96 InlEIDInG
97 OMVanG En GREnSE Van VERSlaG
97 RaPPORtERInGSBEGInSElS En GERUSStEllInG
98 ORGanISaSIEStRUktUUR
98 BEStUURSBEnaDERInG tOt VOlHOUBaaRHEID
98 EtIEk En nakOMInG
99 VERHOUDInGE MEt BElanGHEBBEnDES
101 BREë-BaSIS SwaRt EkOnOMIESE BEMaGtIGInG (BBSEB)
103 OnS MEnSE
105 BElEGGInG In DIE GEMEEnSkaP
107 VOlHOUBaaRHEID Van BEDRYFSFIlIalE
115 OMGEwInG
119 MIllEnnIaPaRk – REMGRO SE nUwE GROEn HOOFkantOOR
B e s t u u r e n v o l h o u B a a r h e i d
VOlHOUBaRE OntwIkkElInGS-VERSlaG
remgro beperk | 96 | geïntegreerde jaarverslag
Volhoubaarheidshoogtepunte
> suksesvolle deelname aan die jse sri-indeks sedert die ontstaan daarvan in 2004
> volgehoue deelname aan die openbaarmakingsprojek vir koolstofuitlating (CdP) en herhaalde prestasie van opname in die
CdP-indeks vir leierskap- en Prestasie-indekse
> voortgesette lidmaatskap van die etiekinstituut van suid-afrika
> eerste ekstern beoordeelde BBseB-telkaart, wat ‘n vlak 5-bydraerstatus behaal het
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
remgro glo dat hierdie waardes die gees beliggaam
waarin gestreef word om ’n goeie korporatiewe burger te
wees. uit bogenoemde is dit duidelik dat die drie pilare
van volhoubare ontwikkeling, naamlik ekonomiese, maat-
skaplike en omgewingsvolhoubare praktyke, nog altyd deel
van remgro se kernwaardes was.
remgro is ten volle daartoe verbind om sy besigheid op
’n volhoubare wyse te bestuur en die hoogste standaarde
van etiek en korporatiewe bestuurspraktyke te handhaaf.
terwyl korporatiewe bestuur, risikobestuur en it-bestuur
in die korporatiewe en risiko-bestuursverslae behandel
word, verskaf die volhoubare ontwikkelingsverslag ’n
beter begrip van remgro se pogings op maatskaplike en
omgewingsgebied om sy kerndoelwitte van maksimum
waardeskepping oor die kort, medium en lang termyn te
bereik deur op etiese wyse sake te doen. verwys na die
onderstaande tabel vir eksterne erkenning en prestasies in
hierdie verband gedurende die tydperk onder oorsig.
InlEIDInG
remgro se huidige waardesisteem sluit die riglyne in wat sy
stigter, dr rupert, meer as 40 jaar gelede vir die suksesvolle
bedryf van sake neergelê het. hierdie riglyne sluit die
volgende in:
> Eerlikheid – want dit duur die langste
> Korrektheid – want dit skep vertroue by vriende en
opponente
> Hoflikheid – wat waardigheid sonder hovaardigheid en
vriendelikheid sonder dienstigheid beteken
> Diens – in elke opsig: aan jou klant, jou medemens en jou
land
> Onderlinge steun – sodat jy ander teen die leer van
sukses kan opdruk terwyl jy self klim, want as jy ander
aftrek, sal jy self val
> Vertroue – die geloof dat alles ten goede meewerk as
elkeen sy plig doen
“Die beste definisie wat ek van ’n besigheid gehoor het, is dat dit ’n instansie is wat die gemeenskap eerbaar teen ’n wins dien.“
(Dr anton Rupert)
remgro beperk | 97 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
vertoning slegs verband met remgro se werksaamhede by
sy hoofkantoor op stellenbosch.
RaPPORtERInGSBEGInSElS En GERUSStEllInG
die inhoud van hierdie verslag is op die beginsels en
aanbevelings van die king-verslag oor Bestuur vir suid-
afrika 2009 (king iii-verslag) aangaande geïntegreerde
volhoubaarheidsrapportering gegrond, sowel as op die
g3-volhoubaarheidsrapporteringsriglyne wat deur die gri
ontwikkel is. daar is ook kennis geneem van die aanbevelings
in die plaaslike en internasionale besprekingsdokumente oor
geïntegreerde verslagdoening wat in januarie 2011 deur
die geïntegreerde rapporteringskomitee van suid-afrika
uitgereik is en in september 2011 deur die internasionale
geïntegreerde rapporteringskomitee uitgereik is en, waar
moontlik, is dit ook toegepas. hoewel remgro daartoe
verbind is om verslagdoening in ooreenstemming met die
aanbevelings van king iii en gri g3 te verbeter, het ons nie
ons gri g3-toepassingsvlak vir hierdie verslag bekend
gemaak nie. hierdie besluit is geneem in die lig van
die feit dat die vierde generasie van volhoubaarheids-
rapporteringsriglyne (gri g4) tans deur die gri ontwikkel
word, met verwagte bekendstelling in 2013. verwikkelinge
in hierdie verband word deurlopend gemonitor.
ons erken die toenemende vereistes van beleggers en
regulatoriese, asook ander riglyne, soos king iii, gri g3
en die geïntegreerde verslagdoeningsriglyne vir eksterne
gerusstelling oor gekose nie-finansiële inligting. ons erken
verder ons aanspreeklikheid teenoor ons aandeelhouers
om inligting te verskaf wat relevant, akkuraat en betroubaar
is. in hierdie verband moet daarop gelet word dat remgro
’n gekombineerde gerusstellingsmodel volg wat bestuur,
interne oudit, en eksterne gerusstelling (bv verifikasie
van BBseB-eienaarskapstelkaart en koolstofopenbaar-
makingsprojek), soos in die tabel hieronder uiteengesit,
insluit. ons glo dat hierdie metodes die nodige gerusstelling
gee oor die gehalte en betroubaarheid van die inligting
wat verskaf word. die verskillende opsies en vlakke van
eksterne gerusstelling wat beskikbaar is, word voortdurend
oorweeg om die pad vorentoe te bepaal sover dit eksterne
gerusstelling betref.
OMVanG En GREnSE Van VERSlaG
hierdie verslag is remgro se tweede volhoubare ontwik-
kelingsverslag, waar meer inligting oor die nie-finansiële
aspekte van die groep se korporatiewe praktyke verskaf
word. soos op bladsy 5 uiteengesit, is die “global reporting
initiativetM (gri) Boundary Protocol“ as riglyn gebruik om die
grense van die verslag te bepaal. openbaarmaking word
dus beperk tot daardie entiteite waar die groep beheer oor
finansiële en bedryfsbeleid uitoefen, behalwe waar sodanige
entiteite die relevante inligting in hul eie gepubliseerde
jaarverslae bekend maak.
tans het remgro drie bedryfsfiliale, te wete rainbow
Chicken Beperk (rainbow Chicken), tsb sugar holdings
(edms) Beperk (tsb sugar) en Wispeco holdings Beperk
(Wispeco). aangesien rainbow Chicken (’n 73%-filiaal) op die
jse genoteer is, is volledige besonderhede oor sy finansiële,
volhoubaar heids- en maatskaplike vertoning op sy webblad
www.rainbowchicken.co.za beskikbaar.
Beide tsb sugar en Wispeco is ongenoteerde volfiliale
wat op ’n gedesentraliseerde grondslag as onafhanklike
entiteite bedryf en bestuur word en oor outonome direksies
beskik. gegrond op bogenoemde, en die feit dat die twee
maatskappye slegs 4.7% van remgro se intrinsieke netto
batewaarde verteenwoordig, word slegs opgesomde nie-
finansiële openbaarmaking ten opsigte van maatskaplike en
omgewingsvertoning van hierdie maatskappye verskaf. dit
is in ooreenstemming met remgro se verslagdoening oor
die finansiële vertoning van hierdie maatskappye.
in navolging van die filosofie hierbo, bestuur remgro alle
maatskappye waarin belê word op dieselfde gedesentra-
liseerde grondslag ongeag of dit filiale, geassosieerdes of
gesamentlike ondernemings is. daarom word inligting wat
verband hou met die maat skaplike en omgewingsvertoning
van filiale, geassosieerdes en gesamentlike ondernemings
waar remgro nie bedryfsbeheer uitoefen nie, nie deur hier-
die verslag gedek nie. inligting word egter wel verskaf in
gevalle waar wesentlike volhoubare ontwikkelingskwessies
ter sprake is. tensy anders aangedui, hou alle openbaar-
making met betrekking tot maatskaplike en omgewings-
GESaMEntlIkE GERUSStEllInG
Verskaffing van gerusstellingSakeprosesse geraak deur gerusstelling Verskaffer
onafhanklike eksterne ouditeursverslag Finansiële rapportering PricewaterhouseCoopers geïnk.interne ouditverslae risikogebaseerde keuse van
ouditgebiederemgro se risiko- en interne oudit
interne risikobestuur alle sleutelsakerisikogebiede interne bestuursopnames, bygestaan deur remgro se risiko- en interne oudit
BBseB vlak 5-bydraerverifikasie Breë-basis swart ekonomiese bemagtiging
empowerdex
eksterne berekening van koolstofvoetspoor
koolstofvoetspoorberekening Carbon Calculated, bygestaan deur ‘n onafhanklike konsultant
remgro beperk | 98 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
ORGanISaSIEStRUktUUR
in Figuur 1 hieronder verskyn ’n skematiese voorstelling van
remgro en sy bedryfsfiliale, insluitende hul getal werknemers
en eienaarskapsbelang.
soos vroeër genoem, word net opgesomde nie-finansiële
inligting oor die maatskaplike en omgewingsvertoning van
remgro se bedryfsfiliale in hierdie verslag verskaf.
Figuur 1
EIEnaaRSkaP %
7 942
73.4%
2 990 177
100%
1 011 24
100% Wissel tussen
55% en 100%
aantal wERknEMERS
RBD(Remgro Bestuurs-
dienste Beperk)
ander filiale
100%
BEStUURSBEnaDERInG tOt VOlHOUBaaRHEID
remgro se direksie is in die finale instansie aanspreeklik
vir die vertoning van die maatskappy, met inagneming
daarvan dat strategie, risiko, prestasie en volhoubaarheid
onafskeidelik is. in hierdie opsig het die direksie die
algemene oorsig en rapportering oor volhoubaarheid aan
die oudit-en-risikokomitee, ondersteun deur die nuut
gevormde maatskaplike-en-etiesekomitee, gedelegeer. die
rol en funksie van hierdie komitee word in meer besonder-
hede hanteer in die korporatiewe bestuursverslag en die
verslag van die maatskaplike-en-etiesekomitee op bladsy 83
en 92 onderskeidelik.
EtIEk En nakOMInG
Etiek
die direksie glo dat etiese gedrag uit die toepaslike
waardesisteme van die mense in diens van die
maatskappy spruit, asook uit die sigbare etiese leierskap
en waardegedrewe korporatiewe kultuur wat dit rig en
ondersteun. leierskap wat op etiese beginsels gegrond is,
lei tot ’n natuurlike kultuur van etiese en morele gedrag en
die nakoming van wette, reëls, kodes en standaarde. die
direksie beskou dit dus as sy verantwoordelikheid om
’n kultuur van eerlikheid, deursigtigheid, billikheid, verant-
woordelikheid en aanspreeklikheid daar te stel en te handhaaf
ten einde die maatskappy as ’n voorkeurbeleggingsvennoot
te posisioneer. dit word gerugsteun deur etiese leierskap,
aangesien etiek nie gereguleer kan word nie, maar uit
persoonlike oortuiging spruit.
in hierdie verband het die maatskappy ’n etiese kode (die
kode) aanvaar wat die raamwerk vir etiese praktyke en
sakegedrag verskaf wat op alle direkteure en werknemers
van toepassing is. die kode is aan alle werknemers op
remgro se intranet beskikbaar en afskrifte daarvan word
aan alle nuwe werknemers gegee. die kode, sowel as
’n formele geskenkbeleid, verskaf duidelike riglyne oor
geskenke, uitnodigings of gunste wat van enige verskaffer
of ander party ontvang word. die aanbied van gunste om
onregmatige kommersiële voordele te bekom, is ook streng
verbode.
remgro beperk | 99 | geïntegreerde jaarverslag
verantwoordelikheid
aanspreeklikheid
Billikheid
deursigtigheid
aandeelhouers en
die beleggers-
gemeenskapwerknemers
Maatskappye
waarin belê
word en ander
aandeelhouers
van hierdie
maatskappye
Gemeenskap
Diensverskaffers
Suid-
afrikaanse
regering en
beheerliggame
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
of soortgelyke gedrag wat daartoe gelei het dat boetes
gehef is nie.
nakoming
in die jaar onder oorsig was daar geen voorvalle van
wesentlike nie-nakoming van enige wette, regulasies,
aanvaarbare standaarde of kodes nie en geen
noemenswaardige boetes is ook gehef nie.
VERHOUDInGE MEt BElanGHEBBEnDES
ons verhouding met alle belanghebbendes is gegrond op
die volgende waardes wat in remgro se etiese kode verskans
en daardeur ondersteun word:
> Verantwoordelikheid vir die bates en bedrywighede van
die maatskappy
> Aanspreeklikheid om sy besluite en bedrywighede
teenoor aandeelhouers en ander belanghebbendes te
regverdig
> Billikheid in die beoordeling van belang hebbendes se
regmatige belange
> Deursigtigheid in die verskaffing van inligting op ’n wyse
wat belanghebbendes in staat stel om ingeligte besluite
oor die maatskappy se vertoning en volhoubaarheid te
maak.
remgro se direksie is die uiteindelike bewaarder van sy
korporatiewe reputasie en verhoudinge met belang-
hebbendes. in hierdie verband spel ’n formele beleid remgro
se benadering en strategie ten opsigte van verhoudinge
met belanghebbendes uit om te verseker dat ’n inklusiewe
benadering tot korporatiewe bestuur gevolg word.
die oudit-en-risikokomitee hou toesig oor die nakoming van
die kode en hanteer gevalle van bedrog of onreëlmatighede.
in die jaar onder oorsig was daar geen voorvalle van bedrog
of onreëlmatighede nie.
die maatskappy het ’n Etiese lyn ingestel wat enige
werknemer of belanghebbende in staat stel om inligting oor
waargenome of vermeende onreëlmatige of onetiese gedrag
in ’n vertroulike en beheerde omgewing te rapporteer. die
etiese lyn word deur ’n onafhanklike derde party bestuur en
is op ’n 24-uurgrondslag beskikbaar. in die jaar onder oorsig
het die etiese lyn geen oproepe ontvang wat verband
gehou het met beweerde bestuurskendings of etiese
ongerymdhede by remgro nie. Wanneer oproepe ontvang
word wat verband hou met beweerde onreëlmatighede
by maatskappye waarin belê is, word sulke oproepe deur
remgro se verteenwoordigers in die direksies van daardie
maatskappye na die toepaslike bestuurstrukture verwys.
Besonderhede oor die etiese lyn en die etiese
kontakpersoon is op remgro se webblad by
www.remgro.com beskikbaar.
Mededinging
die groep ondersteun, en hou hom by, relevante
mededingings- en antitrustreëls, soos dit van toepassing is
in die onderskeie regsgebiede waar hy sake bedryf. hierdie
reëls is ingewikkeld en remgro het groepmaatskappye
versoek om die nakoming van mededingingsreëls as ‘n vaste
item op direksie-agendas te plaas. gedurende die jaar is
geen navrae ontvang rakende onmededingende, antitrust-
remgro beperk | 100 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
werknemersvir remgro om sy hoofdoelwitte te bereik, is dit noodsaaklik om werknemers van gehalte te werf en te behou. ons werknemers word billik behandel en mededingend vergoed en remgro streef daarna om aan alle werknemers die geleentheid te bied om hul potensiaal te verwesenlik. tydens korporatiewe aksies word spesiaal daarna omgesien dat werknemers wat aan remgro se ekwiteitsverhandelde aandelegroeiregskema deelneem, nie gunstiger as gewone aandeelhouers behandel word nie.
omdat remgro ’n beleggingshouermaatskappy met ’n klein personeel is, geskied kommunikasie met werknemers informeel by wyse van onder andere e-posboodskappe, die interne intranet, remgro se webblad, inligtingsessies en kennisgewingborde. daar word seker gemaak dat alle kommunikasie met aandeel houers ook aan werknemers oorgedra word.
Maatskappye waarin belê word en ander
aandeelhouers van hierdie maatskappyeremgro se prestasie is direk gekoppel aan die vertonings van die onderliggende maatskappye waarin belê word en daarom word kommunikasie met hierdie ondernemings en mede-aandeelhouers as baie belangrik beskou. verhoudinge met maatskappye waarin belê is, word hoofsaaklik deur direksieverteenwoor diging bestuur, met direkteure of senior bestuur van remgro wat as nie-uitvoerende direkteure in die direksies van hierdie maatskappye dien. hierdie verteenwoordigers het tydens direksievergaderings interaksie met die direkteure en senior bestuur van die maatskappye waarin belê word en, indien nodig, word verteenwoordigers van hierdie maatskappye aangemoedig om remgro se senior bestuur te ontmoet vir besprekings oor hul besighede. alle transaksies met mede-aandeelhouers in maatskappye waarin belê is, word op ’n billike wyse hanteer en in ooreenstemming met die onderliggende aandeelhouersooreenkomste. remgro streef daarna om waarde tot hierdie beleggings toe te voeg.
Gemeenskapkorporatiewe burgerskap, die verbintenis van ’n onder-neming om tot volhoubare ekonomiese ontwik keling by te dra, onderskryf die beginsel dat geen besigheid in isolasie bestaan nie, maar onmiskenbaar deel is van die omgewing waarin sake gedoen word.
in sy verhouding met die gemeenskap streef remgro daarna om ’n waardevennoot te wees en daarom val die klem van sy gemeenskapsbetrokkenheid op armoedebekamping en investering in jongmense uit benadeelde gemeenskappe in die geloof dat sulke beleggings tot ver in die toekoms goeie dividende sal lewer. remgro se korporatiewe maatskaplike beleggings inisiatiewe word in meer besonderhede op bladsy 105 tot 107 bespreek.
remgro gebruik ’n wye verskeidenheid kommunikasie-
metodes om te verseker dat sy kommunikasie met
belanghebbendes duidelik en verstaanbaar, sowel as
deursigtig, ewewigtig en geloofwaardig is en alle relevante
feite, hetsy positief of negatief, uiteensit. sorg word gedra
dat skakeling met belanghebbendes, waar moontlik, nie
slegs eenrigtingkommunikasie behels nie, maar opbouende
vennootskapsgegronde betrokkenheid verteenwoordig. dit
verseker dat die regmatige verwagtinge van alle belang-
hebbendes, sover moontlik, geïdentifiseer en hanteer word.
remgro, soos ander organisasies, het op verskeie maniere
‘n ekonomiese impak op belangegroepe, onder andere
deur die voortbring en verspreiding van waarde, die skep
van werkgeleenthede, billike en mededingende vergoeding
aan werknemers, asook korporatiewe maatskaplike
besteding. ons bestuur hierdie prosesse deurlopend en
kommunikeer met belangegroepe oor kwessies wat hulle
raak, soos elders in hierdie verslag berig word.
aandeelhouers en die beleggersgemeenskap
remgro se hoofdoelwit is om waardeskepping en volhou-
bare groei te maksimeer en in hierdie verband word
besondere moeite gedoen om te verseker dat alle aan-
deelhouers of aandeelhouersklasse regverdig behandel
word. spesiale sorg word gedra om minder heids-
aandeelhouers teen optrede deur, of in die belang van, die
beherende aandeelhouer te beskerm wat tot hul nadeel
mag wees. in hierdie verband is ’n hoof onafhanklike
direkteur in die jaar onder oorsig heraangestel om as voor-
sitter van vergaderings op te tree in omstandighede waar
die onafhanklikheid van die bestaande voorsitter bevraag-
teken word of gekompromitteer is.
kommunikasie met beleggers is op die beginsels van tydige,
ewewigtige, duidelike en deursigtige inligting gegrond.
in hierdie opsig het die beleggersgemeenskap toegang
tot dieselfde inligting waaroor remgro se aandeelhouers
beskik. duidelike protokolle bestaan wat die aard, omvang en
frekwensie van kommunikasie met beleggers reël. aan-
deelhouers en die beleggersgemeenskap word aangemoedig
om remgro se algemene vergaderings by te woon, waar
aktuele sake openlik bespreek word. verdere interaksie met
institusionele beleggers vind twee keer per jaar by die inbel-
aanbieding van tussen- en finale resultate plaas, waar vrae
aan die hoofuitvoerende beampte en hoof finansiële
beampte gestel kan word. die beleggersgemeenskap is
ook welkom om direk met senior bestuur te skakel.
die mees onlangse, asook historiese, finansiële en
ander inligting word op die maatskappy se webblad by
www.remgro.com gepubliseer.
remgro beperk | 101 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
gedurende die vorige tydperk is besluit om empowerdex
te betrek om die maatskappy se telling ten opsigte van
“ekwiteitseienaarskap” te sertifiseer. hierdie jaar is besluit
om die proses ‘n stap verder te voer deur ‘n formele
beoordeling van remgro se BBseB-status te verkry, soos
gemeet teen die generiese telkaartmaatstawwe van die
departement van handel en nywerheid. in terme van die
beoordeling (wat gegrond is op inligting soos dit beskikbaar
was tydens die beoordeling) het remgro ‘n telling van
59.09 behaal, wat dit gelyk stel aan ‘n vlak 5-bydraer.
die besonderhede van die beoordeling word volledig
uiteengesit in Figuur 3.
daar moet gelet word daarop dat die beoordeling die
BBseB-inisiatiewe van remgro se drie onafhanklike bedryfs-
filiale, rainbow Chicken, tsb sugar en Wispeco, insluit.
Ekwiteitseienaarskap
die verifiëring van BBseB-eienaarskap word gereël deur
die praktykkodes met betrekking tot BBseB (die kode),
wat op 9 Februarie 2007 ingevolge artikel 9(1) van die Wet
op Breë-Basis swart ekonomiese Bemagtiging (nr. 53 van
2003) geproklameer is. soos hierbo berig, is remgro se
ekwiteitseienaarskap in 2011 gesertifiseer. die metode wat
vir die verifiëring en sertifisering van remgro se bydraes
tot BBseB-eienaarskap gebruik word, is ingevolge die
bepalinge van kodereeks 100, standpunt 102 – erkenning
van die verkoop van bates, ontleen. die resultaat van hierdie
oefening word in Figuur 2 hieronder aangebied.
daar moet op gelet word dat, bykomend tot boge noemde,
swart eienaarskap ook ingesluit is in die aandeelhoudings wat
institusionele beleggers in remgro hou (verwys na bladsy 198
waar remgro se belangrikste aandeelhouers aangedui word).
aangesien besonderhede oor die uiteindelike begunstigdes
van hierdie aandeelhoudings nie geredelik volgens ras en
geslag beskikbaar is nie, is dit nie gekwantifiseer nie.
Diensverskaffersremgro glo daaraan om langtermyn-vennootskappe met diensverskaffers aan te gaan wat op onderlinge vertroue en respek gegrond is. verskeie maatstawwe speel ’n rol in die keuse van geskikte diensverskaffers, waaronder voldoening aan gehaltestandaarde (indien van toepassing), bestendigheid en ’n bewese rekord van die organisasie en sy ondersteuningsnetwerk.
aangesien remgro ’n beleggingshouermaatskappy is, word sy kostestruktuur deurgaans met dié van effektetrusts ver-gelyk om te verseker dat aandeelhouers nie benadeel word nie. as deel van die proses om korporatiewe koste te bestuur, word goeie verhoudinge met diensverskaffers gehandhaaf.
Suid-afrikaanse regering en beheerliggame
’n oop en eerlike verhouding word met die regering
en relevante beheerliggame gehandhaaf. in hierdie verband
geskied kommunikasie op ’n ad hoc-grondslag soos die
behoefte ontstaan en dit vind gewoonlik in die vorm van
formele vergaderings plaas. Beheerliggame, soos die
nasionale tesourie, die suid-afrikaanse reserwebank (sarB)
en die jse Beperk, word op hoogte gehou van korporatiewe
aksies in ooreenstemming met alle toepaslike wette en
regulasies. vergaderings met die sarB vind jaarliks plaas
om hulle in te lig oor remgro se buitelandse bedrywighede.
BREë-BaSIS SwaRt EkOnOMIESE BEMaGtIGInG (BBSEB)
Inleiding
die direksie glo dat BBseB ’n maatskaplike, politieke
en ekonomiese noodsaaklikheid is en daarom word die
inisiatiewe van die maatskappy se filiale en geassosieerdes
in hierdie verband ondersteun en aangemoedig. in die
mate waarin remgro se filiale en geassosieerdes BBseB
implementeer, het remgro se aandeelhouers in effek deel
aan hierdie BBseB-inisiatiewe en die koste en voordele
daaraan verbonde.
Figuur 2
tElkaaRt Van BBSEB-EkwItEItSEIEnaaRSkaP
telkaartEienaarskap Gewig teiken Behaal tellingswart stemreg 3 25.00% 11.44% 1.37stemreg van swart vroue 2 10.00% 2.73% 0.55swart ekonomiese belang 4 25.00% 11.44% 1.83ekonomiese belang van swart vroue 2 10.00% 2.73% 0.55ekonomiese belang (gespesifiseerde groepe) 1 2.50% 2.10% 0.84realiseringspunte– eienaarskapverwesenliking 1 ja ja 0.00– netto waarde 7 verskeie 11.44% 3.20Bonus – nuwe swart toetreders 2 10.00% 0.00% 0.00Bonus – swart deelnemers 1 10.00% 0.00% 0.00totale telling 8.34
remgro beperk | 102 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
remgro se opgesomde gelyke indiensnemingsverslag, soos op 31 augustus 2011, word in Figuur 4 aangebied en sit die verspreiding van heeltydse werknemers volgens ras en per beroepsvlak uiteen.
Vaardigheidsontwikkelingremgro voldoen aan die vereistes van die Wet op vaardigheidsontwikkeling ingevolge waarvan ’n vaste persentasie van die betaalstaat as ’n opleidingsheffing aan die suid-afrikaanse inkomstediens betaal word. ’n jaarlikse verslag van alle opleiding wat in die maat skappy plaasgevind het, word ook aan die relevante seta voorgelê.
Voorkeurverkrygingaangesien remgro nie ’n bedryfsmaatskappy is nie, is die verkrygingsfunksie baie klein en word die verkrygingsprofiel deur ’n hoë dienskomponent geken merk eerder as deur materiaalaankope. remgro koop meer as die helfte van sy goedere en dienste van BBseB-geakkrediteerde handelaars. ’n verbetering van die voorkeurverkrygingstelling bly ’n fokusgebied vir remgro.
Ondernemings- en sosio-ekonomiese ontwikkeling’n aansienlike hoeveelheid tyd en hulpbronne word intern gespandeer aan besigheidsontwikkeling en korporatiewe maatskaplike beleggingsinisiatiewe. Meer besonderhede oor die maatskappy se korporatiewe maatskaplike inisiatiewe word op bladsy 105 verskaf.
hoewel remgro se BBseB-telkaart die inisiatiewe van
rainbow Chicken, tsb sugar en Wispeco insluit, verwys die
bespreking hieronder oor ander elemente van die generiese
telkaartmaatstawwe slegs na die bedrywighede by remgro
se hoofkantoor op stellenbosch. vir meer besonderhede
oor die BBseB-inisiatiewe by maatskappye waarin belê is,
verwys na die afdeling ”BBseB by maatskappye waarin belê
is“ op die volgende bladsy.
Bestuursbeheerremgro se direksie is saamgestel op ’n wyse wat verseker dat die gesamentlike vaardighede en ervaring van direkteure geskik is om sy verantwoordelikhede na te kom en die groep se doelwitte te bereik. die direksie het die afgelope paar jaar aansienlik getransformeer, met vyf van die twaalf nie-uitvoerende direkteure (42%) wat tans swart is. op bestuursraadvlak is een uit die ses lede swart.
Gelyke indiensneminggelyke indiensneming is remgro se grootste transformasie-uitdaging. ’n jaarlikse arbeidsplan waarin remgro se transformasiedoelwitte uiteengesit word, word aan die departement van arbeid voorgelê. hoewel pogings aangewend word om die maatskappy se swart verteenwoordiging op bestuursvlak te verbeter, bly die lae personeelomset van 5.6% (2011: 4.3%), asook geringe organiese groei, beperkende faktore. Meer besonderhede oor gelyke indiensneming word op bladsy 103 aangebied.
Figuur 3
BBSEB-tElkaaRt
Element aanwyser Gewig tellingekwiteitseienaarskap Persentasie-aandeel in ekonomiese voordele 20 8.34Bestuurbeheer Persentasie swart persone in uitvoerende bestuur en/of
uitvoerende direksiekomitees 10 3.28gelyke indiensneming geweegde gelyke indiensnemingsanalise 15 4.37vaardigheids ontwikkeling vaardigheidsontwikkelingspandering in verhouding tot die
totale betaalstaat 15 5.49voorkeurverkryging verkryging vanaf bemagtigde ondernemings en dié in swart
besit in verhouding tot totale bates 20 17.61entiteitsontwikkeling gemiddelde waarde van bydrae tot ondernemingsontwikkeling
as ’n persentasie van die teiken van 3% van netto wins na belasting 15 15.00
sosio-ekonomiese ontwikkeling
korporatiewe maatskaplike belegging tot voordeel van swart persone 5 5.00
totale telling 100 59.09
remgro beperk | 103 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
OnS MEnSE
werknemersamestelling
remgro glo dat die gehalte van sy personeel ’n belang-
rike volhoubare voordeel bied. as ’n beleggings-
houermaatskappy het hy ’n klein personeelkorps, wat
op 30 junie 2012 uit 177 werknemers (30 junie 2011:
182 werknemers) bestaan het. verwys na Figuur 5 waar meer
besonderhede oor die samestelling van ons personeel,
volgens ras, geslag en ouderdom, aangebied word.
in die jaar onder oorsig was remgro se personeelomset
5.6% teenoor 4.3% in die vyftien maande tot 30 junie 2011.
die omsetsyfers is bereken deur die totale aantal werk-
nemers op jaareinde te gebruik. deur slegs bedankings
(dus vermybare werknemeromset) in aanmerking te neem,
verminder bogenoemde syfers na 2.8% vir 2012 en 1.6%
vir 2011.
Figuur 4
OPGESOMDE GElYkE InDIEnSnEMInGSVERSlaG, SOOS OP 31 aUGUStUS 2011
Mans VroueBuite-
landersBeroepsvlakke s B i W s B i W Mans vroue totaaltopbestuur 0 1 0 6 0 0 0 1 0 0 8
senior bestuur 0 0 0 13 0 0 0 2 0 0 15Professioneel gekwalifiseerde en ervare
spesialiste, asook middelvlakbestuur 0 1 1 22 0 0 0 9 0 0 33opgeleide tegniese en akademies
gekwalifiseerde werkers, junior bestuur, toesighouers, voormanne en superintendente 4 6 0 11 1 5 0 36 0 0 63
halfgeskoold, met diskresionêre besluitneming 19 27 0 0 7 11 0 0 0 0 64
ongeskoold, met gespesifiseerde besluitneming 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0
totaal heeltyds 23 35 1 52 8 16 0 48 0 0 183
deeltydse werknemers 0 1 0 2 1 0 0 0 0 0 4
Groottotaal 23 36 1 54 9 16 0 48 0 0 187
werwing- en keuringbeleid
om te verseker dat remgro ’n voorkeurbeleggingsvennoot
bly, is dit belangrik dat werknemers van die hoogste gehalte
gewerf, gekies en behou word. in hierdie verband sal die
maatskappy te alle tye probeer om die beste kandidaat in
’n pos aan te stel. remgro glo dat alle persone op gelyke
indiensnemingsgeleenthede geregtig is en daarom word
geen diskriminasie teenoor werknemers of aansoekers op
grond van geslag, ras, geloof of ander redes toegelaat nie.
Gelyke indiensneming
remgro onderskryf die beginsels van die Wet op gelyke
indiensneming en in hierdie verband streef hy deur sy gelyke
indiensnemingsbeleid daarna om gelyke geleenthede
aan alle werknemers te bied en om geskikte individue te
identifiseer, te ontwikkel en te vergoed in ooreenstemming
met hul prestasie, toewyding en lojaliteit. spesiale aandag
word aan groepe gegee wat vanweë historiese redes hulself
in ’n minder bevoorregte posisie mag bevind.
BBSEB by maatskappye waarin belê isremgro monitor en dra by tot die BBseB-vertoning van die maat skap pye waarin belê is deur sy direksie-verteenwoordiging en deelname en fasilitering van korporatiewe aksies by hierdie maatskappye. die BBseB-status van remgro se bedryfsfiliale word in meer besonderhede behandel in die afdeling wat handel oor “volhoubaarheid by bedryfsfiliale“ op bladsy 107.
hieronder is ’n opsomming van die BBseB-status van ’n aantal remgro geassosieerdes soos op 30 junie 2012:
Firstrand vlak 2-bydraer
sabido vlak 2-bydraer
total south africa vlak 2-bydraer
air Products vlak 3-bydraer
Mediclinic vlak 3-bydraer
distell vlak 4-bydraer
dark Fibre africa vlak 5-bydraer
unilever vlak 6-bydraer
remgro beperk | 104 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
king iii en die nuwe Maatskappywet gehou om te verseker
dat direkteure en bestuur toegerus is om gesonde
korporatiewe bestuurspraktyke te implementeer en toe te
pas op alle vlakke waar hulle betrokke is.
Gesondheid en veiligheid
die maatskappy het ’n gesondheids-en-veiligheidskomitee
wat saamgestel is ingevolge die Wet op Beroepsgesondheid
en veiligheid. die komitee is ’n subkomitee van die risiko-
en-it-bestuurskomitee en verseker dat die maatskappy ’n
veilige, gesonde en risikovrye omgewing vir sy personeel en
besoekers bied en sien toe dat beheermaatreëls om risiko’s
te beperk doeltreffend is en toegepas word.
MIV/vigs
uit ’n beleggingshouermaatskappy se perspektief bestaan
die risiko verbonde aan Miv/vigs uit twee elemente, naamlik:
Groeprisiko gegewe die potensiële uitwerking van Miv/vigs op markte,
menslike kapitaal, die koste van indiensneming en die
bedryfsprosesse van ondernemings waarin belê is, word
hierdie risiko bestuur binne die strukture van die onderskeie
maatskappye waarin belê word. die vordering van hierdie
beleid en strategieë word aan die hand van bestepraktyk-
standaarde gemonitor. Meer inligting rakende die bestuur
van Miv/vigs by remgro se bedryfsfiliale word op bladsy 107
verskaf.
werknemersvergoeding
ons doelwit is om werknemers billik, mededingend en
volgens hul vermoë, vaardighede, verantwoordelikheid
en prestasievlakke te vergoed. die vlak van salarisse wat
betaal word, is een van verskeie aspekte van ons strategie
om mense van gehalte te behou, te motiveer en, waar
nodig, te werf. daarby bied remgro ook aan sy personeel
’n stimulerende werkomgewing. remgro het ’n formele
vergoedingsbeleid wat die vergoedingsbenadering met
betrekking tot direkteure en bestuursraadslede uiteensit.
verwys na die vergoedingsverslag op bladsy 121 waar
remgro se vergoedingsbenadering volledig bespreek word.
remgro bied aan sy werknemers aftreevoordele in die
vorm van ’n omskrewevoordeelfonds (geslote) en omskrewe-
bydraefonds wat onafhanklik van die maatskappy se
finansies geadministreer word. daarby word ook mediese
versekering en studiehulp aan werknemers gebied.
Opleiding en vaardigheidsontwikkeling
die hoofdoel van opleiding is om werknemers sodanig
toe te rus dat hulle hul volle potensiaal kan verwesenlik
tot voordeel van die maatskappy en hulself. aangesien
remgro, as beleggingshouermaatskappy, oor ’n hoogs-
gespesialiseerde arbeidsmag beskik, word geen voor-
geskrewe opleidingsprogramme aanbeveel nie. individue
word egter aangemoedig om opleidingskursusse by te woon
wat hulle beter kan toerus om hul werk te doen. die afgelope
paar jaar is verskeie werkwinkels en opleidingsessies oor
Figuur 5
SaMEStEllInG Van wERknEMERS
Vroue 37%
Mans 63%
swart, Bruin, indiër 46%
Wit 54%
41 – 50 jaar oud 28%
30 jaar en jonger3%
51 jaar en ouer 44%
31 – 40 jaar oud25%
remgro beperk | 105 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
gedurende die jaar onder oorsig het remgro se korpora-
tiewe maatskaplike besteding r12 miljoen bedra (vyftien
maande tot 30 junie 2011: r22 miljoen), soos in die
onderstaande tabel uiteengesit.
Opsomming van korporatiewe maatskaplike besteding
twaalfmaande30 junie
2012R miljoen
vyftienmaande30 junie
2011r miljoen
gemeenskaps ontwikkeling 4 7kulturele ontwikkeling 2 4entrepreneurskap en
opleiding 3 5omgewing 1 3gesondheidsorg 1 1sportontwikkeling 1 2
12 22
die vernaamste inisiatiewe waarby remgro in die jaar onder
oorsig betrokke was, sluit die volgende in:
Gemeenskapsontwikkeling
Versterk ons Samelewing (SOS) – in sy benadering
tot korporatiewe maatskaplike besteding het remgro
oor die jare ‘n strategie gevolg waar daar nie soseer in
liefdadigheidsorganisasies belê is nie, maar eerder in die
toegewyde mense wat aan die roer daarvan staan. ons
het egter toenemend tot die besef gekom dat veel meer
bereik kan word as nie net geld nie, maar ook kundigheid
met plaaslike instansies gedeel word, waardeur hulle in
staat gestel kan word om die doeltreffendheid en trefwydte
van hul bedrywighede te vergroot.
hoewel daar by die meeste gemeenskapsinstansies nie
leierskap of entoesiasme ontbreek nie, word dit dikwels
deur strukturele vermoë gekortwiek, wat verhinder dat dit
deurbreek en volle potensiaal bereik.
om aandag aan hierdie kwessie te gee, het remgro, saam
met die groter stellenbosch ontwikkelingstrust, en na
wydverspreide konsultasie, besluit om ‘n program te loods
om plaaslike organisasies te versterk deur personeel se
tyd, op ‘n vrywillige grondslag, asook fondse in ‘n gekose
groep instansies te investeer. sos, soos die inisiatief
bekend sal staan, is gedurende junie 2012 geloods en
beoog om die gaping tussen belanghebbende sake-
ondernemings en liefdadigheidsorganisasies te oorbrug
met die doel om ‘n kultuur van gemeenskapsbetrokken-
heid te kweek.
sos sal hom daarvoor beywer om die behoefte aan
bestuurskundigheid, administratiewe kapasiteit en finansiële
administrasie te identifiseer en om die nodige opleiding
daarin te voorsien. die onmiddellike doelwit is om 12
plaaslike gemeenskapsinstansies in die volgende jaar te
versterk.
Maatskappyrisikoremgro het ’n formele Miv/vigs-beleid en is verbind
tot daadwerklike stappe om die pandemie, en die
besigheidsrisiko’s daaraan verbonde, te bestuur. die beleid
maak onder andere vir die volgende voorsiening:
> dat alle wetlike verpligtinge met betrekking tot Miv/vigs
nagekom word
> dat daar op geen wyse teen werknemers of potensiële
werknemers gediskrimineer word op grond van hul Miv-
status nie
> dat inligting oor die Miv-status van werknemers streng
vertroulik gehanteer word
> dat algemene maatreëls ingestel en bestuur word om
toevallige besmetting te voorkom
die remedi Mediese hulpskema, waaraan die meeste
remgro-personeel behoort, beskik oor ’n bestuursplan vir
Miv/vigs waaraan werknemers volgens hul keuse deelneem.
BElEGGInG In DIE GEMEEnSkaP
remgro se korporatiewe maatskaplike bestedingsinisia-
tiewe en skenkingsprogram dek ’n breë spektrum van
die gemeenskap en kan in die volgende kategorieë op-
gesom word:
> gemeenskapsontwikkeling
> kulturele ontwikkeling
> entrepreneurskap en opleiding
> omgewing
> gesondheidsorg
> sportontwikkeling
remgro probeer om ’n korporatiewe maatskaplike
besteding van ongeveer 2.5% van sy jaarlikse netto oorskot
kontantvloei te handhaaf. in hierdie opsig is daar ’n amptelike
donasiekomitee wat gereeld vergader om verdienstelike
instansies te oorweeg en skenkings goed te keur. skenkings
aan kwalifiserende instansies word op ’n jaarlikse grondslag
vir ’n spesifieke tydperk gemaak en hoewel bydraes oor
’n taamlike breë spektrum strek, is daar twee ooglopende
uitsonderings: politieke partye en kerkgenootskappe.
hoewel die maatskappy sy werknemers se reg respekteer
om volgens keuse by hierdie organisasies betrokke te raak,
oefen hyself nie ’n keuse uit nie.
remgro beperk | 106 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
aan kinders ’n stimulerende en opwindende blootstelling
aan kuns. die kinders kom hoofsaaklik van die oos-kaap,
baie uit ’n agtergrond waar enige vorm van kuns heeltemal
vreemd is.
Entrepreneurskap en opleiding
tSiBa – die tersiêre skool in Besigheidsadministrasie, ook
bekend as die entrepreneursuniversiteit van kaapstad,
is in 2004 gestig met die doel om jongmense uit die
swart woongebiede te vat en aan hulle sakeopleiding
te verskaf wat vir niks terugstaan nie. in 2009 het tsiBa
sy bedrywighede na die suid-kaap uitgebrei en dit
saamgevoeg met dié van die eden-kampus naby sedgefield
– ’n residensiële “groen” kollege wat op entrepreneurskap
en vaardigheidsontwikkeling fokus.
Shalamuka Stigting – hierdie stigting is in 2006 daargestel
om langtermynbefondsing, onder andere deur deelname
aan seB-transaksies, te verseker vir die hoogaangeskrewe
Penreach-program, ’n nie-winsgewende, holistiese skool-
ontwikkelingsprogram wat daarna streef om die vaar-
dighede van onderwysers en die gehalte van onderwys in
Mpumalanga en omliggende gebiede te verbeter en skole
in gemeenskapsontwikkelingsentra te omskep.
SciMathUS – is in 2001 deur die universiteit van stellenbosch
as ‘n oorbruggingsprogram ontwikkel met die doel om
talentvolle swart studente uit benadeelde gemeenskappe
te help om toegang tot hoofstroom tersiêre onderwys te
kry en hulle verder in fisiese en toegepaste wetenskap,
ingenieurswese, mediese en gesondheidswetenskappe en
ekonomiese en bestuurswetenskappe te bekwaam.
Bergzicht Opleidingsentrum – met sy basis in stellenbosch,
verskaf hierdie sentrum onderrig in werkverwante vaardig-
hede aan ongeskoolde en werklose mense uit agtergeblewe
gemeenskappe. sy benadering is uniek deurdat sowel
verskeie kort- as omvattende kursusse in verskillende
rigtings, soos tuisbestuur, bejaardesorg, spyseniering en
kindersorg, deur die jaar aangebied word. geen kursus duur
langer as drie maande nie.
ORt-tech – het ’n vennootskap met remgro aangegaan om
die geletterdheids- en syfervaardighede van graad 6-
leerders in twaalf skole in die stellenbosse distrik te
verbeter. die projek is ’n opvolg van die ort seed-projek
wat tussen 2008 en 2010 deur remgro in laerskole in die
groter stellenbosch-gebied befonds is. ondanks probleme
wat ondervind is, het die ort seed/remgro-model nou
ontwikkel tot die punt waar dit in ander landelike gebiede
herhaal kan word. Beide die universiteit van stellenbosch
en dié van kaapstad is betrokke by hierdie inisiatief, wat
ten doel het om die manier waarop wiskunde aangebied
en geleer word te verander. ort-tech is die innoverende
Ikamva labantu – vir nagenoeg ’n halfeeu reeds voorsien
hierdie breëbasis-gemeenskapsprojek in die behoeftes van
nooddruftige mense in woongebiede van kaapstad wat deur
armoede geteister word. dit volg ’n holistiese benadering
betreffende die ontwikkeling van arm gemeenskappe
– van voorskoolse kinders en ondersteuningsdienste vir
gesinne tot die omsien na die behoeftes van bejaardes en
gestremdes.
Stellenbosch-Gemeenskapsontwikkelingsprogram
(SGOP) – is ‘n inisiatief in ‘n woongebied aan die buitewyke
van stellenbosch, waarheen die meeste van die inwoners
(30 000) gekom het op soek na werk. hier leef die meeste
van hulle in informele nedersettings en in uiterste armoede.
saam met die hoë voorkoms van ongeletterdheid en
Miv/vigs, maak dit van kayamandi ‘n gemeenskap wat hulp
dringend nodig het. die hoofdoel van die sgoP is om
honger te help bekamp deur voedsel aan behoeftige en
wangevoede voorskoolse en laerskoolkinders te verskaf en
sodoende hul leer- en konsentrasievermoë te verbeter.
Stellenbosch Voedingsaksie – volgens ‘n onlangse studie
geniet 28% van die plaaslike bevolking nie voedselsekerheid
nie. die voedingsaksie sien om na hierdie nood deur sowat
2 000 kospakkies per week aan skole en klinieke te verskaf.
daarby word voedsel aan 4 000 behoeftige mense by
27 voedingspunte beskikbaar gestel, terwyl ondersteuning
ook aan 25 ander organisasies, soos jeuguitreik, die
nagskuiling, verskeie crèches en skole gegee word. ‘n
nuwe fokus van die voedingsaksie is om deel te neem aan
gemeenskapsprojekte wat opheffingswerk onder die jeug
doen en ook om uit te reik na terminale pasiënte (Miv/vigs
en tB) deur klinieke te besoek en pasiënte na die bestaande
voedingspunte te nooi.
kulturele ontwikkeling
Veldorkesstigting (FBF) – van ’n beskeie begin in
1997 het die stigting gegroei tot ’n organisasie wat oor
18 veldorkesstreke en 40 orkeste beskik. deur die gebruik
van massa-blaasorkeste streef die stigting daarna om ’n
veilige, inspirerende en energieke omgewing te skep waar
jongmense hul innerlike krag en positiewe eienskappe kan
ontdek en koester. die Cape Whaler-veldorkes, wat deur
remgro geborg word, kon daarin slaag om die samewerking
van nege skole in stellenbosch en Macassar te verkry en dit
het grootliks tot die sukses van hierdie orkes bygedra. Meer
as ’n derde van die lede se ouers is werkloos en kinders in
nood word in ’n spesiale program geregistreer, waar hulle
ondersteuning ten opsigte van skooldrag, kospakkies en
berading ontvang.
Children’s art Festival (CaF) – hierdie gevestigde instansie
wat sy ontstaan 20 jaar gelede gehad het en tans ’n vaste
instelling by die grahamstad nasionale kunstefees is, gee
remgro beperk | 107 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
Sportontwikkeling
Sa Gholfontwikkelingsraad (SaGOR) – die hoofdoel van
sagor is om gholf toeganklik vir alle suid-afrikaners te maak
deur die spel te ontwikkel en deur geleenthede te skep waar
dit nog ontbreek. tans funksioneer die sagor in tien streke
van die land. sedert sy totstandkoming het die sagor
reeds meer as 17 000 jong spelers uit mindergegoede
gebiede afgerig, van wie heelparty voortgegaan het om
die senior nasionale span en senior provinsiale spanne te
verteenwoordig.
wes-kaapse krieketakademie – as ‘n katalisator vir
krieketontwikkeling in die land het die akademie van krag
tot krag gegaan sedert die stigting daarvan in die 1990’s.
nasionale en provinsiale spanne wemel letterlik van spelers
wat hulle talente onder die waaksame oog van kundige
afrigters, soos wyle eddie Barlow, Peter kirsten, eric simons,
en meer onlangs, Paul adams, by die akademie geslyp het.
die provinsiale spanne van die Westelike Provinsie en die
Boland het die grootste voordeel getrek uit hierdie inisiatief,
wat oor die jare ‘n onuitwisbare stempel op die loopbane
van baie talentvolle spelers afgedruk het.
VOlHOUBaaRHEID Van BEDRYFSFIlIalE
remgro se drie bedryfsfiliale, te wete rainbow Chicken, tsb
sugar en Wispeco, word op ’n gedesentraliseerde grondslag
as onafhanklike entiteite, met outonome direksies, bedryf
en bestuur. slegs opgesomde nie-finansiële inligting, wat
verband hou met hul bestuurstrukture, sowel as maatskaplike
en omgewingsvertonings, word in hierdie verslag verskaf,
terwyl hul finansiële vertonings in meer besonderhede in die
beleggingsoorsigte op bladsy 41 behandel word.
Rainbow Chicken
Inleidingrainbow het twee bedryfsfiliale, rainbow Farms en vector
logistics. Rainbow Farms se besigheid sluit die broei en
grootmaak in van sy eie pluimvee wat deur sy eie voermeule
gevoed word, sowel as die verwerking en bemarking van
vars, bevrore, waardetoegevoegde en ander geprosesseer-
de hoender. Vector Logistics is ‘n spesialis-, derdeparty-
logistieke diensverskaffer vir die bevrorevoedselbedryf in
suider-afrika en verskaf geïntegreerde logistieke dienste
aan die kleinhandel, groothandel en voedseldienssektore,
insluitende dienste aan rainbow Farms.
rainbow se handels merke soos Rainbow, Farmer Brown, Rainbow FoodSolutions, Epol, Cobb en Vector logistic-solutions is welbekend. die maatskappy is op die jse
Beperk onder “verbruiksgoedere – voedselvervaardigers“,
met die aandelekode “rBW“ genoteer.
vertakking van ort south africa, wat regoor die land in
gebiede van uiterste armoede en agterstand werksaam is.
Omgewing
Stigting vir Vredesparke – dié stigting het tot stand gekom
om oorgrensbewaringsgebiede in suider-afrika aan te voor
waardeur volhoubare ekonomiese ontwikkeling ondersteun,
die bewaring van biodiversiteit beveilig en streeksvrede
en -stabiliteit bevorder kan word. ’n Belangrike faset van
oorgrensparke is dat bevolkings in landelike gebiede by
natuurreservate betrek en sodoende die geleentheid
gebied word om in die voordele van die verwagte opbloei
in toerisme te deel. vredesparke in suider-afrika sluit
vandag omtrent die helfte van alle geproklameerde
bewaringsgebiede in die streek in (met ’n oppervlakte van
nagenoeg 800 000 km²).
wwF Suid-afrika (wwF-Sa) – in die 44 jaar sedert
sy totstandkoming het WWF-sa bewys dat hy die
ondervinding, wetenskaplike kundigheid, passie en vas-
beslotenheid het om ’n leierskapsrol in natuurbewaring te
speel en oplossings te help vind vir omgewingskwessies
van nasionale en internasionale belang. as deel van
die wêreldwye WWF-netwerk, wat in meer as 100 lande
bedrywig is en ’n ondersteunersbasis van nagenoeg vyf
miljoen mense het, is WWF-sa in ’n unieke posisie om
met verskeie vennote saam te werk om uitsonderlike
omgewings en bedreigde spesies te bewaar.
Gesondheidsorg
wits Donald Gordon-Mediese Sentrum (wDGMS) – is
die eerste private akademiese hospitaal in suid-afrika. in
2005 het die Mediclinic-hospitaalgroep, waarin remgro
’n belang het, ’n vennoot saam met Wits in WdgMs ge-
word en is die bestuurskontrak van die hospitaal aan
eersgenoemde toegeken. WdgMs is gestig met die doel
om ’n fasiliteit vir die opleiding van topspesialiste in die
privaatsektor te skep in ’n poging om hul vaardighede tot
voordeel van die gesondheidsorgsektor in suid-afrika te
behou. remgro het in 2004 onderneem om WdgMs vir ’n
tydperk van tien jaar finansieel te ondersteun.
Stigting vir Orgaanskenkers van Sa – die beskikbaarheid
van lewensonderhoudende organe is letterlik ‘n saak van lewe
of dood. die afgelope 24 jaar het die stigting hom beywer
om die oorgang van organe van skenker na ontvanger so
glad moontlik te laat verloop. deur vier vlugte per jaar vir
die vervoer van noodsaaklike organe te borg, ondersteun
remgro hierdie humanistiese poging en word erkenning
graag gegee aan die belangrike rol wat die personeel van
die lugvaartmaatskappy Falconair in hierdie verband speel.
remgro beperk | 108 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
Bestuur, risikobestuur en nakoming
rainbow se direksie bestaan uit nege nie-uitvoerende (van
wie vier onafhanklik is) en twee uitvoerende direkteure.
die voorsitter van die direksie, mnr thys visser, is in
april 2012 oorlede. Mnr jannie durand is met ingang
12 junie 2012 as die voorsitter aangestel. daar moet gelet
word daarop dat mnr jannie durand nie ’n onafhanklike
voorsitter is nie omdat hy ’n direkteur van rainbow se
hoofaandeelhouer, remgro Beperk, is. in hierdie verband het
rainbow mnr r v smither as hoof onafhanklike direkteur op
30 augustus 2011 aangestel om as voorsitter van ver-
gaderings op te tree in omstandighede waar die onafhanklik-
heid van die huidige voorsitter bevraagteken word of
gekompromitteer is.
aangesien rainbow ’n genoteerde maatskappy is,
moet hy aan die noteringsvereistes van die jse en die
aanbevelings van king iii voldoen. in die jaar onder oorsig
het die maatskappy voortgegaan om sy bestuurs-, gerus-
stellings- en risikobestuurspraktyke te verbeter. in hierdie
verband is ’n nuwe maatskaplike-en-etiesekomitee op
21 Februarie 2012 daargestel. rainbow se risikokomitee,
wat ’n sub komitee van die direksie is, is verantwoordelik vir
toesig oor die geskiktheid en algehele doeltreffendheid van
die groep se risikobestuursfunksie en die implementering
daarvan deur bestuur. dié komitee word deur ’n interne
ouditafdeling ondersteun wat uit ’n toegewyde span toe-
paslik gekwalifiseerde en tegnies ervare personeel bestaan.
Sleutelvolhoubaarheidsgebiede
klante raak toenemend proaktief ten opsigte van kwessies
soos gesondheid en veiligheid, boerdery praktyke, diere-
welsyn, produkveiligheid en -etikettering. rainbow hanteer
hierdie kwessies op verskeie maniere en hieronder is ’n
verkorte weergawe van sy volhoubaarheids-verslag in
hierdie verband. iso-bestuurstelsels is oral in rainbow
geïmplementeer om aan gehaltevereistes en regulasies te
voldoen.
BElanGHEBBEnDES SE kOMMER wat OnS DOEnProdukgehalte en -veiligheid aanstelling van vleisinspekteurs en prosesserings- en
ingenieurspersoneel om veilige produkte te verseker wat aan bepaalde spesifikasies voldoen
aanstelling van “safety, health, environmental and Quality Management“-spanne om verwerking, voedselveiligheid en wetlike en gehaltevoldoening deur middel van oudits te verifieer
voldoening aan iso 22000etikettering voldoen aan die regulasies van die Wet op voedingstowwe,
kosmetiekware en ontsmettings middels (nr. 154 van 1972) en regulasie r146
ondersteun die verbruikersgoedereraad van suid-afrika (CgCsa) en globale standaarde (gs1) in die lys van alle produkte met gs1
Boerderypraktyke, insluitende:
Dierewelsyn
Huisvesting van hoenders
Voeding
Dieregesondheid en -veiligheid
onderskryf die Britse Pluimveeraad se “assured Chicken Production Programme“ wat die hoogste standaarde vir die voeding en welsyn van pluimvee daarstel
oudits van dierewelsyn deur onafhanklike geakkrediteerde ouditeure regdeur landboudissipline om nakoming van dierewelsynvereistes te verifieer
voorraaddigtheid van hokke word bepaal deur vloerspasie van die hok en toerusting daarin
toegang tot plase word deur streng bio-sekuriteitsmaatreëls beheer
voedselgrondstowwe word beheer deur die Wet op Misstowwe, veevoedsel, landboumiddels en veemiddels (nr. 36 van 1947)
tropbehandeling word beheer deur die Wet op die Beheer van Medisyne en verwante stowwe (nr. 101 van 1965)
gereelde dBv-inspeksieshalaalstatus hoenders word deur halaal-slagters geslag en gereelde
inspeksies word deur die suid-afrikaanse halaalowerheid (sanha) en die “Muslim judicial Council“ (MjC) gedoen
verbruikersinsig Bemarking- en produkontwikkelingspanne verseker dat rainbow mededingende handelsmerke teen mededingende pryse ontwikkel en bemark
inspuitingsvlakke van pluimveevleis Werk saam met die regering en die suid-afrikaanse Pluimvee-vereniging (saPv) om ‘n verantwoordelike benadering ten opsigte van die inspuiting van pluimveevleis daar te stel
remgro beperk | 109 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
die maatskappy het in 2011 ’n “disabling incident frequency rate“ (diFr) van 1.63 (2010: 1.72) behaal. die diFr is ’n internasionaal aanvaarde standaard vir die meting van veiligheidsprestasie en hou verband met die aantal ongeskiktheidsvoorvalle vir elke 200 000 man-ure gewerk.
rainbow se Miv/vigs-beleid dek die arbeidsmag en gee rigting aan die maatskappy se bestuur van Miv/vigs, met die klem op onderrig, portuuropvoeding, voorkoming en vrywillige berading en toetsing. die beleid verseker ook dat geen diskriminasie in die werkplek plaasvind nie en dat werknemers wat die kliniek bywoon, dit vertroulik doen. rainbow borg ook Miv/vigsbewusmakingsdae vir die jeug om die gemeenskap ingelig te hou.
rainbow se opleidingsbesteding vir die twaalf maande tot junie 2012 het r15 miljoen bedra teenoor r16 miljoen in die vyftien maande tot junie 2011.
Menserainbow erken die belangrikheid van sy personeel en lê klem op die bou van ’n gemeenskap van geïnspireerde mense met ’n gemeenskaplike doel. deur konstruktiewe erkenningsooreenkomste het rainbow ’n bedingingseen-heid daargestel waaraan 74% van sy personeel behoort en waardeur onderhandelings met erkende vakbonde oor salarisse en diensvoorwaardes jaarliks plaasvind. rainbow het in 2011 ’n proses begin om met sy gelyke indiensnemingskomitees te beraadslaag met die oog daarop om teen 2015 ’n omvattende gelyke indiens-nemingsplan gereed te hê waarmee die teikens van die departement van arbeid gehaal kan word. die same- stelling van rainbow se arbeidsmag ten opsigte van ras, geslag en ouderdom word in Figuur 6 getoon.
rainbow het ’n nasionale gesondheids- en veiligheids beleid wat alle bedrywe en geriewe verbind tot die daarstelling en handhawing van ’n gesonde en veilige werkomgewing.
BBSEBrainbow se laaste BBseB-verifiëringsproses is gedurende
augustus 2012 deur empowerdex gedoen en ’n vlak
4-bydraervlak is bereik, wat gelykstaande aan ’n 100%-verkry-
gingserkenningsvlak en ’n totaal van 66.06 punte op die
generiese telkaart is. dit verteenwoordig ’n verbetering van
die vorige vlak 5 wat gedurende Maart 2011 behaal is.
Korporatiewe maatskaplike bestedingrainbow het die volgende twee gebiede geïdentifiseer waar
hy glo dat hy met sy korporatiewe maatskaplike bestedings-
beleid ’n betekenisvolle en volhoubare bydrae oor die lang
termyn tot agtergeblewe gemeen skappe kan maak:
> onderwys, en
> vaardigheidsontwikkeling
rainbow se maatskaplike besteding het in die twaalf maande
tot junie 2012 r4 miljoen bedra teenoor r4 miljoen in die
vyftien maande tot junie 2011.
Omgewing
verwys na die omgewingsafdeling op bladsy 115 waar die
omgewingspraktyke van rainbow ook ingesluit is.
rainbow se volledige volhoubaarheidsverslag is op sy
webblad by www.rainbowchicken.co.za beskikbaar.
Figuur 6
SaMEStEllInG Van wERkSMaG (soos op 30 junie 2012)
Vroue 40%
Mans 60%
swart, Bruin, indiër 92%
Wit 8%
41 – 50 jaar oud 29%
30 jaar en jonger23%
51 jaar en ouer 17%
31 – 40 jaar oud 31%
remgro beperk | 110 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
tsb Sugar
Inleidingtsb sugar is ’n volfiliaal van remgro en streef daarna om
die voorste suider-afrikaanse suikerprodusent te wees. die
maatskappy is in 1965 gestig en besit en bedryf tans drie
suikermeulens, waarvan twee in die nkomazi-streek van
Mpumalanga en een in die Pongola-streek in die noorde van
kwaZulu-natal is. suikerprodukte word hoofsaaklik onder
die bekende selati-handelsmerk verkoop. neweprodukte
van die suikervervaardigingsproses, soos bagasse en
melasse, word in die produksie van Molatek, tsb sugar se
dierevoer-onderneming, gebruik.
die maatskappy gee ondersteuning aan meer as 1 700
kommersiële en kleinboere op sowat 51 000 hektaar be-
sproeiingsgrond. in ruil hiervoor verskaf die boere ongeveer
75% van die suiker wat in die meulens verwerk word.
Bestuur, risikobestuur en nakomingtsb sugar het ’n outonome direksie wat tans uit elf direk-
teure bestaan van wie sewe nie-uitvoerend is. vyf van die
nie-uitvoerende direkteure is onafhanklik. die direkteure en
uitvoerende bestuur van die maatskappy ten volle onder-
skryf die beginsel van verantwoordelike leierskap gegrond
op die waardes van verantwoordelikheid, aanspreeklikheid,
billikheid en deursigtigheid. hierdie waardes is in die jaar
onder oorsig verder verskans in die daarstelling van ‘n
maatskaplike-en-etiesekomitee.
Bykomend tot die maatskaplike-en-etiesekomitee het die
direksie ook drie ander subkomitees, te wete ’n oudit-en-
it-bestuurskomitee, ’n menslike hulpbronne-komitee en ’n
risikokomitee aangestel om hulle met die uitvoering van
sy pligte en verantwoordelikhede by te staan. die oudit-
en-it-bestuurskomitee bestaan uit drie onafhanklike,
nie-uitvoerende direkteure. die risikokomitee bestaan
uit twee onafhanklike, nie-uitvoerende direkteure en is
verantwoordelik vir toesig oor die prosesse en beleid wat
die uitvoerende bestuur implementeer om die integriteit en
doeltreffendheid van risikobestuur te verseker. die komitee
word deur ’n interne ouditafdeling, bestaande uit toepaslik
gekwalifiseerde en tegnies vaardige personeel, bygestaan.
Sleutelvolhoubaarheidsgebiede, risiko’s en geleenthedeBelanghebbendes se kommer oor kwessies by tsb sugar
het hoofsaaklik te doen met produkgehalte en voedsel-
veiligheid, etikettering, suikerrietverskaffing, beheer oor
stygende insetkoste en reaksie op moontlike ontwikkelinge
in die bedryf. ’n opsomming word op die volgende bladsy
verskaf oor die maniere waarop tsb sugar hierdie kwessies
aanspreek.
remgro beperk | 111 | geïntegreerde jaarverslag
BElanGHEBBEnDES SE kOMMER wat OnS DOEnProdukgehalte en -veiligheid alle produksie- en verpakkingsgeriewe is onder die
iso 9001:2008 gehalte- en voedselsekerheidsbestuurstelsel gesertifiseer
verpakkingsgeriewe is ook onder die voedselseker heidstelsels van “hazard analysis and Critical Control Points“ (haCCP), sans10330:2007 en Pas220 (voor vereiste programme), asook sans1049:2011 gesertifiseer
suikerprodukte word verskaf ingevolge ’n “Certificate of analyses“ (Coa) om die gehalte van produkte te sertifiseer
etikettering voldoen aan die regulasies van die Wet op voeding stowwe, kosmetiekware en ontsmettings middels (nr. 154 van 1972)
ondersteun die verbruikersgoedereraad van suid-afrika (CgCsa) en die “global Food safety initiative“ (gFsi) in die lys van alle produkte met gFsi
halaalstatus alle suiker wat vervaardig word, het halaalstatus. inspekteurs van die islamietse raad van suid-afrika sien toe dat alle praktyke in ooreenstemming met halaalstandaarde is
kosjerstatus suiker en alle bestanddele wat in die vervaardigings proses gebruik word, het kashrut (kosjer)-status. inspekteurs van die “kashrut department of the union of orthodox synagogues“ in suid-afrika sien toe dat alle praktyke in ooreenstemming met kosjer-vereistes is
suikerrietverskaffing Proaktiewe betrokkenheid by grondhervormingsprogramme om die implementering van volhoubare boerderymodelle te beïnvloed
Bevorder beskikbaarheid en veiligheid van besproei-ingswater deur deelname aan waterbestuur en beheer van waterbestuursliggame, soos besproeiingsrade en opvangbestuursagentskappe.
Beheer van stygende insetkoste verbeter produksie en doeltreffendhede om eenheids koste te verminder
Beveilig alternatiewe bronne van inkomste deur diversifi kasie na opwekking van krag en/of etanolproduksie
reaksie ten opsigte van moontlike bedryfsontwikkeling volgehoue deelname aan suikerbedryfstrukture
interaksie met alle belanghebbendes met betrekking tot die hersiening van die suikerwet van 1978 om te help met die implementering van ’n volhoubare bedryfsmodel
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
aangesien veiligheid ’n hoofstrategiese doelwit van
tsb sugar is, beskik dit oor ’n formele gesondheids-
en-veiligheidsprogram wat op ’n deurlopende grondslag
deur veertien gesondheids-en-veiligheidskomitees regdeur
die maatskappy gemonitor word. in die jaar onder oorsig
het die maatskappy ’n diFr van 1.3, teenoor 0.7 in 2011,
behaal. tsb sugar gebruik die nBvv-stelsel om sy gesond-
heids- en veiligheidsprosesse te bestuur en in die jaarlikse
eksterne oudit wat in oktober 2011 gedoen is, het die
maatskappy ’n vierster nBvv-gradering ontvang (2010:
vyfster nBvv-gradering). tsb sugar beskou hierdie laer
vlak van diFr, sowel as die laer nBvv-gradering as ’n
tydelike terugslag en planne om terug te keer na vorige
vlakke is reeds in plek. Benewens bogenoemde, bedryf
tsb sugar drie hoofklinieke (een by elke suikermeule) en
sewe satellietklinieke tot voordeel van sy werknemers.
hierdie klinieke word deur dokters, verpleegsters, en ander
gekwalifiseerde mediese personeel bedien.
Mensetsb sugar het tans sowat 2 800 werknemers op ’n
heeltydse grondslag in diens. die maatskappy is by twee
bedingingseenhede betrokke en die vergoeding van
nagenoeg 56% van die permanente arbeidsmag word deur
kollektiewe ooreenkomste binne hierdie bedingingstruk-
ture bepaal. gelyke indiensneming by tsb sugar word
deur ’n gelyke indiensnemingsforum bestuur, wat steun
verleen aan gestruktureerde en gereelde deelname deur
werknemerverteenwoordigers aan die proses, sowel as
aan die finalisering van die arbeidsplan wat jaarliks aan die
departement van arbeid voorgelê word. verwys na Figuur 7
waar meer besonderhede oor die samestelling van tsb sugar
se arbeidsmag ten opsigte van ras, geslag en ouderdom
verskaf word. hoewel pogings aangewend word om swart
verteenwoordiging op bestuursvlak in die maatskappy te
verbeter, bly die algemene tekort aan gespesialiseerde
vaardighede, veral ten opsigte van ingenieurswese en suiker-
tegnologie, beperkende faktore.
remgro beperk | 112 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
Miv/vigs-bewusmakingsprogramme word binne tsb sugar
bevorder en deur 54 portuurgroepopvoeders regdeur die
maatskappy ondersteun. die portuurgroep opvoeders kry
formele opleiding en die doelwit vir elke opvoeder is om een
opleidingsessie per maand te hou. die maatskappy steun
vrywillige berading en toetsing en die regeringsgedrewe
program om anti-retrovirale middels te verskaf.
tsb sugar se opleidings- en ontwikkelingsplan gee
aandag aan gebiede soos leierskap/bestuursvaardighede,
strategiese vaardighede en vermoëns, sowel as bedryfs-
opleiding. die maatskappy se interne opleidingsentrum is
in terme van omvang en gehaltestandaarde as ’n instituut
vir sektorale en beroepsvoortreflikheid (isoe) geak-
krediteer. opleidingsbesteding het in die twaalf maande
tot junie 2012 r16 miljoen teenoor r15 miljoen in die
vyftien maande tot junie 2011 bedra.
Figuur 7
SaMEStEllInG Van wERkSMaG (soos op 30 junie 2012)
Vroue 14%
Mans 86%
swart, Bruin, indiër 86%
Wit 14%
41 – 50 jaar oud 28%
30 jaar en jonger19%
51 jaar en ouer 22%
31 – 40 jaar oud 31%
BBSEBtsb sugar se jongste BBseB-verifiëringsproses is in
Maart 2012 deur nera gedoen en ’n vlak 5-bydraersvlak
is behaal, wat gelykstaande aan ’n 80%-verkrygings-
erkenningsvlak en ’n totaal van 62.51 punte op die
generiese telkaart is. dit verteenwoordig ’n verbetering
van die vorige vlak 6 wat in junie 2011 behaal is. verskeie
inisiatiewe is deur die maatskappy geïmplementeer om
sy BBseB-gradering te verbeter. die doelwit is om oor ’n
driejaar-tydperk tot ’n vlak 4-bydraer te vorder.
Korporatiewe maatskaplike bestedingtsb sugar se korporatiewe maatskaplike bestedings program
dek terreine soos onderwys, gesondheid, sportgeleenthede,
sowel as maatskaplike opheffing in plattelandse gebiede.
volledige besonder hede oor hierdie inisiatiewe van die
maatskappy is op sy webblad beskikbaar.
die maatskappy se maatskaplike besteding vir die twaalf
maande tot junie 2012 het r3 miljoen beloop teenoor
r4 miljoen in die vyftien maande tot junie 2011.
Omgewingverwys na die omgewingsafdeling op bladsy 115 waarby die
omgewingspraktyke van tsb sugar ook ingesluit is.
vir meer besonderhede oor tsb sugar word u verwys na
sy webblad by www.tsb.co.za.
wispeco
InleidingWispeco is ’n volfiliaal van remgro en een van suid-
afrika se voorste aluminiumverskaffers. sy hoof besig-
heid is die vervaardiging en verspreiding van uitgedrukte
aluminiumprofiele, wat hoofsaaklik deur die bou, ingenieurs-
en duursame goedere-sektor gebruik word. tans is die
maatskappy die grootste verskaffer van aluminium aan
die boubedryf en is die leier op die gebied van die
ontwikkeling van boukundige aluminiumprodukte om aan
die vereistes van die nuwe bouregulasies te voldoen.
remgro beperk | 113 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
Bestuur, risikobestuur en nakoming
Wispeco se direksie bestaan tans uit vier direkteure van wie
een onafhanklik is. die samestelling van die direksie voldoen
dus nie aan king iii se vereistes rakende onafhanklikheid
nie. remgro het tans twee verteenwoordigers in Wispeco
se direksie en as deel van hul pligte moet hulle toesien dat
gesonde bestuurs- en volhoubaarheidspraktyke gevolg
word deur die aanvaarding en toepassing van remgro se
beleide, prosesse en prosedures. gedurende die jaar onder
oorsig is ’n maatskaplike-en-etiesekomitee daargestel soos
vereis deur die nuwe Maatskappywet.
daar moet gelet word daarop dat die samestelling van
Wispeco se ouditkomitee ook nie aan die vereistes van die
nuwe Maatskappywet en king iii voldoen nie. in hierdie
verband tree hy op as ’n subkomitee van remgro se oudit-
en-risikokomitee en rapporteer aan daardie komitee by
wyse van notules van vergaderings wat in die agenda
van laasgenoemde ingesluit word. remgro se interne
ouditafdeling is verantwoordelik vir alle interne ouditwerk
by Wispeco en help die maatskappy se direksie sodoende
om ’n omvattende risikobestuurstelsel in stand te hou.
Sleutelvolhoubaarheidsgebiede, risiko’s en geleenthedeBelanghebbendes se kommer oor kwessies by Wispeco
het hoofsaaklik te doen met produkgehalte, veilig heid,
grondstofverkryging, kliëntediens en omgewingskwessies.
’n opsomming van maniere waarop Wispeco hierdie sake
hanteer, word hieronder verskaf.
goedkoop invoere deur mededingers is die grootste
risiko wat die langtermyn-volhoubaarheid van Wispeco se
vervaardiging raak. dit het die maatskappy gedwing om
produksiedoeltreffendhede te verbeter.
BElanGHEBBEnDES SE kOMMER wat OnS DOEnProdukgehalte
aanstelling van toegewysde gehaltebeheerders op elke produksielyn om te verseker dat produksie binne bepaalde toleransievlakke en spesifikasies geskied
Maandelikse vergaderings waar gehaltetendense gemonitor en probleemgebiede geïdentifiseer en oplossings ge- vind word
uitpersprodukte geproduseer volgens Bs-en755, klaar-produkte volgens sans1796 en sans999
veiligheid toegewysde veiligheidsbeampte, bygestaan deur veilig-heidsbeamptes op aanlegvlak
Maandelikse veiligheidsinspeksieverslae vir voorlegging aan die maandelikse veiligheidsvergaderings
grondstofverkryging
verkryging van hoëgehalte suiwer perspale van vier toegewysde bronne oor die wêreld
uitgebreide verkryging van tweedehandse aluminium, wat gesorteer word om onsuiwerhede te verwyder en met grondstof gemeng word tot korrekte metallurgiese samestelling, volgens spesifikasie
kliëntediens
in ooreenstemming met sy visie van “een-dag-aflewering“ is die maatskappy in staat om op kort kennisgewing spaarkapasiteit en oortydskofte in alle bedryfseenhede te aktiveer om verhoogde aanvraag te hanteer
skofstelsels laat ’n groot mate van buigsaamheid toe ten opsigte van arbeidsbeskikbaarheid en produksievermoë
Buigbare produksieskedulering maak daarvoor voorsiening dat dringende voorkeurbestellings en spesiale versoeke van kliënte daagliks in produksieskedules ingesluit kan word
omgewingsimpak(verwys ook na die omgewingsafdeling op bladsy 115)
die deurlopende monitor en beheer van uitvloei by die maatskappy se anodiseer- en poeierlaagaanlegte om nakoming van vereiste afvloeivlakke te verseker
die deurlopende monitor van energieverbruik om maksimum doeltreffendheid te verseker en om geleenthede vir energiebesparing te identifiseer
remgro beperk | 114 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
Mensedie vergoeding van personeel wat in vakunies georganiseer
is, maak 78% van Wispeco se heeltydse arbeidsmag uit. hul
vergoeding word jaarliks volgens ’n hoofooreenkoms deur
die bedingingsraad van die metaal- en ingenieursbedrywe
onderhandel. die jongste tweejaar-skikkingsooreenkoms
is in julie 2011 bereik. gelyke indiensneming word deur ’n
gelyke indiensnemingskomitee by Wispeco bestuur, wat
maandeliks vergader en verskaf insette in die finalisering
van die arbeidsplan wat jaarliks aan die departement van
arbeid voorgelê word. die meeste transformasie-doelwitte
wat in die vorige gelyke indiensnemingsplan in die vooruitsig
gestel is, is behaal. ’n senior bestuurder het die ver-
antwoordelikheid om Wispeco se transformasieproses te
bestuur. verwys na Figuur 8 waar meer besonderhede oor
die samestelling van Wispeco se arbeidsmag volgens ras,
geslag en ouderdom verskaf word.
Wispeco bestuur erken sy verantwoordelikheid ten opsigte
van gesondheids- en veiligheidsaspekte, asook die daar-
stelling van ’n gunstige werkomgewing vir personeel. in
hierdie verband het Wispeco ’n toegewysde veiligheids-
beampte wat vir die bestuur van die maatskappy se
gesondheids- en veiligheidsprogram verantwoordelik is.
elke perseel het ook ’n veiligheidsverteenwoordiger wat
maandelikse inspeksies doen. in die twaalf maande tot
30 junie 2012 het Wispeco nege en twintig beserings gehad
wat behandel kon word in die interne klinieke. dertien
gevalle is ingevolge die Wet op vergoeding vir Beroeps-
beserings en -siektes in dieselfde tydperk gerapporteer.
die maatskappy het ’n onafhanklike konsultant aangestel
om sy gesondheids- en veiligheidsprosesse te help bestuur
met spesifieke klem op geraas, stofmetings en die dra
van beskermende klere. die volgende gesondheids- en
veiligheidsoudit word in september 2012 gedoen.
Bewusmaking ten opsigte van Miv/vigs geskied hoof-
saaklik deur opleidingsprogramme, wat deur sewentien
portuurgroepopvoeders by Wispeco se hoofkantoor
ondersteun word. die portuurgroepopvoeders verskaf
informele steun en leiding aan geaffekteerde personeel en
hul gesinne. die maatskappy ondersteun ook die regering
se program vir anti-retrovirale middels en dra sorg dat die
Miv-status van alle werknemers vertroulik hanteer word.
’n goed gevestigde opleidingskomitee by Wispeco het
die verantwoordelikheid om die opleidingsbehoefte van
personeel te identifiseer en opleidingsprogramme te
ontwikkel wat werknemers in staat sal stel om die vereiste
vaardighede te ontwikkel en te handhaaf, sodat die
maatskappy sy mededingende posisie in die mark kan
behou. hierdie inisiatiewe sluit in: formele opleidings-
programme in die vorm van leerlingskappe vir leierskaps-
ontwikkeling, sowel as tegniese opleiding in die vorm van
vakleerlingskappe. die afgelope jaar is die bestuur sertifikaat
(nkr-vlak 3)-opleidingsprogram uitgebrei en meer as 30
eerstelyn-bestuurders en mense met leier-skappotensiaal
woon hierdie opleiding in gauteng en kaapstad by. twee
interne werknemers het met ’n vakleerlingskapprogram
begin vir hul elektrisiën- en masjienmonteurskwalifikasies.
die maatskappy het ook ’n trotse opleidingsrekord
ten opsigte van gestremdes en die afgelope ses jaar is
formele opleiding aan dowes verskaf. in hierdie verband
het ’n nuwe groep van tien jong swart mans en vroue ’n
aluminiumvervaardigingsleerlingskap in januarie 2012 begin.
die merseta het diskresionere befondsing aan Wispeco
beskikbaar gestel vir hierdie groep dowe leerders.
opleidingsbesteding vir die twaalf maande tot
junie 2012 het r5 miljoen bedra teenoor r6 miljoen
in die vyftien maande tot junie 2011.
Figuur 8
SaMEStEllInG Van aRBEIDSMaG (soos op 30 junie 2012)
Vroue 23%
Mans 77%
swart, Bruin, indiër 86%
Wit 14%
41 – 50 jaar oud 24%
30 jaar en jonger18%
51 jaar en ouer 20%
31 – 40 jaar oud 38%
remgro beperk | 115 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
BBSEBWispeco se jongste BBseB-verifiëringsproses is in
desember 2011 deur “Beescore” voltooi en ’n vlak 4-
bydraervlak is behaal, wat gelykstaande aan ’n 100%-
verkrygingserkenningsvlak en ’n telling van 67.60 punte op
die generiese telkaart is. dit verteenwoordig ’n verbetering
van die vorige vlak 5 wat in Maart 2011 behaal is. Wispeco is
besonder trots daarop dat hy, soos met die vorige verifikasie,
in drie kategorieë, te wete vaardigheids-, ondernemings-
en sosio-ekonomiese ontwikkeling, die maksimum aantal
punte behaal het. die vaardigheidsontwikkelingskategorie
beoordeel die mate waarin die werkgewer inisiatiewe
onderneem het om die vaardighede van swart werknemers
te ontwikkel. verskeie inisiatiewe is deur die maatskappy
geloods om sy BBseB-gradering oor die medium termyn te
verbeter.
Korporatiewe maatskaplike bestedingWispeco se korporatiewe maatskaplike bestedings-
program behels hoofsaaklik opleidings programme vir die
vervaardiging en installering van produkte vir die boubedryf.
hierdie praktiese opleiding word deur ervare opleiers
by tegniese opleidingsentra in kaapstad, durban en die
maatskappy se hoofkantoor in johannesburg gefasiliteer.
die afgelope jaar is meer as 565 mense opgelei teen ’n
koste van sowat r0.8 miljoen vir Wispeco. opleiding sluit
bekendstellingsprogramme sowel as gevorderde produk-
spesifieke leerplanne in.
Omgewingverwys na die omgewingsafdeling op bladsy 115 waarby die
omgewingspraktyke van Wispeco ook ingesluit is.
vir meer besonderhede oor Wispeco verwys ons u na die
webblad by www.wispeco.co.za.
OMGEwInG
in 2012 het remgro hom verder toegespits op sy ver-
bintenis tot omgewingsvolhoubaarheid. dit het aansienlike
besparings in natuurlike hulpbronverbruik en koste
meegebring, asook verhoogde erkenning vir pogings
aangewend. in die jaar onder oorsig is aandag veral aan
koolstofuitlatings, energie, water en afvalstowwe gegee.
aanspreeklikheid
onder leiding van sy omgewingbestuursbeleid (die
beleid) en die rapporteringsaanwysers van die “global
reporting initiative (gri) g3”, streef remgro daarna om
sy omgewingsvertoning voortdurend teenoor gestelde
doelwitte te verbeter; te voldoen aan alle relevante
wetgewing; en om werknemers in goeie omgewings-
praktyke op te lei en te onderrig. hierdie beginsels word
hoofsaaklik bepaal deur te fokus op sleutelgebiede van
omgewingsimpak waaroor remgro beheer het. die beleid
sluit remgro Bestuursdienste Beperk (rBd – sy dienste-
maatskappy), rainbow Chicken, tsb sugar en Wispeco in.
die remgro-direksie is in die finale instansie
verantwoordelik vir die implementering van die beleid,
maar het hierdie verantwoordelikheid na die risiko-en-
it-bestuurskomitee gedelegeer, wat moet toesien dat
die omgewingsprosedures wat rBd implementeer en
handhaaf, hersien en vir goedkeuring aanbeveel word.
sover dit rainbow, tsb sugar en Wispeco betref, is dit die
verantwoordelikheid van remgro se verteenwoordigers in
daardie direksies om die nodige gerusstelling ten opsigte
van die doeltreffendheid van die onderskeie maatskappye
se omgewingsbestuursprosesse te verkry.
Fokus op koolstofuitlatings
remgro het op internasionale en die plaaslike klem op
klimaatsverandering gereageer deur sy koolstofvoetspoor
te verminder en kennis te neem van die moontlike impak wat
klimaatsverandering op sy werksaamhede mag hê.
remgro se meting en optrede om koolstof te verminder,
is in 2011 weer deur die koolstofopenbaarmakingsprojek
(CdP) erken en die maatskappy is onder die boonste
sewe genoteerde jse-maatskappye geplaas wat ‘n ”a–“-
gradering vir koolstofbestuur ontvang het. die CdP is ‘n
beleggersgedrewe projek vir die 100 topmaatskappye
wat op die jse genoteer is om hul koolstofuitlatings,
koolstofstrategieë en waarneembare risiko’s en geleent-
hede wat verband hou met klimaatsverandering openbaar
te maak. in 2010 was remgro gesamentlik in die sesde
plek op die CdP-leierskapsindeks, terwyl rainbow Chicken
sewende was.
remgro se vertoning is grootliks moontlik gemaak
deur betekenisvolle inisiatiewe wat daartoe gelei het
dat koolstofuitlatings in absolute terme, sowel as in die
intensiteitsvlak daarvan, gedaal het. die afgelope jaar het
remgro sy 2011-koolstofuitlatings herbereken om dit in
ooreenstemming met die nuwe finansiële verslagtydperk
van julie-junie te bring en onlangs is die 2012-berekening
vir dieselfde tydskaal voltooi. in beide gevalle is die kool-
stofvoetspoor bepaal in ooreen-stemming met die kweek-
huisgasprotokol (ghg-protokol) wat koolstofuitlatings in
die volgende kategorieë ontleed:
> vlak 1 – direkte uitlatings deur toerusting in remgro se
besit, bv. die fabrieke van rainbow Chicken, tsb sugar,
Wispeco, ens.
> vlak 2 – indirekte uitlatings deur die gebruik van elek-
trisiteit
> vlak 3 – indirekte uitlatings deur derdeparty-verskaffers,
bv. besigheidsvervoer, kantoorpapier, derdeparty-ver-
voer, ens.
> nie-kyoto ghg-gasse, bv. freon wat in lugversorgings-
en verkoelingstoerusting gebruik word.
remgro beperk | 116 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
verwys na Figuur 9 vir ‘n ontleding van remgro se ghg-
uitlatings per kategorie, uitgedruk in tonnemaat koolstof-
dioksied-ekwivalent (tCo2e).
die bostaande tabel dui remgro se ghg-uitlatings per
filiaal aan vir 2011 en 2012 volgens die nuwe verslagtydperk
(julie-junie). terwyl tsb sugar, Wispeco en rBd almal hul
uitlatings oor die twee verslagtydperke verminder het, het
die grootste bydrae tot die vlak 1-uitlatingsvermindering
van tsb sugar gekom danksy ‘n noemenswaardige vermin-
dering in steenkoolverbruik in 2012.
die intensiteit van remgro se uitlatings, soos gerapporteer
teenoor die aantal werknemers, het ook ‘n aansienlike
afname getoon sedert 2011. hierdie daling is die direkte
gevolg van die algehele daling in uitlatings.
verskeie koolstofverminderingsprojekte is tans in ver-
skillende stadiums van ontwikkeling regdeur die groep.
Baie hiervan is toegespits op energievermindering in die
bedrywe van die onderskeie filiale en hoewel alle projekte
nie finansieel gekwantifiseer is nie, word daar verwag
dat die implementering van die projekte aansienlike
kostebesparings sal meebring.
tOtalE kOOlStOFUItlatInGS PER FIlIaalMaatSkaPPY 2011 – 2012
Rainbow* Chicken tsb Sugar wispeco RBD totaal
2011 (tCo2e) 367 850 357 332 49 886 4 591 779 659
2012 (tCO2e) 372 358 304 425 46 939 4 165 727 887
* ’n 73%-filiaal van Remgro
90
80
70
60
50
40
30
20
10
0
GHG-UItlatInGS PER VOltYDSE wERknEMER (Vwn) (tCO2e/Vwn)
2011 2012
80.51 74.07
Vlak 1-uitlatings Vlak 2-uitlatings Vlak 3-uitlatings
47%
47%
6%
43%
51%
6%
Figuur 9
REMGRO SE GHG-UItlatInGS (tCO2e)
20112012
remgro beperk | 117 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
Stadium van ontwikkelingaantal koolstof-
verminderingsprojekteGeraamde jaarlikse
CO2e-besparing
Word ondersoek 6 nog nie vasgestel niegaan geïmplementeer word 2 3 800 timplementering aan die gang 1 625 treeds geïmplementeer 5 6 969 t
Fokus op energie
remgro se bedryfsfiliale is aansienlike verbruikers van
verskillende primêre en sekondêre energiebronne. terwyl dit
erken word, word pogings steeds aangewend om sodanige
verbruik te verminder. Betekenisvol was die vermindering
in die verbruik van steenkool, vloeibare petroleumgas en
resbrandstof-olie in 2012.
sekondêre energieverbruik (elektrisiteit) is steeds besig
om af te plat namate bedryfsfiliale probeer om ondanks
verhoogde produkuitset bestendige verbruik te handhaaf.
in 2011 is elektrisiteit die eerste keer by tsb sugar se
landbouplase gemeet. hernieubare elektrisiteit word by
tsb sugar se produksiebedrywe gebruik deur die ver-
branding van bagasse. hernieubare elektrisiteit wat nie direk
deur tsb sugar verbruik word nie, word na die nasionale
netwerk herlei.
die volgende energiebesparende inisiatiewe is in die
verslagtydperk geïmplementeer:
rainbow > energiebesparende liginstallasies in vier
pluimveehokke
> outomatisering van steenkoolverhitting
by die verwerkingsaanlegte op Worcester,
hammarsdale en rustenburg
Wispeco > energiebesparende liginstallasies in fabrieke
> aanbring van energiebesparende stortkoppe
> omskakeling van hoë na lae vlam in her-
smeltingsproses, waardeur gasverbruik ver-
minder is
tsb sugar > diens en onderhoud van hidrokragaanleg om
meer as 900 000 kWh hernieubare elektrisi-
teit te verskaf teen ‘n aansienlike jaarlikse
kostebesparing
rainbow stel ondersoek in na die installering van biogas-
verwerkers, waar hoenderafval as primêre voerstof gebruik
word. dit sal vir rainbow elektrisiteit ter plaatse lewer of
andersins kan die elektrisiteit na die nasionale netwerk
herlei word met die doel om koolstofkrediete te verdien. die
projek is tans in ’n aanvangsfase.
Fokus op water
remgro raak toenemend bewus daarvan dat sy bedrywig-
hede in suid-afrika vatbaar is vir ‘n waterskaarste en dat
die situasie, realisties gesproke, kan vererger weens die
uitwerking van klimaatsverandering. in reaksie hierop is
daar begin om waterverbruikspatrone by bedryfsfiliale
te bepaal en die risiko te ontleed wat onsekere water-
beskikbaarheid in die toekoms mag meebring.
Beide tsb sugar en rainbow is afhanklik van water as ‘n
waardevolle bron (as inset, asook as vergaarplek vir afvloei).
rainbow het ‘n belegging gemaak in twee kunsmatige
vleilandgebiede, waar natuurlike plantegroei gebruik
word om organiese stowwe wat vir die skoonmaak van die
pluimveehokke gebruik word, af te breek voordat dit vir
besproeiing gebruik word. daarbenewens word herwonne
water van rainbow se drie primêre verwerkingsaanlegte
as gryswater vir skoonmaakdoeleindes gebruik, terwyl die
Worcester-fabriek belê het in ‘n waterbehandelingsaanleg
wat vry van chemikalieë is. dit het tot ‘n aansienlike
verbetering in die gehalte van afvalwater gelei.
Fokus op afvalstowwe
hoewel alle afvalstrome nie gemeet word nie, is remgro
bewus van die voordele wat ‘n goed bestuurde afvalproses
vir die omgewing en die onderneming se aansien en
finansies inhou. ‘n soortgelyke voordeel kan behaal word
deur die gebruik van herwonne materiaal in produkte te
bevorder.
in hierdie verband bestaan 69% van die aluminium wat
in Wispeco se vervaardigingsprosesse gebruik word uit
aluminium wat uit gebruikte produkte herwin is, terwyl
rainbow die volgende afvalherwinningsinisiatiewe geïmple-
menteer het:
> afvalkarton, plastiek en metaal word aan herwinners
verkoop
> verwydering van afvalsteenkoolas
> hoenderafval word as kunsmis verkoop
> herwonne papier word in buitenste kartonverpakking
gebruik
> herwonne plastiek word in plastiekvangkratte gebruik
> verskeie verminderings is in verpakkingsvolumes behaal,
insluitende die besparing van 561 ton nuwe vulstukke,
deur die omskakeling van 23% van alle kartonne in
herwonne vulstukke.
nakoming
in die tydperk onder oorsig was daar geen wesentlike
nie-nakoming ten opsigte van enige omgewingswette,
regulasies, aanvaarde standaarde of kodes van toepassing
op die groep nie, en daar is ook geen noemenswaardige
boetes gehef nie.
remgro beperk | 118 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
GRI-aanwYSERtaBEl*
aanwyser en beskrywing 2012 2011 eenhede
Uitlatings, afvloei en afval totale direkte en indirekte GHG-uitlatings vlak 1 – direkte uitlatings 311 701 366 625 tCo2evlak 2 – indirekte uitlatings 368 359 364 798 tCo2evlak 3 – indirekte uitlatings 44 208 44 948 tCo2eander relevante indirekte ghg-uitlatings 3 619 3 288 tCo2e Energie Direkte energieverbruik deur primêre bron Petrol 515 435 kiloliterdiesel 10 734 10 211 kilolitervliegtuigbrandstof 1 036 1 226 kiloliternatuurlike gas 5 556 938 5 444 275 m3
vloeibare petroleumgas 30 837 31 446 kilolitersteenkool 112 479 127 930 tonParaffin 58 45 kiloliterresbrandstof-olie 421 454 kiloliterswaar oondolie 1 002 948 kiloliterkoolstofdioksied 1 973 1 707 ton Indirekte energieverbruik deur sekondêre bronelektrisiteit (nie-hernieubaar) 458 279 356 450 660 777 kWhelektrisiteit (hernieubaar) 190 254 941 185 152 845 kWh watertotale wateronttrekking by bron 8 257 419 8 308 267 kiloliter totale volume waterherwinning en hergebruik 2 368 833 2 792 789 kiloliter
* Die getalle hierbo sluit Rainbow Chicken, Tsb Sugar, Wispeco en RBD in en dek die twaalfmaande-tydperke geëindig 30 Junie 2011 en 30 Junie 2012.
remgro beperk | 119 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
MIllEnnIaPaRk – REMGRO SE nUwE GROEn HOOFkantOOR
remgro Beperk se nuwe korporatiewe hoofkantoor, wat
in stellenbosch geleë is, het ‘n vyfster-kantoorontwerp-
gradering van die suid-afrikaanse raad vir groenbou (sarg)
ontvang. dis die eerste sodanige erkenning vir ‘n bestaande
gebou wat opgeknap is en bevestig remgro se verbintenis
tot ‘n volhoubare toekoms. die keuse om die kantoorgebou,
wat as ‘n klein ikoon in hierdie gedeelte van stellenbosch
staan, op te knap eerder as te sloop, was vanweë omgewings-
sowel as sentimentele redes.
die sarg is ’n onafhanklike, nie-winsgewende lidmaat-
skapsgedrewe organisasie wat in 2007 tot stand gebring
is deur leiers van alle sektore van die kommersiële eien-
domsbedryf. die groengebou-metingsinstrument (groen-
ster) stel standaarde en norme vir groen geboue en maak
‘n objektiewe beoordeling moontlik van hoe “groen” ‘n
gebou is.
‘n tussenverdieping is in die bestaande dakruimte aan-
gebring om voorsiening te maak vir broodnodige stoor-
ruimte en toekomstige uitbreiding. die ou staaldakstruktuur
is hergebruik in die vervaardiging van die nuwe onder-
dakparkeringstrukture – 70% van alle staal op die perseel
kom van die oorspronklike gebou. gebreekte klip en
beton van die gesloopte gedeeltes van die bestaande
gebou is ook hergebruik om die vlak van die parkeerterrein
tot bo die 50-jaarvloedvlak te verhoog. die helfte van
die ou plaveiwerk is behou en ‘n nuwe deurdringbare
plaveistelsel is op spesifieke plekke op die parkeergebied
aangebring om reënwater te versamel en water te filtreer.
reënwaterbenutting, die hersirkulering van gryswater,
doeltreffende sanitêre ware, drupbesproeiing en die
slim keuse van plante in die landskapsontwerp, dra alles
by tot ‘n aansienlik laer waterverbruik by Millenniapark.
die gebruik van ‘n energiedoeltreffende “kouestraal”
lugversorgingstelsel, energiebesparende ligontwerp en
-spesifikasies, asook sonwaterverwarmers het ‘n aansienlike
besparing in energie teweeggebring.
remgro beperk | 120 | geïntegreerde jaarverslag
v o l h o u B a r e o n t W i k k e l i n g s v e r s l a g
tERUGVOER
ons verwelkom enige terugvoer oor remgro se volhoubare
ontwikkelingspraktyke, asook oor hierdie verslag. skakel
asseblief in dié verband:
die maatskappysekretaris
Mariza lubbe
tel: +27 (0)21 888 3311, Faks: +27 (0)86 581 0061
e-pos: [email protected]
Posadres: Posbus 456, stellenbosch 7599
die ekologiese waarde van die perseel is merkbaar verbeter
deur die omvattende rehabilitasie van ‘n bestaande vleiland.
die gebruik van alternatiewe vervoer word aangemoedig
deur die skep van saamrygeleenthede, die verskaffing van
laaistasies vir elektriese of hibridevoertuie, parkeerareas
vir motor- en trapfietse, toegewysde stoorfasiliteite vir
fietse, asook sluitkaste en stortgeriewe vir fietsryers.
Materiaal wat gebruik is, is versigtig gekies met inagneming
van die volhoubaarheid daarvan. so byvoorbeeld was
95% van die hout wat gebruik is afkomstig van volhoubare
woude, verwe en kleefmiddels moes volgens spesifikasie ‘n
lae volatiele organiese inhoud hê, en 30% minder sement
is in beton gebruik.
sommige van die ontwerpbeperkinge van die ou gebou was
die diep, donker binneruimtes, lang gange en lae kopruimte
op die grondvloer. dit is oorkom deur die inbring van vier
groot dagligte bokant die dubbele volumes, glasafskortings
en gekromde gange, verbind deur oop rusareas, wat die sonlig
dieper in die kern van die gebou laat inval en die uitsig op die
tuine buite en die omringende berge vergroot. die resultaat
van die opknapping is ‘n volhoubare, omgewingsensitiewe
gebou wat visueel deur ‘n rustige (onderbeklemtoonde),
eietydse argitektuur gedefinieer word.