n samestelling deur anna eksteen [email protected]...

43
'n Samestelling deur Anna Eksteen [email protected] 0822946799

Upload: truongquynh

Post on 07-Feb-2018

336 views

Category:

Documents


26 download

TRANSCRIPT

Page 1: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

'n Samestelling deur Anna Eksteen [email protected]

0822946799

Page 2: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

2

Moet asseblief nie hierdie boek gratis rondstuur nie. Indien jy dit wel ontvang en nie self daarvoor betaal het nie, maak asseblief kontak met my (Anna) die samesteller daarvan by die onderstaande e-pos adres of telefoonnommer. Baie ure se harde werk, beplanning en navorsing is aan hierdie samestelling bestee en respek daarvoor sal waardeer word, aangesien dit dien as 'n inkomste. [email protected] of 0822946799.

INHOUDSOPGAWE 123 mossel pasta 37 Ander tannie se dogter se spaghetti 11 Ansjovis, tuna en soetrissie pasta 41 Arm man se droomdis 13 Aspersie-en-ham-pastagereg 22 Botterskorsie pasta met ryk kaassous 35 Dubbel-sampioen pasta 38 Ekonomiese pasta gereg 30 Fettucini alfredo 19 Fettucini met knoffel en groente 18 Fettucini met lemoen en kruisement 16 Fusilli met bloukaas en spek 26 Fusilli met uie, knoffel, salami en maaskaas 26

Garnaal-en-mango-noedelslaai 42 Gebakte rigatoni met aurora-sous 40 Gebakte spaghetti 12 Geel en groen fettucini met sampioene en ham 18 Gelaagde boontjie-lasagne 24 Gerookte snoek en spaghetti skottel 14 Geurige macaroni-gebak 8 Geurige skaaptjops met macaroni 9 Geurige spaghetti-gereg 10 Hartlike macaroni- en kaaspotjies 4 Heerlike pastagereg 27 Herfspasta 39 Hoender en peper lagagne 25 Hoender-en-mayonnaise pasta 27 Hoenderpasta 43 Italiaanse pastaslaai 4 Kerriepastaslaai 43 Krap-en-papaja-pastaslaai 42 Kruie pasta met hoender roerbraai 4 Lamskenkels-en-nek met penne 20 Lasagne met murgpampoentjies 25 Lasagnepotjie 24 Lekker pasta 38 Lemoen en pasta slaai 32 Linguine met tamaties, hoender en kappertjiesaad 35 Linguini met mossels 35 Lintnoedels met patat en spinasie 30 Lintnoedels met tamaties 29 Lui huisvrou se pasta 37 Macaroni en hoendergereg 8 Macaroni en kaas en boeliebief gebak 6 Macaroni en kaas 9 Macaroni en tuna gereg 6 Macaroni met rissiesous 7 Macaroni tert 6 Macaroni wengereg 9 Macaroni-en-kaas met suikermielies 7 Macaronikaas gebak met spekvleis en broccoli 8 Makriel-en-macaroni-slaai 5 Mangohoender-fettucini 18 Marinda se pasta 43 Middagete pastaslaai 32

Mossels in tamatie-en- kruiesous 17 Noedel en hoenderpastei 33 Noedel en spekgereg 31 Noedel-en-appel-gebak 29 Noedels met mediterreense groente 28 Noedels met worsies en tamaties in rooiwynsous 27 Noedelslaai 31 Noedelslaai 2 32 Oosterse pastaslaai 31 Pasta - alla – minute 21 Pasta a la alrina 31 Pasta arrabbiata 19 Pasta en geroosterde groente 40 Pasta en visslaai 32 Pasta en wors soet-suur roerbraai 39 Pasta met botterskorsie, patat en lemoen 23 Pasta met hoender en feta 36 Pasta met hoender en room 28 Pasta met hoenderlewers 28 Pasta met mossels 39 Pasta met 'n oosterse geur 33 Pasta met rivierasous 27 Pasta met romerige ham en sampioensous 17

Pasta met romerige kersietamatie-en-rissiesous 41 Pasta met roomspinasiesous 35 Pasta met sampioensous 17 Pasta met skaapniertjiesous 40 Pasta met tuna en spinasie sous 37 Pasta met twee-kleur-sous 38 Pasta met wors-en-aspersiesous 13 Pasta met worsies 16 Pasta poure con asparagus 18 Pasta-en-tunasmultert 34 Pastagebak 11 Pasta-pesto met tamaties 4 Pastaslaai met biersous 6 Pastaslaai met kalkoen en kiwivrug 41 Pastaslaai met neute 30 Pastaslaai met sonneblomsaad 30 Pastitsio 5 Penne met gerookte mossels 21 Penne met groente en ham 21 Penne met rooi soetrissiesous en aspersies 20

Penne met warm tamatiesous 20 Peppadew penne arrabiata 19 Pikante roerbraainoedels 29 Romerige pastaslaai 34 Sampioen a la pasta 34 Sampioen-lasagne 24 Seekospasta-kasserol 41 Skroefiepasta met aspersies en gorgonzola-roomsous 40 Slaai met eier en pasta 29 Somer pasta 14 Spaghetti carbonara 15 Spaghetti in bottersous 12

Page 3: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

3

Spaghetti met avokado pesto 12 Spaghetti met bolognaise sous 13 Spaghetti met geroosterde kersietamaties 13

Spaghetti met klein aartappeltjies 10 Spaghetti met knoffelolie 12 Spaghetti met soetrissiesous 11 Spaghetti met spinasie en fetakaas 11 Spaghetti met tamatiesous 14 Spaghetti-skottel 15 Spaghetti-vorm 16 Spek-en-eier-spaghetti 15 Spinasie en kaas lasagne 25 Steak met macaroni 5 Suurlemoen-groente tagliatelle 23 Tagliatelle met okkerneute en roquefortkaas 22

Tagliatelle met romerige sampioensous 23 Tagliatelle met tamatie en maalvleis 22

Tagliatelle met vinnige spinasieroomsous 22

Tamatie-canneloni 24 Thaise pastaslaai 36 Tuna en groenolyfpasta 21 Tuna lasagne 26 Tuna-en-ertjiepasta 38 Tuna-en-tamatiepasta 38 Tuna-noedelgereg 33 Vic se slaai 34 Vinnige macaroni aandete 10 Vrugtige macaroni-slaai 7 Wil ophou maar kan nie 14 Worsie en macaroni roerbraai 7 Worsie-en-kaasgebak 10 Worsie-pastaslaai 42

Dankie Heer vir nog ´n dag,

dankie Heer vir U groot mág

dankie Heer dat U ons gebede hoor

want ek het geweet U het ´n oor.

Dankie Heer dat U vir ons gee

die wat ons gevra het elke keer.

Sonder U o Heer is ons verlore,

U weet wat is elkeen se kore.

Dankie Heer, ons moet U loof

want niks is vir U te swaar op ons hoof

U genade is baie groót

En ons moet bely, dat U ons uithaal, uit die sloot.

Al val ons diep en kry ons seer

is U daar om ons weer te leer

dat U ons dra elke keer

maak nie saak hoeveel keer.

Dankie, baie dankie my Heer.

FEITE OOR PASTA Pasta is 'n uitstekende bron van komplekse koolhidrate wat sorg vir baie van die liggaam se energie. Pasta van goeie gehalte (soos Fatti's en Moni's) word van Durumkoring gemaak. Dit is 'n harde koring met 'n hoë proteïen-inhoud, wat slegs vir die vervaardiging van pasta produkte gekweek word, want dit lewer die beste kleur, geur en tekstuur. Pasta wat met Durumkoring gemaak word, behou sy vorm wanneer dit gekook word en word nie sag en pap nie. Tuis of handgemaakte pasta word altyd van koek-of broodmeel gemaak. Daar is wêreldwyd meer as 600 verskillende pasta vorms. Die gewildste onder kinders is macaroni en spaghetti. Die mees algemene pastasoorte is die volgende: Spinasie Lintnoedels, Fusilli, Vermicelli, Tagliolini, Macaroni, Penne Rigate, Alfabet Sopnoedels, Rotelle, Gemelli, Elmboog Macaroni, Spaghetti, Fusilli, Skulpies, Lasagne, Cavatappi, Pastarys en Tagliatelle.

PASTA DIET - IT REALLY WORKS !! You walka pasta da bakery.

You walka pasta da candy store.

You walka pasta da Ice Cream shop.

You walka pasta da table and fridge.

YOU WILL LOSE WEIGHT!

Page 4: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

4

MACARONI HARTLIKE MACARONI- EN KAASPOTJIES 250g gevriesde gemengde groente 3 groot eiers, geklits 650ml voorbereide, dik witsous, afgekoel 625ml gaar elmboogmacaroni 325ml sterk Cheddarkaas, gerasper 2 groot tamaties, in dun skyfies gesny 1 bossie sprietuie, met groen stingels en al gekap geurmiddels: knoffel- en kruiesout, gemaalde swartpeper en neutmuskaat Berei groente voor volgens aanwysings op verpakking en plaas in ‘n groot mengbak. Klop eiers en witsous saam en voeg by groente. Voeg gaar macaroni, kaas en sprietueie by. Geur mildelik en meng deeglik. Spuit 6 groot ramekinbakkies of koppies met olyfoliesproei en plaas ‘n sny of twee tamatie in elk. Vul ramkins met macaronimengsel en eindig met oorblywende snye tamatie bo-op. Bak in oond teen 190C vir 30 minute of tot ferm en goudkleurig. Laat effens afkoel en dop uit op opdienbord. Bedien met ‘n olievrye gemengde slaai. Lewer 6 porsies.

KRUIE PASTA MET HOENDER ROERBRAAI

60ml olyfolie 2 uie, in halwe ringe gesny 4 hoenderborsies, sonder vel, in repies gesny 2 knoffelhuisies, gekneus 250g murgpampoentjies, in skyfies gesny 4 wortels, in julienne-repies gesny 3 seldery stingels, in skyfies gesny 1 groot rooi soetrissie, in julienne repies 250g bruin sampioene, in skyfies gesny 125g mangetout (baba-ertjies in skil) 10ml sout vars gemaalde swartpeper na smaak 250g kort pastavorms (bv.macaroni of spirale) 125ml vars kruie, gekap Verhit die helfte van die olyfolie oor lae hitte in ‘n wok of elektriese braaipan en roerbraai ui tot sag. Voeg knoffel by en roerbraai vir nog ‘n minuut of twee. Voeg hoenderborsies by en roerbraai tot ligbruin. Voeg murgpampoentjies, wortels, seldery en soetrissie by en roerbraai tot bros en sag. Voeg sampioene en mangetout by en roerbraai. Kook intussen pasta in soutwater tot al dente (sag maar nie pap). Dreineer en keer uit in ‘n groot opdienskottel. Voeg kruie en bietjie olyfolie by en roer deur. Skep roerbraai op pasta en meng deur. Geur met vars gemaalde swartpeper en sit voor.

PASTA-PESTO MET TAMATIES

60ml olyfolie 60ml sonneblomolie 25ml suurlemoensap 5ml Fondor of Aromat 5ml knoffelpoeier 45ml basiliepesto 125ml songedroogde tamaties 250g macaroni 4 medium tamaties 1 bossie grasuie 500ml jong spinasie 250g fetakaas Meng die olies, suurlemoensap, speserye, knoffel en pesto. Kook die pasta gaar en meng dadelik met die sous. Meng die res van die bestanddele (behalwe die feta) by en laat staan vir 1– 2 ure. Net voor opdiening voeg die feta by, geur en garneer. Lewer 4 porsies.

ITALIAANSE PASTASLAAI

300g macaroni 15ml olyfolie 6 snye pastrami, in dun repe gesny 50g grondboontjies, gerooster 125ml gevulde olywe 60ml gekoopte pesto-sous 125ml mayonnaise varsgemaalde swartpeper Kook die macaroni in soutwater vir 10 15 minute of tot al dente. Dreineer en spoel af onder koue lopende water. Meng die pasta liggies met die olie. Plaas die pastrami, grondboontjies, olywe en pasta in 'n slaaibak en meng liggies deur. Meng die pesto en mayonnaise saam, giet oor die pasta slaai, geur met varsgemaalde swartpeper. Bedek met kleefplastiek, plaas vir 'n paar uur in die yskas.

Page 5: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

5

STEAK MET MACARONI

Genoeg "stewing steak" sout,peper en speserye bietjie koekmeelblom 500ml water 200ml tamatiesous 70ml Worcestersous 60ml witasyn 25ml suiker 500g macaroni 1 fyn gesnyde ui 500ml Cheddarkaas Voorverhit oond tot 180C. Geur vleis met speserye. Rol dit in meelblom tot heeltemal bedek. Plaas langs mekaar in kasserol. Meng water,tamatiesous,worcestersous en asyn saam. Gooi oor vleis, strooi suiker oor. Sit deksel op en bak vir 60 minute in oond. Kook macoroni en ui tot gaar. Dreineer en skep na 60 minute op gaar vleis. Strooi al die kaas oor en sit oond op 220C tot kaas heerlik gesmelt is. Lewer 4 porsies.

PASTITSIO

500g gemaalde vleis 30ml kookolie 2 uie, fyn gekap 1 knoffelhuisie, gekap 50ml tamatiepasta 7ml sout vars gemaalde swartpeper 1ml fyn kaneel 5ml droë of 15ml vars tiemie 1ml gerasperde neutmuskaat 25ml botter 25ml koekmeelblom 500ml melk 3ml sout 'n knippie rooipeper 250ml gerasperde Cheddar-kaas 250ml ongegeurde jogurt 250g gaar macaroni of noedels Voorverhit oond tot 160C. Braai vleis in verhitte olie tot dit verkleur. Voeg uie en knoffel by en soteer tot deurskynend. Voeg tamatiepasta en geurmiddels by. Braai vir paar minute. Smelt botter in aparte swaarboomkastrol oor lae hitte. Voeg meel by, meng goed en braai vir paar minute. Voeg verhitte melk geleidelik by mengsel van botter en meel. Voeg helfte van kaas by en geur met sout en rooipeper. Verwyder van hitte en roer jogurt in. Plaas macaroni in oondskottel en giet helfte van sous oor. Skep vleismengsel oor, gevolg deur res van witsous. Strooi oorblywende kaas oor en bak vir 45 minute. Lewer 4-6 porsies.

MAKRIEL-EN-MACARONI-SLAAI

150g macaroni 30ml Franse slaaisous 120g gerookte makrielfilette, vel verwyder 2 klein uie, fyngekap 6 kersietamaties, gehalveer 1 wortel, geskil en grofgerasper 45ml laevet natuurlike jogurt 1bossie mosterdkers (mustard cress) sout en varsgemaalde swartpeper Kook macaroni in vinnig kokende water tot al dente (die pasta moet nog effens ferm wees as jy dit byt, en nie sag en pap wees nie). Gooi water af en meng gaar macaroni liggies met die Franse slaaisous. Laat afkoel. Vlok die makrielfilette en verwyder grate. Sodra die macaroni koud is, voeg die makriel, uie, tamaties, wortel en jogurt by. Meng liggies. Voeg die helfte van die mosterdkers by die slaai. Geur met sout en peper. Plaas slaai in 'n mooi glasbak en garneer met oorblywende mosterdkers. Sit voor as 'n slaai of ligte ete. VARIASIE Die makriel kan vervang word deur 'n blikkie (150g) tuna in soutwater. Gooi vloeistof af en voeg by die res van die slaaibestanddele.

Never frown, even when you are sad,

because you never know who is falling in love with your smile

Page 6: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

6

PASTASLAAI MET BIERSOUS

4 x 250ml gaar elmboogpasta 410g pynappelstukke, gedreineer 3- 4 piesangs, met suurlemoensap besprinkel 565g blik lietsjies, gedreineer en ontpit 225g blik groen ertjies, gedreineer. BIERSOUS 125ml mayonnaise 125ml bier Meng pasta, pynappel, piesangskyfies, lietsjies en ertjies in 'n groot slaaibak. Meng die slaaisous en giet oor die slaaibestanddele. Meng liggies. Verkoel vir 'n paar uur.

MACARONI EN KAAS EN BOELIEBIEF GEBAK

500g macaroni 2 groot uie, geskil en gekap 37.5ml koekmeel 500ml melk 2 groot tamaties, geskil/en gekap 300g soutbeesvleis, losgebreek 25ml vars pietersielie, gekap 50ml sterk blatjang 10ml gemengde, groen, droë kruie sout en peper na smaak 250ml gerasperde cheddarkaas Kook macaroni soos op pak aangedui, dreineer. Braai die uie in die botter tot gaar. Voeg die meel by en roer, voeg die melk by en roer totdat die mengsel dik word en kook. Voeg al die oorblywende bestanddele by, behalwe die kaas. Bring tot kookpunt, laat prut en roer sodat die mengsel nie brand nie. Meng nou die sous van die macaroni en skep in 'n oondvaste bak wat gesmeer is. Strooi laaste die kaas oor, en bak by 180C vir 20 minute tot gaar. Lewer 6-8 porsies.

MACARONI EN TUNA GEREG

4x250ml macaroni sout 12.5ml kookolie 2x185g blikkies tuna 375ml gerasperde Cheddarkaas ½ pakkie sampioenroomsoppoeier 250ml melk droë pietersielie paprika Kook die macaroni gaar in soutwater waarby die kookolie gevoeg is. Dreineer wanneer die macaroni sag is. Voorverhit die oond tot 180C. Vlok intussen die tuna en voeg 250ml van die gerasperde kaas by. Maak die sop met die melk aan en kook tot dik. Voeg die macaroni en sop by die tuna en kaas en roer liggies deur. Skep uit in ‘n gesmeerde oondskottel. Strooi die res van die kaas en besprinkel met pietersielie en paprika. Bak 20 minute of totdat die kaas begin verbruin.

MACARONI TERT

400g brosdeeg 375ml macaronistukkies 1 soetrissie, ontpit en gekap 375ml gerasperde Cheddarkaas 4 eiers 425ml melk 1ml mosterdpoeier sout en peper na smaak fyn gekapte pietersielie Voorverhit oond tot 190C. Rol deeg uit en voer ‘n vuurvaste skottel van 18x28x4 cm daarmee uit. Sny oortollige deeg af, skulp rand en prik boom en kante goed. Plaas in koelkas tot benodig. Kook macaroni in soutwater tot sag, dreineer en spoel af in koue water. Laat goed dreineer. Meng soetrissie, kaas en macaroni. Skep mengsel in kors. Klits eiers, melk, mosterdpoeier, sout en peper saam en gooi bo-oor. Bak 45-60 minute of tot vulsel gestol en kors goudbruin is by vooraf verhiite oond. Sny in blokkies en strooi pietersielie bo-oor.

Maybe God wants us to meet a few wrong people before meeting the right one, so that

when we finally meet the person, we will know how to be grateful.

Page 7: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

7

MACARONI MET RISSIESOUS

450g ryp tamaties 25g botter 450g macaroni 1 klein ui, fyngekap 12 huisies knoffel, fyngekap 100g streep spekvleis, fyngekap 50g Pecorino of Parmesaan-kaas, gerasper. Blansjeer, skil en kap tamaties fyn. Verhit botter in 'n braaipan en soteer ui, knoffel en spekvleis. Voeg tamaties en rissies by en kook sous vir 30 minute. Kook macaroni in kokende soutwater en dreineer. Voeg tamatiesous by macaroni en skep in warm opdienskottel. Sit voor met gerasperde Pecorino of Parmesaan-kaas.

VRUGTIGE MACARONI-SLAAI

250g macaroni 15ml olie 1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny 3 piesangs, in skywe gesny 410g blik perskeskywe, gedreineer 410g blik jong ertjies, gedreineer kruisementblare vir garnering SLAAISOUS 125 ml bier 125 ml mayonnaise Kook die macaroni in soutwater vir 10-15 minute of tot al dente. Dreineer en spoel af onder koue lopende water. Meng pasta liggies met die olie. Berei intussen die slaaisous deur die bier en mayonnaise goed te skud in 'n glasfles met 'n skroef deksel. Meng die macaroni, pynappel, piesangs, perskes, ertjies en slaaisous saam. Skep uit in 'n mooi vlakkerige slaaibak. Garneer met kruisementblare. VARIASIES Vervang die bier deur pynappelsap óf natuurlike jogurt. Gebruik 410g blik pynappelstukke, gedreineer, in plaas van vars pynappel.

WORSIE EN MACARONI ROERBRAAI

500ml elmboogmacaroni 15ml kookolie 450ml varkworsies 1 groot ui, in dun skyfies gesny 1 rooi appel, in dun skyfies gesny 15ml vars, gekapte pietersielie 30ml ongegeurde jogurt sout en peper na smaak tamatieskyfies vir garnering Kook die macaroni in soutwater tot gaar en spoel af onder lopende koue water. Verhit die kookolie in 'n swaarboompan en braai die worsies 10-15 minute lank daarin. Draai dit dikwels om. Sny dit in skyfies wanneer dit gaar is. Meng die worsie, ui en appelskyfies, pietersielie en jogurt en geur dit met sout en peper. Verhit dit oor lae hitte tot deurwarm terwyl dit liggies geroer word. Skep dit in 'n verhitte opdienbak en garneer met tamatie skyfies. Bedien dit dadelik.

MACARONI-EN-KAAS MET SUIKERMIELIES

200g swoerdlose spekvleis, in blokkies gesny 1 ui, gerasper 410g blik suikermielies, gedreineer 250g macaroni 2 x 43g pakkies kitskaassous 400ml melk 175ml gerasperde cheddarkaas Braai spekvleis in 'n swaarboompan tot mooi bros. Voeg ui by en soteer tot sag en deurskynend. Voeg suikermielies by en meng. Kook macaroni volgens aanwysings op verpakking. Dreineer en hou eenkant. Berei kaasssous met warm melk deur vir 'n minuut te roer. Voeg spekvleismengsel by kaassous en meng met gaar macaroni. Geur met sout en peper na smaak. Skep macaroni in 'n gesmeerde oondbak en strooi gerasperde kaas oor. Bak vir 20 minute in 'n voorverhitte oond by 180C of totdat die kaas gesmelt het. Sit voor met 'n mengslaai. Lewer 4 porsies. VARIASIES Voeg 'n blikkie tuna (gedreineer en gevlok) en een hardgekookte eier (gekap) by. Voeg 150 g gebraaide sampioene by die kaassous.

Page 8: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

8

GEURIGE MACARONI-GEBAK

250gmacaroni-pasta 45ml kookolie 2 middelslag uie, geskil en gekap 2 knoffelhuisies, geskil en gekneus 60g swoerdlose streepspek, gekap 2 middelslag tamaties, gekap sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 60g pakkie wit uiesop-poeier 500ml melk 500ml gerasperde Cheddarkaas paprika om bo-oor te sprinkel Kook macaroni in water tot sag, maar steeds ferm. Dreineer en laat eenkant. Verhit olie in ’n swaarboomkastrol, braai uie tot ligbruin. Voeg spekvleis by. Voeg tamaties en geurmiddels by. Kook soppoeier en melk in ’n swaarboomkastrol tot dik. Verwyder van hitte en voeg driekwart van kaas by. Plaas helfte van macaroni in ’n diep oondvaste bak. Skep helfte van tamiemengsel oor en helfte van sopmengsel. Herhaal lae en bak vir 15-20 minute in ’n voorverhitte oond teen 180C. Lewer 4-6 porsies.

MACARONI EN HOENDERGEREG

1 pak (500g) gesnyde macaroni 4 eiers 500ml gerasperde Cheddar-kaas 500g hoenderstukke 3 middelslag-uie, gekap 125ml water 100ml tamatiepuree 125g botter of margarien sout na smaak 25ml koekmeelblom 750ml melk ekstra gerasperde kaas vir garnering. Voorverhit die oond tot 180C. Smeer 'n vlak, oondvaste bak met 'n volume van 3 liter, of bespuit dit met kleefwerende middel. Kook die macaroni volgens die aanwysings op die verpakking tot gaar en dreineer. Klits een van die eiers, voeg dit saam met die helfte van die kaas by die macaroni en meng goed. Hou die mengsel eenkant. Kook die hoenderstukke, uie en water in 'n oop kastrol totdat al die vloeistof verdamp het. Voeg die tamatiepuree en 100g van die botter of margarien by. Geur die mengsel met sout en kook dit 'n verdere 20 minute. oor lae hitte. Roer af en toe. Skep 'n derde van die macaroni mengsel op die boom van die bak. Skep die helfte van die vleismengsel bo-oor. Herhaal die lae en eindig met macaroni. Smelt die oorblywende 25g botter of margarien in 'n kastrolletjie, voeg die koekmeelblom by en meng. Klop die melk geleidelik by. Klits die oorblywende 3 eiers en voeg dit saam met die oorblywende 100g kaas by die melkmengsel. Gooi dit oor die macaroni en strooi 'n bietjie ekstra kaas bo-oor. Bak die macaroni-en-kaas 40 minute of tot gaar sonder 'n deksel op die middelste oondrak. Sit warm voor. Lewer 4-6 porsies.

MACARONIKAAS GEBAK MET SPEKVLEIS EN BROCCOLI

2 pakkies Royco Macaroni en Cheese 4 repies spekvleis, fyngekap 100g broccoli, geblansjeer 5ml olie 12.5ml broodkrummels 60g gerasperde kaas Braai die spekvleis in olie. Berei die Royco Macaroni en Cheese voor volgens die aanwysings op die pakkie. Roer die spekvleis en broccoli by en skep in 'n 1.5 liter oondvaste bak. Sprinkel broodkrummels en gerasperde kaas bo-oor en rooster in oond tot goudbruin. Lewer 4 porsies.

There's always going to be people that hurt you so what you have to do is keep on

trusting and just be more careful about who you trust next time around. Moet asseblief nie hierdie boek gratis rondstuur nie. Indien jy dit wel ontvang en nie self daarvoor betaal het nie, maak asseblief kontak met my (Anna) die samesteller daarvan by die onderstaande e-pos adres of telefoonnommer. Baie ure se harde werk, beplanning en navorsing is aan hierdie samestelling bestee en respek daarvoor sal waardeer word, aangesien dit dien as 'n inkomste. [email protected] of 0822946799.

Page 9: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

9

MACARONI EN KAAS

50ml margarien 50ml koekmeelblom 400ml melk effens verhit 375ml Cheddarkaas (gerasper) 5ml sout 2ml paprika 1ml rooipeper-opsioneel 250g gaar macaronistukkies 2 hardgekookte eiers, afgedop in skywe 5ml margarien pietersielietakkies vir garnering Verhit die margarien in 'n swaarboomkastrol en roer die koekmeelblom by. Meng dit tot glad. Roer die melk geleidelik by en laat dit 3-4 minute lank prut totdat die sous dik en glad is. Roer dit voortdurend. Roer die kaas en die geurmiddels by. Vou die macaroni in by die kaassous. Skep die helfte van die macaronimengsel in 'n liggies gesmeerde oondskottel en rangskik die eierskywe daarop. Skep die res van die macaronimengsel bo-op en stip dit met botter. Bak dit 15-20 minute lank op die middelste oondrak. Garneer dit met pietersielietakkies. Bedien dit warm met geroosterde tamatieskywe en 'n groen mengelslaai. VARIASIE: Plaas die gaar macaroni in 'n gesmeerde oondskottel, rangskik die eierskywe bo-op en skep dan 250ml gegeurde tamatiemoes bo-oor. Skep die warm kaassous bo-oor en bak dit 10m-15 minute tot gaar.

MACARONI WENGEREG

Water 10ml sout 250g macaroni 30ml olie 60ml botter 1 groot ui, geskil en gekap 2 knoffelhuisies, geskil, fyngekap 2 stingeluie, gekap 2 lourierblare 150g sampioene, gekerf 410g (1blik ) tamaties 10ml gedroogde basiliekruid knippie rooipeper 15ml sagte bruinsuiker sout na smaak 250ml gerasperde Cheddarkaas 30ml vars gekapte pietersielie Maak ‘n middelslag kastrol driekwart vol water en verhit dit vinnig tot kookpunt. Voeg die sout by. Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer die macaroni en skep terug in die kastrol. Voeg die olie by en meng dit liggies. Voorverhit die oond tot 190C. BEREI DIE SOUS: Smelt die botter oor matige hitte in die pan. Soteer die ui, knoffel, stingeluie en lourierblare tot sag en deurskynend. Voeg die sampioene by en braai dit ‘n paar minute lank. Kap die tamaties grof en voeg dit saam met die inmaakvloeistof by die uiemengsel. Voeg ook die basilie kruid by. Verhit dit tot kookpunt en kook dit onbedek oor matige hitte tot effens dik. Ongeveer 5 minute lank. Roer dit af en toe met ‘n houtlepel. Geur dit met rooipeper, bruinsuiker en sout. Skep die macaroni in ‘n redelike vlak oondbak. Giet die tamatiesous oor en meng dit liggies met twee vurke. Strooi die kaas bo-oor. Bak dit vir 20 minute op die middelste oondrak totdat die kaas gesmelt is.

GEURIGE SKAAPTJOPS MET MACARONI

6-8 skaapboudtjops sout en peper na smaak 25-30ml koekmeelblom 250ml kookwater 100ml tamatiesous 40ml Worcestersous 40ml asyn 40ml sojasous 20ml bruinsuiker 500ml macaroni 1 groot ui gekap 125ml sterk geur kaas, gerasper Stel die oond op 180C. Smeer of spuit 'n groot oondbak met deksel. Geur tjops met sout en peper. Bedek die tjops aan albei kante met die meel. Plaas in enkel laag onder in bak. Meng die vloeistowwe saam. Giet oor tjops en en strooi die suiker bo-oor. Bedek en bak sowat 60-90 minute tot tjops sag en gaar is. Kook die macaroni en ui saam. Dreineer en skep die pasta bo-op gaar vleis. Strooi die kaas bo-oor en plaas terug in die oond tot die kaas gesmelt het.

Page 10: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

10

VINNIGE MACARONI AANDETE

250g repies spekvleis in blokkies gesny 2 uie, fyn gekap 1 groen soetrissie fyn gekap 2 huisies knoffel, fyngedruk 2 ryp tamaties, geskil en in blokkies gesny 250g macaroni sout en vars gemaalde swartpeper fetakaas, gekrummel Soteer spek, uie, soetrissie en knoffel saam tot sag en geurig. Voeg tamatie by. Braai alles saam tot geurig. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Kook intussen macaroni volgens die aanwysings op die pakkie. In genoeg kokende soutwater maar nog steeds ferm. Skep macaroni in opdienbordjies, skep spek mengsel bo-op en krummel fetakaas oor. Maal swartpeper oor en bedien dadelik.

WORSIE-EN-KAASGEBAK

450ml gesnyde macaroni 50ml botter of margarien 1 klein ui, fyn gekap 1 groen soetrissie, fyn gekap 1 pakkie sampioenroomsoppoeier 575ml koue melk 250ml gerasperde Cheddarkaas 1ml vars gemaalde swartpeper 50ml droë broodkrummels 3 gaar beesworsies 10ml aangemaakte mosterd 37.5ml Parmesaan kaas, gerasper Voorverhit die oond tot 180C. Kook die macaroni gewoonweg tot gaar en dreineer dit. Spoel dit met warm water af en hou dit warm. Verhit die botter of margarien in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui en soetrissie ongeveer 5 minute lank daarin totdat dit sag is. Roer die soppoeier vinnig by. Roer die melk geleidelik by en verhit dit tot kookpunt. Laat dit 10-15 minute lank prut totdat die sous dik is. Roer dit voortdurend. Roer die Cheddarkaas en die peper by en verhit dit totdat die kaas gesmelt het. Roer die macaroni by die sous en skep dit uit in ‘n gesmeerde oondskottel. Strooi die broodkrummels bo-oor en bak dit 20-25 minute op die middelste oondrak. Voorverhit die roosterelement van die oond sodra die macaroni kaasgebak uit die oond gehaal word. Halveer die gaar worsies in die helfte sodat daar 6 helftes is. Smeer die worsies met die mosterd. Rangskik die gaar worsies soos die speke van ‘n wiel op die macaroni kaasgebak. Strooi die Parmesaankaas bo-oor en verhit die gereg in die voorverhitte oond totdat die kaas gesmelt het. Garneer die gereg met geroosterde tamatieskywe.

SPAGHETTI GEURIGE SPAGHETTI-GEREG 1 pakkie spaghetti 1 groot ui 1 groot kop blomkool (± 500g) 1 pakkie 250g sampioene 2 pakkies ontbytspek , of hoender, klaar ontbeen 200ml room Kook die spaghetti tot gaar, dreineer en plaas eenkant in bak. Braai die uie en sampioene tot mooi bruin en voeg dan die spek of hoender by. Roer saam met die 200 ml room. Kook die blomkool vir 10 minute en dreineer. Voeg eers die blomkool by die spaghetti, voeg dan ook die vleismengsel by en roer deur.

NOTA Dis voorwaar 'n lekker en GEURIGE gereg!

SPAGHETTI MET KLEIN AARTAPPELTJIES

300g baba aartappeltjies 300g spaghetti 200g groenbone sout en peper na smaak 100ml basiliepesto (kyk by souse en marinades) gerasperde kaas Sit die aartappels in ‘n pot met koue soutwater en laat opkook. Voeg die spaghetti by en kook 15 minute, voeg die bone by en kook nog 5 minute tot gaar. Dreineer en roer die pesto en ‘n bietjie olyfolie by. Sit voor deur gerasperde kaas bo-oor te sprinkel.

Page 11: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

11

SPAGHETTI MET SOETRISSIESOUS

2 rooi pepers 2 groenpepers 2 geelpepers 1 groot ui 410g blik tamaties 15ml tamatiepuree 250g spaghetti gerasperde kaas sout en swartpeper Kook die spaghetti volgens aanwysings op die pakkie. Kap die ui en soetrissies. Soteer die ui, en voeg die rissies by. Voeg die res van die bestanddele by en roer deur. Laat sowat 5 minute prut en skep op die spaghetti – garneer met kaas. Lewer 4-6 porsies.

ANDER TANNIE SE DOGTER SE SPAGHETTI

500g spaghetti, gaar 1 ui 410g blik tamaties 5ml origanum 5ml worcestersous sout en swartpepr 100ml tamatiesous 60g broodkrummels paprika gerasperde kaas pietersielie Voorverhit die oond tot 180C. Meng die spaghetti met baie botter, skep in ‘n oondbak en hou eenkant. Braai die ui tot sag, gooi die tamaties (en sap) by, dan die kruie, worcestersous en tamatiesous. Laat opkook, roer goed en prut 10 minute tot dik en gooi oor die spaghetti. Braai die broodkrummels liggies, gooi oor die pasta en gooi paprika oor. Strooi die gerasperde kaas oor, en bak 20-25 minute, gooi die pietersielie oor en bedien. Lewer 4-6 porsies.

PASTAGEBAK

1 heel, gaar hoender 250g spaghetti 25g botter 250g spekvleis, gekap 2 uie, gekap 250g sampioene, gesnipper 45ml vars tiemie, gekap sout en vars gemaalde swartpeper 375ml gerasperde cheddarkaas 750ml volroommelk 6 ekstra-groot eiers Voorverhit die oond tot 160 C en smeer 'n oondbak met botter. Vlok die hoender en hou eenkant. Kook die spaghetti in soutwater tot sag. Dreineer en meng met die hoender. Verhit die botter en braai die spekvleis en uie tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg die tiemie, sout en peper na smaak by en braai vir een minuut. Meng met die hoender en pasta. Keer uit in die voorbereide oondbak en sprinkel die kaas oor. Klits die melk en eiers saam en giet bo-oor. Bak vir 30-40 minute tot gestol en goudbruin bo-op. Sit voor met slaai. Lewer 10 porsies.

SPAGHETTI MET SPINASIE EN FETAKAAS

300-400g spaghetti 500g vars spinasie 15ml olyfolie 1 ui, fyn gekap 4 knoffelhuisies, gekneus 125ml natuurlike jogurt óf room 200g fetakaas, in 1 cm blokkies gesny 30ml gekapte vars kruie sout en varsgemaalde swartpeper Kook die pasta in vinnig kokende soutwater vir sowat 8-10 minute of tot al dente. Dreineer. Spoel intussen die spinasie goed af in koue soutwater, plaas dit nat in 'n groot pot, sit die deksel op en stoom dit oor matige hitte tot net sag sonder om enige vloeistof by te voeg. Haal dit uit, sny die harde stingeldele uit en snipper die res van die blare fyn. Verhit die olie in 'n swaarboompan en soteer die ui en knoffel, tot sag en deurskynend. Voeg die spinasie en jogurt of room by en verhit tot deurwarm. Meng die gaar, warm pasta en spinasiemengsel liggies deur. Geur na smaak. Skep in opdienskottel, sprinkel fetakaas en kruie oor. Sit dadelik voor en bedien met 'n tamatieslaai. VARIASIES Voeg frankfurters, in repies gesny of brosgebraaide spekvleis by die gaar spinasie en meng.Braai 250 g gekerfde knopiesampioene en voeg by spinasiemengsel. Lewer 4 porsies.

Page 12: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

12

SPAGHETTI MET AVOKADO PESTO

2 avokado's 15g vars basiliekruidblare 90g vars jong spinasie 2 knoffelhuisies 12.5ml suurlemoensap 12.5ml olyfolie 50g dennepitte of amandelvlokkies, gerooster 300g volkoring-spaghetti Halveer die avokado's en verwyder die pitte. Skep die avokadovlees uit en plaas dit in 'n voedselverwerker. Voeg die basiliekruid, knoffel, suurlemoensap en olyfolie by die avokado en meng tot glad. Kook spaghetti volgens aanwysings op die pakkie. Dreineer die spaghetti en voeg spinasie by. Die hitte van die pasta sal die spinasie laat sag word. Voeg avokado-pesto by die spaghetti en meng goed. Sprinkel dennepitte oor. Bedien met volkoringbrood en tamatieslaai. Lewer 4 porsies.

SPAGHETTI IN BOTTERSOUS

250g spaghetti 115g botter 5ml aromat 30ml parmesaankaas 2ml sout vars gemaalde swartpeper Kook die pasta volgens die aanwysings, spoel dit af en dreineer. Plaas dit terug in die kastrol en verhit dit oor lae hitte tot warm. Smelt die botter en roer die aromat by. Goei die sous oor die pasta. Strooi die parmesaankaas, sout en peper oor. Roer deur en sit warm voor. Lewer 4 porsies.

SPAGHETTI MET KNOFFELOLIE

250g spaghetti 2 knoffelhuisies 30ml olie sout 15ml gekapte pietersielie Kook die pasta volgens die aanwysings, spoel dit af onder koue lopende water en dreineer dit goed. Plaas dit terug in die kastrol. Skil en kneus die knoffel. Braai dit liggies in olie. Skep die knoffelhuisies uit en giet die olie oor die pasta. Roer dit om te meng. Verhit die spaghetti oor lae hitte tot warm. Geur dit met sout na smaak en strooi die peitersielie oor. Lewer 4 porsies.

GEBAKTE SPAGHETTI

3 liter water 15ml sout 12,5ml olie 500g spaghetti 410g blik tamatiesop 250g gekapte gaar spek 250 ml gerasperde cheddarkaas Stel die oond op 160C. Gooi die water in 'n baie groot kastrol en sit op die stoof. Gooi die sout en dan die olie daarby (om te keer dat dit oorkook). Stel die plaat op hoog. Voeg die spaghetti by sodra die water kook. Kook, sonder 'n deksel, vir sowat 15 minute vinnig tot die spaghetti sag is. Dreineer dadelik in 'n vergiettes en gooi koue water oor (dit verhoed dat die spaghetti vaskleef). Smeer 'n oondvaste bakskottel met 'n bietjie botter of margarien. Skep 'n laag spaghetti in die bak, dan 'n laag tamatiesous, gevolg deur 'n laag spek. Herhaal die lae tot alles opgebruik is. Strooi die gerasperde kaas eweredig bo-oor. Plaas die skottel in die oond en bak vir 20-25 minute, of totdat die kaas bruin word en begin borrel. Moenie te lank bak nie, aangesien dit maklik uitdroog. Sit dadelik voor saam met 'n groenslaai. Lewer 4-6 porsies.

Make yourself a better person and know who you are before you try and know someone

else and expect them to know you.

Page 13: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

13

PASTA MET WORS-EN-ASPERSIESOUS

15ml olie 2 uie, gekap 15ml vars orego, gekap 5 Frankfurter-worsies, in skyfies gesny 410g blik heel tamaties, gekap 75ml room sout en swartpeper na smaak 410g blik) aspersies, gedreineer 250g spaghetti Kook spaghetti soos aangewys op pakkie. Verhit olie en soteer uie. Voeg orego en worsies by en roerbraai tot verbruin. Roer res van bestanddele by, behalwe spaghetti. Verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en prut 15 minunte. Skep spaghetti met worsiesous bo-oor. Sit dadelik voor.

SPAGHETTI MET GEROOSTERDE KERSIETAMATIES

750g rooi, ryp kersietamaties, gehalveer 10ml gegeurde seesout 5ml suiker 1-2 rooi brandrissies, fyn gekerf 4 knoffelhuisies, in die lengte in repies gesny 90ml olyfolie 8 songedroogde tamatiekwarte in vinaigrette 300g droë spaghetti 125ml gekapte vars kruie, bv. basilie, marjolein, kruisement of pietersielie 125ml gerasperde kaas, bv. parmesaan, pecorino of mozzarella Meng die gehalveerde tamaties liggies met die gegeurde seesout en suiker. Sprei dit uit in 'n enkellaag op 'n bakplaat. Bak 20-25 minute by 220C. Meng liggies met brandrissies, knoffel en olyfolie. Maak seker jy sluit al die heerlike tamatiesappe in. Dreineer die songedroogde tamatie kwarte, halveer dit en voeg by die geroosterde kersietamaties. Kook die spaghetti in soutwater volgens die aanwysings op die pak. Dreineer. Meng die tamatiemengsel en vars kruie liggies met die pasta. Sprinkel mildelik met kaas. Sit voor saam met 'n groen slaai, vars brood en 'n lekker rooi wyn. Lewer 10 porsies.

ARM MAN SE DROOMDIS

259g spaghetti 410g pitmielies 150ml olie ½ soetrissie 4 repe ontbytspek, gesnipper 1 pakkie sampioensoppoeier 200ml water 1 blik sampioene 250ml cheddarkaas, gerasper sout en peper na smaak Kook spaghetti volgens aanwysings op pakkie tot gaar. Dreineer, voeg pitmielies en olie by en meng. Braai intussen soetrissie en spek tot gaar en bros en roer deur spaghetti mengsel. Meng soppoeier en water en voeg saam met sampioene in kastrol en kook vir 15 minute. Giet oor spaghetti mengsel en meng. Plaas in vuurvaste bak en bedek met kaas. Bak by 180C totdat die kaas mooi bruin is.

SPAGHETTI MET BOLOGNAISE SOUS

375g spaghetti 1 ui, fyn gekap 12.5ml margarien 500g maalvleis 5ml sout 3ml gemengde speserye 3ml tiemie 3ml kaneel 12,5ml appelkooskonfyt 25ml blatjang 410g tamatiepuree gerasperde Cheddarkaas Kook die spaghetti volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en hou eenkant warm. Braai intussen die fyn gekapte ui liggies in die margarien in ‘n kastrol tot goudbruin. Voeg die maalvleis by en kook tot gaar. Roer af en toe sodat die maalvleis nie klonte vorm nie. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die gerasperde kaas by. Roer goed deur en kook nog 10 minute oor lae hitte. SIT AS VOLG VOOR: Skep warm, gaar spaghetti in elkeen se bord en skep die maalvleissous daarop. Strooi ‘n bietjie gerasperde kaas bo-oor.

Page 14: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

14

SPAGHETTI MET TAMATIESOUS

50ml margarien 1ui (gekap) 410g (1blik) tamaties 5ml suiker 1 lourierblaar 1ml wonderpeper 5ml sout 1ml vars gemaalde swartpeper 25ml tamatiepasta 250ml Cheddarkaas (gerasper) 10ml mielieblom 12,5ml koue water 50ml botter 500g gaar, warm spaghetti Verhit die margarien in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui daarin totdat dit sag en eurskynend is. Roer die tamaties, suiker, lourierblaar, wonderpeper, sout, peper en tamatiepasta by en laat dit ongeveer 5 minute lank prut. Roer die kaas by en verhit dit totdat die kaas gesmelt het. Roer dit gereeld om. Maak die mielieblom met die koue water aan tot 'n gladde pasta, voeg dit by die sous en laat dit 3-4 minute lank prut totdat die sous verdik het. Roer die botter by die warm spaghetti totdat dit gesmelt het. Skep die warm spaghetti in 'n opskepskottel en maak 'n effense holte in die middel en skep sous daarin.

WIL OPHOU MAAR KAN NIE

250g spaghetti 2 repe ontbytspek, gesnipper 1 uitjie, fyn gekap ½ soetrissie, ontpit, en fyn gekap 100ml tamatieroomsop 100ml tamatiesous 285g gekerfde,sampioene sout en peper na smaak 420g pitmielies 50ml kookolie 250g beleë, gerasperde Cheddarkaas Voorverhit oond tot 180C. Kook spaghetti in soutwater tot sag en dreineer. Braai spek, ui, en soetrissie saam tot spek bros is. Voeg sop en tamatiesous, sampioene, sout en peper by en laat opkook. Meng spaghetti, mieliepitte en olie. Voeg tamatiemengsel by en meng goed. Strooi die helfte van die kaas op die boom van ‘n groot genoeg vuurvaste skottel. Gooi spaghettimengsel bo-op en bedek met res van kaas. Bak 20-25 minute in vooraf verhitte oond. Sit warm voor. Lewer 6-8 porsies.

GEROOKTE SNOEK EN SPAGHETTI SKOTTEL

250g gerookte snoek gevlok 250ml groenertjies 250ml gaar spaghetti 15ml gerasperde ui 295g (1 blik) selderyroomsop 80ml melk 180ml broodkrummels 50ml gerasperde Cheddarkaas botter Voorverhit oond tot 190C en smeer ‘n 25cm oondbak met botter of bespuit met kleef werende kossproei. Meng snoek, ertjies, spaghetti en ui liggies. Meng sop en melk en voeg by die snoekmengsel. Skep mengsel in voorbereide oondbak. Sprinkel die broodkrummels en gerasperde kaas oor, stip met botter en bak ongeveer 20-30 minute lank tot goudbruin en gaar. Sit voor met groenslaai en broodrolletjies.

SOMER PASTA

Verhit 15ml olyfolie in 'n braaipan. Voeg 250g gekapte swoerdlose spek by en braai vir sowat 10 minute tot bros en goudbruin. Bring intussen 'n groot kastrol met soutwater tot kookpunten voeg 500g spaghetti, in die helfte gebreek by sodra die water begin kook. Voeg 250g dun jong groenbone by die pasta in die soutwater sowat 2 minute voordat die pasta gaar is. Dreineer. Roer die spek by, asook 250g gehalveerde kersie tamaties, asook sowat 300ml tzatziki (jogurt en komkommer doopsous -'n Griekse gereg, te koop by die meeste afdeling winkels). Geur met swartpeper en sit voor. Lewer 4 porsies.

Page 15: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

15

SPAGHETTI CARBONARA

10ml olyfolie 1 knoffelhuisie, geskil 250g streepspek, in repies gesny 375g spaghetti 2 eiers 2 eiergele 60ml gerasperde parmesaankaas sout en varsgemaalde swartpeper Verhit olyfolie en knoffel in ‘n pan. Voeg spek by en soteer tot goudbruin en bros, ± 5-10 minute. verwyder die knoffel. Gebruik ‘n groot mengbak en klits die eiers, eiergele en parmesaankaas liggies saam. Geur met sout en peper. Kook intussen die spaghetti volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en gooi ± 100ml van die kookwater by die eiermengsel. Voeg die spek met olie en aì by die eiermengsel en meng. Roer laastens die spaghetti in en bedien onmiddelik, met ekstra parmesaankaas indien verkies.

SPEK-EN-EIER-SPAGHETTI

200g spaghetti sout 250g spekvleis 4 eiers 200ml gerasperde cheddar growwe swartpeper Kook spaghetti tot sag. Spoel af onder lopende koue water. Snipper spekvleis en braai tot gaar. Voeg spaghetti by, met spekvleis en verhit stadig tot goed warm. Klits eiers en voeg die kaas by. Roer die eiermengsel by spaghetti. Verhit stadig totdat eiers romerig gaar is en kaas gesmelt het en roer af en toe. Geur na smaak met sout en swartpeper en sit dadelik voo

SPAGHETTI-SKOTTEL

200g rou spaghetti (kleiner gebreek) 410g mieliepitte, gedreineer 300g soutbeesvleis, fyngemaak 1 groot tamatie, geskil en gekap 1 medium ui, gekap 1 soetrissie, ontpit en gekap 25 ml fyn pietersielie 2 eiers, geklits 125ml melk 125ml gerasperde kaas sout en peper na smaak Kook die spaghetti tot sag en dreineer. Voorverhit die oond tot 180C. Smeer of bespuit 'n vlak, oondvaste bak met 'n volume van 1liter. Meng die spaghetti liggies met die mieliepitte, tamatie, soutbeesvleis, ui, soetrissie, pietersielie, eiers en melk. Geur die mengsel na smaak met 'n bietjie sout en swartpeper. Skep mengsel in die bak en strooi kaas oor. Bak 50-60 minute op die middelste oondrak tot gaar. Sit warm voor. Lewer 6-8 porsies.

SUPER SPAGHETTI

500g spaghetti, gaargekook 2 pakke spek, gekap 500g gerasperde kaas 500g gekerfde sampioene 3 knoffelhuisies 410g tamtatie-en-uiemengsel 50ml pietersielie 250ml room 50-100ml wit wyn Soteer die spek, sampioene en knoffel tot heerlik bruin en bros. Voeg die tamatie-en-uie, pietersielie, room en wyn by en laat verdik. Roer die warm spaghetti en dan die kaas by en bedien. Lewer 4-6 porsies.

Sunshine Pie

A pound of patience, you must find, Mixed well with loving words, so kind

Drop in 2 pounds of helpful deeds, And thoughts of other people's needs.

A pack of smiles, to make the crust, Then stir and bake it well you must.

And now, I ask that you may try, The recipe of Sunshine Pie.

Page 16: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

16

PASTA MET WORSIES

15ml olyfolie 100g preie, gekap 15ml vars orego, gekap 4 Frankfurters, in skyfies gesny 410g blik heel tamaties, gekap, 50 ml room sout en pas gemaalde swartpeper 410g blik aspersies, gedreineer 250g spaghetti Verhit die olie en soteer die preie daarin tot sag en gekaramelliseer. Voeg die orego en worsies by en roerbraai totdat die worsies begin verbruin. Roer die res van die bestanddele, die pasta uitgesonder, by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir sowat 15 minute. Kook die pasta gaar volgens aanwysings en skep die sous bo-oor. Dien op.

SPAGHETTI-VORM

2 groot eiervrugte sout koekmeelblom olie vir braai 30ml olie 350g gemaalde vleis 1 ui gekap 1-2 knoffelhuisies, fyn gekap 410g tamaties, gekap 30ml tamatiepasta 3ml origanum sout en swartpeper 120g bevrore ertjies 200g spaghetti, gaargemaak 60g Cheddar-kaas, gerasper 45ml gerasperde Parmesaan-kaas 75ml droë broodkrummels Dit is die maklikste om die eiervrug op die stoof te braai terwyl die vulsel in die mikrogolfoond gaar word. Teen 100% krag is dit sowat 39 minute. Was en sny eiervrugte skoon. Sny in 3mm dik skywe. Strooi sout oor en laat 20 minute staan. Spoel af, druk droog en strooi liggies meel oor. Verhit 'n bietjie olie in 'n pan en verbruin 'n paar skywe op 'n slag vinnig aan elke kant. VULSEL Mikrogolf 30ml olie vir 45 sekondes teen 100% krag in 'n groot oondskottel. Krummel maalvleis in bak en mikrogolf 5 minute. Maak nou en dan die vleis met 'n vurk los. Voeg ui en knoffel by. Mikrogolf 2 minute en voeg tamatie met vloeistof, tamatiepasta, origanum en geurmiddels by. Mikrogolf 7 minute. Roer ertjies by en mikrogolf nog 4 minute. Vou gaar spaghetti en al die kaas in. Smeer 'n vierkantige 23 cm-oondskottel met regop kante of 'n soufflébak en strooi krummels ruim oor boom en kante. Plaas 'n eiervrugskyf in die middel van bak, rangskik orige skywe effens oormekaar in 'n sirkel om middelste skyf en teen kante van die bak. Om te voorkom dat die skywe afval, skep 'n bietjie vulsel in die bak wanneer dit gerangskik word. Skep res van vulsel in bak en druk goed vas. Rangskik orige eiervrugskywe bo-op en strooi orige broodkrummels oor. Bedek met geperforeerde kleefplastiek en mikrogolf vir 15-20 minute teen 70% krag. Laat 5 minute staan en keer uit. Sny in wiggies en sit voor met 'n interessante groenslaai. Lewer 4 porsies.

FETTUCINI FETTUCINI MET LEMOEN EN KRUISEMENT

90g botter 10ml fyn gekapte lemoenskil 5ml fyn gesnipperde vars kruisement sout en vars gemaalde swartpeper 120ml vars uitgedrukte lemoensap 60g vars gerasperde Parmesaankaas 250g fettucini pasta Giet 4 liter water in 'n groot kastrol en plaas oor hoë hitte. Smelt die botter in 'n groot braaipan oor matig hoë hitte. Roer die lemoenskil en kruisement by en geur met sout en swartpeper. Voeg die lemoensap by en kook dit tot twee-derdes van sy volume afgekook en effens verdik het. Verwyder van die stoof. Sodra die water vir die pasta kook en die sous van die stoof verwyder is, voeg 15 ml sout en al die pasta op een slag by. Roer goed. Wanneer die pasta al dente is, dreineer en meng met die sous. Voeg gerasperde kaas by en sit dadelik voor.

Page 17: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

17

PASTA MET ROMERIGE HAM EN SAMPIOENSOUS

400g fettucini 30ml olyfolie 1 ui, fyngekap 1 knoffelhuisie, gekneus 250g pak knopiesampioene, in skyfies gesny 15 ml koekmeelblom 15ml sampioensoppoeier 500ml melk 4 gerookte hamskywe, in dun repe gesny 50ml vars room 15ml sjerrie sout en varsgemaalde swartpeper droë gemengde kruie garneer met gekapte vars pietersielie Kook pasta in vinnig kokende soutwater, waarby 'n bietjie olie gevoeg is, tot net sag (al dente). Dreineer en hou eenkant. Verhit 30ml olie in 'n pan en soteer ui en knoffel tot sag en deurskynend. Roer die koekmeelblom by en laat 1 minuut prut. Verwyder van die stoof. Meng die soppoeier en melk saam en voeg bietjiesgewys by die pan terwyl aanhoudend geroer word. Verhit die mengsel weer totdat dit kook en verdik. Voeg ham, room en sjerrie by en verhit tot goed deurwarm. Geur na smaak met sout, peper en kruie. Giet die sous oor die pasta. Lewer 4 porsies.

PASTA MET SAMPIOENSOUS

500g fettucini 30ml gekapte vars pietersielie SOUS 300g knopiesampioene 30ml olyfolie 1 ui, gekap 2 knoffelhuisies, gekneus en gekap 1 pakkie sampioensoppoeier 400ml melk 30ml sjerrie sout en varsgemaalde swartpeper gekapte vars pietersielie vir garnering Kook pasta in kokende soutwater vir 8 tot 10 minute of tot al dente. Dreineer. Skep sampioen sous oor pasta. Garneer met gekapte pietersielie en sit dadelik voor. SOUS Vee die sampioene met 'n kombuispapierhanddoek skoon en halveer. Verhit die olie in 'n swaarboompan en soteer die ui, knoffel en sampioene vir 5 minute. Klits die soppoeier, melk en sjerrie tot goed gemeng en giet mengsel in pan met sampioene. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte en laat saggies prut vir 5 minute terwyl voortdurend geroer word of totdat die sous verdik. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Lewer 4 porsies.

MOSSELS IN TAMATIE-EN-KRUIESOUS

1,5kg vars mossels in doppe 30ml olyfolie 1 ui, gekap 2 knoffelhuisies, gekneus, fyngekap 410g blik heel tamaties, grofgekap 250ml droë wit wyn 15ml gekapte vars basielkruid of 5 ml droë pietersielie sout en varsgemaalde swartpeper 500g fettucini Spoel die mossels goed af en verwyder enige harige gedeeltes. Plaas eenkant. Verhit olie in 'n groot swaarboompan. Soteer ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die tamaties, wyn, basielkruid of pietersielie by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat saggies prut vir 15-20 minute, of todat die sous begin verdik. Roer af en toe. Voeg die voorbereide mossels by die sous, bedek en laat 5 minute kook. Skud die pan af en toe. Verwyder enige onoopgemaakte mossels. Geur sous met sout en peper na smaak. Kook intussen die pasta. Skep die sous en mossels oor die pasta en sit dadelik voor met bros brood en 'n groenslaai.

Each new day is a gift from the hand of God. Each new day is overflowing with opportunities which you can use,

filled with happiness which you can pass on to others, filled with joy because u belong to God.

Page 18: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

18

FETTUCINI MET KNOFFEL EN GROENTE

30ml olyfolie 1 middelslag ui, gekap 300g jong murgpampoentjies, geskil en in skyfies gesny 1 geel soetrissie, in blokkies gesny 200g wit sampioene, in skyfies, gesny 5ml droë dragon 2ml droë dille 410g(1blik) tamaties, gekap met sap 125ml gekapte pietersielie 2ml sout 5ml bruinsuiker 60ml wit wyn 60ml water 15ml sagte botter 3 knoffelhuisies, fyngedruk 15ml meelblom 250-300g fettuccine, gekook en gedreineer Verhit die olie, ui, murgpampoentjies, soetrissie, sampioene en kruie in ‘n groot braaipan. Roer, bedek en laat sweet oor lae hitte. Roer een of twee keer tot dit sag en geurig is en sappe begin vorm omtrent 10 minute lank. Roer die tamaties, pietersielie, sout, suiker, wyn en water in. Bedek en prut nog 10 minute of tot die groente gaar is en baie sous gevorm het. Meng die botter, knoffel en meel to ‘n gladde pasta en voeg dit bietjie vir bietjieby die groentemengsel. Roer tot dit begin dik word en skep dit oor porsies gaar pasta.

PASTA POURE CON ASPARAGUS

1 pakkie fettucini 30 dun, gaar,groen aspersies 2 ferm tamaties, in klein blokkies 2 toontjies vars knoffel, fyngemaak 'n handvol dhana (koljanderkruid) 1 fyngekapte ui 125ml olyfolie 20 ontpitte olywe sout en swartpeper Maak die pasta volgens die aanwysings op die pakkie. Meng die res van die bestanddele en geur met die sout en peper. Moet dit nie verhit nie, maar roer dit vinnig deur die stomende pasta. Bedien dadelik saam met 'n bottel koue wit wyn en vars hompe Italiaanse brood om die sous mee op te vee! Lewer 4-6 porsies.

MANGOHOENDER-FETTUCINI

30g botter 8 uie, geskil en gekap 37.5ml meelblom 500ml hoenderaftreksel 450g geblikte mangoskywe 450g gaar hoender, in repe gesny sout en varsgemaalde swart peper 850g rooi fettucini-noedels 850g groen fettucini-noedels 25ml olyfolie 125g gekapte okkerneute basielkruidblare vir garnering Smelt botter in pan en soteer uie tot goudbruin. Voeg meelblom by en roer 'n minuut. Voeg hoenderaftreksel geleidelik by en bring tot kookpunt. Roer tot sous effens verdik. Bedek en prut 20 minute lank. Voeg mango en hoender by en geur na smaak. Verhit tot deurwarm. Plaas pasta 5-7 minute lank in gesoute kokende water en roer om pasta te skei. Dreineer, spoel in warm water af en dreineer weer. Kombineer pasta in verhitte bakke en garneer met basielkruid.

GEEL EN GROEN FETTUCINI MET SAMPIOENE EN HAM

500g fettucini geel en groen 60g botter 60ml uie, fyn gekap 125g ham, in dun repies gesny 350g sampioene, gekap sout en swartpeper 250ml dik room 60g vars gerasperde Parmesaankaas Kook fettucini tot gaar. Geur en dreineer. Smelt botter en braai uie. Voeg ham by en soteer. Verhoog hitte en braai sampioene. Geur. Voeg room by en voeg by pasta. Voeg kaas by, roer deur en sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.

Page 19: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

19

FETTUCINI ALFREDO

Hierdie gereg moet liefs nie vir 'n groot aantal gaste voorgesit word nie. Vervang die sampioene en ham deur 250 g gekapte, gerookte salm vir 'n baie spesiale geleentheid. 200-300g fettucine (lintnoedels) 15ml olyfolie 60ml sagte botter 60ml gerasperde Parmesaanse kaas 90ml room 2 eiergele 250ml knopiesampioenskywe, in botter gebraai 125ml hamblokkies ekstra gerasperde Parmesaanse kaas Kook fettucine met olie in genoeg kokende soutwater tot al dente (net sag). Meng botter en kaas en voeg room en eiergele by. Voeg gebraaide sampioene by. Dreineer fettucine deeglik en plaas terug in warm kastrol. Roer sous en ham liggies met 'n vurk by. Die hitte van die noedels sal die sous laat smelt en gaar word. Sit dadelik uit kastrol voor en strooi Parmesaanse kaas oor.

PENNE RIGATE PASTA ARRABBIATA

60ml olyfolie 15ml gekapte knoffel 500g penne-pasta 125ml vars, gekapte pietersielle sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 2X410g gekapte tamaties met origanum en basielkruid 4 bird eye- gedroogde brandrissies, fyn gekap of 2 vars rooi brandrissies, gekap Verhit die olyfolie in 'n pan oor matige hitte. Voeg die knoffel in fyngekapte brandrissies by en roerbraai dit totdat die knoffel begin verkleur. Voeg die tamaties en pietersielle by. Druk die tamaties fyn en geur dit met sout en peper na smaak. Laat prut dit oor lae hitte-1 uur lank of totdat die sous verdik. Roer dit gereeld. Verhit 2 liter water, waarby 5ml sout gevoeg is, tot kookpunt in 'n kastrol. Voeg die penne by en laat kook dit 10 minute lank. Roer dit gereeld. Dreineer die pasta en skep dit terug in die kastrol. Skep die tamatiemengsel oor en meng dit deeglik. Skep dit in 'n opdienbak en geniet. Lewer 6 porsies. WAARSKUWING Gedroogde brandrissies kan baie sterk wees.Indien die kinders saameet, kan die monde brand.

PEPPADEW PENNE ARRABIATA

250g penne pasta 45ml olyfolie 1groot ui, fyngekap 3 knoffelhuisies, gekneus 410g heel tamaties, gekap 10-12sterk peppadews, in skywe gesny 2,5ml gemengde kruie sout en varsgemaalde swartpeper 12 olywe gerasperde Parmesaankaas Kook die noedels in kokende soutwater tot al dente (die noedels moet nog sag en ferm wees en nie pap nie). Dreineer. Verhit die olie in 'n swaarboompan en soteer die ui en knoffel daarin tot sag en deurskynend. Voeg die tamaties en peppadews by en laat vir 'n paar minute saggies prut. Geur met kruie, sout en varsgemaalde swartpeper. Meng die pasta en gekookte tamaties en peppadewsous liggies saam. Garneer met die olywe en gerasperde Parmesaankaas. Sit voor met 'n groenslaai. Lewer 4-6 porsies.

Heer, vandag wil ek sommer net by U kom rus

En vra dat U my die régte prioriteite sal wys.

Sal U my help onderskei tussen die dinge

Wat régtig saak maak en die dinge wat die

Wêreld ons probeer voorskryf ?

Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is.

Page 20: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

20

PENNE MET ROOI SOETRISSIESOUS EN ASPERSIES

2 groot rooi soetrissies, in kwarte gesny 3 medium tamaties, gehalveer 60ml olyfolie 100ml groente of hoenderaftreksel 'n handvol basiliekruid 300-350g penne 400g vars groen aspersies, harde stingel verwyder sout en varsgemaalde swartpeper gerasperde parmesaankaas Voorverhit oondroosterelement. Pak soetrissie met die skilkant na bo op 'n bakplaat en rooster tot die skille swart is. Plaas in 'n plastieksak vir 10 minute. Trek die skille af en sny in groterige stukke. Plaas die tamaties op 'n bakplaat met die hol kant na bo, sprinkel met 'n bietjie olyfolie en plas onder die roosterelement vir 5-10 minute of tot die randjies begin swart word. Verpulp tamatie, skil en al, saam met die soetrissie, die res van die olyfolie, aftreksel en basiliekruid in 'n versapper of voedselverwerker. Kook of stoom die aspersies tot effens sag, maar nog bros, ongeveer 3-5 minute. Dreineer, spoel af onder lopende koue water en dreineer weer. Sny aspersies in stukkies van ongeveer 3cm. Kook penne volgens aanwysings op die pakkie en dreineer. Plaas die soetrissiesous en aspersies in 'n pan en verhit stadig tot kookpunt. Geur met sout en peper en roer pasta in. Bedien met gerasperde parmesaankaas.

LAMSKENKELS-EN-NEK MET PENNE

250ml olyfolie 600g lamskenkels 600g lamsnekke (in skywe) 3 fyngekapte uie 4 verpulpte toontjies knoffel 500ml wortels in klein blokkies 200ml droë rooi wyn 250ml soet sjerrie 3 groot, ryp tamaties, met skil gekap 400ml beesaftreksel 12.5ml varsgekapte roosmaryn 12.5ml vars koljanderblare 150g penne pasta Sit die potjie op die kole en maak dit goed warm. Gooi die olie in en verhit tot die olie rook. Verbruin die vleis tot goudbruin, ongeveer 10 minute. Haal die vleis uit met 'n gaatjieslepel en hou eenkant. Voeg die uie en knoffel by en roerbraai 5 minute tot sag. Sit die wortel by en roerbraai nog 3 minute. Skink die wyn en sjerrie by en bring alles tot kookpunt. Plaas die vleis terug saam met die tamaties, aftreksel (verhit eers die aftreksel), die roosmaryn en koljander. Sit die deksel op, verminder die kole en prut saggies vir 1½ uur, sonder om die deksel op te lig. Voeg nou die penne by en roer mooi deur. As die vloeistof te min is, voeg 'n bietjie kookwater by. Die penne sal 10 tot 12 minute neem om gaar te word. Bedien met 'n groenslaai vol okkerneute en fetakaas. Lewer 6 porsies.

PENNE MET WARM TAMATIESOUS

30ml olyfolie 1 ui, fyngekap 2 knoffelhuisies, gekneus 60g spekvleis, fyngekap 410g-blik heel geskilde tamaties met sap, grofgekap knippie origanum knippie fyngedrukte brandrissie 4 basiliekruidblare, gekneus sout en peper na smaak 50ml aangemaakte bruinuiesop Soteer die ui en die knoffel in die olie. Voeg die spekvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die res van die bestanddele by en prut vir 25 minute. Bedien saam met penne-pasta en gerasperde parmesaankaas.

Maak huis skoon met my, Here.

Verwyder die selfopgelegde eise

En die onnodige reëls en vereistes op my wêreldlysie.

En wanneer U my gestroop het,

Help my dan gehoorsaam wees aan U plan.

Maak my gewillig om te wees wat U wil hê ek moet wees.

Maak my ‘n instrument van u groter Raadsplan

Sodat ek sal werk aan dinge wat werklik

Ewigheidswaarde het.

Page 21: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

21

PENNE MET GROENTE EN HAM

200g penne pasta 10 groen aspersies 1 klein ui, fyn gekap 150g ertjies 30ml olyfolie 4 ingelegde artisjokharte (in kwarte gesny) 150g ham, in blokkies gesny 125ml room of jogurt 5ml basiliekruid Kook pasta volgens aanwysings op pakkie. As vars aspersies gebruik word, kook vir 10 minute tot sag. Smoor uie en ertjies in olyfolie tot gaar en roer artisjokke en ham by. Voeg basiliekruid, room of jogurt by. Skep groentemengsel by pasta en meng liggies. Dien op. Lewer 4 porsies.

PENNE MET GEROOKTE MOSSELS

As jy in tien minute 'n pastadis aanmekaar moet slaan, sal dié een werk. 250 g penne pasta Sap van 1 suurlemoen 2 blikkies (85 g elk) gerookte mossels in olie) Sout en vars gemaalde swartpeper Twee handevol gemengde, vars kruie fyn gekap Twee groot handevol gerasperde parmesaankaas Kook die pasta in 'n pot soutwater met 'n paar druppels olie tot sag, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, dreineer die mossels, maar behou 'n bietjie van die olie. Klits die olie uit die mosselblikkies saam met die suurlemoensap, sout, peper en 'n bietjie van die vars kruie om 'n vinaigrette te vorm. Sodra die pasta gaar is, dreineer en meng dié vinaigrette deur die warm pasta. Voeg die mossels, die res van die kruie en die parmesaan by en sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.

PASTA - ALLA - MINUTE

Doen dit vinnig as jy al raadop is met aandete in 'n paar minute : 1 pakkie penne pasta, sag gekook en gedreineer, 1 groot ui,in blokkies gesny 250g sampioene, gewas,opgesny 250ml suur room pietersielie swart peper en sout 250ml gerasperde kaas koekmeel 500g Russiese worsies, gesny in ringeties, dan weer in kwarte Braai die ui en Russiese worsies in 'n pan vir 2 minute. Gooi die sampioene by. Draai die hitte stadiger. Gooi die helfte van die speserye en room in. Skep 'n lepel koekmeel in saam met die res van die room, en meng goed. Gooi dit ook by die pan, en laat prut vir so 2 minute. Dien die pan se dis bo-op die warm pasta, in 'n sop bord en sprinkel kaas en swart peper oor. HEERLIK !!! Lewer 4-6 porsies.

TUNA EN GROENOLYFPASTA

400g penne pasta 25ml olyfolie 4 fyn toontjies knoffel (of soveel jy wil) 1 brandrissie, in fyn repies 425g blikkie tuna in olie, gedreineer, gevlok 2 ansjovisfilette in klein stukkies 25ml kappertjiesade, effe gekap 125ml fyn, vars pietersielie 1 suurlemoen se sap 20 heel, groen of swart olywe sout en swartpeper na smaak Kook die pasta in kookwater met 'n bietjie olie en sout vir 8-12 minute. Dreineer en hou warm. Braai intussen die knoffel en rissie 'n minuut lank in die olie. Voeg die tuna, ansjovis en kappertjiesade by en roerbraai oor 'n lae hitte vir nog 3 minute. Haal van die hitte af en roer die res goed deur. Meng alles in die pasta en sit dadelik voor. 'n Yskoue Chardonnay of Blanc Fumé met hompe vars brood om die sous mee op te vee, is nie onvanpas saam met hierdie lekkerte nie. Lewer 4 porsies.

Page 22: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

22

TAGLIATELLE TAGLIATELLE MET OKKERNEUTE EN ROQUEFORTKAAS

200g tagliatelle 45ml olyfolie 250ml okkerneute, grofgekap 250ml Roquefortkaas, gekrummel gekapte vars grasuie vir garnering Kook die tagliatelle in vinnig kokende soutwater tot net sag, maar effens ferm as jy dit byt (al dente) ongeveer 8-10 minute. Dreineer goed. Verhit intussen die olie in 'n swaarboompan en braai die okkerneute tot goudbruin en gerooster, ongeveer 5 minute. Giet die warm okkerneut-en-oliemengsel oor die gaar pasta, meng liggies deur. Krummel die kaas oor, garneer met gekapte grasuie en sit dadelik voor. Lewer 3-4 porsies.

TAGLIATELLE MET TAMATIE EN MAALVLEIS

5ml sonneblomolie/olyfolie 4 repe streepspekvleis 2 middelslag uie, gekap 1 groensoetrissie, ontpit en gekap 1 knoffelhuisie, gekneus 500g gemaalde beesvleis 3 tamaties, geskil en gekap 5ml sout varsgemaalde swartpeper 2ml droë orego 5ml suiker 60ml rooiwyn Verhit olie in swaarboomkastrol. Braai spek, uie, groensoetrissie en knoffel totdat uie sag en deurskynend is. Voeg vleis by en braai totdat dit verkleur. Voeg tamaties, sout, peper, kruie, suiker en rooiwyn by en prut. Lewer 4-6 porsies.

TAGLIATELLE MET VINNIGE SPINASIEROOMSOUS

1 bos spinasie, grof gesnipper en gaar gestoom 125g ricotta-of gladde laevet-maaskaas 65ml gerasperde parmesaankaas of pecorinokaas 125ml room of gewone jogurt 2,5ml suurlemoen-en-swartpeper-geurmiddel knippie fyn neutmuskaat 500g tagliatelle pasta Stoom spinasie. Kap fyn saam met sagte kaas, parmesaankaas en room. Kook pasta tot net gaar. Dreineer, voeg geurmiddel en neutmuskaat na smaak by. Roer spinasie mengel by die pasta in. Heerlik saam met 'n tamatieslaai en vars brood. Lewer 4-6 porsies.

ASPERSIE-EN-HAM-PASTAGEREG

250g tagliatelle 30ml olyfolie 1 groot ui, gekap 425g aspersieroomsop (onverdun) 2 groot eiers, geklits 80ml room 300g piekniekham, in blokkies, gesny sout en varsgemaalde swartpeper 100g cheddarkaas, gerasper 250ml gerasperde parmesaankaas Voorverhit oond tot 180C. Kook die pasta in kokende soutwater tot al dente. (Dit moet nog ferm wees as jy dit byt, en nie sag en pap nie). Gooi die water af. Verhit die olie in 'n pan en soteer die ui daarin tot sag en deurskynend. Meng die onverdunde sop, gesoteerde ui, eiers en room saam en klop goed. Voeg die ham, sout, peper en helfte van die cheddarkaas by. Meng die hammengsel met die gaar pasta en skep in 'n groot gesmeerde, oondvaste bak.Meng die orige cheddarkaas met parmesaankaas en strooi dit bo-oor die mengsel in die bak. Bak vir 30 minute of tot gestol. Lewer 4-6 porsies.

When life makes you have to put up with mean & hateful people,

Think of them as sandpaper.

They may scratch you,Rub you the wrong way

But eventually

YOU end up smooth & polished & The sandpaper ..Is just going to be worn out & ugly.

Page 23: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

23

SUURLEMOEN-GROENTE TAGLIATELLE

1 suurlemoen se sap 2 knoffelhuisies 200g aspersies, in porsiegrootte 3 murgpampoentjies, in skyfies 350g tagliatelle 75ml gerasperde kaas 20ml botter of margarien Soteer die knoffel in botter en die suurlemoensap, laat prut vir 10 minute. Braai die aspersies en die pampoentjies, geur en hou eenkant warm. Kook die pasta, dreineer en hou ‘n bietjie van die water. Meng die pasta met die suurlemoenbotter, gooi 15 ml van die water by om die pasta los te maak. Meng die groente in en bedien met die kaas bo-op. Lewer 4-6 porsies.

PASTA MET BOTTERSKORSIE, PATAT EN LEMOEN

15ml olyfolie 2 knoffelhuisies, gekneus 6 sprietuie, gekap met die groen stingeltjies 350ml groente aftreksel 1 groot botterskorsie, geskil in 2cm blokkies gesny 45ml pietersielie 2 medium patats, geskil in 2cm blokkies gesny 250g tagliatelle 2 lemoene, sap van albei, skil van 1 sout en swartpeper Verhit oli in 'n groot kastrol en braai die knoffel en uie vir 5 minute. Plaas die botterskorsie, lemoenskil, lemoen, patat en aftreksel in 'n kastrol met kookwater en kook totdat groente sag maar nie pap is nie. (Ongeveer 15 minute). Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie. Voeg die groenteby die knoffel-en-uie-mengsel en roerbraai liggies. Maak seker dat die groente nie breek nie. Verminder die oorblywende vloeistof in die kastrol deur dit te laat wegkook totdat ongeveer 50ml oorbly. Meng die pasta, groente en verminderde vloeistof liggies en sit dadelik voor. Lewer 2-3 porsies.

TAGLIATELLE MET ROMERIGE SAMPIOENSOUS

300g tagliatelle 45ml olyfolie 250g knopie sampioene, in kwarte gesny 1 ui, fyngekap 2 knoffelhuisies, gekneus 1 pakkie sampioensoppoeier 300ml melk 2 Italiaanse worse, in repies gesny 75ml dun room 15ml sjerrie sout en varsgemaalde swartpeper gekapte vars pietersielie Kook die pasta in vinnig kokende soutwater tot al dente (sag, maar nog ferm). Dreineer goed en hou warm. Verhit die olyfolie in 'n groot swaarboompan, braai die sampioene, ui en knoffel tot sag, ongeveer 5 minute. Klits die soppoeier en melk saam, voeg by sampioenmengsel. Verhit oor lae hitte tot kookpunt, roer aanhoudend totdat mengsel verdik. Voeg die worsies, room en sjerrie by en verhit tot deurwarm. Geur na smaak. Skep die tagliatelle in 'n opdienbak, giet die sous oor, garneer met gekapte vars pietersielie. Sit dadelik voor met 'n Italiaanse slaai. WENK Voorkom dat pasta aan mekaar kleef in die gaarmaakproses deur 10ml sonneblomolie by die water te voeg. Indien die gaar pasta 'n rukkie staan voor opdiening, moet dit gedreineer en onder koue lopende water afgespoel word. Voeg 10 ml olie by en meng deeglik. Moenie die pasta in die kokende water laat staan nie, aangesien dit pap word. VARIASIE Vervang die Italiaanse wors met gerookte hamblokkies of brosgebraaide spekvleis.

If you think you are beaten, you are.

If you think you dare not, you don't.

If you'd like to win but think you can't,

It's almost certain you won't.

Life's battles don't always go

To the stronger or faster man,

But sooner or later, the man who wins

Is the man who thinks he can.

Page 24: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

24

LASAGNE LASAGNEPOTJIE – Yum Yum

1kg maalvleis 250g spek 1 groot ui 2 pakkies bolognaise fix 1 groenpeper 500ml kaas 200g rou lasagne pasta 410g blik tamaties 125ml koekmeel 250ml margarien 600ml melk 10ml aromat 2ml mosterdpoeier 1 biefekstrakblokkie swartpeper Soteer die ui en die groenpeper, voeg die spek en vleis by en braai bruin. Gooi die bolognaise mengsel by en roer goed deur. Strooi die helfte van die kaas oor, sit die pasta bo-op en dan die tamaties. Bedek en prut 40 minute. Meng die meel, margarien en melk, geur met die aromat, mosterpoeier, biefblokkie en peper. Gooi oor die pasta, bedek, prut 10 minute, gooi die kaas oor en prut ‘n verdere 2 minute. Absoluut heerlik en baie vullend. Lewer 4-6 porsies.

GELAAGDE BOONTJIE-LASAGNE

2 uie 2 knoffelhuisies 250g sampioene 150ml tamatiesous 5ml origanum 5ml basilie 2 blikke boontjies in tamatiesous 500ml gladde maaskaas 375ml gerasperde kaas 2 eiers 750ml lasagnevelle, bietjie gekook Voorverhit die oond tot 180C. Soteer die uie, knoffel en sampioene en meng die tamatiesous, origanum, basilie en boontjies in tamatiesous. Verhit, laat kook, verlaag die hitte en prut vir 8–10 minute. Meng die maaskaas, helfte van die kaas en die eiers apart. Sit ‘n laag lasagne in ‘n bak, gooi die boontjiemengsel oor, dan die kaasmengsel, herhaal die lae en strooi ekstra kaas, gemeng met sout en swartpeper, oor. Bak 40–50 minute. Lewer 4-6 porsies.

TAMATIE-CANNELONI

1kg tamaties 10ml origanum 10ml suiker sout en swartpeper 12 lasagnevelle 300g sagte kaas 90ml songedroogde tamatiespesto basiliekruid Voorverhit die oond tot 220C. Braai twee derdes van die tamaties, bedek en laat prut. Skud die pan nou en dan. Voeg die orignaum, suiker en geurmiddels by en roer tot die sous lekker dik is. Kook die lasagnevelle net-net gaar, smeer velle met pesto en plaas ‘n lepel tamatiemengsel bo-op. Rol op, plaas in ‘n oondbak, skep die orige tamatiesous asook die oorblywende tamaties bo-op. Bedruip met olyfolie, bedek en bak 25 minute, besprinkel met kaas en bak 15 minute onbedek. Garneer met basilieblare net voor opdiening. Lewer 4-6 porsies.

SAMPIOEN-LASAGNE

1 ui 500g sampioene 2 knoffelhuisies sout en peper 60ml suurroom 45ml botter 45ml koekmeel 625ml melk 250ml gerasperde kaas 1 pak lasagnevelle Voorverhit die oond tot 200C. Soteer die ui, sampioene en knoffel tot gaar, verwyder van die hitte en geur. Roer die suurroom by (mengsel moet souserig wees) en hou eenkant. Maak ‘n gladde, dik witsous van die botter, meel en melk, roer die kaas by en verwyder van hitte. Pak lae in ‘n bak van witsous, velle, sampioenmengsel en eindig met die witsous. Bak 30-40 minute. Lewer 4 porsies.

Page 25: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

25

HOENDER EN PEPER LAGAGNE

250g spinasie lasagne 1.5kg gaar hoender, in stukkies gesny 15ml olie 200g sampioene, gesny 1 groenrissie, ontpit, gesny 3 uie, gekap 1 knoffelhuisie, gekneus 5ml oreganum swartpeper en sout na smaak 60ml sjerrie 410g blik tamaties, gekap met sous 75g Parmesaan of 100g gerasperde Cheddar WITSOUS: 50g poli-onversadigde margarien 50ml meelblom 500ml laevet melk Verhit olie in kastrol en voeg sampioene, groenrissie, uie en knoffel by. Braai tot sag. Roer oreganum en genoeg swartpeper na smaak by. Voeg sout, tamaties en sjerrie by en laat kook. Voeg hoender by en verhit. Maak witsous deur die margarien te smelt, roer meelblom in, voeg melk by en roer aanhoudend tot dik en glad. Nie nodig om lasagne vooraf te kook nie. Begin met hoendersous, plaas lasagne en hoender in lae in gesmeerde oondvaste bak en eindig met 'n laag lasagne. Skep witsous en kaas oor. Bak teen 180C vir ongeveer 30 minute. Plaas eenkant vir 10 minute voor bediening.

SPINASIE EN KAAS LASAGNE

250g spinasie, gewas, fyn gesny 400ml ricottakaas 350ml mozzarellakaas, gerasper 2 grasuie, gekap 5ml droë basiliekruid 5ml droë oreganum 75ml pietersielie gekap 12.5ml olie 1 ui, gekap 1 geelwortel, gerasper 1 seldery, gekap 5ml knoffel, gekneus 1 lourierblaar 1 blik (800g) heel tamaties, fyn gedruk 25ml tamatiepasta 37.5ml parmesaankaas, gerasper 125g lasagnenoedels Kook, stoom of mikrogolf die spinasie. Dreineer. Meng die spinasie, ricottakaas, mozzarellakaas, grasuie en kruie deeglik. Verhit die olie, voeg die uie, wortel en seldery by, prut vir 2 minute. Voeg die knoffel by en prut nog 1 minuut. Voeg die lourierblaar by. Vermeerder die hitte en kook 3 minute. Voeg tamatie en tamatie pasta by. Verminder die hitte en prut 30 minute. Verwyder die lourierblaar. Puree die sous tot glad. Roer die parmesaankaas by. Berei die lasagne noedels voor volgens die aanwysings op die pakkie. Skep ‘n derde van die tamatiesous in ‘n bak van 120mmx330mm. Skep die helfte van die noedels oor die sous, versprei die helfte van die ricotta kaasmengsel oor die noedels en daarna ‘n derde van die tamatiesous. Skep die oorblywende noedels oor die tamatiesous, versprei die res van die kaasmengsel hieroor en daarna die oorblywende tamatiesous. Bedek met foelie, en bak teen 180C vir 20 minute. Sprinkel nog parmesaankaas oor indien verkies. Lewer 4-6 porsies.

LASAGNE MET MURGPAMPOENTJIES 1,3 kg murgpampoentjies (indien geel verkrygbaar gebruik om helfte groen en geel) 30ml olyfolie 30g botter 5ml knoffel, gekneus 15ml pietersielie, gekap 2ml vars tiemie, gekap 750ml geurige witsous knippie neutmuskaat 90g vars gerasperde Parmesaankaas lasagne pasta Sny murgpampoentjies in helftes en sny in sirkels. Verhit olie en botter en braai knoffel. Voeg pietersielie en tiemie by. Voeg murgpampoentjies by en geur. Soteer tot sag. Skep mengsel met gaatjieslepel uit en hou eenkant. Meng witsous (hou 125 ml eenkant) murgpampoentjiemengsel, neutmuskaat en 60g kaas. Roer deur. Voorverhit oond tot 200C. Smeer helfte van 125 ml witsous op boom van bak en bedek met laag lasagne. Bedek met laag murgpampoentjie-sous. Herhaal pasta en souslae vir minstens 5 lae. Smeer orige witsouslaag bo-op. Besprinkel met kaas en bak vir 15-20 minute. Laat rus vir 10 minute voor voorgesit word. Lewer 4 porsies.

Page 26: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

26

TUNA LASAGNE

300g lasagne velle 2 x 185g tuna in soutwater 2 uie, gekap 2 knoffelhuisies, fyngedruk 45ml olyfolie 80ml droë witwyn 250ml tamatiepuree. ( Nie tamatiepasta ) 5ml suiker sout en varsgemaalde swartpeper 3ml droë tiemie 5ml vars orego 125ml vars gekapte pietersielie BECHAMELSOUS: 500ml melk 1 ui, in skywe gesny 4 lourierblare 12 peperkorrels 50g botter 45ml koekmeelblom 125ml Cheddarkaas, gerasper 2 ekstra-groot eiers, geskei 30ml gerasperde Parmesaankaas 125ml broodkrummels Voorverhit oond tot 180C en smeer 'n groot oondbak met botter of bespuit met Spray & Cook. Dreineer die tuna en hou eenkant. Soteer die uie en knoffel in die olyfolie tot geurig. Voeg tuna en res van bestandele by en verhit tot kookpunt. Laat 'n paar minute liggies prut, maar moenie te lank kook nie. (Die mengsel kan taamlik loperig wees). Hou eenkant. BECHAMELSOUS: Verhit melk met die ui, lourierblare en peperkorrels oor lae hitte tot kookpunt. Laat afkoel. Giet deur 'n fyn sif. Berei 'n witsous met die botter, koekmeelblom en gegeurde melk. Verhit tot verdik en gaar. Laat effens afkoel en roer Cheddarkaas en eiergele by. Plaas lasagne velle (onnodig om vooraf te kook), vissous en bechamelsous afwisselend in lae in die oondbak. Eindig met 'n laag bechamelsous. Meng parmesaankaas en broodkrummels en sprinkel oor. Bak vir 40 minute tot goudbruin.

FUSILLI FUSILLI MET UIE, KNOFFEL, SALAMI EN MAASKAAS

Fusilli pasta 15ml botter 15ml olyfolie 1 ui, gesny 2 knoffelhuisies, fyngedruk handvol vars salieblare, grofgekap 350g salami, in blokkies gesny 250g geroomde maaskaas varsgemaalde swartpeper gekapte pietersielie Kook die pasta tot al dente. Dreineer. Verhit intussen die botter en olie in 'n braaipan en braai die ui en knoffel tot die ui sag is. Voeg die salie by en roerbraai vir 'n paar minute. Voeg die salami by en verhit. Roer die maaskaas by en geur met peper. Voeg die mengsel by die gaar pasta en roer deur. Strooi pietersielie oor en sit voor. Lewer 4-6 porsies.

FUSILLI MET BLOUKAAS EN SPEK

250g repies spek, in blokkies gesny olyfolie 125g klein sampioene 100g blou kaas 250ml room handvol vars basiliekruid varsgemaalde swartpeper 300g fusilli-pasta Braai die spek lekker bros in 'n bietjie olyfolie. Braai die sampioene saam met die spek vir sowat 5 minute. Kook die fusilli volgens die aanwysings op die pakkie. Wanneer die spek bros is, breek 'n stuk van die bloukaas in die spek en voeg die room by. Laat die room warm word en die kaas smelt. Dreineer die pasta wanneer gaar. Roer die sous deur die pasta en geur met swartpeper. Breek die vars basiliekruidblare bo-op die pasta en sny die res van die bloukaas in skywe en sit dit bo-op.

A friend hears the song in my heart and sings it to me when my memory fails.--

Anonymous

Page 27: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

27

NOEDELS HEERLIKE PASTAGEREG

200g noedels 1 blik sampioensop 3ml kerriepoeier 175ml room 250g sampioene 250g brocolli, gekook 250ml vars broodkrummels 250ml kaas, gerasper Voorverhit die oond tot 180C. Kook die pasta en meng met die res van die bestanddele, behalwe die kaas en die brood. Skep in ‘n oondbak, spinkel die brood en die kaas oor en bak vir 20–30 minute tot goudkleurig. Lewer 4 porsies.

NOEDELS MET WORSIES EN TAMATIES IN ROOIWYNSOUS

250g breë lintnoedels, gekook 500g worsies 1 ui 2 knoffelhuisies, gekap 150ml rooi wyn 410g blik tamaties, gekap 15ml tamatiepasta sout en swartpeper pietersielie Braai die worsies tot bruin, skep uit en sny in skyfies. Soteer die ui en knoffel, voeg die wyn, tamaties en tamatiepasta by en laat kook tot ‘n geurige sous. Geur en voeg die worsies terug – laat weer opkook en meng met die pasta. Sprinkel die pietersielie oor en bedien. Lewer 4-6 porsies.

HOENDER-EN-MAYONNAISE PASTA

500g gaar noedels 100ml botter 100ml koekmeel 250ml melk 500g gaar hoender, fyn sout en swartpeper 3ml gemengde kruie 60ml tamtatiepuree 60ml mayonnaise Maak witsous met die botter, meel en melk, voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Laat warm word en skep op die noedels. Lewer 4-6 porsies.

PASTA MET RIVIERASOUS

250g gaar noedels 285g blik tamatiepuree 5ml suiker sout en swartpeper 15ml aangemaakte mosterd 125g hamrepies 50ml uie 1 knoffelhuisie 50ml pietersielie 125ml kaas basilieblare Verhit die puree, suiker, sout, peper, mosterd en ham. Meng die uie, knoffel, pietersielie en die helfte van die kaas by en meng goed. Skep die tamatiemengsel op die noedels, strooi die res van die kaas oor. Gooi basilieblare oor vir garnering. Lewer 4 porsies.

Consider your ways and actions, Step back and take a good look

At how you have drifted from Jesus, And how you've not opened His Book.

Consider your ways and actions, You know that the world cannot give

The peace that you'll find through your Saviour

And the life in its fullness to live.

Consider your ways and actions, Consider them right now today

Come back to your Lord and Creator

Page 28: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

28

PASTA MET HOENDER EN ROOM

250g skroefnoedels 45ml olyfolie 45g botter 4 hoenderborsfilette, in repies gesny sout en peper 1 bossie sprietuie met stingels, gekap 1 klein brandrissie, gekap 1 knoffelhuisie, gekneus 1 soetrissie, in repies gesny 250g sampioene, in skyfies gesny 2ml gemengde kruie 250ml room

Kook pasta en hou warm. Berei sous terwyl pasta kook. Verhit 30ml elk botter en olie en roerbraai hoenderrepies paar op 'n keer tot goudbruin en gaar. Haal uit, geur met sout en peper en hou warm.Voeg orige olie en botter in pan en soteer sprietuie, brandrissie, knoffelen soetrissie tot sag. Voeg sampioene by en roerbraai tot vloeistof ingedamp het. Plaas hoender terug in pan. Geur na smaak. Giet room oor en laat vinnig kook tot verdik. Gooi oor pasta en sit voor met brood en slaai. Lewer 4 porsies.

PASTA MET HOENDERLEWERS

500g noedels SOUS 2x250g bevrore hoenderlewers, ontdooi 60ml botter 125g streepspekvleis, swoerd verwyder en fyngekap 1ui, fyngekap 15-20 vars gekapte of 15ml gedroogte salie 250g sampioene, in skywe 45ml sjerrie of brandewyn 15ml koekmeelblom 310ml hoenderaftreksel sout en varsgemaalde swartpeper

Was en sny die hoenderlewers in kwarte. Plaas eenkant. Verhit botter in swaarboompan, braai ui en spek daarin vir sowat 5 minute of totdat ui sag is en die spek gaar. Roer af en toe. Voeg die salie by en roerbraai 'n verdere minuut. Voeg die sampioene by en kook oor matige hitte vir 3-4 minute. Roer voortdurend. Voeg hoenderlewers by en laat kook totdat dit begin verkleur. Voeg sjerrie of brandewyn by en kook 'n verdere 2 minute. Roer meel by en voeg die hoenderaftreksel geleidelik by, terwyl voortdurend geroer word. Sodra gereg begin kook, bedek en laat 'n verdere 5 minute saggies prut. Geur met sout en peper na smaak. Kook die pasta in kokende soutwater tot al dente. Dreineer. Skep hoenderlewersous oor pasta en sit voor. Lewer 4-6 porsies.

NOEDELS MET MEDITERREENSE GROENTE

4 sprietuie, fyngesny 2 knoffelhuisies, fyngesny 30ml olyfolie 1 eiervrug, in klein blokkies gesny 1 rooi soetrissie, in repies gesny 4 jong murgpampoentjies, gesny 5ml gemengde droë kruie 200ml gladde vetvrye maaskaas 75g songedroogde tamaties, dun gesny 350g noedels

Verhit die olie in 'n braaipan, voeg sprietuie en knoffel by en soteer tot sag. Roer die eiervrug by en laat kook vir 2-3 minute. Voeg die murgpampoentjies, kruie en songedroogde tamaties by en meng. Stel die hitte baie laag, bedek en laat dit prut vir 10 minute. Roer af en toe. Kook intussen die noedels volgens die aanwysings op die pakkie tot al dente. Dreineer en laat eenkant staan totdat die groentemengsel gaar is. Roer die noedels en maaskaas by groente en verhit vir nog 5 minute. Roer liggies om te meng. Lewer 4 porsies.

DEPENDANT ON YOUR CARE

Kneel me down, before Your throne

Humble me in prayer

Give me strength to live each day

Dependant on Your care.

Help me be the servant child

That You would have me be

Help me through each valley deep

My way, to clearly see.

Page 29: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

29

SLAAI MET BILTONG EN PASTA

150g beesbiltong, dun gekerf 250g skroefnoedels 10 peppadews, in skywe gesny 2 geelsoetrissies, in repe gesny 1 ui, fyngekap 250ml Fetakaas, in blokkies gesny 4 murgpampoentjies, in skywe gesny en liggies gebraai SLAAISOUS 50ml heuningmosterd 50ml appelasyn 150ml sonneblomolie 20ml gekapte vars pietersielie Meng al die bestanddele vir die slaaisous baie goed saam. Giet die slaaisous oor die fyngekerfde biltong, laat 30 minute marineer. Kook die skroefnoedels volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer deeglik. Meng die gemarineerde biltong, slaaisous en pasta liggies saam. Laat toe om af te koel. Voeg die res van die slaaibestanddele by, meng deur, geur met sout en varsgemaalde swartpeper Lewer 4-6 porsies.

PIKANTE ROERBRAAINOEDELS

50g eiernoedels 5ml grondboonolie ½ fyn gemaakte knoffelhuisie ½ vars en fyngekapte soetrissie ¼ ui, in dun skyfies, gesny ¼ rooi brandrissie, in skywe gesny 75g broccolistukke 75g boontjiespruite 50g gekapte grondbone 10ml sojasous ¾ teelepel bruinsuiker 10g vars gekapte koljanderblare sout en peper na smaak Kook noedels volgens aanwysings op pakkie. Verhit olie in pan. Braai knoffel, rissies, uie, peper en broccoli vir 2 minute. Voeg boontjiespruite by en kook vir 3 minute. Rooster grondbone in kleefvrye pan vir 'n paar minute tot goudbruin. Roer dikwels. Los om af te koel, kap en behou 'n paar heel neute. Voeg noedels by groente en roer sojasous, suiker en gekapte neute in. Voeg sout en peper na smaak by. Sprinkel met koljander en die heel, geroosterde neute. Sit warm voor. Lewer 4 porsies.

LINTNOEDELS MET TAMATIES

250g groen lintnoedels 250g spekvleis, gesnipper 2 knoffelhuisies, fyn gedruk 50ml olyfolie 1 blikkie heel, geskilde tamaties 1 blokkie hoenderekstrak Kook die pasta tot sag, dreineer dit en hou dit warm. Braai die spek tot dit begin verbruin. Skep dit uit en hou dit eenkant. Braai die knoffel in die olie totdat dit begin verbruin. Verpulp die tamaties en voeg dit by die knoffel. Verkrummel die hoenderekstrak en voeg dit ook by. Kook die sous 'n rukkie sonder die deksel tot dit begin verdik. Meng die tamatiesous en die spek. Giet die mengsel oor die pasta. Sit dit dadelik voor. Lewer 4 porsies.

NOEDEL-EN-APPEL-GEBAK

150g groot skulpnoedels 250g spekvleis, gesnipper 3 Granny Smith-appels, geskil in skyfies gesny die sap van 1 suurlemoen 100g cheddarkaas, grof gerasper sout Verhit die oond tot 180C. Kook die pasta tot sag en dreineer dit. Braai die spekvleis totdat dit begin verbruin. Sprinkel die suurlemoensap oor die appels, voeg dit by die spek en roerbraai dit liggies tot die appelskyfies sag is. Smeer 'n vlak, oondvaste bak. Skep 'n derde van die appelmengsel in die bak. Skep n derde van die pasta op die appels en strooi n derde van die kaas bo-oor. Herhaal tot al die bestandele gebruik is. Bedek dit en bak dit vir 45 minute. Bak dit 'n verdere 10 minute, onbedek. Lewer 2-3 porsies.

There is no better doctor than a true friend.

Page 30: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

30

PASTASLAAI MET NEUTE

500g skulpie noedels 1 knoffelhuisie gekneus 125ml olyfolie 625g kersietamaties 250g laevet cheddarkaas, in blokkies 5ml origanum basielieblare, gekap sout en swartpeper 200g neute van jou keuse Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie en laat afkoel. Meng met die res van die bestanddele (100g neute). Rooster die res van die neute, laat koud word en strooi oor die slaai. Bedien met volkoringbrood. Lewer 4 porsies.

LINTNOEDELS MET PATAT EN SPINASIE

500g patat, geskil en in blokkies gesny 15ml olyfolie 1knoffelhuisie, fyngedruk sout en varsgemaalde swartpeper 250g baba spinasieblare 80-100ml klappermelk 5ml droë brandrissievlokkies 30ml vars koljanderblare, gekap 250g dik lintnoedels Voorverhit die oond tot 190C. Plaas die patat in 'n oondbak, besprinkel met olyfolie en geur met knoffel, sout en peper. Oondbraai 20-25 minute tot sag. Roer die spinasie by die patat in totdat die blare verlep is. Voeg die klappermelk, brandrissievlokkies en vars koljander by. Meng deur. Kook die pasta in 'n groot pot kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Dreineer goed. Roer die patatsous by die pasta in, geur met sout en peper en sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.

EKONOMIESE PASTA GEREG

1½ koppie skulpnoedels 25ml margarien 25ml meelblom 250ml melk 2.5ml sout 1ml peper 250ml gerasperde kaas 2 repies spekvleis 410g (1 blik) ertjies 2 tamaties (opsioneel) Kook die noedels in soutwater tot sag, ongeveer 12 minute lank. Stel die oond op 180C. Dreineer en spoel af onder koue water. Smelt die smeer en voeg die meelblom by. Meng goed en laat effens prut. Haal van die plaat af en voeg die melk by. Roer goed terwyl die mengsel weer verhit word. Laat 3 minute lank prut. Roer aanhoudend. Voeg die sout en peper by. Haal van die plaat af en voeg die helfte van die kaas by. Dreineer die ertjies en voeg die ertjies by die witsousmengsel. Verwyder die swoerd van die spek, kap dit fyn en braai tot bros. Voeg die spek by die witsousmengsel. Skep alternatiewe lae noedels en witsous in ‘n gesmeerde oondskottel. Strooi die res van die kaas oor. Rangskik skywe tamatie om die kant van die bak indien die tamatie gebruik word. Bak in die voorafverhitte oond totdat die kaas en tamatie ligbruin is en die gereg deurwarm is.

PASTASLAAI MET SONNEBLOMSAAD

100g sonneblomsaad 100g ansjovis 50ml melk 250g skulpnoedels 2ml sout 1 kop botterslaai vars gemaalde swartpeper na smaak 50ml gekapte stingeluie 50ml gekapte pietersielie 4 tamaties, grof gekap 30ml suurlemoensap 5ml Engelse mosterdpoeier Plaas saad in keëlvormige bakkie op handdoek papier en mikrogolf 4 minute op hoog. Roer kort-kort. Hou eenkant. Week ansjovis in melk (om oortollige sout te verwyder). Kook pasta volgens aanwysings op pakkie en laat afkoel. Dreineer ansjovis en sny almal behalwe 5 filette in stukkies. Meng pasta en al die oorblywende bestanddele, behalwe slaai liggies saam in mengbak. Was slaai blare in sout water, dreineer en rangskik op 'n slaaibord. Skep noedelmengsel daarop en rangskik heel ansjovisfilette bo-op. Sit goed verkoel voor.

Page 31: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

31

OOSTERSE PASTASLAAI

500g skroefnoedels 4 selderystingels, in dun skyfies gesny 250g wit sampioene,afgevee,in dun skywe gesny 6 jonguie, gekap 125ml pietersielie SOUS 300ml sonneblomolie 125ml suurlemoensap 60ml sojasous 10ml heuning 3 knoffelhuisies, fyngedruk 30ml medium droë sjerrie 60ml geroosterde sesamsaad 60ml koljanderblare ‘n bietjie fyngerasperde suurlemoenskil Meng al die bestanddele vir die sous in ‘n fles met deksel en skud goed. Hou eenkant. Kook die pasta, dreineer goed. Moenie die pasta afspoel nadat dit gedreineer is nie, anders sal die sous nie goed kleef nie.

PASTA A LA ALRINA

500g klein skulpnoedels 1 groot ui, gekap 250g knopiesampioene, in skyfies 250g swoerdlose bladspek, gesnipper 30ml olie 1 pakkie sampioenroomsoppoeier 400ml water 5ml grof gemaalde swartpeper 5ml orego Kook die noedels sag volgens die aanwysings op die pak en dreineer. Voorverhit die oond tot 180C. Braai intussen die ui, sampioene en spek in die olie tot die ui sag is. Maak die sop met die water aan en kook totdat dit dik is. Geur met swartpeper en orego. Skep die noedels, spekmengsel en sop in lae in ‘n gesmeerde, oondvaste skottel en bak vir 30 minute.

NOEDEL EN SPEKGEREG

500g noedels (enige soort) kookolie 250g ontbytspek, gesnipper 1 ui, gekap 410g hoenderroomsop 125ml gerasperde Cheddarkaas 400g sampioene, gedreineer Kook noedels volgens aanwysings op pakkie. Dreineer en voeg ‘n bietjie kookolie by. Braai intussen die ontbytspek en ui. Voeg die hoendderroomsop, kaas en sampioene by en roer tot die mengsel baie warm is en die kaas smelt. Skep hierdie mengsel oor die noedels en roer liggies deur. Sit warm voor.

NOEDELSLAAI

500g skulpnoedels 410g perskeskywe 125ml mayonnaise 25ml matige kerriepoeier 250ml Cheddarkaas, in blokkies gesny 1 ui, fyn gekap 1 groen soetrissie, ontpit en fyn gekap 250ml gebleikte sultanas Kook die noedels volgens die aanwyssings op die pakkie tot net gaar maar nie pap nie. Spoel die gaar noedels onder lopende water af en laat dit goed dreineer. Dreineer die perskeskywe en behou die stroop. Sny die perskeskywe kleiner. Meng die perskestroop, mayonnaise en kerriepoeier tot glad. Meng die noedels, perskestukkies, perskestroopmengsel, kaas, ui, soetrissie en sultanas liggies. Verkoel die slaai voor opdiening.

When it hurts to look back, and you're scared to look ahead, you can look beside you

and your best friend will be there. Moet asseblief nie hierdie boek gratis rondstuur nie. Indien jy dit wel ontvang en nie self daarvoor betaal het nie, maak asseblief kontak met my (Anna) die samesteller daarvan by die onderstaande e-pos adres of telefoonnommer. Baie ure se harde werk, beplanning en navorsing is aan hierdie samestelling bestee en respek daarvoor sal waardeer word, aangesien dit dien as 'n inkomste. [email protected] of 0822946799.

Page 32: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

32

NOEDELSLAAI 2

1 pak (500g) skroef of skulpnoedels 1 soetrissie 1 ui 250ml tamatiesous 125ml asyn 125ml sonneblomolie 200ml witsuiker 25ml matige kerriepoeier paar druppels Tabascosous Kook die noedels volgens die aanwysings op die pakkie tot gaar. Laat dit goed dreineer. Halveer, ontpit en sny die soetrissie fyn. Skil en kap die ui fyn. Meng die noedels, ui en soetrissie in 'n slaaibak. Meng die tamatiesous, asyn, sonneblomolie, witsuiker, kerriepoeier, Tabascosous en peper. Giet dit oor die noedelmengsel en meng dit liggies. Verkoel voor opdiening. Lewer 8 porsies.

LEMOEN EN PASTA SLAAI

500ml gaar noedels 150ml kaas, in blokkies gesny 185g tuna, gedreineer en fyngemaak 1 groen rissie, gekap 1 rooi rissie, gekap 1 medium ui, fyngekap 1 seldery, fyngekap 4 lemoene, in segmente gesny SLAAISOUS 100ml mayonnaise 15ml pietersielie, gekap 30ml suurlemoensap Meng al die bestanddele in 'n mengbak, behalwe slaaisous. Voeg die slaaisous bestanddele bymekaar en meng met slaai. Voer 'n slaaibak uit met blaarslaai indien verkies. Skep in slaaibak en bedien. Lewer 4 porsies.

MIDDAGETE PASTASLAAI

500g skroefnoedels, gaar gekook 5 hardgekookte eiers 10ml olyfolie 5 stele seldery, gekap 2 komkommers in blokkies gesny 250ml blokkies Tussers kaas handvol grasuie, gekap SLAAISOUS: 375ml mayonnaise 12.5ml mosterd 2 fyngedrukte knoffelhuisies 45ml vars suurlemoensap sout en peper

Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam. Dop die eiers af en sny in skyfies. Meng liggies met die res van slaai bestanddele en giet die slaaisous oor. Sprinkel die grasuie oor.

PASTA EN VISSLAAI

200g gaar, koue skulpnoedels 500ml gaar vis, gevlok 1 komkommer, ongeskil en gekap 125ml suurroom sout en peper na smaak pietersielie vir garnering 4 suurlemoenskyfies vir garnering Meng die noedels, vis, komkommer en suurroom en geur dit met sout en peper. Skep dit in slaaibak en garneer met pietersielie en gedraaide suurlemoenskyfies.

Let us come before our King

And bow our hearts in prayer

Always giving thanks to Him

Who keeps us in His care.

Although we let Him down at times

His love for us remains

And when we're struggling with our sin

He loves us just the same.

Page 33: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

33

NOEDEL EN HOENDERPASTEI

300g noedels 30ml olyfolie 1 groot ui, gekap 2 knoffelhuisies, gekneus 6 hoenderborsies, ontvel, in repies gesny 1 lourierblaar 2 takkies tiemie 75ml wit wyn 200g sampioene, in skyfies gesny sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 75g sterk kaas, gerasper 9 eiers, geklits 30ml dik room 75ml gekapte vars pietersielie 100ml basiese tamatiesous Stel die oond op 180C. Kook die noedels sonder olie. Dreineer, maar moenie afspoel nie anders verloor die pasta sy klewerigheid. Hou eenkant. Verhit die olie in 'n pan en soteer die uie en knoffel tot amper sag. Roer terwyl die hoender, lourierblaar en tiemie bygevoeg word. Giet die wyn oor. Bedek en laat prut sowat 20 minute oor matige hitte. Voeg die gesnyde sampioene by. Kook onbedek tot die sous verdik. Verwyder die lourierblaar en tiemietakkies. Geur na smaak met sout en peper. Meng die kaas, eiers, room en pietersielie. Geur met sout en peper. Meng die helfte van die kaassous met die hoendermengsel. Voer 'n losboompan met aluminiumfoelie uit en spuit met 'n kleefwerende middel. Pak die noedels in die pan deur in die middel te begin en na die kante toe te werk. Giet die hoendermengsel oor. Die res van die kaasmengsel word bo-oor gegiet. Maak seker dat die pasta met die sous bedek is. Plaas in die voorverhitte oond en bak sowat 1 uur. Laat rus 'n paar minute en ontvorm. Dien op met die basiese tamatiesous. (Genoeg vir 6 porsies.)

TUNA-NOEDELGEREG

500g skulpnoedels 250g ontbytspek, gesnipper 2 uie, fyn gekap ½ groen soetrissie, gekap 2x200g elk tuna, gedreineer, gevlok 60 ml botter 60ml koekmeel 1 liter melk sout en peper na smaak 500ml gerasperde sterk kaas 250-300ml gekapte vars sampioene Fondor paprika om bo-oor te strooi Kook noedels of volgens aanwysings op pak tot byna sag, dreineer en hou eenkant. Braai spek, haal uit en hou eenkant, en braai uie en soetrissie in vet van spek. Meng ui en soetrissie met gevlokte tuna. Maak sowat 1 liter witsous van die botter, koekmeel en melk en geur met sout en peper. Voeg witsous en helfte van gerasperde kaas by tunamengsel, en voeg dan sampioene en gebraaide spek by. Geur met Fondor. Voeg noedels by en meng deeglik. Skep in groot gesmeerde vuurvaste bak met deksel. Strooi res van kaas oor, en 'n bietjie paprika. Sit deksel op en bak sowat 30 minute lank by 180C. Sit voor met gemengde groen slaai en broodrolletjies. Lewer 8-10 porsies

PASTA MET 'N OOSTERSE GEUR

2 uie, gekap 60ml sojasous 12.5ml heuning 2ml gemmer 25ml olie 250g wit lintnoedels 500g geroosterde beesvleis (in dun repies gesny) 200g ertjies 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny 2 knoffelhuisies, gekneus 25ml olie, ekstra 25ml sesamsaad Meng uie, sojasous, heuning, gemmer, olie en vleisrepies en hou eenkant. Kook intussen lintnoedels volgens aanwysings op die pakkie tot net sag. Dreineer en roer 'n bietjie olie deur pasta. Soteer ertjies, soetrissie en knoffel vir sowat 3 minute in verhitte olie tot sag. Voeg uiemengsel en noedels by en meng liggies. Bestrooi met sesamsaad net voor opdiening. Bedien warm of koud. Lewer 6 porsies.

One who looks for a friend without faults will have none

Page 34: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

34

ROMERIGE PASTASLAAI

500g skulpnoedels 30ml olyfolie 6 stele seldery, in growwe stukkies gekap 2 bossies grasuie, gesnipper 2 komkommers, geskil, in stukke gesny vars pietersielie sout en vars gemaalde swartpeper 30ml heelkorrelmosterd 10ml heuning 500ml lae olie mayonnaise 10ml suurlemoensap parmesaan skaafsels Kook pasta in genoeg water tot sag maar nog ferm. Dreineer en giet olyfolie oor. Meng liggies deur en laat afkoel. Voeg seldery, grasuie en komkommer by. Meng die sout en varsgemaalde swartpeper, pietersielie, mosterd, heuning, mayonnaise en suurlemoensap goed en giet oor die pasta. Meng liggies deur en sprinkel skaafsels parmsaankaas oor. Bedien 8-10 persone.

SAMPIOEN A LA PASTA

400g skulpnoedels 1 groot ui, gekap 1 klein soetrissie, gekap 250g knopiesampioene 20ml sonneblomolie 1 pakkie sampioensoppoeier 400ml melk 5ml gemaalde swartpeper 5ml orego Kook die noedels volgens die aanwysings op die pakkie en dreineer. Bespuit 'n bakskottel met Spray en Cook. Voorverhit die oond tot 180C. Braai intussen die ui, soetrissie en sampioene in die olie totdat die soetrissie en ui sag is. Maak die sop met die melk aan en kook totdat dit dik is. Geur met peper en orego. Skep die noedels, sampioenmengsel en sop in lae in die bakskottel en bak vir 30 minute.

PASTA-EN-TUNA SMULTERT

2 groot tamaties in skywe gesny 2 groot uie opgekap 2 blikkies tuna in water 500ml reeds gaargemaakte noedels 500-750ml reeds gemaakte dik witsous 500ml gerasperde cheddarkaas sout en peper na smaak Smoor of braai uie en tamatie en meng die tunavis by. Plaas die uie en tamatiemengsel in 'n groot oondvaste glasbak. Meng nou die pasta en witsous by. Meng alles goed en geur met sout en peper. Strooi nou die gerasperde kaas egalig bo-oor die mengsel. Bak vir omtrent 30 minute in oond van 180C. Om meer volume te kry, kan u twee tot vier geklitste eiers by mengsel inroer voordat u die kaas oorstrooi. Bedien met 'n vars slaai en brood.

VIC SE SLAAI

1 pak skroefnoedels 1 bottel Franse of Griekse slaaisous 75ml pynappelsap 1 klein botteltjie agurkies 1 ui fyn gesny 250ml suiker 50ml wit asyn 125ml rosyne 420g blik pynappelstukke,bietjie kleiner gesny 125ml olie 1 groen soetrissie neute paprika Kook noedels nie te pap nie en laat afkoel. Voeg net bietjie olie by om te verhoed dat dit aanmekaar vasklou. Meng res van bestanddele en voeg by noedels. Roer liggies deurmekaar. Strooi 30ml paparika bo-oor en meng weer liggies, nie te veel roer nie. Maak minstens 3 dae voor die tyd, want hoe langer dit staan, hoe lekkerder. Njammies!

If you have nothing else to do, look about you and see if there isn't something close at

hand that you can improve! It may make you wealthy, thought it is more likely that it

will make you happy.

Page 35: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

35

PASTA MET ROOMSPINASIESOUS

500ml rou noedels 250ml room sout en peper 300g spinasie 250g bros gebraaide spek 250ml gerasperde kaas Voorverhit die oond tot 180C. Kook noedels volgens aanwysings. Stoom die spinasie. Meng die res van die bestanddele met die spinasie. Smeer of spuit 'n oondvaste bak. Pak lae, in bak, eers noedels, dan spinasie. Strooi gerasperde kaas oor en bak vir sowat 30 minute tot goudbruin en borrelend. Lewer 4 porsies.

LINGUINE LINGUINE MET TAMATIES, HOENDER EN KAPPERTJIESAAD

170g linguine pasta 4 hoenderdye, ontvel en ontbeen 45ml vars gekapte basiliekruid 2 blikkies tamaties met basiliekruid 15ml kappertjiesaad Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie en dreineer dit.Terwyl die pasta kook, besprinkel die hoender met die basiliekruid en braai dit 2-3 minute aan elke kant totdat dit bruin is. Voeg die tamaties by, laat dit kook, bedek dit en stel die hitte af sodat die gereg prut. Laat dit prut vir ongeveer 15minute, draai die hoender so af en toe om. Haal die deksel af en kook dit onbedek vir 2-3 minute lank. Roer dit aanhoudend. Voeg die kappertjiesaad by en bedien dit met die pasta. Lewer 4 porsies.

BOTTERSKORSIE PASTA MET RYK KAASSOUS

500g linguine pasta 25ml sonneblomolie 1 ui, in skyfies gesny 300g varkvleisrepies 300g botterskorsievleis, in vingers gesny 250g kersie tamaties, gehalveer 250g sampioene in dik skyfies gesny KAASSOUS: 50ml botter 50ml koekmeelblom 500ml melk 500ml Colchesterkaas 50ml brandewyn (opsioneel) sout en peper na smaak Kook pasta soos aangedui. Dreineer. Soteer ui vir 5 minute. Roer vark en botterskorsie by. Braai vir 5 minute. Voeg res van die bestanddele by. Roerbraai vir 5 minute en geur na smaak. KAASSOUS: Smelt botter. Roer meel vir 1 minuut by. Roer melk bietjies-bietjies by tot gladde sous. Haal vandie hitte af en roer kaas en brandewyn by. Geur na smaak. Roer kaassous deur pasta en skep oor gebraaide bestanddele in dienborde.

LINGUINI MET MOSSELS

60ml botter 60ml olyfolie 2 knoffelhuisies, fyngedruk 30ml vars pietersielie, fyngekap 2 blikkies (170g) gerookte mossels, gedreineer 250g linguini blok vars parmesaankaas Verhit botter en olie en soteer knoffel tot geurig. Voeg pietersielie en mossels by en soteer ongeveer 2 minute lank liggies. Moenie roer nie, skud net die pan. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Kook intussen linguini in vinnig kokende soutwater tot net gaar en dreineer. Verdeel tussen opdienborde. Skep mossels oor linguini, giet oliemengsel oor en meng liggies deur. Garneer met skaafsels parmesaankaas en sit voor met korserige brood.

If you are patient in one moment of anger, you will avoid one hundred days of sorrow

Page 36: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

36

PASTA MET HOENDER EN FETA

500ml linguine pasta 250ml rooi uie, vertikaal gesny 2 hoender borsies, ontbeen, in repies gesny 75ml gekerfte olywe 2,5 ml vars gemaalde swartpeper sout na smaak 100g fetakaas Kook die pasta volgens die aanwysings, spoel dit af en dreineer dit. Braai die hoender in n pan oor medium hitte asook die uie. Doen dit vir ongeveer 3-4 minute lank. Plaas die pasta in n groot mengbak en voeg die hoendermengsel, olywe, sout, peper en feta kaas by. Meng dit en geniet dit. Lewer 4 porsies.

THAISE PASTASLAAI

Die kombinasie van sojasous, rissie, suiker, klappermelk, grondboontjiebotter (en soms 'n lepel vissous) om 'n romerige sous te maak, word in vele Thaise disse gebruik. Voeg 'n lepel kerriepasta hierby en jy het die ideale Thaise kerriesous. In dié resep word dit egter saam met vars bestanddele, soos wortels en boontjiespruite, gebruik in 'n heerlike somerse pastaslaai.

ongeveer 400g linguini 60ml sesamolie 1 ui, fyn gesny 3 knoffelhuisies, fyn gedruk 15ml gerasperde, vars gemmer 45ml heuning 45ml sojasous 45ml grondboontjiebotter 60ml rysasyn 30ml soet rissiesous groot handvol boontjiespruite 500ml grof gerasperde wortels handvol vars koljanderblare

Kook die pasta in vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Dreineer en sprinkel 'n bietjie sesamolie oor. Terwyl die pasta kook, meng die ui, knoffel en enige orige sesamolie, die gemmer, heuning, sojasous, grondbootjiebotter, rysasyn en soet rissiesous. Gooi die sous oor die warm pasta en meng deur. Skep die pasta op borde en rond af met boontjiespruite, wortels en vars koljander. Druk 'n bietjie vars suurlemoen- or lemmetjiesap oor en geniet. Lewer 4 porsies.

THAISE BESTANDDELE Baie Thaise bestanddele is basiese produkte wat ons almal in die huis het. Dink aan vars gemmer, knoffel, brandrissie, vars koljander, basielkruid, suurlemoene en lemmetjies, klapper en neute. Maar daar is wel 'n paar eg Thaise souse, olie en geblikte produkte wat jy deesdae by enige winkel kan kry. 'n Paar sulke produkte (op foto links) word algemeen in Thaise resepte gebruik.

SOJASOUS 'n Donker, sout sous wat gemaak word van gefermenteerde sojabone en geroosterde graan. Daar is ligte en donker sojasouse op die rak en dit word eks-tensief in Thaise kookkuns as geurmiddel gebruik.

KLAPPERMELK EN KLAPPERROOM Baie gewild in veral Thaise kerriedisse. Klappermelk word gemaak deur gelyke hoeveelhede water en klapper saam te prut tot skuimerig. Laat staan vir 5 minute en gooi deur kaasdoek om van die klapper onslae te raak. Klapperroom word op dieselfde manier gemaak, maar daarvoor gebruik jy een deel water vir elke vier dele klapper. Albei kan in blikkies by supermarkte gekoop word.

VISSOUS Vissous het 'n verskriklike sterk reuk en is baie sout. Dit wissel in kleur van ligte oker tot diep bruin en word as geurmiddel gebruik. Hou dit dig toe, want as dit in jou kas sou uitloop, gaan jy sukkel om van daai reuk ontslae te raak.

RISSIESOUS 'n Geurige, klewerige sous van rissies, asyn, suiker en speserye. Lekker om kos in te doop of in souse te gebruik.

SESAMOLIE Die olie word uit sesamsaad gepers en het 'n heerlike diep, neuterige geur. Sesamolie het 'n baie hoë rookpunt (ongeveer 200C) en kan baie warm gemaak word voordat die olie begin "afbreek", wat beteken dat dit ideaal is om kos in te braai.

Page 37: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

37

ALLERLEI ANDER PASTA 123 MOSSEL PASTA

1 pak pasta van jou keuse 250g spekvleis 2 blikkies gerookte mossels 1 blikkie tamatie en uie smoor knoffel gerasperde kaas witsous of kaassous (sommer die kits pakkies) Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie en braai intussen die spek tot lekker bros. Voeg knoffel by en braai 1 minuut. Gooi tamatie en uie smoor by. Dreineer olie van gerookte mossels en voeg mossels dan ook by. Laat prut tot warm - sowat 1 minuut. Geur met sout (indien nodig aangesien dit reeds souterig sal wees) en peper. Dreineer gaar pasta en vorm lae met pasta en mengsel in 'n oondvaste bak. Gooi die witsous/kaassous oor die gereg en sprinkel gerasperde kaas bo oor. Bak in oond tot kaas gesmelt is. Sit voor met mengelslaai en lekker vars brood.

LUI HUISVROU SE PASTA

1 groot ui, fyngekap 250g sampioene maalvleis – na gelang van hoeveel jy nodig het blatjang knoffelvlokkies (Vars knoffel smaak net beter!) tamatiesous 250ml room gerasperde kaas 500g pasta volgens jou keuse Kook pasta volgens aanwysings en hou warm. Braai ui en sampioene (onthou om die vars knoffel of vlokkies by te gooi) Voeg maalvleis by en roerbraai tot byna gaar. Voeg sout en varsgemaalde peper na smaak by. Geur verder met blatjang en tamatiesous. Voeg room by en laat prut tot gaar. Bedien in klein bakkies met pasta onder-in. Skep vleis bo-op en strooi gerasperde kaas bo-oor. Druk in mikrogolf om kaas te smelt. Pasop – dit is dêm warm!

As jy jou bekommernisse by God afgelaai het,

Maak baie seker dat jy hulle nie

dalk weer môre gaan oplaai en self verder sukkel nie.

PASTA MET TUNA EN SPINASIE SOUS

500g pasta van jou keuse 1 ui 5ml gedroogde basiliekruid 10ml knoffel 250g vars spinasie 410g blikkie tamaties 30ml roomsjerrie 20ml bruinsuiker sout en swartpeper 2x185g tuna gerasperde kaas Kook pasta, soteer die ui, basilie en knoffel. Voeg die spinasie by en braai vir 3 minute. Voeg die tamtaties, sjerrie, suiker en geurmiddels by, roer goed deur en prut vir 10 minute. Gooi die tuna by en bedien met die pasta. Sprinkel die kaas bo-op. Lewer 4-6 porsies.

When we honestly ask ourselves which person in our lives mean the most to us, we

often find that it is those who, instead of giving advice, solutions, or cures, have

chosen rather to share our pain and touch our wounds with a warm and tender hand.

The friend who can be silent with us in a moment of despair or confusion, who can stay

with us in an hour of grief and bereavement, who can tolerate not knowing, not curing,

not healing and face with us the reality of our powerlessness, that is a friend who

cares. ~Henri Nouwen

Page 38: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

38

PASTA MET TWEE-KLEUR-SOUS

2 uie 3 selderystingels 500g gaar pasta,volgens jou keuse GROEN SOUS 500g brocolli / spinasie, ekstra fyn 1 knoffelhuisie 100ml room 7ml hoendergeursel ROOI SOUS 200ml tamatiepuree 1 knoffelhuisie 100ml room 3ml sout 3ml suiker Soteer die uie en seldery, voeg by die gaar pasta en geur met swartpeper. Roer die souse apart oor matige hitte tot dik. Bedien die pasta met selderyblare en die sous.

TUNA-EN-TAMATIE-PASTA

300g pasta van jou keuse 1 bossie grasuie 6 tamaties 185g blikkie tuna 20ml suurlemoensap 200g fetakaas 50ml basilie / pietersielie vir garnering olyfolie Kook die pasta, sprinkel olyfolie oor. Kap die tamaties en grasuie. Krummel fetakaas. Voeg al die bestanddele saam, roer versigtig deur en geur goed. Garneer en sit onmiddelik voor. Lewer 4 porsies.

TUNA-EN-ERTJIE PASTA

1 ui 4 spekvleisrepe 1 knoffelhuisie 185g blikkie tuna 410g blik tamaties 230g blikkie ertjies 50ml room gerasperde kaas 250g gaar pasta van jou keuse Soteer die ui, spek en knoffel en voeg die res van die bestanddele by. Roer goed deur. Skep op die pasta en sprinkel die gerasperde kaas oor. Lewer 4-6 porsies.

LEKKER -PASTA

500g pasta van jou keuse 1 ui 250g spek 275g weense worsies 410g blik tamaties 60ml water 125ml room 2,5ml kerriepoeier 2,5ml braaivleisspeserye 250ml kaas om bo-oor te strooi Voorverhit die oond tot 180C. Kook die pasta al dente en meng met ‘n gooi skoot olie. Braai die ui en spek, sny die worsies in skyfies en voeg by. Gooi die res van die bestanddele by, geur goed en roer tot meeste van die water verdamp het. Voeg die pasta by, skep in bak, strooi die kaas oor. Bak 10-15 minute. Lewer 4-6 porsies.

DUBBEL-SAMPIOEN PASTA

250g knopiesampioene 250g bruin sampioene ½ ui3 knoffelhuisies 5ml droë origanum 60ml sjerrie 125–200ml hoenderekstrak 125ml room 300g pasta van jou keuse Soteer die ui, dan die knoffel, dan die sampioene en origanum. Kook vir ‘n rukkie en gooi die ekstrak en sjerrie by. Prut tot die vloeistof die helfte minder is. Gooi die room by, en geur. Kook die pasta tot gaar, dreineer en gooi die sous bo-oor. Lewer 4-6 porsies.

Page 39: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

39

HERFSPASTA

500g pasta van jou keuse 250g repiespek, gesnipper 500g botterskorsieblokkies 300g baba-spinasie 'n Handvol dennepitte, liggies gerooster sout en swartpeper na smaak 100g bloukaas, grof gekrummel

Kook die pasta in 'n groot pot soutwater met 'n skeut olie by tot net-net sag. Braai intussen die spekstukkies in 'n groot pan (of wok) bros. Terwyl die spek braai, stoom die botterskorsieblokkies vir ongeveer 3 minute in die mikrogolf. Haal uit die voeg by die spek in die pan. Braai tot goudbruin en gaar. Voeg die dennepitte by en verwyder van die hitte. Dreineer die pasta en voeg die kokende pasta saam met die spinasieblare by die botterskorsie-en-spekmengsel. Meng versigtig deur sodat die hitte en stoom die spinasie laat verlep. Voeg laaste die bloukaas by en geur met sout en peper. Sit dadelik voor. Genoeg vir ses mense.

PASTA EN WORS SOET-SUUR ROERBRAAI

175g pasta van jou keuse 225g wors 1 ui 1 rooipeper 1 groenpeper 175g sampioene SOUS 450ml groente ekstrak 2.5ml mosterd 7.5ml wynasyn 12.5ml suiker knoffel

Kook die pasta, braai die wors vir 12 minute in die oond op medium, en draai gereeld om. Soteer die ui, pepers en sampioene, sny die wors in stukke en gooi by. Meng al die bestanddele van die sous, verhit en laat prut vir 10 minute. Gooi die sous oor die worsmengsel en kook 2 minute, gooi die pasta by en bedien. Lewer 4 porsies.

PASTA MET MOSSELS

500g Tagliolini (of pasta van jou keuse) SOUS 1 groot ui, fyngekap 2 knoffelhuisies, fyngedruk 30ml botter 15ml olyfolie 250ml droë witwyn 2 lourieblare 4 groot, ryp tamaties, geskil, ontpit en gekap 250ml tamatiepuree 30ml tamatiepasta (paste) varsgemaalde swartpeper ½x50g blikkie ansjosvis, fyngedruk 15ml kappertjiesaad, grofgekap 15ml bruinsuiker 500g pak bevrore mossels, ontdooi 125ml room gekapte pietersielie

Braai die uie en knoffel in botter en olie tot sag. Voeg die wyn en lourieblare by en kook oor matige hitte totdat die helfte van die wyn weggekook is. Verminder die hitte, voeg die tamaties, puree, tamatiepasta en peper by en prut 20-25 minute lank. Roer die ansjovis, kappertjiesaad en bruinsuiker by. Voeg die ontdooide mossels by en verhit. Roer die room net voor bediening by. Kook intussen die pasta tot al dente. Dreineer en keer uit in 'n warm opdienskottel. Voeg die mosselsous by, roer liggies deur en strooi pietersielie oor net voordat dit voorgesit word.

A SHORT COURSE IN HUMAN RELATIONS

The 6 most important words: I admit I was wrong.

The 5 most important words: You did a great job.

The 4 most important words: What do you think?

The 3 most important words: Could you please.

The 2 most important words: Thank you!

The most important word: We.

The least important word: I."

Page 40: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

40

GEBAKTE RIGATONI MET AURORA-SOUS

500g rigatoni of ander kort pasta 100g botter 90g meelblom 750ml melk 250ml tamatiepuree sout en swartpeper 10ml droë basiliekruid 120ml geroosterde broodkrummels 375ml vars gerasperde Parmesaan of Cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180C. Maak 'n witsous met 80g (omtrent 6 eetlepels), die meel en die melk. Roer die tamatiepuree by. Proe en geur met sout, peper en basiliekruid. Kook die pasta die helfte so lank as op die pakkie aangedui. Dreineer en meng goed met die sous en helfte van die kaas. Skep in 'n gesmeerde vuurvaste bak en bedek met 'n mengsel van die gerasperde kaas en broodkrummels. Plaas stukkies van die oorblywende botter hier en daar. Bak 20 minute tot gaar. Lewer 4-6 porsies.

SKROEFIE PASTA MET ASPERSIES EN GORGONZOLA-ROOMSOUS

sowat 600 g vars, groen aspersies in 2 cm-stukke 10ml suurlemoensap 500ml gekrummelde gorgonzola (of Blaauwkrantz) 250ml room 500ml fussillipasta (skroefies) botter sout en peper na smaak Kook die aspersies vinnig vir 3 minute en spoel dadelik af onder lopende, koue water om kleur te behou. Meng die kaas en room in 'n pot en plaas oor lae hitte. Roer heeltyd (sowat 4 minute) totdat die mengsel gesmelt en amper glad is. Kook die pasta volgens voorskrif, dreineer en meng 'n vinger botter daardeur. Roer die kaassous deur die pasta en meng die aspersies dan deur. Bedruip met die suurlemoensap en geur met sout en swartpeper. Sit voor bo-op 'n lekker groen slaai met skaafsels parmesaan of pecorino.

PASTA EN GEROOSTERDE GROENTE

1 groot rooi soetrissie, ontpit, in repies gesny 1 knoffelhuisie 4 murgpampoentjies, gewas,in skyfies gesny 2 groot ryp tamaties in kwarte gesny 4 klein preie, skoongesny en in skyfies 50ml ekstrasuiwer olyfolie 100g knopiesampioene, in skyfies gesny 400g strikdaspasta gerasperde of dun skyfies parmesaankaas sout en grofgemaalde swartpeper 5ml gemengde vars kruie 8 vars basiliekruidblare vir garnering 2 rooi uie, geskil en in wiggies gesny (sit jou donkerbril op terwyl jy dit doen, anders lê jou maskara netnou in die plooie van jou nek) Voorverhit jou oond tot 200C. Plaas al die groente in 'n oondvaste bakpan, sprinkel die kruie, behalwe die basilie, sout en peper oor en dan die olyfolie. Rooster vir 30 minute. Kook intussen die pasta tot net-net gaar (al dente noem die Italianers dit) Dreineer die pasta en skep in 'n groot opdienskottel. Bedek die geroosterde groente, garneer met basiliekruidblare en sit voor met dun skyfies of vars gerasperde parmesaankaas. Lewer 6 porsies.

PASTA MET SKAAPNIERTJIESOUS

SKAAPNIERTJIESOUS 4 niertjies 50ml koekmeelblom 15ml botter 15ml kookolie 1 groot ui, gekap 10ml vars basiliekruid 3ml vars gekapte salie 2ml sout vars gemaalde peper 30ml brandewyn 125ml room 250g pasta van jou keuse Verwyder buitenste vlies en buisgedeelte van niertjies. Sny die niertjies in blokkies en rol dit in meel. Braai die niertjies bruin in verhitte botter en olie. Wees versigtig om die niertjies nie oorgaar te maak nie niertjies behoort ligpienk te wees. Voeg die ui en die res van die bestanddele by. Roer. Gooi sous bo-oor gaar pasta en sit voor. Lewer 4 porsies.

Page 41: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

41

SEEKOSPASTA-KASSEROL

2 knoffelhuisies, gekneus 1 ui, gekap 1 selderystingel, gekap 1 rooi of groen soetrissie, gekap 50g botter 45ml tamatiepuree 50ml wit wyn 30ml suiker 10ml gedroogde origanum sout en peper na smaak 212g pienk salm (1 blik) 200g ontskulpte vars mossels, gekook; 125g Cheddarkaas, gerasper 125g Mozarellakaas, gerasper 500ml warm dun kaassous Parmesaan-kaas (opsioneel) 400g skulppasta, gekook Meng Cheddar en Mozarella kase. Soteer knoffel, ui, seldery en soetrissie in gesmelte botter tot deurskynend. Voeg tamatiepuree, wyn, suiker, origanum en geurmiddels by. Vlok salm en voeg met vloeistof by. Voeg mossels by. Skep 'n laag pasta, sous en Cheddar-Mozarella mengsel en herhaal lae behou bietjie kaas. Giet die kaassous oor en strooi res van kaas oor. Besprinkel met Parmesaankaas en bak vir 40 minute in oond by 180C. Lewer 4-6 porsies.

ANSJOVIS, TUNA EN SOETRISSIE PASTA

2 rooi soetrissie, in stukkies gekap olyfolie 1 blikkie gekapte tamaties 4 ansjovis, gekap 1 blikkie tuna sout en varsgemaalde swartpeper pastaskulpe, gaargemaak volgens aanwysings handvol basiliekruid, in repe geskeur Braai die soetrissies in olyfolie tot sag. Voeg die tamaties, ansjovis en tuna by en bring tot kookpunt. Geur met die sout, peper en basiliekruid en meng met die pasta.

PASTA MET ROMERIGE KERSIETAMATIE-EN-RISSIESOUS

500g pasta van jou keuse 2 knoffelhuisies, fyn gedruk 80ml olyfolie 2 rooi brandrissies, fyn gekap 500g ryp kersietamaties of rosa-tamaties 60ml knoffel-geur roomkaas Handvol basielblare 250ml gerasperde parmesaankaas Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak Kook die pasta in 'n groot pot soutwater met 'n paar druppels olie tot sag, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, braai die knoffel en rissie in die olyfolie tot geurig. Voeg die tamaties by en braai tot die velletjies begin bars. Haal van die hitte af en roer die roomkaas deur tot gesmelt. Neem nog 60 ml water uit die pastapot en voeg by die sous. Dreineer die pasta goed, voeg by die sous en sit laaste die basielblare, sout en peper by. Sprinkel parmesan oor, roer deur en sit voor. Genoeg vir ses mense. VARIASIE: Vir 'n meer vullende pasta, sit ‘n paar stukkies gebraaide varkworsies by.

PASTASLAAI MET KALKOEN EN KIWIVRUG

125ml druiwe-asyn 40ml olyfolie 25ml Dijon-mosterd 10ml basiliekruid 1 groot knoffelhuisie, gekap 250g spiraalpasta 500ml broccoli-blommetjies 500ml botterskorsie, gerasper 3 kiwivrugte 500g gaar kalkoen, in repies gesny 250ml rooi soetrissie, in repe gesny 125ml groen uie, in repe gesny 60ml gerasperde parmesaan-kaas Meng die asyn, olie, mosterd , basiliekruid en knoffel, goed. Kook die pasta soos aangedui op die verpakking. Voeg die broccoli en die pampoen by die pasta, vir die laaste 30 sekondes waarin die pasta gekook word. Giet die water af. Gooi die sous oor die pasta, laat afkoel. Skil en sny die kiwivrug. Voeg dit, die kalkoen, soetrissie en ui by die pasta. Strooi die kaas bo-oor, en bedien.

Page 42: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

42

KRAP-EN-PAPAJA-PASTASLAAI

80g gedroogde rysvermicelli 250g groen papaja 300g vars gekookte krapvleis 30ml seldery, in dun repies gesny 5ml vars kruisement 50ml vars basilie 30g geroosterde grondboontjies, fyngedruk 50ml salotte, bruin gebraai SLAAISOUS 25ml grondboontjie-olie 150ml lemmetjiesap 12.5ml vissous 25ml suiker 2 klein, vars brandrissies, gekap Plaas die vermicelli in 'n hittebestande bak, bedek met kookwater en week 6-7 minute of tot sag. Dreineer goed, spoel in koue water af en dreineer weer. Skil intussen die groen papaja, sny in die lengte en skep die sade met 'n lepel uit. Sny die vrug in julienne-repies en plaas in 'n nie-metaalbak. Voeg die krapvleis en seldery by. Om die slaaisous te maak, klits die grondboontjie-olie, lemmetjiesap, vissous, suiker en gekapte rissies in 'n klein bakkie. Giet die sous oor die krap-en-papaja-mengsel en meng goed. Voeg die pasta, kruisement en basilie by en meng sodat die sous al die bestanddele goed bedek. Bedek met kleefplastiek en laat 15 minute afkoel in die yskas sodat die geure kan ontwikkel. Sprinkel die slaai met die diepgebraaide salotvlokkies en fyngedrukte grondboontjies net voor opdiening. Lewer 4 porsies.

GARNAAL-EN-MANGO-PASTASLAAI

SOUS 12.5ml vissous 25ml lemmetjiesap 25ml sagte bruinsuiker 12.5ml soetrissiesous 10ml ligte sojasous 1 vars rooi rissie, fyngekap 150g vermicelli 10ml grondboontjieolie 1 groot, ryp mango 125ml rooi ui, dun gesny 50ml vars kruisement, gekap 50g vars roketblare 25ml geroosterde grondboontjies, gekap 700g gekookte mediumgroot garnale, geskil, skoongemaak en goed verkoel Om die slaaisous te maak, meng die vissous, lemmetjiesap, bruinsuiker, soetrissiesous, sojasous en rissie in 'n klein bakkie en roer tot die suiker opgelos het. Plaas die pasta in 'n groot, hitte bestande bak, bedek met kookwater en week 3-4 minute of tot sag. Dreineer en spoel af met koue water. Sny met 'n skêr in repies van 10cm elk. Plaas oor in 'n groter bak, voeg die grondboontjieolie by en meng. Skil die mango en sny in dun repies, ongeveer 3 mm breed. Voeg die pasta en die garnale, ui, koljanderblare en kruisement by. Giet die slaaisous oor. Vir opdiening, rangskik die roket in 'n groot opdienbak, skep die slaai bo-oor en garneer met gekapte grondboontjies. Sit koud voor.

WORSIE-PASTASLAAI

250g rou farfalle (pastastrikkies) 250ml bevrore ertjies 30ml gekoopte Franse slaaisous 1 stingelui, in ringetjies gesny 1 geelwortel, skoon geskraap en in ringetjies gesny 4 Weense worsies, in ringetjies gesny ¼ komkommer, in lengte gehalveer en in skywe gesny ½ rooi soetrissie, in blokkies gesny SLAAISOUS 15ml mayonnaise 30ml natuurlike jogurt 30ml melk sout en varsgemaalde swartpeper Kook die pasta in genoeg vinnig kokende soutwater, waarby olie gevoeg is, tot gaar en voeg die ertjies die laaste 3 minute by. Dreineer. Giet die Franse slaaisous oor die warm pastamengsel en laat eenkant staan om af te koel. Roer die groente en worsies by die afgekoelde pasta. Klits die bestanddele vir die slaaisous saam en voeg by die pasta. Meng deur en geur, indien nodig. Sit koud voor. Lewer 4-6 porsies.

I value the friend who for me finds time on his calendar, but I cherish the friend who

for me does not consult his calendar. ~Robert Brault

Page 43: n Samestelling deur Anna Eksteen anna@minimax.cc …xa.yimg.com/kq/groups/20926987/1519484452/name/Mamma+Mia-Lek… · Lekker pasta 38 Lemoen en pasta ... Macaroni tert 6 ... Pasta

43

KERRIEPASTASLAAI

500g pasta, enige soort volgens jou keuse 175ml pitlose rosyne of sultanas 410g perskeskywe, gekap, gedreineer 410g pynappelstukke, gekap, gedreineer 1 ui, gekap 1 groen soetrissie, ontpit, gekap 1 rooi soetrissie, ontpit, gekap SLAAISOUS: 250ml mayonnaise 80ml blatjang 12.5ml kerriepoeier of sterker na smaak Kook die pasta soos aangedui en dreineer in 'n vergiettes of deur 'n groot sif. Laat die pasta koud word onder koue lopende water. Dreineer goed. Skep in 'n groot mengbak. Berei die vrugte en groente, terwyl die pasta kook. Voeg by die gaar pasta en meng die rosyne of sultanas goed in. Meng die bestanddele vir die slaaisous en gooi oor die slaai. Roer goed deur en plaas in die yskas tot benodig.

MARINDA SE PASTA

500g pasta van jou keuse 250g spek 2 blikkies gerookte mossels 410g tamatie en uie smoor knoffel gerasperde kaas witsous of kaassous (sommer die kitspakkies of nog beter maak jou eie) Kook die pasta volgens die aanwysings. Braai intussen die spek tot lekker bros, voeg knoffel by en braai 1 minuut. Gooi tamatie en uie smoor by. Dreineer olie van gerookte mossels en voeg mossels ook by. Laat prut tot warm, sowat 1 minuut. Geur met sout (indien nodig aangesien dit reeds souterig sal wees) en peper. Dreineer gaar pasta en vorm lae met pasta en mengsel in 'n oondvaste bak Gooi die witsous/kaassous oor die gereg en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak in oond tot kaas gesmelt is Sit voor met mengelslaai en lekker vars brood. Lewer 4 porsies.

HOENDERPASTA

15ml olyfolie 1 bossie grasuie, gekap 250g hoenderborsies, vel verwyder, ontbeen, in blokkies gesny 1 knoffelhuisie, gekneus 15ml korrelmosterd 250ml dik room 50 ml melk sout en pas gemaalde swartpeper 15ml pietersielie, gekap 250g pasta (``strikkies'') Verhit die olie en soteer die grasuie daarin tot sag en glansend. Voeg die hoenderblokkies by en braai totdat die vleis begin verbruin. Voeg die res van die bestanddele, die pasta uitgesonder, by en verhit tot kookpunt. Laat stadig prut totdat die sous begin verdik en effens afgekook het. Kook die pasta gaar volgens aanwysings en skep die sous bo-oor die pasta. Dien op. Lewer 4 porsies.