meer hoop as ooit€¦ · en die solidariteit beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die...

60
gids forum tydskrif Gids 1 R15,95 (BTW ING.) Gratis aan lede www.forumtydskrif.co.za | Maart 2020 YouTube Twitter Facebook www.afriforum.co.za Instagram Meer hoop as ooit

Upload: others

Post on 10-Jun-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

gidsforum tydskrif

Gids 1R15,95 (BTW ING.)Gratis aan lede

www.forumtydskrif.co.za | Maart 2020

YouTube Twitter Facebook www.afriforum.co.zaInstagram

Meer hoop

as ooit

Page 2: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

gids forum tydskrif

Gids2

Page 3: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

forum tydskrif

3Welkom

welkom

Die meeste van ons het as kinders met stories grootgeword. ’n Paar dekades

gelede was die lewe minder gejaagd en minder ingewikkeld én mense het nog tyd gehad om stories te vertel. En as jy op die platteland grootgeword het, des te meer so.

Iewers was daar altyd ’n liewe ma of ouma met ’n voorskoot, ’n statige oupa met ’n pyp of ’n geliefde laerskoolonderwyseres met die wysheid van die grysheid in haar hare wat lekker stories kon vertel.

Ek dink baie keer die geslagte wat met stories grootgeword het, is hulle wat die geskiedenis beter ken en onthou. En tussen al die stories deur het ’n mens ook waardevolle lewenslesse geleer.

’n Kwart van die jaar is reeds verby en oorgenoeg is tydens die staats- en begrotingsrede gesê wat ons baie negatief vir die res van die jaar en vir die toekoms kan stem.

Hier by AfriForum het ons egter die jaar afgeskop met die boodskap dat ons meer hoop as ooit het en dat ons in 2020 met nog meer ywer gaan veg en bou om ’n beter toekoms vir onsself en ons kinders te verseker.

Wat my terugbring na stories. Stories van hoop is vensters na geleenthede toe. Dit bring mense in beweging om mekaar en hulself te help en oplossings vir moeilike uitdagings en situasies te soek.

As ons hierdie jaar meer hoop wil sien en die boodskap van hoop wil uitdra, moet ons ons gesindhede en denke verander sodat ons nie in wanhoop verval nie.

En dit bring my by die storie van die trop olifante in ’n kamp.

’n Man het op ’n dag deur ’n olifantkamp gestap en gesien dat hulle nêrens in hokke aangehou of met kettings aan hul voete teruggehou word om te keer dat hulle uitbreek nie.

Al wat hulle gekeer het om uit die kamp te ontsnap was ’n klein stukkie tou wat aan een van hul agterpote vasgemaak was.

Redakteursbrief

Hy was verward oor waarom die olifante nie hul brute krag gebruik om die dun tou te breek en uit die kamp te ontsnap nie. Hulle sou dit maklik kon doen, maar het nie eens ’n poging aangewend nie.

Hy het die hanteerder van die olifante verbaas gevra hoekom hulle net daar staan en nie probeer uitkom nie. Die hanteerder se antwoord was baie betekenisvol ...

Toe die olifante baie klein was, is dieselfde tou gebruik om hulle terug te hou.

Hulle glo dat die dun tou hulle steeds terughou.

Die enigste rede hoekom die olifante oor tyd nie uitgebreek het nie, was omdat hulle oor ’n tyd begin glo het dat dit nie meer moontlik is nie.

Nouja, die les is eenvoudig: Maak nie saak hoe hard mense of die wêreld probeer om jou of jou gemeenskap terug te hou nie, hou aan glo dat wat jy wil bereik moontlik is. Om te glo dat jy suksesvol kan wees, is die belangrikste stap om dit uiteindelik te kan bereik.

In hierdie uitgawe van Forum Tydskrif werp ons meer lig op die talle aksies, veldtogte en projekte waarmee die burgerregtewaghond en die breër Solidariteit Beweging reeds besig is en wat vanjaar verder uitgebou en verskerp gaan word.

AfriForum en ander instansies

veg vanjaar voort teen onwerkbare en vernietigende beleide van die ANC-regering soos onteiening sonder vergoeding en die instel van nasionale gesondheidsversekering (NGV). Ons kan dit egter nie alleen doen nie en wil vanjaar ’n beroep op ons meer as 235 000 lede doen om daar waar jy is meer betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil te maak. Maak vanjaar die jaar waarin jou stem ook gehoor word.

Ons driebeensuksesresep vir hoop staan vas: Ons het ’n roeping en weet ons moet self verantwoordelikheid neem om die toekoms te bou. Ons het ons veg-en-bouplan en as ons almal saamstaan het ons die vermoë om die plan uit te voer en berge te versit. Kyk maar waar trek ons reeds met die bou van ’n Sol-Tech en ’n Akademia en hoeveel mense en buurtwagte al opgelei en bemagtig is om gemeenskappe meer paraat en veilig te maak.

Ons kan met reg trots wees op wat ons reeds bereik het.

Met die ter perse gaan van hierdie uitgawe van Forum Tydskrif het die krisis rondom die wêreldwye Koronavirus (COVID-19) Suid-Afrika ook getref. AfriForum het inisiateif geneem om te verhoed dat die krisis en die verspreiding van die virus verder uitkring.Lees meer hieroor op (bl. 18).

GroeteAlet

Alet Rademeyer – redakteur

@AletRademeyer

Soos hulle groter geword het, het hulle gekondisioneer geraak om te glo dat hulle nie kan wegbreek nie.

PSALM 146:5

Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die Here sy God.

Page 4: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

inhoud forum tydskrif

Inhoud4

BinnekantForum Tydskrif | Maart | Uitgawe 20

12 20#DieWêreldMoetWeet-veldtog behaal welslae. Bekende

16Dís wat AfriForum doen om

die proses teen te staan.

Onteiening

30Jongmense rol moue

op in dorpe.

Jeug

22Veldtog verskerp om van LUR van onderwys ontslae te raak.

Lesufi

24Vordering in verskeie

sake gemaak.

Hofsake

34Kompetisie maak deure vir

jong entrepreneurs oop.

Tinteltong

Veldtogte

Flinke optrede van buurtwaglede laat misdadigers les opsê.

Buurtwagte42

Slagoffers dankbaar oor bystand wat hulle kry.

Trauma-ondersteuningseenheid39

32Nuwe ideesentrum sal

minderhede bemagtig om selfstandig te wees.

Opinor

AfriForum maak jongste statistieke bekend.

Plaasmoorde40

Page 5: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

inhoudforum tydskrif

Inhoud 5

44 52 56Alles wat jy oor vuurwapens en die wet moet weet.

Verskeie konserte ten bate van boere in nood word gehou.

AfriForum wys op president se verdraaide uitlatings.

Vuurwapens Droogtetoer Ramaphosa

Inhoud

AfriForum is ’n burgerregte-inisiatief binne die groter Solidariteit Beweging. Die organisasie beywer hom vir sowel die uitbouing en instandhouding van burger-, minderheids-, mense- en grondwetlike regte as die vestiging van selfstandige gemeenskappe. AfriForum beroep hom op internasionale beginsels oor kulturele vryheid en minderheidsregte. Agtien instellings vorm deel van die Solidariteit Beweging. Dit sluit onder meer die vakbond Solidariteit, AfriForum, die diensorganisasie Helpende Hand, die tegniese opleidingsentrum Sol-Tech, die telematiese hoëronderwysinstelling Akademia, die bemagtigingsfonds Solidariteit Groeifonds, die Solidariteit Beleggingsmaatskappy, Kanton Beleggings, Solidariteit Finansiële Dienste, die Solidariteit Navorsingsinstituut, die internetgedrewe mediahuis Maroela Media, Kraal Uitgewers en die FAK in.

Wie is AfriForum?

Redakteur Alet RademeyerKommunikasiebestuurderMarina WieseJoernalis Jhua-Nine Wyrley-BirchSubredakteur Anton WilsonAdvertensies Denise [email protected] kunstenaars Thomas SnymanSimoné PerryRekeninge William Waugh

DIE SPAN

MedewerkersKallie KrielErnst RoetsAlana BaileyCarina BesterHesti SteenkampMariska NanniSue-Ann de WetBarend UysJohan du ToitFanus JonckMarnus KamferIlze Nieuwoudt

Forum Tydskrif het die ABC se eienaarlidmaatskapstatus verkry

On the DotVERSPREIDING

Paarl MediaDRUKWERK

AfriForumUITGEWER

AfriForum-hoofkantoorH.v. D.F. Malanrylaan & Unionweg,

Kloofsig, CenturionTel: 086 10 200 30

Faks: 012 664 1281Web: www.afriforum.co.za

E-pos: [email protected]

AfriForum

AfriForum-lede moet asseblief laat weet of hulle Forum Tydskrif aanlyn wil lees of per pos wil ontvang. Adresveranderings of navrae rondom lidmaatskap kan ook gestuur word na [email protected] [email protected].

Page 6: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

rubriek forum tydskrif

Ek het nou baie meer hoop vir die toekoms as wat ek 20 jaar gelede gehad het! Ja, jy het reg gelees, ek het meer hoop as ooit vantevore. Daar is mense wat my vreemd aankyk wanneer ek dié stelling maak. Gewoonlik sê hulle dan iets soos die volgende: “Hoe

kan dit wees? Twintig jaar gelede het die land se ekonomie sterk gegroei en het Jacob Zuma en sy meelopers nog nie kans gehad om die staatskas op ’n groot skaal te

plunder om die land op die rand van rommelstatus te bring nie. Daar was nog ’n gees van versoening in die land en haatspraak teenoor minderhede was baie meer beperk as wat vandag die geval is. Dan praat ek nie eers van die Eskom-fiasko nie.”

Natuurlik is hulle reg dat die land die afgelope 20 jaar agteruit geboer het. Indien iemand sy hoop vir die toekoms onderhewig aan die ANC-regering

se doen en late stel, kan ek verstaan dat so ’n persoon skepties sal wees wanneer AfriForum sê daar is meer hoop vir die toekoms as ooit.

Die verskil tussen die skeptici en AfriForum is egter dat dié organisasie lankal reeds die kopskuif gemaak het dat ons gemeenskappe se toekoms in ons eie

hande neem en nie in die hande van die ANC moet plaas nie. Dit is bevrydend om te weet dat die Here ons hande aan die einde van ons eie arms en die

gesonde verstand gegee het waarmee ons self die toekoms kan skep wat ons vir ons en ons nageslagte wil hê.

Dit is met dié wete dat ek nou meer

Kallie Kriel – uitvoerende hoof van AfriForum

Meer hoop as ooit ...

want ons skep dit self!

Dit is met dié wete dat ek nou meer hoop as 20 jaar gelede het.

Rubriek6

Page 7: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

rubriekforum tydskrif

hoop as 20 jaar gelede het. Hoewel die land 20 jaar gelede ’n beter plek was, was dit tóé al duidelik dat die ANC se sosialistiese onderbou tot agteruitgang in die land sou lei. Dié wete, asook die feit dat minderhede soos Afrikaners nie 20 jaar gelede oor baie sterk instellings met ’n selfdoenvermoë beskik het nie, was genoeg om diegene wat besef het ons toekoms lê in ons eie hande, diep bekommerd te maak. AfriForum en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag.

Nou, 20 jaar later, is die bordjies verhang. Met ’n roepingsbesef, harde werk, ’n prakties uitvoerbare plan vir selfbestuur en die ondersteuning van bykans 500 000 gesinne, staan die

Solidariteit Beweging – waarvan AfriForum trots deel is – sterker

as ooit. Om diegene wat nie hoop vir die toekoms het nie

te wys dat daar wel hoop

is, is dit van kardinale belang dat ons deurlopend die werksaamhede en suksesse wat AfriForum en die Solidariteit Beweging behaal, uitwys. Daarom word daar in hierdie uitgawe van Forum Tydskrif gefokus op ’n grafiese uiteensetting van die aktiwiteite en suksesse van AfriForum (bl. 10) en die breër Solidariteit Beweging (bl. 46).

Anders as 20 jaar gelede beskik die Solidariteit Beweging vandag oor tersiêre instellings soos Sol-Tech en Akademia, wat letterlik aan duisende jongmense hoëkwaliteitonderrig in Afrikaans bied. ’n Skole-ondersteuningsentrum (SOS) is ook gevestig, wat reusewerk doen om in samewerking met Afrikaanse skole kwaliteitskoolonderrig in Afrikaans te help verseker.

Twintig jaar gelede het AfriForum ook nog nie bestaan nie. AfriForum is die afgelope 14 jaar uitgebou van ’n organisasie met drie personeellede en geen lede tot ’n organisasie met meer as 235 000 lede, sowat 150 personeellede, 140 takke, 150 buurt- en plaaswagte en nagenoeg 10 500 vrywilligers. Die lys van AfriForum se aktiwiteite is te lank om hier te noem. Wat wel gesê kan word, is dat AfriForum steeds groei en gereed staan om nog meer sukses te behaal met ons veg-en-bouplan. Die Solidariteit Beweging se ankerdorpgemeenskapstrategie bied ook ’n stewige basis vanwaar AfriForum en ander instellings praktiese hoop op plaaslike vlak kan skep.

Met ’n roepingsbesef, harde werk, ’n prakties uitvoerbare plan vir selfbestuur en die ondersteuning van bykans 500 000 gesinne, staan die Solidariteit Beweging sterker as ooit.

Ons kan, wil en gaan ’n beter toekoms vir ons en ons nageslagte skep sodat ons blywend vry, veilig en voorspoedig kan floreer hier aan die suidpunt van Afrika. Ons put ons selfvertroue om dit reg te kry, onder meer uit die voorbeeld wat ons voorgeslagte vir ons gestel het. Ons voorgeslagte het ná die Tweede Vryheidsoorlog nie hulle toekoms in die Britse koloniale owerheid se hande geplaas nie, maar het selfstandig van nuuts af ’n eie toekoms begin bou. Daar is dus geen rede hoekom ons nuwe geslagte ons toekoms in die hande van die ANC-regering hoef te plaas nie, want ons kan soos ons voorgeslagte ’n selfstandige toekoms bou.

Hierdie gees van om self ’n toekoms te bou word baie goed beskryf in ’n brief wat ’n onbekende vrou ná die verwoesting van die Tweede Vryheidsoorlog op 4 Augustus 1902 geskryf het:

Daar is nou vrede in die land, maar nie soos ons verwag het nie. Die twee klein Republieke bestaan nie meer nie. Almal van ons het ons wapens afgegee. Maar ons moenie treur soos een wat geen hoop het nie. Ons moet glo en hoop en vertrou. Ons besit op die oomblik vier perde, twee muile en ’n paar skape. Gister het ek ’n emmer koring gesaai. Sodra ek kan, sal ek nog saai en plant. As Pa van Ceylon af terugkom, sal ons spoedig weer ’n boerdery op die been kan bring.

Ons voorgeslagte het dit al gedoen – ons kan dit weer doen. Daarom is daar meer hoop as ooit!

Page 8: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

forum tydskrif

Gids8

briewe

DAAN LE ROUXBaie dankie vir alles wat julle vir ons Afrikaners doen. Ook dankie dat my ledegeld outomaties verhoog is. Baie dankie en gaan so voort!

NOLENE SMITIn julle Desember 2019-uitgawe op bl. 13 is daar ’n artikel in verband met “konsentrasieplan”. Dis iets wat ons as gesin en die groter familie ook insien en sover moontlik in beplanning probeer hou. Die artikel noem 29 ankerdorpe en -stede; kan julle die dorpe en stede vir my identifiseer? Ek sal graag sodra ons ’n uitweg of dalk werk kry na een van die plekke wil verhuis. Baie dankie vir julle tydskrif met soveel waardevolle inligting.(Ons verwys na die lys in dié uitgawe en sal breedvoerig oor die plan uitwei in die Junie-uitgawe. – Redakteur)

SANET DU TOIT Ons geniet die tydskrif vreeslik baie, altyd goeie inhoud. En die strokiesboek oor genl. De la Rey lyk baie belowend!

ALETTA COETZEE EN EVELYN VAN NIEKERKOns is gemoeid met die aflewering van die Forum Tydskrif in Zeerust in Noordwes. Ons taak word baie bemoeilik omdat daar teen baie huise of hekke geen nommers verskyn nie. Ons wil AfriForum-lede aanmoedig om nommers teen hul huise, hekke of mure aan te bring. Dit sal aflewering ’n plesier maak.

GEURT BRENKMANDie artikel oor droogtehulp in die Desember 2019-uitgawe het my weer eens diep getref. Hoe lank gaan dit nog duur? Hoe lank kan die mense aanhou om hulp te verleen? Ons moet aanhou en volhard om hulp te verleen. Meer mense op voetsoolvlak moet kennis neem van klimaatverandering en die erge natuurverskynsels wat daarmee gepaard gaan én daaroor praat.

LENOR TANCREDEk was altyd onder die indruk dat AfriForum iets soos “AgriForum” is en te doen het met die landbou. Dit was eers toe ek die tydskrif in die hande kry dat ek die verskil agtergekom het. Ek wil my verstout om te sê dat die algemene stadsjapie ook onder dié indruk verkeer. Ek sal graag wil lees oor geskiedkundige onderwerpe oor ondernemings soos Volkskas, Avbob en Sanlam om lesers te herinner aan die ondernemingsgees van die Afrikaner wat homself opgehef het en nie met die handjies bakhand gestaan het en op enige party of regering gewag het nie.

Wat sê Forum-lesers

Forum-lesers is baie welkom om aan die gesprek deel te neem en kort briewe aan ons te skryf. Kommentaar op sowel die inhoud as artikels word verwelkom. Stuur ook gerus voorstelle oor hoe ons die inhoud kan verbeter of onderwerpe waaroor julle eerder sal wil lees. Stuur ’n e-pos na [email protected].– Redakteur

Page 9: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

forum tydskrif

9Staaltjie

staaltjie

My lewe lank het ek die behoefte aan ’n perd gehad. En ook gedroom

om baie ver met ’n perd, mý perd te kan ry. Op die vroeë ouderdom van 40 jaar het ek leer perdry en aan uithouritte begin deelneem.

Só kom ek op die plaas Moolmanshoek (tussen Rosendal en Ficksburg) in die Malutiberge in die Oos-Vrystaat aan en teen die hange van Visierskerf koop ek my eerste uithouritperd Moolmanshoek Shadow.

Met ons eerste Fauresmith-uithourit (205 km oor drie dae) kom kyk my bejaarde ouers hoe dit met die rit gaan. Dag een se eerste stop is op die plaas Metz.

My ma vertel my die verhaal van my oupa Nicolas Johannes du Toit wat net so ver kon perdry en op die plaas Metz geboer het. Sy vra: “My kind, weet jy waar kom die boereliedjie ‘Die blink vosperd’ vandaan?”

O, ek het ’n perd, ’n blink vosperd met ’n splinternuwe saal / en ek klim op my perd, my blink vosperd / en ek kom om jou te haal. / Want jy’t gesê as ek jou wil hê dan moet ek jou kom haal / op ’n mooi ryperd, ’n blink vosperd, met ’n splinternuwe saal / op ’n mooi ryperd, ’n blink vosperd, met ’n splinternuwe saal.

Ma vertel dat Oupa saam met sy pa in die Anglo-Boereoorlog geveg het. Hulle is gevange geneem en na Indië gestuur as krygsgevangenes. Maar Oupa het rumatiekkoors gekry en kon nie gedeporteer word

nie. Hy beland by Norvalspont in die konsentrasiekamp vir vroue en kinders. Hy is daar gelos omdat daar elke dag ’n begrafnis was en hy dit waarskynlik nie deur die nag sou maak nie.

Een van die dames wat hom met toewyding verpleeg, versorg en deurgetrek het, was Sarie Fourie van die plaas Kransfontein, naby Sheridan in die Fouriesburg-distrik.

Voor Oupa behoorlik kon herstel, word vrede gesluit en die oorlog is verby. Sarie Fourie gaan terug na haar mense in Fouriesburg en hy keer terug Fauresmith/Koffiefontein toe.

Op ’n dag kry hy ’n troukaartjie waarin Sarie hom uitnooi na haar huweliksbevestiging met ene Badenhorst. Net daar besef hy dat sy nie met ’n ander man kan trou nie, want sy is vir hom bedoel.

Hy saal sy perd op en swak soos hy was, ry hy vanaf Fauresmith tot by sy neef op die plaas Smalfontein by Rosendal, ’n afstand van ongeveer 346 km op vandag se paaie. Teen hierdie tyd is hy omtrent so swak soos sy uitgeputte perd, maar hy druk deur. Hy leen by sy neef ’n vars perd en ry oor die berg by Visierskerf (waar Moolmanshoek vandag is).

Op Kransfontein was Sarie natuurlik baie verbaas om hom te sien, maar dit het nie baie oortuiging gekos om haar te laat besef dat hulle vir mekaar bedoel is nie. “Want jy het gesê as ek jou wil hê dan moet ek jou kom haal.”

Sarie verbreek toe op hierdie

laat stadium haar verlowing met Badenhorst, wat haar in geregverdigde gramskap vir troubreuk dagvaar en sy moet 25 sakke koring vir skadevergoeding opdok. Oupa het dit met ’n glimlag betaal en hulle is op 1 Junie 1906 getroud.

Aanvanklik het hulle op Bothashoop digby Fauresmith gebly, maar verhuis later na haar familiegrond by Fouriesburg waar sewe kinders gebore is.

Drie van hulle was al uit die huis uit toe Oupa op redelike vroeë ouderdom oorlede is weens die nagevolge van die oorlog se rumatiekkoors.

Ek en my perd Moolmanshoek Shadow het intussen al vier Fauresmith-uithouritte aangepak en meer as 3 000 km se uithouritte voltooi.

Dit het my geleer dat ’n mens nooit jou drome moet laat vaar nie. Dit maak nie saak hoe swaar die omstandighede is nie, daar is altyd hoop.

Die verhaal van Oupa, troubreuk en uithouritteDeur Johan du Toit

Johan du Toit is ’n AfriForum-lid van Pretoria.

Page 10: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

nuus forum tydskrif

Nuus10

Dít is wat AfriForum alles doenAfriForum is ’n burgerregte-

organisasie wat gedryf word deur sy roeping om

’n beter toekoms vir ons en ons nageslagte te skep. Hierdie taak word aangepak deur die organisasie se veg-en-bouplan. Daar word geveg teen onreg, agteruitgang en die skending van die internasionaal erkende minderheidsregte waaroor Afrikaners, Afrikaanssprekendes en ander minderhede beskik. AfriForum bou deur alternatiewe werklikhede te vestig waardeur ons groeiende selfbestuur kan toepas en ons toekoms in ons eie hande te neem. Daar word ook deurlopend gewerk om AfriForum se uitvoerende vermoë uit te bou ten einde ons plan suksesvol uit te voer. AfriForum se meer as 235 000 lede en strukture is die kragbron vanwaar ons aktiwiteite effektief aanpak.

GEMEENSKAPSAKE

1. Plaaslikeregeringsake en takke: Munisipale dienslewering is noodsaaklik vir die voortbestaan van enige gemeenskap. AfriForum help op plaaslike vlak om munisipale probleme op te los en dryf ook hofsake om munisipaliteite en entiteite soos Eskom tot verantwoording te roep. Daar is 140 takke landwyd.

» In 2019 is 224 skoonmaakaksies uitgevoer.

» Altesaam 205 ton teer is gebruik om slaggate op te vul.

» Meer as 110 ha se gras is gesny.

2. Omgewingsake: Die fokus is om omgewingsgesondheid en

die volhoubaarheid daarvan binne die raamwerk van omgewings- en waterwetgewing te bevorder. Kapasiteit vir selfdoenvermoë word gebou om waterinfrastruktuur te onderhou, vullisterreine skoon te maak en rioolinfrastruktuur te herstel.

» In 2019 is 206 dorpe se water getoets.

» Meer as 2 500 bome is geplant.

» 127 vullisterreine is geoudit.

3. Gemeenskapsveiligheid: AfriForum bemagtig gemeenskappe om hulself te beskerm en te beveilig binne die raamwerk van die wet.

» Daar is 150 buurt- en plaaswagte en 10 128 buurtwaglede.

» 4 200 buurtwaglede is in 2019 opgelei.

» Daar is 2 nasionale beheersentrums en 44 streekbeheersentrums.

» In 2019 was daar 4 nasionale patrollies waaraan meer as 20 000 mense deelgeneem het en 84 200 km is afgelê.

» In 2019 is bystand verleen tydens 1 737 geweldmisdade, 157 arrestasies is gemaak, 15 vuurwapens is teruggevind en 37 vermiste persone is opgespoor.

» Die Trauma-ondersteuningseenheid het in 2019 sowat 160 slagoffers, hoofsaaklik weens plaasaanvalle, bygestaan.

VELDTOGTE

1. Korrupsie. Optrede is genoodsaak omdat korrupsie soos ’n kanker onder die Zuma-regering versprei

het. Strafregtelike klagtes word gereeld ingedien.

2. Plaasaanvalle en -moorde. Bewusmaking oor dié krisis en die prioritisering van die misdaad is belangrik. Statistieke word gereeld vrygestel, terwyl plaaslike én internasionale aksies geloods word.

3. Onteiening sonder vergoeding en nasionale gesondheidsversekering. Regeringsbeleid hieroor word op talle vlakke beveg en teengestaan omdat dit inbreuk maak op privaat eiendomsreg en ander basiese regte.

4. Droogtehulpveldtogte word gehou om fondse vir boere in te samel.

5. Internasionale skakeling en bewusmakingsveldtogte word gevoer om politici, meningsvormers en belanghebbendes in te lig oor die ANC-regering se miskenning van minderhede se regte, asook die uitvoer van regeringsbeleid wat tot vernietiging van die land lei.

PRIVAAT VERVOLGING

Die eenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel fokus op gelykheid voor die reg en staan selektiewe vervolging teen. Die eenheid pak deurlopend talle hoëprofiel- en ander sake aan. Hofsake is al aangepak teen Julius Malema, Tom Moyane, Thandi Modise, Grace Mugabe en ander.

FORUM SEKURITEIT

Dié sekuriteitsmaatskappy is gestig om misdaad te help hokslaan. Geakkrediteerde opleiding word aangebied om gemeenskappe te bemagtig. Dit is ’n maatskappy sonder winsoogmerk en by CIPC en PSIRA geregistreer.

Page 11: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

nuusforum tydskrif

Nuus 11

Dít is wat AfriForum alles doenONDERWYS EN TAAL

1. Die Dink of Sink-kompetisie is onvoorbereide debat vir skoliere en universiteitstudente wat nasionaal aangebied word. Meer as 500 deelnemers van 50 skole neem jaarliks deel en meer as 40 studente van 7 universiteite.

2. Die Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie is van stapel gestuur om entrepreneurskap op laerskoolvlak te bevorder.

3. Die teenboelieveldtog en -gids het ten doel om afknouery in skole hok te slaan. Meer as 138 skole sal teen einde 2020 bereik wees.

4. Verskeie veldtogte ter bevordering van Afrikaanse skole en moedertaalonderrig word gedryf. Dit sluit ook hofsake in.

AFRIFORUM NETWERK

1. Meer as 3 000 ondernemings is op die AfriForum Netwerk geregistreer om dienste, produkte en ondernemings in Afrikaans te bevorder.

2. Die Tinteltong Toekennings word jaarliks op Internasionale Moedertaaldag (21 Februarie) gevier en innoverende Afrikaanse ondernemings in verskillende kategorieë word beloon.

3. Jaarliks word ’n entrepreneurskompetisie aangebied. Sedert 2017 het meer as 200 entrepreneurs hieraan deelgeneem.

4. Werkwinkels is gemik op entrepreneurs, klein sakeondernemings of belangstellendes wat hul kennis wil opskerp.

WÊRELDWYD

Dit is ’n tuiskomplek vir Suid-Afrikaners in die buiteland. Dié platform het meer as 30 000 volgelinge. Wêreldwyd borg jaarliks verskeie Afrikaanse musiekkonserte in die buiteland, asook feeste soos die Texas Potjiefees in die VSA.

AFRIFORUM JEUG

Daar is 70 dorp- en kampusjeugstrukture. AfriForum Jeug bemagtig jongmense om verantwoordelikheid te neem vir hul dorp, buurt of kampus. Daar is ’n jaarlikse jeugkongres, geskiedkundige staptoere en ’n internskapprogram. Leierskap- en ontwikkelingskampe word ook vir skoliere aangebied.

DE GOEDE HOOP

De Goede Hoop is ’n privaat Afrikaanse studentekoshuis. Dit is in Pretoria geleë en bied ’n tuiste vir studente met Christelike waardes wat ’n passie vir Afrikaans en studentetradisies het. Dit is goed geleë en huisves tans sowat 110 mans- en damestudente.

KRAAL UITGEWERS

Kraal Uitgewers is ’n gespesialiseerde uitgewers-maatskappy wat fokus op die publisering van boeke van hoë gehalte wat onder meer handel oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis, asook publikasies wat die geskiedenis kan regstel, verander of sterk standpunt inneem oor onder meer politieke en maatskaplike kwessies in die land.

FORUM FILMS

Forum Films is ’n volspektrum-produksiehuis vir televisie, rolprentgrafika, animasie en vollengtefilms. Forum Films se span behartig alle aspekte van produksie, insluitend konsepontwikkeling, verspreiding en bemarking.

AFRIFORUM NAVORSINGSINSTITUUT (ANI)

Die instituut fokus op relevante navorsing vir die burgerregtewaghond en sy vennote. Gebiede waarop ANI fokus is politieke en maatskaplike kwessies, plaasmoorde en die sosiale en ekonomiese impak daarvan, die grondwetlike regte van minderhede en kulturele sake. Jaarliks word ’n burgerregte-indeks gepubliseer.

OPINOR

Dit is ’n ideesentrum om gemeenskapsgerigte planne, strategieë en beleid te ontwikkel. Dít word gedoen deur geloofwaardige navorsing en innoverende kommunikasie wat aangewend kan word om gemeenskapselfstandigheid te bevorder.

DAPPER MEDIA

Dit is ’n inhoudvervaardigings- en verspreidingshuis in samewerking met Forum Films. Musiekvideo’s ter bevordering van Afrikaanse musiek word ook vir kunstenaars vervaardig. ’n Buitelugreeks soos Byt & Buskruit het al die lig gesien en kan gratis aanlyn gestroom word by www.dappermedia.co.za.

Page 12: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

veldtogte forum tydskrif

Wêreld neem kennis van situasie in SADeur Ernst Roets

Ernst Roets

Ernst Roets en Monique Taute van AfriForum en Esther Githui-Ewart tydens ’n onderhoud wat hulle op die program Africa 54 van die Voice of America gehad het.

Monique Taute

Veldtogte12

Page 13: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

veldtogteforum tydskrif

Veldtogte 13

Die skakeltoer wat AfriForum in Februarie 2020 na Washington, D.C. onderneem het om

steun te werf teen die skending van minderhede se regte in Suid-Afrika het een ding baie duidelik gemaak: Die buiteland is vandag baie meer ingelig oor die situasie in Suid-Afrika as vroeër en is ook meer bereid om in die openbaar standpunt hieroor in te neem of selfs tot aksie oor te gaan.

Terwyl AfriForum in die VSA was om besluitnemers in te lig oor die negatiewe gevolge van onteiening sonder vergoeding en om die Amerikaanse regering aan te spoor om sterker in die openbaar standpunt in te neem het Mike Pompeo, Amerika se minister van buitelandse sake, hom sterk in die openbaar hieroor uitgespreek. Hy het onteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika as ’n rampspoedige idee beskryf wat negatiewe gevolge vir die ekonomie sal inhou. Pompeo het hom ook sterk teen sosialistiese beleidsrigtings soos dié van die Suid-Afrikaanse regering uitgespreek en ’n beroep gedoen op die beskerming van eiendomsreg en die bevordering van ’n vryemark.

Natuurlik het dit in Suid-Afrika gegons. Pompeo is ook nie die eerste senior persoon in die VSA wat hom hieroor uitspreek nie. Ons onthou goed die gevolge van pres. Donald Trump se twiet oor die situasie in Suid-Afrika, asook die sterk standpunt wat senior joernaliste soos Tucker Carlson al oor Suid-Afrika ingeneem het. In ons gesprekke met die departement van buitelandse sake het ons beklemtoon dat hierdie tipe uitsprake vir ons van onskatbare waarde is. Die rede hiervoor is omdat die Suid-Afrikaanse regering en die regerende ANC baie sterk funksioneer volgens wat hulle beskryf as die “balance of forces”-strategie. Hierdie strategie behels kortliks dat radikale beleide soos onteiening sonder vergoeding voorgestel word en dat die regering en die ANC dan kyk wat die openbare reaksie op hierdie beleide is. As daar nie teenstand is nie, voer hulle dit uit. As die teenstand te sterk is, heroorweeg hulle hul posisie.

Ons beskou hierdie tipe uitsprake egter nog net as die begin van AfriForum se buitelandse

strategie. Die doel van AfriForum se #DieWêreldMoetWeet-veldtog is nie bloot om die buiteland in kennis te stel van die situasie in Suid-Afrika nie. Dit is ook om besluitnemers en meningsvormers te kry om in die openbaar standpunt in te neem. Dit gaan egter selfs verder as dit: Met hierdie veldtog beoog AfriForum om besluitnemers sover te kry om nie net standpunt in te neem nie, maar om oor te gaan tot een of ander vorm van aksie in hierdie verband. Teen hierdie agtergrond is daar nog baie wat gedoen kan word.

AfriForum is tans in gesprekke met lede van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers en die senaat se onderskeie buitelandsesakekomitees om mosies te aanvaar oor die situasie in Suid-Afrika. In ons gesprekke met die departement van buitelandse sake het ons ook spesifiek aanspraak daarvoor gemaak dat daar nie net in die openbaar standpunt ingeneem moet word nie, maar dat diplomatieke druk ook op die Suid-Afrikaanse regering toegepas moet word om sy posisie ten opsigte van eiendomsreg te heroorweeg. Een manier om dít te bereik is om die handelsooreenkoms tussen die VSA en Suid-Afrika te gebruik as instrument om druk toe te pas. Ingevolge hierdie ooreenkoms (wat miljarde rande se handel tussen Suid-Afrika en die VSA moontlik maak) moet die partye tot die ooreenkoms eiendomsreg beskerm en ’n vryemark bevorder.

As Suid-Afrika voortgaan

met onteiening sonder vergoeding sou dit daarop neerkom dat Suid-Afrika die ooreenkoms verbreek en sal die Amerikaanse regering meer as genoeg rede hê om die ooreenkoms op te skort. Dit is egter nie waarvoor AfriForum vra nie. Ons boodskap aan die Amerikaanse regering is dat hierdie ooreenkoms ’n geleentheid bied. Suid-Afrika benodig dringend meer buitelandse beleggings en niemand praat so baie daaroor soos pres. Cyril Ramaphosa nie. Die geleentheid is dus om Ramaphosa se veldtog na meer internasionale beleggings te beantwoord deur druk op hom toe te pas om die ooreenkoms met die Amerikaanse regering te respekteer. Hy kan dit doen deur die versekering te gee dat eiendomsreg in Suid-Afrika gerespekteer sal word. Dit sal tot groter beleggersvertroue lei, wat gevolglik weer tot meer handel en meer buitelandse beleggings aanleiding sal gee.

Ons moedig ook lede van die publiek aan om oor te gaan tot aksie. Tydens AfriForum se pas afgelope skakeltoer het meer as 3 500 Amerikaners hulle kontakbesonderhede vir AfriForum gestuur en by die organisasie se #DieWêreldMoetWeet-veldtog aangesluit. Daarmee het hulle nie bloot ’n petisie onderteken nie, maar as ’t ware aangedui dat hulle bereid is om oor te gaan tot aksie deur byvoorbeeld vir hul plaaslike media te skryf oor die situasie in Suid-Afrika, asook om druk op hul eie regering en politieke verteenwoordigers toe te pas om oor te gaan tot aksie in hierdie verband.

DIS NÓÚ TYD OM TOT AKSIE OOR TE GAANHierdie veldtog sou nie moontlik

gewees het as dit nie vir AfriForum se lede en ondersteuners was nie. Die feit dat AfriForum meer as 235 000 lede verteenwoordig het tot op hede geweldig baie deure vir die organisasie oopgemaak. Dit versterk ons mandaat en bevestig ons as geloofwaardig.

Ernst Roets is hoof van beleid en aksie by AfriForum. Hy is ook aan die stuur van AfriForum se internasionale veldtogte.(Monique Taute, bestuurder van veldtogte by AfriForum, was saam met Roets in die VSA.)

Volg Ernst op Twitter by @ErnstRoets.

Ons boodskap aan die Amerikaanse regering is dat hierdie ooreenkoms ’n geleentheid bied.

Mike Pompeo

Page 14: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

Veldtogte14

Met AfriForum se pas afgelope skakeltoer na die VSA was die aktiwiteite van China in

Afrika veral onder die soeklig. Om vas te stel waarmee China tans in Afrika besig is, het AfriForum vir Opinor, die

nuwe ideesentrum wat aan AfriForum geaffilieer is, gevra om ’n studie te onderneem om die omvang van China se aktiwiteite in Afrika vas te stel.

Tydens vorige besoeke aan die VSA het AfriForum reeds die les geleer

dat besluitnemers in die VSA wel baie bekommerd is oor China – hulle grootste mededinger – se groeiende invloed in die res van die wêreld.

Een van die punte wat AfriForum in Washington, D.C. beklemtoon het is

Waarmee is China in Afrika besig?

Deur Ernst Roets

veldtogte forum tydskrif

Pres. Xi Jinping Pres. Cyril Ramaphosa

Page 15: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

Veldtogte 15

dat China ’n direkte belang by sosialistiese beleide van Afrika-regerings het en – meer spesifiek – dat China direk voordeel trek uit die ANC se beleid van onteiening sonder vergoeding. Neem die geval van Akkerland Boerdery as voorbeeld: Omdat die Grondwet nog nie verander is om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak nie, kon die staat nie Akkerland Boerdery sonder vergoeding onteien nie. In die lig daarvan het die eienaars ’n skrywe van die regering ontvang waarin hulle versoek word om die plaas te ontruim en waarin hulle in kennis gestel is dat hulle vergoed sou word teen 10% van die plaas se markwaarde. Grondhervorming is egter as dekmantel gebruik om die regering se ware motiewe te verdoesel: die regering wou sy hande op die steenkoolreserwes onder die grondoppervlak kry om sodoende die uitbreiding van die Chinese regering in Afrika te fasiliteer.

Chinese staatsbeheerde maatskappye beplan ontwikkeling ter waarde van $10 miljard in die Musina-Makhado Spesiale Ekonomiese Sone (SES), waarbinne Akkerland val. Eksplorasie

op Akkerland het daarop gedui dat die plaas se steenkool geskik is vir gebruik in sowel kragstasies as staalfabrieke.

Ook Zimbabwe se rampspoedige beleid van grondhervorming het reg in China se hande gespeel. As gevolg van die brutale menseregteskendings wat deur die Mugabe-regime gepleeg is, het die VSA begin om sanksies teen Robert Mugabe in te stel. Die

gevolg was dat Zimbabwe (en ander Afrika-lande wat Zimbabwe goedgesind was) die VSA vir hul eie mislukkings blameer het en dat hulle die “Kyk Oos-beleid”

van stapel gestuur het. Die gevolg van mislukte ekonomiese beleid in Afrika is dus dat dit ’n geleentheid vir China skep om in te gryp, die rekening te betaal en daardie lande in skuld te dompel, wat hulle in die lang termyn aan China verbind.

Dit is egter nie waar China se invloed in Afrika stop nie.

In 2009 het China die VSA verbygesteek as Afrika se grootste handelsvennoot. Teen 2017 het Afrika-

VSA-handel op $55 miljard neergekom, terwyl Afrika-China-handel reeds $155 miljard

bereik het. Teen die einde van 2019 het

40 uit die 54 Afrika-lande reeds een of ander

ooreenkoms met die Chinese

regering gesluit om deel van China se omstrede Belt and Road-inisiatief te wees (ingevolge

waarvan China sy handelsvermoë

wêreldwyd uitbrei). In September 2018 het

die Chinese president Xi Jinping beloof om $60 miljard

in Afrika te spandeer in die vorm van beleggings, lenings en projekte. China is besig om ’n splinternuwe sesverdiepingparlementsgebou vir die Zimbabwiese regering teen ’n koste van $140 miljoen te bou. China het ook verskeie ander projekte in Afrika gefinansier, wat sokkerstadions in lande soos Kameroen, Mosambiek, Malawi, Ghana, Angola en Zambië insluit en het betaal vir die parlementsgeboue in die Republiek van die Kongo, Lesotho, Mosambiek en Sierra Leone. China het ook

Teen 2017 het Afrika-VSA-handel op $55 miljard neergekom, terwyl Afrika-China-handel reeds $155 miljard bereik het.

In September 2018 het die Chinese president Xi Jinping beloof om $60 miljard in Afrika te spandeer ...

presidensiële paleise geskenk in lande soos Togo, Soedan, Burundi en Guinee-Bissau. Verder is China ook tans besig met die konstruksie van die hidrokragsentrales by Kariba ter waarde van $533 miljoen.

Verder het China $200 miljoen spandeer aan die konstruksie van die Afrika-Unie (AU) se hoofkantoor in Addis Abeba in Ethiopië. Dit het egter later aan die lig gekom dat Chinese kuberkrakers vir vyf jaar ná die konstruksie van die gebou elke aand by die AU se stelsels ingebreek en vertroulike data afgelaai het.

Dan praat ons nog nie eens van China se militêre voetspoor in Afrika nie of die feit dat China al duisende Afrika-leiers na Beijing gestuur het om politieke en ideologiese opleiding te ontvang nie, om maar net ’n paar te noem.

AfriForum sal verdere stappe doen om die Westerse wêreld bewus te maak van China se groeiende voetspoor in Afrika, China se belang in die sosialistiese beleide van Afrika-leiers, asook waarom dit in Westerse lande se belang is om standpunt oor hierdie kwessies in te neem.

veldtogteforum tydskrif

Page 16: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

AfriForum se veldtog teen die ANC-regering se verwoestende beleid rondom onteiening

sonder vergoeding maak sowel plaaslik as internasionaal opslae en het ook ’n hupstoot gekry ná Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, se waarskuwing dat die beleid rampspoedig vir die land se ekonomie én mense sal wees.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, en Monique Taute, veldtogbestuurder, het ook reusewelslae behaal tydens hul VSA-besoek waartydens politici, meningsvormers en beleggers kennis geneem het van die regering se plan om artikel 25 van die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

AfriForum is egter nie alleen in die stryd teen onteiening

AfriForum-veldtog teen onteiening sonder vergoeding kry momentum

sonder vergoeding nie. Landbou-organisasies soos TLU SA en Saai en ander burgerregteorganisasies is ook besig met internasionale veldtogte en bewusmaking rondom wat die gevolge van onteiening sonder vergoeding sal wees.

Net soos AfriForum is hulle ook besig om vir regsoptrede voor te berei sou die regering met die wetwysigings voortgaan.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê ’n veldtog soos #DieWêreldMoetWeet is nodig om die wêreld en voornemende beleggers in te lig oor wat besig is om in die land te gebeur en die pad van vernietiging waarop die ANC besig is om die land te stuur. “Ideologies gedrewe beleidsrigtings hou ernstige bedreigings vir die land se ekonomie in. Zimbabwe

en Venezuela bewys met hul werkloosheidskoers van sowat 90% dat almal behalwe die politieke elite daaronder ly as eiendomsreg geskend word. Beleggers verlaat vanself lande waar eiendomsreg nie gerespekteer word nie.”

AfriForum het reeds skriftelike kommentaar per hand by die parlement ingedien teen die wysiging van artikel 25. Die aanvanklike sperdatum van 31 Januarie 2020 vir kommentaar is ook uitgestel tot einde Februarie ná druk deur AfriForum.

AfriForum se hofaansoek om die proses te stuit kom ook later vanjaar voor. Die aansoek spruit uit ongerymdhede met die opstel van die verslag van die parlementêre ad hoc-komitee gemoeid met die wysiging van artikel 25.

Terwyl die ANC voorhou dat

Deur Alet Rademeyer

veldtogte forum tydskrif

Veldtogte16

Page 17: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

grondonteiening versnel moet word om ongeregtighede van die verlede reg te stel, is daar genoeg bewyse dat daar talle mites rondom grondeienaarskap en ander kwessies is. Boonop is bevind dat die meerderheid Suid-Afrikaners nie in grond belangstel nie, maar eerder in finansiële vergoeding.

Die stryd teen onteiening sonder vergoeding moet ook om ander redes verskerp word. Die ANC se grondhervormingsprojekte het tot dusver klaaglik misluk en tot ’n drastiese afname in landbou-aktiwiteite gelei.

AfriForum se kommentaar hanteer verskeie kwessies rakende die wysing van artikel 25, naamlik:

» die staat se huidige magte ingevolge die Grondwet om grond sonder vergoeding te onteien;

» die omvang van die versoek voor die komitee om artikel 25 te wysig;

» die omvang van die komitee se aanbevelings;

» die aard van die voorgestelde wysiging;

» waarom die voorgestelde wysiging die aanbevelings oortref;

» waarom dit indruis teen die internasionale reg om toepaslike vergoeding te betaal in gevalle van onteiening;

» waarom dit mag lei tot Suid-Afrika se uitsluiting van AGOA (die African Growth and Opportunity Act);

» waarom ’n verbreking van artikel 2 van die Grondwet onwettig is;

» waarom ’n verbreking van artikel 36 van die Grondwet onwettig is;

» waarom die voorrede van die wysiging misleidend is; en

» waarom die wysiging deur toekomstige regimes gebruik kan word om arm en kwesbare mense hul regte te ontneem.

Regsmening

AfriForum het ook ’n regsmening oor die beleid oor die keuring van begunstigdes en grondtoekenning by die direkteur-generaal van landelike ontwikkeling en grondhervorming ingedien en voer aan dat dié beleid om verskeie redes ongrondwetlik sal wees.

Die grootste probleme met hierdie beleid is dat begunstigdes op grond van ras uitgesluit word en dat die staat beheer oor grond wil hê (hulle wil dit met ander woorde nasionaliseer).

Die beleid skend artikel 25 van die Grondwet op verskeie maniere, aangesien grondbegunstigdes daarvolgens net toegang tot grond sal ontvang – eienaarskap sal nie aan hierdie mense oorgedra word nie. Die staat sal dus eintlik die alleeneienaar van die grond wees.

Voorts sal wit mense ingevolge die beleid uitgesluit word van die regering se toekenning van grond. Slegs persone wat as voorheen benadeeld gedefinieer word (swart Afrikane, bruin mense en Indiërs) sal as begunstigdes oorweeg word. “Voorheen bevoordeelde” (wit) mense word uitdruklik genoem as persone wat nie kwalifiseer om aansoek te doen vir grond nie; trouens, hierdie mense word gelykgestel aan buitelanders. Wit militêre veterane word ook uitgesluit, terwyl militêre veterane wat ná April 1994 in die weermag was, as

begunstigdes geprioritiseer word.Die implikasie is dat beleggers

op strepe sal onttrek aangesien nywerheidsgrond net van die staat gehuur sal kan word. Daar sal dan ook ’n serwituut met voorkoopsreg ten gunste van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming geregistreer word. Die serwituut sal stipuleer vir watter doel die grond gebruik moet word, asook dat die departement dit sal terugeis indien dit nie gebruik word vir die doeleindes wat oorspronklik bepaal is nie.

Beleggersgids

AfriForum het ook ’n beleggersgids gepubliseer om buitelandse beleggers oor die gevare van onteiening sonder vergoeding te waarsku. Die gids is daarop gemik om hulle met inligting te bemagtig sodat hulle druk op die Suid-Afrikaanse regering kan toepas om nie met ekonomies destruktiewe beleide voort te gaan nie. AfriForum wil nie sien dat beleggers uit die land onttrek nie, maar hulle moet behoorlik ingelig wees.

veldtogteforum tydskrif

Veldtogte 17

FOTO'S: REINT DYKEMA

Adv. Mark Oppenheimer Ernst Roets Willie Spies

Page 18: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

forum tydskrif

Aksieplan teen koronavirusDeur Alet Rademeyer

Hannes Noëth Dr. Dirk Hermann

Flip BuysKallie Kriel

Die Solidariteit Beweging en sy instellings het onlangs omvattende planne

bekend gemaak in die stryd teen die koronavirus (COVID-19) wat wêreldwyd krisisafmetings begin aanneem het.

Wêreldwyd het meer as 200 000 mense die virus tot dusver opgedoen, terwyl meer as 8 000 daaraan gesterf het. In Suid-Afrika het 116 mense reeds positief getoets. (Soos met die ter perse gaan van Forum Tydskrif op 18 Maart.)

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê daar is baie onsekerheid oor die virus en die impak daarvan. Dit lei onder meer tot paniek onder mense en daarom is drastiese maatreëls nou nodig.

Die Beweging se aksieplan sluit in:

» Samewerking met die regering en die regering se rampbestuursentrum.

» Solidariteit se korona-krisissentrum is gereed om werknemers te ondersteun en werkverwante en ander vrae te beantwoord.

» AfriForum se veiligheidbeheersentrum kan veiligheidskwessies koördineer en is gereed om moontlike onrus te hanteer. Die sentrum is ook gereed om te help met die opsporing van mense wat met ander in aanraking was wat positief vir die virus getoets het.

» Solidariteit is gereed om met werkgewers in gesprek te tree om te verseker dat ekonomiese aktiwiteite in die land voortgaan.

» Solidariteit Helpende Hand het 16 maatskaplike werkers beskikbaar om gemeenskappe te help om maatskaplike uitdagings die hoof te bied.

» Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) gaan tot einde Junie duisende video’s, werkkaarte en vraestelle gratis op sy Wolkskool beskikbaar stel om skoliere in staat te stel om van die huis af te studeer.

» Solidariteit se S-Leer-platform gaan e-leerkursusse aanbied om kinders en volwassenes oor die virus in te lig.

» Die FAK, Maroela Media, die Solidariteit Beroepsgilde vir die Kunste en Dapper Media gaan planne uitrol om kunstenaars te beskerm. Daar gaan ook gepoog word om hulle finansieel by te staan in die lig van kunstefeeste en vertonings wat afgestel is.

» Die Beweging het ’n nasionale krisiskomitee saamgestel wat daagliks vergader om aksieplanne volgens die jongste ontwikkeling en inligting aan te pas.

Hermann sê die rol van die burgerlike samelewing is nou deurslaggewend. “Ons bestaansrede is om krisisse te hanteer en planne moet nou gemaak word om gemeenskappe in die tyd van nood by te staan.”

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging , sê die wêreld het oornag verander. COVID-19 kan ’n nuwe verwysingspunt in die wêreldgeskiedenis word. Dit kan ongelooflike ekonomiese en staatkundige gevolge hê. “In teenstelling met globalisering begin nasionale state nou hul grense sluit.”

Buys meen die staat is gegewe sy verswakking en swak gesondheidsdienste nie in staat om die krisis alleen te pak nie. “Dit is nou tyd om verskille opsy te sit en saam met die staat en ander instellings

te werk om die virus te beveg.”Volgens Buys is dit van kritiese

belang dat risikobeheer toegepas word sodat die land so vinnig as moontlik na normaal kan terugkeer.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê dit is belangrik dat mense nie nou paniekerig moet raak nie, maar met hoop deur die krisis moet gaan. “Ons sal al ons strukture gebruik om die virus doeltreffend te beveg.

“Die Solidariteit Beweging verteenwoordig meer as 500 000 gesinne en saam is ons sterker. Dis tyd om politieke en ideologiese verskille opsy te skuif sodat die gemeenskaplike vyand, COVID-19, teengestaan kan word.”

Kriel sê individue moenie nou selfsugtig optree en dink dat die virus hulle nie raak nie. “Almal moet in belang van die hele samelewing verantwoordelik optree en die nodige doen om te voorkom dat hulle die virus opdoen.”

Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Helpende Hand, het mense aangemoedig om te kyk waar hulle betrokke kan raak om die kwesbare mense in die gemeenskap, soos gestremdes, bejaardes en kinders, te ondersteun.

Helpende Hand het reeds alternatiewe reëlings getref om die 8 000 kinders wat daagliks by skole gevoed word, steeds te voed terwyl skole nou gesluit is. “Ons kan nie nou terugtree nie. Ons moet eerder toetree om waar daar nood is ’n verskil te maak.”

Besoek www.korona.afriforum.co.za vir meer inligting.

Aktueel18

aktueel

Page 19: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

gidsforum tydskrif

Gids 19

TASSIE

4000350030002500200015001000500

Tassies tot dusveringesamel

Besoek gerus ons webtuiste: www.tassie.co.za

Page 20: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

Dink aan Afrikaanse treffers soos “Drie pikkewyne” en “Een miljoen woorde” en die beeld van die gewilde sanger en liedjieskrywer Jakkie Louw doem dadelik op. Hy vier vanjaar meer as twee dekades in die musiekbedryf. Alet Rademeyer het by hom gehoor hoe sy suksespad tot hier geloop het.

Veelsydige Jakkie reik uit en maak ’n verskil

Ek glo ons mense hier op aarde en God is al wat ons het.

FOTO: MARISKA NANNI

bekende forum tydskrif

Bekende20

Page 21: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

bekendeforum tydskrif

Bekende 21

» Bekende enkelsnitte: “Voshaarnooi”, “Een miljoen woorde”, “Drie pikkewyne”, “’n Bottel tas”, “Rambo die polisiehond”, “Klein Karoo cowboy”, “Reën in die Kaap”, “Sannie Kriel van Sunnyside”, “Die hoender song”, “Standvastige man”, “Rooi Willie” en “Koekieloekie”.

» Van sy albums: Yesterday, vandag and tomorrow, Alles in een glas, Jakkals en Leo, Gemaak in SA, Sing Sinatra en Party in SA.

» Toekennings: Geraas-musiektoekenning (2006),

Huisgenoot Tempo-toekenning (2006 en 2012), Sama-benoeming vir beste popalbum (“Drie pikkewyne” – 2007), Sama-benoeming vir beste manlike sanger (2009) en Aitsa-toekennings: Benoeming vir beste temalied vir die TV-reeks Toks en Tjops (2019).

» Felias en Pokkel is Jakkie se nuwe poppekas-en-kinderproduksie. Jakkie het die boek ook reeds geskryf en die CD opgeneem. Jakkie toer die land vol met sy Felias en Pokkel-poppekasproduksie en tree op by verskeie kerke, skole, teaters en kunstefeeste.

Twee gelukkige AfriForum-lede kan ’n Jakkie-pakkie wen. Dit sluit twee CD’s en ’n Jakkie-pet in. Stuur jou kontakbesonderhede en adres na [email protected].

BESPREEK JAKKIE HIER! Jakkie Louw kan vir optredes en vertonings – die poppekasproduksie ingesluit – bespreek word deur Anel by 084 806 6570 te skakel of ’n e-pos na [email protected] te stuur.

1. Hoe lank is jy al in die musiekbedryf? Dit is vanjaar 22 jaar.

2. Wat sou jy as hoogte- en laagtepunte beskryf? Die hoogtepunt was tydens ’n Innibos-optrede toe 60 000 mense my liedjies saamgesing het wat ek in my binnekamer geskryf het. Die laagtepunt is as ’n mens regtig baie moeite doen om ’n liedjie te skryf en op te neem en die media verf die liedjie as kommin. Ek glo nie dit help ons met die bou van ons kultuur nie.

3. Hoeveel CD’s het jy al uitgebring? Elf albums.

4. Vertel ’n bietjie meer oor jou kinderjare en wat jy ná skool gaan doen het? Ek is op 20 Mei 1979 in Oudtshoorn gebore en het aan die Hoërskool D.F. Malan in Bellville gematrikuleer. As kind wou ek BCom gaan studeer en ’n aandelemakelaar word. Die musiekgogga het my gebyt toe ek 15 jaar oud was. Dit was ook die jaar waarin my boetie Frikkie in ’n motorfietsongeluk oorlede is. Die trauma het my leer dink en skryf.

5. Hoekom het jy by AfriForum se droogtehulpprojek betrokke geraak? Ek glo ons mense hier op aarde en God is al wat ons het. Wie gaan ons help as ons mekaar nie in genade help nie? Die boere het ons nou nodig en dis hoekom ek glo ons moet help.

6. Waarom sal jy mense aanmoedig om by AfriForum aan te sluit? AfriForum is ’n goeie, gesonde instansie met intelligente, geleerde en opgeleide mense wat die belange van Afrikaanssprekende mense op die hart dra. Hulle veg vir wat reg is.

7. Hoekom dink jy is dit belangrik dat organisasies soos AfriForum bestaan? Organisasies soos

AfriForum is nodig om vir mense te baklei wat nie vir hulself kan opstaan nie. Ek weet byvoorbeeld nie hoe om ’n hofsaak teen rassediskriminasie te begin nie. AfriForum kan dit doen en help om ’n blinker toekoms vir ons kinders te skep.

8. Hoe voel jy oor Afrikaans en Afrikanerskap? Ek is lief vir Afrikaans en my herkoms as Afrikaner. Ek glo aan alles wat goed is van die Afrikaner. Ons geloof, respek, geleerdheid, opvoeding en die feit dat ons opbou en nie afbreek nie. Dit is ons kultuur.

9. Jy is ’n pa van twee dogtertjies. Hoe het dit jou lewe verander? My lewe het van voor af begin met die koms van Linke en Kara. Anel, my vrou, is die beste mamma ter wêreld. Sy is ’n ystervrou en baie alleen as ek op die pad is.

10. Glo jy dat daar ’n toekoms vir jou en jou kinders in die land is? Daar is vir seker ’n toekoms. Daar is wel instansies wat dreig om die land oor te vat, maar enige land het dit. Die meeste mense in die land is eintlik goedhartig en wil ook net die beste vir hul kinders hê. Sommige mense maak wilde uitsprake in die media, maar hulle vergeet dat God in beheer van die land is. Ons moet ’n bietjie hieraan dink.

11. Wat maak jou kwaad en wat maak jou gelukkig? Kritiek maak my ’n bietjie kwaad. Dis maar ’n passie-ding. Ek hou ook nie daarvan as mense in jou privaat lewe op Facebook wil inklim nie. ’n Mens ontwikkel ’n dik vel, maar dit bly nie lekker nie. Ek dink as ek ’n alleenloper was, sou dit makliker gewees het. Maar met ’n vrou en kinders is ’n mens meer kwesbaar. Wat my bly maak

is al die mense se stories ná vertonings by die CD-tafel. My liedjie “Een miljoen woorde” het ’n reuse-impak gehad op mense wat iemand aan kanker verloor het. Dit beteken baie as mense jou liedjies regtig waardeer.

12. Wat doen jy as jy nie musiek skryf en vertonings hou nie? Ek spandeer tyd saam met my familie. Ek speel met my kinders. Ek lees baie graag. Ek is ook stout oor ’n goeie film. Ek en Anel drink ook heerlike wyn saam.

13. Wat is jou planne vir die res van die jaar? Hoeveel vertonings gaan jy hou? Ek het ’n vol jaar op hande. Ons mag dalk weer 200 vertonings haal. Ek was reeds vanjaar in Australië vir vyf vertonings. Ek gaan in April Dubai toe en in November is Texas moontlik aan die beurt. Die mense bespreek nog hierdie Pikkewyn en ek is so bly daaroor! Verder toer ek en my “band” die land plat. Ons wil soveel as moontlik dorpies bereik met my musiek.

14. Waar tree jy graag op? Ek is lief vir Bloemfontein en die Noord-Kaap. Die mense kuier so lekker en dit laat ’n mens met ’n lekker gevoel. Maar ek is baie opgewonde as enige dorpie my nooi!

15. Wou jy nog altyd ’n loopbaan in musiek volg? Ja, ek dink diep binne my was ek nog altyd ’n rockmusikant.

16. Het jy ’n tienjaarplan? Indien wel, waar sien jy jouself? Ek sien myself as liedjieskrywer wat die mooiste Afrikaanse liedjies van alle tye geskryf het. Ek sien stadsale en teaters volgepak met mense wat hou van oorspronklike akoestiese musiek uit my kitaar en my pen ...

WEN!WEN!MEER OOR JAKKIE LOUW:

Page 22: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

veldtogte forum tydskrif

Veldtogte22

Ons verdien beter as LesufiAs daar nou een man is wat

teen hierdie tyd daaraan gewoond moet wees om

die wind van voor te kry – ook van AfriForum – is dit Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys.

Die 2020-skooljaar het afgeskop met duisende ongeplaaste voornemende laerskool- en hoërskoolleerders, dae lange protesoptogte deur ongelukkige en gefrustreerde ouers én skole wat weens dié optogte hul deure vir dae moes sluit. Boonop is party skole gedwing om tot soveel as 120 kinders in hul reeds oorvol klaskamers in te prop of leerders is in skole geplaas waar hulle nie die onderrigtaal magtig is nie.

AfriForum is in Januarie vanjaar herhaaldelik deur talle moedelose ouers van alle rasse gekontak omdat hulle geen steun van die Gautengse onderwysdepartement oor dié probleme ontvang het nie.

Dit is om dié redes dat die burgerregtewaghond reeds sedert 2015 ’n stryd voer om Lesufi uit sy amp te laat verwyder.

In 2015 het AfriForum sy #LesufiMoetVal-veldtog van stapel gestuur ná Lesufi se talle omstrede voorstelle om die Skolewet te verander en ’n konsep van “tweelingskole” – waar goed funksionerende skole met sukkelende skole moet saamsmelt – in te stel. AfriForum was bereid om hof toe te gaan, maar nadat verskeie skole vrywillig ingestem het om saam te smelt, is dié beleid eers geskrap.

In 2016 het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, Lesufi in ’n robuuste openbare debat in Tembisa aan die Oos-Rand gepak nadat hy ’n fel stryd vir die wegdoen met Afrikaanse skole gevoer het.

In 2018 het die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ’n

opdrag van die Gautengse onderwysdepartement ter syde gestel wat aangevoer het dat die Hoërskool Overvaal in Vereeniging 55 Engelssprekende leerders moet inneem. Ontstoke ouers het ná die uitspraak gedreig om die skool te ontwrig of selfs af te brand en AfriForum is ontplooi om te help. Die departement het by monde van Lesufi sy ontevredenheid met die uitspraak uitgespreek en gesê die departement gaan teen die uitspraak appelleer. Die Konstitusionele Hof het egter die departement se aansoek van die hand gewys.

Lesufi het in dieselfde jaar sy veldtog oor die voorgenome wysigings aan wetgewing oor basiese onderwys voortgesit wat die departement sentrale mag oor onder meer aanstellings, plasings en taalbeleide sou gee en alle mag van skoolbeheerliggame sou ontneem. AfriForum, die Skoleondersteuningsentrum (SOS) en Solidariteit het duisende bekommerde ouers, onderwysers en lede van die publiek gemobiliseer om hul kommentaar téén die regulasies in te dien.

Die burgerregteorganisasie het ook destyds met ’n omvattende regsmening daarop gereageer en onder meer ook ’n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee daaroor bygewoon. AfriForum gaan voort om dié wysigings

streng te moniteer.In 2019 het AfriForum ’n klag teen

die Gautengse onderwysdepartement vir wanbesteding van sowat R900 miljoen ingedien. ’n Skrywe is ook aan David Makhura, Gautengse premier, oorhandig waarin die afdanking van Lesufi geëis is vir onder meer sy rol in die chaotiese plasingsproses van leerders in Gauteng. Die ANC in Johannesburg het AfriForum se versoek verwerp en as ’n rassistiese en desperate poging om transformasie in skole te verhoed, beskryf.

Vanjaar het AfriForum ’n tweede skrywe aan Makhura gerig waarin die organisasie opnuut sy misnoeë uitspreek oor die voortdurende chaos wat by talle skole in Gauteng heers. Lesufi se kop is wéér geëis.

Lesufi is duidelik besig om die druk te begin voel en beskuldig AfriForum gereeld van rassisme. Einde 2019 het hy tydens ’n mediakonferensie aangevoer dat AfriForum ’n sluipmoord op hom beplan. Hy het verder aangevoer dat AfriForum hom wou aanval, besonderhede oor sy bankrekeninge probeer kry en selfs sy kinders agtervolg het. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het teruggekap en gesê ’n lastereis teen Lesufi word oorweeg.

Volgens Carien Bloem, bestuurder vir onderwys by AfriForum, is dit ’n skande dat die Gautengse premier toelaat dat Lesufi steeds sy amp as LUR beklee, ondanks die skade wat hy die Gautengse onderwysstelsel reeds aangedoen het. “Daar word gereeld vanuit owerheidsgeledere verklaar dat hy vir puik matriekuitslae sorg. Die waarheid is egter dat dit danksy die toewyding van uitnemende onderwyspersoneel, leerders en ouers in die provinsie is. Lesufi se ideologiese inmenging veroorsaak net probleme.”

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch

Lesufi se ideologiese inmenging veroorsaak net probleme.

Page 23: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

veldtogteforum tydskrif

Veldtogte 23

LESUFI SE BOMBASTIESE UITLATINGS:

DIE TOPREDES WAAROM LESUFI MOET GAAN, IS:

1. Te min nuwe skole: Lesufi spog gereeld oor die nuwe skole wat die departement nog gaan bou en reeds gebou het, maar in die 2018/2019-boekjaar is net een skool gebou terwyl minstens 50 per jaar nodig is.

2. Mislukte aanlyn stelsel: Sy poging die afgelope vyf jaar om voornemende graad 1- en graad

8-leerders met ’n aanlyn stelsel te registreer, het eindelose probleme opgelewer. Jaarliks is duisende kinders nie betyds geplaas nie.

3. Onsinnige onderwysregulasies: Lesufi se voorgestelde regulasies sal onder meer daartoe lei dat alle aansoeke, plasings en bestuur sentraal deur die aanlyn stelsel en departementele amptenare beheer word.

4. Politieke agenda: Hy spreek

homself baie sterker uit oor die taalbeleid en demografie van skole as om die nodige aandag aan onderwysprobleme soos slaagsyfers en skoolveiligheid te gee.

5. Teiken Afrikaans: Hy maak geen geheim daarvan dat hy Afrikaanssprekendes minag en Afrikaanse skole teiken nie. Hy het tydens ’n mediakonferensie na Afrikaanse kinders as “kleinbasies” verwys.

Julle kan dankbaar wees ek staan hier en probeer mooipraat met julle. Die LUR na my gaan nie met julle onderhandel nie, maar julle forseer om te doen wat hy wil hê.

Dié wat gedink het ons kinders moet tuinmanne en teemeisies wees, is nou bang ons kinders word aktuariële wetenskaplikes.

As jou voorgeslag nie vir ons moddersloot-onderwys gegee het nie, was daar nie nou wanfunksionele skole nie. Buitendien, alle skole behoort aan al ons kinders.

As jy op Afrikaanse onderrig aandring, kelder jy jou kinders se toekoms omdat daar nie meer Afrikaanse universiteite in die land is nie.

Panyaza Lesufi

Page 24: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

forum tydskrif

24

hofsake

Hofsake

AfriForum soek geregtigheid vir almal

COLIGNY-2 Pieter Doorewaard en Phillip Schutte, wat vroeër deur regter Ronnie Hendricks van die moord op die tiener Matlhomola Moshoeu skuldig bevind is, is einde verlede jaar elk op borgtog van R20 000 in die hooggeregshof in Mmabatho vrygelaat. Die twee mans van Coligny in Noordwes se regspan onder leiding van adv. Barry Roux (SC) het die appèlhof suksesvol gepetisioneer om verlof tot appèl te kry nadat die hooggeregshof in Mmabatho geweier het om verlof tot appèl in dié saak toe te staan.

AfriForum het besluit om Doorewaard en Schutte se appèlaansoek te befonds nadat Bonakele Pakisi, die enigste ooggetuie in die moordsaak, teenoor vier persone erken het dat hy in die hof gelieg het. AfriForum gaan voort om die mans by te staan.

Nel en sy span het besluit om dié regsroete te volg in die lig daarvan dat vervolging nie op bestaande getuienis gedoen kan word nie en omdat daar klaarblyklik relevante inligting van familielede is wat die ondersoekbeamptes nie in die dossier vervat het nie. “Ons glo die moord kan net opgelos word deur te kyk na wat op daardie dag in 2014 in die huis gebeur het en nie op grond van bewerings van rowers wat ingekom het nie,” meen Nel.

Sifiso Meyiwa, broer van Senzo, sê “ons glo dat die geregtelike doodsondersoek sal verseker dat geregtigheid geskied en dat my broer se moordenaars tot verantwoording gebring kan word”.

Die burgerregtewaghond en sy Privaatvervolgings-eenheid is sedert die

begin van die jaar by verskeie nuwe en ou sake betrokke in ’n poging om gelykheid voor die reg vir almal te bewerkstellig.

SENZO MEYIWAAdv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se Privaatvervolgingseenheid, het namens die familie van Senzo Meyiwa geëis dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ’n formele geregtelike ondersoek instel na die dood van dié voormalige kaptein en doelwagter van Bafana Bafana.

Die Meyiwa-familie het Nel as hul advokaat aangestel om die dood van Senzo (27) te ondersoek. Hy is in 2014 ten tyde van ’n rooftog by die sangeres Kelly Khumalo se huis in Vosloorus aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Die saak het opslae gemaak omdat die polisie tot op hede nie ’n deurbraak kon maak nie. Bheki Cele, minister van polisie, het verlede jaar gesê die polisie het nóg ’n jaar nodig om sy ondersoek af te handel. Hy het AfriForum ook beskuldig dat die organisasie met sy betrokkenheid die regstelsel in die verleentheid wil stel.

Die geregtelike doodsondersoek sal aan Nel en belanghebbende partye die geleentheid gee om die getuienis in die hof te toets en getuies onder kruisverhoor te neem. Dit sal die landdros help om te bevind wie vir Meyiwa se dood verantwoordelik was. “Unieke sake verg unieke oplossings en AfriForum hoop dat hierdie ondersoek uiteindelik tot vordering in die saak sal lei,” sê Nel.

MALEMA EN NDLOZIDie aanrandingsaak teen Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, is uitgestel tot 23 en 24 Junie 2020.

Malema en Ndlozi het vroeër vlugtig in die landdroshof in Randburg verskyn, waarna hulle op waarskuwing vrygelaat is. Tydens hul verskyning het die landdros dit duidelik gemaak dat alle prosesse, gesprekke, uitruil van dokumente en regsverteenwoordiging teen bovermelde datum finaal afgehandel moet wees.

Deur Alet Rademeyer

FOTO'S: FOTO: REINT DYKEMA

FOTO'S: JHUA-NINE WYRLEY-BIRCH

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte vroeër in die hooggeregshof in Mmabatho.

Sifiso Meyiwa, broer van Senzo Meyiwa, wie se moord AfriForum se Privaatvervolgingseenheid help ondersoek.

Julius Malema

Page 25: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

forum tydskrif

25

hofsake

Hofsake

Die NVG het ná volgehoue druk deur AfriForum aangekondig dat hulle Malema en Ndlozi gaan vervolg vir die beweerde aanranding van ’n kolonel in die SAPD. Malema en Ndlozi het in April 2018 glo ’n senior polisieman in uniform aangerand tydens ’n voorval wat op kringtelevisiekameras vasgevang is. Die senior polisieman het ’n klag by die polisie aanhangig gemaak, maar dit het geen polisie-aandag geniet totdat AfriForum se Privaatvervolgingseenheid in Januarie 2019 navraag oor die ondersoek gedoen het nie.

Malema het op 24 Februarie 2020 in die Oos-Londense streekhof verskyn vir die afvuur van skote. Die NVG vervolg Malema ná druk deur AfriForum vir die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude of openbare plek sonder genoegsame rede, asook die besit van ’n vuurwapen en ammunisie sonder die nodige lisensie en magtiging.

THANDI MODISEDie speaker van die parlement se saak is na 24 tot 27 Maart 2020 in die Potchefstroomse streekhof uitgestel wanneer sy op aanklagte van dieremishandeling sal pleit.

AfriForum en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het vroeër aangekondig dat Modise privaat vervolg gaan word nadat die NDBV ’n klagte van wrede dieremishandeling in 2014 ontvang het. Modise se plaas was besaai met die karkasse van meer as 50 varke en ander dooie diere soos ganse, eende, skape en bokke. Die NDBV moes 162 diere uitsit.

Die NDBV het ingevolge die Wet op Verenigings vir die Voorkoming van Dieremishandeling, 1993 (wetno. 169 van 1993) die statutêre magte om oortreders privaat te vervolg.

TOM MOYANEDié voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) verskyn op 5 Mei 2020 in die landdroshof in Randburg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en kwaadwillige saakbeskadiging. AfriForum gaan Moyane namens Lerato Maila privaat vervolg. Maila is die ma van Moyane se kleinkind en was tydens die beweerde voorval in ’n verhouding met Moyane se seun.

ALEXIS BIZOSDie seun van adv. George Bizos, wêreldberoemde menseregteadvokaat, het op 14 Februarie 2020 in die Johannesburgse landdroshof verskyn op ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se Privaatvervolgingseenheid, het as aanklaer opgetree namens die slagoffer, Monique van Oosterhout, wat ten tyde van die voorval met Alexis Bizos getroud was. Die verhoordatum is voorlopig vir 4 Mei 2020 vasgestel.

Bizos het Van Oosterhout na bewering in 2015 aangerand en ses van haar ribbes gebreek. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het aanvanklik geweier om hom te vervolg. Nadat AfriForum in 2018 aangekondig het dat hulle aansoek gedoen het om

’n nolle prosequi-sertifikaat om Bizos te vervolg, het die NVG in ’n handomkeerbeslissing aangekondig dat hulle Bizos wel gaan vervolg. Bizos is daarna uitgenooi om vertoë aan die NVG te rig voordat die vervolging ingestel sou word. Ná ontvangs van Bizos se vertoë het die NVG weer eens besluit om nie te vervolg nie. Van Oosterhout het daarna weer aansoek gedoen om ’n sertifikaat om Bizos privaat te vervolg.

PROSPEKTERING BY DULLSTROOM AfriForum se regspan het in Februarie ’n skrywe aan Singo Consulting (Edms.) Bpk. gerig nadat dit aan die lig gekom het dat dié maatskappy namens Gadebe Investments aansoek doen om prospekteerregte vir steenkool in die Dullstroom-omgewing. AfriForum het ook as ’n belanghebbende en geaffekteerde party (IAP) geregistreer.

AfriForum bevraagteken die proses aangesien daar net soos verlede jaar reeds heelwat ongerymdhede is met die proses wat Singo Consulting gevolg het. AfriForum het op 14 Augustus 2019 ’n strafregtelike klagte by die Komatipoort-polisiestasie ingedien nadat dit aan die lig gekom het dat Singo Consulting na bewering bedrog in die vorm van plagiaat in hul omgewingsimpakstudie gepleeg het.

KRAGTARIEWEAfriForum het onlangs ’n kostebevel teen die Tshwane-metro in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria verkry oor die onwettige koopkragtariefheffings wat in 2019 geïmplementeer is. Dié kostebevel volg nadat die organisasie die hof genader het oor die elektrisiteitstariefheffings wat die metro sonder die nodige goedkeuring van Nersa geïmplementeer het.

’n Spesifieke tarief van R200 op voorbetaalde krag is ingestel en die metro het dit ná luide protes tot R56 verlaag. Die metro moet die geld terugbetaal wat onwettig van derduisende inwoners verhaal is.

Tom Moyane

Thandi Modise

Monique van Oosterhout

Page 26: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

veldtogte forum tydskrif

Veldtogte26

Sedert die begin van die jaar het AfriForum se 140 takke skouer aan die wiel gesit om

gemeenskappe op te hef en die agteruitgang in dorpe te stuit.• Die Matjhabeng Plaaslike

Munisipaliteit het ’n rioollekkasie in die Lakeview-woongebied in Welkom herstel danksy volgehoue druk deur die plaaslike AfriForum-tak.

• Die AfriForum-tak in Sasolburg gaan voort om parke en groenstroke in Sasolburg en Vaalpark netjies te hou en die gras te sny nadat die tak in 2019 met dié inisiatief begin het. Tot dusver is drie grassnytrekkers aangekoop en 127 ha se gras gesny.

Takke spring om omstandighede in dorpe te verbeter

• Die Rustenburg-tak het vanjaar voortgegaan met hul volhoubare skoonmaakprojek deur gereeld gras te sny en strate in verskeie gebiede in die dorp twee tot drie keer per week skoon te maak.

• AfriForum het die vleiland in die Moreletapark-natuurreservaat in Pretoria skoongemaak as deel van Wêreldvleilanddag wat jaarliks op 2 Februarie gevier word. AfriForum gaan vanjaar nóg vleilande identifiseer wat skoongemaak gaan word.

• Die takke in Christiana en Vryburg het hul dorpe skoongemaak en vullis verwyder waar dit onwettig gestort is.

• Die Benoni-tak het besluit om

SNIPR na dié dorp te bring. SNIPR is ’n outomatiese nommerplaat-herkenningstegnologie wat nommerplate herken en kruisverwysings oor sowel ’n plaaslike as internasionale databasis met gelyste verdagte voertuie moontlik maak en ’n intekening op die wetstoepassingsowerheid gemoeid met die opspoor van vermiste voertuie insluit.

• Die Lichtenburg-tak het in samewerking met die Laerskool Lichtenburg ’n slaggatherstelprojek afgeskop.

• Die Bethal-tak het ’n straatnaamprojek aangepak om die prag van die dorp te herstel en is ook

Page 27: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

veldtogteforum tydskrif

Veldtogte 27

besig met verskeie grassnyprojekte. • Die Moot-tak het sy eerste noodwaterpunt

by die Laerskool Pierneef in Pretoria geopen nadat die Tshwane-metro waterbeperkings ingestel het. Twee tenks met ’n kapasiteit van 5 kl elk word met boorgatwater gevul en is beskikbaar vir die hele gemeenskap.

• AfriForum se Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)-tak het in samewerking met die Secunda-gemeenskapspolisiëringsforum en ander gemeenskapslede die tweede fase van sy slaggatprojek afgeskop deur slaggate in Secunda op te vul.

• Die Rustenburg-tak het in samewerking met Crazy Skip en Rustenburg Therm Guard ’n skoonmaakaksie by die geskiedkundige begraafplaas in die dorp, wat vir jare deur die munisipaliteit verwaarloos is, van stapel gestuur.

• Die Margate-tak en die N.G. Kerk Margate se gemeenskaplike boorgat het in Februarie meer as 50 kl water aan die gemeenskap voorsien nadat die plaaslike munisipaliteit dit nie kon doen nie.

• Die Oos-Moot-tak het ’n noodboodskap op hulle telegramgroep ontvang oor ’n verdagte wat besig was om ’n taklid se voertuig met klippe te bestook. Die polisie is ontbied en die verdagte is agtervolg ná hy van die toneel gevlug het. Sewe buurtwagvoertuie en tien lede het hom bly agtervolg. Hy is uiteindelik aangekeer en ’n konstabel van die Moot-polisiestasie het hom in hegtenis geneem. ’n Klag van saakbeskadiging en betreding is teen die verdagte aanhangig gemaak.

• Die Benoni-tak het aan die 200% Foundation se #CleanMyBenoni-inisiatief deelgeneem. Die skoonmaakprojek is in die Benoni Plaza van stapel gestuur – ’n plek wat eens geliefd was en deur baie inwoners besoek is. Swerwers en dwelmverslaafdes woon egter nou daar in haglike omstandige en dit het ’n gevaarsone vir die publiek geword. AfriForum was verantwoordelik vir die beheer en monitering van al die skoonmaaktoerusting, wat harke, besems, grawe, verskeie skoonmaakmiddels en vullissakke ingesluit het en het ook die sekuriteit behartig. Gedurende die skoonmaakprojek het AfriForum-lede die SAPD van ’n dwelmtransaksie wat in die omtrek plaasgevind het in kennis gestel. Die lede het die verdagte suksesvol aangekeer en hy is deur die SAPD in hegtenis geneem.

• Die AfriForum-takke in Heilbron, Parys, Potchefstroom, Sasolburg en Wolmaransstad het blikkieskos ten bate van die Hervormde Kerk in Parys se jaarlikse Blikkiesfees ingesamel. Die kerk het vanjaar besluit om die blikkies wat ingesamel word aan boere in nood te stuur. Die Sasolburg-tak het met meer as 2 000 blikkies die meeste ingesamel.

Page 28: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

forum tydskriferfenis

In 2018 het die Universiteit van die Vrystaat (UV) ’n openbareraadplegingproses

van stapel gestuur om te bepaal of die standbeeld van pres. M.T. Steyn van die Bloemfonteinse kampus van dié universiteit verwyder moet word al dan nie.

Dít het gevolg nadat die sogenaamde “Rhodes must fall”-beweging in 2015 suksesvol betoog het vir die verwydering van die standbeeld van Cecil John Rhodes van die Universiteit van Kaapstad se kampus en die breër dekolonialiseringsdebat in die land ontketen het.

Ideologies-geïnspireerde aktiviste het beweer dat die teenwoordigheid van Steyn se standbeeld op die kampus pyn veroorsaak vir studente wat onder apartheid gely het en dat dit daarom dringend verwyder moet word. Die universiteit het moeite gedoen om alle deelnemers aan die openbareraadplegingproses omtrent die geskiedenis van Steyn en die standbeeld in te lig. Die meerderheid deelnemers aan die peiling was ten gunste van die behoud van die beeld, maar

Steyn staan steeds ...desnieteenstaande het die universiteitsowerhede ’n verskuiwingsversoek by die permitkomitee van die Vrystaatse Provinsiale Erfenishulpbronowerheid ingedien. Op 30 April 2019 is ’n permit vir die verskuiwing deur dié komitee aan die universiteit toegestaan. AfriForum en ander bewaringsinstellings het heftig hierteen appèl aangeteken.

In die motivering van die appèlaansoek het AfriForum benadruk dat dit vir elke student wat respek het vir die unieke rol wat Steyn in die geskiedenis van die Vrystaat en Suid-Afrika, en meer spesifiek in die totstandkoming van die UV gespeel het, pynlik is dat die universiteit selfs net oorweeg om die standbeeld van die kampus te verwyder. Só ’n aksie sal na AfriForum se mening ook polarisasie en rassespanning op die kampus aanwakker. Studente uit die Afrikaanse en Afrikanergemeenskap sal onwelkom voel en dit beskou as die voortsetting van die universiteit se gedienstigheid jeens ’n klein groepie radikale studente.

AfriForum voorsien ook dat die negatiewe gevolge van die verskuiwing van die beeld nie

net tot die kampus beperk sal bly nie, maar sal oorspoel tot die totale Vrystaatse en Suid-Afrikaanse erfenislandskap.

Die komitee is daaraan herinner dat Steyn teen koloniale onderdrukking geveg het. Onder sy leiding het die Vrystaat tot ’n uiters suksesvolle staat ontwikkel. Hy was verder instrumenteel in die bevordering van versoening

en vooruitgang na afloop van

die Anglo-Boereoorlog (1899–1902).

Al hierdie aksies is met groot opoffering en lyding deur hom onderneem, veral wat sy gesondheid betref. AfriForum meen dat Steyn se karaktereienskappe en optrede die hedendaagse jeug kan inspireer, ongeag of hulle saamstem met al sy sienings of nie. Sy opinies kan ook nie geïnterpreteer word in terme van die denkraamwerke van 2019 nie, maar moet op ’n genuanseerde manier in die konteks van sy eie tyd beskou word. Hierdie soort insig is juis die denke wat ’n openbare tersiêre opleidingsinstelling soos ’n universiteit na AfriForum se mening moet help ontwikkel. Verskeie internasionale voorbeelde is ook genoem wat illustreer dat die boodskap wat die verskuiwing van standbeelde stuur, negatief is, haat jeens minderhede kan aanwakker en deur gesaghebbende internasionale instellings veroordeel word.

Nes die geskiedenis nie slegs ’n rekord van nie-kontroversiële gebeure mag wees nie, mag die erfenislandskap ook nie slegs selektief met die verlede omgaan nie. Gemeenskappe kan nie net summier alles wat ongemak, debat of kontroversie kan veroorsaak, weglaat of verwyder nie. Ons moet maniere vind om daarmee om te gaan op so ’n wyse dat mense uit verskillende gemeenskappe kan leer om mekaar te respekteer en vir mekaar ruimte te gun.

AfriForum se appèl het geslaag. Die permitkomitee het op 20 September 2019 beslis dat die standbeeld op die kampus moet bly. Die universiteit het hierna oorgegaan tot die volgende stap om tog toestemming vir die verskuiwing te probeer kry, naamlik om te versoek dat ’n onafhanklike tribunaal deur die provinsiale owerheid aangestel moet word om die beslissing in heroorweging te neem.

Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, het op 4 Maart 2020 voor die tribunaal verskyn en opnuut verduidelik waarom AfriForum die verskuiwing teenstaan.

Uitspraak is nie teen druktyd gelewer nie.

Deur Alana Bailey

Erfenis28

Die standbeeld van pres. M.T. Steyn op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Page 29: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

29Erfenis

Ons stop voor die netjiese huis en word ingenooi. Almal is maar stil en stywerig – ons

ken mekaar mos nie. Kgosigadi (koningin) Gaongalelwe Moroka kom ingeloop en gaan sit op die stoel wat vir haar gereserveer is.

Haar dogter kgosatsana (prinses) Gaboilelwe stel die teenwoordige mense aan mekaar voor. Ons praat geskiedenis. Die sekretaris van die tradisionele raad wys vir ons foto’s van ’n Voortrekkermonument wat naby geleë is. Ons praat oor die hulp van opperhoof Moroka II aan Hendrik Potgieter in 1836. Die kgosigadi sê: Ek het al baie gewonder wat van hierdie mense geword het wat ons gehelp het?

AfriForum het besluit om hulp aan die Seleka Barolong koninklike familie te verleen in hul stryd vir hul plek binne hul gemeenskap, Thaba ’Nchu, oos van Bloemfontein. Dié koninklike familie is op grond van ’n gebrekkige verslag deur Ace Magashule van hul rol, wat hulle al sedert 1880 vervul, ontneem en vervang met ANC-lakeie.

Dit is belangrik om te verstaan dat tradisionele rade die belangrikste gemeenskapsinstellings is van die volke met wie ons Suidelike Afrika deel, en dat die regering tans hierdie instellings as ’t ware gekaap het en misbruik. AfriForum tree dus toe tot die stryd om dié gemeenskapsinstelling

Ons werk vir vreedsame naasbestaan

van die Seleka Barolong, wat deur die regering en ANC ondermyn word, in beskerming te neem.

Waarom is interkulturele samewerking en wedersydse erkenning en respek, soos weerspieël in ons optrede hierbo, vir AfriForum so belangrik? Ons almal verstaan dat Afrikaners nie in isolasie lewe nie; op elke plek waar ons woon is daar ’n Afrikanergemeenskap naas ’n ander kultuurgemeenskap. Goeie verhoudings maak vreedsame naasbestaan moontlik.

Daar is toenemend versoeke aan AfriForum vanuit die geledere van die ander volke van Suidelike Afrika vir samewerking en erkenning. Soos wat Afrikaners hulself organiseer en ’n toekoms bou deur middel van gemeenskapsinstellings soos AfriForum, begin ander gemeenskappe ook instellings vestig.

AfriForum bou verhoudings met die ander volke van Suidelike Afrika sodat erkenning- en samewerkingsooreenkomste gesluit kan word en daar saamgewerk kan word aan ’n mooi toekoms sonder dat ’n regering (van watter vlak ook al) in die pad daarvan staan. Hierdie idee van vriendskaplike ooreenkomste is nie ’n nuwe idee nie.

Opperhoof Moroka II het trekdiere na die laer van Hendrik Potgieter gestuur ná die Slag van Vegkop sodat die Voortrekkers hul waens kon verskuif nadat al hul vee deur die Noordelike Ndebele (van koning Mzilikazi) weggevoer is. Hierna is daar ’n verdrag tussen Potgieter en Moroka II gesluit, asook in 1865 tussen Moroka II en die Republiek van die Oranje-Vrystaat (OVS) onder leiding van pres. Brand. In 1853 word daar selfs ’n vriendskaplike ooreenkoms tussen die eertydse vyande Potgieter en koning Mzilikazi gesluit.

AfriForum bou hierdie brûe ook oor landsgrense. Daarom vind daar ook

gesprekke plaas met die Noordelike Ndebele van Zimbabwe, wat hulself vandag die Mthwakazi noem. Hulle het AfriForum genader om saam te werk en om die vriendskaplike ooreenkoms wat tussen koning Lobengula (seun van Mzilikazi) en die Afrikaners van die ZAR gesluit is, te hernu. Daar was ook reeds gesprekke met ’n gemeenskapsorganisasie uit Lesotho.

Afrikaners en die Ndzundzas het mekaar twee keer in die verlede die stryd aangesê. Die Ndzundzas het ná die eerste Mapoch-oorlog (1860–1865) as oorwinnaars uit die stryd getree, en die Afrikaners ná die tweede (1882–1883). Die Ndzundzas word vandag amptelik as deel van die Suidelike Ndebele beskou, hoewel hulle sou kon aanspraak maak daarop om ’n volk in eie reg te wees. Daar is maar ongeveer 1 miljoen Ndebele-sprekers in Suid-Afrika en die taal staar ernstige marginalisering in die gesig. Dit is belangrik om ’n oomblik hierby stil te staan: hier het ons met ’n minderheid te doen wat kleiner as ons is. Daarom is AfriForum ook in raadgewende hoedanigheid betrokke by ’n Ndebele-nieregeringsorganisasie om hulle te help om Ndebele te bevorder. Ons moedertaalstryd gaan makliker wees as ons nie die enigstes is wat dit voer nie.

In al my gesprekke met sowel die tradisionele as burgerlike leiers van ander volke beleef ek slegs goeie gesindhede en respek – dit gee ’n mens hoop en maak my vreeslik opgewonde.

Binne die breër Solidariteit Beweging volg ons ’n benadering van binding en brugbou. Ons bind Afrikaners aan mekaar en mobiliseer energie om vir ons ’n toekoms te bou, en ons bou brûe met ander gemeenskappe sodat ons en ons kinders in vreedsame naasbestaan met ander gemeenskappe voluit vry, veilig en voorspoedig kan lewe.

Deur Barend Uys

erfenisforum tydskrif

Barend Uys by die monument van die Seleka Barolong koninklike familie.

Page 30: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

Jeug30

Met ’n suksesvolle 2019 agter die rug, waartydens die sowat 70 AfriForum

Jeug-strukture meer as ’n honderd projekte aangepak het, is die burgerregtewaghond se jeugvleuel slaggereed om 2020 met nóg meer roepingsgedrewenheid te pak.

Die jeugstrukture het vanjaar reeds gewoeker en verskeie selfdoenprojekte aangepak.

Die AfriForum-tak in Standerton se jeugvleuel het die Voetsporemonument buite dié dorp skoongemaak. Hierdie monument is etlike jare gelede deur die Standerton-tak “aangeneem” en die jeug maak dit gereeld skoon. Die gras om die monument is gesny en opgehark, terwyl die voetpaadjie ook weer netjies gemaak is.

AfriForum Jeug se Kempton Park-tak het ’n volhoubare uilhuisprojek van stapel gestuur. Dít volg nadat die jeug die behoefte aan uilhuisies geïdentifiseer het aangesien Kempton Park ’n groot aantal uile huisves wat op die lys van bedreigde spesies verskyn. Die projek word in samewerking met Owl Rescue Centre gedryf. Die huisies is esteties en omgewingsvriendelik en elk word uit nagenoeg 900 plastiekbottels vervaardig.

Die jeug in Ellisras het kos vir die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) ingesamel en aan dié organisasie oorhandig om die druk wat hulle veral tydens die feesseisoen ervaar, te help verlig.

Die Kovsies-tak het ’n skrywe

AfriForum Jeug fokus op verantwoordelikheid en roepingsgedrewenheid

aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se bestuur gerig en geëis dat daar opgetree word teen lede van die studenteraad (SR) en ander betogers vanweë die feit dat die 2020-registrasieproses aanhoudend ontwrig is.

Jeugdiges en jong werkendes tussen die ouderdomme van 10 en 35 kan by AfriForum se dorpstakke aansluit en studente kan aansluit by die takke van verskeie tersiêre instellings soos die Universiteit

Stellenbosch (US), die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus, die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van die Vrystaat (UV), asook privaat instellings soos Sol-Tech en Akademia.

“Hier by die jeug bied ons jou die geleentheid om self verantwoordelikheid te neem vir jou dorp, buurt óf kampus en ons leer jou dat jy nooit alleen is nie,” sê Bernard Pieters, bestuurder van AfriForum Jeug.

Benewens die selfdoenaksies bied AfriForum Jeug ook vir lede

geleenthede vir persoonlike groei en ontwikkeling.

Die jeugvleuel bied jaarliks ’n jeugkongres aan waartydens taklede van dorpstakke en kampusstrukture bymekaarkom vir beplanning, opleiding en sosialisering. Verder word daar geskiedkundige staptoere aangebied waar jongmense geleer word oor dele van die Afrikanergeskiedenis wat dikwels uit die skoolboeke gelaat word.

Sedert 2014 word ’n internskapprogram ook jaarliks by AfriForum se hoofkantoor in Pretoria aangebied waartydens internskapstudente onder meer leer hoe AfriForum en die Solidariteit Beweging se strukture werk, die geleentheid

kry om saam met AfriForum se provinsiale koördineerders selfdoenprojekte aan te pak, woordvoerderopleiding ontvang en leer oor erfenisbewaring.

Daar word kwartaalliks ook skoolkampe vir hoërskoolleerders aangebied wat op Christenskap, erfenis en leierskapsontwikkeling fokus.

“Ná die 2020 AfriForum Jeug-kongres kan ek trots getuig dat ek ’n meer positiewe mens is. Ek is meer positief oor die land en my eie toekoms. Ek is trots om ’n Afrikaner te wees en my te vereenselwig met ander jongmense wat soos ek dink,” meen Nina Breytenbach, ’n tweedejaar LLB-student aan die US en lid van AfriForum Jeug se Maties-tak.

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch

jeug forum tydskrif AfriForum Jeug tydens vanjaar se kongres

Ek is meer positief oor die land en my eie toekoms.

Page 31: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

veldtogteforum tydskrif

Veldtogte 31

AfriForum het onlangs kommentaar ingedien teen die voorgestelde wysigings aan

die Wet op Sport en Ontspanning, 1998 (wetno. 110 van 1998) wat einde verlede jaar gepubliseer is. AfriForum voer aan dat dié voorgestelde wysigings geensins geïmplementeer moet word nie, aangesien dit sport in die land geweldig sal benadeel.

AfriForum het in ’n breedvoerige dokument die algehele impak van die voorgestelde wetgewing volledig uiteengesit. In kort word daar op twee samevattende punte gefokus.

Voorgestelde sportwetwysigings sal sport erg benadeel

Eerstens verbied elke internasionale sportliggaam politieke of regeringsinmenging in sport. “Hoewel ons vir jare al van politieke inmenging in sport bewus is en dit selfs onder internasionale sportliggame se aandag gebring het, sal die skriftelike, direkte kaping van sport tot ernstige implikasies vir Suid-Afrikaanse sport op internasionale vlak lei,” sê Henk Maree, woordvoerder vir AfriForum.

Tweedens is dit histories bewys dat politieke en regeringsinmenging in sport nog nooit tot die voordeel van sport in enige land was nie. Suid-Afrika is ’n uitstekende voorbeeld hiervan.

Verder verwys AfriForum se

kommentaar ook na die teenstrydige optrede van internasionale liggame wanneer daar gekyk word na die toepassing en optrede teen lande wat ’n direkte rasseverteenwoordigende beleid najaag.

“AfriForum is van voorneme om later vanjaar internasionale sportliggame te nader om politieke inmenging in sport en die aggressiewe inwerkingstelling van die kwotastelsel in Suid-Afrikaanse sport aan te pak,” sê Maree.

In Desember 2019 het die regering wetgewing voorgestel wat alle sport in Suid-Afrika onder die mag van die minister van sport, kuns en kultuur sal plaas.

Volgens die ANC-regering is dié voorstelle daarop gemik om gelykheid te bevorder en die foute van die verlede reg te stel.

“Die voorgestelde wetgewing is niks minder as ’n poging om alle mag oor Suid-Afrikaanse sport in die minister van sport te setel nie. Ons mag nie toelaat dat sport genasionaliseer word nie,” sê Maree.

Deur Hesti Steenkamp

KokoribaWildreservaaten Gesinsvakansieoord

bied u ’n unieke Bosveld-avontuurwat reeds by duisende Suid-Afrikaners

bekend en geliefd is.

Alle AfriForum-lede is geregtig op ’n 20%-korting.

Skakel 012 277 1204 vir besprekings en onthou om te noem dat jy ’n AfriForum-lid is.Bepalings en voorwaardes geld.

Ons mag nie toelaat dat sport genasionaliseer word nie.

Henk Maree

Page 32: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

32 Opinor

Opinor, ’n nuwe ideesentrum wat met AfriForum geaffilieer is, is opgerig om

gemeenskappe in Afrika te bemagtig om volhoubaar te kan voortbestaan.

Volgens Barend Uys, uitvoerende hoof van Opinor, is die sentrum opgerig om gemeenskapsgerigte planne, strategieë en beleid te ontwikkel en te bevorder deur geloofwaardige navorsing en innoverende kommunikasie wat aangewend kan word om gemeenskapselfstandigheid in Afrika te bevorder. “Ons wil deur waardetoevoeging gemeenskappe in staat stel om ’n beduidende verskil op voetsoolvlak te maak.”

Sewe beginsels is sentraal tot die werksaamhede en benadering van Opinor. Dit sluit in selfstandigheid, die daarstel van ’n raamwerk waarbinne gemeenskappe kan saamwerk eerder as om van die staat afhanklik te wees, die gebalanseerde aanbied van die geskiedenis en die bevordering van ’n vryemarkekonomie om die lewensgehalte van gemeenskappe te verbeter.

Voorts staan Opinor vir nuwe idees waaroor gedink en gedroom kan word om ’n beter toekoms vir nageslagte te skep. Laastens wil Opinor individuele vryheid binne ’n gemeenskapskonteks bevorder en hoop skep.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, is aangewys as die voorsitter van Opinor se direksie. “Wat Opinor van ander ideesentrums sal onderskei is dat ons nie bloot bestaan om die stryd om idees te beïnvloed nie. Opinor se kernfunksie sal wees om navorsing te doen wat toegepas kan word deur instellings

wat gemeenskappe se belange bevorder en wat hulle met die nodige kennis en insig sal toerus om tot aksie oor te gaan wat tot daadwerklike resultate sal lei. Opinor beoog dus nie om bloot met sy argumente te wen nie, maar om te wen met die aksies wat uit sy argumente gaan spruit.”

Opinor is voorts verbind tot die subsidiariteitsbeginsel, wat erken dat mense van nature sosiale wesens is en klem lê op die belangrikheid van gemeenskapsinstellings soos die gesin, die kerk en vrywilligerorganisasies as strukture wat die individu in staat stel om die gemeenskap te dien en die individu en die gemeenskap as ’n geheel aan mekaar verbind. “Opinor se vertrekpunt is dat mense nie vryswewende individue is nie, maar tot gemeenskappe behoort. ’n Mens se vertrekpunt en onderliggende aannames bepaal die oplossings wat ’n mens kan bedink, en hierdie vertrekpunt gaan ons in staat stel om oplossings te ontwikkel wat binne die werklikhede van Afrika en Suid-Afrika toegepas kan word,” sê Uys.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging en lid van Opinor se adviespaneel, sê Opinor kan nie net ’n dinktenk wees nie. “Dit moet ook ’n doentenk wees. Ons hoef nie langer te vra hoekom selfbestuur nodig is nie. Ons is reeds verby dié punt en moet nou kyk hoe selfbestuur prakties in werking gestel kan word.”

Buys het verwys na 12 aannames wat ná 1994 algemeen aanvaar is, maar waarvan niks gekom het nie. Die Suid-Afrika wat in die vooruitsig gestel is, het nie gerealiseer nie. Die aannames was dat die staat voldoende

Nuwe ideesentrum sal gemeenskapselfstandigheid bevorderDeur Alet Rademeyer

Barend Uys

Flip Buys

sou wees en dat selfbestuur derhalwe nie nodig sou wees nie.

DIE AANNAMES WAS:

» Die ANC sal Suid-Afrika suksesvol regeer;

» Die ANC sal die Grondwet respekteer;

» Kulturele vryheid en ruimtes sou veilig wees en beskerm word;

» Die ANC is nie sosialisties nie;

» Kiesers sou stem volgens beleid en nie identiteit nie;

» Die privaat sektor en vryemark sou die ekonomiese enjin van die land word;

» Suid-Afrika is ’n reënboognasie wat nierassig is;

» Suid-Afrika het ’n wonderwerkskikking bereik met die beste Grondwet ter wêreld;

» Wigte en teenwigte is vir instellings ingebou;

» Regstellende aksie was nodig in plaas van meriete-aanstellings;

» Suid-Afrika sou nie dieselfde foute as ander Afrika-lande maak nie; en

» Apartheid was die oorsaak van al die probleme in die land.

Volgens Buys het staatsmislukking selfbestuur noodsaaklik gemaak. “Deur selfbestuur moet ons ’n beter toekoms skep. Ons moet nou aktiewe bouers word.”

Besoek www.opinor.org vir meer inligting oor Opinor.

FOTO'S: REINT DYKEMA

forum tydskrifopinor

Page 33: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

gidsforum tydskrif

33

Meer keuses vir

STUDIES IN AFRIKAANS

Aangebied oor ʼn landwyenetwerk van studiesentrums

Ideaal vir werkendes wat nauurs wil studeer

Met ʼn keuse tussen ʼn nauurse rooster of blokrooster

Gevorderde tegnologie verbind dosente met studente

Aangebied in Centurion

Ideaal vir skoolverlaters wat voltyds wil studeer

Studente draf bedags klas

Dosente gee klas op tradisionele manier

W AT T E R E E N K I E S J Y ?

Aansoeke vir studies in 2021 nou oop

Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat

hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 Registrasienommer: 2011/HE08/005.

Besoek www.akademia.ac.za, stuur ʼn e-pos na [email protected] of WhatsApp ons by 0861 222 888.

NAUURSE ONDERRIGMODEL VOLT YDSE KONTAKMODEL

C

M

Y

CM

MY

CY

CMY

K

Forum_Ad.pdf 1 2020/03/09 14:35

Page 34: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

Veldtogte34

Entrepreneurs kry groot hupstoot danksy dié toekennings

kliëntebasis het begin groei bloot net omdat ek vir ’n Tinteltong Toekenning genomineer was en ek sien so uit om ’n pad saam met AfriVriendelik te stap,” sê Michelle Britz, ’n boervrou en entrepreneur van die Oos-Vrystaat.

Sy het haar onderneming, Michelle se Kombuis, ’n jaar gelede begin om haar gesin finansieel te ondersteun deur die teisterende droogte en het vanjaar weggestap met die Tinteltong Toekenning vir smullekker kos in Afrikaans. “’n Saaiboer kry net een keer ’n jaar geld so iewers moes ek ook begin ingryp. Ek was nog altyd mal oor kosmaak en het besluit om my passie uit te leef en ’n onderneming te begin. Ek hoop dit skep hoop vir ander boervroue,” sê Britz.

Lené Heck, eienaar van die leefstyl-en-grimeerateljee Opgedollie, het die Tinteltong Toekenning vir die mooiste Afrikaanse handelsmerk gewen. “Dit is ’n baie goeie inisiatief. Waar ons almal op ons eie eiland sou funksioneer, word daar nou ’n platform en geleentheid geskep vir Afrikaanse entrepreneurs om te netwerk en erkenning te kry.”

Nicol Stassen, uitvoerende hoof van Protea Boekhuis, wat vanjaar én in 2017 die Tinteltong Toekenning ontvang het vir die uitgewer wat ’n bydrae tot Afrikaans se voortbestaan lewer, sê dit is ’n dubbele voorreg om dié toekenning te ontvang. “Dit is vir ons nie net ’n eer om keurige Afrikaanse boeke te publiseer nie, maar ook ’n plesier om erkenning te kry vir die werk waaroor ons almal by Protea Boekhuis baie passievol is.”

Vyf jaar gelede het die AfriForum-inisiatief AfriVriendelik besluit om vier van die honderde

ondernemings wat op sy aanlyn databasis geregistreer is én Afrikaans as saketaal bevorder, met ’n pakkie in die pos te beloon.

Vandag is dié aanlyn databasis ’n netwerk van meer as 3 000 ondernemings. Sedert 2017 word Afrikaanse ondernemings en entrepreneurs jaarliks tydens AfriVriendelik se spoggerige Tinteltong Toekennings vereer vir die kreatiewe manier waarmee hulle met dié taal in besigheid omgaan.

Sakelui, kunstenaars, taalfoendies, aktiviste en akademici het tydens vanjaar se toekenningsgeleentheid by Diep in die Berg in Pretoria bymekaargekom waar 11 ondernemings bekroon is vir onder meer hul eg Afrikaanse produkte, vriendelike diens en unieke slagspreuke.

“Dit is baie spesiaal dat ons vanjaar vir die vierde keer ons Tinteltong Toekennings aanbied. Ons stap al ’n lang pad saam met baie van hierdie entrepreneurs en het van hulle leer ken toe hulle ondernemings net op die been gebring is. Om eerstehands te sien en te ervaar hoe hulle ondernemings groei en floreer, en dít boonop in Afrikaans, is ongelooflik,” sê Sanderien van der Walt, bestuurder van AfriVriendelik en AfriForum Netwerk.

“Só ’n toekenning maak veral ’n groot verskil in ’n onderneming soos myne wat nog baie jonk is. My

2020 se wenners van die Tinteltong Toekennings is:

» Die mooiste Afrikaanse naam: Tamatiestraat

» ’n Produk of diens gemik op babas of kinders: Woelig

» ’n Kreatiewe slagspreuk: Aitsa! {Eenvoudig stylvol}

» Goeie diens: Kuif & Baard

» Smullekker kos: Michelle se Kombuis

» Maklikste e-kopie: Die Swartskaap

» ’n Eg Afrikaanse produk: BLIKIT

» Sosiale media wat Afrikaans praat: Pretpakkie

» Die mooiste handelsmerk: Opgedollie

» Uitgewer wat ’n bydrae tot Afrikaans se voortbestaan lewer: Protea Boekhuis

» Nuweling van die jaar: Kwikstert

Registreer jou onderneming vandag nog by www.afriforumnetwerk.co.za.

FOTO’S: OKAY DEER

Kallie Kriel Lodie en Michelle Britz Sanderien van der WaltAlana Bailey

veldtogte forum tydskrif

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch

Page 35: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

Wêreldwyd 35

Só werk belasting op huurinkomste uit 'n

Suid-Afrikaanse eiendomDie koste van herstelwerk aan huureiendomme is aftrekbaar van belasting op die huurinkomste.

Dieselfde uitgawe kan in sekere omstandighede beskou word as

belastingaftrekbare herstelwerk en in ander omstandighede as 'n verbetering van 'n kapitale aard wat

by verkoop van die eiendom van kapitaalwinsbelasting aftrekbaar is. As 'n eiendom byvoorbeeld geverf word terwyl 'n huurder daarin woon, word dit beskou as belastingaftrekbare herstelwerk. As die huurder egter reeds uitgetrek het en die eiendom word geverf voordat 'n nuwe huurder intrek en ander herstelwerk word terselfdertyd gedoen, word al daardie herstelwerk beskou as verbeterings van 'n kapitale aard. As jy die herstelkoste van belasting wil aftrek, kan jy die herstelwerk doen terwyl jy nog 'n kontrak met die huurder het en miskien net die huur 'n bietjie verlaag om te vergoed vir die ongerief.

Die SAID is ook van mening dat alle heffings, versekering en rente op verbande "van kapitale aard" is en daarom nie belastingaftrekbaar is nie.

As jy belastingadvies of hulp met belastingregistrasie of die indiening van Suid-Afrikaanse belastingopgawes benodig, is jy welkom om die belastingkonsultant Fanus Jonck by [email protected] te kontak.

Deur Fanus Jonck

Alle Suid-Afrikaners en buitelanders wat huurinkomste uit Suid-

Afrikaanse eiendomme verdien, moet inkomstebelastingopgawes in Suid-Afrika indien, selfs al woon hulle in die buiteland en verklaar die inkomste in hul belastingopgawe in die land waar hulle woon. As die eiendom in Suid-Afrika is, is die bron van die inkomste Suid-Afrikaans en moet dit aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) verklaar word.

As die persoon in die buiteland woon en 'n belastinginwoner is in die land waar hy/sy woon, en as daardie land 'n dubbelebelastingooreenkoms met Suid-Afrika het, is Suid-Afrikaanse belasting op verhuringsinkomste aftrekbaar van belasting in die ander land.

Hou behoorlik rekord van die koste van alle verbeterings en herstelwerk aan eiendomme. Verbeteringskoste is aftrekbaar van die kapitaalwinsbelasting by die verkoop van die eiendom.

As 'n eiendom byvoorbeeld geverf word terwyl 'n huurder daarin woon, word dit beskou as belastingaftrekbare herstelwerk.

Word deel van ’n Afrikaanse gemeenskap wêreldwyd.

Besoek www.wereldwyd.co.za

wêreldwydforum tydskrif

Page 36: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

36 Saai

Strafregtelike klag ingedien ná peperduur grondtransaksie deur die GEPF

Die familieboerorganisasie Saai het namens een van sy lede strafregtelike klagtes by die

Brooklyn-polisiestasie in Pretoria ingedien nadat die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) R586,5 miljoen betaal het vir ’n 60%-aandeel in ’n stuk landbougrond van 1 028 ha.

Jaco Engelbrecht, die lid van Saai, is ’n deeltydse boer en onderwyser van Koffiefontein wat maandeliks tot die GEPF bydra.

Dié omstrede transaksie het onder Saai se aandag gekom nadat ’n advertensie in Landbouweekblad se uitgawe van 31 Januarie 2020 gepubliseer is. Dit is aanvanklik geadverteer dat plase IP (564) van 481 ha en Palmietfontein (403) van 547 ha albei deur die GEPF gekoop is. Die titelakte dui egter aan dat die GEPF slegs 60% van erfdeel 97 van Palmietfontein (403) en IP (564) teen ’n waarde van R586,5 miljoen gekoop het. Die twee plase is geleë buite Klerksdorp in Noordwes.

Dit kom daarop neer dat ’n buitensporige sowat R570 000 per hektaar betaal is terwyl die algemene prys vir soortgelyke grond in die omgewing minder as R20 000 per hektaar is.

Die stad Motswala het erfdeel

“Daar is ’n prysverskil van 2 198% tussen die waardasiepryse en die prys waarteen die pensioenfonds dié grond vir staatsamptenare aangekoop het. Dit is leë landbougrond wat gekoop is met die oog op verdere ontwikkeling. Die GEPF is ’n entiteit wat veronderstel is om regeringsamptenare se pensioenfondse eerlik en verantwoordelik te bestuur. Om só ’n reuse-eskalasie vir die transaksie te betaal, kan vir seker nie as eerlik óf verantwoordelik beskou word nie,” meen Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai.

“Isago Holdings (Pty) Ltd het ’n 40%-aandeel van die erfdeel 97-ontwikkeling ontvang, teen nul rand. Met die staatspensioenfondstransaksie is die waarde van hul aandele nou R340 miljoen,” sê Rossouw.

Abel Sithole, uitvoerende hoof van die GEPF, het in die parlement gesê dit is nie ongewoon dat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) namens die GEPF grond koop in afwagting van toekomstige ontwikkeling nie. Sithole se argument waarom die grond so duur is, is dat dit “tegnies” nie meer landbougrond is nie, omdat dit hersoneer word vir stedelike ontwikkeling.

97, wat 547 ha beslaan, in 2007 vir ongeveer R10 miljoen aan Isago@N12 Development (Pty) Ltd verkoop. Die stad se 2016/2017-waardasierol toon die eiendom was in dié stadium vir R16,55 miljoen gewaardeer. IP

(564) is in 2007 vir R8,75 miljoen in dieselfde transaksie gekoop en die stad se 2018/2019-waardasie vir die grond was R8,97 miljoen.

Volgens die titelakte is 60% van albei plase op 27 Junie 2019 as landbougrond aan die GEPF verkoop teen ongeveer R586,5 miljoen.

Daar is ’n prysverskil van 2 198% tussen die waardasiepryse en die prys waarteen die pensioenfonds dié grond vir staatsamptenare aangekoop het.

Deur Alet Rademeyer

Jaco Engelbrecht

Francois Rossouw

FOTO: JHUA-NINE WYRLEY-BIRCH

forum tydskrifsaai

Page 37: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

forum tydskrif saai

Saai dien kommentaar in teen wysiging van artikel 25 van die GrondwetDeur Alet Rademeyer

Saai gee sy menig oor VK-trofeejagverbodDeur Alet Rademeyer

Die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai) het kommentaar teen die regering se planne vir

onteiening sonder vergoeding ingedien en beplan ’n baie sterk internasionale bewusmakingsveldtog hieroor en oor plaasmoorde vir die res van die jaar.

Die eerste skof van dié veldtog was ’n besoek aan die Hongaarse regering en die Global Forum for Food and Agriculture (GFFA) wat in Berlyn, Duitsland plaasgevind het. Bykans 80 lande se landbouministers was teenwoordig en dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai en president van die Wêreldlandbou-organisasie (WLO), moes talle vrae oor die onteieningskwessie in Suid-Afrika beantwoord. “Daar is groot skeptisisme oor waarom die wysiging aan die Grondwet nodig

is. Dis danksy die Motlanthe-verslag en die Zondo-kommissiegetuienis wêreldwyd bekend dat die grootste hindernis in grondhervorming by ’n kapasiteitstekort en korrupsie in die departement lê. Ook by die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland is reguit gepraat oor staatskaping en veral die gebrek aan vervolging van mense met politieke bande wat geïmpliseer word,” sê De Jager.

Volgens De Jager is die ANC se dryf na onteiening sonder vergoeding in die oë van beleggers en ander wêreldleiers maar bloot ’n verlengstuk van ’n kultuur van staatstroping, nepotisme en ander vergrype onder die heersende elite. Hy meen Suid-Afrika word as ’n beleggingsrisiko gesien.

Saai se kommentaar teen onteiening sonder vergoeding fokus op die internasionale regsaspek en kwessie van nul-vergoeding. Die Universele Verklaring van Menseregte (1948) en verskeie ander internasionale verdrae soos die Afrika-handves vir Mense- en Volkeregte (1986) en die Eerste Protokol tot die Europese Konvensie vir Menseregte (1953) erken die reg tot eiendom, asook die feit dat eiendom onder sekere omstandighede onteien kan word. Onteiening van eiendom is egter altyd onderhewig aan sekere voorwaardes. Een van hierdie voorwaardes is die betaling van billike of regverdige vergoeding.

Saai is ook gereed om met regsaksie voort te gaan indien met die wysiging voortgegaan word.

Saai, ’n organisasie wat die belange van familieboere beskerm, en wat dus wildboere

insluit, het onlangs kommentaar by die Britse parlement ingedien nadat ’n Suid-Afrikaanse ekonoom ’n voorlegging gedoen het om die Britte aan te moedig om die strengste trofeejagreëls ter wêreld in te stel.

Ross Harvey, ’n onafhanklike ekonoom van Kaapstad, het aan die Britse parlement gesê die jagbedryf in Suid-Afrika buit werkers uit.

Zac Goldsmith, Britse minister van internasionale omgewingsake, het ’n oproep tot bewyse en konsultasie aangekondig om menings en getuienis deur kenners in te win.

Oorbenutting en die onvanpaste bestuur van jagaktiwiteite word as die grootste redes tot kommer voorgehou, want volgens Brittanje se departement van omgewingsake, voedsel- en landelike sake (Defra) is hierdie die belangrikste aspekte wat tot die uitwissing van spesies en verlies aan biodiversiteit lei.

Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê die wettige en volhoubare aanwending van die natuur, asook wettige handel in jagtrofeë het grootliks tot die herstel van kwynende spesiepopulasies bygedra. Dit het selfs diere soos die bontebok, die bastergemsbok en die swartwitpens van uitwissing gered.

Volgens Rossouw dra die wildboerderybedryf nie net tot die beskerming van die natuur by nie, maar lewer ook ’n beduidende bydrae tot die ekonomie in die vorm van toerisme en die skep van werkgeleenthede.

“Ons is daarvan bewus dat Suid-Afrika in dié debat as ’n treffende voorbeeld voorgehou word om teenkanting vir trofeejag te werf. Die feite en navorsing wat teen ons wildboerderybedryf gebruik word, is swak en ons glo dat wildboere en hul verteenwoordigers die geleentheid gegun moet word om hul kant van die argument te stel voordat ’n besluit geneem word,” meen Rossouw.

37Saai

Page 38: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

veldtogte forum tydskrif

Familielede van die vermoorde Fanie (78) en Colleen Engelbrecht (74) van die plaas

Welgevonden naby Poortjie aan die Wes-Rand is verlig nadat die moordenaars van die bejaarde egpaar onlangs skuldig bevind is.

Julius Mapayi Goncalves (24) en Jossias Nhalungo (36), beide van Mosambiek, is deur regter David Makoba in die Palm Ridge-landdroshof aan die Oos-Rand skuldig bevind aan moord, roof en die besit van onwettige vuurwapens. Twee ander verdagtes is egter nog op vrye voet.

Die egpaar is op Moedersdag 2018 wreed vermoor nadat hulle van die

kerk af tuisgekom het. Hulle seun Jo-An het op hul lyke afgekom.

Hy het ondersoek gaan instel nadat sy ouers nie

betyds vir middagete opgedaag het nie.

Fanie se keel is afgesny en

Colleen is met ’n

Familie dankbaar moordenaars van hul bejaarde ouers is skuldig bevind

strykyster gebrand en met die koord daarvan verwurg. Die skuldiges het met ’n tabletrekenaar, selfoon, kontant en twee vuurwapens gevlug.

Makoba het in sy uitspraak die moord as wreed en gewelddadig beskryf.

Een van die skuldiges, Nhalungo, het agt jaar vir die Engelbrechts gewerk. Hy het tydens die hofsaak aangevoer dat hy nie ten tyde van die aanval op die plaas was nie, maar na Mosambiek teruggekeer het. Hy het ook aangevoer die ander aanvallers het hom gedwing om R10 000 te aanvaar.

Makoba het Nhalungo se getuienis in geheel verwerp en onder meer gesê dat hy oneerlik was.

Jo-An het buite die hof gesê hy glo geregtigheid het geseëvier. “My pa was altyd kwaad as moordenaars nie gevang en gevonnis word nie. Hy sou vandag bly gewees het oor die uitspraak.

“Ons is verlig. Dit was ’n stresvolle en

emosionele twee weke

omdat ons elke dag al die gebeure van vooraf moes herleef. Elke moordsaak verdien die aandag wat my ouers se saak gekry het.”

Hy het sers. Dalmain Morris, ondersoekbeampte, adv. Jennifer Cronje, staatsaanklaer, en AfriForum se gemeenskapsveiligheid- en traumaspan geloof vir hul werk en die wyse waarop die familie bygestaan is. “Ek weet nie hoe ander families soortgelyke gebeure sonder hierdie soort bystand en leiding hanteer nie. Ons was in hierdie opsig baie gelukkig gewees.”

Magda Coetzee, ’n slagofferondersteuningsbeampte van AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid, het die familie tydens die hofverrigtinge bygestaan.

Die moordenaars word op 6 April gevonnis.

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch

Jo-An Engelbrecht

Magda Coetzee

FOTO'S: JHUA-NINE WYRLEY-BIRCH

Veldtogte38

Page 39: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

Húlle maak ’n verskil in slagoffers se lewensDeur Carina Bester

Die oorgrote meerderheid van die samelewing is al deur traumatiese gebeure geraak

en het dit oorleef. ’n Pistool wat nie tydens ’n aanval afgegaan het nie, om die enigste oorlewende te wees ná ’n plaasaanval of die ontsnapping tydens ’n huisrooftog maak ’n persoon ’n trauma-oorlewende.

Vir die grootste persentasie trauma-oorlewendes is die gebeure dalk iets van die verlede, maar die ontstellende gedagtes, negatiewe gevoelens, slapelose nagte, nagmerries en gedurige onderliggende angs bly ’n persoonlike werklikheid. Dit is hier waar AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid ’n baie unieke en persoonlike diens aan slagoffers van geweldmisdaad bied.

Die Trauma-ondersteuningseenheid is in 2015 op die been gebring met die

doel om slagoffers van geweldmisdaad by te staan. Dié eenheid het tans vier personeellede wat slagoffers bystaan: Johan Kloppers (suidstreek), Hennie Human (sentraalstreek), Magda Coetzee (noordstreek) en Izel Kruger (kantoor- en projekkoördineerder).

Die primêre doel van die eenheid is om so gou as moontlik ná ’n traumatiese gebeurtenis emosionele en praktiese ondersteuning aan slagoffers te bied om die impak van die trauma te verlig en die herfunksionering van die persoon te bespoedig. Die eenheid staan slagoffers ook by tydens die ondersoekproses en hofprosedure, en bemagtig hulle om sekondêre trauma en viktimisering tydens hofsake te verminder. Slagoffers word verder bygestaan met die skryf of aflê van beëdigde verklarings en die voorbereiding voor en tydens hofsake.

Die eenheid identifiseer en verwys slagoffers na professionele kundiges indien terapeutiese en gespesialiseerde dienste benodig word. Hulle help ook met ontlonting, hetsy individueel of in groepsverband.

Die eenheid voorsien slagoffers

van inligting ten opsigte van die regsproses ingeval van seksuele misdrywe, wat seksuele misdrywe teen kinders en gesinsgeweld insluit.

Prioriteitsake vir die eenheid is onder meer plaasaanvalle, moorde, poging tot moord, seksuele aanranding en verkragting, huisbraak en motordiefstal en kapings.

Die eenheid word deur AfriForum se beheerkamer geaktiveer, wat aanvalle aanmeld en aan die eenheid deurgee indien die slagoffers emosionele ondersteuning verlang.

Elke geval is uniek en die eenheid se betrokkenheid by slagoffers wissel van ’n maand tot drie tot vier jaar. Hierdie diens word aan die hele gemeenskap gebied en nie net aan AfriForum-lede nie.

Indien jy enige navrae oor AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid het of moontlik van hul dienste gebruik wil maak, skakel 012 880 1954 of die noodnommer 064 870 8312. ’n E-pos kan ook gestuur word na [email protected].

Johan Kloppers, Izel Kruger, Magda Coetzee en Hennie Human van AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid.

Elke geval is uniek en die eenheid se betrokkenheid by slagoffers wissel van ’n maand tot drie tot vier jaar.

FOTO: JHUA-NINE WYRLEY-BIRCH

Veldtogte 39

veldtogteforum tydskrif

Page 40: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

Veldtogte40

Boere moet hulself bewapen en beveilig

ingesamel het, blyk dit dat plaasaanvalle verlede jaar met meer as 100 gevalle toegeneem het, terwyl die hoeveelheid plaasmoorde ook ’n hoër toename gehad het (drie gevalle).

Volgens Lorraine Claasen, AfriForum se misdaadanalis, was daar 552 plaasaanvalle in 2019 teenoor 2018 se 433 gevalle. Dit is ’n toename van 27%. “Byna 1 000 mense was slagoffers in hierdie 552 plaasaanvalle. In 2019 was daar 57 plaasmoorde, en hoewel elke plaasmoord ’n

tragedie is, is dit slegs drie meer as in 2018. Die Vrystaat is die provinsie met die meeste getal moorde (11),

Boere moet hulself binne die raamwerk van die wet toerus en bemagtig om hulself teen plaasmoorde en -aanvalle te beskerm aangesien die regering en polisie nie by magte is om dit te doen nie én omdat die landelike veiligheidstrategie nie werk nie.

Dit beteken dat boere hulself op ’n verantwoordelike wyse mag bewapen om hulself en geliefdes te beskerm. En terwyl hulle dít doen, moet groter druk op die regering plaaslik en internasionaal geplaas word om hul plig na te kom om die gemeenskappe en landgenote in die algemeen te beveilig.

Só sê Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum. Die burgerregtewaghond en die familieboerorganisasie Saai het onlangs die statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle vir 2019 in Centurion bekend gemaak.

Altesaam 57 moorde en 552 plaasaanvalle het in 2019 plaasgevind.

Dié syfers dui daarop dat Suid-Afrika steeds ’n plaasaanvalepidemie ervaar, maar dat boere meer weerbaar word.

Uit die data wat AfriForum

terwyl 30% van die plaasaanvalle in Gauteng plaasgevind het.”

Cameron sê data bewys dat landelike gemeenskappe besig is om terug te baklei en meer weerbaar te word. “Die landelike veiligheidstrategie werk nie en mense is siek en sat om te wag dat die regering hulle in tye van nood te hulp moet snel.”

Volgens Cameron dui die reusestyging in plaasaanvalle in 2019 daarop dat die polisie nie die vermoë of kapasiteit het om geweldmisdaad op plase af te weer nie. Dít beteken dat jy in ’n gewelddadige plaasaanval heel moontlik op jouself aangewese gaan wees. AfriForum het vir hierdie doel 150 gemeenskapsveiligheidstrukture (met meer as 12 000 aktiewe veiligheidslede) landwyd op die been gebring wat saamwerk. AfriForum bied ook veiligheidsopleiding aan sy lede om hulle meer weerbaar te maak. “As jy jouself kan verdedig, kan jy jou gesin verdedig; as jy jou gesin kan verdedig, kan jy jou bure verdedig; wanneer bure mekaar verdedig, verdedig hulle hul gemeenskap.”

Luidens dr. Theo de Jager,

Die Vrystaat is die provinsie met die meeste getal moorde (11), terwyl 30% van die plaasaanvalle in Gauteng plaasgevind het.

Deur Alet Rademeyer

Ian Cameron Dr. Theo de Jager Kallie Kriel Lorraine Claasen

veldtogte forum tydskrif

Page 41: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

veldtogteforum tydskrif

Veldtogte 41

direksievoorsitter van Saai en ook president van die Wêreldlandbou-organisasie (WLO), is dit gevaarliker om ’n boer as ’n polisiebeampte in die land te wees.

Hy het gesê geen ander groep in die land word só geteiken as uitsprake soos “Kill the Boer” gemaak word nie. En in geen ander gedeelte van die samelewing of in landelike gebiede gaan moorde met dieselfde marteling en brutaliteit as op boere gepaard nie. Hierdie is ook nie ’n rasgebaseerde ding nie. Boere van alle rasgroepe het dieselfde probleem, meen De Jager.

Hy het gesê daar is ook kommer oor die toename in aanvalle op plaaswerkers. “Dit is noodsaaklik dat elke familie op ’n plaas ’n gebeurlikheidsplan moet hê en moet weet hoe hulle moet reageer en wat hulle moet doen wanneer daar ’n aanval is. Dis nie ’n probleem net vir die boeregemeenskap nie. Die hele gemeenskap moet betrokke raak. Daar moet ook baie meer druk

op die regering geplaas word om spesiale eenhede op die been te bring en plaasmoorde en -aanvalle as prioriteitsmisdaad te hanteer.”

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê die krisis rondom plaasmoorde is een van die redes waarom

dit deel is van

#DieWêreldMoetWeet-veldtog wat in die VSA afgeskop het. “Die regering is besig om die land op die verkeerde pad te vat en ons moet soveel druk moontlik op hulle plaas. Daarom moet beleggers ook in die

lig van voorgestelde beleide soos onteiening sonder vergoeding ingelig word oor wat op hulle wag indien

hulle hier sou belê.”Kriel sê Zimbabwe

se onteiening sonder vergoeding het nie net die 4 500 boere van dié land verdryf nie. Die hele land het ten gronde gegaan

met werkloosheid wat hoër as 90% is, voedsel- en brandstoftekorte,

asook groot armoede.Kriel het ook verwys

na Mike Pompeo, Amerika se minister van buitelandse

sake, wat vroeër in Addis Abeba gewaarsku het teen

die Suid-Afrikaanse regering se planne rondom onteiening. “Planne

om privaat grond sonder vergoeding in Suid-Afrika te onteien sal rampspoedig vir die ekonomie en die mense van Suid-Afrika wees,” het Pompeo gesê.

Claasen het gesê hoewel die polisie die afgelope paar jaar statistieke oor sowel plaasaanvalle as -moorde begin bekendmaak het, bly dit belangrik dat organisasies soos AfriForum aanhou om inligting oor plaasaanvalle en -moorde in te samel sodat die SAPD en die regering verantwoordbaar gehou kan word.

433 5522018

2019

AANVALLE AANVALLEMOORDE MOORDE

54 57

1,1 1,5 3GEMIDDELDEMOORDE

PER WEEK:

GEMIDDELDEAANVALLE

PER DAG:

GEMIDDELDEHOEVEELHEID AANVALLERS PER AANVAL:

WES-KAAP

NOORD-KAAP

OOS-KAAP

NOORDWES

GAUTENG

Page 42: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

forum tydskrifveiligheid

Hoewel dit nog vroeg in die jaar is, het AfriForum se byna 150 buurtwagte weekliks patrollies gehou en aktief gehelp om misdaad landwyd te bekamp.

Misdadigers loop hul rieme styf danksy buurtwagte

Die Standerton-buurtwag het in samewerking met plaaslike sekuriteitsmaatskappye veediewe vasgetrek ná ’n twee dae lange operasie. Al vyf diewe is in hegtenis geneem en twee vasgebinde beeste is agter op ’n oop voertuig gevind.

Drie Brasiliaanse toeriste is deur die buurtwag in Witrivier bygestaan nadat hul huurmotor deur ’n onbekende voertuig van die pad gedwing is. Die toeriste het te voet by een van AfriForum se Witrivier-buurtwaglede opgedaag. ’n Soektog na die rowers het die toeriste se verlate huurmotor opgelewer.

Die Matlabas-buurtwag het in samewerking met die Heritage Protection Group (HPG) drie vermeende koperdiewe in die Steenbok-omgewing in hegtenis geneem.

’n Brand is by die Laerskool Bellpark in Bellville danksy goeie samewerking deur AfriForum se Bellville-buurtwag, Oakdale Watch en wetstoepassers geblus nadat ’n klaskamer deur ’n brandstigter aan die brand gesteek is.

Die buurtwagte in Kirkwood, Addo en die Gamtoosvallei-omgewing het in samewerking met die Oos-Kaapse sekuriteitsnetwerk, gemeenskapslede en privaat sekuriteitsmaatskappye ’n gesamentlike hoësigbaarheidsaksie gehou. Altesaam 30 mense in 13 voertuie het ongeveer 1 000 km afgelê.

Danksy die Uitsig-buurtwag in Bloemfontein se kommunikasienetwerke en spoedige reaksie kon mediese hulp betyds ontbied word vir ’n vrou wat vermoedelik ’n beroerte gehad het.

AfriForum se Roodepoort-buurtwag neem weekliks aan die SAPD se operasies deel wat onder meer klopjagte vir dwelms, onwettige mynbedrywighede, plofstof en vuurwapens insluit. Onlangs is ’n groot hoeveelheid dwelms by plaaslike skole gekonfiskeer. Onwettige immigrante en voortvlugtiges is ook aangekeer en in hegtenis geneem. Twee gesteelde voertuie en een ontvoerde persoon is ook met die ondersteuning van die GPF en ander buurtwagte opgespoor.

Die buurtwag in Krugersdorp het in samewerking met die SAPD, TTR24 en die Valke se mensehandel-eenheid ’n vermiste meisie binne ’n week opgespoor. Sy was ongedeerd.

Sowat 110 patrolleerders in 45 voertuie het saam met die Bellville-buurtwag en ander rolspelers aan ’n gesamentlike patrollie deelgeneem.

Die Alfa-buurtwag in Hermanus het saam met die SAPD en ander wetstoepassingsowerhede ’n verdagte wat by ’n beweerde OTM-bedrogsindikaat betrokke is, vasgetrek. Die verdagte het probeer vlug, maar is met behulp van ’n kamerastelsel opgespoor en gearresteer.

Die Standerton-buurtwag het gehelp om twee verdagtes in twee voertuie aan te keer nadat die Charl Cilliers-plaaswag inligting ontvang het dat die plaaslike CNA beroof is. Hulle is in hegtenis geneem.

Die Duiwelskloof-buurtwag in Tzaneen het ’n suksesvolle sigbaarheidsaksie geloods en padblokkades saam met die SAPD beman. Vyf mense is tydens die padblokkades vir openbare dronkenskap gearresteer, terwyl bestuurders ook beboet is vir ongelisensieerde voertuie en vir die bestuur sonder ’n geldige rybewys.

Oos-Moot-buurtwaglede, inwoners van Waverley en Moot Crime Stop Security het ’n betreder vasgetrek ná inligting van ’n AfriForum-taklid. Die verdagte is in hegtenis geneem.

’n Inbreker is met die hulp van die Vanderbijlpark-buurtwag gearresteer en aan die polisie oorhandig.

Altesaam 12 Standerton-buurtwaglede, 21 polisielede, asook ’n helikopter het aan ’n operasie in dié dorp deelgeneem waartydens 18 arrestasies uitgevoer is vir onder meer dwelmgebruik en huishoudelike geweld.

Voertuie tydens die massapatrollie.

Daggaplante

Tommy van Zyl, Johan Fritz en Tobie van der Walt.

Veiligheid42

Page 43: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

forum tydskrif

Nuus 43

veiligheid

» Registreer vir die AfriForum 911-nooddiens by www.afriforum911.co.za.

» Vul jou besonderhede volledig in. » Laai die toep af. » Elke gesinslid moet die toep op sy/haar eie slimfoon aflaaiAS JY NIE ’N SLIMFOON HET NIE, STOOR DIE NOODNOMMER 0861-116-154 OP JOU SELFOON.

Deur die paniekknoppie van die toep te aktiveer, kan hulp en bystand gereël word in geval van mediese noodgevalle, aanvalle, ongelukstonele en wanneer mense vermis is. Misdade en verdagte persone kan ook aangemeld word.

Forum Sekuriteit, die sekuriteitsmaatskappy wat by AfriForum geaffilieer is en gestig

is om misdaad te help hokslaan, bied nou geakkrediteerde opleiding aan om gemeenskappe te bemagtig.

Forum Sekuriteit is ’n maatskappy sonder winsoogmerk en is by sowel CIPC as PSIRA geregistreer.

Die eerste kwalifikasie, ’n nasionale sertifikaat (SAKO ID: 58577: NKR-vlak 3. 124 krediete), word tans uitgerol.

Dit is ’n toetreekwalifikasie in sekuriteit wat kandidate sal toerus om op misdadige aktiwiteite te reageer en gemeenskappe en omgewings te beveilig ten einde tot ekonomiese

Nasionale sertifikaat in sekuriteit nou moontlik

ontwikkeling by te dra. Ná voltooiing van die kursus sal kandidate persele, bates, inligting en personeel kan beveilig, met kliënte en mense kan skakel, sekuriteitstoerusting kan hanteer en sekuriteitspligte binne

DIE PROGRAM BEHELS:

Module 1: Patrolliesekuriteitsbeampte (PSIRA-graadvergelyking ‘E’).

Module 2: Toegangsbeheerbeampte (PSIRA-graadvergelyking ‘D’).

Module 3: Bate- en reaksiebeampte (PSIRA-graadvergelyking ‘C’).

die perke van die reg kan verrig.Die koste verbonde aan die

opleiding is R19 550,00 (BTW ingesluit) vir die publiek en R14 662,50 (BTW ingesluit) vir AfriForum-buurtwaglede.

Navrae kan gestuur word na [email protected].

Page 44: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

Nuus44

Die oorgrote meerderheid van wettige vuurwapeneienaars het hul swaar verdiende geld om

een rede aan ’n handwapen bestee – om hulself en hulle gesin te beskerm teen ’n moontlike kriminele aanval.

Daar word dikwels gevra of dit nie ’n bietjie drasties is om ’n vuurwapen te besit nie. Die polisie is mos daar om mense te beskerm. Die teendeel blyk egter waar te wees. Die SAPD erken self dat hy nie oor die vermoë beskik om te voldoen aan die grondwetlike mandaat wat aan hom opgedra is nie. Daarbenewens is die SAPD se begroting met etlike miljarde rande besnoei. In die afgelope ses jaar het 4 357 vuurwapens en 9,5 miljoen rondtes ammunisie in die SAPD se besit verlore geraak.

Dít in ag genome is dit duidelik dat individue en gemeenskappe die reg het om vuurwapens te besit om hulself binne die raamwerk van die wet te kan beveilig en te beskerm.

Wat behels die wettige en verantwoordelike aanwending van

Alles wat jy van vuurwapenbesit moet weet

vuurwapens ter verdediging van ’n individu en sy gesin? Eerstens moet bepaal word wanneer ’n aanval met ’n vuurwapen afgeweer mag word. Dit word “noodweer” genoem. Noodweer is ’n regverdigingsgrond wat die persoon wat die handeling van noodweer uitvoer, beskerm teen suksesvolle vervolging vir byvoorbeeld moord en aanranding weens die feit dat die individu oor die reg beskik om homself en ’n ander persoon teen ’n wederregtelike (onwettige) aanval te verdedig. Hierdie reg gaan gepaard met verpligtinge. Iemand tree in noodweer op en sy handeling is gevolglik regmatig indien hy hom of iemand anders beskerm teen ’n wederregtelike aanval wat reeds begin het, onmiddellik dreigend is en gerig is op sy of iemand anders se lewe,

mits die afweerhandeling noodsaaklik is om die bedreigde lewe te beskerm, dit gerig is teen die aanvaller en dit in ’n redelike verhouding tot die aanval is.

Terwyl ons nou weet waarom ons ’n vuurwapen behoort te hê, moet ons kyk na die huidige stand van vuurwapenlisensies.

Die ou vuurwapenlisensies (groen lisensies) is gereguleer deur die herroepe Wet op Wapens en Ammunisie, no. 75 van 1969. Enige vuurwapenlisensie wat destyds kragtens dié wet uitgereik is, was nie aan ’n tydsbeperking gekoppel nie en ’n persoon kon kragtens die lisensie lewenslank in wettige besit van die vuurwapen wees. Die toedrag van sake het egter verander met die koms

van die Wet op die Beheer van Vuurwapens, no. 60 van 2000. Hierdie wet bepaal dat die groen lisensies binne ’n sekere tyd omgeswaai moet word na die wit lisensies wat ingevolge die nuwe wet uitgereik word. ’n

Groot aantal houers van die groen lisensies het egter nie hieraan gehoor

Deur Marnus Kamfer

nuus forum tydskrif

Page 45: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

Nuus 45

gegee nie en die aangeleentheid is gedurende 2009 hof toe geneem net voor die spertyd uitgeloop het om die oorgangsbepalings te betwis. Die hof het ’n tussentydse bevel toegestaan wat meld dat die houers van groen lisensies geag word in wettige besit te wees hangende die oorweging van ’n hofaansoek. Hierdie aansoek is nog nie voor die hof gebring nie, en hierdie tussentydse bevel geld steeds. Die houers van groen lisensies word dus vir tyd en wyl geag in wettige besit van hul vuurwapens te wees.

Dan is daar ook houers van wit lisensies wat verval het, of houers wat versuim het om ’n aansoek om hernuwing te bring 90 dae voordat dit sou verval. Dié aangeleentheid is ook na die hof verwys en weer het die hof ’n tussentydse bevel uitgereik wat meld dat eienaars van vervalde wit lisensies ook geag word in wettige besit van hul vuurwapens te wees hangende ’n hofaansoek. Hierdie hofaansoek is ook nog nie deur die hof aangehoor nie en die bevel geld ook steeds. Die houers

van vervalde wit lisensies word dus vir tyd en wyl ook geag in wettige besit van hul vuurwapens te wees.

Dit is egter nie heeltemal goeie nuus nie, al klink dit so.

Bheki Cele, minister van polisie, het ingevolge die nuwe vuurwapenwet ’n amnestietydperk afgekondig wat van 1 Desember 2019 tot 31 Mei 2020 strek. Die doel hiermee is om die omloop van vuurwapens in onwettige besit hok te slaan. ’n Vuurwapen in onwettige besit kan dus by die naaste polisiekantoor ingehandig word sonder dat die persoon wat die vuurwapen ingehandig het, vervolg word vir die onwettige besit daarvan. Voorts kan die persoon wat die vuurwapen inhandig, van voor af aansoek doen vir ’n lisensie om die vuurwapen wettig te

besit, waarna die vuurwapen afgehaal kan word by die polisiekantoor nadat die aansoek goedgekeur is.

Houers van onderskeidelik groen lisensies en vervalde wit lisensies het dus tans een van twee opsies. Hulle kan die amnestietydperk ignoreer en ten volle steun op die beskerming wat die tussentydse bevele, soos hiernaas bespreek, tans verleen. Die bevele is egter tussentyds van aard en kan in ’n stadium deur ’n bevoegde hof ter syde gestel word, waarna die persoon in onwettige besit van sy vuurwapen sal wees en daarvoor vervolg sal kan word. Die tweede opsie is om van die amnestietydperk gebruik te maak, die vuurwapen by die naaste polisiekantoor te gaan indien en aansoek te doen vir ’n nuwe lisensie om die vuurwapen wettig te besit.

Albei opsies hou risiko’s in en die persoon in die situasie moet self besluit welke opsie om uit te oefen.

Marnus Kamfer is AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid.

IN DIE AFGELOPE SES JAAR HET

IN DIE SAPD SE BESIT VERLORE GERAAK.

4 357 VUURWAPENS EN9,5 MILJOEN RONDTES AMMUNISIE

Albei opsies hou risiko’s in ...

nuusforum tydskrif

Page 46: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

solidariteit forum tydskrif

Solidariteit46

Die Solidariteit Beweging en sy instellings verteenwoordig 500 000 gesinne. Dit

is die grootste hoofstroom- Afrikanerorganisasie en een van die grootstes in Suid-Afrika. Die Solidariteit Beweging bou sedert 1902 ’n beter toekoms.

Die Solidariteit Beweging bestaan uit 18 instellings wat elk ’n unieke rol vervul in die skep van die vry, veilige en voorspoedige toekoms waaraan ons bou.

SOLIDARITEIT

Die vakbond Solidariteit bevind homself binne die Christelike tradisie van vakbondwese wat glo dat lede opgelei moet word tot selfstandigheid sodat hulle hul roeping kan navolg. Solidariteit se sukses lê in die Solidariteit NetWerk. Dit is verskillende werkinstellings wat Solidariteit die afgelope 20 jaar gebou het wat aan mekaar gekoppel is om die totale werkspad met ’n lid te stap. Solidariteit het ook ’n regsfonds wat gebruik word om die onregmatige toepassing van regstellende aksie teen te staan. Solidariteit se boufonds word gebruik om opleidingsinstellings te bou. S-Leer is Solidariteit se eie sentrum vir voortgesette leer. Dié opleidingsinstelling bied voortgesette professionele ontwikkeling vir professionele persone aan met die doel om hulle te help om loopbaandoelwitte te bereik.

AFRIFORUM

AfriForum is ’n burgerregteorganisasie wat ten doel het om minderhede se regte te beskerm. Hoewel die organisasie op die internasionaal erkende beginsel van minderheidsbeskerming

Só lyk die Solidariteit Bewegingfunksioneer, het AfriForum ’n spesifieke fokus op die regte van Afrikaners as ’n gemeenskap aan die suidpunt van Afrika. AfriForum het meer as 235 000 lede.

HELPENDE HAND

Solidariteit Helpende Hand is ’n welsynsorganisasie geskoei op die beginsels van die Helpmekaar-beweging van 1949. Hulle fokus is om ’n antwoord op die Afrikaner-armoedekrisis te vind deur ’n verskeidenheid projekte. Hulle het 150 takke in 10 streke en 40 000 ondersteuners. Daar is ook 50 Ons Winkels wat tweedehandse items verkoop. Helpende Hand het ook ’n studiefondssentrum wat tans meer as 240 studiefondse ter waarde van sowat R164 miljoen administreer. Hulp is al aan 4 000 behoeftige studente verleen

FAK

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en ook Afrikanergeskiedenis trots bevorder. Dit het in 1929 ontstaan as ’n direkte uitvloeisel van die Afrikaner wat honger was om weer hoop te vind.

SOL-TECH

Sol-Tech is ’n Afrikaanse, geakkrediteerde privaat beroepsopleidingskollege wat op Christelike waardes gefundeer is. Die kwalifikasie wat studente by Sol-Tech verwerf, dien as fondasie om verder te studeer en uiteindelik ’n erkende ingenieurskwalifikasie te verwerf. Sol-Tech maak jongmense

SolidariteitFinansiële DiensteG e m a g t i g d e ve r s k a f f e r v a n f i n a n s i ë l e d i e n s t e . F S P - n o m m e r : 1 5 5 5 6

Page 47: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

forum tydskrif

Solidariteit 47

Só lyk die Solidariteit Bewegingindiensneembaar deur hulle in kritiese en skaars vaardighede op te lei. Meer as 1 200 studente word in 7 ambagte opgelei. Die nuwe kampus ter waarde van R300 miljoen sal in 2021 open.

AKADEMIA

Akademia is ’n privaat Afrikaanse hoëronderwysinstelling wat onderrig in 12 interaktiewe studiesentrums regoor die land aanbied. Akademia is tot die ideale van die Klassieke universiteitswese verbind soos wat dit vanuit ou Griekeland en die Middeleeue gevorm en binne die moderne Europese universiteitswese gestalte gekry het. Akademia se onderrigmodel kombineer afstandsleer met ’n klaservaring en kontaksessies word nauurs aangebied. ’n Nuwe kampus ter waarde van R1,5 miljard is in die pyplyn. Sedert Akademia sy deure geopen het, het 602 studente kwalifikasies verwerf.

SKOLEONDERSTEUNINGSENTRUM

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) beoog om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderrig op skoolvlak te help verseker deur bestaande onderrig in stand te hou en nuut te bou waar nodig. Die SOS fokus hoofsaaklik daarop om Afrikaanse onderwysers te ondersteun en te ontwikkel deur onder meer verskillende vakverenigings wat onderwysers ’n tuiste bied waardeur hulle professionele ondersteuning en persoonlike ontwikkeling ontvang. Die SOS het ook die Wolkskool, wat ’n alternatiewe vorm van skoolopleiding deur afstandsonderrig beskikbaar sal maak met behulp van die jongste tegnologie.

MAROELA MEDIA

Maroela Media is ’n gratis, aanlyn Afrikaanse nuusplatform en internetkuierplek wat lesers die geleentheid bied om oor alles te lees wat in hulle wêreld saak maak. Maroela het ’n Christelike karakter wat aan die kern staan van hul redaksionele beleid. Die platform het meer as 2 miljoen unieke lesers per maand. Maroela Media het ’n netwerk van 61 gemeenskapsradiostasies.

KANTON BELEGGINGS

Dit is ’n eiendoms-beleggingsmaatskappy wat instellings in die Afrikaanse gemeenskap bemagtig deur eiendomme te voorsien. Die eiendomsportefeulje se waarde is uitgebou tot R135 miljoen en gaan uitgebrei word tot ’n multimiljardrand.

ONAFHANKLIKE VENNOTEE

SAAI

Saai – die Suider-Afrika Agri-inisiatief – is ’n familieboerlandbounetwerk wat ten doel het om familieboere se regte, waardes, ideale en beloftes te beskerm en te bevorder. Te midde van die talle beleids-, klimaats- en opleidingsuitdagings wat boere in die gesig staar, beoog Saai om ’n rol te speel in die strategiese oplossings vir hierdie landbouprobleme.

PRETORIA FM

Pretoria FM, die voormalige Radio Pretoria, is die grootste Afrikaanse gemeenskapsradiostasie in die land wat nagenoeg 2 miljoen Afrikaanssprekende luisteraars bedien.

Page 48: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

Solidariteit48

Die vakbond Solidariteit sal tot in die Konstitusionele Hof veg om te keer dat

werkers en pensioenarisse se hardverdiende pensioengeld gekaap word om in sukkelende staatsondernemings te belê.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê dit is onaanvaarbaar dat die staat sy hande op mense se pensioengeld wil lê wat hulle gespaar het om sorgvry te kan aftree. “Die regering is met ’n gevaarlike denkfout en politieke praatjies besig, terwyl dit net verkeerd is om mense se pensioengeld in staatsinstellings te belê. Staatskaping en staatsbankrotskap kan nie met pensioengeld reggestel word nie.”

Hermann sê Solidariteit sal nie net pensioenfondse nie, maar ook elke trustee verantwoordelik hou

Nee vir ANC-plan om spaargeld te steel

indien daar nie na die belange van pensioenarisse omgesien word nie.

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Groep, meen dit is belangrik dat druk uitgeoefen word om te keer dat die staat sy hande op pensioenfondse lê.

Hy sê daar is nie fout daarmee indien pensioenfondse in goeie beleggings belê word nie, maar dat dit wel ’n probleem is as die staat jou forseer om in voorgeskrewe fondse te belê waar jy geen voordeel gaan

uitkry nie. “Eskom is byvoorbeeld nié ’n goeie belegging nie.”

Volgens Roodt wil die staat sy hande op mense se pensioenfondse en gevolglik hul spaargeld lê weens ’n enorme fiskale tekort, die staat se astronomiese skuldlas en omdat hulle steeds wil voortgaan om meer te spandeer as wat hulle inkry. Voorts moet die staat iewers geld vandaan kry omdat belasting nie verder verhoog kan word nie.

Roodt meen druk moet ook op die staat geplaas word om die staatsdienspensioenfonds na ’n bydraende of voordelefonds te verander sodat mense self verantwoordelike besluite oor hul geld kan neem en byvoorbeeld ’n gedeelte daarvan in die buiteland kan belê.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het daarop

Deur Alet Rademeyer

Hardwerkende mense se pensioengeld word al jare misbruik vir politieke doelwitte ...

solidariteit forum tydskrif

Dr. Dirk Hermann Flip Buys Connie Mulder

Page 49: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

solidariteitforum tydskrif

Solidariteit 49

gewys dat Suid-Afrika een van die beste pensioenbedrywe ter wêreld het. Dié bedryf maak sowat 73% van die land se ekonomie uit teenoor Duitsland se 11% en Frankryk en Italië se 7%. “Dis ’n trots wat oor dekades opgebou is en nou beskerm moet word.

“Hardwerkende mense se pensioengeld word al jare misbruik vir politieke doelwitte en dit het pensioenfondslede al miljarde rande gekos. In ’n land soos Suid-Afrika bepaal politiek grootliks die ekonomie en nie soos in Amerika waar die ekonomie die politiek bepaal nie.

“Die misbruik en plundering van pensioengeld vir politieke doelwitte is die rede waarom omtrent net 9% van mense kan aftree met die wete dat hulle op hul oudag genoeg sal hê om te oorleef.

“Die land se pensioenfonds is die land se heel grootste bate en verteenwoordig die spaargeld van bykans 17 miljoen pensioenlede ten bate van R4 triljoen,” sê Buys.

Hy wys op verskeie

misbruike van pensioengeld soos die verwatering van pensioene deur maatskappye wat ingevolge SEB-wetgewing hul aandele gratis moes uitdeel aan polities gekoppelde magnate. Miljoene gewone mense is ontmagtig om enkeles te bemagtig. Nog ’n misbruik was die belas van pensioene vanaf 1996 tot 2006 wat pensioenlede sowat R50 miljard gekos het. Ander misbruike sluit in die perk op buitelandse beleggings, swak staatsbestuur, politieke inmenging in die sakewêreld wat die ekonomie strem, die gehalte van politieke beleid wat tot afgraderings gelei het en die jarelange versuim om nog kragstasies te bou. Die grootste vernietiging in die land was ook nie dié van infrastruktuur nie, maar van intellektuele kapitaal met talle kundiges wat die land verlaat het.

Connie Mulder, navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê die ANC-regering het al verskeie

pogings aangewend om hul hande op pensioengeld te lê en juis daarom is dit so belangrik dat hulle op elke terrein teengestaan word. “Dit is eenvoudig immoreel om mense wat 30 of 40 jaar lank vir hul oudag gespaar het se geld te steel net sodat die Guptas se huise in Dubai afbetaal kan word.”

Santana-vakansiewoonstelleIS LOOPAFSTAND VAN MARGATE SE HOOFSTRAND GELEË, MET ’N GOED VERSORGDE TUIN WAT JOU DAARHEEN LEI.

Die tariewe is op Santana se webtuiste by www.santana.co.za beskikbaar.

Kontak Santana by 039 312 2443 om te bespreek.

Bepalings en voorwaardes geld.

20%-KORTING OP BESPREKINGS.AFRIFORUM-LEDE KWALIFISEER VIR

Page 50: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

LAAT AVBOB JOU DEUR DIELANDSKAP VAN VERLIES BEGELEI

“By AVBOB glo ons daaraan om om te sien na alles wat ons moontlik kan, om die agterblywendes die praktiese en emosionele ruimte te gee om te rou,” verduidelik Van der Riet. “Die rompslomp wat met die reël van ’n begrafnis gepaardgaan kan addisionele trauma beteken in ’n tyd wat reeds deur lyding gekenmerk word. Juis daarom is AVBOB hier; toegerus met die kennis en deernis wat mense in hierdie tyd van nood nodig het.”

Om seker te maak dat jou familie die vereiste dokumentasie vir jou finale afskeid het, besoek die AVBOB-webwerf en laai die “File of Life” (Lewenslêer) af wat jou sal help om jou finale wense te voltooi.

WAT OM TE DOEN

Die dood van ’n geliefde bly een van die grootste verliese in die lewe. AVBOB se bestuurshoof, Carl van der Riet, glo emosionele genesing en afsluiting is ’n reis. ’n Waardige afskeid en ordelike afhandeling van die oorledene se sake versag hierdie rouproses. Uiteindelik en bowenal is dit ’n reis wat nooit alleen onderneem hoef te word nie.

Maak seker die volgende dokumentasie en inligting is op datum:

WANNEER ’N GELIEFDE STERF?

WAT JOU GELIEFDES MOET DOEN EN HOE AVBOB HULLE KAN HELP

Natuurlike oorsake:

AANGAANDE DIE OORLEDENEFASE 1:

Onnatuurlike oorsake:

Kontak die familiedokter of algemene praktisyn om die dood te sertifiseer.

Kontak 10111 of die plaaslike SAPD.

Stel naaste familie en vriende in kennis.

Motorongeluk: Naasbestaandes word ingelig wanneer die liggaam reeds by die lykhuis is. Skakel AVBOB vir enige verdere bystand.

Kontak jou plaaslike AVBOB-begrafnisagent om die liggaam te verwyder.

Verpligte lykskouing.

Skakel jou naaste AVBOB-tak.

Uitkenning by lykhuis: Fisieke liggaam of beeld op rekenaarskerm.

Bekom ’n doodsertifikaat.

Doodsertifikaat sal daarna uitgereik word.

Ná uitkenning: Lykhuis reik ’n lyknommer aan die familie uit wat hulle aan AVBOB kan gee.

Van hier af hanteer ons alles.

2

2

2

5

3

3

6

1

1

1

4

VOOR DIE AFSKEIDFASE 2:

3• Oorledene se ID.• Eggenoot se ID of naasbestaande se ID indien die oorledene ’n weduwee/wewenaar of geskei is.• Inligting vir die begrafnisprogram.

Besoek ’n tak om begrafnisreëlings te tref. Neem die volgende dokumentasie saam:

NÁ DIE AFSKEIDFASE 3:

Lees van die testament.1

VERASSING:Vul ’n Skedule A-vorm in; die begrafnisondernemer sal by die krematorium aansoek doen vir toestemming om te veras.

BEGRAFNIS: Vul vorms in vir die voltooiing van die doodsertifikaat by die Departement van Binnelandse Sake.

• Die begrafnisondernemer sal help om die graf te bespreek.• Grafsteen: AVBOB verskaf ’n wye verskeidenheid grafstene.

AVBOB se begrafnisverteenwoordiger sal help om die nodige toestemming te verkry.

Geboortesertifikaat

ID-dokument

Kontakinligting

Laaste testament

Huweliksertikaat(e)/egskeidingsbevele, indien van toepassing

Finansiële state

Versekeringsinligting

Beleggingsinligting

Eiendomsinligting: motor, huis, huisinhoud

Belastingopgawes (vir minstens vyf jaar)

Mediese en tandheelkundige rekords

Lys van belangrike wagwoorde

Jou wense vir die begrafnis

Reëlings rakende jou troeteldiere

Page 51: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

LAAT AVBOB JOU DEUR DIELANDSKAP VAN VERLIES BEGELEI

“By AVBOB glo ons daaraan om om te sien na alles wat ons moontlik kan, om die agterblywendes die praktiese en emosionele ruimte te gee om te rou,” verduidelik Van der Riet. “Die rompslomp wat met die reël van ’n begrafnis gepaardgaan kan addisionele trauma beteken in ’n tyd wat reeds deur lyding gekenmerk word. Juis daarom is AVBOB hier; toegerus met die kennis en deernis wat mense in hierdie tyd van nood nodig het.”

Om seker te maak dat jou familie die vereiste dokumentasie vir jou finale afskeid het, besoek die AVBOB-webwerf en laai die “File of Life” (Lewenslêer) af wat jou sal help om jou finale wense te voltooi.

WAT OM TE DOEN

Die dood van ’n geliefde bly een van die grootste verliese in die lewe. AVBOB se bestuurshoof, Carl van der Riet, glo emosionele genesing en afsluiting is ’n reis. ’n Waardige afskeid en ordelike afhandeling van die oorledene se sake versag hierdie rouproses. Uiteindelik en bowenal is dit ’n reis wat nooit alleen onderneem hoef te word nie.

Maak seker die volgende dokumentasie en inligting is op datum:

WANNEER ’N GELIEFDE STERF?

WAT JOU GELIEFDES MOET DOEN EN HOE AVBOB HULLE KAN HELP

Natuurlike oorsake:

AANGAANDE DIE OORLEDENEFASE 1:

Onnatuurlike oorsake:

Kontak die familiedokter of algemene praktisyn om die dood te sertifiseer.

Kontak 10111 of die plaaslike SAPD.

Stel naaste familie en vriende in kennis.

Motorongeluk: Naasbestaandes word ingelig wanneer die liggaam reeds by die lykhuis is. Skakel AVBOB vir enige verdere bystand.

Kontak jou plaaslike AVBOB-begrafnisagent om die liggaam te verwyder.

Verpligte lykskouing.

Skakel jou naaste AVBOB-tak.

Uitkenning by lykhuis: Fisieke liggaam of beeld op rekenaarskerm.

Bekom ’n doodsertifikaat.

Doodsertifikaat sal daarna uitgereik word.

Ná uitkenning: Lykhuis reik ’n lyknommer aan die familie uit wat hulle aan AVBOB kan gee.

Van hier af hanteer ons alles.

2

2

2

5

3

3

6

1

1

1

4

VOOR DIE AFSKEIDFASE 2:

3• Oorledene se ID.• Eggenoot se ID of naasbestaande se ID indien die oorledene ’n weduwee/wewenaar of geskei is.• Inligting vir die begrafnisprogram.

Besoek ’n tak om begrafnisreëlings te tref. Neem die volgende dokumentasie saam:

NÁ DIE AFSKEIDFASE 3:

Lees van die testament.1

VERASSING:Vul ’n Skedule A-vorm in; die begrafnisondernemer sal by die krematorium aansoek doen vir toestemming om te veras.

BEGRAFNIS: Vul vorms in vir die voltooiing van die doodsertifikaat by die Departement van Binnelandse Sake.

• Die begrafnisondernemer sal help om die graf te bespreek.• Grafsteen: AVBOB verskaf ’n wye verskeidenheid grafstene.

AVBOB se begrafnisverteenwoordiger sal help om die nodige toestemming te verkry.

Geboortesertifikaat

ID-dokument

Kontakinligting

Laaste testament

Huweliksertikaat(e)/egskeidingsbevele, indien van toepassing

Finansiële state

Versekeringsinligting

Beleggingsinligting

Eiendomsinligting: motor, huis, huisinhoud

Belastingopgawes (vir minstens vyf jaar)

Mediese en tandheelkundige rekords

Lys van belangrike wagwoorde

Jou wense vir die begrafnis

Reëlings rakende jou troeteldiere

Page 52: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

Vermaak52

AfriForum toer vanjaar saam met ’n paar van die land se topkunstenaars

ten bate van boere wat negatief deur die voortslepende droogte geraak of geruïneer is.

Die burgerregteorganisasie bied tussen Maart en November in samewerking met kunstenaars soos Jakkie Louw, Adam Tas, Ghapi, Pietman Geldenhuys en Andries Vermeulen 18 musiekvertonings landwyd aan om geld vir AfriForum se droogtefonds in te samel.

Henk Maree, AfriForum se woordvoerder vir die droogtetoer, sê dat hulle met dié veldtog hoop vir elke boer wil skep en ’n werklike verskil in hulle lewens wil maak. “Ernstige droogtetoestande eis reeds sedert 2015 sy tol op boere in Suid-Afrika – veral in die Noord-Kaap. In sommige gebiede is alle reserwes reeds uitgeput en is

boere en die gemeenskap raadop en moedeloos. Die droogtefonds stel AfriForum onder meer in staat om broodnodige items soos voer en droogtevoerkorrels aan te koop, asook om dié aankope en skenkings van ander organisasies of individue na boere in droogtegebiede te vervoer.”

“Dit gee my werklik hoop vir die toekoms as ek sien hoe graag ons gemeenskap saamstaan en die ekstra

Sing vir hoop: Landwye droogtetoer wil geld vir boere insamel

myl loop om droogteslagoffers by te staan. Die musiekvertonings wat ons gaan hou, bied ook ’n platform vir mense wat nie geweet het hoe om te help nie. Deur hul bywoning en die fondse wat uit kaartjieverkope gegenereer word, maak hulle ook ’n groot verskil,” sê Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof.

Volgens Maree sal daar twee optredes in elke provinsie plaasvind. Kaartjies kos tussen R200 en R250 per persoon. Kaartjies is by Ticketpro of by enige Spar te koop.

Hou AfriForum se Facebook-blad dop vir meer inligting oor waar en wanneer dié droogtetoer in jou provinsie draai of besoek die organisasie se webtuiste by www.afriforum.co.za.

Dit gee my werklik hoop vir die toekoms as ek sien hoe graag ons gemeenskap saamstaan.

Deur Mariska Nanni

Jakkie Louw Andries VermeulenGhapi Adam Tas

FOTO: REINT DYKEMA

vermaak forum tydskrif

Page 53: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

kraalforum tydskrif

Kraal 53

Bederf jou en jou gesin met ’n Kraal-produkDeur Ilze Nieuwoudt

Kraal Uitgewers skop die nuwe jaar met ’n paar lekker boeke, ’n speletjie én ’n uitverkoping af.

Herontdek die vergete roetes van die LaeveldIn die prentjiemooi Laeveld bestaan daar nie so iets soos verkeerde afdraaipaaie nie – en met Gerrit Haarhoff se nuwe boek Forgotten tracks and trails (R450) is elke pad vol opwindende verhale en skatte uit die verlede. Herontdek die vergete roetes en paaie van die Laeveld danksy die uitsonderlike inligting wat Haarhoff uit argivale en hedendaagse dokumente opgediep het. Hierdeur word ook ondersoek ingestel na die 19de eeuse begindae van verskeie dorpe en paaie in dié geweste. Loop weer op die roetes van die oorspronklike reisigers na die Laeveld en leer meer oor die interessante gebeure rakende die eerste setlaars in dié streek. Deur middel van bondige, maar treffende vertellings én die gebruik van die nuutste hommeltuigtegnologie slaag Forgotten tracks and trails daarin om die leser mee te sleur op ’n avontuur deur die Laeveld se berge en dale. Verskeie lugfoto’s uit die 1930’s bied boonop ’n blik op ou deurpaaie en roetes, terwyl Google Maps se tegnologie ook ingespan is om nuwe, akkurate kaarte van ou waroetes aan te toon.

Pak die Groot Trek speel-speel aanDie Groot Trek-bordspeletjie neem deelnemers op ’n kruis-en-dwars-roete oor Suid-Afrika vanaf die Kaapkolonie tot in die skadu van die Soutpansberge in die verre noorde. Die missie? Voltooi die voorgestelde roete van die Voortrekkers van ouds, maar wees op jou hoede, want daar is vele afdraaipaaie, gevaarlike riviere, wilde leeus en die moordlustige tsetsevlieg wat jou trek kan kniehalter.

Kom eerste by die eind-bestemming aan en jou trek wen, maar dit sal nie maklik wees nie. Speelkaarte bied tientalle uitdagings – soos wanneer jy moet wag vir jou mielies om geoes te word; of wanneer jou wa herstelwerk benodig; en wees gewaarsku, as jy die gevreesde Drakensberge bereik, gaan dinge maar teen ’n slakkepas gaan. Herontdek die geskiedenis van die Groot Trek op hierdie prettige manier en leer meer oor die Gelofte, vind uit na wie plekke soos Potchefstroom vernoem is én leer ken die Voortrekkerleiers op hul voorname! Dié bordspeletjie is beskikbaar teen slegs R350.

Die GROOTSTE R10-aanbod nóg!Jy kan dalk nie eens meer ’n brood vir R10 koop nie, maar met slegs R10 kan jy ’n boek in Kraal Uitgewers se R10-uitverkoping koop. Maak vandag nog gebruik van hierdie geklike aanbod en koop Treurgrond: Die realiteit van plaasaanvalle, 1990-2012 óf Belhar geweeg teen ’n skamele R10 elk.

Die boeke en speletjie is beskikbaar by Kraal Uitgewers se aanlyn winkel by www.kraaluitgewers.co.za.

Page 54: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

Veldtogte54

AfriForum beveg NGV met hand en tandAfriForum het sedert die

aankondiging van die regering se planne om nasionale

gesondheidsversekering (NGV) in Suid-Afrika te implementeer, die proses met hand en tand beveg. Die rede vir AfriForum se optrede is nie omdat die organisasie gekant is teen gehaltegesondheidsorg vir almal nie, maar omdat die ANC-regering duidelik ook nie sy beloftes gestand kan doen nie.

Die gesondheidsdepartement is jaar ná jaar een van die departemente met die swakste oudits. In 2019 is ’n teenkorrupsieforum vir die gesondheidsektor onder voorsitterskap van die staat se spesiale ondersoekeenheid (SOE) bekend gestel en hulle ondersoek tans byna 20 aantygings van ernstige wanadministrasie, bedrog en korrupsie.

Regoor die land is leë, gestroopte of wanfunksionele klinieke en hospitale soos die Kempton Park Hospitaal wat in 1978 gebou en in 1996 deur die ANC gesluit is. Dié seweverdiepinggebou het vir langer as 23 jaar verlate gestaan en word deur John Steenhuisen, leier van die DA, beskryf as “’n monument vir elkeen

om te sien wat met gesondheidsorg onder die ANC gebeur”.

“Suid-Afrika het nie net ’n gebrek aan finansiële hulpbronne om NGV te befonds nie, maar die gehalte van gesondheidsorg in die openbare sektor is reeds só beroerd dat amper geen openbare fasiliteite sal kwalifiseer om dienste onder NGV te bied nie. Belastingbetalers kan nie gedwing word om op te dok vir nóg ’n staatsprojek wat gedoem is om te misluk nie – veral nie wanneer dit hulle en hul families se gesondheid in gedrang sal bring nie,” meen Natasha Venter, AfriForum se woordvoerder vir NGV.

Volgens Venter is dit uiters belangrik dat AfriForum die voorgeskrewe prosesse volg om NGV teen te staan. “Sou NGV geïmplementeer word, staan AfriForum gereed om verdere stappe te neem soos die instel van regsaksie, asook internasionale bewusmaking. Om dít te kan doen, sal ons moet kan bewys dat ons van die begin af by die amptelike prosesse betrokke was.”

AfriForum sal ook later vanjaar ’n spreekbeurt hê wanneer daar oor NGV in die parlement gedebatteer word.

WAAR STAAN NGV TANS? » Die tydperk vir inhandiging van

skriftelike kommentaar het op 29 November 2019 gesluit.

» Provinsiale openbare verhore vind steeds plaas.

» Die Wetsontwerp sal in die parlement gedebatteer word (waar AfriForum ’n spreekbeurt sal hê).

» Na afloop van die parlementêre debat sal die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) ook debatteer. Tydens hierdie debatte sal openbare insae oorweeg word.

WAT SÊ DIE PUBLIEK OOR NGV? » “NGV is ’n stelsel wat die hele

land gaan skaad, wat geen doel dien nie en wat uiteindelik gaan verseker dat geld in mense se sakke beland wat dit nie verdien nie.” – Billy Maritz (Centurion)

» “Wat my vreeslik pla van NGV is dat onwettige buitelanders gratis mediese sorg sal kry waarvoor ons belastingbetalers moet opdok. Dit pla my ook dat NGV op ons afgedwing sal word. Wat het geword van vryheid van keuse wat die Grondwet vir ons belowe?” – Raymond Gold (Pretoria)

» “Dit is vir my bitter onregverdig dat ek as jongmens drie of vier keer meer gaan moet betaal vir gesondheidsorg omdat die staat nie die land se finansies reg bestuur nie.” – Rikus van der Westhuizen (Midrand)

Deur Jhua-Nine Wyrley-Birch

WAT HET AFRIFORUM REEDS GEDOEN OM NGV TEEN TE STAAN?

» Verslae en kommentaar oor die ongrondwetlikheid en onwerkbaarheid van NGV is by die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid ingedien.

» Strafregtelike klagtes is by die polisie én die teenkorrupsieforum vir gesond-heid ingedien teen al nege provinsiale departemente van gesondheid vir wanbesteding.

» Skrywes is aan ’n buitelandse nieregeringsorganisasie gestuur waarin versoek is dat ’n prys teruggetrek word wat dié organisasie aan pres. Cyril Ramaphosa vir die NGV-plan toegeken het.

» ’n Vergadering is met dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, versoek om die burgerregteorganisasie se besware en bekommernisse oor NGV uit te lig.

» Skrywes is aan sowel die president as die gesondheids- en finansiesminister gestuur oor die onwerkbaarheid van NGV, asook om hulle in te lig van toekomstige regsaksie sou NGV ingestel word.

» Openbare verhore oor NGV is in verskeie provinsies bygewoon. » ’n Gemeenskapsvergadering is gehou waar verteenwoordigers

van AfriForum belangrike vrae oor NGV beantwoord het.

veldtogte forum tydskrif

Page 55: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

55Taal

AfriForum beveg NGV met hand en tand

AfriForum doen voorleggings om Afrikaans te beskerm

AfriForum het in 2019 by twee byeenkomste voorleggings aan instellings van die

Verenigde Nasies (VN) gemaak oor die beskerming van Afrikaans en praktiese insette gegee oor hoe minderheidstale soos Afrikaans bevorder kan word.

Hierdie vlak van erkenning vir AfriForum se kundigheid op dié terreine is van groot belang vir pogings om die taal te beskerm, asook om nasionale en internasionale netwerke van geloofwaardige taalmedewerkers te bou.

Die eerste byeenkoms in Oktober 2019 was dié van die Afrika-Midde-Oosterse Streeksforum vir Onderwys, Taal en die Menseregte van Minderhede in Tunisië.

AfriForum se Alana Bailey was die enigste persoon uit Suider-Afrika wat dit bygewoon het. Dit het gestaan onder die voorsitterskap van dr. Fernand de Varennes, die VN se spesiale rapporteur vir minderheidsaangeleenthede. In sy inleiding het hy beklemtoon dat die beskerming van moedertaal net so ’n belangrike mensereg as byvoorbeeld die reg tot lewe is.

Tydens die streeksforum se verrigtinge is bespreek wat gedoen kan word om onderrig van en deur minderheidstale in beleid en praktyk te verseker. Die teenwoordiges kon insette gee.

Die belangrikste aanbeveling was dat ’n internasionale verdrag oor minderheidstale en minderheidstaalonderwys opgestel en deur soveel lande as moontlik geratifiseer moet word.

Verder is genoem dat druk op regerings op plaaslike vlak uitgeoefen moet word om te verseker dat

die gesprek oor die beregtiging van minderheidstale deel van die nasionale debat is. Nasionale grondwette moet duidelik erkenning aan plaaslike tale gee en beskerming teen die invloed van groot wêreldtale soos Engels, Frans en Arabies bied. Duidelike formulering in wetgewing is noodsaaklik en regslui moet na behore oor die belang van taalregte ingelig word. Diversiteit moet gerespekteer word en daar moet sterk teen haatspraak teen minderhede opgetree word. Moedertaalonderrig moet ’n prioriteit wees en onderwysinstellings moet ook in dié tale geadministreer word om alle prosesse vir die sprekers daarvan toeganklik te maak.

Laasgenoemde is ’n punt waarvan openbare instellings soos universiteite en skole in Suid-Afrika kennis behoort te neem.

Ten slotte is verklaar dat die staat en staatsondersteunde instellings nie die verantwoordelikheid om tale te beskerm en te bevorder alleen aan die privaat sektor of moedertaalsprekers mag oorlaat nie. Dit moet ’n nasionale verpligting wees.

Die aanwesiges se aanbevelings is aan die VN se Forum vir Minderheidsaangeleenthede deurgegee. Uiteindelik sal ’n gids van beste praktyke hieruit saamgestel word wat as riglyn aan die lidlande van die VN (insluitend Suid-Afrika) gegee sal word. Só ’n gids sal ’n vername rol speel in die toekomstige bewaring van tale soos Afrikaans.

De Varennes het gesê dat mense wat vir hulle taalregte opstaan, dikwels verkeerdelik van ongesonde nasionalisme, pogings tot selfbevoordeling en afsluiting beskuldig word. Hy het beklemtoon dat hulle hulle nie deur sodanige

bewerings moet laat intimideer nie, maar moet fokus op die voordele van moedertaalonderrig en ander taalregte om hierdie stereotipering teen te staan. “Taal, geskiedenis en kultuur is die kern van dit wat ons méns maak ‒ die skoonheid van die mensdom is in taalkundige diversiteit te vinde.”

Die 12de sitting van die Forum vir Minderheidsaangeleenthede het in November 2019 in opvolg van die streeksforumsitting in Genève, Switserland plaasgevind. Bailey en Carien Bloem, AfriForum se bestuurder van onderwyssake, het dit bygewoon. Die tema van dié byeenkoms was: “Onderwys, taal en die menseregte van minderhede.”

Bailey het haar kommer oor die onvermoë van die Suid-Afrikaanse Grondwet en die ANC-regering se politieke onwilligheid om Afrikaans en ander minderheidstale te beskerm, uitgespreek. Sy het genoem dat wanneer Suid-Afrikaanse howe oor taalregte moet beslis, uitsprake oorwegend ten gunste van eentalige Engelse taalbeleide is, met hoogs aanvegbare argumente oor bekostigbaarheid en maatskaplike samehorigheid.

Die Suid-Afrikaanse regeringsverteenwoordiger by dié sitting was ontevrede oor AfriForum se klag, maar talle van die aanwesige taaldeskundiges op die forum se paneel van kenners is deeglik vertroud met die situasie in Suid-Afrika. Dr. Kathleen Heugh, nog een van die aanwesiges, het die afgelope tyd verskeie skerp aanvallende artikels teen die regering se swak hantering van hierdie kwessies gepubliseer. Die verontskuldigingstegniek van die diplomaat het die regering geen guns gedoen nie.

Deur Alana Bailey

Alana BaileyDr. Fernand de Varennes

Carien Bloem

forum tydskrif taal

Page 56: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

forum tydskrifaktueel

Ons is met die N3 langs op pad terug huis toe. Ons draai op die Colenso-pad

af – daar is geen padwyser wat aandui dat dit die moeite werd is om van die snelweg af te klim nie. Ons ry oor die Boesmansrivier waar die laagwaterbruggie steeds staan. Het die Voortrekkers dalk 182 jaar gelede by hierdie selfde driffie dié lopie oorgesteek? Die laaste grondpad waarin ons afdraai word duidelik baie min gebruik.

Ter gedagtenis aan die Voortrekkers te Moordspruit vermoor.Hulle het ons land met hul bloed gekoop.17 Februarie 1838“Die Here regeer.” Psalm 99:1

Dít is die woorde wat op die Bloukransmonument, ons bestemming, staan. Dis hier waar die Voortrekkerleier Gert (Gerrit) Maritz se oorskot ook rus.

Soos wat daar tydens ’n reis dinge met ’n mens gebeur, gebeur daar ook dinge tydens ’n volk se reis deur die geskiedenis. Op ons volksreis deur die geskiedenis kan ons ’n oomblik terugdink aan die Tweede Vryheidsoorlog, Vegkop, die Slag van Blaauwberg en ook aan ons wordingsgeskiedenis, soos die 50-jarige oorlog van ons Nederlandse voorvaders teen die Spanjaarde. ’n Mens dink aan die opofferinge wat gemaak is en staan in verwondering

Op reis deur die toekomsdat daar ná die swaarkry, telkens oor eeue heen, weer opgestaan is.

Ons is vandag weer by so ’n moeilike plek op die reis van ons volksgeskiedenis – misdaad, korrupsie, diskriminasie, beurtkrag, taalonderdrukking en swak ekonomiese omstandighede. Dit stel ons voor ’n vraag: Gaan ons soos ons voorouers in geloof vorentoe veg en bou?

Ná die moorde van 17 Februarie 1838 kon die oorlewende Voortrekkers besluit het om na die Kaapkolonie terug te keer. Ná die moorde het dit ook nie makliker gegaan nie, inteendeel – in April word die Voortrekkers by die Slag van Italeni verslaan, in Augustus word Gatslaer oor dae meedoënloos aangeval en in September sterf die laaste leier, Gert (Gerrit) Maritz. Die swaarkry het egter hul geloof verdiep en hulle met groter vasberadenheid besiel om voort te beur. Genoeg Afrikaners ondersteun mekaar om uit te kan hou – dit is ’n mite dat ons nie kan saamstaan nie.

Andries Pretorius kom in November by die laers aan en die Voortrekkers besluit om hul vertroue in die Here te stel. Hulle doen hul bes, terwyl hulle glo dat Hý die res sal doen. Daarna kom die uitkoms by Bloedrivier en uiteindelik wapper die rooi-wit-blou driehoekvlag oor die Republiek van Natalia.

Wie is die Andries Pretoriusse van vandag? Dit is elke entrepreneur wat werk skep, elke lid van ’n buurtwag, elke boer wat kos op ons almal se tafels sit en elke ouer wat

by hul kinders se skool betrokke is. Elkeen wat hulle deel binne hul gemeenskap doen, is die leiers wat ons vandag benodig – en reeds het.

In die film The last Samurai vra die Japanese keiser vir ’n ooggetuie oor die afsterwe van die laaste groot Samurai-leier: “Vertel vir my hoe hy gesterf het!” Die ooggetuie antwoord soos volg daarop: “Ek sal vir jou vertel hoe hy geleef het!” Ons kan kies om te fokus op die hartseer offers wat in die verlede gebring is óf op die wonderbaarlike, vasberade opstaan en voortgaan daarná – elke keer.

Teen die einde van die musiekblyspel Ons vir jou sê die storieverteller die volgende:

“... maar elke mens, elke volk, elke land, as hy versigtig kyk, met die oë van sy siel, sal hy dit sien, al lyk die toekoms hoe dood, hoe donker, ’n klein kool wat gloei in die wit as van sy verlede, en al wat nodig is, is ’n klein stukkie hardehout en ’n windjie van verandering – kyk, en jy sal sien hoe hoog brand daardie vlamme!”

Die hardehoutkole van ons voorouers en geskiedenis gloei in ons. Ons moet onthou hoe die vlam in die verlede telkens uit die as van vernietiging opgestaan het en dan met ywer bou aan ’n mooi toekoms vir ons – hier in Afrika!

Barend Uys is hoof van navorsing en ontwikkeling by AfriForum.

Deur Barend Uys

Die laagwaterbruggie oor die Boesmansrivier.

Aktueel56

Page 57: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies

forum tydskrif

57

takke

Takke

MpumalangaDelmasErmeloLeandraPiet RetiefSecundaStandertonWitbankBethalMiddelburgBelfastLydenburgMachadodorpNelspruitWitrivier

AfriForum se doel is om ’n stem aan die gemeenskap te gee. Gemeenskappe is tans toenemend onder druk, aangesien die staat in sy plig teenoor die land misluk, wat tot swak dienslewering en onveilige woonbuurte lei. AfriForum het gevolglik besluit om plaaslike takke in gemeenskappe op te rig. Indien jy by die werksaamhede van AfriForum wil inskakel en deel wil wees van die oplossings in jou plaaslike gemeenskap, sluit aan by of stig ’n AfriForum-tak.

GautengAlbertonBrakpanBoksburgEdenvaleGermistonKempton ParkSpringsBenoniVanderbijlparkVereenigingKrugersdorpMidvaalRandfonteinRoodepoortWestonariaApiesrivierBronkhorstspruitHennopsrivierMeyersparkMootMoreletaparkPretoria-WesRayton-CullinanRoodeplaatWaverleyWes-MootFochville

Noord-KaapHopetownKimberleyOraniaPrieskaStrydenburgVaalhartsWarrentonWillistonAliwal-NoordKamiesbergKathuKeimoesKurumanPostmasburgSpringbokUpington

Wes-KaapGeorgeHessekwaMosselbaaiOudtshoornHelderbergkomKaapstad-NoordKraaifonteinMalmesburyOverstrandRobertsonVelddrifWorcesterStellenboschVredendal

VrystaatBothavilleFrankfortHeilbronParysBethlehemBoshofHarrismithSenekalBultfonteinKroonstadReitzSasolburgWelkomWinburgBloemfontein-NoordFichardtparkHospitaalparkLangenhovenparkLeeuwbergPellissierRayton-HeuwelsigUitsigWilgehof

LimpopoHoedspruitMarble HallPhalaborwaPietersburgThabazimbiThabazimbi-SuidTzaneenEllisrasNaboomspruitNylstroomWarmbad

NoordwesBiesiesvleiBloemhofChristianaDelareyvilleHertzogvilleSannieshofSchweizer-RenekeVryburgBritsBuffelspoortColignyHartbeespoortKosterLichtenburgMooinooiRustenburgZeerustKlerksdorpPotchefstroomStilfonteinVentersdorpWolmaransstad

Enige navrae oor takke kan gestuur word na [email protected].

KwaZulu-NatalMargateHluhluweNewcastlePaulpietersburgPongolaRichardsbaaiUtrechtVryheid

Oos-KaapJeffreysbaaiGamtoosvalleiPort ElizabethElliot

takke

Die AfriForum-span by hoofkantoor.

Page 58: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies
Page 59: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies
Page 60: Meer hoop as ooit€¦ · en die Solidariteit Beweging het destyds nog nie eers bestaan nie en die vakbond Solidariteit was baie kleiner as vandag. Nou, 20 jaar later, is die bordjies