hart en hand 25 augustus 2013

8
Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens Genade ... barmhartigheid en vrede! Fanie van der Schyff Ons Here seën ons met genade, barmhartigheid en vrede. Genade is ’n kernwoord in ons elkeen se persoonlike geloofslewe. Waarom seën ons Here ons met meer as net genade? Nagmaal vandag Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: 2 Timoteus 1:2 Sang: Sk 19-3:1, 2 Sk 1-1:1, 3 Sk 1-1:7 Ps 23a:3 Sk 5-4:1, 2 / 5, 6 Sk 10-1:1, 2, 3, 4 Sk 5-3:4, 5 Sk 20-1:4, 7 Duxbury: 18:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: 2 Timoteus 1:2 Sang: Lofprysing Sk 10-2 Lied 565:1, 2, 3 Troye: 10:00 Vandag se eredienste word deur die Hervormde Kerk gereël. New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau Foto: Biltongfees 25 Augustus 2013 Saam op pad met God Aanddiens Genade, barmhartigheid ... vrede! Fanie van der Schyff Ons Here seën ons met genade, barmhartigheid en vrede. In ons eie lewe smag ons almal na vrede. Waarom seën ons Here ons met meer as net vrede? Hart & Hand Hart & Hand Maandag 26 Augustus 19:00 The presence and work of the Holy Spirit aangebied deur Derrick Mashau Aan Timoteus, my geliefde seun. Genade, barmhartigheid en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Here! 2 Timoteus 1.2

Upload: gerformeerde-kerk-brooklyn

Post on 09-Mar-2016

265 views

Category:

Documents


26 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Hart en hand 25 augustus 2013

Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Oggenddiens

Genade ... barmhartigheid en vrede! Fanie van der Schyff Ons Here seën ons met genade, barmhartigheid en vrede. Genade is ’n kernwoord in ons elkeen se persoonlike geloofslewe. Waarom seën ons Here ons met meer as net genade?

Nagmaal vandag

Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: 2 Timoteus 1:2 Sang: Sk 19-3:1, 2 Sk 1-1:1, 3 Sk 1-1:7 Ps 23a:3 Sk 5-4:1, 2 / 5, 6 Sk 10-1:1, 2, 3, 4 Sk 5-3:4, 5 Sk 20-1:4, 7

Duxbury: 18:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: 2 Timoteus 1:2 Sang: Lofprysing Sk 10-2 Lied 565:1, 2, 3

Troye: 10:00

Vandag se

eredienste word

deur die Hervormde

Kerk gereël.

New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau Foto: Biltongfees

25 Augustus 2013

Saam op pad met God

Aanddiens

Genade, barmhartigheid ... vrede! Fanie van der Schyff Ons Here seën ons met genade, barmhartigheid en vrede. In ons eie lewe smag ons almal na vrede. Waarom seën ons Here ons met meer as net vrede?

Hart & Hand Hart & Hand

Maandag 26 Augustus 19:00

The presence and

work of the Holy

Spirit aangebied deur Derrick Mashau

Aan Timoteus, my geliefde seun. Genade, barmhartigheid en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Here! – 2 Timoteus 1.2

Page 2: Hart en hand 25 augustus 2013

Gelukwense Vertrou op Hom te alle tye, my volk, stort jou hart uit voor Hom, want God is ons toevlug. (Psalm 62:9)

25/8 Corne Minnaar 073 793 1806

25/8 Hannes Pieters 078 826 6799

26/8 Anthea Coetzee 011 768 5174

27/8 Pieter Labuschagne 012 460 8272

27/8 Rosie Lemmer 079 523 0389

27/8 Marietjie Steenkamp 012 343 2122

28/8 Petri van der Merwe 082 424 9504

29/8 Barend van der Walt 084 402 7930

29/8 Mariaan Vreugdenburg 072 376 2635

30/8 Marnus Putter 082 510 2404

31/8 Amalia Altin 082 895 4230

31/8 Julie de Bruyn 082 601 3349

31/8 Mariaan Roberts 082 616 1822

31/8 Sanet Venter 083 254 4644

Kosbank

’n GROOT dankie vir soveel gemeentelede wat die afgelope tyd bygedra het tot die kosbank. Bydraes is egter steeds welkom, aangesien die kosbank in heelwat behoeftes voorsien. Berei asb. ’n ekstra porsie, vries dit en gee dit Sondag by die kerk aan Erna Kruger (082 453 2417) of aan enige Agapé-lid.

Jaarprogram 2014

Al die diensgroepleiers word gevra om die

datums van aktiwiteite vir 2014 voor of op 1

September aan Rentia deur te gee.

Vandag: Nagmaal Nagmaalete Jeug-kleingroepe Gr 7-11

Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee

Dagboek

Troyestraat-dagboek Woensdag 28 Augustus:

Bybelstudie by Troyestraat om 10:30 in die konsistorie (1 Petrus 4)

NAAM vir TROYESTRAAT SE

KERKGEBOU Die bedieningskommissie werk tans aan ’n gepaste naam. Drie woorde gaan waarskynlik nodig wees om die gebou te beskryf. Almal betrokke word genooi om daaroor te besin. Gee u gedagtes deur aan my of enige kerkraadslid of medewerker. Die volgende beskrywende woorde word oorweeg: Eerste woord: Troyestraat of Ararat Tweede woord: Koninkryk of Christelike of Gereformeerde Derde woord: Sentrum (Nie “kerk” nie, aangesien die gebou meerdoelig benut gaan word). Dus iets soos: Troyestraat Christelike Sentrum of Ararat-Koninkrysentrum of Troyestraat Gereformeerde Sentrum. Die kerkraad van Brooklyn sal die finale besluit neem nadat u insette ontvang is. Sluitingsdatum: einde September. Ds Fanus

Biltongfees Namens die diensgroep projekte ’n groot dankie aan almal wat meegedoen het aan die Biltongfees hetsy deur skenkings, hulp met voorbereiding, koop van kaartjies of gasvrou/heer te wees. Dit was ’n groot saamwerkpoging. Sal alle uitstaande gelde asseblief Sondagoggend inbetaal word by Marga, Elfrieda, Bets of Wina, sodat ons hierdie saak kan afsluit! Baie dankie!

Ons wil alle matrikulante sterkte toewens met die rekordeksamen

wat eersdaags begin.

Page 3: Hart en hand 25 augustus 2013

Annatjie van Schalkwyk is raadop met die gebrek aan ruimte. Sy wil haar projekte uitbrei en het pakplek nodig. Sy wil meer kos maak en meer kussings maak en meer mense bewus maak van die liefde van ons Vader. Martin van Veelen van Ajcor Civil Projects het haar noodkreet gehoor en aan die einde van 2012 betrokke geraak om te kyk hoe hy haar en Eljadahuis se mense kan bystaan. Eljadahuis is aan almal bekend as ’n plek vol vreugde, vrede en ondersteuning vir behoef-tige mense in die Daspoort-omgewing. Annatjie doen baie goeie werk onder moeilike omstandighede. Sy en haar span voer elke dag ’n horde honger monde, doen Bybelstudie en berading en help die vroue met opleiding en naaldwerk. Annatjie skryf: “Daar is genoeg ruimte op die terrein om die bestaande geboue uit te brei of nuwe geboue aan te bou, maar die sonering maak nie voorsiening daarvoor nie. Ons het toe besluit om Eljadahuis te laat hersoneer vir ‘institusionele’ gebruik. Ons het aan die begin van vanjaar ’n argitek aangestel om die terreinontwikkelingsplan by die stadsraad in te dien. Daarmee saam het ons Metroplan aangestel om die hersoneringsaansoek vir ons te behartig. Hulle bied hul professionele diens gratis aan. Die aansoek by die stadsraad nader

Vir meer inligting oor die projek kontak Annatjie by 072 855 8289 of [email protected] of Dawid de Wet

van Ajcor by 083 538 2865 of [email protected].

Bankbesonderhede: Naam van rekeninghouer:

Eljada Huis, rekeningnommer: 044396058 Bank: Standard Bank

Tak: 051001

Eljadahuis vergroot en is in nood

Annatjie in die kombuis (tweede van regs) tydens voorbereiding van maaltye

nou goedkeuring en ek kan nie meer wag dat die eerste baksteen gelê word nie. Maar voordat ons finale goedkeuring kry, moet ons eers aan voorwaardes voldoen. Een voorwaarde is die eenmalige betaling van die ekstra dienstebydraes. Dié bedrag beloop R45 440.73 vir water (R3 761.66); riool (R5 877.95); stormwater (R1 749.30); paaie (R444.62); elektrisiteit (R33 607.20).

Die doel met die nuwe werkruimtes is om die mans te betrek en hul talente te gebruik sodat hulle trots kan voel op hul handewerk. Hulle het reeds diefwering vir die vensters gesweis en opgesit. Die vroue is al ’n geruime tyd druk besig met die naaldwerkprojek en ons het ekstra masjiene gekry om hul produktiwiteit verder te verhoog. Ons het ook al die huis se buitekant mooi geverf en die voertuigafdak opgesit. Jul hulp en ondersteuning word ongelooflik waardeer. Annatjie van Schalkwyk.”

Page 4: Hart en hand 25 augustus 2013

Voorbidding – China Broer Fang (skuilnaam) is ’n “sendeling” wat deur sy plaaslike gemeente na die noordweste van China gestuur is om gelowiges vanuit ’n Moslemagtergrond te bedien. Daar bied hy disspelskap-opleiding aan waartydens gelowiges se geloofsgrondslag versterk word. Bid dat die Here hom sal beskerm en krag sal gee om te volhard.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die

liggaam van Christus is, wil ons graag

mekaar se lief en leed deel, meeleef

en daaroor saambid. Indien jy

bewus is van enige siekte of krisis,

neem die vrymoedigheid en kontak

die kerkkantoor of Joëlna Heslinga

by 082 374 1974 sodat ons dit onder

die aandag van die gemeente kan

bring. Kontak gerus een van die

predikante vir meer sensitiewe

persoonlike sake.

Meelewing Stephanie Henning is Maandag-oggend in Muelmed-hospitaal oorlede. Sy was ’n diaken wat elke Sondag getrou op haar pos was. Sy sal onthou word vir die inwoners wat sy op rolstoele na die kapel geneem het, die opneem van die kollekte en bedien van die nagmaal. Daarna het sy die kollekte oorkant by die kerkgebou gaan afdra en saam met die diakonie daar gesorg dat alles ordelik afgehandel word. Haar verlange na die ewige rus is nou vervul.

Siekte: Gerrit en Rie Kroes is albei in Pretoria-Oos-hospitaal opgeneem met longinfeksie. By Rie is ook kankerselle in haar beenmurg opgespoor. Paula Coetzer is terug in Karmel (ná ’n hospitaal-behandeling). Ons bid haar en al die ander inwoners van Karmel geestelike krag en insig toe in die proses van liggaamlike verswakking. Gwen Hussem is reeds ’n paar dae in die bed (longinfeksie).

’n Geleentheid om LEKKER te KUIER en HEERLIK te EET Tyd: 11:30 vir 12:00 Elke gesin bring asb. ’n EENBAKGEREG genoeg vir jou gesin en bietjie ekstra. Vleis-en-groentebredie, bobotie, frikkadelle, hoender of pastageregte (rys of enige ander stysel-bykos kan in ’n aparte bak gebring word). BRING ASB. ook jou gunsteling SLAAI en NAGEREG saam. Geregte kan voor die diens in die kombuis se oond geplaas word. Alles word op een tafel uitgepak en almal skep van die groot verskeidenheid. Bring asb. ook jou eie borde, nageregbakkies, eetgerei, glase en drinkgoed. Agapé-diensgroep

Pannekoekpret Kom drink ’n koppie tee of koffie gratis en geniet ’n heerlike varsgebakte pannekoek daarmee saam. Koop sommer ’n paar om saam te neem huis toe. Suiker en kaneel teen R3.00 elk. Vleisvulsel teen R5.00 elk. Wanneer en waar: Vrydag 30 Augustus 2013 om 10:00 in die Troyestraat-konsistorie.

Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn.

Tema: Moses Storielyn Bybelverse Datum Moses se skoonpa kom kuier Eks 18:1-12 26 Aug Moses stel rigters aan Eks 18:13-27 27 Aug

Sinai: maak gereed om God te hoor Eks 19:1-13 28 Aug

God praat Eks 19:14-25 29 Aug

God gee 10 gebooie Eks 20:1-17 30 Aug

Nagmaalete 25 Augustus

Page 5: Hart en hand 25 augustus 2013

Kantoor

Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

WEBtuiste

Sondae Administrasiehulp

[email protected]

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Predikante verbonde aan die gemeente:

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 [email protected]

Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 [email protected]

Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt) 012 542 3662 073 777 1254 [email protected]

Derrick Mashau (New Life City Church - kerkplant in Sunnyside)

082 971 2725 [email protected]

Reëlings

Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt

25 Aug Duxbury Ouderling Danie Eloff

Diaken Wouter

Potgieter

Onder die diens Diakonale werk

By die deure Emeritaatsfonds

Janneke

25 Aug Troyestr Dienste deur

Hervormde Kerk

1 Sep Duxbury Ouderling Danie Eloff

Diaken Anita Cilliers

Onder die diens Diakonale werk

By die deure Trans-Oranje Instituut vir

Buitengewone Onderwys

Janneke

1 Sep Troyestr Ouderling

Ter approbasie As ouderling: Jan Breed

Ingekom met

attestaat: Nothling Johann Centurion Egg: Anna C Schutte Jacobus J Mooifontein

Opgeneem: Kruger Helena Barendina Bezuidenhout Hannel

Hartlik Welkom!

Page 6: Hart en hand 25 augustus 2013

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en

multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening.

Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.

Versoek van klerebank Ons het dringend no. 7-manskoene of manstekkies nodig. As u kan help, gee dit asb. by die kerkkantoor af.

Tweedehandse boeke Aanvullend tot Hermann Pretorius se boeketafel, wil ons graag tweedehandse geestelike boeke verkoop. Die fondse sal vir Bybelverspreiding gaan. Maak plek vir nuwe boeke op jou reeds oorvol boekrak. Bring vir ons daardie boeke wat jy nooit weer sal lees nie. Boeke kan vir Johanna Hellberg, Linda van Vuuren of Erna Kruger gegee word.

Baie dankie vir jou finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

LENTETEE: VRYDAG 13 SEPTEMBER Alle senior lidmate, 70 jaar en ouer, word uitgenooi na hierdie geleentheid. Tyd: 09:00 vir 09:30 Al hierdie lidmate sal telefonies gekontak word deur die Agapé-diensgroep. Teken asb. hierdie datum in u dagboek aan. HIERDIE SPESIALE KUIERGELEENTHEID MOET U NIE MISLOOP NIE!

Sodwana-uitstappie vir die gemeente Van 13 tot 16 Desember. Duik-, visvang- en kuiernaweek. Indien u belang stel, kontak Fanie so spoedig moontlik

Medewerkers reeds fluks aan

die werk Fanus Heystek berig dat medewerkers

onder sy leiding met groot vrug in

Troyestraat aan die werk is.

Só bedien Emmie Snyman verswaktes en

ander in Karmel asook Louis Mansions en

sy besoek lidmate voor nagmaal. Hannie

Steenkamp doen weer besoeke by

Harmoniehof waar daar nie ’n ouderling is

nie. Hulle doen ook Bybelstudie en hou

kleingroepbyeenkomste onder haar

leiding. Sakkie Coetzee bedien lidmate op

die tweede vloer van Karmel terwyl Gys

van Rooyen lidmate in Madeira besoek.

Kees van Dijkhorst gebruik sy

medewerkergawes met groot vrug onder

inwoners van Fleurenville.

Fanus vertel dat die medewerkers

geesdriftig en toegewyd hul gawes

aanwend en dat daar besondere

meelewing is vanweë die gereelde

besoeke wat lidmate ontvang. Die

medewerkers besoek ook al die

gemeentelede voor nagmaal.

Hoe lank

moet ek

nog wag ?

Opgemerk by die

biltonfees

Page 7: Hart en hand 25 augustus 2013

Ons kerklike bydraes Soos blyk uit onderstaande grafika het ons kerklike bydraes vir Maart, April en Mei die gemiddelde maandelikse doelwit van R226 000 oorskry, waarvoor ons dankbaar is. Ons Junie- en Julie-bydraes was egter onderskeidelik R28 000 en R29 000 onder die mikpunt. Met die wintervakansie nou agter die rug kan ons saam seker maak dat ons gereelde bydraes weer die begrote doelwit bereik.

Brooklyn het geen kontantreserwes waarop ons kan terugval nie. Daarom is ons gereelde maandelikse bydraes tesame met die Augustus-dankoffer van kardinale belang om die Koninkrykswerk te laat voortgaan. Die Augustus-dankoffer is jare

gelede ingestel om aan ons lidmate die geleentheid te bied om een keer

per jaar selfbetragting te doen oor die geestelike en materiële gawes wat ons so onverdiend uit die hand van

die Here ontvang en onsself te verantwoord oor ons

dankbaarheidsdiens deur ’n spesiale bydrae te maak. Dit is dus ’n

besondere en bewuste geleentheid wat geskep word vir selfrekenskap as

deel van ons geloofslewe. Die begroting van R500 000 vir die

Augustus-dankofffer beloop maar 15% van die totale begrote inkomste.

Tot aan die einde van Julie het ons R179 150, oftewel 36% van hierdie

doelwit, ontvang. Kom ons vat almal hande en delg die grootste gedeelte

van die uitstaande bedrag vóór die einde van Augustus.

Page 8: Hart en hand 25 augustus 2013

ADVERTENSIES

1. PERSOONLIKE STILIS Verveeld en gefrustreerd met die klere in jou kas? Bestee jy te veel geld aan klere wat jy nooit dra nie? Kontak my gerus vir persoonlike stilering en ’n klerekaskonsultasie. Ek help jou om daagliks stylvol te lyk sonder al die frustrasie! Kontak Corlia by 082 960 8771. 2. MEENTHUIS: BELA-BELA (WARMBAD) Eenslaapkamer-meenthuis te koop in aftree-oord (Caritas) in Bela-Bela. Toesluitmotorhuis, verskeie verbeterings aangebring. Veilige en boomryke omgewing. Mediese sorg beskik-baar. Skakel Emmie by 012 341 8264 vir meer inligting. .

3. WOONSTELKAMER TE HUUR R2 500 p.m., 1.4km van hoofkampus af. Om te deel met manstudent. Wi-fi-internet asook water en ligte tot en met R400 ingesluit. Naby ’n winkelsentrum en die Gautrein-stasie by Hatfield. Onderdakparkering beskikbaar. Kontak Corné by 082 876 7687 of Francois by 073 0371155. 4. WERK GESOEK

’n Damestudent soek ’n nauurse werk (administratief of in die gasvryheidsbedryf) vir ’n ekstra inkomste. Vir meer inligting, kontak 079 516 0959

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: [email protected]

Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.

Stokperdjie-ontbyt vir manne Wanneer: Saterdag 7 September Tyd: 08:00 Waar: GK Pretoria-Brooklyn Wat: Stokperdjie-ontbyt vir manne en seuns Hoe werk dit: Manne wat stokperdjies het, bring en wys vir almal wat hulle doen. Die doel is om as manne net lekker saam te kuier. Skottelbraaigeriewe en koffie sal voorsien word. Bring saam: Eie ontbyt soos twee eiers, spek en wors. Ons braai dit saam en almal geniet alles saam. Bring ook eie eetgerei en ’n beker vir koffie saam. Dis nie nodig vir frilletjies en valletjies nie – dis die manne wat saamkuier . Bring jou stokperdjie as jy een het. Stokperdjie: Kom wys die ander manne wat jy in jou vrye tyd (as jy so iets het) doen. Dink radarkarre, modelvliegtuie, seëlversameling, houtwerk, ens. Hulp: Enigiemand wat graag kan en wil help met die reëlings kontak asb. vir Ian Mitchell by 082 782 5463.