gj#1 wat is 'n gelykenis

2
Bladsy 8| Die Gelykenisse van Jesus Laat u koninkryk kom Jannie du Toit Uit die album Palet (1990) Soveel konings wat regeer soveel magte wat beheer het oor die mensdom maar waar sal ons ons heil kan vind waar is daar 'n toekoms vir my kind? Sou dit aardse eenheid wees of vertroue op 'n waan van eie waarde maar alles is alreeds probeer en daarom bid ons dit van U o Heer: Vader stel die grondwet van u ryk by ons in werking gee ons regtig liefde vir mekaar gee vir ons die burgerskap wat vry is van beperking Heer laat u koninkryk hier kom Daar sal nuwe waardes geld wyer grense ander helde sal vermeld word daar sal ons ons heil kan vind daar is ook 'n toekoms vir my kind. © 2014 Jimi le Roux Kopiereg voorbehou geen duplisering toegelaat. Besoek ons webruimte vir volledige inligting oor ons kursusse en programme. www.jimileroux.com Swart komyn NIGELLA SATIVA Swart komyn, wat nie verwar moet word met komyn (Cuminum cyminum) nie, is wyd in die antie- ke wêreld gebruik vir sy medisinale eienskappe. Dit is gebruik vir slegte spysvertering, infek- sies, pyn, asma en allergieë. Dit is by Toetankhamen in sy graf gevind, en word selfs in die Bybel vermeld (Jes 28:25,27). Die skerp, bitter, swart saadjies word op brood- rolletjies in Turkye gebruik en kom ook dikwels op Naan-brood voor. Dit word verder gebruik om gebak, drank en kaas te geur. 1.1 Die term ‘gelykenis’ Joodse rabbi’s het in Bybelse tye graag lering gegee deur ‘n mashal ( מָ שָ ל) te vertel’n spreekwoord, vergelyking of kort verhaal met ‘n morele of geestelike les, ‘n gelykenis. In die Ou Testament is slegs vyf werklike gelykenisse: 2 Sam 12:1-4 2 Sam 14:6-8 1 Kon 20:39-40 Jes 5:1-6 Jes 28:24-28 (waar hy na swart komyn verwys). Ná die Ou Testament het die gebruik van gely- kenisse deur die rabbi’s baie toegeneem. Rabbi Gamaliël het bv. ‘n heidense filosoof so ge- antwoord, toe dié hom vra waarom God vir die af- godsdienaars, en nie die afgode nie, kwaad is: ‘n Koning se seun het ‘n hond gehad, wat hy na sy pa genoem het. As hy wou sweer, het hy gesê: ‘so by die hond, my pa’. Toe die koning dit hoor, was hy tog nie kwaad vir die hond nie, maar vir die seun. Jesus het ook graag gelykenisse en kort spreekwoorde vertel—trouens, ’n derde van sy lering bestaan uit gelykenisse. Die Nuwe Testament vertaal mashal met die Griekse woord parabolê (παραβολή) - wat dui op twee dinge wat langs mekaar geplaas word, m.a.w. vergelyk word. Ons kyk na die betekenis van die woord en die gebruik van Jesus se gelykenisse . Die Gelykenisse van Jesus | Bladsy 5

Upload: jimi-le-roux

Post on 29-Mar-2016

233 views

Category:

Documents


4 download

DESCRIPTION

Deel Een van ons kursus: "Die Gelykenisse van Jesus".

TRANSCRIPT

Page 1: Gj#1 wat is 'n gelykenis

Bladsy 8| Die Gelykenisse van Jesus

Laat u koninkryk kom

Jannie du Toit

Uit die album Palet (1990)

Soveel konings wat regeer soveel magte wat beheer het oor die mensdom maar waar sal ons ons heil kan vind waar is daar 'n toekoms vir my kind? Sou dit aardse eenheid wees of vertroue op 'n waan van eie waarde maar alles is alreeds probeer en daarom bid ons dit van U o Heer: Vader stel die grondwet van u ryk by ons in werking gee ons regtig liefde vir mekaar gee vir ons die burgerskap wat vry is van beperking Heer laat u koninkryk hier kom Daar sal nuwe waardes geld wyer grense ander helde sal vermeld word daar sal ons ons heil kan vind daar is ook 'n toekoms vir my kind.

© 2014 Jimi le Roux Kopiereg voorbehou –

geen duplisering

toegelaat. Besoek ons webruimte

vir volledige inligting

oor ons kursusse en programme.

www.jimileroux.com

Swart komyn NIGELLA

SATIVA

Swart komyn, wat nie verwar moet word met komyn (Cuminum cyminum) nie, is wyd in die antie- ke wêreld gebruik vir sy medisinale eienskappe. Dit is gebruik vir slegte spysvertering, infek- sies, pyn, asma en allergieë. Dit is by Toetankhamen in sy graf gevind, en word selfs in die Bybel vermeld (Jes 28:25,27). Die skerp, bitter, swart saadjies word op brood- rolletjies in Turkye gebruik en kom ook dikwels op Naan-brood voor. Dit word verder gebruik om gebak, drank en kaas te geur.

1.1 Die term ‘gelykenis’

Joodse rabbi’s het in Bybelse tye graag lering gegee deur ‘n mashal (ָלָשמ) te vertel—’n

spreekwoord, vergelyking of kort verhaal met

‘n morele of geestelike les, ‘n gelykenis. In die Ou Testament is slegs vyf werklike gelykenisse:

2 Sam 12:1-4

2 Sam 14:6-8

1 Kon 20:39-40

Jes 5:1-6

Jes 28:24-28 (waar hy na swart komyn verwys). Ná die Ou Testament het die gebruik van gely-

kenisse deur die rabbi’s baie toegeneem. Rabbi Gamaliël het bv. ‘n heidense filosoof so ge-

antwoord, toe dié hom vra waarom God vir die af-godsdienaars, en nie die afgode nie, kwaad is: ‘n Koning se seun het ‘n hond gehad, wat hy na sy pa genoem het. As hy wou sweer, het hy gesê: ‘so by die hond, my pa’. Toe die koning dit hoor, was hy tog nie kwaad vir die hond nie, maar vir die seun. Jesus het ook graag gelykenisse en kort

spreekwoorde vertel—trouens, ’n derde van

sy lering bestaan uit gelykenisse. Die Nuwe Testament vertaal mashal met die Griekse woord

parabolê (παραβολή) - wat dui op twee dinge wat langs mekaar geplaas word, m.a.w. vergelyk word.

Ons kyk na die betekenis van die woord en die gebruik van Jesus se gelykenisse .

Die Gelykenisse van Jesus | Bladsy 5

Page 2: Gj#1 wat is 'n gelykenis

Bladsy 6 | Die Gelykenisse van Jesus

Ons vind Jesus se gelykenisse in die Sinoptiese Evangelies: Matteus,

Markus en Lukas. Johannes bevat nie werklike gelykenisse nie, maar wel en-kele kort vergelykings. Die Evangelie van Thomas bevat ook heelwat kort gely-

kenisse (waarvan heelwat ooreenkom met die wat ons ken) en word deur som-mige geleerdes hoog aangeslaan as ‘n onafhanklike en vroeë bron van Jesus-

uitsprake. In Thomas 97 lees ons byvoorbeeld:

—Jesus het gesê: 97.1 Die koninkryk van die Vader is soos ‘n vrou wat ‘n kruik

vol meel dra. 97.2 Terwyl sy op die pad gestap het, ver van die huis, het die kruik se handvatsel gebreek en die meel uitgeloop op die pad. 97.3 Maar sy het dit nie geweet nie; sy het nie ‘n probleem bemerk nie. 97.4 Toe sy haar huis bereik het,

het sy die kruik op die vloer neergesit en gevind dat dit leeg was.

Dit is ‘n interessante vertelling—in tipiese Jesus-styl—wat vertel van iemand wat

dink hy het iets, maar hy het niks. Dit herinner ons aan die wat “arm van gees” is, m.a.w. totaal behoeftig en afhanklik.

Dit is moeilik om te besluit wat gelykenisse is en wat nie—’n gelykenis is tipies ‘n verhaal-wat-’n-punt-illustreer, sommige langer en ander baie kort, maar

sommige sluit ook korter vergelykings in. ‘n Beskrywing soos die Ware Wynstok in Joh 15 ontbreek die verhaal-element en word meestal nie ingesluit nie.

1.2 Jesus se gebruik van gelykenisse

Jesus gebruik gelykenisse veral om aan sy dissipels lering te gee:

Die dissipels het vir Jesus kom vra: “Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?” Hy het hulle geantwoord:

“Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Mat 13:10-11

Die ander kon wel Jesus se gelykenisse hoor, maar die dissipels het dit weer en

weer gehoor—verskeie gelykenisse kom in verskillende variasies na ons toe—en kon dit met Hom bespreek. Jesus knoop in sy

gelykenisse by die alledaagse lewe aan: die natuur, landbou, handel, die sosiale lewe. Sy

verhale het dikwels ‘n kinkel en ’n diep morele les.

Dit laat mens anders oor die lewe dink — dit her- omraam (reframe) dinge. Dit illustreer die koninkryk

soos gewone lering nie kan nie. ‘n Verhaal het ook die voordeel dat dit onthoubaar is—en Jesus s’n is

juis onthoubaar en bekend oor die hele wêreld.

Die Gelykenisse van Jesus | Bladsy 7

1.3 Die tema van Jesus se gelykenisse

Die tema van Jesus se hele prediking is die koninkryk van God—oftewel die heerskappy of regering van

God. Wat gebeur as God regeer in mense se le-wens? Jesus antwoord daardie vraag o.a. deur gely-

kenisse te vertel. Meeste van sy gelykenisse begin

met: Die koninkryk van God is soos… As ons sy gely-kenisse lees, hoor ons Jesus se hart dat mense

sal terugkeer na God toe soos die verlore seun, dat hulle die koninkryk sal ontdek soos ‘n kosbare pêrel, dat hulle sal lewe met die

praktiese liefde van die barmhartige Samaritaan, dat hulle sal werk vir die Here met hulle min of baie talente, dat hulle gereed sal wees vir sy koms soos die tien maagde. Die gelykenisse vertel ons alles van die koninkrykslewe, alles van God se

hart—alles wat Hy van ons vra.

1.4 Hoe moet ons Jesus se gelykenisse verstaan?

Dit is belangrik om te verstaan dat ’n gelykenis basies een punt wil oordra. Ons moet net daardie punt begryp. ‘n Allegorie weer, kan op elke punt van

toepassing gemaak word, en Jesus doen dit wel af en toe. Byvoorbeeld:

#1 Die Barmhartige Samaritaan (Luk 10:29-37)

Dit is sinneloos om aparte betekenisse te soek vir die man (bv. die mens), Jerigo (die wêreld), Jerusalem (die hemel), die priester en Leviet (Ou Testament), die

Samaritaan (Christus), die donkie (die kruis), die herberg (die kerk), die herber-gier (Petrus), die geld (ons tiendes) en dan die terugkeer van die Samaritaan (die

wederkoms). Op hierdie allegoriese wyse is alle gelykenisse (en die hele Skrif) uitgelê in die tyd van die Vroeë Kerk, maar daar is mettertyd besef dat dit alles

neerkom op menslike insigte en oulike idees—dit is hoogstens interessant, maar

dra geen werklike gewig nie. Die betekenis is tog duidelik: soos die Samaritaan—so onwaarskynlik na die priester en Leviet—prakties liefgehad het, so moet ons

ook. Dit is ook al wat Jesus daarvan maak in sy gesprek met die Fariseërs.

#2 Die Saaier en die Saad (Luk 8:5-15)

Jesus maak hier self toepassings vir die saad (die Woord), die voëls (die duiwel), die klipbank (geen wortel of duursaamheid), die onkruid (geen vrug) en dan die

goeie grond. In daardie sin is die verhaal eintlik ‘n allegorie.

Vir ons doeleindes wil ons bly by die eenvoudige en duidelike, letterlike

betekenis. As ons kreatief raak met “geestelike” betekenisse is ons besig met menslike spekulasie. Waarom moet iemand nou juis MY interpretasie aanvaar?