families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · danie mouton is ‘n predikant in port elizabeth wat...

16
13/4 NOVEMBER 2013 Uitgegee deur Bybel-Media (in vennootskap met GDN) GDN Families en jeug Die welstand van die Suid-Afrikaanse familie 4 Changing the face of early childhood development in South Africa 6 Huisgeloof laat ons anders dink oor kategese 8 Immergroen Ouerskap vir immergroen gemeentes 12 #Imagine ’n SA jeug brandend vir Christus 14 Kerk voeg waarde by die onderwys en gemeenskap 16

Upload: others

Post on 20-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

13/4NOVEMBER 2013

Uitgegee deur Bybel-Media(in vennootskap met GDN)

GDN

Families en jeug

•DiewelstandvandieSuid-Afrikaansefamilie 4

•ChangingthefaceofearlychildhooddevelopmentinSouthAfrica 6

•Huisgelooflaatonsandersdinkoorkategese 8

• ImmergroenOuerskapvirimmergroengemeentes 12

•#Imagine’nSAjeugbrandendvirChristus 14

•Kerkvoegwaardebydieonderwysengemeenskap 16

Page 2: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

B O E K B E K E N D S T E L L I N G

Vir meer inligting en produkte, besoek ons e-winkel by www.bybelmedia.co.zaDeeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIADirekte bestellings: [email protected]• Geen posgeld betaalbaar nie.

Bybel-Media – jou vennoot in geloof en bediening.

‘Wat besiel ’n godsdiensfilosoof om hom as nie-historikus aan die kerkgeskiedenis in Suid-Afrika te waag?”

Dit is die vraag wat die bekende Suid-Afrikaans-gebore Nederlandse teoloog, Vincent Brümmer, in die voorwoord tot hierdie besonderse boek van hom vra.

“Ek dink dat wat ek in hierdie boek doen, méér intellektuele geskiedenis is as kerkgeskiedenis. As godsdiensfilosoof, analiseer ek die teologiese debatte van die tyd. Dit het my opgeval dat die kerkhistorici dit oor die algemeen nie doen nie.” Só antwoord Brümmer sy eie vraag.

Nico Koopman, dekaan van die Teologiese Fakulteit aan die Universiteit Stellenbosch (US), Direkteur van die Beyers Naude-Sentrum vir Publieke Teologie en professor in Sistematiese Teologie aan die US, sê: “Vincent Brümmer se boek is ’n geskenk aan gereformeerde en ander kerke in Suid-Afrika. Dit is ook ’n geskenk aan die teologiebeoefening in ons land.”

Brümmer ontleed twee strominge wat soos ’n goue draad deur die geskiedenis van die teologie van die NG Kerk (en ander gereformeerde kerke) in Suid-Afrika en Nederland geloop het: vroomheid en regsinnigheid.

Vroomheid het te doen met die belewing van ’n mistieke verhouding met die Here. Regsinnigheid is vroomheid van die hart. God wil nie verstaan word nie, maar bemin word.

Die ander stroom fokus eerder op regsinnigheid en beklemtoon daarmee die kerklike belydenisskrifte. Geloof is veral ’n intellektuele saak.

Brümmer lig veral Andrew Murray, John Murray en Nicolaas Hofmeyr uit as verteenwoordigers van die eerste stroom. Hulle het die fokus op vroomheid en die belewing van ’n intieme, mistieke verhouding met die Here geplaas.

Andrew Murray beklemtoon veral die verhouding van liefde met Christus. Nicolaas Hofmeyr benadruk Christene se kindskap van God. Vir hierdie sogenaamde mistici is geloof ’n saak van die hart, gevoel en belewing. Ware regsinnigheid, is vroomheid van lewe. Dit is regsinnigheid van die hart.

Die ander stroom, die stroom van regsinnigheid, die stroom van die sogenaamde konfessionaliste, beklemtoon die kerklike belydenisskrifte.

Geloof is veral ’n intellektuele saak. Abraham Kuyper was die prominentste verteenwoordiger van hierdie denkrigting. Hy het ’n beduidende invloed op die Suid-Afrikaanse gereformeerde teologiese toneel uitgeoefen.

Albei hierdie strominge probeer om ’n antwoord te bied op die uitdagings wat die sogenaamde modernistiese teologieë gestel het.

Hierdie modernistiese strominge in die teologie wou die uitdagings van die Verligtingsdenke die hoof bied. Hulle het dit egter op só ’n wyse gedoen dat hulle aan die persoonlike verhouding met die lewende God sowel as die konfessie van die kerk afgeknaag het.

Nie almal het met harde, rigiede grense óf as mistici óf as konfessionaliste gefunksioneer nie. Brümmer is egter nie verkeerd nie as hy redeneer dat die meeste van hierdie figure tóg wel prominenter na een van hierdie twee rigtings oorgehel het.

Brümmer wys daarop hoedat Herman Bavinck probeer het om hierdie spanning op ’n vreedsame wyse te hanteer. Hy het op persoonlike en teologiese vlak met albei strominge probeer identifiseer. Hy wou ’n brugfunksie vervul. Verteenwoordigers van albei strominge het egter sy gedagtes van die hand gewys.

Brümmer se boek identifiseer temas van hierdie his toriese periode wat vandag in die brandpunt van die Chris te like dogmatiek, etiek, polemiek en apologetiek staan.

Weer eens Nico Koopman: “(Brümmer se) boek mag dalk ook tot ’n hernude waardering van latere teologiese arbeid aan die Fakulteit Teologie lei, veral van die werk van Willie Jonker.”

Vroom of regsinnig? berus op oorspronklike navorsing. Oorspronklike bronne is nagegaan, nie bloot sekondêre geskrifte wat reeds die tema behandel het nie. Dié bronne word in detail geanaliseer en in voetnote gedokumenteer. Hoewel die genre so populêr as moontlik is sodat die argument ook vir gewone lesers toeganklik is, bestaan daar geen twyfel daaroor dat dit oorspronklike, verantwoordelike en gedetailleerde navorsing is nie.

Dirkie Smit, professor in Sistematiese Teologie, Universiteit Stellenbosch, sê: “... die tema (is) nog nie voorheen só behandel nie. Hierdie manuskrip staan duidelik eerder in die tradisie van intellectual history as van kerkgeskiedenis.

“Die outeur is nie primêr geïnteresseer in datums en gebeure nie, maar in die intellektuele strome, invloede, gesprekke, debatte en konflikte ágter die datums en die gebeure.”

Hiermee stem prof Conrad Wethmar, emeritusprofessor: Dogmatiek en Christelike Etiek, Universiteit Pretoria, heelhartig saam: “Vroom of regsinnig is sekerlik ’n aanwins vir teologiese, geestelike en kerkhistoriese literatuur in Afrikaans – en hopelik ook interessante leesstof vir baie geïnteresseerde lesers. Die skrywer bewys ons ’n guns met sy deeglike navorsing, indringende analises en passievolle betrokkenheid.”

Vroom of regsinnig? lewer ’n belangrike bydrae om die hedendaagse leser daaraan te herinner dat heelwat van die godsdienstige en teologiese probleme wat vandag as aktueel ervaar word, reeds 150 jaar gelede aan die orde van die dag was. Kennisname van die wyse waarop die probleme destyds hanteer is, kan ’n wesenlike rol speel om die hervormingsproses wat tans aan die gang is, op ’n verantwoorde manier te laat verloop.l Hierdie boek kwalifiseer vir VBO-punte.– Pieter Fourie

Vroom of Regsinnig?Prys: R150.00e-boek: R105 Vincent BrümmerUitgewer: Bybel-Media

Page 3: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

KRuISGEwyS November 2013

Va N D I E a R T I K E L R E D a K T E u R

3

Plant bome vir ons families en jongmense

Daar is groeiende wanhoop by baie mense oor die krake wat al hoe wyer in ons samelewing

oopskeur.Ons sien dit nie net in die verhale van

korrupsie en verval op nasionale vlak wat veral in die infrastruktuur, onderwys en gesondheidsisteme sigbaar is nie, maar ook in die onrusbarende toestande wat op plaaslike gemeenskapsvlak heers, méér spesifiek op die gebied van gesinne en families.

Disfunksionaliteit, armoedesiklusse, immoraliteit, middelafhanklikheid en opstande is maar net ’n paar van dié probleme. Om jongmense in sulke omstandighede met ’n droom vir die toekoms groot te maak, is voorwaar ’n uitdaging!

Die storie van Wangari Maathai (met dank aan www.seisoenvanluister.co.za) inspireer my egter in dié verband, veral omdat Kenia dié afgelope tyd so in die nuus was.

Toe Wangari in Kenia grootgeword het, was dit ’n pragtige, groen land. Nadat sy jare lank weg was en weer teruggekeer het, was sy geskok om te sien hoe die land verander het. Al die bome was uitgekap en die land was vaal en droog. Vroue moes ver loop om hout vir hulle vure te kry. Erosie het die grond al meer weggespoel.

Wangari het besluit om bome te begin plant. In 1977 het sy nege boompies in haar agterplaas geplant en van die plaaslike vroue gekry om óók bome

Chris van Wyk is artikel-redakteur van dié uitgawe.

te begin plant. Toe sy in 2004 die eerste vrou uit Afrika geword het wat ’n Nobelprys vir Vrede kry, het haar beweging al 30 miljoen bome geplant, was daar 6 000 kwekerye in Kenia, is 80 000 mense se inkomste verbeter en het die beweging oor 30 lande in Afrika heen versprei!

Die bekende gesegde sê ’n mens moet bome plant asof jy vir ewig gaan lewe. Dit beteken jy moet nooit ophou bome plant nie. Jy verryk jou eie lewe, en jy bevestig die hoop op God se trou. Die komende geslagte gaan die vrug van jou visie en hoop pluk en God vir jou dank.

My gebed is dat iets van hierdie gesindheid ons harte en lewe sal aan-gryp. Dat dit ons sal inspireer om – by wyse van spreke – bome in ons gemeenskappe te begin plant.

In hierdie uitgawe van Kruisgewys fokus ons op die “bome” – met apologie aan Hettie Britzz! – wat ons in terme van ons families en jongmense kan plant.Danie Mouton skets in Die welstand van die Suid-Afrikaanse familie ’n onrusbarende prentjie van die krisis waarin Suid-Afrikaanse families hulle bevind. Die gemiddelde kind word deur sy moeder in ’n enkel-ouerhuishouding opgevoed. Die meeste kinders leef in huishoudings waar die volwassenes werkloos is. Hy brei uit oor ’n aantal diverse en komplekse oorsake van dié situasie, maar wys ook uit hoe verskillende sektore in die samelewing ’n krities-belangrike verantwoordelikheid het om ’n verandering te bewerkstellig.Lauren Stretch gee in Changing the face of Early Childhood Development in South Africa haar perspektief op wat gemeenskappe kan doen om die armoedesiklus waarin baie families in Suid-Afrika hulle bevind, te deurbreek. As besturende direkteur van Early Inspiration, werk sy met ’n visie vir voorskoolse intervensies via voeding en opvoeding in kinders se lewe ten einde ’n langtermyn impak op die heelheid van families te hê.

Johan Avenant stel in Huisgeloof help ons anders dink oor kategese voor dat die kerk ’n kopskuif moet maak, weg van ’n kerkgesentreerde en huisondersteunende sisteem na ’n huisgesentreerde en kerk-ondersteunende sisteem. Nie net sal dit geloofsoordrag eksponensieel bevorder nie, maar geson der families tot gevolg hê. Hier die bedie ningskuif moet deur elke bedie ningsleier, elke kategeet en elke ouer gemaak word.Hettie Britzz beskryf met Immergroen Ouerskap vir immergroen gemeentes die uitnemende hulpmiddel wat sy geskep het om ouers en opvoeders in hulle eie gemeenskappe, gemeentes en skoolomgewings toe te rus deur ’n verskeidenheid van kursusse en fasi-liteerders. Dit berus op sewe “wortel-waarhede”. Dié is voorkomende toe-rusting vir ouers om hulle te help om sewe baie gevaarlike ouerskapslaggate te vermy en op die vorming van norme en waardes te fokus, sodat kinders ’n standvastige karakter kan ontwikkel.Gielie Loubser gee in #Imagine in SA jeug brandend vir Christus vlerke aan die droom om weer iets groots in die tienerbediening te doen. Dit is 40 jaar ná die Jeug-tot-Jeugaksie van 1974 en tyd om tieners weer brandend vir die Here te maak. Twee groot byeenkomste word beplan om tieners toe te rus en uit te stuur met die droom om ons land te help ge nees en om nuwe momentum aan die tienerbediening in ons kerke te gee.Gustav Claassen beskryf in Kerk voeg waarde by tot die onderwys en gemeenskap twee komponente van ’n proses be na dering om jongmense te vorm met die regte waardes om as leiers in hulle ge loofsgemeenskappe, werkplekke en ge sinne ’n verskil te maak. Met die eer ste komponent Water word op waar-des ge fokus. Met die tweede kom po-nent Ritmejaar word op afronding in die jaar ná matriek gefokus. Dit sluit on der andere in dat jongmense toegerus word met basiese lewensvaardighede en ’n blootstelling aan verskillende beroepsrigtings.

Vir meer inligting en produkte, besoek ons e-winkel by www.bybelmedia.co.zaDeeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIADirekte bestellings: [email protected]• Geen posgeld betaalbaar nie.

Bybel-Media – jou vennoot in geloof en bediening.

Page 4: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

KRuISGEwyS November 20134

Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en

gemeentebegeleiding.

Die welstand van die Suid-Afrikaanse familie

Gestel Suid-Afrika word voorge stel as ’n dorpie waarin 100 kinders (ouderdom 0-17)

woon. Dan sal:• 48 kinders ’n pa hê wat leef,

maar afwesig in hulle lewe is;• 36 kinders grootword in teen­

woordigheid van hulle pa;• 35 kinders by beide biologiese

ouers woon;• 40 slegs by hulle ma grootword;• 3 slegs by hulle pa grootword;• 23 kinders glad nie by ’n biolo­

giese ouer woon nie;• 8 van hulle by hulle grootouers

woon;• 1 sal in ’n huishouding woon

sonder ’n volwassene aan die hoof;

• 34 kinders word groot in ’n huis met ’n volwassene in ’n vaste betrekking.1

Hoe gesond is die SA-familie?Die SA-familie is duidelik in ’n

krisis. Dit is ’n groeiende krisis. ’n Dekade gelede het 49 kinders (nou 36) grootgeword by hulle pa’s, en 42 (nou 48) het ’n afwesige pa gehad.

Met die term familie word bedoel die kleiner eenheid van gesin, maar ook die meer uitgebreide familie wat bestaan uit grootouers, voogde en ander familiestrukture. Ons weet dat die geïdealiseerde gesin (met ’n pa en ’n ma,

1 Die syfers in hierdie artikel is ontleen aan ’n navorsingsverslag van die SA Instituut vir Rasse-verhoudinge, getiteld First Steps to Healing the SA Family (March 2011). Die verslag is aanlyn beskik-baar by www.ngkok.co.za/Artikels/fam.pdf. Voor 1994 het dié instituut bekendheid verwerf vir sy navorsing oor die impak van trekarbeid en paswette op die SA-familie.

boeties en sussies) baie min gesinne se werklikheid weerspieël.

In Suid-Afrika word die gemiddelde kind deur sy of haar moeder in ’n enkel-ouer-huishouding opgevoed. Die meeste kinders leef in huishoudings waar die volwassenes werkloos is.

OorsakeDaar is verskeie en komplekse oor-

sake:• Die impak van meganisasie,

industrialisasie, moderniteit, verstedeliking en globalisasie op die SA-familie.

• Trekarbeid is steeds ’n enorme oorsaak van familieverbrokke-ling.

• Die apartheidsverlede van die land het sosiaal-ekonomiese ontwrigting en remedies ongelyk verdeel.

• Geweld verklaar deels waarom soveel meer kinders aan vaders-kant wees is. In 2007 was meer as ’n derde van nie-natuurlike sterftes aan geweld te wyte. Van hierdie geweldslagoffers was 87% manlik. Baie kinders is ook aan vaderskant wees, omdat hulle vaders nooit bekend was of is nie.

• Die effek van die MIV- en vigs-pandemie op families word gereflekteer in die toenemende hoeveelheid weeskinders en huishoudings met kinders aan die hoof.

Effek van MIV en vigsIn Suid-Afrika is daar sowat 860 000

dubbele weeskinders (albei ouers oor-lede), 2,5 miljoen kinders met ’n pa wat oorlede is, en 624 000 kinders wie se ma oorlede is. In die periode 2002 – 2008 het die getal weeskinders (enkel of dubbel) met sowat 33% toegeneem. Die hoeveelheid dubbele weeskinders het met 144% gestyg.

Hoewel die MIV- en vigs-pandemie in SA gestabiliseer het en die infeksie-koers nou besig is om af te neem, sal die hoe veelheid weeskinders steeds toeneem, of baie hoog bly. Dit het te doen met die tydsverloop tussen infeksie en sterfte.

Verskillende bevolkingsgroepeWat gesins- en familieverbrokkeling

betref, moet ’n mens ook deur die bril van ras na ons samelewing kyk.

Terwyl 52% swart kinders ’n afwesige vader het en 41% bruin kinders, word slegs 12% Indiërkinders en 15% blanke kinders met ’n afwesige vader groot. 54% swart, 30% bruin, 7% Indiër en 24% blanke kinders word in ’n stedelike enkelouerhuis groot.

As praktiese gevolg hiervan is die leefwêreld van Afrikaanssprekende lid-mate van die hoofsaaklik wit gementes waarskynlik ver verwyder van die rea-liteite waarmee die meeste SA-families gekonfronteer word. As ons Sondae oor ons gemeentes se kerkbanke kyk, lyk die familieprentjie radikaal anders as in die res van Suid-Afrika.

Opvoeding en onderwysWeeskinders woon minder gereeld

skool by, leef met laer voedingsekerheid, ly meer aan angs en depressie en ervaar groter blootstelling aan MIV-infeksie. Die risiko is nóg groter as die ma, eerder as die pa, dood of afwesig is. Enkelmoeders neem gemiddeld groter verantwoordelikheid vir die versorging van hulle kinders as enkelvaders.

Die oorlewing van jonger kinders tussen nul en drie jaar, kom in gedrang wanneer die moeder sterwend is, of onlangs gesterf het. Hierdie kinders se kans om self te sterf – in die jaar vóór óf ná hulle moeder se dood – is vier keer méér as kinders wie se moeder lewend en gesond is.

’n Weeskind wat ’n moeder verloor het, se kans om wel skool te gaan, is statisties ingekort. Hierdie kinders voltooi gemiddeld minder skooljare, en daar word minder geld aan hul opvoeding spandeer in vergelyking met kinders wie se moeders leef.

Hoe sterker die band met die biolo-giese familie, hoe beter die ver sor gings-gehalte van weeskinders, en hoe groter die kans dat hulle skool sal besoek.

ArmoedeArmoede het ’n wesenlike impak op

die familie. Ongeveer ’n derde van SA se kinders (5,6 miljoen) woon in oorvol

Page 5: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

KRuISGEwyS November 2013 5

huise. Slegs 34% kinders woon in ’n huishouding met ’n volwassene met ’n vaste werk. Twee-derdes word dus groot in huise waar niemand werk nie.

Dit beteken dat die kindertoelaag wat die staat betaal waarskynlik noodsaaklik is om oorlewing te verseker.

Gebroke families breek jongmenseOm in ’n stabiele gesin en liefdevolle

familie groot te word, is vir baie ’n onbe-reikbare droom. Die voorreg om deur beide ouers opgevoed te word, is vir die minderheid beskore.

Die verbrokkeling van die gesin en familie het ’n geweldig impak op:

• Opvoeding: Verskeie navorsings projekte dui op beter skolastiese uitkomste waar die pa teenwoordig is. Waar ouers emosionele en praktiese onder­steuning bied, vaar die kinders beter gedurende opleiding en later ook in die arbeidsmark.

• Werkloosheid onder die jeug: Weens swak opleiding, is daar geweldige werkloosheid onder die SA-jeug. Gedurende 2009 was werkloosheid onder Sub-Sahara Afrika se jongmense gemiddeld 12%. Werkloosheid onder 15- tot 24-jariges in SA was 48%. Dit het in 2010 tot 51% gestyg.

• Seks: Kinders uit disfunksionele families tree dikwels seksueel meer riskant op. Heelwat jong­mense word ook ouers voordat hulle hul opvoeding en opleiding voltooi het. Tienerfertiliteit het oor die laaste dekades skerp in SA gedaal – ook ná die instelling van die kindertoelaag in 1996. Die oorsake van tienerswanger­skappe is kompleks, en benodig meer navorsingstoeligting.

• Geweld en misdaad: Families

speel ’n onontbeerlike rol in die sosialisering van jongmense. Kinders uit disfunksionele fami­lies mag geneig wees om geweld (verbaal en fisies) as normale vorm van interaksie te sien. Baie geweld kom binne nabye ver­houdinge en in die familie self voor.

Waarheen met die SA-familie?Die verskillende sektore in die same-

lewing het elk ’n krities-belangrike verant woordelikheid:

• Werkskepping en die bestry-ding van armoede. Die staat en sakesektor is hier belangrike rolspelers, maar gemeentes en die ondersteuning van innove-rende werkskeppingsprojekte op mikroskaal is elke gelowige se verantwoordelikheid.

• Volwassenes moet as ouers, of as oupas en oumas, vir jongmense optree. Elke ouer volwassene in elke gemeente moet “klein­kinders” in die gemeenskap gaan soek en begelei.

• Gemeentes moet as geestelike ouers vir die totale jeug van die totale gemeenskap optree. Dit is nie genoeg dat ouers hulle kinders die weë van die Here leer nie. Ons moet ook invloed in die wyer gemeenskap uitoefen, met missio­nale kategese wat al die kinders van die gemeenskap innooi.

• Gemeentes moet daarteen waak om geloofsvorming-inisiatiewe te loods wat slegs op die gemeen skap van gelowiges gerig is en wat ’n geïdealiseerde tradisionele gesinsopset ver-onderstel. Daar is baie kinders wat nie ouers het nie. Daar is baie disfunksionele versorging­

strukture waar kinders nie geestelik reg opgevoed word nie. Gemeentes moet maniere vind om na hierdie ruimtes uit te reik, vertrouensverhoudings te vorm en kinders na en vir die Here te begelei.

• Betrokkenheid by die formele onderwyssektor is wesenlik belangrik. Ook hiér behoort gemeentes nie slegs na skole in die onmiddellike omgewing uit te reik nie. Verhoudings moet oor grense gevorm word met skole wat die breër bevolking dien. Hier is baie, dikwels een­voudige, inisiatiewe nodig wat ’n enorme verbetering in die onderwys kan bewerkstellig.

Gemotiveerde jeugTen spyte van die vele uitdagings

wat jongmense moet hanteer, bly die meeste gemotiveer en hoopvol dat hulle hulle doelwitte sal bereik. Sowat 94% van 12- tot 22-jariges het ’n goeie idee van die rigting wat hulle wil inslaan, 99% het spesifieke doelwitte wat hulle wil bereik, en 97% glo hulle eie aksies en inspanning sal bepaal of hulle hul doelwitte sal bereik. Meer as 90% jongmense voel ook hulle sal moeilike situasies kan hanteer.2

Miskien toon hierdie feite dat die meeste jongmense nie bewus is van die struikelblokke wat hulle sal moet oorkom om ’n gesonde en suksesvolle lewe te hê nie. Dit toon óók dat SA se jonger generasie hoë hoogtes kan bereik indien hulle die kans kry om groot te word in stabiele families en gemeenskappe, sonder geweld en met die geleentheid van ’n behoorlike opvoeding.

2 Hierdie merkwaardige bevinding kom ook uit genoemde navorsingsverslag van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge.

Kruisgewys bereik byna 3 000 gemeenteleiers

Die doelstelling van Kruisgewys is om die jongste teologiese denke

oor kerk- en ge meen te wees op ’n bevatlike wyse aan besige ge-meen teleiers oor te dra.

Bybel-Media is die uit gewer van Kruisgewys en versprei dit minstens vier keer per jaar gratis as ’n diens aan gemeentes, oor-een komstig die leuse “Ven noot in ge loof en bediening”. Die tydskrif is ’n gesamentlike aksie met die

Gemeentedienstenetwerk (GDN).Chris van Wyk van GDN

(links bo) is die artikel redakteur. Pieter Fourie van Bybel-Media (links onder) is die eindredakteur.

Kruisgewys word gestuur aan leraars van die Gerefor meerde Kerke in Suid-Afrika, die Neder-duitsch Hervormde Kerk, die NG Kerk, die Afrikaanse ge meen tes van die VGKSA en die Christe-like Gereformeerde Kerk.

Die koerant van die Nuwe Hart

Stiging wat probeer om nuwe waardes in Suid-Afrika te bevorder, verskyn deesdae as ’n bylae tot die kerk koe rant Kerkbode. Diegene wat nie laasge noemde koerant ont vang nie, ontvang die koerant van die Nuwe Hart Stigting as ’n abba-produk tot Kruisgewys. Dit is ’n poging om verant woor delik met Koninkryks reser wes om te gaan in die lig van die geweldige hoë koste van posgeld.

Page 6: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

KRuISGEwyS November 20136

Changing the face of early childhood development

in South Africa

It is proven that children who encounter good nutrition and stimulation in the early years, are less

likely to suffer from illnesses, struggle adapting to the school environment, repeat grades, drop out of school or need remedial and special attention.

According to Education White Paper 5 on Early Childhood Development (2001), approximately 40 percent of young children in South Africa grow up in conditions of abject poverty and neglect. These children are most at risk in terms of school drop-out and an inability to cope with pressures at school.

Low level of performanceNaudean et al state that a low level of

performance in early childhood sets the pace for school accomplishment and the expectations placed on the individual.

Under-aged and under-prepared learners, who have proven to be the most at risk in terms of school failure and drop-out, would certainly be minimised through the process of providing thorough early intervention and stimulation, as well as the laying of foundational concepts before they enter formal schooling (Education White Paper 5, 2001: p 4).

In the South African context, many day cares, crèches, play schools, baby homes and safe havens are developed with the sole purpose to “entertain” children. Because of a lack of education and skills training, they seriously lack in any educational understanding of children’s development and growth.

Early childhood in South Africa is confronted with many challenges, resulting in an intensified national focus being placed on the sector (Maaga, UNICEF, 2008: p 4; Desmond, 2012 in Harrison, 2013: p 1).

Desperate needThe increasing number of unregistered

early childhood centres that have untrained and unskilled practitioners engaging with children daily, is a threat to the education system. There is a desperate need for practitioner-training programmes which focus on governance and management, nutrition, principles of learning and teaching.

The poor infrastructure and the lack of equipment constitute another Goliath threat, amongst others. Desmond (UNICEF, 2008: p 7) also raises the challenge of a lack of formalised training and support for practitioners working in the early sector.

Early childhoodHarrison (2013: p 3) makes a bold

statement, intimating that the quality of intervention in early childhood needs to be viewed as a package, which includes, “nutrition, parenting and psychosocial support, cognitive and language stimulation, literacy and numeracy development, and access to health and social services”.

An article in the Mail and Guardian, (6 May 2013) carried the headline: “Teachers can’t teach, report shows”.

This article continues to explain the results from the first-ever evaluation of children in grade one, two and three

and how weak their ability to read and write is. The same article states: “Many teachers did not know how to inculcate problem-solving and analysis skills. Billions of Rands spent on teacher training and development in the past 10 years had failed to produce results in the classroom.”

Fundamental problemA statement by Nick Taylor, the

Department of Education’s Head of Development, reads that “the teachers’ poor subject knowledge was arguably the fundamental problem in the school system”. This goes to show that the level of teacher training and implementation has a detrimental effect on the quality of children exiting the school system in South Africa.

Harrison (2013: p 6) believes that “in a society where families are so fragmented and parents themselves poorly educated, early childhood development is key to breaking the cycle of underachievement”.

Managing Director of Early Inspiration, Lauren Stretch, depicts her view on the current cycle that many families in South Africa face.

Poor nutritionStretch believes that poor nutrition,

together with poor early education, lead to children being under-nourished and under-prepared for formal schooling. They cannot cope with social, emotional, environmental and cognitive pressures placed on them in the school environment. As a result, they drop out of school.

Once a child has dropped out of school, there is a greater inability to get a job, and therefore no income. With no income, the cycle of poverty is continued and more babies are born into poverty situations. These children are provided poor nutrition and a lack of early education. This continues the ever-challenging cycle that South Africa faces.

Lauren Stretch is Director of Early Inspiration. She recently finished her Ph D studies and has an M Ed (cum laude) in Psychology of Education –

Intellectual development in the early childhood.

Page 7: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

KRuISGEwyS November 2013 7

Early Inspiration has a vision for South Africa and the precious children of our nation.

This vision is to enhance and support children’s development and ensure that they are well prepared and developmentally ready to begin formal schooling. Early Inspiration understands the importance of early intervention and the long-term impact that effective input during the first six years can have on the South African nation.

Early Inspiration’s intervention is primarily done by supporting and enhancing unskilled and under-equipped practitioners already working in early childhood settings through training, mentorship, on-site observations and on-going support. It also supports parents relating to issues of nutrition, safety and security, health and wellbeing and stimulation in the early years.

Early Inspiration also offers a highly successful home-visit programme and hosts parent workshops for families in various communities to share with parents their role in education.

The organisation has a great focus on research, reflection and continuous development. Managing Director, Lauren Stretch, has recently completed her

Doctorate research study titled “Assessing the effectiveness of practitioner training in underprivileged early childhood settings”.

The study assessed the effectiveness of Early Inspiration practitioner training in underprivileged early childhood settings. The quantitative study set out to test a target group of 800 grade R children. A pre-test evaluated the initial level of each child’s abilities.

The experimental group’s practitioners underwent the Early Inspiration eight-month part-time intervention programme. The control and experimental groups continued with their normal school programmes, but the practitioners in the experimental group were developing a deeper understanding of early childhood development and activities which enhance development in children.

The results indicated the impact of effective practitioner training. Enhancing a deep understanding of stimulation in young children, can have positive, long-term results in a child’s cognitive ability. Vast differences were noted in the ability levels of children who were stimulated, as compared with those children who were not as stimulated.

Early intervention is imperative in

changing our South African nation. Partnerships need to be formed by community leaders, church groups, organisations, families, schools and friends. Working together to empower children, provide opportunities for them, resource classrooms and support practitioners.

Many ECD Centres are not registered with the Department of Social Development and therefore receive no funding. Organisations such as KICK (local Port Elizabeth non-profit organization), Intsikelelo Resource Library and Stop Hunger Now SA are forming partnerships with Early Inspiration to provide physical aid, nutritious meals, resources and support to these practitioners.

Many ECD Centres have almost no infrastructure … yet teachers and children are at school, ready to teach and waiting to learn. Teachers are passionate, determined and ready to make a difference in the lives of South Africa’s future doctors, nurses, teachers, lawyers and pastors.

For more information on Early Inspiration, visit www.earlyinspiration.co.za or contact Lauren Stretch at [email protected].

Page 8: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

KRuISGEwyS November 20138

Huisgeloof help ons anders dink oor kategese

Johan Avenant is leraar in The Reeds-gemeente en voorsitter van

die Algemene Sinode se Projekspan Kategese.

’N dogtertjie in die graad 1- Son dagskoolklassie het op ’n dag na ’n seuntjie in

dieselfde klassie gedraai en gesê: “Jy kom nie baie gereeld na ons Sondag-skoolklas toe nie?” Die seuntjie het geantwoord: “Wel, my ma is gereeld op Sondagoggende siek. Sy vra ons dan om kerk op die TV te kyk.”

Die dogtertjie het van haar inkleurprent opgekyk waarmee sy besig was om oogkontak met die seuntjie te maak: “Ek is jammer, maar dis nie nodig dat jy hierheen hoef te kom vir Sondagskool, kinderkerk, om te sing of selfs die nagmaal te gebruik nie. Een dag was my broer siek. Ons moes by die huis bly en kon nie kerk toe kom of Sondagskool bywoon nie. My ma het in my slaapkamer ingekom en ons het ons Sondagskoollessie net daar gehad. Dit was die beste les ooit! Miskien kan jou ma dit ook soms vir jou doen.”

Kategese binne die raamwerk van geloofsvorming

Met hierdie woorde begin David W Anderson ’n betekenisvolle hoofstuk: From Christian Education to Christian Faith Formation in sy boek “Vibrant Faith in the Congregation”.

Hy vertel dat die kerk dikwels in die verlede Sondagskool en kategese van sy eintlike doel losgemaak het, naam lik lewenslange geloofsvorming. Geloofsvorming strek wyer as net dit wat by die kerk in kategese gebeur. Om dit te herstel, pleit hy dat geloofsvorming weer

die fokus van die kerk se onderrig moet word.

Natuurlik was kategese nooit regtig bedoel om net kennisoordrag by die kerk te wees nie. Dit was ’n uitnodiging na, inlywing en begeleiding op die weg na ’n omvattende lewe van dissipelskap.

“Is dít nie wat die kerk verloor het nie?” vra Malan Nel in ’n artikel “Inviting and initiating youth into a life of discipleship” in Verbum et Ecclesia.

Indien ons dus vandag enige betekenisvolle kategese in ons gemeentes wil aanbied, sal ons moet terugkeer na hierdie verstaan van kategese. Ons kan nie langer oor kategese en enige jeugbediening los van geloofsvorming in die huis en in die res van die gemeente dink nie.

Maak geloofsvorming ’n kernwaardeDie dogtertjie in die storie het iets van

geloofsvorming gesnap. Dit sal moeilik wees om die impak

van die huis op geloofsvorming te klop. Die feit dat sy weer Sondagskool en kerk toe gekom het en die feit dat haar mamma die dag toe haar boetie siek was, sonder huiwering haar lessie aangebied het, asook die feit dat sy die seuntjie se mamma oproep om dit ook soms te doen, is net so betekenisvol. Sowel ma as dogter het iets beleef in ’n gemeente wat wyer en breër oor kategese dink as net die Sondagskoollessie ná die oggenddiens.

Geloof word dus nie net in die kategese of selfs in die huis gevorm nie. Geloofsvorming is omvattend. Dit sluit alle momente in waar die Godgegewe geloof gevorm word, soos waar verskillende generasies sáám kuier, waar hulle vir mekaar van God se liefde vertel. Geloofsvorming is waar hulle gesamentlik in eredienste, deur sang, by die kategese in die huis en enige ander plek Gods liefde ervaar.

As ons enige betekenisvolle verandering by ons kinders en jongmense wil sien, sal ons moet seker maak dat ons méér teologies en holisties aan kategese en geloofsvorming dink, en dit ’n kernwaardes van die gemeente maak.

Om gemeentes met die implementering hiervan te help, is Mark Holmen se boek

Church+Home ’n handige hulpmiddel. Die boek is pas in Afrikaans vertaal en sal vroeg in 2014 by Bybel-Media verskyn.

Ons sal moet verstaan dat kategese en dit wat by die kerk gebeur, nie die somtotaal van die gemeente se inset in geloofsvorming mag uitmaak nie. Ons kan daarom nie langer al ons geloofsvormingeiers in dieselfde mandjie (kategese) sit nie.

Maak ’n kopskuifOns moet erken dat die klein graad 1-

dog tertjie en haar ma eintlik die uit son-dering is, en die seuntjie en sy ma eerder die reël in vandag se gemeentes.

Soos die ma van die seun, is baie ouers ver verwyder van die geloofsvorming van hulle eie kinders.

Aan die een kant kan ons maklik die skuld voor die deur van ouers lê. Aan die ander kant moet ons die skuld voor die kerk se eie deur lê. Ons het so gefragmenteerd en kerkgesentreerd begin werk en van ouers verwag om hulle kinders kerk toe te bring en die kerk te ondersteun om die geloofsvorming námens hulle te doen. Ons moet hierdie proses omkeer.

Na bl 10

Page 9: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

KRuISGEwyS November 201310

Ben Fraudenburg stel in sy boek “Family Friendly Church” voor dat die kerk ’n kopskuif moet maak, weg van ’n kerkgesentreerde en huisondersteunende sisteem na ’n huisgesentreerde en kerk-ondersteunende sisteem.

In die eerste skets hier bo is die kerk ’n duidelike, aktiewe en skynende baken in die gemeenskap – ’n sendingstasie, vol lig en energie.

Die huise rondom die kerk se ligte is af, want hulle kanaliseer hulle energie na die kerk toe sodat die kerk ’n vuurtoring in die gemeenskap sal wees.

Die probleem met dié prentjie is dat huise hulle rol as vennote in geloofsvorming vergeet het. Dit het stelselmatig die kerk se werk geword.

In die tweede skets skyn die kerk steeds, nie as ’n vuurtoring nie,

maar soos ’n kragstasie. Die kerk is baie besig en aktief, maar

met ’n ander doel. Die huise rondom die kerk (vandag is hierdie huise nie noodwendig meer rondom die kerk nie) is nou vuurtorings in die gemeenskap. Die kerk vul hulle met energie, liefde en rus hulle toe om geloofsvorming in hulle huise te begelei.

Die kerk is steeds ’n sendingstasie, maar sy primêre funksie is om energie te verskaf aan die huis-vuurtorings wat hom omring.

Huise sien hulleself weer as vennote in geloofsvorming, met die kerk nou net in ’n ondersteunende rol. Die kerk word nou die opleidingsentrum vir ouers. De huis word nou die primêre plek vir geloofsvorming.

Nie net die leierskap moet hierdie kopskuif maak nie. Elke bedieningsleier, kategeet en ouer behoort dit te doen.

Wanneer die skuif regtig plaasvind, het dit enorme implikasies. Dit raak nie net die manier waarop ons oor Sondagskool en kategese dink nie, maar ook oor jeugbediening, die erediens, uitreik en alle ander bedienings.

Die huis weer deel van die kategeseproses

As ons holisties oor kategese dink, kan ons nie net kategese ’n onderdeel van geloofsvorming maak nie, maar moet ons ook geloofsvorming by die huis deel van kategese maak.

Só het die term “huisgeloof” ontstaan. Dit gee gemeentes ’n lens om geloofsvorming by huise in die fokus

van hulle bediening te bring en om huise daarin toe te rus en te ondersteun. Huisgeloof is dus nie ’n program of ’n kurrikulum nie, maar slegs ’n lens om al bogenoemde komponente in een woord saam te vat.

Vyf uitgangspunte is in die spel wanneer ons aan die term huisgeloof dink:

Huisgeloof in kategeseDie kerk se rol in geloofsvorming

binne kategese kan in twee bane uitgewerk word.

1. Die bemagtiging van ouers – Neem-dit-huis-toe Die meeste ouers is nie negatief en onwillig om betrokke te raak by die geloofsvorming van hulle kinders nie, maar hulle weet net nie hoe nie.

Sommige voel onseker. Hulle dink hulle moet al die regte antwoorde hê om hulle kinders te kan begelei.

Nóg ander is van mening dat hulle lewe vol gebrokenheid is en dat hulle eers heel moet wees voordat hulle hulle kinders kan begelei. Kategese is daarom die ideale ruimte waarbinne ouers in geloofsvorming bemagtig kan word.

Elke gemeente kan, na gelang van hulle konteks, spesifieke interaktiewe slypskole skep (verkieslik rondom of tydens die kategese) waarin ouers en kinders toegerus word en in spesifieke geloofsvormingsvaardighede begelei word. Die doel van sulke byeenkomste is: l om ouers van hulle rol as

primêre verantwoordelike persone in geloofsvorming en hulle invloed in hulle kinders se lewe bewus te maak; l om families te inspireer oor ’n

spesifieke vaardigheid uit die Bybel en deur getuienisse van mense wat dié vaardigheid in hulle huise reeds toepas;l om families te wys hoe om die

vaardigheid in ’n aktiewe leerproses self in die gesin te laat inoefen, en

l om gesinne met ’n neem-dit-huis-toe-hulpmiddel toe te rus wat hulle in staat sal stel om die vaardigheid by die huis te beoefen.

Vaardighede rondom geloofsvorming, wat op sekere ouderdomme van toepassing is, kan deel uitmaak van hierdie toerustingsgeleenthede. Gesinne

kan byvoorbeeld toegerus word rondom die doop, hoe om mekaar te seën, die waarde en gebeure rondom die familietafel, gebed, diens, erediens belewing, my Bybel, ek en geld, waardes, verhoudings, dating en die viering van mylpale as hulpmiddel in geloofsvorming.

2. Kategese en HuisgeloofDie sisteem waarbinne elke

kind leef (sy huismense), is die wêreld waarbinne sy geloof geleef, getoets, deurgepraat, ingeoefen en uitgebou behoort te word.

Die uitgangspunt van enige kategeseproses behoort te wees om die huismense van kinders en jongmense rondom een verhaal of een tema vir die week saam te bind.

Hou dit eenvoudigMiskien is jy totaal en al oorweldig

met al hierdie inligting, en wonder jy of jy ooit hiermee sal regkom.

My voorstel is om dit eenvoudig te hou en klein te begin, miskien met net één ding wat gesinne kan doen om geloofsvorming in die huis te bevorder.

My voorstel is dat jy begin met ’n huistafelgesprek. Dit is ’n eenvoudige gesprek wat een keer per dag rondom die etenstafel (indien die huis ’n tafel het) plaasvind. Hierdie tafelgesprek verbind die kerk met die huis, geloof met die lewe en volwassenes met kinders op ’n kragtige manier.

l Faith Inkubators, (www.faithink.com) stel voor dat ons vyf stappe doen. (1) Deel hoogte- en laagtepunte van die dag. (2) Lees ’n vers uit die Bybel. Hierdie punt kan aansluit by die kategese en/of eredienste in die gemeente. (3) Praat oor hoe die teks verband hou met die hoogte- en laagtepunte. (4) Bid vir mekaar se hoogte- en laagtepunte. (5) Bemoedig en seën mekaar.

Huisgeloof help ons anders dink oor kategese

Page 10: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

KRuISGEwyS November 201312

Immergroen Ouerskap vir immergroen gemeentes

Hettie Britzz is die stigter van Immergroen Ouerskap en Tall Trees Profiles wat internasionaal ouers en

opvoeders toerus.

Wie en wat is Immergroen Ouerskap?Immergroen Ouerskap se leuse is:

Geplant by waterstrome, kan ouers immer groen wees! Dit is afgelei uit Psalm 1.

Immergroen Ouerskap is Skrif-gefun-deerd en glo dat die werk van die Heilige Gees en die gehoorsaamheid aan God se beginsels vir gesinwees die sleutel tot gesonde gesinne is.

Immergroen Ouerskap is ’n bediening wat sedert 2009 landswyd en oorsee fasiliteerders oplei om ouers en opvoe-ders in hulle eie gemeenskappe, gemeen-tes en skoolomgewings toe te rus. Die stigter is Hettie Brittz, skrywer van Kweek kinders met karakter, Kweek geson de gesag en Kweek dissipline met deernis.

Die kursusse en praatjies berus op sewe wortelwaarhede wat in ’n sekere sin voor komende toerusting is wat ouers help om sewe baie gevaarlike slaggate van ouer skap te vermy en hulle gesin help om gesond te groei.

Slaggat 1: Ons verwag kinders moet soos volwassenes optree

Wortelwaarheid 1: Immergroen Ouer skap is ’n dissipelskapsproses waarvan die vrug soms jare later eers sigbaar word. Daar is geen kortpad na volwassenheid nie.

Hierdie waarheid beteken dat ouers nie op kits-dissiplinefoefies nie, maar eerder op karakterontwikkeling in hulle kinders sal fokus. In plaas daarvan om

gedrag af te rig, fokus ons op afrigting van die kind se hart, die kweek van weer baarheid en die vorming van norme en waardes sodat kinders standvastige karakters ontwikkel.

Slaggat 2: Ons verwag alle kinders moet dieselfde op dissipline reageer

Wortelwaarheid 2: Immergroen Ouerskap neem die temperament van elke gesinslid in ag. Ons glo kinders en ouers se temperament is ’n belangrike, Godgegewe ontwerp.

Hettie Brittz se Boomsoortprofiele vir kinders en Tall Trees-profiele, word gebruik om ouers en kinders se geaardhede te beskryf. Elke persoon-likheid het unieke behoeftes. Ouers wat daardie behoeftes ken, kan kinders se selfbeeld soveel makliker bou, hulle roepingsbewustheid kweek en die dinge in hulle korrigeer wat vorentoe ’n struikelblok sou kon wees.

• Die kinders wat ons denne-boom pies noem, is rustig en vredeliewend, tevrede en beskeie, maar mag passief en onbetrokke lyk. Hulle slaan toe onder druk en praat nie oor wat hulle pla nie.

• Daarteenoor is die roosboom-kinders uitgesproke en gedrewe. Hulle wil alles sélf doen en graag baas wees. Hulle is nie maklik tevrede nie. Waar denneboomkinders aan die gang gestoot moet word, moet roosboompies dikwels gerem word!

• Palmboomkinders is vrolike, sosiale wesentjies wat die posi-tiewe in elke ding raaksien en voluit lewe. Hulle dink egter nie mooi voor hulle doen nie. Hulle sien nie die gevare van die lewe voor dit te laat is nie. Hulle ontsê hulleself nie lekker dinge nie. So agter die lekkerte aan, kan hulle in groot morele en fisieke moeilikheid beland.

• Sierboomkinders is onderwysers se droom – verstandig, goed met beplanning, getrou, nougeset, taakgerig. Hulle word egter maklik angstig, vrees mislukking en foute, kan die geringste onreg nie verwerk nie, en is emosioneel oorsensitief – veral vir kritiek.

Natuurlik is daar kombinasies ook. Die kursusse help ouers om die implikasies positief te ontgin, veral wanneer ouer en kind se geaardhede verskil. ’n Voorbeeld van die positiewe verslae wat ouers oor die kursus lewer:

“Ek wil nie meer my middelkind vermoor nie. Ek verstaan nou ek is ’n haastige roosboom en sy is ’n rustige denneboom. Sy praat nie stadig om my te frustreer nie. Dis net in haar aard. Ek sou haar verwoes het as Immergroen-ouerskap nie betyds oor my pad gekom het nie. Ek weet nou ook waarom my palmboomman soms so laf is. Hy kompenseer natuurlik ter wille van my palmkind en denneboomkind omdat ek net werk, werk, werk ....” – Ma van drie.

Slaggat 3: Ons dink gesag setel in beheer

Wortelwaarheid 3: Immergroen Ouer-skap glo gesag bestaan uit twaalf gesags-boustene wat deur al die fases van baba-dae tot volwassenheid noodsaaklik bly.

Ouers kom tydens die kursus agter watter van hierdie boustene reeds daar is, en watter ’n bietjie ekstra werk gaan verg. Soms is pa’s met sekere aspekte sterker as ma’s. Dit kweek sommer meer respek vir die huweliksmaats se onderskeie bydraes. Dit dra by tot ’n gesonde gesagsmuur van beskerming om die gesin.

Slaggat 4: Ons haak by dissipline vas en vergeet die groter prentjie

Wortelwaarheid 4: Immergroen Ouerskap vereis ’n begrip van die

Page 11: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

KRuISGEwyS November 2013 13

groter prentjie. Ons moet al die unieke oomblikke van ouerskap leer identifiseer en dan die regte optrede kies.

In elke dissipline-situasie, is daar ’n verskeidenheid moontlikhede.

Dalk is die ouer die probleem. Dalk gaan dit nie goed met die kind nie. Dalk lê dit in die kommunikasie tussen ouer en kind. Dalk is daar iets wat onder han-del moet word. Of dalk het ouer en kind ’n ernstige waardebotsing. In nie een van hier die gevalle sal straf die kind “regruk” nie.

Daar is egter ook situasies waarin dit eenvoudig is. Die kind tree verkeerd op, en die ouer moet ingryp.

Dit is egter net ’n klein deeltjie van ouer skap – en soms die plek waar ons groot foute maak! Ouers hanteer elke aspek beter wanneer hulle toerusting het en onder meer die verskil tussen afpersing en straf, omkopery en gesonde beloning ken.

Slaggat 5: Ons dink daar is een ideale ouerskapstyl van kleutertyd tot

volwassenheid

Wortelwaarheid 5: Immergroen Ouer skap het seisoene. Ons moet die groeiseisoene van ’n kind se lewe ver-staan en ons ouerskapfokus daarby aanpas.

Selfs God gebruik al die style in sy opvoeding van sy eie kinders.

Soms “saag” God (Paulus sou die blind-word by Damaskus dalk so beskryf). Soms “snoei” God (byvoor-beeld met die Filistyne as snoeiskêr). Soms gooi God nat met ’n “gieter” (manna en kwartels). En soms trek God “handskoene” aan en beleef God se

kinders dat God stil en ver is. Immergroen Ouerskap leer ouers die

voor- en nadele van elke styl en die regte tyd om elkeen in te span.

Slaggat 6: Ons wil alle wangedrag reg slaan of reg praat

Wortelwaarheid 6: Immergroen Ouer-skap se dissipline het die oortuiging van Hebreërs 12:11-13 as basis, dat selfs pyn like dissipline op die regte manier en met liefde toegepas, onontbeerlik is vir volwassewording.

Ons kan dissipline reg toepas wanneer ons tussen tipes wangedrag onderskei. Ongelukke word tog nie dieselfde as moedswillige wangedrag hanteer nie. Ouers leer agt tipes wangedrag ken en weet dan hoe om hulle dissiplineplan daarby aan te pas.

Slaggat 7: Ons dink ons gesin sal verander as ons kinders se gedrag

verander

Wortelwaarheid 7: Alle worteldiep veranderings in gesinne is op veran de-rings in ons eie hart en op doelgerigte praktiese planne gebaseer. Ons het nodig dat die Here ons aanraak, heelmaak, vergewe, met sy Gees van Wysheid vul en sy liefde in ons harte uitstort.

Wat is die omvang van die werk van Immergroen Ouerskap?

Immergroen Ouerskap het al meer as 5 000 ouers deur die kursusse bege lei en ongeveer 30 000 ouers en onderwysers tydens praatjies oor gesag, dissipline en temperament toegerus. Immergroen Ouerskap bied

op Dinsdag- en Donderdagoggende net ná 6 ’n ouerskapinsetsel op KykNET se Dagbreekprogram aan.

Die webwerf (www.immergroen-ouerskap.co.za) en Facebookblad (Evergreen Parenting – Creative Christian Parenting) bied wenke, artikels, ’n forum vir vrae en advertensies van geleenthede vir die publiek om praatjies of kursusse by te woon. Ouers kan ook via die webwerf hulle naaste kursusaanbieding opspoor en daarvoor inskryf.

DVD’s, CD’s, ouerskapboeke, nuwe kursusse en dissiplinehulpmiddels word deurentyd ontwikkel en is in die aanlynwinkel en ook deur fasiliteerders verkrygbaar.

Oor die afgelope twee jaar bied Immergroen op inisiatief van Solidariteit se Helpende Hand die Immergroen Kleuterskoolkursus in behoeftige kleuterskole aan. Die kosbare toerusting van opvoeders wat op hierdie jong en vormende stadium met ons kleuters werk, is van groot waarde. Immergroen se sustermaatskappy, Tall Trees Profiles (www.talltreestraining.com) gebruik temperamentgebaseerde profiele vir verhoudingsbou in gesinne, huwelike, skole, maatskappye en gemeentes.

Wat kan ’n gemeente doen om Immergroen Ouerskap in hulle

gemeente te vestig?1. Stuur iemand in gesinsbediening

om opgelei te word (gemeente-werkers ontvang 50% afslag op hulle opleiding in vergelyking met mense wat die kursus buite gemeenteverband wil aanbied).

2. Bespreek ’n fasiliteerder in jou omgewing om die kursus by jou gemeente te kom aanbied. Vind hulle volgens provinsie op die webwerf, of skakel die kantoor by 012 993 5277.

3. Gebruik die meetinstrumente en slypskole van Tall Trees-profiele om groter begrip vir mekaar te kweek.

4. Borg ouers wat nie ’n kursus kan bekostig nie, maar die hulp nodig het om hulle gesin te genees.

Immergroen se roepingsteks is Titus 2. Ons passie is om die toerusting in die vorm van leiers in elke dorp en stad in ons land te plaas, omdat daar oral gesinne in nood is. Gemeentes is die vennote met wie ons die graagste hande vat.

l Kontak ons gerus vir verwysings deur gemeentes wat reeds ’n pad saam met Immergroen Ouerskap en Tall Trees Profiele loop.

Page 12: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

KRuISGEwyS November 201314

#Imagine ’n SA jeug brandend vir Christus

40 jaar ná die Jeug-tot-Jeugaksie van 1974

Dit is volgende jaar 40 jaar ná die Jeug-tot-Jeug-aksie van 1974, ’n beweging wat ’n baie groot

impak gehad het op die jeugbediening veral in die NG Kerk.

Die betekenis van dié 40-jarige herdenking het ’n droom in verskeie mense wakker gemaak – wat ons glo van die Here self af kom. Sonder dat ons direk met mekaar gepraat het, het dié droom om weer iets gróóts vir tienerbediening te doen, by mense van die Kaap tot in Pretoria wakker geword. Ons gevolgtrekking: Dit is van die Here!

Wat ons egter ook al wil doen, wil ons as NG-familie doen – en watter ekumeniese vennote ook al wil meedoen. Die dróóm is om ons land te help genees en om nuwe momentum aan die tienerbedienings in kerke te gee.

Hoe? Deur tieners brandend vir die Here te maak. Ons wil tienerleiers toerus om ander tieners in hulle gemeenskap en gemeentes te gaan bedien.

Die droom begin buitelyne kry … Om die land te help genees, wil ons

iets doen wat die media se aandag sal trek. Dit moet groot wees!

Om die tieners toe te rus om ’n verskil te maak, moet ons hulle deur ’n proses vat. Die kombinasie van toerusting en uitsending word deur ’n reuse-

naweeklange tienerfees van stapel laat loop.

Maar hoeveel is genoeg?

Miskien sal die 10de-beginsel ook hier werk. Kyk net na die NG-familie en dit lyk asof daar by die 200 000 tieners “op hulle boeke” is.

Die droom begin kleure kry … Twee reuse-tienerfeeste waar daar minstens 10 000 per fees moet wees!

#IMAGINEDie naam is belangrik. Met die

inklusiewe taal in aggenome, het die “twitter feed” se # ons baie gehelp.

Die simbooltjie #, wat bekend staan as hash tag, gee jou toestemming om nuutskeppings te maak. Jy kan nou wettig mix and match!

Met die genesingstema het ons ons verbeelding vrye teuels gegee en gedroom oor ’n geneesde Suid-Afrika. ’n imagination wat die moeite werd is! Ja, ons “imagine a new nation”. Vandaar die naam #imagine (hash tag imagine).

Die naam gaan toe vir ons verder oop. Die hash tag is eintlik niks anders as twee kruise ineen gevleg nie. Christus wat sy kruis opneem, en my roep om my kruis op te neem en Hom te volg.

Dit gaan ons help met ons verbeelding (imagine), want die plek waar ons met die

tieners vandaan wil vertrek, is dat hulle hulle “image in Christ” sal besef en aanvaar. Die identiteit van

’n gedóópte! Gedoop in die lyding en sterwe van Christus. Ons is ’n familie van kerke wat die verbondsteologie ernstig neem.

Maar die kruis wat ek opneem, sal prof Ferdinand Deist skryf, is eintlik nie my swaarkry en sonde nie. Nee, dis Christus se kruis. Christus dra my kruis. Die kruis wat ék daarom moet opneem, is om die gemors te verander.

Dit is híér waar ons land se genesing weer inkom. Dit is híér waar tieners se terugstuur na hulle gemeenskappe en gemeentes inkom. Tieners wat kom, moet daarom weet waarvóór hulle kom. Hulle moet die koste bereken voordat hulle kom (Luk 14:28) – en dit is méér as die R100 vir die fees. Dit is die verantwoordelikheid van ’n leermeester (Jak 3:1).

Die droom raak groot en die praktyk ’n realiteit

Soos hulle sê: “The best way to make a dream come true is to wake up”.

Die wakker word, of moet ek sê, wakker skrik, is voorwaar wat dit sê: Skrik!

Die twee feeste is duur. Dit gaan byna ses miljoen Rand kos. Is dit regverdigbaar? In ’n land en kontinent van armoede?

Ons is oortuig dat die geld nie uit die hande van armes geruk gaan word nie. Ons glo die kommer oor ons tieners en ons jeug, en daarom ook die toekoms van ons kerke, is groot genoeg dat die geld uit plekke van lidmate en sakeondernemings se beursies kom wat nie voorheen vir die koninkryk beskikbaar was nie.

Dit vra egter méér as net droom, dit vra ook glo. Net in die NG Kerk-familie is meer as 2 000 gemeentes. As elkeen R2 000 gee, hét ons die geld! Hoopstad het reeds R50 000 gegee! (Onthou

Gielie Loubser is van Communitas en glo dat die beste kans wat ons het om jongmense tot volwassenheid in Christus te begelei die skep van

veilige ruimtes is, asook om ouers te bemagtig om met (hulle) kinders ’n

positiewe pad te stap.

Page 13: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

R2 miljoen kom deur die kinders se R100-inskryfgeld).

Droom en glo staan nou sterk, maar ons sal moet werk. q Hoe laat jy 10 000 kinders stort? qHoe hou jy hulle onder beheer? qWaar slaap hulle? Daarom het ons ook begin doen.

Droom, glo, doen, is die drie woorde waarmee ons ook die tieners wil toerus.

• Gló jou identiteit in Christus. • Dróóm van ’n geneesde land.• Gaan dóén jou deel in jou dorp!

Hoe gaan dit werk?Gemeentes skryf by streekgemeentes

in wat as “hubs” dien. Jy reël met jou “hub-gemeente” hoe julle gaan ry en bly

en wie as leiers gaan dien. Die koste moet nie meer as R250 per kind vir die naweek beloop nie – R100 kampgeld en R150 kosgeld.

Tieners moet ongelukkig nog self daar kom – met ’n tent en slaapsak. Miskien kan hulle ses saam in een tent. Hier los ons dit in die hande van kreatiwiteit.

Die vrouelidmate van Kimberley samel reeds geld in om ’n trein te huur vir hulle tieners! Maak nie saak hoe hulle kan kom nie, vlieg of hike, maar dít mag hulle nie mis nie!

Dit is ongelukkig net vir hoër skool-kinders, dus 13 tot 18 jaar oud. Mense wat ouer as is, moet vir hulle vyf tieners kry en sáám met hulle kom. Dit is al kans wat hulle het!

Meer inligting?Website: www.imaginemovement.co.zaFacebook: imagine 2014Twitter: @2014imagine

Ons het ook wonderlike vennote wat jy kan kontak. Ons werk nóú saam met Bybel-Media. Mari sal graag jou vrae beantwoord: 021 864 8202 (soggens).

Indien jy of jou gemeente ons finansieel wil ondersteun, maak gerus ’n bydrae in die volgende bankrekening:Bybel-MediaABSA tjekrekeningRekno: 4051181699Takkode: 632005Verwysing: IMAGINE<donateur>, byvoorbeeld IMAGINEnghoopstad.

Die volgende besighede is ook amptelike vennote.

Page 14: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

KRuISGEwyS November 2013

Gustav Claassen is voorsitter van die Noordelike Sinode se

Diensteraad sowel as die taakspan van die Algemene Sinode rondom

onderwys.

Kerk voeg waarde by die onderwys en

gemeenskap

Praktiese lewenskennisSkole was deur eeue heen bedoel

om dié soort mense te help vorm wat samelewings sou nodig hê.

In die antieke Griekse stadstate het figure soos Sokrates en Plato jongmense wysgemaak. Hulle het geleer hoe om te leef as mense op wie die samelewing kon staat maak.

Jongmense het geleer om krities te dink, gedissiplineerd te wees. Hulle is in praktiese lewenskennis ingelei.

Die basis van opvoeding was die waardes wat vir dié spesifieke gemeen-skap belangrik was. Jongmense het geleer om hierdie waardes te internaliseer. Dit het ’n leefwyse geword. In die geval van die Grieke was wysheid, geregtigheid, moed en matigheid baie belangrik.

In Bybelse tye was daar die profeteskole. Aan die hof van konings het wysheid soos in die Spreukeboek ’n belangrike rol gespeel.

Ander voorbeelde is Paulus wat aan die voete van sy leermeester, Gamaliël, gesit het. Timoteus het weer aan Paulus se voete gesit. Jesus het sy dissipels geleer en voorberei.

Vorming van menseVandag behoort dit nog steeds so te

wees. Al wat dalk verskil, is op watter waardes binne óns spesifieke samelewing klem gelê moet word.

Die diepste hoop vir elke gemeenskap is nog steeds dat skole dié soort mense sal oplewer wat vir die samelewing nodig is – jongmense wat deur die waardes wat hulle leef, die samelewing menslik, gelukkig en leefbaar sal maak.

Dit het in die verre verlede altyd gegaan om méér as maar net om iemand vir ’n spesifieke beroep op te lei. Om mense te vorm, was altyd ’n prioriteit. ’n Samelewing wat goeie skole het waar mense gekweek word wat in hulle beroep landsburgers kan wees wat met gesonde waardes ’n verskil kan maak, is gelukkig.

OnderwysOns is maar té bewus van die

ongelooflike swak posisie wat onderwys tans in Suid-Afrika het. Onderwys sou, indien dit beter kon funksioneer, ’n groot verskil aan armoede, werkloosheid, misdaad, korrupsie en ander slegte patologie in die land kon maak. Die ervaring is egter dat, ondanks al die pogings, onderwys telkens ’n nuwe laagtepunt bereik.

Die kerk het homself, sáám met ouers, nog altyd as ’n belangrike vennoot van die onderwys gesien. In dié verband het onder andere die NG Kerk en VGK SA ’n baie mooi geskiedenis. Daar was kerkskole.

Die kerk het egter in ’n sekere opsigte sy rol in skole versaak. Chris Klopper, president van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het om hierdie rede ’n uitdaging aan die kerk gerig om méér betrokke te wees.

Die Algemene Sinode van die NG Kerk het in 2011 op ’n prosesbenadering besluit. So ’n prosesbenadering staan teenoor ’n programgedrewe benadering en word as meer volhoubaar beskou.

Twee komponente verseker sinvolle betrokkenheid.

WaterEerstens is daar die program genaamd

Water. Die Suid-Afrikaanse samelewing

het ’n groot nood na waardes wat veral fokus op menswaardigheid, respek en integriteit. Die Water-program het die vestiging van bates met ’n waarde-inhoud as fokus.

Die woord water kan op Engels en Afrikaans met dieselfde betekenisinhoud gebruik word. Aldus kan die program, met water as handelsmerk, in kerklike sowel as buite-kerklike konteks gebruik word.

Só kan die program so wyd as moontlik toeganklik gemaak word vir ’n verskeidenheid van vennote vir die vestiging van waardes. Die Water-program wil die kerk in staat stel om ekumenies sáám met ander denominasies en groeperinge in skole en in gemeenskappe ’n verskil te maak.

Die Water-program fokus op meer as een invloedsfeer.

Gemeentes kan dit by plaaslike skole aanbied. So ook vir die gemeente se ouers en kinders.

Die gemeente kan dit ook vir sakeondernemings of ander instansies in ’n gemeenskap aanbied. Ondernemings kan dit gebruik as lewensvaardigheidsprogram vir hulle werkers.

Hierdeur wil die Water-program die missionêre gerigtheid van ’n gemeente bevorder. Met behulp van dié program, kan gemeentes op die hele gemeenskap ‘n impak maak.

In gemeentes self sou die materiaal kon deel wees van die kategesemateriaal. Ouers kan begelei word om die implementering van ’n spesifieke waarde met hulle kinders te bespreek.

Die skool neem dit dan verder deur een maal per week, deur middel van ’n jeugwerker, predikant of personeellid ’n

16

Na bl 18

Page 15: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

1818

geleentheid te skep waartydens op dieselfde batewaarde gefokus word.

Gedurende skooltyd kan dit deel wees van die kurrikulum vir Lewensoriëntering. Die program word so ontwikkel dat dit toepaslik sal wees vir voorskoolse, laerskool- en hoërskoolleerders.

AfrondingsjaarDie tweede komponent is die implementering van ’n

afrondingsjaar, bekend as ’n Gap-jaar. Dié program sal hopelik ’n nuwe generasie van jong

leiers help kweek vir die bediening sowel as die sekulêre wêreld.

Die afrondingsjaar gebruik ’n holistiese benadering wat op jongmense se geestelike, sosiale, emosionele, praktiese en leierskapontwikkeling fokus.

Die gewenste uitkoms vir hierdie diensjaar is om jongmense te vorm en uit te stuur om agente van verandering in die verskillende sfere van die samelewing te wees.

Vorming sluit ’n verskeidenheid elemente in. Die hoop is dat ’n jongmens, deur blootstelling aan

’n afrondingsjaar, ’n beter toegeruste gelowige sal wees wat die selfvertroue en vermoë sal hê om ’n verskil in die gemeenskap te maak. Dit is ’n jaar wat fokus op die ontwikkeling van ’n persoon met ’n spesifieke missionale fokus en het die potensiaal om ’n groot impak te maak op die individu, die gemeenskap en die kerk.

Die probleem met sommige alternatiewe Gap-jaarprogramme, is dat dit die jongmens uit ’n realistiese konteks verwyder. Die gevolg is dat die persoon nie weet hoe om dit wat hulle ervaar en geleer het daarná prakties in die samelewing toe te pas nie.

Die doel is om ’n afrondingsjaar te ontwikkel wat aandag aan die konteks gee, sodat die aanpassing wat die jongmens die daaropvolgende jaar as student of werkende jongmens ervaar, méér natuurlik sal wees.

Jongmense moet met basiese lewensvaardighede en blootstelling aan verskillende beroepsrigtings toegerus word. Hierdie verskeidenheid van rig tings sal hulle dan help om oor moont likhede te besin waar hulle hulle roe-ping en missionale leefstyl kan uitleef. Die fokus sal boonop wees om ’n ver skeidenheid van waardes soos self respek, omgee en betrokkenheid te vestig.

RitmejaarIn die Noordelike Sinode van die NG Kerk staan die

afrondingsjaar bekend as “Ritmejaar”. Die eerste groep studente is in 2013 ontvang. Meer inligting hieroor kan verkry word by: www.ritmejaar.co.za; [email protected]; [email protected]; [email protected].

Met ’n prosesbenadering en die vesti ging van waardes, wil die kerk jong mense kweek wat as leiers in hulle ge loofsgemeenskappe, werkplekke en ge sinne ’n broodnodige verskil kan maak.

Page 16: Families en jeug - gemeentes nov 2013.pdf · Danie Mouton is ‘n predikant in Port Elizabeth wat fokus op predikant- en gemeentebegeleiding. Die welstand van die Suid-Afrikaanse

S p l i n t e r n u w e p r o d u k t e v i r g e l o o f s v o r m i n g v i r 2 0 1 4

LP3 help laerskool-kinders om te weet wie hulle is.

Net die produk waarvoor julle gemeente gewag het!

Elke module bestaan uit drie komponente:•Juniorwerkboek(gr1-3)•Seniorwerkboek(gr4-6)•CDmetAanbiedersgids

DitwordsaammetdiehuidigeLP3-panele,portretteenprentegebruik.Daarisreedsvirtweejaarmateriaalbeskikbaar,bestaandeuit:

JAAR 1 (MODULE 1): DIE COOLSTE PLAN.

Eenvandiegrootsteproblemeissonde.Onskanditnieoplosnie. GelukkigwasJesussegeboortedeelvandieHereseplanomons

probleemoptelos.Jesushetnaonstoegekomomhierdieprobleem viraltydvanonsafwegteneem.

JAAR 2 (MODULE 2): WYS MY DIE WEG. (NUUT)

Myaardseleweisdiepadwaaropmydromewaarkanword. God stap saam met my en help dat my drome vol liefde virmenseword.SopadlangswysHymyomlieftehêsoos watHyliefhet.Ditissypadvirmy!

JAAR 3 (MODULE 3): ENE ORE! NUWE MANIERE

Beskikbaar2015

Vir meer inligting en produkte, besoek ons e-winkel by www.bybelmedia.co.za*Deeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIA * Direkte bestellings: [email protected] *

Geen posgeld betaalbaar nie. * Bestellings kan op jou gemeenterekening geplaas word.