1
STELLENBERG BYBELSKOOL
Momente wat Paulus se lewe gevorm het Sessie 4. Paulus in ‘n Romeinse wêreld
In die vorige sessie het ons afgesluit met die gebeure in Antiogië en die konflik
tussen Paulus en Petrus oor die insluiting van heidene in die gemeente. Die
gebeurtenis is Paulus baie ontstel en aanleiding gegee tot die besluit om ‘n
eiesoortige bediening te begin. Alhoewel Handelinge Paulus se eerste sendingreis
voor hierdie gebeure plaas, het al sy sendingreise histories waarskynlik eers daarna
plaasgevind.
In vandag se sessie reis ons in ongeveer 49 nC saam met Paulus oor die Taurus
berge en begin ‘n segment in sy lewe waar hy gemeentes in Galasië, Fillipi en
Tessolonika besoek (sien die kaart op die volgende bladsy). Soos wat Paulus in
Klein-Asië en Griekeland inbeweeg bevind hy homself in ‘n nuwe konteks waarin hy
as te ware sy roeping op ‘n nuwe manier ontdek. Dawid Bosch, ‘n bekende
sendingwetenskaplike het geskryf: “Paul’s conversion is not just an event, but a
journey”. Hierdie gedagte is van toepassing op ons eie lewe. Bekering is ‘n
voortdurende proses van groei en verandering, waarin ons in elke nuwe lewens
omstandigheid nuwe betekenis vind en deur God geroep word om anders en nuut te
dink en reageer. Wat in Paulus se lewe uitstaan is dus juis die wyse waarop hy in
voortdurend nuwe en veranderende omstandighede die impak van Jesus se sterwe
en opstanding prakties verkondig. Dit is by hierdie oomblik in sy lewe waarby ons
vandag stilstaan.
2
Paulus se reise – die konteks waarin hy hom bevind
• Paulus was nie die eerste sendeling wat Asië betree het nie. Dit is
waarskynlik dat die gemeente in Antiogië reeds voor sy reise sendelinge in
Klein-Asië (Turkye) uitgestuur het. Twee medewerkers, Timoteus en Silas het
Paulus op die reis vergesel. Uit sy briewe is dit duidelik dat daar ook
sendelinge uit die meer behoudende Joodse gelowige groep, met wie Paulus
in Antiogië en Jerusalem gebots het, in die gebied werksaam was. Teenoor
Paulus, het hierdie groep gelowiges probeer oortuig dat hulle steeds Joodse
gebruike en tradisies moet nakom. Hulle sending was ‘n poging om Paulus te
korrigeer. In die meeste van Paulus se briewe waarsku hy gelowiges om
hulleself nie te laat bind deur die wettiese perspektiewe van hierdie groep nie
aangesien dit prakties nie die doel van Jesus se dood en opstanding dien nie.
• Ons weet nie presies langs watter roetes Paulus gereis het nie, slegs dat hy
gekies het om sekere hoofsentrums soos Filippi, Tessalonika, Korinte en
Efese te besoek. Dit was deel van sy sending strategie om daar as tentmaker
sy beroep te kon beoefen, terwyl hy gemeentes probeer plant het. Sy plan
3
was om in hierdie gemeentes leiers te vestig wat weer na die omliggende
platteland kon uitreik.
• Die sewe briewe wat aan Paulus toegeskryf word is tussen 50-56 geskryf.
Daar is ook sommige wat beweer dat van sy briewe na 60 nC in
gevangenisskap in Rome geskryf is. Hier is ‘n kort uiteensetting van die
verloop van sy besoeke (sien weer kaart op vorige bladsy). Let wel dat dit
moeilik is om ‘n presiese datums aan sy besoeke en die skryf van sy briewe
te koppel.
49 nC – KLEIN -ASIË. Ries na die streek van Galasië. Die brief aan die Galasiërs is
moontlik in 50-52 of rondom 55 nC uit Korinte geskryf.
50 nC – MASEDONIË. Reis na Fillipi, Tessalonika.
52-55 nC – AGAIË. Reis na Korinte en Efese waar hy vir twee en ‘n halwe jaar bly.
Die eerste brief aan die Korinte is aan die einde van sy verblyf in Efese
geskryf.
55-56 nC – bevind homself in Griekeland. Romeine is waarskynlik in hierdie tyd
vanuit Korinte geskryf. Paulus se trane brief (2 Korintiërs) kom ook uit hierdie
tyd.
• Die motivering van Paulus se roeping was gedryf deur drie dinge wat hy
ervaar het: Dankbaarheid (God wat hom van sy sonde vryspreek),
verantwoordelikheid (om hierdie vryspraak te deel) en bekommernis (dat
gelowiges nie in hierdie vryheid lewe nie en hulleself en ander daardeur
verslaaf).
Paulus se bediening in ‘n Romeinse wêreld
Die inhoud en boodskap van Paulus se briewe (spesifiek die praktiese impak van
Jesus se dood en opstanding) kry prakties gestalte en maak nuwe sin as ‘n mens dit
lees teen die agtergrond van die sosiale en politieke omstandighede van die
Romeinse wêreld. Ten tyde van Paulus se reise was baie gemeenskappe
vasgevang in die onlangse transisie van ‘n plaaslike na imperiale Romeinse kultuur.
Keiser Augustus het in 27 vC die Pax Romana (tyd van vrede en voorspoed) ingelei.
4
Hy is na sy dood die titel van “seun van god” en “verlosser” gegee. Reg oor die
Romeine wêreld is die “goeie nuus” van Augustus se regering (Pax Romana,
Romeinse vrede) en sy goddelike status deur standbeelde en op munte uitgebeeld.
Let op hoe Paulus dan hierdie einste terme (goeie nuus, Seun van God en
Verlosser) in sy briewe gebruik.
The message is that the sun is going to shine on all regions of the Roman Empire, bringing peace and prosperity to all citizens. And of course, Augustus is the one who is responsible for this abundance throughout the Empire.
AUGUSTUS OF PRIMA PORTA
5
Die gewone mens op straat is dus onder die indruk gebring dat die Romeinse ryk die
belange van die bevolking dien en dat hulle hierdie realiteit, wat vrede en voorspoed
bevorder, moet omarm. Die Romeinse waarde “pietas” is benadruk – ‘n respek
teenoor die instansie wat regeer. Op grondvlak was die realiteit egter baie anders. In
die samelewing was ‘n aristokraat klas was in beheer en strukturele ongelykheid was
aan die orde van die dag. Enige opstand daarteen is brutaal deur geweld onderdruk
en mense aan die onderkant van die samelewing is onderdruk en het net verder
verarm. Romeinse hoofweë is oor die hele antieke wêreld gebou met die doel om so
gou as moontlik soldate uit Rome te ontplooi om vinnig enige opstand te onderdruk.
Mense se enigste kans op voorspoed was om by die sisteem in te val en die sosiale
leer te klim.
Teen hierdie agtergrond kry Paulus se teologie prakties gestalte en verkondig hy dat
Jesus se dood en opstanding aan mense uit veral die laer en onderdrukte klasse ‘n
ander alternatief bied.
- “Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny
nie, anderstalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal”
(Kol. 3:11).
Pietas, in Roman religion is a personification of a respectful and faithful attachment to gods, country, and relatives, especially parents. Pietas had a temple at Rome, dedicated in 181 BC, and was often represented on coins as a female figure carrying a palm branch and a sceptre or as a matron casting incense upon an altar, sometimes accompanied by a stork, the symbol of filial piety.
6
- “Maar nou dat die tyd van die geloof gekom het, staan ons nie meer onder
die toesig van die wet nie. Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou
almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus
verenig is, het nou deel van Christus geword. Dit maak nie saak of iemand
Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal
één” (Gal. 3:25-28).
Paulus noem hierdie nuwe gemeenskap die ekklesia, wat ons vandag met
‘gemeente’ vertaal. Hulle was die draers van die euagellion (die goeie nuus).
Alhoewel Jesus nooit werklik oor die kerk/gemeente gepraat het nie, maak Paulus
mense bewus dat hulle in en deur hierdie gemeenskap deel kry aan ‘n nuwe realiteit.
Die ekklesia se “goeie nuus” het lynreg gebots met die Romeinse ideaal (Augustus
se goeie nuus) van onderdanigheid en is waarskynlik die rede waarom Paulus
dikwels tydens sy reise tronkstraf moes uitdien en ander kere vir sy lewe moes vlug.
Sy leer het die voortbestaan van die Romeinse leefwyse bedreig! Paulus het die
Romeinse ryk aangevat, maar in plaas van geweld (wat sy vroeë lewe gekenmerk
het) roep hy mense op om “op grond van God se groot genade” (Romeine 12)
anders in die wêreld te leef.
Paulus se “goeie nuus”
Augustus se “goeie nuus”
7
Ons het reeds ‘n nuwe lewe in Christus terwyl ons in ‘n gebroke wêreld leef en terwyl
ons die potensiaal het om as gelowiges te sondig. Die “goeie nuus”/Evangelie
waarvan Paulus praat is nie ‘n boek nie, maar die realiteit dat ons op grond van ons
geloof deur God regverdig is. In plaas om die woorde “bekeer” en “bely” te gebruik,
maak Paulus melding dat ons in hierdie geloof reeds deel is van God se nuwe
skepping (2 Kor 5:17 en Gal. 6:15).