november 2017 vredendal sportklub trots op suksesvolle...

2
Namaqua Fietsryklub NOVEMBER 2017 Vredendal Sportklub trots op suksesvolle jaar Ná ’n suksesvolle jaar deel ons graag met julle terugflitse en die hoogtepunte van die Vredendal Sportklub. Ons is baie trots op alles wat die lede van ons sportklub deur die loop van die jaar bereik het en ons is seker dat almal steeds in 2018 van krag tot krag sal gaan! Julle maak die gemeenskap trots! Die volgende studente van die Vredendal Okinawa Goju Ryu Karateklub het op 4 November aan die Weskus alle style-proewe op Saldanha deelgeneem en die medaljewenners is in die Weskus-span opgeneem. Op die foto is PF Strauss, FC Schenck, AJ Schenck, Karla Gaugler, Anke Gaugler, Sumari van Niekerk, Loumari Hanekom, Jana van den Heever, Tania Roux, Thomas Gaugler en Steph Trutter. Vredendal Gholfklub het vanjaar sy 51ste bestaansjaar gevier. Gedurende hierdie tyd het die klub gegroei van ’n grondbaan met olie-setperke tot die pragtige grasbaan met ’n klubhuis wat al die nodige geriewe bied. Die klubhuis is ook onlangs opgradeer en is die ideale plek om ’n funksie aan te bied. Die baan self kan ook vir fondsinsamelings gehuur word. Die klub bestaan uit 86 lede wat dames en juniors insluit. Ook bied die klub sosiale lidmaatskap teen slegs R280 per jaar vir diegene wat graag ’n potjie gholf vir ontspanning speel maar nie die besoekersfooie wil betaal nie. Daar is reeds 18 sosiale lede wat ook gereeld by klubkompetisies betrek word. Om die klub behoorlik te onderhou, kos ’n hele klompie rand per jaar en moet die komitee van 8 lede baie hard werk om die nodige fondse in te samel. Die voorsitter is tans Len Knoetze met Vlam Taljaard wat klubkaptein is. Vredendal Gholfklub is trots om te sê dat hulle ten spyte van moeilike ekonomiese omstandighede hierdie aanwins vir die dorp met liefde en harde werk instand hou en verbeter. ( Vredendal Gholfklub vier 51ste bestaansjaar Vredendal Okinawa GojuRyu Karateklub Twee van Vergenoeg se leerders, Cameron Beukes (links) en Doranzo Kordom (regs), is vanjaar opgeneem in die Boland-atletiek- span. Die B-span van Invincible Rugbyklub het dié jaar sprankelende rugby gespeel in die streek-uitdaagkompetisie van Boland Rugby. Hulle het vanjaar die ligabeker vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen. Die bestuur is regtig trots op afrigters Petrus en Vernon en op wat hulle vermag het. Die klub wil ook vir die spelers baie dankie sê vir hul uitstekende spel en sportmanskap Namaqua Fietsryklub wil graag twee van hul lede, Andries Louw en Daniel Fritz, geluk wens. Hulle het Weskus-kleure vir bergfietsry ontvang ná afloop van vanjaar se Weskus-bergfietsliga op 28 September. Hulle is die eerste twee Namaqua-lede wat dit vermag het. Daar gaan nog baie ander lede in die toekoms wees wat hierdie prestasie sal behaal. Vredendal Muurbalklub het vanjaar van krag tot krag gegaan. Goeie groei by ledegetalle het beteken dat die klub se finansies gesond is. Hulle het vir lank hul tariewe dieselfde gehou, maar moes ongelukkig die klub se jaarlikse fooie na R600 verhoog. Die klublede het toegeneem en voorbereidings vir hul oefenterrein en instandhouding van toerusting is gemaak. Die bestuur het dit ook goedgedink om die klub se ligte te vervang met splinternuwe LED-buise. Pierre van Plug-in Electrical het die bane se beligting hanteer. Die klub het gevoel dat lede almal sal baat by die beter beligting en sal verstaan waarheen almal se ekstra R50 gegaan het! Vergenoeg Primêr landloop-atlete presteer Jive Invincibles Rugbyklub Vredendal Muurbalklub Vredendal Skietklub beplan weer groot dinge vir 18 November wanneer die skieltklublede hul skiettegnieke teen mekaar gaan uittoets. Vredendal Namakwa Jagklub

Upload: others

Post on 05-Nov-2019

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NOVEMBER 2017 Vredendal Sportklub trots op suksesvolle jaarmymatzikama.com/wp-content/uploads/2017/11/Nuusbrief-November-2017.pdf · Namaqua Fietsryklub wil graag twee van hul lede,

Namaqua Fietsryklub

NOVEMBER 2017Vredendal Sportklub trots op suksesvolle jaar

Ná ’n suksesvolle jaar deel ons graag met julle terugflitse en die hoogtepunte van die Vredendal Sportklub. Ons is baie trots op alles wat die lede van ons sportklub deur die loop van die jaar bereik het en ons is seker dat almal steeds in 2018 van krag tot krag sal gaan! Julle maak die gemeenskap trots!

Die volgende studente van die Vredendal Okinawa Goju Ryu Karateklub het op 4 November aan die Weskus alle style-proewe op Saldanha deelgeneem en die medaljewenners is in die Weskus-span opgeneem.

Op die foto is PF Strauss, FC Schenck, AJ Schenck, Karla Gaugler, Anke Gaugler, Sumari van Niekerk, Loumari Hanekom, Jana van den Heever, Tania Roux, Thomas Gaugler en Steph Trutter.

Vredendal Gholfklub het vanjaar sy 51ste bestaansjaar gevier. Gedurende hierdie tyd het die klub gegroei van ’n grondbaan met olie-setperke tot die pragtige grasbaan met ’n klubhuis wat al die nodige geriewe bied. Die klubhuis is ook onlangs opgradeer en is die ideale plek om ’n funksie aan te bied. Die baan self kan ook vir fondsinsamelings gehuur word.Die klub bestaan uit 86 lede wat dames en juniors insluit. Ook bied die klub sosiale lidmaatskap teen slegs R280 per jaar vir diegene wat graag ’n potjie gholf vir ontspanning speel maar nie die besoekersfooie wil betaal nie. Daar is reeds 18 sosiale lede wat ook gereeld by klubkompetisies betrek word. Om die klub behoorlik te onderhou, kos ’n hele klompie rand per jaar en moet die komitee van 8 lede baie hard werk om die nodige fondse in te samel. Die voorsitter is tans Len Knoetze met Vlam Taljaard wat klubkaptein is.Vredendal Gholfklub is trots om te sê dat hulle ten spyte van moeilike ekonomiese omstandighede hierdie aanwins vir die dorp met liefde en harde werk instand hou en verbeter.

(

Vredendal Gholfklub vier 51ste bestaansjaar

Vredendal Okinawa GojuRyu Karateklub

Twee van Vergenoeg se leerders, Cameron Beukes (links) en Doranzo Kordom (regs), is vanjaaropgeneem in die Boland-atletiek-span. Die B-span van Invincible Rugbyklub het dié jaar sprankelende

rugby gespeel in die streek-uitdaagkompetisie van Boland Rugby. Hulle het vanjaar die ligabeker vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen. Die bestuur is regtig trots op afrigters Petrus en Vernon en op wat hulle vermag het. Die klub wil ook vir die spelers baie dankie sê vir hul uitstekende spel en sportmanskap

Namaqua Fietsryklub wil graag twee van hul lede, Andries Louw en Daniel Fritz, geluk wens. Hulle het Weskus-kleure vir bergfietsry ontvang ná afloop van vanjaar se Weskus-bergfietsliga op 28 September. Hulle is die eerste twee Namaqua-lede wat dit vermag het. Daar gaan nog baie ander lede in die toekoms wees wat hierdie prestasie sal behaal.

Vredendal Muurbalklub het vanjaar van krag tot krag gegaan. Goeie groei by ledegetalle het beteken dat die klub se finansies gesond is. Hulle het vir lank hul tariewe dieselfde gehou, maar moes ongelukkig die klub se jaarlikse fooie na R600 verhoog. Die klublede het toegeneem en voorbereidings vir hul oefenterrein en instandhouding van toerusting is gemaak.Die bestuur het dit ook goedgedink om die klub se ligte te vervang met splinternuwe LED-buise. Pierre van Plug-in Electrical het die bane se beligting hanteer. Die klub het gevoel dat lede almal sal baat by die beter beligting en sal verstaan waarheen almal se ekstra R50 gegaan het!

Vergenoeg Primêr landloop-atlete presteer

Jive Invincibles Rugbyklub

Vredendal Muurbalklub

Vredendal Skietklub beplan weer groot dinge vir 18 November wanneer die skieltklublede hul skiettegnieke teen mekaar gaan uittoets.

Vredendal Namakwa Jagklub

Page 2: NOVEMBER 2017 Vredendal Sportklub trots op suksesvolle jaarmymatzikama.com/wp-content/uploads/2017/11/Nuusbrief-November-2017.pdf · Namaqua Fietsryklub wil graag twee van hul lede,

Hoërskool Vredendal het navrae gehad oor rolbal en het dit goedgedink om ’n span bymekaar te sit vir leerders wat belangstelling getoon het. Hierdie leerders oefen getrou elke week om hulself te verbeter. Daar word beoog om hulle in die Boland-skoleliga in te skryf. Die leerders is baie opgewonde oor hierdie sport en kan nie wag om deel te neem aan die Bolandliga vir skole nie.

Komatsu en nou MSR. Wel, ons juniors raak nou manne en speel skitterend gholf. 1.Erhard Lambrechts wen vanjaar die Stellenbosch Ope. 2. Jurian Mostert wen Theewaterskloof klubkampioenskappe-1ste plek -67 en 71 Gross-totaal 138 Gross (Klubkampioen/Rekordtelling). 3.Jurian Mostert- Boland o.17-Span/ Driehoektoernooi 26 - 28 Mei 2017 - Kingswood Golf Estate. 4.Jurian Mostert - Boland o.19 IPT Span/Interprovinsiale toernooi 11 - 15 Desember 2017 Oos-Londen. 5.Angelo Keffers - Boland o.15 en hy wen ook junior opetoernooie op Citrusdal en Devonvale.6.Keanan Keffers - Boland o.15 en wen ook verskeie ope toernooie.7.Klaas Keffers in die Boland senior-span. 8.Keagan Keffers is ons klubkampioen.

Vredendal Tafeltennisklub

Olifantsrivier Vereniging virPersone met Gestremdhede

Vredendal-Noord Primêr

Laerskool Vredendal

Gedurende 2017 is die volgende prestasies deur die klub behaal:Eerste Weskus-toernooi wat op 1 April 2017 aangebied is. Die twee gelukkige wenners was MJ Booysen en Francisco Steyn. Op 10 Junie was die volgende spelers deel van die Weskus-Federasiespan wat Kaap/Wynland in hul onderskeie ouderdomsgroepe gewen het: Francisco Steyn: senior mans Linville de Jongh: o.18-seuns Morne Beukes: o.13-seuns Carl Adriaan: o.15-seunsEverard Isaacs: o.18-seuns

Die Olifantsrivier Vereniging vir Persone met Gestremdhede (OVPG) het op 9 Augustus 2017 ’n heerlike, vrolike sportdag gehou vir hul kliënte van Doringbaai tot in Rietpoort op Vredendal.

Verskeie sportsoorte en speletjies is vir oud en jonk aangebied. Die kinders het elkeen ’n sertifikaat vir deelname ontvang. Die volwassenes het vir die eerste drie plekke in elke sportsoort of speletjie

meegeding. Daar is ook ’n sportman en sportvrou van die dag gekies op grond van die beste prestasie. Baie geluk aan Sara Don en Johan van Greunen.

Naldo Klein van Vredendal Noord Primêr het vanjaar op Sasolburg gaan deelneem as deel van die o.13 Boland-rugbyspan. Hy het ’n reuse sukses gemaak van die geleentheid om sodoende weer

volgende jaar sy plek as trotse rugbyspeler te verseker.

Wilmien Vos, ʼn leerder van Laerskool Vredendal, is die skool se top dogters-tennisspeler en sy het vanjaar puik op die tennisbaan gevaar. Wilmien het ook tydens die Maartvakansie die Boland in ʼn

interprovinsiale toernooi verteenwoordig. Sy het toe as nommer een vir die o.13B-span gespeel. En sy is tans die Boland se nommer twee speler vir dogters onder 12. Van 12 tot 15 Oktober is Wilmien

as een van die top sestien o.12-dogters genooi na ʼn toernooi van Tennis South Africa (TSA) Growth Point Master op Potchefstroom.

Naastdrift PrimêrNaastdrift Primêr is baie trots op ons leerders wat goud en dubbelgoud by Klawer Kunste verwerf het.

Vredendal Rolbalklub presteerVredendal se rolbalklub het kragte gemeet teen Lutzville. Dit is vir die vyfde agtereenvolgende jaar dat hulle gewen het.

Genomineer:Carl Adriaan is gekies om die Wes-Kaapse skole-tafeltennisspan te verteen-woordig by die Suid-Afrikaanse nasionale skole-kampioenskap wat in Desember 2017 in Johannesburg gehou gaan word.

Hoërskool Vredendal Rolbalspan

Lutzville Gholfklub