inhoud kuns - lifestyle | books | metz press · 3 grondwerke 1. ek het my idee op skaal geteken...

7
angie franke & monique day-wilde Buite- KUNS Handwerkprojekte vir jou buiteleefareas Inhoud Grondwerke 9 Oorskietsement 10 Labirint 14 Ammoniet 16 ’n Treetjie vorentoe 18 Meulstene 24 Sementblaar 28 Strepe en kurwes 31 Boeddhapot 34 Vuur en vlam 38 Trippe trappe tone 41 Afrikatyd 44 Klei in jou hande 49 Le coeur rouge – Die rooi hart 52 Le lys d’or – Die goue lelie 53 En grisaille – In skakerings van grys 54 Tournesol – Sonneblom 55 Faux pas – Geflous 56 Givurnny – Giverny (Monet se tuin) 57 Eau-de-Nil – Water van die Nyl (akwagroen) 58 Sans’ton – Sonder klip 59 Genius loci – Gees van die plek 60 Frise Nubianne – Egiptiese fries 61 Praktiese pret 63 Dichroïese naaldekoker 64 Vlinder-flonker 67 Plantmerker 70 Afgeskerm 72 Kompostofiel 76 Nie-so-stoute tuinkabouter 78 Buitespel 81 Tafelgesprek 84 Fassinerende fokuspunte 89 Kliplelie 90 Koper-klimop 94 Supergroot vetplant 96 Deur die blare 98 Globale waarskuwing 100 Met dapper en stapper 103 Dis mos ’n boom 106 Stekelrige stoel 108 Huisie in die tuin 110 Herinneringsklip 114 Vir ewig en altyd 116 Draadkrabbels 118 Gaga Lady 120 Tuinengel 124 Verbeeldingsvlug 128 Trapsoetjies 130 Inleiding 6 Woordelys 134 Erkennings 144

Upload: others

Post on 30-Oct-2019

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Inhoud KUNS - Lifestyle | Books | Metz Press · 3 GRONDWERKE 1. Ek het my idee op skaal geteken (wel, min of meer!) en uitgewerk hoeveel blokke ek vir die area sou nodig hê. My sirkel

angie franke & monique day-wilde

Buite-KUNS

Handwerkprojekte vir jou buiteleefareas

Inhoud

Grondwerke 9Oorskietsement 10Labirint 14Ammoniet 16’n Treetjie vorentoe 18Meulstene 24Sementblaar 28Strepe en kurwes 31Boeddhapot 34Vuur en vlam 38Trippe trappe tone 41Afrikatyd 44

Klei in jou hande 49Le coeur rouge – Die rooi hart 52Le lys d’or – Die goue lelie 53En grisaille – In skakerings van grys 54Tournesol – Sonneblom 55Faux pas – Geflous 56Givurnny – Giverny (Monet se tuin) 57Eau-de-Nil – Water van die Nyl (akwagroen) 58Sans’ton – Sonder klip 59Genius loci – Gees van die plek 60Frise Nubianne – Egiptiese fries 61

Praktiese pret 63Dichroïese naaldekoker 64Vlinder-flonker 67Plantmerker 70Afgeskerm 72Kompostofiel 76Nie-so-stoute tuinkabouter 78Buitespel 81Tafelgesprek 84

Fassinerende fokuspunte 89Kliplelie 90Koper-klimop 94Supergroot vetplant 96Deur die blare 98Globale waarskuwing 100Met dapper en stapper 103Dis mos ’n boom 106Stekelrige stoel 108Huisie in die tuin 110Herinneringsklip 114Vir ewig en altyd 116Draadkrabbels 118Gaga Lady 120Tuinengel 124Verbeeldingsvlug 128Trapsoetjies 130

Inleiding 6

Woordelys 134Erkennings 144

Page 2: Inhoud KUNS - Lifestyle | Books | Metz Press · 3 GRONDWERKE 1. Ek het my idee op skaal geteken (wel, min of meer!) en uitgewerk hoeveel blokke ek vir die area sou nodig hê. My sirkel

3 GRONDWERKE

1. Ek het my idee op skaal geteken (wel, min of meer!) en uitgewerk hoeveel blokke ek vir die area sou nodig hê. My sirkel is 4 meter in deursnee, en ek het 60 teëls en 9 hand-gegote plaveistene daarvoor nodig gehad.2. Ek het die omtrek uit-gemeet (2 meter vanaf die middelpunt) en met spuitverf gemerk. Daarna is die grond gelyk gemaak soos benodig. Ek het die blokke uitgepak om die posisies te bepaal, en toe het die werk in alle erns begin.

3. Omdat die leiklipteëls besonder ongelyk is en maklik kraak, het ek eers ’n bietjie bousand gebruik om ’n sagte onderlaag te vorm en hulle toe in die sand gelê. Hierdie proses het ek reg rondom die sirkel herhaal.

4. Inheemse Diamondia is tussen die teëls geplant om hulle van mekaar te skei. Daarna het ek wit klippies tussen die buitenste rye teëls gestrooi, en gryses in die middel. Ek weet ek moes eers ’n onkruidmat gelê het, maar dit was te laat. Bossies uittrek sal maar deel van my ritueel moet wees – ek skat ek sal my labirint dikwels moet stap!

� Plan of skets – boots ’n tradisionele styl na, of ontwerp jou eie

� Maatband � Spuitverf � Graaf � Bousand � Dakleie en plaveistene van sowat 30 cm2

LabirintBou ’n labirint met lei en handgemaakte trapklippeMy jare lange droom om ’n labirint by die huis te hê is bewaarheid toe ’n treurwilger aan die onderpunt van ons tuin uitgekap is. Dit het ’n onooglike ‘woestyn’ gelaat wat dringend aandag moes kry. Toe iemand my ’n hele hoop grys dakleie aanbied, het ek ’n plan bedink. Ek weet daklei is nie die beste materiaal vir ’n voetpaadjie nie omdat dit geneig is om te kraak en af te splinter, maar ek het gehou van die idee dat iets wat vroeër beskutting gebied het, nou gebruik kon word om op ’n ander manier gemoedsrus te bring. My benadering was om dit eenvoudig te hou en op die middelpunt te fokus deur handgegote plaveistene te gebruik (kyk bladsy 18). Ek beskryf wat ek gedoen het om die verlangde effek binne ’n beperkte begroting te verkry.

‘Groei is ’n spiraalvormige proses

wat op homself terugvou namate herwaardering

en hergroepering plaasvind.’

JulIa MaRGaREt CaMERON

Page 3: Inhoud KUNS - Lifestyle | Books | Metz Press · 3 GRONDWERKE 1. Ek het my idee op skaal geteken (wel, min of meer!) en uitgewerk hoeveel blokke ek vir die area sou nodig hê. My sirkel

65 GRONDWERKE

Jy het die volgende materiale en gereedskap nodig: � Optelgoed soos skulpe en klippies � Gefatsoeneerde koekiedrukker � Graveerapparaat vir pottebakkery � Suurbeits vir sement � 3D-muurpapier � Vere, blare of ander voorwerpe om afdrukke te maak

Nog idees om jou trapklippe te versier:

Nota: Stamp altyd die gietvorm om lugblase te verwyder, watter klippe jy ook al maak.

� Giet ’n eenvoudige blok, laat ’n uur of wat staan en druk dan teëltjies, skulpe of ander voorwerpe in die stywe beton vas vir ’n permanente versiering.

� Gebruik sementbeits soos gewone verf om ’n kunstige ontwerp op jou betonblok te skilder. Verdun die beits volgens die vervaardiger se aanwysings.

� Gebruik swart en wit beton om ’n marmereffek te verkry: Giet ’n wit spiraal in die vorm, en giet dan swart tussenin. Vermeng liggies met ’n lepel.

� Giet wit beton in ’n koekie-drukker en laat sowat 24 uur staan. Suig alle syferwater op en bedek met swart beton. Die koekiedrukker bly in die beton, hoewel dit nie sigbaar is nie.

� Skep ’n besonderse tekstuur deur ’n stuk driedimen sio-nele muurpapier met die regte kant bo in die gietvorm te plaas. Giet beton bo-oor, laat ’n paar dae staan en keer uit. Gebruik sementbeits om die ontwerp nog verder te laat uitkom.

� Giet ’n eenvoudige wit betonblok, laat ’n paar uur staan en giet dan ’n dun lagie swart bo-op. Bedek en laat sowat 24 uur staan voordat jy ’n patroon daarin uitkerf om die wit te ontbloot.

� Vir ’n meer subtiele afdruk-effek, laat die beton effens hard word soos vir die blok met optelgoed, druk ’n veer daarin vas en laat sowat 24 uur staan. Verwyder die veer versigtig om die afdruk te ontbloot. Die afdruk kan nou met sementbeits ingekleur word.

Page 4: Inhoud KUNS - Lifestyle | Books | Metz Press · 3 GRONDWERKE 1. Ek het my idee op skaal geteken (wel, min of meer!) en uitgewerk hoeveel blokke ek vir die area sou nodig hê. My sirkel

7 KlEI IN JOu HaNDE

1. Verf die pot met die kleur wat jy as onderlaag wil ge-bruik. Dit hoef nie droog te word voor jy aangaan nie. Indien dit wel droog word, sal ’n ander effek verkry word.

2. Verdun die volgende kleur om die helfte met water in ’n houer met ’n tuit. Jy kan ook ’n blik en ’n verniskwas gebruik. Laat die kruik op ’n groot potpiering staan en giet die verf versigtig om die rand van die bek, of hou ’n kwas vol verf teen die pot se bek en laat dit afloop.

3. Voeg ’n bietjie verf hier en daar by indien nodig. Jy kan hierdie laag laat droog word voordat jy nog ’n bypassende of teenstellende kleur byvoeg.

4. Die laaste kleur word onverdund om die bek gegiet of met ’n kwas aangewend. Dit sal stadiger en oor ’n korter afstand teen die pot afloop. Moenie ekstra verf byvoeg nie, sodat die ander kleure onder uitsteek. Laat droog word.

Nota: Gebruik verskillende soorte verf om ’n interessante effek te verkry – probeer hoëglans- oor matglansverf of oliebasis- oor waterbasisverf (nie andersom nie!).

� Pot – kruikvormig � Giethouer � Kan � Verniskwas � Breë potpiering � Water � PVA – 3 kleure

Le coeur rouge – Die rooi hartGiet en drup verskillende kleure verf oor ’n kruikvormige pot

8

1. Gebruik ’n potlood om ’n eenvoudige, simmetriese halwe sonneblom op die boonste helfte van elke sy van die pot te teken. Teken ’n blaarpatroon op die onderste helfte van elke sy.

2. Besluit waar jy jou akriel-kleure gaan gebruik en begin deur blokke wit te verf as basis vir die gedeeltes waar die tralie patroon gaan kom. Gebruik ’n smal, plat nylonkwassie en omlyn die hoofkomponente van die ontwerp met sterk, swart lyne.

3. Meng elke kleur akrielverf voor gebruik met ’n bietjie jel-vertrager en kraakvuller. Dit vertraag die droogtyd en verdik die verf tot die bestandheid van die keramiek-onderglasuur wat jy probeer naboots!

4. Wend die kleure aan deur hulle effens met die swart buitelyne van elke ontwerp-komponent te laat oorvleuel. Verf die borand en voetstuk van die pot dieselfde kleur en omrand dit met swart. Wend twee lae vernis aan die voltooide pot.

� Pot – vierkantig � Potlood � Plat, dun nylonkwas � Kraakvuller � Akrielverf in kleure van jou keuse

� Jel-vertrager � Glansvernis – waterbasis, wat nie vergeel nie

Tournesol – SonneblomGebruik akrielverf, kraakvuller en glansvernis om ’n Mexikaanse sonneblompot in die Talavera-styl na te boots

Page 5: Inhoud KUNS - Lifestyle | Books | Metz Press · 3 GRONDWERKE 1. Ek het my idee op skaal geteken (wel, min of meer!) en uitgewerk hoeveel blokke ek vir die area sou nodig hê. My sirkel

9 PRaKtIESE PREt

1. Was die bande silwer-skoon, laat droog word en wend grondverf aan. Bedek met skakerings van groen. Verf vir jou bande ’n oulike dwergie- of kaboutergesig … of maak dit jou Tuinghoeroe. Gebruik ’n fyn kwassie en don-kergroen verf vir die detail. Die omtrek van elke band (behalwe die onderste een) word met ’n neus, oë en mond in drie ver-deel, sodat wanneer hulle in ’n ander volgorde gestapel word, jy verskillende gesigte kry met ‘hare’ wat bo-op groei!

2. Meet die deursnee van die bande en knip sirkels uit gaas. Plaas die gaas in die bande om die openinge te bedek (behalwe in die onderste een, wat ’n skottel kry). As die gaas versterking nodig het, kan jy dit aan ’n stuk ou tuinslang

vaswerk of vaskram voordat jy dit in die band indruk. Dit sal voorkom dat die gaas deur die gat val, en laat ook die wurms toe om tussen die bande te beweeg.

3. Stel nou jou plaas saam: Plaas die onderste band (met die skottel) op ’n maklik bereikbare plek. Plaas die tweede band (met gaas) bo-op, met die geverfde mond voor. Pak groeimedium op die gaas, voeg organiese afval en wurms by en pak nog groeimedium bo-op. Bedek met nat goiing. Plaas die gras-‘deksel’ in posisie en gee jou wurms kans om te vreet!

� 4 ou motorbande � Stywe plastiekgaas � Sterk sny-apparaat � Veeldoelige grondverf � PVA-buiteverf in verskillende skakerings van groen

� Verfkwaste – van breed tot smal

� 2 goedkoop plastiekskottels wat styf in die boonste en onderste bande pas (maak dreineringsgate in die boonste een, vul met grond en beplant met gras of laaggroeiende kruie om ’n ‘harige’ deksel te maak wat ook as sitplek kan dien!)

� Groeimedium: nat koerantpapier, eierbokse, veen, goiing, groente- en vrugteafval (komposwurms leef in organiese materiaal – nie in grond nie)

� Komposwurms

Nie-so-stoute tuinkabouterAs jy vandag spaar, sal jy môre hê … maak ’n werkende wurmplaas van afvalmateriaalHierdie wurmplaas huisves komposwurms wat ons afval verslind en vir ons kompos in ruil gee. Elke huis moet ’n wurmplaas hê. My vervelige swart ingevoerde patent werk goed, maar is duur. Maak gerus een van afvalmateriaal. Ons plaaslike onderdelesentrum gee ou motorbande verniet weg. Al wat jy hoef te doen om ’n funksionele glanspunt vir jou groentetuin te skep, is om ’n paar daarvan opmekaar te stapel, met gaas tussenin. Komposwurms is by talle verskaffers te koop en wanneer hulle hul eers in nat koerantpapier, verrotte vrugte en groenteskille ‘ingewurm’ het, vermenigvuldig hulle in verhouding tot hul kosvoorraad. Hul uitwerpsels lewer vrugbare (onkruidvrye) kompos. Die vloeistof wat deur die gaas tot in die skottel in die onderste band sypel, word ‘wurmtee’ (of kabouterspeeksel!) genoem en is ’n gekonsenteerde vloeibare bemestingstof.

‘Kabouterspeeksel is besonder heilsaam!’

JK ROWlING

Page 6: Inhoud KUNS - Lifestyle | Books | Metz Press · 3 GRONDWERKE 1. Ek het my idee op skaal geteken (wel, min of meer!) en uitgewerk hoeveel blokke ek vir die area sou nodig hê. My sirkel

11 FaSSINERENDE FOKuSPuNtE

2. Gebruik verskillende kwaste en wend die grondkleure in soliede blokke aan. Detail en akkuraatheid is nie in hierdie stadium belangrik nie. As jy die areas op die muur en die verfhouers met ooreeenstem-mende nommers merk, kan enigeen daarvolgens help verf.

1. Was die muur en laat droog word. Merk waterpas blokke met ’n potlood uit. Gebruik die skaalontwerp om die buitelyne op die muur na te teken. Vir sirkels het ek ’n stuk tou aan ’n viltpen vasgebind en met wondergom in die middel geanker. Om verskillende groottes te kry het ek die tou om die pen gedraai om dit korter te maak.

� ’n Muur, geskik vir jou skildery en in blokke verdeel (gebruik ’n waterpas om te begin)

� Ontwerp, skets of foto vir inspirasie, volgens skaal nageteken op grafiekpapier ooreenstemmend die afmetings van die muur

� Sagte potlood of swart viltpen � Goeie PVA-grondverf en akrielverf vir studente � Kraakvuller of pleister en water � Muurkwaste en goedkoop varkhaar-skilderkwaste � Helder waterbasisvernis vir buitenshuise gebruik � Bykomstighede om dimensie en afronding te verleen of die aangrensende gebied te versier – bv. klippe, omheining, rekwisiete (bankies, posbusse, deurknoppe, tuinornamente)

Huisie in die tuinTransformeer ’n blinde muur met ’n skildery van PVA, akrielverf en tekstuurOns bure se pienk garagemuur grens aan die tuin buite my ateljee. Ek wou dit al lank in ’n deftige skildery om skep, maar dit sou nie by die omgewing pas nie. Op besoek aan die filmstel van The Hobbit het ek ’n kunstenaar buite in die son sien sit, besig om te ‘werk’. Sy het korsmos op ’n nuwe heining geverf om dit te ‘verouder’, in pas met die ouwêreldse huisies van The Shire. My droomwerk! Net daar het ek besluit om my eie hobbit-gat te skep. Ek kon nie my foto’s van die stel publiseer nie; daarom hierdie generiese ontwerp.

Sommige van die idees in hierdie boek (bv. stensilwerk, stempelwerk of silhoeëtwerk) kan maklik opgegradeer word om ’n eenvoudige muurskildery te maak. Abstrakte ontwerpe is meer geskik vir moderne omgewings en sal waarskynlik minder tyd in beslag neem as realisme of trompe l’oeil. Gelukkig is skewe lyne en onvolmaakthede in die haak vir hobbit-gate. Waag dit gerus om iets te verf wat jou smaak en jou ruimte pas.

‘Dit was ’n hobbit-gat, en dít beteken gemak.

Die deurtjie was koeëlrond soos ’n patryspoort.’

The hobbiT DEuR JRR tOlKIEN

Page 7: Inhoud KUNS - Lifestyle | Books | Metz Press · 3 GRONDWERKE 1. Ek het my idee op skaal geteken (wel, min of meer!) en uitgewerk hoeveel blokke ek vir die area sou nodig hê. My sirkel

Monique Day-Wilde het haar bekwaam in tekstielontwerp en in weefwerk gespesialiseer.

Haar ontwerpe het al verskeie pryse gewen en sy doen gereeld opdragwerk. Nadat sy lektor was in tekstiel- en grafiese ontwerp

het sy opleidingskursusse vir weefwerk saam-gestel. Tans gee sy klas in verskeie vorms van gemengde media-kuns en praktiseer

ook daarin. Vir meer inligting, gaan na www.moniquedaywilde.co.za

Angie Franke is ’n voormalige hoërskool-onderwyser wat handwerk-uitdagings geniet.

Sy ontwikkel graag nuwe idees en hou daarvan om met ongewone media te eksperimenteer

om interessante kunsvorms te skep. Die klasse wat sy in haar tuis-studio aanbied wissel van kleur- en drukwerk tot beeldhou, papierkuns

en gemengde media. Sy gee ook skilder- en tekenklasse. Kry meer inligting op haar

webtuiste www.angiefranke.com.

Hierdie boek vul die gewilde reeks Kitskuns, Slimkuns en Blitskuns aan en is Monique en

Angie se negende. Dit volg kort op die hakke van Kunsprojekte met gemengde media.

In hierdie boek fokus ons gewilde en kreatiewe handwerk-word-kuns-skrywers op leefareas buite die huis. Hulle moedig

lesers deurgaans aan om die idees en tegnieke in die boek op hul eie materiaal en omgewing toe te pas. Die onweerstaanbare projekte sluit eenvoudige, praktiese voor-stelle in om nuttige voorwerpe soos potte, voëlbadjies, tafels en afskermers te verfraai,

asook meer dekoratiewe beeldhouwerk en muurskildering. Herwinning speel

weer eens ’n groot rol en as hulle iets kon hergebruik, het hulle: gebreekte

potte, plastiekbottels, oortollige sement, stukkende teëls en veel meer.

Hierdie boek sal jou iets bied wat jou belangstelling en vaardighede bymekaar

sal bring ongeag of jy beperk is tot ’n kaal buitemuur, ’n daktuin wil versier of die voorreg het om op ’n landgoed met

akkers en akkers tuin te woon. Kuns, handwerk en selfdoen-elemente word slim

saam ingespan.

Of dit ’n patio, houtbanke, stoep, grens-muur, skadukol onder ’n groot boom of

vervelige trappe is – jy sal al die inligting wat jy nodig het om dit te verfraai en weer

interessant te laat lyk hier kry.

METZ PRESSwww.metzpress.co.za

BuitekunsHandwerkprojekte vir jou buiteleefareasAngie Franke & Monique Day-Wilde

260 x 193 mm144 ppSagteband met flappeRRP: 175.00isBn 97 8 1 920479 57 2Publikasiedatum: Januarie 2013Beskikbaar in engels: Outside art

isBn 978 1 920479 55 6

Metz Press is an independent publisher of high quality information booksand illustrated non-fiction for the local market as well as the internationalco-edition market. We have sold rights to our books in countries all overthe world, having impressed reputable international companies with ourquality of content and production and our ability to deliver.

Publisher: Wilsia Metztel: +27 (0)21 913 7557Mobile: +27 (0)83 424 6662Fax: +27 (0)21 913 5102Email: [email protected]: www.metzpress.co.zaPostal address: PO Box 7322, Welgemoed, 7538, South AfricaStreet address: 1 Cameronians Avenue, Welgemoed, 7535, South Africa

Ook beskikbaar by MetZ PRess