hallo ma’s en dogters · hallo ma’s en dogters ek is versot op bybeldagboeke. vanaf die dag dat...

24
Hallo Ma’s en Dogters Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir my ’n vreugde om die Bybel elke dag oop te maak en te luister na die spesiale dinge wat God vir my wil sê. Ek hoop jy hou net so baie van Bybeldagboeke. Of jy nou iemand is wat die Bybel elke dag bestudeer en of dit die eerste keer is dat jy ’n dagboek gebruik, my gebed is dat dit vir jou baie vreugde sal bring. As jy van hierdie dagboek hou, sal jy waarskynlik nog meer dagboeke wil lees. Só sal dit vir jou ’n lewenslange gewoonte word om elke dag die Bybel te lees. My dierbare vriendin Janet Mylin het my gehelp om hierdie dagstukke vir jou te skryf. Ons wou regtig baie graag hierdie dagboek anders maak as enige ander Bybeldagboek wat jy al ooit gelees het. Ons oplossing was om unieke elemente en prettige aktiwiteite by te voeg om jou te help om die Bybel beter te leer ken. Bybelblits: Die Bybelblits aan die begin van elke dagstuk is opsioneel. Jy hoef dit nie te lees nie. Maar as jy regtig diep in God se Woord wil delf, maak jou Bybel oop en lees die gedeelte voordat jy die dag se boodskap begin lees. Ons verwys in die dagstukke na hierdie Bybelgedeeltes en gee só vir jou iets ekstra om oor na te dink, maar dit is nie noodsaaklik dat jy dit lees nie. Ma, jy sal dit dalk self wil lees as jy ’n ouer dogter het. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel om die geloofsgewoonte te vestig om elke dag jou Bybel te lees. Taal-lab: Hierdie dagstukke is maklik-om-te-verteer teologielesse vir ma en dogter. Julle sal leer wat groot en belangrike woorde in die Christelike geloof beteken en hoe God wil hê julle dit in julle daaglikse lewe moet toepas. Julle sal een of twee van hierdie dagstukke per maand lees. Dieremaniere: Elke maand sluit ons ook een of twee dagstukke oor verstom- mende diere in. Op hierdie dae sal julle ’n paar oulike diere ontmoet en dieper in die Bybel delf om te sien wat hulle vir ons oor God kan leer.

Upload: others

Post on 29-Jan-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

Hallo Ma’s en DogtersHallo Ma’s en Dogters

Ek is versot op Bybeldagboeke.

Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op

laerskool was, is dit vir my ’n vreugde om die Bybel elke dag oop te maak en te

luister na die spesiale dinge wat God vir my wil sê.

Ek hoop jy hou net so baie van Bybeldagboeke. Of jy nou iemand is wat

die Bybel elke dag bestudeer en of dit die eerste keer is dat jy ’n dagboek

gebruik, my gebed is dat dit vir jou baie vreugde sal bring. As jy van hierdie

dagboek hou, sal jy waarskynlik nog meer dagboeke wil lees. Só sal dit vir

jou ’n lewenslange gewoonte word om elke dag die Bybel te lees.

My dierbare vriendin Janet Mylin het my gehelp om hierdie dagstukke vir

jou te skryf. Ons wou regtig baie graag hierdie dagboek anders maak as enige

ander Bybeldagboek wat jy al ooit gelees het. Ons oplossing was om unieke

elemente en prettige aktiwiteite by te voeg om jou te help om die Bybel beter te

leer ken.

Bybelblits: Die Bybelblits aan die begin van elke dagstuk is opsioneel. Jy hoef

dit nie te lees nie. Maar as jy regtig diep in God se Woord wil delf, maak jou

Bybel oop en lees die gedeelte voordat jy die dag se boodskap begin lees. Ons

verwys in die dagstukke na hier die Bybelgedeeltes en gee só vir jou iets ekstra

om oor na te dink, maar dit is nie noodsaaklik dat jy dit lees nie.

Ma, jy sal dit dalk self wil lees as jy ’n ouer dogter het. Dit is ’n wonderlike

hulpmiddel om die geloofsgewoonte te vestig om elke dag jou Bybel te lees.

Taal-lab: Hierdie dagstukke is maklik-om-te-verteer teologielesse vir ma en

dogter. Julle sal leer wat groot en belangrike woorde in die Christelike geloof

beteken en hoe God wil hê julle dit in julle daaglikse lewe moet toepas. Julle sal

een of twee van hierdie dagstukke per maand lees.

Dieremaniere: Elke maand sluit ons ook een of twee dagstukke oor verstom-

mende diere in. Op hierdie dae sal julle ’n paar oulike diere ontmoet en dieper

in die Bybel delf om te sien wat hulle vir ons oor God kan leer.

978-1-4316-2027-2.indd 7978-1-4316-2027-2.indd 7 2019/05/09 12:17:502019/05/09 12:17:50

Page 2: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

Handgemaak: As jy daarvan hou om dinge te maak, sal jy versot wees op die

Handgemaak-dagstukke. (En as jy nie daarvan hou nie, ontspan! Dis maklik en

glad nie verpligtend nie.) ’n Paar keer per maand kan jy en jou ma iets maak

van items wat julle in die huis sal hê. Dit is eenvoudige aanskouings lesse wat

julle aan die boodskap van daardie dag sal herinner.

Diepdinkdag: Dit is fantasties dat jy ’n Bybeldagboek lees. Ek is so trots op jou.

Omdat ek wil hê jy moet ook sonder my hulp stiltetyd kan hou, gaan ons tyd

maak om te oefen om diep oor God se Woord na te dink. Baie mense noem dit

Skrifmeditasie of bepeinsing. Wanneer ek ’n dagstuk skryf, dink ek na oor God

se Woord en wat dit vir my sê. Ek bestudeer ’n Bybelvers en laat God toe om my

gedagtes daaroor te lei terwyl ek in gebed met Hom praat. Om diep oor God

se Woord na te dink, is maklik en ’n wonderlike gewoonte om aan te leer as jy

daarvan hou om jou Bybel te lees.

Waarvoor wag ons dan? Laat ons begin!

~ Dannah

978-1-4316-2027-2.indd 8978-1-4316-2027-2.indd 8 2019/05/09 12:17:512019/05/09 12:17:51

Page 3: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

1 JanuarieKan jy sien waar jy gaan?Kan jy sien waar jy gaan?

Bybelblits: Lees Genesis 12:1-7

U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad. PSALM 119:105

Ek het ’n groot sjokoladebruin Labradoodle met die naam Stormie. Sy bring

elke oggend vir my die koerant en lê by my voete terwyl ek skryf. Sy is elke

oomblik van die dag by my. Stormie is wonderlik, maar sy het een swakpunt:

Sy is baie bang! My man, Bob, het haar eenkeer saamgeneem toe hy gaan kamp

het. Stormie was bang vir alles! Sy het die hele nag getjank. Later het Bob maar

opgestaan en gesê: “Kom ons gaan huis toe, Stormie.”

Gretig om daar weg te kom, het Stormie in die rigting van die motor begin

hardloop. Bob moes sy fl its aanskakel om vinnig agter haar aan te hardloop.

Skielik het Stormie doodstil gaan staan. Bob het geweet iets is fout. Baie ver-

sigtig het hy nadergestap en die lig laat val op die plek waarheen Stormie ge kyk

het. Stel jou voor sy skok toe hy ’n ystervark teen ’n boomstam sien staan ter wyl

die ystervark stip na hom staar. Bob het baie stadig na Stormie toe geskuifel en

saam het hulle om die gevaar gestap.

Die Bybel is vir my en jou soos ’n fl its. Dit wys vir ons hoe om te leef in ’n

wêreld vol duisternis. Die Bybel is die lig wat vir ons wys waar ons moet loop

sodat ons nie sal bots teen dinge wat ons kan seermaak nie.

Toe Abram aan God gehoorsaam was en na die Beloofde Land getrek het, het

hy nie geweet waar daardie land was nie. Hy moes na God se stem luister. Toe

Abram by ’n plek kom van waar hy die land kon sien, het hy dit nie eens geweet

totdat God dit vir hom gesê het nie.

Dit sal nogal wonderlik wees om God se stem as jou gids te hê, nie waar nie?

Wel, jy kán God se stem hoor. Jy moet net jou Bybel lees, dan sal jy hoor hoe

God vir jou sê wat jy van dag tot dag moet doen.

Ma en Dogter, belowe op hierdie eerste dag van die jaar aan mekaar om die

Bybel saam te gebruik om julle te help met elke besluit wat julle moet neem.

Hartspraatjies

Ma, vertel vir jou dogter van ’n keer toe jy ’n moeilike besluit moes neem en die Bybel vir jou ’n lig op jou pad was en vir jou ’n helder antwoord gegee het. Dogter, praat met jou ma oor ’n situasie by die skool of in julle gesin wat op hier die oomblik vir jou moeilik is. Bid saam daaroor en begin let op God se lei ding in die bladsye van die Bybel.

978-1-4316-2027-2.indd 9978-1-4316-2027-2.indd 9 2019/05/07 09:02:082019/05/07 09:02:08

Page 4: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

2 Januarie Die storie van die rooikoeldrankDie storie van die rooikoeldrank

Bybelblits: Lees Genesis 12:10-20

Moenie vir mekaar lieg nie. KOLOSSENSE 3:9

Weet jy hoe dit werk wanneer ’n leuen handuit ruk? Ek weet.

Alles het begin op ’n warm somersmiddag toe ek ’n kind was. Ek moes

die tikmasjien in my pa se kantoor gebruik. (Wat is ’n tikmasjien? Vra jou ma!)

Ek kon die hitte net nie meer verduur nie; toe verbreek ek die “geen eetgoed

hier toegelaat nie”-reël. Ek het vir my ’n glas rooikoeldrank gaan ingooi en dit

reg langs die tikmasjien neergesit. Groot fout. Jy sien, tikmasjiene het hierdie

ding gehad wat hulle ’n “arm” genoem het. Dit is ’n groot stuk metaal wat

“terugspring” na die beginposisie wanneer jy aan die einde van ’n reël kom.

Toe ek die knoppie druk dat die tikmasjien se arm moet terugskiet, het dit my

glas koeldrank omgestamp. Ek het my bes probeer om alle tekens van die ge-

mors te verbloem.

Toe my pa vra wie die rooikoeldrank in sy kantoor gemors het, het ek gesê ek

weet nie. Tog het ek geweet hy weet. En so het die leuen begin groei. Ek sou in die

oggend wakker word en aan die leuen dink. Elke keer wanneer ek vir my rooi-

koeldrank ingegooi het, het ek onthou wat gebeur het. Wanneer ek my pa van

die werk af by die huis hoor kom het, het ek geweet hierdie leuen staan tussen

ons. Ek kon dit nie meer verduur nie en het vir my pa die waarheid vertel. Hy het

gesê: “Ek het geweet dit was jy, maar jy het jouself so swaar gestraf dat ek gevoel

het ek hoef nie ook nog te help nie.” Toe het hy my vergewe.

In die Bybel lees ons dat Abram gejok het. Hoekom? Omdat hy bang was. En

dit het baie probleme veroorsaak. Baie mense het siek geword; Abram het am-

per sy vrou aan die farao verloor, en Abram en Sarai moes uit Egipte weggaan.

Leuens maak die lewe vir ons moeilik. Dit is hoekom God nie wil hê ek en jy

moet jok nie. Wanneer ons jok, is dit ook ’n teken dat ons ons vertroue verloor

het in God se vermoë om alles vir ons ten goede te laat saamwerk.

Het jy so ’n leuen in jou lewe? Raak ontslae van daardie skuldgevoelens. Bely

vandag nog wat jy gedoen het.

Hartspraatjies

Ma, kan jy onthou van ’n keer toe jy ’n leuen vertel en dit die lewe vir jou moeilik gemaak het? Deel dit met jou dogter. Dogter, vertel vir jou ma van ’n keer toe jy gejok het en hoe dit jou laat voel het. Bid saam en sê vir God dankie dat Hy ons vergewe. Besluit saam om altyd die waarheid te praat.

978-1-4316-2027-2.indd 10978-1-4316-2027-2.indd 10 2019/05/07 09:02:082019/05/07 09:02:08

Page 5: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

3 JanuarieTaal-lab: Wat beteken “halleluja”?Taal-lab: Wat beteken “halleluja”?

Bybelblits: Lees Openbaring 19:1-8

Ek het iets gehoor soos die geluid van ’n baie groot skare. Hulle het aanhou uitroep: “Hal-leluja! Die Here heers as koning, ons God, die Almagtige, laat ons juig en jubel en aan Hom eer betoon, want die tyd het aangebreek vir die bruilof van die Lam, en sy bruid het haarself daarop voorberei.” OPENBARING 19:6-7

Was jy al ooit op ’n tuimeltrein? Onthou jy hoe julle baie stadig teen die

eerste groot heuwel uit gekruip en hoe jou hart al hoe vinniger begin klop

het? Toe julle uiteindelik met die spoed van wit lig aan die ander kant begin

aftuimel, het jy waarskynlik ’n gilletjie gegee.

Halleluja is soos daardie gilletjie. Maar jy gebruik die woord halleluja om jou

opgewondenheid oor God en jou liefde vir Hom uit te druk. Jy kan daaraan

dink as ’n spesiale woord wat jy gebruik om vir jou Skepper te vertel hoe won-

derlik Hy is.

Halleluja beteken “om helder te wees of te blink”. Dit het dus met helder

strale te doen. Wanneer ons God loof, maak dit nie net God se hart bly nie; dit

verander ons ook. Dit maak ons lewe stralend. Matteus 5:14 sê jy is die lig vir

die wêreld. Hoe kan jy hierdie lig uitstraal?

Lig is iets wat mense help om op ’n donker plek te sien. Sommige ligte straal

selfs warmte uit. Wanneer jy ’n halleluja-lewe leef – ’n lewe waardeur jy die

Here loof – sal ander mense kan sien jy is anders. Hulle sal dalk selfs vra hoe-

kom jy nie die hele tyd kla soos al die ander mense nie. Wanneer jy vir hulle

vertel van die hoop wat Jesus vir jou gee, is jy ’n lig in hulle lewe. Mense wat nie

vir Jesus ken nie, leef in die donkerte omdat hulle nog nie die waarheid gesien

het nie. Wanneer hulle vir Jesus leer ken soos Hy werklik is, begin hulle in die

lig leef.

Wanneer jy dus weer sing: “Halleluja!” sê vir die mense rondom jou om hulle

sonbrille op te sit. Jy sal dalk net stralend wees!

Hartspraatjies

Ken jy iemand wat ’n halleluja-lewe leef? ’n Lewe wat gloei van al die lof aan God in allerhande omstandighede? Dink aan ’n kreatiewe manier om hier-die mense vandag aan te moedig. Luister na of sing ’n lied met die woord halleluja daarin.

978-1-4316-2027-2.indd 11978-1-4316-2027-2.indd 11 2019/05/07 09:02:082019/05/07 09:02:08

Page 6: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

4 Januarie God se geheime naam vir jouGod se geheime naam vir jou

Bybelblits: Lees Genesis 17:1-15

Aan elkeen wat aanhou oorwin, sal Ek ’n wit steentjie gee met ’n nuwe naam op gegra-veer wat niemand anders ken nie behalwe die een wat dit ontvang het. OPENBARING 2:17

Name is regtig baie interessant en elke naam beteken iets.

Toe Abram 90 jaar oud was, was hy nog nie ’n pa nie. Genugtig! Het God

van hom vergeet? Nee, glad nie. God het Abram gereeld herinner aan die be-

lofte dat hy die pa van baie kinders sou wees. En toe doen God iets verstom-

mends. Hy gee vir Abram ’n nuwe naam: Abraham. Sy eerste naam – Abram –

het “verhewe vader” beteken. Hoe vreemd dat hierdie man wat nie kinders

gehad het nie, ’n naam gehad het wat gebruik sou word vir iemand wat ’n pa

is. (Dalk is dit een van die redes hoekom Abraham so graag kinders wou hê.)

Maar toe verander God sy naam na Abraham. Bybelkenners sê hierdie nuwe

naam is moeilik om te verstaan. Al weet hulle nie vir seker nie, het hulle tot die

ge volgtrekking gekom dat hierdie nuwe naam “vader van vele” beteken. Hul-

le meen ook dat God hierdie nuwe naam geskep het deur die h in God se eie

Hebreeuse naam, Jahwe, te neem en dit deel van Abram se nuwe naam te maak.

Sien jy dit raak? AbraHam. Sjoe! Van daardie dag af sou Abraham God se Naam

sê elke keer wanneer hy sy eie naam sê.

God het ook vir Abraham se vrou ’n nuwe naam gegee. Haar naam was

Sarai, en God het haar toe Sara genoem, wat “prinses” beteken.

Weet jy dat God ook vir jou ’n baie spesiale naam het? Die boek Openbaring

vertel vir jou dat jy eendag ’n wit klippie sal ontvang, en jou nuwe naam sal op

hierdie wit klippie staan. Ek wonder wat jou naam sal wees. Hoe lief het God

ons dat Hy sulke persoonlike name vir ons gee!

Hartspraatjies

Ma, gaan saam met jou dogter op die internet en soek na julle name en die betekenis daarvan. Google “betekenis van name” of “name en hulle bete-kenis” en julle sal baie webtuistes kry om van te kies. Skryf julle name en die betekenis daarvan op ’n stukkie papier neer en plak dit teen die yskas op. Dogter, bid vir jou ma. Vra God om vir haar die vrymoedigheid te gee om die betekenis van haar naam uit te leef. Soms het ’n ma nodig dat haar dogter vir haar bid.

978-1-4316-2027-2.indd 12978-1-4316-2027-2.indd 12 2019/05/07 09:02:082019/05/07 09:02:08

Page 7: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

5 JanuarieDieremaniere: Jessica die seekoeiDieremaniere: Jessica die seekoei

Bybelblits: Lees 2 Korintiërs 11:12-15

Satan self gee immers voor dat hy ’n engel van die lig is. Daarom is dit ook niks besonders dat sy diensknegte hulle voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Hulle uiteinde sal wees wat hulle volgens hulle dade verdien. 2 KORINTIËRS 11:14-15

Dit is ’n warm, sonnige dag en jy lê op ’n kombers in die agterplaas en lees ’n

boek. Langs jou opgekrul, lê jou oulike en snoesige troeteldier … ’n seekoei.

Dis nou nie juis wat jy verwag het nie, of hoe? Wel, vir Tonie van Hoedspruit

is dit presies hoe die lewe is. In 2000 het ’n pasgebore seekoei op Tonie se gras-

perk beland. Hy het die verlore seekoei aangeneem en haar Jessica ge noem. Al

weeg Jessica nou al amper ’n ton, is haar grootste maats Tonie se honde. Sy hou

van koffi e en soetpatat en sy dwaal soms selfs by die huis in op soek na eetgoed.

Seekoeie lyk sagmoedig en dierbaar. Buiten vir die feit dat hulle so groot is,

sal ’n seekoei die perfekte troeteldier kan wees. Reg? Verkeerd! Het jy geweet

meer mense word deur seekoeie doodgemaak as deur enige ander wilde diere?

Dis nogal ’n raaisel, want seekoeie is herbivore, dit wil sê, hulle eet plante.

Soms is daar dinge wat skadeloos lyk, maar dan is dit eintlik die heel gevaar-

likste dinge ooit. As jy ’n boek by die biblioteek gaan uitneem, kies jy dalk die

een met ’n gelukkige ou en meisie op die voorblad. Terwyl jy die storie lees, be-

trap jy jou dalk dat jy dink jy móét ’n ou hê om gelukkig te wees, selfs al sê die

Bybel vir jou jy vind ware geluk en blydskap net in die Here (Neh. 8:10). Selfs

al lyk iets skadeloos, kan dit verkeerde gedagtes in jou kop sit. Ons het iets wat

ons “onderskeidingsvermoë” noem van God nodig wanneer ons besluite moet

neem of keuses moet maak. Onderskei dingsvermoë is om te kan weet wat goed

en wat sleg is.

Hartspraatjies

Ma, jy kan oulike video’s van Jessica aanlyn kry. Wanneer julle klaar na die video’s gekyk het, gesels met jou dogter oor dinge wat aan die buitekant goed lyk, maar wat nie aan die binnekant goed is nie. Dit is dalk ook ’n goeie tyd om te praat oor hoekom jy haar nie toelaat om sekere TV-programme of fl ieks te kyk, sekere boeke te lees, sekere musiek te luister of met sekere kinders vriende te wees nie. Dogter, vra vir God om vir jou onderskei -dings vermoë te gee sodat jy elke dag die heel beste keuses sal maak.

978-1-4316-2027-2.indd 13978-1-4316-2027-2.indd 13 2019/05/07 09:02:082019/05/07 09:02:08

Page 8: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

375

Prettige ma-dogter-aktiwiteitePrettige ma-dogter-aktiwiteite

7 Januarie

’n Nuwe jy in die spieël’n Nuwe jy in die spieël

Wat jy nodig het• ’n Spieël van enige grootte (kyk in jou ma se grimeersakkie of daar een is)

• Sponsverf of merkers

1. Dink aan ’n nuwe etiket vir jouself en skryf dit op die spieël neer. Jy kan

die merker gebruik as jy wil, maar sponsverf is wonderlik, want dit laat jou

spieël mooi bont lyk.

2. Versier ook die spieël se raam, as dit een het.

Wanneer jy elke dag in hierdie spieël kyk of jou hare netjies is, sal dit jou her-

inner dat die lelike dinge wat mense vir jou gesê het toe jy klein was nie die

waarheid was nie. Jy het ’n nuwe naam! Gaan verslaan ’n paar reuse!

31 Januarie

Veelkleurige Eben-Haeser-klippeVeelkleurige Eben-Haeser-klippe

Wat jy nodig het• ’n Paar oulike klippe (gladde rivierklippe werk goed, maar enige ander klip-

pe wat jy buite kan kry, sal reg wees)

• Handwerkverf

• Sponsverf of permanente merkers

• Verfkwasse

• Gom en blinkers of plakkers en ander dinge om die klippe mee te versier

1. Verf elke klip ’n ander kleur. Laat dit droog word.

2. Gebruik sponsverf of ’n permanente merker en skryf op elke klip een woord

uit die lys Eben-Haesers wat jy vroeër opgenoem het. As jy byvoorbeeld ge-

dink het aan ’n keer toe God jou gehelp het om die waarheid te praat toe jy

eintlik wou jok, kan jy Waarheid op die een klip skryf.

3. Versier die klippe soos jy wil.

Wanneer jy klaar is, sal jy ’n klomp vrolike Eben-Haeser-klippe hê wat jy op jou

lessenaar kan neersit om jou te herinner dat die Here jou tot hiertoe gehelp het.

Hoe meer jy ervaar dat God vir jou voorsien en jou help, hoe meer klippe kan

jy by jou versameling voeg. Hoe wonderlik sal dit wees om woorde soos Waar -heid, Maaltye, Vriende en Slaap voor jou te hê terwyl jy jou huiswerk doen!

Ont hou net een ding: Toe Samuel sy klipstapel gebou het, het dit nie beteken

978-1-4316-2027-2.indd 375978-1-4316-2027-2.indd 375 2019/05/09 15:05:582019/05/09 15:05:58

Page 9: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

376

die klippe het oor enige mag of towerkrag beskik nie. Dit was net ’n herinne-

ring aan Samuel dat God goed is. As jy die klippe verloor, moenie bekommerd

wees nie. God se krag is steeds daar vir jou.

4 Februarie

Stralende sonbrilsakkieStralende sonbrilsakkie

Wat jy nodig het• ’n Ou T-hemp of ’n paar jeans wat jou nie meer pas nie

• ’n Liniaal

• ’n Materiaalskêr

• ’n Naald en gare of gom

• Versierings om jou sakkie spesiaal te maak

1. Knip ’n reghoek uit die T-hemp of jeans. Wanneer jy die reghoek in die helfte

vou, moet dit groot genoeg wees sodat jou sonbril daarin kan pas. Meet dus

mooi voordat jy begin knip. Dit sal waarskynlik ongeveer 45 cm x 15 cm

moet wees.

2. Vou die reghoek dubbel in die lengte en werk die twee lang kant aan mekaar

vas, of gom dit vas. Maak seker jy los ’n opening aan die een punt sodat jy

jou sonbril daar kan insit. Laat die gom droog word.

3. Versier jou sonbrilsakkie met materiaalgom en blinkers of krale, gare, foto’s

of ou juweliersware om dit persoonlik te maak.

19 Februarie

Prettige potjiesPrettige potjies

Wat jy nodig het• ’n Deursigtige glaspotjie sonder enige etikette

• Handwerkverf (nie waterverf nie)

• Gom

• Verfkwaste

1. Maak seker die potjie is skoon en droog.

2. Meng die verf met ’n bietjie gom sodat dit aan die potjie sal vassit. Maak se-

ker dit is nie te loperig nie.

3. Verf ’n helder ontwerp op die potjie.

4. Laat die potjie heeltemal droog word. As jy wil, kan jy ’n deursigtige vernis

bo-oor jou ontwerp verf om dit te seël.

5. Sit blomme, potlode, albasters of selfs meel in die potjie. Skryf vandag se

fokusvers op ’n kaartjie en gee die veelkleurige potjie vir iemand as ’n ge-

skenk om hulle te herinner dat God vir ons voorsien.

978-1-4316-2027-2.indd 376978-1-4316-2027-2.indd 376 2019/05/09 15:07:392019/05/09 15:07:39

Page 10: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

377

1 MaartBaie besonderse boekmerkBaie besonderse boekmerk

Wat jy nodig het• Twee 5c-stukke

• ’n Skêr

• Karton of dik papier in die kleur van jou keuse

• Handwerkgom

• Merkers

1. Knip die karton so groot soos jy jou boekmerk wil hê en in die vorm wat

jy dit wil hê. ’n Boekmerk is gewoonlik 5 cm x 12 cm, maar jy kan dit enige

grootte maak.

2. Plak die twee 5c-stukke met gom bo-aan die boekmerk vas en wag dat dit

heeltemal droog word. Handwerkgom raak deurskynend wanneer dit droog

word. Moet dus nie bekommerd wees as dit nog wit lyk wanneer dit nat is nie.

3. Gebruik die merkers en skryf vandag se fokusvers in mooi letters onder die

twee munte neer.

4. Versier jou boekmerk soos jy daarvan hou. Dit sal ’n wonderlike boekmerk

wees om in jou Bybel te gebruik.

22 Maart

Eier-skouspelEier-skouspel

Wat jy nodig het• ’n Eier

• ’n Speld

• ’n Bakkie

• Glinsterstof

• Handwerkgom

• Verfkwas

• Waspapier

1. Was die eier en hou dit oor die bakkie. Druk die speld versigtig teen die eier-

dop aan die smal punt en maak ’n gaatjie daarin.

2. Draai die eier om en doen dieselfde aan die breër kant van die dop. Druk die

speld deur die dop en breek die geel.

3. Gebruik die speld en maak die tweede gaatjie ’n bietjie groter.

4. Blaas deur die klein gaatjie totdat al die eier by die groter gaatjie uitgeloop

het. (Jy kan die eier gaarmaak as jy wil.)

5. Verf gom oor die hele eierdop en rol dit in die glinsterstof totdat dit heelte-

mal bedek is.

6. Laat die eier op die waspapier droog word.

978-1-4316-2027-2.indd 377978-1-4316-2027-2.indd 377 2019/05/07 09:02:402019/05/07 09:02:40

Page 11: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

378

5 April

Polkadot-joernaalPolkadot-joernaal

Wat jy nodig het• ’n Gaatjiepons

• Omtrent vyf velle papier, enige kleur en met enige ontwerp waarvan jy hou

• ’n Goedkoop joernaal

• Handwerkgom

• ’n Bakkie

• ’n Ou verfkwas

• ’n Merker

1. Die eerste ding wat jy moet doen, is om honderdduisende gaatjies in daardie

papier te druk met die gaatjiepons. Sit vir jou ’n fl iek aan en begin pons! Pons

en pons totdat jy ’n hele hoop veelkleurige kolletjies voor jou het.

2. Gooi gom in die bakkie en gebruik die verfkwas om ’n dun lagie gom op die

voorblad van jou joernaal te verf.

3. Sprinkel die papierkolle oor die gom en laat dit droog word. Jy sal sommige

van hulle moet rondskuif sodat almal plat kan lê. Doen dit op ’n stuk koe-

rantpapier, dan is dit makliker om later skoon te maak. (Jy kan dit ook met

die agterblad doen wanneer die voorblad droog is.)

4. Laat die gom heeltemal droog word. Skryf nou “God dink meer aan my as

wat daar sandkorrels by die see is” iewers voor op jou joernaal.

5. Laat die helderkleurige kolle jou herinner aan al die sandkorrels by die see

en hoe lief God jou het.

22 April

Botterpotjies Botterpotjies

Wat jy nodig het• ’n Glaspotjie met ’n deksel wat goed pas (babakospotjies werk goed)

• Room wat styf geklits kan word

1. Maak die potjie meer as halfpad vol room.

2. Skroef die deksel stewig op.

3. Skud, skud, skud daardie potjie totdat die room styf word. Dit kan tot 10

minute duur. Wees dus gereed vir oefening! Maak beurte wanneer julle arms

lam raak.

4. Haal die deksel af en gooi enige oortollige vloeistof af.

5. Skroef weer die deksel op.

Jy het nou gewone room in ’n nuwe skepping verander. Gaan haal kraakbeskuit-

jies of brood en doop dit in die room. Geniet dit!

978-1-4316-2027-2.indd 378978-1-4316-2027-2.indd 378 2019/05/07 09:02:402019/05/07 09:02:40

Page 12: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

379

10 Mei

Borrel-almanakBorrel-almanak

Wat jy nodig het• ’n Almanak (’n groterige almanak sal beter werk)

• ’n Liniaal

• Borrelplastiek

• ’n Skêr

• Gom wat helder is wanneer dit droog word

1. Meet die grootte van een vierkant op jou almanak.

2. Knip vierkante uit die borrelplastiek wat net so groot soos hierdie vierkante

is.

3. Smeer gom aan die gladde kant van die borrelplastiek-vierkante en plak dit

op elke dag van die maand. Maak seker jy kan nog die datum sien.

4. Jy kan dit maand vir maand doen of ’n paar maande op een slag, dit hang af

hoe pofferig jy jou almanak wil hê.

5. In plaas daarvan om nou ’n X te trek oor ’n dag terwyl jy die dae aftel tot die

skoolvakansie begin, bars al die borreltjies op daardie dag se vierkant. Dit sal

die aftellery baie lekkerder maak.

28 Mei

Strelende badsoutStrelende badsout

Wat jy nodig het• ’n Kleinerige bottel of potjie

• ’n Bak (maak seker dit sal nie vlek nie)

• Epsomsout

• Voedselkleursel

• Parfuum of essensiële olies

• Waspapier

1. Meet af hoeveel epsomsout jy sal nodig hê om jou potjie vol te maak en gooi

die sout in ’n bak wat nie sal vlek nie.

2. Voeg ’n bietjie voedselkleursel by en meng dit in by die epsomsout totdat

die kleur eweredig versprei het. Jy wil nie hê die sout moet te helder gekleur

wees nie, net genoeg om dit mooi te maak.

3. Meng jou geurige olie in, so sterk as wat jy wil hê dit moet wees.

4. Versprei die sout oor ’n vel waspapier en laat dit heeltemal droog word.

5. Gooi die badsout in ’n glasbottel of glaspotjie.

6. Die geur sal die beste na vore kom as jy ’n week wag voordat jy die badsout

gebruik.

7. Gooi ’n eetlepel of twee van die badsout by jou volgende warm bad en ontspan!

978-1-4316-2027-2.indd 379978-1-4316-2027-2.indd 379 2019/05/07 09:02:402019/05/07 09:02:40

Page 13: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

380

5 Junie

Sierlike haakspeldeSierlike haakspelde

Wat jy nodig het• Haakspelde (enige grootte)

• Krale (allerhande soorte krale wat aan jou haakspelde sal pas wanneer dit

toegeknip is)

1. Wees versigtig om jouself nie raak te steek wanneer jy die haakspeld oop-

knip nie.

2. Ryg die speld deur die kraletjies. Jy kan enige patroon skep wat jy wil.

3. Gee van die haakspelde vir jou vriende. Maak ’n spesiale een vir jou ma.

Steek hierdie sierlike haakspelde aan jou rugsak, handsak, pet, jou hond se

halsband of skoenveters vas.

16 Junie

Son-en-strand-sakSon-en-strand-sak

Wat jy nodig het• Een uiesak (die netsakke waarin die winkels uie verpak)

• ’n Skêr

• Een stuk dik tou (ongeveer 45 cm lank)

• Een plastiekknip of veiligheidshakie om dit aan jou rugsak of iets anders vas

te maak

1. Maak eers seker jou ma wil nie meer die uiesakkie gebruik nie. Sny die bo-

punt af sodat dit nog mooier is.

2. Ryg die tou deur die openinge aan die bokant van die uiesakkie om ’n rygtou

te vorm. Ryg dit dan ook deur die knip of hakie. Knoop die punte vas.

3. Gooi jou sonbril, sonskerm en gunsteling boek in jou sonnige strandsak en

trek die toutjie styf. Nou is jy gereed vir die strand.

3 Julie

Morsige dryfsandMorsige dryfsand

Wat jy nodig het• 6 koppies speelsand (jy kan dit in verskillende kleure kry as jy wil)

• 3 koppies mielieblom

• 1½ koppie koue water

• ’n Groot bak

1. Meng die water en die mielieblom goed saam. Dit sal ’n paar minute neem

om dit lekker glad te kry.

978-1-4316-2027-2.indd 380978-1-4316-2027-2.indd 380 2019/05/07 09:02:412019/05/07 09:02:41

Page 14: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

381

2. Gebruik jou hande en meng die sand stadig daarby in, een koppie op ’n slag.

Dit gaan baie vingerkrag verg!

3. Mors lekker daarmee! Dis die wonderlikste goed om mee te speel. Wanneer

jy klaar is, bêre dit in ’n lugdigte houer.

4. Wanneer jy dit weer uithaal, sal jy 2-3 eetlepels water moet byvoeg om dit

weer sag te maak. Sprinkel net die water daaroor en werk dit deur.

29 Julie

Koekiedeeg-op-stokkiesKoekiedeeg-op-stokkies

Wat jy nodig het• 1 koppie botter

• 2 koppies koekmeel (jy kan ook die helfte met volkoringmeel vervang)

• 1 teelepel koeksoda

• ¾ koppie bruinsuiker

• 1 boksie vanilla-kitspoeding

• ¼ koppie melk

• 1 teelepel vanillageursel

• 2 koppies sjokoladesplinters

• Roomysstokkies

1. Gebruik ’n menger (vra jou ma), verroom die botter en suiker totdat dit lig

en pofferig lyk.

2. Meng die kitspoeding by.

3. Roer die vanilla en melk by.

4. Voeg die koeksoda en die meel ’n halwe koppie op ’n slag by en meng dit

elke keer goed deur.

5. Roer die heerlike sjokoladesplinters by.

6. Maak balletjies en druk dit op die punte van die roomysstokkies vas. Hou dit

in die yskas of vrieskas.

7. Deel dit uit en eet dit! Jou ma hoef nie eens bekommerd te wees nie, want

daar is geen rou eier in nie.

7 Augustus

Blinknuwe vullisdrommetjieBlinknuwe vullisdrommetjie

Wat jy nodig het• ’n Vullisdrommetjie wat jou ma sê jy maar kan versier

• Handwerkgom of ’n gomgeweer

• Alles wat jy in die huis kan kry om die drommetjie mee te versier.

Die gedagte agter hierdie aktiwiteit is om julle vaal vullisdrommetjies in iets

pragtigs te omskep. Hier is ’n paar idees:

978-1-4316-2027-2.indd 381978-1-4316-2027-2.indd 381 2019/05/07 09:02:412019/05/07 09:02:41

Page 15: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

382

1. Gebruik die vere van ’n vereboa uit jou opdollie-dae en plak dit om die boon-

ste rand van die drommetjie vas.

2. As jy ’n klomp ronde plakkers het (soos dié wat mense gebruik om pryse van

items op te skryf), plak dit in ’n patroon op jou drommetjie.

3. Maak balletjies uit foelie en plak dit al om die boonste en onderste rand van

die drommetjie vas.

4. Plak knope in die vorm van die eerste letter van jou naam teen die kant van

jou drommetjie vas.

30 Augustus

Verfraaide deurVerfraaide deur

Wat jy nodig het• ’n Plastiek-stortgordyn (enige kleur en patroon waarvan jy jou)

• ’n Stukkie gordynreling wat net lank genoeg is om presies tussen jou slaap-

kamerdeur se kosyne te pas

• Enige soort hakies om jou gordyn aan die gordynreling op te hang

• ’n Skêr

• ’n Liniaal

1. Meet die breedte van jou kamerdeur en knip die stortgordyn so groot uit.

2. Meet hoe lank die gordyn moet wees om in jou deur te pas en knip dit korter.

(Dalk sal jy dit glad nie hoef korter te knip nie.)

3. Begin aan die onderpunt van die stortgordyn en knip vertikale stroke van

5 cm breed in die gordyn. Knip dit oop tot ongeveer 15 cm van bo af.

4. Hang die gordyn aan die gordynreling en vra jou ma om jou te help om die

reling op die regte plek in jou deurkosyn te laat pas. Maak seker die deur kan

nog toegaan.

5. Jy kan hierdie idee ook gebruik om ’n venster in jou kamer op te vrolik.

11 September

SkattejagbottelsSkattejagbottels

Wat jy nodig het• ’n Deurskynende plastiekwaterbottel

• Genoeg sand om die helfte van die bottel vol te maak. (Jy kan ook sout ge bruik.)

• Oulike klein voorwerpe om na te soek.

• ’n Kartonkaartjie en ’n merker.

1. Maak seker die bottel is skoon en droog aan die binne- en die buitekant.

2. Gooi die sand in die bottel. Doen dit buite of oor ’n vullisblik.

3. Voeg die klein voorwerpe by. Jy kan knope, speelgoedmannetjies, uitveërs,

munte of krale gebruik.

978-1-4316-2027-2.indd 382978-1-4316-2027-2.indd 382 2019/05/07 09:02:412019/05/07 09:02:41

Page 16: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

383

4. Skroef die proppie op en skud die bottel sodat die items deur die sand ver-

sprei. Jy kan meer sand byvoeg as jy wil.

5. Maak ’n lys van al die “skatte” op die kartonkaartjie soos “Een rooi knoop;

’n pienk uitveër, ’n haarknippie, ’n 5c-stuk”. Gee die bottel en die kaartjie vir

’n vriendin as haar eie Skattejagbottel. Moedig haar aan om alles in die bottel

te probeer vind deur dit goed te skud.

20 September

Emmer vol gedagtesEmmer vol gedagtes

Wat jy nodig het• ’n Emmer, boks of sak wat jy kan versier

• Gom, kleefl int of ’n kramdrukker

• Plakkers, papierblomme, foto’s, tydskrifuitknipsels – enigiets waarvan jy hou

• Merkers of verf

1. Die instruksies vir hierdie aktiwiteit is nie so moeilik nie. Skryf iewers op

jou houer die woorde “Emmer vol gedagtes” sodat jy weet jy moet dit nie

gebruik as ’n vullisblik, ’n pennehouer of ’n doelpaal nie.

2. Versier nou jou houer met enige oulike items wat jy in die huis kan vind. Dit

gaan jou “Emmer vol gedagtes” wees; laat dit daarom so spesiaal lyk soos jy

wil. As jy dit in jou kamer gaan hou, kan jy dit só versier dat dit by jou bed-

degoed of gunsteling prent teen die muur pas.

3. In die volgende week kan jy ’n gedagte neerskryf soos: “Vandag het Carla le-

like dinge oor Anna agter haar rug gesê. Hoekom doen sy dit as sy veronder-

stel is om haar beste vriendin te wees?” Sit hierdie gedagte in jou “Emmer

vol gedagtes”. Aan die einde van die week kan jy ’n afspraak met jou ma

maak, by haar gaan sit en jou emmer leegmaak. Vertel vir haar wat alles in

jou hart is en van alles wat jy neergeskryf het.

4. Geniet jou tyd saam met jou ma. Sy is baie lief vir jou.

4 OktoberDawid se diskobalDawid se diskobal

Wat jy nodig het• ’n Polistireenbal wat jy by handwerkwinkels sal kry

• Spuitverf (as die agtergrondkleur van die bal)

• Gomgeweer of alkant-kleefband

• Baie ou CD’s (maak seker jy vra voor jy sommer net vat)

• ’n Skêr wat metaal kan knip (jou pa kan dalk een hê)

• Tou of wol

978-1-4316-2027-2.indd 383978-1-4316-2027-2.indd 383 2019/05/07 09:02:412019/05/07 09:02:41

Page 17: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

384

1. Neem die polistireenbal buitentoe en spuitverf dit. Vra een van jou ouers om

jou te help.

2. Terwyl dit droog word, knip die CD’s in verskillende vorme en groottes op

met die skêr. As dit vir jou te moeilik is, vra ’n grootmens om jou te help.

3. Gebruik die gomgeweer of klein stukkies alkant-kleefband en plak die bal

vol klein stukkies CD. Maak seker die blink kant van die CD’s, wat soos ’n

spieël lyk, wys vorentoe.

4. Plak die een punt van die tou aan die polistireenbal vas en wag totdat dit

heeltemal droog is.

5. Hang jou Dawid se diskobal iewers op, laat skyn ’n helder lig daarop en dans

op maat van jou gunsteling Jesus-lofl iedjies.

17 Oktober

Magnetiese woordeMagnetiese woorde

Wat jy nodig het• ’n Leë blikkie, soos dié waarin pepermente of lekkers kom

• Een vel skuurpapier (’n fynerige skuurpapier sal werk)

• 3D-verf

• Verfkwaste

• Akrielverf

• Ou tydskrifte of boeke

• ’n Skêr

• Selfplak- magnetiese stroke (jy kan dit by ’n handwerkwinkel kry)

• ’n Haartangetjie

1. Gebruik die skuurpapier om die blikkie grof te skuur. Dit sal die verf beter

daaraan laat kleef.

2. Gebruik die 3D-verf en verf ’n lyn naby aan die bokant van die blikkie.

3. Verf die res van die blikkie met die akrielverf. (Jy hoef nie die binnekant van

die blikkie te verf nie.)

4. Knip baie woorde uit die tydskrifte en boeke.

5. Trek die papier van die agterkant van die magnetiese stroke af en sit dit op

die tafel neer met die taai kant boontoe.

6. Gebruik die haartangetjie om die woorde op die taai kant van die magnetiese

velle neer te sit.

7. Knip die woorde netjies uit met ’n skêr.

8. Sit die woorde binne-in die blikkie en – voilà – jy het jou eie lekker woord-

speletjie.

9. Bou sinne en stories bokant die lyn wat jy op jou blikkie geverf het. Wan neer

jy nie speel nie, hou die woorde veilig in die blikkie.

978-1-4316-2027-2.indd 384978-1-4316-2027-2.indd 384 2019/05/07 09:02:412019/05/07 09:02:41

Page 18: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

385

12 November

Haarknippie-strikkiesHaarknippie-strikkies

Wat jy nodig het• Klein stukkies bont lap (tulle of kant werk die beste)

• ’n Naald en gare

• Gom

• ’n Ou haarknippie

1. Knip die materiaal in reghoeke van 15 cm x 8 cm.

2. Pak die reghoeke op mekaar net soos jy wil. Knoop ’n stuk tou of wol om

die middel van die stapeltjie vas en trek dit styf. Dit behoort soos ’n oulike

strikkie te lyk.

3. Werk die strik met die naald en gare aan die haarknippie vas of gom dit vas.

Maak net seker die knippie sal nog werk wanneer die strik daaraan vas is.

4. Knip jou bont haarknippie in jou hare vas en glimlag breed.

21 November

Pollyanna se dankie-sê-kalkoenPollyanna se dankie-sê-kalkoen

Wat jy nodig het• Dik papier in verskillende kleure

• ’n Skêr

• Gomstafi es of kleefl int

• Merkers

1. Teken die buitelyne van ’n kalkoen (sonder stertvere) so groot as wat jy kan

op ’n stuk bruin papier en knip dit uit.

2. Gebruik die gekleurde papier om sy voete, bek en oë te maak en plak al die

dele aan die kalkoen vas.

3. Hang jou kalkoen op waar almal in die gesin dit kan sien.

4. Knip ’n hele klomp “stertvere” uit die verskillende kleure papier en sit dit

saam met ’n gomstafi e of ’n rol kleefl int en ’n merker naby aan jou kalkoen

neer.

5. Elke keer wanneer iemand in die gesin dankbaar is oor iets, laat hulle dit op

een van die stertvere neerskryf en dit dan op die kalkoen plak. Kyk hoe vin-

nig julle die kalkoen met “dankie-sê-vere” kan bedek.

2 Desember

Donssagte kussingsDonssagte kussings

Wat jy nodig het• ’n Skêr

978-1-4316-2027-2.indd 385978-1-4316-2027-2.indd 385 2019/05/07 09:02:412019/05/07 09:02:41

Page 19: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

386

• ’n Ou paar sykouse

• Enige soort stopsel wat sag en donserig is

• ’n Ou paar jeans of enige ander ou langbroek

• Tou of lint

1. Om die kussing te maak, knip die een been van die sykouse af. Stop dit vol

met wat jy ook al as jou stopsel gekies het. Maak ’n buisvormige kussing wat

ongeveer 30 cm lank is. Knoop die oop punt toe.

2. Knip die pyp van ’n ou langbroek of jeans af (vra eers jou ma). Dit moet

ongeveer 45 cm lank wees. As jy dit aan albei kante knip, sal die rande later

uitrafel en nogal oulik lyk.

3. Druk die kussing wat jy gemaak het binne-in die langbroekpyp.

4. Gebruik lint, tou of selfs haarrekkies om elke punt van die langbroek se pyp

toe te knoop, met die kussing in die middel. Dit behoort soos ’n groot lekker

te lyk.

5. Sit jou pofferige en donssagte kussing op jou bed neer en gaan lê daarop met

’n lekkerleesboek.

26 Desember

Lintkranse vir spesiale daeLintkranse vir spesiale dae

Wat jy nodig het• Kersfeesstrikkies wat oorgebly het

• Polistireenkranse wat jy by die handwerkwinkel sal kry (enige grootte sal

werk)

• Gom (warm gom werk die beste)

• Dik papier

• Merkers

1. Lintstrikkies wat ná die Kerstyd oorgebly het, is uitstekend om kranse vir

ander spesiale dae mee te maak.

• Gebruik rooi en wit strikkies om ’n Valentynsdag-krans te maak.

• Gebruik wit, geel en pers strikkies om ’n Paasnaweek-krans te maak.

• Gebruik pienk en wit strikkies om ’n Moedersdag-krans te maak.

• Gebruik strikkies in die kleure van jou gunsteling sportspan om ’n span-

sport-krans te maak.

2. Al wat jy hoef te doen, is om die strikkies bymekaar te maak en dit te groe-

peer volgens die kleure wat jy vir jou verskillende kranse wil gebruik. Plak

die strikkies op die polistireenkranse vas met gom. Jy kan die papier en

merkers gebruik om iets op die krans te skryf volgens die tema wat jy kies.

3. Vra jou ma vir ’n boks en bêre jou kranse daarin totdat dit tyd is om te ge-

bruik. Jy kan ’n oulike lintkrans maak vir elke spesiale dag wat julle vier.

978-1-4316-2027-2.indd 386978-1-4316-2027-2.indd 386 2019/05/07 09:02:412019/05/07 09:02:41

Page 20: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

387

Bylae Bylae

… met idees vir bak en brou en pret en gehaltetyd

Hierdie bylae is ’n wonderlike versameling prettige dinge wat ma’s en dogters

saam kan doen. Terwyl ek hierdie dagboek geskryf het, het ek besef dat ek soms

gepraat het oor dinge of aktiwiteite wat julle saam kan geniet of kan ondersoek.

Hier is al daardie prettige dinge op een plek saamgevat, plus sommer nog ’n

paar ekstra. Op ’n reënerige dag of in die skoolvakansie kan julle deur hierdie

bylae blaai en ’n wonderlike ma-dogter-tyd saam deurbring. Maak seker julle

begin met die koek!

Liplekkerresepte om saam te toetsLiplekkerresepte om saam te toets

Janet se sjokoladekoek met grondboontjiebotter-vulsel

Die koekDie koek2 koppies suiker

1¾ koppie meel

¾ koppie kakao, onversoet

1½ teelepel koeksoda

1½ teelepel bakpoeier

1 teelepel sout

2 eiers

½ koppie melk

½ koppie suurroom

½ koppie olie

2 teelepels vanilla

1 koppie kookwater

Smeer twee koekpanne van 22 cm in deursnee. Meng die droë bestanddele in ’n

mengbak. Voeg die eiers, melk, suurroom, olie en vanilla by. Klits vir 2 minute

teen ’n middelmatige spoed. Meng die kookwater by. Die deeg sal baie loperig

wees. Gooi dit in die twee panne. Bak teen 180 °C vir 30-35 minute. Laat dit vir

minstens 10 minute afkoel voordat jy dit uit die panne op draadrakke uitkeer.

Die grondboontjiebotter-vulselDie grondboontjiebotter-vulsel¼ koppie botter, sag

½ koppie gladde grondboontjiebotter

Ongeveer 1½ koppie versiersuiker (gooi by totdat die vulsel redelik dik is)

’n Eetlepel of twee melk (hou die mengsel dik)

978-1-4316-2027-2.indd 387978-1-4316-2027-2.indd 387 2019/05/09 15:07:392019/05/09 15:07:39

Page 21: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

388

Klop die botter totdat dit sag en glad is. Voeg die grondboontjiebotter by totdat

dit goed gemeng is. Voeg die meeste van die versiersuiker by totdat die meng-

sel dik en styf is en jy die smaak kry wat jy wil hê. Wanneer die koek heeltemal

koel is, smeer die vulsel tussen die twee lae. Gebruik alles. Dis baie, maar julle

sal versot wees daarop.

Die sjokoladeversiersuikerDie sjokoladeversiersuiker½ koppie botter

⅔ koppie kakaopoeier, onversoet

3 koppies versiersuiker

⅓ koppie melk

1 teelepel vanilla

Smelt die botter. Sit dit in ’n mengbak en roer die kakao by. Voeg die versier-

suiker en melk om die beurt by. Klits dit teen ’n middelmatige spoed totdat

die versiersuiker lekker smeerbaar is. Voeg meer melk by as dit nodig is. Roer

die vanilla by. Nadat jy die grondboontjiebotter-vulsel tussen die twee koeke

ge smeer het, geniet dit om die hele koek dit met hierdie ryk sjokoladeversier-

suiker te bedek.

Hou die koek in die yskas. Dit is lekkerder wanneer dit effens verkoel is.

Geniet dit saam met ’n glas koue melk.

Sherri se warm mangomuffi ns met geklopte room

Die mangomuffinsDie mangomuffins1 groot, ryp mango, in klein stukkies gesny

2 koppies koekmeel

½ koppie suiker

1 eetlepel bakpoeier

½ teelepel sout

1 koppie karringmelk

¼ koppie olie

2 groot eiers, geklits

1 teelepel amandelgeursel

Meng die meel, suiker, bakpoeier en sout in ’n groot mengbak. Meng die melk,

olie, eiers en amandelgeursel in ’n mediumgrootte bak en klop tot ’n gladde

mengsel. Voeg die melkmengsel by die meelmengsel en roer net tot alles klam

is. Roer die mangostukkies by die deeg in. Verdeel die deeg gelykop in ’n ge-

smeerde muffi npan (vir 12 muffi ns).

Bak teen 200 °C tot goudbruin, ongeveer 20-25 minute.

Haal die mangomufffi ns uit die pan en sit op ’n draadrak om effens af te

koel. Eet dit saam met botter en vars geklopte room terwyl dit nog warm is.

978-1-4316-2027-2.indd 388978-1-4316-2027-2.indd 388 2019/05/07 16:33:392019/05/07 16:33:39

Page 22: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

389

Geklopte roomGeklopte room1 koppie room

2 eetlepels strooisuiker

1 teelepel vanilla

Gooi al die bestanddele saam in ’n verkoelde glasbak. Klop die room teen ’n

hoë spoed totdat dit ferm is en punte maak. Skep dit op die warm muffi ns net

voordat jy dit geniet.

Anna Marie se soet ystee

Omdat jy die stoof vir hierdie resep nodig het, vra asseblief jou ma om jou te help.

Maak ’n mediumgrootte pot driekwart vol water. Voeg 8 teesakkies by (gewone

tee of rooibostee, wat jy ook al verkies). Laat kook dit oor medium hitte.

Wanneer die water lekker prut, skakel die plaat af en haal die pot van die

stoof af.

Gooi 2 koppies wit suiker in ’n beker wat 4 liter vloeistof kan hou. Voeg die

warm tee by. (Onthou om die teesakkies uit te haal.) Roer totdat die suiker op-

gelos is.

Voeg genoeg koue water by om die beker vol te maak. Sit dit in die yskas

sodat dit lekker koud kan word.

Geniet!

Verfrissende limonade

6 suurlemoene

6 koppies koue water

1 koppie suiker

Gebruik ’n versapper of jou hande en druk al die sap uit die suurlemoene. Jy

behoort omtrent ’n koppie te hê. Haal die pitte uit. Jy kan suurlemoensap in ’n

bottel gebruik, maar vars suurlemoene laat die limonade net ekstra verfrissend

smaak.

Gooi die suurlemoensap, water en suiker in ’n beker en roer baie goed.

Gooi dit oor ys in ’n glas en geniet.

Fliek saamFliek saam

Faith like PotatoesFaith like PotatoesHierdie boeiende en hartverskeurende verhaal is in Suid-Afrika gemaak en ver-

tel die storie van een man se worsteling om ’n beter lewe vir hom en sy gesin

te verseker.

978-1-4316-2027-2.indd 389978-1-4316-2027-2.indd 389 2019/05/09 15:07:392019/05/09 15:07:39

Page 23: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

390

Angus Buchan is ’n Skotse boer wat in Zambië gewoon het toe daar die land

se voortdurende politieke onrus hom uiteindelik oortuig het om in ’n nuwe

land te gaan woon met die hoop op ’n beter lewe. Maar nadat hulle hulle in

die vrugbare KwaZulu-Natal gaan vestig het, het die Buchan-gesin besef om ’n

nuwe lewe te begin, gaan nie noodwendig maklik wees nie. Angus verval in ’n

afwaartse spiraal van wanhoop, waaruit net ’n wonderbaarlike herstel van sy

geloof hom red.

Faith like Potatoes is ’n merkwaardige en bemoedigende fl iek.

Idees vir gehaltetydIdees vir gehaltetyd

Van ruspe na skoenlapper

As dit nie vir julle moontlik is om ’n skoenlapper-ruspe in julle omgewing in

die hande te kry om saam na die wonderlike proses van metamorfose te kyk

nie, kan julle altyd sywurms aanhou.

Supergeheime handdruk

Werk vir jou en jou ma ’n supergeheime handdruk uit wat net julle twee ge-

bruik.

Julle kan julle hande teen mekaar klap, julle pinkies by mekaar inhaak en jul-

le vuiste teen mekaar laat stamp. Gebruik hierdie bewegings in enige volgorde

vir julle handdruk.

Taalpret

Wou jy nog altyd ’n ander taal leer praat het? Dit is baie makliker as iemand

anders in jou huis dit ook doen. Kry ’n beginnerhandboek vir daardie taal en

begin die taal saam met jou ma aanleer. Jy en jou ma kan een keer per week kyk

hoe die ander een vorder. Jy kan selfs vir julle hond ’n paar opdragte in daardie

taal leer.

Mallemeule-vakansie

Beplan om ’n vakansiedag of feestyd in die verkeerde maand te vier. Dis reg!

Hoekom sit julle nie julle Kersversierings in die middel van die winter op en

vier weer Jesus se geboorte nie? Of hou ’n Paaseier-skattejag in die lente in

plaas van die herfs.

978-1-4316-2027-2.indd 390978-1-4316-2027-2.indd 390 2019/05/09 11:15:112019/05/09 11:15:11

Page 24: Hallo Ma’s en Dogters · Hallo Ma’s en Dogters Ek is versot op Bybeldagboeke. Vanaf die dag dat my ma vir my my heel eerste dagboek gegee het toe ek op laerskool was, is dit vir

391

Agterstevoor maaltye

Beplan ’n maaltyd wat heeltemal agterstevoor is. Eet eers julle nagereg, dan die

hoofgereg en dan die voorgereg. Hoe lekker om heel eerste die poeding te eet!

Deurryg-tapisserie

Deurryg-tapisserie is ’n stokou en baie ontspannende handwerk wat baie mak-

lik is om te doen. Gaan kyk of julle ’n oulike tapisserie-pakket by ’n handwerk-

winkel kan kry. Koop ’n ekstra haak sodat jy en jou ma elkeen een het. Jy en jou

ma kan saam aan die tapisserie werk of beurte maak totdat dit klaar is.

978-1-4316-2027-2.indd 391978-1-4316-2027-2.indd 391 2019/05/09 11:15:112019/05/09 11:15:11