lewe in oorvloed · (as deel van die won-derwerkerpreekreeks). klasie en ida van heerden, ons...

4
27 September 2015 NUUSFLITS: 2 Okt: Skole sluit 3 Okt: Betesda kos - en - kunsmark 9 - 13 Okt: Bruce Hebel: Forgiving Forward 13 Okt: Date night seminaar 16 Okt: Uitreikenaweek 25 Okt: Nagmaal Meisies/vroue wat deur ’n krisisswangerskap ervaar word binne ’n Dagsorgpro- gram versorg. Ondersteuning en bystand word gebied. 09:00 Familiediens Ouditorium Ds. Philip Scholtz Deuroffer: Magdalenahuis 27 Sept. 2015, Koninkrykbestuursveldtog Elke 100 verteenwoordig R100 000,00 Ons leer in Ko- ninkrykstyd om die wonderlike gawes wat ons ontvang het, elke dag uit te leef en verantwoordelik te bestuur. In alles moet ons God eer vir die gawes wat Hy ons gee. Ons is besig met die Koninkrykbestuurs- veldtog en behandel Die Wonderwerker as preekreeks. Onthou dat ons vandag, 4 en 11 Okt. die reeks onderbreek omdat dit langnaweek en vakansie is. Dit bied opvangtyd vir die wat agter geraak het. By die afsluiting van die Koninkrykbe- stuursveldtog op 25 Okt. neem ons weer die koeverte op. Koeverte en ander inbetalings is steeds welkom tot Febr. 2016. Ons gaan voort op: 18 Okt. - Die Waterloper 25 Okt. - Die Oogspesialis 1 Nov. - Die Grafdief Ons het al R23 180,00 ingesamel. Help ons asb. om die mikpunt te bereik. Durbanville-Bergsig eer God vir Sy voor- siening en as die Een wat alles onder- hou in die Skepping. Alle eer aan Hom. 09:00 Familiediens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk Deuroffer: Biblia/Evangelie aan Seelui 4 Okt. 2015, 09:00 Familiediens Ouditorium Bruce Hebel Deuroffer: Borg-’n-Kamer 11 Okt. 2015, Niks leef in die water van die Dooie See in Palestina, as gevolg van die hoë soutkonsentrasie nie. Hoekom? Omdat die Dooie See geen uitloop het nie – slegs ’n inloop. Om finansieel welvarend te wees, is genade van die Here! God seën my met ’n inkomste en besittings, sodat ek ook ’n seën vir iemand anders kan wees. Indien ons nie geld die fokus van ons lewens maak nie, maar aan God gehoorsaam, in ons verhouding met Hom is, is dit geen probleem om welvarend te wees nie. Wanneer ons egter net wil hê en opgaar en daar is geen uitvloei nie, word ons ’n finansiële Dooie See. “Geldgierigheid is ’n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal” – 1 Tim 6:10 Wat ons ookal ontvang moet óók tot voordeel van ander wees. “Wie hom oor ’n arm mens ontferm, gee ’n lening aan die Here en Hy sal hom ten volle vergoed” –Spr 19:17 Die Here het ‘n wonderlike belofte vir almal wat Hom met hulle besittings dien: “Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn” – Spr 3:9,10. Ontvang wat God jou gee met vreugde. Beskou die Koninkrykbe- stuursveldtog as ‘n geleentheid om jouself opnuut aan die Here toe te wy. Sien dit as ‘n manier om vir God te sê dat jy Hom regtig liefhet! Dat jy Hom voluit wil dien, ook met jou finansies! Winston Churchill het gesê: “You make a living by what you get; you make a life by what you give”. Kom ons belê as Sy Ligdraers ALMAL saam in die Koninkryk van God. Ons almal het ’n verantwoordelikheid teenoor ander en die gemeenskap. Lewe in oorvloed

Upload: others

Post on 26-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Lewe in oorvloed · (as deel van Die Won-derwerkerpreekreeks). Klasie en Ida van Heerden, ons sendelinge in Thailand, is ook met besoek hier as deel van die naweek. Ons nooi almal

27 September 2015

NUUSFLITS:

2 Okt: Skole sluit

3 Okt: Betesda kos-en-

kunsmark

9-13 Okt: Bruce Hebel:

Forgiving Forward

13 Okt: Date night seminaar

16 Okt: Uitreikenaweek

25 Okt: Nagmaal

Meisies/vroue wat deur ’n

krisisswangerskap ervaar

word binne ’n Dagsorgpro-

gram versorg. Ondersteuning

en bystand word gebied.

09:00 Familiediens Ouditorium Ds. Philip Scholtz

Deuroffer: Magdalenahuis

27 Sept. 2015,

Koninkrykbestuursveldtog

Elke 10

0 verteen

wo

ord

ig R1

00

00

0,0

0

Ons leer in Ko-

ninkrykstyd om die

wonderlike gawes wat

ons ontvang het, elke

dag uit te leef en

verantwoordelik te

bestuur. In alles moet

ons God eer vir die

gawes wat Hy ons gee.

Ons is besig met die

Koninkrykbestuurs-

veldtog en behandel

Die Wonderwerker as

preekreeks.

Onthou dat ons

vandag, 4 en 11 Okt.

die reeks onderbreek

omdat dit langnaweek

en vakansie is. Dit

bied opvangtyd vir die

wat agter geraak het.

By die afsluiting van

die Koninkrykbe-

stuursveldtog op 25

Okt. neem ons weer

die koeverte op.

Koeverte en ander

inbetalings is steeds

welkom tot Febr.

2016.

Ons gaan voort op:

18 Okt. -

Die Waterloper

25 Okt. -

Die Oogspesialis

1 Nov. - Die Grafdief

Ons het al R23 180,00

ingesamel. Help ons

asb. om die mikpunt te

bereik.

Durbanville-Bergsig

eer God vir Sy voor-

siening en as die

Een wat alles onder-

hou in die Skepping.

Alle eer aan Hom.

09:00 Familiediens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk

Deuroffer: Biblia/Evangelie aan

Seelui

4 Okt. 2015,

09:00 Familiediens Ouditorium Bruce Hebel

Deuroffer: Borg-’n-Kamer

11 Okt. 2015,

Niks leef in die water van die Dooie See in Palestina, as gevolg van die hoë soutkonsentrasie nie.

Hoekom? Omdat die Dooie See geen uitloop het nie – slegs ’n inloop.

Om finansieel welvarend te wees, is genade van die Here!

God seën my met ’n inkomste en besittings, sodat ek ook ’n seën vir iemand anders kan wees. Indien ons nie geld die fokus van ons lewens maak nie, maar aan God gehoorsaam, in ons verhouding met Hom is, is dit geen probleem om welvarend te wees nie.

Wanneer ons egter net wil hê en opgaar en daar is geen uitvloei nie, word ons ’n finansiële Dooie See.

“Geldgierigheid is ’n wortel van allerlei kwaad. Party het

geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal” – 1 Tim 6:10

Wat ons ookal ontvang moet óók tot voordeel van ander wees.

“Wie hom oor ’n arm mens ontferm, gee ’n lening aan die Here en Hy sal hom ten volle vergoed” –Spr 19:17

Die Here het ‘n wonderlike belofte vir almal wat Hom met hulle besittings dien:

“Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn” –

Spr 3:9,10.

Ontvang wat God jou gee met vreugde.

Beskou die Koninkrykbe-

stuursveldtog as ‘n geleentheid om jouself opnuut aan die Here toe te wy. Sien dit as ‘n manier om vir God te sê dat jy Hom regtig liefhet! Dat jy Hom voluit wil dien, ook met jou finansies!

Winston Churchill het gesê: “You make a living by what you get; you make a life by what you give”.

Kom ons belê as Sy Ligdraers ALMAL saam in

die Koninkryk van God.

Ons almal het ’n verantwoordelikheid teenoor ander en die

gemeenskap.

Lewe in oorvloed

Page 2: Lewe in oorvloed · (as deel van Die Won-derwerkerpreekreeks). Klasie en Ida van Heerden, ons sendelinge in Thailand, is ook met besoek hier as deel van die naweek. Ons nooi almal

Bergsig-Uitreikhulp

Vanuit die Uitreikkantoor ...

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Bergsigprojekte op ons voorstoep

Hierby is die datums vir die jaar se Moslemuitreike:

Okt: 17 en 31, Nov: 14 en 28, Des: 5

Bel vir Andre van der Westhuizen om meer hieroor te hoor 074 330 4431.

MOSLEMBEDIENING

Bring gerus enige toeskroef glasbottels (gewas) van enige grootte asook blikkies kerk toe asb.

Alba 083 462 0718 is besig met ’n nuwe projek.

Bergsigprojekte oor grense

Die Betesda Uitreikprojek vir gestremdes hou op Sater-dag 3 Oktober hul maande-likse ’n Kos-en-Kunsmark van 8:30 - 14:00 by Bergsig se Kerksentrum in Boland-weg, Vierlanden, Durban-ville. Die Betesda projek samel fondse in om persone in die gemeenskap met een of ander gestremdheid te ondersteun en om Perde-pret, ’n terapeutiese akti-witeit met perde te finansier waaraan kinders van die Durbanville Kinderhuis deelneem. Pannekoek, worsrolle, koek-sisters, beskuit, pasteie en ander koekigheid word te koop aangebied. Kom geniet

die eetgoed saam met ’n koppie koffie of tee. Oorspronklike hand en kunswerk, tweedehandse boeke, DVD’s en CD’s word ook te koop aangebied. Boek skenkings word dringend benodig. Filatelie, Seël Handelaars

en seël entoesiaste van die

Weskaapse se maandelikse

Seël Kermis sal Saterdag 3

Oktober saam met die Be-

tesda Kos en Kunsmark

plaasvind. Kontakpersoon is

Ken Joseph by 021 864

1631 of 072 597 1287.

Vir meer inligting m.b.t. die mark skakel Hans Human by 082 549 0518.

“Frontida nuus vanuit Thailand”

STRAATUITREIKE: Ons vra gebed vir persone bedien deur ons straat-uitreike:

4 manne wat vaste werk soek

A…..Moslem, baie soekend na die ware geloof. Bid asb. vir oorgawe

D…..jong ou, weet van God, het bietjie afgedwaal drink tans en vra vir gebed vir die regte keuses in die lewe

“Johann en Edna van Tonder van Bergsig besoek vir Marina en Andre in Thailand van 3 – 5 Oktober. Indien enige gemeentelid geroep voel om “iets” saam te stuur vir Andre en Marina, maar nie weet wat hul behoefte is nie, bel dan vir Edna by 083 302 4838 .”

Bid vir ons uitreikenaweek

wat beplan is vir 16 tot 18

Oktober asseblief.

Vrydagaand skop ons die

naweek af met ’n ete vir al

die projekleiers. By die

geleentheid sê ons dankie

vir hul toegewydheid deur

die jaar.

Sondag 18 Okt. se preek

handel oor Die Waterloper

(as deel van Die Won-

derwerkerpreekreeks).

Klasie en Ida van Heerden,

ons sendelinge in Thailand,

is ook met besoek hier as

deel van die naweek.

Ons nooi almal om 18 Okt.

tussen en na eredienste die

Uitreikeprojek Ekspo te be-

sigtig en met die projekleiers

te gesels.

Eksterne uitstallers soos

MES en Durbanville

Kinderhuis sal ook teen-

woordig wees.

Akkoord sal soos gewoonlik

versnaperings in die

binnehof verkoop. Bring dus

jou geldjie saam.

Vir navrae bel Annamaré

Visser of e-pos haar gerus.

Foto: Fisantekraal Centre

for Development wys trots

hier hul gebak!

Uitreikenaweek 16 - 18 Okt

Op 22 Oktober vind die jaarlikse GOLDEN GAMES spele-

tjiesoggend vir seniors plaas. Mense wat wil deelneem aan

die oggend, gee jul name in by Elize Botma 021 976 4106.

GOLDEN GAMES

BETESDA KOS-EN-KUNSMARK

LESOTHO UITREIK BEHOEFTES - Petrol R2000 - Kos R5 000 (kinderhuis se treat ingesluit) - 20 SeSotho Bybels (± R2000) - 2 (2de handse) fietse enige grootte - speel- / skoolgoed - groentetuinsaad - donasies wat gebruik kan word om bv. vensters te vervang. Skakel Annamaré

Kraaifontein Moedergemeente hou ’n Gesinsfees vanaf 2 – 4 Okt. Plek: Hoërskool Eben Donges sportgronde,

h/v Van der Bijlstr en 8ste Laan. Pretpark, baie stalletjie, heerlike etes en verskeie kunstenaars

Vrydag, 2 Okt. vanaf 14:00 Saterdag, 3 Okt. vanaf 08:00

Sondag, 4 Okt. om 09:30 Met Woord en Lied deur Piet Smit Toegang en alle kunstenaars in gratis.

Page 3: Lewe in oorvloed · (as deel van Die Won-derwerkerpreekreeks). Klasie en Ida van Heerden, ons sendelinge in Thailand, is ook met besoek hier as deel van die naweek. Ons nooi almal

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

VERANDERINGE VAN ADRES, SELFOONNOMMER OF E-POS. Dit is ’n groot gemeente en ons weet nie as jy trek

nie. Laat weet asb. vir Elize, die administratiewe

beampte indien daar enige veranderinge in

bogenoemde plaasvind. Om kommunikasie te

vergemaklik sal dit baie waardeer word as jy help.

Veral e-pos adresse verander baie. Laat weet by:

[email protected] of 021-976 4106

x115

Op 29 November hou ons piekniek by die kerk na die

tweede diens.

Meer inligting volg later hieroor

NG GEMEENTE DURBANVILLE-BERGSIG

VAKATURE: LERAAR VERANTWOORDELIK

VIR SENIORBEDIENING

(Deeltydse Vastetermynaanstelling)

Durbanville-Bergsig is ’n makrogemeente in die Noordelike

Voorstede van Kaapstad. Ons het 400 senior lidmaatbe-

soekpunte binne die gemeente, wat versprei is tussen vyf

aftree-oorde en 80 privaatwonings.

Die betrekking behels ’n omvattende bediening van ons se-

nior lidmate. Die posbekleër sal deel van die gemeente se

bestuurspan uitmaak en ook die gemeente op die Durban-

ville Senior lidmateforum verteenwoordig.

Dit is ’n geleentheid vir iemand met ’n passie vir seniorlid-

mate. ’n Een-jaar termynaanstelling sal van toepassing

wees.

Belangstellendes kan hul CV’s stuur aan Rian du Toit, voor-

sitter van die Diensverhoudinge Kommissie, e-pos:

[email protected]. Navrae kan telefonies gerig word by

082 779 6150.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Oktober 2015 en die

beplande aanstellingsdatum is 15 Januarie 2016.

Ons gaan piekniek hou

Program vir die week:

Bruce en Toni Hebel is ’n egpaar van Amerika wat 10 Ok-

tober ’n seminaar aanbied oor vergifnis. Dit vind by Bergsig

plaas vanaf 8:30 - 16:00. Kaartjies is te koop by Compu-

ticket teen R300 per persoon. Dit sluit ’n ete, tee en koffie in.

Op 11 Okt. is ons bevoorreg dat Bruce by Bergsig preek en

iets deel van dié bediening waarin hulle staan.

Op 9 Okt. praat hy by die TGIF mannegeleentheid en op 13

Okt. by die TGIF vrouegeleentheid.

Die seminaar bied egter meer omvattende inligting rakende

die tema aan. Die erediens asook beide TGIF geleenthede

ondervang nie die seminaar nie. Die seminaar is dus ’n

goeie belegging as jy meer te wete wil kom oor vergifnis en

as jy “struggles” het in die verband.

Hulle praat onder andere oor: The freeing power of for-

giveness (How to be free from depression, fear and addic-

tion) • How to help others be free through forgiveness •

What is forgiveness anyway? • Learning the 7 protocols of

forgiveness • How to know you’ve forgiven completely • The

difference between forgiveness reconciliation and trust •

How to live in forgiveness daily and How to be free from the

past.

9:00 Familiediens

Die grootste uitverkoping nog van Christelike lektuur in die Kaap vind plaas van volgende Saterdag 3 Oktober tot Saterdag 10 Oktober

by Hoërskool DF Malan in Bellville.

Page 4: Lewe in oorvloed · (as deel van Die Won-derwerkerpreekreeks). Klasie en Ida van Heerden, ons sendelinge in Thailand, is ook met besoek hier as deel van die naweek. Ons nooi almal

NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure

H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106

Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606

S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]

[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za

Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

Bergsig personeel se KWAAI Springbok gesigte! Ons staan agter die

Bokke al gaan dit soeshi-soeshi (so-so). Eintlik treur ons ook so agterlangs.

Oupa-en-ouma dag vind die afgelope paar jaar gereeld plaas by Bergsig en

dit is vir almal ’n baie lekker bymekaarkoms. Die kinders sing liedjies

vir die oupas en oumas en daarna smul die seniors aan heerlike happies.