jacobsdal primêre skool - jakkies.com  · web viewouers en belangstellendes word uitgenooi na ons...

7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 34 26 Okt – 2 Nov 2018 OUERS: SKOOL- EN KOSHUISGELD 2019: Op ‘n Ouerbegrotingsvergadering gehou op Maandag, 22 Oktober 2018 is die volgende skool- en koshuisgelde vir 2019 deur ouers goedgekeur: SKOOLGELD: R885.00 oor 11 maande Voor die 7de van elke maand vooruitbetaalbaar. KOSHUISGELD: Kwartaal 1, 2 en 3: R4 200.00 (per leerder) Kwartaal 4: R2 800.00 (per leerder) Koshuisgeld is kwartaalliks op die eerste dag van die kwartaal betaalbaar. Ouers wat per maand betaal, betaal R1400 vir 11 maande. (Slegs met toestemming van die Beheerliggaam.) BEHEERLIGGAAM: Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 8:15, Siftingskomiteevergadering (Mnre R Jacobs en C Brink) om 10:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00 op Maandag, 29 Oktober. KONSESSIEBELEID: Ouers van leerders wat konsessie ontvang moet asseblief net weer kennis neem van die volgende: (Ook geplaas op Nuusbrief 20 van 22 Junie 2018) Leerders aan wie ‘n konsessie toegeken is, moet ‘n teenprestasie lewer om hierdie konsessie te behou. Leerders word verplig om elke kwartaal twee artikels te lees wat langer as een A4 bladsy is. Indien artikels korter is, moet daar meer as twee gelees word. Leerders se begrip van hierdie artikels sal deur die RO-leerkragte getoets word. Leerders mag ook ou leesboeke as leesstof gebruik. Leerders wat nie hierdie ekstra teenprestasie lewer nie, se konsessie kan dalk wegval. Julle het kans tot 9 November! ALARM BY SWEMBAD: Ouers/sleutelhouers en leerders wat vroeg oggend, in die aande of naweke die swembadterrein betree, moet asseblief nie tussen die voertuie onder die afdak beweeg nie. Die alarm sal afgaan en dan moet die Skoolhoof elke keer skool toe gaan. GR 7 VCSV KAMP: Sterkte aan die graad 7-leerders wat die naweek ‘n VCSV- kamp in Bloemfontein bywoon. Ons hoop julle maak ons trots en maak ten volle gebruik van hierdie wonderlike voorreg wat julle het om so ‘n kamp by te woon. Juffroue Elza en Madeleine en Wollie vergesel die graad 7’s. Baie dankie aan Danie Noeth wat ons bussie gaan bestuur. PRETDAG: Ons pretdag vind op Vrydag, 9 November plaas. Ouers is ook welkom om te kom deelneem aan al die pret-items! Kom wees weer “kind” saam met jou kind. JAARBLAD 2018: [AFSKEURSTROKIE] Ouers kan die Jaarblad @ R120 per kopie met die afskeurstrokie bestel. Kontant met bestelling asseblief na die klasonderwysers. Dit gaan weer vanjaar ‘n pragtige boek wees.

Upload: ngodien

Post on 29-Oct-2018

216 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 34 26 Okt – 2 Nov 2018OUERS:SKOOL- EN KOSHUISGELD 2019:Op ‘n Ouerbegrotingsvergadering gehou op Maandag, 22 Oktober 2018 is die volgende skool- en koshuisgelde vir 2019 deur ouers goedgekeur:SKOOLGELD: R885.00 oor 11 maande Voor die 7de van elke maand vooruitbetaalbaar.KOSHUISGELD: Kwartaal 1, 2 en 3: R4 200.00 (per leerder)Kwartaal 4: R2 800.00 (per leerder)Koshuisgeld is kwartaalliks op die eerste dag van die kwartaal betaalbaar. Ouers wat per maand betaal, betaal R1400 vir 11 maande. (Slegs met toestemming van die Beheerliggaam.)

BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 8:15, Siftingskomiteevergadering (Mnre R Jacobs en C Brink) om 10:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00 op Maandag, 29 Oktober.

KONSESSIEBELEID:Ouers van leerders wat konsessie ontvang moet asseblief net weer kennis neem van die volgende: (Ook geplaas op Nuusbrief 20 van 22 Junie 2018)

Leerders aan wie ‘n konsessie toegeken is, moet ‘n teenprestasie lewer om hierdie konsessie te behou.

Leerders word verplig om elke kwartaal twee artikels te lees wat langer as een A4 bladsy is. Indien artikels korter is, moet daar meer as twee gelees word. Leerders se begrip van hierdie artikels sal deur die RO-leerkragte getoets word.

Leerders mag ook ou leesboeke as leesstof gebruik. Leerders wat nie hierdie ekstra teenprestasie lewer nie, se konsessie

kan dalk wegval. Julle het kans tot 9 November!

ALARM BY SWEMBAD:Ouers/sleutelhouers en leerders wat vroeg oggend, in die aande of naweke die swembadterrein betree, moet asseblief nie tussen die voertuie onder die afdak beweeg nie. Die alarm sal afgaan en dan moet die Skoolhoof elke keer skool toe gaan.

GR 7 VCSV KAMP:Sterkte aan die graad 7-leerders wat die naweek ‘n VCSV-kamp in Bloemfontein bywoon. Ons hoop julle maak ons trots en maak ten volle gebruik van hierdie wonderlike voorreg wat julle het om so ‘n kamp by te woon. Juffroue Elza en Madeleine en Wollie vergesel die graad 7’s.Baie dankie aan Danie Noeth wat ons bussie gaan bestuur.

PRETDAG:Ons pretdag vind op Vrydag, 9 November plaas. Ouers is ook welkom omte kom deelneem aan al die pret-items! Kom wees weer “kind” saam met jou kind.

JAARBLAD 2018: [AFSKEURSTROKIE]Ouers kan die Jaarblad @ R120 per kopie met die afskeurstrokie bestel. Kontant met bestelling asseblief na die klasonderwysers. Dit gaan weer vanjaar ‘n pragtige boek wees.

DANKDAG / GR 7 LOOPBAANDAG:Ouers en belangstellendes word uitgenooi na ons skool se Dankdag op Vrydag, 2 November om 7:30 in die skoolsaal.Net na die Dankdag sal die graad 7’s se Loopbaandag in die skoolsaal plaasvind. Dit is deel van LO en leerders sal inligting daaroor ontvang.

MELODRAMA FOTO CD: [AFSKEURSTROKIE]‘n Melodrama CD is beskikbaar @ R30 elk. Bestel asseblief met die afskeurstrokie. Kontant met bestelling.

KOSHUIS: Die Koshuis hou hulle jaarlikse afsluitingsfunksie op Donderdag, 1 November. Die swembad word daardie middag vanaf 14:30 tot 16:30 deur die koshuis gebruik. Geen afrigting of gebruik van die swembad in daardie tydgleuf nie.

LEERDERDEELNAME:KRIEKET:Baie geluk aan die 0/13 krieketspan wat in ‘n naelbyt semi-finaal teen Staats deurgedring het na die Plaatafdeling se finaal. Hierdie wedstryd sal op Woensdag, 31 Oktober om 14:30 in Kimberley gespeel. Leerders verdaag om 13:00 en die bus vertrek om 13:15. Busgeld van R30 is vooraf betaalbaar. BAIE STERKTE!!

UITSLAE TEEN DOUGLAS:0/13 wen met 41 lopies0/11 wen met 1 paaltjie Baie geluk!TENNIS: [AFSKEURSTROKIE]DOGTERS TENNISUITSLAE TEEN EUREKA: 0/13A: Verloor 6 – 2 0/13B: Verloor 4 – 0 0/11A: Verloor 11 – 1 0/9A: Verloor 6 – 0

WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK: 0/9A, 0/11A en B (1 + 2 – 6 spelers) en 0/13A dogters speel op Dinsdag, 30 Oktober teen Newton op hulle bane. Wedstryde begin om 14:30 en spelers kan om 13:00 verdaag. Die bus vertrek om 13:15 en busgeld van R30 is vooraf betaalbaar. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om spelers se vervoer te bevestig.

TWEEKAMP:Tweekampatlete wat in die Suid-Vrystaatspan is, het inskrywingsvorms ontvang vir die Griekwaland-Wes Interprovinsiale byeenkoms op Saterdag, 10 November. Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag, 2 November.

NOVALS TENNISTOERNOOI:Veels geluk aan die volgende speler wat per ongeluk op nuusbrief 33 uitgelaat is:Anneline de Wet: 5de plek

KAROOBOKKIE TENNISTOERNOOI:Sterkte aan die 0/7, 0/8 en 0/9 spelers wat die naweek aan die toernooi deelneem. Geniet dit!

JIM FOUCHÉ ATLETIEKBYEENKOMS:Baie sterkte aan Izeldi Jacobs wat op Saterdag, 27 Oktober aan die Jim Fouché Atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelneem.

SWEM:Die volgende swemmers het plekke behaal by die Flamingo gala verlede naweek:Rian Steenkamp: 5de plekke in 100m bors en 50m vryslagIzeldi Jacobs: 1ste plek in 100m rugslag en 5de plekke in 50m en 100m VryslagLeané van Eeden: 6de plek in 50m vryslagSandri van Niekerk: 1ste plek in 50m rugslagJaco de Waal: 5de plek in 50m vlinderslag

Aidan Brooks: 2de plek in 50m vlinder en 6de plek in 50m vryslagBaie geluk!Ons is baie trots op Izeldi Jacobs (100m rugslag) en Aidan Brooks (50m vlinder) wat vir die NACASA span gekies is en op 3 November in Sasolburg aan ‘n 4-in-1 Interprovinsiale byeenkoms deelneem.

Newton bied op Woensdag, 31 Oktober ‘n swemgala aan. ‘n Swemlys is deur die afrigter opgestel en slegs hierdie swemmers ontvang ‘n ingligtingsbrief. Slegs een swemmer word per item toegelaat. Afskeurstrokies moet op Maandag, 29 Oktober by klasonderwysers ingehandig word, anders word swemmers nie ingeskryf nie.

ALGEMEEN:NUWE BUSSIE:Baie dankie aan PetraDiamonds myn, asook SANDVIK wat ‘n splinternuwe bussie aan Jakkies Opwaarts Sentrum geskenk het. Ons is baie dankbaar teenoor hierdie twee instansies.

VERLORE GOEDERE:‘n Ontstellende voorraad skoolklere, sportklere, skoene, gewone klere, kosblikke ens. is in die verlore kamer opgegaar. Meeste hiervan is nie gemerk nie. Die personeel neem geen verantwoordelikheid vir leerders wat nie hulle goed kan oppas nie en ouers wat nie klere en toerusting merk nie. Ons behou ons die reg voor om na ‘n sekere tydperk hierdie voorraad te skud en aan minderbevoorregte kinders te versprei.

…………………. Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

JC Lübbe (hospitaal)Dané van Eeden (hospitaal)

Sané Wilken

“Sparkling Unicorn Semi-permanent” Haar kleur

“rose gold”,”sky blue”,”neon purple” of sommer reënboog hare?

60 pragtige en opwindende kleure om van te kiesHou 4 weke - ideaal vir die vakansie

Prys R90Speel met kleur hierdie Desember

Whatsapp vir volledige “color Chart”Carlene 071 593 2497

“Drone”-kaartjies:GRAAD: AANTAL BOEKIES VERKOOP:

1 182 9

3A 33B 24A 84B 45A 45B 25 2de6A 96B 137A 31 1ste7B 6

TOTAAL: 132 (R33 000.00)

Graad 7A is nou voor!!

Hulle daag graad 5B uit om hulle te jaag!

Phantom 4 Pro+Flight time: 30 minutes/battery

Control range: 7kmSpeed: 72 km/h

Camera/Video resolution: 24mega pixels/ 4K 60fps

Sensor range: 30mObstacle sensing: 5 Direction

Ekstra kaartjies beskikbaar by Juffrou Delene@ R50/kaartjie.

AFSKEURSTROKIE: TENNIS TEEN NEWTON (Dinsdag, 30 Okt)

OUER: _______________________________________

SPELER: ___________________________________________

GAAN MY EIE KIND NA NEWTON VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA NEWTON:

HANDTEKENING: ____________________________

Busgeld vir elke speler: R30

AFSKEURSTROKIE: JAARBLAD – 2018

OUER: ___________________________________________

LEERDER: __________________________________

GRAAD: ________

WIL GRAAG ______ (AANTAL) JAARBLAD VIR 2018 @ R120 ELK BESTEL.

INGESLUIT ‘N BEDRAG VAN: R__________

HANDTEKENING: _________________ DAT: __________

AFSKEURSTROKIE: FOTO CD - MELODRAMA

OUER: ___________________________________________

LEERDER: __________________________________

GRAAD: ________

WIL GRAAG ______ (AANTAL) MELODRAMA FOTO CD @ R30 ELK BESTEL.

INGESLUIT ‘N BEDRAG VAN: R__________

HANDTEKENING: _________________ DAT: __________