van humor te ontdek.”

Haar raad aan voornemende onderwysstudente is om jou-

self reg te maak vir die grootste avontuur as student, baie kri-tiek, baie harde werk en ‘n groot skuif in persepsie.

“Daar wag baie verantwoorde-likhede aan die anderkant van die skoolmuur vir jou, onderwys studies is nie so maklik soos al-mal sê nie en die onderwys self is beslis nie ‘n halfdag-werk nie.”

“Jy gaan skool op ‘n heel ander manier beleef en sien,” lig sy haar mening.

Soos die wyse woorde van Nelson Mandela sê: “Education is the most powerful weapon wich you can use to change the world.”

Anina Nortier Balie, plaaslike paramedikus, inspireer die jeug om

ook lewes te red. FOTO: VERSKAF

Page 8: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

8 Die Parskuip September 2018Gesondheid/Opvoedkundig

Skadelose trekkie?

Rian Wiese

Volgens baie is die gewilde e-sigaret ‘n gesonde manier

van rook, maar is dit werklik ‘n gesonder weergawe as ‘n pakkie “entjies”?

Die argument wat dikwels ten gunste van die “E” gehoor word, is dat dit skadeloos is. Baie ouers ondersteun ook hierdie argu-ment asof dit die feit dat sy/haar kind rook, in ‘n beter lig stel - “Verkieslik die tabaklose e-sigarette as die uiters ver-slawende pakkie 20”, word dik-wels gehoor. Daar word egter gerieflikheidshalwe vergeet van die suiwer nikotien wat met elke trek die longe vul.

Navorsers is met reg bekom-merd oor die impak wat die inname van nikotien op die gebruikers se liggame het. Som-mige navorsers noem dit ‘n tyd-bom wat enige oomblik kan ont-plof. Die industrie hou die “E” voor as ‘n “gesonde” alternatief vir sigarette en ook ‘n manier om van jou tabakrookgewoonte afstand te doen. Ongelukkig, in realiteit, word daar dan nooit van jou rookgewoonte afstand

Johané Verwey

Is jy moeg daarvoor om elke week in die biblioteek rond te soek vir

ʼn boek om te lees, of soek jy net ʼn manier om vinnig boeke te kry en te lees sonder om enige geld te spandeer?

Dan is daar die perfekte oplossing vir jou. Dit kom in die vorm van ‘n app genaamd Wattpad.

Wattpad is ‘n gratis app wat jy ILLUSTRASIE: FRANCO FOUCHÉ

vinnig op jou foon kan aflaai en dan boeke volgens jou smaak kan kies. Na aanleiding van jou keuses sal hulle dan ook boeke vir jou aanbeveel. En jy moet ook nie dink die app het net twee of drie boeke op nie - met duisende boeke, meer as 100 miljoen downloads en duisende skrywers is Wattpad een van die grootste elektroniese boeke apps.

En asof dit nie genoeg is nie, gee Wattpad vir ervare en selfs onervare skrywers die geleentheid om hul eie kortver-hale en boeke te skryf en dit dan aan die publiek deur middel van die app bekend te stel. Jy moet ook nie dink al jou harde werk sal verniet wees nie, want as jy genoeg lesers het is dit taamlik maklik om “borge” vir jou boek

te kry. Hulle sal dan hul adver-tensie by jou boek aanbring wat geld vir die jou as skrywer sal inbring. Jy kan ook daar publi-seerders se oog vang wat dan jou boek in boekvorm kan publiseer vir lesers om te koop.

As jy nou nog nie oortuig is oor die grootheid van Wattpad nie, kan hierdie feit jou dalk oortuig: Die bekende Netflix fliek, The Kissing Booth, was oorspronklik ‘n Wattpad boek wat so gewild was dat die storielyn oorgekoop en in ʼn fliek verander is! En as jy dink jy is te jonk om die tipe sukses te behaal maak jy ‘n fout, want die skrywer was ʼn vyftien-jarige meisie met geen spesiale opleiding nie.

So, as jy ‘n boekeliefhebber of skrywer is, is Wattpad dalk net die plek vir jou.

Lesers en skrywers se wens word waar

gedoen nie. Die “E” bevat sowat 50–60% van

die nikotien van ‘n gewone sigaret. Dit bevredig dus nie jou rooklus nie, maar het tot gevolg dat jy al hoe meer moet rook om jou lig-gaam se behoefte aan nikotien te bevredig.

Hoekom? Want nikotien is ge-woontevormend en die rede waar-om rokers sukkel om hulle ge-woontes te laat staan. Navorsing

toon dat die verslawingspotensiaal van nikotien 1000 keer hoër is as die van alkohol.

E-sigarette het rook, veral onder tieners, glamerous gemaak. Of dit werklik so skadeloos is, sal ons uit tyd moet leer.

Die beste wat jy vir jouself kan doen, bly egter staan: As jy nie rook nie, moenie begin nie en as jy rook en dit kan regkry, staak dit.

Die “E” bevat sowat 50–60% van die nikotien van ‘n gewone sigaret.

Adverteer in Die ParskuipGroot advertensie @ R400 Klein advertensie @ R200

Vir meer inligting kontak:[email protected]

Page 9: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

9Die Parskuip September 2018 Gemeenskap

Matzikama bied aan Expedition AfricaJani Smith

Voorbereiding vir een van die wêreld se mees vooraan-

staande avontuurwedrenne het omtrent die Namakwaland in rep en roer gehad. Die rooitapyt is uitgerol om 52 spanne van re-goor die wêreld in ons omgewing te verwelkom. Die Matzikama area was die gasheer en avontu-urwedloop-hoofstad vir Expedi-tion Africa. Die gemeenskap het hande gevat om met hierdie besondere geleentheid nasionaal en internasionaal te bemark.

Expedition Africa Namaqua Weskus het vanaf 18-27 Mei plaasgevind en is aangebied deur Namaqua Weskus Toe-risme in samewerking met die hoofborg, Tronox, en ander be-langhebbendes in die Matzika-

ma-streek.Maar wat is Expedition Africa?

Expedition Africa is ‘n avon-tuurwedren waar mededing-ers in spanne meeding en van kontrolepunt na kontrolepunt navigeer. Die wedren sluit in: bergfietsry, trekking, kajak en oriëntering. Spanne moes in alle weersomstandighede en moei-like, afgeleë gebiede kan funk-sioneer. Hulle reis dwarsdeur die nag en kan self besluit wan-neer en waar hulle wil rus.

Hierdie was nie net ‘n groot voorreg vir ons streek nie, maar ook ‘n toets vir ons infrastruk-tuur en gasvryheid, wat ons met vlieënde vaandels geslaag het.

Die volgende geleentheid sal op 29 Augustus tot 8 September op die unieke eiland, Rodrigues, plaasvind.

Deelnemers aan Expedition Africa. FOTO: VERSKAF

Mila Loubser

Alhoewel Suid-Afrika ‘n water-skaarse land is, het ons wat

in die Wes-Kaap bly nog nooit juis eerstehandse kennis van droogte gehad nie. Dit was maar altyd iets wat met die mense in die noorde gebeur het. In 2017 het dit egter alles verander toe die nodige winterreëns weggebly het.

Skielik het ons in die Wes-Kaap ook bewus geword van die sogenaamde dag Zero, die dag wat daar nie meer water sou wees nie. Die damme het al leër geword en daar was min vooruitsigte van goeie reën. Dit was die eerste keer dat die Wes-Kaap so ‘n droogte beleef het.

Reuse bewusmakingsveld-togte is deur die provinsiale re-gerings van stapel gestuur en drastiese maatreëls soos streng waterbeprerkings, boetes en prysverhogings is ingestel. Al-

mal het begin boor op soek na grondwater en oor ons koppe het die dreigende laaste dag ge-hang. Mens sowel as dier is hard deur die werklikheid van ‘n wa-ternood getref. Agri Wes-Kaap het bereken dat daar ongeveer 30 000 werksgeleenthede in die slag gebly het weens die voort-slepende droogte.

Maar, ironies genoeg, het die droogte ook ‘n paar goeie dinge nagelaat. Kom ons dink maar net aan hoe mense wat eintlik vreemdelinge is vir mekaar, be-gin saamstaan het. Werkgewers en werknemers het saamge-kom om te bid vir ‘n oplossing. Duisende rande en tonne voed-

sel is oor die land heen geskuif na die dele waar die mense die swaartse gekry het. En dit ge-beur nog steeds.

Maar seker die belangrikste van al die positiewe dinge is dat die gewone man op straat weer respek vir water gekry het. Dat ons almal besef dit is nie net iets wat verniet uit ‘n kraan loop nie. Dit is kosbaar en kan opraak, daarom moet ons dit so hanteer dat daar in moeilike tye ook nog is. Ons het geleer dat ‘n mens binne twee minute baie skoon kan word onder ‘n stort. Dat die afloopwater van die stort leiwa-ter kan word en die voorwater in die kraan in die wasmasjien kan

kom.Gelukkig het ‘n nuwe winter

aangebreek en die damme het weer vol geraak en “D-DAG” is verhoed. Die blomme het weer geblom en die land het weer groen geword. Baie boere kon weer plant. Daar is weer biddae gehou, maar nie om te vra vir reën nie, maar om dankie te sê vir die damme wat weer vol is en die land wat gered is.

Dit is tye soos dié wat ge-meenskappe wys dat hulle regtig saam wil staan en mekaar wil help. Ons gemeenskap is een en sal altyd bereid wees om mekaar te help. En wat anders kan ‘n mens doen as om dankie te sê?

ILLUSTRASIE: KARLA GAUGLER

Droogte bring ook die onwaarskynlike na vore

Page 10: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

10 Die Parskuip September 2018Opinie

Het jy ‘n droom of ‘n doelwit? “All our dreams can come true, if we

have the courage to persue them,” dit is een van Walt Disney se bekendste aanhalings. Wel, ek is seker ons almal het een.

Drome is noodsaaklik. Dit maak nie saak wat dit mag wees nie, al wil jy nou ‘n springbok rugbyspeler of beroemde pop-ster word. Dit is jou droom, dit maak nie

saak hoe groot of hoe klein nie. Selfs van die suksesvolste mense het nog steeds drome. Daardie drome is wat hulle gebring het waar

hulle vandag is-en ook natuurlik harde werk. Sonder ons doelwitte sal die lewe net ‘n eentonige roetine word.

Een belangrike feit om te onthou is dat saam met drome kom ‘n groot verantwoordelikheid: harde werk. Baie van ons droom, maar net ‘n handvol werk regtig om daardie droom te bereik. Sonder harde werk gaan jou droom net ‘n begeerte in jou onderbewussyn bly.

So ek daag julle uit om in 2018 na al julle drome te streef en dit ‘n werklikheid te maak.

Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer. Dit is wat die Bybel in Genesis 3:19 verklaar.

Maar wat gebeur na die dood? Hoe gaan ons wat agterbly weer voort?

Die dood kom soos 'n dief in die nag. Skielik en onverwags. Die dood is pynlik en die dood laat seer. Die dood laat ook baie vrae oor hoekom dit spesifiek met ons moes gebeur. Die seer is tydelik, maar die leemte permanent. Ek voel soms die seer

sal nooit weer weg nie en die leemte kan nie weer gevul word nie. Ons leer net ander wyses aan om sonder die persoon, maar met

die hartseer saam te leef.Maar die siklus moet voltooi word.

Alles en almal het 'n vervaldatum in die lewe. Ander s'n net vroeër as ons s'n. Die uurglas se sand loop uit en die stof val elke sekonde op die horlosie. Die lewe is kort, tog is daar nog so baie wat ons wil sê en doen.

Só... die tyd is nou. Sê jy is jammer, vergewe mekaar, verklaar jou liefde en sê hoe baie jy hulle waardeer.

Voor die dief met die naam "Dood", jou horlosie se batterye kom uithaal.

Koud... stof... dood Baie sal sê dat luiheid onder kinders

nie ‘n nuwe tendens is nie - daar was maar nog altyd kinders wat nie wou werk nie. Dié wat hierdie standpunt handhaaf het ‘n punt beet. Wat egter kommerwek-kend is, is die persentasie leerders wat deesdae nie hul kant bring nie en die arrogansie wat daarmee gepaardgaan.

Dit wil voorkom of daar al meer kinders is wie se werk nie op datum is

nie en hulle is ook nie skaam oor die feit dat hulle geen werk inhandig nie. Wat dit meer kom-merwekkend maak

is dat dit in meeste gevalle die gemid-delde en ondergemiddelde kind is wat geen dryfkrag het nie.

Daar kan baie faktore wees wat die oorsaak hiervan is, maar ek glo dat die huidige departementele voorskrifte grootliks te blameer is. Reeds in die laer grade word die kind wanneer werk/take nie op die spertyd ingehan-dig word nie oorgesien en tweede, selfs derde kanse gegun. Die ondergemid-delde kind besef ook gou dat hy/sy nie so hard hoef te werk nie, want ek sal punte “gegee” word om te slaag.

Indien ek nie slaag nie is dit ook nie so erg nie, ek mag net eenkeer in ‘n fase teruggehou word en indien dit gebeur is dit ook nie my skuld nie, die onderwy-sers moet sorg dat intervensie toegepas word sodat ek kan slaag. Volgens my mening is hierdie wanpersepsie onder

kinders die groot oorsaak tot akade-miese laksheid.

Wat baie kinders en volwassenes nie besef nie is dat hierdie selfde kind met dieselfde houding eendag die samele-wing moet ingaan en daar buite word nie tweede kanse gegee nie.

Daar sal baie idees wees oor moont-like oplossings hiervoor, maar ek glo dat daar net een oplossing is.

Skole sal moet sterk staan en ‘n kind moet verantwoordelikheid geleer word. Sperdatums sal gerespekteer moet word en indien dit nie nagekom word nie en daar nie ‘n baie goeie rede bestaan nie (nie die hond het my taak geëet nie) kry die kind eenvoudig nul vir daardie werk. Dit is miskien drasties, maar hoe gouer ‘n kind die regte weë aangeleer word, hoe beter vir hom/haarself.

Wie nie wil hoor nie, moet maar voel...

Die Dallers bring weer die beker huis toe.ILLUSTRASIE:NARENE ESTERHUYSE

REDAKTEURSBRIEFKara Engelbrecht

Luiheid is die duiwel se oorkussing

Wat baie kinders en volwassenes nie besef nie is dat hierdie selfde kind met dieselfde houding eendag die samelewing moet ingaan OPINIE

Mnr. Jaco Swanepoel

RUBRIEKGené Nero

Page 11: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

11Die Parskuip September 2018 Opinie

Ek weet nie waarheen ons so jaag nie. Huiswerk, fone, familietyd, oefeninge, skool

en wie weet wat nog. Die feit bly staan – ons jaag só dat ons vergeet

om die goeie en kosbare tye te waardeer en raak te sien. Dit is wel moeilik vir ‘n tiener om alles in ‘n dag in te pas: skool, eet, slaap, vriende, kuiers, huiswerk en dan net nog vinning deur Instagram scroll. Maar ons moet net leer om te beplan.

Los die foon vir ‘n tydjie en doen iets lekkers. Gaan draf, drink tee saam met ‘n tannie of oom by die ouetehuis, speel buite saam met jou sussie of boetie, spandeer tyd saam met mense wat jy liefhet, gaan sing of dalk dans. Doen iets ontspannends in jou oë.

Los die gejaag na wind en geniet die lewe.-Anoniem-

‘n Gejaag na wind…

Vat ‘n GROOT hap..."Kos is die lewe," sal baie tieners vertel. Ons

almal hou van chips en chocolates, maar LEWE is nie op die menu nie.

Lewenslus is een van die L'e in DALLERS. Wanneer ons kos eet voel ons vol energie, dit is hoe ons die wêreld moet binnegaan.

Ons sê dankie vir die onderwysers wat elke dag skool toe kom met die doel om ons te help en ons breine op ‘n interessante manier te ver-fris.

Daar is so baie leerders in die klas wat met uit-drukkinglose gesigte sit en tokkies vang. Gooi daardie slapgat-houding by die venster uit.

Elke Dinsdag en Donderdag was HSV ui-tasem van al die oefening. Net so hard soos wat ons vir interskole gewerk het, moet ons ook vir akademie en kultuur werk.

Ons moet gebruik maak van die geleenthede wat vir ons gegee word. Werk ‘n bietjie harder en stoei met daardie wiskunde somme, neem deel aan buitemuurse aktiwitiete en daag jou-self uit om buite jou gemaksone deel te neem.

Doen dit vir jou SKOOLDoen dit vir jou TOEKOMSDoen dit met LEWENSLUS

-Lewenslustige redaksielid

Hotel Transylvania 3: Summer vaca-tion: animasie

Ons almal se gunsteling monsters is terug en die keer gaan hulle op vakan-

sie. Drac, Mavis (weer die stem van Selene Gomez) en die hele monsterpack beland op ‘n plesierboot. Dinge raak egter gekom-pliseerd toe Drac verlief raak op Ericka, die kaptein van die skip, want Ericka het ‘n gevaarlike plan wat die einde van alle mon-sters kan beteken…

Insatiable: donker komedie

Dit is ‘n nuwe Netflix series wat handel oor ‘n meisie, genaamd Patty (gespeel deur Deb-

by Ryan), wat haar lewe lank geboelie is omdat sy oorgewig is. Totdat sy na ‘n somervakansie terugkom by die skool met ‘n hele nuwe lyf en ‘n hele nuwe doelwit: om almal wat haar ooit “vet” genoem het, terug te kry.

Klippie in die BosBriewe

Resensies deur Carla Kotze en Janelle Pieters

Opname deur: Handré Truter

As jy in enige land kon vakansie hou, waar sal dit wees en hoekom?

Ek sal baie graag Italië toe wil gaan omdat dit ‘n baie mooi land is en daar baie lekker kos is.Dawid de Wet

Ek sal baie graag in Engeland wil vakansie hou - my gunsteling fliek is daar geskiet en dit lyk na ‘n baie interessante land.Jaymie-Lee Cloete

Amerika, want van kleins af het ek ‘n groot liefde vir Amerika gehad. Ek meen... Starbucks, hallo!FP Smit

In Thailand, want wie hou nie van son, see en cocktails nie? Me. Gudrun Prigge

Kompetisie Rian Wiese

Watter baba gee vir jou klas?

Identifiseer elk van die volgende vier onderwysers en gee jou antwoord voor die vakansie vir juf. K. de Villiers. Die eerste leerder wat reg raai wen 'n R50 snoepie koopbewys.

Sweetener - Ariana Grande

Dié vierde album van die prinses van pop laat mens ‘n mengelmoes van emosies ervaar.

Die album volg na die terroriste-aanval tydens haar konsert in Manchester, Engeland, wat die lewe van 22 mense geëis het. Die album fokus op die waardering van lewe. Haar enkelsnit, "No Tears Left to Cry", het alreeeds goue status verower.

Rose Gold - Shekhinah

Rose Gold is die debuut-album van die Suid-Afrikaanse sangeres Shekhinah

Donnell. Sy het bekendheid verwerf toe sy in 2012 aan die kompitisie Idols SA deelge-neem het en alhoewel sy nie gewen het nie, het sy nogtans ‘n bekende naam en gesig onder Suid-Afrikaners geword. Die album is deur Sony Music Entertainment Africa uitgereik en dit het op 31 Augustus 2018 platinum status bereik. Dit is beslis nog net die begin van dié jong popster se loopbaan as sangeres.

Page 12: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

12 Die Parskuip September 2018Liefdesdeur Gené Nero, Patroné Joseph, Katelynn LottIllustrasie deur Pierre de Villiers

Gr.8

Almal weet dit nou al Nicole, dis daardie Carl-ou wat jou so uit-bowlAmbrozihia wat gaan aan? Is Brent nou verwyder uit jou liefdesbaan? Philip en Anke gaan uit en Alicia en Pierre se liefde strek wyd Chanté en Fernando het mekaar gevind, terwyl De-nise en Eddie maar besluit het om hul liefde los te bind Die graad aggies se liefde is maar flou, dalk is die spul maar besig om aan hul toekoms te bou

Gr.9

Caitlynn, is Simeon nou die ou van wie jy so skelm hou? Gilbert is nog steeds die een aan wie Cara-Jan klou Kara en Carl, vat die liefde nog vlam? Simeon se bene raak nou deesdae vir Miga lam. Lyk vir ons Shane-Lee en Javier veg vir Jaymie se hart, wie van hulle twee skiet nou die regte kaart Maar so het Javier se lief-deshoekie geskuif van die musiekklas na die trappe by juf. Nieman se klas. Dis vir Cassidy wat hy daar so mooi probeer bas. Ané en Oscar, is daar iets om te vertel of het julle maar net die sterre in mekaar se oë getel? Oor die liefde is die graad neges nie skaam nie en so bly hulle ook nie in hul baan nie

Gr.10

Gustav, is dit nou Anja Nel, Beah of Monette? Nevan en Cassidy het opgebreek. Carla Kotze, ons hoor daar is ‘n ou van Upington? Veneatha en Abdullah, is julle weer saam? Tehan Cloete, vir wie in gr.10 maak jy skaam? Rehandré het ‘n nuwe ou in Hopefield en Lauranique in Clanwilliam Megan en Marinus gaan nog sterk, Savannah en Johan vlieg op die liefdes-vlerkAnsjoné en Theo Cloete, wat gaan aan? Anke, was jy die struikelblok in Wehann en Marena se liefdesbaan?

Gr.11

Abdullah en sy Veneatha het toe nou die gesegde “ou liedfe roes nooit” weer-eens aan ons almal bewys So ook is Tiaan en Tania nog steeds aan Carl het maar weer na Fortnite teruggekeer toe Kara sê sy wil nie meerLisa hou haar dinge stil, maar ons almal weet sy is nooit werklik alleenDis net Jakob in Nica Nel se kopHulle sê Wellington is nogal ver, maar Chanté en Joshua maak nog steeds ‘n oulike pairMickayla en Donley wandel nou maar op die skool-gronde rond en het maar die klaskamerkaskenades in die verlede gelaatElizma en Magdel is nou skoonsussies Henk en Narene is nog steeds aan die gang Carlin kry toe vir haarself ‘n jong blaar. Ons hoop regtig nie hierdie verhouding maak gou klaar

Gr.12

Die matrieks gaan alweer amper weg, maar is die liefdeslewens nog reg? Die ouens wat soek vir ‘n meisie kan gerus by Rihan tips vang, met Karli aan sy sy is hy beslis nie meer bang. Viann het ware liefde gevind in sy EnidAyle en Loraine is nou heeltemal uit, maar dit klink asof hy al klaar vir iemand anders fluit Suzaan en Dewaldt is nou ook verby en so lyk dit dat hy alweer besig is om ‘n ander een te vry Diego en Zoë se paadjies het geskei. Wie sal die volgende meisie wees wat hy verlei? Sharon en Rickus is glo die beste paartjie. Theunis Nel, sê ons gou, is jy en Kyla saam of is sy net ‘n pêl? WC en Lané sal seker vir altyd saam bly, of is hy al gereed om te gly? Will en Doesie hou hulle verhouding stil, maar is dit dalk omdat hulle Marelise laat gril?

Page 13: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

13Die Parskuip September 2018

Carlin & EthanWat is sy gunsteling restaurant?Carlin: Dit was Debonairs pizza, maar die pizza’s is nou volgens hom te dun, so nou is dit Steers.Ethan: Ek het nie een nie, ek eet net wat lekkker is.

Wat is sy tweede naam?Carlin: AlanzoEthan: Alanzo

Watter grootte skoen dra hy?Carlin: 8 ½ tekkies en 9 dakota’s Ethan: 9

Wat irriteer hom die meeste?Carlin: Wanneer mense hulle eie tyd vat en hy haastig is.Ethan: Iemand wat nie sy mind kan op maak nie.

Wat wil hy eendag word?Carlin: Hy weet nog nie regtig nie, maar hy besluit nog tussen regte en ‘n “elektriese iets”. Ethan: Advokaat/ Elektriese ingenieur

Karli & RihanWat is sy gunsteling restaurant?Karli: Thi ArtRihan: Panarottis

Wat is sy tweede naam?Karli: ErnandRihan: Ernand

Watter grootte skoen dra hy?Karli: 9Rihan: 9

Wat irriteer hom die meeste?Karli: As mense vir hom sê hy is verkeerd.Rihan: As mense vir my sê ek is verkeerd.

Wat wil hy eendag word?Karli: OnderwyserRihan: President

Jeug

Hoe goed ken sy hom?

U Span lig reg in en kyk wat agter jou is - Wanneer jy met jou rug na die lig staan, sal jou foto van agter belig wees om ‘n sagte, engelagtige stralekransie te skep. Draai na die skerpste lig toe as jy ‘n helder en gefokusde kameraskoot wil hê.

U Plaas jou tong agter jou tande - Die sal verhoed dat dat jy te breed glimlag, maar onthou net om met jou oë te glimlag.

U Ken jou hoek - Kry jou foto-hoek om kameragereed te wees. Bestudeer jou gesig en neem soveel foto’s as wat jy kan om jou beste posisie te bepaal.

U Kyk in die lig in - Dit maak jou pupille kleiner en verhoed rooi oë op ‘n foto.

U Sê “money” wanneer jy die foto neem - Dit laat jou glimlag natuurliker lyk.

Beste joernalis:Adri Cornelissen - onderhoud bl.7 en koshuiskaskenades bl.3

Beste fotograaf: Karli Geldenhuys - sport foto's bl.16,17

Beste Illustreerder: Franco Fouché - illustrasie bl.8

Geluk aan die volgende redaksie-uitblinkers. Hulle ont-vang elkeen 'n gratis eksemplaar asook 'n R50 snoepie koopbe-wys.

2018 Redaksie:Redaksie UitblinkersGraad 9:Wilmari Basson Handré Truter Kara Tubb Rian Wiese

Graad 10:Karla Gaugler Carla Kotze Janelle Pieters

Graad 11:Patroné Joseph Chanté Klaase Katelynn Lott Gené Nero Johané Verwey

Graad 12:Adri Cornelissen Mila Loubser Jani Smith Bianca van Eck

Cheeese! Wenke vir die perfekte selfie

UITVOERENDE REDAKSIE

Redakteur & Reklame: Kara Engelbrecht gr.11Sub-redakteur (Hoof): Me. Karina de VilliersSub-redakteur: Me. Alécia NiemanReklame: Kara Engelbrecht gr.11Bemarking: Adri Cornelissen gr.12

Page 14: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

14 Die Parskuip September 2018

Jani Smith

Jou ouma se muurpapier of selfs jou eksentrieke tannie se

bank is waarskynlik nie stukke wat jy sou verwag om vandag se ontwerpers te inspireer nie. Dit lyk asof van die ontwerpers, vandag se vintage-liefhebbers, na van hul eie families gekyk het vir hierdie seisoen se inspi-rasie.

Met unieke, kleurvol-le, vreugdevolle klere en natuurlik die bekende floral print, wat ons almal se dag ‘n rapsie opkikker, kan ons hierdie seisoen voluit aanpak. Die modes herhaal hulself met ‘n paar indrukwekkende tag-tigerjare uitrustings wat hul moderne kleure kom toon.

Blomme vir die lente doen baanbrekerswerk in die modewêreld. In vergelyking met die gedempte water-verfpatrone, abstrakte ont-werpe en hipermoderne blom-patrone wat ons in onlangse seisoene gesien het, voel 'n vintage-geïnspireerde voor-koms eintlik nuut.

Maar tussendeur al hierdie opgewonde kleure is daar iet-sie meer… kalmerend… Maak gereed vir jou nuwe gunsteling kleur vir lente. Dit is nie wit of 'n pastel pienk nie. Nie eens babablou nie. Dit is olyfgroen. Ja, olyfgroen.

Alhoewel ons tradisioneel die gedempte groen in herfsver-

samelings sien, het ontwer-pers dit in florale, baadjies en strepe bedien. Olyfgroen is 'n wonderlike skakering wat redelik neutraal lyk. Iets rondom groen maak net sin vir die lente. Dit is 'n vars en natuurlike kleur wat hernu-wing verteenwoordig - veral in hierdie sagte variasie wat ons oral sal sien as deel van die lente/somer 2018 kleur ten-dense. Dit werk vir formele en selfs semi-formele uitrustings, maar dit is ook stapelvoedsel vir jou gemiddelde dagdrag klerekas.

Die geheim van goeie styl is om goed te voel in wat jy dra, of jy nou die dag entoesiasties en prettig voel met die vintage– en blomme styl of lus is om eerder die meer subtiele op-sie te kies, kan enige iets werk solank jy dit met selfvertroue dra.

Mode

Vintage -modes

ILLUSTRASIE: KARLA GAUGLER

Dit is 'n vars en natuurlike kleur wat hernuwing verteenwoordig - veral in hierdie sagte variasie wat ons oral sal sien as deel van die lente/somer 2018 kleur tendense.

Illustrasies deur Karla Gaugler

Page 15: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

15Die Parskuip September 2018

WORCESTER GIMNASIUM

VREDENBURG

NAMAKWALAND

UPINGTON

o/16 A 0 - 2o/19 A 1 - 1

Wedstryde HSV wen in bold

o/16 A 0 - 1o/19 B 0-3o/19 A 0 - 2

o/16 A Verlooro/19 B Verlooro/19 A Verloor

HOPEFIELD

o/16 A 0 - 2o/19 A 0 - 2

DIRKIE UYS

o/19 B 0 - 1o/19 A 0 - 5

NAMAKWALAND INTERSKOLE

o/16 A 0 - 0o/19 B 1-0o/19 A 1 - 1

Hokkie

Eerste wen vir hokkie bokkies Handré Truter

Interskole het te Vredendal op Saterdag, 18 Augustus,

plaasgevind. Elke hokkiespan het die dag positief ingegaan en was gereed om hul bestes te gee. Na ‘n tawwe seisoen het elke span op ‘n hoogtepunt afgesluit deur goeie en opwindende hok-kie te speel.

Met Megan de Beer as die kaptein van die o/19 B-hok-kiespan palm hulle Hoërskool Vredendal se eerste wen vir die

seisoen in. Berné Boshoff het die wendoel aangeteken.

Die jongste hokkiespan van die skool, die o/16 A’s onder leiding van Nikita Dreyer en Loelita Vercuil as kapteine, het ook baie goed gevaar en ge-lykop 0-0 gespeel.

Volgens me. Alécia Nieman, afrigter, is dit ‘n duidelike te-ken van groei in spel nadat hulle vroëer die seisoen 0-2 teen Hoërskool Namakwaland verloor het. “Ek is baie opge-wonde vir wat oor die volgen-de paar jare vir hierdie span

voorlê.”Die o/19 A-span het ‘n boei-

ende en opwindende wedstryd gespeel en ongelukkig teen die einde ‘n doel afgestaan en gelykop geïndig. Mia van Zyl, kaptein, en Chris-Lee de Lange, onderkaptein, het die span gelei. Itha Steyn het die doel tydens die wedstryd aan-geteken.

Die fondament is gebou en na ‘n tawwe seisoen het die hok-kie-meisies op ‘n hoogtepunt afgesluit.

O.19B wen eerste wedstryd. FOTO: SIMEON DE JAGER

Handré Truter

Na ‘n tawwe jaar van hokkie is die seisoen tot ‘n einde. Ongeag die uit-

slae het die dogters Hoërskool Vreden-dal se naam hoog gehou.

Die Daller-hokkiespanne kompeteer teen Worcester Gimnasium, Hoërskool Vredenburg, Hoërskool Hopefield, Hoërskool Upington en Dirkie Uys, Moorreesburg. Ongelukkig word alle wedstryde tydens hierdie vyf kragme-tings verloor.

Die o/19 A’s wys verbetering teen Hoërskool Namakwaland te Springbok en speel gelykop, een elk. Tydens die

wedstryde is Magdel Nel (o/19 A) en Monique Steenekamp (o/16 A) onder-skeidelik as spelers van die wedstryd aangewys.

Volgens me. Alécia Nieman, afrigter, het daar geweldige groei plaasgevind, veral in die o/16-span waar al die spe-lers as groentjies die seisoen begin het.

“Ek wil nie graag spelers uitsonder nie, maar ek moet krediet gee aan ons beginners wat in elke wedstryd gegroei het, asook twee eerstespanspelers wat vanjaar vir die eerste keer hokkie speel en beïndruk - Magdel Nel en Beah Oberholster. En dan natuurlik almal wat ‘n doel gescore het in die seisoen - Itha Steyn, Berné Boshoff – baie geluk!”

Itha Steyn, o.19A speler. FOTO: JOHANÉ VERWEY

HSV se hokkie wys groei

o/16 A Verlooro/19 B Verlooro/19 A Verloor

Page 16: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

16 Die Parskuip September 2018

Kara Tubb

Hoërskool Vredendal se rugbyspanne kompe-teer op 28 Jul. teen Hoërskool Hopefield op

ons velde. Die spanne kou egter klippe en slegs een van die vyf spanne behaal ‘n oorwinning.

Die o/19 B-span het ‘n spannende wedstryd gehad en was die silwer randjie om die dag se donker wolk. In die laaste minuut van die wedstryd druk Hoërskool Hopefield ‘n drie en loop voor met ‘n telling van 20-17. Die Bull Dogs veg egter terug en die kaptein, Viann Pienaar, druk in die laaste 10 sekondes die wendrie.

Spelers wat uitgeblink het was Daniel Thiart en Ettien Dreyer wat onderskeidelik twee en een keer elk agter die doellyn gaan kuier het.

Volgens Vian Pienaar, kaptein, het elke speler sy kant gebring en hart gewys. “As die gees reg is, is die span ook reg en dan sal die goeie resul-tate vanself gebeur.”

Die Dallers se o/15 B-span het ook ‘n goeie wedstryd gehad, al kon hulle nie die knoop deurhaak nie. Spelers wat uitgeblink het is DW Roux en Gonovan Boks. “Dit was ‘n baie harde en gelykop wedstryd en die spelers het dit baie geniet,” het mnr. Vivian van Zyl, afrigter,

Rug teen muur vs Upington

o/16’s doen vir oulaas hulle dingMila Loubser

Deels as beloning vir ‘n baie goeie seisoen en deels

as metgeselle vir die o/19 C- en D-nebaldogters, het die o/16-rugbyseuns op 24 Augus-tus die pad suidwaarts gevat. Na Worcester om presies te wees - vir ‘n laaste toerwedstryd teen Hoërskool Montana.

Volgens mnr. Rico le Roux moes hulle diep delf teen ‘n begeesterde span van Mon-nies (plus ‘n skeidsregter), maar soos gewoonlik kon hulle genoeg bymekaar skraap om uiteindelik 22-19 te wen.

Die aand is daar op Stellen-bosch oornag, of soos Heinrich von Wielligh, kaptein, dit uit-druk, oorwakkergebly, maar nie eens dit kon die geesdrif

demp vir die volgende dag se besoek aan Grand West nie. Natuurlik vir ysskaats, nie dob-bel nie.

Die span het moeg, maar tevrede teruggekeer na Daller-land met die wete dat 2018 ‘n seisoen was wat nog lank onthou gaan word. Hulle is veral ook dankbaar vir die ge-leentheid wat mnr. Le Roux en me. Simoné Swanepoel vir hulle geskep het.

o/19B hoop vs Hopefield

Kara Tubb

Die derde kwartaal se rug-byseisoen skop af met

wedstryde teen Hoërskool Upington. Hierdie kompetisie vind op ‘n sonskyn 21 Julie op tuisgronde plaas.

Die Dallers beleef egter ‘n dag vol teëspoed en slegs een van die vyf spanne wat speel behaal ‘n oorwinning. Die o/16 A-span wen hulle wedstryd 36-7.

Spelers wat uitgeblink het is Gustav Fouché, Tiaan Engelbrecht en Carl Adriaan. “Dit was beslis nie die span se beste wedstryd van die seisoen nie, maar hulle wen steeds oortuigend. Ek dink die spelers het gedink hulle is beter as wat hulle was,” was die opinie

van mnr. Rico le Roux, afrigter.Hoërskool Vredendal besoek

volgende jaar vir Upington om hierdie wedstryde ‘n instelling te maak. Ons glo die rugbyspanne sal dan baie beter vaar.

WC Tubb, o.19A kaptein. FOTO: KARLI GELDENHUYS

Die span het moeg, maar tevrede teruggekeer na Dallerland...

Gehardt te Baerts hou sy span se naam hoog op die veld. FOTO: MARGARETHA COETZEE

o.16A wen36-7

Rugby Die Parskuip September 2018

Page 17: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

17Die Parskuip September 2018

Kara Tubb

Die rugbymanne van Hoër-skool Vredendal en Augsburg

Landbougimnasium het tydens die interskole op Saterdag, 18 Augustus, die stryd teen mekaar aangepak. Die Dallers behaal oorwinnings in twee van die vyf wedstryde en een gelykop telling.

Die dag word vroeg in die koue afgeskop met die o/15 A’s wat die eerste wedstryd speel en oortuigend wen.

Volgens kaptein, Simeon de Jager, was dit ‘n goeie jaar vir die span. Die o/15 B-span speel vol-gende en eindig gelykop 7-7.

Elke Daller-speler se hart was in die wedstryd by die o/16 A-span. Hulle wen met ‘n be-sonderse telling van 43-15. Met moeilike weersomstandighede druk hulle vier drieë in die eerste helfte en drie skitterdrieë teen die wind in die tweede helfte. Volgens, mnr. Rico le Roux, af-rigter, is dit opvallend hoe die spelers “absoluut vir mekaar ge-speel het”.

UPINGTON

HOPEFIELD

DIRKIE UYS

AUGSBURG

o/15 B 0-20

o/15 A 0-13

o/16 A 36-7

o/19 B 12-20

o/19 A 14-54

o/15 B 12-17o/15 A 3-40

o/16 A 18-30

o/19 B 24-20

o/19 A 12-41

o/15 B 5-17o/15 A 7-0

o/19 A 29-23

o/15 B 7-7

o/15 A 19-10

o/16 A 43-15

o/19 B 10-14 Calvinia o/19 A

o/19 A 12-22

HSV wen in boldWedstryde

Rugby

o.16A - rugbyspan saam met hul afrigters. FOTO: KARLI GELDENHUYS

HSV laat Dirkie sweetKara Tubb

Die laaste rugbywedstryde voor interskole word op 4

Aug. op tuisgronde teen Hoër-skool Dirkie Uys, Moorreesburg, gespeel. Die Dallers behaal oor-winnings in twee van die drie wedstryde gespeel.

Die o/19 A-span het vanaf ‘n 0-17 agterstand teruggeveg en ‘n mooi oorwinning van 29-23 ingepalm. Thian du Randt het in die laaste minute die wendrie gedruk. “Dit wys net hoe groot die span se begeerte was om te wen,” het ‘n trotse mnr. Johan Coetzee, afrigter, vertel.

WC Tubb, kaptein, het goed bal gedra en in die lyn-stane gespring. Theo Cloete,

skrumskakel, het ook ‘n goeie wedstryd gehad.

Hoërskool Vredendal se o/15 A-span het ook die kroon gedra na afloop van hulle harde, ge-lykop wedstryd. Javier Smith het uitgeblink op die veld. “Die uitstekende verdediging van die spelers was opvallend,” het mnr. Vivian van Zyl, afrigter, gesê.

Die o/15 B-span kon ongeluk-kig nie die mas opkom nie. Drie van die gereelde B-span spelers is na die A-span opgetrek. “Die fiksheid en verdediging van die spelers kon beter, maar die span het in die tweede helfte mooi teruggekom,” vertel mnr. Van Zyl.

Oor die algemeen is mooi rug-by gespeel en die Dallers kan trots voel.

Simeon de Jager in aksie op die rugbyveld. FOTO: KARLI GELDENHUYS

Rugbymanne speel hul harte uit by interskole

“Ons kan nie vir beter afrigters vra nie en sonder hulle sou ons nie so ‘n goeie seisoen gehad het nie,” gee Heinrich von Wielligh, kaptein, erkenning.

Die o/19 B’s speel teen Calvinia se o/19 A’s en die wedstryd was tot die laaste se-konde in die weegskaal. Hier ook was dit opvallend hoe die spelers vir mekaar speel. Die

wedstryd eindig ongelukkig met ‘n naelbyttelling in die guns van die Augsies. Die o/19 A-span kon ongelukkig nie die mas opkom nie en verloor hulle wedstryd.

Oor die algemeen is goeie rugby gespeel en die dag was ‘n geslaagde sportdag waarop Hoërskool Vredendal kan trots wees.

Page 18: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

18 Die Parskuip September 2018

UPINGTON

DIRKIE UYS

VANRHYNSDORP

AUGSBURG

o/14 B 7-10 o/14 B

o/14 A 24-4 o/14 B

o/16 D 14-18 o/15 B

o/16 C 21-8 o/15 B

o/19 C 23-12 o/17 B

o/19 B 26-12 o/17 B

o/14 B 13-8o/14 A 15-20

o/16 E 8-17

o/16 D 11-13

o/16 C 23-8

o/16 B 21-20

o/16 A 18-13o/19 E 9-22 o/19 D

o/19 D 19-14o/19 C 7-26o/19 B 21-22o/19 A 30-26

o/16 D 21-10 o/16 A

o/16 C 25-7 o/16 A

o/19 C 18-9 o/19 A

o/14 B 12-8o/14 A 16-18o/16 E 8-9o/16 D 20-2o/16 C 29-3o/16 B 32-7o/16 A 30-12o/19 E 12-10o/19 D 12-6o/19 C 17-9o/19 B 17-18o/19 A 30-18

Weskus tops by Topskole netbal

Wedstryde HSV wen in bold

Netbal

Patroné Joseph

“Voorwaar ‘n uitstekende prestasie vir ons plat-

telandse skool,” het me. Wanda van Vuuren, netbal afrigter, gesê. Hoërskool Vredendal was bev-oorreg om die naweek van 2 Junie aan die WesKaap Topskole net-balkompetisie deel te neem.

Ons o/19 A’s speel gelykop teen Hoërskool DF Malan en verloor ongelukkig met een doel teen Hoërskool Stellenberg. Die

meisies byt ook in die stof tydens hulle wedstryde teen Paarl Girl’s High en Hoërskool Punt.

Hoërskool Vredendal se o/14 A’s wen teen Hoërskool Punt met ‘n telling van 14-11 en ver-loor verder teen Hoërskool De Kuilen, Paarl Gimnasium en Hoër Meisieskool Bloemhof.

Die o/16’s vaar uitstekend en wen teen Hoër Meisieskool Bloemhof, Paarl Gimnasium en Langenhoven Gimnasium. Hulle verloor teen Hoërskool Durbanville. Hulle dring deur

na die uitspeelrondtes en verloor met slegs een doel teen Paarl Girl’s High tydens ‘n naelbyt wedstryd. Hulle eindig algeheel vierde in die Wes-Kaap.

Volgens Chanté Klaase, o/19 A-speler was dit ‘n baie goeie er-varing. “Dit was lekker om die o/14’s beter te leer ken en ons netbalfamilie het ook sterker oor die tyd gegroei.”

“Ons is baie trots op ons skool se netbaldogters,” het me Glan-dy Visagie, netbal afrigter, gesê.

o.16 - netbalspan by Topskole. FOTO: VERSKAF

HSV bo by InterdistrikKara Engelbrecht

Hoërskool Vredendal se netbalspelers het weer-

eens die skool se naam hoog gehou tydens die Wes-Kaap Interdistrik Netbaltoernooi. Gesamentlik dertien dogters het die Weskus op 13 en 14 Julie te Wellington verteen-woordig. Die dogters het aan verskillende rondtes deelge-neem.

As gevolg van swaar reën is die program so bietjie omver gegooi, maar veral die o/14-span het gewys hulle skrik nie vir ‘n bietjie reën nie. Al was hulle papnat het hulle steeds uitstekend gevaar en tweede geeïndig.

Volgens Patroné Joseph, o/17-speler, was die toernooi vol tawwe kompetisie..

Goeie netbal by Spar-toernooiJanelle Pieters

Die Spar-netbaltoernooi wat jaarliks te Clanwilliam plaas-

vind was hierdie jaar weereens ‘n groot sukses. Op Vrydag 27 Julie het Hoërskool Vredendal se drie A-netbalspanne vertrek om die eerste rondte af te lê. Al drie die spanne vaar uitstekend en maak deel uit van die sukses van die dag.

Die o/16 A-netbalspan speel uitstekende netbal en word beloon deurdat hulle eerste in hulle liga eindig. Hulle wen teen Mitchell's Plain Netball Union tydens ‘n naelbyt wedstryd en bereik ‘n eindtelling van 20-19. Hulle wen verder teen Hoërskool Kakamas, Rhenish Girls’ High School en Augsburg Landbougimnasium. Tydens die eindstryd laat sê hulle die Rhenish-span goed les op om dan as die algehele wenners van hul oudersomsgroep weg te stap.

Die o/19 A-netbalspan het ook ‘n suksesvolle dag beleef en aan

die einde van die tweedag-toer-nooi eindig hulle dan algeheel tweede in hul liga van 10 skole. Hulle wen teen Hoërskool Stel-lenbosch, Mitchell's Plain Net-ball Union en Hoërskool Swel-lendam. Ons o/19’s verloor teen Lutzville. Hulle eindig eerste in hulle been en verloor ongelukkig hul eindwedstryd teen Rhenish Girls’ High School.

Die o/14 A-span eindig alge-heel vierde in hul liga van 10 skole. Hulle wen teen Hoërskool Stellenbosch, Rhenish Girls’ High School en Hoërskool Swel-lendam en speel gelykop teen Mitchells Plain Netball Union. “Ons skool se netbaldogters was weereens sterre op die baan,” het me. Wanda van Vuuren, net-bal afrigter, gesê.

o/14 - Silwero/15 - Bronso/16 - Sesdeo/17 - Bronso/18 - Vyfde

Page 19: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

19Die Parskuip September 2018 Netbal

Johané Verwey

Met groot opwinding vertrek Hoërskool Vredendal se o/19

C- en D-netbalspanne op Vrydag, 24 Augustus, op hulle toer na Worcester.

Volgens me. Simoné Swane-poel, afrigter, was dit ‘n lieflike sonnige dag, maar met aan-vangs van die wedstryde het ‘n sterk wind begin waai. Ongeag die wind, het die meisies hulle harte uitgespeel met baie onder-skeppings en doele tydens die wedstryde.

Die dag word met oefenrond-tes afgeskop sodat Hoërskool Montana hulle proewe kan af-handel. Daarna speel ons o/19 C-span teen hulle o/19 A-span, maar verloor ongelukkig 14-21. Hoërskool Vredendal se o/19 D-span speel ‘n mooi wedstryd teen hulle o/19 B-span en wen 17-7.

Alhoewel ons spanne teen sterker spanne gespeel het, het hulle hul goed van hul taak ge-kwyt en met die regte ingesteld-heid goeie netbal gespeel.

HSV Netbal toer na HS Montana

Kara Engelbrecht

Vroegoggend op die 4de Aug. val ‘n paar ligte druppels ter-

wyl Hoërskool Vredendal se net-balmeisies opwarm vir wedstryde teen Hoërskool Dirkie Uys, Moorreesburg. Die kompetisie is baie gelyk en ons behaal ‘n 50% oorwinning.

Al drie die A-span wedstryde was goeie kompeterende wedstryde, ‘n hoogtepunt van die dag. Volgens me. Glandy Visagie, afrigter, was dit die o/19 A-span se hardste wedstryd van die seisoen. “Ons het in die derde kwart ‘n voorsprong begin opbou wat ons uiteindelik die wedstryd 30-26 laat wen het.”

Ten spyte daarvan dat ons o/16

E- en o/19 E-spanne meestal die seisoen teen hoër spanne gespeel het, het hulle baie goed vertoon.

Die o/14 A-span het ongelukkig in ‘n naelbyt-wedstryd verloor. “Ons het net met vyf van ons oorspronklike A-span spelers ge-speel, wat die wedstryd ‘n harde een gemaak het. Ons reserwes het egter glad nie teruggestaan nie,” vertel me. Gudrun Prigge, afrigter.

Die wedstryde het in ‘n goeie gees plaasgevind – tot in so ‘n mate dat die onderskeie spelers van die o/14 B- en o/19 B-spanne na afloop van hulle naelbyt-wedstryde saam met hul opponente ‘n “kringetjie vir net-bal” gemaak het.

Jani Smith, o/19A-reserwe. FOTO: MARGARETHA COETZEE

Mickayla Arense, 0.19C - speler. FOTO: MARGARETHA COETZEE

Goeie begin vs UpingtonKara Engelbrecht

Die derde kwartaal se net-balseisoen skop af met

wedstryde teen Hoërskool Upington. Hierdie kompetisie vind op ‘n sonskyn 21 Julie op tuisgronde plaas.

Hoërskool Vredendal wen vier van die ses wedstryde. Die o/19 B-span behaal ‘n goeie oorwinning en me. Glandy Visagie, afrigter, beskryf dit as hulle beste wedstryd van die seisoen. Die o/16 C-span lewer ook ‘n vertoonwedstryd teen Upington se o/15 B-span.

Die o/14 A-span palm ‘n puik wen teen die opponente se o/14 B-span in. “Die o/14 A-span was aan die brand en is definitief ‘n span om mee rekening te hou,” het me. Gudrun Prigge, afrigter, gesê. Alhoewel die o/14 B-span ver-loor het, het hulle tot die einde geveg en kon met trots van die baan afstap.

Oor die algemeen is goeie kompeterende netbal gespeel. Hoërskool Vredendal besoek volgende jaar vir Upington om hierdie wedstryde ‘n instelling te maak.

3 spanne na VanrhynsdorpKara Engelbrecht

Die laaste netbalwedstryde voor interskole word op 6

Aug. in ‘n winderige Vanrhyns-dorp gespeel. Drie van Hoër-skool Vredendal se spanne speel teen hulle A-spanne en kom almal huis toe met ‘n glim-lag van oorwinning.

Volgens me. Pikkie Muller, afrigter, het die o/16 C-span as geheel goed saamgespeel. “Die senter en doele veral het baie goed gespeel.” Die baan waarop die o/16 D-span ge-

speel het, was in ‘n swak toe-stand. Ten spyte daarvan het die span as geheel goed ge-speel.

Hoërskool Vredendal se o/19 C-span het ook ‘n goeie wedstryd gehad. “Almal was vol energie en die opponent het gesukkel om die bal te kry,” vertel me. Simoné Swanepoel, afrigter. Volgens haar was die hoogtepunt toe sommige van Hoërskool Vanrhynsdorp se ondersteuners, selfs die rug-byspan, vir ons begin cheer het.

50% wen vs Dirkie Uys

Page 20: Nuus Jeug Oud-Daller in Silver Ferns opgeneem ken sy Die … · 2018-10-30 · Ronel Stoltz, een van die beoor-delaars, het na die vertoning opgespring en ‘n soen op Esrin se voorkop

o/19A-netbal beleef goeie seisoen bl.18 en 19

Sport

Eerste wen vir hokkie bokkiesbl.15

Kara Tubb

Vroeg Saterdagoggend, 18 Au-gustus, met die mis wat soos

‘n kombers oor Hoërskool Vre-dendal se sportvelde lê, is die Dallers gereed vir interskole teen Augsburg Landbougimnasium. Vir ekstra geluk, was dit ook die skool se 80ste verjaarsdag viering asook ons skoolhoof, mnr. Jaco Swanepoel, se verjaarsdag.

Hoërskool Vredendal wen nege van die 12 wedstryde gespeel. Die oggend begin reeds op ‘n hoë noot met die eerste netbal-wedstryd wat die Dallers in die sak steek - die o/16 B’s wen in die koue oggend met ‘n hoë eind-telling van 32-7. Die wedstryde wat volg was net so opwindend en die Dallers maak skoonskip. Die o/16 A-, C- en D-spanne eindig ook met hoë wentellings. Die wind het ‘n groot rol gespeel, maar ten spyte daarvan verloor die Dallers slegs drie wedstryde.

‘n Span wat werklik uitgeblink het gedurende die interskole was die eerste netbalspan, want om met ‘n telling van 30-18 te wen wil gedoen wees. Die eerste twee kwarte was ‘n baie gelykop stryd, maar daarna het die groen-en-goud meisies weggebreek met net een doel voor oë – wen.

“Ons het ‘n deurbraak in die derde kwart gehad en daar was

geen keer aan ons energie nie. Met sterk wind en al was daar geen twyfel dat ons gaan wen nie,” vertel Shevonne Hoffman, kaptein van die o.19 A-netbal-span. “Dit was ‘n groot voorreg om die seisoen op so ‘n hoë noot en met so ‘n wonderlike span te kon afsluit.”

Me. Wanda van Vuuren, af-rigter, vertel met ‘n glimlag: “Ons skool se netbaldogters het weereens soos een groot wen-span opgedaag en almal vanaf A- tot E-spanne het net hulle beste gegee.”

R 15.00 • September 2018 • Jaargang 44 • Media 24 se 2de Beste Nasionale Skoolkoerant • Skoolkoerant van Hoërskool Vredendal

Rugby-manne speel hul harte uit met inter- skole bl.17

Shevonne Hoffman, kaptein van die o.19A-net-balspan. FOTO: ANKE ADRIAANSE

Daller doele sink by interskole

Ons het ‘n deurbraak in die derde kwart gehad en daar was geen keer aan ons energie nie. Met sterk wind en al was daar geen twyfel dat ons gaan wen nie.

Interskole eindtelling Dallers 203Augsies 157