kampkrummels augustus 2018 › wp-content › uploads › kiepersol.1808...7 kampkrummels augustus...

16
AUGUSTUS 2018

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

AUGUSTUS 2018

Page 2: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

2

KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018

Het jy jou dag met ontbyt begin?

Verander jou denke … Verander jou lewe

“I want to share my experiences

of Herbalife products with peo-

ple, especially young people

just starting out in sports. Most

importantly, I want to be honest

about it. I believe Herbalife

offers exceptional products, and

by using them, athletes will

have an advantage.”

- Cristiano Renaldo

Hoe werk die program?

• Om gewig te verloor is heel maklik, begin deur net jou ontbyt te verruil vir ‘n Herbalife Formule 1 Shake.

• Verfris jouself met ‘n Ys Tee 1 tot 2x ‘n dag, met ons Thermo Beverage.

• Raak meer aktief, deur 20min te spandeer aan ligte oefeninge of ‘n lekker stappie.

ONDERSKRYF DEUR WETENSKAP Kliniese studies toon dat die daaglikse gebruik van ‘n maaltyd vervangings skommel

(shake) as deel van 'n kilojoule beheerde eet plan effektief is vir die bestuur en beheer van gewig, veral as dit saam met ‘n matige oefen program geïnkorporeer word.

Gewig beheer is 80% wat jy eet en 20% oefening.

Wie is Herbalife? Herbalife bestaan al reeds vir meer as 35 jaar, en is in 95 lande die nommer 1 maaltyd vervanger. Ons weet dat deur die kombinasie van een-tot-een onder-steuning, gebalanseerde voeding en 'n gemeenskap atmosfeer, jy jou doel kan bereik. Wat aan die begin na 'n moeilike uitdaging lyk, kan 'n gesonde en aange-name leefstyl word wat jy kan (en wil) volhou. Ek wil graag jou persoonlike Gesondheids Konsultant wees, en sal daar wees vir jou waar jy is, ek is die persoon wat jou gaan motiveer en persoonlike onder-steuning bied as jy wil werk in die rigting van goeie resultate. Ek is hier vir jou met elke tree van die pad, en sal jou help om jou doelwit te bereik en dit te behou, het sy dit gewigsverlies, gewigstoename of net ‘n goeie gesonde lewens styl is. My verhaal

Ek het by Herbalife aangesluit om ‘n positiewe verandering in my en my gesin se lewe en gesondheid te bring. Ons was:

• Gedurig deur moeg • Oorgewig • Depressief en lusteloos

Ons het nodig gehad om ‘n verandering te maak wat kon werk vir ons. Sedert ons begin het om die produkte te gebruik ervaar ons:

• Ons het energie, krag en meer fokus vir die dag. • Ons het sentimeters en gewig verloor en voel nou baie meer gemaklik met

ons self. • Ons sien weer kans vir die lewe se uitdagings.

Ek het ook die geleentheid gesien om ‘n verskil in ‘n ander se lewens te kan maak deur ‘n Onafhanklike Lid te word van Herbalife en so dan ook ‘n ekstra inkomste te genereer. Dit help my ook om gereeld nuwe mense te ontmoet.

Page 3: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

3

Nuusblad van Streek Kiepersol van SAWA Jaargang 35 No 4 Augustus 2018

REDAKTEUR

Elma Bronkhorst

Sel: 082 469 3559 E-pos: [email protected] Disapark no 8 Posbus 10315 Disastraat 68 Centurion Clubview SAWA Webwerf: http://www.sawa.org.za Foto’s en fotoalbum: Willie Bronkhorst

INHOUD

Sawa streef daarna om

- vir Afrikaans georiënteerde kampeerders die geleentheid te bied om binne ʼn Christelike konteks, ʼn

tuiste te bied waar hulle hul beginsels en kultuur kan uitleef.

- vir kampeerders die geleentheid te bied om saam met geesgenote so bekostigbaar as moontlik te kam-

peer.

- die belange van SAWA-lede te bevorder deur onderhandeling en samewerking met ander instansies.

- die balans tussen die belange van die mens en die natuur te handhaaf.

- in alles die hand van die Skepper te sien en Hom daarvoor te huldig.

Oordenking 4

Voorsitter sê 5

Redakteur sê 5

Saamtrekke 2017 / Bestuur 2017/2018 6

35 Jaar se Voorsitters & Redakteurs 7

Lekker Kampnuus 7 & 10

Fotoalbum 8 & 9

Senior Burgers 11

Tieners 12

Kamp Resepte 12

Verjaardae, Lief & Leed 13

Huweliksherdenking 14

Bestuur en voogdelys 14 & 15

Page 4: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

4

KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018

OORDENKING

God van genade en hoop

Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is nie-mand soos U nie. (Ps. 40 : 6) Dinge in ons wêreld verloop allermins na wense. Standaarde verlaag dag na dag. Die mo-rele gedrag van mense laat veel te wense oor. Daar is nie meer onderlinge respek vir me-kaar nie. Daar is groot ruimte vir verbeteringe - dit moet ons met skaamte erken. Maar hoe uitsigloos die toekoms hier op aarde ook al vir jou voorkom, durf jy nie toelaat dat dit jou tot wanhoop dryf nie. Jy mag nie ophou hoop wanneer jy jou in situasies bevind waaruit jy dink daar geen bevryding is nie of waarvoor daar geen oplossing is nie. Dit is juis dán die tyd wanneer jy moet dink aan die majesteit en almag van God oor al die eeue heen geopenbaar. Hy het nog altyd sy skepping bestuur, beheer en gelei. Deur stryd, ver-warring en moeilikhede deur het Hy ons nog altyd by sy veilige hawe van hoop en vrede gebring. Dit is daarom goed om in hierdie onseker tye jou hoop en vertroue in jou alwetende en alomteenwoordige God te plaas. Glo onwrikbaar dat Hy die vermoë het om hierdie wêreld op sy koers van geregtigheid te stuur. Moenie net die wêreld met al sy ellendes en probleme aan Hom voorlê in jou gebede nie, maar ook jou eie pogings om van sy wêreld ‘’n beter plek te maak omdat jy onafgebroke hoop op God vir ‘’n beter toekoms. Hou vas aan sy beloftes en versekerings en glo dat Hy die wonderwerke van verlossing wat Hy in die verlede bewerkstellig het, weer sal doen, Moenie ophou om op Hom te hoop nie. Jy sal nie teleurgestel word nie.

Solly Ozrovech - Meer as oorwinnaars

Page 5: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

5

KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018

Geagte Kiepersollers, Die 2017/2018 Sawa-jaar het gekom en gegaan. Ek kan met groot vrymoedigheid terug kyk en dit as suksesvolle jaar beskou. Die bestuur het lekker saam ge- werk as ’n eenheid en ons het relatief goeie saamtrek bywoning gehad.

Sedert die die vorige Kampkrummels wat in April gepubliseer is was daar vier (4) saamtrekke aangebied. Saamtrek bywoning vir saamtrekke vanaf April tot Julie 2018:

April – Dube (9/54 lede – 16% Bywoning). Mei – Kokoriba (9/54 Lede – 16% Bywoning). Junie – Weesgerus (13/54 Lede – 24% Bywoning). Julie – Manyane (6/54 lede – 11% Bywoning).

Ledewerwing en lede behoud moet vir Streek Kiepersol as ’n groot prioriteit beskou word. Ons het tans vier en vyftig (54) lede waarvan sewe en dertig (37) of 64% ouer as sestig (60) jaar oud is. Die werf van jonger lede is en bly ’n prioriteit anders gaan ons streek en Sawa nie kan voortbestaan nie.

Hannes en Adéle Horn en hul dogter Simoné, een van die gesinne wat na aanleiding van die radio praatjies uitgenooi was, het by Dube kom kamp en het na die naweek aangesluit. Deon en Marié Kriel, ook genooide gaste het by Kokoriba saam gekamp. Hulle het aangedui dat hulle ook na ’n uitgebreide vakansie graag sal wil aansluit.

Dankie, aan die lede wat by die Gebiedsaamtrek saamtrek gekamp het en so lekker saamgewerk het om die Jafels te bak. Dankie, Frieda en Derick vir julle moeite en vooraf werk en voorbereiding.

Die Voorsitter sê:

Kamp en samesyn is lekker.

Willie Bronkhorst

Elma Bronkhorst

Die Redakteur sê:

Totsiens

Ek wil van die geleentheid gebruik maak om die bestuurslede wat die afgelope jaar saam met my in die tuig was te bedank vir die lekker gees en saam-werk. Dit is dan ook nie lekker nie maar weens om-standighede het André en Rina Rall na Clarence ver-huis en is hulle dus nie weer beskikbaar as bestuurs-lede nie. Ek neem die vrymoedigheid om namens die streek vir julle twee voorspoed en seën toe te wens met julle onderneming. Aan Frieda Burger en Elma Bronkhorst wat ook besluit het om eers halt te roep, geniet dit om net te kamp.

Ek sluit af met die woorde van Ps 21:8 – Die Koning vertrou op die Here en deur die trou van die Aller-hoogste struikel hy nie. Tot volgende keer.

Dit was vir my lekker om die nuusbrief te doen, maar daar kom tyd in mens se lewe dat jy moet ophou. Ek kan self nie glo dat ek vir die afgelope 5 jaar die die redakteur van die Kampkrummels was nie.

Ek wil net vir die Kiepersollers dankie sê vir hulle bydrae vir die Kampkrummels en bereid was om die kamp verslae vir my te skryf. Willem ek wil ook net vir jou dankie sê dat jy bereid was om die foto’s te neem en dit in die Kampkrummels te plaas en te proeflees. Dit was maar partykeer maar baie moeilik om betyds die nuusbrief uit te kry. Ek sê totsiens.

Page 6: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

6

KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018

Saamtrek datums

Saamtrekke vir 2018

Datum Saamtrek Tipe

19 - 21 Januarie Que Sere Streek

02- 04 Februarie Oop NUB - Bloekompoort Algemeen

23 - 25 Februarie Bush ‘n Buck Streek

27 - 29 Maart Presidente - Klipdraai SB Algemeen

30 Maart - 02 April Presidente - Klipdraai Algemeen

13 - 15 April 100+ - Kaia Manzi Algemeen

20 - 22 April Dube Streek

18 - 20 Mei Kokoriba Streek

15 - 17 Junie Gebied - Weesgerus Streek

27 - 29 Julie Manyane Streek

17 - 19 Augustus San Chan Len - AJV Streek

21 - 22 September Nasionaal - Kaia Manzi Streek

12 - 14 Oktober Kongres - Weesgerus Algemeen

19 - 21 Oktober Kaia Manzi Streek

23 - 25 November Nkwe Streek

Bestuur 2017/2018.

André Rall, Willie Bronkhorst, Litia Joubert, Frieda Burger, Rina Rall & Elma Bronkhorst

Page 7: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

7

KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018

Lekker Kampnuus

100+ - Kaia Manzi 13 - 15 April 2018

Willie Bronkhorst

35 Jaar se Voorsitters en Redakteurs

Streekvoorsitters Eddie Leach: Aug. 1983 - Aug. 1985

Waldo Delport: Aug. 1985 - Sept. 1989

Christo van der Merwe: Sept. 1989 - Nov. 1991

Sarel Alberts: Nov. 1991 - Jun. 1992

Frieda Burger: Jun. 1992 - Aug. 1997

Poen Venter: Aug. 1997 - Aug. 2000

Jannie van den Berg: Aug. 2000 - Jun. 2006

Pieter van Biljon: Aug. 2006 - Aug. 2008

Hennie Ferreira: Aug. 2008 - Aug. 2012

André Baker: Aug. 2012 - Aug. 2015

Willie Bronkhorst: Aug. 2015 - tans

Redakteurs van Kampkrummels Waldo Delport: Aug. 1983 - Sept. 1985

Ans Theron: Okt. 1985 - Aug. 1986

Johan Serfontein: 1986 - Okt. 1987

Ina Delport: Nov. 1987 - Des. 1988

Christo van der Merwe: Jan. 1989 - Feb. 1989

Sarel Alberts: Mrt. 1989 - Aug. 1991

André Roos: Sept. 1991 - Sept. 1992

Sarel Alberts: Okt. 1992 - Feb.. 1993

Willem Burger: Mrt. 1993 - Aug. 1995

Johann Lemmer: Sept. 1995 - Aug. 2013

Elma Bronkhorst: Sept. 2013 - Aug. 2018

Kokoriba 18 - 20 Mei 2018

Willie Bronkhorst

Die saamtrek is tydens die naweek van 13 tot 14 April by Kaia Manzi aangebied. Vyf (5) van ons streek se lede het die saamtrek bygewoon waar-van twee (2) ook die senior burger saamtrek by-gewoon het.

Ek en Elma het die Saterdagmiddag gaan kuier en

was getuie van die 100+ baba seremonie waar

MC en Marie de Swart as die babas aangewys is.

Die ironie is dat hulle seker die oudste was van

almal wat gekamp het maar hulle het net-net ’n

100 saamtrekke gehad. Groot pret om te sien hoe

hulle doeke aangesteek is. Sien foto’s.

Teen Vrydagmiddag 17:00 is almal wat kom

kamp veilig by die oord. Van ons ry egter ’n groot draai, maar arriveer wel veilig. Na boeke vat en die die verwelkoming word ons bederf met smaaklike Hamburgers en slap tjips wat deur die kampkommandante, Chris & Litia Joubert asook hul helpers. Ons verwelkom ook vir Deon en Ma-rie Kriel asook Pieter Henning as gaste wat saam kamp. Pieter, Natasha, Danika en Diané, André en Magriet Baker se kinders kamp ook saam. Na ete kuier ons kuier heerlik saam om die kampvuur totdat die koeligheid ons bed toe jaag. Saterdagoggend kuier ons so tussen die woonwaens en Frieda ontmoet haar spreekwoordelike tier, iemand wat meer kan praat as sy. Die wat lus het gaan swem in die onderdak swembad of gaan stap op die plaas om wild te kyk. Saterdagaand braai ons en kuier weereens om die kampvuur.

Page 8: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

8

KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018

Foto Album - 100+ Saamtrek - 13 - 15 April 2018 - Kaia Manzi

Foto Album - Kokoriba - 18 - 20 Mei 2018

Kuier gesellig saam & wag dat vleis gebraai word

Sawa - Sal almal weer aansit Ons kuier heerlik oor n koppie koffie en n eet dingetjie

Die 100 + Babas MC & Marie de Swart

Wessil neem die diens waar

Kampkommandante Chris & Litia Joubert

Aansporingsplaatjies André & Magriet Baker - 100 Streek

Frieda Burger—300 Algemeen

Page 9: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

9

KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018

Foto Album - Senior Burger Tee - 21 Junie 2018

Foto Album - Weesgerus - 15 - 17 Junie 2018

Hier gaan Jafels gebak word Hier word ontspan

Bo - Ons kuier lekker

Links - Frieda oorhandig Stef en Marie Maritz se Ere-Lidmaatskap toekenning

Foto Album - Manyane - 26 - 28 Julie 2018

Ons kuier na die wildsrit

Sebras—Toe word ons dors

Vlak Varke - As die boude heuk - moet hulle geskuur word.

Page 10: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

10

KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018

Toe ek en Willem 30 jaar gelede by Sawa aangesluit het is daar jaarliks saam met Pretoria streek 'n saamtrek in Nylstroom gehou. Dit was 'n skiet naweek en by die ou woonwa park in die dorp. Die park het naderhand nie meer aan vereistes vol-doen nie en is die saamtrek geskuif na die Hennie de Wit park wat aan die polisie behoort het. Ek is nie seker nie maar ek dink dit was bedryf vir die weduwee en wees fonds, (jammer as my feite ver-keerd is), nou is die oord bekend as Weesgerus. Die skiet kompetisie het ook dood geloop om redes nie aan my bekend nie. Tog is daar baie maal versoeke gewees om die saamtrek te laat herleef. So het die gebied later die saamtrek begin aanbied sonder die skiet kompetisie en dis steeds 'n gewilde en bekostigbare Bosveld saamtrek. Die vooraf kamp word hoofsaaklik deur senior burgers gedeel en dan van Vrydag af die res nl. die werkende siele. Vanjaar was niks anders nie. 'n Groot groep seniors het van Dinsdag af reeds saam getrek en uiteindelik was daar 80 woonwaens. Bedags is daar lekker gekuier in heerlike bosveld winter weer en saans rondom die Bosveld -TV nog verder gekuier. Die Saterdag was kermis dag met pannekoek wit olifante ens. Kiepersol het al Vrydag laat middag jaffels gemaak en verkoop. Al-le verkope was vir streek kas. Saterdagaand was daar saam gebraai en net toe die plate joggie begin musiek maak het Eskom die par-tytjie probeer demp. Gelukkig was die gees nie gedemp nie en by lampies en flitse is daar lekker geëet met Jannie en Fanie se pap en sous as by kos. Sondag het ons die erediens in die Buffel saal en die afsluiting gehad en so stuk stuk het ons begin oppak. Party van ons kon nog bly tot Maandagog-

Gebied Jakaranda Weesgerus 15 - 17 Junie 2018

Frieda Burger

Sondagoggend kuier ons saam totdat die tyd aan-breek vir kerk. Die diens word gelei deur Wessil Smith, kollega van Chris Joubert. Na die diens word die afsluiting gehou en ons sluit toe die na-week af met die gebruiklike koek & tee waartydens ons vir oulaas saam kuier voordat daar opgepak moet word en die woonwaens so een-een vertrek.

Nog ’n wonderlike en gesellige saamtrek kom op 'n end.

gend (verkeer is dan makliker) Maar weer eens 'n suksesvolle en heerlike jeugdag saamtrek.

Streek Bosveld bied elke jaar die laaste naweek van Julie die saamtrek aan. Al die streke in Gebied Jakaranda en ook streke uit ander gebiede word genooi om die saamtrek by te woon.

Dit is altyd ’n lekker saamtrek om by te woon aangesien die tariewe baie billik is en ’n mens Sa-terdag geleentheid het om deur die Pilansberg Wildtuin te ry.

Ses lede van Streek Kiepersol het die saamtrek bygewoon. Oom Jerome en tannie Anna Henning was egter die enigste senior burgers wat van Woensdag afgekamp het. Ons het Vrydagaand en Saterdagaand heerlik om die kampvuur gekuier en gebraai.

Sondagoggend moes Gregor en Ria van Deventer

ongelukkig vroeg huis toe vertrek aangesien daar

Vrydagnag by hulle huis ingebreek is. Sterkte

julle. Die res van ons het die diens bygewoon

waarna daar opgepak is en ons weer moes huis toe

gaan.

Manyane - Streek Bosveld Kuier Naweek 27 - 29 Julie 2018

Willie Bronkhorst

Senior Burger Saamkuier - O'Galito Restaurant

Die Ou Mense het weer lekker gekuier by die O’Galito Restaurant op 21 Junie 2018 wat deur Frieda Burger gereël is. By die geleentheid kon ons uiteindelik Stef en Ma-rie Maritz se Ere-Lidmaatskap toekenning aan hulle oorhandig. Die ouens wat so lekker gekuier het, was - Jerome & Anna Henning, Con & Magriet Arnold, Willie & Lenie Lubbinge, MC & Marie de Swart, Johann & Alet Lemmer, Seef & Susan Delport, Ina vd Berg, Elma Bronkhorst en Frieda Burger.

Page 11: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

11

Ek was bevoorreg om die Centurion Raad vir Be-jaardes (CRB) se AJV by te woon. Net ‘n so iets oor die raad. Die CRB is ‘n geregistreerde welsynsorganisasie met die doelstellings as volg: • om om te sien na die ouer persone • om saam te werk met ander organisasies met

dieselfde doelstellings • en om fondse in te samel om bogenoemde te

kan doen. Die CRB het ‘n paar fasiliteite waar dienste aan be-jaardes gelewer word nl.: • Lyttelton diens sentrum • Kiepersol Gemeenskap dienssentrum • Maatskaplike en tuisversorgingsdienste en

Behuising. Die Raad ontvang slegs ‘n klein subsidie tov maatskaplike en tuisversorging van die staat en alle ander uitgawes moet uit eie bronne voorsien word. Daarom word alle skenkings en donasies baie waardeer. Hierdie inligting kom uit die jaarverslag dokument van die CRB. En met die lees van die hele verslag besef ek hoe bevoorreg baie van ons is om nog onafhanklik te kan leef en woon. Ek wil dan hiermee versoek dat ons by Kiepersol se AJV weer ‘n donasie sal maak vir die bejaarde sorg. Die organisasie lewer ‘n geweldige diens aan mense wat nie so bevoorreg is soos baie van ons nie. Ek versoek ook van ons lede, sluit myself in, om meer betrokke te raak in die gemeenskap. Een van die dae het elkeen van ons dalk hulp nodig.

Frieda Burger

KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018

Liewe Kiepersollers So is ons al weer aan die einde van ons jaar en is dit groet tyd. Drie jaar gelede is ek gevra om tydelik te help as senior burger verteenwoordi-ger. Nou weet ons al almal vir eers word maklik vir altyd. Nou die aanvanklike uithelp het 3 jaar geword. Dit was 'n heerlike tyd en baie rustig. En baie lekker kuiers veral wanneer daar ontbyt of koek en tee gereël is. Baie dankie vir almal se ondersteuning. Dit was baie lekker om deel te wees van die seniors. Dankie ook vir die vertroue om my as senior burger te nomineer by CRB. Hierdie is totsiens en nie vaarwel ek gaan nêrens nie. Sien julle by die AJV

Dankie, sê

Frieda ontvang die Senior Burger van die Jaar Toeken-ning tydens die CRB se Jaarvergadering.

Page 12: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

12

Sport soorte

Boks Duik Gholf Hengel Hokkie Joga Karate Polo Roei Rolbal Rugby Sagtebal Seil Seilplankry Ski Snoeker Sokker Stap Stoei Toutrek Waterski

Uit Vrouekeur

Tieners

KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018

Woordsoek

Kamp Resepte

Piesangslaai (Baie lekker met braaivleis)

3 eiers 125 mℓ wit asyn 250 mℓ suiker 10 mℓ mosterdpoeier Knypie sout 250 mℓ ingedampte melk Klits die eiers, asyn, suiker, mosterdpoeier en sout saam in kastrol tot goed gemeng. Verhit dit oormatige hitte tot dik en roer gereeld. Haal dit van die stoof af sodra dit begin kook. Laat afkoel. Voeg die ingedampte melk by en meng. Gooi dit in ‘’n fles en bewaar dit in die koelkas tot benodig. Vir slaai sny jy ‘’n paar piesangs in skyfies en gooi van die sous oor.

Resepteboek - Knuppeldik aan koningskos

L D L A B N A A P S T A P

A D U Q G O L F R Y E O I

B V T I E N K A M P I Y E

S R E K K O S N O E K E R

Y R K N A L P L I E S K I

E O F G N E O K R T F A N

L E G N E H S T O R I R G

U I M L O R U E O K U A S

O J S K E O I L I G D T K

B S K T T J B D B H I E I

Y I A B O A O Y O O E P E

E W T G L Z J W K L L K T

R L A B E T G A S F K N B

Page 13: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

13

VERJAARSDAE Lief en Leed Kampkrummels

wens graag die lede hieronder baie geluk met hulle verjaarsdae

Lief Willem en Maria Nordejé het ’n kleindogter ryker ge-word. André en Rina Rall het ’n kleinseun ryker geword. Willie en Elma Bronkhorst se kleindogter het deelgen-eem aan die SA Akrobatiese danse en het 5de plek behaal. Frieda Burger se kleinseuns, Wian, het Noord-Vrystaat klere verwerf met hokkie asook ’n eerste plek vir top 10 akademie in sy Graad. Franco, verwerf ’n balkie vir binnenshuis se hokkie en het by die Kaapse Eisteddfod 2 goue medaljes gekry vir klavier. Haar kleindogter, Anieke sing in die Jakaranda kinderkoor en het deelgeneem aan die Internasionale "Choir Games" 'n Internasionale spele wat vanjaar in Pretoria aangebied is. Sestig lande het deelgeneem, 600 kore en 16 000 deelnemers. Die Jakaranda koor het 'n goue medalje verower. Die spele het 'n hele week geduur. Rigard en Jolandi Lemmer baie geluk met julle huwelik. Gregor en Ria van Deventer baie geluk met Douw en Maryke se huwelik. Chris Joubert het deelgeneem Orgaanoorplanting Spele en het ‘’n medalje gekry. Litia Joubert het operasie gehad aan haar elmboog en dit gaan goed met haar.

Leed Frank Smith is gediagnoseer met prostaat kanker. Hannie Ferreira het nierstene gehad maar dit gaan verder goed met haar kanker behandeling. Dit gaan nie goed met Pierre de Villiers nie. Jerome en Anna se skoondogter is oorlede. Derick Breitenbach se oom is oorlede. Martie Jansen se pa is oorlede.

Jannie van den Berg se broer is oorlede.

KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018

Augustus

07 Wilanda Prinsloo

07 Natasha Baker

10 Pierre de la Harpe

11 Antoinette Kruger

13 Annetjie Voges

16 Susan Delport

17 Con Arnold

September

02 Jannus van den Berg

03 Dora Adendorff

03 Riaan Steenkamp

04 Eldine Lemmer

05 Paul Kruger

07 Simoné Horn

10 Martie van der Merwe

12 Hettie Smith

12 Marina van den Berg

13 Rudi Bothma

16 Marco Michau

16 Danie Potgieter

18 Pat Whelan

20 Ria van Deventer

22 Martie Maritz

25 Lee Bothma

28 Marie de Swardt

Oktober

02 Rigard Lemmer

05 Stef Maritz

09 Mieke Michau

15 André Baker

17 Johann Lemmer

20 Frieda Burger

25 Madelein van den Berg

28 Louis van den Berg

Page 14: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

14

Streekbestuur 2017 - 2018 & Voogdelys

Voorsitter Willie Bronkhorst S 082 802 6959 [email protected] Chris Adendorff S 083 225 9594 André Baker S 083 409 3709 Martiens Joubert S 072 623 6775 Willem Nordejé S 071 483 7671 Johan van Huyssteen S 082 709 3616 Jannie van den Berg S 082 891 7212 Louis van den Berg S 083 277 7307 Pat Whelan S 082 550 3359 Gregor van Deventer S 082 900 7755 Danie Potgieter S 082 558 2288 Derick Breitenbach S 082 417 0811 Kobus Jansen S 082 446 7848 Hannes Horn S 082 457 2892

Ondervoorsitter André Rall S 067 026 2825 [email protected] Wanda Blignaut S 082 686 2796 Paul Kruger S 082 573 4479 Lettie Leach S 084 208 4417 Johann Lemmer S 083 233 9295 Rigard Lemmer S 082 696 0564 Alma Michau S 072 949 6293 Gert Rall S 082 873 3969 Pierre de la Harpe S 082 444 2423 Hennie Ferreira S 083 226 3176 Willy Lubbinge S 082 957 0781

Huweliksherdenking

KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018

Augustus

30 Fanie & Marie Marx

31 Seef & Susan Delport September

07 Hannes & Adéle Horn

Oktober

02 Chris & Dora Adendorff

07 Frank & Hettie Smith

11 Hennie & Hannie Ferreira

16 Pierre & Iloma de la Harpe

21 Riaan & Marnet Steenkamp

Page 15: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

15

Penningmeester Rina Rall S 082 462 6286 [email protected]

Sekretaris Litia Joubert S 072 020 3453 litiaj@tshwane,gov,za Theunis Botha S 083 653 4911 Manie Brits S 083 737 6797 Pieter Hanekom S 082 923 6360 Frank Smith S 082 882 5299 Dewald van Biljon S 083 709 9936 Pieter van Biljon S 082 574 6903 Wouter van Biljon S 083 364 9093 Jan Venter S 072 554 6840 Poen Venter S 083 264 6141 Riaan Steenkamp S 083 407 6435 Stef Maritz S 082 378 0140 Fanie Marx S 083 280 6633 Jerome Henning S 083 407 8370

Addisionele lid / Nuusbrief Redakteur Elma Bronkhorst S 082 469 3559 [email protected]

Addisionele lid / Senior Burger Verteenwoordiger Frieda Burger S 082 894 7852 [email protected] Con Arnold S 072 462 2602 Martiens de Swardt S 084 664 4147 Pierre de Villiers S 083 969 1875 Seef Delport S 082 956 2438 Quintin Prinsloo S 083 397 6417 Martie van der Merwe S 083 653 2075 Bertus Voges S 083 264 9300 Pieter Snyman S 082 687 0166 Frikkie Calitz S 073 009 6755 Bennie Oosthuizen S 083 307 1874 Johan Raubenheimer S 082 875 8574

Bankbesonderhede: Sawa Kiepersol, ABSA Centurion 600 810 499

KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018

Page 16: KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 › wp-content › uploads › Kiepersol.1808...7 KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018 Lekker Kampnuus 100+ -Kaia Manzi 13 -15 April 2018 Willie Bronkhorst 35 Jaar

16

KAMPKRUMMELS AUGUSTUS 2018