gids tot die wet en beste praktyk vir brandveiligheid op ... · pdf fileis wat voldoen aan...
TRANSCRIPT
Gids tot die Wet en Beste Praktyk vir
Brandveiligheid op Plase in Suid-Afrika
1
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
Gids tot die Wet en Beste Praktyk vir Brandveiligheid
op Plase in Suid- Afrika
EERSTE UITGAWE 2017
UITGEGEE DEUR SUSTAINABILITY INITIATIVE OF SOUTH AFRICA NPC
UITGEGEE DEUR SUSTAINABILITY INITIATIVE OF SOUTH AFRICA.
Ons verleen graag erkenning aan die volgende wat bydraes gelewer het:
Francois Brink
Skyvines
Tel: 076 5650 153
Epos: [email protected]
Jacques Cupido
Fire Prevention & Disaster Risk Management: Drakenstein Municipality
Tel: (021) 807 4550
Epos: [email protected]
Carl Opperman
Agri Wes-Kaap
Tel: (021) 860 3800
Epos: [email protected]
ONTKENNING:
Hoewel alles moontlik gedoen is om seker te maak dat die inhoud van hierdie gids so akkuraat as moontlik is, aanvaar SIZA, die samestellers en befondsers nie verantwoordelikheid vir enige moontlike weglating nie en gee hulle nie voor of waarborg dat die inhoud, menings wat uitgespreek word en/of riglyne wat hier verskaf word sonder enige foute is of aan alle kriteria van akkuraatheid of volledigheid voldoen nie en kan hulle nie verantwoordelik gehou word vir enige waninterpretasie of optrede gebaseer op die inhoud van die inligting wat verskaf word nie.
Inhoud wat in hierdie gids verskaf word moet daarom nie dien as alternatief tot regsadvies nie. Waar u onseker is van interpretasie van enige stuk wetgewing, of as daar dubbelsinnigheid of teenstrydighede bestaan, is dit beter om regsadvies in te win of met die tersaaklike regeringsdepartement te skakel. Ons verwelkom u opmerkings omtrent die tegniese inhoud en algemene gebruiksvriendelikheid van die gids, wat van tyd tot tyd bygewerk sal word. Stuur dit asseblief aan SIZA programbestuurder by [email protected].
Geen gedeelte van hierdie gids mag sonder skriftelike verlof van SIZA gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of
meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, opname of enige ander stelsel vir bewaring of ontsluiting van inligting.
INLEIDING
Suid–Afrika het twee brandseisoene volgens reënpatrone: die droë somermaande in die Wes-Kaap en die droë wintermaande in die res van die land. Veldbrande word dikwels deur weerlig of, in bergagtige areas, deur rotsstortings veroorsaak. Die meeste word egter per ongeluk veroorsaak deur mense wat onverskillig is met oop vlamme en nie omgee vir die gevolge van hul onverskilligheid nie. Ongeveer 70% van die ekostelsels in Suid-Afrika is aangepas by brande. Hulle moet brand om hul ekologiese integriteit te behou. As gevolg van menslike aktiwiteite is dit egter nodig om brande te bestuur op ʼn manier wat gepas is vir die grondgebruik en die grondtipe, terwyl die natuurlike prosesse en patrone so ver moontlik gehandhaaf word.
Die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf het ʼn jaarlikse omset van ongeveer R30 miljard en bied werkgeleenthede aan byna 300 000 mense wie se gesinne afhanklik is van hul inkomste uit die vrugtesektor. Anders as in die meeste lande is die verskaffing van akkommodasie vir permanente en seisoenwerkers ʼn algemene verskynsel op Suid-Afrikaanse plase en dit is die verantwoordelikheid van die plaaseienaar of van die bestuur van pakhuise, koelstore of store vir chemiese stowwe ens. om te sorg vir beskerming teen brande vir mense wat op die persele leef en werk. Hierdie gids is ʼn riglyn vir brandveiligheid en is ontwikkel as ʼn nuttige hulpbron vir produsente. Dit verskaf ook ʼn omvattende kontrolelys vir brandtoerusting wat gebruik kan word. Die gids kan van die biblioteekafdeling op SIZA se webwerf www.siza.co.za afgelaai word. Ons hoop u sal hierdie hulpbron nuttig vind.
Inhoud
Afdeling 1. Riglyne vir Brandveiligheid op Plase ................................................................................................................... 2
A. Akkommodasie .............................................................................................................................................................. 3
1. Ligging ........................................................................................................................................................................ 3
2. Belangrike aspekte om te oorweeg ten opsigte van akkommodasie op plase ............................................................ 4
B. Stoorareas ..................................................................................................................................................................... 5
1. Ligging ........................................................................................................................................................................ 5
2. Algemene vereistes vir geboue ................................................................................................................................... 7
3. Belangrike aspekte om te oorweeg ten opsigte van stoorareas op plase ................................................................... 8
C. Stoor van brandbare vloeistowwe en chemiese stowwe ............................................................................................. 11
1. Ligging ...................................................................................................................................................................... 11
2. Belangrike aspekte om te oorweeg ten opsigte van die stoor van brandbare vloeistowwe ...................................... 12
3. Belangrike aspekte om te oorweeg ten opsigte van die stoor van chemiese stowwe ............................................... 14
D. Beheer van brande ...................................................................................................................................................... 16
E. Gebeurtenisse op plase ............................................................................................................................................... 17
1. Belangrike aspekte om te oorweeg wanneer ʼn geleentheid aangebied word ........................................................... 17
Afdeling 2. Bestuurstelsels .................................................................................................................................................. 18
A. Beleide, prosedures en risiko-assesserings ................................................................................................................ 19
1. Beleide ...................................................................................................................................................................... 20
1
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
2. Prosedures ............................................................................................................................................................... 21
3. Brandveiligheidbestuursplan ..................................................................................................................................... 22
4. Risiko-assessering .................................................................................................................................................... 23
B. Bestuur en personeel .................................................................................................................................................. 25
1. Aanstelling van senior bestuur .................................................................................................................................. 25
1. Aanstelling van brandbeamptes................................................................................................................................ 26
2. Personeelopleiding ................................................................................................................................................... 26
Afdeling 3. Wetlike Raamwerk ........................................................................................................................................... 27
AKSIEPLAN .................................................................................................................................................................. 28
2
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
Afdeling 1. Riglyne vir
Brandveiligheid op
Plase
1.
HIERDIE AFDELING VERSKAF RIGLYNE VIR
BRANDVEILIGHEID OP PLASE.
A. Akkommodasie
B. Stoorareas
C. Stoor van brandbare vloeistowwe en chemiese stowwe
D. Beheer van brande
E. Gebeurtenisse op plase
3
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
A. Akkommodasie
Waar akkommodasie verskaf word, is dit die verantwoordelikheid van die plaaseienaar om seker te maak dat
die mense wat daarin woon voorsien word van die nodige toerusting vir brandveiligheid.
1. Ligging
Wat sê die wet en
regulasies?
Vir alle nuwe akkommodasie wat op plase opgerig word, moet daar
bouplanne by die tersaaklike plaaslike owerheid vir goedkeuring voorgelê
word. Geen gebou mag sonder die goedkeuring van die plaaslike owerheid
op ʼn plaas opgerig word nie. Net kundige persone soos in SANS-kodes
voorgeskryf mag planne vir plaaswonings teken.
Daar moet duidelik sigbare toegangsroetes na die
woongeriewe wees vir brandbestryding en reddingspogings.
Geen gebou mag op ʼn perseel opgerig word tensy die perseel
toegang bied aan die plaaslike owerheid se brandweerdienste
vir brandbestryding en redding uit die gebou.
In gevalle waar die plaas vir sekuriteitsdoeleindes gesluit word,
moet toegang tot die akkommodasie gedurende noodgevalle
beskikbaar gemaak word. Daar moet brandbeamptes aangestel
wees wat die leiding kan neem in die geval van brand by
werkers se akkommodasie.
4
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
2. Belangrike aspekte om te oorweeg ten opsigte van akkommodasie op plase
- Brandblussers moet in hostelle en plaaswerkers se huise verskaf word soos volgens Tabel II van SANS
10400-T: 2011. (Verwys na Bylae 1.)
- Klassifikasie van geboue word gedoen volgens Tabel 2 – SANS 10400 se bouregulasies. Residensiële
akkommodasie val gewoonlik onder E3, H2, H3, H4. (Verwys na Bylae 2.)
- Akkommodasie (veral in die geval van hostelle) moet brandmure tussen eenhede vir verskillende gebruike
hê, bv. tussen woonareas en stoorareas. Brandmure moet vir minstens 30 minute stabiel en brandvas wees.
- Ruimteverhitting (kaggels) moet voldoen aan SANS 10400-T: 2011 deel V, veral ten opsigte van skoorstene
wat minstens 1m hoër as die daklyn moet wees.
- Waar 25 of meer mense in een vertrek gehuisves word, moet ʼn alternatiewe ontsnaproete verskaf word.
- Slaapsale of hostelle moet ʼn alarmstelsel hê waarvan almal bewus is.
- Slaapsale of hostelle moet toegerus wees met brandbestrydingstoerusting, aanwysings, uitgangsdeure en
noodontruimingsplanne.
- Gastoestelle moet in goeie werkende toestand wees.
- Stoorplek vir gas moet veilig wees en voldoen aan vereistes volgens SANS 10087-1:2008.
- Die aantal gasbottels wat per gebou toegelaat word, moet gereguleer wees.
- Ontruimingsprosedures moet aan alle werkers wat in die plaas se akkommodasie woon gekommunikeer
word.
5
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
B. Stoorareas
Waar daar enige stoorareas op die plaas gebruik word, bv. pakhuise, koelstore, store vir chemiese stowwe
ens., is dit die verantwoordelikheid van die plaaseienaar om seker te maak dat veiligheidsriglyne gevolg word
sodat brande in noodgevalle bestry kan word.
1. Ligging Wat sê die wet en
regulasies?
Vir alle nuwe stoorareas en pakhuise wat op plaase opgerig word, moet die
bouplanne aan die tersaaklike plaaslike owerhede vir goedkeuring voorgelê
word. Geen gebou mag sonder die goedkeuring van die plaaslike owerheid
op ʼn plaas opgerig word nie. Net kundige persone soos in SANS-kodes
voorgeskryf mag planne vir plaasgeboue, insluitende wonings en
stoorgeriewe, teken. Daar moet bewoningsertifikate vir sulke geboue
beskikbaar wees.
Geen gebou mag op ʼn perseel opgerig word tensy daar
toegang verskaf word aan plaaslike owerhede se
brandweerdienste vir die doel om brande te bestry en
mense uit geboue te red nie. In gevalle waar die plaas
vir veiligheidsdoeleindes gesluit word, moet toegang
tot stoorareas beskikbaar gemaak word in noodgevalle.
6
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
Nood- en
ontruimingsprosedures
moet aan al die werkers
gekommunikeer word.
7
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
2. Algemene vereistes vir geboue
Enige gebou moet op so ʼn wyse ontwerp, opgerig en toegerus word dat in die geval van ʼn brand:
a. die beskerming van inwoners of gebruikers, insluitende persone met gestremdhede, daarin verseker is
en dat daar voorsiening gemaak is vir die veilige ontruiming van sodanige inwoners of gebruikers;
b. die verspreiding en intensiteit van ʼn brand in ʼn gebou en die verspreiding van ʼn brand na ander geboue
so min as moontlik sal wees;
c. voldoende stabiliteit behou sal word om te verseker die gebou nie ander geboue in gevaar sal stel nie en
dat, in die geval van ʼn gebou met verskillende verdiepings, daar nie ernstige skade aan die struktuur sal
voorkom nie;
d. die ontstaan en verspreiding van rook so min as moontlik sal wees of so veel as redelik moontlik beheer
sal wees en
e. voldoende toegang en toerusting vir die opsporing, bestryding, beheer en blus van brande verskaf word.
8
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
3. Belangrike aspekte om te oorweeg ten opsigte van stoorareas op plase
- Brandblussers moet in alle stoorareas voorsien word, insluitende in werkswinkels, store vir chemiese
stowwe, pakhuise, trekkerstore ens. soos volgens Tabel II van SANS 10400-T: 2011. (Verwys na Bylae 1.)
- Klassifikasie van geboue word gedoen volgens Tabel 2 – SANS 10400 se
bouregulasies. Stoorareas word geklassifiseer van met lae risiko tot hoë
risiko: Klasse J1-J4. (Verwys na Bylae 2.)
- Alle brandbestrydingstoerusting en ontsnaproetes moet moet duidelik
gemerk wees.
o Aanwysings kan intern of ekstern of fotoverligtend wees.
o As daar minder as 25 mense in die gebou is, is aanwysings nie nodig nie.
- As die stoorarea ook deur mense benut word, bv. kantoorruimte in ʼn pakhuis, moet die brandweerstand van
die skeidingselemente minstens 120 minute vir stoorareas met lae risiko (klas J1)
wees.
- In gevalle waar outomatiese sprinkelaars beskikbaar is en volgens SANS10287 deur
vaardige persone in stand gehou word, is die skeidingselement nie nodig nie.
- Deure wat as branddeure geklassifiseer is, moet voldoen aan die
brandweerstandklassifikasie soos in Bylae 3.
9
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
- ONTSNAPROETES
o Alle geboue, insluitende stoorareas, moet een of meer ontsnaproetes hê wat gebruik kan word in die
geval van ʼn brand of ander noodgevalle. Twee belangrike aspekte waaraan die roete moet voldoen
is:
a. dit moet orals wyd genoeg wees dat die mense vinnig daardeur kan beweeg, en
b. dit moet geen versperrings hê nie.
o Om te bepaal wat nodig is ten opsigte van ontsnaproetes, moet die roete se afstand van die verste
punt van die area gemeet word.
As die afstand minder as 45m is, is geen ontsnaproete nodig nie.
As die afstand meer as 45m is, moet daar twee of meer ontsnaproetes so ver as
moontlik van mekaar af wees.
As ʼn gebou deur meer as 25 persone gebruik word en die afstand van die ontsnaproete
meer as 35m is, moet daar nog ʼn ontsnaproete wees.
o Die afstand na ʼn ontsnaproete mag nie meer as 45m wees nie, behalwe as daar ʼn sprinkelaarstelsel
is wat voldoen aan SANS 10287 en daarvolgens deur vaardige persone in stand gehou word. Die
ontsnaproete mag nie meer as 60m lank wees nie.
o Die wydte van die ontsnaproete moet bepaal word volgens die aantal mense in die area. (Verwys na
Bylae 4.)
o Die laaste deel van die ontsnaproete moet op grondvlak direk in ʼn ruimte in die buitelug eindig.
10
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
o Daar mag geen versperring in ʼn ontsnaproete wees nie.
o ʼn Deur of blad van ʼn deur mag nie meer as 100mm in die wydte van die ontsnaproete uitsteek nie.
- NOODUITGANGDEURE
o Waar daar meer as 25 mense in ʼn vertrek is, mag die opening van ʼn uitgangsdeur nie minder as
750mm wees nie. Waar daar twee of meer deure nodig is, moet hulle so ver as moontlik van mekaar
af wees.
o Die uitgangsdeure moet oopmaak in die rigting van die beweging met die ontsnaproete langs.
o Die wydte van ʼn ontsnaproete, insluitende die uitgangsdeure, mag nie vernou in die rigting van die
ontsnapbeweging nie. (Verwys na Bylae 4.)
o Daar word aanbeveel dat die wydte van ʼn deur in werkareas met baie
mense in minstens soos die wydte van ʼn dubbeldeur moet wees.
- Noodbeligting moet verskaf word soos volgens die vereistes van SANS 10114-2.
- Alle stoorareas wat deur mense gebruik word en wat hoër as 30m hoog is of wat
verdiepings met ʼn vloeroppervlak van meer as 5000m2 het, moet toegerus wees
met ʼn brandopsporingstoestel van kategorie M en kategorie L soos gestipuleer
in SANS 10400-T.
11
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
C. Stoor van brandbare vloeistowwe en chemiese stowwe
Stoorareas vir brandbare vloeistowwe en chemiese stowwe is areas met hoë risiko op plase. Regulasies moet
in aanmerking geneem wrd wanneer die risiko in verband met die stoor van brandbare vloeistowwe en
chemiese stowwe, bv. diesel, bestuur word.
1. Ligging
Wat sê die wet en
regulasies?
Dit is belangrik dat die
ligging van stoorareas
nie ʼn bedreiging vir
natuurlike hulpbronne
soos damme, riviere of
moerasse inhou nie. Die
geboue moet deur die plaaslike owerhede goedgekeur word.
Alle stoorareas moet te alle tye toegang bied vir brandweerdienste.
SANS10206 moet in aanmerking geneem word wanneer brandbare
vloeistowwe en chemiese stowwe gestoor word.
12
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
2. Belangrike aspekte om te oorweeg ten opsigte van die stoor van brandbare vloeistowwe
- Stoorareas moet duidelik aangedui word.
- Brandbestrydingstoerusting moet in verhouding met die hoeveelheid vloeistof wat gestoor word
beskikbaar wees.
- Daar mag nie van werkers verwag word en hulle mag nie toegelaat word om sonder die nodige opleiding
en beskermingstoerusting in stoorareas vir brandbare vloeistowwe te werk nie.
- Waar brandbare vloeistof in ʼn gebou gestoor word, moet die werkgewer seker maak dat die stoorarea
toegerus is met doeltreffende inname- en uitlaatventilasie om enige dampe te verwyder en om
hersirkulasie wat die werkplek kan besmet te voorkom.
- Waar brandbare vloeistof in ʼn vertrek gestoor word, moet die werkgewer seker maak dat elke sodanige
vertrek:
o met ʼn vloeroppervlak van meer as 202 meter minstens twee afsonderlike ingange aan
teenoorgestelde kante van die vertrek het wat elkeen toegerus is met ʼn deur wat na buite
oopmaak en
o toegerus is met ʼn inspeksievenster van versterkte glas.
- Geen oop vure word naby of by die stoorplek toegelaat nie.
- Daar mag nie gerook word in enige plek waar brandbare vloeistowwe gestoor word nie.
13
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
- Elke stoorplek vir brandbare vloeistowwe moet:
o afgeskei word deur brandbestande materiaal met ʼn
brandweerstand van 120 minute;
o gebou wees van brandbestande materiaal met ʼn brandweerstand
van twee ure;
o op so ʼn manier gebou wees dat in die geval van ʼn storting, ʼn
volume van die betrokke brandbare vloeistof gelyk aan die
hoeveelheid brandbare vloeistof wat gewoonlik gestoor word plus
tien persent van daardie hoeveelheid bevat kan word;
o op so ʼn manier na die buitelug geventileer word dat dampe nie in die stoor kan versamel nie; en
o duidelik gemerk wees met ʼn teken wat aandui dat dit so ʼn stoor is en heveel brandbare vloeistof daarin
gestoor mag word.
- Daar moet standaardbedryfsprosedures wees vir die gebruik en stoor van brandbare vloeistowwe.
14
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
3. Belangrike aspekte om te oorweeg ten opsigte van die stoor van chemiese stowwe
- In die geval van chemiese stowwe moet die volgende oorweeg word wanneer daar op ʼn ligging vir ʼn
stoor besluit word:
o Dit moet bo die 50-jaarvloedlyn wees, verkieslik bo die 100-jaarvloedlyn.
o Dit moet buite bereik van rotsstortings, vallende bome en veldbrande
wees.
o Dit moet verkieslik in ʼn afsonderlike gebou wees, minstens 10m van die
huis, stalle en store vir voer, brandstof en brandbare stowwe af.
o As dit deel van ʼn kompleks is, moet die stoor heeltemal van die res van
die kompleks afgesonder wees, d.w.s. daar mag geen vrye beweging
van lug tussen die stoorarea en die res van die gebou wees nie.
o Daar met ʼn goedgekeurde brandmuur (RF 30) wees as daar brandbare
produkte gestoor word.
o Dit moet weg wees van riviere, damme, boorgate en areas wat dalk oorvloei kan word. Oorloop en
oorvloeiing mag nie waterbronne, oeste of weidvelde besmet nie.
o Dit moet geleë wees waar daar toesig daaroor gehou kan word.
o Daar moet maklike toegang vir aflewering of versending wees.
o Daar moet maklike toegang vir brandbestryding wees en plantegroei binne 5m van die gebou af moet
verwyder word.
- Die mure, dak en vloer moet van nie-ontvlambare stowwe wees wat ondeurdringbaar is.
- In areas waar dit nodig is, moet die stoor teen weerlig beskerm wees.
15
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
- Daar mag elektriese installasies binne die stoorkamer wees, maar dit moet voldoen aan SANS10108 se
regulasies en daar moet bewyse wees van installasie deur ʼn gekwalifiseerde elektrisiën.
- Aanwysings by die ingang moet minstens die volgende aandui: Rook Verbode; Oop Vlamme Verbode; Vure
Verbode; Posisie en soorte brandverwante toerusting (aanwysings moet minstens 290 x 290mm wees).
- Standaardbedryfsprosedures moet minstens die volgende insluit:
o Noodtelefoonnommers moet by die naaste telefoon beskikbaar wees: naaste gifsentrum, dokter, hospitaal,
brandweer en ambulansdiens.
o Verantwoordelike personeel moet onmiddellike toegang tot ʼn telefoon en noodnommers hê, selfs in die
afwesigheid van die werkgewer.
o Minstens een plaaswerker moet in basiese noodhulp opgelei wees. Inligting oor tersaaklike
noodhulpprosedures vir al die plaagdoders in die stoor moet op ʼn prominente plek beskikbaar wees.
o ʼn Noodprosedure wat duidelik uiteensit watter stappe in ʼn noodgeval gedoen moet word, moet in die stoor
beskikbaar wees en verantwoordelike personeel moet daarmee bekend wees.
- Brandbestrydingstoerusting:
o Draagbare brandblussers (koolstofdioksied, droë chemiese of skuimtipe) van minstens 9 kg of 9l moet
beskikbaar wees.
o Verhouding: 1 brandblusser vir elke 100m² stoorarea, tensy meer deur die plaaslike brandowerhede nodig
geag word.
o Brandslang buite die stoor gemonteer en verbind met watertoevoer.
o Vir store word ʼn groter 9m3 sprinkelstelsel aanbeveel.
o Brandblussers moet jaarliks deur ʼn geregistreerde persoon ondersoek en in stand gehou word (SANS 10105-
1, SANS 10105-2, SANS 1475-1, SANS 1475-2).
16
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
D. Beheer van brande
Sekere boerderypraktyke vereis gereelde beheerde brande. In gevalle waar beheerde brande nodig is, moet die
volgende oorweeg word:
- Goedkeuring vir ʼn beheerde brand moet van die plaaslike owerheid verkry
word.
- Dit is goeie praktyk om die bure in te lig omtrent die voorneme om ʼn
beheerde brand te hê.
- Dit is goeie praktyk om voorbrande te maak voor ʼn brand, veral as
wonings deur veld of beboste areas omring word.
- Provinsiale wetgewing bepaal dat daar geen beheerde brande gedurende
die brandseisoen toegelaat mag word nie. Skakel met u plaaslike owerheid
om uit te vind wanneer die brandseisoen begin en eindig.
- Beheerde brande moet net vir boerderydoeleindes aangewend word, bv.
die brand van plantemateriaal. Geen afval mag verbrand word nie. As daar geen alternatief beskikbaar ie nie,
moet daar ten minste ʼn aangewese area wees wat afgesper en duidelik gemerk is.
- Daar moet voldoende brandbestrydingshulpbronne op die plaas wees, bv. ʼn pomp met ʼn houer water met ʼn
kapasiteit van ten minste 600l.
- Permanente werkers moet as ʼn algemene praktyk in brandbestryding opgelei word. Daar word aanbeveel dat
werkers wat met die beheerde brand moet help formeel deur bekwame persone opgelei word.
17
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
E. Gebeurtenisse op plase
Dit is belangrik om daarop te let dat daar vir alle plase waar gebeurtenisse aangebied word ʼn Wet op Veiligheid
by Sport- en Ontspanningsgeleenthede, Wet 2 van 2010 bestaan. Plase wat as deel van hul
besigheidsaktiwiteite geleenthede soos funksies, konferensies, vertonings, uitstallings ens. aanbied, moet die
bepalings van hierdie wet nakom.
1. Belangrike aspekte om te oorweeg wanneer ʼn geleentheid aangebied word
- Elke besigheidseienaar, beheerliggaam of geleentheidsorganiseerder moet maatreëls daarstel soos
voorgeskryf word om die veiligheid en sekuriteit van mense en hul eiendom tydens ʼn geleentheid te
beskerm.
- ʼn Veiligheidsplan moet vir elke geleentheid beskikbaar wees en moet ten opsigte van brandveiligheid die
volgende insluit:
o gebeurtenisrisiko-assessering;
o proaktiewe en reaktiewe brandmaatreëls;
o toegangsbeheer en
o noodontruimingsprosedures met besonderhede van stappe wat deur aangewese persone gedoen
moet word in die geval van ʼn voorval.
- Enigiemand wat ʼn geleentheid organiseer of aanbied moet om toestemming aansoek doen by die SAPD
en die betrokke owerheid om dit te mag doen.
18
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
Afdeling 2.
Bestuurstelsels
2
19
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
A. Beleide, prosedures en risiko-assesserings
ʼn Bestuurstelsel is die raamwerk van prosesse en prosedures wat gebruik word om te verseker dat ʼn
organisasie al die take wat nodig is om sy
doelwitte te bereik uitvoer.
Brandveiligheid is deel van u bestuurstelsel
vir die gesondheid en veiligheid in u
besigheid.
HIERDIE AFDELING KYK NA
DIE BESTUURSTELSELS WAT
NODIG IS OM
BRANDVEILIGHEID OP PLASE
DOELTREFFEND TE BESTUUR A. Beleide, prosedures en risiko-
assesserings
B. Bestuur en personeel
20
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
1. Beleide
Daar moet ʼn gedokumenteerde beleid ten opsigte van gesondheid en veiligheid
wees wat bevestig dat die senior bestuur sal verseker dat die werkomgewing
en –geriewe wat as deel van die werkplek verskaf word (insluitende
woongeriewe), veilig en higiënies is en alle gepaste maatreëls sal tref om
ongelukke en beserings in die werkplek te voorkom. Brandveiligheid is integraal
deel van enige gesondheid- en veiligheidsbestuurstelsel.
Die beleid ten opsigte van gesondheid en veiligheid moet:
o gedokumenteer wees;
o deur senior bestuur goedgekeur wees;
o toeganklik wees vir bestuur en werknemers;
o aan permanente en tydelike werknemers gekommunikeer word en
o gereeld hersien word (minstens jaarliks).
Gesondheid- en veiligheidsbeleide is noodsaaklik vir enige besigheid om seker te maak dat die veiligheid van
werknemers behoorlik bestuur word en dat beide bestuur en werknemers bewus is van hul
verantwoordelikhede en die wetlike vereistes.
Wanneer ʼn gesondheid- en veiligheidsbeleid vir plase ontwikkel word, moet daar ook aandag aan
brandveiligheid gegee word.
21
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
2. Prosedures
Prosedures bepaal die prosesse wat nodig is om sekere funksies te vervul.
Wanneer prosedures vir die werkplek ontwikkel word, moet daar vir alle take
aandag gegee word aan brandveiligheidsprosedures. Daar moet spesiale
aandag gegee word aan prosesse met hoë risiko, soos die hantering van
chemiese stowwe, brandbare vloeistowwe en beheerde brande. In die geval
van akkommodasie wat vir werkers verskaf word, moet
brandveiligheidsprosedures aangepas word om akkommodasie in te sluit.
22
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
In die geval van die stoor van chemiese stowwe en brandbare vloeistowwe moet prosedures die risiko’s in aanmerking neem.
Die volgende prosedures in u bestuurstelsel is belangrik in die
geval van brandnoodgevalle:
o Brandprosedure
o Noodontruimingsprosedure
o Bomgevaarprosedure
o Burgerlike of arbeidsonrusprosedure
o Kriminele-aktiwiteitsprosedure – wat om te doen in die geval van roof, gyselaarsituasies ens.
Alle prosedures moet gereeld aan die werkers gekommunikeer word (minstens jaarliks).
Enige standaardbedryfsprosedure moet die volgende insluit:
o HOE en WANNEER om alarm te maak.
o HOE en WIE om beheer te neem.
o WAT om te doen en WANNEER om die risiko of bedreiging te bepaal of te verminder.
o WIE moet seker maak almal is op ʼn veilige plek en WAAR sulke plekke of versamelplekke is.
3. Brandveiligheidbestuursplan
Daar moet ʼn spesifieke brandveiligheidsplan in plek wees wat die opleiding van brandbeamptes, periodieke
toetsing, beskikbaarheid en monitering van brandveiligheidstoerusting en periodieke oefeninge insluit. Dit kan
die opleiding van ʼn brandbeampte (in die geval van ʼn klein perseel) of ʼn brandspan (vir groter persele) insluit.
[Year]
23
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
Brandoefeninge moet van tyd tot tyd gehou word om bewustheid te bevorder en om seker te maak mense kan
reageer as daar ʼn noodgeval is. Teken die datums van die oefeninge op. As daar ʼn werklike noodgeval is, sal
dit u help demonstreer dat alle redelike moontlike voorsorg getref is om die risiko te verminder.
4. Risiko-assessering
ʼn Risiko-assessering is die identifisering, evaluering en skatting van die vlak van risiko betrokke by ʼn situasie, die vergelyking daarvan met standaarde en die bepaling van ʼn aanvaarbare vlak van risiko.
Ten opsigte van veiligheid moet alle werkplekke, insluitende akkommodasie en stoorareas soos pakhuise en
stoorareas vir chemiese stowwe en brandbare vloeistowwe, geëvalueer word vir hul risiko ten opsigte van
brande. Dit moet by die risiko-assessering ingesluit word.
Vinnige 5-stapgids vir die bepaling van risiko’s ten opsigte van brande in die werkplek.
24
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
• Wat kan die oorsaak van ʼn brand wees, bv. oop vlamme, verwarmers?
• Identifiseer moontlike voorraad suurstof, bv. opgehoopte afval en gestoorde goedere.
Stap 1.
Identifiseer die gevaar.
• Wie kan beseer word of wat kan beskadig word deur ʼn brand?
• Oorweeg mense met spesiale behoeftes soos hanteerders van gevaarlike chemiese stowwe, besoekers en kontrakwerkers.
Stap 2.
Besluit wie of wat in gevaar is en hoe.
• Besluit watter uitwerking die gevaar op mense of geboue sal hê en beoordeel dit, bv. medium of hoë risiko. Neem ernstigheid en waarskynlikheid in aanmerking.
• Probeer om die risiko te verminder met minder gevaarlike prosesse of produkte.
Stap 3.
Evalueer die risiko en besluit op die voorsorg.
• Dokumenteer alle bevindings en lys voorsorgmaatreëls wat getref is om die risiko te verminder.
• Ontwikkel noodplanne.
• Lig alle werkers in.
Stap 4.
Teken u bevindings
op en implementeer voorsorgmaatreëls.
• Risiko-assessering moet hersien word om te verseker alle brandgevare word steeds gedek deur die risiko-assessering.Stap 5.
Hersien u assessering en werk dit jaarliks by.
25
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
B. Bestuur en personeel
1. Aanstelling van senior bestuur
Volgens die vereistes van die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid, artikel 16.1, moet ʼn senior bestuurder
skriftelik aangestel word.
Die pligte van die persoon is om algemene verantwoordelikheid te aanvaar om te verseker dat die werkplek
veilig is. Dit sluit brandveiligheid in.
Die verantwoordelikheid ten opsigte van brandveiligheid sluit die volgende in:
o Voer ʼn brandrisiko-assessering uit en identifiseer moontlike gevare en risiko’s.
o Tref algemene voorsorg teen brande.
o Brandveiligheidsreëlings, brandveiligheidsbeleid en -prosedures.
o Oorweeg persone met spesiale behoeftes soos jong mense, mense met gestremdhede en mense wat
met gevaarlike stowwe en brandbare vloeistowwe werk.
o Verskaf ʼn gepaste oplossing om mense te waarsku, soos ʼn brandopsporingstelsel en ʼn brandalarm.
o Elimineer of verminder brandgevaar.
o Voorsien voldoende maniere om te ontsnap..
o Verskaf betroubare brandbestrydingstoerusting.
o Hersien alle prosesse en prosedures gereeld.
26
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
1. Aanstelling van brandbeamptes
Daar word aanbeveel dat brandbeamptes aangestel word om verantwoordelikheid te neem in geval van
brande. Daar moet aandag gegee word aan alle areas wat as hoërisiko-areas ten opsigte van brandveiligheid
geïdentifiseer is, veral werkers se akkommodasie, pakhuise en stoorareas vir chemiese stowwe en brandbare
vloeistowwe.
Die brandbeamptes moet die span saam met die bestuur lei gedurende ontruiming of brandnoodgevalle.
2. Personeelopleiding
Brandbeamptes moet opleiding ontvang van bekwame persone volgens SANS 102872 of enige ander SABS-
geakkrediteerde opleidingsdiensverskaffer.
Alle ander werknemers moet opgelei word in alle brandnoodprosedures, insluitende nood- en
ontruimingsprosedures vir behuising en stoorareas.
27
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
Afdeling 3. Wetlike
Raamwerk
3.
DAAR IS VERSKEIE WETTE EN REGULASIES
WAT VERSKILLENDE ASPEKTE VAN
BRANDVEILIGHEID OP PLASE REGULEER.
VAN BESONDERE BELANG VIR DIE DOEL
VAN HIERDIE GIDS IS DIE SUID-AFRIKAANSE
NASIONALE BOUREGULASIES WAT DIE
KONSTRUKSIE VAN NUWE GEBOUE EN
VERANDERINGE AAN OU GEBOUE
REGULEER. DELE VAN DIE REGULASIES
VERSKAF DIE MEESTE LEIDING.
28
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
Die wetlike aspekte van hierdie gids is van die volgende wette en standaarde verkry:
• Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid (Wet 95 van 1993);
• Algemene Veiligheidsregulasies 1031 (1993);
• Algemene Administratiewe Regulasies 929;
• Sektorale Bepaling: 13 Plaaswerkersektor (2009);
• South African National Standards: The application of the National Building Regulations – Part T: Fire Protection (SANS
10400-T);
• South African National Standards: The handling, storage and disposal of pesticides (SANS 10206:2010);
• South African National Standards: Automatic sprinkler installations for firefighting purposes (SANS 10287);
• South African National Standards: The handling, storage, distribution and maintenance of liquefied petroleum gas in
domestic, commercial, and industrial installations Part 1 (SANS 10087-1:2008) en
• Wet op Nasionale Bouregulasies en Boustandaarde (Wet 103 van 1977).
AKSIEPLAN Riglyne vir die
assessering van
voldoening ten
opsigte van
BRANDVEILIGHEID
BINNE DIE
WETLIKE
RAAMWERK
- Voer ʼn selfassessering gebaseer op die riglyne wat verskaf is uit.
- Gebruik die resultate van die selfassessering om areas te identifiseer
waar verbetering nodig is.
- Stel ʼn verbeteringsplan op – stel duidelike doelwitte en teikens.
Spesifiek, Meetbaar, Haalbaar, Relevant en Tydgebonde
- (‘SMART – Specific, Measurable, Attainable, Relevant and Time-
bound’)
- Dokumenteer die verbeteringsplan.
29
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
Bylae 1
30
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
Bylae 2
31
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
Bylae 3
32
GIDS TOT DIE WET EN BESTE PRAKTYK VIR BRANDVEILIGHEID OP PLASE IN SUID-AFRIKA
Bylae 4