document

8
Hartklop Maandblad van NG Quellerina Maandblad van NG Quellerina—Ons Ons leef leef liefde liefde GESOND! GESOND! JANUARIE 2010 JANUARIE 2010

Upload: netrix

Post on 31-Mar-2016

220 views

Category:

Documents


4 download

DESCRIPTION

http://www.quellerina.co.za/wp-content/uploads/2010/04/hartklop_jan_10.pdf

TRANSCRIPT

Page 1: Document

Hartklop

Maandblad van NG QuellerinaMaandblad van NG Quellerina——Ons Ons leefleef liefde liefde GESOND!GESOND!

JANUARIE 2010JANUARIE 2010

Page 2: Document

HARTKLOP Bladsy 2

Die lewende bybel Sy naam is Billy. Hy het woeste hare, dra 'n T-hemp met gate in, jeans en geen skoene. Dit was letterlik sy hele klerekas vir die hele vier jaar op kollege. Hy is briljant en baie slim. Hy het 'n gelowige geword terwyl hy op kollege was.

Oorkant die straat van die kollege kampus, was 'n baie netjiese en baie konserwatiewe kerk. Hulle wil 'n bediening begin vir die kollege studente maar weet nie regtig hoe om dit te begin en deur te voer nie. Een dag besluit Billy om die diens in die kerk by te woon. Hy stap kaalvoet in die

kerk met sy gewone T-hemp, jeans en wilde hare. Die diens het reeds begin en Billy het in die paadjie afgestap opsoek na sitplek in die kerk.

Die kerk was vol gepak en daar was nie 'n enkele sitplek beskikbaar nie. Van die gemeentelede lyk al redelik ongemaklik oor die student maar niemand sê 'n woord nie. Billy kom al nader en nader en nader aan die preekstoel en toe hy besef dat daar geen sitplek beskikbaar is nie maak hy homself tuis op die mat voor die preekstoel. Teen die tyd is die gemeentelede alreeds baie opgetrek oor die situasie en die atmosfeer is al so dik jy kan dit amper met 'n mes sny. Op die stadium besef die prediker dat een van die ouderlinge, van heel agter in die kerk, op pad is na Billy.

Die ouderling is reeds in sy tagtigs, het silwer-grys hare en 'n drie stuk pak aan. 'n Godvresende man, baie elegant, statig en hoflik. Hy stap met 'n kierie en terwyl hy sy weg baan na die jongman sê elkeen vir hulself dat hulle nie die ouderling kan kwalik neem vir dit wat hy van plan is om te doen nie. Hoe kan jy verwag van 'n man van sy jare en agtergrond om 'n jong student wat op die mat sit te verstaan? Dit neem die ouderling 'n lang ruk om uiteindelik die jongman te bereik.

Vervolg op bladsy 3

Page 3: Document

KOM SING SAAM—CD’s Volumes 1 en 2 is nou beskikbaar! Elke CD bevat 15 snitte van bekende kerk/gospel liede.

Die musiek is so verwerk dat dit lekker is om na te luis-ter, al sing jy nie saam nie! R100.00 per volume—bekikbaar by Alma elke Sondag, asook by die kerkkantoor.

JANUARIE 2010 BLADSY 3

... Vanaf bladsy 2

Die kerk is doodstil behalwe die geklik van die ouderling se kierie op die vloer. Alle oë is vasgenael op hom en die gemeentelede haal skaars asem. Die prediker kan nie eens aangaan met die preek totdat die ouderling gedoen het wat hy moes doen nie.

Toe die ouderling by die jongman kom laat val hy sy kierie op die mat langs die jongman. Met groot moeite sak hy af en gaan sit langs Billy om te aanbid sodat die jongman nie alleen sal wees nie. Die hele gemeente voel hoe die emosies in hul opwel.

Toe die prediker uiteindelik beheer oor sy eie emosies het, sê hy:

"Wat ek vandag gaan preek, sal julle nooit onthou nie.

“Wat julle so pas gesien het, sal julle nooit vergeet nie."

Page 4: Document

BLADSY 4 HARTKLOP

Tydens die gemeente-ete in November 2009, was die leë potte ‘n teken van nog ‘n

suksesvolle gemeente-aksie!

DANKIE vir almal se deelname!

BESOEK ONS WEBWERF BY www.quellerina.co.za

ONTHOU: NAGMAAL EN BROODFEES— 14 FEBRUARIE 2010

Page 5: Document

JANUARIE 2010 BLADSY 5

PSALM 118 Het jy geweet Psalm 118 is die middelste hoofstuk van die Bybel? Psalm 117 is die kortste en Psalm 119 is die langste hoofstuk in die Bybel. Daar is 594 hoofstukke voor Psalm 118 en daar is ook 594 hoofstukke na Psalm 118. Jy kry `n totaal van 1188 as jy al die hoofstukke behalwe Psalm 118 bymekaar tel. Psalm 118:8 is die middelste vers van die hele Bybel. Dit is dus geen wonder dat die kernvers in die Bybel `n baie belangrike boodskap het nie: “Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou.” (Bron :Die Bybel A-Z. Bydrae ingestuur deur Frans Swart)

SEVEN THINGS TO ASK YOURSELF SEVEN THINGS TO ASK YOURSELF SEVEN THINGS TO ASK YOURSELF EACH TIME YOU PRAYEACH TIME YOU PRAYEACH TIME YOU PRAY

Each and every time that you pray, you should ask yourself how the things that you are praying for fit in and affect the

following seven conditions:

1. Will the thing that I am praying for meet my Godly personal needs and will it fit in with a just and righteous lifestyle, or is it superfluous and just born of the flesh? 2. Am I being submissive to God's will, and will I gladly accept what ever God is willing to give me, if anything? Is your spirit one of absolute submission to his will? Can you say, not my will Father, but let your will be done? 3. If my prayer is answered will the result honor God? 4. Will it harm or hurt someone else or will it interfere in another person's life? 5. Will it please God? Will what you pray for, delight God? 6. Does my request contradict or conflict with the Word of God in anyway? 7. Will it further my spiritual growth. Will what I pray for, bring me closer to God?

Page 6: Document

BLADSY 6 HARTKLOP

Quellerina het gesorg...

Die reëling was dat die kruideniersware om 10:00 uitgedeel sal word. Vroegoggend het mense aange-kom en nie omgegee om rond te staan en wag nie. Fritz, Chris en Franna was om 7 uur by die kerk om die houers te laai met bakkies. Alles is opgelaai en vervoer na die saal in Newlands. Lindie het die

vorige dag die houers genommer volgens die naam-lyste wat ons gemaak het. Eerstens is die Kersboodskap aan hulle oorgedra en saam Kersliedere gesing. Daarna is die genommerde

houers uitgedeel. Elke persoon het ook `n heerlike kospakkie ontvang om daar te eet. Bybels is ook uitgedeel. Omdat die houers so swaar was het Chris en Franna die mense met huklle houers by hulle huise gaan aflaai. Baie dankie. Baie dankie aan elke gemeentelid wat bereid was om die houer te vul met wat op die lys was. Volgens die ekstras wat in die houers was, kon ons sien dat julle uit die hart gegee het. Baie dankie aan Tinus wat ook met die uitdeel gemoeid was. Dankie ook aan Lindie wat regtig meer as haar deel bygedra het en ook vir Eugene, Poppie en haar suster. Baie dankie ook aan Kloofendal gemeente vir hulle bydra om die uitdeel so `n groot sukses te maak. Daar is 75 houers uitgedeel aan mense wat dit nodig het. Die mense wat dit ontvang het is innig dankbaar. Hulle het keer op keer gevra dat ons hulle dankbaarheid teenoor Quellerina moet oordra. Hulle vra dat ons Heer elkeen van julle sal seën en dat hulle nooit sal vergeet dat julle so vrylik gegee het nie. Brief ies en foto`s sal uitgestal word. Opregte dank aan elkeen.

Page 7: Document

BLADSY 7 JANUARIE 2010

Page 8: Document

HARTKLOP BLADSY 8

2009 Belydenisklas se eerste nagmaal

2009 Belydenisklas