na god se hart - wapadrant · pdf fileselnommer: 072 815 7375 epos: ... kontak icel burger as...

20
September 2017 Wees ‘n Ester, sterk en dapper genoeg om vir die waarheid op te staan. Wees ‘n Rut, lojaal in al jou verhoudings, gee die ekstra tree en moenie moeg word wanneer dinge moeilik raak nie. Wees ‘n Leah, maak jou huis en jou hande oop vir ander. Geluk is die lekkerste wanneer dit gedeel word. Wees ‘n Hannah, bid altyd, dit sal nooit verniet wees nie. Wees ‘n Maria, God gebruik gewone mense om Sy werk hier op aarde te doen. Wees ‘n Dorkas, gebruik jou talente, hoe klein jy ookal dink dit is, Jy sal nooit weet hoeveel dit vir iemand anders kan beteken nie. Wees ‘n Abigaijl en onthou hoe jou besluite jou lewe kan beïnvloed, Goed of sleg. Wees ‘n Elizabet, moet nooit twyfel in wat God vir jou kan doen nie. Wees ‘n Maria Magdalena, moet nooit dat jou ondervindinge met ander mense jou vreugde in Jesus steel nie. Wees ‘n Rebekka, moet nooit vergeet dat ware skoonheid binne-in jou is nie. Wees ‘n kind na God se hart. † Na God se hart...

Upload: danghanh

Post on 17-Feb-2018

239 views

Category:

Documents


15 download

TRANSCRIPT

Page 1: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

September 2017

Wees ‘n Ester, sterk en dapper genoeg om vir diewaarheid op te staan.

Wees ‘n Rut, lojaal in al jou verhoudings, gee dieekstra tree en moenie moeg word wanneer

dinge moeilik raak nie.Wees ‘n Leah, maak jou huis en jou hande

oop vir ander.Geluk is die lekkerste wanneer dit gedeel word.

Wees ‘n Hannah, bid altyd, dit sal nooit verniet wees nie.Wees ‘n Maria, God gebruik gewone mense om

Sy werk hier op aarde te doen.Wees ‘n Dorkas, gebruik jou talente, hoe klein

jy ookal dink dit is,Jy sal nooit weet hoeveel dit vir iemand

anders kan beteken nie.Wees ‘n Abigaijl en onthou hoe jou besluite

jou lewe kan beïnvloed,Goed of sleg.

Wees ‘n Elizabet, moet nooit twyfel in watGod vir jou kan doen nie.

Wees ‘n Maria Magdalena, moet nooit dat jou ondervindinge metander mense jou vreugde in Jesus steel nie.

Wees ‘n Rebekka, moet nooit vergeet dat wareskoonheid binne-in jou is nie.

Wees ‘n kind na God se hart. †

Na God se hart...

Page 2: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

2

Ds N Pienaar (Nikolaas) van Pretoria-Wes na Oos-Londen.

Van GK Ontdekkers: Michael Wilhelm Prinsloo en Jantina Adriana Prinsloo (Boot).Van GK Rietvallei: Johanna Christine Erasmus (Erasmus)Van NG Doornpoort: Anneke Cecilia Glas (Lotz) en dooplidmaat Waldo Emil Glas

Na GK Pretoria-Alkantrant: Martinus Johannes Prinsloo en Frieda Elizabeth Prinsloo (Van Biljon)

Die Chrisante lewer ‘n onontbeerlike liefdesdiens deurgemeentelede wat gehospitaliseer is, te besoek.

By Wapadrant is onderlinge liefde en eenheidbelangrik. Ten einde liefde te betoon, wil ons graagversoek dat u laat weet indien iemand in die Hospitaalopgeneem word asook in watter hospitaal. U kanenige van die volgende persone in kennis stel van hos-pitalisasie:

Kerkkantoor (012 991 5623 [email protected])

Kleingroepleier Predikant (in meer ernstige gevalle) Chrisante van die spesifieke hospitaal. Véra Tollig by 082 6446 741 of 012 997 2678.

Daar is ook ‘n spesifieke persoon/e wat kinders besoekin hospitale.

Wees gerus in die wete dat hospitale geen inligting rak-ende pasiënte aan die Chrisante mag deurgee nie.

Ons as Chrisante wil graag die gemeente versoek omhulle kerkverband in te vul, sodat ons ons roeping endiens kan uitvoer.

Chrisante lewer die volgende diens aan die gemeente: Chrisante besoek daagliks hospitale om mense te

ondersteun.

Daar is ook ‘n diensgroep wat onder die Chrisanteressorteer wat bejaardes en swakkes bystaan,besoek en tydelik gedeeltelik versorg.By die volgende hospitale is daar daagliks mense watdiens doen: Pretoria-Oos, Wilgers, Kloof, Life Spinal& Orthopaedic hospitaal.

By die volgende hospitale word mense besoek sodraons bewus is van iemand wat opgeneem is: EugeneMarais, Jakaranda, Muelmed Louis Pasteur,Medforum, Zuid-Afrikaanse-hospitaal en LittleCompany of Mary.

Op hierdie stadium doen Wapadrant-, Rietvallei- enMeyerspark-gemeentes gesamentlik diens in diehospitale in die direkte omgewing.

Daar is op die oomblik 46 mense wat diens doen by dieChrisante, waarvan slegs 26 van Wapadrantgemeenteis.

Daar is nog ‘n groot behoefte aan lede vir dieChrisante, aangesien daar veral in Wilgers en Pretoria-Oos nogal baie mense op ‘n daaglikse basis besoekmoet word.

Die Chrisante se rooster verskyn op bladsy 13 en is ookop die kennisgewingbord in die saal.

Indien jy geroepe voel om aan te sluit by dieChrisante, kan jy Véra Tollig kontak by 082 6446 741of 012 997 2678 †

Page 3: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

3

As Kingfishers Catch FireAs kingfishers catch fire, dragonflies draw flame;As tumbled over rim in roundy wellsStones ring; like each tucked string tells, each hung bell'sBow swung finds tongue to fling out broad its name;Each mortal thing does one thing and the same:Deals out that being indoors each one dwells;Selves — goes itself; myself it speaks and spells,Crying Whát I dó is me: for that I came.

I say móre: the just man justices;Keeps grace: thát keeps all his goings graces;Acts in God's eye what in God's eye he is —Chríst — for Christ plays in ten thousand places,Lovely in limbs, and lovely in eyes not hisTo the Father through the features of men's faces.

WAPADRANT DATABASIS OPDATERING

Jy kan jou gesin se besonderhede op die rekenaarstelselnagaan en opdateer. Besoek die webblad byhttps://www.winkerkonline.co.za/ en registreer ‘n ge-bruiker deur die gemeente, u eie eposadres, unieke wag-woord, noemnaam, van, geboortedatum enselfoonnommer in te sleutel.

Sodra u versoek verwerk is, kan u aanteken en die nodigeveranderinge aan u gesin se besonderhede aanbring.

Kontak Ilda vd Merwe by 012 991 5623 of stuur ‘n eposaan [email protected] vir inligting.

Buite die venster van my studeerkamer, op die boonste

koorsboom heen en weer. Tussen die formidabele do-

volle swang. En - soos verlede jaar hierdie tyd – is dievurige gekwetter van tientalle vinke al van voor sonop

gelede het ek die geleentheid gehad om van agter my

venster. So geabsorbeer is die vink in sy werk. So ern-stig. En tog heeltyd aan die kwetter. Hy doen wat vinkedoen... en hy gaan heeltemal op daarin.

bewustheid en denke wat met menswees saamgaan,nog steeds ook só in jou daaglikse menswees te konopgaan, net in die oomblik te wees, en jou eie liedjie tekwetter soos wat jý gebek is nie? Vir my verwoord dieEngelse digter Gerard Manley-Hopkins (1844-1889)hierdie versugting weergaloos in die volgende verse:

ware mens en wees jouself in hierdie nuwe lenteseisoen. Jy kán, want Christus is in jou.Hy wil Hómself wees deur jou (Kolossense 1:27). †

deur Jaco Kruger

Page 4: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

4

‘n Opwindende nuwe hoofstuk vir TOPIA (Training of Pastors in Africa). Dit is die woorde waarmee ons onsonlangse besoek aan Malawi kan beskryf. TOPIA se opleiding word nie meer net deur Johannes Aucampgedoen nie. Hy lei nou ook ander op om dit te gaan doen. Op hierdie manier kan TOPIA meer plekke meergereeld in Afrika bereik.

Met ons onlangse besoek aan Malawi het ons opleiding gaan doen om die EPC (Evangelical PresbyterianChurch) daar by te staan. Hulle is ‘n relatief jong kerkverband wat vinnig groei. Op hierdie oomblik het hullenie baie opgeleide predikante nie. Die gevolg is dat heelwat van die Prayer Houses (die naam wat hul kleingemeentes het) deur plaaslike kerkleiers bedien word wat nie veel opleiding het nie. Dreyer en Gerhard hetna die Machinga-streek gegaan om daar te help met opleiding en toerusting van kerkleiers.

Daar was mense van 10 Prayer Houses teenwoordig. Die toerusting het sterk gefokus op basiesedissipelskap en om die mense ‘n Bybelstudiemetode te leer wat hul met vrug kan gebruik om Bybelstudiesaam met ander mense te doen. Die belangrike boodskap was dat ons elkeen geroep is om ons Here Jesuste volg en om ander mense van Hom te vertel. Die toerusting het oor 3 dae plaasgevind met die hulp vanSamuel, ‘n uiters bekwame tolk wat DV binnekort as predikant van die EPC bevestig word. Nie almal konvan die begin af daar wees nie, so daar moes gereeld herhaal word. Die toerusting is op ‘n baie praktiesemanier aangebied om seker te maak dat almal wat daar is kan verstaan.

Die besoek daar is afgesluit met ‘n erediens die Sondagoggend. Dit was so versterkend om te sien hoemense wat in ‘n heeltemal ander wêreld as ons lewe, dieselfde geloof as ons bely en ons Here Jesus in alleswil volg. Al het die mense nie baie nie, het hul ons toegevou met hul liefde en diensbaarheid. Ons was inalles heeltemal van hulle afhanklik (vir kos, vervoer, ens.) en sal hul diensbaarheid en liefde nie vinnigvergeet nie.

Hoe kan jy betrokke wees met TOPIA?

Bid vir die EPC in Malawi. Die gelowiges daar dien en volg die Here in moeilike omstandighede. DiePrayer House waar ons die opleiding gedoen het, is bv. ‘n paar maande voordat ons daar was, deurMoslems aan die brand gesteek. Die gelowiges kon daarna weer die dak herstel sodat hulle ‘n plekkan hê om bymekaar te kom.

Oorweeg dit om die predikant wat by jul gemeente dien, beskikbaar te stel om 2 keer ‘n jaar vir ‘nweek lank opleiding in Afrika te gaan doen.

As dit vir jou of jou gemeente moontlik is, maak ‘n finansiële bydrae aan TOPIA sodat die werk kanvoortgaan.

Kontak Johannes Aucamp as jy meer aktief betrokke wil wees. Selnommer: 072 815 7375 Epos:[email protected]

Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos:[email protected]

Ons is dankbaar teenoor die Here vir hierdie roeping en geleentheid om diensbaar aan ander gelowiges tewees. Ons gebed is dat dit nie net ‘n verskil in hul lewens maak nie, maar ook in ons eie. Mag ons elkeenaanhou om ons Here van harte lief te hê en om Hom in alles te volg.

Gerhard van Rhyn (GK Rietvallei) en Dreyer Potgieter (GK Meyerspark) †

Page 5: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

5

VERJAARSDAE SAL VOORTAAN OP DIE KENNISGEWINGBORD IN DIE SAAL WEESEN NIE MEER IN DIE MAAND-KRANT NIE. DIT KAN OOK OP DIE WEBWERF

GESIEN WORD BY http://www.wapadrant.co.za/verjaarsdae.html

God sorg vir die mossies;God sorg vir die diere;

God sorg vir die plante;En God sal sorg vir jou

si etwe somseis ine rvi ‘n enst et okopeni? ne gto lsa ine nee nav lulhe po edidrogn lva sdonre ied lwi nva lljue Vdaerine.(Matt. 10:29)

Page 6: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

6

“Die ou horlosie teen die muurTik-tak-tokAg sê my tog...” dong-dong-krrr-klik (stilte...)

Help! Ek het ‘n spesialis nodig! Iemand wat tydhet....iemand wat sy slag ken... iemand wat geratis en probleme kan uitwys.

Verlig slaan ek my Maand-Krant oop en blaainaarstiglik na die Almal se mandjie-blad. My oësoek vinnig en rus op die naam van die grys-wysman wat by Wapadrant sinoniem geword hetmet horlosies - Cor Meindertsma.

In ‘n jap-trap word die probleem fyn bestudeer,herstel en noukeurig getoets. Flinke diens wordvergesel met ‘n ewe vriendelike geselsie en uit-nodiging om kontak te maak sou dit nodig wees.

Hiep-hiep-hoera vir Cor Meindertsma!

My hart sing...my horlosie ook:“Die ou horlosie teen die muurTik-tak-tokAg sê my tog hoe laat dit isTik-tak-tok”

(Geen horlosie is geskaad in die skryf van hierdie brokkie nie)

Die tema “’n Goed-voel oomblik” bydie Food and Wine Show (28 Julie2017) het die bobaas-bakster, MatildaVisser, nie laat terugdeins nie. Sy hetbesluit om ‘n Kinderpartytjie uit tebeeld. En die uiteinde? Sy palm dieeerste prys in!

Knap gedaan, Mathilda!

Page 7: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

7

Laat die klokke beier!Oor die eeue heen is proklamasies, as amptelike bekendmakings, bevestig met die lui van kerkklokke.Laat ons Dinsdag, 31 Oktober 2017 proklameer as Reformasiedag met die lui van kerkklokke, 07h00 die oggend, in elkedorp en stad in Suid-Afrika.Ons proklameer so die dag in die Naam van die Koning van die konings, ons Here, Jesus Christus. (Openb. 19:16 en 1 Tim.1;17)

H.v.d. Waterennms. Calvinistiese Alliansiewww.calvinistiesealliansie.co.za

UIT DIEP VAN DONKER NAGTE'n Reformasie 500 feesprogram

25-28 Oktober 2017Aangebied deur die Gereformeerde Kerk

Soos u weet is hierdie jaar die 500 jaar-herdenking van die Reformasie. In samewerking met die Tus-senkerk-like-raad (TKR) word ‘n produksie, Uit Diep van Donker Nagte, by die Gereformeerde Kerk Cen-turion, gedurende die laaste week van Oktober 2017, opgevoer.

UIT DIEP VAN DONKER NAGTE laat die Reformasie na 500 jaar herlewe in ‘n unieke multimedia, teater-in-die-rondte produksie wat jonk en oud diep sal tref.

Wanneer: 25, 26, 27, 28 Oktober 2017Waar: Gereformeerde Kerk Centurion, Basdenlaan 226, Lyttelton, PretoriaTyd: 19:00 vir 19:30 – 22:00Kaartjieverkope: https://tickets.tixsa.co.za/event/udvdnFB-blad: @uitdiepvandonkernagte

Navrae kan gerig word aan:Louisa van die Walt082-576-0692 †

Page 8: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

8

Tot en met einde Julie 2017

Dankoffer-inligting

Maand Aantalpotensiële

*bydraepunte

Aantal puntewat geen

beloofde bydraegemaak het nie

Aantal punte watbeloof het maar

geen bydraemaak nie

Aantal puntewat agterstallig

is

Getroue bydraers

Mei 2017 *1 179**(1 818)

42235,79%

12010,18%

988.31%

53945,72%

Junie 2017 *(1 184)**(1 826)

42335,73%

1149,63%

999,71%

54844,93%

Julie 2017 *1 179** (1 815)

41134,86%

1119,50%

1129,50%

54546,14%

Opsomming:Die tekort op die bedryfsbegroting het intussen nog groter geword en staan nou, na die eerste 7 maande van diejaar, op R352 214.

‘n Groep van die leierskap van die gemeente het op 20 Aug 2017 bymekaar gekom om die stand van sake tebespreek en het met kommer daarvan kennis geneem. Daar is ook gekyk na ‘n paar kort- en langtermynoplossings.Dit sal ook weldra geimplementeer word, maar intussen wil ons ‘n beroep doen op al die lidmate om weer hulledankofferbydrae te oordink en moontlik aan te pas. Veral dalk die 456 potensiële bydraepunte, (huishoudings /gesinne), wat tans niks bydra tot die finansiële oorlewing van hierdie gemeente nie, om dit dalk weer teheroorweeg. Hierdie bydrae wat elkeen moet gee is nie ‘n soort ledegeld nie, maar eerder ons dankbaarheidteenoor die Here vir Sy voorsienigheid en versorging aan ons in ons daaglikse behoeftes en dit wat Hy dus so weeraan ons toevertrou het as Sy rentmeesters, waarvan ons ‘n deel so uit dankbaarheid wil teruggee (2 Kor 9:6-15).Ons is ook dankbaar teenoor die 99 lidmate of huishoudings wat tans met ruim harte uit dankbaarheid meer asR25 000 per jaar bydra en so deel is van ‘n groep wat ook tans 52% van die gemeente se inkomste uit hierdie bronvoorsien.

Page 9: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

9

*Bydraepunt = Getroude man en vrou = 1 bydraepuntBelydende lidmaat in dieselfde gesin = bydraepunt

Enkellopende belydende lidmaat = bydraepunt

Hou asseblief in gedagte dat die gemeente, bo en behalwe die daaglikse bedryfkostes, ook verantwoordelik is vir die betaling van aan ons breër kerkverband wat tans

ongeveer per maand beloop en watoorbetaal moet word. Dus kan u aflei dat, as elke belydende lidmaat ‘n minimum van

R70 per maand betaal, die kerkraad u nie daarvoor hoef te “subsidieer” nie.

Maniere van afdra van Dankoffer

Direkte inbetaling op kerk se bankrekening/per internetbank of per aftrekorder by jou eie bank. Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIE BELANGRIK: Naam,

van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme inbetaling.) Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas kontant/tjek in `n koevert en sit in liefdegawesakkie of doen ‘n elektroniese

oorbetaling in kerk se bankrekening.Debietorder: Reël met kerkkantoor by [email protected] of volg hierdie skakel vir vormhttp://www.wapadrant.co.za/finansieumllesake.html

Nog ‘n manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal:

1 OKTOBER 2017 - 25 MAART 2018

Kontemporêr        08:15

Klassiek                 10:00

Straatkafee           18:30

Page 10: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

10

BEST BUILD (PTY) LTD

NHBRC geregistreerNuwe huiseMotorhuiseGrensmureBadkamers

WaterdigtingVerfTeëls

PlafonneAanbouings

GRATIS KWOTASIESAdriaan Smit - 083 457 4301

Die MAAND-KRANT iselektronies beskikbaar op die

WEBWERF BYhttp://www.-wapadrant.

co.za/maand-krant

Kom luister saam na Ben op 17 September om 17:30 in die saalKom luister saam na Ben by WAPADRANT PRAATSAAM op 17 September om 17:30 in die kerk

KoekverkopingOns het verneem dat Hantie Schutte se rolstoel nie

meer aan haar behoeftes voldoen nie en dat ‘nander stoel, wat heelwat gaan kos, benodig word.Ons het dus besluit om al ons beskikbare fondse

asook die volgende paar koekverkopings se winste,uitsluitlik vir hierdie doel aan te wend. Ons doenook ‘n beroep op die gemeente om geldelikedonasies vir hierdie verdienstelike saak te maak.

(Die bankbesonderhede is ABSA,rekeningnr. 932-141-1060, takkode 632005)

Die volgende koekverkoping vind plaas op 17September tussen die twee oggenddienste.

Enige skenkings van gebak sal baie waardeer word.

By voorbaat dankie, Kleingroep G28Kontakpersoon Kobie de Ronde 0795105482

Page 11: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

11

Sonskynkinderkamp 3 - 5 Julie 2017

Die Sonskynkinders is ‘n groep laerskoolkinders wat byWapadrant Gemeente gehelp word by die Naskoolsentrum.Hierdie kinders is baie energiek en vol moed vir dit wat virhulle in die lewe voorlê, ten spyte van hulle daaglikseomstandighede.

Ons het besluit om vir hulle gedurende die Julie-skoolvakansie op ‘n kamp te neem. Op die kamp het ons die tema “Jesus maak my nuut” gevolg. Onshet gesels oor hoe die Here ons help om bo ons omstandighede uit te styg, al is daar uitdagings inons lewens. Verder het ons ook verskeie buitelugaktiwiteite vir hulle aangebied soos lae toubane,muurklim, boeresport en dan ook die “zipline”. Al die opgewondenheid kon ek tasbaar ervaar tussenhulle vandat hulle uit die bussie geklim het tot aan die einde van die kamp. Voorwaar was dit ‘nfantastiese geleentheid om met hulle te kon kuier en sien hoe hulle ook nuwe dinge ontdek en ervaar.Die grootste voorreg was dan ook om te kon sien hoe hulle die liefde, wat God vir hulle elkeen het, teervaar in die saampraat en saamspeel. Ek kan ook met sekerheid sê dat ek ook net soveel by hulleontdek het wat dit beteken om weer soos ‘n kind op ons Hemelse Vader te vertrou.

Hierdie was ‘n regte sonkyngeleentheid om saam met hulle te deel, ek is baie opgewonde oor wat virhierdie kinders voorlê. Daar mag nog geleenthede soos hierdie in die toekoms wees wat my baieopgewonde maak en ‘n verwagting van hoop gee.

Hierdie geleentheid is egter moontlik gemaak deur verskeie mense wat betrokke was deur middelvan gebede, skenkings en donasies. Ons wil dan vir elkeen van hierdie individue ook opreg dankie sêvir hulle hulp en ondersteuning. Voorwaar was julle net so deel van die kamp en die ervaring wathierdie kinders gehad het.

Errol MearsJeugwerker - Wapadrant Gemeente †

Page 12: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

12

Dis stil in dié klas. Mnr Buys voel hoe sy binneste ruk, want hy weethier is groot behoefte, maar ter wille van die dissipline van die klasmoet die seun gestraf word. Hy versoek toe weer vir Klaas om sybaadjie uit te trek, en weer smeek hierdie maer verwaarloosde kind:"Meneer, ek sal enigiets doen, maar asb meneer, ek kan nie diebaadjie uittrek nie".

Mnr Buys kon ook nie toegee nie, en sê weer: "Kom Klaas, uit metdie baadjie" en toe Klaas sien hy gaan die baadjie moet uittrek, maakhy dit oop en laat dit stadig grond toe gly en staan voor die onderwyser met net die verflenterde ou broekaan sy lyf. "Klaas waar is jou hemp?" vra mnr Buys. "Meneer, in ons huis is daar net een hemp en eenbaadjie en dit was vandag my boetie se beurt om die hemp te dra. En meneer, ek het nie bedoel om diebrood te neem nie, ek het gedink Jakobus gaan dit net weer in die asblik gooi soos elke dag, en ek was baiehonger, en ek weet my boeties en sussie by die huis is ook so honger soos ek, toe dink ek hy sal nie eensagterkom dat die brood weg is nie. Hier is dit meneer,” en hy plaas die oorblywende broodjies op die tafel.

Mnr Buys het gemaak of hy na iets op die bord kyk om hom geleentheid te gee om sy emosies onderbeheer te kry.Toe draai hy om en sê: "Klaas, jy verstaan dat ek wel die dissipline moet toepas. Jy verstaan dat ek nie 'nuitsondering kan maak nie", en Klaas kyk hom in die oë en sê: "Ja meneer, ek verstaan". Hy buk, en net toemnr Buys die rottang optel om die eerste hou te slaan, breek Jacobus se stem die stilte in die klas. "WagMeneer, moenie hom slaan nie." Mnr Buys kyk na Jacobus en sê: "Nee, Jacobus, jy weet dat die straftoegepas moet word vir die oortreding van julle reëls". “Ja meneer, maar moenie hom slaan nie. Hy wasbaie honger en het aan sy boeties en sussie gedink by die huis. Ek sal liewer in sy plek kom buk om sy strafwat hy moet kry te vat."

En Jacobus staan op en stap vorentoe. Daar was nie ‘n droë oog daardie dag in daardie klas nie.

Maar net so het Iemand reeds voor die VADER gestaan en gesê, “Asseblief VADER moenie hulle straf nie,EK sal in hulle plek die straf op MY neem.” Kom ons maak 'n punt daarvan om in hierdie nuwe dag, hierdienuwe week, opnuut vir God dankie te sê vir die straf wat HY namens ons verduur het. †

Page 13: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

13

PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300

27 AUGUSTUS 2 SEPTEMBEROloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 4822548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

3-9 SEPTEMBERRosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498;Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509

10-16 SEPTEMBEROloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 4822548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

17-23 SEPTEMBER 2017Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498;Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509

24-30 SEPTEMBER 2017Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 4822548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

1-7 OKTOBER 2017Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498;Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509

8-14 OKTOBER 2017Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 4822548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); Izabel Pretorius: 9912727 / 072 368 3630;

KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869Clara de Jonge: 083 609 9259 / 012 662 3822

WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100

27 AUGUSTUS – 2 SEPTEMBERCor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do);Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 991 2719 (Woens/Vry);Anmarie Steyn: 082 562 2839

3-9 SEPTEMBERBraam Gous:  361 7632 / 082 468 3808 (Woens); AnnemarieBekker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma);Anmarie Steyn: 082 562 2839

10-16 SEPTEMBERNancy Snyman: 803 1561 / 074 588 3374 (Woens); Hannetjiev Aswegen: 082 062 8264 (Sat); Hanlie v d Walt: 081 8650539; Irma Kruger: 084 514 4842; Anmarie Steyn: 082 5622839

17-23 SEPTEMBER 2017Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do);Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 991 2719 (Woens/Vry);Anmarie Steyn: 082 562 2839

24-30 SEPTEMBER 2017Braam Gous:  361 7632 / 082 468 3808 (Woens); AnnemarieBekkker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma);Anmarie Steyn: 082 562 2839

1-7 OKTOBER 2017Nancy Snyman: 8031561 / 074 588 3374 (Woens); Hannetjiev Aswegen: 082 062 8264 (Sat); Hanlie v d Walt: 081 8650539; Irma Kruger: 084 514 4842; Anmarie Steyn: 082 5622839

8-14 OKTOBER 2017Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do);Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 991 2719 (Woens/Vry);Anmarie Steyn: 082 562 2839

ANDER HOSPITALE:Peet en Lacia Vermeulen: 082 336 8465

EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR,MED FORUM, ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAALBen Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen

MUELMED, HART & ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL, JAKA-RANDA, UROLOGIESAndré Sandilands: 081 205 8669

MUELMED, HART-HOSPITAALAat & Thea v d Dussen: 082 3323 0855

KINDERBEDIENING:Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 2662 3964

ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL):Vorster Combrink: 082 872 9725

SENIORS - TUISBESOEK:Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091;

KANKERPASIËNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKEAnet Hofmeyer: 072 5312 378Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509Matty Coetzee: 072 330 1545

Onthou om asb. die Kerkkantoor in kennis te stel indien jyhospitaal toe gaan vir enige operasie of mediese prosedureby [email protected] of (012) 991 5623

SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of [email protected]

Page 14: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

14

Spirituele begeleiding is ’n gespreksmetode wat deur die eeue in die Christelike kerk ontwikkel het. Dit was altydmeer bekend in die Rooms-Katolieke en Anglikaanse tradisie, maar in baie Protestantse kerke het dit die laaste jare’n waardevolle rol begin speel.Die doel is die bevordering van jou eie geestelike reis. Gewoonlik is dit van groot waarde hiervoor. Dit gaan oor hoejy jou verhouding met die Here ervaar en oor wat die Here aan die doen is in jou lewe en persoonlikheid. Dws diewerkwyse is psigo-spiritueel in die sin dat jy en jou begeleier ook na jou persoonlike ontwikkeling kyk as deel vanjou spirituele ontwikkeling. Hoofsaaklik loop die begeleier nie voor jou uit nie, maar agter jou aan om jou te helpsien en ervaar.Wat gewoonlik goed werk, is om mekaar eers so viermaal vir ongeveer ’n uur te sien, min of meer twee weke uitmekaar, en dan evalueer die twee of hulle vir sowat ’n jaar wil aangaan op maandelikse basis. Daarna kan ditmaandeliks of met ’n laer frekwensie voortgaan, of die proses kan vir eers afgesluit word. Sommige begeleiers vra’n donasie en ander ’n fooi van ongeveer R330 per sessie.

Die kursus word in 7 blokke van 3 dae aangebied oor ’n tydperk van 15 maande. Die klem lê op ervaring en inoefening. Meestal by Stellastraatgemeente van die NG Kerk in Brooklyn, en

gedeeltelik by retreatsentra naby Pretoria. Dit val onder toesig van die NG Ring van Suidoos-Pretoria en is ook met Excelsus van die NG Kerk gekoppel.

Predikante kan 150 VBO-punte verdien. Daar is sewe aanbieders betrokke. Volgende jaar se kursus sal die negendeeen wees.

Aansoeke sluit 30 September 2017 Kursus begin op 18 Februarie 2018. Volledige inligting te kry by [email protected] of 083 966 7831. †

Page 15: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

15

Omkring die versteekte prentjies. Kan jy almal kry?

Page 16: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

16

Vrylopende kapokkies te koop. Besigtig diéprag-kapokkies op die kerkterrein. KontakSeni by 082 256 3901.

Heerlike Hollandse stroopwafels te koop.Een pakkie het 12 wafels = R40.00   KontakHelene Tollig  012-8070891  of 083 9477835

Grondslagfaseonderwyseres met 35 jaarondervinding bied Wiskundeklasse virleerders van Gr.1 tot Gr.3Kontak Louise Snyman in Wapadrand:0834569724

9-stuk gegote wit ystertuinstel @ R7 000.Dit sluit ‘n tafel, 6 stoele, ligstaander (met 7ligte) asook blompotstaander in. KontakFrikkie by 079 763 5734.

Wiskunde Ekstraklas Gr 8-12R200 per uur vir een-tot-een-klasse.Om te bespreek kontak Christelle Robbertseby 072 684 8078

Sommige mense reken dat die Kleuterkerk van Wapadrant net die kleuters besig hou met speletjies. Dit isgewis nie die geval nie. Die tannies by die Kleuterkerk maak die Bybelverhale lewendig en prakties. Van-jaar word dit aan die hand van beroepe gedoen. Sommige verhale moet abstrakte konsepte op ‘n 3- tot4-jarige vlak tuisbring. Dit was die geval met die tema “Ek sal bou aan God se koninkryk” aan die hand vanvan Nehemia. Tannie Corlia het pragtig verduidelik dat daar rondom die stad Jerusalem ‘n muur gebou isom almal te beskerm. Na die oorlog met Babelonië is hierdie muur vernietig en moes herbou word. Diekleuters kon prakties bouers wees en die muur herbou met tandestokkies, malvalekkers en jellietots. Hoeweet jy of die les suksesvol was? Wanneer ‘n seuntjie na Kleuterkerk opgewonde vir sy mamma vertel:“En toe hulle by hul plek kom, was die mure afgebrand en dìt was ‘n groot probleem!” †

Sr. Strydom Podiatriese VoetdiensEvaluasie, toonnaelversorging en opvolg-besoek in die gemak van jou eie woning. Virnavrae skakel my gerus by 083 709 9004Sr. Ronel StrydomGeregistreerde Verpleegkundige

Netjiese, veilige studentewoonstel inMalherbestraat, Potchefstroom te koop80m van suidelike NWU-kampushek en nabyBult.  24h sekuriteit en onderdakparkering.R460 000.  Skakel Edmund, 083 3911 065

Page 17: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

17

In die Bybel verteenwoordig die getal 15 rus, maar op 19 Augustus (en verseker die dae vooraf), is mingerus. Nee, daar is gewoel en gewerskaf om alles gereed te kry vir die VYFTIENDE Damesoggend ten batevan Paul Kruger Kinderhuis. Hierdie jaarlikse instelling word deur Kameeldrifgemeente se dames georgani-seer. Die 64 gasvroue het fluks beplan, gebak en getooi om 768 gaste te onthaal by ‘n onvergeetlikeoggend saam met “Drie van die bestes” (Danie Niehaus, Kevin Leo en Mathys Roets) asook gassprekerSheri Brynard.

Verskeie dames van Wapadrant het hierdie uitsonderlike oggend bygewoon en ook as gasvroue opgetree.Hulle was Ineke du Prees , Helena Aucamp, Rianette Weideman, Suritha Aucamp, Lihana vd Walt, ElmarieMosterd, Marie van der Merwe, Jowika Willemse en Lize Coetsee. Die tafels is met groot sorg gedek engetooi.

Tydens die geleentheid is die pragtige bedrag van R165 000 is aan die Kinderhuis oorhandig. †

Page 18: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

18

D U I T S E R N I S E A BC D E F G H I J H M E L MN O P Q R S I P U U R V WE X Y Z A B C A P G S E FN G H B L O E D I G G J KA L M N O P S D Q I E R SK I U V W X W A Y E B Z AN B C D E P E S F S O G HI U T K L M R N O P R Q RR S T U H A E L V W E X YP Z A B C D E F G H N U JS T E E K V L I E E E L OK L M N O P Q R S T S U V

Tien PlaeKopkrapper

As jy mooi kyk sal jy die tienplae van Egipte tussen al

hierdie letters opspoor.

Page 19: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

19

REFORMED CHURCH MAKOLOKWE

Dis Heerlike Lente!

Aangaande die nood by die Gereformeerde Kerk Ma-kolokwe skryf ds. Jack Lekalakala:

“In verband met ons spesifieke nood, ons is besig met ‘nfondsinsameling vir ‘n bouprojek in een van ons wyke.

Ons vergader elke Sondag in ‘n sinkhuis. Dit is moeilik indie somer, veral wanneer dit begin reën en in die winter isdit maar koud.

Ons het tot dusver geen elektrisiteit nie. Die grond be-hoort aan die kerk. Hierdie sinkhuis (foto regs) is maar eenvan ons preekpunte en het vyftien families met ‘n poten-siaal om te groei. Ons gebruik nog steeds die long dropsen daar is geen munisipale water nie.”

Indien u betrokke wil raak, kan u kontak maak met:Ds. Jack Lekalakala 083 368 3025of [email protected]

Donasies kan gemaak word aan Reformed ChurchMakolokwe, FNB, takkode 254005, rekeningnommer62458730465 †

Page 20: Na God se hart - Wapadrant  · PDF fileSelnommer: 072 815 7375 Epos: ... Kontak Icel Burger as jy nuus oor TOPIA se dienswerk via epos of Whatsapp wil ontvang. Epos: ... man

20

Agter van links: Valerie Buys (niggie van Ben Buys), Elsie du Buy (dogtervan Ben Buys), Fransie Potgieter (niggie van Ben Buys), Schalk Potgieter,Frans du Buy (skoonseun van Ben Buys) en Jan Lubbe (swaer van BenBuys.) Voor: Leonora van der Merwe (suster van Ben Buys), Ben Buys enArina Lubbe (suster van Ben Buys). Foto: Danielle Garrett

100 Hoera’s vir oom Ben!

Op 15 Augustus is oom Ben Buys se100ste verjaarsdag in Wapadrant sekerksaal met groot opgewondenheidgevier.

Verslaggewer, Danielle Garrett, wasteenwoordig om dié geleentheid teverewig in die Pretoria-Oos Rekord .

Verskeie vriende en familielede hethierdie uitsonderlike geleentheid by-gewoon.

Lees gerus die volledige artikel byhttp://rekordeast.co.za/142400/plaaslike-wiskunde-boffin-vier-100e-lewensjaar/

Koos du Plessis

Laat my nooit die grond verlaat nie.Laat my in U skadu bly.

Gee dat elke aardse vreugde en vrees,eindelik nietig word vir my.Elke afdraaipaadjie ken ek.Elke keer het ek verdwaal.

Elke keer het U my iewers kom haal,maak dit Heer die laaste maal.

Elke dag is 'n gedagte,elke kamer net gehuur.

Elke aardse droom van rykdom en roem,net 'n skadu teen die muur.

Wat ek is, is net genade.Wat ek het, is net geleen.

Eintlik smag ek na U waters van rus.Lei my Heer vanaand daarheen.

Bybelse Beloftes wanneerjou finansies druk

“Julle wat aan die Here behoort, dien Hom!... Selfs leeus ly gebrek en kry honger,

Maar wie die Here se hulp vra, kom niks kortvan al die goeie dinge nie.”

Psalm 34:10-11

Psalm 34:11 herinner ‘n mens dat ons ons hemelseVader se hulp kan vra vir enigiets, ook wanneer jy

finansieel noustrop trek. Maar “kom niks kort van aldie goeie dinge nie” kan ook slaan op meer as be-

staansmiddele. Sê Deut. 8:3 dan nie dat ‘n mens nienet van brood kan leef nie, maar van “elke woord

wat uit die mond van God kom”? En in die Nuwe Tes-tament voeg Jesus by: “Is die lewe nie belangriker as

kos en die liggaam as klere nie?” (Matt. 6:25)

“Gee, en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat,ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle

hande gee. Met die maat waarmee julle meet, salook vir julle gemeet word.”

Lukas 6:38