Download - Die Top 50 Resepte op www
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Die Top 50 Bladsye op www.liplekker.co.za Meer as 150 Resepte
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Indeks van Gewildste Bladsy Voorwoord Malvapoeding Meermin se Korslose Kaastert Maklike Yskastert Wafel Resep Idees vir Happies Maklike Skons Vinnige Aandete Vinnige Melktert Noedelslaai Dirk se Mielietert Outydse Boontjiesop Frikadelle Klapperkoekies Soetpatats Bruinpoeding Maklike Fudge Hoender Breyani Korslose Souttert Lekker Maklike Bobotie Koperpennie Wortelslaai Mieleibrood Hoendersop Sjokoladekoek met Olie Lemoenkoek Outydse Ryspoeding Korslose Souttertjies Patat Gebak Hemelse Steak Koffie Tert Piesang Wortelkoek Korslose Souttert Vinnige Suurlemoentert Korslose Aspersietert Herderspastei Trifle Quiche Seekos Potjie Broodslaai Roti Deeg Grenadella Yskastert Vlakoekies met Maizena Prutpot resepte en wenke Pannekoek Sonder Eiers Botterkoek Kerriemaalvleis Mieliegereg Outydse Karringmelkbeskuit Julette ~ Marmite Koek Kerrie Wortelslaai Gebraaide Kool
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Indeks in Alfabetiese volgorde Aandete Aspersietert Bobotie Boontjiesop Botterkoek Broodslaai Bruinpoeding Frikadelle Fudge Grenadella yskastert Herderspastei Hoender Breyani Hoendersop Karringmelkbeskuit Kerrie Maalvleis Kerrie Wortelslaai Klapperkoekies Koffietert Kool Koperpennie Wortelslaai Korslose Kasstert Korslose Souttert Korslose Souttertjies Lemoenkoek Marmite koek Malvapoeding Melktert Mieliebrood Mieliegereg Mielietert Noedelslaai Pannekoek sonder eiers Patat Gebak Piesang Wortelkoek Prutpot Geregte Quiche Roti deeg Ryspoeding Seekospotjie Sjokoladekoek Skons Soet Patats Steak Suurlemoentert Trifle Vinger Happies Vlakoekies Wafels Yskastert
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Voorwoord
Eerstens wil ek net aan die Hemelse Vader baie dankie sê vir al die talente en gawes wat ek ontvang het. Dan is daar almal wat resepte instuur en ingestuur het. Daar is ‘n persoon wat ek moet uitsonder en dit is Jan van Niekerk. Toe ek op sy knoppie gedruk het, het hy onmiddelik gehelp met die nagaan van die dokument en het verskeie foute aan my uitgewys. Baie dankie Jan. Die Liplekker domein bestaan nou 3 jaar. Om die geleentheid te vier het ons besluit om die top 50 bladsye wat in die 3 jaar besoek is saam te sit in ‘n PDF formaat . Daar is min of meer 150 resepte in die boek. Van die ekstra fotos by die respte is net om te wys van ander manier om die resep te tooi. Ons het die bronne waar mmontlik bygesit. Waar ons die bronne bygesit het, kan julle gerus daardie bronne gaan besoek. Julle mag hierdie resepteboek na hartelus versprei. Al wat ons vra is dat indien julle êrens op die kuberruim die resepte gaan plaas, asseblief vir ons die erkenning te gee. Geniet die resepte terdeë. Frik, Koekoes en Erika
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Mees gewildste bladsy op www.liplekker.co.za
1 ~ Malvapoeding
Bestanddele
250 ml suiker
15 ml botter
1 eier
12,5 ml appelkooskonfyt
15 ml asyn
5 ml koeksoda
250 ml melk
250 ml koekmeelblom
Knippie sout
Metode
Voorverhit oond tot 180°C. Smeer oondvaste bak met ‘n volume van 1,5 liter. Room die suiker by die
botter. Voeg die eier, appelkooskonfyt en asyn by en klits goed. Los die koeksoda in die melk op en
voeg by die eiermengsel. Voeg die koekmeelblom en sout by en meng goed. Skep die deeg in die bak
en bak vir 30 minute tot donkerbruin.
Bestanddele:
Sous:
250 ml room
250 ml suiker
125 ml botter
125 ml kookwater
5 ml vanielje
Metode
Kook room, suiker, botter en water saam totdat die suiker gesmelt is. Voeg vanielje by en
gooi oor warm poeding en laat intrek.
Foto: Bak en Brou sonder Fieterjasies
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Wenner in Eskort se 100 jaar Resepte Boek
2 ~ Meermin se Korslose Kaas Souttert Bestanddele 450 ml melk 1 pak spek snippers (die fyn een) 500 ml Cheddarkaas (ek gebruik baie meer, rasper ook enige soort wit kaas omtrent dieselfde hoeveelheid) DALK MOET EK DIE TERT MEERMIN SE KORSLOSE KAAS SOUTTERT noem 125 ml koekmeelblom 3 eiers geklits 1 ui, (fyn gekap) kan twee uie ook gebruik Sout
AROMAT Peper Soet Basielie of Pietersielie (droog) na smaak Metode Meng alles saam. Smeer ‘n oondvaste bak. Skep daarin en bak tot gaar. (So 30 minute) Kan ronde Pyrex bakke of langes gebruik, dit maak geen verskil nie. Lekker eet. In my huis word hierdie tert net nooit koud nie. Foto: LEKKER RESEPTE VIR JAGTERS EN BOERE
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
3 ~ Maklike Yskastert
Bestanddele 1 blikkie fyn pynappel 1 blikkie kondensmelk 1 pakkie pynappel jellie 1 pakkie tennisbeskuitjies Metode Pak tennisbeskuitjies onder op bodem van tert bak. Sit die sap van die pynappel in pot, saam met pakkie jellie en blikkie kondensmelk en roer saam oor medium
hitte tot die jellie heeltemal gesmelt is. Voeg die pynappel by en skep versigtig bo-op koekies. Sit in yskas tot gestol. Jy kan vars styfgeklopte room bo-oor smeer voor jy dit bedien as jy wil. (Variasies: vervang pynappel met blik koejawels en die pynappel jellie met kersie jellie, druk net koejawels met vurk fyn – gebruik pitte en al. Jy kan die pynappel ook vervang met geblikte kersies en dan kersie jellie)
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
4 ~ Wafel Resep Bestanddele 2 eiers ½ teelepel sout 1¾ koppie melk 4 eetlepels gesmelte botter 2 eetlepels suiker 2 koppies meel 2 teelepels bakpoeier
Metode
Sif al die droë bestanddele saam. Klits eiergele en voeg by melk en meng. Voeg die
melkmengsel by droë bestanddele en meng goed. Voeg gesmelte botter by en meng goed.
Klits eierwitte styf en vou liggies by die mengsel in. Nou kan jy begin bak. Bedien saam met
roomys en stroop.
Foto: Bak en Brou sonder Fieterjasies
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
5 ~ Idees vir Happies
IDEE’S VIR ‘N BORDJIE SOETHAPPIES:
Doppies gevul met karamel kondensmelk, suurlemoensmeer (lemoncurt), piesangroom,
aarbei vulsel, vla vulsel, pynappel vulsel, cremora vulsel,
Roomhorinkies, koeksisters, brandewyn balletjies (brandy balls), rumballetjies, vlaskywe,
dadelballetjies, rice krispy balletjies, piesang poffertjies, eclairs, spits rookers, konfyttertjies,
ystervarkies, skuimpies, sjokolademakrolletjies, melktertmuffins, fudge, klapperys,
plaatkoekies, broodsisters, gevulde pannekoek met kondensmelk en piesang in skywe
gesny, vars aarbei met punte wat in sjokolade gedruk is, skons met verskillende smere
“toppings” , stroop poffertjies, karamel koekies, suurlemoen yskaskoekies, pienk
marshmallow koekies, tamboesies, hertzoggies, sjokolade balletjies, verskillende vars
bessies wat in seisoen is, marshmalows wat se eenkant in sjokolade gedruk is en dan in
klapper of gerasperde sjokolade, mini doughnuts
3 Bestandele FUDGE
Bestanddele
1/4 koppie botter (verkieslik bak botter soos Stork)
300 na 350 g sjokolade splinters
1 blikkie volroom kondensmelk
Metode
Die maklikse manier is as volg:
Gebruik vuurvaste glasbak wat jy bo-op n pot met water op die stoof sit – sny die botter in
blokkies en smelt. Gooi dan die sjokolade in en smelt tot gladde mengsel. Voeg die
kondensmelk by en smelt verder tot loopbare mengsel. Spuit ‘n 20 cm glasbak met Spray &
Cook. Gooi die mengsel in en maak vinnig gelyk want die mengsel stol vinnig. Sit in die yskas
vir ongeveer 3 na 4 ure – sny dit in blokkies en bewaar in yskas in lugdigte houer.
Variasie: Jy kan gekapte neute, kersies, klapper ens bo-op die mengsel sit voor dit stol
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
BESKUITJIE FUDGE
Bestanddele
200 g Marie-Beskuitjies,
250 g Botter gesmelt,
500 g Versiersuiker,
75 ml Kakao,
1 Eier.
Metode
Rol beskuitjies fyn. Roer botter, suiker en kakao oor matige hitte tot glad. Klop eier vinnig
by. Verwyder van hitte. Roer krummels by en skep in gesmeerde pan. Laat afkoel en sny in
blokkies wanneer styf. Bewaar in koelkas. Lewer Sowat 60.
BLITSVINNIGE SJOKOLADEKOEKIES
Bestanddele
110 g botter by kamer temperatuur
30 ml suiker
30 ml gouestroop
30 ml kakao
1 pak tennisbeskuitjies (in klein stukkies gebreek)
100 g wit melksjokolade
Metode
Klop botter en suiker tot romerig
Voeg gouestroop by
Voeg kakao by
Voeg koekies by en meng goed.
Druk in platbak en rasper witsjokolade bo-oor
Plaas vir 10 minute in matige oond net om die sjokolade effe te laat smelt
Laat afkoel en sny in blokkies
Bewaar in yskas
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
BRANDEWYN BOMME
Bestanddele
100 ml Goue Stroop
200 g Sjokolade
200 g Pekanneute
150 ml Brandewyn
2 Pakkies Tennis Beskuitjies
Versiersuiker
Metode
Maak Tennis beskuitjies fyn. Breek die pekanneute. Breek sjokolade in ‘n diep bak en voeg
stroop by. Mikrogolf teen 50% krag tot gesmelt. Roer mengsel goed. Voeg beskuitjies, neute
en brandewyn by. Meng Goed. Rol in balletjies en rol dan balletjie deur versiersuiker.
Wenk
Plaas Balletjies in yskas. Die balletjies is op hulle lekkerste na ‘n week. Kan tot 3 weke in
yskas bly.
BRANDEWYN-TRUFFELS
Bestanddele
200 g donker sjokolade, in stukkies gebreek
150 ml room
45 ml brandewyn
115 g versiersuiker
Kakao om die truffels in te rol
Metode
Kook water in ‘n kastol en smelt die sjokolade in ‘n vuurvaste bak oor die water.
Roer aanhoudend. Gebruik ‘n draadklitser om die room met die brandewyn in, in ‘n aparte
bak tot dik te klits. Roer die gesmelte sjokolade en die versiersuiker by. Laat staan eenkant
om bietjie fermer te word. Druk jou hande in die kakao en vorm happie grootte balletjies.
Rol die balletjies in die kakaopoeier. Die truffels kan vir 3 tot 4 dae in die yskas gebêre word
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Cherry and Cream cheese bite
Ingredients
1 rub Cream Cheese (I use low-fat)
1 cup icing sugar
Fresh cherries or strawberries
Marie biscuits
Method
Blend softened cream cheese and powdered sugar. Grind your biscuits. Dip your berries in
the cream cheese mixture and then into the graham crackers. Pop in the fridge for at least 1
hour. Serve !!!
Note
This is a fantastic idea for entertaining with cherries, dip in white icing and silver baking balls
and serve on a platter. They look wonderful!!!
CHOCOLATE BROWNIES
Ingredients
2 c sugar
2 c cake flour
125 g margarine
1 c water. ½ c oil
4 T cacao
2 eggs, lightly beaten
1 t vanilla essence
1 t bicarbonate soda
½ c buttermilk
METHOD:
Sift flour and sugar together. Bring margarine, water, oil and cacao to rapid boil.
Remove from stove top. Add eggs and stir in quickly. Then add bicarbonate soda and stir in
Add buttermilk and mix in well. Lastly add the vanilla essence and stir in. Pour into a well
greased pan 23 x 33 cm. Bake at 180ºC for ± 20-30 minutes. Prepare chocolate icing 5
minutes before cake is done (icing must be warm when put on cake)
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
CHOCOLATE ICING
INGREDIENTS:
60 g margarine
3 T buttermilk
3 T cacao
250 g icing sugar (sifted)
5 ml vanilla essence
METHOD:
Melt margarine, buttermilk and cacao over low heat. Remove from heat and add icing sugar
and vanilla essence. Beat until smooth and glossy. Add a little more buttermilk if icing looks
to stiff. Ice cake, when ready, with warm icing.
CHOCOLATE INSTANT PUDDING FUDGE
Inredients
250 g semi sweet baking chocolate
6 tablespoons butter
1/3 cup water
1 package instant chocolate pudding (dry)
3 cups powdered sugar (versiersuiker)
Method
In a medium bowl, place chocolate, butter, and water. Microwave for 2 minutes or until
butter is completely melted. Stir until chocolate is melted. Add dry instant chocolate
pudding. Stir in powdered sugar one cup at a time until fully incorporated (requires a bit of
elbow grease at the end). Press into a square baking dish that has been lined with wax paper
or foil. Refrigerate 2 hours. Lift from pan and cut into pieces using a pizza cutter. Store in
refrigerator.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Cinnamon Sugar Cheesecake Roll-Ups
Ingredients
2 slices whole grain bread (2 day old brown bread works very well)
2 Tbsp light cream cheese, softened
1 Tbsp icing sugar
1 Tbsp butter, melted
2 tsp sugar
1/4 tsp cinnamon
Directions
Preheat oven to 180°C Line small, flat oven safe dish with parchment paper, set aside.
Cut off bread crusts. Using a rolling pin or heavy glass, roll bread out so it is thin.
In a small bowl, combine cream cheese and icing sugar until well mixed. Spread evenly on 2
slices of bread. Roll up, jelly roll style, gently pressing to seal seam. Using a pastry or basting
brush, brush all over with melted butter. In a small dish, combine sugar and cinnamon.
Sprinkle evenly over the bread that has been brushed with the melted butter. Place on
prepared baking tray, seam side down. Bake for approx 7 minutes, gently flip over, and bake
7 minutes more. Remove from oven and let sit for 2 – 3 minutes. Eat as is or slice in half and
serve. (Be careful, filling will be hot!) Who knew boring old bread could be transformed into
something so decadent? I imagine making a sundae out of this by topping with a scoop of frozen
yogurt and some caramel sauce. Pretty sure that would ruin me entirely for ever eating toast “the
old way” ever again.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
CINNAMON SUGARED DROP DOUGHNUTS
Ingredients
1 and ½ cups Flour
1/3 cup sugar
2 tsp baking powder
½ tsp salt
½ tsp nutmeg
½ cup milk
2 tbs cooking oil
½ tsp vanilla essence
1 egg
Ingredients For dusting…
½ cup sugar
1 tsp cinnamon
Method
Oil for frying. Heat cooking oil to 180°C. In large bowl, combine first 5 ingredients. In small
bowl, blend milk, 2 tablespoons oil, vanilla and egg. Add milk mixture to dry ingredients; stir
with fork just until dry ingredients are moistened. Drop by teaspoonful’s into hot oil, 5 or 6
at a time. Fry 1 to 1 1/2 minutes on each side until deep golden brown. Drain on paper
towels. Mix sugar and cinnamon on a plate or a shallow bowl; roll warm doughnut balls in
mixture. Makes about 3 dozen.
Notes:
Use the smallest spoons you have and pull them out of the oil as soon as they turn golden.
Ideally, cook them low and slow, in hot oil but not so hot that only the outsides brown.
Drain only briefly before rolling them in the cinnamon sugar. I used very fine caster sugar to
make the cinnamon sugar. Wait a while before cracking these open as the residual heat will
continue to cook any uncooked batter in the middle
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
COCONUT CLUSTERS
Bestanddele
125 ml melk (1/2 k )
125 ml kakao ( 1/ 2 k )
500 ml suiker ( 2 k )
125 ml margarien ( 1/ 2 k )
750 ml hawermout ( 3 k )
5 ml vanieljegeursel ( 1 t )
250 ml klapper ( 1 k )
METODE
Prut vir 5 minute alles saam en haal van stoof af – MOENIE langer as 5 minute kook nie.
Voeg die hawermout, vanieljegeursel en klapper by en roer goed.
Skep dadelik teelepelsvol op waspapier en laat koud word
Cremora Vulsel:
Bestanddele en Metode
1 koppie cremora
¼ koppie kookwater
Meng bogenoemde
Voeg by ½ blikkie kondensmelk en ¼ koppie suurlemoensap en meng goed
Dadel Vulsel:
Bestanddele
1 blik kondensmelk
250 g dadels (fyn gesnipper)
400 ml klapper
Metode
Meng alles goed en skep in doppies.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
DADEL-KLAPPER BALLETJIES
Bestanddele
100 g nutticrust koekies
250 g ontpitte dadels fyn gesny
250 ml klapper
100 g botter gesmelt
50 g amandels fyn gekap
Metode.
Meng al die bestandele en rol in balletjies. Rol in bietjie klapper en bewaar in die yskas.
DADEL/RICE KRISPIES HAPPIES
Bestanddele
1 pak Rice Krispies
500 g dadels
1 k suiker
1 eier
250 g botter
klapper
Metode.
Smelt botter en suiker. Voeg eier by en dan fyn gekapte dadels. Laat dit net opkook en haal
van stoof af. Gooi Rice Krispies by en meng goed. Rol of in balletjies en dan in die klapper of
druk in plat bak en strooi kapper bo-oor en sny in vinger lengtes of blokkies.
HILDA SE DADELVINGERS
Bestanddele
250 g margarien
250 ml suiker
500 g dadels, fyngesny
1 eier goed geklits
1 pak (200 g) Marie beskuitjies, in stukkies gebreek
100 g groen kersies
100 g rooi kersies
klapper om oor te strooi
Metode:
Smeer ‘n 16 x 26 cm koekpan. Smelt die margarien en suiker saam oor lae hitte sonder dat
die mengsel verbruin. Voeg die dadels en eier by en roer baie goed sodat die eier egalig
ingemeng word. Voeg die beskuitjies en heel kersies by, meng deeglik en haal van die stoof
af. Gooi die mengsel in die voorbereide pan en maak bo-op gelyk met ‘n mes.
Strooi ‘n bietjie klapper oor en laat koud word. Sny in vingers van 3 x 6 cm.
Maak 36 – 40 koekies
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Doppies gevul met NUTELLA en neute
DOPPIE RESEP : (Vir alle vinger-etes, soet en sout)
Bestanddele
750 ml meel
5 ml bakpoeier
3 ml sout
250 g botter
2 eiers
15 ml suiker
Metode. Sif droë bestanddele saam. Vryf botter in. Klits eier en suiker tot skuim. Voeg by
droë bestanddele. Meng goed tot stywe deeg. Rol uit – nie te dun nie. Druk met koekievorm
in ronde sirkeltjies uit. Gebruik kolwyntjie pannetjies en druk degies in pannetjie. Jy hoef nie
jou pannetjies te smeer nie. Bak 8-10 minute by 190°C.
EET-SUM-MOR FUDGE BLOKKIES
Bestanddele
1 x 200 g pakkie Bakers EET-SUM-MOR beskuitjies
250 ml gesmelte botter
5 ml vanieljegeursel
500 g gesifte versiersuiker
5 ml koffiepoeier
45 ml kakaopoeier
1 geklitste eier
ekstra versiersuiker
Lewer ongeveer 36.
Metode
Breek of sny die Bakers EET-SUM-MOR beskuitjies in growwe stukke. Voeg die gesmelte
botter, vanielje, versiersuiker, koffiepoeier, kakaopoeier en eier by en meng goed. Skep die
mengsel in ’n gesmeerde 20 cm-vierkantige bak en maak die bokant gelyk. Verkil en sny dan
in blokke. Sif die ekstra versiersuiker bo-oor as versiering.
NS: Geregte wat botter bevat soos dié fudge, moet liefs in ’n lugdigte houer in die yskas
gehou word
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
GEMMERROLLETJIES MET ROOM
Lewer 15-20 rolletjies
Bereiding: 20-30 minute
Baktyd: 8-10 minute
Bestanddele
90 g botter
80 ml (¹/³ k) suiker
160 ml (²/³ k) gouestroop
sap van ½ suurlemoen
180 ml (¾ k) koekmeel
5 ml (1 t) fyn gemmer
30 ml (2 e) brandewyn
200 ml room, styf geklits
Metode.
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n groot bakplaat deeglik met botter.
Smelt die botter, suiker, stroop en suurlemoensap saam in ’n kastrol oor matige hitte.
Verwyder van die hitte en klits die meel, gemmer en brandewyn by. Laat die mengsel
heeltemal afkoel. Drup teelepels vol van die mengsel op die bakplaat. Laat ’n ruimte van 10
cm tussen elke hopie, want die mengsel loop plat. Bak 8-10 minute of tot goudbruin. Skakel
die oond af en maak die deur oop. Smeer ’n houtlepel se steel deeglik met botter. Lig een
koekie op ’n slag met ’n eierspaan en draai dit om die houtlepel-steel. Laat gly dit van die
steel af en laat dit op ’n afkoelrak afkoel. Herhaal die proses tot al die koekies gerol is. Vul
die rolletjies met die room net voor dit voorgesit word.
WENK:
Hou die koekies in die oond voor jy dit rol om te verseker dat dit warm bly en nie hard word
nie.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
GRIEKSE NEUTEBALLETJIES
Bestanddele
250 g botter
80 ml strooisuiker
500 ml koekmeelblom
2 ml sout
10 ml amandelgeursel
1 pak fyn amandels (100 g)
EN/OF
1 groot plak sjokolade blokkies gebreek en half gesny
gesifte versiersuiker om in te rol
Metode
Voorverhit oond tot 160°C. Meng al die bestanddele tot ‘n gladde deeg. (As dit krummel,
maak en druk bymekaar met jou hand). Vorm okkerneutgroot balletjies druk klein sjokolade
blokkie/kersie/neut in rol toe en pak op ‘n bakplaat. Verkoel ‘n halfuur. Bak 30 minute lank
in die oond tot net gaar, maar steeds lig van kleur. Rol in gesifte versiersuiker terwyl nog
warm. Laat afkoel op draadrak. Wanneer afgekoel pak in houer en strooi nog versiersuiker
tussen elke laag. Lewer 30 -35 koekies.
HANDTERTJIES
Bestanddele
1 pak (500 g) bruismeel
2 ml sout
250 g botter of margarien
250 ml room
200 ml fyn appelkooskonfyt
30 ml koekmeelblom
1 eier
25 ml melk
Metode
Sif bruismeel en sout saam. Vryf botter hierin totdat mengsel fyn gekrummel is. Voeg room
by en meng tot ‘n deeg. Meng appelkooskonfyt en koekmeelblom deeglik. Klits eier en melk
saam. Rol elke keer ‘n bietjie deeg dun uit op meelbestrooide deegplank en druk 8 cm
sirkels met koekiedrukker af. Maak rand van elke sirkel met bietjie water klam. Skep
teelepelsvol konfyt op elke sirkel, vou deeg oor en verseël. Verf eiermelk bo-oor. Bak 10
minute by 200ºC. Laat afkoel op draadrak. 6 dosyn.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
HAWERMOUT KOEKIES MET KAKAO EN KLAPPER
Bestanddele
125 g margarien
500 ml suiker
125 ml kakao
125 ml melk
750 ml hawermout
250 ml klapper
2,5 ml vanieljegeursel
Metode
Meng die margarien, suiker, kakao en melk saam in ‘n kastrol. Laat kook vir 5 minute. Meng
die hawermout, klapper en vanielje hierby in en roer tot goed gemeng. Skep lepelsvol van
die mengsel op bakplate en laat afkoel.
Kaneel ROOMKAAS Rolletjies
Bestanddele
Een brood (enige brood wat jy wil gebruik – wit of bruin)
125 g botter (gesmelt)
1/3 k suiker (vir roomkaas)
1/3 k suiker (vir broslaag)
1 teelepel kaneel
1 E versiersuiker
250 g Roomkaas
Metode:
Roomkaas moet kamertemperatuur wees. Meng 1/3 koppie suiker by die roomkaas. In ‘n
ander bak, meng die kaneel, suiker en versiersuiker saam. Met ‘n koekroller, rol die snytjies
brood plat. Sny die korsies af. Smeer roomkaas oor die brood, en sprinkel bietjie van die
kaneelsuiker mengsel bo-oor. Rol die broodjie op. Verf van die gesmelte botter bo-oor die
hele rolletjie. Dit moet goed gesmeer wees, maar moenie die brood “soggy” maak nie. Rol in
die kaneelsuiker en versiersuiker mengsel. Steek vas met tandestokkie indien verkies. Plaas
op bakplaat wat gespuit is, en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 20 minute.
Bedien na smaak. Gebruik stroop, sprinkel met versiersuiker, roomys, vars aarbeie of
sommer net so.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
KANEELWIELETJIES
Bestanddele
225 g volkoringmeel
25 g semels
10 ml bakpoeier
2 ml koeksoda
5 ml sout
250 ml karringmelk
75 ml olie
Vulsel:
60 g gesmelte botter
10 ml kaneel
100 g bruinsuiker
Metode:
Meng volkoring, semels, bakpoeier, koeksoda en sout. Meng karringmelk en olie. Voeg by
droë bestanddele. Druk in `n langwerpige rol. Meng bestanddele vir vulsel en smeer oor
deeg. Rol op en sny in skyfies. Plaas wieletjies op gesmeerde bakplaat en bak sowat 20
minute. Laat afkoel en sprinkel dan in mengsel van 25 ml wit versiersuiker en 5 ml kaneel
oor.
KARAMEL KOEKIES
Bestanddele
200 g margerien,
1 blik karamel kondensmelk,
1 pak versiersuiker (500 g)
knippie sout
2 pakkies gekrummelde Mariekoekies
Metode
Smelt al die bestanddele nehalwe die twee pakkies Mariekoeokiessaam. Roer goed deur en
haal van stoof af. Roer no die Marie beskuitjies by. Skep in gesmeerde plat glasbak, sprinkel
met gekapte neute as jy wil, druk gelyk en sit in yskas tot gestol. Sny in blokkies en bêre in
lugdigte houer.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
KITS YSTERVARKIES
Ongeveer 50 koekies
Bestanddele
1 dagoue witbrood
3 k suiker
1½ k water
1 k kakao
2 desertlepels (25 ml) botter/margarien
5 ml vanieljegeursel
ongeveer 3 koppies klapper
Metode
Sny die brood in 3 cm dik snye. Sny die korsies af en sny dan in blokkies van 3 cm x 3 cm.
Mikrogolf die water, suiker, kakao en botter oop vir ongeveer 10 minute op hoog. Roer dit
gereeld elke 2 minute goed. Voeg die vanielje by en meng. Doop die broodblokkies een vir
een met toetspen of breinaald in die warm sjokoladestroop en rol dadelik in die klapper.
Plaas hulle in enkellaag op ‘n skinkbord om af te koel en bietjie droër te word.
Bewaar die ystervarkies in digte houer in die koelkas.
KLAPPER BALLETJIES.
Bestanddele en Metode
Meng saam:
1 k rou hawermout,
1 k geroosterde klapper,
½ k growwe grondboontjiebotter,
½ k sjokolade, in stukkies gekap,
½ k gemengde sade of neute,
1 k heuning,
knippie sout. 2 t vanieljegeursel.
Metode.
Rol in balletjies en rol in klapper
Plaas in yskas.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
KLAPPER EN PEPPERMINT BALLETJIES
LEWER 50 BALLETJIES
Bestanddele
2 pakkies (200 g) Marie beskuitjies
1 blik (385 g) kondensmelk
250 g botter of margarien, gesmelt
2 plakke (90 g elk) pepermentsjokolade
500 ml (2 k) klapper
Metode.
Maak die beskuitjies fyn in ’n voedselverwerker of rol fyn met ’n koekroller. Meng die
beskuitjiekrummels, kondensmelk en gesmelte botter of margarien goed saam. Rasper die
sjokolade aan die growwe kant van ’n rasper en voeg by die mengsel. Meng goed. Skep
lepels vol van die mengsel in jou handpalm, rol in balletjies en rol dan in die klapper. Verkoel
in yskas tot stewig.
KLAPPER MAKROLLETJIES
Bestanddele
1 blik kondensmelk.
5 ml vanielje.
500 ml klapper.
Metode
Meng alles – skep klontjies op bakplaat – bak vir 10 minute – haal uit en laat afkoel
Kondensmelk Vulsel:
Bestanddele
1 blikkie Karamel
Peppermint sjokolade (gerasper)
Styfgeklopte room
Gesnipperde kersies
Metode
Skep 1/2 t sjokolade onder in bakkie, dan kondensmelk, dan geklopte room en kersie bo-op
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
KONFYTBLOKKIES
Bestanddele
250 g botter
350 g strooisuiker
2 groot eiers
10 ml vanielje
1000 ml (545gr) koekmeel
20 ml bakpoeier
250 ml aarbei of appelkoos konfyt
Metode.
Klop botter en suiker saam, voeg eier en vanieje by en klop goed. Vou gesifte meel,
bakpoeier en knypie sout by. Draai die bol deeg met kleefplastiek toe en sit vir +- 30 minute
in yskas. Druk driekwart van die deeg in gesmeerde oondpan. Smeer laag konfyt bo-oor en
rasper res van deeg bo-oor. Bak by 180°C vir 20 minute of tot goudbruin. Sny in blokkies
terwyl nog warm, los tot heeltemal afgekoel is, skep versigtig uit en bêre in lugdigte houer
KONFYTTERTJIES
Bestanddele
2 kg meel
250 g botter
125 g Stork to Bake
500 g margarien
1 pakkie kremetart
3 teelepels bakpoeier
Appelkooskonfyt.
Metode
Vryf al die bestanddele liggies met vingers deur en maak aan met yskoue water. Gebruik
mes om mee aan te maak. Hou ongeveer 2 uur in yskas voor uitgerol word. Rol dun uit en
druk met glas uit. 1 teelepel konfyt in elke tertjie. Bak tot goudbruin.
(WENK : Hou konfyt in vrieskas – daar word gesê dat dit dan nie uitbak nie)
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
LEMINGTONS/YSTERVARKIES
Bestanddele Koek
4 Eiers
½ k Suiker
1 k Botter
3 k Meelblom
2 t Kremetart
½ t Sout
1 k Melk
1 t Koeksoda
2 t Vanieljegeursel
Bestanddele Versiering:
500 g Versiersuiker
125 g Sagte botter of margarien
3 E of meer Kookwater
1 t Vanieljegeursel
4 E Kakao
½ t Amandelgeursel
Klapper
Metode Koek:
Klop die eiers en suiker baie goed saam. Smelt die botter en voeg by die suiker mengsel en
klits weer goed. Sif die meelblom, kremetart en sout saam en voeg dit om die beurt met die
melk by. Los die koeksoda in ‘n klein bietjie melk op en voeg by. Meng deeglik. Gooi in
gesmeerde pan van ongeveer 45 cm by 25 cm. Bak vir 12 tot 15 minute by 200°C. Wanneer
koek afgekoel is sny in blokkies.
Metode Versiersel.
Meng eers die verisersuiker en botter saam. Voeg alles behalwe die klapper by en meng goed.
Smeer oor die blokkies en rol die blokkies in die klapper.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
LEMON TARTLETS
Ingredients Tart Shells:
1/2 cup butter, softened
1/3 cup sugar
1 egg white
1 1/4 cups flour
Ingredient Filling:
2 eggs
1/3 cup sugar
1 Tbs. butter melted & cooled
2 tsp. lemon zest
3 Tbs. lemon juice
Powdered sugar
Method shells
Preheat oven to 175°C. Spray 2 mini muffin pans with Cook & Spray. In mixer bowl, beat
butter and sugar until light and fluffy. Add egg white; blend well. Add flour; mix just until
well blended. Divide into 24 pieces and drop into muffin cups. Press into tart shells.
Method For filling, lightly whisk eggs. Whisk in sugar and butter, lemon zest and juice. Mix
well. Pour filling evenly into tart shells. Bake 20-22 minutes or until edges are light golden
brown. Remove pan to cooling rack for 5 minutes. Remove from pan and cool completely.
Store tightly covered in refrigerator. Sprinkle with powdered sugar before serving.
LEPELSTEELTJIES (4/5dosyn)
Bestanddele
500 ml koekmeel
2 ml sout
1 ml bakpoeier
250 gram gerasperde Cheddarkaas
250 gram margarien (kamertemp )
appelkooskonfyt/aarbeikonfyt
Metode
Sif droë bestanddele. Meng kaas by. Meng margarien by. Dit moet sag maar nie gesmelt
wees nie. Meng tot hanteerbare deeg. Rol okkerneut grootte balletjies en plaas in holtes
van klein kolwyntjie pannetjies wat met Spray & Cook gespuit is. Druk gaatjie met agterkant
van houtlepel maar oppas dat jy nie regdeur tot op pan druk nie. Skep bietjie
appelkooskonfyt in elkeen en bak so 15 minute by 200°C. Laat afkoel en bere in digte houer.
Voor opdiening skep weer bietjie appelkooskonfyt in elkeen want konfyt bak weg.
Ek sit sommer die appelkooskonfyt in my versierbuis dan spuit dit makliker in gaatjie en jy
besmeer ook nie kante nie want dit bak donker en lyk nie so mooi nie
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
LUI HERTZOGGIES.
Bestanddele Kors:
500 ml (2 k) koekmeelblom
10 ml (2 t) bakpoeier
knippie sout
125 g botter
125 ml (1/2 k) suiker
1 ekstra groot eier, effens geklits
fyn appelkooskonfyt
Bestanddele Bolaag:
3 eierwitte
300 ml (1 1/4 k) strooisuiker
500 ml (2 k) klapper
5 ml (1 t) vanieljegeursel
METODE:
Voorverhit oond tot 180°C. Spuit bakplaat van 33 x 23 x 2 cm. Sif meel, bakpoeier en sout
saam. Klits die botter en suiker tot sag en romerig. Voeg die eier by en ook die droë
bestanddele lepelsgewys. Meng goed. Druk die deeg in die voorbereide bakplaat vas en laat
15 minute lank in die yskas staan. Smelt appelkooskonfyt en smeer oor die deeg.
Bolaag: Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg die strooisuiker lepelsgewys by terwyl
aanhoudend geklits word. Voeg die klapper by en vou saam met die vanieljegeursel in. Skep
in ‘n spuitsak en spuit rosies bo-op die appelkooskonfyt, of smeer oor die appelkooskonfyt.
Bak 20 – 25 minute lank in die voorverhitte oond of tot die punte van die rosies begin
verkleur. Laat effens afkoel en sny in blokkies of vingers. Bêre in Lugdigte houer. Lewer +- 40
blokkies.
MAKLIKE FUDGE
Ingredients
2 cups sugar
1/2 cup of milk
1 tsp. vanilla
3/4 cup Peanut Butter
Method
Bring Sugar and Milk to a boil. Boil for 2 1/2 minutes. Remove from heat and stir in the
Peanut butter and Vanilla. Mix until smooth. Set in fridge and cut
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
MAKROLLETJIES IN SJOKOLADE GEDOOP
Bestanddele
165 ml (90 g) koekmeel
1 600 ml (500 g) droë klapper
1 blik kondensmelk
10 ml vanieljegeursel
200 g donkersjokolade, gesmelt (opsioneel)
Metode.
Roer die meel, klapper en ‘n knippie sout saam. Gooi die kondensmelk en vanieljegeursel by
en roer die mengsel. Skep teelepels vol van die mengsel op gesmeerde en gevoerde
bakplate. Bak dit vir 12 tot 15 minute in ‘n verhitte oond. Laat die koekies op ‘n draadrakkie
afkoel. Eet dit net so óf doop elkeen in gesmelte sjokolade – laat dit dan afkoel totdat die
sjokolade hard is.
MARIE BESKUITJIE EN KAKAO VINGERS
Bestandele
1 pak marie beskuitjies.
250 g margarien.
1 pak 500 g versiersuiker, gesif
30 g kakao, gesif. 1 eier
Metode
Rol beskuitjies redelik fyn. Smelt margarien in diep kastrol. Voeg versiersuiker + kakao by.
Roer goed oor matige hitte tot glad. Roer die eier VINNIG by (hier moet vinnig gewerk word
anders skif die eier). Haal mengsel van hitte af en roer die beskuitjies by. Gooi in gesmeerde
pan en laat afkoel. Sny in blokkies wanneer koud, Bewaar in yskas.
(2 alternatiewe) Vervang kakao met 50 ml koffie en voeg neute en kersies by. Gemmer
stukke kan ook bygevoeg word, saam met gemmer koekies i.p.v Marie beskuitjies
MARSHMALLOW PIENK KOEKIES
Bestanddele
1 pakkie choc wheat koekies (fyn gerol) of pakkie marie beskuitjies
1 k klapper
20 marshmallows in stukkies gesnipper –
20 rooi/groen kersies gesnipper –
1 blik kondensmelk Meng alles saam.
Metode.
Vat foelie en rol dit soos in ‘n worsvorm en bere in die yskas. Sny ringe soos jy dit benodig.
Hou dit egter in die folie om te keer dat dit uitdroog. Jy kan die ook in balletjies rol en in
klapper rol. Bewaar in yskas
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
MALVALEKKER WIELETJIES
Bestanddele
30 malvalekkers
1 blik kondensmelk
2 pakkies Marie beskuitjies
100 g rooi kersies
100 g groen kersies
100 g gekapte neute
Halwe koppie klapper
120 g jellietots
Metode.
Smelt marshmallows in Mikrogolf vir 2 minute in groot mengbak. Gooi kondensmelk by die
gesmelte marshmallows. Meng die fyngemaakte koekiekrummels, klapper , neute kersies en
jellietots in groot mengbak. Gooi die droe mengsel by die marshmallow mengsel. Gooi
genoeg klapper op groot stuk swaardiens foelie. Gooi mengsel in wors uit op klapper. Gooi
klapper oor die koekie mengsel en druk met jou hande in n wors. Rol die wors in
oorblywende klapper en rol toe in foelie. Sit in yskas tot geset. Sny in wieletjies soos
benodig . Vries baie goed .
Melktert Vulsel:
Bestanddele
3 eetlepels meel
4 koppies melk
1/2 koppies suiker
1 t vanielje
3 eetlepel maizena
4 eiers
1 eetlepel botter en knippie sout
Metode
Meng maizena en meel met bietjie v/d melk. Klits eiergele goed en klits die suiker by, voeg
vanielje en sout by. Verhit melk tot kookpunt en roer meelmengsel by. Kook tot gaar.
Roer nou die eiermengsel in en laat stadig opkook. Haal af van hitte en roer botter in.
Klits eierwitte tot styf en vou in. Gooi in doppies en strooi kaneelsuiker bo-oor
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
MILO BALLETJIES
Bestanddele
1 x 250 g pakkie Marie-beskuitjies, fyngedruk
1 blikkie kondensmelk
4 eetlepels Milo of 2 eetlepels kakaopoeier
½ koppie klapper
Ekstra klapper vir rol
METODE
In ‘n groot bak rol die koekies tot fyn. (Dit werk goed in ‘n voedsel verwerker as jy een het!)
Voeg die Milo, klapper en kondensmelk by en meng tot goed.
Rol teelepels vol in balle met jou hande en dan rol in klapper om te bedek.
Plaas in die yskas vir 30 minute of tot ferm. Stoor in yskas.
NEUTSKYWE
Bestanddele Basis
500 ml bruismeel
125 ml ligte bruinsuiker
250 klapper
1 pk hazelneute, gerooster, skille afgevryf en grof gekap
125 ml gesmelte botter
60 ml esdoringstroop of gouestroop
1 eier
Versiersel
500 ml versiersuker
30 ml hazelneutlikeur (Frangelico)
Melk
Metode.
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n reghoekige koekpan, so groot soos ‘n standaard
bakplaat, met botter. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Meng die meel, suiker, klapper
en die helfte van die neut in ‘n bak. Verhit die botter en stroop saam tot gesmelt en klis die
eier daarby in. Voeg by die droë bestandele en meng tot ‘n deeg. Druk in die pan en bak vir
25-30 minute tot lig goubruin. Sif die versiersuiker in ‘n bak en voeg die neutlikeur en
genoeg melk by om ‘n gladde, smeerbare versiersel te maak. Wanneer die neutbases uit die
oond kom, laat vir 10 minute afkoel en smeer versiersel oor. Sprinkel res van die neute oor
en laat staan tot ferm. Sny in skywe. Lewer 45 skywe
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
PALMIERS/ELEPHANT EARS (Hoefies)
Bestanddele
Skilferkorsdeeg
Suiker
Vou Metode:
Sit die deeg op jou blad, strooi die suiker oor en rol dit in met ‘n koekroller dat die suiker in
druk. Draai deeg om en doen dieselfde. Nou vou jy so 4 cm onder om en bo om en rol weer
liggies met die koekroller. Vou weer en rol liggies met die koekroller. By nou as jy weer vou,
vou jy die 2 helftes bo op mekaar en rol weer met die koekroller. Jy rol letterlik net eenkeer
liggies oor. Jy rol nou nie weer uit om uit te rol nie, net liggies om hulle aanmekaar te laat
klou. Nou sny jy hulle in so 2 cm stukkies en draai hulle op hulle sye. Jy het nou goedjies wat
lyk soos ‘n U. Los in die yskas vir so halfuur en nou bak jy hulle by 200ºC vir 12 – 15 minute.
Wees kreatief, gebruik kaneelsuiker, gekapte spek en soetrissies, tuna, stukkies hoender,
marmite, nutella, konfyt
PEPPERMINT FUDGE BALLETJIES
Ingredients
600 g Plain cookies, finely crushed {I used Marie biscuits}
1 can (397 g) Sweetened Condensed Milk
1 1/2 cups Butter, melted
1 Slab (180 g) peppermint Chocolate, grated
Dessicated Coconut, for rolling
Mint Crunch, to sprinkle over {optional}
DIRECTIONS:
Place the crushed Cookies in an electric mixer bowl with the sharp blade attachment – add
the Condensed Milk, Butter and Chocolate – set on high and mix for 3 – 5 minutes {the
mixture will feel slightly warm}. Remove from the bowl and roll the mixture into a little
smaller than golf ball size balls – at this stage the mixture will feel more toffee-ish than
fudgy – roll each Cookie Ball in the Coconut until covered – place on a lined baking sheet
and chill until firm. Sprinkle with Mint Crunch, if using, when serving.
Notes
Store in a sealed container. {I keep mine in the refrigerator as it is very hot at the moment in
South-Africa, and the Cookie Balls tend to go soft in extreme heat}
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
PINK LOLLIES
Ingredients
1 packet Malt Biscuits (Marie biscuits)
1/2 of a 397 g tin sweetened condensed milk
1/2 a bag of fruit marshmallow puffs (Pink and white marshmellows are fine chopped)
75 g melted butter
1/4 cup coconut
Method
Blend the malt biscuits in a food processor until they are ground finely and no large biscuit
pieces remain. Stir in the melted butter and condensed milk then mix in the fruit puffs.
Press the mixture together and on a clean surface roll the mixture into a log approx 6cm
wide. Roll the log in coconut to cover the outer surface. Wrap in clingfilm or foil and
refrigerate for at least 1 hour before slicing.
Pynappel Vulsel:
Bestanddele
1 pynappel (gerasper)
1 t botter
2 eiers
1/2 k suiker
1/2 k water
4 t vlapoeier
Metode
Kook pynappel water en suiker tot gaar. Klits eiergele en roer vlapoeier by – voeg by
pynappel – Kook tot gaar. Haal van stoof. Klits eierwitte tot styf en vou in by mengsel.
Moenie mengsel weer kook nie, skep direk in doppies.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
ROOMPOFFERTJIES
Genoeg vir: 20-25 middelslag-poffertjies
Oondtemperatuur: 200 °C
Bestanddele
75 ml botter, in blokkies gesny
175 ml water
2 ml sout
110 g (200 ml) koekmeel, gesif
3 eiers
Metode
Voorverhit die oond. Smelt die botter in ‘n kastrol en voeg die water en sout by. Laat dit net
kook en haal dit dadelik van die plaat af. Gooi al die gesifte meel by en klop die mengsel
fluks met ‘n houtlepel. Klop die mengsel tot dit glad is. Sit die kastrol terug op die hitte en
klop dit vir nog ‘n halwe minuut oor baie lae hitte tot die deeg van die rand van die pan
wegtrek om ‘n bal te vorm. Verwyder weer van die plaat en laat die deeg effens afkoel.
Voeg die 3 eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging. Sodra daar genoeg eier in die
mengsel is, sal die deeg blink wees en sag genoeg sodat dit van ‘n lepel afval.
Skep teelepels vol deeg op ‘n gesmeerde bakplaat of gebruik ‘n spuitsak om die poffertjies
te spuit. Bak dit vir 15 minute, verminder die hitte na 180 °C en bak dit vir nog 10-15 minute.
Neem ‘n skerp mes en maak ‘n klein sny in die kant van elke poffer: Dit sorg dat die stoom
ontsnap en die poffertjie nie pap raak nie. Sit dit vir ‘n paar minute terug in die oond om uit
te droog. Sny die poffertjies oop of gebruik die punt van ‘n houtlepel-handvatsel en druk ‘n
gaatjie in elke poffertjie. Spuit dit vol met geklopte room en doop die poffertjies in gesmelte
sjokolade of karamel. Sit dadelik voor.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
SOETKOEKIES MET KONFYT MIDDEL
Bestanddele
½ blok (250 g) botter
300 g strooisuiker
2 groot eiers
500 g koekmeel
3 teelepels bakpoeier
1 ml sout
½ teelepel vanieljegeursel
1 koppie konfyt van jou keuse
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer die bakplate met ’n bietjie botter (ongeveer 1
eetlepel). Room die botter en suiker totdat dit lig en donsig is. Voeg die eiers een vir een by
en klits die mengsel goed ná elke eier. Sif die droë bestanddele saam en vou dit versigtig by
die eiermengsel in. Roer laastens die geursel by. Laat die deeg vir sowat 30 minute in die
yskas rus voor jy dit gebruik. Maak balletjies van sowat 1 eetlepel deeg en pak dit op die
bakplate. Druk met jou duim ’n gaatjie in die middel van elke balletjie en skep 1 teelepel
konfyt daarin. Bak die koekies vir omtrent 20 minute of tot dit ligbruin is en die konfyt
gesmelt. Pak hulle op ’n draadrak om af te koel.
Wenk
Vir ’n sjokoladeweergawe kan jy sowat 50 g van die meel met kakao vervang.
SJOKOLADE BALLETJIES
Bestanddele
250 ml versiersuiker
100 ml kakao
1 pak marie beskuitjies – fyn ggedruk
125 ml botter
125 ml appelkooskonfyt
5 ml vanielje of enige likeur van jou keuse
125 ml klapper
Metode.
Meng al die bestandele behalwe die klapper. Rol in balletjies en dan in die klapper. Bewaar
in yskas.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
SJOKOLADE KOEKIES
Bestanddele
125 g Margarien
750 ml Hawermout
500 ml Suiker
250 ml Klapper
125 ml Kakao
5 ml Vanieljegeursel
125 ml Melk
Metode
Smeer ‘n bakplaat met margarien. Meet margarien, suiker, kakao en melk af in ‘n kastrol.
Skakel plaat aan op matige hitte. Plaas kastrol op plaat en roer mengsel tot kook. Skakel
plaat op lae hitte en laat die mengsel presies 5 minute kook. Haal van plaat af. Roer
hawermout, klapper en vanielje by en meng goed. Skep klein klontjies met teelepel op
bakplaat terwyl dit nog warm is. Laat staan tot styf en afgekoel is.
SJOKOLADE SKUIMPIES
Bestanddele
4 x ekstra-groot eierwitte,
15 ml wit asyn,
2 ml sout,
250 g strooisuiker,
200 g donker sjokolade (sommer Cadbury’s),
5 ml Vanilla Essence.
Metode
Voorverhit oond op 200°C. Gooi eierwitte, asyn en sout saam en klop tot styf (maak punte).
Voeg strooisuiker lepelsgewys by. Voeg vanielgeursel en sjokolade by. Skep ongeveer 3 cm
uitmekaar op bakplaat. Bak vir 45 minute draai dit so elke 15 minute om. Skakel die oond af,
maak oonddeur effens oop en laat staan vir ongeveer 1 uur in oond. Jy kan 200 g
geroosterde amandels ook bysit.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
SJOKOLADESKYWE MET MERINGUE –BOLAAG
Bestanndele Kors
125 g sagte botter
60 ml versiersuiker gesif
250 ml koekmeel
45 ml klapper
125 ml sjokolade-haselneutsmeer (Nutella)
50 g donker sjokolade
Bestanddele Meringuelaag
4 eierwitte
180 ml strooisuiker
1 pakkie (100 g) gemaalde amandels liggies gerooster
Metode.
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n pan van 20 x 25 cm met botter. Room die botter
en versiersuiker goed en voeg die koekmeel en klapper by. Maak aan tot ‘n deeg. Druk die
deeg in die pan vas en bak vir 10 minute tot strooikleurig. Haal uit die oond en skep die
haselneutsmeer oor. Laat dit sag word van die hitte en smeer dan egalig. Breek die helfte
van die van die sjokolade af en kap dit fyn. Sprinkel bo-oor die smeer. Klits die eierwitte in ‘n
skoon bak tot sagte punt vorm en klits die strooisuiker lepel vir lepel by. Rasper die orige
sjokolade fyn en vou dit saam met die gemaalde amandels by die meringue in. Skep oor die
sjokladelaag en smeer gelyk. Bak vir 30 minute tot goudbruin en bros bo-op. Laat staan 15
minute en sny in skywe. Lewer 20 skywe.
SJOKOLADE RICE KRISPIEKOEKIES
Bestanddele
250 g margarien
4 x 250 ml Rice Krispies
625 ml versiersuiker
250 ml klapper
4 opgehoopte eetlepels kakao
Metode
Sif die versiersuiker en kakao in ‘n groot mengbak. Voeg die klapper en Rice Krispies by en
meng goed. Smelt die margarien en gooi dit oor die droë bestanddele. Meng vinnig en maak
balletjies. Plaas in papiervormpies en laat afkoel.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
SKUIMPIES:
Bestanddele
400 g strooisuiker
25 ml asyn
5 ml kremetart
bietjie vanielje
3×12.5 ml (37.5 ml) kookwater
sout
3-4 eierwitte
Metode
Gooi suiker in bak. Gooi asyn, kookwater en sout by Meng – gooi nou die kremertart en
eierwitte by – Klits tot styf en punte vorm – Sit oond aan op 100°C – vorm skuimpies – sit in
oond – as jy dit in die oond sit stel oond af na 80°C en bak vir 1 en half tot 2 ure – sit oond af
en laat koud word.
Suurlemoensmeer (Lemon Curt):
Bestanddele
2 eetlepels botter
1 koppie suiker
2 eiers
2 suurlemoene – skil gerasper en sap uitgedruk
Metode.
Smelt suiker en botter, voeg suiker en suurlemoensap en skil by. Klits eiers en GOOI WARM
MENGSEL by eiers. Laat prut en roer die heeltyd tot dik. Koel af en sit in doppies.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
SUURLEMOEN YSKASKOEKIES
Bestanddele
125 g botter
250 ml suiker
1 blik kondensmelk
gerasperde skil van 1 lemoen
50 ml lemoensap
100 g kersies (rooi of groen) in kwarte gesny
2 pakkies Marie- beskuitjies (fyn)
250 ml klapper
Versiersuiker bo op:
500 ml versiersuiker
50 ml suurlemoensap
Metode
Meng botter suiker kondensmelk skil en lemoensap in kastrol en smelt alles. Laat afkoel
Meng kersies, Marie beskuitjies en klapper by. Druk in plat bak en smeer die versiersuiker
mengsel bo-op. Sny in blokkies. Bewaar in yskas
TAMBOESIES
Bestanddele
1 rol skilferdeeg
1 eier geklits
500 ml vars room
50 ml strooisuiker
6 ml vanielje geursel
250 ml gesifte versiersuiker
30 ml kookwater
2 ml suurlemoensap
geel voedselkleursel
Metode Rol die helfte van die deeg uit en sny in 4.5 cm vierkantjies. Verf liggies met geklitste eier. Plaas op ‘n bakplaat wat met water besproei is en bak in ‘n voorverhitte oond by 200°C tot goudbruin. Laat afkoel, sny deegvierkante oop tussen die gerysde lagies. Klop room met strooisuiker en vanieljegeursel styf. Spuit room op die onderste een lagie en plaas ‘n vierkantjie bo-op. Meng gesifte versiersuiker met kookwater en suurlemoensap en ‘n paar druppels voedselkleursel. Skep versiersel drupsgewys oor elke tamboesie.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
TOFFIESKYWE
Bestanddele
200 g toffie-geur koekies (Nuttikrust)
100 ml gesmelte botter
TOFFIE
1 blik kondensmelk
125 ml klam bruinsuiker
80 g botter
5 ml karamelgeursel
45 ml esdoringstroop
BOLAAG
100 g donker sjokolade
60 ml room
Metode
Smeer ‘n losboomkoekpan van 17 cm x 8 cm goed met botter. Metode. Verwerk die koekies
tot krummels en voeg die botter by. Meng goed en druk dit op die boom van die pan vas.
Verkoel tot benodig. Verhit die kondesmelk, suiker, botter, geursel en stroop oor lae hitte in
‘n kastrol tot die suiker gesmelt het. Verhit tot kookpunt en kook vir 6 minute tot dik en
goudbruin. Laat effens afkoel, giet oor die kors en smeer gelyk. Sit in die yskas tot die
toffielaag ferm is. Smelt intussen die skokolade en room saam tot glad. Skep oor die
toffielaag en verkoel weer tot ferm. Sny in klein blokkies of skyfies en sit na ete voor saam
met koffie. Bêre in die yskas. Lewe 10 skywe.
TURKSE LEKKERS: (Turkish Delight)
Bestanddele
45 ml gelatien
125 ml koue water
500 ml strooisuiker
190 ml kookwater
4 ml wynsteensuur
1 suurlemoen se sap
5 ml vanieljegeursel
rooi voedselkleursel
Metode.
Spons gelatien in koue water. Verhit suiker en kookwater saam tot suiker opgelos het. Voeg
wynsteensuur by en verhit tot kookpunt. Laat vir sowat 5 minute kook. Roer suurlemoensap
by en verwyder van hitte. Los gelatien oor warm water op en giet by. Roer deeglik en voeg
kleursel by. Kleur mengsel, indien verkies, met ‘n paar druppels voedsel kleursel. Giet in
gesmeerde vlak bak en laat afkoel. Sny in blokke en sif versiersuiker oor
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
6 ~ Maklike Skons Bestanddele 1 koppie meel 2 teelepels bakpoeier 1 eier – vul die koppie verder met melk ½ teelepel sout
Metode
Meng alles deurmekaar en skep ‘n vol lepel in kolwyntjie
pannetjies. Bak in oond tot gaar.
Wenk
Varieer deur of gerasperde kaas of geklopte biltong by die mengsel te voeg. Foto: RESEPTE EN WENKE
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
7 ~ Vinnige Aandete
Bestanddele 4 Dik snye brood 1 Blikke Weense Worsies 3 Geklitste eiers 2 k Gerasperde kaas 2 k Melk 1 Pakkie spek Pietersielie, sout, rooipeper en mosterd Uie
Metode
Sny die spek in stukkies. Voeg die uie by en braai. Krummel die brood en voeg warm melk
oor en laat week. Voeg die geklitste eiers by en meng goed. Gooi alles in ‘n bak en bak in
matige oond tot gestol en gaar.
Foto: LEKKER RESEPTE VIR JAGTERS EN BOERE
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
8 ~ Vinnige Melktert Bestanddele 6 koppies melk 2 Teelepels bakpoeier 4 eiers 3 eetlepels suiker 6 eetlepels mielieblom 2 eetlepels botter sout Metode Plaas melk en botter in kastrol. Roer suiker, mielieblom, eiers en sout saam.Voeg ½ koppie van kokende melk by
en roer goed. Gooi mengsel by die res van kokende melk en roer vinnig en deeglik. Kook tot gaar. Voeg dan bakpoeier by (dit sal opbruis). Dit stol feitlik dadelik. Foto: Liplekker Resepte
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
9 ~ Noedelslaai Bestanddele 250 g Gekleurde Skroefnoedels 1 Gekapte Ui 1 Groenrissie gesny 250 ml Tamatiesous 250 ml Witsuiker 125 ml Witasyn 125 ml Kookolie 5 ml Sout 5 ml Peper 5 ml Tabasco Sous
Metode
Kook noedels sag. Voeg gekapte ui en soetrissie by noedels. Kook res van die bestanddele
saam. Gooi warm sous oor noedels. Plaas mengsels in bak wat kan seël.
Laat afkoel vir een dag.
Wenk
Hierdie slaai kan vir 4 weke in yskas hou.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
10 ~ Dirk se Mielietert
RSG Bestanddele
4 eiers
2 groot blikke roommielies
60 ml koekmeel
60 ml gesmelte botter
60 ml suiker
15 ml bakpoeier
Metode
Meng alles met ‘n hand klitser en gooi in ‘n oondbak en bak vir 40 minute teen 180°C tot
goudbruin.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
11 ~ Outydse Boontjiesop Baie dankie vir die resep Sarie du Randt Bestanddele en Metode 500 ml droë boontjies (week oornag in water) 1 Gekapte ui 10 ml Olie 125 g Spek 3 Aartappels in agtstes gesny 5 ml Peper 1 Bees aftreksel blokkie opgelos in 1 Liter
kookwater 2 ml Borrie 250 ml room of melk 10 ml Asyn of Suurlemoensap Kook bone tot sag. Braai ui in olie tot deursigtig. Voeg stukkies spek by en braai tot krakerig Meng ui en bone met die res van die bestandele behalwe melk of room. Kook tot aartappels sag is, maak aartappels en bone fyn. Roer melk of room by. Voeg asyn by. Bedien met kluitjies Bruismeel eier melk Meng tot ‘n stywe deeg.
Skep teelepels vol deeg in sop en kook met deksel op vir ongeveer 5 minute. T
Bron: Weg / RESEP ALETTA LINTVELT FOTO MYBURGH DU PLESSIS
Plasing: Rista Greyvenstein / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
12 ~ Frikkadelle Ingestuur deur Wanda-Mari Lundly
Bestanddele
500 g Maalvleis
1 ui gekap
2 tamaties gekap
1 koppie jungle oats
2 eetlepers tamatiesous
1 eetlepel worcestersous
2 eetlepels blatjang
1 eier
Metode:
Sous:
Meng alles vir die frikkadelle saam en plaas in oondvaste bak
Meng 1 pakkie bruin uiesoppoeier met 500 ml water en gooi oor
frikadelle. Sit in ’n voorverhitte oond en bak met ’n deksel op teen 180ºC vir 1 en 1/2 uur
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
13 ~ Klapper Koekies Bestanddele
250 g margarien
375 ml suiker
2 groot eiers
4 k meel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
125 ml klapper
rooi en groen glanskersies
Metode
Verroom margarien en suiker. Voeg eiers by en meng. Sif meel, bakpoeier en sout saam bo-
oor. Voeg klapper by. Meng deeglik. Rol deeg in balletjies en plaas entjie uitmekaar op
gesmeerde bakplate. Druk balletjies platter met vurk en versier met ‘n snytjie
glanskersie. Bak ongeveer 15 minute by 180ºC. Lewer 9 dosyn koekies.
Foto: Lekker Resepte vir die Jonger Geslag
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
14 ~ Soetpatats
Bestanddele 200 ml suiker 25 ml botter 2 ml fyn kaneel of 2 – 3 kaneelstukkies 1 ml fyn gemmer 4 – 5 middelslag patats, geskil en in skywe gesny knippie sout 12,5 ml gouestroop 50 ml water
Metode
Plaas die suiker, botter, gemmer, kaneel en gouestroop in ’n kastrol en laat kook oor lae
hitte totdat dit begin verbruin. Voeg die patats, sout en water by. Kook oor matige hitte tot
die patats sag en die sous taai is.
Foto: Onbekend
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
15 ~ Bruinpoeding
Bestanddele – Poeding
1 Eier
200 g Suiker (1 k)
120 g Koekmeel (1 k)
5 ml Sout
12,5 ml fyn Appelkooskonfyt
12,5 ml Asyn
5 ml Koeksoda
250 ml Melk
Bestanddele – Sous
125 g Margarien (Oorspronlike resep het gesê 250 g)
250 ml Ideal Melk (Ingedampte melk)
125 ml Kookwater
200 g Suiker
Metode
Klits Eier en voeg suiker by en klits tot goed gemeng. Sif koekmeelblom en sout saam en
meng om die beurt met melk by eiermengsel. Meng appelkooskonfyt, asyn en koeksoda
goed saam en voeg by eiermengsel. Skep in vuurvaste bak. Bak in voorverhitte oond teen
180ºC tot goudbruin en gaar.
Metode Sous
Gooi alle bestanddele in ‘n potjie en verhit. Roer af en toe. Gooi die warm sous oor die
poeding sodra die poeding uit die oond kom.
PLASING: Lorraine - RESEPTE EN WENKE
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
16 ~ Maklike Fudge
Bestanddele
397 g (1 blik) kondensmelk
1 kondensmelkblikkie vol melk
1125 ml (4½ k) suiker
60 ml (4 E) botter
5 ml (1 t) vanielje
Knypie sout
Metode
Gooi alle bestanddele behalwe vanielje en sout in dikboomkastrol en verhit tot kookpunt.
Roer tot suiker opgelos is. Kook nog 20 minute oor lae hitte tot strooikleurig. Roer af en toe.
Haal fudge van plaat af en roer vanielje en sout by. Klop met houtlepel of elektriese klitser
tot fudge begin dik raak. Wanneer dit by kante van kastrol begin dik raak is dit reg. Skep
fudge in klein, gesmeerde rolkoekbakplaat en laat stol. Sny in blokkies.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
17 ~ Hoender Breyani Weereens baie dankie Bernadette
Bestanddele
2 kg Hoenderstukke
2 k rou rys (wit of bruin)
100 g rou bruin lensies
2 groot uie geskil en in ringe gesny
Kerrie poeier na smaak + 25-50 ml
50 ml Masala
25 ml Jeera
25 ml Koljander
Sout na smaak
5 ml Borrie
Metode
Kook hoender tot gaar, ontbeen en vlok. Braai uie in bietjie botter tot verkleur. Meng al die
speserye en braai verder met uieringe. Gooi rys by en braai verder. Neem hoender aftreksel
en gooi by mengsel. Gooi water totdat rys bedek is. Prut op bae lae hitte tot rys gaar is. Roer
voortdurend sodat dit nie aanbrand nie. Kook intussen lensies apart tot net begin sag word
– gooi water af. Voeg hoender en lensies by rysmengsel sodra die rys feitlik gaar is. Roer
goed deur. Voeg bietje Blatjang of Sweet Chillie sous na smaak by. Voeg 410 g blikkie ertjies
(water afgegooi) by. Sit deksel op. Sit plaat af en laat prut tot plaat koud is. Hierdie gereg is
op sy beste indien dit oornag in die yskas gestaan het sodat die geure kan “trou”. Terug na
Indeks
Foto: Sarie
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
18 ~ Korslose Souttert Ma Ies Lombard
Bestanddele
450 g Cheddarkaas
250 g Streepspek
Blikkie Weense Worsies
8 Geklitste Eiers
4 k Melk
4 E Meelblom
1 E Mosterd
1 E Gedroogde Pietersielie
2 E Gerasperde uie
Sout & Peper
Metode
Rasper kaas en Weense Worsies. Versnipper Streepspek. Meng al die ander bestanddele en
voeg by kaas mengsel. Verdeel in gesmeerde tertpanne. Bak vir 40 minute teen 180ºC.
Wenk
Hierdie tert is ook lekker saam met ‘n mengel slaai as ligte middag ete. Gooi die mengsel in
kolwyntjiepannetjies, strooi pietersielie en rooipeper oor, indien verkies. Bak nou teen 180ºC vir
10 tot 15 minute. Lewer sowat 5 dosyn.
http://www.bakelikeme.co.za/index.php?entry+168
https://www.facebook.com/krummelvirkrummel
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
19 ~ Lekker maklike Bobotie Dankie vir jou resep Charlene
BESTANDDELE
500 g Beesmaalvleis
2 Snye bruin brood geweek in water
1 Gerasperde ui
1 Eier
Sout en peper na smaak – dalk bietjie knoffel, hang
af hoe jy voel.
2 E Blatjang
1 E Kerrie
2 E Appelkooskonfyt
METODE
Meng alles bogenoemde en gooi in ‘n gesmeerde bak.
Klits 1 eier met ½ koppie melk en gooi oor alles.
Bak vir 40 minute by 180ºC.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
20 ~ Koperpennie Wortelslaai Ma Ies Lombard
Bestanddele Slaai
1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies
Bestanddele Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcestershiresous
7 ml Mosterd
Metode Slaai
Sny Wortels in ringe. Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie). Sny uie in ringe en kook. Sny
groenrissies in blokkies. Pak wortels, uie en groenrissies in lae in bak.
Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam. Kook 3 minute. Gooi warm sous oor die wortels.
Laat staan in yskas vir ten minste een dag.
Foto: Bottel en Bêre Resepte
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
21 ~ Mieliebrood Bestanddele 1 blik geroomde suikermielies 250 ml mieliemeel 100 ml koekmeel 3 eiers 30 ml gesmelte margarien 10 ml bakpoeier 90 ml suiker 5 ml sout
Metode
Voorverhit oond tot 200°C. Smeer broodpan. Meng als
goed saam en bak vir 45 minute.
Foto: Onbekend
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
22 ~ Hoendersop
Ingetsuur der Malinda van Deventer Joan Schonken Bestanddele en Metode Kook 1 hoender in soutwater, nie te veel sout nie, want daar kom later soppoeiers by. Gooi ‘n bietjie gemengde kruie en ‘n bietjie knoffel by. Wanneer gaar, ontbeen die hoender en breek hoender in stukkies. Verwyder die velle, maar los so paar velle wat ook in stukkies
gesny is. Rasper 1 groot aartappel en so 2 wortels en ‘n ui. Kook die groente in die hoendersous wat oorgebly het tot gaar. Voeg nou die hoender weer terug by die groente. Meng die volgende soppoeiers met water: 1 pakkie Hoendersoppoeier, 1 pakkie Hoendernoedelsoppoeier 1 pakkie Hoenderroomsoppoeier Gooi by hoendermengsel. Kook vir so 15 minute en bedien. Foto: Huisgenoot
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
23 ~ Sjokoladekoek met Olie Bestanddele ½ koppie kakao 1 ½ koppies suiker ½ teelepel sout 3 teelepels bakpoeier 1 ¾ koppies meel ¾ koppie kookwater ½ teelepel vanielje 4 eiers ½ koppie kookolie ½ koppie koue water
Metode
Meng ½ koppie kakao met ¾ koppie kookwater – laat afkoel. Sif tesame: 1 ¾ koppie meel, 1
½ koppie suiker, 3 teelepels bakpoeier en ½ teelepel sout. Maak ‘n holte in die droë
bestanddele en voeg by kakao mengsel: ½ teelepel vanielje, 4 ongeklitste eiergele, ½ koppie
kookolie, ½ koppie koue water. Meng baie goed en vou laaste die styfgeklitste eierwitte in.
Bak in twee gesmeerde panne vir ongeveer ‘n ½ uur tot gaar. Vir groot koek Neem ‘n leë
bierboks en voer met dik (heavyweight) foelie uit, binne en buite. Spuit binne met Spray ‘n
Cook. Maak beslag dubbel aan. Gooi in selfgemaakte bierbokspan. Bak vir +/- ‘n uur en 10
minute tot gaar.
Foto: Landbouweekblad, 3 Desember 2010
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
24 ~ Lemoenkoek Bestanddele 3 eiers, goed geklits 1 k suiker 1½ k meel 1½ t bakpoeier sout
180 ml melk 3 E margarien Metode Voeg suiker by eiers, klits goed. Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg by. Meng. Bring melk en margarien tot kookpunt. Roer kokende mengsel in vorige mengsel. Gooi in bak en bak by 180ºC vir 20 - 30 minute. Laat bietjie afkoel. Prik met vurk, en gooi sous oor: Sous: 1½ k suiker 1 k water 2-3 E margarien Kook vir 5 minute saam. Haal af en voeg 2 - 3 E lemoenskil en 1 k lemoensap by. Gooi sous oor koek. Foto: Huiskok
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
25 ~ Outydse Ryspoeding Bestanddele 500 ml gaar rys, baie sag gekook 700 ml melk 125 ml suiker 2 eiers, geskei 5 ml vanieljegeursel 125 ml pitlose rosyne 30 ml strooisuiker
Metode Voorverhit die oond tot 180°C. Verhit die rys, melk en suiker saam tot kookpunt en kook totdat die mengsel verdik. Klits die eiergele en vanieljegeursel liggies saam.
Voeg 30 – 45 ml van die warm rysmengsel by die eiergeelmengsel terwyl goed geroer word. Die eiermengsel moet nie te vinnig verhit word nie. Voeg nou die eiermengsel by die rys en laat dit ‘n minuut lank kook. Verwyder van die stoof en voeg die rosyne by. Skep dit in ‘n gesmeerde oondskottel. Klits die eierwitte styf. Klits die strooisuiker geleidelik by totdat die eierwitmengsel stywe punte vorm. Bedek die rysmengsel met die eierwitmengsel. Bak ongeveer 20 minute of tot die eierwit verbruin.
Foto: Liplekker
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
26 ~ Korslose Souttertjies
Bestanddele
1 x 300 g soutbeesvleis
25 ml koekmeel
2 k gerasperde kaas
1 t mosterdpoeier
1 k melk
knypie rooipeper
2 eiers, geklits
fyngekapte pietersielie
Metode
Verwyder vet van soutbeesvleis. Maak vleis goed fyn. Voeg res van bestanddele by en meng
goed. Skep mengsel in vormpies of goedgesmeerde/gespuite kolwyntjiepannetjies. Bak vir 15 20
minute tot gaar by 180ºC. Lewer ongeveer sestig klein tertjies.
Foto: lekkerreseptevirdirjongergeslag.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
27 ~ Patat Gebak Dankie vir jou resep Charlene
Bestanddele
1 Skilferkorsdeeg (ontvries)
2 Groot patats
10 ml Kaneel
1 Houertjie room
125 ml Bruinsuiker
Metode
Kook die patats tot sag in water met kaneel.
Druk patat fyn en laat afkoel.
Rol deeg uit en smeer patat oor deeg.
Rol deeg in breedte op.
Sit in yskas totdat dit hard raak. Sny in skywe en sit dit in ‘n bak wat gespuit is.
Voeg suiker by room en verhit in mikrogolf vir ‘n paar sekondes en roer om suiker op te los.
Gooi room mengsel oor die patatrolle.
Bak in oond vir 40 minute by 180ºC. Bron: www.liplekker.co.za
Plasing:* Antoinette
RESEPTE EN WENKE
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
28 ~ Hemelse Steak Baie dankie vir jou resep Eugene-Joshua Mouton Bestanddele 1 kg gebeukte (tenderised) biefstuk (sny in stukke). Meng meel met speserye van jou keuse en rol die vleis in die mengsel. Sny 2 uie in dun skywe. Sny 1 bakkie sampioene in skywe. Pak lae om die beurt van vleis, uie en sampioene in ‘n oondvaste bak.
Meng saam:
200 ml melk,
250 ml room,
1 eetlepel worcestershiresous,
1 eetlepel blatjang,
1 eetlepel tamatiesous,
1 pakkie wit uiesop.
Metode
Meng goed en gooi oor vleis in bak.
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe met deksel.
Bak vir 60 – 90 minute by 160°C.
Bron: www.liplekker.co.za
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
29 ~ Koffie Tert Elrine Jordaan
Bestanddele Koek
4 Eiers
1 k Suiker
1½ k Meel
2 E Botter
¼ t Sout
4 E Melk
1 t Koffie
2 t Bakpoeier
4 E Water
1 t Vanilla
Bestanddele Stroop
12 E Suiker
2 E Koffiepoeier
3 E Brandewyn
1 t Vanielje
1½ k Water
Bestanddele Bolaag
1 pakkie Butterscotch of Karamel poeding
1 Blik Karamel (Gekookte) kondensmelk
1 k Koue melk of Ultramel room
1 Flake
Metode Koek
Klits eiers en suiker saam tot liggeel. Smelt botter en melk saam met vanielje en water. Sif
droë bestanddele (behalwe bakpoeier) en meng met eiermengsel. Voeg bottermengsel by
en roer goed. Strooi bakpoeier oor en vou in. Gooi koekmengsel in oondvaste bak. Bak in
matige oond vir 20 minute.
Metode Stroop
Kook alles saam vir 5 minute. Steek gaatjies met vurk in warm tert. Gooi warm stroop oor en
laat afkoel.
Metode Bolaag
Smeer kondensmelk oor koek. Maak die poeding aan met melk. Klits ultramel room (na
smaak) in gestolde poeding. Smeer bo-oor tert. Strooi gekrummelde flake bo-oor.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
30 ~ Piesang Wortelkoek
Bestanddele 250 ml suiker 250 ml sonneblomolie 3 eiers 375 ml koekmeel 10 ml bakpoeier 10 ml kaneel 5 ml koeksoda 250 ml piesangmoes 250 ml grofgerasperde wortels
125 ml gekapte okkerneute Metode Verhit oond tot 180ºC. Klits suiker, olie + eiers goed saam. Sif meel, bakpoeier, kaneel en soda saam en meng met suikermengsel. Voeg piesangmoes, wortels en neute by en meng liggies Skep in panne en maak gelyk. Bak 25 - 35 minute in laagkoekpanne of 45 - 55 minute in vierkantige pan. Keer versigtig uit. Vul en versier met roomkaasversiering. Hou koek in koelkas. Koek vries baie goed. Foto: Liplekker
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
31 ~ Korslose Souttert
Dankie weereens Meermin
Bestanddele
1 Blik Bully Beaf (baie lekker met spek, fyn gesny braai saam
met ‘n ui in bietjie olie, hou eenkant)
500 gram gerasperde cheddarkaas (ek gebruik baie meer,
wat ek doen is, ek rasper cheddar- kaas en enige wit kaas
saam)
2 k melk
2 t mosterd (kan dit uitlaat)
2 t pietersielie (of soet basielie is net so lekker)
sout en peper en moenie die Aromat vergeet nie
4 eiers
1 ui fyn gekap (ek gebruik soms twee uie)
2 E koekmeel
Metode
Meng alles, gooi in gesmeerde bak. Bak in ‘n matige oond tot gestol. By my word hierdie
souttert nie koud nie!!!! Foto: Resepte en Wenke
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
32 ~ Vinnige Suurlemoentert Bestanddele
1 blik kondensmelk
3/4 koppie suurlemoensap (of minder na
smaak)
500 ml ultramel room
1 pak tennisbeskuitjies
Metode
Klits room en kondensmelk saam. Voeg
suurlemoensap by en klop tot styf. Voer bak
uit met beskuitjies en gooi mengsel in. Sit in yskas en laat styf word en sprinkel dan
100/1000’s oor of krummel ‘n beskuitjie bo-oor net voor opdien.
Foto: LEKKER RESEPTE VIR JAGTERS EN BOERE
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
33 ~ Korslose Aspersietert Baie dankie vir jou bydrae Elaine
Bestanddele
250 g Ontbytspek
250 ml Koekmeelblom
1 Groot uit gekap
450 g Blik aspersies
250 g Margarien
± 900 ml Melk
250 ml Gerasperde Kaas
50 ml Pietersielie
10 ml Aangemaakte Mostert
2 ml Sout
Knippie rooi peper
4 Eiers geskei
Vehit die oond die 180°C
Smeer groot vierkantige oondbak.
Metode:
Sny spek in stukkies – braai spek en uie in pan. Haal uit en hou eenkant. Smelt margarien in
pan – roer koekmeel by en verwyder van stoof. Dreineer aspersies – hou aspersie water
eenkant en voeg die melk by tot ongeveer 1 liter. Voeg melk en aspersiemengsel by meel.
Plaas terug op stoof en roer tot kook. Verwyder van stoof. Voeg spekmengsel, aspersies,
kaas, pietersielie, sout en peper by – meng goed. Skei eiers – klits eiergele met vurk en roer
by die mengsel. Klits eierwitte tot styf. Voeg by aspersiemengsel (mengsel moet styf wees).
Gooi mengsel in oondbak. Bak vir 40 minute tot goudbruin bo-op.
Foto: Landbouweekblad
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
34 ~ Herderspastei
Bestanddele 5 groot aartappels geskil 1 ui 15 ml kookolie 500 g maalvleis 1 klein blikkie gemengde groente 12.5 ml blatjang
Peper 1 pakkie sampioensoppoeier 125 ml koue water 12.5 ml margarien Knippie sout 2 ml neutmuskaat 1 eier geklits in 12.5 ml melk Paprika opsioneel Metode Kook die aartappels in water tot sag. Braai intussen die ui in die olie tot deurskynend. Voeg die maalvleis, gemengde groente, blatjang en peper by. Meng die soppoeier met die koue water en voeg by die maalvleismengsel. Roer goed en sit die deksel op. Kook 20 minute. Roer af en toe. Indien die mengsel te droog kook, voeg ‘n bietjie kookwater by. Skep die maalvleismengsel in ‘n gesmeerde oondskottel en hou eenkant. Druk die gaar aartappels fyn en voeg die margarien en melk by. Meng goed. Voeg die bakpoeier, sout en neutmuskaat by. Meng weer goed. Skep die aartappelmengsel bo-oor die vleismengsel en maak dit gelyk. Giet die eiermelk oor die aartappels en strooi ‘n klein bietjie paprika bo-oor, indien verkies. Bak ± 25 minute in voorverhitte oond by 180°C.
Foto: Liplekker
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
35 ~ Trifle Bestanddele 1 sponskoek 500 ml ultramel vla fyn neute 250 ml room sjerrie na smaak 1 blik ingelegde perskes 2 x rooi jelllie 2 x groen jellie
Metode Los jellie op en plaas in die yskas die vorige aand. Krap jellie met vurk. Begin met die koek. Gooi bietjie sjerrie oor die koek. Pak dan ‘n laag perskes, ‘n laag jellie, ‘n laag neute, laag vla en dan weer koek, jellie, neute en vla. Eindig met room. Versier met neute en gerasperde flake of pepperment crisp sjokolade.
Foto: LEKKER RESEPTE VIR JAGTERS EN BOERE
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
36 ~ Quiche
Quiche is ’n souttert wat bestaan uit ’n dun kors en ’n vulsel van soutige eier-en-roomvla.
Die gereg kan ook ander bestanddele bevat om dit ’n spesifieke geur te gee sowel as om dit
meer vullend en voedsaam te maak. Daar word vermoed dat die Quiche (Franse term –
uitspraak: Kiesj) sy ontstaan in Lorraine, ’n provinsie van Frankryk, gehad het. Oorspronklik
was brooddeeg as basis gebruik, maar in die moderne tyd word broskors gebruik. Die kors
word dun uitgerol en die vulsel is gewoonlik bietjie oordadig met genoeg eier, room, spek,
uie, tamatie, sampioene, vis, vleis, groente, ens. Die mees bekende quiche is dan die Quiche
Lorraine, wat slegs eiers, room, spek of ham en uie bevat. ’n Quiche is ’n ideale gereg vir ’n
ligte middag- of aandete. Dit word bedien met ’n groenslaai, warm Franse brood of rolletjies
en yskoue wit wyn. In miniatuurvorm kan dit suksesvol bedien word as voorgereg by ’n
dinee.
Algemene wenke
• ’n Quiche word verkieslik gebak in ’n metaal ringpan (25 – 28 cm) met ’n los bodem. Die
metaal is ’n goeie geleier van hitte en sorg dus vir ’n bros kors. ’n Glas tertbord kan soms ’n
natterige kors veroorsaak. So ’n kors sou vooraf gebak moet word om beter resultate te
verseker.
• Werk altyd liggies en op ’n koel plek met broskors. Rol so vinnig moontlik uit en vul die
pan. Die deeg het ’n hoë botter- of margarien inhoud en sal dus gou sag word as dit te lank
buite die yskas staan. Gebruik ’n bietjie meel op die deeg en op die werkoppervlak wanneer
die deeg uitgerol word.
• Die kors kan vooraf in die pan gesit en in die yskas geplaas word, of gedeeltelik gebak
word om voorbereiding te vergemaklik. Wanneer die kors vooraf sonder die vulsel gebak
word, moet die regte metode gevolg word (sien metode by Basiese Broskors).
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Die vulsel kan ook vooraf berei en in die yskas geplaas word tot gebruik.
Ongeveer 30 – 40 minute voor bediening word die vulsel in die kors geplaas, die vla
oorgegiet en die gereg in ’n voorafverhitte oond geplaas (180 C). Bak vir ongeveer 30
minute en toets die middel van die gereg met ’n toetspen of ’n skerppuntmes. As dit skoon
uitkom en die vla is gestol, is die gereg gereed om bedien te word.
Die gereg kan vir 10 minute in die oond (oonddeur effe oop) gelaat word sonder dat die
kwaliteit benadeel word. Die quiche is dus ’n maklike gereg vir gesinsetes of onthale.
• Die vlabasis word gewoonlik van eiers en room gemaak. Indien die room as te ryk of
vetmakend beskou word, kan dit gedeeltelik of totaal met volroommelk of afgeroomde
melk vervang word. Ander variasies is ongegeurde jogurt (plus 10 ml mielieblom), laevet
maaskaas, vetvrye Ricotta-kaas, ens.
Indien daar ’n rede is waarom eiers nie gebruik kan word nie, sou die vlabasis vervang word
met stewige kaassous – dit verander egter die karakter van die gereg.
• Die kors van ’n quiche is gewoonlik van broskors. Dit kan vervang word met skilferkors,
phyllo, brooddeeg of fyn aartappel, maar weer eens verander dit die tradisionele karakter
van die quiche.
• Bedien quiche verkieslik warm. In die somer kan afgekoelde quiche by kamertemperatuur
bedien word. Indien nodig, kan dit in die yskas geplaas word om te verpak vir ’n piekniek.
Quiche wat opgewarm word om te bedien sal nie weer dieselfde gepofde tekstuur verkry
nie.
Terug na Indeks
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Korse vir Quiche
Basiese broskors
Bestanddele
1 eiergeel
30 ml yswater
375 ml (240 g) koekmeelblom
1 ml sout
125 g koue botter of margarien (in blokkies gesny)
10 ml witasyn of suurlemoensap
Metode
Klits eiergeel, yswater en asyn of suurlemoensap liggies saam. Voedselverwerker: Gebruik
staallem om die botter of margarien, meel en sout te meng tot krummels (10 sek.). Voeg die
eier- en watermengsel by en pols tot die mengsel ’n deegbal vorm. Pasop vir te lank – dit sal
’n taai deeg veroorsaak. Handmetode: Vryf die botter of margarien liggies met die
vingerpunte in die meel en sout totdat dit lyk soos broodkrummels. Sprinkel die eier-en-
watermengsel oor en meng met ’n slaplemmes tot die deeg ’n bal vorm. Plaas die deegbal in
’n plastieksakkie en laat in die yskas vir minstens 30 minute. (In koue weer kan die deeg
dadelik uitgerol word, maar in warm weer moet dit verkieslik in die yskas geplaas word voor
die uitrolproses). Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot dit groter is as die pan.
Lig die uitgerolde deeg met die rolstok op en plaas bo-oor die pan. Druk liggies met die hand
sodat die deeg in die pan insak. Druk dan die deeg in die hoeke van die pan met die vinger of
met ’n bolletjie deeg wat in die meel gerol is. Wees versigtig om nie die deeg te rek nie. Rol
nou die rolstok oor die rand van die pan en sny so die oortollige deeg af. Prik die basis met
’n vurk. Die kors kan op hierdie stadium in die vrieskas geplaas word vir ongeveer 10 minute
of tot later benodig. Dit kan direk uit die vrieskas, met die vulsel gevul, in ’n voorafverhitte
oond geplaas word om te bak. Om die kors te bak: Plaas die kors sonder vulsel in ’n
voorafverhitte oond (200 – 220 C) vir 15 minute. Plaas so na moontlik aan die element van
die oond, met ander woorde, op die laagste rak en bak tot effe goudkleurig. Dit lewer ’n
bros kors. Sommige resepte beveel aan dat die kors “blind” gebak word. Plaas ’n velletjie
bakpapier bo-op die rou kors en vul die kors met droë boontjies. Bak vir 8 minute, verwyder
papier en boontjies en bak vir ’n verdere 5 minute. Vul met vulsel en voltooi bakproses.
Indien die kors vooraf heeltemal gaar gemaak word, moet dit vir nog 15 minute gebak word
nadat die papier en boontjies verwyder is.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Volkoringkors
Bestanddele
250 g volkoringmeel of
125 g hawermout en 125 g volkoringmeel
2 ml sout
100 g botter of margarien, gerasper
koue water om deeg mee aan te maak
Metode
Meng die meel en die sout. Vryf die botter of margarien liggies in die meel in met die
vingerpunte. Meng met koue water tot ’n stywe deeg vorm. Druk met die hand vas in ’n
quiche-pan. Aangesien die kors heelwat minder smeer bevat, kan die vulsel direk op die
ongebakte kors gegooi en dan gebak word.
Foto: Sarie Kos
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Kaas-en-ryskors
Bestanddele
500 ml gaar rys
1 klein ui (fyngekap)
60 g cheddar (gerasper)
30 ml gekapte pietersielie
30 ml gesmelte botter
2 eiers (liggies geklits)
Metode
Meng bestanddele saam en druk vas in tertbord of quiche-pan. Plaas in yskas tot gebruik.
Vul met vulsel van keuse en bak tot vulsel goudbruin en gestol is.
Foto: Pick & Pay
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Krummelkors
Bestanddele
3 knoffelhuisies (gekap)
30 ml vars pietersielie
50 ml gesmelte botter
500 ml vars bruin- of volkoringbroodkrummels
Metode
Braai knoffel en pietersielie in 10 ml van die botter. Voeg res van botter en broodkrummels
by en meng goed. Druk vas in tertbord of quiche-pan en bak by 160 C vir 5 -7 minute.
Foto: Vrouekeur
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Quiche Vulsels
Hier volg ’n verskeidenheid van quiche-vulsels om verskillende smake en voorkeure te
bevredig.’n Quiche word gewoonlik op dieselfde metode gemaak, maar deur verskillende
vulsels te gebruik, kan die gereg interessant gehou word. Verder kan vulsels ook “ontwerp”
word deur bestanddele te gebruik wat in die huis beskikbaar is.
Tradisioneel word room gebruik as basis saam met die eiers. Indien room nie beskikbaar is
nie, of dit as te ryk beskou word, kan gewone melk gebruik word. Ongegeurde jogurt moet
met 10 ml mielieblom (maizena) gemeng word om te verhoed dat dit skif gedurende die
bakproses. Verder kan ’n kombinasie van melk en afgeroomde maaskaas, of ’n kombinasie
van enige van die bogenoemde ook gebruik word.
Let op: Die grootte van die pan bepaal die hoeveelheid vulsel wat gebruik word, bv.:
– Vir ‘n 23 – 25 cm pan gebruik 3 ekstra-groot eiers saam met 250 ml room (of
plaasvervanger).
– Vir ‘n 26 – 28 cm pan gebruik 3 of 4 ekstra-groot eiers saam met 375 ml room (of
plaasvervanger).
Basiese Groente-Quiche
Bestanddele
’n Voorafbereide, gebakte kors
500 ml voorbereide groente (gekap, gebraai of blansjeer)
1 gekapte, gebraaide ui (opsioneel)
100 g gerasperde kaas
3 eiers
250 – 375 ml room of melk
sout en varsgemaalde swartpeper
Ekstras: 100 – 150 g spek, ham, hoender en vis
Metode
Plaas voorbereide groente in gaar kors. Strooi ekstras bo-oor. Strooi 2/3 van gerasperde
kaas bo-oor. Klits melk of room met eiers en geurmiddels. Gooi bo-oor bestanddele in kors.
Sprinkel orige kaas bo-oor en bak by 180C vir ongeveer 30 minute. Bedien dadelik of laat
vir ’n maksimum van 10 minute in afgeskakelde oond met deur effe oop.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Foto: REAL HOUSE MOMS
Broccoli-en-Spek-Quiche
Bestanddele
20 ml sonneblomolie
1 medium ui, gekap
150 g rugspek, verwyder velletjie en sny
500 ml broccoli-blommetjies (of geblansjeerde spinasie vir Spinasie-quiche)
100 ml cheddar-kaas
3 eiers
250 ml melk of room (of eie keuse)
sout en varsgemaalde swartpeper
’n voorbereide gebakte kors
Metode
Breek broccoli in happiegrootte blommetjies. Plaas in ’n bietjie kokende water en laat kook
vir 3 – 4 minute. Die broccoli moet nog bros wees en nie te lank kook nie. Dreineer en hou
eenkant. Braai die spek in die olie tot bros. Voeg die gekapte ui by en roerbraai tot sag en
deurskynend. Versprei ui-en-spekmengsel in kors. Sprinkel 75 g kaas oor die spek-en-
uiemengsel en pak die broccoli bo-op. Klits die eier en melk saam met die geurmiddels en
gooi oor die groente. Strooi die orige kaas oor en bak vir 25 – 30 minute in ’n voorafverhitte
oond (180C). Vir ekstra geur kan 5 ml voorbereide mosterd by die melk geklits word.
Versier met gekapte rooi soetrissie indien so verkies.
Bron :: Diabeet Vriendelike Kos
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Gerookte Skelvis-Quiche
Bestanddele
15 ml sonneblomolie
1 ui, gesny
100 g gekookte aartappel, blokkies gesny
50 g rooi soetrissie, blokkies gesny
50 g groen soetrissie, blokkies gesny
500 g gaar gerookte skelvis, gevlok
3 eiers
150 ml room
15 ml parmesaankaas
voorbereide, gebakte kors
Metode
Braai die gesnyde ui in die olie tot goudbruin. Voeg die soetrissies en aartappelblokkies by
en roerbraai tot die soetrissies sag is. Meng die gevlokte skelvis liggies met hierdie mengsel
en versprei dit oor die oppervlakte van die kors. Klits die eiers en room en gooi oor die vulsel
in die kors. Sprinkel parmesaankaas bo-oor en bak by 180 C vir ongeveer 30 minute.
Bedien verkieslik warm, maar in somermaande kan bediening by kamertemperatuur heerlik
wees saam met vars groenslaai.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Foto: Pintarest Gerookte Skelvis Quiche
Spek en Ham Quiche
Bestanddele
250 g maer ontbytspek (in blokkies gesny) of
250 g ham (in blokkies gesny)
1 groot ui
15 ml botter of margarien
3 ekstra-groot eiers
250 – 375 ml room (of plaasvervanger)
2 ml sout en varsgemaalde swartpeper
2 ml neutmuskaat
Metode
Smelt die botter in ’n pan en braai die uie en die spek of ham effe bruin. Dreineer, indien
nodig en versprei egalig oor die oppervlak van die kors. Klits die eiers en die room saam en
geur met sout en varsgemaalde swartpeper en neutmuskaat. Gooi die eiermengsel
driekwart vol in die deegkors. Moet nie die kors te vol gooi nie, aangesien die vulsel uitsit
wanneer dit gaar word. Bak in ’n warm oond (180 – 200 C) vir 15 – 20 minute. Die
eiermengsel moet effe gestol wees. Indien die kors dit toelaat en daar is rou eiermengsel
oor, gooi dit oor die warm vulsel en bak verder vir 15 – 20 minute. Die oppervlak van die
quiche moet gepof en goudbruin gebak wees. Om te verseker dat die vulsel gaar is: Druk ’n
toetspen of ’n skerppuntmes in die middel van die quiche – as dit skoon uitkom, is die
quiche gaar. Bedien dadelik of laat vir maksimum 10 minute in, die oonddeur effens oop.
Indien verkies, strooi 60 g cheddar of Gruyé-kaas bo-oor die kors voordat die vulsel
oorgegooi en dit gebak word.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Foto: Huisgenoot
Vars Tamatie-Quiche
Bestanddele
1 kg ferm, ryp tamaties
150 g Montali- of Tussers kaas, gerasper
50 g sagte botter of margarien
100 ml room
2 eiers, geklits
sout en varsgemaalde swartpeper
voorbereide, gebakte kors
Metode
Verwyder skil en pitte van tamaties. Kap die vleesgedeelte grof en plaas in ’n vergiettes om
te dreineer. Sprinkel 50 g kaas bo-oor die kors. Meng die orige kaas, botter en room en klits
die eiers by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Versprei die gekapte tamatie
egalig bo-oor die kaas in die kors. Bedek met die kaas-en-eiermengsel. Bak in ’n warm oond
(200C) vir ongeveer 35 – 45 minute tot dit opgepof en goudbruin is. Indien die kors te bruin
bak, bedek die gereg met foelie. Laat die gereg staan vir 15 minute voor bediening.
Bedien warm met groenslaai en vars brood.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Foto: A Hint of Honey
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
37 ~ Seekos Potjie
Met vergunning van www.funkymunky.co.za
Bestanddele en Metode
Braai 2 uie saam met ‘n halwe potjie knoffel. (my keuse – kan verminder word)
Gooi 1 pak sampioene by en braai.
Gooi ‘n pak gemengde seekos by en braai vir sowat 5 minute saam.
Roer by 250 ml vars room en 1 pakkie wit uiesoppoeier.
Laat dit vir ‘n halfuur prut.
Wenke:
As jy en jou vriende wil saam kuier om ‘n pot, sal ek ‘n seekos-potjie afraai
Indien jy jou skoon familie moet nooi vir ete, is dit ideaal – sorg net dat daar al kole is as hulle opdaag.
Indien jy bietjie variasie wil gebruik, kan jy mossels met die skulp ingooi, of crabsticks is ook goedkoop en baie lekker; stokvis kan ook die potjie bietjie rek.
Vermeerder jou room en uiesop saam met die seekos m.a.w. 2 pakke seekos; 2 uiesoppoeier en 2 houertjies room
Jou kole moet redelik koel wees
Dien op saam met rys en Franse brood
Bron: Sjef Snoekie laat die potte sing
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
38 ~ Broodslaai Bestanddele 1 witbrood, korsies verwyder & in klein blokkies gesny Kookolie 125 ml kaasblokkies Gekapte agurkies Bestanddele Slaaisous 75 ml
suiker 5 eiers, geklits 75 ml asyn 75 ml water 5 ml mosterdpoeier 45 ml mayonnaise 45 ml room Metode Maak eers die slaaisous. Klits die suiker lepelgewys by die eiers. Meng met asyn, water en mosterdpoeier en klits saam met die eiermengsel. Roer die sous oor matige hitte tot dit begin verdik, verwyder van die stoof en klits die sous goed met ‘n eierklitser. Laat afkoel. Roer die mayonnaise en room by. Hou eenkant. Braai die broodblokkies in diep olie tot lekker bros en bruin. Dreineer en laat effens afkoel. Meng die broodblokkies met die kaasblokkies en agurtjies in ‘n slaaibak. Roer die slaaisous liggies by net voor opdiening, anders word die broodblokkies sag Lewer 20 porsies. Bron: lekkerreseptevirdiejongerg
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
39 ~ Roti deeg Baie dankie dat jy jou resep met ons gedeel het Okkie Uiteindelik !! stukkies en brokkies van 4 resepte wat ek saamgesit het HIERDIE EEN WERK
Bestanddele 750 ml koekmeel 3 ml sout 30 ml kookolie ± 220 ml yswater 125 g sagte botter Metode Sif die meel en sout saam. Klits die olie en water saam.
Voeg bietjie op n slag by die droë bestanddele en knie tot ‘n sagte deeg Keer uit op meel bestrooide oppervlak en rol die deeg in reghoekige vorm uit tot ongeveer 5 mm dik Smeer die sagte botter oor en rol op soos jamroll om worsie te vorm. Laat kwartier rus Deel in 10 dele en rol uit in sirkelvorms van 20 cm. Verhit pan en bak in olie tot goudbruin, Vul met maalveis of fyn hoender en bedien dadelik Foto: Liplekker
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
40 ~ Grenadella Yskastert Bestanddele 1 Groot blikkie ingedampte melk (verkoel) 1 Pakkie suurlemoen jellie 1 Klein blikkie grenadella moes (halwe koppie) ½ Koppie strooisuiker 1 Koppie kookwater 2 Pakkies tennisbeskuitjies Metode Klits melk tot styf, voeg suiker by en dan grenadella. Meng
jellie met kookwater en laat koud word. Meng met melkmengsel. Plaas beskuitjies in glasbak. Skep ‘n laag vulsel, laag beskuitjies. Eindig met vulsel. Strooi beskuitjiekrummels bo-oor. Stol in yskas. Foto: Huisgenoot
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
41 ~ VLAKOEKIES MET MAIZENA Bestanddele 500 g margarien 2 k suiker 5 eiers 2 t vanielje 6 k meelblom 1 k vlapoeier 1 k maizena 5 t bakpoeier 2,5 ml sout Metode: Room margarien en suiker. Voeg eiers en vanielje by. Voeg gesifte droë bestanddele by om ‘n sagte deeg te maak. Druk
deur koekiemaker. Plaas op gesmeerde bakplaat en bak ongeveer 10 minute by 180ºC. Vulsel: 4 t margarien 1 k versiersuiker 2 e kookwater Metode: Meng margarien met kookwater, voeg versiersuiker by en klop baie goed. Vul afgekoelde koekies met vulsel. Resep lewer 2,25 kg koekies. Foto: Maroela Media
Terug na Indeks
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
42 ~ Prutpot-wenke en Resepte (Slow Cooker)
Kry só die beste uit jou prutpot-geregte: • Moenie gevriesde vleis gebruik nie. Ontvries altyd vleis en hoender voordat jy dit in die prutpot sit. • Gebruik kleiner stukke. Sny heel hoenders en groot stukke vleis in kleiner stukke om seker te maak dit word heeltemal gaar. • Pak jou bestanddele in lae. Groente moet op die bodem en teen die kante van die pot gepak word en die vleis dan bo-op. • Maak die prutpot minstens halfpad vol en nie meer as driekwart vol nie. • Hou die deksel op. Elke keer as jy die deksel oplig, word die kooktyd met tussen 15 en 25 minute verleng.
• Begin VROEG GENOEG: As jy twee ure voor aandete eers wakkerskrik, gaan jou resultate teleurstellend wees – gewáárborg! HOE LANGER die kooktyd, HOE BETER ontwikkel die geure, hoe sagter is die vleis en hoe meer karamellisering is daar. Daai ekstra uur of twee in die prutpot maak al die verskil tussen net-net gaar (bleek en smaakloos), of val-van-die-been-af sag en geurig!
• SMEER/VOERING JOU POT: As jy die prutpot se binnekant met ’n kleefwerende kossproei bespuit of met botter of olie smeer voordat jy dit met kos vul, is die skoonmaak agterna sommer kinderspeletjies! ’n Handige ding is ‘n ‘spritzer’: vul met kookolie en bespuit jou pot 1-2-3. Aluminiumfoelie kan gebruik word om groter vleisstukke saam met die groente in toe te draai: behalwe dat jy die pot beskerm, is die vleis heerlik sappig. In Amerika kry ’n mens ‘crockpot liners’, maar jy kan ook baksakkies gebruik: bietjie duur, maar handig wanneer jy jou pot kos na ’n geleentheid moet vervoer: bind bloot die nek toe en niks sal uitmors nie!
• DROëBONE MOET VOORAF GEKOOK word: Sekere rou peulgewasse soos rooi ‘kidney beans’ (so ook SOJABONE) bevat die TOKSIEN phytohaemagglutinin wat nie deur die lae hitte van ’n prutpot vernietig word nie. Week die bone vooraf vir ten minste 6 ure. KOOK 10 MINUTE VINNIG om die toksien te vernietig. Spoel af en plaas dan saam met die ander bestanddele in die prutpot.
• RAAK ONTSLAE VAN VET: Kos wat in olie swem is allermins aptytlik – OF gesond! Verwyder vooraf enige hoendervelle en sigbare vet, of laat vetterige vleis/maalvleis eers bietjie uitbraai in ’n pan. Teen die einde van die kooktyd kan jy dan die vleissouse uit die prutpot afgooi en die vet afskep voor jy dit weer in die pot teruggooi en volgens jou voorkeur verdik. Of gebruik ysblokkies: die vet klou onmiddellik daaraan vas. Skep dadelik af voor die ys smelt en gooi by jou dierasies se pap of korrels.
• BRAAI/VERBRUIN: Vir bredies is dit NIE NODIG om uie en vleis vooraf te braai nie. Jamie Oliver het verskeie toetse gedoen en bevind daar’s geen smaakverskil in die eindproduk nie. So spaar jouself die ekstra moeite en vuil skottelgoed! Plaas jou vleis en groente NET SO ROU in die prutpot.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
• MAALVLEIS: Moet liefs vooraf VERBRUIN word, anders vorm dit klonte. Dreineer om van die oortollige vet ontslae te raak. (Ek het dit nie gedoen nie – het dit so ’n paar keer tydens die gaarmaakproses geroer, want dit HET klonte gevorm!) Vir ’n MAALVLEISGEREG, plaas die rou maalvleis saam met al die geurmiddels in die prutpot. Of maak FRIKKADELLE volgens jou gebruiklike resep: plaas net so rou in die prutpot en bedek met enige souserigheid van jou keuse. Of vorm in ’n ‘meat loaf’ en draai toe in foelie. Kook vir 6 – 8 ure op LOW.
• BRAAISTUKKE/BOUDVLEIS: Groter stukke vleis moet verkieslik in twee verdeel en vooraf in ’n warm pan verseël word om die vleissappe binne te hou tydens die gaarmaakproses. As jy bang is dat dit sal droogkook of brand, plaas dit bo-op ’n laag aartappels: sny die aartappels in die lengte deur en plaas met die plat kante onder in die prutpot. Plaas dan die ander groente bo-op, gevolg deur die vleis. Vryf die vleis vooraf in met botter, knoffel en geurmiddels – niks verder is nodig nie. Kook vir 4 – 6 ure op HIGH, of 8 – 10 ure op LOW. (Aldus Jenny Morris, die ‘Giggling Gourmet’.)
• WORTEL- en KNOLGROENTE: Sny aartappels, wortels en rape in KLEIN, EWE GROOT STUKKE sodat alles min of meer dieselfde tyd sal gaar word. Plaas ONDERIN die bak, met die ander bestanddele bo-op. Dit sal verseker dat die groente in die kossappe sagkook. (As jou aartappels nie wil sag kook nie, is dit waarskynlik omdat dit nie deur kos of vloeistof bedek was nie.) Groente soos murgpampoentjies of sampioene wat vinnig gaar word, kan ’n halfuur tot ’n uur voor opdientyd bygevoeg word.
• VLOEISTOF: Die vloeistof dien as geleier van die geur en hitte en verseker dat al die kos teen dieselfde temperatuur gaar word. Dis meestal nie nodig om aan die begin van die gaarmaakproses vloeistof by die kos te voeg nie: Die kossappe kondenseer teen die deksel en val terug in die pot om SY EIE SOUSIE te vorm. Indien nodig kan jy wel later die vloeistof aanvul: hoe langer die kooktyd, hoe groter die risiko dat die kos kan droogkook. Soos wat jy jou prutpot leer ken, sal jy leer hoeveel vloeistof nodig is – alle potte verskil.
• HOENDER: Moet liefs nie ’n prutpot gebruik om HEEL HOENDER gaar te maak nie: Die binnekant van die hoender bereik nie vinnig genoeg ’n veilige temperatuur om die vermeerdering van bakterieë te verhoed nie. Verdeel die hoender eerder in kleiner porsies. As jy egter ’n vleistermometer het, kan jy gebruik dit om die interne temperatuur van ’n heel hoender te meet om seker te maak dat alle bakterieë gedood is.
• RYS: ’n Prutpot is ideaal om groot hoeveelhede rys gaar te maak: die korrels is lekker los en uitgeswel – nie klewerig soos op die stoof nie. Gebruik 2 koppies water en 1 t sout vir elke 1 koppie rys (2 ½ koppies water vir elke 1 koppie bruinrys). Kook 6 – 8 ure op LOW, of 2 – 3 ure op HIGH (gaan loer elke 45 minute). Jy kan ook vars of bevrore GROENTE en geurmiddels byvoeg, maar voeg net ’n bietjie ekstra water by indien nodig. Vir ’n lekker neuterige, gesonde variasie, voeg ½ kop rou LENSIES en 1 ekstra koppie water by vir elke koppie rys wat jy gebruik. Of roer teen die einde gaar BONE by vir ekstra voedingswaarde.
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
BEES EN SAMPIOEN PRUTPOT BREDIE Bestanddele 800 g Ghoelasj Beesvleisblokkies ( Goulash) 250 g Sampioene, skyfies gesny 400 g Sampioensop (1 blik) 2 Uie, gekap 3 wortels in skywe gesny 5 ml Vars gekapte knoffel 1 Rooi soetrissie, blokkies gesny 1 Groen soetrissie, blokkies gesny 5 ml Droë gemengde kruie Sout en peper Bietjie olie
Metode: Verhit olie in braaipan en soteer uie en knoffel tot sag. Voeg rissies by en soteer nog 3 minute. Skep mengsel in prutpot. Verhit nog olie indien nodig en braai vleisblokkies tot goudbruin. Geur terwyl braai met sout en peper. Skep gaar blokkies in prutpot. Plaas wortels en indien jy wil, ook aarrtappels bo-op vleisblokkies. Soteer sampioene in vet van braaipan tot sag. Voeg sop en kruie by. Verhit tot kooppunt. Gooi warm sous oor vleisblokkies en groente in pot. Plaas deksel op en kook 8 ure op lae hitte (low)
BRON: http://shortdietguru.com/101
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
BROOD IN JOU PRUTPOT Crock Pot Bread Recipe Ingredients and Method Make Simple Bread Dough and let rise for 1 hour. (gewone klaar voorafbereide brooddeeg bietjie deurgeknie sal ook werk). Line crock pot (slow cooker) with 1 sheet of parchment paper folded in half (this is to prevent the bread from sticking to the bottom). Place dough on parchment paper. Place lid on crock pot and cook on low for 1 1/2 hours (I usually check it halfway through). Bread is ready when the crust is golden brown and delicious!! If the crust is not golden brown enough: Stick the bread under the broiler for 5 minutes or until it is the color you like, with the rack positioned in the middle of the oven. Foto: Food Lovers Recipes
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Groente-en-Kekerertjie-Kerrie Bestanddele 1 E olie 1 groot bruin ui, gekap 2 knoffelhuisies, fyngedruk 2 E kerriepoeier 3 t gemaalde komyn 800 g blikkie gekapte tamaties ½ k koue water 2 E suurlemoensap 300 g kekerertjies (chickpeas), gedreineer en afgespoel 150 g oranje patats, geskil en gekap 1 groot wortel, geskil en ge-kap 1 klein rooi rissie, gekap 250 g blomkool, in blommetjies gebreek 100 g knopiesampioene, gehalveer 250 g broccoli, in blommetjies gebreek Gestoomde jasmynrys en ongegeurde jogurt vir bediening Metode: Verhit olie in ’n groot pan oor matige hitte en voeg die uie by. Kook terwyl jy heeltyd roer vir 2 tot 3 minute of totdat die uie sag is. Voeg knoffel, kerriepoeier en komyn by. • Kook en roer vir ’n minuut of tot geurig. Roer tamaties by en laat prut totdat die sous verdik. Voeg water, suurlemoensap, kekerertjies en groente by. Stel hitte tot hoog en verhit tot kookpunt. Skep kerrie in die prutpot. Bedek en kook vir vier uur op hoog of vir ses uur op laag. Geur met sout en peper en skep die kerrie op die rys. Sit met ongegeurde jogurt voor. Foto’s: Megan Miller
Huisgenoot
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Groentesop in prutpot 6 porsies Bestanddele 1,5 kg groente, in blokkies gesny. (aartappels, preie, wortels, witwortels, rape ens.) OF sopmengsel wat klaar voorberei is. 2 uie, gekap 4 selderystingels, gekap 5 ml vars gekapte knoffel 1,5 lt warm groente- of hoenderaftreksel 45 ml tamatiepasta 2,5 ml worcestershiresous 5 ml droë gemengde kruie 2,5 ml droë pietersielie 2,5 ml droë basiliekruid 2,5 ml sout 1 lourierblaar knypie fyn peper Metode Plaas uie, seldery, knoffel en groente in prutpot. Meng aftreksel, tamatiepasta, worcestersous, kruie, sout , peper en blaar, gooi in pot. Sit deksel op en laat prut op laag vir 6 tot 8 ure. Proe na kooktyd verstreke is en voeg nog smaakmiddels by indien nodig. Verwyder lourierblaar. Bron:inenomdiehuis.blogspot.com
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Hongaarse Ghoelasj in prutpot 6 porsies Bestanddele 410 g gekapte tamaties (1 blik) 250 ml beesvleisaftreksel 250 ml suurroom 2,5 ml vars gekapte knoffel 2 uie, gekap 15 ml koekmeel 7,5 ml paprika 1 kg beesvleisblokkies vir ghoelasj Paar karwysaadjies Sout en peper na smaak Bietjie olie 2 groot wortels, in dun skyfies gesny 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny Metode Verhit olie in kastrol, braai vleis vir ongeveer 5 minute. Skep in prutpot. Gooi nog olie in pot indien nodig en soteer uie en knoffel tot sag, voeg meel, paprika, karwynsaad, sout en peper by en meng goed. Skep oor vleis. Meng tamatie en aftreksel en gooi oor vleis, plaas deksel op en kook vir 2 ure op hoog. Jy kan nog water byvoeg indien dit te droog is. Voeg wortels en rissie by en kook nog 1½ uur op hoog of tot wortels sag is. Sit ghoelasj saam met suurroom en rys of koeskoes voor. Foto Kitchen Sanctury Slow Cooker Hangerian Ghoulasj
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Leg of Lamb in the Slow Cooker with Garlic and Rosemary Ingredients olive or canola oil, for cooking 1 bone-in leg of lamb 4-5 medium potatoes, chopped into chunks 1 head garlic, peeled salt a few sprigs of rosemary about a wineglass full of red wine Method Rub the oil all over the lamb and either brown it in a hot pan or throw it on the grill to get some colour. Meanwhile, toss all the potatoes and about half the garlic cloves into the bottom of your slow cooker. Put the lamb on top of the potatoes, squish a few more cloves of garlic and rub it over the surface, then sprinkle with salt. Toss in a few sprigs of rosemary and pour some wine in around the potatoes, cover (if the bone sticks out, cover the lid with foil to seal in the heat) and cook on low for 6-8 hours. Carve the lamb and serve with the potatoes, finished with a squeeze of lemon, if you like. Serves 6-10 Dinner with Julie Leg of Lamb in Slow Cookerwith Garlic & Rosemary
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
MAKLIKE BREYANI IN DIE PRUTPOT Vir 'n mooier bord kos, kan geelrys en rosyne ook gemaak word. Dan pak jy witrys, lensies en geelrys in lae. Moenie die spul meng nie, want as dit in lae gepak is en jy skep dit mooi uit lyk dit pragtig en die vleis lê dan bo-op die rys en lensie Bestanddele ½ koppie kookolie 2 uie, fyngekerf 1 teelepel knoffelvlokkies 2 teelepel breyani-mengsel 1 eetlepel masala 1 eetlepel kerriepoeier 1 eetlepel borrie 2 kg gevriesde hoenderstukke Sout na smaak 1 koppie kookwater 5 groterige aartappels, in groterige stukke gesny 2 eetlepels bruin suiker 250 ml room 3 koppies gesoute rys, halfgaar en gedreineer 1 koppie gesoute bruinlensies, halfgaar en gedreineer Metode Braai uie in kookolie tot bruinerig. Seel die buitekant van die aartappels in olie en uiemengsel (dit voorkom dat aartappels fynkook). Haal die aartappels uit en seel die vleis in die uiemengsel. Gooi speserye en aartappels by en roer goed. Voeg sout na smaak by. Gooi die suiker en kookwater by die vleismengsel en sodra dit kook, skep dit in die prutpot. Skep 'n laag rys en dan 'n dun lagie lensies bo-op vleismengsel en herhaal die lae. Die laaste laag moet rys wees. Sit deksel op en sit op stadig vir 5 ure of hoog vir 3½ ure. 'n Halfuur voor opdiening word die room bo-oor gegooi. (Plein joghurt kan ook gebruik word, maar die room is baie lekkerder) Foto: Awaken Living: Slow Cooker Indian Biriyani
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Mangoblatjanghoender in prutpot 6 porsies Betsanddele 375 ml mangoblatjang (1 bottel) 125 ml water (½ koppie) 30 ml bruinsuiker ( 2 eetlepels) 62 ml bruinuiesoppoeier ( 1 pakkie) 12 hoenderborsies, ontvel en ontbeen Knypie rooipeper Metode Plaas hoender in prutpot. Meng res van bestanddele goed. Gooi oor hoenderstukke, plaas deksel op en prut vir 4 ure op lae hitte. Sit warm voor saam met kapokaartappels, rys of koeskoes voor. Foto: Pintarest Quick Mango Chutney Chicken
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
OLD FASHIONED RICE PUDDING IN YOUR SLOW COOKER Ingredients: 3/4 cup long-grain white rice 3 cups milk 3/4 cup granulated sugar 3/4 teaspoon ground cinnamon 1 pinch salt 1/3 cup butter, melted sweetened whipped cream Directions: In a colander, rinse rice thoroughly under cold water. Put in lightly greased slow cooker. Add remaining ingredients, except for butter & whipped cream. Stir to combine. Pour butter over rice mixture. Cover and cook on HIGH for 2 and 1/2 to 3 hours, until rice has absorbed the liquid. When ready to serve, spoon into dessert bowls and top with sweetened whipped cream. Foto: Genius Kirchen Okd Fashoned Rice Pudding in Slow Cooker
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
OXTAIL IN SLOW COOKER Serves 6....Slow Cooker settings: Low 7 to 9 hours or High 5 hours Ingredients 2,5 kg oxtail, cut into slices 60 ml flour with salt and pepper to taste 50 ml oil 1 x 410 g can diced tomatoes 50 ml tomato paste 10 ml brown sugar 2 cloves garlic, minced 1 bay leaf 2 sprigs fresh thyme 2 sprigs fresh oregano 3 ml Grated nutmeg salt and pepper to taste,about 5 ml each 2 onions, chopped 2 sticks celery, sliced 2 large carrots, sliced 2 potatoes, peeled and sliced (optional) 750 ml beef stock 250 ml dry red wine Method Dredge oxtail in seasoned flour. Heat oil and brown oxtail. Place oxtail in the slow cooker bowl and add all other ingredients except stock and wine. Heat stock and wine to boiling. Add to the meat and vegetables. Place bowl in the slow cooker and cover with the lid. Cook for the recommended time, then serve with mashed potatoes and green vegetables. To thicken the liquid, mix 15 to 30 ml cornflour with a little stock or wine. Stir the mixture into the casserole about 30 minutes before the end of the cooking time.
Crock Pot Oxtail Stew
Foto: The Spruce
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
ROMERIGE AARTAPPELGEBAK Geskik vir PRUTPOT (Magda du Plooy) (Lekker resepte vir die jongergeslag) Die kombinasie van meel, botter en melk vorm vanself ‘n WITSOUSIE tydens die gaarmaakproses. (As jy vir ‘n spesiale geleentheid WIL spek en sampioene bysit, sal niemand jou keer nie!) Vir ‘n groot prutpot (6 liter): verdubbel bestanddele Bestanddele 4 medium aartappels 5 ml (1 t) sout grofgemaalde swartpeper 30 ml (2 E) koekmeelblom 15 ml (1 E) botter 250 ml (1 k) melk/room Opsioneel – Gooi gerasperde kaas oor Metode: Sny aartappels in dun skyfies – nie nodig om af te skil. Pak ‘n lagie onderin ‘n gesmeerde prutpotbak of oondskottel. Strooi bietjie van die sout, peper en meel oor elke laag en stip met klontjies botter. Herhaal tot als opgebruik is.Gooi melk of room bo-oor. Plaas deksel op en bak +/- 2 ure op HOOG in prutpot. Foto: Celebratting Sweets CREAMY CHEESY SLOW COOKER POTATOES
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Sappige Biefstuk en Groente in Prutpot 6 porsies Bestanddele 1,5 kg beenlose beespotbraai stuk (potroast) Sout en peper 1 blik sampioensop 1 pakkie bruinuiesoppoeier 3 e water Bietjie olie 2 uie, gekap ½ t vars knoffel, gekap 4 selderystingels, fyn gekap 2 t vars pietersielie, gekap 6 groot wortels, geskil en in dik skywe gesny 6 aartappels, in kwarte gesny Metode Was vleisstuk af en smeer met bietjie sout en peper. Plaas in prutpot. Meng sop, soppoeier en water. Gooi by vleisstuk. Plaas deksel op en kook op laag vir 6 uur. As kooktyd amper verby is, verhit bietjie olie in pan en soteer uie, knoffel en seldery tot net sag. Voeg pietersielie by en soteer nog bietjie. Hou eenkant. Wanneer 6 uur verby is voeg wortels en aartappels by. Skep uiemengsel bo-op. Plaas deksel op en kook verder op laag vir 2 uur of tot vleis sag is. Wanneer jy iets op hoog wil kook, gebruik omtrent die helfte van die aanbevole tyd wat dit gee om die gereg op laag te kook. Hou egter ‘n ogie oor die gereg, want dit kan maklik aanbrand Foto: My Way
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Sjokolade-Kaaskoek in die Prutpot Bestanddele 250 g-pakkie Nutticrust-beskuitjies 100 g botter, gesmelt 200 g bitter sjokolade, grofgekap ½ k (125 ml) room 500 g roomkaas ½ k (110 g) strooisuiker 3 eiers, geskei 1 t vanieljepeulpasta/pitjies van 1 vanieljepeul ½ k (125 ml) styfgeklopte room, vir versiering Metode Kors: Maak die beskuitjies fyn. Voeg botter by en meng goed. Smeer die bodem en kante van ’n 20 cm- ronde kaaskoekpan liggies en voer met bakpapier uit. Druk beskuitjiemengsel op die bodem en kante van die pan vas. Laat dit in die yskas staan terwyl jy die vulsel maak. Metode Vulsel: Plaas die sjokolade en eerste hoeveelheid room in ’n mediumgroot bak oor ’n kastrol kokende water. Roer liggies totdat die sjokolade gesmelt en ’n gladde, dik sous gevorm het (jy kan die sjokolade ook in die mikrogolfoond smelt, hou dit net fyn dop). Sit eenkant om af te koel. Klop die roomkaas en suiker saam totdat dit baie glad is. Voeg die eiergele en vanieljepasta/pitjies by en klop totdat dit goed gemeng en glad is Klits die eierwitte in ’n skoon mengbak totdat sagte punte gevorm word. Vou dit in die roomkaasmengsel in. Vou die sjokolademengsel liggies in die kaaskoekmengsel in om ’n marmerstreepeffek te verkry. Gooi die mengsel in die pan met die beskuitjiekors. Giet twee koppies water in ’n prutpot oor ’n hoë hitte. Plaas die kaaskoek in ’n stoommandjie en sit dit in die prutpot. Sit die deksel op totdat die stoom opbou en verlaag na ’n mediumhitte vir 20 minute. Haal dit dan van die hitte af en laat die stoom ontsnap. Verwyder die kaaskoek uit die prutpot (dit moet nog effe drillerig in die middel wees). Laat staan vir ’n paar uur of oornag in die yskas. Sit met styfgeklopte room voor. Foto: Eat at Home Everyday food for busy people
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Skaaptjops in Tamatie-en Rooiwyn-sous in prutpot 4 porsies Bestanddele: 410 g gekapte tamaties (1 blik) 187 ml rooiwyn (¾ koppie) 125 ml water (½ koppie) 20 ml mielieblom (4 teelepels) 10 ml suiker (2 teelepels) 10 ml droë gemengde kruie 5 ml suiker (1 teelepel) 2 uie, gekap 8 skaaptjops Sout en peper Bietjie olie Metode: Verhit olie en soteer uie saam met suiker in braaipan tot sag. Skep in prutpot. Verhit nog olie en braai tjops tot bruin en skep in pot. Strooi sout en peper na smaak oor. Voeg mielieblom by vet wat in pan agter gebly het. Meng tot glad en voeg wyn bietjie- bietjie by sodat dit nie klonte maak nie. Roer water, tamaties, suiker en kruie by. Verhit tot kookpunt. Giet verdikte sous oor tjops, plaas deksel op en kook vir 5ure op lae hitte. Foto: Taste of Home
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Slow Cooker Bean Soup with Bacon This Slow Cooker Beef and bacon Bean Soup is a hearty slow cooker soup recipe that always hits the spot. Savor the bacon and bean flavor combo and you’ll surely be saying this is one of the best soup recipes around. Cooking Time: 8 hr 2 min Ingredients 1 tablespoon vegetable oil 2 slices bacon 500 g stewing beef 2 tablespoons flour 1 medium onion, finely chopped 2 celery ribs, chopped 1 leek tops (the green part) 1 can cannellini beans 1 can pinto beans (groot bruin rooierige bone) 2 teaspoons dry thyme leaves 1/2 cup Worcestershire sauce 1/4 teaspoon cayenne pepper 1 1/2 liters water salt and pepper to taste Instructions On medium high heat in frying pan crisp the bacon with oil for 2 minutes, then add onion and continue to cookuntil onion gets caramelized. Transfer to slow cooker pot. Then flour the meat and caramelize it on one side in the same frying pan. Add the meat to slow cooker pot and add beans with juices, chopped celery ribs, thyme leaves, Worcestershire sauce, cayenne pepper, salt, pepper and cover with water, add leek tops on top. Pop the lid on and plug on high setting for 8 hours. Throw away leek tops when the soup is done. Serve with hearty rye bread and enjoy! Foto: Cooking Classy
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Slow cooker sjokolate mocca poeding OOO MY GOODNESS – My sjokolade mokka poeding in die SLOW COOKER is klaar – Hier is die bewyse: die poeding is nie baie hoog nie, ek het 2 veranderinge aangebring – het 1 t bakpoeier bygegooi en het die pecaneute vervang met gewone grondboontjies fyngekap. Dit is een STICKY TAAI SJOKOLADE POEDING WAT MENS NIE KAN OPHOU EET NIE – jy moet dit breek met bietjie vanilje roomys by – anders is dit te soet, maar lede: absoluut die moeite werd. Het dit presies ingehad vir 2 en half uur op Low – en vir half uur laat staan voor opdiening: Slow Cooker Mocha Pudding Cake Ingredients 1 1/3 cups sugar 1 cup all-purpose flour 1/2 cup butter, melted 4 large eggs, lightly beaten $ 1/3 cup unsweetened cocoa 1/4 cup chopped pecans, toasted 2 teaspoons instant coffee granules 1/2 teaspoon ground cinnamon 1/4 teaspoon salt 2 teaspoons vanilla extract Vanilla ice cream (optional) Method Stir together all ingredients except ice cream in a large bowl. Pour into a lightly greased 3-quart slow cooker. Cover and cook on LOW 2 to 2 1/2 hours or until set around the edges but still soft in the center. Let stand, covered, 30 minutes. Serve warm with ice cream, if desired. Foto: Watertand resepte vir oud en jonk
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Slow cooker Pork Ribs Ingredients 1.5 kg pork ribs 1 cup water 1/4 cup sherry 1 tablespoon Worcestershire Sauce Salt and pepper BBQ Sauce (your choice) I started with a 1/4 cup over the top of the ribs. Towards the end of the 10 hours I poured more BBQ sauce over the top. Method Place ribs sitting up in the Slow Cooker. Pour ingredients over the ribs. I poured the BBQ Sauce last and then added a bit more right before I served the ribs. Cook LOW and slow for 10 hours in the slow cooker. Foto: The Stay at Home CHEF
THE SECRET TO CROCKPOT RIBS (SLOW COOKER)
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Stadig gesmoorde varklies met lemoen-en-sojasous Bestanddele: 1 kg varklies 1¼ k beesvleisaftreksel ½ k donker sojasous ¼ k mirin (Japannese ryswyn) Sap en gerasperde skil van 1 lemoen 2,5 cm stuk vars gemmer, geskil en in repies gesny 2 knoffelhuisies, in skywe gesny 2 vars, klein rooi rissies 1½ e ligte bruinsuiker 4 steranys 1 kaneelstokkie 500 g Chinese groen groentes soos bok choy of choy sum, mooi afgewerk en gesny Gestoomde rys, om te bedien Metode Sny varklies in 12 stukke en plaas in ’n groot oondvaste kastrol. Voeg genoeg water by om dit te bedek. Bring tot kookpunt en prut stadig vir 20 minute. Dreineer en plaas die vleis in die prutpot. Voeg aftreksel, sojasous, mirin, lemoensap en -skil, gemmer, knoffel, rissies, suiker en speserye by. Voeg net genoeg water by om die vleis te bedek. Plaas op medium tot lae hitte, bedek en prut liggies vir 1 ½ ure. Verwyder die deksel en prut onbedek vir 25 minute. Voeg die groente by en kook vir nog vyf tot ses minute of tot groente net-net verlep is. Foto: Good Food (Pork Belly in Slow Cooker)
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
TAMATIEBREDIE IN PRUTPOT Bestanddele 125 ml water 2,5 ml bruinasyn 5 ml droë pietersielie 2,5 ml sout 820 gr tamatie-en uie-smoor (2 x 410g blikke) 15 ml bisto 60 ml blatjang 15 ml bruinsuiker 6 middelslag aartappels, in kwarte gesny 1,2 kg stowebeesvleis (stewing beef), in blokkies gesny 1 beesvleisaftrekselblokkie swartpeper na smaak Metode Was vleis en plaas in prutpot. Voeg aftrekselblokkie, water, asyn, pietersielie, sout , peper en tamatiesmoor by. Plaas deksel op en kook vir 3 ure op hoog. Draai hitte af tot laag. Meng bisto, blatjang en bruinsuiker en roer by vleismengsel. Voeg aartappels by. Sit deksel op en kook vir 2 ure of tot aartappels gaar is. Bedien op kouskous of rys.
Foto: Food Lovers Recipes
Tamatiebredie in die prutpot
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
VARKTJOP EN PATAT IN PRUTPOT
BESTANDDELE
4 dik varktjops
1 koppie hoenderaftreksel
1 koppie gedroogde appelringe
4 patats
Geursmeersel:
1 eetlepel heuning
½ teelepel mosterdpoeier
½ teelepel gedroogde salie
Metode
Smeer die varktjops met die geursmeersel. Sit die tjops onder in 'n prutpot (slow cooker). Bedek dit
met die appelringe en voeg die aftreksel by. Laat dit teen "hoog" prut vir 4 ure. Maak die patats toe
in foelie. (Jy kan ook heuning oor die patat smeer as jy wil) Bak in die oond teen 180°C so 45 minute
voor die tjops gaar is.
Foto All Recipes Pork Chops in Slow Cooker
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
Vleisstuk met Sampioen-en- Bruinuiesop in PRUTPOT Bestanddele 250 g sampioene in skyfies gesny (1 pakkie) 800 g sampioenroomsop (2 x 400gr blikkies) 250 ml beesvleisaftreksel (1 koppie) 75 ml koekmeel 5 ml knoffelsout 2,5 ml sout 2,5 ml vars gemaalde swartpeper Knypie paprika Bietjie olie 1,8 kg beesroosterstuk (pot roast) 62 g bruinuiesoppoeier (1 pakkie) Metode Meng meel, knoffelsout, sout, peper en paprika. Rol vleis in meelmengsel en braai in kastrol tot goudbruin aan buitekant. Plaas vleis in bord en verhit nog ‘n bietjie olie in pot en soteer sampioene vir 5 minute. Gooi sop, soppoeier, aftreksel en sampioene in prutpot en roer goed. Skep vleis in pot, plaas deksel op en kook vir 6 ure op lae hitte. Wenk: 2 koppies gevriesde groente kan 60 minute voor gaarmaaktyd om is bygevoeg word. As jy haastig is kan prutpot vir 30 minute op hoog gedraai word
Foto: Life Tastes Good
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
43 ~ Pannekoek sonder eiers
Bestanddele 250 ml koekmeelblom 2 ml bakpoeier 2 ml koeksoda 1 ml sout 450 ml water 12.5 ml asyn 60 ml olie Metode Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Meng
water, asyn en olie. Roer die helfte van die vloeistof by die droë bestanddele. Meng tot glad. Roer die res van die vloeistof by om ‘n loperige beslag te vorm. Giet 100 ml beslag op ‘n keer in ‘n verhitte gesmeerde braaipan. Braai pannekoek aan beide kante tot goudbruin en gaar – resep voldoende vir 6 pannekoeke. Foto: jbeancuisine.com (eierlose pannekoek)
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
44 ~ BOTTERKOEK (UIT KOOK EN GENIET) Bestanddele 125 g botter 375 ml suiker 5 ml vanielje 3 eiers 625 ml koekmeel 20 ml bakpoeier 2,5 ml sout 200 ml melk Metode: Verhit oond tot 180ºC. Smeer laagkoekpanne/diep
koekpan/ 2 randkoekpanne en plaas gesmeerde papier onder in. Klop botter met 'n houtlepel en voeg suiker geleidelik by. Klop tot lig en romerig en voeg geursel by. Voeg eiers een-een by en klop baie goed na elke byvoeging. Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg dit al siftende beurtelings met die melk by geroomde mengsel. Klop mengsel tot alles goed gemeng is en dit 'n fluweelagtige voorkoms het. Moenie roer nie, maar klop. Skep beslag in voorbereide panne. Bak 25 -35 minute lank. Keer koek dadelik op draadrak uit om af te koel. Variasies: Sjokoladekoek: Sif 60 ml kakao saam met meel en bakpoeier en vermeerder botter tot 200 ml. Lemoenkoek: Laat vanielje weg en voeg gerasperde skil van 1 lemoen by en vervang ½ k melk met lemoensap. Sit opmekaar met 'n lemoenvulsel Klop 4 botter en roer ¾ k versiersuiker geleidelik by. Voeg 1-2 E lemoensap en 2 t gerasperde lemoenskil by en roer nog ¾ k versiersuiker by. Klapperkoek: Voeg 1 k fyn klapper by mengsel en bak in laagkoekpanne. Kolwyntjies: Bak beslag 15 minute lank in gesmeerde kolwyntjiepanne. Die hoeveelheid is genoeg vir 30 -36 kolwyntjies. Foto: Cookpad (Dutch boterkoek / lekker holland )
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
45 ~ Kerriemaalvleis
Bestanddele 1 groot ui gekap 12.5 ml kookolie 10 ml kerriepoeier 5 ml borrie 25 ml blatjang 25 ml asyn 5 ml suiker 3 ml sout
500 g maalvleis 2 geelwortels (gerasper) 1 groen appel (gerasper) 125 ml water 2 groot aartappels (blokkies gesny) ½ pakkie bruinuiesoppoeier
Metode Braai die ui 5 minute, stadig in die kookolie. Voeg die kerrie en borrie by en roer om te meng Voeg die blatjang, asyn, suiker en sout by en laat 10 minute prut. Voeg die maalvleis en fyn gerasperde wortels by. Roer totdat die vleis lekker los is. Voeg nou die appel en water by en laat 20 minute prut. Roer af en toe. Kook intussen die aartappels sag in water met 3 ml borrie. Gooi die water af en voeg die aartappels by die vleis. Maak die sop met 75 ml water aan en voeg dit by die vleis. Laat 10 minute kook.
Foto: Watertand Resepte vir oud en Jonk
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
46 ~ Mieliegereg
Bestanddele 60 ml meel 60 ml margarien 30 ml suiker 3 teelepels bakpoeier sout 4 eiers 1 blik roommielies
Metode Klits die botter, suiker en eiers baie goed saam. Voeg die meel, bakpoeier en sout by en meng goed. Roer die mielies by. Bak by 180ºC tot ligbruin. Wenk: Heerlik saam met braaivleis. Foto: Onbekend
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
47 ~ Outydse Karringmelkbeskuit Retha Liebenberg
Bestanddele 1.5 kg Bruismeel 500 ml Suiker 500 ml Karringmelk 10 ml Sout 500 g Botter 3 Eiers Geklits
Metode Meng die droë bestanddele en voeg die suiker by. Smelt margarine en voeg karringmelk by. Voeg die eiers by en klits tot goed gemeng. Voeg die droë bestanddele en
meng tot sagte deeg. Maak balletjies, sit in panne en bak vir n uur lank in n matige oond (180°C). Verlaag die temperatuur tot 60°C. Keer die brode uit en laat effens afkoel. Sny dit in vingers en pak op bakplate. Plaas die beskuit in die oond vir 4-6 uur tot heeltemal uitgedroog. Sit 'n lepel in die oond sodat die lug kan ontsnap.Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.
Wenk Die beskuit kan 'n rukkie op die tafel gelos word sodat dit effens kan rys voordat dit gebak word, dan is dit eers lekker.
Foto: RESEPTE EN WENKE
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
48~ Julette se Marmite koek
Dankie vir die resep Okkie
Bestanddele: 75 ml botter 200 ml suiker 1 eier geklits 375 ml meel 10 ml bakpoeier 2 ml sout 250 ml melk
Bolaag 125 ml botter (butter) 10 ml Marmite 125 ml gerasperde kaas (grated cheese)
Metode Klop botter en suiker. Voeg eier by. Sif droë bestanddele saam. Voeg saam met melk by botter mengsel. Meng. Skep in gesmeerde broodpan. Bak 25 minute teen 190° C.
Bolaag: Smelt botter en Marmite.Prik warm koek en gooi mengsel bo-oor. Sprinkel kaas oor. Eet warm.
Foto: Sarie Kos
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
49 ~ Kerrie Wortelslaai Dankie vir jou resep Jan
Bestanddele 2 kg Geelwortels geskil en dun wielietjies gesny 1 kg Uie Skoongemaak en dun ringe gesny 25 ml Sout 500 ml Witasyn 250 ml Suiker 15 ml Matige kerrie 45 ml Mielieblom Metode: Sny wortels in dun wielietjies en uie in skywe. Plaas in kastrol. Bedek met kookwater, voeg die sout by en kook tot sag. Dreineer goed. Voeg 400 ml van
die asyn by die groente en laat net opkook. Meng suiker, kerrie, mielieblom en res van asyn. Roer by die wortelmengsel, kook 6 minute, haal van die stoof af en skep in gesterilseerde flesse. Lewer vier 750 g flesse.
Foto: Pintarest (Bottel en Bêre)
Gratis Kookboek van www.Liplekker.co.za
Indeks Gewilde Indeks Alfabeties
50 ~ Gebraaide Kool
Ingetsuur deur Wanda-Mari Lundly (2 na 3 porsies)
Bestanddele en Metode 1 ui gekap Handvol spek stukkies Kwart koolkop in stringe gesny Sout, peper en knoffel na smaak Braai bogenoemde tot sag. Gooi 2 opgehoopte teelepels wit uiesoppoeier en 100 ml melk oor. Roer tot dik en bedien
Wenk: Jy kan sampioene ook saam met die spek en uie braai
Foto: RESEPTE EN WENKE