esprit nov des '14(digi pub)

32
mpy-esprit 3 personeel-esprit 17 pitkos 26 popcorn-pretblad 28 agterstoep 32 >9 Opkomende boere leer by die kenners >10 >21 >3 nov/des 2014 Soedan-blog: http://sudan.africum.biz. ONS MAAK SKOONSKIP 3 nasionale kampioene >21 wenners >23 >10

Upload: chillidesign

Post on 08-Apr-2016

293 views

Category:

Documents


20 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Esprit nov des '14(digi pub)

mpy-esprit 3

personeel-esprit 17

pitkos 26

popcorn-pretblad 28

agterstoep 32

>9

Opkomende boere leer by

die kenners >10

>21

>3

n o v/d e s 2 0 1 4

Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

ONS MAAK SKOONSKIP

>3 >3

3 nasionale kampioene

>21

wenners

>23 >10

Page 2: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense2

DIE REDAKSIE EN MEDEWERKERS van esprit de corpsis gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons sto-ries en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

Analie Kotze – [email protected] Modiakgotla – [email protected] Carelzen – [email protected] Marais – [email protected] van Heerden – [email protected] van der Merwe – [email protected] Sparrow – [email protected] van Rensburg – [email protected] van Zyl – [email protected] Loots – [email protected] de Greeff – [email protected] Fouché – [email protected] du Preez – [email protected] van Rooyen – [email protected] Verwey – [email protected] van Reenen – [email protected]

Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saamgestel uit bydraes van die personeel van die Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie. Die redaksie behou die reg voor om artikels te redigeer en oor plasings te besluit.

Nici Harmse, Redakteur: [email protected]: 012 332 3833 of 082 850 9719Yolandé van Zyl, Assistent: [email protected]

me

de

we

rke

rsProduksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign

mpy-espritUitdagings skep geleenthede 3Kortliks 4Suidwes spog met sy beste 5Omring jou met mentors, glo Richard 6Boerdery is vir positiewe mense 7Soedan – Hier kiep-kiep 8Suidwes Consultative Forum 9Opkomende boere leer by die kenners 10De Kuile-boeredag bied meer as net praatjies 11Christiana onthaal die ouens met die bestelboeke 11Even if you are not infected you will always be affected 12Water is sy ding 12Nuwe gesigte in ons midde 13Vryburgtak gereed vir die vakansiestormloop 14Opleiding pak boeke op vir die jaar 15Graanleerlinge het toekoms by Suidwes 15Besoek ons aanlyn 16

personeel-espritKies jou gunsteling omslag van 2014 17Die jaar wat was en wat kom 18Hiert, jou 8-potige! 20Wegbreeknaweek kom op die regte tyd 20Sit bietjie hand by 20Wenners van baba en kleuterkompetisie 21Met Protek kan jy ook groen vingers hê 22Sage-program is op skedule 23Wys my jou muis 23Smartie is gevind 23Bou saam aan die gees-muur 23Dubbele geluk – dubbele vreugde 24Hulle haak die knoop deur 24Totsiens maar nie vaarwel 24Lief en leed 25

pitkosKrismis in 'n boks 26Don't make any New Year's Resolutions 27

popcorn-pretbladSuidwes uitblinkers om op trots te wees 28Kompetisie en uitslae 30Karina se mooi goedjies 31

agterstoepSarie se wenner-Peppermint-Crisp- koek en die fietsryer 32

inhoudinhoudSoedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

mpy-Uitdagings skep geleenthedeKortliks

inhoudinhoud

wat kan dit wees?Lourens Brand (Takbestuurder, Hertzogville Handel) het mooi gekyk, dit is 'n waatlemoen. Hy wen die boek, Mosaïek,baie geluk.

oktober sekompetisiewenners

Die korrekte aantal roomyse wat in die Oktober-uitgawe versteek was, was 10. Baie geluk aan

(Admin Beampte, Hoop-stad Handel), jy het mooi gekyk!

wegsteek-kompetisie

dis lekker om te wen

het die boek, Bobbie,uitgegee deur Human en Rosseau, gewen. Geniet die boek.

(PA: Groep HRB)kan skaars wag om haar wenboek, Ryker as Dawid, te begin lees. Sy is

duidelik in haar noppies. Geniet die boek, Zelda.

dis lekker om te wen

kan skaars wag om haar wenboek, Ryker as Dawid

duidelik in haar noppies. Geniet die boek, Zelda.

2014 SE VOETE IS amper onder hom uit en voor jy kan sê 'krismispoeding' lê hy op sy rug. Die jaar het vir Suidwes op 'n hoogtepunt afgesluit toe nie minder nie as drie klante die hoogste toekennings in die land vir hulle onderskeie boerderypraktyke ontvang. Lees die suksesstories van twee van die drie boere op bl 6 en 7. Elke personeellid wat met een van die drie te doen het, het op sy of haar manier bygedra tot hulle suksesse.

Esprit sluit ook op 'n hoogtepunt af met die aanwysing van die wenners van ons baba- en kleuterkompetisie – daar moet iets in die Noorwes Provinsie se lug of water wees wat die kleingoed so mooi en oulik maak. Om 'n wenner te kies, was nie maklik nie maar die inwoners van die Blye Toekoms Aftreeoord het die taak meesterlik voltooi. Ons het besluit dat behalwe vir die pryse wat die wenners gaan ontvang, elke kleinding ook 'n geskenkie van Suidwes sal kry – kyk op bl 21.

Geniet hierdie laaste uitgawe van die jaar, ons sien mekaar weer in Januarie. Rus goed uit en wees veilig.

nici

daar lê die ding

Page 3: Esprit nov des '14(digi pub)

november/desember 2014 esprit de corps3

esprit

november/desember 2014 esprit de corps

Pierre Vercuiel, Sakkie van Zyl, Jan van Zyl, Richard Hobson en Louis Smit.

Soos elke jaar was 2014 vol uit-dagings en geleenthede op alle gebiede, maar veral op die land-boufront was ons vanjaar gekon-fronteer met 'n snel-veranderde omgewing. Hoog op die agenda

van uitdagings is grondhervorming, arbeids-onrus, misdaad, swak ekonomiese omstan-dighede en die voortslepende droogte. Ons weet almal dat 'n boer 'n plan kan maak en dat ons voorheen ook krisisse beleef het. Telkens het die boere dan bymekaargekom en planne beraam om die potensiële bedreiging die hoof te bied.

Toegegee, landbou was waarskynlik nog nooit met soveel veranderings gekonfronteer soos juis nou nie, maar die land en sy mense het kos nodig om te oorleef en derhalwe ook sy kommersiële boere. Landbou kan en sal 'n bedeling skep wat tot die langtermyn-voor-deel van almal sal wees. Dit gaan egter leier-skap verg met wysheid, 'n positiewe gesind-heid en 'n versoenende benadering. Gelukkig is ons geseënd met goeie leiers wat al hierdie kwaliteite het. Hulle het egter die ondersteu-ning van die individue en strukture in geor-ganiseerde landbou nodig om te help om ook hierdie wa deur die drif te trek.

Uitdagings skep geleenthedeSoos die uitdagings kom, so kom die geleent-hede ook, en vanjaar het verskeie boere in die Suidwes-bedieningsgebied hulle onderskei

deur uitmuntende prestasies te behaal. , voorsitter van Suidwes se

direksie, is tot President van Agri Noordwes verkies. Dit kom in 'n tyd wat Pierre 'n groot bydrae kan maak, veral weens sy onwrikbare geloof in markbeginsels en sy visionêre bena-dering tot landbou in Suid-Afrika.

Suidwes het drie nasionale kampioeneDan is daar, waarskynlik vir die eerste keer in die geskiedenis van Suidwes Landbou, drie nasionale kampioene uit ons bedieningsge-bied aangewys. Al drie boere is groot klante van Suidwes en ons beslis baie trots op hulle prestasies.

van Kingswood is as Na-sionale Jongboer van die Jaar aangewys.

van Reivilo is aangewys as Voermol se Nasionale Beesboer van die Jaar.

van Setlagole is aange-wys as die Nasionale Graanboer van die Jaar.

Ons wil graag aan hierdie vier mans hulde bring met hulle prestasies. Dit is lekker om te kan spog dat almal groot en lojale klante van Suidwes Landbou is.

Die maatskappy het vanjaar die effek van die lae mielieprys en die algemene swak ekono-miese omstandighede gevoel en, hoewel die verwagting is dat ons sowat 20% beter as die vorige jaar sal presteer, is die prestasie steeds

nie na wense nie. Van die afdelings en filiale in Suidwes trek swaar weens die droogte. Daarom fokus Bestuur spesifiek daarop om daardie besighede te optimaliseer. Die maat-skappy is egter goed geposisioneer en sodra die klimaat normaliseer, sal ons die voordeel daarvan trek. Toewyding en harde werk is al wat nodig is om 'n sukses te maak en Suidwes is geseënd om, soos in die geval van ons klan-te, ook toppresteerders onder ons personeel te hê. Ons het onlangs ons jaareindfunksie ge-had waar verskeie van ons personeel beloon is vir hulle uitsonderlike prestasie. Dit is hierdie individue wat 'n verskil maak wanneer dinge taaier as normaal is.

Personeel is die hartklopSuidwes is nie 'n gebou in 'n dorp of dorpe nie, maar bestaan uit mense. Dit is die personeel wat die hartklop van die maatskappy is en die klante wat ons voortbestaan verseker. Sonder mense het die maatskappy geen kultuur, etos of waardes nie. Dit is dus vir my logies om aan al hierdie mense hulde te bring en te bedank vir hul harde werk en ondersteuning oor die afgelope 12 maande. Mag die tyd saam met julle gesinne vreugdevol en spesiaal wees. Vir die van julle wat met vakansie gaan wens ek 'n voorspoedige reis toe – kom veilig en verkwik terug vir 2015!

Groep HUB

e

Page 4: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense4

is as die Besturende Direkteur van Agrinet aangestel. Hy was tot onlangs 'n bedryfs-direkteur by Buildit/Spar en was voorheen ook by die Shoprite/Checkers- en Massmartgroepe. Sean is 'n bestuurder met sy vinger op die pols en het uitstekende ondervinding in groot- en kleinhandel.

BD van Agrinet het sy vinger op die pols

-esprit<kortliks>

4 die gees van ons mense4 die gees van ons mensedie gees van ons mense4

kortlik

s het onlangs die SIAL-skou in Abu Dhabi op uitnodiging van Jenaan bygewoon. As die Landboukundige vennote van Jenaan word hierdie geleentheid jaarliks gebruik om 'n terug- en vooruitskouing van die vordering op die Soedanprojek te doen. Die Jenaanstalletjie was baie professioneel en het aandag getrek. Van links is Pierre Vercuiel (Voorsitter van die Direksie), Hansie Viljoen (Onder-voorsitter van die Direksie), Louis Smit (Groep HUB) en IB Oosthuizen (HUB: Terratek International).

Suidwes het onlangs die beherende belang in aangekoop. Protek is 'n bekende handelsmerk in die huis- en tuinmark wat veral op chemiese beheermiddels in klein verpak-king fokus. Protek kom feitlik in elke hardewarewinkel in die land voor en sal deur Agrinet versprei word.

wat aan Suidwes behoort het, is onlangs verkoop, een aan personeel en die ander een aan 'n belegger. Dit bied personeel die geleentheid om eiendom te besit wat mettertyd in waarde sal toeneem. Die verkoop van die woon-stelle aan die belegger is onderhewig daaraan dat Suidwesperso-neel se huurvoorwaardes dieselfde bly.

Personeel kry geleentheid om eiendom te besit

Nuwe besigheid in Suidwes-kamp

Rayner van Rooyen is 'n werkgroep gestig om die prysmededin-gendheid van Suidwes deur-gans te monitor met die doel om 'n databasis op te bou. Die werkgroep bestaan uit Rayner as sameroeper, Annette Neethling (Handel Aankoper) en Jaco van Niekerk (Mega-nisasie Aankoper). Die doel met die werkgroep is om bestuurs-inligting te versamel deur pryse

Werkgroep hou pryse dopvan dieselfde produkte by Suidwes se bedryfspunte met die opposisie s'n te vergelyk. Dit sal nie alleen verseker dat Suidwes pryskompeterend op 'n mandjie produkte is nie, maar ook toesien dat Suidwes-aankopers produkte teen die regte pryse aankoop. Die inligting gaan ook gereeld aan klante gekommunikeer word om wanpersepsies in die mark reg te stel.

Dagbestuur is Jenaan Investments se gaste by skou

Hy het onlangs sy MBA-graad verwerf en het homself die afgelope jaar onderskei deur sy betrokkenheid in Soedan en die Groep se Bemarkingsfunksie. Die UK het hom in hierdie lynfunk-sie aangestel in belang van die belegging wat die Maatskappy in Deon, deur sy studies gemaak het, asook loopbaan- en opvolg-beplanning vir die toekoms.

Deon sal direk aan Patrick Nelissen rapporteer. Alle tak-bestuurders en ander handels-afdelinghoofde rapporteer soos normaal ook aan Patrick.

Marlis de Greeff neem waar as Menslike Hulpbronne Bestuurder.

is as Operasionele bestuurder by die Handelsdivisie aangestel.

Handel wink Deon nader

Page 5: Esprit nov des '14(digi pub)

november/desember 2014 esprit de corps5

esprit

esprit

esprit

-esprit

boere se taak vandag? Dit is om ons deel in die voedselwaardeketting vol te staan sodat verbruikers voedsel teen die beste prys kan kry,” so het Pierre Vercueil, Voorsitter van Suidwes se Direksie by dié spogfunksie gesê.

Louis Smit (Groep HUB)het trofees oorhandig aan Sakkie van Zyl van Kingswood, hy is aangewys as 2014 Toyota SA/Agri SA se Jongboer van die Jaar, aan Richard Hobson van Setlagole as Graan SA se Graanprodusent van die Jaar, Jan van Zyl van Reivilo as Voermol se Nasionale Beesboer van die Jaar en ook aan Pierre Vercueil wat as president van Agri Noordwes aangewys is.

Pierre het ook verwys na ’n

Dit was ’n gesellige kuier om die mooi opgemaakte tafels – van die Direkteure van Suidwes kuier saam tydens die ete wat by Suidwes se hoofkantoor gehou is.

studie wat gewys het dat kos in Suid-Afrika van die goedkoopste ter wêreld is. “Dit is ’n feit wat ons baie meer behoort te verkondig, veral in politieke kringe,” het hy gesê. Hy het kortliks verwys na die karakter van elkeen van die drie Boer van die Jaar wenners.

“Jan van Zyl en sy vrou Irma het hulle merk in die veebedryf gemaak en wanneer mense van vee praat, praat hulle van Kroon-vee, die naam van hulle boerdery. Jan vertel altyd dat hy en sy twee seuns eintlik met gras boer,” het Pierre vertel.

“Vir Richard Hobson ken ek al van kleintyd af, ons boer in die selfde omgewing. Hy was ’n mannetjie van so vier jaar oud, toe is hy al op die trekkers doenig,

niemand het ooit gewonder wat Richard gaan doen as hy groot is nie. Baie mense praat oor nuwe tegnologie, maar die doen van nuwe tegnologie is nie so maklik soos die praat daaroor nie, maar Richard doen dit met oorgawe en entoesiasme,” het hy oor dié Graanboer van die Jaar gesê.

“Ek onthou vir Sakkie van sy skooldae af waar ek hulle raak-geloop het toe hy vir Stellaland krieket gespeel het. Ek onthou hoe sy pa, Fanie al om die veld geloop het – Sakkie het heeltyd geweet sy pa is daar , want Fanie het nooit ophou praat nie. Sak-kie is maar vir vier en ’n half jaar terug op die plaas en het reeds hierdie toekenning ontvang – hy is ’n besondere gebalanseerde jong-

man wat net so goed in sport as in die akademie doen,” het Pierre oor Sakkie gesê.

Pierre het afgesluit en gesê dat hy moed kry omdat hy by soveel jong manne hoor dat hulle kans sien om ’n lewe uit landbou te maak. “Ons jong boere gaan land-bou nog ver neem. Suidwes sal in die waardeketting bly om hierdie boeresakemanne by te staan en ons sien uit na wanneer dié jong manne by Suidwes se Direksie aansluit.”

SUIDWES HET VROEG inDesember ’n spogfunksie gehou om onder andere hulde te bring aan vier boere wat groot presta-sies behaal het.

Die trofees met hulle besondere ontwerp spesiaal gemaak vir die geleentheid.

Jan van Zyl en sy vrou Irma maak hulle merk in die veebedryf.

e

Suidwes spog met sy beste

Page 6: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense6

-esprit

suk

ses

druk om Richard te oortuig dat ek ’n oggend van sy tyd wil opneem vir ’n kuier op sy plaas. Hy is midde-in planttyd en het nie baie tyd vir enige iets anders nie. Ek verstaan egter nou, na ek die omvang van sy plantproses eerstehands beleef het, wat hy bedoel as hy sê hy het nie tyd nie. Richard glo hy moet sy voete in die land by die plantery hê as hy dit reg wil doen. En hier is nou ’n man wat weet hoe om dinge reg te doen,” vertel Jedrie Harmse, redakteur van Ons Eie.

Nonen Ranch-boerdery is deel van die groter familiebesigheid, die Botselo-groep. Die goep be-hoort aan Carey Hobson, sy broer Adrian en Carey se seuns Garth en Richard. Richard is verant-woordelik vir die boerdery.

Die Botselo-groep bestaan uit Botselo-carriers – ’n vervoer-besigheid, die Botselo-meule, Botselo-Grain, wat opberging doen en graanverhandeling hanteer en dan Nonen Ranch, die boerdery. Hulle het ook ’n wild-vertakking en ’n lodge wat die waardeketting voltooi. Botselo is ’n Tshwana woord wat ’lewe’ beteken. Richard is die derde genderasie Hobsons wat op die grond hier by Setlagole boer. Suidwes se assessors het onlangs by die Botselo-meule opleiding aan die werknemers gegee. (esprit Oktober 2014)

“Richard het van kleins af net een plan gehad en dit was om te boer, ’ek het nie nodig gehad om ’n kopdokter te gaan sien om te weet wat ek met my lewe wil doen nie – boerdery is van klein-tyd af al my passie’,” sê Jedrie.

Oor presisieboerdery het Richard al heelwat in die media en ander forums te sê gehad en is van mening dat mense die term verkeerd verstaan. “Mense dink dat presisieboerdery oor tegnologie gaan en dat dit boer-dery met groot, duur masjinerie

Ons Eie het op Richard Hob-son, SA Graan se Graanpro-dusent van die Jaar, se plaas Nonen Ranch by Setlagole gaan kuier. Richard het ’n lang verbintenis met Suid-wes – hy was onder andere in 2010 Terratek se Presisieboer van die Jaar. Hy was ook in 2009 Agri Noordwes en Toyota se Jongboer van die Jaar.

SA Graan se Graanpro-dusent van die Jaar

e

behels. Dit gaan egter oor die optimale benutting van hulp-bronne en die tegnologie is maar net werktuie wat gebruik word om hierdie doelwit te bereik,” is sy oortuiging.

Vir hom is daar vyf baie belangrike punte in boerdery: die grond, die chemie, navigasie-tegnologie, stroperdata en meganisasie. Die tegnologie is duur en daarom speel ekonomie van skaal 'n geweldige rol in die tipe boerdery. Dit is ook die rede waarom groter boerderye al groter word en kleiner boerderye verdwyn – jou vaste koste bly dieselfde of jy groot of klein boer.

Hulle plant op sowat nege plase wat oor ’n afstand van ’n honderd kilometer strek. Daar was altyd 80 mense by die ope-rasie betrokke en hierdie mense en al die toerusting moet van plaas na plaas trek in die plant-seisoen. Deur die kleiner trekkers te vervang en na massahante-ring van saad en kunsmis oor te skakel, is daar nou net 20 mense betrokke. Nou het hulle die voordeel van al die besparings aan tyd en geld wat daarmee gepaard gaan.

Richard is opreg beskeie wan-neer hy oor sy sukses uitgevra word. “Ek kan nie arrogant wees nie, ek het al te veel verkeerde besluite geneem wat my duur te staan gekom het. Ek het vroeg al geleer dat ek baie tekorte het en dat daar baie dinge is wat ek nie goed kan doen nie en daarom moet ek my omring met die regte mense. Ek werk regtig hard daaraan om verhoudinge met die regte mense te kweek, met kundi-ges wat my kan help om die regte besluite te neem.” Hy vertel dat ’n mens die gemiddeld is van die vyf mense waarmee jy die meeste om-gaan – dit is dus belangrik om jou met mentors te omring. “Sukses het baie met leiserskap te doen, maar jy moet ook ’n spanspeler wees,” is Richard se filosofie.

Omring jou met mentors, glo Richard

Richard en Paula Hobson is 'n gedugte span in die boerdery, sy hanteer die finansies. Hulle het twee dogters, Megan (6) en Nicole (3).

Page 7: Esprit nov des '14(digi pub)

november/desember 2014 esprit de corps7

-espritesp

ritesp

rit

minute in Sakkie van Zyl se geselskap verstaan jy hoekom hy na net sowat drie jaar in die boerdery die toekenning as Toyota SA/Agri SA se Jongboer van die Jaar verdien. Sy entoesiasme, nie net vir boerdery nie, maar vir die lewe, sleep jou gou-gou saam. “Boerdery is nie vir mense met ’n negatiewe uitkyk op die lewe nie. Ek weet alles is nie maanskyn en rose nie, en ons kan nie bekostig om ’stupid’ te wees nie, dit is met nugter denke en ’n positiewe gesindheid dat ons die uitda-gings in die landbou sal oorkom,” is sy filosofie.

Sakkie is nou 34 en die jaar toe hy terugkom plaas toe om na sy studies en vyf jaar se werk in die korporatiewe landbou te begin boer, reën dit die jaar só dat ’alles versuip’. Die 2010/11-seisoen was besonder nat – Sakkie praat van ’die vloed’. “Ons het by die 1 200 mm reën gehad. Ons moes met die hand oes, want jy kon nie met ’n stroper in die lande kom nie. Voertuie het eenvoudig vasgeval.

Dit was ook die laaste van die reën, want die volgende seisoen kom die lang droogte. “My tweede seisoen op die plaas reën dit weinig, maar danksy oorge-noeg grondvog van die vorige seisoen, het ons ’n uitstekende oes. Maar toe is die water op, en die volgende twee jaar reën dit bitter min hier in Kingswood se omgewing,” vertel hy.

Toe die droogte hulle eie voor-rade uitgeput het, moes hulle be-gin soek na alternatiewe weiding. Gelukkig het sy verloofde se pa, wat naby Warden in die Vrystaat boer, ’n goeie jaar gehad en aangebied om hulle met weiding te help. “Jy kom voor moeilike keuses te staan in sulke omstan-dighede. Ons het besluit om op ons teelkudde te fokus. So trek ek met die beeste die 400 kmWarden toe,” vertel Sakkie.

“Dit was onder die omstan-dighede beter om die beeste na die voer te neem as om die voer na die beeste toe te bring.”

Sakkie vertel dat van die plaaswerkers verbaas was oor die klomp beeste wat op die plaas

aankom. Een van hulle voor-manne vertel toe die storie dat dit die beeste is wat Sakkie uitsit vir lobolla wat hy aan die man op Warden moet betaal om met sy dogter te mag trou. Die werkers was van mening dat dit darem ’n baie ruim lobolla is om vir een vrou te betaal. “Ons lag vandag nog oor dié grappie en wanneer iemand na dié kudde verwys, word daar steeds van Sakkie se lobolla-beeste gepraat.”

Sakkie is die vyfde Van Zyl wat op hierdie stuk grond boer. “Toe my oupa op die plaas was, en my pa nog op skool, moes Pa na skool in die middag met die trekkertjie ’n stuk land ploeg. Dan het Oupa die volgende oggend met die hand gesaai en vanmid-dag moes Pa weer die volgende stuk ploeg. My voorgeslagte het oor jare geboer om hierdie boerdery te maak wat dit vandag is. Dit vat ’n enorme lang tyd om ’n boerdery van die grond af op te bou totdat dit selfversorgend is. Hier is bae mense se sweet oor baie jare in hierdie grond in,” vertel Sakkie.

Net ’n paar kilometer an-derkant die Bamboesspruit, 35 km uit Wolmaransstad, draai jy links af na Kingswood om by Rietfontein te kom waar Sakkie van Zyl boer. Hy is vanjaar Toyota SA/Agri SA se Jongboer van die Jaar en Ons Eie het by hom gaan kuier om te sien wat dié jong man so besonders maak.

Toyota SA/Agri SA se Jongboer van die Jaar

Boerdery is vir positiewe mense

esprit

Sakkie se getroue hond, Mauser, is gek na bakkiery. "Jy moet hom met kos van die bakkie af lok," sê Sakkie.

Sakkie se lobollabeeste wat hy 400 km agter weiding aan vervoer het. Sy verloof-de se pa het in die droogtetyd voer vir Sakkie se beeste gehad.

Toyota SA/Agri SA se Jongboer van die JaarToyota SA/Agri SA se Jongboer van die Jaar

e

Page 8: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense8

-esprit

soe

da

n

Carl Bierman gesels uit SoedanCarl Bierman gesels uit Soedan

’n Onlangse besoek aan ’n hoen-derplaas het ons vebaas oor die vordering wat hier in Soedan ge-maak is om meer veilige voedsel te produseer. Die plaas se naam is “Nile poulty” en is slegs so 80 km van die Al-Dabbah projek af. Die plaas meng sy rantsoene self en gebruik sorghum i.p.v. miel-ies. Tans word daar minder as 100 000 ton mielies in Soedan geproduseer.

Die vordering op die gebied van hoender boerdery is om die minste sê, indrukwekkend en aangesien ons hoender porsies hier op die projek ook van hier-die plaas af kom weet ons dat dit onder baie higiëniese toestande geslag en verpak word.

Hier kiep-kiep< stories uit soedan >

Alle besoekers en werkers dra jasse en maskers om besmetting van die eiers te voorkom.

Die temperatuur in die vrieskamers soos hierdie een is -40° C.

Die verpakking en verkoeling word hier gedoen. Die vloere en werkareas is silwer-skoon en alles hier verloop seepglad.

Die slagpale word nog nie konstant gebruik nie en ons kon ongelukkig nie die slagproses sien nie.

Hierdie eiers moet nog net een dag in die broeimasjien wees voor die kuikens uitbroei.Die bestuur van die aanleg verduidelik die prosesse baie vriendelik – maar hulle Engels is gebroke en ons Arabies is ook maar swak.

Die voeraanleg gaan nog uitbrei en is slegs in die beginfase van produksie. Inlas: Die perseel waar die kuikens gevoer word kon nie besoek word nie uit vrees vir siektes. Ons kon darem die foto van die aanleg afneem.

Page 9: Esprit nov des '14(digi pub)

november/desember 2014 esprit de corps9

-espritesp

rit

is prescribed in the Employment Equity Act and represents the whole company. The main focus of the forum is the reaching of the EE targets and goals which are reported to Department of Labour annually. It includes reporting on further stud-ies, recruitment and promotion of personnel, also learnerships and training grants received from AgriSeta.

The representatives are appointed every two years after a nomination and election process.

The current representatives are:NWet Vacant

Silo Bamboesspruit: David Senatle

Silo Wolmaransstad: Emmanuel Tlhagaswane

Mechanisation: Josef Modise

Silo Christiana: Jimmy Jasson

Suidwes Fin: Genevieve McEntee

Silo Hoopstad: Walter Booysen

Central Office: Elias Modise

Silo Amalia: Hiram George

Retail Leeudoringstad: Ishmael Selebalo

information that is given at the quarterly meetings is communicated to the rest of the company. Management also assists with getting the message to the person-nel by putting it on the agenda of the Management meetings (BK)

employees and will put matters on the agenda for the next meeting.

The management team that forms part of the Consultative Forum:Louis Smit – Group CEO

George Potgieter – Group CFO

Patrick Nelissen – Group COO & CEO: Retail

Martin Ehlers– CEO Suidwes Fin

Anton Jordaan – CEO Grain

Derek Linde – Group CLO

Deon Badenhorst – Operational manager in training

Marlis de Greeff – Manager: Admin and Employment Equity

Sello Sekgejane is the secretary of the Forum

planned “Voetspore program” for job levels 5 – 11.

the Employment Equity Act.

Trainee Branch Managers.

also needs to be reviewed.

At the meeting of 4 Augustus 2014 the following was on the agenda:

Modise ’s contract extension

-gram

legislation

2014)

placements and advertisements

4 2 2

17 10 7

5 - 8 262 24 5 19

9 - 13 136 23 19 8

14 - 18 62 9 8 1

19 - 26 2 1 1

57 33 28

Suidwes Consultative ForumWhat and who is the Consultative Forum?

The next meeting is scheduled for February 2015.

Suidwes Consultative ForumWhat and who is the Consultative Forum?

Suidwes Consultative ForumWhat and who is the Consultative Forum?

Page 10: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense10

-esprit

ken

nis

vir opkomende boere is baie goed bygewoon en die program wat aangebied is, was propvol interessante en toepaslike lesings. Die lesings is in drie tale aangebied en die seremoniemeester, Mnr Monchusi van die Departement van Land-bou het die verloop van die dag uitstekend bestuur.

Theo Gerber (Takbestuurder Christiana Handel) het die ver-welkoming gedoen en elkeen het hoendervleis gekry toe die boere en plaaswerkers die verrigtinge met ’n gewyde lied en gebed in Tswana open.

Die lesings was insiggewend en die volgende punte was deeg-lik bespreek:

gebruik van die korrekte olie en brandstof in enjins – Willie Coetzer (Engen)

-tuigbande – Hennie Stevens (Christiana Bande)

Hantie Marais (Ruggedwear)

van beeste, skape en bokke – Piet Mooi (Antrovet)

moet word – Mnr Monchusi (Departement van Landbou)

Aubrey Dladla (OBP)

van gronderosie – Frans (Virbac)

en water wat diere per dag moet kry – Jan Coetzee (Voermol)

stoofplaat is aan die gaste gedemonstreer – Garreth (Snappy Chef)

heinings – Jaco Burger (Gallagher)

– Dawie Malan (BP Imple-mente)

Sunelle van RooyenBemarkingskoördineerder

Piet Mooi van Antrovet bespreek die dossering en behandeling van vee, hy was ook een van die organiseerders van die inligtingsdag.

Dawie Malan van BP Implemente (in die wit hemp) demonstreer bekostigbare implemente.

Mnr Monchusi van die Departement van Landbou raak 'n belangrike punt aan, naamlik die beheer van veesiektes. Hy was ook die seremoniemeester.

Jaco Burger van Gallagher demonstreer die voordele van elektriese heinings aan 'n opkomende boer.

Opkomende boere luister aandagtig na 'n speker op die inligtingsdag was spesiaal vir hulle gereël is.

Theo Gerber (Takbestuurder Christiana Handel) open die inligtingsdag en ver-welkom die gaste.

Page 11: Esprit nov des '14(digi pub)

november/desember 2014 esprit de corps11

-espritesp

rit

die hoofborge by die De Kuile-boeredag wat op Barney Vorster se plaas by Boetsap gehou is. "Dit was 'n perfekte dag, die son het liggies deur die blaarryke reusebome geskyn met ’n klein stroompie wat tussen die bome deur gekronkel het. In 'n klein skuur in die pragtige omgewing het die bedrywighede van die dag plaasgevind het. 'n Groep van 75 boere het gekom om te leer, te beplan en die toekoms te bespreek," vertel Simone de Villiers (Takbestuurder Reivilo).

Suidwesgroep en Suidwes Landbou se drome en visie met die boere gedeel.

"Ons het darem nie die hele dag net in 'n stoor gesit nie, daar was ook pretaktiwiteite waaraan die boere deelgeneem het soos die skat-ting van die gewig van ’n bulkalf vandie Braunvieh Kristalle-stoetery. Pryse is geborg deur Cipla en Excide. ’n Nuwe voermenger is deur Siloking gedemonstreer en die ander verskaffers wat uitgestal het, was Lafarge, Remitto, Molatek, Feedpro, SA Feedphos en Gallagher."

"Die dag is afgesluit met ’n heerlike steak-braai met die wonderlikste slaaie en brode wat die boervrouens gemaak het. Met afloop van die dag was die boere gevul met stof tot nadenke en boerderylus! Nog ’n sukses vir Suidwes," sê Simone.

Net so voor aartappelplanttyd in November het Christiana Handel en Onderdele die plaasvoor-manne – die ouens met die bestelboeke – onthaal. "Ek en Jan de Meyer (Bestuurder: Onderdele) het besluit om dié manne tydens so 'n geleentheid te bedank vir die besigheid wat hulle met ons doen," vertel Theo Gerber (Tak-bestuurder).

"Die tak het oopgebly sodat die voormanne deur die winkel

In die klein skuur op Barney Vorster se plaas luister die 75 boere na die sprekers by die De Kuile-boeredag.

Siloking se nuwe voermenger is gedemonstreer.

Exide het die prys geskenk vir die gewigskatting van die bulkalf.

De Kuile-boeredag bied meer as net praatjiesDe Kuile-boeredag bied meer as net praatjies

kon stap – hulle kry maar min die geleentheid omdat bestellings gewoonlik telefonies gedoen word. Elke voorman het ’n klein geskenkie ontvang en terwyl ons dit aan die uitdeel was, vra een van die 'ou hande' of hy iets kan sê. Ek was benoud dat hy verkeerde goed oor Suidwes sou kwytraak, maar het hom steeds aan die woord gestel ... Hy het Onderdele en Handel se diens lof toegeswaai en veral vir Jan by uit-

gesonder oor die moeite wat hy doen om skaars of spesiale onderdele vir die aartappel-boere in die hande te kry. Dié klant het ons so gevlei dat ek bekommerd was die ander gaste gaan dink ek het hom voorgesê. Ons is egter baie dankbaar vir sy mooi woorde, want ons probeer hard om goeie diens te lewer en weet nie altyd of dit raakgesien word nie," sê Theo.

Christiana onthaal die ouens met die bestelboeke

Page 12: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense12

-esprit

be

trok

ke

concern for any employer in South Africa as it is estimated that more than 5 million people are infected with the HIV virus. As part of the support Suidwes gives to its employees we display these banners each year in December. Throughout the year training is given to staff about HIV/Aids. It is imperative for employees to expand their knowledge about the disease and personnel are encouraged to know their HIV status and treatment options.

Healthy lifestyleSuidwes also encourages a healthy lifestyle that includes the following:

include vegetables and fruit

create a supportive environ-ment

activities

Suidwes has a clear policy regarding HIV/Aids that pro-tects and assists the employee infected with HIV/Aids.

"We have a committee re-sponsible for creating awareness and supplying information and knowledge about HIV/Aids and related illnesses. Programmes focusing inter alia on sexuality, sexual harrassment, attitude towards infected people and basic first aid procedures are run by this commitee.

Contact Marlis de Greeff to discuss any of these [email protected] or(018) 581 1063

For more information contact the HIV helpline at 0800012322 . Information is also available from clinics and hospitals.

“Even if you are not infected, you will always be affected” Give support where you can.

(links op die foto) het vanaf 29 tot 31 Oktober besoek afgelê by Terratek. Hy is ’n spesialis-omgewings-grondkundige wat ook betrokke was by die opstel van die riglyne vir die kwaliteit van besproeiingswater in Suid-Afrikaanse landbou. Dr Smith sal as adviseur betrokke wees by NviroTek en Terratek met betrekking tot die ontwikkeling van omgewingsverwante grond- en waterontledingsdienste en die uitrol van Amerikaanse tegnologie om gesondheid van grond te bepaal. Ons verwelkom hom in ons span en glo ons gaan nog baie hoogtes saam bereik.

Dr Hendrik kan gekontak word by [email protected]

Water is sy ding

Even if you are not infected you will always be affected

Banners are put up during December to support the fight against HIV/Aids, creating awareness for the illness. Bothaville Handel verwelkom klante met dié tref-

fende Kersboomuitstalling.

Page 13: Esprit nov des '14(digi pub)

november/desember 2014 esprit de corps13

-espritesp

rit

, Bridgitte Mathews, het die personeelbekendstellings-program op 4 November saam met ander nuwelinge (foto's regs) deurloop. Marlis de Greeff

Diensbillikheid) het haar daarna na die silo op Leeudoringstad ge-neem waar Danny Viljoen (Aflos-beampte) haar touwys gemaak het. Marlis vertel dat Bridgitte dit so geniet het dat sy selfs met die hysbak na die bokant van die silo is en die heeltyd vrae gevra het. Bo gekom, is daar geposeer vir 'n foto.

"Voordat ons die foto geneem het sê sy skielik: 'Knock-Knock?'

Nuwe gesigte in ons midde

Sam van Jaarsveld (Vakman Werkswinkel Bothaville)

Alida Koster (Admin Beampte Wesselsbron)

Teresa van Coller (Hoofklerk SuidwesFin Hoopstad)

Nico Coetzee (Stoorvoorman Bothaville)

Franjo Viljoen (Rekenmeester)Jullian Schoeman (Jnr Safex-makelaar)

Piet Selepe (Bemarker Leeu-doringstad)

Danie Havenga (Werktuigkun-dige Clocolan)

LEEUDORINGSTAD-SILO ONTVANG ONS NUWE DIREKTEUR, BRIDGITTE MATHEWS.Van links is Pierre Wessels (Asst Silobestuurder), Gerhard Viljoen (Leerling), Ruth Mothibedi (Algemene werker), Bridgitte Mathews (Direkteur) en Danny Viljoen (Aflos-beampte).

Bridgitte gaan gesels-gesels tot bo

BRIDGITTE MATHEWS is aangestel as ’n Nie-uitvoerende, Onafhanklike Direkteur van die Suidwes Beherend en Africum-rade. Sy sal ook optree as die Voorsitter van die Groep se Oudit, Risiko en IT-komitee. Brigitte maak geskiedenis deurdat sy die eerste swart dame is wat op die raad van Suidwes aangestel is. Sy verwerf haar Geoktrooieerde Reken-meester-kwalifikasie by die Randse Afrikaanse Universiteit in 2006 en is tans ’n finansiële konsultant. Sy is vyf tale magtig, onder andere Frans.

Ek vra 'Wie’s daar?' Sy ant-woord: 'Esmé!' Ek vra: 'Esmé wie? Bridgitte antwoord: 'Es my hare reg?" Die silopersoneel het behoorlik geskater vir haar humorsin," vertel Marlis.

"Ons is daarna na die han-delstak waar sy geïnteresseerd rondgekyk het terwyl ons steeds uitvra. Dit was werklik ’n heerlike ervaring om saam met haar te be-weeg. Sy het ongelooflike energie en is baie nuuskierig. Na die rond-wys het sy gesê dat sy finansies en syfers verstaan, maar nou 'n beter begrip van die landbou-omgewing het." sê Marlis.

Page 14: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense14

-esprit

spo

gw

inke

l

Vryburg Handel het onlangs sy groot opening gehad wat met 'n pragtige funksie afgeskop het. Tak-bestuurder Robbie Dawes het sy personeel geprys vir hulle harde werk en bydraes om van Vryburg 'n spogtak te maak. Die rakke is vol, die produkreekse aangevul en die personeel gereed vir die vakansi-estormloop. Gaan loer gerus in as jy weer in daardie koers gaan.

Vryburgtak gereed vir die vakansiestormloop

Rakke vol pakkies saad van alles soorte moedig mens aan om te begin tuinmaak.Alles wat jy nodig het om die buitelug op 'n perd se rug te geniet is hier te kry.

Die gaste is bederf met heerlike eet- en drinkgoed terwyl hulle na die sprekers geluister het.

Die pragtige leerhandsakke maak uitstekende kersgeskenke. Wanneer laas het jy sulke netjiese rakke gesien? Elke produk op sy plek.

Robbie Dawes oorhandig ’n sertifikaat van waardering aan Dalene Lubbe om dankie te sê vir haar en haar debiteure-afdeling vir hulle bydrae tot sukses.

Page 15: Esprit nov des '14(digi pub)

november/desember 2014 esprit de corps15

-espritesp

rit

wat opleiding by die maatskappy ontvang het aan in onderskeie divisies. So behaal die maatskappy ook sy diens-billikheidteikens (employment

< opleiding >

equity targets) en verseker dat die opleidingstandaard van die personeel hoog bly. behaal. Die leerlinge van 2014 is spesifiek opgelei in die Graanbedryf. Ver-skeie eenheidstaandaarde van die

Graanbedryf wat geregistreer is by die AgriSeta word gebruik om die leerlinge se kennis te toets. Die leerlinge moet hulle praktiese en teoretiese toetse slaag om die kursus te voltooi.

Die assessering van die leerlinge vind maandeliks plaas by Schweizer-Reneke-silo waar die moderator, Marlis de Greef, en die span Graan-assessors byeenkom om die leerlinge “vas” te vat.

Daar word darem nie net al-tyd eksamen geskryf nie, daar is tyd vir ontspan waar ons heerlik saamkuier om die kostafels.

Riekie du PreezBeampte: Opleiding

Marlis de Greeff gee 'n oorsig van die gebeure by opleiding:

laaste Voetspore-program vir die jaar waar Deon Badenhorst en Riekie du Preez hulle uit-stekend van hulle taak gekwyt het.

Graanleerlinge het toekoms by Suidwes

, een van ons assessors, konsentreer so hard dat hy sommer met twee penne gelyktydig merk.

'n Merkding in elke hand

om hulle laaste eksamen te skryf.

eksamen is reeds afgehandel.

AMP-kwalifikasie met lof.

weer nuwe leerlinge werf vir Handel, Meganisasie, Graan en SuidwesFin. Ons wil graag die skole in die dorpe betrek by die proses met die oogmerk om leerlinge te kontak wat sou belangstel in 'n loopbaan by Suidwes.

Page 16: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense16

-esprit

din

am

ies

spog met ’n splinternuwe webblad. Die voorkoms van die webblad weer-spieël die dinamiese en moderne styl van die maatskappy sonder om die landbou-aanslag in te boet. Aangesien klante, verskaf-fers en ander landboumaatskap-pye die webblad gereeld besoek sal nuus oor gebeure in ons omgewing en invloedsfeer voort-durend bygehou word.

Die webblad is op van die heel nuutste platforms geskep en maak navigasie deur die webblad byna intuïtief om dit selfs vir ongeletterde swerwers maklik te maak. Daar is heelwat skakels na verwante bedrywe wat die besoeker wyer toegang tot die landboubedryf in Suid-Afrika gee.

Daar sal gereeld poste gead-verteer word wat werkgeleent-hede by Suisdwes en sy filiale sal bekendstel. Spesiale aanbiedinge van Suidwes Handel sal promi-nent vertoon word om klante die voordeel te gee. Dit is ook maklik

Die Bestuurskomitee het 'n paar gesigte bygekry. Agter van links is Derèk Linde (Groep HRB), Deon Badenhorst (Operasionele Bestuurder), Martin Ehlers (HUB: Finansiering), Patrick Nelissen (Groep HOB & HUB: Handel), Riaan de Lange (Groep HIB) Mario Wolvaardt (HUB: Meganisasie) en Ben Lubbe (Bestuurder: Eiendomme).Voor is George Potgieter (Groep HFB), Louis Smit (Groep HUB), Debbie Engelbrecht (Groep Finansiële Bestuurder) en Anton Jordaan (HUB: Graan)

Ontmoet die Suidwes BK

Suidwes DireksieAgter van links is George Potgieter (Groep HFB), André Botha, Gert Malherbe, Louis Smit (Groep HUB), Theo Delport, Koos le Roux en Frans Marx.Voor is Piet Delport, Hansie Viljoen (Ondervoorsitter), Pierre Vercuiel (Voorsitter) en Bridgitte Mathews.

Suidwes se raadsmanne

om by die regte personeellid uit te kom met volledige lyste van kontakdetail vir al die silo’s, handelstakke, werkwinkels en finansiële adviseurs wat regstaan om ons klante te bedien.

Lees ook Suidwes se lyfblad Ons Eie asook die personeelblad Esprit aanlyn.

Die webblad is so ontwerp dat dit outomaties aanpas by die toestel waarmee die besoeker aanteken. Of die besoeker dus sy selfoon, tablet of rekenaar gebruik is dit ewe maklik om deur die webblad te toer en vinnig te kry waarna jy soek.

Die nuwe webblad is deur Chillidesign ontwikkel wat die blad ook in stand sal hou. Sunelle van Rooyen is die kontakpersoon vir inligting wat op die webblad gevoeg word.

Gaan loer gerus na hierdie moderne, dinamiese en profes-sionele beeld wat die maatskap-py uitdra by www.suidwes.co.za

Besoek ons aanlyn

din

am

ies

din

am

ies

din

am

ies

Die nuwe Suidwes-web-blad is modern en maklik navigeerbaar. Die tuisblad (bo) bied die besoeker wye opsies en elke divisie het sy eie bladsy(e). Kontakbe-sonderhede is net een klik ver. Die webblad beskik oor 'n goeie soek-platform (search engine) waar in-terskakeling tussen verskil-lend verwante onderwerpe gedoen word.

Page 17: Esprit nov des '14(digi pub)

november/desember 2014 esprit de corps17

esprit

Kies jou van 2014

Van watter omslag hou jy die meeste?Ons maak 'n vinnige opname van die gewildste omslag van die jaar. Kies die drie waarvan jy die meeste hou en stuur jou antwoord aan OMSLAG by [email protected]

Merk jou keuses: 1,2 en 3 en die maand waarin die omslag verskyn het.bv. 1 - Maart, 2 - Junie, 3 - Oktober

Januarie/Februarie

April

Augustus September Oktober November/Desember

Mei Junie Julie

Maart

-esprit

Page 18: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense18 die gees van ons mense18

belew

enis

-esprit

Elke jaar lees mens in pu-blikasies hier rondom die end van die oujaar en die begin van ’n nuwe jaar dat ons terugkyk en vorentoe kyk en elke jaar irriteer dit my omdat dit al so oor en oor gedoen is. Maar nou moet ek toegee, daar is tog iets in die lug of in die water wat selfs vir my saamsleep om te wonder oor dinge – dit is ’n onontsnapbare behoefte om stil te staan en te kyk of jy nog daar is, of jy nog deel-neem in die regte baan.

So besluit ons om die perso-neel uit te vra oor die proses – wat het vanjaar als met jou gebeur en wat verwag jy volgende jaar? En die antwoorde is uiteen-lopend soos die mense van Suidwes. Baie hoogepunte het om familie en gesinslewe gedraai, ander was weer leefstylhoogtepunte en natuurlik, soos van gemotiveerde personeel verwag kan word - werk.

Die jaar wat was en wat kom

As die lewe goed is

Gesin en familie bly nommer een (Adminbestuurder) vertel van haar hartsbe-

geerte om haar 17 maande-oue kleinkind, Markus, wat saam met sy ouers in Australië bly, te kon ontmoet. In Januarie laat weet haar dogter dat hulle in SA kom kuier, maar ondanks al haar gesoebat, hou hulle vol dat daar eenvoudig te veel papierwerk is om die klein mannetjie saam te bring. Nodeloos om te sê Hester was moedeloos en teleurgesteld. “Maar op die lughawe, staan ek en wag vir hulle en daar kom my dogter met die bondeltjie in haar arms aangestap – die oomblik was te groot, ek het in trane uitgebars en ek het die voorreg gehad om hom vir drie volle weke by my te kon hê".

(Hoofklerk by Fin op Hoopstad) vertel dat sy vir 13 jaar al smag na kinders van haar eie. Dit is dus verstaanbaar dat die hoogtepunt van haar lewe aangebreek het met die geboorte van ’n tweeling in Maart! Vir 2015 sien sy uit na haar nuwe lewe, want sy en Bennie Enslin (Hoopstad-silo) trou eindelik vandeesmaand.

(Kredietbestuurder by Maandrekeninge) is in die wolke oor

haar seun se prestasie met binnens-huise krieket. Hy is gekies om vir die Noordwes-span te speel en vir die KOSH-krieketspan. Sy sê hy

is saam met vyf van hulle skool se seuns genooi vir

KOSH-proewe en kry toe sowaar span. Vir volgende jaar sal dit ’n hoogtepunt wees as haar oudste matriek goed slaag om hom ’n goeie wegspring in die lewe vorentoe te gee.

LOUIS SMIT vertel dat hy die vinnigste rollercoaster in die wêreld gery het - die Formula Rossi by Ferrari World in Abu Dhabi. “Ek het my seun hoor praat oor die Formula Rossi en dat hy dit graag sou wou doen, maar ek het nooit veel aandag daaraan gegee nie. Toe hy hoor ek gaan Abu Dhabi toe het my byna ge-dwing om dit te gaan doen. Absoluut die moeite werd! Jy ry in ’n kar wat soos ’n Ferrari lyk en tot 200km per uur versnel in minder as vier sekondes! Dit trek nogal G's – awesome!” vertel Louis.

se hoogtepunt was die Bruce Springsteen Rock-konsert in Johannesburg wat hy saam met sy familie gaan kyk het. “Ons het papnat gereën, maar dit was oor en oor die moeite werd. Dit is nou een konsert wat ek bitter graag wou sien, maar gedink het ek sal dit net oorsee kan beleef.”

sien uit daarna om volgende jaar saam met ’n paar Suidwes-personeelhede en Trudie, sy vrou, die Argus-fietstoer aan te pak. Lekker oefen Deon!

neem in die regte baan.

So besluit ons om die perso-neel uit te vra oor die proses – wat het vanjaar als met jou gebeur en wat verwag jy volgende jaar? En die antwoorde is uiteen-lopend soos die mense van Suidwes. Baie hoogepunte het om familie en gesinslewe gedraai, ander was weer leefstylhoogtepunte en natuurlik, soos van gemotiveerde personeel verwag kan

(Kredietbestuurder by Maandrekeninge) is in die wolke oor

haar seun se prestasie met binnenshuise krieket. Hy is gedie Noordwes-span te speel en vir die KOSH-krieketspan. Sy sê hy

is saam met vyf van hulle skool se seuns genooi vir

KOSH-proewe en kry toe sowaar span. Vir volgende jaar sal dit ’n hoogtepunt wees as haar oudste matriek goed slaag om hom ’n goeie wegspring in die lewe vorentoe te gee.

Page 19: Esprit nov des '14(digi pub)

november/desember 2014 esprit de corps19

esprit

-esprit

het rede om in die wolke te wees – sy het werk daarvan gemaak om haar beter te kwalifiseer en nie net onder-vinding as kwalifikasie te hê nie. Sy het by die ABKS op Potchef-stroom Universiteit ingeskryf vir ’n diploma in sakebestuur en wou bitter graag darem een onderskeiding behaal. So doen sy dit toe vanjaar, maar kry nie net ’n onderskeiding in Bemar-king nie, maar is ookgewys as die student wat die beste in die klas gevaar het – “en dit op 50,” lag sy. Volgende jaar wil sy die beste in haar werk wees wat sy kan. “My eerste seisoen hier by Fin was maar deurmekaar, maar ek dink ek het nou my voete gevind en sien uit na die nuwe seisoen. En dalk sommer die Hoër Diploma in Sakebestuur aanpak ...?

LOUIS SMIT (HUB) vertel dat sy ontmoeting met die baie bekende sakeman, Brand Pretorius, vir hom ’n werkshoogtepunt was. “Brand is ’n besonderse mens en ons gaan nog baie van hom leer terwyl hy op die direksie dien.” Vir volgende jaar is Louis se versug-ting na ’n normale reënseisoen, of dalk effens beter as normaal so-dat die maatskappy net vir ’n slag op al sy silinders kan vuur. “As ons ’n goeie reënjaar kry gaan die maatskappy goed presteer omdat al die besighede reg gestruktu-reer is,” se hy.

sien uit daarna dat hulle suksesvol lewendig kan gaan met die nuwe ERP-stelsel. “Dit sal vir my ’n hoogtepunt wees na al die bloed-sweet en harde werk.”

Werk is 'n groot deel van ons leweis om ’n verskil te kan maak aan die winsgewendheid van die Han-delsdivisie, waar ek as Bestuurder aangestel is en dan hoop ek saam met Louis vir ’n beter landboujaar met voldoende reën op die regte tyd.”

BEN LUBBE vertel van die suksesse wat hulle afdeling in 2014 beleef het, met ’n klomp nuwe projekte wat suksesvol afgehandel is. Hy vertel van die groot stoor wat op Hoopstad opgerig is asook die heelgoedere-uitstalstruktuur wat byna voltooi is en die opgradering van verskeie handelstakke. Die nuwe jaar hou vir Ben verskeie nuwe uitdagings in met ’n nuwe pos, maar hy sê hy sien kans vir al die nuwe dinge met sy span mense en sy gesin se ondersteuning.

het in sy pos as Bestuurder: Menslike Hulpbronne heelwat werks-hoogtepunte gehad in 2014. Hy het sy MBA-graad gevang en kon die spesiale dag saam met sy ge-sin beleef, hy het Soedan drie keer besoek en een keer sy beursie met alle reisdokumente, selfoon en dollars in die woestyn tussen Khartoem en Al Dabbah verloor. Verder is die Voetspore-program suksesvol geloods en afgehandel en tydens die bekendstelling van Smartnet kon personeel van hulle sorge vergeet en frustrasies op die dromme uithaal. “My betrok-kenheid by Menslike Hulpbronne die laaste vyf jaar was die hoog-tepunt van my loopbaan en my span se deelname en ondersteu-ning was ’n voorreg om te beleef. My verwagting vir volgende jaar e

Page 20: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense20

beleef

-esprit

(tweede van links) is die gelukkige wenner van 'n prys in 'n kompeti-sie wat Ruggedwear gehou het waar iemand 'n naweek weg na Hannah Lodge kon wen. Links is Hantie Marais, Dalene Lubbe, Annetjie Marx en Bruce Witherspoon.

ontvang namens sy kollegas 'n sertifikaat van Ben Lubbe (Bestuurder: Eiendomme). Robbie Daves (Takbestuurder Vryburg Handel) het die toeken-ning gemaak vir die besondere goeie werk wat Mike Kapp, Willem Smango, Morné van der Walt, Maruis van der Merwe en Daniel Mohakane gedoen het met die bou en installering van die kabeltolle asook die skerms by Jack's Paint op Vryburg.

Toe Debbie Engelbrecht (Groep Finansiële Bestuur-der) weer sien, sit sy pens en pootjies op haar kan-toorstoel. Sy het ’n prys by die Tuinboudagfunksie gewen en terwyl sy ewe tevrede haar pryse uitpak spring 'n spinnekop uit een van die sakkies. Jaydene de Jager het die foto net op die regte tyd geneem.

Vir harde werk en syfers het Debbie nie ’n bang haar op haar kop nie, maar spinnekoppe is ’n ander storie!Zelda van ReenenPA vir Groep HRB

besoek, gaan dit gewoon-lik met vrees en bewing gepaard, maar by Menslike Hulpbronne bring hul darem so af en toe ook ’n glimlag. Cornel de Villiers het vir Lanelle Loots ’n ekstra hand kom gee met die inligting wat sy van die mikrofilm moes trek.

Sit bietjie hand by

beleef

Wegbreeknaweek kom op die regte tyd

Hiert, jou 8-potige!

Page 21: Esprit nov des '14(digi pub)

esprit

-esprit

ONS IS AANGENAAM VERRAS met al die inskrywings vir die baba- en kleuterkompetisie, 67 kleingoed is ingeskryf! Riekie du Preez (Oplei-dingsbeampte) het die koördinering van die kompetisie hanteer en sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt.

"Dankie aan al die mammas, pappas, oumas, ooms en tannies wat foto’s ingestuur het. Daar is soveel pragtige kindertjies ingeskryf en ons het besluit om die beoordeling so objektief as moontlik te hou. Ons het dié moeilike taak aan die senior inwoners van Blye Toekoms Aftreeoord in Leeudoringstad toever-trou," vertel Riekie.

Na ’n paar dae se gestoei en gewonder en oor-en-oor-kyk het hulle die sowat 22 beoorde-laars hulle keuses bekend gemaak. Die foto's van die kinders is op borde aangebring en genommer.

Die tannies kon toe in die vier kategorieë hulle keuses maak.

"Baie dankie aan die borge wat die pryse geskenk het, dit word opreg waardeer," sê Riekie.

Suidwes gaan vir elke kind wat ingeskryf het, 'n geskenkie gee, die babas kry elk 'n borslappie en die kleuters 'n t-hempie wat spesiaal vir hulle ge-maak is. (Kyk voorbeelde hiernaas.)

In elke kategorie is twee wenners gekies, een seuntjie en een dogtertjie. Baie geluk aan die kleingoed.

Die moeilike taak om die wenners in elke kategorie aan te wys het op die skouers van die senior inwoners van Blye Toekoms Aftreeoord gerus. Foto's van die inskrywings is op borde geplak vir die beoordeling.

Dis nie aldag 'n maklike taak om die wenners uit soveel pragtige kleingoed aan te wys nie.

Opvreetbaar oulik

... en die wenners is ...

Jacquestjie Carelzen -kleinseun van Boy en Ina du Preez, geluk ook aan Tannie Annemarie Fouchè

Rico Welman – Kleinseunvan Johan en Liesie Welman

Markus Angel – Agterklein-seun van Oumagrootjie Hester Pretorius

Janco van Dyk – Kleinseun van Tienie en Lena Van Dyk

Danelle Maree - Carlien Pretorius is die tannie van die pragtige dogtertjie

Miané van Tonder – Klein-dogter van Alna McIntyre

Leanie Pretorius – Dogter-tjie van Annemarie Pretorius

Anke du Preez – Kleindogter van Riekie en Piet du Preez

0 - 6 maande

6 - 12 maande

1 - 2 jaar

2-3 jaar

"Baie dankie aan die

Suidwes gaan vir elke kind wat ingeskryf het, 'n geskenkie gee, die babas

Jacquestjie Carelzen -kleinseun van Boy en Ina du Preez, geluk ook aan Tannie Annemarie Fouchè

0 - 6 maande

6 - 12 maande

november/desember 2014 esprit de corps21

Page 22: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense22

Annette Neethling saam met die Protekspan - Welma Jurgens, Petri Botha, Annette Neethling, Shane Ferreira en Pauline Swanepoel.

greo

n v

ing

ers

-esprit

Met Protek kan jy ook groen vingers hê

by die Sentrale kantoor se beurt was om die tuinboudag aan te bied het hulle geen moeite ontsien nie en die tuin by die kafeteria pragtig versier met Suidwessambrele en houttafels om ’n tuingevoel te gee.

Met aankoms het almal ’n heerlike bakkie vrugteslaai, koeldrank en geskenkpakkie van ProTek ontvang. Daar was selfs saailinge te koop. Die spreker van Protek was Shane Ferreira wat bygestaan is deur 'n entoesiastiese span mense. Keer op keer moes hulle hulleself inhou om nie op te spring met nog meer inligting nie. Ek is seker hulle kon ons vir ure lank besig hou. Dit is duidelik dat tuinbou hulle passie en lewe is. Die kennis wat hierdie sprekers gehad het, het almal se monde laat oophang.

Gedurende Shane se praatjie oor verskillende Protekmiddels het ’n heerlike bui reën uitgesak. Ons was huiwerig om na binne te beweeg omdat ons mense hier in die Noordwes maar min reën sien. Die volgende oomblik het 'n haelbui uitgesak en ons kon net betyds almal in die gebou kry.

Die Protekspan het selfs aangebied om na mense se huise te gaan om raad te gee as hulle tuinprobleme nie opgelos word nie. Die dames kon pryse wen deur vrae wat deur Protek gevra is, reg te beantwoord.

Baie geluk aan Annette Neethling, Annetjie Marx, Maritsa Carelzen, Alta van Zyl en Simoné Bosch met ’n puik funksie. Sunelle van RooyenBemarkingskoördineerder

Petri Botha verduidelik 'n tegniese punt van tuinmaak.

Alta van Zyl, Annette Neethling en Maritsa Carelzen is deel van die span wat die suksesvolle tuinboudag gereël het.

Debbie Engelbrecht Jaydene de Jager (links) en Annette Neethling

Susan BooyensLezelle van Zyl

Nita Botha Susan du Preez en Annette Neethling

Elrina van Heerden en Annette Neethling

Page 23: Esprit nov des '14(digi pub)

november/desember 2014 esprit de corps23

esprit

-esprit

ONS STEEK ELKE VRYDAG die Smartie in ’n kantoor weg en Amanda Steyn (Krediteure) het hom gevind – sy ontvang 'n beloning daarvoor. Smartie loop rond en wil graag elkeen se dag opvrolik en beter maak.

Neem deel aan die Smartnetkompetisie en staan 'n kans om 'n rekenaarmuis te wen

Beantwoord die volgende vraag:Watter maatskappy is verantwoordelik vir die ontwikkeling van die Smartnet stelsel? Is dit:1. DataPerfect2. Datacentrix3. Auto.I.T.

Die eerste korrekte antwoord wat uit die hoed getrek word, wen 'n rekenaarmuis.

Stuur jou antwoord na SMARTNETKOMPETISIE

Onthou om jou naam, van en kontakbesonderhede in te sluit.

Sluitingsdatum vir inskrywings:

Die ontwikkeling van die Sage-program verloop volgens beplan-ning. Handel en Korporatief het terugvoer gekry en daar moes deeglik deur die dokumente gewerk word. Op 8 – 10 Desember is Handel se inligting weer be-spreek en op 11 en 12 Desember is Korporatief se inligting bespreek.

Die beplanning is dat daar vroeg in Januarie funksies beskikbaar sal wees wat getoets moet word. Al-mal moet goed uitrus gedurende Desember want die groot taak lê voor.

Riekie du PreezBeampte: Opleiding

Sage-program is op skedule

Wys my jou muis

smartnet

KOMPETISIE

Smartie is gevind Bou saam aan die gees-muur

by die Sentrale Kantoor is daar deesdae 'n muur staangemaak.

Esprit het Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder) daaroor uitgevra. "Dit is opgesit om ’n positiewe gesindheid onder die Suidwespersoneel te bewerk-stellig. Ons wil hiermee wys dat elkeen belangrik is en dat Suidwes regtig moeite vir sy personeel doen. Ons kan almal saam pret hê

en ons kan almal lekker saam-werk. Elke afdeling werk so goed in spanne saam met geleenthede soos die Loslitdag, Movember en die Jaareindgeselligheid dat ons dit net iewers moes vasvang. Die personeel kry die foto's op rekenaar maar sien dit nie elke dag soos wat ons dit nou op die muur sien nie. Die bord vertoon foto's van al die takke, silo's en werkswinkels," vertel Sunelle.

Page 24: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense24

spesiale tye

-esprit

AS ’N BABATJIE BESLUIT dis tyd, dan is dit tyd. Die kleine Amy en Jason het op 17 Maart vanjaar besluit hulle is uitgekuier en wou graag die wêreld daar buite beleef. Op 33 weke maak hulle toe hulle luide verskyning. Ongelukkig moes hulle die eerste drie weke in die Neo-natale Intensiewe sorg-eenheid deurbring. Klein Jason (2.1 kg) het asemhalingsprobleme ondervind en is vir die eerste week aan ’n ven-tilator gekoppel. Amy het die skaal op ’n skamele 1.8 kg laat stilstaan. Die twee trotse ouers is Theresa van Coller (Suidwesfin Hoopstad) en Bennie Enslin (Hoopstad-silo). Mamma Theresa het ’n week later as gevolg van bloedverlies ’n terugslag beleef, maar twee eenhede bloed later was die kleur weer terug in haar wange. Na ’n senutergende drie weke se baklei en stoei om sterker te word, was dit eindelik tyd vir Mamma en die twee om huis toe te gaan. Uiteindelik kon Bennie sy gesin tuis verwelkom. Die tweetjies is nou al nege maande oud, hulle lag en gesels en is baie gesond en het sover al hulle mylpale bereik.

Karina van ZylStelselsekuriteit / Admin beampte

Dubbelegeluk – dubbelevreugde

Hulle haak die knoop deur

Totsiens maar nie vaarwel

Schalk Pienaar (vorige besturende direk-teur) en Dailena Hattingh (NviroTek) is onlangs getroud. Baie geluk!

Corné du Preez, dogter van Boy (Mega-nsiasie) en Ina du Preez (Graan), is in September met Wessel van der Merwe getroud.

Die manne van Leeudoringstad-silo spog met hulle met hulle mo’s.Agter is Pierrie Wessels (Assistent Silobestuurder), Danny Viljoen (aflosbeampte) en Ger-rard Viljoen (leerling). Voor is Attie Louw (Silobestuurder).

spesiale tye

MOVEMBER

vir ons as Menslike Hulpbronne om afskeid van so ’n energieke persoon in die afdeling soos Deon Badenhorst te neem. Hy was ons steunpilaar en leier en gaan ons hom baie mis," sê Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder).

"Ons het Vrydag 28 November afskeid van Deon geneem deur hom op 'n verrassingsreis te neem. Ons het die pad Klerksdorp toe gevat. Op die eerste deel van die “roadtrip” het ons elkeen 'n heerlike pakkie met padkos gekry. Dit het jolig gegaan in die bussie wat ons Klerksdorp toe geneem het. Deon het natuurlik nog geen idee gehad van wat ons gaan doen nie. In Klerksdorp aangekom, is ons na Mugg

om die nuwe fliek 'Leading Lady' te sien, maar moes tevrede wees om 'Horrible Bosses' te kyk omdat die projektor stukkend was. Dit was in elk geval 'n heerlike komedie van drie baie dom ouens en ons het geskater soos ons gelag het. 'n Vroliker afskeid van 'n bestuurder kon jy beswaarlik kry! Ons wens Deon alle sterkte en voorspoedig toe met sy nuwe werk by Handel en weet sommer dat hy ’n reusesukses daarvan gaan maak." vertel Sunelle.

Menslike Hulpbronne neem jolig afskeid van Deon Badenhorst.

vir ons as Menslike Hulpbronne om afskeid van so

Page 25: Esprit nov des '14(digi pub)

november/desember 2014 esprit de corps25

Werner en Jacqueline Kotze se dogtertjie, Coleen.

Mark en Marietta Khan se dogtertjie, Ronel Jeanette.

Dogtertjies sag en fyn...

Met leedwese

Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrokkies vir ons te stuur. Annemarie Fouché (PA: Besturende direkteur) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan [email protected]

Ons is bly saam met:Cecil Gresse (Snr Rekenmeester: Graan) is in Oktober met Christi Janse van Rensburg getroud. Piet Oldewage (Snr Bestuurder:Graanadministrasie) en sy vrou An-namarie, se kleinseun is in November gebore.

Julle is in ons gedagtes:Marlise Wessels (Snr-klerk Werkswinkel Hoopstad) het haar baba agv Duitse Masels verloor. Estelle van Wyk (Kredietkontroleur Graan) se broer, Ferdie Campher (oud Suidwes-werknemer), is oorlede. Israel Seleke (Leerling te Leeudoringstad Silo), se suster is oorlede.

Thys Visagie (Snr Assist. Silobestuurder te Hallatshope), se oudste suster is oorlede. Peet Struwig (Lewensadviseur te Wolma-ransstad), is in die hospitaal opgeneem vir mediese toetse. Stefan van Huyssteen (Admin Bestuurder: Sentrale Kantoor) se vrou Theresa is oorlede.Hannetjie Snyman (Admin Klerk: Reivilo), se kleinseun Divan Pretorius is oorlede. Sunelle van Rooyen (Bemarkings Koördineerder), was opgeneem in die hospitaal. Ria Lotz (Jnr. Rekenmeester: Graan) het ’n operasie aan albei haar oë ondergaan.

5 JaarMev PJ Swart (Christiana Kredietkantoor)Mnr PJ Moolman (Wolmaransstad onderdele)Mnr CA Gresse (Silos Hoofkantoor)Mnr MS Monnakgotu (Korporatiewe Bemarking)Mev M Nel (Graan)Mev KL van Zyl (Inbelsentrum)Mnr M van der Walt (Ing Instandhou-ding)Mnr PN Tsoeute (Wesselsbron Handel)

10 JaarMnr JO Fale (Tosca Handel)Mnr P Ellis (Wolmaransstad Werks-winkel)

langdienstoekenningsnovember/desember

langdienstoekenningsnovember/desember

Alta Fouche (Hoofklerk: Kredi-teure) ontvang haar 20-jaar dienssertifikaat van Jonnny Brown (Rekenmeester: Kredi-teure).

20 jaar

Charmaine Jacobs (Hoofklerk: Krediteure) ontvang die Menslike Hulpbronne Investerings-programsertifikaat van Johnny Brown (Rekenmeester: Krediteure).

Mev AJ McIntyre (Migdol Onderdele)Mev SMM Hoffmann (Christiana Handel)Mev N van Rensburg (Makwassie Handel)

15 JaarMnr KA Melamu (Migdol Handel)

20 JaarMnr M Molebala (Wolmaransstad Handel)

25 JaarMev R Scholtz (Tosca Handel)Mev J Steyn (Hoopstad-silo)Mnr TS Maine (Wesstreek Veevoer Depot)

Jonnny Brown (Rekenmeester: Kredi-teure) oorhandig Charné Bothma (Hoofklerk: Betalings) se Menslike Hulpbronne Investe-ringsprogram-sertifikaat.

Riana le Roux (Hoofklerk: Eise) ontvang haar 5-jaar diens-sertifikaat van Jonnny Brown (Rekenmeester: Krediteure).

Hester Pretorius (Adminbestuur-der) ontvang haar 5-jaar dienssertifikaat van Martin Ehlers (HUB: Finansiering).

Marius vd Merwe (Instandhou-ding, Leeudoringstad) ontvang sy 10-jaar diens-sertifikaat van Ben Lubbe.

Riana le Roux (Hoofklerk: Eise) 5 jaar

10 jaar 5 jaar

Ons simpatie gaan uit na Hannetjie Sny-man (Admin Klerk: Reivilo), haar kleinseun Divan Pretorius is tragies oorlede.

Abel Melamu (Vurkhyserdrywer) ontvang sy 15-jaar diens-sertifikaat van en Jan Nell (Bestuurder).

Anize Hoffman (Bamboesspruit Admin Beampte) ontvang haar 5-jaar dienssertifikaat van Hanro Steenekamp (Takbestuurder Bamboesspruit).

Johan Scott (Insetbemarker) ontvang sy 5 jaar-diensser-tifikaat van OC Vermeulen (Takbestuurder Bloemhof).

Georgina Mohlabakoe (Hoopstad silo) ontvang haar 5 jaar-diens-sertifikaat van John Modisadife (Assistant silobestuurder).

Anize Hoffman (Bamboesspruit

5 jaarJohan Scott (Insetbemarker)

5 jaarGeorgina Mohlabakoe (Hoopstad

5 jaar

Annetjie Marx (Admin Beampte) ontvang haar 20-jaar diensser-tifikaat van Ryno Rall (Takbe-stuurder Leeudoringstad).

20 jaar

Ismael Selebalo (Stoorvoorman) ontvang sy 35-jaar dienssertifi-kaat van Ryno Rall (Takbestuur-der Leeudoringstad).

35 jaar

esprit

Ervaar die gees van ons mense

lief & leed

15 jaar

Page 26: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense26

Krismis in ’n boks

MEESTE VAN ONS GEE graag en ons gee veral graag oor die Kers-tyd, maar daar is dalk ’n beter manier van gee, so dink Marionette Venter, ’n maatskap-like werker en algemene bestuurder by Echo Jeugontwik-keling in Pretoria. Esprit het haar gaan vra wat behoeftiges regtig nodig het. Sy is vir die afgelope ses jaar werksaam met tieners en jongmense by Echo Jeugbedie-ning. (Sien die kassie hierby oor die werk wat Echo doen.)

"Met kersfees om die draai, raak ek weer opnuut bewus van die vele kontraste in hierdie mooi land, tussen hulle wat het en hulle wat nie het nie. Ek kan nie help om te wonder of die feestyd vir sommige mense minder seer sou wees, as dit dalk nie so oordadig was nie? Want sien, die wêreld wys vir die wat nie het nie, presies wat hulle mis in dié seisoen. Die feestyd is verseker nie vir almal ’n fees nie.

Dit laat my wonder of ons dan die feesseisoen moet kanselleer ter wille van hulle sonder ver-wagting? Of is dit genoeg as ons uit ons eie oorvloed begin gee en uitdeel om die feesseisoen vir minderbevoorregtes meer draag-lik te maak?

Ek weet dat daar landwyd, en sekerlik wêreldwyd, verskeie pro-jekte en pogings is om Kersfees op een of ander manier spesiaal

te maak vir behoeftige mense. Ek dink dit is fantasties en skiet dit geensins af nie, maar tog veroor-saak hierdie inisiatiewe ’n baie groot dilemma in my gemoed," sê Marionette.

Sy vertel dat sy nou die dag ’n paar vurige e-posse op ’n netwerkforum lees waaraan sy behoort. Die doel met die forum is om kerspartytjies te koördineer sodat een behoeftige ouete-huis of kinderhuis nie drie of vier partytjies kry en ’n ander een niks nie. Die rede vir die debat was veral van toepassing op behoef-tige bejaardes wat met ’n karige pensioen oor die weg moet kom. Gedurende die feestyd word baie van hulle oorlaai met kospakkies, vars produkte en geskenke, tot die mate van vermorsing. Gedurende die res van die jaar kry hierdie bejaardes egter dikwels só swaar dat hulle selfs skaars een ete per dag kan bekostig.

"Die vraag is nou, is dit nie meer sinvol om vir so ’n oom of tannie, elke maand ’n klein kospakkie te gee in stede van die oordadig-heid met Kersfees nie? Is dit nie beter om daardie oom of tannie op Kersdag na jou huis toe te nooi en te bederf, nie net met ’n heerlike ete nie, maar met liefde, geselskap, vriendskap en bowenal die geskenk van nie alleenwees nie."

"Dieselfde geld vir kinder-huise, behoeftige kleuterskole en plakkerskampbewoners. Is

die geskenk van 'jou tyd' nie baie meer werd nie? Nou kan ons redeneer dat om as groep vriende, as gesin, as gemeente of as werkskollegas saam te kom en ’n klompie skoenboksies te pak ook ’n gee van my tyd is. Dit is inderdaad so. En dis waardevol en dit maak ’n verskil. Ek wil geen van hierdie projekte afskiet nie, want dit is fantastiese projekte," sê sy.

"Waaroor ek wonder is, wat van die res van die jaar? Gee eerder jou Kersfeesgeskenk gedurende die jaar. Ek praat nie van duisende rande nie, maar dink net wat ’n verskil gaan dit aan ’n behoeftige bejaarde se lewe maak as sy elke maand ’n buisie tandepaste en ’n botteljie room present kry en dit nie uit haar karige pensioentjie hoef te koop nie. Of ’n pakkie koekies en ’n pakkie tee. Uit jou sak, beteken dit R30. Vir haar beteken dit die luukse van ’n kop-pie tee mét ’n koekie daarby.

Of, om regtig te belê in ’n behoeftige jongmens se toekoms deur by te dra tot verdere studies. Ek is betrokke by ’n tienerbe-diening waar baie van hierdie jongmense die potensiaal het om verder te leer, maar weens karige finansies dit nie kan doen nie. Soms kry ons vir hulle beurse, maar vervoer, skyfbehoeftes en algemene leefkoste bly dan ’n uitdaging. Wat ’n geskenk kan dit nie wees om so ’n jongmens se studies te betaal nie. Of om selfs

net maandeliks so ’n jongmens se vervoergeld te betaal of te ondersteun met toiletware of skryfbehoeftes. Dan maak ons mos regtig ’n verskil wat langer as een ete duur?"

Kersfees is en moet ’n tyd wees van gee en nogmaals gee. Maar dalk moet ons kreatief begin dink oor hoe ons gee en wat ons gee. En dalk moet ons gee nie beperk wees tot Kersfees nie.

Marionette daag jou uit om hierdie Kersfees kreatief en alter-natief te wees in hoe jy gee.

Echo is 'n gemeenskapEcho is ’n alternatiewe omgeege-meenskap vir tieners en jongmense sonder enige ondersteuningsisteme. Tieners en jongmense van verskillende kulture, agtergronde en met verskil-lende probleme, woon saam in een van die agt Echo-huise.

Die Echo-filososfie is om ’n gemeen-skap te wees waar gebroke tieners en jongmense heling kan vind. Hoewel hulle programme, berading en kampe aanbied, is dit veel meer as net ’n program. Echo is ’n gemeenskap. Hulle uitdaging is om vir die jongmense wat by hulle woon iemand te wees en nie iets nie.

Gaan besoek gerus Echo se webwerf om meer oor hierdie besonderse aksie onder die ’verlore’ jeug te leer. Dalk is dit die plek waar jy kan gee – uit jou hart [email protected]

sielskos

Page 27: Esprit nov des '14(digi pub)

november/desember 2014 esprit de corps27

THE ONE THING, I am sure, that most people have in common, is making New Year’s resolutions.

That list of actions, improve-ments, changes and good intentions that we make after the plates that held cholesterol-packed, cream-topped Christmas lunches are packed neatly in the dishwasher.

And while the after-taste of sweet desert wine paired with Swiss chocolate and creamy Gor-gonzola lingers, we make THAT decision - again. 2015 is going to be the year of healthy fat-free food, lots of exercise in the great

outdoors, climbing stairs in stead of riding elevators, drinking 10 glasses of purified water, working smarter – not harder, learning a new language, the list goes on …

Maybe 2015 should be the year that we do not make New Year’s resolutions. We all know that it is only the super- motivated, super-focused, super-determined humans that can, at the end of each year, say: “I have kept my resolutions, I have succeeded!” Oh, please.

Maybe 2015 should be the year that we make New Month resolutions. Way, way better than the drag list of last year. Stay with me, it would become clear that this is the way to go. The traditional list of New Year’s reso-lutions normally consists of ten items, right? Self-help websites, magazines and e-newsletters proclaim that ’magical’ num-ber: ten. Now, if you make one

resolution at the beginning of each month, you already have improved by 20%, a

year having 12 months when I last counted.

Okay, down to business. The key to New Month Resolution is obvious, as you only have the four odd weeks to stick to the Resolution of the Month, your goal is reached much quicker and according to the human sciences gurus, people thrive on instant gratification. So. Choose only one Resolution to focus on per month. Make your resolution an easy one to start off with and choose one that co-incides with the month. Here are a few sug-gestions:

January – eat only fruit that are in season

– make Valentine’s cards in stead of buying them

March – try out a new coffee shop

- plant tulips

May – have a picnic under a tree

– throw out your old magazines

– invite friends for a half-Christmas dinner and sprinkle the table with fake snow

Don't make anyNew Year's Resolutions

Wenke vir ’n veilige vakansie

– tidy up your desk

– wear a flower in your hair when you go out

– Celebrate Rockto-ber – listen to at least one old and one new rock song

– buy a new pair of scissors and chuck out the blunt one

– buy a box of Smarties eat only the red ones

Voila! One year, twelve resolutions, done and dusted. All you have to do now, is brag about your achievements at the Christmas dinner – when you over indulge yet again – at least you do not have to feel guilty about another year’s unfulfilled resolutions.

DIT GAAN NIE ALTYD oor die bestemming nie, dit gaan ook oor die reis. En die belangrik-ste deel van die reis is om jou bestemming veilig te bereik.

Kersfees en die Desember-vakansie is byna hier. Dis ’n tyd wanneer baie mense weggaan vir ’n lekker gesinsvakansie.

'n Paar wenke om in gedagte te hou voor jy die langpad aandurf:

Gaan jou voertuig na Dis altyd ’n goeie idee om jou voertuig te laat nagaan voor jy ’n lang rit onderneem. Beplan jou roeteMaak seker jou roete is deeglik beplan. Laai jou GPS en tik jou bestemming in. Hou inspeksieHou voor jy vertrek inspeksie. Kyk of al jou voertuig se ligte werk – die kopligte, remligte, agterligte en rigtingaanwysers. Gaan die windskerm vir krakies en kepe na en maak seker die ruitveërs is in ’n goeie toestand. Maak die watertenk vol, gaan die olie- en remvloeistofvlakke na en inspekteer die toestand van al die

bande – ook daardie belangrike spaarwiel – en gereedskap.Onthou die tolhekkeMaak seker jy weet waar die tol-hekke op jou roete is en hoeveel dit jou sal kos. As jy nie met ’n krediet- of debietkaart betaal nie, maak seker jy het genoeg kon-tant en die regte kleingeld sodat jy tyd by die hekke kan bespaar.Beplan jou rusplekkeVind uit waar die vulstasies en rusplekke langs die pad is sodat jy kan beplan waar jy gaan stilhou. Dis belangrik om te beplan waar jy brandstof gaan ingooi, waar die kinders hul bene kan rek, waar jy verversings kan koop en waar jy ’n bietjie kan rus.

Moegheid is een van die grootste redes van sterftes op die pad. Rus elke 200 km of minstens elke twee uur van bestuur. Moenie bestuur as jy moeg is nie.Gehoorsaam die wetteWette verander nie net omdat jy vakansie hou nie. Dieselfde padreëls geld, soos om sober te bestuur, altyd sitplekgordels te dra en die spoedgrens te gehoorsaam.Dra altyd jou sitplekgordelSelfs al ry jy ’n kort afstand af, en ongeag of jy voor of agter sit, dis noodsaaklik om jou sitplekgordel te dra. Dis nie net die wet nie, dit kan ook jou lewe red.Bron: Outomobiel-assosiasie van Suid-Afrika (AA)

Page 28: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense28

we

es tro

ts

Suidwes uitblinkersom op trots te wees

Esprit

Alwyn van Heerden, seun van Ludi (Bedryfsrekenmeester Sentrale kantoor) en Elrina van Heerden (Admin Beampte Graan Silo's Hoofkantoor). Hy behaal erekleure in rugby 0/14. Hulle span was Luidperds-wenners en ontvang die beeldtrofee vir kwart-finaal.

Conrad Badenhorst skoon-seun van Petie en Heleen van der Merwe (Takbestuurder Boshof) het sy Meesters-graad met 68% in Landbou-ekonomie behaal. Hy is getroud met Elmarie wat die jaar haar Saipa-klerkskap as Reken-meester doen.

Henri Botes seun van Johan (Stoorvoorman, wesselsbron) en Nelia Botes het die vol-gende prestasie behaal by die Vrystaat jagters vereniging:

Twee trofees: Algehele junior wenner vir die jaarAlgehele junior wenner 0/12Sertifikaat: 1ste vir .221ste vir 223 jag geweer3de plek vir posliga met R250

Carlien Badenhorst, dogter van Trudie (Assistent Groepse-kretaris) en Deon Baden-horst (Bestuurder: Menslike Hulpbronne) ontvang verskeie vakpryse, asook toekennings vir Redenaars, Leierskap en Akademiese Erekleure

Lihan Dunhin seun van Bettie (Bestuurder Verhandeling: Graan Sentrale Kantoor) en Gerald Dunhin (Snr Grondbooroperateur) hy het akademiese toekennings ontvang vir Afrikaans, Engels en Wiskunde.

Ilzaan Müller (graad 5) dogter van Ilze (Beampte kontrakte Graan) en Chris Müller ontvang ’n toekenning vir Natuurwetenskap. Haar boetie Sebastiaan (graad 2) het ’n toekenning behaal vir Wiskunde.

Jean-Pierre Lubbeseun van Dalene Lubbe (Krediet-bestuur: Maand-rekeninge) ontvang die volgende prestasies:

Noordwes Indoor Krieket Kleure – het aan die SA-toernooi in April deelgeneem. Kaptein van

o/11 Krieketspan wat die ligawenners was en derde in Noordwes. Jean-Pierre is verkies tot die KOSH-krieketspan. Hy is aangewys as die beste krieketkolwer vir die jaar in die skool (in die laaste sewe wedstryde het hy 213 lopies aangeteken en was slegs een keer uitgevang in die sewe wedstryde). Hy het ook 'n toekenning vir akademiese prestasie ontvang.

(graad 7),dogter van Mari (Ad-min Beampte Menslike Hulpbronne) en Kobus van der Colf ontvang die volgende prestasies: Beste prest-eerder in Skeppende Kunste en engels. Beste opstel in Afrikaans. Bo 90% behaal in Skillspro-eksamen. Sertifikaat vir prestasie in Afrikaans. Deelname aan Avontuurklub en Redenaars. Leerlingraad 2014

, (graad 5) ontvang die volgende prestasies:Netbal: Best Schools Area wenners 0/11A. Netbal: Span wat die verste gevorder het in die liga 0/11A. Akademiese prestasie bo 80%.

Dis hoe Danita Kruger die begin van die jaar ingegaan het. Vol onsekerheid en half opgewonde maar weet ook nie wat die jaar gaan inhou nie. Gelukkig het Danita dit oorleef en die jaar deurgekom. Wildehondepan-skool het hulle prysuitdeling gehad en nou is hulle klaar met gewone klere, wat hulle ruil vir die laerskool uniform. Op die foto staan sy saam met haar juffrou en haar beste maatjie wat volgende jaar saam met haar die groot skool gaan aandurf.

Beanca Jacobs (graad 4) dogter van Ben (Plaagbeheerbeampte Wolmaransstad) en Francien Jacobs, het die volgende prestasies behaal:

Beste prestasie in Natuurweten-skap, Afrikaans en Engels 93.4%.

Beste Akademiese presteerder in Gr4 met 90.1%. Prestasie 80% of meer per leerarea +80% gemid-deld, Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensvaar-digheid, Sosiale Wetenskap, Natuurwetenskap en Tegnologie. Sy behaal ook ’n sport toekenning vir Netbal. Die span het die toekenning behaal vir Noordwes platteland klein skole Wenners 0/10.

Karin (Aankoper Migdol Handel) en Johan Kruger (Assistent bestuurder, Silo Migdol), ouers van Danita, op haar grade-plegtigheid.

George (Instandhouding Schweizer-Reneke) en Monica Champion se kinders het die volgende prestasies behaal.

Johan (graad 10) se gemiddeld is 94.8Leila (graad 8) se gemiddeld is 88Hein (graad 4) se gemiddeld 91.4

Page 29: Esprit nov des '14(digi pub)

november/desember 2014 esprit de corps29

Azelle Kotze, dogter van Oelof en Lorraine Kotze (Beheerbeampte Voorraad-bestuur Graan), is in Graad 5 in Leeudoringstad Laerskool. Sy behaal toekenings vir Engels, Wiskunde, Sosiale Wetenskap, Natuurweten-skap en Tegnologie. Haar gemiddeld is 82,6%.

Haar ouboet Oelof Kotze, leerling van Hoërskool Wolmaransstad, behaal die volgende:

Spesiale Prestasiesertifikaat: Rugby o/15-span van die jaar waar hy die kaptein ook was. Prestasietoekennings vir tennis derdespan, streekliga-wenners asook Noordwes-naaswenners en hy was 'n Graad 9-VLR. Eretoekenning vir krieket: Lid van Noordwes o/15-span. Spesiale prestasiesertifikaat: Rugby – Beste vordering deur die jaar.

Mari du Plessis (22) dogter van Johan (CEO van AgriCapital) en Riana du Plessis (Departementshoof Opvoedkundige Leiding by Mpumalanga onderwys), het vanjaar haar BPhysT. (Fisioterapie) graad voltooi aan die Universiteit van Pretoria.

Michelle du Plessis (25) het ook drie jaar gelede haar BPhysT. Graad verwerf aan die Universiteit van Pretoria.

Martin Coetzee seun van Elani en Martin (Kasier by Reivilo) is gekies as hoofseun van Wildehondepan en 100% skool bywoning- graad 6.

Li-ann is aangewys as beste presteerder in haar graad 2 en 100% skool bywoning.

Nelmari Theron, dogter van Mario Theron (Rekenmeester Safex Graan) en Mariana Theron (Bedryfsrekenmeester Fin), is in Graad 1 in Laerskool Leeu-doringstad en het die volgende prestasies behaal:

Beste Presteerder in Lewensvaar-digheid, Afrikaans en Wiskunde.Beste Akademiese Presteerder in Graad 1.

André van Rensburg, seun van Peet van Rensburg (Misgunst bunker), is vir die Suid-Vrystaat platteland se o/18 krieketspan gekies. Hy is 15 jaar oud.

René Therondogter van Rina en Sollie Theron (Aankoper, Suidwes Handel) graad 7 leerling by Christiana,

behaal kleure in netbal asook ’n toekenning vir uitstaande Leierskap, VLR.

Monique Pretorius dogter van Martin en Anne-Marie Pretorius (Aankoper) het hulle konsertaand gehad. Hulle het ook sertifikate gekry vir hulle grade-plegtigheid,bevorder van graad R na Graad 1.

Sonica Kotze dogter van Yolande (AgriCapital Middelburg) en Jaco Kotze (Nedbank Middelburg). Sonica is tans in matriek, en het silwer erekleure vir akademie verwerf, asook die beker vir beste student in Afrikaans, wat sy met Jana Kruger deel.

Sonica gaan volgende jaar studeer om ’n rekenmeester te word, en het werk gekry by ’n plaaslike boekhouer wat haar ’n beurs gegee het om deur hulle te studeer, en voltyds daar te werk.

Driesha Joubert, Rientjie Joubert (Handel Schweizer-Reneke), se middelkind, is net soos ousus Roane ook ’n slimkop en spog met ’n goue toekening vir akademie.

Roane Joubert, oudste dog-ter van Rientjie Joubert is ’n slimkop wat al die afgelope vier jaar in ’n ry akademiese toekenings losslaan. Hierdie jaar het sy 'n silwertoeken-ning vir akademie ontvang en ’n prys vir diens gelewer op die leerlingraad van Laerskool Schweizer-Reneke. Sy was ook in die Hokkie Plattelander-wenspan.

Lee-anne Opperman,'nGraad 4-leerling in Laerskool Schweizer-Reneke, is die dogter van Piet (Instand-houding) en Magda Opper-man. Sy het akademiese kleure ontvang vir haar gemiddeld van 80.72%.

Drieckus van Heerden,seun van Ludi (Bedryfs-rekenmeester) en Elrina van Heerden (Admin Beampte Graan) is ’n Graad 5-leerling van Laerskool Leeudoringstad. Drieckus behaal toekennings vir Wiskunde en Engels.

Mari Michelle

Marunè Maree, dogter van Naudé (Takbestuurder Schweizer-Reneke Handel) en Erika Maree ontvang die volgende prestasies:

Toekenings vir streeksatletiek, werpskyf en gewigstoot. Akademiese toekening vir ’n gemiddeld bo 80%, sy is ook verkies tot die VLR van Laer-skool Schweizer-Reneke.

Sonica

Page 30: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense30

wennerDie regte antwoord van die prentjie is waatlemoen. Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek is, isLourens Brand (Takbestuurder, Suid-wes Hertzogville).

Baie geluk! Die boek Mosaïek, sal binnekort aan jou gestuur word.

wat kan dit wees?

Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Tel hoeveel keer hierdie kers-boom in esprit verskyn (hierdie een uitgesluit). Die eerste korrekte inskry-wing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek, Lotta se lewe, Konyne by dosyne wat deur Human & Rousseau geskenk is.

wegsteek-kompetisie

Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Tel hoeveel keer hierdie kers

wegsteek-kompetisie

Stuur jou antwoord aan: [email protected] Merk in die onderwerplyn: Hoeveel kersbome Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 10 Januarie 2015

Lotta se lewe, Konyne

Die korrekte aantal roomyse wat in die Oktober-uitgawe versteek was, was 10. Baie geluk aan Mia Viljoen (Admin Beampte, Hoopstad Handel) Die boek Kovad Adonaisal binnekort aan jou gestuur word. Hier is die bladsye waarop die roomyse weggesteek was, kyk of jy hulle kan raaksien. Bls 1, 7(2), 8(2), 10, 11,16, 22 (2), 24

Verbind die nommersVerbind die kolletjies met die regte nommers en kyk wat kruip weg op die prentjie. Kleur die prentjie dan sommer ook in.

Soek die verskille

Skitter sterre, maanlig skyn.Op hierdie dag gebore’n kindjie klein.Die Kersboom skitter. Ons ogies blink.’n Beter dag as hierdie, is moeilik om te dink!

Hoeveel verskille kan jy kry?Die eerste korrekte antwoord wat getrek word, wen die boek Daar’s ’n Trikeratops op die Trampolien met die komplimente van Human & Rousseau Uitgewers. Stuur jou antwoord na: [email protected]. Merk in die onderwerplyn: Soek die verskille. Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 10 Januarie 2015

Stywe lyne Dis skoolvakansie en tyd vir die manne, groot en klein, om lyn nat te maak. As jy 'n kranige hengelaar is, neem 'n foto van jou vangs en stuur dit aan esprit by [email protected]

Onthou jou naam en ouers se kontakbesonderhede by te sit. Volwassenes kan natuurlik ook foto's van hulle vangste stuur.

Page 31: Esprit nov des '14(digi pub)

november/desember 2014 esprit de corps31

maak dit sommer maklik'n Sneeuwêreld in ’n bottetjie(Benodig ouertoesig)

BenodigdhedeKlein glasbotteltjie met 'n deksel wat stewig pasSuper glueWaterGliserienBlinkertjiesKlein plastiekornamentjiesLint

MetodeMet mamma of pappa se hulp, plak die plastiek or-namentjie aan die binne-kant van die botteltjie se

Sneeuman-kersboomversieringsBenodigdhedeRoomysstokkies van houtVerfGomSwart kartonLintOgiesKnope

MetodeVerf jou roomysstokkie wit vir die lyfie van die sneeu-man.

Plak 3 knopies aan die lyfie.

Sny ’n eenvoudige hoedjie uit swart karton en plak dit aan die bokant van die roomysstokkie.

Plak 2 ogies op die stokkie.

Teken ’n mond en ’n neus. Jy kan ook ’n langwerpige oranje driehoek uit karton sny vir ’n wortelneus.

Plak ’n vrolike stukkie lint om die sneeuman se nek.

Druk ’n gaatjie aan die bokant van die sneeuman se kop en trek ’n lint daardeur sodat jou sneeuman aan jou kersboom kan hang!

KerskransBenodigdhedeGewone papierbordSkêrGomAfval stukkies kersgeskenktoedraaipapier Sterretjies, blinkertjies, knope en kraleLint

MetodeNeem die papier bord en sny die binnedeel met die skêr uit

Draai nou die bord om sodat die binnekant na onder wys.

Sny jou afval stukkies papier in dieselfde lengtes.

Smeer die papierbord nou met gom en plak die stukkies geskenkpapier oral op die rand. Maak die rand van die bord lekker vol .

Plak sterretjies, blinkertjies, knope of krale vir ekstra detail.

Wanneer die bord mooi versier is, kan die stukkies papier al in die rondte eweredig gesny word ofdit kan net so gelos word.

Hang nou jou papierbord-kerskrans met ’n mooi helder strik aan die muur of deur vir ’n kreatiewe kersversiering.

deksel met die Super glue vas. Laat dit eers goed droog word.

Gooi ’n knypie blinkertjies in die botteltjie

Gooi twee eetlepels glise-rien in die botteltjie en vul die res van die botteltjie met water. Moenie tot oor-lopens toe volmaak nie.

Draai nou die dekseltjie baie styf vas.

Jy kan nou met gom en lint die dekseltjie wat die bodem is versier.

Siedaar, jou sneeuwêreld is klaar!

Plak 3 knopies aan die lyfie.

Sny ’n eenvoudige hoedjie uit swart karton en plak dit aan die bokant van die roomysstokkie.

Plak 2 ogies op die stokkie.

Teken ’n mond en ’n neus. Jy kan ook ’n langwerpige oranje driehoek uit karton sny vir ’n wortelneus.

Plak ’n vrolike stukkie lint om die sneeuman se nek.

Druk ’n gaatjie aan die bokant van die sneeuman se kop en trek ’n lint daardeur sodat jou sneeuman aan jou kersboom kan hang!

Jy hoef nie dié vakansie verveeld rond te sit nie, hier is 'n paar oulike idees waarmee jy jou kan besig hou.

Karina van Zyl (Stelselsekuriteit/Admin beampte)

karina se

goedjies

Page 32: Esprit nov des '14(digi pub)

die gees van ons mense32 Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillid

ag

tersto

ep

deur Matsie OliverIllustrasie Yolandé van Zyl

wat kan dit wees?

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by [email protected]

Sperdatum: 10 Januarie 2015

Merk jou inskrywing so:

esprit: wat sê die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die wen-inskrywing in die Januarie-uitgawe.

wat kan dit wees?

kompetisie

Kan jy raai wat die prentjie is?

Die persoon wat eerste reg raai wen die boek Ter wille van Talita wat deur Lux Verbi Uitgewers geskenk is.

Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek en die fietsryer

e

Hierdie nuwe verhaal deur Helena Hugo is die storie van die Van den Heevers, ’n gesin wat aan die Weskus naby Lambertsbaai

woon. Hulle hou hulle eenkant, maar beland onder die soeklig wan-neer Theuns van den Heever nie wil hê sy dogters moet aan ’n Kersspel deelneem nie. Dit lyk asof hy sy vrou en kinders met ’n ysterhand regeer. Theuns is ’n streng gelowige wat sy dogters teen slegte invloede en seer-kry wil beskerm, min wetend dat hy dit te ver voer en sy vrou en dogters die kans ontneem om te groei en te kan ontwikkel.

Hierdie nuwe verhaal deur Helena Hugo is

woon. Hulle hou hulle eenkant,

Ten minste is my middelklaslewe nooit oninteressant nie. Ek sou graag rustig en verveeld deur hierdie Vrydag wou drentel, maar soms beskaam die hoop. Die dag het net ná mid-dernag begin met die kleinste yorkie wat waak en blaf tussen die hope handsakke (my hope

en hope handsakke gereed vir Kersmarkte). ’n Roepblaffie. Later ’n bevelsblaffie. Toe sommer net ’n bleddie geblaf sonder ophou. Tot ek opstaan en kratte wegskuif, die nuwe Mollie-bulldog uitsmyt voor sy die yorkie en ’n paar handsakke opvreet, en ek ’n rot kry. Platgedruk tussen ’n rak en ’n krat.

Daarna gaan alles goed tot opstaantyd. Alles gaan goed tot die Ridder en die Tiener wegry. Ek laai my motor vir werk: handsak, rekenaarsak, ’n sak met twee tafeldoeke en ’n Carol Boyes-koekspaan, en Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek. Laasgenoemde op die passasiersitplek van die wit motor.

Toe begin die opwinding weer. Twintig meter van die huis af ruik ek rook. Ek draai die venster oop om vas te stel waar dit vandaan kom. Onnodig, want die rook borrel by die instrumentpaneel uit, ja, die instrumentpaneel van die wit motor met Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek wat my kollegas teetyd moet eet.

Ek stop dadelik die motor, skakel af, vlieg uit, red Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek en gaan staan op ’n veilige afstand en wag vir die motor om te ontplof. Gelukkig is die gebeure toe nie só interessant nie.

Ek sit maar die koek op iemand se breë tuinmuur neer, laai my handsak, rekenaarsak en sak met twee tafeldoeke en ’n Carol Boyes-koekspaan uit, vat weer Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek en loop huis toe.

Toe ek soos ’n pakdonkie voor my hek staan, is ek dankbaar die straat is verlate, buiten vir ’n enkele fietsryer. Maak die hek oop en Mollie storm uit en jaag die fietsryer tot by die volgende hoek. Ek gooi die sakke neer, maar nie Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek nie, en ek kan nie eintlik agterna hardloop nie. Ek kry nie eens soveel uit soos Bileam van ouds se donkie nie.

Die vreesbevange fietsryer kon toe vinniger ry as wat Mollie kon hol. Hy sou selfs nóg vinniger kon ry as hy nie so gevloek en geskree het nie. Toe hy opdraande draai in Darlingstraat, besluit Mollie sy gaan nie opdraande hol nie, nie eens agter ’n fietsryer aan nie, en sy draf hoogs in haar skik met haar dapperheid terug na my toe. Sien jy? sê sy, Sien jy hoe beskerm ek jou selfs teen fietsryers? Wow, ek is ’n brawe hond, kan ek ’n stukkie van Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek kry? (Ek wou die fietsryer om vergifnis vra, maar hy was WEG. Ek hoop hy vergewe my en Mollie in die lig van die drama wat ons al sedert middernag gehad het. Ek sal vir hom Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek maak as hy ons vergewe.)

Om ’n lang storie nou kort te maak: Ek het my hele pakkaas en Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek in die Ridder se ampsmotor gelaai, met ’n brandblusser teruggeloop na die wit motor toe, en hom behoedsaam aangeskakel en huis toe geneem. Toe die rook weer begin borrel, het ek die motortjie afgeskakel en geruisloos tot in die motorhuis laat rol.

Die Ridder dink daar was ’n kortsluiting in die aansluiter. My oorwoë mening is dat daar iewers iets aan die brand geraak het, maar wat weet ek nou?

My kollegas dink Sarie se wenner-Peppermint-Crisp-koek is die lekkerste wat hulle nog ooit geproe het.