jacobsdal primêre skool · web viewjacobsdal primÊre skool nuusbrief: 5 10 - 17 februarie 2017...

8
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 5 10 - 17 Februarie 2017 OUERS: ONDERWYSPOS: Aansoeke word ingewag vir ‘n ekstra onderwyspos wat deur die Beheerliggaam goedgekeur is. Diensaanvaarding: 18 April. Sien asseblief die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is. HLS SE REËLINGS: Ouers moet asseblief kennis neem dat ons heeltemal apart van Hoër Landbouskool funksioneer. Hulle reëlings het niks met ons te doen nie. Ons skool gaan Maandag normaal voort. Ouers moet ons asseblief skriftelik in kennis stel as hulle kinders nie Maandag in die skool is nie en dit is u kind se verantwoordelikheid om self alle huiswerk in te haal. U moet dit asseblief ook vir die toekoms in gedagte hou. PANNAR EKSTRAVAGANZA: Graag wil ons baie dankie sê aan ons Ouerleierkomitee (en die ander ouers wat behulpsaam was!) vir julle harde werk by die Pannardag. Dankie vir julle moeite en opoffering om fondse vir ons skool te genereer. Wees verseker dat ons dit baie waardeer. Dankie ook aan Charmainé van Niekerk wat al baie jare met die dag behulpsaam is. Dankie aan graad 3 en 4 ouers wat produkte vir die dag geskenk het. Ons waardeer dit! GRAAD 7 VALENTYNSOKKIE: Die graad 7-klas bied op Donderdag, 16 Februarie om 18:00 ‘n lekker valentynsokkie vir graad 1 – 7 leerders in die skoolsaal aan. Toegang beloop R5 en verversings sal te koop aangebied word. Tema: Rooi, wit en blou met hartjies! KLEREWINKEL: WINTERSKLEREBESTELLING: [BESTELVORM] Daar word slegs een bestelling vir 2017 se wintersklere geplaas. Ouers het tot Vrydag, 27 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Kostes is as volg: ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG: 1 Skoolbaadjie: (Opgestopte Windjakker) 22 - 32 R450,00 34 - 44 R470,00 2 Sweetpakbaadji e: 22 - 32 R315,00 34 - 44 R365,00 3 Sweetpakbroek: 22 - 32 R190,00 34 - 44 R225,00 Voorbeelde van elke nommer is in die Klerewinkel beskikbaar. Bestel asseblief die klere met die bestelvorm wat by die nuusbrief aangeheg is. Sperdatum vir bestellings: Maandag, 6 Maart 2017 GROOT ASSEBLIEF Ouers wat klere van hulle kinders het wat dalk te klein geword het, kan dit asseblief aan die Klerewinkel se tweedehandse bank skenk om aan minderbevoorregte kinders uit te deel. Ons sal dit baie waardeer! NS: Die Klerewinkel het ook nou ‘n kaartmasjien en ouers kan gerus daarvan gebruik maak. ATKV REDENAARSKOMPETISIE: [AFSKEURSTROKIE] Leerders wat belangstel om aan die ATKV se Redenaarskompetisie op 11 en 12 Mei by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein deel te neem, kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 13 Februarie saam

Upload: others

Post on 25-May-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 5 10 - 17 Februarie 2017 OUERS: ONDERWYSPOS: Aansoeke word ingewag vir ‘n ekstra onderwyspos wat deur die

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 5 10 - 17 Februarie 2017OUERS:ONDERWYSPOS:Aansoeke word ingewag vir ‘n ekstra onderwyspos wat deur die Beheerliggaam goedgekeur is. Diensaanvaarding: 18 April. Sien asseblief die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is.

HLS SE REËLINGS:Ouers moet asseblief kennis neem dat ons heeltemal apart van Hoër Landbouskool funksioneer. Hulle reëlings het niks met ons te doen nie. Ons skool gaan Maandag normaal voort. Ouers moet ons asseblief skriftelik in kennis stel as hulle kinders nie Maandag in die skool is nie en dit is u kind se verantwoordelikheid om self alle huiswerk in te haal. U moet dit asseblief ook vir die toekoms in gedagte hou.

PANNAR EKSTRAVAGANZA:Graag wil ons baie dankie sê aan ons Ouerleierkomitee (en die ander ouers wat behulpsaam was!) vir julle harde werk by die Pannardag. Dankie vir julle moeite en opoffering om fondse vir ons skool te genereer. Wees verseker dat ons dit baie waardeer. Dankie ook aan Charmainé van Niekerk wat al baie jare met die dag behulpsaam is. Dankie aan graad 3 en 4 ouers wat produkte vir die dag geskenk het. Ons waardeer dit!

GRAAD 7 VALENTYNSOKKIE:Die graad 7-klas bied op Donderdag, 16 Februarie om 18:00 ‘n lekker valentynsokkie vir graad 1 – 7 leerders in die skoolsaal aan. Toegang beloop R5 en verversings sal te koop aangebied word. Tema: Rooi, wit en blou met hartjies!

KLEREWINKEL:WINTERSKLEREBESTELLING: [BESTELVORM]Daar word slegs een bestelling vir 2017 se wintersklere geplaas. Ouers het tot Vrydag, 27 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Kostes is as volg:

ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG:

1Skoolbaadjie:(Opgestopte Windjakker)

22 - 32 R450,00 34 - 44 R470,00

2 Sweetpakbaadjie: 22 - 32 R315,00 34 - 44 R365,003 Sweetpakbroek: 22 - 32 R190,00 34 - 44 R225,00

Voorbeelde van elke nommer is in die Klerewinkel beskikbaar. Bestel asseblief die klere met die bestelvorm wat by die nuusbrief aangeheg is. Sperdatum vir bestellings: Maandag, 6 Maart 2017 GROOT ASSEBLIEF

Ouers wat klere van hulle kinders het wat dalk te klein geword het, kan dit asseblief aan die Klerewinkel se tweedehandse bank skenk om aan minderbevoorregte kinders uit te deel. Ons sal dit baie waardeer!

NS: Die Klerewinkel het ook nou ‘n kaartmasjien en ouers kan gerus daarvan gebruik maak.

ATKV REDENAARSKOMPETISIE: [AFSKEURSTROKIE]Leerders wat belangstel om aan die ATKV se Redenaarskompetisie op 11 en 12 Mei by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein deel te neem, kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 13 Februarie saam met R175 na die klasonderwysers stuur. Volledige inligting sal aan die leerders wat inskryf verskaf word. Sluitingsdatum vir inskrywings: 17 FebruarieOnderwerpe vir hierdie kompetisie:GRAAD 1 – 3:

Gogga Reënboog Blink

GRAAD 4 & 5 Klei Note Blou

GRAAD 6 & 7 Spieël Krap Klik

Indien ouers enige navrae het oor die kompetisie kan u met Elsabé Ueckermann kontak maak by: 0826131661

KOSHUIS:Daar is steeds koshuisouers wat nog nie hulle kinders se 2L roomysbakke met basiese medisyne by die koshuis ingehandig het nie. Ons doen ‘n beroep op u om dit op Maandag, 13 Februarie dringend by die koshuismoeder in te handig.

LEERDERDEELNAME:SONE ATLETIEKBYEENKOMS:Baie geluk aan ons atlete wat met die afgelope Sone Atletiekbyeenkoms presteer het. Die uitslae word by die nuusbrief ingesluit. Al die atlete op die

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 5 10 - 17 Februarie 2017 OUERS: ONDERWYSPOS: Aansoeke word ingewag vir ‘n ekstra onderwyspos wat deur die

lys kwalifiseer om aan die Motheo-Xhariep Atletiekkampioenskappe wat op 25 Februarie in Bloemfontein plaasvind, deel te neem. Ouers kan kyk na die APE-punt wat u kind met elke item behaal het. Dit is ‘n goeie aanduiding van die kwaliteit van die prestasie.Ouers wat enige onttrekkings wil doen, het tot Maandag, 13 Februarie om dit by mnr Alfred Hodgson te doen. Hou asseblief by sperdatums.

TENNIS:Baie sterkte aan die Suid-Vrystaat tennisspelers wat vandag en môre aan ‘n Interprovinsiale toernooi in Bloemfontein deelneem. Maak ons trots!

VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE:Baie sterkte aan al ons swemmers wat aan die Vrystaat Swemkampioenskappe op 14 en 15 Februarie in Bloemfontein gaan deelneem. Ouers neem self hulle kinders na Bloemfontein. Indien enige swemmer vervoerprobleme het moet mnr Alfred Hodgson dringend gekontak word.

SKAAK:Uitslae van die afgelope kwalifiserende toernooi:JG Noeth wen 3½ uit 5HJ Noeth wen 2 uit 5Phillip Noeth wen 2 uit 5Heirich Poolman wen 5 uit 5Rian Steenkamp wen 3 uit 5 Baie geluk!

NOORDKAAP SWEM:Geluk aan Wessel van Niekerk en Leané van Eeden wat op 28 Januarie vir die Noordkaap Swemspan aan ‘n vierhoekige Distrik swemgala op Klerksdorp deelgeneem het. Wessel het twee 2de plekke, ‘n 4de en ‘n 6de plek behaal en Leané ‘n 4de, 5de en 6de plek.

SKOOLSWEM / KLUBSWEM:Ouers moet asseblief kennis neem van die verskil tussen skool- en klubswem:

SKOOLSWEM:Ons skool neem amptelik in die Vrystaat se Xhariepstreek deel. Daar is tans net een gala nl. Vrystaat Swemkampioenskappe. Daar is volgende jaar ‘n moontlikheid van ‘n Xhariepgala wat voor die Vrystaat kampioenskappe gaan plaasvind.Ouderdomme is 0/8, 0/9 0/10 ens. Dit beteken jy neem deel in die ouderdom wat jy in 2017 word. (Ongeag jou verjaardagmaand)

Hierdie swemmers betaal R350 voor Desember en R350 na Desember wat gebruik word om klubafrigters te vergoed en om hulle afrigtingskursusse te help betaal.Swemmers kry erkenning op die Jaarlikse Prysuitdeling

KLUBSWEM:Swemmers word by NCASA geregistreer en geaffilieer en neem aan verskeie gala’s in Kimberley deel. Hierdie swemmers kan vir die Noordkaap Swemspan gekies word wat aan Interprovinsiale gala’s deelneem.Swemmers neem aan die ouderdomsgroep deel soos wat sy/haar ouderdom op daardie dag is.Swemmers kry erkenning op die nuusbrief en kwartaallikse prysuitdeling.Alle gelde van klubswemmers word in die klubfonds gestort.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Hannelie Viljoen (Skoonma oorlede)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 5 10 - 17 Februarie 2017 OUERS: ONDERWYSPOS: Aansoeke word ingewag vir ‘n ekstra onderwyspos wat deur die

AFSKEURSTROKIE: ATKV REDENAARS 11 & 12 Mei 2017

OUER: ______________________________________

LEERDER/S:

__________________________________ GR.: ___

__________________________________ GR.: ___

STEL BELANG OM IN TE SKRYF VIR DIE ATKV SE REDENAARSKOMPETISIE.

HANDT: ____________________ DATUM: ____________

Registrasiegeld: R175 per leerderSluitingsdatum vir inskrywings: 17 Februarie

BESTELVORM: WINDJAKKERS EN SWEETPAKKE

Naam van leerder:

GR: ___

Naam van leerder:

GR: ___

Nommer van Windjakker:(Opgestopte warm baadjie)

Bedrag: RNommer van Sweetpakbaadjie:

Bedrag: RNommer van Sweetpakbroek:

Bedrag: RTotale bedrag ingesluit:

R

Handtekening ouer: _________________________

Datum: _______________ (Leerders kan gedurende langpouse in die klerewinkel verskillende

nommers gaan aanpas met die oog op bestellings)‘N AFBETALINGSOOREENKOMS KAN MET DIE SKOOL GEREËL

WORDDie Klerewinkel het ‘n kaartmasjien gekry!

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 5 10 - 17 Februarie 2017 OUERS: ONDERWYSPOS: Aansoeke word ingewag vir ‘n ekstra onderwyspos wat deur die
Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 5 10 - 17 Februarie 2017 OUERS: ONDERWYSPOS: Aansoeke word ingewag vir ‘n ekstra onderwyspos wat deur die

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL

VAKATURE BESKIKBAAR

LEERKRAG: (Posvlak 1) Beheerliggaamaanstelling

POSBENAMING: Graad 5 - Klasonderwyser

MINIMUM VEREISTES: Onderwyskwalifikasie

VAKKE: Engels, Afrikaans, NWT, SW en LV

AANBEVELINGS: Goed tweetalig. Rekenaarvaardig.Vermoë om opdragte doeltreffend en stiptelik uit te voerGoeie organisasie en beplanningGoeie en aanvaarbare waardesSport en Kultuur vaardighedeGeen kriminele rekordOndervinding gaan in jou guns tel!

KONTRAK: Jaarliks

SALARISPAKKET: R10 000,00 per maand vir 12 maande

DIENSAANVAARDING: 18 April 2017

HANDIG DIE VOLGENDE IN, OF EPOS NA [email protected] en Volledige CV

Gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies en ID dokument

Sluitingsdatum: 16 Februarie 2017

NAVRAE:Skoolhoof, mnr PW Tait by: [email protected]

Tel: 053 5910039

Indien u nie binne twee weke, na sluiting van die aansoeke, iets van ons gehoor het nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 5 10 - 17 Februarie 2017 OUERS: ONDERWYSPOS: Aansoeke word ingewag vir ‘n ekstra onderwyspos wat deur die