lewende fossiele - · pdf filelewende fossiele geskryf deur daniel louw sondag, 16 desember...

12
Lewende fossiele Geskryf deur Daniel Louw Sondag, 16 Desember 2012 11:30 Ek het onlangs die DVD, Living Fossils, Evolution: The Grand Experiment, Episode 2 deur Dr Carl Werner gekyk. Die DVD begin met die volgende vrae: Het natuur-historiese museums irrelevant geword? Het dit so verouderd en argaïes geraak dat hulle tans die publiek mislei? Het museumkurators doelbewus sekere fossiele van die publiek weerhou – fossiele wat die teorie van evolusie in gedrang sal bring? Of het hulle nie die nodige finansies om hulle museums op te dateer nie? Waar kom hierdie redelik drastiese stellings vandaan? Dr Carl Werner is ’n mediese dokter. Toe hy 19 jaar oud was en nog ’n mediese student, het ’n medestudent hom gekonfronteer met argumente teen evolusie. Dr Werner het sy argumente redelik geldig ervaar en dit het hom gepla omdat hy geglo het dat evolusie ’n feit is. Die student het hom gewed dat hy nie evolusie sou kon bewys nie. Hy het hierdie uitdaging redelik ernstig opgeneem en begin soek. Hy het geredeneer dat as evolusie nie waar is nie, behoort daar fossiele van moderne diere saam met die fossiele van dinosourusse te wees. Hy het slegs fossiele oorweeg wat in dinosourus opgrawingsterreine gevind is sodat mense nie kon sê dat sy bevindinge nie “ou” fossiele was nie. Hy was baie verbaas wat hy gevind het: in die dinosouruslae was daar ook fossiele van die al die moderne hoof diergroepe en ook plante sonder dat hulle baie verander het (kyk Woorde skat vir vertalings en definisies en ook Wetenskaplike Klassifikasie ): - Elke hoof invertebrata -groep: geleedpotiges (bv insekte en skaaldiere), skulpvis, stekelhuidiges (bv stervis, seelelies, bros sterre, ens), korale, sponse, en gesegmenteerde wurms (bv erdwurms, mariene wurms, ens). - Vertebratas : visse, amfibië, reptiele, voëls en soogdiere. - Die hoof visgroepe : Kraakbeenagtige vis (haaie en straalvisse), beenagtige vis (bv steur, spaanvis, salm, haring, bot en bowfin) en kaaklose vis (slymprik en lamprei). - Die vier reptielgroepe : slange, akkedisse, skilpaaie en krokodille. - Voëls : papegaaie, uile, pikkewyne, eende, albatrosse, kormorante, ens. - Soogdiere : eekhorings, possums, Tasmaanse duiwels, erdvarke, bewers en eendbekdiere. Dr Werner weet nie hoe goed hierdie fossiele ooreenstem met moderne diere – hy het self nie hierdie fossiele gesien nie omdat nie een van hierdie fossiele in die 60 museums wat hy besoek het, gesien kan word nie omdat dit van die publiek weerhou word. Die paleontoloë wat die opgrawings gedoen het, het dit wel gesien. - Al die hoof plantsoorte : blomplante, ginkgobome, keëlbome, mos, vaskulêre mosse, broodbome en varings. Weereens, as jy kyk na hierdie fossiele en dit vergelyk met moderne vorms, sal jy vinnig tot die gevolgtrekking kom dat die plante nie verander het nie. Fossiel mammoetbome, magnolias, kornoelies, populiere en rooihoute, lelies, broodbome, varings, perdesterte, ens is gevind by die dinosourus opgrawings. 1 / 12

Upload: dangthu

Post on 06-Feb-2018

239 views

Category:

Documents


5 download

TRANSCRIPT

Page 1: Lewende fossiele - · PDF fileLewende fossiele Geskryf deur Daniel Louw Sondag, 16 Desember 2012 11:30 Tydens dr Werner se ondersoek het hy twee belangrike dinge geleer: 1. Daar is

Lewende fossiele

Geskryf deur Daniel LouwSondag, 16 Desember 2012 11:30

Ek het onlangs die DVD, Living Fossils, Evolution: The Grand Experiment, Episode 2 deur DrCarl Werner gekyk. Die DVD begin met die volgende vrae: Het natuur-historiese museumsirrelevant geword? Het dit so verouderd en argaïes geraak dat hulle tans die publiek mislei? Hetmuseumkurators doelbewus sekere fossiele van die publiek weerhou – fossiele wat die teorievan evolusie in gedrang sal bring? Of het hulle nie die nodige finansies om hulle museums op tedateer nie?

Waar kom hierdie redelik drastiese stellings vandaan? Dr Carl Werner is ’n mediese dokter. Toehy 19 jaar oud was en nog ’n mediese student, het ’n medestudent hom gekonfronteer metargumente teen evolusie. Dr Werner het sy argumente redelik geldig ervaar en dit het homgepla omdat hy geglo het dat evolusie ’n feit is. Die student het hom gewed dat hy nie evolusiesou kon bewys nie. Hy het hierdie uitdaging redelik ernstig opgeneem en begin soek. Hy hetgeredeneer dat as evolusie nie waar is nie, behoort daar fossiele van moderne diere saam metdie fossiele van dinosourusse te wees. Hy het slegs fossiele oorweeg wat in dinosourusopgrawingsterreine gevind is sodat mense nie kon sê dat sy bevindinge nie “ou” fossiele wasnie. Hy was baie verbaas wat hy gevind het: in die dinosouruslae was daar ook fossiele van dieal die moderne hoof diergroepe en ook plante sonder dat hulle baie verander het (kyk Woordeskat virvertalings en definisies en ook Wetenskaplike Klassifikasie):

- Elke hoof invertebrata-groep: geleedpotiges (bv insekte en skaaldiere), skulpvis,stekelhuidiges (bv stervis, seelelies, bros sterre, ens), korale, sponse, en gesegmenteerdewurms (bv erdwurms, mariene wurms, ens). - Vertebratas: visse, amfibië, reptiele, voëls en soogdiere. - Die hoof visgroepe: Kraakbeenagtige vis (haaie en straalvisse), beenagtige vis (bv steur,spaanvis, salm, haring, bot en bowfin) en kaaklose vis (slymprik en lamprei). - Die vier reptielgroepe: slange, akkedisse, skilpaaie en krokodille. - Voëls: papegaaie, uile, pikkewyne, eende, albatrosse, kormorante, ens. - Soogdiere: eekhorings, possums, Tasmaanse duiwels, erdvarke, bewers eneendbekdiere. Dr Werner weet nie hoe goed hierdie fossiele ooreenstem met moderne diere –hy het self nie hierdie fossiele gesien nie omdat nie een van hierdie fossiele in die 60 museumswat hy besoek het, gesien kan word nie omdat dit van die publiek weerhou word. Diepaleontoloë wat die opgrawings gedoen het, het dit wel gesien. - Al die hoof plantsoorte: blomplante, ginkgobome, keëlbome, mos, vaskulêre mosse,broodbome en varings. Weereens, as jy kyk na hierdie fossiele en dit vergelyk met modernevorms, sal jy vinnig tot die gevolgtrekking kom dat die plante nie verander het nie. Fossielmammoetbome, magnolias, kornoelies, populiere en rooihoute, lelies, broodbome, varings,perdesterte, ens is gevind by die dinosourus opgrawings.

1 / 12

Page 2: Lewende fossiele - · PDF fileLewende fossiele Geskryf deur Daniel Louw Sondag, 16 Desember 2012 11:30 Tydens dr Werner se ondersoek het hy twee belangrike dinge geleer: 1. Daar is

Lewende fossiele

Geskryf deur Daniel LouwSondag, 16 Desember 2012 11:30

Tydens dr Werner se ondersoek het hy twee belangrike dinge geleer:

1. Daar is baie voorbeelde van fossiele van moderne diere en plante wat in diedinosouruslae gevind word. Dit het hom baie verbaas. 2. Die moderne diere vandag het heeltemal verskillende wetenskaplike name as die fossielevan die moderne diere wat gevind is in die dinosouruslae, ten spyte daarvan dat hulle baieooreenstem. As mens bv ’n moderne garnaal met die fossiel van ’n garnaal vergelyk, lyk dietwee baie dieselfde, maar tog het hulle verskillende wetenskaplike name (figuur 1):

Figuur 1: Litopenaeus setifery vs Antrimpos speciosus (Garnaal)

2 / 12

Page 3: Lewende fossiele - · PDF fileLewende fossiele Geskryf deur Daniel Louw Sondag, 16 Desember 2012 11:30 Tydens dr Werner se ondersoek het hy twee belangrike dinge geleer: 1. Daar is

Lewende fossiele

Geskryf deur Daniel LouwSondag, 16 Desember 2012 11:30

Die volgende foto wys die skedels van twee honde (Canis familiaris) en demonstreer hoe grootdie variasie kan wees binne een diersoort. Alhoewel die twee skedels van die honde redelikdrasties verskil, het hulle dieselfde wetenskaplike naam.

Figuur 2: Die skedels onderskeidelik 'n bulhond en Ierse wolfhond wat demonstreer hoegroot die variasie kan wees binne een diersoort

Dit is daarom dat dr Werner so verbaas was dat daar verskillende name bestaan vir diemoderne diere en die fossiele wat gevind is in die dinosouruslae. Die volgende prentjies is nogvoorbeelde van wat dr Werner gevind het en wat bogenoemde twee waarnemings bevestig:

3 / 12

Page 4: Lewende fossiele - · PDF fileLewende fossiele Geskryf deur Daniel Louw Sondag, 16 Desember 2012 11:30 Tydens dr Werner se ondersoek het hy twee belangrike dinge geleer: 1. Daar is

Lewende fossiele

Geskryf deur Daniel LouwSondag, 16 Desember 2012 11:30

Figuur 3: Hemicidaris intermedia vs Eucidaris tribuloides (griffel seekastaiing of “slatepencil urchin”):

Figuur 4: Fungia fungites vs Cyclolites undulata (Boggelrug koraal of "HumpbackCoral")

4 / 12

Page 5: Lewende fossiele - · PDF fileLewende fossiele Geskryf deur Daniel Louw Sondag, 16 Desember 2012 11:30 Tydens dr Werner se ondersoek het hy twee belangrike dinge geleer: 1. Daar is

Lewende fossiele

Geskryf deur Daniel LouwSondag, 16 Desember 2012 11:30

Figuur 5: Procambrus clarkii (links) vs Eryma leptodactylina (regs) (varswaterkreef)

Figuur 6: Palinurina longipes (links) Panulirus pencillatus (regs) (Kreef)

5 / 12

Page 6: Lewende fossiele - · PDF fileLewende fossiele Geskryf deur Daniel Louw Sondag, 16 Desember 2012 11:30 Tydens dr Werner se ondersoek het hy twee belangrike dinge geleer: 1. Daar is

Lewende fossiele

Geskryf deur Daniel LouwSondag, 16 Desember 2012 11:30

Figuur 7: Pachydiplax longipennis (links) vs Urogomphus giganteus (regs)(Naaldekoker)

Figuur 8: Albertochampsa langstoni vs Alligator mississipiensis (Amerikaans krokodil)

6 / 12

Page 7: Lewende fossiele - · PDF fileLewende fossiele Geskryf deur Daniel Louw Sondag, 16 Desember 2012 11:30 Tydens dr Werner se ondersoek het hy twee belangrike dinge geleer: 1. Daar is

Lewende fossiele

Geskryf deur Daniel LouwSondag, 16 Desember 2012 11:30

Figuur 9: Scapanorynchus vs Mitsukurina (Kabouterhaai of “goblin shark”)

Figuur 10: Latimeria chalumnae vs Coelacanthus Pencillatus ( Selakant of “coelacanth”)

7 / 12

Page 8: Lewende fossiele - · PDF fileLewende fossiele Geskryf deur Daniel Louw Sondag, 16 Desember 2012 11:30 Tydens dr Werner se ondersoek het hy twee belangrike dinge geleer: 1. Daar is

Lewende fossiele

Geskryf deur Daniel LouwSondag, 16 Desember 2012 11:30

Figuur 11: ’n Kewer

Figuur 12: Palaeocoma tenuibrachiata (links) vs Ophiarachenella (spesie onbepaald)(regs) (Brosster of "Brittle Star")

8 / 12

Page 9: Lewende fossiele - · PDF fileLewende fossiele Geskryf deur Daniel Louw Sondag, 16 Desember 2012 11:30 Tydens dr Werner se ondersoek het hy twee belangrike dinge geleer: 1. Daar is

Lewende fossiele

Geskryf deur Daniel LouwSondag, 16 Desember 2012 11:30

Figuur 13:Iguana/likkewaan

9 / 12

Page 10: Lewende fossiele - · PDF fileLewende fossiele Geskryf deur Daniel Louw Sondag, 16 Desember 2012 11:30 Tydens dr Werner se ondersoek het hy twee belangrike dinge geleer: 1. Daar is

Lewende fossiele

Geskryf deur Daniel LouwSondag, 16 Desember 2012 11:30

Figuur 14: Populus kansaseana (links) vs Populus szechuanica (regs) (Populier or"Poplar"). Op die DVD word gewys dat hierdie blaar presies op die fossiel pas

10 / 12

Page 11: Lewende fossiele - · PDF fileLewende fossiele Geskryf deur Daniel Louw Sondag, 16 Desember 2012 11:30 Tydens dr Werner se ondersoek het hy twee belangrike dinge geleer: 1. Daar is

Lewende fossiele

Geskryf deur Daniel LouwSondag, 16 Desember 2012 11:30

Figuur 15: Limulus polyphemus (links) vs Mesolimulus walchi (regs) (Hoefyster krap of"Horseshoe crab") Dit is dus baie duidelik dat moderne diere saam met dinosourusse geleef het maar datwetenskaplikes verskillende name gee vir die moderne diere en die fossiele van moderne dieresaam met dinosourusfossiele, selfs al stem die fossiele baie ooreen. ’n Ander interessante verskynsel wat gevind is, is ’n fossiel van ’n dier wat baie ooreenstem met’n Tasmaanse duiwel (“Tasmanian devil”), met ’n klein dinosourus in sy maag (kyk Dinosaur-eating mammal discovered in Chinaen Prehistoric badger had dinosaurs for breakfast). Daarom het die vraag by Carl Werner ontstaan of evolusie nie kunsmatig aangeblaas word niedeurdat wetenskaplikes totaal verskillende wetenskaplike name uitdink vir moderne diereteenoor "prehistoriese" diere, selfs al lyk hulle feitlik presies dieselfde. (In 'n onlangse ontledingvan die 1401 wetenskaplike name wat aan dinosourusse gegee is tussen 1824 en 2004 toondat ongeveer 16% van die name duplikate was, en 32% ander vorme van foute bevat – kyk Too many dinosaur names.) Aan die einde van die DVD spreek hy die volgende kritiek uit teenoor museums (onthou, hy wasvoorheen ‘n evolusionis): 1. Fossiele en moderne plante en diere word apart vertoon in museums. Dus kan ‘n mensnie maklik die ooreenkomste raaksien nie en aanvaar mense dat diere en plante verander hetoor tyd. 2. Museums vertoon nooit fossiele van dinosourusse saam met fossiele van moderne dierenie, selfs al is al hierdie fossiele van moderne diere ook in die dinosouruslae gevind. As garnalebyvoorbeeld saam met dinosourusse gevind is, hoekom word dit nooit saam vertoon inmuseums nie? 3. Die belangrikste fossiele, die byna 100% volledige fossiele van soogdiere wat gevind is indie dinosouruslae, is nie beskikbaar vir die publiek om gesien te word by geen een van die 60museums wat dr Werner besoek het nie. [Is dit om te verhoed dat mense sien dat evolusie oplosse skroewe staan?] Kyk ook - Evolutionists can’t dodge ‘Living Fossils’ - The Grand Experiment (dr Werner se webblad) - Aanhalings - Paleontologie - Living fossils: a powerful argument for creation (creation.com) - Modern birds found with dinosaurs - Interview with Dr. Carl Werner, Executive Producer of Living Fossils (youtube.com) - Fossiele op verkeerde plekke in die geologiese kolom - Videos op youtube - Vir boeke en DVD’s, kliek hier .

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

Die volgende kom uit Does CMI ministry to churches reach unbelievers? :

The testimony of a gentleman in Canada, whom we’ll refer to as Larry, is a good example of the‘fruit’ possible from creation ministry. CMI–Canada speaker Calvin Smith addressed Larry’schurch in 2009. Larry recalls:

11 / 12

Page 12: Lewende fossiele - · PDF fileLewende fossiele Geskryf deur Daniel Louw Sondag, 16 Desember 2012 11:30 Tydens dr Werner se ondersoek het hy twee belangrike dinge geleer: 1. Daar is

Lewende fossiele

Geskryf deur Daniel LouwSondag, 16 Desember 2012 11:30

“After Calvin spoke, many questions that I had had for years were answered and I became a‘capital C Christian’. I have always gone to church but now I realize I was an agnostic duringthose years. I really didn’t believe the Bible and thought that many questions like, ‘How do weknow God exists?’ just didn’t have answers.”

12 / 12