lesse wat leef - fxit...die huis gaan wys en vir hulle vra om vir hulle te help om die rympie wat...
TRANSCRIPT
1
Lesse wat Leef 9 handboeke vir die aanbieder
Elke boek bestaan uit drie komponente:
Wenke en beginsels vir lewendige leer-ervarings
Les-programme (kort, eenvoudig, maklik om voor te berei)
Visuele hulpmiddels (werkblaaie, uitdeelstukke, sketse)
Hierdie inligtingstuk bevat die volgende:
Inhoudsopgawe
Behoeftes en tendense van kleuters
Effektiewe vorms van leer
Een voorbeeldles, met visuele hulpmiddels
2
INHOUD
Sleutels tot Lesse wat Leef
Dinamiese lesaanbieding ... 3
Ken jy ons ... 4
Hoe leer ons ... 5
Help ons om te glo ... 6
Hoe leer ons God ken ... 7
Die Woord moet beleef word ... 8
Die Woord moet reg uitgelê word ... 9
Vet pret met versies ... 10
Die lesse sal nie werk nie ... 11
Lesse wat Leef ... 12
Stories wat leef ... 13
Leer ons bid ... 14
Kom ons sing … 15
Evaluering ... 16
Lesreekse
Elke les en elke lesreeks skakel met die volgende een,
daarom word die lesse in hierdie volgorde aangebied:
HOE IS GOD ... 17
GOD HET ALLES GEMAAK ... 27
GOD WYS DAT HY JOU LIEFHET ... 35
GOD HELP ALMAL WAT HOM LIEFHET … 44
GOD SORG VIR SY KINDERS ... 54
Indeks van visuele hulpmiddels ... 63
Hoe is God ... 64-66
God het alles gemaak ... 67-69
God wys dat Hy jou liefhet ... 70-74
God help almal wat Hom liefhet … 75-81
God sorg vir sy kinders ... 82-87
3
Ons sien vir God
'n Kleuter se denke oor God word beïnvloed deur sy verhouding met ander mense.
Hy dink mensvormig [konkreet] oor God. Hy "sien" Hom byvoorbeeld as 'n volwasse (of ou)
man – kwaai en ongenaakbaar wat stout kinders straf, of vriendelik en liefdevol wat vir alle
mense sorg en omgee.
Ons het name
Die kleuter se ervaring van homself is gekoppel aan die gebruik van sy naam. Hy “is” sy naam.
Wanneer iemand sy naam noem, styg sy eiewaarde en hy ervaar erkenning.
Die eerste byeenkoms moet dus ken-aktiwiteite insluit.
Noem elkeen se naam minstens een keer tydens elke les.
Speel met ons
Spel is die kortste pad na 'n kleuter se hart. As jy deel word van sy spel-aktiwiteite ervaar hy
dat hy vir jou belangrik is.
Al is spel-aktiwiteite in die meeste lesse as leer-aktiwiteite ingebou, is dit soms ook nodig om
sommer net te speel vir die lekkerte.
Ons soek grense
Kleuters soek duidelike grense en duidelike opdragte – saam met konsekwente optrede en
regverdige hantering. Wees ferm, maar liefdevol.
Dis wreed en onbybels om God as 'n dissiplinêre tool te gebruik: “Die Here gaan jou straf as jy
nie nou stilsit nie” of meer subtiel: “Jy maak Jesus se hart seer as jy die ander kinders so pla.”
Ons kán nie...
Hy kán nie lank op een aktiwiteit konsentreer nie, hy kán nie lank stilsit nie en hy’t 'n klomp
vrae en ander goed waarvan hy ontslae moet raak!
Dis tog interessant dat die kleuter se konsentrasievermoë nie deurgaans as “kort” aangedui
kan word nie. Wanneer die aktiwiteit hom interesseer, kan hy sy aandag relatief lank daarop
fokus.
Dis egter slim om aktiwiteite af te wissel: Teken, verf, legkaarte, bord- of kaartspeletjies,
konstruksiespel [boublokke], kleiwerk, knip-en-plak, ens.
Hy’s mal oor stories, en wanneer 'n storie “goed” vertel word, sal hy baie lank aandagtig sit en
luister.
4
. Kinders is .
Om hulle aandag te behou, moet die les ook .
Elke les bevat 'n aantal spel- en ander aktiwiteite.
Woelige en rustiger aktiwiteite word afgewissel.
Maak seker dat een aktiwiteit nie te lank aanhou nie.
Uitkomste van spel- en ander aktiwiteite:
Help om die kernboodskap [KB] te verstaan
Lê die bewoording van die KB vas
Stimuleer groepsbou en verhoudingsbou
Help met onthou en om die les te internaliseer
Fasiliteer die praktiese toepassing
Dien as evaluering om begrip te toets
Elke les bevat een KernBoodskap,
aangedui as KB.
Dis 'n kort sin of frase wat die kern of sentrale
waarheid van die les opsom.
Soms word een KB vir meer as een les in die reeks gebruik om dit
beter vas te lê en vanuit verskillende hoeke te belig.
Oral waar die afkorting "KB" in die les voorkom, gebruik die aanbieder die
bewoording van die kernboodskap.
5
GOD HET ALLES GEMAAK [5 lesse]
GOD IS 'n WONDER-GOD!
Die doel van hierdie reeks is om die kind te motiveer tot verwondering
en dankbaarheid. Hy kyk met ander oë na elke faset van die skepping,
ook na sy eie liggaam.
Die skeppingsverhaal word nie chronologies aangebied nie. Dis nie so
belangrik wanneer God iets gemaak het nie, maar dat Hy dit gemaak het. Omdat hulle die son,
maan en sterre [wat op die vierde dag geskep is] met lig assosieer, word dit byvoorbeeld saam
met die skepping van lig [op die eerste dag] aangebied.
Sommige lesse kan in ʼn tuin aangebied word waar hulle die natuur kan geniet, plantmateriaal
versamel en soms selfs 'n bietjie in die grond rondkrap.
KB of KERNBOODSKAP
Die kernboodskap sluit telkens aan by die tema van die reeks: God het alles gemaak. In elke les
word 'n ander aspek van God se skeppingswerk in perspektief geplaas.
Herhaling is 'n baie effektiewe leermetode, daarom moet die KB eintlik tot vervelens toe herhaal
word. [Slegs die aanbieder kan dalk verveeld raak – beslis nie die kleuters nie!] Indien iemand ná
die les vir die kleuter sou vra wat hy vandag geleer het, moet hy byvoorbeeld dadelik kan
antwoord, “God was altyd daar." Die KB word telkens geblok om dit maklik herkenbaar te maak.
MEMORISEERVERSE [Uiteensetting: bladsy 10]
Gen. 1:1: In die begin het God die hemel en die aarde gemaak. Hierdie vers is eintlik 'n kort en
eenvoudige opsomming van die totale leerinhoud van die reeks. Dis dus belangrik dat hulle
daarmee goed vertroud sal wees.
Ps. 139:14, vereenvoudig: Ek sê dankie Here, want U het my só wonderlik gemaak. [Dit word
slegs by les 5 gebruik, as Bybelse bevestiging van die les se kernboodskap.]
OORSIGTABEL
Kernboodskap [KB] Hoofaktiwiteit of –karakter Skrifgedeelte
1 God was altyd daar. Hemel/aarde, lig/donker aktiwiteite Gen. 1:1-8,14-16
2 God het al die plante gemaak. Grond- en plante-aktiwiteite Gen. 1:9-13
3 God het al die diere gemaak. Diere-identifikasie en –ondersoek Gen. 1:20-25
4 God het mense spesiáál gemaak. Adam en Eva. Chris en Paul-hond Gen. 2:7-24
5 God het jou wonderlik gemaak. Liggaamspel en legkaarte Ps. 139:14
6
GOD HET ALLES GEMAAK - 1
KB [kernboodskap] God was altyd daar.
Doel Om God te leer ken as die Een wat van ewigheid af bestaan en wat die
hemel en aarde gemaak het.
Skrifgedeelte As agtergrond: Gen. 1:1-8; 14-16. Memovers, Gen. 1:1: In die begin het
God die hemel en die aarde gemaak.
Hulpmiddels Kombers of seil [Slotaktiwiteit]. Uitdeelstukke: Inkleurprent van son, maan
en sterre, met Gen. 1:1.
AANVANGSAKTIWITEIT: VERSKIL TUSSEN LIG/DONKER EN HEMEL/AARDE Verduidelik hoe die speletjie werk: Almal staan in 'n kring. Die aanbieder noem die aksie en die groep voer dit uit. Begin stadig en doen dit al vinniger. Hulle hoef nie die woorde te memoriseer nie, maar dis belangrik dat hulle die beginsel van dag/nag, lig/donker en hemel/aarde begryp.
Ons hou ons ogies styf toe – dis donker soos die nag. Dan maak ons ons ogies oop – dis lig soos in die dag! Ons gooi ons handjies in die lug – die hemel is daarbo. Ons vingertjies raak op die grond – die aarde is hier onder.
KB: GOD WAS ALTYD DAAR
Lank, lank, báie lank gelede, in die begin, was God daar. God was altyd daar. Toe daar nog niks
was nie, was God reeds daar. God was altyd daar.
Kyk om jou, wat sien jy? [Gebruik die antwoorde om die niks te verduidelik wat in die begin
was, deur dikwels In die begin was daar géén… nie, maar God was altyd daar te herhaal, bv.]:
In die begin was daar géén mense nie, maar God was altyd daar. In die begin was daar géén
huise/kerke/motors/voëltjies/bome/oupas/oumas/honde… nie, maar God was altyd daar.
TEKSMEMORISERING VAN GEN 1:1 Kyk, die Bybel het ook 'n begin [wys Genesis 1:1]. Hierdie héél eerste boek in die Bybel se naam begin met geen, want in die begin was daar géén mens of dier of klip of boom nie. Génesis beteken begin. [Almal sê “Genesis” saam.] Kan jy raai wat staan hier in die begin van Genesis? [Die vraag sal hulle belangstelling prikkel.
Luister na die insette. Lees Gen. 1:1 deur “geskep” met “gemaak” te vervang – dis meer bekend in hulle woordeskat. Hulle herhaal die bewoording dan 'n paar keer.]
EVALUERING: HEMEL/AARDE; LIG/DONKER
God was altyd daar. Maar die hemel en die aarde was nie altyd daar nie. Wie het dit gemaak?
Hemel/aarde: Waar is die hemel en waar is die aarde? [Herinner hulle aan die aanvangs-
aktiwiteit-rympie se laaste twee reëls. “Die hemel” verwys na die sterrehemel of hemelgewelf.] Lig/donker: Is jy nuuskierig hoe dit gelyk het voordat die hemel en die aarde daar was? Luister mooi wat staan in Genesis 1: [Vereenvoudig Gen. 1:2-3 bv. só]: Dit was pikdonker, en oral was net diep, diep waters. Niemand kon daar leef nie. Toe sê God: “Laat daar lig wees!” En… daar was lig! In die dag is dit lig. Wat het God gemaak om lig te gee? [Hulle kyk na buite en sien die sonlig.] In die nag is dit donker. Wat het God gemaak om snags in die hemel te skyn? [Die maan]
7
Opsioneel: Gooi 'n kombers of digte seil oor 'n tafel. Laat almal dan in die donker sit. Hulle vertel hoe die donker lyk of voel. Haal die seil dan vinnig af met die woorde: “Laat daar lig wees!” Gebed: Almal sê saam: “Dankie Here vir die lig!” [Gebed: bladsy 14] SLOTAKTIWITEIT OM KB TE VERSTERK
Rympie: Luister wat doen God nadat Hy die lig gemaak het. [Lees Gen. 1:5a. Hulle doen weer die aanvangsaktiwiteit se rympie om die beginsel in te skerp.]
Inkleur-aktiwiteit: Hulle kleur die sketse op die werkblaaie in. Hulle kan dit vir die mense by die huis gaan wys en vir hulle vra om vir hulle te help om die rympie wat daarop aangebring is, te leer as herinnering aan hierdie les se kernboodskap. Een van die gesinslede kan hulle help om Gen. 1:1 op die werksblad te lees.
GOD HET ALLES GEMAAK - 2
KB [kernboodskap] God het al die plante gemaak.
Doel Om God te leer ken as die Een wat die plantelewe geskep het.
Skrifgedeelte Gen. 1:9-13 as agtergrond. Memovers: Gen. 1:1.
Hulpmiddels Leë blikkie of houer vir elk. [Sien Slotaktiwiteit vir ander hulpmiddels.]
AANVANGSAKTIWITEIT: HERSIENING EN TEKSMEMORISERING [bladsy 10] Baie, baie lank gelede, in die begin, was net God daar. God was altyd daar [KB, les 1]. God was in die begin, Eerste van alles. In die begin van die Bybel, in die Eerste boek, staan wat in die begin gebeur het. Dit staan in die héél eerste versie van die Bybel in die héél eerste boek in die Bybel. Kan jy onthou wat die boek se naam beteken? [Genesis beteken “begin”. Doen teksmemori-
sering van Gen. 1:1 met behulp van die moontlikhede op bladsy 10.] In die begin was dit pikdonker, soos wanneer jy jou ogies styf toeknyp. [Almal hou hulle oë toe totdat hulle die woord "lig" hoor.] Daar was niks. Alles was donker en oral was water. [Lees die antwoorde uit die Bybel]: Kan jy onthou wat sê God toe? [Gen. 1:3]: “Laat daar LIG wees!” En daar was lig! [Hulle maak
hulle oë oop.]
Wat het God die lig genoem? [Dag – Gen. 1:5]
En wat het Hy die donker genoem? [Nag – Gen. 1:5] [Hulle kan nou die volgende rympie, wat op les 1 se uitdeelstukke was, ritmies klap en/of sing]: In die dag is dit lig, in die nag is dit donker Die hemel is daarbo en die aarde is hier onder. [Slegs die eerste deel van les 2]
8
In d
ie d
ag
is d
it lig
.
In d
ie n
ag
is d
it d
on
ke
r.
Die
hem
el is
daa
r b
o.
Die
aa
rde
is h
ier
on
de
r.
In d
ie b
eg
in h
et G
od
die
he
me
l
en
die
aa
rde
gem
aak.
(Ge
ne
sis
1 v
ers
1)
God het alles gemaak, les 1. Uitdeelstukke: werkblad