junie/june 2015 - nwga · wolboer se belange uit te bou. werk ook nou saam met die rpo, samga en...

6
W OLBOER W OOL FARMER Junie/June 2015 NWKV Nuusbrief 28 / NWGA Newsletter 28 Vanjaar se nasionale kongres was weereens ’n hoogtepunt en is soos in die verlede deur hooggeplaaste politici bygewoon en toegespreek. Minister Senzeni Zokwana en LUR Mlibo Qoboshiyane het die kongres geopen. Die nuwe NWKV-leiers is ook tydens die kongres verkies. Guillau du Toit neem die leisels as voorsitter by Harry Prinsloo oor en Casper Labuschagne is as nuwe visevoorsitter (kommersieel) verkies. Sipiwo (SK) Makinana is as visevoorsitter (kommunaal) herkies. Wolprodusente is baie positief nadat die wolmark die seisoen op ‘n rekordvlak van R141,20/kg (skoonwol) gesluit het. Dit is 26,5% hoër as op die openingsveiling. Wolkopers verwag dat die mark sy positiewe momentum op huidige vlakke vir die nuwe seisoen sal handhaaf met die eerste veiling op 12 Augustus. Laat weet ons van gebeure in jou omgewing of as jy ook die nuusbrief wil ontvang. Skakel Karen Grobler 082 774 7008 of stuur ’n e-pos aan [email protected] of Bonita Francis by [email protected] of skakel 041 365 5030. Onthou ook om die NWKV se Facebook-blad vir nuus te besoek. Klik hier www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277 BKB is die hoofborg van hierdie nuusbrief. >>> Inhoud >>> Content 1. New leadership for Wool Growers 2. Produksie-adviseur vir die Wes-Kaap 3. Awards for shearing sheds 4. Wolprodukte verkoop goed by Royal Skou 5. Mosselbaai hou 37ste kuddekompetisie 6. Photo competition – we have a winner 7. Wat doen die NWKV op provinsiale vlak? 8. Wool auctions 9. Foreign sheep shearers 10. Wool products at Woolies Voorwoord This e-newsletter is compiled from sources that are deemed reliable. However, the publisher accepts no responsibility for any errors or the effect of any decisions based on this publication.

Upload: others

Post on 12-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Junie/June 2015 - NWGA · wolboer se belange uit te bou. Werk ook nou saam met die RPO, Samga en die wildbedryf om die wolboer se beeld in die Oos-Kaap te bevorder. Communal 1. Wool

WOLBOER WOOL FARMER

Junie/June 2015NWKV Nuusbrief 28 / NWGA Newsletter 28

Vanjaar se nasionale kongres was weereens ’n hoogtepunt en is soos in die verlede deur hooggeplaaste politici bygewoon en toegespreek. Minister Senzeni Zokwana en LUR Mlibo Qoboshiyane het die kongres geopen. Die nuwe NWKV-leiers is ook tydens die kongres verkies. Guillau du Toit neem die leisels as voorsitter by Harry Prinsloo oor en Casper Labuschagne is as nuwe visevoorsitter (kommersieel) verkies. Sipiwo (SK) Makinana is as visevoorsitter (kommunaal) herkies.

Wolprodusente is baie positief nadat die wolmark die seisoen op ‘n rekordvlak van R141,20/kg (skoonwol) gesluit het. Dit is 26,5% hoër as op die openingsveiling. Wolkopers verwag dat die mark sy positiewe momentum op huidige vlakke vir die nuwe seisoen sal handhaaf met die eerste veiling op 12 Augustus.

Laat weet ons van gebeure in jou omgewing of as jy ook die nuusbrief wil ontvang. Skakel Karen Grobler 082 774 7008 of stuur ’n e-pos aan [email protected] of Bonita Francis by [email protected] of skakel 041 365 5030.

Onthou ook om die NWKV se Facebook-blad vir nuus te besoek. Klik hier www.facebook.com/pages/NWGA/679678912058277

BKB is die hoofborg van hierdie nuusbrief.

>>> Inhoud >>> Content

1. New leadership for Wool Growers

2. Produksie-adviseur vir die Wes-Kaap

3. Awards for shearing sheds

4. Wolprodukte verkoop goed by Royal Skou

5. Mosselbaai hou 37ste kuddekompetisie

6. Photo competition – we have a winner

7. Wat doen die NWKV op provinsiale vlak?

8. Wool auctions

9. Foreign sheep shearers

10. Wool products at Woolies

Voorwoord

This e-newsletter is compiled from sources that are deemed reliable. However, the publisher accepts no responsibility for any errors or the effect of any decisions based on this publication.

Page 2: Junie/June 2015 - NWGA · wolboer se belange uit te bou. Werk ook nou saam met die RPO, Samga en die wildbedryf om die wolboer se beeld in die Oos-Kaap te bevorder. Communal 1. Wool

New leadership for Wool Growers 1

Produksie-adviseur vir die Wes-Kaap 2

Jannie Fourie is vanaf 1 Julie as produksie-adviseur op Caledon aangestel. Jannie het aan die Hoërskool Overberg gematrikuleer en 15 jaar op hul familieplaas Dwaalhoek in die Caledon-distrik geboer. Hy het ’n B Agric Admin-graad asook ’n Avcasa-kwalifikasie in dieregesondheid. Hy het vanaf 2006 by Novartis Dieregesondheid in die Wes- en Noord-Kaap gewerk en werk sedert Januarie 2014 by Biotech in die Overberg. Hy het ’n passie om skaapboerdery te bevorder en ken en

verstaan die boerdery-omgewing.

Congratulations to the new national NWGA chairman Guillau du Toit from Fraserburg, who will take over the reins from Harry Prinsloo. Casper Labuschagne, Eastern Cape chairman was elected vice-chairman (commercial) and Sipiwo Makinana was re-elected vice-chairman (communal). “I will follow in the footsteps of my predecessors to sustain the high level of performance of the NWGA and I will rely on the knowledge and expertise of our staff, my management and each and every wool grower to fulfil this task,” Du Toit said.

Awards for shearing sheds 3

True to custom, shearing sheds, or wool growers, who have achieved outstanding results in developing their sheep project for increased wool income, were recognised at the NGWA national congress. Five regional winners and an overall winner received the 2015 NWGA/Zoetis Prestige Award at the congress.

Bethania shearing shed in the Mount Fletcher district was the regional winner for Region 24 and obtained a total score of 44/60. Criteria included percentage net income, percentage bin bales, average bale mass, clean yield, percentage of auction indi-cator and percentage kilogram fleece.

A total of 43 shearing sheds and wool-growing communities were evaluated. One of the shearing sheds with a total score of 48/60 was disqualified because of baling twine and plastic contamination.

The NWGA would like to thank the sponsor, Zoetis, for their commitment towards the development of communal farmers.

A representative from Zoetis visited the Bethania shearing shed to hand over the prizes and assist with the application of products.

Page 3: Junie/June 2015 - NWGA · wolboer se belange uit te bou. Werk ook nou saam met die RPO, Samga en die wildbedryf om die wolboer se beeld in die Oos-Kaap te bevorder. Communal 1. Wool

Wolprodukte verkoop goed by Royal Skou 4Die NWKV se Harrismith-kantoor het rekordverkope by die Royal Skou van 29 Mei tot 7 Junie in Pieter-maritzburg behaal. Volgens Jean Visser, NWKV-sekretaresse, was daar groot belangstelling in die Wolhuis-stalletjie. Die langmoufrokkies en pantoffels is eerste uitverkoop en daar was ook te min woltruie om in die vraag te voorsien. Daaglikse modevertonings het kleur aan die skou verleen en modelle het produkte van die verskillende stalletjies gedra om die veelsydigheid van wol en bokhaar te bevorder.

Mosselbaai hou 37ste kuddekompetisie 5André de Jager van Swartklip, Albertinia, is as algehele wenner van die jaarlikse Mosselbaaise kudde-evaluering aangewys. Die suksesvolle dag is einde Mei by Cooper se veilingskrale deur BKB in samewerking met die NWKV aangebied.

Altesaam 10 boere het deelgeneem. Die ooie was weereens van uitstaande gehalte met goeie bouvorm en wol. Deelnemers kon hulself aan mede-deelnemers meet om te sien hoe kuddes verbeter en boerderybestuur aangepas kan word.

Gawie van Wyk van NWKV Carnarvon was die beoordelaar en Pierre Vlok van BKB Westelike Streek het die punte verwerk en die pryse oorhandig. Werner Olivier van BKB Port Elizabeth het ’n interessante praatjie oor wolsake gelewer.

Van links: Gawie van Wyk (NWKV), Pierre Vlok (BKB), Andre de Jager (algehele wenner), Pieter Aucamp (BKB), Frikkie van der Walt (Saag Jonker Familietrust, wenner van die kortwolgroep).

Kategoriewenners:Algehele wenner, beste ooi, beste wol en beste bouvorm: Andre de Jager, Swartklip , Albertinia. Tussen 300 en 500 ooie: Flip Fivaz, Arbeidsloon, Mosselbaai.Beste kortwol vir ’n groep ooie: Saag Jonker Familietrust, Schoonberg, Herold.

Eerste vyf plasings:1. Andre de Jager, Swartklip, Albertinia 2. Saag Jonker Familie Trust, Schoonberg, Herold 3. Willie Oosthuizen, Moreson, Albertinia4. Flip Fivaz, Arbeidsloon, Mosselbaai5. Francois Malherbe, Kweekkraal, Riversdal

Page 4: Junie/June 2015 - NWGA · wolboer se belange uit te bou. Werk ook nou saam met die RPO, Samga en die wildbedryf om die wolboer se beeld in die Oos-Kaap te bevorder. Communal 1. Wool

The NWGA launched its first photo competition to compile a photo library featuring woolled sheep. The theme of the com-petition was “Capturing the wool sheep”. Some 178 entries were received – quite astonishing for the first attempt.

Frans Stottelaar of FraNê Photography won the first prize. Ac-cording to the judges, this photograph of a shearer had the most impact. He received a R5 000 Makro voucher. Elsa Featherstone was the runner-up with a photograph capturing wethers on their way to the kraal in the Graaff-Reinet district. She received a R2 500 Makro voucher. To view the winning photographs visit www.nwga.co.za/wool-news/in-the-news.html.

Photo competition – we have a winner6

Wat doen die NWKV op provinsiale vlak? 7Die NWKV sal elke maand oor hul dienste aan wolboere op provinsiale vlak verslag doen.

Oos-Kaap

1. Addisionele produksie-adviseur in Queenstown is aangestel. 2. Streeksvergaderings in 10 streke in samewerking met die Oos-Kaapse RPO. 3. Aktiewe studiegroepe op Jansenville, Rietbron, Jamestown, Bedford, Barkly-Oos en Burgersdorp. Ook indivi-

duele deelnemers. 4. Studiegroep is in die Ugie-distrik gestig waar swart kommersiële boere deelneem aan tweemaandelikse ekono-

miese vraelyste om bruikbare inligting oor ’n 12-maande-tydperk te hê. Boerderybestuursinligting word aan die studiegroepe oorgedra. Die nasionale visevoorsitter, SK Makinana, is een van 22 boere wat deel vorm van die Umnga Flats-studiegroep. Vanjaar het roofdierspesialis Niel Viljoen ’n inligtingsdag aangebied.

5. Aktiewe ongediertemoniteringsplase in Aberdeen, Jansenville, Bedford, Hofmeyr, Jamestown, Dordrecht en Maclear. Produksie-adviseur Juan Venter doen geheelplaasbeplannings en gee raad oor bestuurspraktyke.

6. Aktief betrokke by georganiseerde landbou en dien op Agri Oos-Kaap se bestuur en subkomitees om die wolboer se belange uit te bou. Werk ook nou saam met die RPO, Samga en die wildbedryf om die wolboer se beeld in die Oos-Kaap te bevorder.

Communal 1. Wool marketed through the formal auction increased to 3 806 993 kg with a total value of R137,9 million. This

represents a 10% increase from the previous year. 2. The Department of Rural Development and Land Reform has contracted the NWGA to implement and ma-

nage the following projects within the genetic improvement programme (ram project):

• Establish black emerging ram breeders Three farmers from Lady Grey, Elliot and Kei Road were selected to breed rams for the genetic improvement programme. Each breeder received 92 certified pregnant ewes and four quality rams. The rams were put with

all the ewes during March this year. Ram lambs have been selected and the second selection will take place in September.

• Ram clubThe NWGA established a veld ram club in the Elliot area, but because the ram lambs from the communal areas are too small, the NWGA is negotiating with farmers to move the veld ram club to sweet veld areas.

• Achievement for 2015NWGA managed to remove 2 975 inferior rams from communal land and replaced these rams with genetically improved rams, bred by group breeders.

Page 5: Junie/June 2015 - NWGA · wolboer se belange uit te bou. Werk ook nou saam met die RPO, Samga en die wildbedryf om die wolboer se beeld in die Oos-Kaap te bevorder. Communal 1. Wool

More wool auctions 8

The NWGA met with brokers and Sawamba to discuss the implementation of additional strategic auctions. Additional auctions were consequently approved for June, August and December to accommodate producers’ delivery patterns and decrease the period producers had to wait before receiving a payment for their clip.

An agreement was reached between the Department of Home Affairs (DHA), Agri SA and the wool industry to declare sheep shearing as a scarce and critical skill. This agreement provides for special procedures in obtaining work visas through registered service providers. The NWGA submitted a list of current service providers to the DHA and will verify service providers applying for visas that are not on the list. A special training programme is planned in collaboration with BKB and CMW to produce more South African sheep shearers.

100% targeted communication to ALL wool producers and stakeholders!

Wool producers must make money. With this in mind Wolboer/Wool Farmer print and digital magazine is the only dedicated and 100% targeted publication for the South African Wool Industry and is the official voice of the NWGA.

Advertising your products, services and auctions will give you maximum exposure and targeted media coverage. Your message is sent to thousands of farmers, wool producers, and industry stakeholders. We make it simple to get your message out quickly and effectively.

Please contact Ilse Liveris and her team to discuss targeted advertising solutions to suit your needs.

012 843 5717 | 072 708 4401 [email protected]

Maximise return on your investment.

Targ

eted

au

die

nce

s /

Targ

eted

con

ten

t /

Targ

eted

sol

uti

ons

Wool products at Woolies10

Keep it classy with a luxurious and dura-ble lamb’s wool pullover from Woolworths. 100% Merino wool, moth-proof finish, machine washable and tumble dryable. Click here for online purchases.

Should a particular size or selected colour not be available, contact your nearest Woolworths branch.

Foreign sheep shearers 9

Page 6: Junie/June 2015 - NWGA · wolboer se belange uit te bou. Werk ook nou saam met die RPO, Samga en die wildbedryf om die wolboer se beeld in die Oos-Kaap te bevorder. Communal 1. Wool

ww

w.si

mon

says

.co.

za |

5586

BKB, the market leader, continuously strive to leave the widest and the deepest small stock footprint in the country. The welfare of fibre growers is our prime objective, and therefore, we aim to provide an effective service through highly skilled and knowledgeable technical and shearing advisors. Our focus is on sustainable small stock farming. It is no secret that BKB put a great deal of effort into strengthening a mutually beneficial

alliance with you on a daily basis.

Receive unlimited benefit through this and BKB’s full range of agri-products and services. Contact BKB AgriFin for your tailor made financing solutions.

Speak to us today.

Home of Agriculture

Tel:

041

503

3111

ww

w.b

kb.c

o.za

BKB

Lim

ited

- Reg

iste

red

Cre

dit P

rovi

der

- NC

RCP2

545

wool & mohair | grain | livestock | properties | trading | financial services

Q-5586 - BKB Wolboer Backpage Ad.indd 1 2013/02/05 9:09 AM