OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 1
Kurrikulum: Algemene Onderwys en
Opleiding
Skeppende Kunste
SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA
SENIOR FASE OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS
NOTA AAN DIE ONDERWYSER:
Die take is ontwikkel in die vorm van ‘n stap-vir-stap riglyn aan leerders. Die aktiwiteite
word in die klas gedoen. Dit is belangrik dat onderwysers die verskillende stappe met
die kinders behandel om aktiewe, kreatiewe en kritiese deelname deur die leerders te
verseker.
FOKUSAREA – ONDERWERP 2: DRAMA-ELEMENTE IN TONEELSKEPPING
UITKOMS:
Om ’n begrip van aspekte van IMPROVISASIE as die fokus van TONEEL-
SKEPPING in Onderwerp 2 (Kwartaal 1 en 3) te ontwikkel
Toneelskepping word in Kwartaal 1 en 3 in Graad 7 – 9 verken. Dit vorder van
baie informele klaskamerimprovisasies in Graad 7 tot beplande, gestruktu-
reerde, afgeronde en gerepeteerde klaskameropvoerings in Graad 9.
Wanneer TONEELSKEPPING in die Senior Fase benader word, is dit belangrik
om kennis te neem hoe vordering plaasvind: kom ons raadpleeg die KABV!
GRAAD 7
Graad 7 Kwartaal 1 Kwartaal 3
Toneelskepping/groepimprovisasie
(2 – 4 leerders).
Kort geïmproviseerde dramas
(2 – 4 leerders).
Stimulus Gebruik leidrade van mekaar se
reaksies, temas wat met leerders
se lewens verband hou.
Kulturele en sosiale geleenthede.
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2
GRADE 8
Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3
Geskrewe skets of afgeronde
improvisasie – gegrond op
navorsing wat in die klas uitgevoer
is.
Afgeronde improvisasie gegrond
op enige gespesialiseerde styl met
geïmproviseerde en/of
selfgemaakte tegniese
hulpbronne.
Stimulus Sosiale of omgewingskwessie. Enige stimulus, verken style –
musiekblyspel, mimiek, poppekas,
ens.
GRADE 9
Graad 9 Kwartaal 1 Kwartaal 3
Afgeronde improvisasie wat
kulturele praktyke en prosesse
verken.
Afgeronde opvoering met
selfgemaakte en/of
geïmproviseerde tegniese
elemente.
Stimulus Kulturele praktyke en prosesse
(rituele, seremonies, simbole, ens.)
Enige stimulus, fokus op die
teikengehoor en doel.
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 3
DRAMA
GRAAD 7 KWARTAAL 3
ONDERWERP 2: DRAMA-ELEMENTE IN TONEELSKEPPING
Fokus op karakterwaarneming, nabootsing en die verbeelding in verskeie kort
geïmproviseerde dramas in groepe van twee tot vier leerders
HULPBRONNE: Tromme/ tamboeryn
TYDSDUUR: 6 uur 30 minute per kwartaal
Instruksie: Ontwikkel in groepe ‟n paar kort geïmproviseerde tonele met ‟n
begin, middel en einde.
A. Ontwikkel ‟n bewustheid van BEGIN, MIDDEL en EINDE in ‟n improvisasie.
Aktiwiteit 1: Voltooiing van die aksie
Staan in „n sirkel van 6-7 leerders.
Een persoon loop by die sirkel in en begin „n aksie/handeling deur mimiek
uitbeeld wat kenmerkend van ‟n spesifieke plek is.
Hou aan met hierdie aktiwiteit totdat dit duidelik is WAT gedoen word en
WAAR dit gedoen word.
‟n Tweede persoon gaan die sirkel binne en dra tot die aktiwiteit by, sonder
woorde. Gebruik lyftaal en gebare duidelik om aan te dui WIE jy is en wat jou
verhouding tot die eerste persoon is.
Nadat dit vasgestel is, moet die tweede persoon een of ander soort
komplikasie/verwikkeling byvoeg.
‟n Derde persoon sluit by julle aan en vind ‟n manier om die komplikasie op te
los. Julle moet vries wanneer julle voel dat die toneel tot ‟n einde gekom het.
Bespreek of die toneel ‟n duidelike begin, middel en einde gehad het. Waar
was die klimaks van die aksie?
Aktiwiteit 2: Standbeelde
In groepe van vier: twee leerders is die beeldhouers en twee is die beelde.
Die beeldhouers maak twee interessante beelde/standbeelde deur hulle
maat se liggaam te vorm en dit in verhouding met mekaar te plaas.
(Oorweeg die afstand tussen elkeen, hoeke in verhouding met mekaar,
vlakke, ens.)
Die twee beeldhouers bespreek WAT gebeur en WAAR dit gebeur.
Die twee beelde/standbeelde word op ‟n sein lewendig en ontwikkel die
aksie/ handeling deur hul eie dialoog by te voeg.
Op ‟n volgende sein vries die beelde/standbeelde.
Die beeldhouers bespreek – is die toneel voltooi? Moet daar nog iets gebeur
om ‟n bevredigende storie te skep? Indien wel, wat?
Die beeldhouers gee weer ‟n sein vir die beelde/standbeelde om lewendig
te word.
Hierdie proses gaan voort totdat die natuurlike EINDE van die toneel bereik is.
Daarna word ‟n bespreking gehou – waar was die klimaks van die aksie?
Waarom het die einde soos ‟n einde gevoel? Ensovoorts.
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 4
B. GROEPERING, VORMING VAN RUIMTE EN ONTWIKKELING VAN TONELE
Aktiwiteit 1: Kyk sport as ’n groep
Besluit in groepe van 6 tot 10 oor ‟n sport om te kyk en posisioneer julleself
soos by ‟n sportwedstryd.
Kyk saam na die spel sonder om te praat en gebruik leidrade in mekaar se
reaksies om die ervaring saam op te bou.
Probeer om terselfdertyd spanning te bou, te juig oor ‟n doel of punte wat
aangeteken word en julle span aan te moedig.
Doen eers die aktiwiteit sonder enige dialoog en herhaal dit daarna met
woorde.
Die oefening moedig eenheid in ruimte aan en daag leerders uit om nie-
verbale aanwysings te volg om realistiese toeskouers van ‟n sport te wees.
Aktiwiteit 2: Tablo’s
Leerders verdeel in groepe van 4 tot 6. Die onderwyser gee „n kaartjie aan
julle wqaarop ‟n ligging (plek) aangedui is wat julle moet uitbeeld in‟n tablo
(gevriesde prent/stilbeeld).
Skep ‟n stilbeeld van mense in die gegewe ligging (plek) op so ‟n manier dat
dit vir die kyker duidelik is.
Idees vir liggings: winkelsentrum, strand, park, taxistaanplek, bushalte,
vlooimark, ens.
Sodra die keuse gedoen en die tablo gebou is, kyk die res van die klas na
elke tablo om te bepaal of die ligging in elke geval duidelik aangetoon
word.
Ander faktore om in te sluit en bespreek:
nabyheid van mense in verhouding tot mekaar,
gebruik van vlakke,
fokuspunt in die prent,
ruimtelike plasing ten opsigte van waar/hoe die gehoor die prent sien
(aan die einde, in die rondte, in die hoek, ens.)
Wanneer julle die tablo uitgeklaar en daarop verbeter het, neem weer jul
posisie in en word lewendig in die toneel.
Die toneel kan vir ‟n paar minute verder ontwikkel voordat daar weer ‟n sein
gegee word om te vries.
Die kykers word nou gevra hoe die beeld in die tweede tablo verander het.
Is die ligging steeds duidelik? Hoe het die verhoudings tussen karakters
verander?
(Dieselfde oefening kan gedoen word waar foto‟s of ander visuele beelde as die
beginpunt vir die tablo gebruik word. Leerders moet die foto of skildery herskep
en besluite neem oor die WIE, WAT, WAAR en WANNEER van die toneel. Hulle
word lewendig, laat die toneel ontwikkel en vries dan in ‟n nuwe tablo. Die
keuses van karakters moet steeds duidelik aangetoon word.)
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 5
C. KARAKTERS in ‟n bepaalde omgewing.
Aktiwiteit 1: Die ritueel van wakker word
Kies‟n karakter deur ‟n karakterkaart te neem.
Die kaart gee ‟n paar beskrywings van ‟n karakter, bv. streng onderwyser,
agterdogtige polisieman, senuweeagtige sakeman, lawaaierige tiener,
sorgsame moeder.
Verbeel jou dat jy in jou karakter se slaapkamer wakker word.
Voer die karakter se bekende oggendritueel uit.
Verken die manier waarop jou karakter moontlik sou aantrek, loop, praat en
interaksie met ander sou hê.
Jou onderwyser sal verdere voorstelle maak soos die proses vorder.
Bespreek daarna wat julle gedurende hierdie oggendritueel oor julle
karakters uitgevind het.
Aktiwiteit 2: Die Wagspeletjie
Besluit oor ‟n plek waar verskillende soorte mense kan wag, byvoorbeeld ‟n
bushalte, ‟n hospitaal, ‟n tandarts se wagkamer, by ‟n werksonderhoud, ens.
Neem beurte om die plek in karakter te betree.
Vokale en fisiese karakterkeuses moet duidelik wees.
Die karakters moet met mekaar kommunikeer.
Al die karakters vries op ‟n sein.
Die onderwyser gee ‟n instruksie soos “Wanneer julle weer ontvries, sal julle
karakters ‟n krisis in die gesig staar. Die gebou is aan die brand (of die bus
het gaan staan, of die persoon wat ‟n onderhoud met jou moes voer, is
afgedank, ens.).”
Laat die karakters in hierdie krisis lewendig word.
Hoe verander jul gedrag onder druk?
Bespreek na die tyd of al die karakters duidelik uitgebeeld is en watter
verhoudinge geskep is.
D. Verdere aktiwiteite om karakterisering te ontwikkel
Aktiwiteit 1: In die warm stoel.
Bou ‟n karakter deur die Warm Stoel-oefening:
Die leerder wat die karakter gaan skep, sit omring deur ander lede van die
groep. Sy/hy is in die “warm stoel”.
Die ander leerders vra een vir een vir hom/haar vrae.
Elke leerder moet dink aan ‟n verskillende vraag om te vra.
‟n Karakter kom geleidelik te voorskyn uit sy/haar antwoorde.
Die vrae word meer oorspronklik en kreatief en delf dieper soos die karakter
‟n vorm aanneem.
Die leerder in die warm stoel het geen vooropgestelde idees nie (buiten dit
wat hy/sy van die scenario of storielyn weet).
Die karakter ontwikkel slegs uit die vrae en antwoorde.
Sodoende help die hele groep om die karakter te bou.
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 6
AKTIWITEIT VIR FISIESE KARAKTERISERING
Aktiwiteit 2:
Die fokus is op die fisiese eienskappe van die karakter. Elemente van die karakter
wat ontwikkel kan word, is:
Fisiese voorkoms
Ouderdom
Fisiese maniertjies
Beserings
Houding
Doel
Status
Kostuums
Rekwisiete
Name
Aktiwiteit 3:
Ten einde ‟n karakter se fisiese kenmerke uit te beeld, word leerders gevra om
hulle waarnemingsvermoëns te gebruik deur na mense rondom hulle te kyk en
sekere fisiese karaktertrekke na te boots wat moontlik gepas vir hul eie karakter
sal wees.
Staan in ‟n oop ruimte.
Neem ‟n karakter aan.
Die onderwyser stel aksies, emosies of situasies voor.
Reageer, in karakter, op die verskeie tekens wat die onderwyser gee.
Dit sal jou vanuit ‟n fisiese en emosionele oogpunt meer bewus van jou
karakter maak.
Onderwyser: Voer in karakter (of jy nou ‟n bekende popster, ‟n baie ou
dame, ‟n dinamiese politikus is) die volgende aksies uit:
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 7
Bolyf: Neem ‟n koue stort, sukkel in ‟n haelstorm
Emosie: Wys wanhoop, selfvertroue, angstigheid,
ekstase
Kostuum: Loop asof jy te groot skoene, te klein
skoene, ‟n jas, aandrok/-pak dra
Voete en bene: Loop kaalvoet oor doringagtige gras, op ‟n
warm pad, kniediep in die see
Hande en arms: Raak aan pels, skraap koue pap uit ‟n pot
met jou hande, sny jou vinger, plaas jou
hand op ‟n jellievis
Gebare -druk in karakter uit “Bring dit hiernatoe”
“Hoe kon jy!”
“Ek is lief vir jou”
“Kyk daar”
“Kom dadelik hiernatoe”
Aktiwiteit 4: Die onderwyser fasiliteer die proses in die volgende
geïmproviseerde situasies
Toneel 1
Jy is in besige straat vol mense; jy is angstig om te sien wat in die
winkelvensters vertoon word.
Wys wat jy sien en of jy daarvan hou of nie.
Vind dan iets wat jy jare lank reeds wil hê – besluit of jy dit gaan koop – wys
wat dit is.
Toneel 2
Jy sit in ‟n sel in afsonderlike opsluiting. Jy is reeds ‟n geruime tyd daar en is
gewoond aan die stilte. Jou gemoed is een van wanhoop.
Jy hoor ver weg ‟n geklop. Spanning en opwinding groei soos jy luister, dit
raak stil, jy besluit dis net pure verbeelding.
Toneel 3
‟n Groep gaan op reis – wys die opgewonde afwagting, hoe hulle op die
trein klim, die aankoms, hoe hulle op ‟n boot klim, die beweging van die
boot, dit duik en rol, daar is ‟n storm en julle ly skipbreuk.
Wys julle avonture daarna en hoe julle uiteindelik veilig terugkeer.
Aktiwiteit 5: Die bou van ‟n standbeeld
Vorm ‟n standbeeld van jou karakter wat die oorheersende stemming van
die karakter uitbeeld.
Jou hele liggaam moet die karakter oordra – vanaf die gesig tot by die
voete.
Die res van die klas bespreek sommige van die ongewone of innoverende
standbeelde:
o watter soort karakter word uitgebeeld
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 8
o wat is die geslag
o die ouderdom
o die stemming en die houding van die standbeeld.
Aktiwiteit 6: AKTIWITEIT VIR STEMKARAKTERISERING
Stemkarakterisering verwys na hoe jy jou stem gebruik om jou karakter te
karakteriseer.
Leerders verken die verskillende vokale aspekte van spraak en raak bewus van
spraak- en dramaterminologie. Hulle kies ‟n reël wat hulle karakter tydens die
opvoering sal sê, bv. “Wat doen jy?”
Sê hierdie lyn en fokus op:
projeksie
karakterisering
asemhaling
toonhoogte
artikulasie
stemming
gesigsuitdrukking
oogkontak
Leerders besin oor hoe hierdie elemente die karakter se spraak verander.
Aktiwiteit 7: Dialoog van toepassing op die karakter
pas die volgende aan na aanleiding van die karakter: stemtoon, die gebruik
van woordeskat en die manier van praat.
Kies een reël uit hulle drama.
„n Leerder staan in ‟n sirkel en beweeg oor na ‟n ander leerder deur sy/haar
karakter se lyftaal en postuur te wys.
Sê die reël vir hierdie leerder en gebruik die stemtoon en houding van die
karakter.
Die leerder moet fyn luister en dan herhaal wat hy of sy nou net gesien het
deur die postuur, lyftaal, houding, stem, dialoog, ens. na te boots.
Sy/hy verander dan terug na die oorspronklike karakter se lyftaal en postuur.
Sy/hy beweeg in die sirkel en kies iemand anders aan wie sy/hy die reël kan
opvoer.
Dit word herhaal totdat almal in die groep hul eie karakter gedemonstreer en
iemand anders in die groep se karakter nageboots het.
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 9
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 10
ONDERWERP 2: DRAMA-ELEMENTE IN TONEELSKEPPING
GRAAD 8 EN 9 KWARTAAL 3
Fokus op geskrewe skets of afgeronde improvisasie
HULPBRONNE: Tromme/ tamboeryn
TYDSDUUR: 6 uur 30 minute per kwartaal
LAAT ONS BEGIN VERKEN DEUR ’N BIETJIE NAVORSING TE DOEN!
1. Navorsing en bespreking
Leerders werk in groepe van ses tot agt en elke leerder kies en skryf ‟n sosiale,
omgewings- of politieke kwessie op ‟n stuk papier neer. Die kwessie wat deur
leerders gekies word, moet relevant en van belang vir hulle wees! Dit moet iets
wees wat hulle lewens of gemeenskappe direk of indirek raak .... Leerders neem
beurte om te verduidelik (en dit aan die ander te verkoop!) waarom die kwessie
vir hulle belangrik is. Elke groep besluit oor een kwessie wat hulle vir die drama sal
gebruik – hulle kan soortgelyke kwessies kombineer, maar dit is gewoonlik
makliker om by een kwessie te hou.
2. Visbak-aktiwiteit
Leerders in elke groep dink aan ten minste drie vrae oor die gekose kwessie. Elke
leerder skryf ‟n antwoord op die vrae en plaas dit in ‟n houer. Die houer word
dan in die groep aangegee en elke persoon neem ‟n stuk papier daaruit, lees
die antwoord hardop en gee sy of haar reaksie op die antwoord. Die reaksie
moet nie langer as een minuut duur nie. As ‟n groep, identifiseer waaroor julle
saamstem en verskil.
Leerders doen navorsing in groepe. Leerders moet die gekose kwessie in
onderafdelings verdeel. Elke leerder doen navorsing oor ‟n onderafdeling. Dit
sluit aspekte soos die oorsake, gevolge, impak, mense se ervarings en moontlike
oplossings in. Leerders moet verskillende bronne vir die drama raadpleeg, bv.:
statistiek oor enige relevante kwessie/s
anekdotiese navorsing
eie ervaring
artikels in koerante en tydskrifte
gedigte, liedere, slagspreuke
video‟s en rolprente
opnames van onderhoude met vriende, gemeenskapslede, ens.
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 11
Leerders bied hulle bevindings na ‟n week vir die res van die groeplede aan.
Hulle skryf belangrike idees neer en luister goed na enigiets wat vir die drama
van belang kan wees – veral anekdotiese getuienis en ervaring in die werklike
lewe.
Na afloop van die navorsing, word ‟n dinkskrum oor ‟n moontlike scenario op
grond van onderstaande vrae gehou:
Wat: Wat gebeur, wat is my storielyn, hoe sal dit ontwikkel, wat sal die begin,
middel en einde wees? Wat sal die klimaks wees? Is die storie interessant, is daar
dramatiese spanning?
Wie: Wie is die karakters? Wat is hulle verwantskap aan mekaar? Hoe sal dit deur
liggaam en stem aangetoon word? Wat is die houding en funksie van elk van
die karakters? Hoe sal ‟n spesifieke rol gekarakteriseer word, het hy/sy enige
spesifieke maniertjies, spraakpatrone? Wat is die geskiedenis van die karakter?
Ouderdom? Fisiese eienskappe?
Waar: Waar vind die aksie plaas? Wat is die ligging? Watter uitwerking sal dit hê
op die manier waarop leerders optree? Is dit by die skool, in die kerk?
Wanneer: Wanneer vind die storie plaas? Is dit laat in die aand, in die verlede?
Aan wie: Wie sal die gehoor wees? Vriende en mense van ons ouderdom? Ouers
en bekende volwassenes? Jongmense? Skares op straat?
Op hierdie stadium teken die leerders hulle dinkskrum in hulle werkboek op as
opsommende notas of as ‟n teks sodat dit verder ontwikkel kan word.
3. As groeplede, vertel leerders die storie EEN SIN OP ‟N SLAG. Hulle maak in die
werkboeke aantekeninge waarin hulle die volgende vrae beantwoord:
Wat is die belangrike gebeure in die storie?
Wat gebeur aan die begin van die storie?
Hoe eindig dit?
Wat is die belangrike oomblikke of tonele met konflik in die storie?
4. Leerders maak in groepe drie tablo‟s (gevriesde standbeelde deur die
liggaam en gesigsuitdrukking te gebruik) – een vir die begin van die storie,
een vir die klimaks van die storie en een vir die einde van die storie.
Toon duidelik die aksiepunte (die begin, die klimaks en die einde van die
storie) deur die tablo.
Maak seker om uit te beeld waar die storie plaasvind. (As dit byvoorbeeld
in ‟n grot plaasvind, kan julle miskien almal saambondel omdat ruimte
beperk is, ens.)
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 12
Ander faktore om in te sluit en te bespreek tydens die ontwikkeling van die
tablo, is:
o nabyheid van mense in verhouding tot mekaar,
o gebruik van vlakke,
o fokuspunt in die prent,
o ruimtelike ooreenkomste ten opsigte van waar/hoe die gehoor die
prent sien (aan die einde, in die rondte, in die hoek, ens.)
As ‟n groep, bespreek wat moet gebeur om die drama vanaf die eerste
tablo, dan na die tweede en uiteindelik tot die einde te ontwikkel.
Improviseer nou die aksie wat elkeen van die tablo‟s koppel. Maak seker
dat julle slegs die belangrikste elemente van die aksiepunte wys.
Skryf in leerderboeke neer wat elke tablo oordra.
Die onderwyser sal op hierdie stadium die leerders informeel assesseer
deur waar te neem wat hulle doen en kommentaar te lewer oor hoe hulle
dit beter kan doen.
6. Karakterontwikkeling
Aktiwiteit 1: Die ritueel van wakker word
Oorweeg die karakter in die klaskamerdrama.
Deelnemers verbeel hulle dat hulle in die karakter se slaapkamer wakker
word.
Hulle voer die karakter se oggendritueel uit.
Verken die manier waarop die karakter miskien sou aantrek, loop, praat
en interaksie met ander sou hê.
Onderwyser maak verdere voorstelle soos leerders deur die proses gaan.
Bespreek daarna wat hulle gedurende hierdie oggendritueel oor hulle
karakters uitgevind het.
Aktiwiteit 2: Die wagspeletjie
Besluit oor ‟n plek waar verskillende soorte mense kan wag, byvoorbeeld
‟n bushalte, ‟n hospitaal, ‟n tandarts se wagkamer, vir ‟n werksonderhoud.
Elke leerder neem beurte om die ruimte as sy of haar karakter te betree.
Vokale en fisiese karakterkeuses moet duidelik wees.
Die karakters kommunikeer met mekaar.
Al die karakters vries op ‟n sein.
Die onderwyser gee ‟n instruksie soos “Wanneer julle weer ontvries, sal julle
karakters ‟n krisis in die gesig staar. Die gebou is aan die brand (of die bus
het gaan staan, of die persoon wat ‟n onderhoud met jou moes voer, is
afgedank, ens.).”
Laat die karakters in hierdie krisis lewendig word.
Hoe verander hulle gedrag onder druk?
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 13
Bespreek na die tyd of alle karakters duidelik uitgebeeld is en watter
verhoudinge geskep is.
Aktiwiteit 3: In die warm stoel.
Bou ‟n karakter deur die Warm Stoel-oefening:
Die leerder wat die karakter gaan skep, sit omring deur ander lede van
die groep. Sy/hy is in die “warm stoel”.
Die ander leerders vra een vir een vir hom/haar vrae. Elke leerder moet
aan ‟n verskillende vraag dink.
‟n Karakter kom geleidelik te voorskyn uit sy/haar antwoorde.
Die vrae word meer oorspronklik en kreatief en delf dieper soos die
karakter ‟n vorm aanneem.
Die leerder in die warm stoel begin sonder enige voorafgestelde idees
(buiten dit wat hy/sy van die scenario of storielyn weet).
Die karakter ontwikkel slegs uit die vrae en antwoorde.
Sodoende help die hele groep om die karakter te bou.
Aktiwiteit 4:
Ten einde ‟n karakter se fisiese kenmerke uit te beeld, word leerders gevra
om hulle waarnemingsvermoëns te gebruik deur na mense rondom hulle te
kyk en sekere fisiese karaktertrekke na te boots wat moontlik gepas vir hul eie
karakter sal wees.
Staan in ‟n oop ruimte.
Neem ‟n karakter aan.
Die onderwyser stel aksies, emosies of situasies voor.
Reageer, in karakter, op die verskeie tekens wat die onderwyser gee.
Dit sal jou vanuit ‟n fisiese en emosionele oogpunt meer bewus van jou
karakter maak.
Onderwyser: Voer in karakter (of jy nou ‟n bekende popster, ‟n baie ou
dame, ‟n dinamiese politikus is) die volgende aksies uit:
Bolyf: Neem ‟n koue stort, sukkel in ‟n haelstorm
Emosie: Wys wanhoop, selfvertroue, angstigheid, ekstase
Kostuum: Loop asof jy te groot skoene, te klein skoene, ‟n jas,
aandrok/-pak dra.
Voete en
bene:
Loop kaalvoet oor doringagtige gras, op ‟n warm pad,
kniediep in die see.
Hande en
arms:
Raak aan pels, skraap koue pap uit ‟n pot met jou
hande, sny jou vinger, plaas jou hand op ‟n jellievis.
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 14
Gebare -druk
in karakter uit:
“Bring dit hiernatoe”
“Hoe kon jy!”
“Ek is lief vir jou”
“Kyk daar”
“Kom dadelik hiernatoe”
7. Style van tonele
Elke groep voer hulle toneel op verskillende maniere uit:
Beweging en verteller: die verteller vertel ‟n storie van die toneel in die derde
persoon, terwyl die karakters die aksie mimeer.
Slegs beweging: voer die toneel sonder enige woorde op. Bewegings kan
meer simbolies gemaak word: gebruik ‟n trom of gepaste musiek om te help.
Gebruik ‟n rekwisiet om fokus van bespreking aan te dui, gebruik verskillende
vlakke om ‟n verandering in status aan te toon.
‟n Gespesialiseerde styl: verander die toneel in ‟n sprokie, ‟n Viktoriaanse
melodrama, ‟n musikale sang- en dansvertoning, ‟n poppekasvertoning, ‟n
sepie op televisie, as ‟n televisie-animasie-strokiesboek!
Verander die ligging of tyd: voer weer jou storie op ‟n heeltemal ander plek
of tyd op, maar een waar dit kon gebeur het: die kliptydperk, Koning Shaka
Zulu se kraal, in die toekoms op ‟n verre planeet.
Verander die raamwerk: voer die storie op asof dit met terugflitse deur ‟n
sielkundige, maatskaplike werker, die skoolhoof vertel word; of hanteer dit as
‟n legende wat deur afstammelinge vertel word.
8. Taal: verken hoe dramatiese taal deur die situasie, die rolle en verhoudings
van die karakter gevorm word
Die gepaste stemregister van elke karakter bestaan uit:
o die woorde wat deur die karakters gesê word
o die manier waarop die woorde gesê word
o liggaamstaal en gebare
9. Verken dramatiese spanning (die krag wat drama dryf – jy kan nie daaraan
raak nie, jy kan dit slegs voel.)
Leerders identifiseer en ontwikkel enige van die volgende bronne van
dramatiese spanning deur die sleutelvrae te vra:
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 15
Was daar ‟n ingewikkelde, moeilike, of belangrike taak wat in die drama
uitgevoer moes word (bv. om ‟n oplossing vir ‟n moeilike probleem te vind,
ens.)?
Is daar snaakse/ humoristiese aksie in die drama?
Is daar ‟n element van verrassing in die drama?
Is daar ‟n element van spanning in die drama?
Is daar misterie in die drama?
Is daar ‟n misverstand tussen die karakters?
Is daar ‟n seremonie (troue/prysuitdeling/begrafnis/verjaardagpartytjie) in die
drama?
Is daar konflik tussen die karakters?
Ervaar die karakters ‟n dilemma wat opgelos moet word?
10. Teikengehoor en doel van die drama:
Oorweeg die volgende terwyl die drama ontwikkel word:
Wie sal die gehoor wees? Watter konteks sal hulle verteenwoordig ten
opsigte van:
o Ouderdomsgroep / Ekonomiese agtergrond / Sosiale agtergrond /
Politieke agtergrond
Watter doel sal die klaskamerdrama vir die gehoor dien?
o Om op te voed / Om kennis te ontwikkel / Om te vermaak / Om te
mobiliseer / Om in te lig / Om bewus te maak
11. Simbole (voorwerpe kan simbolies wees en ‟n dieper betekenis van die
toneelstuk weerspieël)
Oorweeg hoe die gebruik van simbole opgevoer kan word om die dieper
betekenis in die teks oor te dra.
Verken die gebruik van rekwisiete, stelstukke, ens. as simbole om die
betekenis en boodskap van die klaskamerdrama te versterk.
12. Basiese verhoogkonvensies:
Verken verhoogruimte, bv. middelverhoog, boverhoog, onderverhoog, ens.
Gebruik van uitvoeringsruimte: plasing van akteurs, aanduiding van ‟n
fiktiewe plek in die drama, ontwerp van bewegingspatrone, ens.
Vaslegging: bewegingspatrone op die verhoog.
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 16
AGTERVERHOOG AGTERVERHOOG AGTERVERHOOG
SY
VER
HO
OG
AGTERVERHOOG
REGS
AGTERVERHOOG
MIDDEL
AGTERVERHOOG
LINKS
SY
VER
HO
OG
MIDDELVERHOOG
REGS
MIDDELVERHOOG MIDDELVERHOOG
LINKS
VOORVERHOOG
REGS
VOORVERHOOG
MIDDEL
VOORVERHOOG
LINKS
VOORVERHOOG
Plasing van die gehoor in verhouding tot die tipe verhoog.
Oorweeg hoe die ruimte opgestel moet word sodat die gehoor die drama
ten beste kan geniet.
Onderwyser gee vir leerders verskillende voorstelle oor hoe om ruimte te
gebruik, bv.
o in die rondte (gehoor aan alle kante)
o in die hoek (gehoor aan twee kante)
o aan die einde (gehoor aan een kant)
Maak seker dat die leerders verstaan dat die gehoor die aksie duidelik moet
kan sien en dat belangrike oomblikke vir hulle aandag uitgelig moet word.
A. “Teater in die rondte” is waar die gehoor aan alle kante van die aksie sit.
Ten spyte van die bewoording, kan die uitvoeringsruimte rond, vierkantig
of enige ander vorm wees.
S
B
K
B. “In die hoek” is ‟n toneelkonvensie soortgelyk aan ‟n tongverhoog, waar
daar ‟n agterkant vir die uitvoeringsruimte is (die twee mure van die
hoek), sodat dekor daar geplaas kan word. Die gehoor sit aan twee of
drie kante van die aksie.
D. “Aan die einde” is soortgelyk aan ‟n prosceniumboog-verhoog, waar die
gehoor in rye sit en na die aksie kyk en daar ‟n divisie tussen die akteurs en
gehoor is.
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 17