lezelda lubbe biografie

10
Reach high, for stars lie hidden in your soul. Dream deep, for every dream precedes the goal.” Pamela Vaull Starr Lezelda Lubbe Lezelda Lubbe Lezelda Lubbe Lezelda Lubbe

Upload: hessequaexpress-ad-magazine

Post on 22-Mar-2016

246 views

Category:

Documents


5 download

DESCRIPTION

Die biografie en droom van Lezelda Lubbe. http://youtu.be/2MWkTbCSPS0

TRANSCRIPT

Page 1: Lezelda Lubbe Biografie

“Reach high, for stars lie hidden in your soul. Dream deep, for every dream precedes the goal.” Pamela Vaull Starr

Lezelda LubbeLezelda LubbeLezelda LubbeLezelda Lubbe

Page 2: Lezelda Lubbe Biografie

2

Lezelda Lubbe is gebore die 29ste Oktober 1970 in Vanderbilpark. Sy is gebore met die gebrek Phocomelia, dit is ’n defek by geboorte. Sy het geen arms en met on-derontwikkeld bene gebore. Die oorsaak daarvan kon dokters nie vasstel nie. Lezelda het in ’n liefdevolle huis grootgeword. By haar geboorte is sy onmiddellik onvoor-waardelik deur haar ouers en gesin aanvaar. Lezelda is die 2 de kind en dogter van drie kinders. Albei haar susters is volkome normaal en sonder enige gebrek. Die hele gesin is geheg en baie na aan mekaar. Dokters het egter voorspel Lezelda sal nie kan sien, hoor of praat nie maar die vegters instink van Lezelda het hulle anders bewys en vandag is sy ‘n selfbemagtende vrou wat op baie maniere haarself kan help. Vanaf baba tyd was dit die uitgangspunt van Lezelda se ma dat sy dinge vir haarself moet doen en sy het Lezelda ook so geleer. Ten spyte van ‘n tragedie op die ouderdom van een-en-’n-halwe jaar waarin haar pa oorlede is, het dit haar nie teruggehou om ’n sukses van haar lewe te maak nie. Op ‘n vroeë ouderdom het Lezelda se ma haar geleer om met haar tone vuurhout-jies op te tel. Sy het dit bemeester en haar ma se volgende stap was om spelde op die vloer te sit en Lezelda te leer om fyn te vat sonder om haarself seer te

maak. Die vasberade jong dametjie het dit reggekry. Haar ma het Lezelda soos ‘n ge-wone kind grootgemaak. Lezelda moes leer om self aan te trek en die potjie te gebruik. In haar grootword jare het haar ouers Lezelda normaal behandel en was sy altyd deel van die familie. Hulle het haar ook altyd saamgeneem op inkopietogte en ander familie geleenthede. Lezelda is nooit weggesteek of daar is verskoning gemaak t.o.v. haar voorkoms nie Op die ouderdom van drie jaar het daar ‘n paar groot positiewe veranderings in Lezelda se lewe gekom. Haar ma het weer getrou en die nuwe pa het Lezelda onvoorwaardelik aan-

vaar en nooit na haar verwys as ‘n stiefkind nie maar het haar aangemoedig om voluit te leef. Lezelda het ook as driejarige meisie die Hope Skool begin bywoon en waar sy ook Matriek geslaag het. Hope Skool is geleë in Johannesburg en dit is ‘n skool vir fisiese gestremdes. Lezelda was ook in die koshuis en dit baie geniet. In 1988 skryf sy gewone TOD matriekeksamen . Verstandelik is Lezelda se denke 100% normaal, dit is maar net liggaamlik wat die probleem is. Die liggaamlike probleem het haar egter nie

Lezelda as baba

Leselda as peuter

Page 3: Lezelda Lubbe Biografie

3

weerhou om haar skoolloopbaan te geniet en uit te blink nie. Op die jonge ouderdom van drie het Lezelda die ondervinding beleef om in die koshuis te gaan woon en vêr van die huis af te wees. Sy het baie verlang en vir haar het dit gevoel of haar familie haar wegge-gooi het. Lezelda het aangepas en die skool het haar 2 de tuiste geword. Haar maats het haar boeties en sussies geword. Die kinders in die koshuis is versorg deur verpleegsters, susters en daar was ook ‘n matrone wat in beheer was. Lezelda het elke naweek huis toe gegaan en sommige naweke by haar vriendinne gaan kuier. Die koshuis het 200 kinders gehuisves. Kinders was in rolstoele, party het mank geloop ander het Polio gehad en na hul herstel die skool bygewoon. Die skool het

spraak, arbeid en fisioterapeute in diens gehad wat met die kinders gewerk het. Die kinders is almal tussen die ouderdomme van 3 en 6 jaar geleer om die basiese te doen soos self aan te trek, badkamer te gebruik, lees, skryf, blokkies te bou en self te eet. Die skool het ook ’n warmwater swembad ge-had waarin die kinders geleer het om te swem en hul spiere te ontwikkel. Lezelda het uitgeblink in die skool. Sy het geleer tik, gala swem, was dirigente vir die atletiekspan ,

sy het skaak-en-dambord gespeel, was betrokke by die mat rolbal toernooie van die skool en koor gesing. Lezelda beskik oor leierseienskappe deurdat sy in standerd nege gekies is as prefek en in matriek is Lezelda aangewys as hoof-dogter. Lezelda se sosiale lewe het ook nie agtergebly nie. Die skool het een keer per kwartaal ‘n Disko dans gereël in die skoolsaal en by hierdie geleentheid is die ‘Disko King &Queen’ gekies. Lezelda is by so ‘n ge-leentheid aangewys as die ‘ Disko Queen’. Die Ma-triekafskeid is ook ‘n belewenis wat haar altyd sal by-bly. Lezelda se Matriekafskeidsrok se kleur was wit en haar metgesel was ‘n blinde persoon wat sy op ses-jarige ouderdom ontmoet het by die vakansieplek Buf-felspoort. Hulle het oor die jare kontak behou. Lezelda het pryse ontvang op skool onder andere vir akademiese prestasie en ook dat sy haar gebrek aanvaar het en die beste daarvan gemaak.

Lezelda se eerste dag by die skool

Lezelda swem Gala

Lezelda tik soos ’n Pro

Page 4: Lezelda Lubbe Biografie

4

Goue oomblikke in Lezelda se leweGoue oomblikke in Lezelda se leweGoue oomblikke in Lezelda se leweGoue oomblikke in Lezelda se lewe

Lezelda kan self eet

Lezelda geniet ‘’n dag by die see

Lezelda hou kunsuitstalling by Langeberg Mall

Page 5: Lezelda Lubbe Biografie

5

Lezelda het haar skoolloopbaan geniet en dit het haar selfstandig gemaak en voorberei vir die lewe. Juffrou Elize Robertse Lezelda se Tik onderwyser het ‘n groot rol gespeel in haar lewe. Sy het Lezelda altyd aangemoedig en vertel dat Lezelda groot sukses kan behaal as sy altyd in haar self glo en positief bly in haar denke. Die skool het aanbeveel dat Lezelda Joernal-istiek of Sielkunde gaan studeer maar ver-voer en blyplek was prakties nie moontlik nie. Filp Swanepoel van die Mond-en-Skilder Vereniging was ‘n vriend van die gesin. Hy

het aanbeveel dat Lezelda begin om skilderlesse te neem en van die werke te stuur na die hoofkantoor van die Mond-en-Skilder Vereniging wat geleë was in Lich-tenstein. Lezelda het dit gedoen en haar lidmaatskap is aanvaar. In hierdie proses van om vir haarself ‘n lewe te skep en ‘n manier te vind om ‘n inkomste te genereer het Lezelda ontdek dat sy n natuurlike aanleg en talent het om te skilder. Lezelda het nog nooit in haar skoolloopbaan enige tekens ge-toon dat sy oor

so ‘n fenomenale skilder talent beskik nie. Hierdie was ‘n aanduiding van die pad vorentoe hoe hierdie uiters talentvolle vrou nog die struikelblokke in ander se oë maar in haar geval boustene sal aanwend om haar te help om haar grootste droom te bewaarheid. Die skilderwerk het Lezelda se voltydse beroep geword en in die afgelope paar jaar het Lezelda ‘n paar enkel man uitstallings gehou. Lezelda het haar lewensmaat ontmoet en is tans woonagtig in Albertinia ‘n pragtige klein dorpie in die middel van die Tuinroete. Lezelda het geen kinders en beskou haar honde as haar kinders. Lezelda word bygestaan deur Shahida wat haar help met baie praktiese dinge en om haar huishouding te bestuur. Lezelda se grootste droom nl. om haar eie voertuig te bestuur het nou moontlik geword. Vir jare was dit maar net ‘n droom omdat daar prakties geen manier was dat Lezelda dit ooit sal reg kan kry nie.

Prestasie toekenning by die skool

Lezelda skilder met haar mond

Lezelda saam met haar ma

Page 6: Lezelda Lubbe Biografie

6

Voorbeelde van Lezelda se skilderyeVoorbeelde van Lezelda se skilderyeVoorbeelde van Lezelda se skilderyeVoorbeelde van Lezelda se skilderye

Page 7: Lezelda Lubbe Biografie

7

Page 8: Lezelda Lubbe Biografie

8

Dit het egter alles nou verander, tydens die Hartlam fees in Hartenbos die jaar het Lezelda ‘n stalletjie gehad waarin van haar werke te siene en te koop was. Langs haar was die stalletjie van ‘n persoon wat foto’s ten toon gestel het van ‘n elektriese motor wat ‘n per-soon soos Lezelda in staat stel om self te bestuur. Hierdie motor word van Singa-poer ingevoer en dit is spesiaal vir gestremdes ontwerp. Die stuurwiel gaan vervang word met ‘n “joy stick” en alles werk met knoppies. Die motor ry ‘n spoed van 60 km per uur en kan ‘n afstand van 150 km aflê voordat die battery herlaai moet word. Die totale bedrag van die motor is R 141 934-00 en dit sluit die prys van die ombou van die motor in.

Lezelda beskik nie oor die nodige kapitaalfonds om die motor te koop nie maar dit stuit haar nie. Sy weet daar is nou definitiewe manier vir haar om ‘n eie voertuig te bestuur. Hierdie voertuig sal haar in staat stel om meer onafhanklik te wees, omdat daar plek is vir n passasier sal haar helper Shahida saam kan ry en Lezelda bystaan by plekke. Lezelda sien dit nie as ‘n struikelblok omdat sy op hierdie tydstip nie oor die nodige fondse beskik nie,

inteendeel die geleentheid is ‘n bousteen wat haar nou in staat stel om n aksie-plan van stapel te stuur wat twee ledig is nl. om fondse bymekaar te kry om die motor te koop en om ander mense te wys en aan te moedig jy kan jou droom laat waar kom as jy net glo. Lezelda is uitsonderlike en fenomenale vrou wat deur positiewe denke, geloof in haarself en God en deur harde werk bewys het dat dit moontlik is om jou grootste droom en ideaal te bereik.

Die Edith motor wat Lezelda wil koop

Page 9: Lezelda Lubbe Biografie

9

Om betrokke te raak by Lezelda`s Car Project kontak Lezelda persoonlik by

Sel: +27731543096 E-pos: [email protected]

Website: http://www.facebook.com/lezeldascarproject?ref=hl

Youtube video: http://youtu.be/2MWkTbCSPS0

Bankbesonderhede

Bank: ABSA Rekeningnaam houer: Lezelda`s Car Project Rekeningnommer: 9285073148 Takkode:8697

YOUR DREAM OF TODAY CAN BECOME YOUR REALITY

TOMORROW. IT STARTS WITH THE FIRST STEP.

Page 10: Lezelda Lubbe Biografie

10

Attitude is a little thing that makes a big difference. ~Winston Churchill

Opgestel en geskryf deur Therlia