kalahari bulletin 25 julie 2013

16
Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Olifantshoek, Lime Acres, Postmasburg 25 JULIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS TEL. 054-331-3482 Upington Viva, Madiba! STUDENTE en personeellede van die Upington-kampus van die NCR-VOO-kollege het op 18 Julie ’n groot 67 op hul sportterrein gevorm. Terwyl ’n girokopter oorgevlieg het om die foto te neem het die studente en personeellede langer as ’n uur gestaan en waai terwyl hulle die volkslied gesing het. Op dié dag is Internasionale Mandeladag gevier deur 67 minute aan liefdadigheidswerk af te staan. Verskeie Upingtonse instansies het hul deel hiervoor gedoen. Foto: Stolpers en seuns Kyk op bll. 8 tot 10 wat op Upington ge- beur het en vertel die Kalahari Bulletin op Facebook hoe jy jou 67 minute bestee het.

Upload: kalaharibulletin

Post on 10-Mar-2016

245 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Kalahari bulletin 25 julie 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Kalahari bulletin 25 julie 2013

Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Olifantshoek, Lime Acres, Postmasburg

25 JULIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS TEL. 054­331­3482

Upington

Viva,Madiba!

STUDENTE en personeellede van die Upington­kampus van die NCR­VOO­kollege het op 18 Julie ’n groot 67 op hul sportterreingevorm. Terwyl ’n girokopter oorgevlieg het om die foto te neem het die studente en personeellede langer as ’n uur gestaan en waaiterwyl hulle die volkslied gesing het. Op dié dag is Internasionale Mandeladag gevier deur 67 minute aan liefdadigheidswerk af testaan. Verskeie Upingtonse instansies het hul deel hiervoor gedoen. Foto: Stolpers en seuns

Kyk op bll. 8 tot 10 wat op Upington ge-beur het en vertel die Kalahari Bulletin opFacebook hoe jy jou 67minute bestee het.

Page 2: Kalahari bulletin 25 julie 2013

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

4/24

NNW-10

6/25

NW-10

4/20

WSW-5DIE Animal Welfare Society op Upington bied weer opleiding vir honde aan. Kom leer hoe om jou hond te hanteersodat hy of sy met ander honde en kinders oor die weg kan kom en jou as sy eienaar sal aanvaar. Die kursusstrek oor vyf werksessies. Die eerste sessie is slegs inleidend waarna die volgende vier sessies prakties vanaard is en die fisieke opleiding insluit. Die kursus kos R150 vir die volle vyf sessies. Rig navrae aan SharonMinders by 072­229­7392. Foto: Lizette Slabber

VANWEËnavrae en omenigewan-voorstelling of verwarring uit dieweg te ruim weens die skielike be-danking van die Upingtonse Diere-beskermingsvereniging (DBV)twee maande gelede en die stigtingvan ’n nuwedierewelsynsinstansieop Upington wil die NasionaleRaad van DBVs (NDBV) ’n paaraangeleenthede duidelik maak.’n Ad-interim komitee – bestaan-

de uit vyf senior inspekteurs vandie NDBV – was in beheer van dieUpington-DBV se take en verant-woordelikhede sedert Mei 2013.Insp. Cornel Daries is die enigste

mens op Upington wat toegelaatword om die Upington-DBV ampte-lik te verteenwoordig en op te tree.Johan van Zyl, Evelyne van Zyl

en Olivia Daries is die enigste vry-

willigers gemagtig deur die NDBVom sekere take en pligte namensdie Upington-DBV te verrig.DieDBVbestaan omdiere te help

en te beskerm. Die NDBV en DBVprys ander instansies met soortge-lyke doelwitte en wat werk omwreedheid teenoor diere te voor-kom.Die NDBV en DBV het ’n trotse

geskiedenis van samewerking metmede-dierewelsynwerkers wat we-dersydse ondersteuning en selfs ge-samentlike ondernemings insluit.Dit gesê, beklemtoon die NDBV

die DBV-naam (en logo) is as han-delsmerk geregistreer. Die NDBVbesef in Suid-Afrika is dit nie ’nwettige vereiste om as ’n nie-wins-gewende instansie te registreernie, maar die gebruik van die DBV-

naam – regstreeks of onregstreeks– word ferm en wettig beheer.Dit is dalk ’n algemene opvatting

dat DBV net “dierewelsyn” bete-ken en indien wel, voel die NDBVen DBV geëerd deur die aansien.Maar aangesien dit welbekend is,kom die gebruik van ’n geregi-streerde naammet vereistes en vervan burokrasie is dit om individueteen wanvoorstellings te beskerm.Die Upington-DBV is amptelik

geregistreer as ’n nie-winsgewendeinstansie en is ook by die SAID ge-registreer wat onder meer dieUpington-DBV in staat stel om be-

lastingsertifikate uit te reik virskenkings ontvang.Boonop werk Daries heeltyds as

’n gekwalifiseerdeDBV-inspekteuren het die magtiging om ondermeer wettig in gevalle van wreed-heid of nalatigheid teenoor diere opte tree, om indien nodig magtigingvan die magistraat te verkry en ominspeksies uit te voer op trokkewatlewende hawe vervoer, asook slag-plase, troeteldiere, plase en enigeander plekke waar diere betrokkeis, te inspekteer.Daar is net twee DBV’s in die

Noord-Kaap (die ander een is in

Kimberley); dus is ’n DBV vangroot belang in die Upington-omge-wing.Aangesien dit nie geldelik van

die NDBV afhanklik is nie, hangdie Upington-DBV se bestaan dusuitsluitlik van openbare onder-steuning en skenkings af.Enigiemand kan die algemene

jaarvergadering van die Upington-DBV op 27 Julie om 14:00 by die Na-ba Lodge bywoon.Die Upington-DBV kan slegs by

078-853-7096 gebel word. Vir enigenavrae kontak Daries by die ge-noemde nuwe nommer.

Upington-DBV-sake uitgeklaar

DIE Dierebeskermingsvereniging(DBV) op Upington se jaarvergade-ring vind Saterdag om 14:00 by dieNaba Lodge plaas.Dié vergadering is ’n gulde ge-

leentheid om mede-diereliefheb-bers te ontmoet en om oor ’n ver-skeidenheid onderwerpe, verwant

aan ’n gemeenskaplike passie virdiere, te praat. Drankies en kos salná die jaarvergadering bedienword.Rig navrae aan Johan van Zyl by

083-685-4351 ofCornelDaries by 078-853-7096 of Maggie Mudd by [email protected].

DBVhou jaarvergadering

Page 3: Kalahari bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 3

NEIL STEMMET, bekende kosskrywer en oud-Upingtonner, is die gasspreker op die Vroue-Land-bouvereniging Oranjevallei se Vrouedagsjampanje-ontbyt.

Die VLV Oranjevallei vier vanjaar op 3 Augus-tus nasionale Vrouedag met ’n lekker sjampanje-ontbyt op die Bezalel-landgoed.

Neil Stemmet, wat die Le Must Manor &Residence op Upington besit, is alom bekend virsy werk as fotojoernalis, wynplaas- en restaurant-konsultant, gastehuiseienaar, interieurkonsultant,versamelaar en reisiger.

Hy het ook die kookboek Sout & Peper geskryfen gaan as gasspreker op die vroue-ontbyt optreeen oor kontrei-kookkuns praat.

Volgens Stemmet sien hy baie uit om al die oubekendes daar te sien en “ ’n lekker hartsgesels –sout & peper-styl – met ook sommer ’n klomp leefen huiswenke.”

Chrisna Roos gaan skoonheids- en gesondeleefstylwenke met die vroue deel.

Kaartjies kos R120 per persoon en sluit ’n ligteete met lekker vonkelwyn en sap in.

Koffie en ’n soet dingetjie gaan agterna bedienword.

Elke gas ontvang ook ’n geskenk.Verskeie stalletjies gaan beskikbaar wees waar

die vroue ’n lekker bederfie kan koop.Die geselligheid begin om 10:30 en tafels van tien

is ook beskikbaar.Vir meer inligting kontak Lauren Bezuidenhout

by 084-512-5315.

NEIL STEMMET is die gasspreker op die Vrouedagsjam­panje­ontbyt van die VLV Oranjevallei wat op 3 Augustusgehou word. Foto: Verskaf

DIE 14de GemsbokRally vind van 26 tot28 September opUpington plaas.

Die gewildemotor-fietswedren wat mo-torfietsryers van oorSuid-Afrika en buur-lande heen lok, wordweer vanjaar deurdie Wildbulls MCCvan Upington aange-bied.

Nie eens die kouehou motorfietslief-hebbers weg van diégeleentheid om hulliefde virmotorfietsete deel nie.

Die hoogtepuntvan die wedren blydie kwartmyl Sater-dag wat jaarliks opdie lugmagterreinnet verby die lugha-we plaasvind.

Dagbesoekersword nie op die wed-renterrein toegelaatnie, maar almal kanhulle vir die naweekinskryf.

Om jou vir die na-week in te skryf kos R225 en sluit gratis toe-gang na die terrein en kwartmyl in, ’n lapwa-pen en metaalwapen (solank voorraad hou)en die kans om ’n motorfiets te wen.

Vanjaar is ’n splinternuwe 1300 GSXR Su-zuki Hayabusi op die spel.

Vrydagaand word Mnr. en Mej. Gemsbokgekies.

Daar word ook ordentlik met musiek van

die boonste rak ge-kuier.

Saterdagoggendvind die kwartmylplaas en Saterdag-aand sal die prys-trekking vir diesplinternuweSuzukiplaasvind.

Die naweek wordmet ’n kerkdiensSondagoggend afge-sluit.

Mense wat slegsdie kwartmyl wil by-woon, moet die vol-gende toegangsgeldbetaal: kinders voorskool is gratis, skool-gaande kinders be-taal R20 en volwasse-nes betaal R50.

Om aan die kwart-myl deel te neem kosR20.

Mense wat hullevir die naweek in-skryf se laerskool-kinders gaan gratisby die terrein in ashulle deur hul ouersvergesel word.

Hoërskoolkindersmoet hulle vir die hele naweek inskryf.

DieWildbulls gaanweer van die geld in diegemeenskap terugploeg deur skenkings watná die wedren gedoen sal word.

Belangstellendes kan dieGemsbokRally seFacebook-blad of sy webtuiste www.wild-bullsmcc.co.za vir navrae besoek. Die in-skryfvorm is ook op die webtuiste beskik-baar.

DIE splinternuwe 1300 GSXR Suzuki Haya­busi wat op die Gemsbok Rally gewen kanword. Foto: Lizette Slabber

Skrywerkompraat

Gewildewedren gehou

Page 4: Kalahari bulletin 25 julie 2013

4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Is dit nodig omouwonde oop tekrap?HANSIE CRONJÉ is nou 11 jaar násy dood weer van wedstrydknoeieryin Indië aangekla.

In 2000 het die wedstrydknoeierydie krieketwêreld geskud nadat ditaan die lug gekom het dat krieket-spelers geld ontvang het van be-roepswedders om wedstryde in ’nsekere rigting te stuur.

In daardie stadium was HansieCronjé die krieketheld van talleSuid-Afrikaanse krieketliefhebbersen veral ook van ’n magdom jongkrieketspelers wat na dié held opge-kyk het.

Die King-kommissie het gewysdié held het egter voete van klei.

Sy dood in 2002 het sy beeld in ’nmate herstel, soveel so dat mense ge-rieflikheidshalwe vandag terugkyk

en hom steeds kan prys oor sy voor-treflikekrieket terwylhulle syrol indie wedstrydknoeiery doelbewusmiskyk.

Nou kan gevra word hoekom ditnodig is om ná 13 jaar weer die won-de oop te maak en ou koeie uit diesloot te skop.

Daar kan egter met reg gesê worddat die gevoel is dat die volle waar-heid nie met die King-kommissieuitgekom het nie.

Daar is nie volle rekenskap oor aldie geld en al die betrokkenheid ge-gee nie. Is dit nodig om ná 13 jaar diegoeie herinneringe wat nog aanHansie kleef te verswart. Wat sê jy?Gaan lewer kommentaar oor die nu-we aanklag teen Hansie bywww.facebook.com/kbulletin.

Ware liefde gaan oordade aanmedemens

André de Villiers

LIEFDE is ’n werkwoord. – Lukas10:25-37

Om vir ander mense lief te weesblyk een van die moeilikste opdrag-te op aarde te wees.

Ons kan vir ons familie lief wees(ook nie eens altyd nie), ons kan virons kinders lief wees (die naastewat ons waarskynlik aan opoffe-rende liefde kom), maar om virmense lief te wees wat baie andersas ons is, is bykans onmoontlik. Ditwas van die vroegste tye af so.

Miskien daarom dat God so baieklem daarop gelê het in sy reëlingswat Hy met die volk Israel (en onsdaarna) getref het.

In die verhaal vra ’n wetsgeleer-de, wat veronderstel was om dieantwoord te ken, vir Jesus hoe hydie ewige, ware, volle lewe kan ver-kry. Jesus het hom daarop gewysdat hy gewoon moet lees wat diewet voorskryf (as wetsgeleerde souhy dié antwoord uit sy kop ken).Met sy hele wese vir God en synaaste liefmoetwees. So eenvoudigsoos dit. Die probleem word danduidelik: Hy wéét wat om te doen,maar is nie gereed om tot die daadoor te gaan nie. Hy probeer nog uit-kom deur te kyk of hy nie die naastekan definieer nie. Dalk net is daar“kategorieë” van mense by wie hynie betrokke hoef te raak nie. Dankom die gelykenis waarin Jesusduidelik maak dat dit glad nie kangebeur nie. Die voorbeelde wat Je-sus in die gelykenis gebruik, is soosvolg:

Die Leviet en priester was “kerk-mense” wie ons sou verwag dat hul-le sou help. Tog doen hulle dit nie,moontlik met goeie redes wat hullebetref. Die priester kon bv. onreinword as hy aan ’n (moontlik) dooiemens raak en dan kon hy volgenswet nie die gemeente gaan bedien

nie. Dan kom die Samaritaan, dieeen van wie ons die minste sou ver-wag om te help. Die twee volksgroe-pe het mekaar nie in die oë gekyknie. Tog stop hy, help hy en doenselfs meer: Hy laat die man verderversorg word en betaal vir sy reke-ning, beloof om nog uitgawes te be-taal indien dit nodig sou wees. Hyloop die ekstra myl, hy gee die on-derkleed as die persoon die bokleedvra. Met die voorbeeld sou die wet-geleerde hom kon verbind. Hy soudie gelykenis nie kon misverstaannie.

Maar dan kom die verrassendeteenvraag: Wie het ’n naaste ge-word van die man wat beseer was?(Nie: “Wie is my naaste?” nie,maar: “Vir wie kan ek ’n naastewees?”.) Die wetgeleerde moet kiesom ’n naaste te word en meelewendte raak.

Ware liefde vir God gaan oor da-de van liefde teenoor ons mede-mens. Ons “sien”, maar ons kry niemeer innig jammer nie. Dit roer nieons hart nie. Die Samaritaan krydit reg om sy vooroordele te laatstaan. Hy suspendeer al sy oortui-gings oor hoe die verhouding tus-sen Jode en Samaritane behoort tewerk, hy skuif dit uit die pad, igno-reer dit, gaan daarby verby enword ’n medemens en help ’n mede-mens. Hier is selfs ’n waarskuwing:As jy nie oorgaan tot dade nie, saljy die wonderlike lewe nie kry (er-vaar) nie. Ons probleem is dikwelsdat ons nie die nood raaksien nie,of dat die omvang van die nood onsoorweldig. Begin klein, doen net ditwat jy kan.

) Ds. André de Villiers is ’n le-raar aan die NG kerk op Kathu.

Onsigbare dade en stories se fluisterstem die soetste’n PAAR jaar gelede terwyl ek mygraad aan ’n (nie-so-goedkoop)universiteit voltooi het, het ek ont-dek dat my ma se maandelikse sa-laris direk in ’n afsonderlike reke-ning gedeponeer word.

Hierdie rekening was net geskepom vir my onderrig te betaal, virniks anders nie.

Die vier jaar dat ek op universi-teit was, was ek egter salig onbe-wus hiervan.

Ek het nooit daarvan geweet nie,want ek het met behulp van ’n stu-dielening gestudeer en die aan-vanklike plan was om dié groot be-drag terug te betaal die oomblikdat die dekaan my met daardiestokkie op die skouer geslaan heten ek my graad in die hand het.

Op daardie dag, in my finalejaar, het dit vir my gevoel asof die

wind uit my seile was. Die dag toeek moes hoor dié enorme rekeningis reeds vereffen.

Vir ’n oomblik het ek eers on-waardig gevoel dat so ’n groot ge-skenk aan my gegee is en daarnawas ek so verstom dat dit so stille-tjies gedoen is.

Geen trompette het geblaas nie.Geen bohaai is daaroor gemaak

nie.Geen kyk-watter-goeie-ma-is-ek-

soeke vir erkenning nie.Net my ma wat elke dag by die

werk opdaag sodat ek universiteittoe kon gaan.

En toe ek haar daaroor uitvra,antwoord sy: “Dit is wat ma’s virhul kinders doen.”

Net dit. Terwyl sy in die kom-buis staan en kosmaak.

Ek kon nog nooit ophou dink aan

hierdie ongelooflike daad nie, enveral – dat dit so ongesiens en stil-letjies aan my gegee is.

Ek het nog nie kinders nie, maarek kan met alle eerlikheid sê datek nog nooit iets so onselfsugtigsvir iemand gedoen het nie.

Gewoonlik wanneer ’n mens ietsdoen, soek ’n mens erkenningdaarvoor.

Ek, soos baie ander mense, isbang om onsigbaar te wees.

Dit is snaaks hoe ’n mens so aanjou grootste vrese vasklou dat jydit begin uitleef en jy jou eie werk-likheid skep.

Daar is oomblikke dat ek versig-tig met mense omgaan, konflik tenalle koste vermy net sodat ek opniemand se tone trap nie, sodat eknooit in die kollig beland en te veelruimte inneem nie.

En dan is daar oomblikke, se-ker wanneer ek te moeg is omso stil te wees, dat ek luidrugtigwíl wees, net sodat iemand myhoor.

Ons almal het ’n storie.Om eerlik te wees, ek wou nog

altyd hê my storie moet ’n bietjieraserig wees. Dat dit nie te stil enongesiens verbygaan nie.

Maar as ek dink aan my ma enhonderde ander se stil, mooi, een-voudige en onsigbare stories kanek nie anders as om te besef nie:’n Stil storie is nie ’n slegte storienie.

Trouens, dit mag net dalk diebeste storie in die boek wees.

Daar is mense wat nooit virerkenning vra nie, wat nooit hulnaam in neonligte wil sien flikkerof in hoofopskrifte wil raakleesnie.

Hulle daag net elke dag op omhul individuele stories te skep endoen wat reg is – dade van moeden liefde, sigbaar of nie.

Daar is helde in my storie, heldein hul eie storie en helde in die gro-ter Storie wat geskryf word, al kykniemand.

Dan begin jy kyk vir daardiemense wat ’n stil lewe lei terwylhulle pragtige stories skryf.

En dan gebeur die vreemde dingas ’n mens hulle begin raaksien: Jyis nie meer bang om self onsigbaarte wees nie.

Dankie virgoeie diensPIETER VAN ZYL, Kuruman:

IN ’n tyd van swak diensleweringwil ek die werkers van die Ga-Sego-nyana-munisipaliteit, wat ná urenoodherstelwerk aan kragdradegedoen het, bedank. Wanneer onskla dat ons in die donker moet sit,moet julle die koue trotseer en reëldat daar weer lig in ons lewe is.Dankie dat julle dit so vinnig doen.

TARTENDE hoë wit duine wat wag om uitgeklim te word. Só lyk dit in die Witsand­natuurreservaat, ’nmooi kuierplek met baie fotogeleenthede. Foto: Ilse Watson

Malema andMugabe alikeVINCENT WARD, Kuruman:

JULIUS MALEMA born, trained,used in the ANC and now sponso-red by the ANC in his new politicaldebacle.

How does the ANC sponsor thechief in command as Julius callshimself now?

The language that he is using andthe ridiculous political ideas we allhave heard long time ago, are thewords of Robert Mugabe.

Mugabe is his political fatherand mentor in how to become a dic-tator and claiming the land foryourself.

Not so long ago the ANC wrote ofalmost R600 million on fuel deliver-ed to Robert Mugabe that he could

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarinstandpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet dieskrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags

gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwyswat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn

het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer virpublikasie. Briewe wat per e­pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

not pay. So far the ANC govern-ment is donating millions and mil-lions to Mugabe for every electionthat is taking place even if Mugabeis the only party taking part in theelection.

Recently R1 milliard was dona-ted to Robert Mugabe for the up-co-ming elections that will take place.

Now the question is: Where doyou think Julius Malema is goingto get sponsors from to helphim?

The answer is right in front ofour eyes. Robert Mugabe is goingto sponsor him, because the twoshare the same ideas and politicalviews.

Who is looking like a bunch offools? Our own ANC government.

They have created their own ene-my in Julius Malema and they can-not see that by donating to RobertMugabe.

They are creating a political en-vironment for Julius Malema to gi-ve them a run for their money inthe up-coming elections.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Page 5: Kalahari bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 5

DIE Hoërskool Upington se twee dra-maproduksies van 2013, Grens enKliek, het hul debuut op die Reza deWet-tienertoneelfees op die Vryfeesin Bloemfontein gemaak.Dié tienertoneelfees is die eerste

dramafees waaraan Upington van-jaar deelgeneem het.Sowel Grens as Kliek het goeie re-

pliek van die beoordelaars ontvang.Grens het tweede geëindig en Reu-

benMurphy is as die belowendste ak-teur op die fees vir sy vertolking vandie karakter Samuel aangewys.SZ Minnaar is as die beste akteur

op die fees vir sy rol as David aange-wys. Albei leerlinge speel in die pro-duksie Grens.Kliek gee ’n deurdringende kykie

na die digitale wêreld waarin vandagse tieners hulle bevind. ’nWreed ont-nugterende stuk wat demonstreer

hoe maklik dinge kan verkeerd loop.Grens is die verhaal van David en

Samuel, twee seuns wat aan verskil-lende kante van die apartheidsre-gime grootword. Hartverskeurende,intieme teater op sy beste.albei dié dramas sal weer aan die

Upington-gemeenskap vertoonword.Hou Upington se Facebook-blad, dieKalahari Bulletin en reklamebordevir dié vertonings dop.

Vertonings vaar goed op fees

DIE dramaleerlinge wat aandie Reza de Wet­tienertoneel­fees in Bloemfontein deelge­neem het, is van links ZaskiaPain, Dennis Hoft, SamanthaJansen, Reuben Murphy, SZMinnaar, Jana Lategan enSue­Ellen Pretorius.

Foto: Verskaf

Page 6: Kalahari bulletin 25 julie 2013

6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Page 7: Kalahari bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 7

DIE Kalahari-kuierfees gaanvanjaar topvermaak op Donder-dag 26 September verskaf.Van die land se beste sangers

gaan op die Donderdag op dieNashua Mobile-eiland-hoofver-hoog optree.Daarby is die Donderdag die

goedkoopste dag omdie fees by tewoon.Dit maak Donderdag 26 Sep-

tember ’n feesdag om nie mis teloop nie.Op die Donderdag kos kaart-

jies vir die Kalahari-kuierfeesslegs R50 vir volwassenes en R20vir kinders.Op dié dag tree Fredi Nest, Na-

dia Louw, Rooies, Armand Hof-meyer, Karlien van Jaarsveld enBobby van Jaarsveld by die hoof-verhoog op.

Topkunstenaars op kuierfees

KARLIEN VAN JAARSVELD Foto’s: verskaf

FREDI NEST

BOBBY VAN JAARSVELD

Page 8: Kalahari bulletin 25 julie 2013

8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

OM Mandela­dag te vier het Zelco­motors vir 67 minute gehelp omdie babas van die Jogébed­babahuis te versorg. Hulle het ook doeke,formulemelk en geld aan die babahuis geskenk. Van links is Wilhelmi­na Nieuwergeldt (Jogébed), Barnard du Toit (Zelco­motors) en RethaAgenbag (Jogébed­huismoeder). Foto: Lizette Slabber

DIEKalahari Bulletin het op 18 Julie ooksy 67minute vir Madiba gegee deur kos­pakkies aan die kleuters van die RakkerAkker­kleuterskool te gee. Dié kleuter­skool van die ACVV is in Leerkrans endie kleuters is tog te slim en soet. Hieris personeellede van die Kalahari Bulle­tin by die kinders en hul twee onderwy­sers. Van links isCharmaine Jacobs (on­derwyser), Anna Strauss, Retha­MarieHall en Mercia Horn (onderwyser).

Foto’s: Lizette Slabber

Verbly kinderharte op Madiba­dag

REGS:DIÉdriemensies in hul pienk kle­re het tog te vriendelik vertel NelsonMandela verjaar en “hy maak vandag 95jaar oud”. Van links is Nitha­lene Davids,Sharifa Links en Rudwané Bock.

Page 9: Kalahari bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 9

Lizette Slabber

DIEUpington-kampusvandieNCR-VOO-kol-lege het vanjaar met oorgawe sy 67 minuteaan Madiba gegee deur verskeie projekte virMandeladag aan te pak.Buiten die reusagtige 67 wat die groep op

hul sportterreingevormhet, het die studente-raad en die personeellede ook op 18 Julie dieinwoners van die Oranjehof-tehuis vir be-jaardes en die Jogébed-pleeghuis bederf.Die personeellede en studente het geskenk-

pakkies aan die inwoners van Oranjehof ge-gee, terwyl die studenteraad beddens en ma-trasse aan die kinders van die pleeghuis ge-gee het. Die studenteraadslede het ookallerlei takies in en om die pleeghuis verrig.

Kollege geemet oorgawe

DIE personeeledel en studente van die Upington­kampus laai ge­skenkpakkies by die Oranjehof­tehuis vir bejaardes af.

DIE studente het die pakkies aan die bejaardes uitgedeel, omdat hulledie ouer garde wou bedank vir die rol wat hulle in opvoeding gespeelhet. Van links is Marianna Pretorius, Bonolo Gaonathebe en HesterKotze.

RACHELLE DE WET (links), een van die do­sente aan die Upington­kampus, het ’n ge­skenkpakkie aan tannie Aletta van Niekerkoorhandig. Foto’s: Lizette Slabber

DIE studenteraad van die Upington­kampus van die NCR­VOO­kolle­ge het beddens en komberse aan die Jogébed­pleeghuis oorhandig.Die beddens is deur personeellede van die kollege gemaak. Voor sitHannie Botha, pleegmoeder van die pleeghuis.

Page 10: Kalahari bulletin 25 julie 2013

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Department of economic Development, environment, conservation anD tourism

Bid InvitationThe Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism invites suitable, competent and experienced service providerswho have rendered services in similar fields to deal with the following projects:

Bid No Description Evaluation Criteria Compulsory BriefingSession

Closing Date Enquiries

NWDEDECT1/13/14

Security Services atTaung Skull WorldHeritage Site

90/1090-Price only10-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on1 August 2013 at 10:00at Taung Heritage SkullSite

27 August 2013 Technical information:Mr Swayi Mokoena, tel.(018) 387-7877Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT2/13/14

Security Services at:• Rustenburg

Regional Offices• Lotlamoreng Dam• Industrial Site,

Mafikeng• NWDC building at

Head Office

90/1090-Price only10-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on2 August 2013 at 10:00,at Head Office, NWDCBuilding, cnr UniversityDrive and ProvidentStreet, Mmabatho

27 August 2013 Technical information:Mr Swayi Mokoena, tel.(018) 387-7877Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT3/13/14

Supply and Deliveryof Furniture

80/2080-Price only20-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on2 August 2013 at 12:00,at Head Office, NWDCBuilding, cnr UniversityDrive and ProvidentStreet, Mmabatho

28 August 2013 Technical Information:Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT4/13/14

Integrated WasteManagement Plans forVredefort Dome WorldHeritage Site

80/2080-Price only20-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on6 August 2013 at 12:00,at Vredefort Dome,Potchefstroom

29 August 2013 Technical information:Ms Lebo Diale, tel.(018) 389-5751Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT5/13/14

Maintenance and DataManagement of SevenProvincial Air QualityMonitoring Stations

90/1090-Price only10-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on2 August 2013 at 14:00,at Head Office, NWDCBuilding, cnr UniversityDrive and ProvidentStreet, Mmabatho

28 August 2013 Technical Information:Ms Thokozile Ramoroa,tel. (018) 389-5952Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT6/13/14

Impact HeritageAssessment for TaungWorld Heritage Site

80/2080-Price only20-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on1 August 2013 at 14:00at Taung Heritage SkullSite

29 August 2013 Technical information:Ms Lebo Diale, tel.(018) 389-5751Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

The Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism and its clients or stakeholders donot bind themselves to accept the lowest or any other bid in whole or in part.Bid documents are available at the Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism, OfficeNumbers 273 and 265 at the NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho from 08:00 to 16:30from Monday to Friday before the closing date and time, at a non-refundable deposit of R100.00 per bidding document.Important Notice: Should the original Tax Clearance Certificate bearing the legal trading name of the bidding companynot be attached by the closing date of the bid, the bid will be declared invalid.

Kone Solutions K21008

Besoek gerus die KalahariBulletin se webwerf bywww.kalaharibulletin.co.za

Lizette Slabber

PERSONEELLEDE van die Lugha-wensmaatskappy het op 18 Julie hul67 minute ter viering van Mandela-dag saam met die inwoners van dieOranjehof-tehuis vir bejaardesdeurgebring.Hulle het aan elke inwoner ’n pak-

kiemeteetgoeden ’nkniekombersiegeskenk en die res van die tyd ge-sels, die inwoners se hande metroom ingevryf en allerlei takies virhulle verrig.Die personeellede van Oranjehof

is ook elkeen met ’n geskenkpakkiebederf om hulle te bedank vir die

versorging van die bejaardes.Die Lughawensmaatskappy het

besluit om vanjaar iets vir bejaar-des te doenomdathyvoorheenaltydiets vir kinders gedoen het.“Die bejaardes is grotendeels ’n

vergete deel van ons samelewing endaarom wou ons vanjaar iets virhulle doen,” het Anna Scholtz vandie Lughawensmaatskappy gesê.

Kuiertjieverbly harte

DIE personeellede van die Lughawensmaatskappy saam met lede van die ACVV en inwoners van die Oranje­hof­tehuis vir bejaardes. Foto’s: Lizette Slabber

GWENWESSELS (regs) van die Lughawensmaatskappy het ouma IdaMalanse hande met room behandel.

ANNA SCHOLTZ van die Lugha­wensmaatskappy het heerlik metdie inwoners van Oranjehof gesels.Van links is Anna Taljaard, Scholtzen Bessie Liebenberg.

Page 11: Kalahari bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 11

MEVMARIOLIVIER

(LOCKE), skakelassebliefvirBarbaraBouwerby 011825 3655/6/7/8i.v.m.CarelMarais.

2013-SPILPUNT-mielierestebale,plusminus180 kg.R160 perbaal. Met

netomhulsel.Bloemfontein-omgewing. SkakelFourie083 309 3008.AANDAG: ALLEGROOTMANS!Grootnommersin

winkelbeskikbaar.Kontantafslaggewaarborg.Specialsvir dieweek!Uitgesoekvir diesomer.Kortmouhemde -R100Kortbroeke - R150The Nu-Shop,PalmGate-sentrum,Hoofstraat, Kuru-man.Tel.053 712 1264.

Page 12: Kalahari bulletin 25 julie 2013

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

MIS TEKOOP:KurumanSkouterrein. Agterkleinvee-krale.R15/sakof R150/bakkievrag. SkakelAlbie083 440 1355.

OPREGTELABRADOR-hondjieste koop.8 wekeoud eningeënt.R990 elk.

Skakel084 651 3000.YORKIE-REUNTJIES tekoop.KanKUSAregistreer.

Skakel082 819 0767.

CO

LU

MB

IA-9

-10

-08-K

B-L

H

ColumbiaCarpets/Blinds

053 712 1961

053 712 2068

ELEKTRIESEHEININGSBeveiligueiendom.Vir pro-

fessionelegeakrediteerde in-stallasies.SkakelFrancois072 156 4035.HEKMOTORHERSTELENINSTALLASIES.Geakrediteerdeinstalleerders.SkakelOkker082 829 0292.

AUBREY'SINDUST

RIALSERVICE&PROJECTSCCYourhome-maintenanceproblemssolved.Specialising in:Newbuildings,renovations,painting,paving,tiling,plastering, roofingandceilings.FREEQUOTATIONAubrey071 926 5455 or082 063 0281.Joseph071 094 8677. 3242SecondStreet,Sisheng,Kathu.

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 13: Kalahari bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 13

KENNIS VAN OMGEWINGSGOEDKEURING

ARRIESFONTEIN GEKONSENTREERDESONTERMIESE KRAG AANLEG.

DOS-VERW.: 12/12/20/2646

Kennis word hiermee gegee kragtens die Omgewingsimpakbepaling (OIB) Regulasies wat verskynin Regeringskennisgewings Nr. R543 tot 546 (2010), afgekondig ingevolge Artikel 24(5) van die Wet opNasionale Omgewingsbestuur (Wet Nr. 107 van 1998) en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval(Wet Nr. 59 van 2008) van die goedkeuring van die bogenoemde projek.

Na aanleiding van die hersienning van die Omgewingsimpakbepalingsverslag vir die projek het dieDepartement van Omgewingsake (DOS), ‘n Omgewingsgoedkeuring uitgereik gedateer 14 Julie 2013. ‘nKopie van die Omgewingsgoedkeuring, met die redes vir die goedkeuring asook die projek voorwaardes, isverkrygbaar by die WorleyParsons veteenwoordiger by die kontak besonderhede hieronder.

Persone wat will appeleer teen die goedkeuring van die projek, kan so doen in terme van die voorsieningsvan Hoofstuk 7 van OIB R 543. Die voorneme om te appelleer mag geplaas word by die Minister binne20 dae (3 Augustus 2013) vanaf die datum van die uitreiking van die goedkeuring deur enige van dieonderstaande metodes:

Faks: 012 320 7561;

Pos: Privaatsak X447, Pretoria, 0001; of

Afgelewer: 2de Vloer, Fedsure Gebou, North tower, Hoek van. Lillian Ngoyi (Van der Walt) and PretoriusStrate, Pretoria

Kontak WorleyParsons gerus indien u enige navrae sou he oor die goedkeuring van die projek.

WorleyParsons RSAMr. Francois Humphries

Posbus 22Menlyn, 0063Telefoon: 012 745 2090Faks: 012 745 2001E-pos: [email protected]

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 14: Kalahari bulletin 25 julie 2013

14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Page 15: Kalahari bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 15

Lizette Slabber

OP Vrydag 19 Julie is ’n gholf-ontwikke-lingstoernooi vir 60 kinders van skole opUpington, Kakamas en Keimoes aange-bied.

Altesaam 145 leerlinge word al sedert 2012deur die Noord-Kaap-gholfontwikkelings-raad en die departement van sport se gholf-koördineerder, Edwin Boer, afgerig.

Boer en Bertie Steenkamp het die beste 60van dié kinders Vrydag afgerig en die kin-ders het tussendeur ook aan die Mayor’sGolf Challenge deelgeneem.

Die Mayor’s Gholf Challenge is deur Gift

van Staden, burgemeester van die ZF Mcga-wu-distriksmunisipaliteit, begin.

Die 20 topkinders wat aan Vrydag se gholf-ontwikkelingstoernooi deelgeneem het,gaan in September in Kimberley aan dieSpur Golf Challenge deelneem.

Die wenners in die afdeling vir kindersvan vyf tot tien jaar was Delwen Brandt, Ma-verick Links en Joshua Visagie. Keesha Jan-sen het die meisiesafdeling gewen.

In die 11- tot 16-ouderdomsgroep wasNashwill Mazima eerste, Ricardo Lovegrovetweede en Gewin Saaiman derde. Die mei-siesafdeling is deur Denice van Rooi gewenmet Irizantia Pienaar in die tweede plek.

Jong spelersswaai stokke

BERTIE STEENKAMP wys die groep kinders hoe om ’n setstok reg vas te hou.

JOSHUA VISAGIE (links, 5) en Delwen Brandt (6) was die jongste deelnemers aan die gholf­ontwikkelingstoernooi. Dié twee nefies kan glo al ’n barshou speel. Foto’s: Lizette Slabber

Page 16: Kalahari bulletin 25 julie 2013

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

DIE LaerskoolSeodin het onlangsdie jaarlikse VanDruten- rugby- en-netbaleindstrydeop Seodinparkaangebied.Altesaam 18rugby- en 20netbalspanne vanoor die streek heenhet aan dieeindstrydedeelgeneem. Al diespelers het hultalent ten toongestel en rugby ennetbal vanhoogstaande

gehalte is gespeel.Dié dag was ’nreuse-sukses.Elkespeler het ná elkewedstryd ’nmedalje ontvangen die wenspanhet ’n skildgekry. LivingBall, ’n organisasiewat die Woordonder sportmanneen -vroue versprei,het ekstra kleuraan die eindrondesgegee.Daar is ookin die eindstrydegeskiedenisgemaak. Die eerstekeer in VanDruten-laerskole segeskiedenis het ’nlaerskole-meisiehokkiewedstryd plaasgevind.Die eerste spannevan Seodin enKathu het teenmekaar kragtegemeet en Seodinhet diégeskiedkundigewedstryd met 2-1gewen. Ná diewedstryd het dieLaerskool Seodin,namens Suid-Afrikaanse hokkie,’n sak methokkietoerustingaan die LaerskoolKathu oorhandig.Ná die dag sewedstryde het dieeregaste enbeamptes saam indie skoolsaalgekuier.Hier volgdie dag seuitslae:Rugby: A-liga:o.9: Seodin 7– Kathu 0o.11:Seodin 20 – Kathu5o.13: Seodin 10 –Kathu 5Netbal: A-liga:o.9: Seodin 8– Posmansburg4o.10: Seodin 1 –Kathu 0 (SuddenDeath)o.11: Seodin10 – Kathu 0o.12:Kathu 12 – Seodin11o.13: Kathu 13 –Seodin 11Rugby:B-liga:o.9: LimeAcres/Daniëlskuil15 – Hotrock7o.11: Kuruman 29– Kathu 0o.13:Kathu 7 – LimeAcres/Daniëlskuil5 Netbal: B-liga:o.9: LimeAcres 4 – Kathu3o.10: Danielskuil9 – Seodin 4o.11:Sishen 7 – LimeAcres 4o.12:Danielskuil 8 –Kathu 5o.13:Sishen 6 – LimeAcres 4Rugby:Plaateindstryde:o.9B: Sishen 12 –Kathu 7o.11B: –Sishen 10 – Seodin0o.13B: – Seodin20 – Kathu 0

Sportfees gesien in eindstryde

DIE eerste netbalspanne van dieLaerskole Seodin en Kathu het ’nspanningsvolle wedstryd opgelewer.Foto’s: Joanie Bergh

HIER speel die LaerskoleSeodin en Kathu se eersterugbyspanne teen mekaar.

DIE Laerskool Seodin klop die LaerskoolKathu met 10-5.