ek kon soveel meer gedoen het irena sendler · alles het egter nie seepglad vir irena verloop nie....

10
Uitgawe 191 3 Oktober 2019 Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms EK KON SOVEEL MEER GEDOEN HET IRENA SENDLER Irena Sendler is in 1910 in Poland gebore. Haar pa was ‘n geneesheer wat meestal na behoeftige Joodse families omgesien het. Hy het sy dienste gratis aan hulle verskaf. Sy het op ‘n vroeë ouderdom bewus geword dat dit belangriker is om hulp aan ‘n persoon in nood te verleen as om bekommerd te wees oor die afkoms van die persoon. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het Irene as senior administratiewe beampte by die maatskaplike departement in Warskou gewerk. Sy was in beheer van die voorrade. Onder haar leiding is daar veel meer as net die normale voorrade uitgereik. Sy het ook ‘n finansiële hulpfonds vir Joodse families op die been gebring. Almal wat by die departement gewerk het, het in ‘n poging om inspeksies vry te spring hulself fiktiewe katolieke name gegee en hulle geregistreer as pasiënte met aansteeklike siektes. Die toestande in die ghetto’s het algaande versleg en by geleentheid is aangeteken dat 5 000 persone maandeliks sterf as gevolg van wanvoeding en verwante siektes. Irene kon haar nie vereenselwig met die lewenstoestande van die Jode nie en het aangesluit by die Hulpraad vir Jode, Zegota. Irena se moeilikste taak was om die ouers van die kinders te oorreed om hulle kinders aan haar toe te vertrou. Al belofte wat sy aan die ouers kon maak, was dat as hulle in die ghetto gaan bly dan gaan hulle sekerlik sterf. Irene se volgende probleem was ook om families te kry om na die kinders om te sien wanneer hulle uitgesmokkel is. Sy het grootliks van kerklike instansies gebruik gemaak. Irene kon nog ongehinderd die kamp besoek onder die voorwendsel dat sy in hulle maatskaplike behoeftes voorsien. Sy het benewens voedsel ook medisyne saamgeneem en versprei. Die eerste kinders het sy in ‘n ambulanswa vervoer want hulle het almal simptome van “maagkoors” gehad. Verder het sy ook gebruik gemaak van gereedskapskaste, onder vragte aartappels en selfs in doodskiste. Irene het die besonderhede van die kinders noukeurig aangeteken en duisende vervalste dokumente uitgereik. Die name en vervalste identiteite het sy in glasbottels in haar bure se agterplaas begrawe met die hoop dat die kinders eendag toegang daartoe sou kry en hulle van hulle verlede kon vertel. Die name van 2 500 kinders is in die bottels gevind. Sy het ‘n minimum van tien persone nodig gehad om die suksesvolle ontsnapping van een kind suksesvol te kon afhandel. Maar soos wat sy gesê het niemand het ooit ‘n kind wat sy gered het nie van veilige huisvesting weerhou nie. Alles het egter nie seepglad vir Irena verloop nie. Sy is gevang deur die Gestapo en ter dood veroordeel. Die oggend toe sy tereggestel moes word, het ‘n Duitse soldaat haar na ‘n kamer vir verdere ondervraging geneem. Toe hulle buite sig van die polisie was, beveel hy haar om weg te hardloop. Sy het toe verneem dat lede van die Zegota genoeg geld gehad het om die offisier om te koop en Irene te bevry. Irene het verskeie toekennings vir haar onbaatsugtige werk gekry. Sy was in 2007 ook benoem vir die Nobelprys vir Vrede. Die is egter aan Al Gore toegeken vir sy werk oor aardverwarming.

Upload: others

Post on 13-Sep-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: EK KON SOVEEL MEER GEDOEN HET IRENA SENDLER · Alles het egter nie seepglad vir Irena verloop nie. Sy is gevang deur die Gestapo en ter dood veroordeel. Die Uitgawe 191 3 Oktober

ao

Uitgawe 191 3 Oktober 2019

Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms

EK KON SOVEEL MEER GEDOEN HET IRENA SENDLER

Irena Sendler is in 1910 in Poland gebore. Haar pa was ‘n geneesheer wat meestal na behoeftige Joodse families

omgesien het. Hy het sy dienste gratis aan hulle verskaf. Sy het op ‘n vroeë ouderdom bewus geword dat dit

belangriker is om hulp aan ‘n persoon in nood te verleen as om bekommerd te wees oor die afkoms van die

persoon.

Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het Irene as senior

administratiewe beampte by die maatskaplike departement in Warskou

gewerk. Sy was in beheer van die voorrade. Onder haar leiding is daar veel

meer as net die normale voorrade uitgereik. Sy het ook ‘n finansiële

hulpfonds vir Joodse families op die been gebring. Almal wat by die

departement gewerk het, het in ‘n poging om inspeksies vry te spring hulself

fiktiewe katolieke name gegee en hulle geregistreer as pasiënte met

aansteeklike siektes. Die toestande in die ghetto’s het algaande versleg en

by geleentheid is aangeteken dat 5 000 persone maandeliks sterf as gevolg

van wanvoeding en verwante siektes. Irene kon haar nie vereenselwig met

die lewenstoestande van die Jode nie en het aangesluit by die Hulpraad vir

Jode, Zegota.

Irena se moeilikste taak was om die ouers van die kinders te oorreed om hulle kinders aan haar toe te vertrou.

Al belofte wat sy aan die ouers kon maak, was dat as hulle in die ghetto gaan bly dan gaan hulle sekerlik sterf.

Irene se volgende probleem was ook om families te kry om na die kinders om te sien wanneer hulle

uitgesmokkel is. Sy het grootliks van kerklike instansies gebruik gemaak. Irene kon nog ongehinderd die kamp

besoek onder die voorwendsel dat sy in hulle maatskaplike behoeftes voorsien. Sy het benewens voedsel ook

medisyne saamgeneem en versprei. Die eerste kinders het sy in ‘n ambulanswa vervoer want hulle het almal

simptome van “maagkoors” gehad. Verder het sy ook gebruik gemaak van gereedskapskaste, onder vragte

aartappels en selfs in doodskiste.

Irene het die besonderhede van die kinders noukeurig aangeteken en duisende vervalste dokumente uitgereik. Die name en vervalste identiteite het sy in glasbottels in haar bure se agterplaas begrawe met die hoop dat die kinders eendag toegang daartoe sou kry en hulle van hulle verlede kon vertel. Die name van 2 500 kinders is in die bottels gevind.

Sy het ‘n minimum van tien persone nodig gehad om die suksesvolle ontsnapping van een kind suksesvol te kon afhandel. Maar soos wat sy gesê het niemand het ooit ‘n kind wat sy gered het nie van veilige huisvesting weerhou nie.

Alles het egter nie seepglad vir Irena verloop nie. Sy is gevang deur die Gestapo en ter dood veroordeel. Die

oggend toe sy tereggestel moes word, het ‘n Duitse soldaat haar na ‘n kamer vir verdere ondervraging geneem.

Toe hulle buite sig van die polisie was, beveel hy haar om weg te hardloop. Sy het toe verneem dat lede van

die Zegota genoeg geld gehad het om die offisier om te koop en Irene te bevry.

Irene het verskeie toekennings vir haar onbaatsugtige werk gekry. Sy was in 2007 ook benoem vir die Nobelprys vir Vrede. Die is egter aan Al Gore toegeken vir sy werk oor aardverwarming.

Page 2: EK KON SOVEEL MEER GEDOEN HET IRENA SENDLER · Alles het egter nie seepglad vir Irena verloop nie. Sy is gevang deur die Gestapo en ter dood veroordeel. Die Uitgawe 191 3 Oktober

Kontak Rianes de Klerk

vir slag van bees by

Excelsior Abattoir, Kuruman.

Page 3: EK KON SOVEEL MEER GEDOEN HET IRENA SENDLER · Alles het egter nie seepglad vir Irena verloop nie. Sy is gevang deur die Gestapo en ter dood veroordeel. Die Uitgawe 191 3 Oktober

Kontak: Willem van Aardt by 072 542 3657

Page 4: EK KON SOVEEL MEER GEDOEN HET IRENA SENDLER · Alles het egter nie seepglad vir Irena verloop nie. Sy is gevang deur die Gestapo en ter dood veroordeel. Die Uitgawe 191 3 Oktober

Baie welkom by UNIKUM BROKKIES

Verhoudings

Verhoudings in alle vorme is soms moeilik en uitdagend!

Daar kan verskillende redes hiervoor wees, maar in die meeste gevalle word sukses behaal

wanneer elkeen hulself leer ken en verstaan. Dis ten eerste belangrik om te weet hoe jy

as mens funksioneer. Dit is ook baie belangrik om te weet hoekom jy sekere dinge op ‘n

sekere manier doen of nie doen nie. Wanneer jy jouself begin verstaan is dit moontlik

om veranderinge te maak waar nodig. Dikwels is verhoudings moeilik juis omdat ons so

verskillend is, maar as jy jouself oopstel om jou eie denkwyse uit te daag en ander mense

sin probeer verstaan, is die oorlog halfpad oorwin.

Kennis is mag, maar die doelbewuste TOEPASSING daarvan maak die verskil

tussen mislukking of sukses!

Page 5: EK KON SOVEEL MEER GEDOEN HET IRENA SENDLER · Alles het egter nie seepglad vir Irena verloop nie. Sy is gevang deur die Gestapo en ter dood veroordeel. Die Uitgawe 191 3 Oktober

Bloedskenk datums in Streek

Kathu is ‘n satelliet tak van Kimberley en is slegs

WOENSDAE en VRYDAE by die tak oop in RIETBOK STRAAT. WOENSDAE vanaf 10h00 tot 19h00 VRYDAE 09h00 tot 13h00 Elke laaste SATERDAG van elke maand is hul by die KATHU VILLAGE MALL vanaf 09h30 tot 13h00

DANIELSKUIL:NG KERKSAAL VANAF 14H00 TOT 18H00

27 November

HOTAZEL: 16h00 tot 18h00 Ontspanningsklub

21 OKOTBER

BLACK ROCK: skoolsaal 15h00 – 17h30

22 OKTOBER

POSTMASBURG: NG GEMEENTE SENTRUM vanaf 14h00 – 18h30 7 NOVEMBER / 5 DESEMBER

JIMBO’S ( BY die Garage in Postmasburg) Ontvangs area – 10h00 tot 12h00 7 NOVEMBER

OLIFANTSHOEK: NG KERKSAAL 11h00 tot 14h00

19 NOVEMBER

LIME ACRES: by die KLUB SAAL vanaf 15h00 – 18h00

15 OKTOBER / 10 DESEMBER

Page 6: EK KON SOVEEL MEER GEDOEN HET IRENA SENDLER · Alles het egter nie seepglad vir Irena verloop nie. Sy is gevang deur die Gestapo en ter dood veroordeel. Die Uitgawe 191 3 Oktober

ENIGE NAVRAE SKAKEL: RIANA 063 293 4736 I 060 508 8838

AKKOMMODASIE OLIFANTSHOEK

In Hoofstraat

Luukse dubbelbed oornag kamers met eie badkamer.

2.5 m Sekuriteitsmuur.

R500 per nag vir twee

persone of R300 per nag vir kontrakteurs per maand

SKAKEL 0822197190.

Page 7: EK KON SOVEEL MEER GEDOEN HET IRENA SENDLER · Alles het egter nie seepglad vir Irena verloop nie. Sy is gevang deur die Gestapo en ter dood veroordeel. Die Uitgawe 191 3 Oktober
Page 8: EK KON SOVEEL MEER GEDOEN HET IRENA SENDLER · Alles het egter nie seepglad vir Irena verloop nie. Sy is gevang deur die Gestapo en ter dood veroordeel. Die Uitgawe 191 3 Oktober
Page 9: EK KON SOVEEL MEER GEDOEN HET IRENA SENDLER · Alles het egter nie seepglad vir Irena verloop nie. Sy is gevang deur die Gestapo en ter dood veroordeel. Die Uitgawe 191 3 Oktober
Page 10: EK KON SOVEEL MEER GEDOEN HET IRENA SENDLER · Alles het egter nie seepglad vir Irena verloop nie. Sy is gevang deur die Gestapo en ter dood veroordeel. Die Uitgawe 191 3 Oktober