module 4
TRANSCRIPT
LU4 ASS 1 : INFLASIE
1. Beskrywing
Inflasie word omskryf as ‘n toestand waarin daar ‘n voortdurende styging in die algemene prysvlak oor ‘n tydperk plaasvind sodat daar ‘n daling in die koopkrag van geld is.
As pryse daal, laag bly en verder daal (deflasie)
a. Definisie
Definisie word om 3 redes verkies:
Neutraliteit
- Neutraal ten opsigte van moontlike oorsake- In terme van basiese simptoom geformuleer nl. Prysstygings
- Soms beskryf as “te veel geld vir te min goedere.”
ʼn Proses
- Beskryf inflasie as ʼn proses- Deurlopende / volgehoue proses waar pryse styg van jaar-
jaar / maand-maand
Beduidende prysstygings (nie geleidelik)
- As pryse geleidelik styg, kan dit nie as inflasie beskryf word nie
- Dit kan as gevolg van kwaliteit wees- Inflasie dui op beduidende prysstygings
b) Meet van Inflasie
Inflasie word gemeet deur die persentasie prysstyging van goedere en dienste gedurende ‘n seker periode (jaar) te bereken.Prysstygings wod deur indekse aangetoon.
i) Indekse
- Gemiddelde pryspeil in ekonomie word met indekssyfer gemeet (gewoonlik verbruikersprysindeks)
- VPI verteenwoordig die koste van ‘n mandjie verbruiksgoedere en dienste van ‘n gemiddelde huishouding.
ii) Relatiewe metode
- Om die probleem van relatiewe belangrikheid en verskillende meeteenhede te oorkom
- word ʼn geweegde indekssyfer gebruik (gewigte moet aan elke item in die mandjie toegeken word volgens belangrikheid)
- Maak syfers regstreeks vergelykbaar
iii) Die inflasiekoers- kan bereken word deur ‘n maand met ‘n maand in die vorige
jaar te vergelyk of gemiddelde van 12 maande met die vorige 12 jaar se gemiddeld van 12 maande te vergelyk.
Inflasiekoers = VPIt - VPIo X 100 VPI o
(nuut – oud) deel deur oud
Maand vir maand basis Maand-op-dieselfde-maand van die vorige jaarVPI van een maand (bv Maart 2007) (152) word vergelyk met VPI van dieselfde maan van die vorige jaar (Maart 2006) (124)
Inflasiekoers = VPIt - VPIo X 100 VPI o
= 152 – 124 X 100 124= 22.58 %
Jaargemiddeld op jaargemiddeld Die gemiddelde VPI van een jaar (bv 2007 ) (160) word vergelyk met die gemiddelde VPI van die vorige jaar (bv. 2006) (140). Indien die inflasiekoers vir die tydperk 2006 tot 2007 bereken word, sal dit soos volg gedoen word:
Inflasiekoers = VPIt - VPIo X 100 VPI o
= 160 – 140 X 100 124
= 14.29 %
2. SOORTE EN EIENSKAPPE VAN INFLASIE
Spesifieke indekse word gebruik om spesifieke soorte inflasie te bereken
a. Verbruikersinflasie
(4 soorte) Meet lewenskoste
i) Hooflyninflasie:
Dmv VPI gemeet Koste van mandjie verbruikersgoedere en dienste van ʼn tipies
SA huishouding Onaangepaste VPI - inflasiekoers
Om te kan bereken, doen Statistiek SA 5 dinge:
1. Identifiseer en selekteer mandjie goedere (± 1500 verbruikersgoedere en dienste)
2. Ken ʼn gewig toe op grond van belangrikheid3. Besluit op ʼn basisjaar om VPI te bereken4. Besluit op formule vir VPI5. Besluit op ʼn insameling van pryse dmv vraelyste
ii) VPIX- inflasie:
Inflasiekoers word bereken deur die effek van verbandkoers (op huislenings) uit te sluit.
Rentekoerse is die SARB se hoof monetêre beleidsinstrument om inflasie te bestry. (As rentekoerse styg behoort inflasie te daal)
As rente op huisverbande ingesluit word, kan ʼn verkeerde beeld geskep word (toon ‘n styging in plaas van ‘n daling)
SARB gebruik VPIX uitsluitlik vir sy inflasieteikens. Inflasieteiken tussen 3 – 6 %.
iii) Kerninflasie:
SSA publiseer kerninflasiekoers Sekere items word uit die mandjie van goedere waarvolgens die
VPI bereken word, weggelaat, om die inflasiekoers te bereken Goedere met pryse wat skielik styg of daal word weggelaat Goedere waarvan pryse deur staatsinmenging beïnvloed word
bv. * vars en bevrore vleis en vis, word weggelaat* groente, vrugte, neute* rentekoerse op verbandlenings* BTW* Eiendomsbelasting
Kerninflasie meer stabiel as hooflyninflasie want hooflynsinflasie is blootgestel aan seisoensverandering in voedselpryse.
iv) Geadministreerde prysinflasie
Pryse van goedere wat deur regering bepaal word of beheer word
Dit is belangrik dat hierdie dienste se pryse binne inflasiekoers bly
Bv. elektrisiteit, brandstof
b). PRODUSENTE- INFLASIE (PPI)
As pryse as gevolg van verhoogde insetkoste styg (Koste-druk inflasie)
Meet pryse van die stadium van eerste handelstransaksie Ingevoerde goedere: punt waar dit die land binnekom Vervaardigde goedere: fabriek verlaat Sluit dienste uit Meet koste van produksie
PPI VPI
Meet koste van produksie Meet lewenskosteMandjie goedere, dienste uitgesluit Mandjie verbruiksgoedere en diensteKapitaal en intermediêre goedere ingesluit
Kapitaal en intermediêre goedere uitgesluit
Pryse sluit BTW uit Pryse sluit BTW inRentekoers word uitgesluit Rentekoerse word ingesluitPryse van ingevoerde goedere word duidelik aangedui
Pryse van ingevoerde goedere word nie duidelik aangedui
c). ALLESOMVATTENDE INFLASIE
Implisiete BBP-deflator:Om te sien wat met die pryse van ALLE goedere en dienste gebeur in ʼn bepaalde jaar (Nie net mandjie goedere nie)
Gebruik BBP-syfers teen heersende en konstante pryse uit die nasionale rekening.
Die verhouding tussen heersende en konstante pryse Baie wyer indeks as PPI of VPI Potensiële nadeel: sluit uitvoere in en invoere uit
Inflasiekoers = BBP – deflator (t) – BBP – deflator (o) X 100BBP – deflator (o)
d. HIPERINFLASIE
Baie hoë inflasiekoers van 50% en meer per maand Prysvlak styg vinnig, mense verloor vertroue in waarde van geld Ruilhandel kom na vore Geldeenheid omtrent niks werd nie en goedere word vir goedere
verruil
e. STAGFLASIE
Beide inflasiekoers en werkloosheidskoers styg (geen nuwe werksgeleenthede word geskep nie)
Kombinasie van ekonomiese stagnasie (ernstige werkloosheid en ‘n lae of negatiewe groeikoers) en ‘n hoё inflasiekoers.
f. VERGELYKING VAN INFLASIEKOERSE (Sien bl. 260)
3 OORSAKE VAN INFLASIE
(a) Monetariste se verduideliking
Monetêre verskynsel Volgehoue hoë groeikoerse van die geldvoorraad veroorsaak hoë
inflasiekoers en andersom Hoë inflasiekoers kan nie volgehou word sonder aanhoudende hoë
toenames in hoeveelheid geld nie Gebasseer op kwantiteitsteorie – ruilvergelyking
MV = PT (Hoeveelheid geld gebruik = geldwaarde van alle transaksie M (Totale hoeveelheid geld in omloop) P (Algemene vlak van pryse) V (Omloopsnelheid van geld) T (Totale aantal transaksies)
(b) Vraaginflasie
Totale vraag, totale aanbod oorskryTotale vraag teen ʼn vinniger tempo as aanbod toeneem
(i) Oorsake van vraaginflasie
TOENAME IN VERBRUIK (C)
Huishoudings se besteebare inkome kan om drie redes vinniger as totale aanbod toeneem.
Minder besparings o verbruikers spaar minder en bestee meer (toename in totale
vraag is groter as toename in totale aanbod)
Afname in belastingso Sal styging in vraag tot gevolg hê
Toegang tot kredieto Goedkoper krediet(omdat rentekoers daal ) sal die vraag na
goedere laat styg
INVESTERING NEEM TOE (I)
Sakevertroue kan as gevolg van laer rentekoers styg. Besighede investeer meer en daarom styg die vraag na goeder en
dienste wat deel uitmaak van hierdie besteding (bv. Sement, bakstene en arbeid vir die oprigting van geboue.)
As totale vraag teen vinniger tempo as totale aanbod styg, volg prysstygings.
STAATSBESTEDING NEEM TOE (G)
Deur 3 maniere:
Infrastruktuur
Soos paaie, behuising en water en elektrisiteit
Verbruiksbesteding
Aan onderwys, gesondheid en beskerming
Maatskaplike besteding
Voordele word aan armes en werkloses uitbetaal
UITVOERE NEEM TOE (X)
Buitelandse groei
As gevolg van ekonomiese groei in die buiteland kan die vraag na plaaslike goedere en dienste styg.
Vraag na kommoditeite
Die wêreld se vraag na kommoditeite neem toe en neem af (soos in sakesiklusse)
ii) Inflasieproses
4 Totale vraagkurwes, 1 totale aanbod kurwe Toename in TV lei tot toename in Y en toename in P Totale produksie kon net toeneem as produksiekapasiteit toeneem /
uitbrei By volle indiensneming, sal Y konstant bly, maar prysvlak bly styg
GRAFIEK BL 264
c). KOSTE-DRUK INFLASIE
Algemene toename in pryse wat veroorsaak word deur toename in koste van produksiefaktore
Benadeel produksie, indiensneming en inkome
i) Oorsake van koste-druk inflasie
Lone
Belangrikste enkele koste-item in ekonomie Arbeidsvergoeding beloop ± 60% van die koste om BBP te
produseer in SA Stygings in lone en salarisse veroorsaak koste-drukinflasie
Sleutelinsette
Plaaslike produksiekoste styg as pryse van sleutel ingevoerde insette styg (bv. olie)
In SA het die ekonomie sulke insette nodig om sonder onderbrekings te groei, veral vervaardigingsektor
Wisselkoersdepresiasie
As rand teen dollar depresieer, verhoog ingevoerde goedere en dienste se pryse
As rand depresieer behoort kleiner volumes ingevoer te word Nie altyd moontlik nie, sommige dinge moet vervang word bv.
masjiene se onderdele
Winsgrense
Naas lone, rente en huur is wins belangrikste koste item vir produsente
As winsgrense opskuif, verhoog koste van produksie en pryse vir verbruikers
Produktiwiteit
As produktiwiteit van produksiefaktore afneem, maar vergoeding bly dieselfde sal koste per eenheid uitset uitstyg
Loonverhogings, sonder verhoogde produktiwiteit het dieselfde uitwerking
Natuurrampe
Droogtes, vloede en aardverwarming laat produksiekoste styg, dus ook die prys wat verbruikers betaal
Voedselpryse is een van die mees onstabiele pryse in die inflasie-indekse
ii) Koste- drukinflasie proses
Opwaartse verskuiwing van die TA-kurwe na TA Toename in produksiekoste, lei tot toename in prys en afname in
produksie
GRAFIEK BL 265
d). VERWAGTINGE EN INFLASIE
Inflasieverwagtinge tree na vore en word ʼn propaganda-faktor Gedurende tydperke van inflasie verwag verbruikers dat pryse sal
styg Koop dus voordat pryse styg en dra by tot totale vraag Totale vraag styg, skep vraaginflasie Vakbonde beskerm hul lede, beding vir loonverhogings Produksiekoste verhoog wat later pryse laat styg Verwagtinge dat lone en die koste van ander produksiefaktore sal
styg, moedig besighede aan om verkooppryse vooraf te verhoog. Hulle maak dus van bestaande verwagtinge gebruik om hulle winsgrense op te stoot en om pryse op te stoot.
4 GEVOLGE VAN INFLASIE
a) Koopkrag van geld
Styging in pryse is ‘n afname in koopkrag van geld Bv. pryse styg 10% per jaar en inflasie 15%, dus koopkrag neem 5% af
b) Inkomste en rykdom
i) Skuldeisers en skuldenaars
Debiteure (leners) word bevoordeel deur prysstygings Krediteure (uitleners) word benadeel Leners ontvang geld met hoë koopkrag en betaal terug met ʼn
laer koopkrag
ii) Salarisse en loontrekkers
Prysstygings benadeel persone met vaste inkomste bv. afgetredenes, pensionarisse en arm mense
Inkomste kan minder koop Ander individue en entrepreneurs trek voordeel as inkome
vinniger styg as inflasiekoers
iii) Beleggers:
Bates met vaste nominale waardes: o Gee ʼn vaste opbrengs indien dit tot vervaldatum gehou
word. Koopkrag neem dus af as pryse styg
Bates met aanpasbare nominale waardes: o Eienaars van die aandele baat omdat waarde van die bate
toeneem met inflasiekoers toename. Inflasie skep rykdom tot voordeel van ryk mense
c) Besparings:
Inflasie verlaag reële waarde van bestaande besparings in tradisionele van bv. vaste deposito’s, lewenspolisse, pensioenfondse
Spaargeld verloor koopkrag ag inflasie (rente vergoed nie daarvoor nie)
Besparings word ontmoedig omdat goedere moontlik nie bekostigbaar in toekoms sal wees nie
d) Die betalingsbalans:
Inflasie veroorsaak dat pryse van produkte styg, uitvoere daal a.g.v produkte wat duurder is.Tekort ontstaan op die betalingsbalans a.g.v uitvoere wat daal.
e) Die regering:
SA het ‘n progressiewe belastingstelsel: belastingkoerse styg in ooreenstemming met inkomste
Ten tyd van inflasie styg nominale inkome van belastingbetalers al bly hulle reële inkome dieselfde
Inflasie verhoog dus gemiddelde persoonlike inkomstebelasting (persone moet dus hoёr belastings betaal al is hulle in
werklikheid nie beter daaraan toe as tevore nie) Blokkruiping ontstaan
f) Nywerheids- en sosiale onrus:
Loononderhandeling (tussen vakbond en nywerhede ) gaan dikwels gepaard met stakings en massa optredes
Geweld kan voorkom Baie hoë inflasie en regering wat weier om lone verhoog kan lei
tot sosiale onrus. 4 INFLASIE IN SA SIEN BL.268-271
5 BESTRYDINGSMAATREЁLS
a) Monetaristemaatreëls
Dra dit aan sentrale bank om inflasie te bestry deur beheer uit te oefen oor die koers waarteen geldvoorraad toeneem
Kan voorkom word deur: Toename in geldvoorraad te beperk tot min of meer dieselfde koers as toename in reële produksie
Dit lewer 3 probleme op:1. SA bank nie volkome beheer oor geldvoorraad nie2. Sentrale bank kan nie inflasie afsonder van ander
probleme nie3. Omloopsnelheid van geld kan nie beheer word nie
b) Monetêre, Fiskale en aanbodkantbeleid
i) Vraaginflasie:
Moet totale vraag in toom hou, pryse daal, maar produksie, inkome en indiensneming kan ook daal
Monetêre beleid
Beperkende monetêre beleid behels die verhoging in rentekoerse en beperkings op die groei van geldvoorraad
Laat koste van krediet styg en verminder die beskikbaarheid van krediet
Fiskale beleid
Behels ‘n afname in staatsbesteding / toename in belasting
ii) Koste-druk inflasie:
ʼn Beperkende monetêre en fiskale beleid sal inkome, produksie en indiensneming verder afdruk – Resessie kan voorkom
Koste-druk inflasie kan voorkom word deur 2 indirekte beleidsmaatreëls
Produktiwiteit: Produktiwiteit van produksiefaktore op te stootTegnologiese verbeterings
Mededinging: Beste metode om te sorg dat winsgrensebinne beheer bly
iii) Afbreek van inflasie verwagtinge
Inflasieteikens om verwagtinge af te breek
Inflasieteikens het 3 Voordele:o Maklik om te verstaano Laat geen twyfel oor die bedoeling om inflasie tot lae koerse te
beperk nieo Verskaf duidelik maatstaf om monetêre beleid te dissiplineer en
die toerekenbaarheid van die Sentrale Bank te vergroot.
iv) Koste van teen-inflasiebeleid
Inflasie vernietig die koopkrag van geld en daarom sal almal nul inflasie-koerse wou hê Dit beteken nie dat makro ekonomiese doelwit uitwissing van inflasie
kan wees nie Maar die effek van teen-inflasie op ander doelwitte is belangrik bv.
ekonomiese groei, indiensneming
v) Leef saam met inflasie:
Indekskoppelling is ‘n makro-ekonomiese beleidsmaatreël wat diemoontlik maak om met inflasie saam te leef
Pryse, lone, pensioene word aan prysindekse gekoppel Verhoed herverdelingseffek van inflasie
MODULE 4 - Kontemporêre ekonomiese kwessies
EENHEID 2: Toerisme
1 Beskrywing
- Toerisme behels dat mense weggaan van hul normale blyplek af,- en na ’n bestemming toe gaan waar hulle geriewe gebruik en - aan aktiwiteite deelneem.
Drie belangrike dimensies:
Toerisme ontstaan uit ’n beweging van mense na, en hulle verblyf in, verskillende plekke of bestemmings.
Daar is twee elemente in toerisme, naamlik die reis na die bestemming en die verblyf daar.
Die reis en die verblyf is buite die gewone omgewing of normale woonplek.
(a) Omvattende definisie
- Toerisme is die aktiwiteite van mense wat,- vir nie meer as een opeenvolgende jaar nie,- reis na en bly in ’n plek weg van hul normale omgewing,- vir ontspanning, sake of ander doeleindes wat nie verband hou met ’n
aktiwiteit waarvoor vergoeding vanuit die bestemming betaal word nie.
(b) Meting van toerisme
- Toerisme benadruk ’n aktiwiteit.- Voordat ’n aktiwiteit as toerisme beskou kan word, moet dit egter aan
die volgende voldoen:
Daar moet ’n doel vir die besoek en vir die aktiwiteit wees. Geen vergoeding moet in die plek wat besoek word, verdien
word nie. Die tydsduur van die verblyf moet ’n minimum van een nag
wees. Die maksimum duur van die verblyf moet minder as een jaar
wees. Die reisafstand moet meer as 160 km weg van die persoon se
normale woonomgewing wees.
(c) Doel
Vryetydsbesteding en ontspanning
Dit sluit in om vakansie te hou, sport te beoefen of vriende en familie te besoek.
Kulturele toerisme bv. Besoeke aan museums ens. Ekotoerisme bv. Besoeke aan natuurlike gebiede ens.
Besigheid en professioneel
Vergaderings en konferensies Aansporingsbesoeke Besoeke aan besighede en fabrieke
Ander
Studies Mediese behandeling
(d) Die aanbodkant van toerisme
- Bestaan uit ondernemings, organisasies en fasiliteite wat die spesifieke behoeftes en voorkeure van toeriste bedien.
- Twee groepe:
(i) Ondernemings wat ten volle van toerisme afhanklik is
Hotelle, gastehuise ens. Kleinhandelaars wat reistoebehore en aandenkings verkoop,
apteke ens. Hotelskole, opleidingsprogramme in toerisme ens. Toergidse, reisagente ens. Motorhuurondernemings, taxi’s ens.
(ii) Ondernemings wat gedeeltelik van toerisme afhanklik is
Motorvoertuigverspreiders, vulstasies ens. Restaurante, kitskosplekke ens. Motors met chauffeurs, watervervoer. Versekeraars, valutahandelaars ens. Koop en verkoop van verhuurbare eiendom ens. Vermaak- en vertaaldienste.
2 Redes vir groei in toerisme
’n styging in besteebare inkomes ’n vermindering in werksure ’n groter bewustheid van vryetydsbesteding en ontspanning verbeterde vervoer, kommunikasie en akkommodasie toenames in advertensies en promosies begrip van die voordele van vakansies en reis die gemak waarmee buitelandse valuta verkry word en betalings
gedoen word.
(a) Internasionaal
Meer toerisme in ontwikkelde wêreld as in ontwikkelende wêreld Die toerismebedryf groei egter vinniger in die ontwikkelende
wêreld
(b) Plaaslik
(i) Buitelandse aankomste
Buitelandse toeristeo Het SA as bestemming o Groei agv drie redes:
Vreedsame oorgang na demokrasie SA bied feitlik enige ondervinding in een land
aan Rand het baie gedepressieër, maak ons land
goedkoper vir toeriste
Transito-toeristeo Toeriste wat slegs deur SA reiso Reis deur SA bv in Afrika na die Ooste
(ii) Binnelandse toerisme
Binnelandse toeriste
o Reis binne die grense van SAo Suid Afrikaners wat vir sakereise, vakansies en
besoeke aan vriende en familie reis
Uitgaande toeristeo Suid-Afrikaners wat oorsee reiso Die meeste van SA se uitgaande toeriste gaan
met vakansie of op sakeverwante besoeke
3 Suid-Afrika se toerismeprofiel
(a) Toerisme-genererende lande
Meeste van SA se toeriste kom van Afrika af. Baie kom om kos en ander voorrade te koop. Die meeste van hulle bly nie in amptelike akkomodasie nie. Daar word aanvaar dat hulle by familie of vriende oorbly. Toeriste van buite Afrika bring die meeste geld die land in. Vir die meeste van hulle is SA ‘n vakansiebestemming.
(b) Doeleindes
Buitelandse toeriste besoek SA vir vakansie, sake en anderredes.
Binnelandse sowel as internasionale toeriste bestee hulle tyd engeld op ons kuste, dierelewe en groot verskeidenheidlandskappe van berge, woestyne en die bosveld.
Baie van die natuurgebiede wat toeriste besoek, word spesiaalbewaar of beskerm.
(c) Bestemmings
‘n Bestemming bring alle aspekte van toerisme bymekaar – vraag, vervoer, akkommodasie, aanbod en bemarking.
Die beeld wat bestemmings uitdra, lok toeriste, skep redes vir ‘n besoek en is derhalwe die dryfkrag agter die hele toerismesisteem.
Die rykheid en verskeidenheid van bestemmings dra tot die sukses van toerisme by.
Toerimebestemmings is nie goed versprei in SA nie. Die belanghebbers van ‘n bestemming is al daardie persone en
groepe wat ‘n gevestigde belang in toerisme by die bestemming het.
Dit is die eienaar, werkers en die verskaffers van goedere en logistieke dienste.
Plaaslike owerhede, provinsiale regerings en die nasionale regering is egter ook belangrike belanghebbers omdat hulle geriewe, infrastruktuur, veiligheid en ander dienste verskaf.
(d) Inheemse kennis
Toeriste wil die inheemse kultuur, geskiedenis en omgewing verstaan – hoe die plaaslike mense leef en werk.
Van besondere belang is ons Wêrelderfenisterreine. Dit verteenwoordig die uiterstes van ons inheemse
omgewingsuniekheid.
4 Die effekte
(a) Op die BBP
Die impak van toerisme is groter op die dienstebedryf as op landbou en fabriekswese.
Daar is ook terugwaartse effekte soos as die landbou voedsel aan restaurante verskaf en fabriekswese voertuie vir vervoer lewer.
(i) Indirekte bydrae
Basies is toerisme ‘n dienste-gebasseerde bedryf en was dit gedeeltelik verantwoordelik vir die groei in SA se dienstesektor die afgelope aantal jare.
(ii) Direkte bydrae
Om vir die ekonomiese ontwikkeling in die toerismesektor te beplan is dit belangrik om te weet hoeveel die bydrae van die sektor tot die BBP is.
Totale bydrae word geskat op R93.6 miljard vir 2004 Die bedrag van die BBP het R1387 miljard beloop. Volgens die WRRT was toerisme se bydrae tot die
wêreldekonomie se BBP 11.6 % in 2005.
(b) Indiensneming
Die effek wat toerisme op indiensneming het, kan op verskillende maniere uitgedruk word.
WRRT beraam dat toerisme in SA 1.12 miljoen werksgeleenthede in 2004 geskep het.
‘n Persentasie van die arbeidsmark ‘n Verhouding tot die getal mense in die arbeidsmag
Toerisme is die wêreld se grootste skepper van werksgeleenthede en wel oor die volgende redes:
Toerisme is arbeidsintensiefo Dit het die laagste verhouding van investering
tot werkskepping.o Dit beteken dat vir elke kapitaaleenheid wat in
toerisme investeer word, meer werksgeleenthede as in enige ander bedryf geskep kan word.
Toerisme gebruik baie vaardighedeo Daar is ruimte vir feitlik enige vaardigheid.o Vanaf rekenmeesters en haarkappers tot
toergidse en spoorsnyers.o Verder is daar geleentheid vir indiensopleiding.
Toerisme verskaf vinnig werksgeleenthedeo Toerisme moet behoorlik georganiseer en
gefokus wees.
Toerisme bied geleenthede aan ondernemerso Bied geleenthede aan ondernemings in die
informele sektor soos handwerk en vrugtesmouse.
(c) Armoede
Toerisme is een van die vinnigste en effektiefste hervedelingsmeganismes in ontwikkeling.
Bring ontwikkelling aan arm mense in plattelandse gebiede.
Meeste toeriste attraksies is nie in stede nie, maar in plattelandse gebiede.
Toerisme stel mense op die platteland in staat om in die voordele van toerisme-ontwikkeling te deel, wat meer gebalanseerde en volgehoue ontwikkeling bevorder.
Dit bied ‘n alternatief vir verstedeliking en gee mense die geleentheid om op die platteland te bly – sodoende word vroue en kinders bemagtig.
Toerisme bied geleenthede om arm mense se inkomstebronne te diversifiseer.
o Gee hulle ‘n aandeelo Bemagtig hulleo Skep vennootskappe
(d) Eksternaliteite
Toerisme skep inkomste, maar dit kan lei na beskadiging van die omgewing.
Toerisme gebruik hulpbronne en produseer afvalprodukte. In die proses word koste en voordele geskep tov die omgewing, en
op sosiale en kulturele gebied. Negatiewe gevolge:
o Die agteruitgang van tradisies en kulturele waardeso Die beskadiging van terreine en die natuurlike omgewingo Toerismegeriewe skep besoedeling en afval
Toerisme sal aanhou groei Positiewe gevolge:
o Toerisme het ‘n groot potensiaal om inkomste te loko Dit is ‘n instrument vir armoedeverligtingo Die bewaring van kulturele en natuurlike bates
Lande streef ‘n etiese en volhoubare toerismebedryf na
(e) Omgewing
Toeriste moet plekke besoek waar produksie plaasvind om produk te verbruik – veroorsaak omgewingstres.
Vier belangrikste kategorieë van stres veroorsakende aktiwiteite:o Permanente herstrukturering van die omgewingo Skep van afvalprodukteo Direkte omgewingstres wat deur toeriste-aktiwiteite
veroorsaak wordo Effek op bevolkingsdinamika
(f) Infrastruktuur
‘n Voldoende fisiese infrastruktuur vir ekonomiese en basiese dienste is noodsaaklik vir gebiede wat toerismebestemmings is.
Vervoerinfrastruktuur Kommunikasie-infrastruktuur Energie-infrastruktuur Basiese dienste-infrastruktuur
5 Die voordele
Direkte voordele word uit toerisme verkry vanweë die:
Groei in die BBP Werkverskaffing Infrastruktuur ontwikkeling Blootstelling aan buitelanders Blootstelling aan vreemde kulture Verdienste van buitelandse valuta
(a) Huishoudings
Huishoudings deel in algemene voorspoed wat uit drie belangrike effekte bestaan:
o Inkomste Geld wat deur toeriste bestee word, beteken ‘n
inkomste vir huishoudings vanweë salarisse en lone wat hulle deur werksgeleenthede verdien, of deur hul eie aktiwiteite in die toerismebedryf.
o Infrastruktuur Infrastruktuur wat geskep word is ook beskikbaar vir
plaaslike inwoners bv. Paaie
o Vaardighede
Toerisme vereis ‘n verskeidenheid vaardighede, wat weer onderwys en opleiding vereis.
(b) Besighede
Die infrastruktuur vir ekonomiese en basiese dienste word normaalweg deur die openbare sektor voorsien.
Dit word as basis vir ‘n superstruktuur gebruik. In toerisme bestaan so ‘n superstruktuur uit besighede wat
akkommodasie, vervoer, geboude attraksies, asook kleinhandels- en ontspanningsdienste voorsien.
Normaalweg is dit privaatsektoraktiwiteite wat wins genereer.
Om bestemmings te ontwikkel help die openbare- en privaatsektor om die ontwikkeling te finansier.
In SA is ‘n OPV die korporatiewe vorm hiervoor. Die openbare sektor voorsien ook ‘n reeks finansiële
aansporings vir investering deur die private sektor in toerisme.
Daar bestaan ook baie geleenthede vir meer informele aktiwiteite soos motorverhuring, gidse vir toere,gastehuise ens.
(c) Die regering
Die regering baat by toerisme deur belastings te hef.
Sulke belastings het twee oogmerke:
o Om eksterne koste te verhaal
Bedrag wat by die verkoopprys gevoeg word soos storte en toilette op die strand.
Dien as vergoeding vir die gasheergemeenskap om basiese dienste, infrastruktuur en openbare geriewe te verskaf.
o Om inkomste te verdien
Openbare inkomste word verdien uit lughawevertrekbelasting, belasting op vlugkaartjies en op hotelkamerbesetting, asook geld gewen by ‘n casino.
Normale uitgawe belasting soos BTW, aksyns- en doeanebelasting moet ook betaal word.
BTW kan egter teruggeëis word.
(d) Infrastruktuur
Infrastruktuur vir ekonomiese en basiese dienste is belangrik.
Die DOT het ekonomiese infrastruktuur as prioriteit bepaal om toerismegroeigebiede te ondersteun.
Vir die meeste ROI’s en korridors is toerisme ook ‘n belangrike fokus.
OPV’s word ook vir die ontwikkeling van infrastruktuur gebruik.
Toeriste benodig ook sosiale infrastruktuur soos ambulansdienste, medisyne ens.
6 Beleidsvoorstelle
DOT neem leiding en rigting aan die formulering en toepassing van toerismebeleid op nasionale vlak.
Die Witskrif oor Toerisme dien as vertrekpunt. Die DOT werk in vennootskap met SA-Toerisme, die
toerismebedryf en ander relevante belanghebbers. Doelwitte:
o Groei van toerismeo Voordele van toerisme te verseker en te versnelo Volhoubaarheid te verseker en die lewenskwaliteit van SA
burgers te verbeter. Die toerismeforum dien as raadgewende liggaam aan die Minister.
o Dit beoog om die groei en ontwikkeling van die Toerismebedryf te verseker.
(a) Bemarking
Die bemarking en promosie van SA se toerisme het ‘n internasionale en nasionale dimensie.Bemarking word generiese bemarking genoem as spesifieke attraksies nie genoem word nie.
In internasionale verband poog generiese bemarkingsaksies om SA as ‘n toeristebestemming ingesluit te kry wanneer toeriste hulle reisplanne oorweeg of reisagente verskillende opsies aan kliënte voorhou. Algemene kenmerke word beklemtoon soos die waarde van geld, klimaat ens.
In nasionale verband poog generiese bemarking om alle landsburgers te oorreed om te reis wanneer hulle met vakansie gaan in hulle eie land
Ander rolspelers bemark spesifieke doelwitte en bestemmings.
o Doelwitte bv. konferensies, inkopies ens.o Bestemmings bv. Nasionale Krugerwildtuin,
Kangogrotte ens.
(b) Ruimtelike verspreiding
Toerisme moet eweredig versprei word na alle provinsies. Drie benaderings kan gevolg word:
(i) Skep verteenwoordigende liggame
Die bedryf waarbinne ‘n attraksie val, kan ‘n verteenwoordigende liggaam stig en dan verteenwoordiging op die groter toerismebedryf se organisasies probeer verkry.
Bemarking vanuit die groter bedryf se organisasies sal meer effektief wees.
(ii) Verbeter bemarking
Verteenwoordigende liggame kan bemarking volgens die vier P’s evalueer.
Produko Is die attraksie op die beste moontlike wyse
beskryf? Prys
o Die pryse wat toeriste betaal moet mededingend wees.
Promosieo Alle aspekte van reklame moet heroorweeg
word. Plek
o Ligging en toeganklikheid is belangrik.
(iii) Verbeter en brei ondersteunende dienste uit
Akkommodasie
o Dienste bied fisiese verblyf en kos aan.o Hierdie dienste saam laat toeriste welkom voel
en gee waarde vir geld.o Bv. hotelle en eetplekke
Diensteo Namate die grootte van die bestemming
toeneem, moet meer geriewe en dienste beskikbaar wees.
o Bv. alle soorte kleinhandel en petrolverskaffingo Hierdie geriewe en persoonlike dienste moet in
die onmiddelike omgewing van die bestemming wees.
Toeganklikheido Ontwikkeling en instandhouding van
doeltreffende vervoerskakels is noodsaaklik.o Bv. uitsigritte en fietspaaie
Aanvullende diensteo Aanvullende dienste moet aan beide die
verbruiker en die nywerheid gelewer word deur sentrums wat inligting verskaf en skakeling doen.
o Bv. bemarking, ontwikkeling en koördinering.
(c) Belasting
Belasting word gehef om ‘n inkomste te verdien.WRRT beskou die heffing van belasting as redelik, maar beveel aan dat dit in ooreenstemming met die volgende riglyne gedoen word:
Billikheido Belastings moet billik wees en die reis- en
toerismebedryf moet dieselfde behandel word.o Bv. belasting op ‘n vlugkaartjie is billik omdat
nie net die toeris belas word nie.
Doeltreffendheid
o Belastings moet ‘n minimale effek op die vraag na die toerismebedryf se dienste hê, tensy dit met ‘n spesifieke doel ingestel word om die vloei van toerisme te reguleer.
o Bv. toegangsgeld by natuur- en wildreservate.
Eenvoudo Dit moet maklik wees om belastings te betaal
en te administreer.o Belasting word as ‘n uniforme tarief gehef.
(d) Infrastruktuur
Basiese oorwegings:
Meer infrastruktuuro Die omvang van die fisiese infrastruktuur moet
toeneem namate die bevolking groei, toerisme toeneem en die ekonomie uitbrei.
o Bv. Eskom se kragvoorsiening.
Opgraderingo Waar uitbreiding nie moontlik is nie moet
opgradering plaasvind.o Bv. grondpaaie moet geteer word
Nuwe tegnologieo Dit is belangrik vir besighede en die individue,
asook doeltreffende bemarking en verspreiding van toerismeprodukte, -dienste en –inligting in die binneland sowel as die buiteland.
o Bv. kommunikasie
MODULE 4 – Kontemporêre ekonomiese kwessies
EENHEID 3 – Volhoubaarheid van die omgewing
1 Die toestand van die omgewing
Die omgewing is onder druk omdat die mens se eise groter is as dit wat die natuur oor die langtermyn op ‘n volhoubare basis kan voorsien.
Hierdie eise ontstaan vanweë:
Toenemende bevolkingsgetalleo Die wêreld se bevolking neem veral toe as gevolg van die
hoë geboortesyfer in ontwikkelende lande. Oormatige verbruik
o Die aantal kalorieë wat mense in ontwikkelde lande deur voedsel inneem, is 30% hoër as die hoeveelheid wat die natuur op ’n volhoubare basis kan voorsien.
Die uitwerking van menslike bedrywighede plaas op twee maniere druk op die natuurlike omgewing:
Insetteo Die natuurlike omgewing voorsien die bronne vir die mens
se lewens- en werkaktiwiteite. Uitsette
o Die mens se lewens- en werksaktiwiteite produseer afval waarvan in die omgewing ontslae geraak word.
(a) Besoedeling
Besoedeling vind plaas wanneer mense op ’n regstreekse of onregstreekse manier afvalstowwe in die omgewing stort.
Residuele afval ontstaan tydens verbruik bv. Rommel. Besoedeling tydens produksie bv. rook, gasse ens. is ernstiger want
hierdie soort besoedeling benadeel die hele omgewing.
(i) Definisie van besoedeling
Besoedeling ontstaan wanneer die uitvloei van afval weens menslike bedrywighede die natuur se vermoë oorskry om dit te verwerk.
(ii) Tegnologie en die beheer van besoedeling
Nuwe tegnologie soos rekenaars, genetiese ingenieurswese, optiese vesels het ’n skoner invloed op die omgewing in vergelyking met ouer tegnologie soos die opwekking van elektrisiteit deur steenkoolverbranding en die gebruik van fossielbrandstowwe.
(iii) Marginale besluite
Mense verkies om in ’n omgewing te woon waar daar min besoedeling is, maar dit kos geld.
Die marginale of grensbeginsel word toegepas. ’n Bepaalde vlak van besoedeling word aanvaar omdat enige
verdere verminderings te duur sal wees vir die voordele wat dit inhou.
(iv) Eiebelang
Besoedeling behels eksterne koste. Mense se grondwetlike reg om ’n rommelvrye strand ens. te geniet
is nie ’n private reg nie. Dit is ’n sosiale wat nie maklik afdwingbaar is nie.
(v) Beleidsprobleme
Probleme wat ontstaan met die ontwerp en toepassing van ’n gepaste beleid:
o Die koste om besoedeling te bestry kan bereken word, maar daar is ontasbare voordele waarvoor daar nie ’n prysetiket bestaan nie omdat hierdie voordele nie in die mark verhandel word nie.
Bv stappers Skadupryse moet gebruik word om die eksterne koste
van die besoeker te bepaal. Skadupryse is toegerekende pryse.
o Besoedeling kom in verskillende vorme voor, dus is dit nodig om verskillende beleide toe te pas.
(b) Beskerming
Beskerming streef na die kreatiewe voortbestaan van die omgewing, terwyl dit verseker dat veranderings simpatiek staan teenoor die lewenskwaliteit van die huidige en van die toekomstige geslagte.
(i) Aspekte van beskerming
Geleentheidskoste bv ‘n Groengordel Eksternaliteite bv ’n pad na ’n nasionale park deur plaasgrond Besluite kan nie aan markkragte oorgelaat word nie.
(ii) Beskerming van ’n bron
Hernubare hulpbronne bv timmerhout en nie-hernubare hulpbronne soos fossielbrandstof en minerale moet bespaar word.
Omgewingsbronne soos vis moet ook beskerm word teen die hoeveelhede wat gebruik word.
(iii) Die behoud van ’n hernubare bron
Gemeenskaplike goedere soos vis.o Daar is nie private eiendomsregte oor viswaters nie.o Derhalwe slaag die markmeganisme nie daarin om
visbronne te bewaar nie.o Die gevolg hiervan is dat geen visser vrywillig sy vangste sal
beperk nie, bloot omdat dit sal beteken dat ander dan meer vis kan vang.
Regstreekse beheero Oorbenutting van visbronneo Regering kan twee regstreekse metodes gebruik:
Permitte Kwotas
(c) Bewaring (Preservering)
Bewaring beteken om iets ongeskonde te hou, of in stand te hou.
(i) Private eiendom
Boer kan riviermond met ekosisteme bewaar of ontwikkel. Privaat eienaar kan natuur bewaar as die eienaar ’n inkomste
verdien. Die gemeenskap kan ook ’n voordeel daaruit trek bv ongerepte
natuur, uitsig ens.
(ii) Geen kompromie
Die boer kan die riviermond ontwikkel om meer geld te maak. Ontwikkeling benadeel die diere- en plantlewe. Die gemeenskap lei ook skade. Daarom is sekere goedere net nie te koop nie.
(iii) Regeringsbeleid
Koop of onteieno Onder staatsbeheer en –bestuur kan die gemeenskap se
welvaart gemaksimeer word, maar dit kan te duur wees.o Toegang tot sulke bates kan gesluit word vir die publiek.
Subsidieero Die regering kan ’n toelaag of belastingstoegewing maak om
die instandhouding van ’n omgewing te verseker.
Beheero Die eienaar kan gedwing word om beheer toe te pas bv die
hoeveelheid vis wat gevang word.
(d) Eksternaliteite
Eksternaliteite is die ekstra koste en voordele wat nie by marktransaksies ingesluit is nie.
(i) Negatiewe eksternaliteite
Goedere wat negatiewe eksternaliteite het, soos lug- en waterbesoedeling, word in die mark oorvoorsien.
(ii) Positiewe eksternaliteite
As daar van besighede verwag word om ’n bepaalde bedrag geld te bestee aan toerusting waardeur besoedeling verminder kan word, kan sulke besteding positiewe eksternaliteite vir andere inhou.
Soos skoner lug vir buitelandse toeriste.
2 Maatreëls om volhoubaarheid te verseker
Volhoubaarheid van die omgewing verwys na die vermoë van die omgewing om sy aanwending in ekonomiese aktiwiteite te oorleef.
Volhoubare ontwikkeling verwys na die bevrediging van die behoeftes van die huidige geslag sonder om die behoeftebevrediging van toekomstige geslagte in die gedrang te bring.
(a) Die mark
Die mark word deur eiebelang gedryf. Dus gebruik mense die omgewing vir hulle eie voordeel. Individue weeg die marginale koste en die marginale voordele van
enige bedrywigheid teen mekaar op. In die vryemarkstelsel word volhoubaarheid bereik indien die pryse
van hulpbronne agv toenemende skaarsheid styg, en tot die mate waarin omgewingsvriendelike tegnologie in produsente se private belang is.
Sosiale belang is die teenoorgestelde van eie belang. Die sosiale koste en voordele wat spruit uit die benutting van die
omgewing in berekening gebring moet word wanneer pryse en hoeveelhede vasgestel word.
Hiermee word alle koste en voordele bedoel, nie net die wat die produsent of die verbruiker regstreeks raak nie – dit geld vir die huidige en vir die toekoms bv aardverwarming.
Die mark misluk dus wanneer dit nie vir sosiale koste en voordele voorsiening maak nie.
(i) Markmislukking
Die omgewing is ’n gemeenskaplike hulpbrono Goedere soos die lug en oseane is nie in private besit nie.o Hierdie voorbeelde is globale gemeenskaplike goedere met
die eienskap van nie-uitsluitbaarheid.o Pryse kan ook nie vasgestel word nie en daarom is daar
geen aansporing om die hulpbron spaarsamig te gebruik nie.
Eksternaliteiteo Hoe groter die eksterne koste word hoe laer sal die vlak van
die sosiale doeltreffende opbrengs daal.o Daar is geen eiendomsreg op die omgewing nie.o As ek vind dat ’n besigheid die lug besoedel wat ek inasem,
kan ek niks daaraan doen nie want die lug behoort nie aan my nie.
Gebrek aan kenniso Mense rig onbewustelik skade aan die omgewing aan, veral
waar sulke skade met verloop van tyd akkumuleer.o Bv spuitkannetjies
Traak-my-nie-agtigheid
o Verbruikers en besighede is dikwels bereid om skadelike praktyke voort te sit, en laat dit aan die nageslag oor om hulle oor die uitwerking op die omgewing te bekommer.
(ii) Optimale markoptrede
As suiwer markkragte nie daarin slaag om die omgewing in stand te hou nie, beteken dit dat die mark as ’n meganisme misluk het.
Hierdie mislukking bestaan daarin dat die markprys nie alle koste en voordele ingesluit het wat menslike aktiwiteite meegebring het nie.
Gevolglik is die hoeveelheid wat geproduseer en verbruik word nie ideaal nie.
(b) Regeringsinmenging
Die doel van regeringsinmenging in markte is om sosiale doeltreffendheid met omgewingsvolhoubaarheid te bereik.
(i) Die toekenning van eiendomsreg
Die toekenning van eiendomsregte kan beskerming bevoordeel. Dit verseker dat mense omgee vir dit wat aan hulle behoort.
(ii) Betaling vir omgewingsgebruik
Om gelde te hef is een metode wat regerings gebruik om omgewingsgebruik te belas.
Dit beteken dat die regering verbruikers en produsente laat betaal vir afval wat hulle produseer en in die omgewing stort.
(iii) Omgewingsbelastings
’n Betaling vir die gebruik van die omgewing kan vervang word met ’n belasting op die produkte wat geproduseer word en wat eksterne omgewingskoste meebring.
Dit staan as groenbelastings bekend, bv motorbande.
(iv) Omgewingsubsidies
Bedrywighede wat daarop gemik is om skade aan die omgewing te beperk kan gesubsidieer word.
Die koste om die nadelige effekte vir die omgewing te verminder word uit belastings verhaal.
Subsidies kan vir die volgende wees:o Nuwe tegnieke en toerusting om bv rookbesoedeling te
vermindero Die produksie van omgewingsvriendelike plaasvervangers
soos loodvrye petrolo Die hersirkulering van afval soos bottels
(v) Bemarkbare permitte
Besoedelingslisensies kan teen ’n heffing verkoop word. Dit is ’n bedrag wat besighede sal kan bekostig. Besighede kan sulke lisensies of permitte aan ander besighede
verkoop in ’n permitmark.
(c) Openbare sektor beheer
Regeringsinmenging lewer nie altyd die gewenste resultate nie. Dan moet die staat regstreekse beheer oorneem.
(i) Bevel en beheer (BEB)
BEB – maatreëls behels die vasstelling van maksimum hoeveelhede toelaatbare uitlate (bv koolstofdioksied), of hulpbronbenutting (bv ton vis), of die minimum aanvaarbare vlakke van omgewingskwaliteit (bv plantasies).
Inspekteurs monitor hierdie aktiwiteite in stel boetes in as wetlike bepalings nie nagekom word nie.
Alle ontwikkelde lande het omgewingsregulasies. Drie benaderings bestaan tot die ontwikkeling van BEB-stelsels:
o Hoeveelheidstandaarde Klem is op die hoeveelheid besoedeling wat
veroorsaak word.o Kwaliteitstandaarde
Klem is op die invloed van besoedeling op die omgewing.
o Sosiale impak standaarde Klem is op die uitwerking van besoedeling op mense.
(ii) Vrywillige ooreenkomste
Die staat kan vrywillige ooreenkomste met besighede aangaan om besoedeling te verminder in plaas daarvan om wette en regulasies toe te pas.
Besighede verkies dit omdat die inhoud van die ooreenkoms (formele regsgeldige kontrakte) kan beding om in te pas by hulle beplanning of dat dit gepas is vir hulle besigheid.
(iii) Onderwys
Mense se houdings is belangrik in soverre dit die gevolge van hul optredes op die omgewing betref.
Opvoeding speel ’n belangrike rol om mense toe te rus om die omgewing beter te bestuur.
Benaderings om mense op te voed:o Wildreservate in SA is omskep in beskermingsgebiedeo Huishoudings het ’n bewustheid van afvalhersirkulering
ontwikkelo Koöperasies is gestig om organiese voedsel te produseer.
(d) Internasionale maatreëls
(i) Verlies aan biodiversiteit
Biologiese diversiteit betrek twee verwante elemente:o Die omvang van genetiese verskeidenheid tussen individue
binne dieselfde spesie.o Die aantal spesies binne ’n gemeenskap van organismes.
Agv die uitwissing van spesies neem die diversiteit van die lewensvorme wat die Aarde bewoon teen ’n ongekende tempo af.
Die uitwissing van spesies is ’n onomkeerbare proses. Hierdie uitwissing gebeur op die tydstip waarop ons die beste
toegerus is om die genepoel, bv van plantdiversiteit, te benut.
(ii) Chemiese afval
Vergiftiging vind plaas wanneer ’n lewende organisme nadelige gevolge ervaar na blootstelling aan die een of ander middel.
Sulke blootstelling kan uitloop op:o Onmiddellike dood, bv insekdoders.o Dood na ’n tyd, bv kankero Onvrugbaarheid, by mense, diere en plante
Die produksie van chemikalieë veroorsaak altyd chemiese afval, en die probleem is om van sulke afval ontslae te raak.
Sedert 1972 het die VN ’n aantal ooreenkomste gefasiliteer vir die wegdoen van giftige chemikalieë.
SA het die volgende onderteken:o Die Stockholm Protokol op Blywende Organiese
Besoedelingo Die Rotterdam Konvensieo Vooraf Ingeligte Instemming
(iii) Gevaarlike afval
Gevaarlike afval is meer as net chemiese afval. Dit omvat alle giftige metaalafval soos lood en kwik, radioaktiewe
afval en anorganiese verbindings soos sommige plaagdoders, en die afvalprodukte van die petrochemiese nywerheid.
Hierdie tipe afval ontbind stadig en bly lank in die omgewing voortbestaan.
Hulle akkumuleer. Die Basil Konvensie oor die beheer van die oorgrensbeweging van
gevaarlike afval en die handel daarin laat die ondertekenaars daarvan toe om gevaarlike afval uit te voer slegs na ’n ander ondertekenaar wat nie die invoer daarvan verbied het nie.
SA het die Basil Konvensie onderteken.
(iv) Klimaatsverandering
Klimaatsverandering kan slegs opgelos word deur internasionale samewerking.
Die invloed daarvan sluit in veranderinge in seetemperature, weerpatrone, grondgebruik, dierelewe ens.
Klimaatsverandering is die gevolg van aardverwarming. Aardverwarming ontstaan agv uitlaatgasse soos CFK en CO2. Hierdie gasse staan bekend as kweekhuisgasse.
o CFK lei tot die vernietiging van die osoonlaag in die stratosfeer met die gevolg dat meer hitte in die vorm van infrarooibestraling die Aarde bereik.
o CO2 skep ’n kombers in die atmosfeer wat die Aarde se hitte binnehou en die kweekhuiseffek skep wat tot aardverwarming lei.
In 1992 is die VN se Raamwerkkonvensie oor klimaatsverandering (RKK) geformuleer.
Die oogmerk is om die konsentrasie van kweekhuisgasse te stabiliseer op ’n vlak wat sal verhoed dat mense op gevaarlike wyse met die klimaat inmeng.
Die RKK is baseer op die vrywillige vermindering van koolstofdioksiedvlakke.
Weens die gebrek aan sukses is die Kyoto-protokol in 1997 onderteken.
Hiervolgens het 186 ondertekenaars ooreengekom op ’n bindende stel teikens vir die hoeveelheid uitlaatgasse wat die ontwikkelde lande mag skep.
Naas die uitlaatteikens sluit die ooreenkoms ook die volgende in:o Lande onderneem om planne voor te lê vir die vermindering
van kweekhuisgasse en op datum te bly met die bereiking van hul emissieteikens.
o ’n Internasionale stelsel van handel in koolstofemissies, sal ingestel word.
o Nywerheidslande sal toegelaat word om krediete te eis vir die verwydering van koolstofdioksied soos deur die aanplant en bestuur van woude en om boerderypraktyke te verander.
o Lande wat nie die teikens teen 2012 haal nie, sal gepenaliseer word.
o Nywerheidslande sal geldelike bystand aan ontwikkelende lande gee om hulle te help om aan te pas by klimaatsveranderings en om nuwe skoon tegnologie te verskaf.
(v) Verlies aan inheemse kennis
Inheemse kennis verwys na die kennis van inheemse mense om in ’n bepaalde omgewing te leef.
Sulke mense maak tradisioneel van organiese metodes en natuurlike prosesse gebruik.
Vir omgewingsvolhoubaarheid moet sulke gebruike voortgesit word. Vir die instandhouding van die omgewing is dit belangrik om
plaaslike mense te bemagtig.
3 Internasionale ooreenkomste
Twee sleutelkonferensies:
(a) Rio de Janeiro – (UNCED)
150 Regerings het hulleself verbind tot volhoubare ontwikkeling en die bewaring van die omgewing.
Die samesprekings het Agenda 21 tot gevolg gehad, en hieruit het ’n verklaring van beginsels voortgevloei, wat as die Rio Verklaring bekend staan.
(i) Agenda 21
Die riglyne en besluite ivm die omgewing handel oor ’n aantal sake.o Die bewaring van die atmosfeero Die bekamping van ontbossingo Die bewaring van biodiversiteito Bl 321
(ii) Die Rio Verklaring
Die Verklaring is opgestel itv 27 beginsels. Die volgende het betrekking op die omgewing:
o Beginsel 4: Omgewingsbewaring moet ’n integrale deel uitmaak
van die ontwikkelingsproseso Beginsel 7:
Lande moet saamwerk in ’n gees van globale vennootskap om te beskerm, te bewaar en die welsyn en integriteit van die Aarde se ekosisteem te herstel.
o Beginsel 14: Lande moet voorkom dat bedrywighede wat erge
skade aan die omgewing kan aanrig of die menslike gesondheid kan benadeel na ander lande oorgeplaas of daarin gevestig moet word.
o Beginsel 15: Die bewaring van die omgewing moet voorkomend
wees.o Beginsel 16:
Die internalisering van omgewingskoste en die gebruik van ekonomiese instrumente moet bevorder word.
o Beginsel 17: Omgewingsimpakstudies moet gedoen word om die
negatiewe effek van voorgestelde bedrywighede op die omgewing vas te stel.
(b) Johannesburg (WSSD)
Johannesburg was die gasheerstad vir die Wêreldberaad oor Volhoubare Ontwikkeling (WSSD) wat in 2002 plaasgevind het.
Verteenwoordigers van nagenoeg 200 lande het dit bygewoon.
(i) Besluite van die beraad
Die ooreenkomste wat in Johannesburg bereik is, dien as riglyne vir optrede wat die besluite van die Rio Konferensie ten uitvoer sal bring en wat sal omsien na die MOD.
Die implementeringsplan sluit programme in wat op die volgende betrekking het:
o Die uitwissing van armoedeo Om onvolhoubare verbruikspatrone te verandero Globaliseringo Gesondheido Die omgewing
Nuwe teikens wat by die Beraad ingestel is:o Teen 2015 sal die aantal persone sonder basiese sanitasie
of veilige drinkwater met die helfte verminder heto Teen 2010 sal die verlies aan biodiversiteit omgekeer word
en teen 2015 sal die dalende visgetalle herstel weeso Teen 2020 sal alle chemikalieë wat skadelik vir die
gesondheid is, uitgeskakel wees.o Binne die volgende 10 jaar sal die beskikbaarheid van
energiedienste uitgebrei word na 35% van die huishoudings in Afrika.
(ii) Werkskedule
’n Opvolgvergadering van die WSSD is in April 2003 gehou. By hierdie geleentheid is ’n werksprogram rondom bepaalde
temagroepe opgestel vir die werk wat teen 2016/17 voltooi moet wees.
o 2004/05: Water, sanitasie en menslike nedersettingso 2006/07: Energie vir volhoubare nywerheidsontwikkeling,
lugbesoedeling en atmosferiese klimaatsveranderingo 2008/09: Landbou, landelike ontwikkeling, grond, droogte,
woestynkruipingo 2010/11: Vervoer, chemikalieë, afvalbestuur, mynbou en ‘n
10-jaar raamwerk van programme gemik op volhoubare verbruik- en produksiepatrone
o 2012/13: Woude, biodiversiteit, biotegnologie, toerisme, berge
o 2014/15: Oseane en seegebiede, marienebronne, kleineiland ontwikkelende state, rampbestuur en kwesbaarheid
SA maak goeie vordering met die voorbereiding van planne en aksies om inhoud te gee aan die besluite van die Beraad.
SA is ook ’n Afrikaleier op hierdie gebied, ook in die ontwikkelende lande.
So was SA in 2005 bv die enigste ontwikkelende land wat reeds voldoen het aan die Montreal Protokol.