’n huis sonder ’n troeteldier is...

79

Click here to load reader

Upload: dangnhi

Post on 22-Feb-2018

631 views

Category:

Documents


295 download

TRANSCRIPT

Page 1: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Memorandum: Leerderboek Kwartaal 1 Week 1 en 2

’n Huis sonder ’n troeteldier is ... oninteressant!

Aktiwiteit 1 Groepbespreking Wie mag watter troeteldier waar aanhou? Aktiwiteit 2 Luisterbegrip

Luisterteks

Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog?

Foefies, vir Woefies

(maar dit kos jou ’n fortuin)

Ila Rouget So ’n gedagte kan net in Amerika ontstaan – sonbrille vir honde.

En natuurlik was dit op ’n helder sonskyndag dat Gwen Zeller met die blink idee gekom het.

Sy het soos gewoonlik met haar twee Afgaanse honde op Los Angeles se Venice beach gaan stap, en daar val dit haar toe vir die eerste keer op dat haar langhaar-vriende hul oë op skrefies trek en kop onderstebo loop om die skerp sonlig af te skerm.

Hulle moet elk ’n sonbril kry, het sy net daar besluit.

Haar vriende was so beïndruk dat hulle dadelik ook ’n paar Ray Barks vir hul honde bestel het. Kort voor lank het Gwen haar werk as eiendomsagent gelos en ’n honde-boetiek begin.

En by sonbrille het dit nie gebly nie. Deesdae kan jy ook ’n verskeidenheid van hoede en pette aanskaf, asook ’n reeks ontwerpersklere. As jou Fifi dus op trou staan, maak ’n draai by Posh Pups.

“Die honde is veral dol oor die sonbrille,” vertel Gwen opgewonde. “Ek was eers bang hulle sal dit afstamp of kou. Maar dis duidelik die brille pla hulle glad nie. My honde wil nie meer buitentoe gaan sonder hul brille nie!”

Intussen tel Gwen die geld, want hondeliefhebbers moet tussen R25 en R150 vir elke bril opdok, en daar word ongeveer 150 per dag verkoop. Selfs veeartse en die Amerikaanse DBV sê dis ’n goeie ding!

Soos hulle sê: slegs in Amerika...

Vrae en voorgestelde antwoorde

Pre-luister

1. Hoe word die titel van die luisterstuk uitgehef? Motiveer jou antwoord met ’n verduideliking. (2)

Die titel word uitgehef deur van rym gebruik te maak.

Die woorde Foefies en Woefies rym met mekaar. (2)

Page 2: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Post-luister

2. Waarom het die gedagte van sonbrille vir honde juis in Amerika sy ontstaan gehad? (1)

Die gedagte aan sonbrille het in Amerika ontstaan omdat Amerikaners bekend is daarvoor dat hulle nuwe en vreemde idees uitdink. (1)

3. Watter woordspeling tref ons aan in die benaming van die sonbrille vir honde? (1)

Die honde se brille se handelsmerk is Ray Barks. Die handelsnaam vir sonbrille is Ray Bans. Dit is verander na Barks om aansluiting te vind daarby dat dit brille vir honde is. (1)

4. Watter probleme het Gwen aanvanklik voorsien vir die dra van sonbrille deur honde? (1)

Gwen was bang dat die honde die brille sou afstamp en kou. (1)

5. Waarom verwys Gwen in paragraaf 3 na haar honde as haar langhaarvriende? (1)

Gwen se honde is Afgaanse honde. Hierdie honderas het baie lang hare. (1)

6. In hierdie luisterstuk word die honde verpersoonlik. Verduidelik in jou eie woorde waarom hierdie afleiding gemaak kan word. (1)

Ons kan die stelling maak dat honde soos mense behandel word, want hulle dra ontwerpersklere, sonbrille en kan selfs trou. (1)

7. Is dit slegs ’n foefie dat honde sonbrille moet dra, of kan daar enige geloofwaardigheid aan die sonbrille gekoppel word? (1)

Dit is geloofwaardig omdat veeartse en die DBV sê dat dit ’n goeie ding is. (1)

8. Luister aandagtig na die sin wat die onderwyser aan jou gaan voorlees. Is hierdie sin ’n feit of ’n bewering? (2)

Lees die volgende sin aan die leerders voor:

“Hondeliefhebbers moet tussen R25 en R150 vir elke bril opdok en daar word ongeveer 150 per dag verkoop.”

Die eerste deel van die sin is ’n feit, want dit is kontroleerbaar. Die tweede deel van die sin is ’n bewering omdat hulle sê ongeveer 150. (2)

[10]

Aktiwiteit 3 Literêre tekste: Kortverhaal

Aktiwiteit 4 Tekstipes en skryfstyle Aktiwiteit 5 Lees met begrip

Vrae en voorgestelde antwoorde Leesstuk 1

Pre-lees

1. Bestudeer die titel en die newetitel van die leesstuk. Hoe sluit die twee titels bymekaar aan?

Die titel verwys na die kat as ’n knewel, wat daarop dui dat die kat baie groot is. Die newetitel verskaf meer inligting aangaande die kat se grootte, naamlik dat hy mollig is en 72 cm om sy middel is.

Post-lees

2. Hoe sou jy die inhoud van hierdie leesstuk beskryf? Kies een van die volgende: verhalend en humoristies of informatief en humoristies.

Page 3: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

3. In die eerste paragraaf maak die skrywer van spesifieke skryftegnieke gebruik om dadelik die leser se aandag te trek. Noem drie tegnieke.

Die verbuiging en meervoud van die woorde wolle en rolle sodat dit kan rym. Die gebruik van die tussenwerpsel Agge nee. Die retoriese vraag.

4. Watter gevoel word deur die tussenwerpsel Agge nee in paragraaf 1 weergegee?

Die woorde Agge nee skep ’n speelse ligte gevoel.

5. Max is oorgewig. Hoe verskil die standpunt van die kat se eienaar hieroor teenoor die mening van die skrywer?

Die eienaar glo subjektief dat Max nie so vet is van eet nie, terwyl die skrywer meer objektief is en suggereer (deur die ellipse) dat die kat te veel eet.

6. Of so laat hy sy baas glo... Wat is die geïmpliseerde betekenis wat opgesluit lê in hierdie sin?

In hierdie sin word geïmpliseer dat die kat nie net die halwe blikkie katkos eet nie. Hy kan mos kos op ander plekke kry om te eet, soos byvoorbeeld muise vang, ens.

Leesstuk 2

1. Hoe word die feit dat die kat die rit oorleef het in paragraaf 1 uitgehef?

Die gesegde dat ’n kat nege lewens het word hiperbolies vergroot tot 10.

2. Noem drie gevare wat dit vir die kat onder die enjinkap sou inhou, as die motor byna 200 km teen ’n hoë spoed sou ry.

Die kat kon in die waaierband beland het. Sy kon in die ry afgeval het. Die warm enjin kon haar gebrand het.

3. Haal ’n woord uit paragraaf 6 aan wat dieselfde beteken as deeglik, noukeurig nagaan.

Gefynkam.

4. Om watter rede is die vrou in ’n geskokte toestand vort Kimberley toe?

Sy is baie lief vir haar kat en beskou hom as ’n kind.

5. Watter funksie vervul die illustrasie by hierdie leesstuk?

Die illustrasie beeld visueel die inhoud van die leesstuk uit.

6. Hoe sluit die eerste paragraaf en die laaste paragraaf by mekaar aan?

In die eerste paragraaf vertel hulle van die kat met die nege lewens en in die slotparagraaf sluit dit daarby aan en verduidelik hoe die kat dit reggekry het om aan die lewe te bly.

7. Vergelyk leesstuk 1 en leesstuk 2 met mekaar. Watter verband is daar tussen die twee leesstukke? Noem 2.

Albei leesstukke handel oor ’n kat.

In albei leesstukke lees ons van eienaars wat buitengewoon lief is vir hul diere.

8. Vervang die emotiewe woord afpyl in paragraaf 5 met ’n meer neutrale woord.

Afgejaag.

Aktiwiteit 6 Woordgevoeligheid

Aktiwiteit 7 Kom ons maak sinne wat raak-sê

Page 4: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Aktiwiteit 8 Skryf ’n opstel [Formele assesseringstaak 2a]

Aktiwiteit 9 Hersien lettergrepe en klankgrepe

Aktiwiteit 10 Spelreëls Aktiwiteit 11 Geïntegreerde taaloefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Houtgerus (paragraaf 3) is die intensiewe vorm van gerus. Gee nou die intensiewe vorme van die volgende woorde:

1.1 lig – veerlig

1.2 breed – hemelsbreed

2. Wat beteken die uitdrukking kaatjie van die baan (paragraaf 3)?

Voorste aanvoerder.

3. Wat is die rede vir die gebruik van die koppelteken in die volgende woorde:

3.1 TV-stel (paragraaf 1)

Samestelling met ’n afkorting word met ’n koppelteken geskryf.

3.2 honde-eienaars (paragraaf 5)

Opeenhoping van klinkers.

3.3 suster-hulle (paragraaf 7)?

Samestelling met hulle as laaste deel.

4. Verdeel die woord wakker (paragraaf 1) in:

4.1 lettergrepe – wak/ker

4.2 klankgrepe – wa/(k)ker

5. Verdeel die woord kliphard (paragraaf 1) in woorddele.

Klip/hard

6. Die meervoud van die woord eiendom (paragraaf 2) is eiendomme. Skryf die reël neer waarom die konsonant verdubbel het in die meervoud.

Die konsonant verdubbel omdat dit na ’n kort, onbeklemtoonde “o” volg.

7. Die afkorting vir televisie is TV (paragraaf 3). Skryf erkende afkortings vir die volgende woorde neer:

7.1 Dokter – dr.

7.2 Professor – prof.

7.3 Advokaat – adv.

7.4 Direkteur – dir.

8. Skryf die volgende woorde oor en onderstreep die lettergreep wat die hoofklem dra:

8.1 ontydig (paragraaf 1) – ontydig

8.2 beskerm (paragraaf 2) – beskerm

8.3 eienaar (paragraaf 2) – eienaar

9. Die twee woorde sondaars (paragraaf 4) en sondebokke word dikwels foutief gebruik. Slaan die betekenis van die woorde in die woordeboek na en skryf dit neer.

Sondaar is iemand wat sonde doen, iemand wat skuldig is aan iets.

Page 5: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Sondebok is iemand wat onskuldig is, maar die skuld gegee word.

10. Baas sit vroegaand houtgerus in die huis en TV kyk (paragraaf 3). Skryf uit hierdie sin neer:

10.1 ’n bywoord van tyd – vroegaand

10.2 ’n bywoord van plek – in die huis

10.3 ’n bywoord van wyse – houtgerus

10.4 ’n bywoord van graad – baie

11. In paragraaf 1 word die woord geblaf letterlik bedoel. Gebruik nou die woord blaf figuurlik in ’n sin.

Die kwaai man blaf vir sy vrou en sê sy moet die huis skoonmaak.

12. Gee eers die sinoniem en dan die antoniem vir die woord rustig in paragraaf 3.

Kalm en onrustig.

13. Die eienaar gaan mos wakker word (paragraaf 2). Hierdie is ’n enkelvoudige sin. Brei hierdie sin uit deur van ’n bysin gebruik te maak.

Enige bysin. Wys die leerders daarop dat ’n neweskikkende sin (en, want, of) foutief is. Die eienaar wat geslaap het, gaan mos wakker word. (byvoeglike bysin)

Die eienaar gaan voor hy werk toe gaan mos wakker word. (bywoordelike bysin van tyd)

14. Voorsien die volgende sin van die nodige leestekens:

Gert vra Johan kan jy nie jou honde beheer nie Die aaklige honde blaf my wakker

Gert vra: “Johan, kan jy nie jou honde beheer nie? Die aaklige honde blaf my wakker!”

15. Sou jy sê dat die skrywers van hierdie brief neutraal teenoor die optrede van honde-eienaars is, of nie?

Hy is nie neutraal nie, want alle honde-eienaars tree nie so onkonsidererend op nie.

Aktiwiteit 12 Taalleer (vervolg)

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Skryf die manlike vorm van die volgende diere neer:

1.1 hond – reun

1.2 kameelperd (grappie 5) – kameelperdbul

1.3 jagluiperd (grappie 3) – jagluiperdmannetjie

2. Skryf die verkleinwoorde van die volgende woorde neer:

2.1 motors (grappie 1) – motortjies

2.2 vliegtuie (grappie 5) – vliegtuigies

2.3 blaf (grappie 4) – blaffie

3. Wat beteken die idioom Sy blaf is erger as sy byt (grappie 2)?

Hy sit sy dreigemente nie in dade om nie.

4. Waarom word die woord reën met ’n deelteken geskryf, maar die woord sambreel nie (grappie 6)?

In die woord reën dui die deelteken ’n nuwe lettergreep aan.

5. Elf is die woord vir die getal 11 (grappie 6). Skryf nou die getal 213 in woorde.

Page 6: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Tweehonderd en dertien

Page 7: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 3 en 4

Afrikaans ons ougat bakgat taal Aktiwiteit 13 Luister na ’n toespraak

Luisterteks

Daar wag ’n blink toekoms op Afrikaans

Baie dankie vir die geleentheid om vanaand met julle te kan gesels en deel te wees van hierdie beraad. Dit is vir my ’n groot voorreg om tyd saam met julle te kan deurbring.

Ek voel soms om saam met die bekende Afrikaanse sanger, Johannes Kerkorrel, te sê: “Halala, halala ewig is ons Afrika.” Ons woon almal saam in hierdie pragtige land van ons aan die suidelike punt van Afrika. Ek glo dat ons ’n blink toekoms voor ons kan hê as ons hande vat en saam daaraan bou. Ons moet deur ons taal en ons kultuur die reënboog van ons land inkleur, en ja, swart kan ook in die reënboog wees ...

Daar is egter menige Afrikaanssprekendes in ons land wat vrees vir die uitsterf van hulle pragtige taal. Ek wil julle die versekering gee dat solank as wat julle die taal praat en solank as wat julle dit vir julle kinders aan moedersknie leer, hierdie taal nooit sal uitsterf nie. Dit is immers die taal waarin julle dink en waarin julle bid. Dit is die taal waarin julle kommunikeer, waarin julle sing en waarin julle liefhet. Geen mens kan dit van julle af wegneem nie. Wees trots op Afrikaans en praat dit waar julle moontlik kan. Leer julle kinders om hierdie taal lief te kry en te waardeer en hulle sal dit nooit vergeet nie.

In ons land is daar vele begaafde skrywers wat in al die verskillende tale van ons land dig en skryf. Dit is baie belangrik dat hierdie mense hulle talente gebruik om te verseker dat elke mens in Suid-Afrika die geleentheid mag kry om sy gunstelingboeke te kan lees in sy moedertaal. Ek persoonlik lees baie graag en ek lees verskillende tale, maar tog bly dit die heel lekkerste om te kan lees in my moedertaal – die taal wat ek die heel beste verstaan en waarin ek dink.

Kom ons gebruik dan ons talente as skrywers om hierdie reënboognasie van ons uit te beeld in elke taal wat in ons land gepraat word. Die een taal is nie belangriker as die ander nie. Elkeen het beslis sy plek in die toekoms van Suid-Afrika. Kom ons gebruik elkeen van hulle op so ’n wyse dat ons mense van mekaar sal leer. Ek vertrou dat elkeen van ons aktief betrokke sal wees by die bou van brûe na ’n toekoms van vrede en vriendskap vir die kinders van Suid-Afrika.

Vrae vir bespreking

Begin hierdie toespraak met ’n treffende inleiding? Is die inhoud logies gerangskik? Is die sinne kort en kragtig? Is die toespraak interessant gemaak deur aanhalings en grappies en staaltjies te gebruik? Praat die spreker duidelik en hoorbaar? Is dit ’n treffende toespraak ?

Aktiwiteit 14 Lees ’n toespraak

Aktiwiteit 15 Skryf jou eie toespraak

Aktiwiteit 16 Lewer ’n toespraak [Formele assesseringstaak 1]

Page 8: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Aktiwiteit 17 Lees met begrip

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Stem jy, bykans 20 jaar later, saam met die skrywer dat Afrikaans nie tred hou met woordeskat-ontwikkeling ten opsigte van rekenaar terminologie nie? Motiveer jou antwoord deeglik.

Leerders se eie antwoorde, hulle moet dit net goed motiveer. Daar is tans verskeie tweetalige rekenaarwoordeboeke, maar daagliks is daar nuwe terminologie waarvoor daar nie Afrikaanse woorde bestaan nie.

2. Die titel is van toepassing.

2.1 Van watter wedloop is daar in die titel sprake?

Die wedloop verwys daarna dat Afrikaans moet voorbly om terminologie vir rekenaars te skep.

2.2 Waarom moet Afrikaans in pas bly?

’n Taal moet groei en kan meeding met ander tale anders sterf die taal.

2.3 Benoem die aksentteken in die titel en sê wat die funksie daarvan is.

Daar is akuutaksenttekens in die titel wat die dringendheid van die saak beklemtoon.

3. Wat word in die eerste paragraaf gesuggereer?

Woorde word eers gepraat en geskryf voor dit opgeneem word in ’n woordeboek.

4. Daar is twee paragrawe wat ’n sterk verband toon. Verduidelik.

Paragraaf 3 en 4 sluit direk bymekaar aan.

5. Wat beteken die woorde Nie-amptelik en amptelik (paragraaf 2)?

Amptelik en nie-amptelik verwys hier na formele en informele taalgebruik.

6. Slaan in die woordeboek die betekenis van die woord legitimiteit (paragraaf 5) na.

Legitimiteit beteken wettigheid.

7. Kan jy aan ’n oplossing dink hoe Afrikaans tred kan hou met rekenaarterminologie? Gesels in die klas met mekaar daaroor.

8. Skryf die erkende Afrikaanse rekenaarterme neer vir:

8.1 scanner – skandeerder

8.2 delete – uitwis

8.3 enter – insleutel

8.4 spreadsheet – sigblad

8.5 laptop – skootrekenaar

9. Word die woorde vooruit hardloop in paragraaf 1, letterlik of figuurlik gebruik?

Figuurlik, want hulle hardloop nie werklik nie. Aktiwiteit 18 Visuele geletterdheid

Vrae en voorgestelde antwoorde oor die twee prente

1. Wat word deur hierdie prent te kenne gegee?

Afrikaans word van die tafel afgevee. Dit beteken dat Afrikaans nie meer belangrik geag word nie.

Page 9: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

2. Wat word deur hierdie illustrasie te kenne gegee?

Dit beeld uit dat ’n mens ’n taal moet “omhels” en liefhê en omgee. Die man simboliseer die taal.

3. Skryf ’n voorbeeld van oorredende taal uit die advertensie neer.

Adverteer nou! Aktiwiteit 19 Strokiesprent

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Bestudeer raampie 1 noukeurig.

1.1 Waar bevind die man en vrou hulle?

Hulle bevind hulle in ’n vliegtuig.

1.2 Het die vrou die man reg verstaan? Wat het hy eintlik bedoel?

Sy het hom verkeerd verstaan. Sy dink sy moet stadig in Afrikaans praat. Hy bedoel sy moet stadig in Engels praat, want in die meeste lande verstaan hulle Engels.

2. Raampie 2 is van toepassing. Gee twee bewyse dat die vrou haar in Rusland bevind.

Die geboue is van Rusland en die Russe se kenmerkende drag is sigbaar.

3. Wat word in raampie 3 te kenne gegee met die woorde wat met koppeltekens na elke letter geskryf word?

Die koppeltekens beeld uit dat die twee vroue stadig en afgemete praat.

4. Waarin is die humor geleë in hierdie strokiesprent?

Dit is snaaks dat beide die vroue so naïef is om te dink as hulle stadig in Afrikaans praat, praat hulle Russies.

5. In Rusland woon die Russe. Wat noem ons die inwoners van die volgende lande?

5.1 Indië – Indiërs

5.2 Brittanje – Britte

5.3 Spanje – Spanjaarde

5.4 Italië – Italianers

5.5 Australië – Australiërs

6. Skryf ’n voorbeeld van stereotipering uit die strokiesprent neer.

Die blondines word as dom uitgebeeld. Aktiwiteit 20 My eie spellys Aktiwiteit 21 Geïntegreerde taal- en leesoefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. In die titel van die leesstuk word die woord lees-revolusie met ’n koppelteken geskryf om die lees van die woord te vergemaklik.

Skryf die redes neer waarom die vetgedrukte woorde met koppeltekens geskryf word:

1.1 Die boekwurm het lees-lees in die straat afgestap.

Herhalingsamestelling.

1.2 Die skrywer se boek is by ’n kaas-en-wynonthaal bekendgestel.

Koppeling met en.

Page 10: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

1.3 In Suid-Afrika is boeke duurder as in Europa.

Aardrykskundige naam.

2. Verduidelik wat met die titel van die leesstuk bedoel word.

Daar moet ’n verandering/omwenteling ten opsigte van lees kom.

3. Die subtitel van die leesstuk is van toepassing.

3.1 Skryf die verkleinwoord van die woord oplossing neer.

Oplossinkie.

3.2 Skryf ’n voorbeeld van assimilasie neer.

Minder uitgespreek as minner.

3.3 Skryf ’n voorbeeld van nasalering en vokalisering neer.

Mense.

4. Verdeel die woord buitelugaktiwiteite (paragraaf 4) in lettergrepe en sê of die lettergrepe oop of geslote is.

Bui-te-lug-ak-ti-wi-tei-te oop, oop, geslote, geslote, oop, oop, oop, oop.

5. Die woord wêreldwyd is ’n intensiewe vorm. Gee die intensiewe vorm van die volgende twee woorde:

5.1 bekend – alombekend

5.2 beroemd – wêreldberoemd

6. Lees weer paragraaf 3. Skryf die drie basiese dinge neer wat ouers moet nakom om ’n leeskultuur in hulle huise te skep.

Ouers moet die voorbeeld stel en self lees. Ouers moet sorg dat daar boeke in die huis is. Ouers moet vir hulle kinders voorlees totdat hulle self kan lees.

7. Skryf die twee faktore neer wat veroorsaak dat ons al hoe minder lees.

Twee faktore wat lei tot minder lees is: Suid-Afrika se lekker weer en buitelewe. Die TV en rekenaar.

8. Skryf die woord inisiatief (paragraaf 3) oor en onderstreep die lettergreep wat die hoofklem dra. Inisiatief.

9. Watter soort selfstandige naamwoorde is die volgende woorde:

9.1 Kenners (paragraaf 1) Soortnaam

9.2 Europa (paragraaf 3) Eienaam

9.3 Geletterdheid (paragraaf 7) Abstrakte s.nw.

10. Hardebandprentboek (paragraaf 5) word as een woord geskryf omdat dit ’n samestelling is. Twee van die volgende woorde is ten opsigte van los- en vasskryf verkeerd gespel. Skryf slegs die twee woorde korrek oor.

Vorentoe, huistoe, linker kant, terugloop, Standaardafrikaans.

Huis toe en linkerkant

11. Maritha sê dat dit jammer is dat biblioteke moes sluit. Skryf die persoonsnaam neer van ’n vrou wat in die biblioteek werk.

Bibliotekaresse.

Page 11: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

12. In die eerste sin van paragraaf 6 word die woord dramaties gebruik. Hierdie woord is ’n emotiewe woord. Vervang die woord dramaties met ’n meer neutrale woord.

Groot agteruitgang.

13. Gebruik die woord boek as die basis om ’n samestelling te vorm.

Boekrak, ensovoorts.

14. Skryf die trappe van vergelyking en die intensiewe vorm van die woord duur in paragraaf 5 neer.

Duur – duurder – die duurste.

Peperduur.

15. Kinders moet van kleins af geleer word om boeke te waardeer (paragraaf 1). Skryf die infinitiewe werkwoord uit hierdie sin neer. Wenk: dit is om te plus ’n werkwoord.

Om te waardeer.

16. Die woord uittrek is ’n deeltjiewerkwoord (’n skeibare werkwoord). Gebruik nou hierdie woord sodat die twee dele apart in ’n sin staan.

Hy trek sy baadjie uit.

17. Boeke moet vir kinders pret wees. Kinders sal baie lees. Verbind hierdie twee sinne deur ’n gepaste voegwoord te gebruik.

Boeke moet vir kinders pret wees, want dan sal hulle baie lees.

18. Baie mense lees nie meer na matriek nie (paragraaf 6). Die woord na is ’n voorsetsel. Voltooi die voorsetsel in die volgende sin:

’n Leser kies ’n boek na gelang ... smaak. Van.

19. Benoem die vetgedrukte sinne:

19.1 Kinders wat baie lees se algemene kennis is goed.

Byvoeglike bysin.

19.2 Gaan lees die boek nog voor jy skool toe gaan.

Bywoordelike bysin van tyd.

20. Skryf die volgende sinne oor en verbeter die leestekengebruik:

20.1 Hoera ek het uiteindelik die boek klaar gelees

Hoera! Ek het uiteindelik die boek klaar gelees.

20.2 Het jy die storie geniet

Het jy die storie geniet?

Page 12: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 5 en 6

Ons versmorende wêreld Aktiwiteit 22 Luisterbegrip

Luisterteks

Ons versmorende wêreld

1. Elke jaar word miljoene tonne lugvullis in die atmosfeer ingepomp. In stede regoor die aarde verstik die mense – sterf selfs – in die vuil wasige uitskot van hul ontelbare masjiene en fabrieke. Woorde soos aardverwarming en die kweekhuiseffek het deel van die alledaagse woordeskat geword.

2. PANDORA was volgens die Griekse mitologie die wêreld se eerste vrou. En – só lui die mite verder – sy is geskape as ’n straf vir die manne. Juis om dié rede is Pandora met vele pragtige gawes bedeel om haar onweerstaanbaar te maak.

3. Maar sy sou ook uit nuuskierigheid Zeus se huweliksgeskenk, ’n kis of ’n boks, oopgemaak het, waaruit allerlei rampe vir die mensdom ontsnap het. Vandag nog, wanneer daar van die “oopmaking van ’n Pandorakis” gepraat word, word ’n daad of dade bedoel waaruit eindelose probleme of ellende of onvoorsiene moeilikhede voortvloei.

4. Met die koms van Industriële Revolusie in die 1700’s en vroeë 1800’s, het dit gelyk of die mensdom se manier van lewe ten goede sou verander. Maar met verloop van tyd was daar hoë skoorsteenpype wat wolke van giftige gasse in die atmosfeer opgerisp het; fabrieke het toksiese afval in riviere en spruite gestort; later het motors ook nog bygekom en die lug met hul dampe besoedel.

5. Die ontwikkeling van nywerhede en die tegnologie het, soos die kis van Pandora, ook baie onvoorsiene moeilikhede geskep, waarvan besoedeling beslis nie die minste is nie.

Geneem uit www.mieliestronk.com

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Luister weer na paragraaf 1 en skryf die twee woorde neer wat deel van die alledaagse woordeskat geword het.

Die twee woorde wat deel van die alledaagse woordeskat geword het, is kweekhuiseffek en aardverwarming.

2. Skryf die naam van die mitologiese figuur neer wat geskape is as straf vir manne. Pandora

3. Luister weer na paragraaf 3. Wat word bedoel wanneer daar van die “oopmaking van ’n Pandorakis” gepraat word?

Wanneer daar van die “oopmaking van ’n Pandorakis” gepraat word, word ’n daad of dade bedoel waaruit eindelose probleme of ellende of onvoorsiene moeilikhede voortvloei.

4. Luister weer na paragraaf 4 en skryf twee nadelige gevolge van die Industriële Revolusie ten opsigte van besoedeling, neer.

Die Industriële Revolusie het veroorsaak dat:

Fabrieke giftige gasse in die atmosfeer vrygestel het. Toksiese afval is in riviere en spruite gestort.

5. Dui die verband tussen Pandora se kis en die ontwikkeling van nywerhede aan.

Die ontwikkeling van nywerhede en die tegnologie het, soos die kis van Pandora, ook baie onvoorsiene moeilikhede, waarvan besoedeling een is, geskep.

Page 13: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Aktiwiteit 23 Groepbespreking

Opdrag 1: Bestudeer ’n advertensie

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Bestudeer die visuele uitbeelding van die advertensie. Wat word deur die blare voorgestel en waarom?

Die blare stel die longe van ’n mens voor. Plante is nodig vir suurstofvoorsiening en die mens het suurstof nodig om te kan leef.

2. Wat beteken die sinsnede: “...wat Suid-Afrika ’n groener plek sal maak.”

Die sinsnede dui daarop dat Pick n Pay natuurbewaring ondersteun en dit aanmoedig dat meer bome geplant moet word.

3. Wat is Arbour week in Afrikaans?

Erfenisweek.

Aktiwiteit 24 Literêre teks: Kortverhaal

Aktiwiteit 25 Literêre teks: Gedig Aktiwiteit 26 Lees met begrip

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Bestudeer die titel van die leesstuk. In die titel is ’n gruwelike taalfout begaan. Skryf die titel oor en maak die fout wat begaan is reg.

SA kan nie meer aanhou weggooi nie.

2. Wie se direkte woorde word in paragraaf 1 aangehaal en wat is volgens die persoon die oplossing vir die afvalprobleem in ons land?

Me. Buyelwa Sonica se woorde word aangehaal in paragraaf 1.

Herwinning is die oplossing vir die afvalprobleem in ons land.

3. Skryf in jou eie woorde neer wat die woord wekroep in paragraaf 2 beteken.

Wekroep beteken om iemand aan te spoor om iets aan te pak.

4. Watter voordeel sal doeltreffende afvalbestuur vir Suid-Afrika inhou?

Indien afvalverwydering doeltreffend bestuur word, sal dit tot werkskepping lei.

5. Lees paragraaf 4 weer aandagtig deur en bepaal watter persentasie inwoners in Suid-Afrika se vullis word verwyder.

55% van die inwoners van Suid-Afrika se vullis word verwyder.

6. Paragraaf 7 is van toepassing. Mense sal “baie vinnig” ’n kopskuif oor die herwinning van afval moet maak.

6.1 Waarom dink jy moet daar baie vinnig ’n kopskuif oor die herwinning van afval gemaak word?

Daar moet vinnig oor die herwinning van afval besluit word, omdat die ophoping van vullis ’n enorme probleem in Suid-Afrika geword het en dit erge besoedeling veroorsaak.

6.2 Wat word met die uitdrukking ’n kopskuif maak, bedoel?

Die uitdrukking ’n kopskuif maak beteken daar moet nuut en innoverend oor ’n saak gedink word.

Page 14: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

7. Lees weer paragraaf 1 en paragraaf 9. Hoe sluit hierdie twee paragrawe by mekaar aan?

In paragraaf 1 word versoek dat afval herwin moet word. In die laaste paragraaf lees ons dat vullisdromme vir afvalherwinning oral in die land geplaas gaan word. Dit is met ander woorde ’n stap tot herwinning.

8. Word die woord kopskuif in paragraaf 8 letterlik of figuurlik gebruik?

Dit word figuurlik gebruik, want jy moet nie jou kop letterlik skuif nie. Jy moet nuut dink.

Aktiwiteit 27 Skryf ’n informele brief Aktiwiteit 28 Geïntegreerde taaloefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Skryf die verkleinwoord van die woord kele in die subtitel neer.

Keeltjies.

2. Die woord peul wat in die subtitel voorkom is ’n emotiewe woord. Skryf ’n meer neutrale woord vir die woord peul neer.

Val.

3. Sê of die volgende woorde ’n afleiding, samestelling of samestellende afleiding is.

3.1 Kraanwater (paragraaf 4) – Samestelling.

3.2 Vereistes (paragraaf 6) – Afleiding.

3.3 Herwinning (paragraaf 4) – Afleiding.

4. Dui die kern en bepaler van die woord koeldrankbottel aan.

Bepaler = koeldrank.

Kern = bottel.

5. Skryf die voorvoegsels (premorfeme) van die woorde herwinning (paragraaf 3) en mikrobiologies (paragraaf 6) neer en sê wat die morfeme beteken.

Herwinning. Her beteken weer.

Mikrobiologies. Mikro beteken baie klein.

6. Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. Gee sinonieme vir die volgende woorde:

6.1 oseaan (paragraaf 1) – see

6.2 fokus (paragraaf 3) – konsentreer

6.3 behoorlik (paragraaf 4) – deeglik

6.4 eerder (paragraaf 4) – liewer

7. Antonieme is woorde met die teenoorgestelde betekenis. Skryf antonieme neer vir die volgende woorde:

7.1 sommige (paragraaf 1) – alle

7.2 veilig (paragraaf 5) – gevaarlik

8. Homonieme is woorde wat dieselfde gespel word, maar verskil in betekenis. Gebruik die homoniem van die woord monster (paragraaf 5) in ’n sin sodat die betekenis daarvan duidelik na vore kom.

Die navorsers het verskillende monsters getoets om te sien of die water veilig is.

Page 15: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

9. Verklaar die gebruik van die komma in die volgende sinne:

9.1 Meer as 90% van die afval wat in die oseane dryf, is plastiek (paragraaf 1).

Tussen twee gesegdes word daar ’n komma geplaas.

9.2 Scholtz beveel aan dat jy PET-bottels nie dadelik weggooi nie, maar eerder behoorlik was en weer gebruik (paragraaf 4).

Voor die voegwoord maar word ’n komma geplaas.

10. Ons drink liters koeldrank op ’n dag. Die erkende afkorting vir liter is l. Skryf die afkortings neer vir:

10.1 milliliter – ml

10.2 ton – t

10.3 kilogram – kg

11. Vorm ’n bywoord van die woorde elke week wat in die subtitel voorkom.

Weekliks.

12. Haal ’n bywoord van wyse uit paragraaf 3 aan. Hoofsaaklik.

13. ’n Infinitief is om te plus ’n werkwoord. Skryf ’n infinitief uit die subtiel neer, ...om te oorweeg.

14. Is ons kraanwater veilig? (paragraaf 5)

14.1 Verander hierdie vraagsin in ’n stelsin.

Ons kraanwater is veilig.

14.2 Verander hierdie vraagsin in die ontkenning.

Nee, ons kraanwater is nie veilig nie.

15. Gee die trappe van vergelyking van die woord leeg in paragraaf 4.

Leeg – leër – die leegste.

16. Die mens moet water bewaar. Brei hierdie sin uit deur ’n byvoeglike bysin by die woord mense te voeg.

Die mens wat op die aarde woon moet water bewaar. Enige byvoeglike bysin wat die onderwerp uitbrei.

Aktiwiteit 29 My eie spellys Aktiwiteit 30 Kom ons werk met sinne

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Hulle is besig om by die rivier waar al die rommel rondlê, op te ruim.

Onderstreep die bywoordelike bysin van plek wat in hierdie sin voorkom.

2. Die sleepwa, waarop die rommel gelaai word, is oorvol.

Onderstreep die byvoeglike bysin wat in hierdie sin voorkom.

3. Die flukse seun werk elke Saterdag saam met sy pa in hulle pragtige tuin.

Skryf neer of hierdie sin ’n enkelvoudige of ’n saamgestelde sin is. Verduidelik jou antwoord.

Dit is ’n enkelvoudige sin, want daar is slegs een gesegde in die sin.

Page 16: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 7 en 8

Laat die wiele rol Aktiwiteit 31 Onvoorbereide toespraak

Aktiwiteit 32 Forumbespreking

Aktiwiteit 33 Pre-leesaktiwiteite

Vrae en voorgestelde antwoorde

Pre-lees

1. Leerders bestudeer die prente.

1.1 Watter verwagting skep die foto’s en prente by jou?

Die foto’s is interessant en skep ’n verwagting dat die leesstuk ook interessant en opwindend gaan wees.

1.2 Wat is die doel van hierdie illustrasies? Noem twee.

Die illustrasies hou verband met die inhoud van die leesstuk.

Die illustrasies trek aandag en moedig die leser aan om die teks te lees.

2. Dink jy hierdie leesstuk sou dieselfde effek op jou as leser gehad het as daar nie illustrasies by was nie?

Nee, beslis nie, want die illustrasies het jou belangstelling geprikkel om die leesstuk te lees.

Post-lees

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Kyk na die paragraafindelings van hierdie leesstuk. Waarom dink jy is die paragrawe so ingedeel?

Die paragrawe het elkeen ’n subopskrif wat dit duidelik maak oor watter aspek van tuimeltreine dit handel.

2. In watter stad en in watter land word die trein wat van die hoogste punt af val, aangetref? Van watter leestegniek het jy gebruik gemaak om die antwoord te bekom?

Ohio in die VSA. Soeklees is gebruik om die antwoord te kry.

3. Vluglees paragraaf 2 en skryf neer hoe moderne treine soos Kingda Ka in New Jersey, VSA, so vinnig ’n hoë spoed kan opbou.

Hierdie tuimeltrein gebruik ’n hidrouliese lanseermeganisme met kragtige hidrouliese pompe.

4. Jy het reeds na die illustrasies gekyk en die inhoud gelees, bestudeer nou die titel en skryf neer of die titel gepas is of nie. Motiveer jou antwoord.

Die titel is baie gepas, want die mense wat op tuimeltreine ry is gewoonlik baie bang en klou vas aan die handvatsels en skreeu vreeslik as die trein om kinkels en deur kronkels gaan.

5. Die woord rondrits in paragraaf 1 is ’n emotiewe woord (woord wat emosies dra).

5.1 Watter emosie ervaar ’n mens gewoonlik as jy die woord rondrits hoor?

Opwinding, vreugde, blydskap.

5.2 Skryf ’n neutrale woord vir rondrits neer.

Page 17: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Rondry.

6. Waarom is die woord tuimel soos gebruik in die woorde tuimeltrein en tuimelspoor ’n goeie woordkeuse?

Die woord tuimel dui op aksie en dit is presies wat hier gebeur.

7. Haal ’n woord uit paragraaf 1 aan wat dieselfde beteken as bewend, dronk in die kop-gevoel.

Duiselingwekkend.

8. Waarom klink die woorde kinkel en kronkel so lekker op die oor?

Die gebruik van halfrym (allitererende k- en assonerende i-klank) en die herhaling van -kel.

9. Benoem en verduidelik die beeldspraak wat in die woord haarnaalddraaie (paragraaf 3) voorkom.

Die draai is 360 grade (soos ’n u-draai). Dit ry presies terug soos waarvandaan dit gekom het. Hierdie draai word metafories gelyk gestel aan ’n haarnaald wat net so lyk.

10. Watter twee aspekte word volgens paragraaf 4 in gedagte gehou by die ontwerp van ’n tuimeltrein?

Veiligheid en genot (opwinding).

11. Lees die volgende sinne. Kies een van die volgende woorde wat die sin die beste beskryf: Partydigheid, vooroordeel en stereotipering.

11.1 Alle bleeksiele is bang vir tuimeltreine. Stereotipering.

11.2 Ons skool se seuns was minder bang op die tuimelrit as die ander skool s’n. Partydigheid.

11.3 Daardie vet seun gaan nie in die treintjie se sitplek pas nie. Vooroordeel.

12. Die woord kinkel kom dikwels in hierdie leesstuk voor.

12.1 Gebruik die uitdrukking kinkel in ’n kabel denotatief (letterlik) in ’n sin.

Daar is werklik ’n buig (kinkel) in die kabel.

12.2 Gebruik die uitdrukking kinkel in ’n kabel konnotatief (figuurlik) in ’n sin.

Daar was ’n kinkel in die kabel toe sy my vriendelik by die spookhuis ingenooi het.

Aktiwiteit 34 Literêre teks: Gedig Aktiwiteit 35 Lees en kyk na strokies- en spotprente

Vrae en voorgestelde antwoorde van die strokies

Strokie 1

1. Bestudeer raampie 2 en 4. Verduidelik die sterk ironiese teenstelling wat hier voorkom.

Die taxibestuurder beweer sy oortree nooit die wet nie, maar sy wou ’n SMS op haar selfoon lees terwyl sy bestuur en dit is ’n wetsoortreding.

2. Bestudeer die visuele uitbeelding van die bestuurder in raampie 1 en raampie 4. Hoe sou jy haar gesigsuitdrukking beskryf? Kies uit onderstaande voorbeelde (die een wat jy dink haar die beste sal beskryf ).

Raampie 1: kwaad en bang, of geskok en ontsteld, of moeg en haastig.

Raampie 2: verbaas en bang, of geskok en ontsteld, of verontskuldigend.

3. Skryf die persoonsnaam neer van iemand wat sorg dat verkeersreëls nagekom word. Verkeerskonstabel.

Page 18: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Strokie 2

4. Wat word in raampies 1 tot 3 van hierdie strokiesprent visueel uitgebeeld?

In hierdie drie raampies word uitgebeeld hoe woes die taxibestuurder jaag en met rukbewegings ry.

5. Wie of wat is ’n chiropraktisyn?

’n Geneser van beserings aan die werwelkolom.

6. Waarom dink jy is die man se rug nou reg en hoef hy nie meer dokter toe te gaan nie?

Die taxibestuurder het so woes gery dat die man heen en weer geskommel is. Dit het waarskynlik dieselfde effek op sy seer rug gehad as ’n behandeling deur ’n ruk-en-pluk-dokter.

Strokie 3

7. Watter woorde in raampie 1 beskryf die man se misnoeë?

Die tussenwerpsel “agge nee...” dui aan dat die man onvergenoegd is.

8. Wat noem ’n mens die stuk gereedskap wat die man in raampie 2 gebruik om die wiel om te ruil? Moersleutel.

9. Wat het die verbyganger gedink is die man besig om te doen?

Hy het gedink die man is besig om die motor se wiele te steel.

10. Beskryf die motoreienaar se gesigsuitdrukking in die laaste raampie met een woord. Geskok.

11. Watter groot probleem in ons land word in die strokie uitgebeeld?

Misdaad / diefstal. Strokie 4

12. Watter enkele woord uit die strokie dui daarop dat dit ’n ou en gehawende motor is? Skedonk.

13. Wat word deur raampie 2 visueel uitgebeeld?

Dat die motor vreeslik skud as dit aangeskakel word – so erg dat hy homself “droogskud”.

14. Wat is die funksie van die ellipse in die strokie?

Die woorde in praatborrel 2 word onderbreek en dan weer in praatborrel 3 hervat. Aktiwiteit 36 Sintuiglike waarneming is ’n moet

Aktiwiteit 37 Skryf ’n tydskrifartikel [Formele assesseringstaak 2b]

Aktiwiteit 38 My eie spellys Aktiwiteit 39 Klankleer en geïntegreerde taal

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Skryf al die woorde in raampie 1, waarin daar diftonge voorkom, neer en onderstreep die diftonge.

oupagrootjie uitgespreek as oupagrooitjie en ry.

2. Watter klankverskynsel kom voor as die woord asseblief in raampie 1 verkeerdelik as assemblief uitgespreek word?

Page 19: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Klanktoevoeging.

3. Skryf die woord spesiaal neer en onderstreep die lettergreep wat die hoofklem dra. Spesiaal.

4. Haal ’n voorbeeld van woordoortolligheid (pleonasme) uit raampie 6 aan.

Vreeslik verskriklik / ekstra spesiaal.

5. Gee die verkleining van die woord Otto in raampie 3. Otto’tjie

6. Skryf die meervoud van oupa neer. Oupas.

7. Skryf uit raampie 4 ’n woord neer wat ontrond kan word en dui aan dat die ontronding van die woord ’n verskil in die betekenis van die woord veroorsaak.

Spul uitgespreek as spil. ’n Spil waarom iets draai.

8. Watter klankverskynsel kom voor as die woord darem in raampie 7 verkeerdelik as dammer uitgespreek word?

Klankverspringing.

9. Skryf ’n voorbeeld van assimilasie uit raampie 6 neer.

Hierdie uitgespreek as hierie.

10. Skryf ’n voorbeeld van ’n woord waarin daar oorronding kan plaasvind uit praatborrel 3 neer. Toon aan hoe die oorronding plaasvind.

Verkeer uitgespreek as verkeur.

11. Benoem die aksentteken op die woord één in praatborrel 4.

Akuutaksent.

12. Vorm ’n samestelling van die woord verkeer in onderstaande sin.

Die oom het ’n (verkeer) veroorsaak omdat hy teen die eenrigtingverkeer gery het. Verkeersknoop.

13. Gee die rede vir die gebruik van die komma in praatborrel 1.

Voor die voegwoord want kom daar ’n komma.

14. Haal ’n voorbeeld van ’n tussenwerpsel uit praatborrel 2 aan en skryf neer watter gevoel dit suggereer.

Die woord ai druk ’n gevoel van bekommernis uit.

15. Gee die rede waarom TV-verkeer met ’n koppelteken geskryf word.

’n Afkorting gekoppel aan ’n soortnaam word met ’n koppelteken geskryf.

16. Waarvoor staan die afkorting N1 in praatborrel 2?

Nasionale pad 1.

17. Watter soort telwoord is honderde in praatborrel 4?

Bepaalde rangtelwoord.

18. Waarmee word in die spotprent gespot?

Die spotprent spot met die verkeersvermoë van bejaarde en plattelandse bestuurders.

19. Verklaar die gebruik van die ellips in praatborrel 3.

Die tannie voltooi nie haar gesprek nie. Die oom val haar in die rede.

Aktiwiteit 40 Kom ons werk met sinne en woorde

Vrae en voorgestelde antwoorde

Page 20: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

1. Is die onderstaande sinne in die teenwoordige, verlede of toekomende tyd geskryf?

1.1 Die motor wat te vinnig gery het, het teen die afgrond afgerol.

Verlede tyd.

1.2 Ek neem aan die fietsry-kompetisie deel.

Teenwoordige tyd.

1.3 Ek sal vir my ’n fiets koop.

Toekomende tyd.

2. Die waaghalsige seun ry elke dag op sy skaatsplank teen die skuinste af.

Skryf dié sin wat in die teenwoordige tyd is, oor in die verlede sowel as die toekomende tyd.

Verlede tyd: Die waaghalsige seun het elke dag met sy skaatsplank teen die skuinste afgery.

Toekomende tyd: Die waaghalsige seun sal elke dag met sy skaatsplank teen die skuinste afry.

3. Sê of die volgende sinne enkelvoudige of saamgestelde sinne is.

3.1 Die seun met lang toutjieshare het ’n helderpers fiets gekoop.

Enkelvoudige sin.

3.2 Hy sit en wag in sy motor.

Saamgestelde sin.

4. Skryf die volgende sin oor en voorsien van die gepaste lees- en skryftekens:

4.1 Hy skree help help ek is bang vir die tuimeltrein

Hy skree: “Help! Help! Ek is bang vir die tuimeltrein.”

4.2 Ek hou van die swaaie tuimeltrein wipplank en

Ek hou van die swaaie, tuimeltrein, wipplank en ...

4.3 Hys baie bang vir die tuimeltrein.

Hy’s baie bang vir die tuimeltrein.

5. “Hoera,” skreeu die pragtige meisie nadat sy die rit oorleef het.

Benoem die vetgedrukte woorde.

Hoera = tussenwerpsel.

Pragtige = byvoeglike naamwoord.

Nadat = bywoord.

6. Voltooi die volgende idiomatiese vergelyking:

So bang vir die tuimelrit soos die duiwel vir die – Slypsteen.

7. Skryf die verklaring van die volgende idioom: Hy skrik nie vir koue pampoen nie.

Hy skrik nie verniet nie.

Page 21: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 9 en 10

Dit smaak so lekker, want ons eet so lekker Aktiwiteit 41 Lees vir begrip

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Skryf slegs een sin neer waarom dit volgens die leesstuk moeilik is om die regte peuselhappie skool toe te bring.

Dis moeilik om die regte peuselhappie skool toe te bring, want almal wil altyd ’n happie hê, jy moet dus iets bring wat jy nie kan deel nie.

2. Skryf ’n aanhaling uit die leesstuk neer wat daarop dui dat die verteller nie in die Wiskundeklas oplet nie.

“... jy droom vandat jy in die wiskundeklas ...”

3. Waarom word die deel van die sjokolade metafories gelykgestel aan die ideologie van kommunisme?

Die leer van kommunisme het behels wat die een kry, kry die ander. As jy pouse ’n sjokolade eet, moet jy dit met almal deel.

4. Waarom is dit glad nie ’n goeie idee om pouse lekkers soos byvoorbeeld Wine Gums en Jelly Babies te eet nie?

Dit is klein lekkertjies en daar is baie in ’n pakkie, dus sal jy die pakkie in die rondte moet stuur en almal sal daarvan wil hê.

5. Watter afleiding (suggestie) kan ons maak as die verteller sê: “...Niemand wil tog hul skeinathuiswerk met tamatiesous en stroop besmeer hê nie.”

In hierdie gedeelte word gesuggereer dat die leerders pouse hul skeinat huiswerk doen.

6. Lees paragraaf 6 en skryf in jou eie woorde waarom blokkies sjokolade ook nie ’n goeie idee vir pousekos is nie.

Jy sal die blokkies sjokolade wat maklik kan verdeel, moet deel met almal wat bedel.

7. Skryf die woord kliek (paragraaf 8) oor in Standaardafrikaans.

Besef.

8. Skryf in jou eie woorde watter oplossing die verteller ten opsigte van pousekos aan die hand doen.

As jou maats agterkom jy het sjokolade moet jy vinnig weghardloop en skreeu.

9. Die idioom die hond in die pot vind is van toepassing.

9.1 Skryf die letterlike betekenis (denotasie) van die idioom neer.

Die hond sit binne in die pot.

9.2 Skryf die figuurlike betekenis (konnotasie) van die idioom neer.

Jy kom laat vir ete.

10. Kies een van die volgende wat die onderstaande sinne die beste beskryf: partydigheid en stereotipering.

10.1 Alle vrouens hou van sjokolade en alle mans hou van braaivleis.

Stereotipering.

Page 22: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

10.2 Ons skool se meisies is maerder as die buurskool s’n. Partydigheid.

Aktiwiteit 42 Doen navorsing en stel ’n verslag saam

Aktiwiteit 43 Lewer ’n mondelinge verslag

Aktiwiteit 44 Luister met begrip

Luisterteks

Bly gesond met basiese kosreëls

Wil jy seker maak jy eet gesond? Volg dan hierdie maklike gids – dit sal jou eetgewoontes soos handomkeer verander.

1. Nadat hy dieetkundiges, voedselkundiges, antropoloë, volkekundiges, dokters en verpleegsters – en ook ’n hele paar ma’s en oumas – geraadpleeg het, het die skrywer Michael Pollan met ’n fassinerende lys kosreëls vorendag gekom wat jou eetgewoontes vir altyd kan help verander.

2. Hoe witter die brood hoe gouer is jy dood. Hierdie raad van jou ouma herinner jou weer aan die gesondheidsgevare van witmeel. Mense wat baie volgraan eet, is geneig om gesonder te wees en langer te leef.

3. Vermy kosse wat jou ouma nie sou herken het nie. Daar is nou duisende kosprodukte in die supermark wat ons voorsate nooit geken het nie. Dit is spesiaal ontwerp om ons meer te laat koop en eet en slaan munt uit ons aangebore voorliefde vir soetigheid. Deur die verwerking van kos word ons oorgehaal om meer van die produkte te eet as wat vir ons goed is. As dit van ’n plant kom, eet dit; as dit van ’n fabriek kom, vermy dit.

4. Vir baie mense het eet verbasend min met honger te doen. Ons eet dikwels uit verveling of vir vermaak, troos of om ons self te beloon. Eet dus wanneer jy honger is – nie wanneer jy verveeld is nie.

5. Die meeste winkels word op dieselfde wyse uitgelê: Verwerkte kosse oorheers die rakke in die middel, terwyl vars kos – vleis, vis en suiwelprodukte – teen die mure uitgestal word. Koop dus liewer vars produkte aan die rand van die winkel.

6. Vermy bestanddele wat jy nie ken nie. Sellulose? Xantaangom? Kalsiumpropionaat? Ammoniumsulfaat? As jy nie self met hierdie bymiddels kook nie, hoekom sal jy ander toelaat om daarmee vir jou te kook.

7. Kom bostaande maklike reëls na en jy is op pad na ’n gesonde lewe.

Verwerk uit Huisgenoot, 24 Junie 2004, bl. 30.

Voorgestelde antwoord

Reëls vir ’n gesonde eetstyl

1. Eet volgraan produkte, want dis gesonder.

2. Eet natuurlike en nie verwerkte produkte nie.

3. Eet slegs wanneer jy honger is.

4. Koop vars produkte wat aan die rand van winkels uitgestal word.

5. Vermy kosse wat vreemde bestanddele bevat.

Page 23: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Aktiwiteit 45 Literêre tekste: Gedig

Aktiwiteit 46 My eie spellys Aktiwiteit 47 ’n Taal- en begripsoefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Watter enkele woord in die subtitel dui aan dat die bevindings in hierdie artikel nie algemeen bekend is nie?

Verbasend.

2. Skryf die stellende en oortreffende trap van die woord nuwer neer.

Nuut, nuwer, die nuutste.

3. Bestudeer leesstuk 2 deeglik. Volgens hierdie gedeelte bepaal jou geslag jou kosvoorkeure.

3.1 Skryf ’n voorbeeld uit die leesstuk neer van ’n kossoort wat ryk is aan koolhidrate. Malvapoeding, sjokolade, botterbroodjies, ens.

3.2 Skryf uit die leesstuk ’n voorbeeld neer van ’n kossoort wat ryk is aan proteïene. Varkribbetjie, ens.

3.3 In hierdie leesstuk word die voorkeure van die twee geslagte teenoor mekaar gestel. Watter woord dui die teenstelling aan? Maar.

4. Slaan die betekenis van die volgende woorde in die woordeboek na:

4.1 voorliefde (leesstuk 1) – Voorkeur ten opsigte van iets.

4.2 swig (leesstuk 3) – Toegee, jou onderwerp.

5. Skryf die meervoud van eetding (leesstuk 3) neer. Eetgoed.

6. Is die woord emosionele gevorm deur middel van afleiding, samestelling of samestellende afleiding? Afleiding.

7. Die woord dieet (leesstuk 3) word sonder ’n deelteken geskryf. Plaas nou, waar nodig, deeltekens op die volgende woorde:

7.1 finansieel – geen deelteken

7.2 pasient – pasïent

7.3 spieel – spieël

8. Hoeveel smaakknoppies het ’n hen? Van watter leestegniek het jy gebruik gemaak om die antwoord te kry?

24 smaakknoppies; soeklees.

9. Waarom word die woord smaakknoppies met twee k’s gespel?

Die eerste basis eindig met die letter k en die tweede basis begin met die letter k.

10. Skryf die verkleinwoord van verskonings (leesstuk 3) neer.

Verskoninkies.

11. Wat is die betekenis van die voorvoegsel in die woord onsin, paragraaf 4?

Die voorvoegsel “on” beteken nie. Dit maak nie sin nie.

12. Skryf die kern en bepaler van die woord seebaber (paragraaf 4) neer.

Baber is die kern en see is die bepaler.

Page 24: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

13. Skryf neer of die volgende stelling waar of onwaar is. Motiveer.

As ’n mens op dieet is, ontwikkel ’n mens ’n behoefte aan ’n sekere kossoort wat jy nie tydens dieet mag eet nie.

Onwaar, want navorsing het bewys dat alle mense soms vir iets spesifiek lus raak.

14. Speel oorerwing ’n rol by die mens se vermoë om nee te sê vir sekere kossoorte? Motiveer.

Ja, want dr. Ernst Noble het bewys dat gene wel ’n rol speel.

15. Gee ’n sinoniem vir trommeldik in leesstuk 4.

Knuppeldik.

16. Bestudeer leesstuk 3 noukeurig.

16.1 Is die volgende stelling geldig?

Twee derdes van alle mense sien eet as ’n noodsaaklikheid om aan die lewe te bly.

Die stelling is nie geldig nie. Dit is slegs van toepassing op oorgewig mense.

16.2 Is die volgende stelling ’n feit of ’n bewering?

Ons dink sjokolade sal ons beter laat voel.

Dit is ’n bewering, want die woord dink dui aan dat dit nie ’n bewese feit is nie.

17. In leesstuk 2 kom die volgende sin voor: Water jou mond al klaar?

17.1 Is hierdie ’n algemene of ’n spesifieke vraagsin?

Algemene vraagsin.

17.2 Verander hierdie sin in ’n stelsin.

Jou mond water al klaar.

17.3 Hierdie sin is in die teenwoordige tyd. Skryf dit oor in die verlede tyd.

Het jou mond al klaar gewater?

18. ’n Hoenderhen het maar 24 smaakknoppies (leesstuk 4). Gebruik ’n tussenwerpsel vooraan hierdie sin en verander die sin in ’n uitroepsin.

Onthou om die regte leesteken te gebruik.

Sjoe, ’n hoenderhen het maar net 24 smaakknoppies!

19. Verander die volgende stelsin in ’n bevelsin.

Die kind eet kos.

Eet jou kos!

20. Bestudeer die gebruik van die woord het in die onderstaande sinne. Bepaal in watter sin het as ’n hulpwerkwoord en in watter een as ’n hoofwerkwoord gebruik word.

a. Hy het sy kos geëet. Hulpwerkwoord.

b. Hy het pampoentjies. Hoofwerkwoord.

Aktiwiteit 48 Toets [Formele assesseringstaak 3]

Page 25: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Kwartaal 2 Week 1 en 2

Ons diereryk Aktiwiteit 49 Luisterbegrip

Luisterteks

Olifantbul neem afskeid van gestorwe Alexander

Schalk van Schalkwyk

Toeriste het in trane toegekyk hoe ’n olifantbul Saterdag afskeid geneem het van sy “vriend”, die gestorwe bul Alexander waaroor Beeld gister berig het.

Dié bul het onder meer aasvoëls en hiënas van Alexander se karkas probeer verjaag en hom probeer optel.

Alexander, een van die Krugerwildtuin se grootste ivoordraers en ’n bekende in die omgewing van die Mopani-ruskamp, is Saterdag dood. Hy het vermoedelik ’n hartaanval gekry.

Toeriste wat naby die karkas geparkeer het, het gesien hoe ’n olifantbul daar aankom en probeer om sy vriend op te tel. Die karkas was sowat 20 treë van die hoofpad af.

“Ek weet nie of hy gegroet het en of hy hom wakker wou maak nie,” het me. Susan Andjelkovac, ’n ereveldwagter, gister vertel.

Eers het die bul onder die hiënas en die aasvoëls ingeklim en hulle verjaag. Toe het hy sy groot tande onder Alexander se kop probeer indruk. Met een probeerslag het een van Alexander se tande amper sy oog deurboor.

Andjelkovac vertel: “Die bul het hom oral met sy slurp beruik en bevat. Toe hy hom nie met sy tande kon opkry nie, het hy op hom gaan sit. Hy het selfs op hom ge-urineer.

“Ek het so gehuil. Dit is die eerste keer dat ek so iets sien. Ek kry dit nie uit my kop uit nie. ’n Ou in ’n motor langs my en my skoonsuster het bekommerd gevra of ons oukei is, so het ons gehuil.”

Ná sowat ’n halfuur se pogings om Alexander op te kry, het die olifantbul skielik geloop. Later het dit geblyk dat hy eers gaan water drink het, want aanstons was hy weer terug.

Ná ’n verdere kwartier het hy skynbaar besef sy ou maat sal nie kan opstaan nie. Hy het toe sy slurp oor die ruggraat van die karkas geplaas en sowat ’n minuut lank doodstil gestaan voordat hy die bosse in verdwyn het.

Die aand in die kamp het van die vroue gesê hulle het lank laas soveel hartstogtelike liefde vir ’n vriend gesien. Hulle het vertel dat almal – mans, vroue en kinders – “getjank het dat die water rol”.

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Hoe sluit die foto aan by die berig waarna jy geluister het?

Die foto beeld uit hoe die olifant sy dooie vriend probeer ophelp.

2. Naby watter ruskamp in die Krugerwildtuin het Alexander gewoonlik gebly?

Die omgewing van Mopani-ruskamp was sy tuiste.

3. Skryf ’n woord uit die berig neer wat aandui dat hulle nie presies weet waaraan Alexander dood is nie. Vermoedelik.

4. Hoe ver het Alexander van die hoofpad af gelê? 20 tree.

Page 26: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

5. Hoeveel het Alexander geweeg? 20 ton.

6. Noem twee dinge wat die olifant gedoen het om sy vriend te probeer help.

Hy het die roofvoëls en roofdiere probeer wegjaag.

Hy het probeer om sy vriend se kop op te lig.

7. Waarom dink jy het hy op Alexander gaan sit?

Hy het daardeur probeer om hom te beskerm.

8. Op watter wyse het die olifant finaal van Alexander afskeid geneem?

Hy het sy slurp oor Alexander geplaas en vir ’n minuut stil bly staan.

9. Skryf uit die teks ’n woord neer vir die dooie liggaam van ’n dier. Karkas.

10. Hoe word daar in die luisterstuk na Alexander se tande verwys?

Ivoordraers.

11. Waarom dink jy is die olifant se naam Alexander?

Die olifant is vermoedelik na Alexander die Grote vernoem omdat hy ’n leier olifant was.

12. Hoe sou jy die aard van die styl van hierdie luisterstuk beskryf? Kies een die een wat volgens jou die beste pas en motiveer jou keuse.

Informatief en ernstig Saaklik, maar tog hartroerend. Verhalend en ernstig.

Saaklik, maar hartroerend. ’n Koerantberig is saaklik en gee die nodige inligting weer, maar hierdie berig roer ’n mens se hartsnare.

Aktiwiteit 50 Lees en kyk na visuele tekste

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Bestudeer die foto van die komondor-hond.

1.1 Waarom dink jy staan die hond bekend as die mophond?

Die hond se haredos maak dat hy soos ’n vloermop lyk.

1.2 Moenie dat sy snoesige voorkoms jou flous nie. Skryf in jou eie woorde wat met die woorde snoesige voorkoms bedoel word.

Die digte pels van die hond gee die indruk dat die hond skattig en oulik is.

1.3 Watter verkeerde indruk kan die hond se voorkoms gee?

Die digte pels skep die indruk dat die hond stadig is, maar in werklikheid is die hond kwaai en vinnig.

2. Bestudeer die foto van die sterneus-mol.

2.1 Kan jy uit die foto aflei waarom die diertjie ’n sterneus-mol genoem word? Verduidelik.

Ja. Die vlesige tentakels op sy snoet lyk soos ’n ster.

2.2 Wat is die rede vir die tentakels op die mol se snoet?

Die mol is feitlik blind en die tentakels help hom om sy weg te vind.

2.3 Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord.

Omdat die mol feitlik blind is sukkel die mol om kos te vind.

Onwaar. Die mol vind binne 120 millisekondes ’n stukkie kos.

Page 27: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

3. Bestudeer die foto van die kraagakkedis. Hoe kan jy uit sy voorkoms aflei of die akkedis kwaad of rustig is?

Wanneer die akkedis kwaad is, sal die kraag om sy nek oopgesprei wees, maar as hy rustig is, lê die kraag plat.

4. Bestudeer die foto van die neusaap. Noem twee redes waarom die ape se neuse blykbaar so groot is.

Die wyfieape vind die groot neuse aantreklik.

Hulle maak waarskuwingsgeluide met hul neuse.

Aktiwiteit 51 Lewer ’n multimedia-praatjie

Aktiwiteit 52 Literêre teks: Gedig Aktiwiteit 53 Lees en kyk na grafiese tekste

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. “Die Nasionale Krugerwildtuin is die grootste wildreservaat in Suid-Afrika.”

Is bostaande aanhaling ’n feit of ’n bewering?

Dit is ’n feit, want die aanhaling kom uit ’n besoekersgids wat bewese inligting oor die wildtuin verskaf. Die grootte van die wildtuin word ook presies aandui.

2. Skryf ’n woord uit paragraaf 1 neer wat daarop dui dat toeriste graag die wildtuin besoek. Trekpleister.

3. Hoe word die omvangrykheid van die wildtuin onder die leser se aandag gebring?

Die statistieke wat gegee word van die soorte diere en hoeveel toeriste jaarliks na die wildtuin kom, hef die omvangrykheid daarvan uit.

4. Sê in jou eie woorde waarom almal altyd op soek is na die Groot Vyf.

Die Groot Vyf se grootte en krag is vir die mens interessant.

5. Waarom word die Groot Vyf in groot getalle in die Krugerwildtuin aangetref?

Die Krugerwildtuin is groot genoeg om vir verskeie tuisweivelde van die Groot Vyf voorsiening te maak sodat die populasie lewensvatbaar kan wees.

6. Watter veiligheidsmaatreël pas byvoorbeeld rooibokke toe om hul veiligheid teen roofdiere te probeer verseker?

Grasvreters beweeg in groot troppe, omdat baie oë en ore hul kanse verbeter om roofdiere op die oop grasvlaktes te bespeur.

7. Skryf neer of die volgende bewering waar of onwaar is: Groot bobbejaantroppe staan wag om teen roofdiere te waak.

Onwaar, slegs individue staan wag.

8. “... maar hulle ding nie met mekaar mee nie.” Skryf in jou eie woorde neer wat met hierdie aanhaling uit paragraaf 7 bedoel word.

Hulle ding nie met mekaar mee nie omdat party bokke die boonste blare eet en ander die onderstes. Elkeen het sy eie gebied.

9. Skryf uit paragraaf 8 ’n woord neer wat telling of opgawe beteken.

Sensus.

10. Bestudeer paragraaf 8 noukeurig. Wat sou jy sê is ’n moontlike rede waarom die getalle van die diere oor die jare verskil? Skryf jou antwoord in jou eie woorde neer.

Page 28: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Die getalle van die wild verskil wanneer opnames gemaak word as gevolg van die hoeveelheid reën per jaar.

11. Bestudeer die tabelle ten opsigte van wildgetalle en beantwoord die volgende vrae:

11.1 Watter herbivoor word die tweede meeste in die wildtuin aangetref? Olifante.

11.2 Watter grasvretende diersoort se getalle toon die afgelope 24 jaar slegs ’n toename? Witrenoster.

11.3 Watter roofdiere se getalle het konstant gebly? Luiperd.

11.4 By die roofdiere se getalle tref ons die skryfteken ± vooraan die getalle. Waarvoor staan hierdie teken en wat sou die rede vir die gebruik daarvan by hierdie getalle wees?

Die ±-teken beteken ongeveer of plus-minus. Die rede vir die gebruik is waarskynlik dat dit baie moeilik is om noukeurig hierdie diere te tel.

12. Dit kos baie duur en verg intensiewe arbeid om die diere in die wildtuin te tel. Dink jy dit is nodig? Motiveer jou antwoord.

Ja. Hierdie inligting help met bestuursbesluite en ook om bevolkingstendense in die wildtuin te verstaan.

Aktiwiteit 54 Skryf instruksies Aktiwiteit 55 Geïntegreerde taaloefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Watter betekenisverandering sal die woord bure (titel) ondergaan as dit ontrond uitgespreek word?

Bure verander in biere wat ’n drankie is.

2. Die woord sê (raampie 1) word met ’n kappie gespel om die klank lank te maak. Watter betekenisverandering sal die woord sê ondergaan as die woord sonder die kappie geskryf word?

Die woord verander dan in se. Dit is Piet se pen waarmee ek skryf.

3. Die woord twee-uur (raampie 1) is van toepassing.

3.1 Om watter rede word die woord met ’n koppelteken geskryf? Hoe kan die woord ook geskryf word?

Twee-uur word met ’n koppelteken geskryf omdat daar ’n opeenhoping van klinkers in die woord is. 2:00 of 14:00.

3.2 Maak ’n kort sin met twee uur (los geskryf) en twee-uur (vas geskryf) om die betekenisverskil aan te dui.

Dit het my twee uur geneem om die grasperk te sny. Ek ontmoet jou om twee-uur by die restaurant.

3.3 Gebruik die kern van die woord twee-uur as ’n bepaler in ’n nuwe woord.

Uurglas.

4. Hoe word die aasvoël se ongeloof in raampie 2 uitgehef?

Deurdat hy die woord verdwaal as ’n vraag uitroep, word sy ongeloof beklemtoon.

5. Daar is ’n spelfout in raampie 2. Skryf die woord korrek oor.

Huis-toe moet wees huis toe.

6. Gebruik die woord loop in ’n ander betekenisverband as in raampie 2.

Page 29: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Die rivier se loop was na die storm deur die boer se landerye.

7. Skryf al die voegwoorde in raampie 3 neer.

Terwyl, maar.

8. Dui aan of die volgende woorde deur middel van afleiding, samestelling of samestellende afleiding gevorm is:

8.1 verdwaal (raampie 1) – Afleiding.

8.2 moddergat (raampie 3) – Samestelling.

9. Skryf ’n voorbeeld van ’n woord uit raampie 1 neer waar daar klankverswakking (vokaalreduksie) kan voorkom.

Krokodil uitgespreek as krokidil.

10. Skryf die verkleinwoord neer van:

10.1 krokodil (raampie 1) – krokodilletjie

10.2 gat (raampie 1) – gaatjie

10.3 ding (raampie 1) – dingetjie

11. Skryf die trappe van vergelyking neer van naby (raampie 1) in die volgende sinne:

11.1 Hy het (naby) gestap om beter te kon sien. Nader.

11.2 Dit is die (naby) wat hy nog ooit aan ’n vlakvark was. Naaste.

12. Skryf ’n sinoniem neer vir die woord laas (raampie 3). Gelede.

13. Skryf neer watter soort sinne die volgende sinne is. Kies uit die volgende: stelsin, uitroepsin, vraagsin en bevelsin.

13.1 ’n Krokodil is ’n gevaarlike dier. Stelsin.

13.2 Gaan die krokodil ’n bok vang? Vraagsin.

13.3 Oppas! Die krokodil gaan jou vang. Uitroepsin.

13.4 Gaan klim in die kar, dis gevaarlik so naby aan die krokodil. Bevelsin.

14. Brei die volgende enkelvoudige sin uit tot ’n saamgestelde sin: Die krokodil vang ’n bok.

Sien leerders se antwoorde. Die krokodil wat in die water lê, vang ’n bok.

15. Skryf die volgende sin oor en plaas leestekens waar nodig: Nadat die krokodil die bok gevang het het hy hom in die water ingetrek dws mettertyd gaan hy hom opvreet

Nadat die krokodil die bok gevang het, het hy hom in die water ingetrek d.w.s. mettertyd gaan hy hom opvreet.

Page 30: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 3 en 4

Viva! Suid-Afrika! Aktiwiteit 56 Hou ’n forumbespreking [Formele assesseringstaak 1]

Aktiwiteit 57 Literêre teks: Drama

Aktiwiteit 58 Literêre teks: Gedig

Aktiwiteit 59 Lees en kyk vir begrip

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Noem twee dinge uit spotprent 1 waaruit jy kan aflei dat die gesin finansieel swaarkry?

Leerders kan verskeie redes noem, byvoorbeeld:

Die verwaarlosing van die huis Die ou model motor Die relatiewe klein huisie, ens.

2. Kyk mooi, dink jy die ma weet watter kind met haar praat?

Nee. Die ma kyk rond.

3. Watter een van die kinders dink jy vra wanneer hulle gaan eet? Motiveer jou antwoord.

Leerders se eie antwoorde. Hulle moet dit net goed motiveer.

4. Waarom kan spotprent 2 as ironies beskou word?

Dit is ironies dat onderwysers wat ’n vak vir kinders moet leer nie die vraag kan beantwoord nie.

5. Wat is oneties aan die onderwyser se optrede in die spotprent?

Die onderwyser is oneerlik, want hy probeer skelm ’n antwoord by iemand anders kry.

6. Wat stel die kat met die sak oor sy kop voor? Dink jy dit is eties korrek om dit te doen?

Die kat stel iemand wat dom is en nie die werk kan doen nie voor. Dit is oneties om iemand af te kraak en as dom uit te beeld.

7. Hoe word die onderwyser in spotprent 2 getipeer?

Die onderwyser word as dom en oneerlik getipeer. Aktiwiteit 60 Oefen woordeboekgebruik

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Slaan die woord bult (raampie 3) na en dui die betekenis van dié woord binne konteks aan.

Binne konteks beteken die woord bult hier daar is ’n knop, swelling op haar hand.

2. By watter kernwoord sal jy die woord vratjie (raampie 3) gaan opsoek?

Vrat.

3. Soek die woord seker in die woordeboek op en voltooi die volgende uitdrukking: ... en seker gaan ek nie emigreer nie.

Gewis en seker gaan ek nie emigreer nie.

4. Verdeel die woord tweetalige in lettergrepe en dui aan watter lettergreep die hoofklem dra. twee – ta – lig – e

5. Waarvoor staan die Afkorting HAT (raampie 6)?

Page 31: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal.

6. Wie is Bosman, Hiemstra en Van der Merwe na wie in raampie 7 verwys word?

Samestellers van ’n woordeboek.

7. Wat beteken die woord mompel in raampie 7?

Mompel beteken om binnensmonds (onduidelik) te praat.

8. Watter woord sal jy moet opsoek om die betekenis van die woord skuus (raampie 10) te vind? Ekskuus.

9. Die woord haai is van toepassing.

9.1 As watter woordsoort word die woord haai in die laaste raampie gebruik? Tussenwerpsel.

9.2 Gebruik die homoniem van dié woord in ’n sin.

Die haai in die see is gevaarlik. Aktiwiteit 61 Skryf ’n dialoog Aktiwiteit 62 Woordeskatuitbreiding en taalverskynsels

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. In paragraaf een en twee is oortollige woorde wat weggelaat kan word. Skryf die woorde neer.

“... te voet geloop ...” (paragraaf 1)

“... gratis en verniet ...” (paragraaf 2)

2. Volksetimologie is wanneer ’n woord verander word om by ons taal se klanksisteem te pas. Skryf ’n voorbeeld van volksetimologie uit paragraaf 1 neer en dui aan van watter woord dit afgelei is.

“merrie-korhaan” Die woord is afgelei van die woord merry go round.

3. Skryf uit paragraaf 4 ’n voorbeeld van klanknabootsing neer.

“doef-doef-doef”

4. Skryf uit paragraaf 4 neer:

4.1 ’n neologisme – laserskyf

4.2 ’n taalfossiel – steen des aanstoots

5. Die eerste twee ritte was gratis en verniet. Hierdie sin is in die verlede tyd. Skryf hierdie sin oor in die teenwoordige tyd.

Die eerste twee ritte is gratis en verniet.

6. Later die aand was daar ’n popkonsert in die arena.

6.1 Skryf hierdie sin oor in die ontkenning.

Later die aand was daar nie ’n popkonsert in die arena nie.

6.2 Verander hierdie sin in ’n spesifieke vraagsin.

Wanneer was daar ’n popkonsert?

6.3 Skryf ’n antoniem vir die woord later neer. Vroeër.

7. Benoem die vetgedrukte werkwoorde in die onderstaande sinne:

7.1 Daar was ’n spesiale aanbieding. Koppelwerkwoord.

Page 32: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

7.2 Die tieners het te voet geloop na die Innibos-feesterrein.

Het = hulpwerkwoord.

Geloop = hoofwerkwoord. Aktiwiteit 63 Geïntegreerde taaloefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Die woord oudste kom in paragraaf 1 voor. Oudste is die oortreffende trap van ou. Skryf nou die vergrotende trap van dié woord neer. Ouer.

2. Skryf die rede neer waarom Suid-Afrika (paragraaf 1) met ’n koppelteken geskryf word.

Aardrykskundige name wat rigting aandui word met ’n koppelteken geskryf.

3. Watter woordsoort is die woord talle (paragraaf 1)?

Onbepaalde hooftelwoord.

4. In paragraaf 1 word die woorde ... oor die muur ... letterlik gebruik. Gebruik die woorde nou figuurlik in ’n sin.

Enige sin waarin die woorde oor die muur beteken om onbruikbaar te wees: My ou paar drafskoene is oor die muur, ek moet nuwes kry.

5. Skryf die twee basiswoorde van die woord deursigtig (paragraaf 2) neer.

Deur en sien.

6. Word die byvoeglike naamwoord krullerige in paragraaf 2 attributief of predikatief gebruik? Attributief.

7. Skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies neer.

Die verander van die vertrek na ’n balsaal was ’n groot (beter). Verbetering.

8. Skryf ’n sinoniem vir die woord gesien (paragraaf 3) neer. Opgemerk.

9. Skryf die meervoud van die woord bad (paragraaf 3) neer. Baddens.

10. Skryf die intensiewe vorm van skoonste (paragraaf 4) neer. Silwerskoon.

11. Haal ’n infinitiewe werkwoord (om te plus ’n werkwoord) uit die eerste sin van paragraaf 3 aan. Om te bad.

12. Gebruik die homofoon van die woord maar in ’n sin sodat die betekenis duidelik ’n vore kom.

Die meisie het baie maer geword nadat sy op ’n dieet was.

Aktiwiteit 64 My spellys

Page 33: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 5 en 6

O togga, ’n gogga

Aktiwiteit 65 Luisterbegrip

Luisterteks

Die muskietraaisel

Hoekom byt die muskiete jou voos, maar hulle los jou bedmaat uit? Wel, wetenskaplikes krap al lankal kop oor die verskynsel. Hulle wil baie graag weet wát dit is wat muskiete aantrek sodat hulle die bestanddeel kan gebruik om muskiete te lok, te bestudeer en ook te beheer.

Maar daar is soveel verskillende spesies muskiete, en hulle word nie almal deur dieselfde middel aangetrek nie. Wetenskaplikes weet wel dat muskiete gelok word deur melksuur, wat op die menslike vel voorkom – maar dit geld net ’n hand vol spesies, waaronder die geelkoors muskiet. Die menslike vel vervaardig ook 340 verskillende chemiese reuke, en party daarvan lok muskiete.

Vroeër is gedink dat muskiete agter die koolsuurgas aan is wat ons uitasem, maar van die muskiet-lokstowwe wat in laboratoriums vervaardig word, bevat nie koolsuurgas nie.

Interessant genoeg hou muskiete nie van vuil sokkies en limburger-kaas nie – daar is ’n soort bakterie wat in albei voorkom. Maar voor jy begin dink om dae lank een paar sokkies te dra in ’n poging om muskietbyte vry te spring, moet jy in gedagte hou dat die reuk net ’n paar muskiet spesies afsit. Dit kan gebeur dat jou ou sokkies net ander mense weghou, en nie muskiete nie.

Geneem uit die tydskrif dit, Maart 2003, bl. 23.

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Skryf ’n idiomatiese uitdrukking neer wat beteken hard laat dink wat om te doen.

Iets wat jou laat kop krap beteken dit laat jou hard dink wat om te doen.

2. Watter verskynsel van muskiete kan die wetenskaplikes nie verklaar nie?

Wetenskaplikes kan nie verklaar waarom muskiete sekere mense byt en andere nie.

3. Skryf twee redes neer waarom dit vir wetenskaplikes belangrik is om te weet wat dit is wat muskiete lok.

Sodat hulle die bestanddeel kan gebruik om muskiete te lok om hulle te kan bestudeer en beheer.

4. Skryf slegs die naam neer van die afskeiding wat op die menslike vel voorkom wat muskiete lok. Melksuur.

5. Watter muskiet word veral deur hierdie afskeiding op die vel gelok? Geelkoors muskiet.

6. Is dit ’n feit dat die koolsuurgas wat ons uitasem muskiete lok? Motiveer jou antwoord deur slegs een woord neer te skryf.

Nee, die gebruik van die woord “gedink”.

7. In die luisterstuk kom die woord laboratoriums voor. Skryf die wisselvorm van dié woord neer. Laboratoria.

8. Die dra van vuil sokkies is van toepassing. Luister mooi.

8.1 Watter voordeel hou die dra van vuil sokkies in?

Page 34: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Die reuk van vuil sokkies sal sekere muskiete weghou.

8.2 Watter nadeel is daar verbonde aan die dra van vuil sokkies?

Die dra van vuil sokkies sal mense van jou af weghou. Aktiwiteit 66 Voer ’n onderhoud

Aktiwiteit 67 Skryf ’n onderhoud

Aktiwiteit 68 Literêre teks: Drama

Aktiwiteit 69 Literêre teks: Gedig

Aktiwiteit 70 Leesbegrip

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Hoe sluit die leesstuk se eerste en laaste paragrawe by mekaar aan?

In beide die paragrawe word gemeld dat Philip de Vos mense wil laat lag.

2. In watter stad het Philip sy hele skoolloopbaan gewoon? Bloemfontein.

3. In die huis in Krieketstraat 13 waar hulle grootgeword het, was daar nie juis boeke en musiek nie. Beteken hierdie sin dat daar glad nie boeke en musiek in die De Vos-familie se huis was nie? Verduidelik.

Daar was wel boeke en musiek maar baie min, die woorde nie juis ... nie dui daarop dat daar wel enkele boeke was.

4. Watter twee dinge het Philip de Vos deur sy buurmaatjie, Riana, ontdek (paragraaf 4)?

By Riana leer Philip boeke ken en ontdek hy die biblioteek.

5. Waarna verwys die woorde kreatiewe inspirasie in paragraaf 4?

Dit verwys na sy vermoë om stories en versies uit te dink.

6. Skryf die naam neer van die persoon by wie Philip de Vos met musiek kennis gemaak het. Van watter leestegniek het jy gebruik gemaak om die vraag te kon beantwoord?

Mary-Ann. Soeklees.

7. Het Philip de Vos reeds op ’n vroeë ouderdom aan konserte deelgeneem?

Ja, hy was in standerd 2 (graad 4).

8. Skryf ’n sin uit paragraaf 5 neer wat mooi saamvat hoe Philip de Vos sy skooljare opsom.

“...dit was onskuldige pret.”

9. Skryf ’n woord uit paragraaf 6 neer wat beteken dat Philip de Vos baie van goggas gehou het.

Verknog.

10. Wie dink jy is Liesl Pretorius waarna in paragraaf 7 verwys word?

Liesl Pretorius is die persoon wat met hom ’n onderhoud voer.

11. Lees paragraaf 7 noukeurig deur. Uit hierdie paragraaf kan jy aflei wat die styl, toon en register van Philip de Vos se gedigte meestal is. Skryf dit neer.

Sy gedigte is meestal speels, grappig en humoristies.

12. In paragraaf 4 sê Philip de Vos dat hulle bykans niks gehad het nie. Hy gebruik hierdie uitdrukking in plaas van brandarm om hulle situasie te versag. Wat word hierdie stylmiddel genoem?

Eufemisme.

Page 35: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

13. Die woord nar kom in paragraaf 7 voor. Gebruik hierdie woord eers letterlik en dan figuurlik in ’n sin.

Die nar maak grappe in die sirkus.

Die leerder gedra hom soos ’n nar en irriteer die onderwyseres.

Aktiwiteit 71 Taalleer

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Gee antonieme (woorde wat die teenoorgestelde beteken) vir die volgende woorde:

1.1 verlig (paragraaf 1) – vererger

1.2 Westerlinge (paragraaf 1) – Oosterlinge

1.3 styging (paragraaf 3) – daling

1.4 uitwis (paragraaf 3) – red

2. Gee sinonieme (woorde wat min of meer dieselfde beteken) vir die volgende woorde:

2.1 sommige (paragraaf 1) – sekere

2.2 entomoloog (paragraaf 2) – insektekundige

2.3 populasie (paragraaf 3) – bevolking

2.4 geëet (paragraaf 3) – genuttig

2.5 uitwis (paragraaf 3) – vernietig

3. Die woord meer kom in paragraaf 3 voor. Gebruik nou die homoniem van die woord meer in ’n verhelderende sin sodat die betekenis duidelik na vore kom.

Hulle vang vis in die meer.

4. Skryf uit die leesstuk ’n woord neer wat dieselfde beteken as om voordeel uit iets te trek.

Baat.

5. Kilogram se afkorting is kg. Gee nou die erkende afkortings vir die volgende woorde:

5.1 ensovoorts – ens.

5.2 televisie – TV

5.3 met behulp van – m.b.v.

5.4 as gevolg van – a.g.v. Aktiwiteit 72 Geïntegreerde taaloefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Skryf die basis van die woord kakkerlak (paragraaf 1) neer.

Kakkerlak.

2. Gebruik die woord lui (paragraaf 1) in ’n ander betekenisverband in ’n sin.

Die klok lui twee-uur. Die seun is lui en doen nie sy huiswerk nie.

3. Skryf uit paragraaf 2 ’n woord neer waar die vokaal in ’n swak beklemtoonde lettergreep tot ’n “i”-klank gereduseer kan word.

Passasier as passisier.

4. Gee die verkleining van die woorde tussen hakies: Die motor het op die (plaaspad) gery en ’n (botsing) veroorsaak.

Page 36: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Plaaspaadjie, botsinkie.

5. Haal enige woord uit paragraaf 2 aan en dui aan hoe ontronding die uitspraak van die woord sal verander.

Gebeur uitgespreek as gebeer, nog talle voorbeelde.

6. Skryf die wisselvorm van die woord skreeu (paragraaf 2) neer. Skree.

7. Skryf die volgende woorde oor en onderstreep die diftonge wat daarin voorkom: gebeur, spoed, skreeu, voertuig.

Gebeur – geen diftong

Spoed – geen difong

Skreeu

Voertuig

8. Wat beteken die voorvoegsel on- in die woord ongeluk (paragraaf 2)?

on- beteken nie of geen.

9. Die bus het teen die boom vasgery. Die woord teen is ’n voorsetsel. Gee die korrekte voorsetsel in die volgende sinne:

9.1 Baie mense is geneig tot kwaad.

9.2 Hulle samel geld in ter stywing van die rampfonds.

9.3 Die polisie wil die vrou onder vier oë spreek.

Aktiwiteit 73 My eie spellys

Page 37: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 7 en 8

Musiek is ’n universele taal Aktiwiteit 74 Luisterbegrip

Toespraak

Musiek het ’n invloed op die mens en die natuur

Plato het gesê: “Musiek is ’n morele wet. Dit gee siel aan die heelal, vlerke aan die denke, vlug aan die verbeelding en vrolikheid aan alles wat lewe.”

Voorsitter, dames en here

Musiek hét ’n uitwerking op die mens en die natuur. Ek gaan my standpunt bewys deur na die volgende hoofpunte te verwys:

1. Die invloed van musiek op die natuur.

2. Die invloed van musiek op die mens. Het musiek ’n invloed op die natuur?

1. In 1970 het Dorothy Retallack baanbrekerswerk op die gebied – musiek en plante – gedoen. Sy het gevind dat plante wat aan haatvibrasies blootgestel is, gevrek het en plante wat na jazz en klassieke musiek “geluister” het, pragtig welig gegroei het.

2. In sy boek The secret power of music vertel David Tame van ’n eksperiment wat op rotte uitgevoer is. Twee afsonderlike houers, een waarin rockmusiek en een waarin barokmusiek gespeel is, is met ’n tonnel tussenin verbind. Die rotte is in die houers geplaas. Watter musiek dink u het die rotte verkies? Verrassing, dames en here! Ek weet nie of die rotte musikaal was nie, maar hulle het sonder uitsondering almal Bach se musiek verkies.

3. As musiek ’n uitwerking op die natuur het, het dit beslis ’n groot invloed op die mens!

4. Die mens is gebore met ’n ingeboude sin vir ritme: jou hart klop teen ongeveer 72 slae per minuut, ’n asemkoers van sestien per minuut en ’n loopritme van links-regs, links-regs. Dáárom klim musiek sommer maklik in ’n mens se bloedstroom in en skakel jou voete se jeuk aan.

5. Dr. Chambers, wys op ’n eksperiment waar tieners twee rou eiers voor luidsprekers van ’n rock-konsert gesit het en twee uur later was die eiers gaar!

6. Die rap-musiek waarna tieners vandag so graag luister, het sy ontstaan in die Chinese waterdrup-martelkamers waar die drup-drup-drup ’n vorm van fisiese en geestelike marteling was.

7. Musiek word ook al jare deur die besigheidswêreld effektief gebruik. Stadige rustige musiek noop die mens om stadig in winkels te loop en meer te koop. ’n Vol restaurant gebruik oorverdowende musiek sodat die gaste onbewustelik vinniger eet en dit verseker dan ’n groter omset vir die restaurant.

8. “Musiek gee die siel aan die heelal,

Vlerke aan die denke,

Vlug aan die verbeelding

En vrolikheid aan alles wat lewe!”

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Wat word bereik deur die begin van die toespraak weer aan die einde te herhaal?

Page 38: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Dit bind die toespraak tot ’n hegte eenheid en so vorm die toespraak ’n afgeronde eenheid.

2. Watter standpunt huldig die spreker? Glo die spreker in sy standpunt? Motiveer jou antwoord.

Die spreker huldig die standpunt dat musiek ’n invloed op die mens en natuur het. Hy glo in sy standpunt, want hy bewys sy standpunt deur duidelik sy hoofpunte te stipuleer.

3. Skryf ’n woord uit die toespraak neer wat daarop dui dat Dorothy Retallack die eerste persoon was wat die invloed van musiek op plante ondersoek het.

Baanbrekerswerk.

4. Van watter tegniek maak die spreker gebruik om die luisteraars te oortuig van sy standpunt in verband met David Tame se rotte?

Hy gebruik navorsing as bewys om sy standpunt te ondersteun.

5. Skryf die titel van David Tame se boek neer en vertaal dit in Afrikaans.

The secret power of music. Die geheime krag van musiek of Die kragtige uitwerking van musiek, ens.

6. Die spreker probeer om deurgaans sy gehoor te betrek. Hoe doen hy dit?

Die spreker maak gebruik van retoriese vrae om sy gehoor te betrek.

7. Is die argument van die eiers wat gaar word voor die luidsprekers geloofwaardig? Motiveer jou antwoord.

Dit is geloofwaardig, want die eksperiment is deur ’n professionele persoon dr. Chambers uitgevoer.

8. Waar het rap-musiek ontstaan?

Rap-musiek het in Chinese martelkamers ontstaan.

9. Het die spreker jou oortuig van sy standpunt? Motiveer jou antwoord.

Leerders se persoonlike menings, hulle moet dit net goed motiveer. Aktiwiteit 75 Groepbespreking Aktiwiteit 76 Lees met begrip

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Skryf kortliks neer wat die doel van hierdie skryfstuk is.

Die skrywer wil dit onder die leser se aandag bring dat Afrikaanse musiek vir hom eentonig is.

2. Wie is die teikengroep vir wie die leesstuk geskryf is? Motiveer jou antwoord.

Hierdie leesstuk is vir tieners geskryf, want dit het in die Jip (bylaag vir tieners in Beeld) verskyn.

3. Lees weer paragraaf 2. Watter afleiding kan ons hieruit maak ten opsigte van Suid-Afrikaners se kosvoorkeure?

Pap en vleis is gunsteling geregte van Suid-Afrikaners.

4. “Waaroor ek nie ’n keuse het nie, is of ek die woorde van Suid-Afrikaanse musiek wil hoor, al dan nie.” Lees die res van paragraaf 5 en sê of jy saamstem met wat die skrywer hier beweer.

Ja, want as ’n klant in ’n winkel koop moet hy noodgedwonge na die musiek luister wat in die winkel speel.

Page 39: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Nee, as jy nie van die musiek wat in ’n winkel speel, hou nie, kan jy loop en by ’n ander winkel gaan koop.

5. Slaan die betekenis van die woord kakofonie in die woordeboek na en dui ook aan waar die klem val by die uitspreek van die woord.

Die woord kakofonie beteken wanklank en die klem by uitspraak val op die laaste lettergreep, nl. kakofonie.

6. “Suid-Afrikaanse melodieë is altyd so eentonig” (paragraaf 6). Is hierdie aanhaling ’n feit of ’n mening?

Dit is slegs die mening van die skrywer. Daar is baie mense wat van Afrikaanse musiek hou en alle Afrikaanse musiek is nie noodwendig eentonig nie.

7. Het jy al ’n Lady Gaga-video gekyk en daarna na een van die “bokkie-treffers” geluister? Dis teleurstellend (paragraaf 8). Hierdie sin kan as dubbelsinnig gesien word. Verduidelik.

Dit kom nie duidelik na vore wat teleurstellend is nie, óf die Lady Gagavideo óf die bokkie-treffers.

8. Juanita du Plessis het meer albums verkoop as Lady Gaga. Is hierdie stelling geldig of ongeldig? Motiveer jou antwoord.

Dit is ’n ongeldige stelling. Juanita het slegs in Suid-Afrika meer albums as Lady Gaga verkoop.

9. Skryf uit paragraaf 10 ’n idiomatiese uitdrukking neer wat beteken om iemand te komplimenteer.

’n Pluimpie vir Juanita.

10. Watter geïmpliseerde betekenis lê opgesluit in die laaste sin van die leesstuk?

Suid-Afrikaanse musiek moet ’n nuwe koers inslaan. Suid-Afrikaanse musiek moet vernuwe.

11. Aldu Duminy haat Afrikaanse musiek. Skryf hierdie sin oor deur van versagting (eufemisme) gebruik te maak.

Aldu Duminy hou nie van Afrikaanse musiek nie.

12. Dink jy Aldu Duminy is bevooroordeeld teenoor Afrikaanse musiek? Verduidelik.

Leerders besluit self of die skrywer bevooroordeeld is. Hulle moet hulle antwoorde motiveer met voorbeelde uit die leesstuk.

Aktiwiteit 77 Strokies en grappies

Vrae en voorgestelde antwoorde

Grappie

1. Waarom kan die woorde “Julle sal dit nie glo nie...” as ironies gesien word?

Dit is ironies, want hulle kan duidelik hoor dat die seuntjie vals is.

2. Bestudeer die visuele uitbeelding van die grappie. Waaruit kan jy aflei dat die musiek vals is? Noem twee.

Die mense se gesigsuitdrukkings toon dat hulle nie van die musiek hou nie. Die musieknoot wat gebreek uitgebeeld word.

Strokiesprent: Vir botter of wors

Pre-lees

Page 40: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

1. Bestudeer die titel van die strokie. Wat noem ons die taalverskynsel wat hierin voorkom? Volksetimologie.

2. Leerders identifiseer moeilike woorde en lei die betekenisse af. Tydens-lees

3. Raampies 3, 4, 5 en 6 bevat nie dialoog nie.

3.1 Hoe weet ons dat die meisie die musiek waarna sy luister, geniet?

Sy glimlag en dans van plesier.

3.2 Wat dink jy gaan in die ma se gedagtes om? Skryf haar gedagtes in die vier raampies in woorde neer.

Enige toepaslike antwoord:

Ek wonder na watter soort musiek luister my kinders? Wanneer laas het ek my lyfie so gewikkel. Sal ek dit waag...? Hoe werk ’n laserskyfspeler?

4. Bestudeer die visuele uitbeelding van die meisie in raampie 3 en die uitbeelding van die ma in raampie 7. Dui die kontras wat hierin voorkom aan.

Die meisie het ’n salige en gelukkige uitdrukking op haar gesig. Jy kan sien sy geniet die musiek.

Vir die ma is dit glad nie ’n aangename ervaring nie, want die musiek is te hard. Post-lees

5. Skryf ’n nuutskepping uit raampie een neer. Laserskyf.

6. Watter woord in raampie 1 dui daarop dat Mike nie graag sy laserskyfspeler wou uitleen nie. Reken.

Aktiwiteit 78 Literêre teks: Jeugverhaal

Aktiwiteit 79 Literêre teks: Gedig

Aktiwiteit 80 Skryf ’n resensie [Formele assesseringstaak 2] Aktiwiteit 81 Ontdek idiome

Vrae en voorgestelde antwoorde

Opdrag 1

Hamer op dieselfde aambeeld.

Tot vervelens toe oor dieselfde onderwerp praat.

Te dik vir ’n daalder.

’n Daalder is ’n vroeëre Suid-Afrikaanse geld (15 sent). Dit beteken te erg, te duur.

Grou ou koeie uit die sloot.

Herinneringe uit die verlede oproep.

’n Perd van ’n heel ander kleur.

Dit is totaal anders as wat vermoed word.

Die kloutjie by die oor bring.

Twee teenstrydighede met mekaar probeer versoen. Probeer om ’n storie geloofwaardig te laat klink. Om iets uit te beredeneer.

Page 41: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Opdrag 2

1. As dit pap reën, moet jy skep.

Maak gebruik van geleenthede wat na jou jou kant toe kom.

2. Die hond in die pot kry.

Laat kom vir ete.

3. Bobbejaan het hier ’n kierie nodig.

Dis ’n onbegaanbare gebied. Aktiwiteit 82 Geïntegreerde taal- en begripsvrae

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. ’n Perfekte kamp atmosfeer word in die eerste paragraaf geskets.

1.1 Wat is die verband tussen die eerste en tweede paragraaf?

Paragraaf 2 is in kontras met die eerste paragraaf.

1.2 Watter woord dien as skakel tussen dié twee paragrawe.

Nee.

2. Die akoestiek van die oop veld is mos onverbeterlik daarvoor (paragraaf 2). Is hierdie aanhaling informatief of sarkasties bedoel?

Sarkasties.

3. Tien is ’n hooftelwoord. Tot watter woordsoort behoort die woord tienjarige in die volgende aanhaling: “...ek dalk my tienjarige seun se viool inpak...” (paragraaf 3)?

Byvoeglike naamwoord.

4. Wat beteken die idioom om tweede viool te speel?

Om ’n ondergeskikte rol te beklee.

5. Die woord ongestoord in paragraaf 2 het betrekking.

5.1 Van watter woord is dié woord ongestoord afgelei? Steur.

5.2 Watter soort sin is hierdie? Vraagsin.

5.3 Hierdie sin is nie volledig nie. Skryf dit oor as ’n volledige sin.

Is dit werklik ongestoord?

6. Dan vat hy die volgende lyntjie (paragraaf 3).

6.1 Gebruik die homofoon van die woord vat in ’n verhelderende sin.

Die modefat trek volgens die nuutste modes aan.

6.2 Gebruik die homoniem van die woord vat in ’n verhelderende sin.

Die wyn word in ’n houtvat verouder.

7. Bestudeer die slotparagraaf noukeurig.

7.1 Wat is die funksie van die aandagstreep in die slotparagraaf?

Die aandagstreep beklemtoon die ooreenkoms tussen die geluide.

7.2 Verduidelik die suggestie wat daar in dié paragraaf opgesluit lê.

Hier word gesuggereer dat nóg vioolmusiek nóg ’n kat se gemiaau iets mooi is om na te luister.

8. Gee ’n sinoniem vir die woord woonwa in paragraaf 3. Karavaan.

Page 42: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

9. Skryf die antoniem vir die woord snags in paragraaf 3 neer. Bedags.

10. Dan vat hy die volgende lyntjie (paragraaf 3). Skryf hierdie sin oor in die toekomende tyd.

Dan sal hy die volgende lyntjie vat. Aktiwiteit 83 My eie spellys

Page 43: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 9 en 10

Halfjaareksamen Aktiwiteit 84 Halfjaareksamen [Formele assesseringstaak 3]

Sien memorandum in aparte afdeling.

Page 44: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Kwartaal 3 Week 1 en 2

Rugby! Die sport van die manne! Aktiwiteit 85 Luisterbegrip

Dialoog

Marie: Hallo Annie. Hoekom lyk jy so bekommerd?

Annie: Jong, ek is bekommerd, want my seun Jan het mos nou besluit om te begin rugby speel.

Marie: Hoekom bekommer jy jou daaroor? My twee bulletjies speel altwee rugby en geniet dit baie. Jou Jan is mos groot en sterk vir sy ouderdom en behoort ’n goeie voorspeler te wees. Rugby is mos ’n spel vir die manne en Jan is mos ’n MAN!

Annie: Dis wat sy pa ook sê, maar luister na hierdie berig wat ek in die Rapport, gelees het: (Lees berig) Kopskerms help rugbyspelers nie, deur Elzanne Badenhorst

1. Kopskerms beskerm nie rugbyspelers teen ernstige beserings soos harsingskudding nie.

2. Die erkenning kom van dr. Ismael Jakoet, mediese konsultant van die Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbal-unie (Sarvu), in ’n week waarin verrassende bevindings oor kopbeserings in rugby bekend gemaak is.

3. Dr. Uli Schmidt, gewese Springbokhaker wat sy rugby weens ’n besering moes kortknip, sê as hy nou ’n kind op skool gehad het, sou hy daarop aangedring het dat hy met ’n kop- én ’n mondskerm speel.

4. Hoe doeltreffend is ’n kopskerm vir ’n rugbyspeler? Is een van die vrae wat nou van skool- tot toetsvlak gevra word na ’n baanbreker-studie wat die Rhodes-universiteit vir Sarvu gedoen het.

5. Daar is bevind dat rugbyvoorspelers op die lang duur breinskade kan opdoen weens stampe teen die kop.

6. In die toetse wat op vyftig van Suid-Afrika se top-rugbyspelers gedoen is, is bevind dat veral voorspelers mettertyd breinbeserings kan opdoen omdat hulle meer blootgestel word aan kopstampe.

7. Die toetsresultate toon volgens Jakoet, tekens van geheueverlies en ’n afname in die vermoë om inligting te verwerk.

8. “Kopskerms soos nou gedra word –dié wat goedgekeur is deur die Internasionale Rugbyraad – beskerm nié teen harsingskudding nie. Hulle is te dun om ’n stamp ordentlik te absorbeer,” sê hy.

9. Hy sê die kopskerms help meestal vir snye teen die kop, bloed en blomkool-ore. “Ek glo tog dat mondskerms kragtige stampe op die ken kan absorbeer.”

Marie: Sjoe, Annie, dit ís ontstellend. Nou is dit ook bye, bye rugby vir my twee bulletjies.

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Is die eerste sin van die luisterstuk ’n feit of ’n bewering? Motiveer jou antwoord.

Dit is ’n feit, want dit is bevind deur gesaghebbende navorsing wat gedoen is.

2. Skryf die naam neer van die dokter wat hierdie erkenning oor kopskerms gemaak het.

Page 45: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Ismael Jakoet.

3. Skryf ’n woord uit paragraaf 2 neer wat daarop dui dat die bevindings van die navorsing nie was wat hulle verwag het nie.

Verrassende.

4. Waarop sou Uli Schmidt aandring?

Hy sou daarop aandring dat sy kind ’n kop- en mondskerm dra.

5. Waarom sou ’n mens juis Uli Schmidt se mening in ag neem? Noem twee.

Hy is ’n dokter. Hy het haker vir die Springbokspan gespeel en het eerstehandse kennis van die

beserings wat opgedoen kan word.

6. Skryf ’n woord uit paragraaf 4 neer wat beteken navorsing wat die weg voorberei.

Baanbreker-studie.

7. Watter rugbyspelers sal makliker breinskade opdoen en waarom juis hulle?

Voorspelers. In hulle spel in die skrum word hulle meer blootgestel aan kopstampe.

8. Skryf ’n metafoor uit die laaste paragraaf neer en sê of dit ’n gepaste metafoor is.

Blomkool-ore. Ja dit is gepas, want die spelers se ore raak verwronge in die skrum en lyk soos blomkole.

Aktiwiteit 86 Skryf ’n dialoog [Formele assesseringstaak 2a]

Aktiwiteit 87 Rolspeel ’n dialoog

Aktiwiteit 88 Literêre teks: Kortverhaal

Aktiwiteit 89 Literêre teks: Gedig Aktiwiteit 90 Begripsvrae oor ’n koerantberig

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Skryf uit die inleidingsparagraaf ’n uitdrukking neer wat beteken dat albei spanne goeie rugby gespeel het.

“...hul rugbystemme dik gemaak...”

2. Was dit reg van die begin van die wedstryd af al duidelik watter span gaan wen? Motiveer jou antwoord deur ’n enkele woord uit paragraaf 2 aan te haal.

Nee, “...doodsnikke...”

3. “...van hul wipplank-wedstryd...” (paragraaf 2) het betrekking.

3.1 Watter vorm van beeldspraak tref ons hier aan? Metafoor.

3.2 Wat sou ’n wipplank-wedstryd wees?

Dit dui daarop dat die een oomblik loop die een span voor en dan weer die ander. Net soos by ’n wipplank waar een persoon bo is en dan weer die ander.

4. Daar word na die leerders van Hoërskool Oudtshoorn as die Struisies verwys.

4.1 Waarom dink jy word daar na die leerders van die skool as Struisies verwys?

Oudtshoorn is volstruiswêreld, hulle word moontlik na die volstruise vernoem.

4.2 Watter woordsoort is die woord Struisies? Eienaam.

4.3 Watter woordsoort is die woord volstruis? Soortnaam.

5. Watter twee woorde van die sportkoördineerder (paragraaf 3) staan in kontras met mekaar?

Page 46: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Riller en skoon.

6. Was die strafdoel wat Percy Williams vir sy span oorgeskop het, die enigste punte wat hy aangeteken het?

Nee, hy het ook ’n drie gedruk. Aktiwiteit 91 Geïntegreerde lees-, kyk- en taalvrae

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Watter suggestie is opgesluit in hierdie grappie?

Die afrigter suggereer dat Jannie se ma langs die veld te kere gaan.

2. Gee die verkleining van die woord opponente. Opponentjies.

3. Skryf die wisselvorm van die woord geskreeu neer. Geskree.

4. “Verstaan jy wat ek sê?” Is hierdie ’n algemene of ’n spesifieke vraagsin? Motiveer jou antwoord.

Algemene vraagsin. Daar is nie ’n vraagwoord in die sin nie.

5. Goeie is die verboë vorm van die woord goed. Gee nou die trappe van vergelyking van dié woord.

Goed – beter – die beste.

6. Verstaan jy wat ek sê? Beantwoord hierdie vraag deur dit in ’n stelsin te omskryf.

Ja, ek verstaan wat jy sê.

7. Skryf die sinoniem en die antoniem van die woord opponente neer.

Teenstanders en spanmaats.

8. Skryf die intensiewe vorm van die woord mooi neer. Popmooi.

9. Verstaan jy wat ek sê? Beklemtoon die woord verstaan deur die regte klemtekens te gebruik. Verstáán.

10. Waarom word die woord Rand met ’n hoofletter geskryf?

Dit is ’n eienaam vir die spesifieke streek.

11. Die woord doepa is van toepassing.

11.1 Slaan die betekenis van die woord doepa in die woordeboek na en skryf ’n sinoniem daarvoor neer.

Toormiddel.

11.2 Is die gebruik van dié woord gepas? Motiveer jou antwoord.

Die woord verwys eintlik na ’n toormiddel om ’n meisie se hart mee te verower en is dus buite konteks gebruik. In die volksmond het die woord al die betekenis begin kry van ’n geheime gesondmakertjie.

Leerders se antwoorde moet net baie goed gemotiveerd wees.

12. Wat suggereer die noodhulpman met sy laaste woorde aan die skeidsregter?

Hy suggereer dat die skeidsregter swak blaas, want hy sien nie die foute nie.

13. Die arme skeidsregter moet dikwels in rugbywedstryde die spit afbyt. Hulle word aan baie kritiek blootgestel.

13.1 Wat beteken die uitdrukking ... die spit afbyt?

Om ’n moeilike taak te verrig.

Page 47: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

13.2 Iemand wat kritiek lewer is ’n kritikus. Skryf die twee meervoude van die woord kritikus neer.

Kritici en kritikusse.

14. “Watter goed het jy daar by jou?” Skryf die skeidsregter se direkte woorde oor in die indirekte rede. Begin as volg: Die skeidsregter vra...

Die skeidsregter vra watter goed hy by hom het.

15. Uit watter taal is die woord doepa ontleen?

Maleis-Portugees.

16. Wat dink jy het daartoe aanleiding gegee dat die skeidsregter so kwaad is vir die Springbokke?

Die span het Afrikaans met mekaar gepraat en planne beraam. Die skeidsregter kon hulle nie verstaan nie.

17. Skryf die skeidsregter se woorde oor in keurige Afrikaans.

Hou op om in daardie vreemde taal te praat anders gaan ek julle ’n rooikaart gee voordat ek julle terugstuur na julle land (deporteer).

18. Benoem die volgende woordsoorte:

18.1 Aha – Tussenwerpsel.

18.2 moer – Selfstandige naamwoord: soortnaam.

18.3 jou – Voornaamwoord: wederkerend.

19. Word die byvoeglike naamwoord gestripte attributief of predikatief gebruik? Attributief.

20. Waarvoor staan die woord g’n? Geen.

21. Skryf die werkwoord wat in die spreekbeurt voorkom, neer. Vervies.

22. Skryf die letterlike sowel as die figuurlike betekenis neer wat aan die “dokter” se woorde gekoppel kan word.

Letterlik is daar regtig ’n moertjie los wat vasgedraai moet word.

Dit verwys figuurlik daarna dat jy gou kwaad word.

23. Wat word gesuggereer deur die inligting aangaande die “dokter” wat op die deur staan?

Die woord agterjaart suggereer dat hy nie ’n bekwame (gekwalifiseerde) dokter is nie. Daar word spottenderwys na sielkundiges as kopmekenieks verwys.

24. Hoe sluit die visuele uitbeelding aan by die woorde wat op die deur staan? Verduidelik volledig.

Op die deur staan dat die dokter ’n kopmekaniek is. Die prent beeld dit visueel uit. Daar is gereedskap en allerhande moertjies, boutjies en skroewe wat gewoonlik deur ’n werktuigkundige gebruik word en nie deur sielkundiges nie.

25. Waarom kan die woord besig wat op die deur staan as ironies gesien word?

Dit is ironies, want die deur staan oop en almal kan sien hulle is besig.

26. Die rugbyspeler het bromkatjies gehad en kon nie speel nie. Bromkatjies is volksetimologie. Van watter woord is bromkatjies afgelei?

Bronchitis. Aktiwiteit 92 My eie spellys

Page 48: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 3 en 4

Ons geveerde vriende Aktiwiteit 93 Luisterbegrip

Luisterteks

Bewaar ons natuur en maak skoon na jou ontspanning

Chrissie Ferreira, Groenwilgers aftreeoord

Geneem uit wwwpotchherald.co.za

2012-05-18 1. Hier by ons mooi aftreeoord teen die Mooirivier sien ons menige keer hoe die

onbedagsaamheid van mense die natuur en veral die voëllewe skade aandoen. En nou praat ek eintlik van die vissermanne.

2. By twee geleenthede waarvan ek weet, het ons van die hadidas met kos in ’n woonstel gelok om dan met afgryse te sien hoe verstrengel hul pote in vislyn en selfs vishoeke is.

3. Ek het hierdie week na baie mislukte pogings so ’n kreupel hadida in die hande gekry. Albei pote was verstrengel in vislyn. Met buurvrou se hulp kon ons die lyn aan een poot lossny. Aan die ander poot was die lyn so diep ingesny dat ons by die kliniek hulp moes kry.

4. Die stafverpleegster aan diens het met groot moeite daarin geslaag om al die lyn van die bloeiende poot af te kry. Maar een toon sal hy definitief nie behou nie. Selfs kiewiete loop met vislyn om hul pote.

5. Ek gun die vissermanne hul gesonde ontspanning, maar groot asseblief, ruim tog al die rommel op as julle huis toe gaan. Terloops, ek het vanoggend (12 Mei) handevol vislyn en -hoeke langs die rivier opgetel.

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. In watter dorp is Chrissie Ferreira moontlik woonagtig? Waaruit kon jy hierdie afleiding maak?

Potchefstroom. Die brief het in die Potch Herald, ’n koerant van Potchefstroom verskyn.

2. Dink jy Chrissie is nog jonk? Motiveer jou antwoord.

Nee. Sy is oud, want sy woon in ’n aftreeoord.

3. Luister mooi en skryf uit die eerste sin ’n sinoniem vir die woord baie, neer.

Menige.

4. Wie is volgens die skryfster veral onbedagsaam teenoor die voëllewe?

Vissermanne.

5. Skryf kortliks watter optrede van die vissermanne die voëllewe benadeel.

Die vislyne wat afbreek en deur die vissermanne net so agtergelaat word, raak in die voëls se pote verstrengel.

6. Skryf die name van die twee soorte voëls neer wat sy met vislyn om hul pote sien rondloop het.

Hadidas en kiewiete.

7. Watter drie stappe het Chrissie Ferreira gevolg om die hadida van die vislyn om sy pote te bevry?

Page 49: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Sy het eers self probeer, daarna haar buurvrou se hulp ingeroep en toe na die kliniek gegaan.

8. Watter voorsorg tref die skryfster om die voëls te help?

Sy tel die vislyne en -hoeke langs die rivier op. Aktiwiteit 94 Groepbespreking Aktiwiteit 95 Lees ’n artikel

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Is die volgende stelling waar of onwaar? Mev. Emsie Mohr raak opstandig as voëls beseer word.

Onwaar. Sy raak net opstandig as mense voëls beseer.

2. Waar kry mev. Mohr die fondse om die voëls te versorg?

Sy betaal self vir die versorging van die voëls.

3. Waarom word die woord “voëlhospitaal” tussen aanhalingstekens geplaas?

Die woord word buite konteks gebruik. Dit is nie werklik ’n hospitaal nie, maar die studeerkamer.

4. Skryf ’n woord uit paragraaf 2 neer wat daarop dui dat hulle nie verseker weet of die duif deur ’n windbukskoeël getref is nie.

Oënskynlik.

5. Wat is volgens mev. Mohr die rede dat kinders voëls wil skiet?

Hulle ouers het hulle nie respek vir die natuur geleer nie.

6. Wat is die rede waarom emosioneel afgeskeepte kinders voëls wil skiet?

Deur voëls te skiet raak hulle ontslae van opgekropte aggressie.

7. Skryf die stappe wat ’n mens moet volg wanneer ’n voël beseer is, puntsgewys neer.

Hou die voël warm. Gee vir die voël vloeistowwe om te drink. Drup heuning wat in water opgelos is, in hul bekkies. Neem die voël na ’n veearts.

8. Slaan die betekenis van die woorde stereotipering, vooroordeel en partydigheid in die woordeboek na en skryf dit neer. Verduidelik of paragraaf 4 as ’n voorbeeld hiervan gesien kan word.

Vooroordeel is vooropgestelde idees. Stereotipering is ’n vaste siening oor ’n spesifieke soort persoon, byvoorbeeld dat

blondines dom is. Partydigheid dui daarop dat jy ’n sekere saak bevoordeel.

In paragraaf 4 blyk dit asof die skrywer bevooroordeeld is en te kenne gee dat slegs kinders wat emosionele probleme het voëls skiet.

Aktiwiteit 96 Literêre tekste: Gedig

Aktiwiteit 97 Die brief aan die pers Aktiwiteit 98 Geïntegreerde taal- en begripsoefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

Page 50: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

1. Verduidelik die dubbele betekenis wat in die titel opgesluit lê.

Restaurante vir voëls en restaurante vir niks.

2. Waarom word “aasvoëlrestaurante” tussen aanhalingstekens geskryf?

Die woord is buite konteks gebruik. Dit is nie in die ware sin van die woord ’n restaurant nie.

3. Bestudeer die subtitel noukeurig. Watter skynbare teenstelling (weerspreking) kom hierin voor?

Die voortbestaan van aasvoëls word bedreig teenoor die toekoms lyk rooskleuriger.

4. Watter twee bedreigings is daar vir aasvoëls?

Vergiftiging en ’n tekort aan kalsium bedreig die voortbestaan van die aasvoël.

5. Wat is die teenoorgestelde van kalsiumtekort?

Kalsiumoorskot.

6. ’n Dekade (paragraaf 1) is ’n tydperk van 10 jaar. Wat noem ons ’n tydperk van ...

6.1 100 jaar – Eeu.

6.2 1000 jaar– Millennium.

7. Benoem die onderstaande woordsoorte:

7.1 omdat (paragraaf 2) – Voegwoord.

7.2 vroeër (paragraaf 3) – Bywoord van tyd.

7.3 kwart (paragraaf 3) – Telwoord.

7.4 eerste (paragraaf 4) – Rangtelwoord.

8. Skryf ’n voorbeeld van ’n onbepaalde lidwoord uit paragraaf 1 neer. ‘n.

9. Is die sin in die subtitel ’n enkelvoudige of ’n saamgestelde sin?

Saamgestelde sin.

10. Dooie beeste, perde, donkies en selfs springbokke is by verskeie plekke in die Magaliesburg-distrik aan die kransaasvoëls voorsien. Is hierdie sin uit paragraaf 5, ’n feit of ’n mening? Feit.

11. Die woord meer kom in paragraaf 2 voor. Gebruik die homoniem van hierdie woord in ’n verhelderende sin.

Die meer is vol water.

12. Wat is die funksie van die ellips aan die einde van paragraaf 5?

Die leser kan sy gedagtes invoeg van hoe die aasvoëlrestaurante bekend geraak het.

13. Gee ’n sinoniem vir die woord kos in paragraaf 3.

Voedsel.

14. Skryf vyf moeilike woorde uit die leesstuk in jou spellys neer.

15. Gee die rede vir die gebruik van die kommas in paragraaf 4.

Voor en na ’n bystelling word ’n komma gebruik.

16. Hierdie berig is nugter en in neutrale taal geskryf. Indien die skrywer na die aasvoëls as sy kinders sou verwys noem ons dit emotiewe / neutrale taal.

Emotiewe.

17. Watter woordsoorte is die woorde op en af in raampies 3 en 4?

Voorsetsels.

Page 51: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

18. Vul die ontbrekende voorsetsels in onderstaande sinne in.

18.1 Dis te danke aan die afrigter dat ons gewen het.

18.2 Daar was by benadering ’n duisend toeskouers by die wedstryd.

18.3 Ons het onder leiding van ’n gids die staptog onderneem.

18.4 Ek het per abuis die kraan oop vergeet.

18.5 Ek het ten spyte van my onfiksheid gewen.

Page 52: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 5 en 6

Dit sê so lekker... Aktiwiteit 99 Onvoorbereide mondeling

Aktiwiteit 100 Voorbereide praatjie [Formele assesseringstaak 1]

Aktiwiteit 101 Literêre teks: Drama

Aktiwiteit 102 Literêre tekste: Gedig

Aktiwiteit 103 Lees met begrip

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Waarteen maak die skrywer beswaar in die leesstuk?

In die leesstuk maak die skrywer kapsie teen tieners se manier van groet.

2. Skryf die vier maniere van groet waarna in die leesstuk verwys word, neer.

“Hei bra!”

“Hoezit, my china?”

“Hoe gaan dit bru / boet?”

“Haai jy!”

3. Waarom beweer die skrywer dat die wêreld dink alle tieners is manlik?

Alle tieners word aangespreek as ouens en boet, wat die aanspreekvorme vir die manlike geslag is.

4. Watter twee dinge aangaande die aanspreekvorm ou is vir die skrywer onaanvaarbaar?

Sy is nie lid van die manlike geslag nie en sy het ’n naam waarop sy aangespreek kan word.

5. Watter groet gebruik tieners as hulle iemand se naam nie kan onthou nie?

“Haai jy!”

6. Wat beveel die skrywer aan moet ’n mens doen as jy iemand se naam vergeet het?

As jy iemand se naam vergeet het, moet jy vra dat die persoon dit herhaal, eerder as om die persoon as jy aan te spreek.

7. Waarom verkies sy dat iemand haar nie met ’n “Hoezit” moet groet nie?

Dit maak haar selfbewus, want dit laat haar aan ’n puisie dink.

8. Waaraan skryf die skrywer die gebruik van slordige groetvorme toe?

MXit is volgens die skrywer die oorsaak vir dié begroetinge.

9. Wat is volgens die skrywer die beste manier om mekaar te groet?

“Hoe gaan dit?”

10. In watter ouderdomsgroep dink jy val die skryfster van die leesstuk? Motiveer jou antwoord met ’n aanhaling.

Sy is ook ’n tiener “... mede-tieners...”.

11. Waarom kan ons beweer dat die begin en die slot van die leesstuk sterk kontrasterend is?

Aan die begin van die leesstuk maak sy beswaar teen die gebruik van slordige aanspreekvorme, maar aan die einde van die leesstuk gebruik sy dit self.

12. Is die skrywer bevooroordeeld teen die wyse waarop tieners mekaar groet?

Page 53: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Sien leerders se antwoorde. Hulle moet dit net goed motiveer uit die leesstuk.

13. Is paragraaf 10 ’n feit of ’n mening?

Dit is ’n mening, want dit gee slegs die skrywer se opinie weer.

14. Die woord stoomroller in paragraaf 14 is ’n emotiewe woord. Vervang dit met ’n meer neutrale woord.

Voortbestaan. Aktiwiteit 104 Formele briewe Aktiwiteit 105 Geïntegreerde lees- en taaloefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Skryf die teenwoordige deelwoord neer van die woord tussen hakies: Margit Meyer-Rödenbeck sê die boek Agaat het ’n (bly) indruk op haar gemaak.

Blywende.

2. Dit is sangers wat weet hoe om Afrikaans tot sy reg te laat kom. Skryf die infinitief wat in hierdie sin voorkom, neer.

Om reg te laat kom.

3. Dowwe Dolla is (bekend). Skryf die intensiewe vorm neer van die woord bekend.

Alombekend.

4. Skryf die antoniem van die woord emigreer (paragraaf 1) neer.

Immigreer.

5. Slaan die woorde knus, knies en koester in die woordeboek na en maak sinne daarmee sodat die betekenis duidelik na vore kom.

Knus = gesellig / warm.

Knies = siekerig / nie opgewonde voel nie.

Koester = liefdevol omsien na.

6. Vorm ’n teenwoordige deelwoord van die woord klink in paragraaf 2.

Klinkende.

7. Skryf ’n woord uit paragraaf 2 neer wat dieselfde beteken as sentimenteel en vleierig.

Soetsappig.

8. Skryf die idiome wat in paragraaf 3 voorkom sowel as hulle betekenisse neer.

Kaatjie van die baan = Die aanvoerder van iets wees.

’n Kat in die sak koop = ’n Slegte koop sluit.

9. Skryf uit paragraaf 3 ’n uitroep van verwondering neer.

Allamapstieks.

10. Wie of wat is ’n karnallie (paragraaf 3)?

’n Karnallie is ’n terggees.

11. Vorm ’n sterk verlede deelwoord van die woord koop (paragraaf 3) in die volgende sin: Die (koop) brood smaak nie so lekker soos die tuisgebakte een nie.

Gekoopte.

12. Watter soort deelwoorde is die woorde vergrotende en oortreffende (paragraaf 3)?

Page 54: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Teenwoordige deelwoorde.

13. ...sy het ’n geweldige passie vir Afrikaans (paragraaf 1). Skryf uit hierdie sin ’n voorbeeld van ’n byvoeglike naamwoord neer.

Geweldige.

14. Die woord taal kom in paragraaf 1 voor.

14.1 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies deur ’n voorvoegsel te gebruik: Sy (taal) die boek in Engels. Vertaal.

14.2 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies deur voor- en agtervoegsels te gebruik: Die (taal) van die boek het die (taal) agt maande geneem. Vertaling; vertaler.

15. Die afkorting vir die woord Afrikaans in paragraaf 1 is Afr. Gee erkende afkortings vir die volgende woorde:

15.1 mevroue – mevv.

15.2 professore – proff.

16. ’n Mens moet harder werk in Afrikaans (paragraaf 2).

16.1 Skryf ’n voorbeeld van ’n bywoord uit hierdie sin neer. Harder.

16.2 Hierdie sin is ’n enkelvoudige sin. Brei die sin uit tot ’n saamgestelde sin.

’n Mens wat lief is vir sy taal moet harder werk in Afrikaans. Sien leerders se antwoorde.

17. Sakevrou en voormalige aktrise ANNIE MALAN vertel hoe lief sy is vir idiome in Afrikaans (paragraaf 3). Hierdie sin is in die teenwoordige tyd. Skryf dit oor in die verlede tyd en in die toekomende tyd.

Verlede tyd: Sakevrou en voormalige aktrise ANNIE MALAN het vertel hoe lief sy vir idiome in Afrikaans is.

Toekomende tyd: Sakevrou en voormalige aktrise ANNIE MALAN sal vertel hoe lief sy vir idiome in Afrikaans is.

Leerders let op die spelwyse van die volgende:

Die verkleining van kat is katjie, maar kaatjie van die baan word met ’n dubbel a geskryf.

Aktiwiteit 106 ’n Taaloefening oor verlede deelwoorde

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Dit is (verbied) om daar vuur te maak. Verbode.

2. Die (bederf) kind gaan later baie swaar kry. Bedorwe.

3. My ma was (vas besluit) en wou nie toegee nie. Vasbeslote.

4. Almal sit met (gebuig) hoofde. Geboë.

5. Die meubels van (giet) yster is baie mooi. Gegote.

6. Die (skryf) teks is nog vol foute. Geskrewe.

7. Jy moet nie sulke (slyt) klere dra nie. Verslete.

8. My (dink) is op ’n ander plek. Gedagte.

9. Die (aanbeveel) skool het gelukkig vir my plek. Aanbevole

10. Die (aanwys) plek om ’n piekniek te hou, is in die park. Aangewese.

Page 55: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 7 en 8

Familiemanewales Aktiwiteit 107 Luister na ’n storie

Aktiwiteit 108 Loop terug op jou voorvaders se spore

Aktiwiteit 109 As die honger knaag

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Watter stelling maak die verteller reg aan die begin van die leesstuk? Is hierdie stelling geregverdig?

Hy beweer dat mense vir hom kyk as hy eet. Nee, dis nie geregverdig nie, dit voel vir hom of hulle vir hom kyk omdat hy skuldgevoelens het.

2. Watter filosofie huldig die spreker oor dieet?

Hy sê dat kos ’n mens gelukkig maak en alles wat hy sien die eet hy.

3. Min of meer hoe oud was die verteller tydens die vakansie by sy ouma-hulle? Waaruit maak jy jou afleiding?

Dit was sy ouers se tiende huweliksherdenking. Hy moes dus so 9 jaar of jonger gewees het.

4. Hoe beskryf die verteller onderskeidelik sy:

4.1 ouma?

Sy ouma was ’n wonderlike mens. Sy was vet. Haar vel, haar klere en haar stem was sag.

4.2 oupa?

Sy oupa was anders as sy ouma. Hy was maer en seningrig soos ’n stuk biltong. Hy was bruin gebrand en verrimpeld van die son. Hy het geruik – na tabak en na ou man.

5. Hoe kon ’n glasoog sy oupa laat skeel kyk het?

Die glasoog kon nie draai of beweeg nie en het slegs in een rigting gekyk.

6. Maar toe Ma-hulle eers gery het, was dit asof Oupa groter geword het en Ouma gekrimp het (paragraaf 13). Verduidelik wat met hierdie woorde bedoel word?

Hy was bang vir sy oupa en vrees vir iets laat daardie spesifieke iets baie groter lyk as wat dit in werklikheid is.

7. Vir watter twee dinge aangaande sy oupa was die verteller bang?

Hy was bang vir sy oupa se glasoog en die oogklap wat hom soos Captain Hook laat lyk het.

8. Skryf neer waarom die oupa daarop aangedring het dat die verteller sy kos moes eet.

Hy is vet en moet voedsame kos aan tafel eet.

9. Gee ’n suiwer Afrikaanse woord vir can fruit. Ingelegde vrugte.

10. Watter gemeenskaplike kenmerk is daar tussen die episode met sy oupa in die spens en die episode in die vrugteboord?

By albei episodes het oë wat vir hom kyk sentraal gestaan.

11. Lees weer die begin van die verhaal. Vergelyk dit nou met die twee insidente op die plaas. Waarom dink jy voel dit vir die verteller of mense vir hom kyk as hy eet?

Page 56: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Die twee insidente het ’n onuitwisbare indruk op hom gemaak en nou voel dit altyd vir hom of mense hom dophou as hy eet.

12. Lees weer paragraaf 10. Het die verteller se verwagtinge van die vakansie tot sy reg gekom?

Nee, dit het nie aan sy verwagtinge voldoen nie. Hy was opgewonde om plaas toe te kom, maar dit het in ’n vrees vir sy oupa verander en daar het ’n fobie oor kos en eet by hom ontwikkel.

13. Watter lewenswaarheid het jy uit hierdie stuk geleer?

Sekere dinge in jou kleintyd kan ’n onuitwisbare indruk of invloed op jou uitoefen sodat jy dit vir die res van jou lewe sal onthou. Enige sinvolle antwoord.

14. Nadat jy nou die leesstuk ondersoek en vrae daaroor beantwoord het, kyk mooi na die visuele uitbeelding daarvan.

14.1 Hoe sluit die uitbeelding by die inhoud van die leesstuk aan?

Dit beeld die episode met die glasoog in die spens uit.

14.2 Vergelyk die oupa en die kleinseun se liggaamstaal met mekaar.

Die oupa word streng en die kleinseun bang en verleë, uitgebeeld.

14.3 Dink jy dis ’n treffende uitbeelding?

Dis beslis ’n treffende uitbeelding, want dit is tiperend van die twee karakters.

Aktiwiteit 110 Literêre teks: Jeugverhaal

Aktiwiteit 111 Literêre teks: Gedig

Aktiwiteit 112 Skryf ’n kort-kortverhaal Aktiwiteit 113 Ons leer lag-lag van sinsleer

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Is die sin in raampie 1 ’n algemene of ’n spesifieke vraagsin? Motiveer jou antwoord.

Dit is ’n spesifieke vraagsin, want dit bevat die vraagwoord “hoe”.

2. Identifiseer beide die sinstipes in raampie 2.

Ek het oral daarna gesoek = stelsin.

Ek kry dit nie! = uitroepsin.

3. Bestudeer Pa Smit se woorde in raampie 3.

3.1 Skryf ’n sinoniem neer vir vandag se. Hedendaagse.

3.2 Wat word deur die pa se woorde te kenne gegee?

Hedendaagse kinders is verlore sonder rekenaars.

4. Is die sin in hierdie strokie ’n enkelvoudige of ’n saamgestelde sin? Motiveer jou antwoord.

Dit is ’n saamgestelde sin, want dit bevat meer as een gesegde.

5. Wat is die rede waarom die seuntjie die pa se rapport saam met syne gee?

Waarskynlik is die pa se punte swakker as sy seun s’n en dan sal hy nie kan raas oor die seun se swak punte nie.

6. Die seun het sy pa se rapport op die solder gekry. Wat is die verskil tussen ’n solder en ’n kelder?

’n Solder is ’n vertrek in die dak van ’n huis.

Page 57: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

’n Kelder is ’n vertrek wat onder die huis is.

7. Wat vertel die visuele uitbeelding van die pa vir ons wat moontlik aansluit by sy rapportpunte?

Die pa word as lui uitgebeeld, sy rapportpunte is waarskynlik swak en dit sluit aan by sy lui ontspanne houding.

8. Watter tipe sin is “Bly stil daar buite!” (raampie 1)?

Bevelsin.

9. Dui die ironie wat in die strokie voorkom aan.

Dit is ironies dat die seuntjie beveel dat hulle moet stilbly, want die baba slaap, maar hy skree self die baba wakker.

Aktiwiteit 114 Geïntegreerde taaloefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Stroomop (paragraaf 1) is konnotatief gebruik. Gebruik nou dié woord denotatief in ’n sin.

Die visse swem stroomop in die rivier.

2. Skryf ’n teenwoordige deelwoord uit paragraaf 1 neer. Afkeurend.

3. Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies: Die tiener is baie (familie) met die vreemde mense. Familiêr.

4. Die geheimsinnige oom het Australië toe geëmigreer (paragraaf 1) is van toepassing.

4.1 Skryf die gesegde van hierdie sin neer. Het geëmigreer.

4.2 Skryf die onderwerp neer. Die oom.

4.3 Gee ’n bywoordelike bepaling van plek. Australië toe.

5. Tot watter woordsoort behoort die volgende woorde uit paragraaf 2? Benoem volledig.

5.1 verleentheid – Selfstandige naamwoord abstrak gebruik.

5.2 Australië – Eienaam.

5.3 galg – Soortnaam.

5.4 in – Voorsetsel.

5.5 jou – Persoonlike voornaamwoord.

6. Skryf uit paragraaf 2 ’n voorbeeld van die infinitief neer.

Om te erken en om te vertel, is voorbeelde van die infinitief.

7. In paragraaf 2 tref ons ’n tipiese voorbeeld van ’n eufemisme aan, dit wil sê waar iets versag word om dit beter te laat klink. Skryf die eufemisme neer en verduidelik.

“...omdat haar vingers in die kasregister vasgesit het.” Met hierdie woorde word dit versag dat sy gesteel het.

8. Die woord wêreldberoemd kom in paragraaf 4 voor. Skryf die intensiewe vorm neer van:

8.1 oop – wawyd oop

8.2 krom – hoepelkrom

8.3 orent – penorent

8.4 snaaks – skreeusnaaks

8.5 lelik – skreeulelik

Page 58: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

9. Verkort die volgende saamgestelde sin tot ’n enkelvoudige sin: Die mense wat langsaan ons bly, is baie gaaf.

Ons bure is baie gaaf.

10. Brei die volgende enkelvoudige sin uit tot ’n saamgestelde sin: Die weduwee is baie hartseer.

Die vrou wie se man oorlede is, is baie hartseer.

11. ’n Swartskaap is die idiomatiese benaming vir ’n persoon wat die familie in die skande steek. Skryf die idiomatiese benaming neer vir iemand wat onskuldig die blaam dra. Sondebok.

12. So word die swartskaap in ’n familie afkeurend beskryf. Hierdie sin is in die teenwoordige tyd. Skryf die sin oor in die verlede en die toekomende tyd.

So is die swartskaap in die familie afkeurend beskryf. (Verlede tyd)

So sal die swartskaap in die familie afkeurend beskryf word. (Toekomende tyd)

13. Jan is die swartskaap van die familie. In die onderstaande sin word hierdie enkelvoudige sin uitgebrei. Is die vetgedrukte gedeelte ’n byvoeglike of ’n bywoordelike bysin?

Jan wat in die tronk is, is die swartskaap van die familie.

Byvoeglike bysin.

14. In paragraaf 1 kom die woord emigreer voor. Skryf die antoniem van dié woord neer. Immigreer.

15. Gebruik die homoniem van die woord kan (paragraaf 2) in ’n goeie sin.

Gooi die water in die kan.

16. Gee die rede vir die gebruik van die komma in paragraaf 7.

Die komma word voor die voegwoord want gebruik.

17. Gee die meervoud van die volgende woorde: oupa, foto en kombi. Let op die gebruik van die afkappingsteken. oupas, foto’s, kombi’s.

18. Gee die afkortings van die volgende woorde:

18.1 dit wil sê – d.w.s.

18.2 as gevolg van – a.g.v.

Let op die gebruik van die leestekens.

Aktiwiteit 115 My eie spellys

Page 59: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 9 en 10

Ken jy die see ...

Aktiwiteit 116 Luister na ’n kortverhaal

Aktiwiteit 117 Voorbereide hardoplees

Aktiwiteit 118 Literêre teks: ’n Volksverhaal

Aktiwiteit 119 Literêre teks: Gedig Aktiwiteit 120 Lees met begrip

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Bestudeer die grafiese kunswerk en beantwoord die volgende vrae:

1.1 Is die volgende stelling waar of onwaar? Sommige lande vang jaarliks soveel tuna as wat party skepe in twee dae vang.

Onwaar, hulle vang byna soveel in twee dae.

1.2 Is die volgende stelling ’n feit of ’n bewering? Die meeste geld wat nog vir ’n blouvintuna behaal is, is R1 187 000. Motiveer jou stelling deur twee woorde aan te haal.

Feit. “... rekord opgestel ...”

1.3 Hoe word dit uitgebeeld dat die blouvintuna die grootste is van al die tuna- spesies wat in die see aangetref word?

In die kunswerk word die blouvintuna groter geskets as die ander soorte.

1.4 Word slegs tunavisse uitgewis wanneer hulle gevang word of word ander res van die seelewe ook in gevaar gestel?

In die proses om die tuna te vang word haaie en skilpaaie ook doodgemaak.

1.5 Hoeveel ton blouvintuna word onwettig gevang?

13,5 ton blouvintuna word onwettig gevang.

2. Dokkie oor visbronne skok. Wat is die dokkie waarna daar in die subtitel verwys word?

Dit verwys informeel na die dokumentêre film: The end of the Line.

3. Verduidelik wat bedoel word met die woorde in die titel teen dié trant.

Op die wyse wat tuna gevang word, sal daar in 2048 geen seekos meer wees nie.

4. Op watter wyse word die leser reg aan die begin van die leesstuk betrek?

Die bekendes wie se menings gegee word, interesseer die leser en maak dat die leser verder wil lees.

5. Die internasionale veldtog ... paragraaf 4 beteken:

a. ’n poging van Suid-Afrika om die tuna te red

b. dwarsoor die wêreld word stappe geneem om die tuna van uitwissing te red.

Kies die korrekte betekenis en skryf dit neer.

Dwarsoor die wêreld word stappe geneem om die tuna van uitwissing te red.

6. Die titel van die dokumentêre film dui op ’n dubbele betekenis. Verduidelik volledig.

Die vis wat aan die punt van die vislyn hang wanneer dit gevang word.

Dit dui daarop dat dit die einde (uitwissing) van die tuna is.

7. Wat beteken die uitdrukking opslae maak (paragraaf 2)?

Page 60: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Om ’n geweldige uitwerking te hê.

8. Verduidelik wat met paragraaf 3 bedoel word.

Hierdie paragraaf suggereer dat die mense, nadat hulle die fliek gesien het, so geskok was dat hulle nie meer tuna wil eet nie.

9. Slaan die volgende woorde se betekenis in die woordeboek na en skryf dit neer:

9.1 migreer – Tydelike verhuising van voëls en diere na warmer streke.

9.2 immigreer – Om permanent in ’n nuwe land te vestig.

9.3 emigreer – Uit jou land van herkoms wegtrek.

10. Waarom het die vraag na die blouvintuna die afgelope tyd baie toegeneem?

Die gesogte geregte, soesji en sasjimi word daarvan gemaak. Dit is deesdae baie gewilde geregte op restaurante se spyskaarte en gevolglik is daar ’n groot vraag na tuna.

11. Som Charles Clover se woorde in paragraaf 6 in ’n enkele sin op.

Die seelewe moet vir die nageslag, sowel as ’n bron van voedsel, bewaar word.

12. Verduidelik waarom die inleiding van hierdie leesstuk besonder treffend is.

Glanspersoonlikhede word betrek en so word die leser dadelik geboei om verder te lees.

13. In watter mate sluit die slot by die inleiding aan?

Die navorsing gedoen deur die ondersoekende joernalis bevestig dit wat in die inleiding genoem word.

14. Skryf uit paragraaf 3 ’n voorbeeld van ’n vraagsin neer.

“Waar is al die vis heen?”

Aktiwiteit 121 ’n Beskrywende opstel [Formele assesseringstaak 2b] Aktiwiteit 122 Geïntegreerde taaloefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Die volgende vrae is gebaseer op die gedeelte oor die oester.

1.1 Skryf ’n wisselvorm neer vir die woord kiewe. Kieue.

1.2 Watter woordsoort is die woord jig? Tussenwerpsel.

1.3 Oesters het sterk bytrekspiere. Skryf die onderwerp en die gesegde van hierdie sin neer.

Onderwerp = oesters.

Gesegde = het.

1.4 Watter woordsoorte is slymerige en snotterige? Benoem volledig.

Beide die woorde is attributiewe byvoeglike naamwoorde.

2. Ontleed die volgende enkelvoudige sin in sy verskillende sinsdele. Seesterre se bekke sit onder hulle lywe.

Seesterre se bekke = onderwerp.

Sit = gesegde.

Onder hulle lywe = bywoordelike bepaling van plek.

3. Lywe is die meervoud van lyf. Gee nou die meervoud van die volgende woorde:

Page 61: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

3.1 fiasko – fiasko’s

3.2 boeg – boeë

3.3 plaag – plae

3.4 plig – pligte

3.5 hawe – hawens

4. Waarom word die samestelling kosstukkies met twee s’e gespel?

Die eerste basis eindig op ’n s en die tweede basis begin met ’n s.

5. Gebruik die homoniem van die woord spoel in ’n goeie sin.

Die garing is om die spoel gedraai.

6. Die gedeelte oor koraalriwwe is van toepassing.

6.1 Koraalriwwe kom in warm, vlak, helder water voor ... Skryf die intensiewe vorm van die woorde warm en helder neer. Vuurwarm, kristalhelder.

6.2 Besigste is die oortreffende trap van die woord besig. Skryf nou die vergrotende trap van die woord moegste neer. Moeër.

6.3 Gee ’n sinoniem vir die woord besigste. Aktiefste.

6.4 Koraal is ook self diertjies wat ons poliepe noem. Is hierdie sin ’n saamgestelde of ’n enkelvoudige sin? Motiveer jou antwoord.

Dit is ’n saamgestelde sin, want dit bevat twee gesegdes naamlik is en noem.

7. Seekatte se kleur, patroon en tekstuur verander om by die omgewing aan te pas. Skryf een woord neer vir bogenoemde eienskap van seekatte.

Kamoeflering.

8. Die woord slim is van toepassing.

8.1 Skryf die antoniem van die woord slim neer. Dom.

8.2 Skryf die sinoniem van die woord slim neer. Intelligent.

9. Die gedeelte oor seeanemone is van toepassing.

9.1 Skryf uit die gedeelte ’n voorbeeld van ’n hoof- en ’n rangtelwoord neer.

Tien = hooftelwoord.

Honderde = rangtelwoord.

9.2 Skryf ’n voorbeeld van ’n infinitief neer. Om te vang.

10. Die woord hê word met ’n kappie geskryf om ’n lang klank aan te dui. Skryf die volgende woorde oor en voorsien van skryftekens waar nodig.

Vlermuis, reunie, dieet, asma aanval.

Vlermuis, reünie, dieet, asma-aanval. Aktiwiteit 123 Toets 3 [Formele assesseringstaak 3]

Page 62: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Kwartaal 4 Week 1 en 2

Skoolmanewales Aktiwiteit 124 Luisterbegrip

Luisterteks

Oorwin eksamenstres

Geskryf deur Kim van Reizig

Dis amper eksamentyd en hopelik het die meeste van julle al goed voorberei. Maar al het jy hoe hard studeer, gaan jy waarskynlik steeds gespanne wees elke keer wanneer ’n vraestel uitgedeel word. Dis normaal om senuagtig te voel, maar hier is ’n paar wenke om dit te oorkom ...

1. Sorg dat jy nie die oggend van die eksamen hoef te jaag nie. Jy moet genoeg tyd hê om jou reg te maak – stort rustig, eet ’n goeie ontbyt en praat met gesinslede wat jou kan motiveer vir die dag wat voorlê.

2. Kry genoeg oefening en genoeg slaap voor jy eksamen skryf – dit beteken jy moenie die vorige aand nog ’n magdom inligting in jou kop probeer prop nie.

3. Die aand voor die eksamen en die volgende oggend moet jy kos vermy wat stres verhoog, soos gaskoeldrank, gebakte kosse, gemorskos, suiker, en kafeïen.

4. Moenie die dag van die eksamen praat met swartgallige skoolmaats wat kla omdat hulle nie behoorlik voorberei het nie, dit sal net jou aandag aftrek.

5. Haal vir sowat ’n minuut diep en stadig asem voor die vraestel uitgedeel word. Maak jou oë toe en konsentreer op die lug wat by jou longe in-en uitbeweeg – dis ’n wonderlike manier om te ontspan.

6. Verban alle negatiewe gedagtes en vervang hulle met positiewe gedagtes. Dink aan al die ure wat jy gestudeer het om te verseker dat jy goed sal vaar.

7. Deel die tyd in wat vir jou vraestel beskikbaar is. Kyk die hele vraestel deur en beplan die tyd tot jou beskikking.

8. Los eers die moeilike vrae en keer later daarheen terug. Dit sal jou groter selfvertroue gee as jy met die maklike vrae begin en later die moeilikes aandurf.

Verwerk uit Huisgenoot, 29 Oktober 2009, bladsy 116.

Voorgestelde antwoorde

Die leerders se pamflette moet die volgende agt wenke bevat:

1. Die oggend voor jou vraestel moet jy rustig en kalm wees.

2. Oefening en genoeg slaap is belangrik.

3. Vermy kosse wat stres verhoog.

4. Moenie met swartgallige leerders voor die eksamen gesels nie.

5. Haal rustig en diep asem wanneer die vraestel uitgedeel word.

6. Dink positief.

7. Kyk die vraestel rustig deur en beplan.

8. Begin met die maklike vrae.

Page 63: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Aktiwiteit 125 Gesprekvoering

Aktiwiteit 126 Literêre tekste: Kortverhaal en Gedig Aktiwiteit 127 Begripstoets en opsomming

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Bestudeer die subtitel noukeurig. Wat het die benamings: bullebak, lummel en afknouers in gemeen?

Hierdie woorde dui almal op ’n persoon wat onvriendelik en onaangenaam is.

2. In die eerste sin van die subtitel tref ons ’n teenstelling aan. Skryf die twee dele wat die teenstelling vorm neer.

Groot lummel en kleiner outjies vorm ’n teenstelling.

3. Wat is die verband tussen paragraaf 1 en paragraaf 2?

In paragraaf 1 word die kwajongstreke opgenoem en in paragraaf 2 word verduidelik wie vir die streke verantwoordelik is.

4. In paragraaf 2 word die boelie beskryf. Wat is ’n boelie se uitstaande kenmerk en waarby sluit dit aan in paragraaf 5?

’n Boelie se uitstaande kenmerk is dat hy groot gebou is. In paragraaf 5 word die boelie se skoengrootte as ’n nommer 8 gemeld. Dit sluit dus by sy liggaamsgrootte aan.

5. Bestudeer die woord kapokgewiggie in paragraaf 3. Waarom is dit ’n goeie woordkeuse?

Daar word verwys na boksers / stoeiers in ’n liggewig-afdeling. Dit is ’n goeie woordkeuse, want die boelie kies klein outjies om te boelie.

6. Die woord kapokkie het ’n dubbele betekenis. Verduidelik.

Dit kan verwys na ’n kapokhoendertjie, ’n klein maar kwaai en aanvallende soort hoender wat ’n mens kry. Dit kan ook verwys na kapok (sneeu) wat baie lig in gewig is.

7. Skryf ’n woord uit paragraaf 3 neer wat dieselfde beteken as uittartende spoggery. Bravade.

8. Waarom kan die vergelyking in paragraaf 4 as treffend gesien word?

Dit dui daarop dat die boelie die klein outjies met dieselfde minagting behandel as wanneer ’n wiskunde-vraestel opgefrommel word.

9. Watter enkele woord uit paragraaf 5 dui aan dat die boelie se streke voortgaan en nie ophou nie. Teister.

10. Op watter wyse boelie meisies en hoe verskil dit van seuns?

Meisies skinder en sê dinge wat seermaak. Seuns boelie fisies, terwyl meisies mondelings boelie.

11. Skryf neer of die volgende sinne ’n feit of ’n mening is.

11.1 ...hier is ek die baas van die plaas.

Dit is die boelie se mening en nie ’n bewese feit nie.

11.2 Die teks Bobaas-bullebakke deur Carlien Wessels is geneem uit Sarie van 3 Junie 1998.

Feit.

11.3 Feit is – Boelies is oral om ons.

Mening, want dit is die standpunt wat die skrywer huldig.

Page 64: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

12. Die woord versuur word in paragraaf 7 figuurlik gebruik en beteken om iets se lewe sleg te maak. Gebruik nou die woord versuur letterlik in ’n sin.

Ek versuur die slaai deur asyn by te voeg. Opdrag 2: Opsomming

Voorgestelde antwoorde

Redes waarom kinders geboelie word

1. Hy is kleiner of groter as die ander kinders, of hy is vetter of maerder.

2. Hy val in ’n minderheidsgroep soos anderstaliges.

3. Daar is iets wat hom laat uitstaan, soos ’n spraakgebrek.

4. Hy raak maklik angstig of kwaad.

5. Hy het min vriende of is alleen.

6. Hy het nie baie selfvertroue nie en kan homself nie laat geld nie.

7. Partykeer word kinders oor een enkele gebeurtenis wat ’n verleentheid was, gespot.

Aktiwiteit 128 Leestegnieke

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Lees slegs die titel van die leesstuk. Waaroor dink jy gaan dié leesstuk handel?

Die leesstuk gaan inligting oor skole verskaf.

2. Lees die leesstuk vlugtig deur en skryf slegs een sin neer waaroor die leesstuk hoofsaaklik handel.

Die leesstuk handel oor interessante feite in verband met skole in die wêreld.

3. Gebruik soeklees om die volgende vrae te beantwoord:

3.1 In watter land moet leerders leer om die mondfluitjie te bespeel? België.

3.2 Hoe lank is pouse in Franse skole? Twee uur.

3.3 Watter soort tasse gebruik kinders in Doebai? Trollietasse.

4. Bestudeer die inligting aangaande skole in China en bepaal watter persentasie van Chinese is tans geletterd. 97%

5. Skryf die naam van die oudste mens wat begin skoolgaan het in Kenia asook die ouderdom waarop hy skool toe is, neer.

Kimani Ng’ang’a Maruge. Hy is op 84 laerskool toe.

6. Wat dink jy is die rede waarom die prent van die mandjie met ’n bottel wyn daarin verbied word in sommige skooldistrikte in die VSA?

Die skole wil nie die leerders blootstel aan alkoholiese drank nie.

7. Wat is die Amerikaanse jeug se gunstelingtoebroodjie?

Grondboonbotter-en-konfytbroodjies.

8. In watter land is leerders die langste by die skool? Hoe lank is hulle by die skool?

Suid-Korea, 14 uur en 20 minute.

9. Watter nadeel hou snork vir skoolkinders in?

Hulle vaar swakker op skool.

10. Wat beteken dit as jy aan didaskaleinofobie ly?

Page 65: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Jy het ’n vrees vir skoolgaan.

11. Hoe sal jy die styl en toon van hierdie leesstuk beskryf?

Informatief en feitelik.

Aktiwiteit 129 Die wonderwêreld van joernalistiek

Aktiwiteit 130 Skryf ’n koerantberig Aktiwiteit 131 Taaloefening

Voorgestelde antwoorde

1. Onderwysers pas nie meer dissipline toe nie.

Dissipline word nie meer deur onderwysers toegepas nie.

2. Leerder van Hoërskool Batorus het die redenaarskompetisie gewen

Die redenaarskompetisie is deur ’n leerder van Hoërskool Batorus gewen.

3. Watter skool gaan die Beeld-trofeë verower?

Deur wie gaan die Beeld-trofeë verower word?

4. Skoolhoof moedig leerders aan om hard te studeer

Die leerders word deur die skoolhoof aangemoedig om hard te studeer.

5. Pasop vir die span van Bastion!

Daar moet opgepas word vir die span van Bastion.

6. Wes-Kaap gaan meer skole bou

Meer skole gaan deur Wes-Kaap gebou word.

7. Skoolkoor het ’n internasionale toekenning ontvang

’n Internasionale toekenning is deur die skoolkoor ontvang.

8. Beheerliggaam het nuwe skooldrag goedgekeur

Nuwe skooldrag is deur die beheerliggaam goedgekeur. Aktiwiteit 132 Direkte en indirekte rede

Voorgestelde antwoorde

1. “Ja Juffrou, ek’s gereed.”

Sy sê aan die juffrou dat sy gereed is.

2. “Ek het my opstel hier by my ...”

Sy sê dat sy haar opstel daar by haar het.

3. “Eintlik het my sekretaresse dit nog ... Sy het dit gisteraand vir my getik.”

Sy sê dat haar sekretaresse dit eintlik nog het. Sy het dit die vorige aand vir haar getik.

4. “Was dit ’n sug, Juffrou?”

Sy vra aan die juffrou of dit ’n sug was. Aktiwiteit 133 Geïntegreerde taal- en begripsoefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Wanneer teken mense stokkiesmannetjies?

Page 66: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Mense teken stokkiesmannetjies wanneer hulle verveeld is.

2. Onderskei tussen die woorde verveeld en vervelig deur sinne met die twee woorde te maak sodat die betekenis van die woorde duidelik na vore kom.

Ek is verveeld, want al my vriende is weg met vakansie en ek het niks om te doen nie.

Om stokmannetjies te teken is ’n vervelige speletjie, want daar is geen uitdaging daaraan nie.

3. Word die vergelyking ... soos ’n vuishou tussen die oë tref ... letterlik of figuurlik bedoel?

Figuurlik. Jy word nie regtig deur ’n vuishou getref nie, jy besef net skielik iets met ’n skok.

4. Skryf uit paragraaf 3 ’n voorbeeld van die infinitief neer.

“... om te teken ...”

5. Skryf die intensiewe vorm van die woord tevrede paragraaf 4 neer.

Doodtevrede.

6. Skryf ’n woord uit paragraaf 5 neer wat dieselfde beteken as beheer.

Manipuleer.

7. Wat beteken die uitdrukking die vrye teuels gee (paragraaf 6)?

Die uitdrukking vrye teuels gee, beteken om iets sy gang te laat gaan.

8. Skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies neer.

8.1 Die speler is (verbeelding) en het ’n oulike stokmannetjie geteken. Verbeeldingryk.

8.2 Die stokmannetjie-speletjie (inspirasie) my om kreatief te dink. Inspireer.

9. In paragraaf 7 kom die woord styl voor. Bestudeer onderstaande sin en skryf slegs die korrekte woord neer.

9.1 Die meisie dra haar hare in ’n moderne steil / styl. Styl.

9.2 Die opdraande is baie steil / styl. Steil.

9.3 My hare is steil / styl en krul nie maklik nie. Steil.

10. Waarom sal ’n mens die stokmannetjie speletjie net een keer wil speel?

Die speletjie het net een storielyn en bied nie afwisseling nie, dus sal ’n mens verveeld raak as jy dit meer as een keer speel.

11. Die woord oë kom in paragraaf 1 voor. Skryf die enkelvoud en die verkleinwoord van hierdie woord neer.

Oog en ogies.

12. Die teenoorgestelde geslag van stokmannetjie (paragraaf 1) is stokvroutjie. Gee nou die teenoorgestelde geslag vir:

12.1 onderwyser – onderwyseres

12.2 akteur – aktrise

12.3 bruid – bruidegom

13. Gebruik die homoniem van die woord net in paragraaf 9 in ’n goeie sin.

Ons vang skoenlappers met ’n net.

14. Ek gaan met my fiets / motorfiets / kar die koerante kom aflewer. Skryf hierdie sin oor en vervang telkens die skuinsstreep met ’n gepaste woord.

Ek gaan met my fiets of motorfiets of kar die koerante kom aflewer.

Page 67: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

15. Beklemtoon die vetgedrukte woord deur aksentstrepies daarop te plaas:

Dit is moeite om koerante af te lewer. Móéite

16. Skryf die volgende sin oor en voorsien van aanhalingstekens en hakies.

In die koerant wat Sondae verskyn was daar ’n berig oor ons goeie rugbyspan wat verloor het.

In die koerant (wat Sondae verskyn) was daar ’n berig oor ons “goeie” rugbyspan wat al weer verloor het.

Page 68: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 3 en 4

Bome, blomme en plante Aktiwiteit 134 Voer ’n debat

Aktiwiteit 135 Literêre teks: Kortverhaal

Aktiwiteit 136 Literêre teks: Gedig

Aktiwiteit 137 Lees- en begripsoefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Waar tref ons die land van die Baobabwe aan?

Anderkant die Soutpansberg is die land van die Boababwe.

2. Verduidelik die dubbele betekenis wat aan die subtitel gekoppel kan word.

Die reuse bome troon bo die ander bome uit en konings en stamhoofde het onder die bome vergader om belangrike besluite te neem.

3. Skryf ’n woord uit paragraaf 1 neer wat daarop dui dat die Afrika-boswêreld eers werklik anderkant die Soutpansberge begin. Mening.

4. Skryf die botaniese naam van die kremetartboom neer. Van watter leestegniek het jy gebruik gemaak om die antwoord te vind?

Adansonia digitata. Soeklees is gebruik.

5. Hoeveel verskillende name het die kremetartboom? Vyf.

6. Is paragraaf 1 en paragraaf 2 aaneenskakelende of teenstellende paragrawe. Motiveer jou antwoord.

Paragraaf 1 en 2 is aaneenskakelend. Die voegwoord en skakel die twee paragrawe aaneen en die tweede paragraaf brei die inligting in paragraaf 1 uit.

7. Skryf die volgende sinsnede in jou eie woorde oor: ...is daar net soveel mites en legendes oor die oerbome (paragraaf 2).

Daar is baie stories wat oor die bome vertel word.

8. Paragraaf 4 begin met ’n vraag. Waarna verwys die vraag?

Die vraag vra wie die bome “onderstebo” geplant het.

9. Is dit ’n feit dat ’n kremetartboom met ’n kroondeursnee van sowat 23 m en ’n stamomtrek van 24 m se waterinhoud vier keer meer as sy 50 ton vesel is (paragraaf 4)?

Dit is nie ’n feit nie, want dit is nagenoeg vier keer meer.

10. Skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies neer.

Die kremetartboom se blare, sy vrugte se pitte en die boom se bas het (medisyne) waarde.

Medisinale.

11. Is die volgende stelling geldig of ongeldig? Motiveer jou antwoord.

Die kremetartboom word vandag nog deur regeerders as belangrik beskou.

Geldig, want die naam van die kantoorkompleks van Limpopo se premier is Mowaneng wat beteken by die kremetart.

12. Skryf uit die laaste paragraaf ’n woord neer wat dieselfde beteken as kenteken of simbool. Embleem.

13. Wat is die aard van die styl waarin hierdie leesstuk geskryf is? Kies een van die volgende:

Page 69: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

a) humoristies verhalend

b) statisties en grafies

c) feitelik informatief.

14. Die woord blom word in paragraaf 3 letterlik gebruik. Gebruik hierdie woord figuurlik in ’n sin.

Die meisie blom as die seun haar komplimenteer.

Aktiwiteit 138 Dagboekinskrywing

Aktiwiteit 139 Geïntegreerde taalleeroefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Skryf die volgende sinne in die verlede tyd.

1.1 Rooibostee is baie gewild in Suid-Afrika en oorsee.

Rooibostee was baie gewild in Suid-Afrika en oorsee.

1.2 Die boer beplan om met rooibosplante te boer.

Die boer het beplan om met rooibosplante te boer.

2. Skryf in die teenwoordige tyd: Die heerlike vrugtegeur van rooibos het mense van regoor die wêreld bekoor.

Die heerlike vrugtegeur van rooibos bekoor mense van regoor die wêreld.

3. Skryf in die toekomende tyd: In die verlede het boere al rooibossaad geplant.

In die toekoms sal/gaan boere rooibossaad plant.

4. Skryf ’n woord uit paragraaf 1 neer wat beteken enig in sy soort. Unieke.

5. Skryf die antoniem neer vir inheems, paragraaf 1. Uitheems.

6. Skryf die spelreël neer waarom Wes-Kaap (paragraaf 1) met ’n koppelteken geskryf word.

Aardrykskundige name wat rigting aandui, word met koppeltekens geskryf.

7. Benoem volledig die vetgedrukte woordsoorte in die volgende sin:

7.1 Dié heerlike vrugtegeur van rooibos het mense van regoor die wêreld al bekoor.

Dié = Aanwysende voornaamwoord.

Heerlike = Byvoeglike naamwoord attributief gebruik.

Van = Voorsetsel.

Het = Hulpwerkwoord van tyd.

Mense = Selfstandige naamwoord soortnaam.

Regoor = Bywoord van plek.

Bekoor = Oorganklike werkwoord.

7.2 Sy drink rooibos uit haar beker.

Sy = Persoonlike voornaamwoord.

Haar = Besitlike voornaamwoord.

7.3 Wanneer is jy moeg?

Wanneer = Vraende voornaamwoord.

Is = Koppelwerkwoord.

Page 70: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

8. Gee een woord vir van regoor die wêreld (paragraaf 1). Wêreldwyd.

9. Skryf die kern van die woord rooibossaad (paragraaf 2) neer en gebruik dit dan as ’n bepaler in ’n nuwe woord. Saadhouer.

10. Skryf die volgende sin oor in die lydende vorm: Vroeër jare het rooibosboere geglo dat miere hierdie saad bymekaar maak.

Vroeër jare is daar (deur rooibosboere) geglo dat hierdie saad deur miere bymekaar gemaak word.

11. Vorm ’n persoonsnaam van die woord tuin (paragraaf 1). Tuinier.

12. ... skiet dit uit ... (paragraaf 2) is van toepassing. Gebruik nou hierdie deeltjiewerkwoord (skeibare werkwoord) as een woord in ’n sin.

Die uitskiet van die vlieënier het sy lewe gered.

13. Rooibos is ’n unieke Suid-Afrikaanse plant. Hierdie sin is ’n stelsin. Verander die sin in ’n algemene vraagsin.

Is rooibos ’n unieke Suid-Afrikaanse plant?

Aktiwiteit 140 My eie spellys

Page 71: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 5 en 6

Dis ’n vreemde wêreld met vreemde mense Aktiwiteit 141 Luisteroefening

Luisterteks

Gaan ekstreem met strykgoed

1. Destyds toe ek as student in die koshuis moes gaan bly, het my liewe ma ’n strykyster in my arms gedruk en aangedring dat dit deel van my persoonlike saamvat-goed sou uitmaak.

2. Dis nie dat ek nie kan stryk nie, want ek kán. Ek wou net nie my klere stryk nie, en of dít nou luiheid of studente-geit was, die feit bly staan die strykyster het lank nadat ek begin werk het, steeds ’n (ongebruikte) deel van my persoonlike besittings gebly. Dié dat ek hierdie week oor my nuutste vonds op die wêreldwye web móés skryf. Al ’n draai op www.extremeironing.com gemaak?

3. Indien nie, móét jy die een beleef. ’n Klomp “extreme junkies’’ het besluit om adrenaliensport een stappie verder te neem en hoe beter as om ’n kraakvars gestrykte hemp bo-op onder meer ’n 900 voet hoë krans te kan dra. Jy moet egter die hemp sélf op die hoogste, diepste, verste of malste punt van jou ekskursie stryk.

4. Dit gaan nie oor wat jy stryk nie, maar wáár jy dit stryk.

5. Die ekstreme strykers stryk al hul kledingstukke op water, in water, onder water en op ys. Een avontuurlustige met die gebruikersnaam Siltkicker, het selfs onder ys gestryk.

6. Die knaap het na die bevrore Wisconsin in Amerika gegaan, ’n gat in die yslaag bo-oor ’n steengroef gesaag, en met al die nodige toerusting en strykyster in die hand, die ysige water ingespring. Hier het hy ’n hemp wat deur gevangenes gedra word, teen die dik yslaag bo sy kop gestryk. Dit was glo so koud dat die hemp met die uitklimslag kliphard gevries het voordat hulle dit reg kon trek.

7. Absurd, nè!

8. Maar nou ja, gee aan elkeen sy krediet. Ek versamel en teel met slange, ander ouens stryk!

Geneem uit Volksblad, 2 Mei 2003, bladsy 4.

Aktiwiteit 142 Dialoog

Aktiwiteit 143 Literêre teks: ’n Drama

Aktiwiteit 144 Literêre teks: Gedig

Aktiwiteit 145 Leesbegrip

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Verduidelik die woordspeling wat in die titel van die leesstuk voorkom.

Die man het drooggemaak (‘n fout begaan) toe hy die rok bemors het, maar dit het daartoe gelei dat die droogskoonmaak-metode ontdek is. Die basisse in hierdie samestelling word in die woordspeling omgeruil.

2. Op watter wyse word die leser reg aan die begin van die leesstuk betrek?

Deur gebruik te maak van retoriese vrae word die leser betrek.

3. In paragraaf 2 tref ons ’n skynbare teenstelling aan. Verduidelik.

Page 72: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Daar word beweer dat gewone mense toevallig ’n blink idee gekry het, maar dan word daar na ’n oplettende bokwagter se ontdekking verwys. Die woorde toevallig en oplettend staan in kontras met mekaar.

4. In watter jaartal is droogskoonmaak ontdek? Watter leestegniek het jy gebruik om hierdie antwoord te kry?

1855. Soeklees is gebruik.

5. Wat beteken die woorde volgens oorlewering (paragraaf 5)?

Daar is nie skriftelike bewyse nie, die inligting is slegs mondelings oorvertel.

6. Verduidelik wat bedoel word met stimulerende eienskappe van koffie.

Koffie bevat kafeïne wat die brein stimuleer en ’n mens wakker hou.

7. Die woord klante kom in paragraaf 6 voor. Maak nou ’n sin met die woord kliënte om die verskil in betekenis tussen die twee woorde aan te dui.

Die rekenmeester se kliënte het hom kom spreek in verband met hul geldsake.

8. Watter verband is daar tussen die eiland Bikini en die swembroek bikini? Met ander woorde, waarom het die ontwerper die swembroek na die eiland vernoem?

Die bikini het net soveel opskudding veroorsaak as die atoombom wat op die eiland Bikini ontplof het.

9. Die woord bikini is van toepassing:

9.1 Skryf die meervoud van die woord bikini neer. Bikini’s.

9.2 Wat noem ons die taalverskynsel as ons die woord bikini as bietjie niks uitspreek? Volksetimologie.

10. Watter enkele woord dui aan dat die hysbak van Koning Lodewyk nie soos ’n ware hysbak gelyk het nie? Kontrepsie.

11. Hoe het Koning Lodewyk dit reggekry om die hysbak op en af te laat beweeg?

Met behulp van ’n stel teenwigte het hy die hysbak laat beweeg.

12. Skryf ’n sinoniem vir tandbederf (paragraaf 9) en kunstande (paragraaf 10) neer. Tandverrotting en valstande.

13. Waarvan word kunstande tans gemaak? Porselein.

14. Hoe sou jy die styl waarin hierdie teks geskryf is, beskryf?

Die teks verskaf op ’n humoristiese wyse inligting aan die leser.

15. Lees die volgende twee sinne wat in paragraaf 1 en 2 voorkom noukeurig deur:

Dink net hoe vaal sou ’n vakansie en onaangenaam die lewe sou gewees het sonder die uitvindsels.

Talle dinge wat ons lewe vandag soveel plesieriger maak.

Haal woorde uit die eerste sin aan wat in kontras met die woord plesieriger in die tweede sin staan.

Vaal en onaangenaam is in kontras met plesieriger.

16. Word die inleidende vraag in paragraaf 1 deur duidelike uiteensetting beantwoord in die res van die teks?

Ja. Daar is spesifieke opskrifte wat die antwoorde verskaf.

17. Lees weer paragraaf 4. Watter soort paragraaf is hierdie? Kies een van die volgende: verhalende paragraaf, beskrywende paragraaf of ’n oorredende paragraaf.

Page 73: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Beskrywende paragraaf.

18. Paragraaf 7 handel oor die ontstaan van die bikini. Indien jy sou sê dat slegs goedkoop meisie bikini’s dra, maak jy jou skuldig aan vooroordeel / partydigheid.

Aktiwiteit 146 Skryf ’n verslag Aktiwiteit 147 ’n Geïntegreerde taaloefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Waarom word die woord tong in die titel tussen aanhalingstekens geskryf?

Die woord tong word buite konteks gebruik.

2. Sy kan met haar voetsole “proe” (paragraaf 1) het betrekking.

2.1 Skryf hierdie sin oor in die negatief.

Sy kan nie met haar voetsole “proe” nie.

2.2 Is hierdie sin ’n feit of ’n bewering? Motiveer.

Dit is ’n bewering, dit is nie wetenskaplik bewys dat sy die vloeistowwe kan proe nie.

3. Gebruik die kern van die woord brandrissie figuurlik in ’n sin.

Die rissie is altyd kwaai en baklei met almal.

4. Benoem die vetgedrukte woordsoorte volledig:

4.1 Sy sê sy het smaakkliere aan haar voetsole.

Koppelwerkwoord.

4.2 Sy sê sy het eers verlede jaar van haar vreemde vermoë uitgevind.

Hulpwerkwoord van tyd.

5. Gee ’n sinoniem vir per ongeluk (paragraaf 6).

Per abuis.

6. Skryf neer of die volgende woorde samestellings, afleidings of samestellende afleidings is.

6.1 eksperimenteer – Afleiding.

6.2 plastieksak – Samestelling.

6.3 letterlik – Afleiding.

7. Skryf die volgende sinne in die ontkenning:

7.1 Sy moet probeer om ander smake ook te identifiseer.

Sy moenie probeer om ander smake ook te identifiseer nie.

7.2 Het iemand anders ook met hulle voete probeer “proe”?

Het niemand anders nog met hulle voete probeer “proe” nie?

8. Verkort die volgende sinne:

8.1 Ek kon die brandrissie proe asof dit in my mond was. (paragraaf 7)

Ek proe die brandrissie.

8.2 Moenie bang wees vir die hoogte wat ’n mens duiselig laat voel nie.

Moenie vir die duiselingwekkende hoogte bang wees nie.

Moenie die duiselingwekkende hoogte vrees nie.

Page 74: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

8.3 Hy steek die rivier oor sonder dat sy voete nat word.

Hy steek die rivier droogvoets oor.

9. Skryf die meervoud van die woord vermoë (paragraaf 6) neer.

Vermoëns.

10. Haal twee betreklike voornaamwoorde uit paragraaf 3 aan.

Wat en waarin.

11. Gee die meervoud van die woord vloeistof in paragraaf 4 en vermoë in paragraaf 5.

Vloeistowwe en vermoëns.

12. Rachel sê sy het eers verlede jaar per ongeluk van haar vreemde vermoë uitgevind. Skryf hierdie sin uit paragraaf 5 in die direkte rede.

Rachel sê: “Ek het eers verlede jaar per ongeluk van my vreemde vermoë uitgevind.”

13. Die woorde per ongeluk kom in paragraaf 5 voor. Gee die sinoniem en antoniem van hierdie woorde.

Sinoniem – per abuis.

Antoniem – met opset / aspris.

14. ’n Mens leer ’n skrywer ken deur sy manier van skryf. Lees weer hierdie leesstuk. Hoe sal jy die stem van hierdie skrywer beskryf? Is dit ernstig en stemmig, of lighartig en speels?

Lighartig en speels.

Page 75: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Week 7 en 8

Berei voor vir die eksamen

Aktiwiteit 148 Skryf ’n toespraak

Aktiwiteit 149 Lewer ’n praatjie [Formele assesseringstaak 1] Aktiwiteit 150 Begripsoefening

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Watter twee betekenisse kan aan die woord weggespin in die titel geheg word?

Die kat wat spin as hy gelukkig is en die wasmasjien wat spin om die wasgoed droog te draai.

2. Lees die eerste sin van die leesstuk met aandag. Waardeur word daar rustigheid in hierdie sin bewerkstellig?

Die herhaling van die s-klank (alliterasie) het ’n sussende effek wat rustigheid bewerkstellig.

3. ... of die wêreld begin om hom draai (paragraaf 1) het betrekking.

3.1 Verduidelik die letterlike betekenis wat aan hierdie sinsnede gekoppel kan word.

Die kat wat letterlik in die rondte draai in die wasmasjien.

3.2 Verduidelik die figuurlike betekenis wat aan hierdie sinsnede geheg kan word.

Die kat se kop voel dronk.

4. Skryf ’n voorbeeld van klanknabootsing uit die eerste paragraaf neer.

Miaau.

5. Watter dag van die week het hierdie gebeure plaasgevind? Waaruit het jy hierdie afleiding gemaak?

Maandag, want wasgoed word tradisioneel op Maandae gewas.

6. Verduidelik wat jy onder wassiklus (paragraaf 5) verstaan.

Die siklus dui op die program waarop die wasmasjien gestel is, byvoorbeeld vir delikate stowwe of ekonomiese was, ensovoorts.

7. Watter twee aspekte, volgens die leesstuk, het die katjie se lewe gered?

Die masjien is dadelik afgeskakel en daar was nie kokende water gebruik nie.

8. Bestudeer paragraaf 6 en 7 noukeurig. Waarom is dit ironies dat die kat silwerskoon gewas is?

Katte is skoon diere, hulle was hulleself voortdurend en dit is ironies dat so ’n skoon diertjie silwerskoon gewas moes word.

Aktiwiteit 151 Opsomming

Voorgestelde antwoorde

Hoe om jou selfvertroue te verbeter

Konsentreer op wat reg is. Maak ’n lys van jou sterk punte. Maak ’n gedetailleerde prentjie in jou kop van jou oorwinning. Wees goed voorbereid en dink nuut en anders. Moenie voorgee om iets te wees wat jy nie is nie. Vermy mense wat negatief is en jou selfbeeld afkraak. Stel vir jou klein doelwitte en vergroot dit mettertyd. Vier jou sukses met iets wat jy geniet. [Aantal woorde: 66]

Page 76: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Aktiwiteit 152 Poësie Blokraaisel oor digterlike aspekte

W S A R K A S M E S G J K L M H B V

Z D T R E T E W Q U I O P L J I G H

A L L I T E R A S I E E W S H P G F

W S D F V B N I K M L U H N T E M A

V V N T I P O G R A F I E B J R E K

R E W S R B A M L P D S A F D B T V

D R E D E L L I P S X C V G Y O A K

C G R F T M S B J I S L T R Y O F K

P E R S O N I F I K A S I E F L O W

R L V G R U S B H U E K T E C A O A

T Y U J I I F V G Y T J E S B S R T

Y K J K E O D C T T F H L K D D P R

U I M U S P G D R R B G H O E F O Y

I N N Y E N J A M B E M E N T G Y N

J G B T P Y F S S R N F J T E T T G

H R V R O T R S A E R D K R S E R E

A S S O N A N S I E T E M A A W F J

M Y T E M R E T H W A T F S U Q D R

Page 77: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Memorandum van blokraaisel oor digterlike aspekte

W S A R K A S M E S G J K L M H B V

Z D T R E T E W Q U I O P L J I G H

A L L I T E R A S I E E W S H P G F

W S D F V B N I K M L U H N T E M A

V V N T I P O G R A F I E B J R E K

R E W S R B A M L P D S A F D B T V

D R E D E L L I P S X C V G Y O A K

C G R F T M S B J I S L T R Y O F K

P E R S O N I F I K A S I E F L O W

R L V G R U S B H U E K T E C A O A

T Y U J I I F V G Y T J E S B S R T

Y K J K E O D C T T F H L K D D P R

U I M U S P G D R R B G H O E F O Y

I N N Y E N J A M B E M E N T G Y N

J G B T P Y F S S R N F J T E T T G

H R V R O T R S A E R D K R S E R E

A S S O N A N S I E T E M A A W F J

M Y T E M R E T H W A T F S U Q D R

Aktiwiteit 153 Hersien prosa

Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Watter soort verteller tref ons in die verhaal aan?

Alomteenwoordige verteller.

2. Hoeveel karakters is daar in die verhaal? Waarom so?

Daar is slegs twee karakters in die verhaal, omdat dit ’n kort-kortverhaal is, is die aantal woorde beperk en is daar nie ruimte vir baie karakters en karakterontwikkeling nie.

3. Waarom het die karakters nie name nie?

Die feit dat die karakters nie name het nie, maak dit universeel en dus is die gebeure nie net op die betrokke karaters van toepassing nie.

4. Hoe sal julle die karakters beskryf?

Die vrou is gespanne, bang en onseker.

Die man is puntenerig en ’n vroueslaner.

5. Die kort-kortverhaaltjie is propvol spanning. Bespreek.

Page 78: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

Reg aan die begin van die verhaal is die leser reeds bewus van die innerlike konflik (vrees) wat die vrou ervaar, naamlik dat die man iets gaan vind waarmee hy ontevrede gaan wees.

Uiterlike konflik word gesuggereer, naamlik dat die man die vrou seergemaak het “... vieslike merk!”

Botsing tussen die mens en sy omgewing kom voor, want dit is duidelik dat die man en vrou nie ’n gesonde huweliksverhouding het nie.

Aktiwiteit 154 Skryf ’n opstel

Aktiwiteit 155 Kort transaksionele skryfstukke Aktiwiteit 156 Hersiening van taalleer

Vrae en voorgestelde antwoorde

Leesstuk: Snork

1. Gee die rede vir die koppeltekengebruik van die volgende woorde:

1.1 Tennessee-hospitaal

Samestelling tussen ’n eienaam en ’n soortnaam.

1.2 64-jarige

Koppeling met syfers, simbole en afkortings.

1.3 eeue-oue

Opeenvolging van klinkers.

1.4 kaas-en-wyn-onthaal.

Koppeling met “en”.

2. Watter spellingbeginsel geld as ons kry met ’n y spel en nie met ei nie?

Historiese beginsel.

3. Gee ’n sinoniem vir die woord chirurg.

Snydokter.

4. Wat noem ons ’n dokter van inwendige siektes?

Internis.

5. Watter klankverskynsel kom voor wanneer die woord eerder as eeder uitgespreek word?

Klankweglating.

6. Die afkorting vir sentimeters is cm. Gee nou die afkortings vir die volgende woorde:

6.1 Donderdag – Do.

6.2 hoofstuk – hfst.

6.3 vergelyk – vgl.

7. Herskryf die volgende sin en verbeter ten opsigte van spelling, leestekens en hoofletters.

Daai dokter met die hoë dink van homself het ongevraagd sy mening gelig oor Mev. Du toit se snorkerry.

Daardie dokter, met die hoë dunk van homself, het ongevraagd sy mening gelug oor mev. Du Toit se snorkery.

Leesstuk: Uitvindsels in die huis

Page 79: ’n Huis sonder ’n troeteldier is oninteressant!vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr_Gr8-Memorandum... · Sonbrille, hoede, ontwerpersklere! Wat nog? Foefies, vir Woefies

1. Skryf ’n voorbeeld van ’n verouderde vorm (argaïsme) uit paragraaf 1 neer.

Aansien des persoons.

2. Watter woord is in paragraaf 1 verkeerdelik deur middel van analogie na die voorbeeld van woorde soos geswem, gewas, ensovoorts gevorm?

Gelawaai.

3. Die woord meganiese kom in paragraaf 2 voor. Vorm ’n afgeleide selfstandige naamwoord van dié woord tussen hakies. Ek verstaan nie die (meganiese) van ’n motorenjin nie.

Meganika.

4. Benoem die volgende woordsoorte volledig:

4.1 robotagtige (paragraaf 3) – Byvoeglike naamwoord attributief gebruik.

4.2 of (paragraaf 4) – Voegwoord.

4.3 uitvinders (paragraaf 6) – Selfstandige naamwoord: soortnaam.

4.4 dekades (paragraaf 6) – Bywoord van tyd.

5. Benoem die volgende werkwoorde volledig:

5.1 word (paragraaf 2) – Hulpwerkwoord van tyd.

5.2 belowe (paragraaf 6) – Werkwoord oorganklik.

6. Uitvinders belowe ons nou al dekades lank sulke meganiese diensknegte. Skryf uit hierdie sin neer:

6.1 die direkte voorwerp. Meganiese diensknegte.

6.2 die indirekte voorwerp. Ons.

7. Jou masjienhulp sit jou ontbyt vir jou voor, presies soos jy dit wil hê (paragraaf 4). Benoem die vetgedrukte bysin.

Bywoordelike bysin van wyse.

8. Sodra jy die teken gee, lig die robotagtige hande jou uit die bed uit. (paragraaf 3).

Ontleed hierdie sin in hoofsin en bysin en benoem.

Hoofsin: Die robotagtige hande lig jou uit die bed uit.

Bywoordelike bysin van tyd: “Sodra jy die teken gee ...”

9. Die woord aangetrek kom in paragraaf 3 voor. Vorm nou deur middel van metamorfeme (klinkerwisseling) ’n sterk verlede deelwoord van dié woord tussen hakies. Die seun voel baie (aangetrek) tot die nuwe meisie in die klas.

Aangetrokke.

Week 9 en 10 Jaareindeksamen

Sien aparte afdeling vir memorandum.