kn april 2005 uitgawe · 2010. 7. 13. · attie de lange (waarnemende dekaan ... frikkie van...

4
KAMPUS NUUS Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit April 2005 - Uitgawe 3 NWU huldig Elof NWU huldig Elof NWU huldig Elof NWU huldig Elof NWU huldig Eloff f f, , , Molef Molef Molef Molef Molefe in e in e in e in e in Die vise-kanselier van die Noordwes- Universiteit, dr. Theuns Eloff, en die nuwe kanselier, dr. Popo Molefe, is onlangs met groot luister in die ban- ketsale in die stad ingehuldig. Die nuwe identiteit van die nuwe Noordwes- Universiteit is ook by die geleentheid amptelik bekendgestel. Eloff het gesê dat die samesmelting met die twee ander kampusse – wat tot die daarstelling van die nuwe instelling gelei het, was tot dusver baie suksesvol. “Die goeie werk wat tot dusver ge- doen is word beklemtoon deur die feit dat die NWU die enigste universiteit in die noordelike deel van die land is wat vanjaar nog nie deur onrus geraak is nie. Verder is dit die eerste keer in die geskiedenis dat soveel doktorsgrade in Mei by die NWU toegeken word.” Volgens Eloff is daar ’n beduidende toename in navorsingsuitsette by die nuwe instelling en het die NWU ook goed finansieel in sy eerste bestaansjaar presteer. “Die NWU het die potensiaal besef van die versoenende rol wat hy as nuwe instelling in dié demokratiese bedeling kan speel. “Die samesmelting kan dien as ’n merkwaardige simboliese voorbeeld vir die res van die land se hoër onder- wyssektor. Molefe het in sy toespraak gesê dit is vir hom ’n besondere eer om as die eerste kanselier van die nuwe instelling ingehuldig te word. “Die samesmelting simboliseer die grondslag van nasiebou. Dit gee aan ons die unieke geleentheid om iets te skep terwyl waardes en tradisies van die voormalige universiteite en hul ge- meenskappe gelyktydig beskerm word. “Ons sukses in hierdie historiese taak sal groot hoop vir die toekoms van die land genereer.” Die nuwe universiteitslied is ook by die geleentheid bekendgestel. Mnr. Litha Nyhonyha, voorsitter van die raad van die Noordwes-Universiteit, oorhandig die oorkonde aan die nuwe vise-kanselier, dr. Theuns Eloff. Die vise-kanselier, dr. Theuns Eloff, en die nuwe kanselier, dr. Popo Molefe, in hul nuwe togas tydens die inhuldiging. KN April 2005 uitgawe.p65 4/29/2005, 9:23 AM 1

Upload: others

Post on 24-Nov-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: KN April 2005 uitgawe · 2010. 7. 13. · Attie de Lange (waarnemende dekaan ... Frikkie van Niekerk (direkteur mensehulpbronne, studente, innovasie en navorsing by die institusionele

KAMPUSNUUSPersoneelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

April 2005 - Uitgawe 3

NWU huldig ElofNWU huldig ElofNWU huldig ElofNWU huldig ElofNWU huldig Eloffffff,,,,, Molef Molef Molef Molef Molefe ine ine ine ine inDie vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit, dr. Theuns Eloff, en dienuwe kanselier, dr. Popo Molefe, isonlangs met groot luister in die ban-ketsale in die stad ingehuldig. Die nuweidentiteit van die nuwe Noordwes-Universiteit is ook by die geleentheidamptelik bekendgestel.

Eloff het gesê dat die samesmeltingmet die twee ander kampusse – wat totdie daarstelling van die nuwe instellinggelei het, was tot dusver baie suksesvol.

“Die goeie werk wat tot dusver ge-doen is word beklemtoon deur die feitdat die NWU die enigste universiteit indie noordelike deel van die land is watvanjaar nog nie deur onrus geraak is nie.Verder is dit die eerste keer in diegeskiedenis dat soveel doktorsgrade inMei by die NWU toegeken word.”

Volgens Eloff is daar ’n beduidendetoename in navorsingsuitsette by dienuwe instelling en het die NWU ookgoed finansieel in sy eerste bestaansjaar

presteer.“Die NWU het die potensiaal besef

van die versoenende rol wat hy as nuweinstelling in dié demokratiese bedelingkan speel.

“Die samesmelting kan dien as ’nmerkwaardige simboliese voorbeeld virdie res van die land se hoër onder-wyssektor.

Molefe het in sy toespraak gesê dit isvir hom ’n besondere eer om as dieeerste kanselier van die nuwe instellingingehuldig te word.

“Die samesmelting simboliseer diegrondslag van nasiebou. Dit gee aan onsdie unieke geleentheid om iets te skepterwyl waardes en tradisies van dievoormalige universiteite en hul ge-meenskappe gelyktydig beskerm word.

“Ons sukses in hierdie historiese taaksal groot hoop vir die toekoms van dieland genereer.”

Die nuwe universiteitslied is ook by diegeleentheid bekendgestel.

Mnr. Litha Nyhonyha, voorsitter van die raad van die Noordwes-Universiteit, oorhandigdie oorkonde aan die nuwe vise-kanselier, dr. Theuns Eloff.

Die vise-kanselier, dr. Theuns Eloff, en die nuwe kanselier, dr. PopoMolefe, in hul nuwe togas tydens die inhuldiging.

KN April 2005 uitgawe.p65 4/29/2005, 9:23 AM1

Page 2: KN April 2005 uitgawe · 2010. 7. 13. · Attie de Lange (waarnemende dekaan ... Frikkie van Niekerk (direkteur mensehulpbronne, studente, innovasie en navorsing by die institusionele

2 - Kampusnuus

PUK-SpieëlFakulteit teologie

• Prof. Koos Vorster, rektor van die teologiese skoolen direkteur van die skool vir kerkwetenskappe, hetvanaf 3 tot 26 April die menseregtekomissie van dieVerenigde Nasies in Geneve, Switserland, bygewoon.

• Dr. Fritz de Wet van die Gereformeerde KerkVryheid is onlangs as professor in die vakgroeppraktiese teologie aan die teologiese skool bevestig.Hy lewer ook dienswerk in die fakulteit teologie. DeWet het sedert Junie 1990 die Gereformeerde KerkeUitschot en Vryheid bedien. Hy het sy grade, BA enTh.B albei met lof aan die destydse PU vir CHOverwerf. In 1995 verwerf hy die meestersgraad inhomiletiek (preekkunde) met lof en in 2001 diedoktorsgraad in teologiemet ’n proefskrif oor: Geloofen waarneming – ’n teologies-estetiese benaderingtot Praktiese Teologie. Daarmee het hy wetenskaplikebaanbrekerswerk gedoen..Skool vir omgewingswetenskappe en -ontwikkeling

• Professore en studente van Potsdam Universiteit,Oos-Duitsland, het die skool in Maart besoek. Prof.Oswald Blumenstein (instituut vir geoekologie, fakulteitwiskunde en natuurwetenskap) en prof. Leon vanRensburg (foto onder) is binne die subprogram:

Technology) internasionale rekenaartenstoonstellingby die Deutsche Messe in Hannover, Duitslandbygewoon. Die doel van die besoek was om diejongste ontwikkelings in die wêreld op die gebied vanopvoedkundige rekenaarhardeware en –sagteware,te ondersoek.

• Die bydrae by die ATINER-konferensie van mnr.Andrew Abdool, sowel as die bydrae van proff. EsSteyn, Charl Wolhuter en dr. Esther de Waal, almalverbonde aan die fakulteit, is in twee hardeblad pu-blikasies nl. “Contemporary issues on educationaladministration and policy” en “Education: Conceptsand Practices” respektiewelik, opgeneem. Die boekebevat bydraes van die beste referate van die ver-skillende ATINER-konferensies wat in 2004 gehou is.

• Prof. Dewey de Wet het in Maart die jaarliksekonferensie van die Society for Information Technol-ogy and Teacher Education in Phoenix, VSA,bygewoon. Die belangrikste indrukke wat op diekonferensie verkry is, is dat aanlyn-onderrig opuniversiteits- en skoolvakke dramaties toeneem endat die wyse waarop onderrig en onderwysersop-leiding plaasvind, ingrypend gaan verander as gevolgvan ontwikkelinge binne die inligtings- en kommuni-kasietegnologie.

• Die dekaan van die fakulteit opvoedingsweten-skappe het tydens ‘n personeelbyeenkoms op 6 April‘n oorkonde aan prof. PC van der Westhuizenoorhandig as blyk van waardering vir sy besonderebydrae ten opsigte van studieleiding in die fakulteit.Eenhonderd nagraadse studente (M.Ed en PhD) hethul studies onder sy leiding voltooi.Fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe

• Prof. Melville Saayman hoof van die instituutvir toerisme en vryetydstudies in die skool virentrepreneurskap, bemarking- en toerismebestuur,en prof. Andrea Saayman in die skool virekonomie, risikobestuur en internasionale handel,het ‘n voordrag by die pas afgelope InternationalConference in Advances in Tourism te Evora,Portugal aangebied. Die Universiteit van Evora isdie tweede oudste universiteit in Portugal en is ook‘n wêreld erfenisgebied. Die titel van die referaatwas “Creating a framework to determine thesocio-economic impact of National Parks in SouthAfrica: Case study of the Addo Elephant NationalPark”. Prof. Melville Saayman was ook voorsittervan twee werkswinkels by die konferensie. Hier is(foto onder) dr. Christain Fischer van Duitsland,proff. Steven Wanhill van Engeland, MelvilleSaayman en Andrea Saayman.

rehabilitasie en volhoubare benutting, besig om diebeweging van water en migrasie van platinum-geassosieerde metale in slikdamme te modeleer. Diebelangrikste navorsing word by Impala platinum-mynby Rustenburg uitgevoer en bevindinge kan revolusio-nere impak op omgewings- en risikobestuur hê. Diéslikdam is die grootste mensgemaakte struktuur in diesuidelike halfrond en sal, wanneer die myn seproduktiewe lewensduur eindig, ongeveer 130m hoogmet ‘n kruinoppervlak van ongeveer 450 ha wees.

• Prof. Sarel Cilliers van die vakgroep plantkundein die skool bring in Mei ‘n navorsingsbesoek aanARCUE (Australian Research Centre for UrbanEcology) by die Universiteit van Melbourne,Australië. Tydens hierdie besoek sal hy ‘n aantalvoordragte lewer, adviserend optree ten opsigtevan ARCUE se navorsingsprojekte en aanbesprekings deelneem rakende formelesamewerkingsooreenkomste met ARCUE oorekologiese navorsing van stedelike ekosisteme indie suidelike halfrond. Cilliers is die inisieerder van‘n vier jaar oue geïntegreerde stedelike ekologiesenavorsingsprojek in die skool wat deur die NRFbefonds word.Fakulteit opvoedingswetenskappe

• Prof. Ferdi Potgieter en mnr. Peet Steyn albeiverbonde aan die fakulteit het vanaf 10 tot 16 Maart2005 die CeBIT (Center for Office and Information

• Dr. Peet van der Merwe en prof. Melville Saaymanvan die skool vir entrepreneurskap, bemarking- entoerismebestuur het die “International Academy ofAfrican Business Development” (IAABD) konferensiein Dar Es Salaam in Tanzanië bygewoon. Hulle het ‘nreferaat getiteld “Game farms as sustainableecotourism attractions” gelewer.

Die aanbieding het aangetoon watter aspekte van

volhoubare toerismebestuur wildplaaseienaars toepasen watter nie. Een van die hoofbevindings van dienavorsing is dat dié eienaars nie hulle plase ten vollebenut nie.

• Dr. Ewert Kleynhans van die skool virekonomie, risikobestuur en internasionale handelhet ’n referaat gelewer op uitnodiging van dieChalmers University of Technology in Swede enWITS Business School by ’n werkswinkel wat van9 tot 11 Maart 2005 by die Heia Safari Ranchnaby Johannesburg plaasgevind het. Die tema vandie werkswinkel was: The Development ofBusiness in Africa: The Role of Networks,Relationships, Industrial Clusters and InnovationSystems en die titel van sy referaat: TheCompetitive Platform of South African Industriesand its’ Ability to Answer to the Challenges ofGlobalisation and Modern Technology. Die kosteswas gefinansier deur die Swedish InternationalDevelopment Agency (SIDA) en die NRF. Hier is(foto onder) Ewert saam met prof. Jens Laage-

Hellmon van Chalmers University of Technology.• Die instituut vir toerisme en vryetydstudies in die

skool vir entrepreneurskap, bemarking- en toerisme-bestuur is uitgenooi om uit te stal by die Holidaymak-ers Expo by NASREC in Johannesburg vanaf 3 tot 6Maart. Dit was ’n eerste vir die instituut. Hulle het’n tweede plek in die kategorie beste toerismediens,wat deur Soweto Tourism weggedra is, verower. Hon-neursstudente het ook daagliks by die skou gewerk.Dit het hulle gehelp om die industrie te leer ken enom kontakte vir hul toekomsplanne op te bou.

• Die instituut vir toerisme en vryetyd-studies in dieskool vir entrepreneurskap, bemarking- en toerisme-

bestuur het ’n studienamens SANParke virdie Addo Olifant Na-sionale Park gedoenwaarin bepaal is datdie park nie net ‘nbydrae tot bewaringlewer nie, maar ooktot werkskepping engroei van toerisme indie streek. In die stu-die is bevind dat 33%van alle ondernemings

in ‘n omtrek van 30km van die park nie lewensvat-baar is sonder die park nie. Proff. Melville en AndreaSaayman se navorsing het bevestig dat die parkbygedra het tot die skepping van 434 permanentewerksgeleenthede in die streek wat ongeveer 2 000mense se lewens raak. Dorpe wat deel gevorm hetvan die opname sluit in Patterson, Addo, Kirkwooden Alicedale in die Oos-Kaap.

KN April 2005 uitgawe.p65 4/29/2005, 9:23 AM2

Page 3: KN April 2005 uitgawe · 2010. 7. 13. · Attie de Lange (waarnemende dekaan ... Frikkie van Niekerk (direkteur mensehulpbronne, studente, innovasie en navorsing by die institusionele

Kampusnuus - 3

Die sentrum vir tekstegnologie, CText, op diePotchefstroomkampus is bo-aan die lys van sentrumswat hulle deel doen om multitaligheid en diversiteitin die land te bevorder. Dié sentrum is al nege maandevoluit aan die gang en het al verskeie programmeontwikkel.

Tydens die amptelike opening het CTexT op 6 Aprildit duidelik gemaak dat hulle deur taalbemagtiging viralle Suid-Afrikaanse tale ‘n industrie vir mensetaal-tegnologie in Suid-Afrika wil skep.

Die rektor, prof. Annette Combrink, het in haartoespraak na die sentrum se bedrywighede verwysas ‘n oorwinning van samewerking tussen ver-skillende dissiplines en organisasies, en dat dieinspirerende universiteitsomgewing die nodigeondersteuning bied.

Die produkte wat reeds ontwikkel is, sluit tweetaalaanleerprogramme vir isiZulu en Setswana in. DieAfrikaanse Speltoetser 2.1 en Woordafbreker is ookby die universiteit ontwikkel.

Die NWU is ook betrokke by Microsoft se interna-sionale lokaliseringsprogram. In samewerking metUnisa, Universiteit van Pretoria en PanSAT (Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad) word speltoetsers ontwikkel virisiXhosa, isiZulu, Sesotho sa Leboa. Setswana enAfrikaans. Dit behoort teen die einde van die jaarafgehandel te wees.

“Die ondervinding wat ons opgedoen het deur dieontwikkeling van die Afrikaanse speltoetser het onsdie nodige tegnologiese agtergrond gegee wat noutoegepas word by die ontwikkeling van die anderspeltoetsers” sê prof Gerhard van Huyssteen, hoofvan CTexT. “Dit is egter so dat die sukses van dieprojek afhang van die betrokkenheid van moedertaal-sprekers omdat dit die pas aangee vir die bemagtigingvan plaaslike tale en die gebruikers van daardie tale.Die betrokkenheid van die hoof-uitvoerende beamptevan PanSAT, dr. Cynthia Marivate en samewerkingmet lede van PanSAT se nasionale taalliggame sal dieuiteindelike geldigheid van die finale produkte verseker.

‘n Senior lektor aan die NWU, dr. Maserame MariaLetsie, het 'n groot rol gespeel om samewerking tebewerkstellig met akademici en verskeie belange-groepe vir die lokalisering van MS Windows na

CTCTCTCTCTeeeeext prxt prxt prxt prxt pronk bo-aan lonk bo-aan lonk bo-aan lonk bo-aan lonk bo-aan lysysysysys

Proff. Attie de Lange (waarnemende dekaan van die fakulteit lettere en wysbegeerte), Frikkie van Niekerk(direkteur mensehulpbronne, studente, innovasie en navorsing by die institusionele hoofkantoor), AnnetteCombrink (kampusrektor), Gerhard van Huyssteen (hoof van CText) en dr. Theuns Eloff (vise-kanseliervan die NWU) tydens die amptelike opening van CText, die sentrum vir tekstegnologie op diePotchefstroomkampus.

Setswana. “Ons het besef dat taal verweef is metdie kultuur wat dit bedien. Dit raak nogal ‘n neteligekwessie wanneer taal gekoppel word aan ‘n spe-sifieke ras, kultuurgroep of sosiale klas,” sê Letsie.

“Mensetaaltegnologie (MTT) is ‘n vinnig-groeiende,

maar relatief onbekende veld in Suid-Afrika. CTexTstreef daarna om Suid-Afrika se MTT-industrie teonderhou en te versterk, sodat inligtingstegnologienie beperk word tot ‘n bevoorregte minderheid nie,maar beskikbaar is vir almal.”

Die lewering van ’n omvattende laboratoriumdiensaan die medisynebeheerraad vir die kwaliteitskontrolevan medisyne is vir ’n periode van twee jaar deur diedepartement van gesondheid aan die skool virfarmasie op die PUK-kampus toegeken. Die Medisy-nebeheerraad sal medisyne wat in S.A. gebruik wordvoortaan deur die farmaseutiese en biomediese diens-tegroep van dié farmasieskool laat toets.

Die skool vir farmasie het binne dié dienstegroepverskeie eenhede wat dienste lewer en dié wat aandie medisynebeheerraad gelewer word sal deur tweeeenhede, die sentrum vir die kwaliteitsversekeringvan medisyne (CENQAM) en die navorsingsinstutuutvir industrïele farmasie (NIIF) hanteer word.

Soortgelyke kontrakte is in die negentigerjare aandie skool toegeken. “Ons is dankbaar dat diedepartement weer van die fasiliteite van die skool virfarmasie vir die lewering van hierdie uiters belangrikekwaliteitskontrolediens wil gebruik maak” sê prof.Banie Boneschans, bestuurder van farmaseutiese enbiomediese dienste.

Boneschans het verder daarop gewys dat dieuitgebreide ervaring, kundigheid en erkenning op diegebied van kwaliteitsversekering van medisyne,

Regering vra PUK weer om medisyne te toetswaaroor die dienseen-hede binne die farma-sieskool beskik, hulle byuitstek geskik maak omhierdie laboratorium-dienste aan die medi-synebeheerraad te le-wer. Daar bestaan ookdie vermoë om gespesia-liseerde farmaseutiesekwaliteitsondersoeke teonderneem en adviesaan die medisynebe-heerraad te lewer.

Enkele personeelledevan die farmsieskool dienreeds ’n geruime tyd opverskeie van die spesia-liskomitees van nie netdie Suid-Afrikaanse medisynebeheerraad nie, maar ookop dié van die wêreldgesondheidsorganisasie.

Die ISO 17025 akkreditasie en wêreldgesondheids-organisasie samewerkingstatus (sedert 1995) waar-oor van die dienseenhede binne die farmasieskool

beskik, is ’n aanduiding dat die dienste wat gelewerword aan nasionale en internasionale standaarde virkwaliteit voldoen. Die besluit van die medisynebeheer-raad van Suid-Afrika om die tender vir kwaliteitskon-trole van medisyne weer aan die skool vir farmasievan die Noordwes-Universiteit toe te ken, kanuiteindelik ’n baie positiewe invloed op die kwaliteits-kontrole van medisyne in Suid-Afrika teweegbring.

Volgens prof. Douglas Oliver, direkteur van dieskool vir farmasie sal die beskikbaarheid van ’ntoegewyde onafhanklike kwaliteitskontrole labo-ratorium die medisyne regulatoriese proses in Suid-Afrika baie versterk. “Dit skep die vermoë binne dieRSA vanuit regulatoriese medisynebeheer om teverseker dat medisyne wat nie aan die vereistes vankwaliteit, effektiwiteit en veiligheid voldoen nie, nieonopgespoor sy weg na die verbruiker sal vind nie.Dit is deur middel van laboratoriumtoetse dat daarversekering gegee kan word dat medisyne aan dievereiste standaarde voldoen en met veiligheidgeneem kan word. Hierdie noodsaaklike rol van dieskool van farmasie ondersteun die medisynebeheer-raad se beleid en strewe na kwaliteit medisyne virSuid Afrika,” sê Oliver.

Prof. Banie Bone-schans.

KN April 2005 uitgawe.p65 4/29/2005, 9:23 AM3

Page 4: KN April 2005 uitgawe · 2010. 7. 13. · Attie de Lange (waarnemende dekaan ... Frikkie van Niekerk (direkteur mensehulpbronne, studente, innovasie en navorsing by die institusionele

4 - Kampusnuus

Van die rektor se tafelAan die einde van die tweede week van die tweedekwartaal word mens opnuut bewus daarvan dat dingevinnig gebeur, en dat dit baie belangrik is om by tebly.

Daar het heelwat gebeur wat van belang is vir dienuwe instelling. Daar was ’n vergadering van dieinstitusionele bestuur. Daarna was daar ’n verderewerkwinkel vir die raad om te besin oor die vorderingmet die proses van visionering. Die prosesse soosdit verloop op die kampusse (en deur die senaatsaamgetrek word) en soos dit verloop by die raadword voortdurend met mekaar gesinchroniseer, endie uitkoms van die werkwinkel wat Donderdagplaasgevind het is Vrydag tydens die volle raads-vergadering ter tafel geneem.

Die raadsvergadering was moeilik en die uitkomstegemeng. Die aanbeveling vir die aanstelling van ’nviserektor akademie vir Potchefstroom is nogproblematies – die raad was slegs bereid om prof.Daan van Wyk op waarnemende grondslag aan testel aangesien die ekwiteitprofiel van die kampus-bestuur nie na behore is nie. Die proses moet dusweer begin – daar word na verskillende moontlikhedegekyk.

Ons nooi graag personeel om te kom kyk na dienuwe voorkoms van die daktuin – in die ontwerp isspesiale aandag gegee aan die Boesmangravures watdie hooftema vorm. John Botha van kunsgeskiedenis

sal nog ’n volledige ontsluiting van die betekenis vandie gravures verskaf wat ook in die daktuin beskikbaarsal wees. Daar is ook weer besin oor die gebruik vandie daktuin vir funksies – kortliks kom dit daarop neer

dat die daktuin beskikbaar is vir funksies wat asamptelike universiteitsfunksies beskou kan word (bv.as lede van die bestuur betrokke is). Versoeke virinstitusionele gebruik moet aan prof. Johan Rost gerigword, en versoeke vir kampusgebruik moet na mykantoor kom. Daar sal dan reëls deurgegee word oorspyseniering en sekuriteit.

Wat die samesmelting betref word daar tansnatuurlik op baie vlakke gesels oor die meersubstantiewe samesmelting – prosesse en stelselsword belyn en daar is gesprekke aan die gang oor diehantering van byvoorbeeld kortkursusse en kwaliteit-sorg.

Daar is ook besin oor die hantering van PhD-gra-deplegtighede – dit lyk of PhD-plegtighede in-stitusionele aangeleenthede sal wees, maar inkampusverband aangebied sal word, aangesien diekampusrektore almal sterk gevoel het dat PhD’seintlik die toppunt van die onderrigwerk is en datkampusse graag hulle eie kandidate wil ontvang virhierdie geleenthede. Vir die eerskomende plegtigheidin Mei sal die VDK-grade nog oor logistiese redes opdie Potchefstroomkampus toegeken word. Daar wordby daardie geleentheid 61 doktorsgrade toegeken –weer eens ’n rekordgetal.

Met die toetse wat afgeloop het kan ons nouterugkyk en besluit hoe die akademiese jaar tot dusververloop – ek hoor graag terugvoere daaroor.

Prof. Annette Conbrink en mnr. Bobo van derWesthuizen langs die kameelperde in die nuwedaktuin van die Joon van Rooy-gebou.

WelstandAbraham Kriel Kinderhuis - gemeenskapsprojek

PUK-Welstand poog om vanjaar as gemeenskapsprojekklere in te samel vir minderbevoorregtes. Onsteikengroep is die kinderhuis in Potchefstroom.

Die kinderhuis het ongeveer 230 kinders en hulleouderdomme wissel tussen 1 en 18 jaar.

U word vriendelik versoek om enige bruikbare klerewat u nie meer gebruik nie na PUK-Welstand te bringin Gebou E11(huis oorkant JChris Coetzee-gebou).

Bloeddruk-maand

Meimaand isbloeddrukmaandop die Potch-kampus. PUK-Welstand gaan van kantoor tot kantoor om personeelse bloeddrukke vir hulle te meet. Lees gerus dievolgende:

Hypertension…the silent killerHipertensie (hoë bloeddruk) word beskou as een van

die vier primêre risikofaktore vir die ontwikkeling vankoronêre hartsiektes - die nommer een doder van diemensdom in die westerse wêreld.

Is medisyne die enigste uitweg?Die kanse om matige hipertensie onder beheer te

bring sónder medikasie is baie goed. (Cooper, K.H.1990. Overcoming hypertension)

Neem dus deel aan hierdie projek en vorder so op diepad na totale welstand.

Skakel Ina van der Watt by x vir verdere navrae.

Dit is nie aldag dat ’n we-tenskaplike op Antarktikaskielik deur ’n koninginbesoek word nie.

Dit is presies wat metmnr. Leon du Plessis, we-tenskaplike aan die PUKgebeur het toe hy onlangs’n wetenskaplike toer nadie SANAE-basis gelei het.

Koningin Sonja vanNoorweë het SANAE inFebruarie besoek, as ‘nhoflikheidsgebaar om tesien hoe ‘n moderne oor-winteringsbasis op Ant-arktika lyk.

Du Plessis was in dietyd die leier van ’n spanwetenskaplikes op die ba-sis. Die eenheid vir ruim-tefisika by die PUK het ’n lang verbintenis metAntarktika, waar hulle eksperimente op kosmiesestrale en ruimteweer doen.

Du Plessis moes vir die koningin en haar gevolg ’nlesing gee oor navorsing op die suidpool wat homwaarskynlik die eerste PUK-personeellid maak watdie voorreg gehad het om ’n koningin te onthaal.

Die PUK is reeds sedert 1964 aktief in die Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Program (SANAP)betrokke. Die naam van die basis is SANAE IV, gebouop die rotsuitsteeksel (nunatak) Vesleskarvet.

’n Aantal ekspedisielede gaan elke jaar vir die vollejaar of net vir die oornametydperk, na Antartkika.Gedurende die 2004/2005-oorname het die univer-siteit een van die grootste spanne nog gestuur.

PUK wPUK wPUK wPUK wPUK wetenskaetenskaetenskaetenskaetenskaplikplikplikplikplike ontmoete ontmoete ontmoete ontmoete ontmoetkkkkkoningin voningin voningin voningin voningin van Noorwan Noorwan Noorwan Noorwan Noorweëeëeëeëeë

Koningin Sonja van Noorweë het die basis besoek om-dat Noorweë ’n nuwe Noorweegse oorwinteringsbasis,met die naam Troll, 250 km van SANAE af gaan open.

Hier is Leon du Plessis (tweede van regs) saam met nog wetenskaplikes en besoekers tyden diekoningin se besoek. Van links is Olav Orheim, Magnus Augner, Sam Oosthuizen, Konigin Sonja,Leon en John Arild.

Die SANAE-basis wat op die rotsuitsteeksel (nunatak)Vesleskarvet, gebou is.

KN April 2005 uitgawe.p65 4/29/2005, 9:23 AM4