1. Voorsang
Die Here is my vesting
https://youtu.be/q36JPgEsUXk
Build Your kingdom
https://youtu.be/8awpRHg5waw
Prys die Here
https://youtu.be/8fT8TmX98uU
Heilig, heilig, heilig
https://youtu.be/l6dyQPAKfx4
U genade’s vir my genoeg
https://youtu.be/Aabaxvet_q4
Heer, ons dink aan Afrika
https://youtu.be/L7J1_1vAOI4
Seën ons Here God, seën Afrika https://youtu.be/2lW6_95jcm8
2. Gebed
Word vir ’n oomblik stil. Kom ons
bid dat die Here nou by ons sal
wees, ons een sal maak al is ons
nie bymekaar nie en dat Sy Heilige
Gees met ons elkeen sal praat
vandag.
3. Skriflesing
1 Petr 1:3-7 3 Aan God, die Vader van ons Here
Jesus Christus, kom al die lof toe!
In sy groot ontferming het Hy ons
die nuwe lewe geskenk deur die
opstanding van Jesus Christus uit
die dood.
Nou het ons 'n lewende hoop 4 op
die onverganklike, onbesmette en
onverwelklike erfenis wat in die
hemel ook vir julle in bewaring gehou word.
5 En omdat julle glo, word ook julle
deur die krag van God veilig
bewaar vir die saligheid wat reeds
gereed is om aan die einde van die
tyd geopenbaar te word.
6 Verheug julle hieroor, selfs al is
dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur
allerhande beproewings 7 sodat die
egtheid van julle geloof getoets
kan word.
Julle geloof is baie kosbaarder as
goud, goud wat vergaan.
Selfs die suiwerheid van goud
word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook
getoets word, sodat dit lof en
heerlikheid en eer waardig mag
wees by die wederkoms van Jesus
Christus.
4. Kinderoomblik
Wys vir die kinders die Sakkie
video: https://youtu.be/E_hQ5xjsNA8
5. Boodskap
Kliek hier om na die video-
boodskap te kyk
https://youtu.be/_iNSIRA_NNE
of lees dit self:
Ek het hierdie week net weer
verstom gestaan oor God se
tydsberekening! Ons gemeente
volg die Leesrooster saam met
1000de kerkgroepe regoor die wêreld en die leesrooster word
jare vooruitbeplan.
En watter teks is vir hierdie week
deur die Heilige Gees vir ons
uitgekies...? 1 Petrus 1:3-9!
In ons krisistyd – te midde van die
wêreld-pandemie – te midde van
ons grendeltyd wat verleng is – watter woorde kies die Heilige
Gees om ons vandag mee te
bemoedig? Hoop te gee? 1 Petr 1.
Dink gou aan ’n keer – dit kan nou
wees of iewers in jou verlede – toe jy op ‘moed-verloor-se-vlakte’
was, toe jy gevoel het jy sukkel
net, jy het nie meer hoop nie.
As jy nou saam met iemand hierna
kyk, druk gou die pause knoppie
en as jy kans sien, deel dit met die
wat saam met jou is.
Gesels oor die volgende vrae: Wat gee jou hoop? óf
Wat laat jou hoop verloor?
Ek wil vandag met julle gesels oor
hoop.
Volgens 1 Kor. 13 is dit een van die
drie dinge wat altyd sal bly.
Rom 12:12 sê weer:
Verbly julle in die hoop; staan vas
in verdrukking; volhard in gebed.
En Hebr. 10:23:
Laat ons styf vashou aan die hoop
wat ons bely, want God is getrou:
Hy doen wat Hy beloof het.
In 1 Tessalonisense 5:8 sê
Paulus:
Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees; ons moet geloof en
liefde as borsharnas dra en die
hoop op verlossing as helm.
Waar Johannes bekendstaan as
die Apostel van die Liefde, is dit
Petrus wat die titel ‘Apostel van
Hoop’ verdien.
Hy skryf die brief, 30 jaar na die
kruisiging en opstanding van
Christus, aan die gelowiges in
Klein-Asië – hedendaagse Turkye -
wat onder vervolging deurgeloop
het.
Hulle is misbruik deur hulle
werkgewers, gedreig deur ongelowige huweliksmaats,
gespot deur skeptiese bure en op
die horison het die donker wolke
van ’n veel erger vervolging
saamgepak.
Dit was ’n anti-christelike
gemeenskap.
Wat maak mens as die dinge wat jou hoop steel, meer raak as die
dinge wat jou hoop gee?
Ja, dit is so, wat ons nodig het, wat
ons veral NOU nodig het, is ’n
lewende hoop.
’n Hoop wat nie afhang van my omstandighede nie.
5.1 Wat is ’n lewende hoop?
Wat is ’n lewende hoop?
Dalk moet ek net eers verduidelik
dat die manier waarop óns die
woord ‘hoop’ gebruik, anders is as
die Bybel se gebruik van dieselfde woord.
Ons nooi vriende oor vir ’n braai en
ons sê: “Ek hoop nie dit reën nie”.
En eintlik bedoel ons: “Ek is nie
enigsins seker nie. Eintlik is ek
onseker.”
“Ek hoop hierdie krisis word gou
opgelos...” maar eintlik bedoel jy:
“Ek dink nie dit kan gebeur nie, maar ek wens dit gebeur... ek
hoop...”
Die Bybelskrywers het egter
presies die teenoorgestelde met
die woord ‘hoop’ bedoel.
Hoop is om seker te wees van iets
wat in die toekoms gaan gebeur.
Ons weet, sê Petrus, dat ons verlossing in die hemel op ons wag
– dit kan nie doodgaan nie, dit kan
nie vuil raak nie, dit kan nie sleg
raak nie. Ons word veilig bewaar
– ons kan daarvan seker wees.
Die teenoorgestelde van lewende
hoop is ’n dooie hoop. Dit is soos
dooie geloof.
Jak 2:26 sê: “'n Liggaam wat nie
asemhaal nie, is dood. So is die
geloof wat nie tot dade kom nie,
ook dood.”
Hoop is in daardie opsig presies
dieselfde as geloof. Hoop wat nie
doodgaan nie, het die krag om te
verander wat jy dink, hoe jy praat en hoe jy leef!
Hoop wat nie dood is nie gee vir
jou sekerheid. Hoop hanteer die
toekoms met sekerheid en maak
dat jy positief is.
As jy hoop het, regtig hoop het,
kan jy die lewe van ander mense
ook verander.
Kom ek vertel julle ’n ware storie:
Eugene Lang was ’n multi-
miljoenêr wat in Harlem, ’n arm
woonbuurt in die VSA grootgeword
het.
In 1981 het sy ou skool hom
genooi om met 60 Graad 6’e van
die skool te kom gesels. Om vir
hulle hoop te gee - voordat hulle hoërskool toe sou gaan.
Hy het lank gewonder wat hy kan
sê wat ’n verskil in hulle lewe sou
kon maak.
Toe sê hy die volgende:
“Ek sal elkeen van julle wat in die
skool bly en wat na matriek
kwalifiseer om verder te gaan
studeer, se studiegeld betaal.”
Op daardie moment het elke kind
in daardie skool se lewe verander.
Een student het gesê: “Skielik het
ek iets gehad om na uit te sien.
Iets het op my gewag.”
90% van daardie jaar se Gr. 6 klas
het uiteindelik universiteit toe
gegaan!
Dis hoe die krag van hoop mense
kan verander! Dis hoe dit nie net
vir jou nie, maar ook ander naas
jou, kan verander.
En wat God aan jou belowe is veel groter en beter as wat ’n biljoenêr
jou kan gee.
Wat is die lewende hoop?
Dis iets wat vas en seker is wat die
krag het om die wêreld te
verander.
5.2 Waar kry jy ’n lewende hoop?
Hoe aktiveer jy die lewende hoop?
Die antwoord word vir jou gegee in
vers 3:
“In sy groot ontferming het Hy ons
die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit
die dood. Nou het ons 'n lewende
hoop”
’n Geskenk = genade.
Jy kry lewende hoop as ’n
geskenk.
En die enigste manier waarop jy ’n
geskenk kry, is deur te glo dat dit
joune is en dit te ontvang.
Jy ontvang die lewende hoop deur
genade, deur geloof – oor dit wat
Jesus aan die kruis gedoen het.
Petrus het Jesus gesien nadat
Jesus uit die dood opgestaan het.
Hy weet dat Jesus die dood oorwin
het.
Daarom is Jesus die bron van sy hoop.
Daarom kan jy jou vrese en dit wat
jou hoop steel vir Hom gee.
Daarom kan jy Sy liefde vertrou.
Jy kan seker wees dat Hy jou
cover. Hy is die bron van jou
hoop.
Soos ek aan die begin gesê het, in
1 Kor. 13 word van die groot drie
gepraat: geloof, hoop en liefde.
So is die drie ’n gawe of ’n opdrag?
Albei. Jy moet glo. Jy moet hoop.
Jy moet liefhê.
Maar die Woord sê ook dat om te
glo en om te hoop gawes van die
Gees is – en dat Jesus die bron van
liefde is, omdat Hyself liefde is.
Rom 5:3 en 4 sê:
“Ons verheug ons ook in die
swaarkry, want ons weet:
swaarkry kweek volharding, en
volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof
kweek hoop; en dié hoop beskaam
nie, want God het sy liefde in ons
harte uitgestort deur die Heilige
Gees wat Hy aan ons gegee het.”
Hoop is dus die enigste gawe van
God waarvoor ons kan werk.
Waaraan ons moet werk.
Om die hoop as genadegawe te ontvang gaan jy soms swaarkry,
gaan jy moet volhard – t.s.v. die
swaarkry
– gaan jy doelbewus moet glo dat
God iets beters in gedagte het,
t.s.v. jou omstandighede.
5.3 Hoe bemagtig hierdie hoop jou?
Vers 13 sê:
“Wees daarom verstandelik
wakker en nugter, en vestig julle
hoop volkome op die genade wat
julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.
14 As gehoorsame kinders moet
julle nie julle lewe inrig volgens die
begeertes wat julle vroeër gehad
het toe julle God nie geken het
nie.
15 Nee, soos Hy wat julle geroep
het, heilig is, moet julle ook in julle
hele lewenswandel heilig wees.”
Hierdie hoop verander jóú!
Dit maak dat jy gehoorsaam wil
wees.
Ja, jy het menslike begeertes,
maar jy rig nie meer jou lewe
daarvolgens in nie.
Ja, jy leef nog in ’n gebroke
wêreld, maar jy wil heilig wees
soos Hy heilig is.
Die menslike reaksie is om in
hierdie omstandighede depressief
te raak. Dis normaal...
’n Lewende hoop beteken dat jy
positief wil wees.
Later in die brief skryf Petrus, in
1 Petrus 5:7: “Werp al julle
bekommernisse op Hom, want Hy
sorg vir julle.”
Normaal is om soms bekommerd
te raak. Ongelowig is om passief
en verlam te word deur jou
omstandighede en deur jou vrese.
’n Paar jaar gelede het hulle
hierdie verskriklike wrede
eksperiment gedoen.
Hulle het twee groepe rotte
geneem en in ’n houer met water
gegooi. Die eerste groep rotte het
binne ’n uur verdrink.
Die tweede groep rotte is elke 10
minute vir 10 sekondes uit die
water gehaal.
Na 24 uur het die rotte nog steeds
rond geswem.
Dit was nie dat hulle uitgerus was
nie – dit was net dat hulle ’n hoop
gehad het!
Hulle het waarskynlik gedink: “As
ek net ’n rukkie langer kan uithou,
sal ek dalk weer uitgehaal word…”
Wreed... soos ek gesê het...
Maar as dit die effek is wat hoop
op rotte het, kan julle julle indink
watter effek ’n lewende hoop op
ons kan hê?
God het jou lief – Hy wil hê jy moet
leef met hoop.
Hy gee vir jou ware hoop – nie die
tipe hoop wat die rotte gekry het nie. Nie ’n onseker wens nie...
Jeremia 29:11 “Ek weet wat Ek vir
julle beplan, sê die Here:
voorspoed en nie teenspoed nie;
Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n
verwagting!” Hoop!
Die Boodskap stel dit so: “Ek weet
wat Ek vir julle in gedagte het. Ek beplan dat goeie dinge met julle
sal gebeur en nie slegte goed nie.
Ek wil hê dat julle hoop vir die
toekoms moet hê.”
’n Hoop op die wederkoms, ja,
maar ook die hoop dat ek – omdat
Jesus my eerste liefgehad het –
anders sal kan leef totdat Hy weer kom.
Mag julle hierdie week met ’n
lewende hoop leef en die mense
rondom julle inspireer om saam
met julle te hoop.
Amen
6. Gebed
Kom ons bid saam
7. Offergawes
As jy wil weet hoe SNAPSCAN werk, gaan na https://ngkerkmelkbosstrand.co.za/index.php/bankbesonderhede/
8. Slotlied
Kom ons sluit af met hierdie lied.
Kom ons lê ons lewens hier by Sy
voete neer.
Jesus, alles gee ek U
https://youtu.be/P7wAZDzGlPE
9. Seën
Sing saam die Seën van die Here
https://youtu.be/AIhAEABhdvw
10. Vir die wat nog tyd (en data) het
Hier is dokumentêre insetsel wat
op die program 60 Minutes was oor
Eugene Lang en die kinders van
daardie Graad 6-klas
https://youtu.be/sRJOLDMiEDc
Wens jy daar was ’n Eugene Lang
in jou lewe óf kan jy dalk ’n Eugene
Lang vir iemand anders wees?
Wat doen jy met die gawes wat
God jou gee? Hoe kan jy mense rondom jou hoop gee?
Som die boodskap in een of twee sinne op? Wat het jy vandag weer
besef of watter vrae het nou by jou
opgekom?
11. 3iG (Dissipelskap) Ons kleingroepe mag nou wel nie in hierdie tyd bymekaarkom nie, maar aangeheg is die 3iG-
produk. 3iG staan vir “3 is Genoeg”.
Dit is ’n ongelooflike spesiale Bybelstudie wat so opgestel is dat jy dit in groepies van 3 via sosiale
media kan doen!
So, ek daag jou uit om in hierdie tyd so ’n groepie
te vorm met twee vriende of familie. Dit kan selfs met van jou kinders wees wat oorsee bly of nou vêr
van jou af is.
Daar is ’n paar moontlike platforms wat jy kan
gebruik. Bv. WhatsApp óf epos óf Zoom óf Houseparty. Vir die twee laaste platforms sal jy
meer data benodig, maar dan kan julle mekaar nie net hoor nie, maar ook sien!
As jy nie weet hoe om so ’n WhatsApp-, Zoom- of Houseparty-groep te vorm nie, kontak my gerus by
0838561951
óf 0214931779
óf [email protected] óf jou naaste tiener (hulle weet alles) vir tegniese bystand.
Kom ons praat met mense oor die hoop wat in ons leef!
3 STAPPE
‘n 3iG-groep is ‘n saam-glo groep wat deur bid, groei en dien Jesus dieper volg. Drie mense wat kies om saam te bid, saam te luister en saam ons geloof te leef.
2 ANDER Dit is slegs ek en 2 vriende wat ‘n spontane groep vorm. Dit kan egter ook uit meer as drie mense wees: ons familie of vriende of kollegas of mense in die gemeente.
1 GESREK
Ons maak weekliks met mekaar kontak (telefonies, WhatsApp, Zoom of epos) rondom die gefokusde saam-gesels van die week. Die leier – wat elke week wissel – sorg dat ons mekaar daardie week sien.
saam groei
saam bid
3iG
’n saam-glo dissipelskap gesprek
saam gesels
saam stap
19 APRIL 2020
Ons vind nie tyd vir gebed nie, ons maak dit.
B.I.D. staan vir: B: Bely teenoor God Wie Hy vir jou is én bely ook jou gesukkel vir Hom. I: Intree vir ander ( bv. Jou 3iG-lede, jou familie, wêreld, ens.). D: Dankie-sê, maak daagliks jou dankie-lys en dank God daarvoor. LEWENS-LEUSE: Bely elke oggend en aand 1 Kor. 9:23 se waarheid: “23Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê.”
Wat weet ons alles van Petrus? Hy en sy broer, Andreas het langs die See van Galilea geloop, toe Jesus hulle as sy dissipels geroep het. Hy woon aan die noordwestelike oewer van die See van Galilea saam met sy vrou en kinders in die huis van sy skoonfamilie in Kapernaum. Na sy belydenis dat Jesus die Chritus, die Seun van God is, verander Jesus sy naam van Simon na Petrus, wat Rots beteken. Petrus beleef saam met Johannes en Jakobus besondere oomblikke saam met Jesus: toe Jesus Jaïrus se dogtertjie uit die dood opgewek het, die verheerliking van Jesus op die berg en die gebedsworsteling van Jesus in die Tuin van Getsemané. Ons weet dat Petrus by geleentheid op die water geloop het, maar toe gesink het en later die Here Jesus sou verloën in die voorhof van Pilatus se woning en dat die Here na sy opstanding drie keer vir Petrus moes vra of hy Hom werklik liefhet. Petrus was die leier van die eerste gemeente en het op Pinksterdag gepreek toe die Heilige Gees uitgestort is. Petrus skryf uit Rome die eerste Petrus-brief, waar hy ook sou sterf. Lees 1 Pet. 1:3-9.
Ons lees nie die Bybel nie, ons laat die Bybel ons lees.
Jesus verwag van ons minder nastaar (admiration) en meer naleef (imitation).
1. ‘n Week na die viering van die opstanding van Jesus, het daardie gebeure steeds ‘n effek op die manier waarop ons leef. Dink na oor die impak van die paasgebeure op jou eie lewe en deel dit dan met mekaar.
2. Omskryf die nuwe lewe waarvan Petrus hier praat.
3. Op die oog af kan gelowiges brandarm wees, bedelaars wees, en tog is hulle ook
Geloofsgewoonte: Om ons daarin te oefen om bewus van God te leef. Met hierdie geloofsgewoonte leer ons om die stem, leiding en teenwoordigheid van God in ons alledaagse lewe raak te sien. Hierdie gewoonte skep ’n dieper bewussyn van God se wil vir ons lewe. Lees hieroor Fil. 1:9-10 en Kol. 1:9. . Doen-dinge:
1. Neem aan die einde van elke dag, die dag in oënskou. Dink terug aan oomblikke waar jy liefde ontvang of gegee het. Waar was jy bewus van die Here se teenwoordigheid?
2. Reflekteer oor die hoogte- en laagtepunte van die dag. Hoe nooi die Here jou om te bid oor die hoogte- en laagtepunte voordat jy aan die slaapraak?
3. Steek ’n kers aan en raak bewus van die Here se teenwoordigheid. Plaas jou hand
op jou hart en vra die Heilige Gees om daardie oomblik van die dag waarvoor jy die dankbaarste is vir jou uit te wys. Sê dan vir die Here dankie daarvoor.
Dink-dinge:
1. Hoe sien jy gewoonlik God se teenwoordigheid raak? Hoe reageer jy op sy teenwoordigheid?
2. Wat het die Here die afgelope ses maande in jou lewe gedoen?
3. Dink aan die vrug van die Gees. Waar, dink jy, wil die Here dit gebruik om sy teenwoordigheid vir ander deur jou te wys?
Eers vorm ons gewoontes en dan vorm die gewoontes ons.
skatryk koningskinders. Mense met hoop is miljoenêrs. Multimiljoenêrs. Die hemel behoort aan hulle. Waarin lê hulle rykdom volgens hierdie gedeelte en is dit veilig?
4. Let op die tweeledige bewaringsaksie van God waarvan hier sprake is. Wys dit vir
mekaar uit. Stel vir mekaar die tweede bewaringsaksie van God hier in perspektief. Beteken dit dat ek aan die einde van my lewe sal kan sê ek het nou nie eers ‘n skrapie of letseltjie opgedoen nie? Sou ons kon sê dat God ons nie noodwendig van lyding bewaar nie, maar ons wel bewaar vir die saligheid?
5. Gelowiges, sê 1 Petrus, is mense wat soms lag deur hulle trane heen, hulle ervaar
vreugdevolle droefheid. Hulle lyding wat hulle bedroef maak, word oortref deur alles wat hulle so bly maak. Dié lyding is soms “nodig” en deel van God se plan met hulle lewe en dit duur slegs vir “‘n kort tydjie”, dit gaan verby en gemeet teen die ewigheid, is dit wat ons nou verduur net ‘n fraksie van ‘n sekonde. Hoe sal julle hierdie gedagtes gebruik om mekaar en ander vandag te bemoedig?
6. Bespreek die rol wat die wederkomsverwagting in Jesus-volgelinge se lewe moet
speel. Volgens verse 8-9 moet dit ‘n huppel in ons stap gee en ‘n vonkel van opwinding in ons oog. Verduidelik dit vir mekaar.