ikonekt - fxit · maats kan jou breek, maar daar kan 'n vriend wees wat nader is as 'n...

7

Upload: others

Post on 01-Jun-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: iKonekt - FXit · Maats kan jou breek, maar daar kan 'n vriend wees wat nader is as 'n broer. ~ Spreuke 18:24 ~ 1 Kies uit die boonste aanhalings een wat jou die sterkste aanspreek
Page 2: iKonekt - FXit · Maats kan jou breek, maar daar kan 'n vriend wees wat nader is as 'n broer. ~ Spreuke 18:24 ~ 1 Kies uit die boonste aanhalings een wat jou die sterkste aanspreek

iKonekt

Reeks 1

Elke pakket sluit die volgende in:

'n Boek (die Leiersgids)

'n CD met...

Twintig in-die-kol gesprekstukke

'n PowerPoint aanbieding met praktiese riglyne

vir dinamiese tiener-ontmoetings.

Hierdie inligtingstuk bevat die volgende in volgorde:

LEIERSGIDS: Grepe uit die inleiding

Kyk na die inhoud

Kyk na die prinsiep

Kyk eers hier (hoe werk iKonekt)

VOORBEELDLES: "Kies om te Konekt"

Gesprekstuk

Riglyne vir die aanbieding

Page 3: iKonekt - FXit · Maats kan jou breek, maar daar kan 'n vriend wees wat nader is as 'n broer. ~ Spreuke 18:24 ~ 1 Kies uit die boonste aanhalings een wat jou die sterkste aanspreek

Kyk na die Tiener ... 2

Kyk na die Bybel ... 3

Kyk na die Metode ... 4

Kyk na die Prinsiep ... 5

Kyk na die Program ... 6

Kyk eers hier ... 7

1 Kies om mens te wees ... 9

2 Kies om groot te word ... 11

3 Kies om te konekt ... 13

4 Kies om te cope ... 15

5 Kies om vry te wees ... 17

6 Kies 'n skip ... 19

7 Kies kennis ... 21

8 Kies jou woorde ... 23

9 Kies om nie te verstani ... 25

10 Kies nerdy – dis cool ... 27

11 Kies 'n vriendelike vyand ... 29

12 Kies om 'n verskil te maak ... 31

13 Kies die regte godsdiens ... 33

14 Kies die regte handboek ... 35

15 Kies die regte pad ... 37

16 Kies die regte @dres ... 39

17 Kies jou storie ... 41

18 Kies jou settings ... 44

19 Kies vreugde ... 46

20 Kies koffie, kies vrede ... 48

iKonekt 7: Rollespel ... 50

iKonekt 8: Rollespel ... 51

iKonekt 12: Rollespel ... 52

iKonekt 13: New Age ... 53

iKonekt 14: Vertelling ... 55

iKonekt 16: Vertelling ... 56

iKonekt 17: Vertelling ... 57

iKonekt 19: Vertelling ... 58

iKonekt 20: Vertelling ... 59

Ekstra

Page 4: iKonekt - FXit · Maats kan jou breek, maar daar kan 'n vriend wees wat nader is as 'n broer. ~ Spreuke 18:24 ~ 1 Kies uit die boonste aanhalings een wat jou die sterkste aanspreek

The answer to the crisis in youth ministry does not lie in

infusing our tired structures with “life”. We need an entirely

new way of looking at the youth. (Mike de Vries)

iKonekt 1 wil elkeen bewus maak

van die verreikende gevolge van...

Die tiener se intellektuele en emosionele ontwikkeling laat hom

krities kyk na die waardes wat hy van kleins af geleer het.

Mettertyd word hy al meer beïnvloed

deur ’n ander sisteem: dié van die

samelewing en portuurgroep.

Die regte keuses is vir vandag se tiener glad nie so

duidelik en eenvoudig soos vir die vorige generasie nie.

Daar is te veel paaie wat reg lyk. Die invloed van die New

Age op alle terreine maak dit nog moeiliker. Almal is

skynbaar reg, want daar is geen absolute waarheid nie.

Daar is egter 'n manier van leef "wat vir die mens reg kan

lyk, maar die uiteinde daarvan is die dood" (Spr 16:25).

Page 5: iKonekt - FXit · Maats kan jou breek, maar daar kan 'n vriend wees wat nader is as 'n broer. ~ Spreuke 18:24 ~ 1 Kies uit die boonste aanhalings een wat jou die sterkste aanspreek

Waarom iKonekt?

Dié titel van die reeks verwys na kontak-leer ervarings – soos in I connect (ek bind

met julle) en eye(s) connect (ek kyk vir julle). Die t (kruis) connect ons aan Jesus.

UITDAGINGS: Elkeen word telkens gekonfronteer met die uitdaging om die

"regte ding" te gaan doen. Tieners is gelukkig mal oor uitdagings. Die manier

waarop die Bybel hanteer word, help dat hulle eventueel ook mal raak oor die

Bybel – en die uitdagings daarin!

VERHOUDINGS: Die tiener is hiper-afhanklik van verhoudings. By iKonekt

word gesonde verhoudings gebou – wat dan positiewe groepsdruk skep.

Dinamies en interaktief (verloop van die ONTMOETING)

1 Ontspan: Elke program begin met iets wat onmiddellik die belangstelling of

lagspiere prikkel. So word verseker dat almal toeganklik is vir wat volg.

2 Wat/Hoekom: met verwysing na 'n situasie, probleem of gewoonte in

tiener-konteks: Hoekom is dit so? Wat is verkeerd? Wat is die regte ding?

3 Die regte ding: Saam word die antwoord op dié vraag in die Bybel ontdek.

4 En nou? Wat moet gebeur (wat kan ek doen) om die "antwoord" te laat werk?

Die Bonus

GRATIS ENERGIE: Ons almal kan doen met 'n bietjie

xtra woema – veral met die oog op al die uitdagings en

dinamika wat wag. Op die CD is 'n bonus-gereg met 'n

kilojoule-inhoud wat skrik vir niks:

'n Smaaklike PowerPoint aanbieding met vet wenke

en idees wat aanbieders saam kan laat grOEi.

Page 6: iKonekt - FXit · Maats kan jou breek, maar daar kan 'n vriend wees wat nader is as 'n broer. ~ Spreuke 18:24 ~ 1 Kies uit die boonste aanhalings een wat jou die sterkste aanspreek

Kies om te konekt

Life is partly what we make it, and partly what it is made by the friends we choose. ~ Tehyi Hsieh ~

Yster slyp yster; vriende vorm mekaar. ~ Spreuke 27:17 ~

Maats kan jou breek, maar daar kan 'n vriend wees wat nader is as 'n broer. ~ Spreuke 18:24 ~

1 Kies uit die boonste aanhalings een wat jou die sterkste aanspreek. Vertel dan vir mekaar wie

tans die belangrikste invloed op jou gedrag het: Ouers, vriende, 'n onnie of 'n celeb.

2 Ons almal soek iemand om naby te wees. Na jou geboorte was dit jou ouers, gesin en familie.

Later het jy maatjies gekry. Op skool het die juffrou bygekom – en meer maats. Jy soek ouens

wat by jou pas – met wie jy kan konekt. Geleidelik kan dit begin voel asof jou maats vir jou selfs

belangriker word as jou ouers, of hoe? Gebeur dit dikwels? Hoe werk dit? [Of werk dit nie?]

3 Wat soek jy in 'n konekt-pêl van jou eie geslag? Gee 'n simbool vir elke eienskap: A=5; B=3;

C=1. Elke simbool moet twee keer gebruik word.

Volwasse gedrag __ Humorsin __ Betroubaar __

Luister met empatie __ Vriend van Jesus __ Cool ouers __

4 'n Mens is nie bedraad om op sy eie te leef nie – hy is gemaak om te konekt – met God en met

ander. Daarom het elke mens vier emosionele behoeftes of "bekers". Deel met mekaar hoeveel

uit 4 elkeen se emosionele "bekers" vol is. Kry dan 'n groepgemiddeld by elke beker.

Liefde

Sekuriteit

Aanvaarding

Erkenning

/4 /4 /4 /4

5 Min mense ervaar dat hulle bekers vol is – die meeste voel dors. Spreuke 11:25 praat met almal;

ook met dors mense. Watter wenk gee Salomo – en hoe maklik is dit? [Dink voor jy antwoord!]

6 Hoe meer jy opstres oor jou eie bekers, hoe moeiliker gaan hulle vol word. Kyk 'n bietjie wyer, sê

Paulus. Lees Romeine 12:9-11 in die Nuwe Lewende Vertaling en gesels oor die volgende:

a) Jy moet haat wat verkeerd is. Soos wat – wie of wat in julle leefwêreld is verkeerd?

b) Vers 9 en 10 noem drie maniere om mekaar lief te hê. Wat is dit? Watter bekers van jou

"broers en susters" sal dan voller word? [En ja, jou pa en ma tel ook in daai groep!]

c) Volgens vers 11 dien jy die Here as jy hierdie dinge nie sleepvoet doen nie, maar...?

Page 7: iKonekt - FXit · Maats kan jou breek, maar daar kan 'n vriend wees wat nader is as 'n broer. ~ Spreuke 18:24 ~ 1 Kies uit die boonste aanhalings een wat jou die sterkste aanspreek

1 Dis natuurlik 'n voldonge feit dat die ouers die sterkste invloed op 'n kind se waardesisteem en

psigologiese ontwikkeling het – al besef die kind dit eintlik nie. Dis omdat die ouer die eerste

volwasse voorbeeld is in die belangrikste vormingsjare [0 tot 6 jaar].

Die tiener se waarneming van sy ouers verskil egter van dié van die jonger kind. "Now comes

adolescence and parents get kicked off the pedestal. In the girl or boy's childhood they could do

no wrong, come adolescence it seems they can do no right." [Dr Carl Pickardt]

2 Die adolessent mag dalk ervaar dat sy vriende nou 'n hoër prioriteit geniet terwyl sy ouers

tweede kom. Die oorgang na volwassenheid veroorsaak dat hy homself geleidelik losmaak van

sy ouers en 'n ander sekuriteit soek om aan vas te hou. Daarom is sommige van hulle gewillig

om tot elke prys aan te pas by die gedrag en verwagtings van die portuurgroep. Die graad

daarvan hang af van hoe sterk sy gesinsverhoudings is.

Dis belangrik om te besef dat dit ook vir die ouer 'n aanpassing is om die "ander" kind te leer

ken en te verstaan – hierdie kind wat nie meer "soos 'n kind" behandel wil word nie.

3 Die doel van die aktiwiteit is om hulle in diepte oor die waarde van vriendskap te laat nadink. Al

ses die eienskappe is positief. Die "regte" vriende skep die moontlikheid van positiewe

groepsdruk en 'n gesonde lewenshouding.

4 Hulle kan vir mekaar vertel wie se aanvaardingstenk dolleeg is en hoe dit voel. Of wie se

erkenningstenk in die laerskool laas by die halfpadmerk was. Die groepgemiddelde is nie so

belangrik nie, maar die doel is dat ervarings gedeel word. Gee genoeg tyd hiervoor.

5 Spreuke 11:25 kan ook impliseer dat, wanneer jy op ander fokus, hulle behoeftes raaksien en

hulle help, jou eie behoeftes nie meer so groot sal lyk nie. Jy sal nie meer so dors voel nie. Jou

tenkie word voller deur ander s'n vol te maak. [Dalk jou ouers s'n?]

6 Bespreking van Rom 12:9-11:

a) Wat is verkeerd: In vandag se samelewing geld die beginsel van "everything goes." Daar is nie

grense nie. Wat vir jou verkeerd is, is vir my oukei. Wat vir jou bitter is, is my soet.

Jesaja waarsku: "Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig

maak en van lig duisternis, wat bitter soet noem en soet bitter" [Jes 5:20].

Alles wat "verkeerd" is, is uit selfsug gebore. Die drie algemeenste kategorieë is:

materialisme [jaag na rykdom en gemak],

genot [hierby ingesluit is sport, seks en dwelms (o.a. alkohol en nikotien)] en

prestasie [soeke na applous, bekendheid en mag].

b) Drie maniere van liefhê: wees opreg [vers 9], koester [versorg, vertroetel] mekaar en respekteer

mekaar. Sommer al vier bekers kan daarby baat.

c) Vers 11 vra dat jy die Here entoesiasties – voluit! – sal dien. Dit sal aansteeklik werk, want

geesdrif wek geesdrif!