mark 10:46-52 10,51b-52.pdf · april 2014. ps-vooraf ps 18: 13, 14 ontmoetingsdiens. votum. ... as...
TRANSCRIPT
Mark 10:46-52Fokus: vers 51b-52
Met die wonderwerk-geskiedenis oor blinde-Bartemeus leer Jesus meer oor die baie
vir wie Hy 'n losprys is. En hoe hulle dissipels word (b).
April 2014
Ps-vooraf Ps 18: 13, 14
Ontmoetingsdiens.
Votum.
“Ons slaan my oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan
kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”
Amen
Seëngroet
Gemeente van ons Here Jesus:
“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader,
en die Here Jesus Christus
deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”
Amen.
Lofprysing – Ps 138: 1, 3, 4
Geloofsbelydenis
Verootmoediging en Versoeningsdiens.
Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.
Psalm na die wet – Ps 6: 1, 4
1
Gebed om skuldbelydenis en verligting.
Psalm na gebed – Ps 119: 35, 43
2
Woorddiens.
Die Woord van die HERE spreek tot ons uit Mark 10:46-52.
Psalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 4, 6
Ons Fokus op vers 51b-52
Skrifverklaring.
InleidingGeliefdes is'it nie wonderlik nie!
In Mark 10:46-52 is Jesus op-weg Jerusalem toe.
Hy's op-pad kruis toe.
Opmerking1
So kon ons verlede week leer.
Maar dan ten spyte van alles
wat in Jesus se binneste moes gewoel het
stop Hy eers by blinde-Bartemeus langs die pad gesit.
En dan? Wel dan sien Bartemeus.
En hy word 'n dissipels
wat vir Jesus “op die pad gevolg” het.
So vertel vers 52.
Is'it nie wonderlik nie! Hierdie wonderwerk!
*****************
Wat nog meer wonderlik is
is dat Jesus nie sommer maar net wonderwerke doen
vir magsvertoon nie. Of om goed te lyk nie.
1 Vgl Mark 10,46-51a.odt3
Bewys2
Nee! As Jesus wonderwerke doen
so't ons verlede week geleer3
dan'sit altyd om dit wat Jesus leer te wys.
Ons kan ook sê
dat Jesus met sy wonderwerke ons laat sien
wat Hy in sy prediking vir ons laat hoor.
****************
En in Mark 10:46-52 is'it nie anders nie.
Want met hierdie wonderwerk
so't ons verlede week geleer
is Jesus besig om ons sy onderrig van Mark 10:45 te wys
en verder te verduidelik.4
En wat het Jesus nou weer geleer in Mark 10:45?
Wel dat “die Seun van die mens ... nie gekom het
om gedien te word nie, maar om te dien
en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.”
Verduidelik5
En met hierdie wonderwerk-geskiedenis in vers 46-52
leer Jesus ons deur blinde-Bartemeus meer
oor die baie van vers 45
vir wie Hy sy lewe gee as losprys.
En daarom was ons tema verlede week by vers 46-51a:
Met vers 46-52 se wonderwerk-geskiedenis
leer Jesus meer oor die baie vir wie Hy 'n losprys is.
2 Vgl Mark 10,46-51a.odt3 bv vanuit Mat 4:23 en Mat 9:354 Vgl Mark 10,46-51a.odt5 Vgl Mark 10,46-51a.odt
4
En vandag by vers 51b-52
gaan dit weer ons tema wees.
Want in vers 51b-52 is Jesus met sy wonderwerk steeds besig
om ons meer te leer oor die baie van vers 45
vir wie Hy sy lewe aan die kruis gee as losprys.
*****************
Terugblik6
Maar voor ons verder gaan
kom ons verfris net gou ons gedagtes oor vers 46-51a
waarby ons verlede-week was.
Vers 46
Nou in vers 46 kon ons in blinde-Bartemeus
se totaal-ellendige hulpelose toestand
meer leer oor die baie van vers 45 se sonde-verlore toestand
waaruit ons onsself nie kan red nie.
Vers 47
In vers 47 kon ons leer dat die baie van vers 45
net soos Bartemeus
ons totale-verlorenheid besef.
Maar ook dat Jesus die Messias en ons enigste Verlosser is.
En vanuit 'n ware geloof
roep ons dan smekend uit soos Bartemeus:
“Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig!”
Vers 48
In vers 48 het ons nog iets in Bartemeus geleer
oor die baie van vers 45.
6 Vgl Mark 10,46-51a.odt5
En dit is dat ons net nooit vir Jesus wil los nie.
Maak nie saak watter teenkanting en probleme daar is nie.
Nee, die ware-geloof soek altyd net vir Jesus.
Omdat ons weet
dat net Jesus ons enigste Verlosser en Losprys is.
*****************
Toepassing
Nou dit alles kon ons leer by Bartemeus in vers 46-48.
En dis so belangrik.
Want ons moet ons self ondersoek.
En sien of ons ook soos Bartemeus is.
• Is daar by ons die besef van ons sonde-verlorenheid?
• Erken ons Jesus as die Messias?
• Verwag ons van Hom alleen ons verlossing?
Want dis hoe Bartemeus is en die baie van vers 45
vir wie Jesus 'n losprys is.
***************
Maar toe kon ons ook by vers 49-51a meer leer
oor wie Jesus vir vir die baie van vers 45 is.
En dis so wonderlik!
Vers 49
Want in vers 49 het ons Jesus
die almagtige Seun van Dawid
leer ken as die Een wat botstil gaan staan
as Bartemeus en vers 45-se-baie roep met:
“Seun van Dawid, wees my barmhartig!”
6
Vers 51a
En toe word hierdie wonder net nog groter.
Toe ons aan gelees het na vers 51a toe.
Want daar sien ons die Evangelie van vers 45
waar Jesus sê: “die Seun van die mens het ...nie gekom
om gedien te word nie, maar om te dien ...”
wonderlik helder skitter.
Want onthou u nog
wat Jesus in vers 51a vir Bartemeus gesê het.
Jesus het gesê: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”
Verduidelik
Sien u hoe dien Jesus?
Hy wat die Messias is.
Hy wat Koning is van die ganse heelal.
Sien u hoe is Jesus 'n Dienskneg vir Bartemeus?
Jesus stel Bartemeus se wil voor-op.
Soos 'n Dienskneg maak. Wat wil jy hê, Bartemeus.
En Jesus soek nie sy eie voordeel
soos die goddelose wêreldheersers
van wie ons by vers 42 geleer het nie.
Nee! Jesus is die Koning van alle konings.
Maar Hy's anders
as die goddelose leiers van hierdie wêreld.
Want Jesus soek nie sy eie voordeel nie. Nee Hy dien.
Want hoor wat sê Jesus. Hy sê: “Wat wil jy hê 7
moet Ek vir jou (of tot jou voordeel7) doen Bartemeus?”
Bevinding
Nou hierdie is net absoluut wonderlik!
Ja as Jesus Homself wys as die hoogste Koning en Messias
maar tegelyk ook die Kneg van die HERE wat kom dien
dan moet dit ons bring tot aanbidding en lofprysing.
Dit moet ons daarby bring
om deur ons hele lewe ons verlossing by Jesus te soek.
Dit moet ons bring daarby
om vandag in vers 51b-52 biddend verder
vanuit hierdie wonderwerk-geskiedenis te leer
oor vers 45-se-baie en wie Jesus vir hulle is.
Daarom staan ons vandag stil staan by:
• Bartemeus se reaksie op Jesus in vers 51b
• En wat toe daarna gebeur in vers 52.
En heeltyd gaan ons meer leer
oor die baie van vers 45 en wie Jesus vir hulle is.
***************
1. So kom ons begin by Bartemeus se reaksie in vers 51b
waar Bartemeus sê: “Rabbóni, dat ek mag sien.”
Gedagtestruktuur
Dis nou net nadat Jesus in vers 49 bot-stil gaan staan het
toe Bartemeus uitgeroep het met:
“Seun van Dawid, wees my barmhartig!”
7 Vgl Mark 10,46-51a.odt8
Dis ook net nadat Jesus die Messias
Homself in vers 51a aan Bartemeus geopenbaar het
ook as die Kneg van die HERE.8
wat “... gekom het ... om te dien ...”9
toe Jesus vir Bartemeus gesê het:
“Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”
A. Ja net daarna reageer Bartemeus in vers 51b.
En wat's sy reaksie?
Wel Bartemeus se eerste woord is: “Rabbóni ...”
Verduidelik10
En Rabboni is 'n Aramese woord.
En Aramees was Bartemeus se moedertaal.11
En Rabboni beteken 'My Meester'.
En in die tyd van Bartemeus was dit 'n woord
waarmee jy die hoogste eer aan iemand gegee het.
Opmerking12
As Mattehus13 en Lukas14 hierdie selfde geskiedenis vertel
gebruik hulle nie Rabboni nie.
Hulle gebruik die Griekse woord κυριος Here
wat presies die selfde betekenis het as Rabboni.
****************
So sien u wat gebeur?
As Jesus die Messias die Koning van alle Konings
8 Bv Jes 42 en Jes 539 Mark 10:4510 Vgl NIDNTT vol 3 bl 115; TDNT vol 3 bl 1084,1093; Ladd, A theology of the NT bl 171; Baljon bl 856;
Evans se Mark komm bl 13411 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 24312 Vgl NIDNTT vol 3 bl 115; TDNT vol 3 bl 1084; Baljon bl 856; Evans se Mark komm bl 13413 Mat 20:3314 Luk 18:41
9
Homself aan Bartemeus openbaar
as die die Een van vers 45
wat “nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien ...”
dan kan'it net nie meer anders nie.
Dan verheerlik Bartemeus vir Jesus met Rabboni Here!15
Toepassing
En weet u: Dis ook hoe die baie van vers 45 is
vir wie Jesus sy lewe gee.
Ja dit kan net'ie anders nie.
As die HERE se Gees van genade en smekinge
soos die HERE sy Gees in Sag12:10 noem
ons daarby bring
om ons sonde-verlorenheid te besef.
En ons daarby bring
om tot Jesus uit te skreeu met:
'wees my genadig Jesus!'
En Jesus die Messias dan stop en in vers 51a vir ons sê:
“Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”
“Want (Ek) het ... nie gekom
om gedien te word nie, maar om te dien ...”16
dan kan'it net nie meer anders nie.
Dan sien ons Jesus se grootheid
Sy ontsaglike liefde en sy heiligheid.
Sy heilige andersheid
15 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 24316 Mark 10:45
10
So anders is as die wêreldheersers
wat nie wil dien nie
maar gekom het om gedien te word.
En dan? Dan sê ons vir die heilige Jesus wat dien:
'Here!' En ons aanbid Hom en verheerlik Hom.17
*************
Oorgang
Maar goed kom ons gaan weer terug na vers 51b.
En Bartemeus wat vir Jesus in vers 51b sê: “Rabbóni ...”
B. Maar dis'ie al wat Bartemeus sê nie.
Bartemeus praat verder.
Hy sê: “Rabbóni, dat ek mag sien.”
Verduidelik18
Ja 'Here ek wil dat ek sal sien
en nie meer blind sal wees nie.'
En weet u Bartemeus vra hier 'n ontsettend belangrike vraag.
dat ek mag sien!!
En hoekom is'it so belangrik?
Wel Omdat Bartemeus hierdie vraag
nie sommer vir enige iemand vra nie.
Nee! Bartemeus vra'it vir Jesus
vir Wie Bartemeus in vers 47&48 Seun van Dawid noem.
17 Bewys: Ja ... dit kan nie anders nie ... Want die selfde Gees van genade sen smekinge ... wat ons tot Jesus laat smeek met: 'Wees my genadig' ... is ook die Gees ... so leer Paulus ons in 1Kor 12:3 ... deur wie ons vir Jesus Here noem.
18 In navolging van Moffat, The NT in Modern English, bl 84, meen ek dat Bartemeus hier θελω impliseer, en dat ινα 'n voorwerp sin inlei by 'n ww van wil (Greek grammer beyond basics bl 475). Dus: 'Raboeni, ek wil dat ek sal sien en nie meer blind sal wees nie.'
11
Verduidelik19
En verlede week het ons geleer
dat wanneer Bartemeus vir Jesus Seun van Dawid noem
hy vir Jesus aanneem as die Messias.
Want dis hoe Israeliete in daardie tyd
oor die Messias gepraat het.
Hulle het Hom Seun van Dawid genoem.20
So die Heilige Gees moes vir Bartemeus oortuig het
• met Jesus se prediking
• en Jesus se wonderwerke van demoon-uitdrywing
• en wonderwerke van melaatses
wat Jesus genees het
• en dowes wat Hy laat hoor het
• en Lammes wat Jesus laat loop het
• en blindes wat Jesus laat sien het
dat Jesus die Messias is.
Openbaringshistories
Want dis mos hoe die profete
oor'ie Messias geprofeteer het.
Hy is die Een wat kom om “blinde oë te open”.
So profeteer Jes 42:7.21
En in Jes 61:1 is die Messias self aan die Woord.
En dan sê Hy: “Die Gees van die Here is op My,
omdat Hy My gesalf het
19 Vgl Mark 10,46-51a.odt20 Ons leer'it bv in Mat 12:23.21 Vgl TDNT vol 8 bl 284-285
12
om die evangelie aan die armes te bring.
Hy het My gestuur
om die wat verbryseld van hart is, te genees;
om ... te verkondig aan blindes herstel van gesig ...”22
En Jes 35:5-6 leer
dat die Messias die nuwe tyd
van die Koninkryk van God laat aanbreek.23
Dis dan so verkondig Jes 35:5-6
dat “die oë van die blindes geopen
en die ore van die dowes ontsluit word.
Dan sal die lamme spring soos ‘n takbok,
en die tong van die stomme sal jubel ...”
****************
En nou vra Bartemeus in vers 51b
vir hierdie Jesus hierdie Messias
wat al hierdie dinge
waaroor die profete geprofeteer het doen.
Ja Bartemeus vra vir Hom:
“Rabbóni, dat ek mag sien.”
Hoor u wat vra Bartemeus?
22 Ek haal hier aan uit Luk 4:18-19 waar Jesus self Jes 61:1 weergee ... en dan effens anders as in Jesaja self. Die םיוםים ונ van Jes 61:1 gee Jesus bv weer as πτωχοις. Jesus doen nie iets snaaks nie. Hy עis tog God wat sy eie woord die beste verstaan en kan weergee (Sondag 12 v/a 31; vgl ook comm on the NT use of the OT bl 288). Daarby is םיוםים ונ en πτωχοις woorde wat in die selfde semantiese domein עval (vgl NIDOTTE vol 3 bl 458). In Jes 61:1 kom aan blindes herstel van gesig ook nie voor nie. aan blindes herstel van gesig staan in die plek van Jes 61:1 se “vir die geboeides opening van die gevangenis” . Weereens is Jesus nie besig om iets anders te sê as wat in die teks van Jes 61 staan nie. Met Messiaanse gesag gebruik Jesus 'n ander metafoor wat na presies die selfde geestelike werklikheidverwys (vgl comm on the NT use of the OT bl 288)
23 Wanneer Jesus blindes laat sien dan is dit 'n teken dat Hy die Messias is en dat Hy die nuwe tyd van die Koninkryk nou laat aanbreek het – vgl Mat 11:1-5 (NIDNTT vol 3 bl 519; TDNT vol 8 bl 290; Ridderbos, De komst van het KK, bl 73). So het die profete dit aangekondig – veral die profeet Jesaja (TDNT vol 8 bl 281-282).
13
Verduidelik24
Geliefdes Bartemeus vra nie net dat hy kan sien nie.
Nee! As Bartemeus vir Jesus
die Seun van Dawid die Messias vra:
“Rabbóni, dat ek mag sien” dan vra hy eintlik:
'Rabboni, laat my tog ook deel wees
van die volheid van die koninkryk op die nuwe aarde
daar waar “die oë van die blindes geopen ... word”.'
****************
Ja dis wat Bartemeus vra.
Selfondersoek
En ek en u geliefdes? Het ons al so gevra?
Het ons al gevra vir oë
wat die ewige lewe op die nuwe aarde sal kan sien?
Dis so belangrik.
Dis 'n merkteken van die baie van vers 45
vir wie Jesus sy lewe gee as losprys.25
Hulle vra soos Bartemeus.
Want hulle weet hulle kan nie self nie.
Oorgang
Ja so het Bartemeus in vers 51b gevra:
“Rabbóni, dat ek mag sien.” En toe daarna?
Wel daarvan hoor ons
as ons van vers 51b aangaan na vers 52.
24 Vgl TDNT vol 8 bl 299-289; Van Bruggen se Mark komm bl 242-24325 DL 1:12
14
2. En nou's ons by ons tweede hoofpunt
waar ons gaan stilstaan by vers 52.
En in vers 52 hoor ons
wat gebeur het na Bartemeus se vraag in vers 51b.
Opmerking
En in vers 52 gebeur daar drie dinge.
A. Die eerste is Jesus se aankondiging.
Bartemeus het gevra: “Rabbóni, dat ek mag sien.”
En dan sê Jesus in die eerste deel van vers 52:
“Gaan, jou geloof het jou gered.”
a1. En wat 'n wonderlike aankondiging!
Want Bartemeus kan uit die mond van Jesus hoor
dat hy gered is.
Verduidelik26
En wanneer Jesus vir Bartemeus sê
dat sy geloof hom gered het
dan gebruik Jesus die perfektum vorm
van die Griekse werkwoord red.
En met die perfektum-werkwoord sê Jesus:
Hi Bartemeus dit het nou gebeur dis afgehandel.
Jy is nou gered. Dis 'n feit wat vas staan.
26 σεσωκε = perf ind akt van σωζω (Baljon bl 948). Die perf w wys hier na iets wat reeds in die verlede gebeur het en waarvan die effek/gevolge nou in die hede voortduur (Binnewerk bl 11). Dus: 'dat jy glo in My met die geloof wat aan jou behoort het jou in die verlede gered (Baljon bl 948) en die gevolge daarvan duur voort.'
15
En die wonderlike gevolge daarvan
gaan net aanhou en aanhou.
****************
a2. En om gered te wees is regtig ontsettend wonderlik.
En Mark 10 vertel nogal baie daaroor.
Verduidelik27
Want Mark 10 vertel ons in vers 17
en vers 23-25 en vers 26
dat om die ewige lewe te erf
en die Koninkryk van God in te gaan
en om gered te wees alles dinge is
wat met mekaar te doen het.
Dis woorde wat oor'ie selfde wonderlike werklikheid praat.
Ja om die ewige lewe te erf
en om die Koninkryk in te gaan
en om gered te wees is in Mark 10 presies die selfde ding.
En hier kom sê Jesus nou in vers 52 vir Bartemeus:
“... jou geloof het jou gered.” Ja ... gered!
Jesus sê nie:
'Hi Bartemeus jy sal nou weer kan sien' of so iets nie.
Nee! Jy's gered.
Toepassing
'So Bartemeus jy gaan ewig lewe in die Koninkryk.
Jy gaan deel wees van die nuwe-tyd
waarvan Jesaja in Jes 35:5-6 profeteer waar daar staan:
“Dan sal die oë van die blindes geopen ... word ...”'
27 Vgl TDNT vol 7 bl 991; Ladd, A theology of the NT bl 73-74.16
'Ja dit waarvoor jy uitgeskreeu het met:
“Seun van Dawid, wees my barmhartig!”
En dit wat jy gevra het met:
“Rabbóni, dat ek mag sien”
is nou-en-hier 'n werklikheid.'
*************
a3. Maar dis nie al
wat Jesus vir Bartemeus in'ie eerste deel van vers 52 sê nie.
Jesus sê ook vir Bartemeus hoe hy gered is.
Want kyk weer mooi wat staan daar.
Jesus sê: “jou geloof het jou gered.”
En nou'sie vraag natuurlik: Hoe werk dit? Hoe red geloof?
Is Bartemeus se geloof 'n krag in hom wat red?
Nee! Nooit nie! En hoekom nie?
Wel omdat die Bybel ons so leer.
Bewys28
Want Ps 49:9 leer dat die losprys vir ons lewens
om ons lewes uit die hel te red net te duur is.
Ons kan dit nooit gee nie.
Daar's niks in ons
ook nie ons geloof nie
wat ons kan red nie.
Daarom dat Petrus in Hand 4:12 sê:
“daar is ook geen ander naam
as die Naam van Jesus
28 Vgl Van Leeuwen se Mark komm bl 195; Reymond, A new systematic theology of the Christian faith bl 730; Van der Walt, Die Messias het gekom, bl 200-201
17
onder die hemel waardeur ons gered moet word nie.”
Daarom dat Jesus in Mark 10:45 sê:
“die Seun van die mens het ... nie gekom
om gedien te word nie, maar om te dien
en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.”
Gevolgtrek
So geliefdes dis duidelik.
Dis Jesus alleen wat red. Hy alleen.
Dis nie Hy + my geloof nie.
Dis ook nie net my geloof nie.
Nee Jesus red punt.
Dis Evangelie van genade alleen.
****************
Maar wat beteken'it dan as Jesus vir Bartemeus sê:
“ jou geloof het jou gered.”
Hier sê Jesus dit tog duidelik.
Geloof is in hierdie sin van Jesus die doener
wat die red-werk doen.
So ja hoe moet ons vir Jesus in vers 52 verstaan
as Hy vir Bartemeus sê: “ jou geloof het jou gered.”
Wel dit kom ons agter
as ons meer oor geloof leer.
18
Verduidelik29
I Nou geloof bestaan altyd uit kennis.
Want jy glo altyd iets.
En dan's jy ook oortuig
van die waarheid van daardie iets.
Ons glo mos nie lieg-stories nie.
Bewys
En ons sien dit ook by Bartemeus in vers 47.
Opmerking
En u kan gerus bietjie weer na vers 47 kyk.
Want vers 47 wys ons
dat Bartemeus oortuig was daarvan
dat hierdie Jesus wat by hom verby stap
die Jesus van Nasaret is.
Vers 47 vertel ons ook
dat Bartemeus geweet het
en absoluut van die waarheid daarvan oortuig was
dat hierdie Jesus van Nasaret die Messias was.
Daarom dat Bartemeus vir Jesus
Seun van Dawid genoem het.
II Maar nou bestaan geloof ook uit vertroue.
Jy vertrou op daardie kennis
wat jy vir waar aanvaar.
29 Vgl Reymond, A new systematic theology of the Christian faith bl 727-728; Bayer, A theology of Mark bl 107; Van Bruggen se Mark komm bl 243-244
19
Bewys
En ook dit sien ons in vers 47 by Bartemeus.
Dis daar waar hy uitskreeu:
“Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig!”
So Bartemeus weet wie Jesus is.
Hy weet dat Jesus die Messias is.
Hy weet dat die Messias alleen waarlik kan red.
Hy aanvaar dit gelowig vir die waarheid.
En dan vertrou hy.
En daarom roep Bartemeus:
“Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig!”
*******************
Maar nou'sit baie belangrik
dat ons veral hier by die vertroue-deel
van Bartemeus se geloof mooi moet oplet.
Want dan gaan ons begin verstaan
wat dit beteken as Jesus in vers 52 vir Bartemeus sê:
“jou geloof het jou gered.”
Verduidelik30
Want wanneer Bartemeus vanuit sy geloof
met vertroue skreeu:
Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig (of genadig)!”
dan sê hy daarmee:
'Jesus, ek is verlore ek is ellendig
en ek raak al meer verlore
en ek kan niks niks niks doen
30 Vgl Reymond, A new systematic theology of the Christian faith bl 728; Bayer, A theology of Mark bl 10720
om hier uit te kom nie.
Niemand in Jerigo kan my help nie.
Ek kan myself ook nie help nie
daarom dat ek hier sit en bedel.
Dis net u Jesus wat uit genade alleen
my hier kan uit kry.
En Jesus ek kan u niks gee
om u reddingswerk te betaal nie.
So wees my barmhartig.
Die profete het immers gesê
dis wat die Messias sal doen.
So Asseblief ek smeek u.'
So sien u wat doen Bartemeus se geloof aan hom?
Bartemeus se geloof in Jesus
het hom leeg genaak van homself.
Bartemeus se geloof in Jesus
het al Bartemeus se self-vertroue weggeneem.
Hy het alleen op Jesus vertrou.
****************
En dis wat geloof wat red doen.
Dit maak jou oop vir Jesus die enigste Redder
wat red met sy losprys.
Verduidelik31
Maar solank jy nog vol van jou self is
31 Vgl Bayer, A theology of Mark bl 10721
en besig is met die sonde van self-gesentreerdheid
wat ons so baie hier in Mark 10 teëkom
maak jy soos die ryk-jong-man van vers 22.
Toe Jesus vir hom sê:
“verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes
ja breek met alles wat jou weg hou van my
(en) kom dan hier ... en volg My”
ja vertrou op My alleen
toe “het hy treurig geword oor dié woord
en bedroef weggegaan ...”
Want daar was nie by hom geloof wat sê:
'ek is niks en verlore
en Jesus is alles en die enigste Verlosser.'
Ja sonder hierdie ware-geloof is jy soos die rykes
waaroor Jesus praat in vers 23-25
wat op hulle rykdom vertrou
en net nooit die koninkryk sal ingaan nie.
Ja sonder hierdie ware geloof
van 'ek niks en verlore en Jesus alles en die enigste Verlosser'
is ek soos Jakobus en Johannes in vers 37
alleen maar in gesteld op my eie eer en voordeel.
En die uiteinde daarvan
is dat ek soos die goddelose wêreld-leiers
van vers 42 word ver buite die Koninkryk van God.
*****************
So sien u wat beteken dit
as Jesus vir Bartemeus in vers 52 sê: 22
“jou geloof het jou gered”?
Ja geloof wat red is geloof wat sê:
'ek is niks en verlore en kan niks doen nie
ook nie met my geloof nie.
Nee! Jesus is alles en die enigste Verlosser.
So Jesus “wees my barmhartig!” '
En dan? Wel dan red Jesus ons.
Dan kom Hy na ons toe as die Een van vers 45
wat “nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien
en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.”
Selfondersoek
So geliefdes:
Glo ons so soos Bartemeus met geloof wat red
omdat dit my leeg maak van self-vertroue
en my alleen op Jesus laat vertrou
wat red uit genade alleen.
******************
Weet u: Vir die baie van vers 45
wat so soos Bartemeus glo sê Paulus in Efes 2:8
“uit genade is julle gered, deur die geloof,
en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God.”
*********************
Oorgang
Nou ja dis wat gebeur het
nadat Bartemeus met 'n ware-geloof
in vers 47&48 gesmeek het:
“Seun van Dawid, wees my barmhartig!”
En in vers 51 gevra het:
“Rabbóni, dat ek mag sien.” 23
Jesus het toe in vers 52 gesê:
“Gaan, jou geloof het jou gered.”
B. Maar dan gebeur daar nog iets in vers 52.
'n Tweede ding.
En nou gaan ons daarop fokus.
Kyk vers 52 sê:
“En Jesus sê vir hom:
Gaan, jou geloof het jou gered.
En dan kom die tweede ding wat gebeur.
En dadelik het (Bartemeus) gesien ...”
Sien u? Hier gebeur Jesus se wonderwerk.
Is'it nie wonderlik nie!
***************
Maar voel u nie ook half ongemaklik
met wat hier in vers 52 gebeur nie.
Hier's Jesus se wonderwerk.
Maar Jesus werk dan nie!!
Verduidelik32
Die vorige keer toe Jesus 'n blinde-man laat sien het
dit was in Mark 8: 22-26
het Jesus 'n klomp goed gedoen.
Hy was behoorlik in die middelpunt van alles.
32 Met και word die geskiedenis van 52d verbind aan die voorafgaande (Greek grammer beyond basics bl 671), wat vertel van Jesus se aankondiging van: η πιστις σου σεσωκε σε. Die bw van tyd, ευθεως, met die betekenis van 'dadelik' (Baljon bl 385). Dus: και ευθεως sê vir my dat Bartemeus nou kan sien en dat dit direk na sy smeekbede in 51d-f en Jesus se aankondiging in 52a-c plaasvind. Die wonderwerk van om weer te sien gebeur dus hier. Daar is geen skouspel nie, of aanrakings nie (vgl 8:22-26). Selfs nie eers 'n spesifieke woord soos 'gaan oop' of so iets nie. Dit gebeur net (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 243).
24
Jesus het bv “in (die man se) oë gespoeg
en hom die hande opgelê ...”
Maar hier lyk'it asof Jesus eintlik niks doen nie.
En ja ons is heeltemal reg.
Dit lyk net so.
Want Jesus was verseker aan die werk.
Reddend aan die werk.
Ons kon'it net nie sien nie.
Verduidelik33
Maar weet u: Ook daarmee het Jesus 'n doel.
Ja met sy wonderwerk hier in vers 52
waarin'it lyk asof Jesus nie eintlik werk nie
het Jesus beslis 'n doel.
En Jesus se doel is dat ons in die eerste plek
vir gelowige-Bartemeus moet raak sien
en nie vir Hom nie.
Dis asof Jesus met hierdie wonderwerk wil sê:
'Sien julle vir Bartemeus?
Sien julle: Bartemeus het geglo in My.'
'Bartemeus het geglo met 'n geloof
wat vir Bartemeus laat besef het
hoe skrikwekkend verlore hy is
Maar wat vir Bartemeus ook laat besef het
dat Jesus die die Messias en Here is
en ons Enigste Verlosser.'
33 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 243-24425
'En hierdie geloof
het Bartemeus sy rug laat draai op homself
sodat hy met vertroue kon uitskreeu:
“wees my barmhartig!”
en kon vra:
“Rabbóni, dat ek mag sien.”'
'En weet julle:
Na sulke mense soos Bartemeus kom Ek.'
'En dan's Ek vir hulle die Messias van vers 45
wat “nie gekom om gedien te word nie,
maar om te dien
en (My) lewe te gee as ‘n losprys vir baie (soos Bartemeus).”'
*****************
Toepassing
Ja dis wat ons moet raaksien in hierdie wonderwerk!
En laat dit ons tog aangryp.
En kom ons bid dan
dat die HERE ons sy Gees van genade en smekinge34
en van geloof35 ryklik sal gee.
Sodat ons met 'n ware geloof ons rug
op ons ou sondige self-gesentreerde ek sal kan draai
en smekend na Jesus toe sal kan gaan.
Na Jesus toe wat sy lewe gee as losprys vir baie
en ons so red.
**************
34 Sag 12:1035 2Kor 4:13
26
C. En dan? Wel dan moet ons nog die laaste ding
wat in vers 52 gebeur raaksien.
Opmerking
En dis waar ons nou is.
So kom ons kyk weer wat staan in vers 52.
Daar staan:
“En Jesus sê vir hom:
Gaan, jou geloof het jou gered
dis'ie eerste ding.
En dadelik het hy gesien
die tweede ding.
En dan kom'ie derde ding:
en (Bartemeus het) Jesus op die pad gevolg.”
*****************
Sien u wat gebeur?
Bartemeus wat glo in Jesus wat red word gered.
En dan?36 Wel dan volg Bartemeus vir Jesus op die pad.
Verduidelik37
En nou'sie woord volg belangrik.
Dis'ie Griekse woord ακολουθεω.
En dis wat dissipels doen.
Hulle ακολουθεω. Hulle volg Jesus.
**************
So sien u wat wys Jesus se wonderwerk ons?
Dit wys ons: Jesus red gelowiges soos Bartemeus
om uiteindelik die volheid van die Koninkryk
36 Met και word die geskiedenis van 52e verbind aan die voorafgaande (Greek grammer beyond basics bl 671), wat vertel van Jesus se wonder en Bartemeus wat nou weer sien.
37 Vgl Baljon bl 34; TDNT vol 1 bl 213; NIDNTT vol 1 bl 48027
op die nuwe aarde te kan sien.
Maar Jesus red gelowiges ook
om nou-en-hier dissipels te wees
wat Jesus volg.
Verduidelik
En nou'sit belangrik dat vers 52 sê
dat Bartemeus vir Jesus volg.
Want wanneer Jesus vir gelowige-Bartemeus red
om 'n dissipel te word
dan beteken dissipelskap nie
jy kan nou maar jou eie hart volg
solank jy net lekker voel nie.
Nee!
Dissipel-wees beteken jy volg vir Jesus.
En in die Griekse teks staan Jesus in die datief vorm.38
En dis 'n vorm wat vir ons sê
dat terwyl Bartemeus vir Jesus volg
hy ook Jesus se voordeel soek.
Ja Jesus het in die middelpunt
van Bartemeus se lewe kom staan.
Jesus het sy Koning geword.
38 τω ιησου = 'n datief wat hier as direkte voorwerp van ηκολουθει optree (vgl Greek grammer beyond basics bl 171-172) – vgl OAV, ESV, KJV, SV wat τω ιησου as die voorwerp van ηκολουθει vertaal: “en Jesus … gevolg.” Omdat die datief hier gebruik word, wys dit egter ook tot wie se voordeel ακολουθεω gedoen word. Dis tot Jesus se voordeel. Ja, Jesus staan nou in die middelpunt van Bartemeus se lewe. Bartemeus se redding was nie vir sy eie voordeel nie … Hy is nie in die koninkryk om sy eie voordeel te soek, soos Jakobus en Johannes nie!! Nee, Jesus word gevolg. Jesus is in die middelpunt! (Greek grammer beyond basics bl 143, 172).
28
Bartemeus se eie wil en sy eie voordeel
het nie meer vir hom saak gemaak nie.
Net Jesus se wil.
******************
En wat is Jesus se wil?
Wel dis die wil wat Bartemeus en alle dissipels
met nuwe geestelike-oë in Jesus self begin raaksien
terwyl Jesus voor ons uitgaan Jerusalem toe
“nie om gedien te word nie, maar om te dien ...”
En dan begin dit 'n werklikheid word in dissipels.
Ons begin mekaar dien
soos ons Koning ons gedien het.
Opmerking
Onthou u toe ons by vers 43-45 was
het ons dit geleer.
Ja dis Jesus se wil.
**************
Slot
So geliefdes: glo ons? Is ons al gered?
Is ons dissipels?
Want die baie van vers 45
vir wie Jesus 'n losprys is en red is gelowiges
en hulle gaan uiteindelik die volheid van die koninkryk
op die nuwe aarde in.
Maar nou-en-hier word ons soos Bartemeus
dissipels van Jesus.
Jesus red ons om dissipels te kan word.
****************29
Selfondersoek
Kom ons gebruik vanoggend Bartemeus as 'n spieël.
En dan ons ondersoek ons onsself.
En kom ons gaan dan op ons knieë.
Kom ons bid miskien vir 'n eerste keer
maar deur ons lewens altyd weer.
Ja kom ons bid:
“Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!”39
En “Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig!”
Want dis dan dat ons leeg van ons self
die Jesus ontmoet
wat “nie gekom om gedien te word nie,
maar om te dien
en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie”
sodat ons “Jesus op die pad (kan) volg.”
Amen.
AntwoorddiensPsalm as antwoord op die Woord – Ps 25: 4, 6Gebed
39 Mark 9:2430
Barmhartigheidsdiens
Ps-kollekte Ps 89: 1, 3, 6
Slotsang – Ten slotte sing ons Ps 84: 3, 4, 6
Wegstuurseën.
Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.
“Die genade van die Here Jesus Christus
en die liefde van God
en die gemeenskap van die Heilige Gees
sy met julle almal!
Amen.
31