koning joahas van israel: sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · hy en isael sit ook met...

17
2Konings 13:1-9 Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis ... en die HERE daar binne in. November 2017 Ps 147: 1, 2 – vooraf Ps 118: 1, 3, 4 – lofpsalm Ps 34: 6, 7 – na wet Ps 116: 1, 2, 9 – as antwoord op die Woord Ps 63: 1, 3, 4 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 124: 1, 3, 4 – slotpsalm Lees: 2Kon 13:1-9 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes in 2Kon 13:1-9 gaan-it nie goed met koning Joahas en Israel nie. Hasael met sy Aramese-weermag maak-it nag. 1 So koning Joahas sit met ‘n militêr-politiese-krisis. Maar behalwe daarvoor. Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop ingaan. Maar en hierdie belangrik binne in-it alles is-ie HERE ook daar. En dis wie en wat ons in 2Kon 13:1-9 moet raaksien. Koning Joahas met sy polities-militêre-krisis sy sonde-krisis en-ie HERE En met hierdie geskiedenis gee-ie HERE dan belangrike lering oor Wie en hoe Hy is. Die HERE gee ook belangrike lering oor sonde en hoe-it werk en hoe verslawend dit is. En gaan ons hierdie lering oor-ie HERE en oor ons sonde kry soos ons deur vers 1-9 gaan werk. 1. So kom ons begin by vers 1: “In die drie en twintigste jaar van Joas, die seun van Ahásia, die koning van Juda, het Jóahas, die seun van Jehu, koning geword oor Israel in Samaría sewentien jaar lank.” 1 Nou as daar in jou weermag net 10 strydwaens oor was dan moes jy weet: Nou gaan-it sleg. Koning Agab het so 50 jaar terug nog hier by die 2000 strydwaens in ‘n veldslag kon in stoot (Reformation study Bible bl 473). Nou, het Joahas na Hasael se militêre aanslae net 10 oor. En Joahas se hele infantrie het uit net 10 000 soldate bestaan. Na Hasael se militêre aansale was daar net 10 000 oor. En dis erg. Want vanuit 1Kon 20:29 leer ons dat die Arameërs maklik met ver oor die 100 000 man kon aanval (Van Gelderen se 2Kon komm bl 249; Reformation study Bible bl 533).

Upload: others

Post on 02-Feb-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

2Konings 13:1-9

Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis ... en die HERE daar binne in. November 2017 Ps 147: 1, 2 – vooraf Ps 118: 1, 3, 4 – lofpsalm Ps 34: 6, 7 – na wet Ps 116: 1, 2, 9 – as antwoord op die Woord Ps 63: 1, 3, 4 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 124: 1, 3, 4 – slotpsalm

Lees: 2Kon 13:1-9 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes in 2Kon 13:1-9 gaan-it nie goed met koning Joahas en Israel nie. Hasael met sy Aramese-weermag maak-it nag.1 So koning Joahas sit met ‘n militêr-politiese-krisis. Maar behalwe daarvoor. Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan.

Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop ingaan.

Maar en hierdie belangrik binne in-it alles is-ie HERE ook daar. En dis wie en wat ons in 2Kon 13:1-9 moet raaksien.

Koning Joahas met sy polities-militêre-krisis sy sonde-krisis en-ie HERE

En met hierdie geskiedenis gee-ie HERE dan belangrike lering oor Wie en hoe Hy is. Die HERE gee ook belangrike lering oor sonde en hoe-it werk en hoe verslawend dit is. En gaan ons hierdie lering oor-ie HERE en oor ons sonde kry soos ons deur vers 1-9 gaan werk. 1. So kom ons begin by vers 1:

“In die drie en twintigste jaar van Joas, die seun van Ahásia, die koning van Juda, het Jóahas, die seun van Jehu, koning geword oor Israel in Samaría sewentien jaar lank.”

1 Nou as daar in jou weermag net 10 strydwaens oor was dan moes jy weet: Nou gaan-it sleg. Koning Agab het so 50

jaar terug nog hier by die 2000 strydwaens in ‘n veldslag kon in stoot (Reformation study Bible bl 473). Nou, het Joahas na Hasael se militêre aanslae net 10 oor. En Joahas se hele infantrie het uit net 10 000 soldate bestaan. Na Hasael se militêre aansale was daar net 10 000 oor. En dis erg. Want vanuit 1Kon 20:29 leer ons dat die Arameërs maklik met ver oor die 100 000 man kon aanval (Van Gelderen se 2Kon komm bl 249; Reformation study Bible bl 533).

Page 2: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

1

So wat leer die HERE ons met vers 1? Wel die HERE gee ons hier baie belangrike lering oor Homself. A. Maar voor ons daarop ingaan. Kom ons kyk net gou na-ie konteks.2 Nou in 2Kon 9-10 was ons by Joahas se pa Jehu se staatsgreep. Soewerein-almagtig het die HERE Jehu gebruik om-ie Goddelose koningshuis van Agab uit te roei saam met die Baäl-godsdiens. In 2Kon 11-12 het ons na Juda toe geskuif waar-ie HERE die Agab-invloed uit geroei het wat ook-aar in Juda in gekanker het. Saam daarmee het die HERE ook verseker dat sy koning uit die geslag van Dawid koning word. Dit was koning Joas.

En hier in 2Kon 13:1 is ons in sy 23ste regeringsjaar. Dis so 814 vC.3 Maa-dan skuif-ie fokus terug Israel toe en na koning Joahas toe. Hy-sie seun van Jehu.

Opmerking So dis-ie konteks as ons in vers 1 lees dat “In die drie en twintigste jaar van Joas ... die koning van Juda, Jóahas ... koning geword het oor Israel ...”

B. Maar nou-sie vraag: Wat leer ons uit vers 1 oor-ie HERE? Wel-at die HERE onveranderlik getrou is. Wat Hy sê doen die HERE.4

Bewys Num 23:19 sê: “God is geen man dat Hy sou lieg nie ... Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?”

Toepassing En dis hoe ons God is geliefdes. Dis hoe Jahwe is. Onveranderlik getrou. Ons het so ‘n God nodig in ons land en wêreld waar alles al meer onseker en korup en leuenagtig word.

En nou sien ons hierdie waarheid in 2Kon 13:1 “In die drie en twintigste jaar van Joas ... die koning van Juda, het Jóahas, die seun van Jehu, koning geword oor Israel ...”

2 Vgl Konkel se 2Kon komm bl 523; olley se 2Kon komm bl 278; The Expositor’s Bible commentary vol 3 bl 869 3 Vgl Reformation study Bible bl 473 4 Vgl Reymond, A New systematic Theology of the Christian faith, bl 201-202; Grudem, Systematic Theology – An

Introduction to Biblical doctrine, bl 196

Page 3: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

2

So hoekom word juis Joahas Jehu se seun na Jehu konigng oor Israel? Dit terwyl srael ‘n geskiedenis het van konings wat koning word met staatsgrepe.

Verduidelik5 Wel omdat die HERE onveranderlik getrou is. Wat die HERE beloof maak Hy werklikheid. En in 2Kon 10:30 het die HERE vir Jehu beloof: “Omdat jy goed gehandel het deur te doen wat reg is in my oë volgens alles wat in my hart was, aan die huis van Agab gedoen het sal jou seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.” En hier in-ie 23ste jaar van koning Joas van Juda begin-it nou gebeur. Joahas Jehus se seun word koning. Want ons God is getrou. Dis hoekom-it gebeur.

Oorgang Maar dit bring ons nou by vers 2. En hier gee-ie HERE ‘n evaluering of ‘n beoordeling van Joahas se regering.6 Kyk daar staan: “En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en agter die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aan geloop; hy het daar nie van afgewyk nie.” 2. So watse lering gee-ie HERE met hierdie evaluering?

Wel die HERE gee hier lering oor ons sonde-krisis. A. Nou-ie HERE se evaluering van Joahas se regering en lewe is-at hy “gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE ...”

Verduidelik7 Joahas leef-&-regeer vir-ie HERE totaal onaanvaarbaar.

Hoekom?

Verduidelik8 Vers 2 sê-is omdat Joahas “agter die sondes van Jeróbeam ... aan geloop het ...”

5 Vgl Hobbs se 2Kon komm bl 164-165; House se 2Kon komm bl 305; Konkel se 2Kon komm bl 532; Davis se 2Kon komm

bl 187 6 2a – Met die frase ויעׂש הרע בעיני יהוה gee die HERE ‘n Evaluering van koning Joahas se lewe en regering (NIDOTTE vol 4 bl

848). 7 2a – Dis die betekenis van die frase ויעׂש הרע בעיני יהוה (vgl TWOT vol 2 bl 855; Van Gelderen se 2Kon komm bl 245). 8 Vgl NIDOTTE vol 4 bl 848-849

Page 4: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

3

Nou toe ons by 2Kon 10 was het ons gesien-at Joahas se pa Jehu die selfde gedoen-et.9

Verduidelik10 As jy agter-ie sondes van Jerobiam aangaan dan’s jy besig met die sondes van I eie politieke idiale staan eerste ipv die HERE. II Dis-ie sondes van vrees vir mense beheers my ipv die HERE. III Dis-ie sondes van vertroue op my eie planne ipv vertroue op-ie HERE. IV Dis-ie sondes van eiewillige Godsdiens waar ek en my wil en my voorkeure eerste staan as-it kom by-ie dien en aanbidding van-ie HERE ipv die HERE en-ie HERE se wil.

Opmerking En toe ons by 2Kon 10:28-36 was kon ons lekker diep ingaan op-ie sondes van Jerobiam en hoe ons daarmee besig is. So ons gaan-it nie nou weer doen-ie.

B. Nee wat vir nou belangrik is is-at ons moet raak sien dat Joahas nes sy pa Jehu besig is met die sondes van Jerobiam. En dan moet ons nog iets raaksien.

Verduidelik I11 Jerobiam met wie se sondes Joahas besig is het ‘n goeie 130 jaar voor Joahas geleef. II12 En sederdien was net mooi elke koning van Israel besig met die sondes van Jerobiam.

So wat sê-it vir ons?

Verduidelik13 Wel-at Jerobiam se sondes deel van Joahas se mens-wees was. Jerobiam se sondes was deel van Israel. Dit was vir hulle deel van Israeliet-wees. Jerobiam se sondes was vir hulle-ie normale.

9 2Kon 10:28-29 10 Vgl 2Konings 10,28-36.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 11 Vgl Reformation Study Bible bl 473 12 Vgl 1Kon 15:26, 34; 16:13, 19, 26, 31; 22:53; 2Kon 3:3; 10:29; 13:2 13 Vgl NIDOTTE vol 4 bl 770, 848; Van Gelderen se 2Kon komm bl 244; Hobbs se 2Kon komm bl 166; Davis se 2Kon komm

bl 189

Page 5: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

4

Hulle was gewoond daaraan. Dit was nie meer verkeerd nie. Dit was deel van hulle kultuur. So Jerobiam se sondes het kultuur-sondes geword.

Toepassing En dis-ie lering wat die HERE vanuit vers 2 gee oor ons sonde-krisis. Mens kry so iets soos kultuur-sondes. Die sondes van Jerobiam was so.

C. Maar hoekom? Hoe word een ou se sondes soos Jerobiam sin ‘n volk-sonde ‘n kultuur-sonde.

Verduidelik14 Wel in 1Pet 1:18 praat Petrus oor“julle ydele (leë sondige) lewenswandel

Of manier van lewe gewoontes kultuur tradissies wat deur die vaders oorgelewer is ...” So sondes loop in geslagte af. Die Pa’s doen-it die kinders doen-it hulle kinders doen-it. En so gaan-it aan. En so word een ou se sonde later ‘n hele familie-groep ‘n hele volk se sonde. ‘n Kultuur-sonde. En dan leef ek en jy daarmee asof-it normaal is.

* * * * * En-it gebeur so maklik. Want ons totaal-verdorwe natuur suig sondige voorbeelde soos ‘n spons op. En dan word dit sondige gewoontes. Jy leef daarmee sonder om eers daaroor te dink. En dan? Wel jou kinders sien-it. Hulle verdorwe nature suig-aai sondige voorbeeld op. Dit word by hulle ‘n gewoonte. En so gaan-it in die geslagte af. En so word een ou se sonde ‘n kultuur-sonde.

D. Dis waarmee Joahas besig is in 2Kon 13:2. “En hy het ... agter die sondes van Jeróbeam ... aan geloop ...” Dit het vir Joahas normaal geword. Almal voor jou het dit gedoen. Almal om jou doen-it. Jy doen-it.

14 Vgl Adams, Jay E.; Zondervan. A Theology of Christian Counseling: More Than Redemption (Jay Adams Library) .

Zondervan. Kindle Edition, bl 160-161; Lambert, Heath. A Theology of Biblical Counseling: The Doctrinal Foundations of Counseling Ministry (p. 259). Zondervan. Kindle Edition, 217

Page 6: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

5

Toepassing (doen moeite om nie ‘judgemental’ oor te kom nie)

En ons? Ek en jy? Met watter kultuur-sondes leef ek en jy? I Wel een van hulle is volkshoogmoed. Ek praat heeltyd neerhalend met hoogmoed oor swart-mense. Wat gebeur? Wel my kinders se verdorwe natuur suig hierde goed op. Hulle praat ook so. Hulle kinders hoor-it ook. Hulle begin die selfde doen.

Opmerking Nou hierdie is natuurlik nie net ‘n Afrikaner-sonde nie. Zoeloes Sothos Pedis Vendas doen-it ook.

Maar goed. Wat gebeur nou? Wel teen-ie tyd dat my klein-kinders gebore word het ek ‘n nageslag wat hoogmoedig Fariseër-agtig leef met die kultuur-sonde van om te dink jy is beter as swart mense.

II15 Nog iets wat ‘n kultuur-sonde word is as vrouens ‘n beroepslewe buite die huis hoër ag as-ie roeping wat die HERE in Gen 1:26-28 vir haar gee om ma te wees en kinders te hê en haar kinders op te voed om in-ie HERE te glo en Hom te volg.

Opmerking En hei ek sê hierdie nie veroordelend nie. Ek sê hierdie terwyl ek goed weet dat hier baie van julle susters is wat in ons moeilike tye net nie anders kan as om te werk nie.

Maar ons moet oor hierdie goed praat. Want wat gebeur? Wel ons word gewoond hieraan. Die wêreld laat vroue wat die roeping van ma-wees los

vir hierdie ‘grand’ beroepsvrou wees so goed lyk. En dan? Wel-it word ons kultuur. Dis eenvoudig-ie ding wat jy doen. Al wat vir jong meisies in geprent word is watter beroepe hulle buite die huis kan doen. Beroepe wat hulle in-ie korporatiewe wêreld gaan opsuig.

15 Vgl Waltke, An Old Testament Theology, bl 237.

Page 7: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

6

En-ie volgende wat gebeur is-at ons-ie Bybel begin aanpas.

Voorbeeld16 Tit 2:3-5 sê byvoorbeeld: “Die ou(er) vroue moet ook ... die jong(er) vroue ... leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê, ingetoë te wees, kuis, huislik (of goeie huisvrouens) ...” Nou die Bybel-in-praktyk verkondig by die verklaring van hierdie verse die dwaalleer dat ons hierdie ding dat vroue goeie huisvrouens moet wees nie meer so letterlik moet opvat nie. Dit was net van toepassing in die tyd van Paulus. Vandag se vrouens is gelyk met mans en staan net soos mans buite die huis in ‘n beroep.

III Nog ‘n kultuur-sonde is-ie manier waarop ek met my vrou en my kinders praat. As-it heeltyd mislik is sarkasties afbrekend kwaai is dan word dit ‘n gewoonte. Dit word die ‘normale’.

En dan? Wel my seus sien-it. Hulle verdorwe natuur suig hierdie bose gewoonte op. Hulle doen-it met mekaar en met hulle sussies. En eendag met hulle vrouens. En hulle seuns gaan daarmee aan. En teen-ie tyd dat my klein-seuns gebore word het ek ‘n geslag wat leef met die kultuur-sonde van om hulle vrouens en kinders verbaal en emosioneel te mishandel en te verwoes. IV Of vat nou maar-ie sonde saam-bly buite die huwelik. Dit het deel van ons kultuur geword. V Dis-ie selfde met die sonde van homoseksialisme. Dis ‘n kultuur-sonde wat deur ons staat gewettig word. Dis normaal. VI Of ons sondig deur maar net verder te kyk as-aar op ‘n vliek die HERE se naam ydelik gebruik word. En dan? Wel later is-it nie meer vir ons so erg nie. Ons verdorwe natuur maak ons wys dat dit eintlik nie so erg is nie en dat die res van die fliek darem regtig goed is.

16 Vgl Bybel in Praktyk, bl 1901

Page 8: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

7

En dan? Wel ons word gewoond daaraan. Ons kinders sien-it. Met hulle verdorwe-natuur suig hulle hierdie bose gewoonte op. Hulle leef daarmee. Hulle dink nie eers meer daaroor nie. Hulle gaan maar net aan met wat ons begin het. En teen-ie tyd dat jou klein-kindres daar is het jy ‘n nageslag vir wie Godslastering niks is nie. Dis deel van hulle kultuur. VII Of ek leef met die sonde van om nie erediens by te woon nie.17 Later word dit ‘n gewoonte. My kinders sien-it. Hulle verdorwe nature suig hierdie bose gewoonte op. Hulle doen-ie selfde. En hulle kinders ook. En teen die tyd dat ek kleinkinders het het ek ‘n Goddelose nageslag met ‘n kultuur van kerklosheid. VIII18 Nog ‘n kultuur-sonde is-at ons leef met die idee dat ons tieners nou een maal rebels gaan wees en deur hulle hormone beheers gaan word. En dat hulle nie daarvoor kan help nie en dat ons nou maar dit moet aanvaar. So wat sê hierdie kultuur-sonde? Wel-it sê iets is normaal terwyl-ie Bybel dit sonde noem en in 2Tim 3:2 ‘n merkteken van-ie bose laaste dae van die Antichris noem. Rebelse tieners is die in-ding. Wat uit is is Efes 6:1 wat sê: “Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.” En die belofte van Fil 4:13 wat sê: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” Sodat ek nie meer deur my hormone beheers hoef te word nie.

Oorgang Nou dis van-ie kultuur-sondes waarmee ek en jy besig is. Dis-ie sondes waarop-ie HERE vanogged

met sy lering in 2Kon 13:2 oor kultuur-sondes sy liefde-volle vinger kom druk.

17 Heb 10:25 18 Vgl. Tripp, Age of Opertunity, bl. 13-28

Page 9: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

8

Koning Joahas die seun van Jehu het geleef met die kultuur-sondes van Jerobiam. En ons het ook sulke kultuur-sondes.

* * * * * Wat so erg is van hierdie sondes is-at dit so deel is van jou mens-wees van jou Afrikaner-wees. Ons is so gewoond daaraan

ons sien-it nie eers meer-ie. Ons is so gewoond daaraan

ons dink glad nie dis so erg-ie. So wat dink die HERE? Wel kyk vers 3: “Daarom omdat Joahas besig is met die kultuur-sonde van Jerobiam19 het die toorn (of die woede20) van die HERE teen Israel ontvlam ...” Of: Die HERE het woedend vir Israel geword.21 3. En net hier kry ons nog lering oor-ie HERE.

En hierdie lering is-at sonde ook Joahas en ons kultuur-sondes die HERE woedend maak.

Verduidelik22 Die HERE is heilig. In Hom is daar nie eens tukkie sonde nie.

Bewys Hab 1:13 sê dat die HERE “te rein is van oë om die kwaad aan te sien ...”

So die HERE haat sonde met ‘n intense haat. Ook Joahas en ons kultuur-sondes. Al het dit al vir ons die normaal geword en dink ons dis-ie so erg nie.

En vanuit hierdie intense haat vir sonde kom-ie HERE se straf dan ook.23 En presies dit gebeur met Joahas en Israel wat leef met die kultuur-sondes van Jerobiam.

Bewys Kyk weer na vers 3: “Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam,

19 3a – Die wayiqtol-ww ויחר wys dat wat nou gebeur die gebeure van vers 2 opvolg en logies daaruit vooertvloei (BHNG bl

125; K&D se 2Kon komm bl 375; Davis se 2Kon komm bl 189; House se 2Kon komm bl 305; TWOT vol 1 bl 58). 20 3a – Dis die betekenis van ויחר־אף יהוה (TWOT vol 1 bl 52, 322; Hobbs se 2Kon komm bl 166). 21 Vers 22, 25; vg look K&D se 2Kon komm bl 524; Konkel se 2Kon komm bl 524; Van Gelderen se 2Kon komm bl 248 22 Vgl Grudem, Systematic Theology – An introduction of Biblical doctrine, bl 206; Vos, Biblical theology, bl 248 23 Vgl Grudem, Systematic Theology – An introduction of Biblical doctrine, bl 206; Vos, Biblical theology, bl 248. Hoor bietjie

hoe sê Jes 5:24 dit: “soos die vuurtong stoppels verteer en droë gras in die vlam inmekaarsak, so sal hulle wortel soos poeier word en hulle uitspruitsel soos stof opstuiwe; omdat hulle die wet van die HERE van die leërskare verwerp het en die woord van die Heilige van Israel verag het.” Sien julle? Daar waar ons die HERE se Wet en Woord met ons kultuur-sondes verag daar gaan die HERE die Hilige God se straf kom.

Page 10: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

9

sodat24 Hy hulle oorgegee het in die hand van Hásael, die koning van Aram, en in die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, al die dae.”

En dit was verskriklik hierdie straf van-ie HERE deur Hasael en-ie Arameërs.25

Bewys In 2Kon 8:12 het Elisa al gesê dat die Arameërs onderleiding van Hasael Israel se “vestings aan die brand (sou) steek en hulle jongmanne met die swaard (sou) ombring en hulle jong kinders (sou) verpletter en hulle swanger vroue (sou) oopsny.”

Toepassing En ons? Starf die HERE in sy woede ook ons kultuur-sondes? Wel ja verseker.

Bewys I26 Rom 1:18 byvoorbeeld sê: “die toorn (of die woede) van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk.” En dan sê Rom 1:26-27 hoe die HERE in sy woede die goddelooosheid en ongeregtigheid van die mense straf.

Opmerking En dan-sit ‘n straf wat op hierdie oomblik in ons land aan-ie gang is.

Hoor bietjie wat staan daar in Rom 1:26-27 “Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is

Hulle word lesbies en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe

hulle word homoseksieel en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.”

Verduidelik Is-it nie verskriklik nie. Die HERE gee ‘n kultuur wat Hom en sy openbaring verag oor. Die HERE vat sy hand wat die sonde terughou weg

24 3b – Die wayiqtol ww ויתנם wys dat wat nou gebeur logies voortvloei uit die HERE se woede van 3a (BHNG bl 125). 25 Vgl NIDOTTE vol 4 bl 411; House se 2Kon komm bl 305 26 Vgl Reformation studye Bible bl 1613; Reformation Heratige study Bible bl 1615

Page 11: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

10

en dan peul hierdie sondes van lesbianisme en homoseksialisme uit. Dis asof die HERE sê: ‘Kry vir julle! Julle hou met julle kultuur-sondes aan om my te verag. So nou gee Ek julle oor. Storm nou vol spoed op die hel af.’

II27 In Rom 1:28-32 sien ons nog van hierde oordeel van die HERE op ons kultuur-sondes. Daar staan: “En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: ... hoerery, boosheid, hebsug, ondeug ... nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig ...” III28 En in Openb 6 byvoorbeeld sien ons dat goed soos oorlog, swak ekonomie, duur en te min kos ook deel is van die HERE se oodeel oor ons kultuur-sondes.

Oorgang Dis hoe ons God is. Die HERE haat sonde. Ook ons kultuur-sondes. En-ie HERE starf-it. Dis-ie lering wat die HERE in 2Kon 13:3 gee. Maar kyk nou wat gebeur in vers 4-5: “Maar Jóahas het die aangesig van die HERE om genade gesmeek. Toe verhoor die HERE hom, want Hy het die verdrukking van Israel gesien ... En die HERE het aan Israel ‘n verlosser gegee ...”

Verduidelik29 Vanuit vers 25 en 2Kon 14:25-27 lyk-it asof hierdie verlosser kom in Joas, die seun van Joahas, en in Jerobiam II, die seun van Joas.

27 Vgl Reformation studye Bible bl 1613; Reformation Heratige study Bible bl 1615 28 Vgl Wenham se Lev komm bl 334 29 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 247; K&D se 2Kon komm bl 375; Davis se 2Kon komm bl 189-190

Page 12: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

11

4. En net hier kry ons nog lering oor-ie HERE.

Verduidelik30 Die HERE haat sonde.

Ook Joahas en ons kultuur-sondes. Die HERE starf-it ook. Dis hoe ons God is. Maar maar ons God is ook ‘n God wat as ons daar in-ie verdrukking en oordeel om genade smeek sien en verhoor en ‘n Verlosser gee. En hierdie sien31 van-ie HERE en-ie verhoring32 deur die HERE. En-ie HERE wat ‘n Verloser gee sê net een ding. En dis-at ons God ook ‘n God is van genade en omgee-liefde wat uit genade terwyl ons net straf en oordeel verdien verlossing gee vir elkeen wat Hom smeek.

Toepassing Dis hoe ons God is. Onthou dit!

* * * * * 5. Maar kyk nou wat gebeur in vers 6:

“Nogtans het hulle nie afgewyk van die sondes van die huis van Jeróbeam wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel ...”

A. Is-it nie verskriklik nie! Tragies! Erg!

Verduidelik33 Dis so ondankbaar. Joahas en Israel gebruik net die HERE. Hulle soek beter omstandighede maar nie oorgawe aan die HERE nie. Joahas en Israel soek uitkoms maar hulle wil niks weet van regtige bekering nie. Joahas en Israel smeek om genade. Maar dis net sodat die HERE die verdrukking-omstandihghede moet wegvat. Maar daar’s nie regtige berou en smeking dat die HERE hulle sal verlos van hulle kultuur-sonde nie. Nee toe-ie Verlosser Israel uit die Arameërs se verdrukking verlos toe leef hulle rustig voort in Jerobiam se kultuur-sonde.

30 Vgl Jes 25:1; Jer 18:7-10; Jona 3:3-5; Reymond, A New Systematic theology of the Christian Faith, bl 178, 179, 181-182 31 Die HERE se ‘sien’ dui op sy genade en omgee-liefde en sy wil om te verlos – vgl Eks 3:9-10; Deut 26:7-8; Ps 138:6;

Jes 38:5; Klaagl 3:50 (NIDOTTE vol 2 bl 793; vol 3 bl 1009; Hobbs se 2Kon komm bl 167; Davis se 2Kon komm bl 189) 32 Die HERE se ‘verhoring’ dui op sy genade en omgee-liefde en sy wil om te verlos – vgl Eks 2:24; 3:7; 6:5; 22:23,27;

Deut 26:7; Ps 65:3; Dan 9:19 (NIDOTTE vol 2 bl 793, vol 4 bl 178-180; House se 2Kon komm bl 305; ). 33 Vgl Davis se 2Kon komm bl 190

Page 13: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

12

Hulle ‘before’ en ‘after’ harte is presies die selfde. Al verskil is-ie omstandighede.

* * * * * B. Dis so verskriklik. En vers 7 bring hierdie verskriklikheid nog meer uit. Kyk bietjie daar: “Voorwaar, hy (Hasael) het vir Jóahas geen manskappe laat oorbly nie, as net vyftig perderuiters en tien strydwaens en tien duisend voetgangers; want die koning van Aram het hulle omgebring en hulle gemaak soos stof as gedors word.”

Verduidelik So hoe laat vers 7 ons daai verskriklikheid van Joahas en Israel se optredde in vers 6 raaksien? Wel vers 7 laat ons-it raaksien omdat vers 7 eintlik nie so lekker na vers 6 pas nie.

Vers 7 pas eintlik beter in vers 4 in.34 Veral as jy vers 7 se voorwaar vertaal met want. En jy kan. Die Hebreeuse woordjie is ki. En jy kan met ki met want of met voorwaar vertaal.35

Bewys Kyk bietjie. Vers 4 sê: “Maar Jóahas het die aangesig van die HERE om genade gesmeek.” En hier kom vers 7 nou: “want (Hasael) het vir Jóahas geen manskappe laat oorbly nie, as net vyftig perderuiters en tien strydwaens en tien duisend voetgangers; want die koning van Aram het hulle omgebring en hulle gemaak soos stof as gedors word.” En dan kom-ie res van vers 4: “Toe verhoor die HERE hom, want Hy het die verdrukking van Israel gesien, dat die koning van Aram hulle verdruk.”

Sien julle? Vers 7 sou baie mooi in vers 4 ingepas het. Maar nou kom sit die HERE vers 7 hier na vers 6 waar vers 7 eintlik na ons mening nie so lekker pas nie. Hoekom?

Verduidelik36 Wel as vers 7 so uit-plek is trek-it mens se aandag. Dit laat mens dink oor wat hier staan. Dit laat jou weereens raaksien hoe verskriklik die Arameërs se aanslag en verdrukking was.

34 Vgl Lange se 2Kon komm bl 140; Van Gelderen se 2Kon komm bl 249 35 Vgl BHNG bl 254; Lange se 2Kon komm bl 140; Van Gelderen se 2Kon komm bl 249 36 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 249; Davis se 2Kon komm bl 190

Page 14: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

13

Daar was eintlik nie veel van Israel se weermag oor nie.37 Maar juis dit laat jou ook raaksien hoe wonderlik die HERE se verlossing was. En juis dan walg jy aan Israel se ondankbaarheid. Jy walg aan Joahas en Israel se gesindheid van ons soek-ie HERE net om ons uit ons omstandighede te kry. Jy walg aan-aai ‘before’ en ‘after’ harte wat by Israel presies die selfde is. Jy walg aan Israel wat maar net aanhou met Jerobiam se kultuur-sonde terwyl-ie HERE alleen maar daar moet wees om hulle uit die moeilikheid te kry.

Dis verskriklik. En nou gebruik die HERE vers 7 wat so bietjie uitplek is en jou so laat wonder oor wat hier aangaan om hierdie aakligheid van Israel se ondankbaarheid

en Israel wat nie bekeer nie en Israel wat net aangaan met hulle kultuur-sonde sonder harte wat verander

vir mens uit te lig en te beklemtoon.

Toepassing En net hier moet ons na ons self kyk. Is ons nie maar net so nie?

Voorbeelde I Nou die ander maandag was-it swart-hemde-maandag. Ons het swart hemde aangetrek. Ek het ook swart gedra. Ek is nie hierdie stiriele dominie wat niks met my volk uit te waai het nie. Mens voel net: Hei iets moet gedoen word aan al-ie teroriste-aanvalle op ons boere se plase. Dit kan-ie so aangaan-ie. Ons het gebid ook. Ek was nou daar-ie. Maar daar’s mooi fotos daaroor geneem. Mense het sommer in sulke plate neergekniel en gebid. En toe die volgende Sondag? Wel toe gaan ons aan met ons kultuur-sonde

37 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 249

Page 15: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

14

van om nie erediens by te woon nie. So wat soek ons? Is ons nie maar soos Joahas en Israel wat verlossing uit ons baie slegte omstandighede soek nie maar ons soek nie eintlik die HERE nie. II Of dis soos jy wat werkloos was. Jy’t gebid. Gesmeek. Die HERE het gesien. Die HERE het verhoor. Die HERE het verlos en vir jou ‘n werk gegee. Jy kan weer ‘n kar ry en jou huur betaal. Maar daar’s nie ‘n tiende vir die HERE nie. Nes by Israel. Daar-sie dankbaarheid teenoor-ie HERE nie. III En ons sou seker die lysie nog langer kon maak.

Ja so baie maal is ons besig met presies die selfde sonde as waarmee Joahas en Israel in vers 6 mee besig is. En met vers 7 bring-ie HERE dit vir ons duidelik uit. Ja so baie maal soek ons beter omstandighede maar ons soek-ie die HERE nie. Die HERE moet beter omstandighede gee maar ek wil rustig kan aangaan met my lewe in my kultuur-sondes. Dis Joahas en Israel se sonde in vers 6.

* * * * * C. So wat gebeur toe? Wel Joahas is toe dood na 17 jaar se regering. Vers 8-9 vertel daarvan. En dan?

Verduidelik38 Wel dan-saar nie meer kans vir bekering nie. Dis dan te laat om met jou kultuur-sonde te breek. Dis dan te laat om te breek met jou sonde

van ‘ek soek-ie HERE om my uit my slegte omstandighede te verlos. Maar ek soek nie die HERE self nie.’

Bewys Heb 9:27 sê: “die mense is bestem om een maal te sterwe en daarna die oordeel.” En dan-saar nie meer tyd vir sonde-besef en bekering nie.

38 Vgl ook Heidelbergse Kategismus Sondag 32 v/a 87

Page 16: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

15

6. So watse lering gee die HERE ons hier?

Verduidelik I Wel die HERE wys ons hoe radikaal verdorwe Joahas en Israel en ons harte is. Dis soos Jer 17:9 sê: “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?” Die HERE kom wys-it in 2Kon 13:2 & 6-9.

II En dan wys-ie HERE hoe verslaaf Joahas en Israel en ons aan ons kultuur-sondes is. Dis soos Jesus in Joh 8:34 sê: “... elkeen wat die sonde doen, is ‘n slaaf van die sonde.” III Die HERE wys ook ons bose verdorwe harte wat Hom alleen maar soek om vir ons uitkoms uit ons slegte omstandighede te gee. IV En hier’sie belangrike ding wat ons veral hier van vers 6 af moet raaksien. Die HERE wys dat in ons land en in-ie tyd waarin ons leef ons grootste krisis nie Zuma of-ie ANC of misdaad of ons armoede of selfs teroiste aanvalle op ons boere is nie. Ons grootste krisis is nie ons omstandighede nie. Nee ons grootste krisis is ons bose verdorwe harte wat so verslaaf is aan ons kultuur-sondes dat ek die HERE net soek om dinge vir my makliker te maak sodat ek meer gemaklik kan aanhou met my kultuur-sondes.

Ja dis-ie lering wat die HERE in vers 6-9 in Joahas en Israel se optrede gee. En dan? Wel dan moet ons ook onthou wat die HERE ons in vers 1 en vers 3 en vers 4-5 oor Homself geleer het. I Hy is absoluut betroubaar. II Hy haat sonde met ‘n passie en hy straf dit. III Maar dan is-ie HERE ook ‘n God van genade en vol omgee-liefde wat ‘n Verlosser gee.

Toepassing En weet jy: As ek en jy ons regtige-krisis besef

Page 17: Koning Joahas van Israel: Sy krisis, sy sonde-krisis en ... 13,1-9.pdf · Hy en Isael sit ook met ‘n sonde-krisis. Vers 2&6 vertel daarvan. Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop

16

As ek en jy besef ons grootste krisis nou in SA is nie ons omstandighede nie maar ons bose verdorwe harte wat verslaaf aan ons kultuur-sondes. As ons dit besef en ons “smeek die aangesig van die HERE om genade ...” nie maar net dat ons omstandighede sal verander nie maar dat die HERE ons werklik sal verlos uit ons sondeskuld en sondestraf en uit die slawe-mag van my verdorwe hart en my kultuur-sondes dan verhoor die HERE.

Christus-verkondiging En dan gee die HERE die Verlosser. Die volmaakte Een. Ver beter as Joahas se seuns. En die HERE het Hom klaar gegee. I Mat 1:21 sê hulle “noem Hom Jesus, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” II En Jesus kan regtig. Hy verlos ons ook uit die slawe-mag van ons kultuursondes. Want Petrus sê in 1Pet 1:18-19 dat Jesus ons “nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop (het) uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur (sy) kosbare bloed ...”

Slot So kom ons “smeek die aangesig van die HERE om genade.” Want vir elkeen wat dit doen gee Hy Jesus. Want die HERE is ook ‘n God van genade en omgee-liefde. En as jy dit doen weet dan: Ook dit was genade. Dit was nie jy nie. Want die HERE is ‘n God van genade en omgee-liefde wat in Sag 12:10 gesê het: “oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge ...” Sodat ons kan smeek en ons die Verlsser kan ontvang. Uit genade.

Amen.