jabes se gebed• sake het sleg verloop vir hierdie man van wie niemand nog gehoor het nie. • hy...

13
Voorwoord 7 Eenvoudige gebed, reuse-beloning 9 Hoekom dan nie maar net vra nie? 19 Lewe voluit vir God 32 Net ’n tikkie grootheid 48 Bewaar die erfenis 66 6 Welkom by die ererol van God 81 Word self ’n Jabes 92 I NHOUDSOPGAWE 1 2 3 4 5 7

Upload: others

Post on 13-Jan-2020

21 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jabes se gebed• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie niemand nog gehoor het nie. • Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie gebid. • Daarna het dinge vir hom

5

Voorwoord 7

Eenvoudige gebed, reuse-beloning 9

Hoekom dan nie maar net vra nie? 19

Lewe voluit vir God 32

Net ’n tikkie grootheid 48

Bewaar die erfenis 66

6 Welkom by die ererol van God 81

Word self ’n Jabes 92

INHOUDSOPGAWE

1

2

3

4

5

7

Jabes se Gebed.p65 12/13/04, 9:23 AM5

Page 2: Jabes se gebed• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie niemand nog gehoor het nie. • Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie gebid. • Daarna het dinge vir hom

6

Bruce Wilkinson

Aan almal wat – soos die Christene in Handelinge –kyk na wie hulle nou is en wie hulle nooit sal wees

nie, en wat hulle nou kan doen en wat hulle nooit salkan doen nie ... en steeds vir God die wêreld vra.

I

Sonder die vriendskap, toewyding envaardigheid van David Kopp en Larry Libby

as redakteurs en die aanmoediging van John van Diestas uitgewer sou die boodskap van hierdie

boek nooit op papier vasgelê gewees het nie. Ek isso dankbaar dat die Here ons bymekaargebring het.

Jabes se Gebed.p65 12/13/04, 9:23 AM6

Page 3: Jabes se gebed• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie niemand nog gehoor het nie. • Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie gebid. • Daarna het dinge vir hom

7

VOORWOORDLiewe Leser

Ek wil jou leer hoe om ’n waagmoedige gebed te

bid wat God altyd sal verhoor. Dis baie kort: net

een sinnetjie met vier dele, en dis weggesteek in die

Bybel, maar ek glo dit bevat die sleutel tot ’n lewe

van buitengewone guns by God.

Hierdie gebed het dit wat ek van God verwag en

wat ek elke dag deur sy krag ervaar, heeltemal

verander. Trouens, duisende gelowiges wat die

waarhede daarin toepas, sien gereeld wonderwerke

gebeur.

Kom saam met my op ’n persoonlike ontdek-

kingstog van Jabes.

Ek hoop jy sal!

~ Bruce H. Wilkinson ~

Jabes se Gebed.p65 12/13/04, 9:23 AM7

Page 4: Jabes se gebed• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie niemand nog gehoor het nie. • Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie gebid. • Daarna het dinge vir hom

9

1

EENVOUDIGE GEBED,REUSE-BELONING

Jabes het die God van Israel aangeroep

ierdie klein boekie wat jy nou in die hand

hou, handel oor wat gebeur wanneer

gewone Christene besluit om na ’n buiten-

gewone lewe te gryp; wat, so lyk dit op die ou end,

presies is wat God aan ons belowe.

My eie verhaal begin in ’n kombuisie met geel

werkvlakke en reuse-reëndruppels wat teen die

vensterruite slaan. Dit was in my finale jaar aan die

kweekskool in Dallas. Ek en my vrou, Darlene, het

al hoe meer begin dink aan, en bid oor wat vir ons

voorlê. Waar moes ek my kragte, passie en opleiding

gebruik? Wat wil God van ons as egpaar hê? Ek het

in ons kombuisie gestaan en weer ’n keer gedink

H

Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM9

Page 5: Jabes se gebed• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie niemand nog gehoor het nie. • Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie gebid. • Daarna het dinge vir hom

10

Bruce Wilkinson

aan die uitdaging wat ek by die kapelaan van die

kweekskool, dr. Richard Seume, gehoor het. “Wil

jy iets groters van jou lewe maak?” het hy vroeër

daardie week gevra. “Word dan ’n bittereinder vir

die Here.”

’n Bittereinder, so het Seume verduidelik, is ie-

mand wat ’n klein bietjie meer doen as wat van

hom verwag word. In die

meubelbedryf, byvoorbeeld,

sal die bittereinder die laaste

afrondingswerk aan stoffeer-

werk aanbring: die laaste or-

namentele ekstras wat die

teken van gehalte en waarde

aan die produk gee.

Richard Seume het as teksvers die kortste

biografie in die Bybel gebruik: En Jabes was meer

geëerd as sy broers ... (1 Kron. 4:9, OAV). Jabes

wou al hoe meer vir God doen, en, soos ons aan

die einde van vers 10 lees, het God aan sy versoek

voldoen.

Einde van die teksvers. Einde van die Bybel-

verhaal.

Here, ek dink ek wil ook ’n bittereinder vir U

wees, het ek gebid terwyl ek by die venster uitkyk

na die stortreën daar buite. Maar ek het tog onseker

C

Watter sinnetjie hetmy lewe ingrypend

verander? Dieversugting van ’n

bittereindergenaamd Jabes.

Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM10

Page 6: Jabes se gebed• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie niemand nog gehoor het nie. • Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie gebid. • Daarna het dinge vir hom

11

gevoel. Presies wat het Jabes dan gedoen dat hy

bo die res uitgestyg het? Waarom het God sy gebed

verhoor? het ek gewonder. En waarom het God in

elk geval hierdie klein verhaaltjie van Jabes in die

Bybel ingesluit?

Dalk was dit die reëndruppels wat teen die ruit

afgeloop het, ek weet nie. Maar skielik het ek verder

as vers 9 gedink.

Ek het my Bybel opgetel en vers 10 gelees: die

gebed van Jabes. Iets in die gebed sal sekerlik die

geheim ontrafel. Dit moes eenvoudig ’n oplossing

bied. Ek het ’n stoel nader getrek, my Bybel op die

geel werkvlak oopgeslaan en die gebed weer en weer

gelees. Ek het ernstig na die toekoms gesoek wat

God vir ’n gewone ou soos ek beplan het.

Die volgende oggend het ek Jabes se gebed

woordeliks gebid.

En die een daarna.

En weer die dag daarna.

En vandag, dertig jaar later, het ek nog steeds

nie daarmee opgehou nie.

As jy my sou vra watter sinnetjie, behalwe my

gebed om verlossing, my lewe en bediening die

meeste verander het, sal ek sonder om te weifel sê

dis die uitroep van die bittereinder met die naam

Jabes. Jabes word tot vandag toe nie onthou vir

Eenvoudige gebed, reuse-beloning

Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM11

Page 7: Jabes se gebed• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie niemand nog gehoor het nie. • Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie gebid. • Daarna het dinge vir hom

12

Bruce Wilkinson

wat hy gedoen het nie, maar vir wat hy gebid het,

en vir wat alles daarna gebeur het.

In die bladsye van hierdie klein boekie wil ek jou

inlei in die merkwaardige waarhede van Jabes se

gebed om geseën te word en jou voorberei om God

se verstommende antwoord daarop as ’n gewone

deel van jou lewenservaring te verwag.

Hoe weet ek dit sal ’n beduidende verskil aan jou

lewe maak? Omdat ek dit uit eie ervaring weet en

ook uit die getuienis van honderde ander mense

oor die hele wêreld met wie ek reeds hierdie

beginsels gedeel het. Maar selfs belangriker: omdat

Jabes se gebed God se heerlike wil vir die res van

jou lewe uitspel. En laastens omdat dit uitdruklik

openbaar dat jou hemelse Vader jou graag soveel

meer wil gee as wat jy nog ooit selfs gedink het om

te vra.

Vra maar net die man wat geen toekoms gehad

het nie.

DIE WONDER VAN HERKOMS

Iemand het op ’n keer gesê mense verskil eintlik

maar baie min van mekaar, maar daardie klein

verskilletjie maak ’n groot verskil. Jabes staan nie

in die Ou Testament soos Moses of Dawid uit nie;

Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM12

Page 8: Jabes se gebed• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie niemand nog gehoor het nie. • Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie gebid. • Daarna het dinge vir hom

13

ook is sy lewe nie kragtig vir die Here Jesus Christus

soos daardie eerste Christene

van wie ons in Handelinge

lees wat die hele wêreld

probeer bekeer het nie. Maar

een ding staan soos ’n paal

bo water: die klein verskil in

sy lewe het die hele verskil

gemaak.

Jy kan Jabes beskou as die

wonder van herkoms, of dalk

die Bybel se klein groot man. Sy verhaal is wegge-

steek in ’n byna ongelese gedeelte van een van die

Bybelboeke wat baie min gelees word.

Die eerste nege hoofstukke van 1 Kronieke word

in beslag geneem deur die amptelike stamboom van

die Hebreeuse stamme, van Adam af oor duisende

jare tot met Israel se terugkeer uit ballingskap. En

dis omtrent vervelig! Die ellelange lys ongewone en

moeilike name – meer as vyfhonderd daarvan – sal

selfs die mees vasberade Bybelleser laat moed opgee.

Neem byvoorbeeld Hoofstuk 4. Die seuns van

Juda was: Peres, Gesron, Karmi, Gur en Sobal

… En dis maar net die begin.

Agumai ... Jisma ... Jidbas ... Selelponi ... Anub ...

Ek sal jou nie verkwalik as jy nou sou besluit om

C

Iets in verband methierdie man hetgemaak dat diegeskiedskrywer’n wyle gaan

stilstaan het omsy keel skoon te

maak, en toe andersverder geskryf het.

Eenvoudige gebed, reuse-beloning

Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM13

Page 9: Jabes se gebed• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie niemand nog gehoor het nie. • Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie gebid. • Daarna het dinge vir hom

14

Bruce Wilkinson

hierdie boekie neer te sit en die afstandbeheer van

die TV nader trek nie. Maar verdra my nog net ’n

bietjie. Want ná vier en veertig name in die hoofstuk

verskyn daar skielik ’n verhaaltjie uit die niet:

Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy mahom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek hethom met smart in die wêreld gebring.”

Jabes het die God van Israel aangeroep met diewoorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot mygrondgebied, neem my onder u beskerming enweerhou onheil van my sodat geen smart my trefnie.”

God het laat gebeur wat hy gevra het (1 Kron.4:9-10).

En net in die volgende vers gaan die geslagsre-

gister van die stam van Juda voort asof daar niks

buitengewoons tussenin gesê is nie: Kelub, Suga,

Megir …

Iets in verband met hierdie man het gemaak dat

die geskiedskrywer in die middel van sy geslags-

register opgehou skryf, keelskoongemaak en anders

voortgeskryf het. “Wag ’n bietjie!” lyk dit of hy vir

ons sê. “Daar is iets wat julle net móét weet van

hierdie ou met die naam Jabes. Hy staan kop en

Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM14

Page 10: Jabes se gebed• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie niemand nog gehoor het nie. • Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie gebid. • Daarna het dinge vir hom

15

skouers bokant die res uit!”

Wat was die geheim vir hierdie

besondere aansien wat Jabes ge-

had het? Jy kan die hele Bybel van

voor tot agter deursoek soos ek ge-

maak het, maar jy sal nie ’n enkele

stukkie inligting meer kry as wat in

hierdie twee verse opgeteken is nie:

• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie

niemand nog gehoor het nie.

• Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie

gebid.

• Daarna het dinge vir hom buitengewoon won-

derlik verloop.

Dis duidelik dat die ommekeer in die gebed lê.

Iets in Jabes se eenvoudige, direkte versoek aan

God het sy lewe verander en ’n onuitwisbare merk

op die geskiedenisboeke van Israel gelaat.

Stort u seën oor my uit,vergroot my grondgebied,neem my onder u beskermingen weerhou onheil van my.

Vlak onderelke versoek lê

’n reuse-paradigma-

skuif versteek.

C

Eenvoudige gebed, reuse-beloning

Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM15

Page 11: Jabes se gebed• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie niemand nog gehoor het nie. • Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie gebid. • Daarna het dinge vir hom

16

Bruce Wilkinson

Met die eerste oogopslag val die vier versoeke

op as opreg, billik, dalk selfs edel, maar beslis nie as

besonder merkwaardig nie. En tog lê daar onder

die oppervlak van elkeen ’n reuse-paradigmaskuif

wat in presies die teenoorgestelde rigting loop as

wat ek en jy normaalweg dink. In die bladsye wat

volg, wil ek jou graag wys presies watter dramatiese,

wonderlike gevolge elke versoek van Jabes op jou

lewe kan hê.

OORSKRY DIE GRENSE

Wanneer laas het God op so ’n besondere manier

deur jou gewerk dat jy eenvoudig sonder twyfel

geweet het dat dit God se hand is? Trouens, wanneer

laas het jy wonderwerke as deel van jou alledaagse

lewe beleef? As jy soos die meeste ander gelowiges

is wat ek ken, sal jy nie eens weet hoe om die Here

vir so ’n soort ondervinding te vra nie, of selfs of jy

dit mag vra nie.

Wat ek met jou wil deel, maak al jare lank lewens

ontvanklik vir die magtige werk van God. Ek was

onlangs in Dallas waar ek ’n gehoor van negeduisend

oor die Jabes-seëning toegespreek het. Tydens ete

het ’n man vir my gesê: “Bruce, ek het vyftien jaar

gelede na ’n preek oor die gebed van Jabes geluister

Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM16

Page 12: Jabes se gebed• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie niemand nog gehoor het nie. • Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie gebid. • Daarna het dinge vir hom

17

en het dit nog nooit ophou bid nie. Die verandering

is so oorweldigend dat ek eenvoudig nog net nooit

opgehou het om dit te bid nie.”

Oorkant die tafel het ’n ander

man instemmend geknik. Hy het

vertel dat hy Jabes se gebed reeds

tien jaar lank bid, met soortgelyke

gevolge. En die man langs hom,

’n hartchirurg van Indianapolis,

het vertel dat hy dié gebed al vyf

jaar lank bid.

Ek het hulle vertel: “Vriende,

ek bid hierdie gebed al meer as die helfte van my

lewe.”

Die blote feit dat jy hierdie boekie lees, wil my

laat glo jy deel my begeerte om na ’n lewe te reik

waarin jy “voorrang geniet” by God. Nie dat jy ander

nie dieselfde gun nie, maar God moet niks minder

as sy oorvloedigste seën oor jou uitstort nie. En

wanneer jy eendag voor Hom staan om rekenskap

te gee, is jou diepste hartsbegeerte om te hoor:

“Mooi so!”

My goeie vriend, daar is werklik onopgeëiste

seëninge wat by God vir jou wag. Ek weet dit klink

onmoontlik in hierdie tyd waarin elkeen op homself

aangewese is, laat jou selfs verleë en vol agterdog

Wanneer laashet God op so’n besonderemanier deur

jou gewerk datjy sonder

twyfel geweethet dat dit God

se hand is?

C

Eenvoudige gebed, reuse-beloning

Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM17

Page 13: Jabes se gebed• Sake het sleg verloop vir hierdie man van wie niemand nog gehoor het nie. • Hy het ’n ongewone gebed van net een sinnetjie gebid. • Daarna het dinge vir hom

18

Bruce Wilkinson

wonder. En tog is juis hierdie wens – jou begeerte

na die oorvloed van God – presies wat God in sy

liefde van die begin van die wêreld af vir jou wil gee.

En as jy maar net ’n handjie vol kerngeloftes maak,

kan jy van vandag af verder leef in die vertroue en

die verwagting dat jou hemelse Vader dit jou sal laat

toekom.

Dink só daaraan: pleks van op die oewer van die

rivier staan en net elke dag se glas water te vra, sal

jy iets ondenkbaars doen: jy sal die eenvoudige gebed

met die groot beloning vasgryp en eenvoudig in

die water spring. Op daardie oomblik sal jy die

liefdevolle strome van God se genade en krag begin

toelaat om jou verder te dra. God se wonderlike

plan vir jou sal om jou wees en jou voorthelp na die

heerlike, belangrike en bevredigende lewe wat Hy

vir jou het.

Lees asseblief verder as dit is waarna jy uitsien.

Jabes se gebed.p65 12/10/04, 1:56 PM18