1
14EKONOMIE(NOVEMBER 2009)
(NOVEMBER 2009)EKONOMIE15
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
EKONOMIE
NOVEMBER 2009
PUNTE: 300
TYD: 3 hours
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.
Beantwoord SES vrae as volg:
* AFDELING A: VERPLIGTEND
* AFDELING B: Beantwoord enige DRIE vrae in die ANTWOORDEBOEK
* AFDELING C: Beantwoord enige TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK
2.
Skryf die vraagnommer boaan elke vraag neer.
3.
Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word.
4.
Lees die vrae noukeurig en begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
5.
Laat 2 – 3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.
6.
Beantwoord vrae in vol sinne en maak seker dat die uitleg en inhoud van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vraag voldoen.
7.
Skryf netjies en leesbaar.
8.
Slegs die vereiste aantal vrae sal gemerk word in die volgorde waarin dit in die ANTWOORDEBOEK verskyn.
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1
Verskeie moontlikhede word gegee as antwoorde tot die volgende vrae. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A, B of C) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1 – 1.1.12) in jou ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1
Wanneer kapitaalvoorraad verhoog word om die toenemende arbeidsmag in ag te neem, word dit verwys na as kapitaal-…
A
verbreding.
B
verdieping.
C
intensiteit.
1.1.2
Die wyse waarop ʼn land … skaarsheid hanteer, verwys na die soort ekonomiese stelsel wat die land volg.
A
absolute
B
relatiewe
C
informatiewe
1.1.3
Lone en salarisse wat deur permanente inwoners buite Suid-Afrika verdien word, moet ... word om die BNI te bereken.
A
by die BBP bygetel
B
van die BBP afgetrek
C
met die BBP vermenigvuldig
1.1.4
ʼn Toename in die produksiekoste van Artikel A verminder die vraag na … goedere.
A
substitusie
B
komplementêre
C
normale
1.1.5
Die koste verbonde aan die produksie van ʼn addisionele eenheid is
die …
A
grenskoste.
B
totale koste.
C
gemiddelde koste.
1.1.6
In die geval van komplementêre goedere is die kruis-elastisiteit van vraag …
A
negatief.
B
positief.
C
nul.
1.1.7
Om die ongelykheid tussen die rykes en die armes te verlaag, word ʼn stelsel van … belasting gebruik.
A
proporsionele
B
progressiewe
C
regressiewe
1.1.8
Suid-Afrika word beskou as ʼn … land.
A
ontwikkelende
B
ontwikkelde
C
hoogs ontwikkelde
1.1.9
Die inflasie teiken van die Suid Afrikaanse Reserwe Bank is tussen …
A
3% – 6%.
B
4% – 8%.
C
2% – 5%.
1.1.10
Die … verdeling toon die verskille tussen ryk en arm lande aan.
A
Oos/Wes
B
Noord/Oos
C
Noord/Suid
1.1.11
Fauna en flora is ʼn voorbeeld van … hulpbronne.
A
hernieubare
B
nie-hernieubare
C
vaste
1.1.12
Wanneer mense arm is in vergelyking met ander in dieselfde gemeenskap, word daarna verwys as … armoede.
A
absolute
B
vergelykende
C
relatiewe
(12 x 2)
(24)
1.2
Voltooi die volgende stellings deur gebruik te maak van die onderstaande LYS.
Skryf slegs die korrekte BEGRIP langs die ooreenstemmende vraagnommer
(1.2.1 – 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Makro-ekonomie; Fiskale beleid; Aardverwarming; Mikro-ekonomie; Inflasie; Sentraalbeplande ekonomie
1.2.1
Owerheidsbesluit aangaande belasting en besteding
1.2.2
Handel oor die gedrag van individuele verbruikers, huishoudings en firmas
1.2.3
Dit is ʼn aanhoudende styging in die algemene prysvlak
1.2.4
Die toename in die hoeveelheid koolstofdioksied in die atmosfeer en die gevolglike styging in temperatuur
1.2.5
Die staat besit en beheer alle vorme van hulpbronne
(5 x 2)
(10)
1.3
Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat pas by ʼn item in KOLOM A.
Skryf slegs die korrekte letter (A – I) langs die ooreenstemmende vraagnommer
(1.3.1 – 1.3.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A
KOLOM B
1.3.1
Produksiemetode
A Insette en uitsette vermeerder teen
dieselfde koers of persentasie
1.3.2
Kernkrag
B Die voorraad bates wat deur die
omgewing voorsien word
1.3.3
Geleentheidskoste
C Verwydering van beperkings soos
tariewe en kwotas
1.3.4
Konstante skaal opbrengs
D Die waarde van spesifieke munte en
note wat ʼn persoon kan gebruik vir ʼn
aankoop-transaksie
1.3.5
Gini koëffisiënt
E Hoofbron van elektrisiteit
1.3.6
Wettige betaalmiddel
F Alternatief wat opgeoffer is
1.3.7
Natuurlike kapitaal
G Meet die graad van ongelykheid
tussen die ryk en die arm
1.3.8
Handelsliberalisasie
H Bereken die totale waarde van die
produksie van al die finale goedere en
dienste in die ekonomie
I Produksie, ruil en verbruik van ʼn land
(8 x 2)
(16)
TOTAAL AFDELING A:
50
AFDELING B (BEANTWOORD ENIGE DRIE VRAE UIT HIERDIE AFDELING)
VRAAG 2
Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.
2.1
Kies die mees korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs dié woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (2.1.1 – 2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
2.1.1
Die vraag na arbeid is ʼn (afgeleide/georganiseerde) vraag.
2.1.2
Energie is van strategiese belang vir (internasionale handel/ ekonomiese ontwikkeling) van enige land.
2.1.3
Besteding op (produksie/verbruik) van goedere en dienste bestaan uit die aankoop van goedere en nie-arbeidsdienste.
2.1.4
Die ontwikkelingsvlak van nasies kan vergelyk word deur hul besteding op (nie-duursame/duursame) goedere.
(4 x 2)
(8)
2.1.5
Lys enige DRIE faktore wat die rentekoers op kapitaal beïnvloed.(3 x 2)
(6)
2.2
Bestudeer die volgende inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Bruto toegevoegde waarde volgens soort ekonomiese aktiwiteit (R biljoen)
2008
Primêre sektor
146
Landbou, bosbou en visserye
52
Mynbou, steengroefwerk
94
Sekondêre sektor
395
Vervaardiging
322
Elektrisiteit, gas en water
37
Konstruksie
36
Tersiêre sektor
1 133
Groothandel en kleinhandel, spyseniering
258
Vervoer, berging en kommunikasie
210
Finansies en versekering
328
Gemeenskaps-, sosiale en persoonlike dienste:
337
- Algemene regeringsdienste
267
- Ander dienste
70
Bruto toegevoegde waarde teen basiese pryse
1 674
Plus belasting op produkte
220
Minus subsidies op produkte
6
Bruto Binnelandse Produk teen markpryse
1 888
2.2.1
Definieer die begrip BBP.
(3)
2.2.2
Verduidelik kortliks hoe basiese pryse na markpryse verander kan word?
(3)
2.2.3
Watter nywerheid in ELK van die 3 hoofsektore (volgens die gegewe inligting) dra die meeste by tot toegevoegde waarde deur daardie sektor?(3 x 2)
(6)
2.2.4
Lys enige voorbeeld van ʼn gemeenskaps-, sosiale of persoonlike diens.
(2)
2.2.5
Wat word verstaan onder die begrip ‘finansiële intermediêre dienste’?
(3)
2.2.6
Wat word bedoel met ‘intermediêre goedere’?
(3)
2.3
Verduidelik enige VIER eienskappe van ʼn gemengde ekonomie.
(4 x 4)
(16)
[50]
VRAAG 3
Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.
3.1
Kies die mees korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs dié woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (3.1.1 – 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
3.1.1
Substitute word (gesamentlik/mededingend) aangevra.
3.1.2
Die prys wat iemand betaal om ʼn fliek te sien is ʼn (implisiete/ eksplisiete) koste.
3.1.3
Wanneer die grensnut van produkte wat deur verbruikers aangekoop word, gelyk is aan mekaar, word daarna verwys as verbruikers- (soewereiniteit/ewewig).
3.1.4
ʼn Toename in inkome lei tot ʼn afname in die vraag na (minderwaardige /normale) goedere. (4 x 2)
(8)
3.1.5
Lys DRIE soorte onvolmaakte markte. (3 x 2)
(6)
3.2
DATA RESPONS
Bestudeer die volgende grafiek van volmaakte mededinging en beantwoord die vrae wat volg.
3.2.1
Hoe word die prys in hierdie mark bepaal (grafiek B)?
(3)
3.2.2
Wat is die vorm van die vraagkurwe vir hierdie besigheid? Gee ʼn rede vir hierdie antwoord.
(6)
3.2.3
By watter punt (in Grafiek A) maksimeer hierdie volmaak mededingende besigheid sy wins? Gee ʼn rede vir die antwoord.
(5)
3.2.4
Watter soort wins word deur hierdie besigheid verdien?
(3)
3.2.5
Identifiseer die wins area in Grafiek A.
(3)
3.3
Onderskei kortliks tussen ‘korttermyn koste’ en ‘langtermyn koste’ (geen grafieke).
(16)
[50]
VRAAG 4
Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.
4.1
Kies die mees korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs dié woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (4.1.1 – 4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
4.1.1
(Grondrestitusie/Grondherverdeling) verwys na die teruggee van grond, waarvandaan mense voorheen geforseer was om te trek, as gevolg van politieke redes.
4.1.2
Verhoging van die ekonomie se vermoë om meer goedere te produseer, verwys na ekonomiese (groei/ontwikkeling).
4.1.3
Besluite rakende die vlak van die repokoers word geneem deur die (Monetêre Beleidskomitee/Minister van Finansies).
4.1.4
(NEPAD/OAE) is aanvaar as die strategie vir die bereiking van volhoubare ontwikkeling op die Afrika kontinent in die 21ste eeu. (4 x 2)
(8)
4.1.5
Lys enige DRIE redes vir die ongelyke verdeling van rykdom.(3 x 2)
(6)
4.2
DATA RESPONS
Bestudeer die volgende kaart en beantwoord die vrae wat volg.
4.2.1
Noem enige SES lande in die SAOG.
(6)
4.2.2
Lys enige DRIE ekonomiese doelwitte van die SAOG.
(6)
4.2.3
Lys enige DRIE vorme van ekonomiese integrasie en ko-operasie.
(6)
4.2.4
Noem enige EEN verwagte uitkoms van NEPAD.
(2)
4.3
Verduidelik kortliks enige VIER metodes vir ekonomiese groei soos vervat in GEAR.
(16)
[50]
VRAAG 5
Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig.
5.1
Kies die mees korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs dié woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (5.1.1 – 5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
5.1.1
Die armoede lyn word gedefinieer in terme van huishoudings se (inkome/afhanklikes).
5.1.2
Globalisasie kan beskou word as die integrasie van ekonomiese aktiwiteite op ʼn (wêreldwye/streeks-) skaal.
5.1.3
Toenemende woestyngebiede is ʼn oorsaak van aard- (afkoeling/. verwarming).
5.1.4
ʼn Stelsel wat gebruik word om afval te prosesseer, word na verwys as (herverdeling/herwinning).
(4 x 2)
(8)
5.1.5
Lys enige DRIE organisasies wat gestig is om globalisasie aan te moedig. (3 x 2)
(6)
5.2
Bestudeer die onderstaande foto en beantwoord die vrae wat volg.
5.2.1
Wat word bedoel met ‘die omgewing’?
(3)
5.2.2
Wat met verwysing na bogenoemde foto, het veroorsaak dat die omgewing deel word van die wêreld se vuilste plekke?
(6)
5.2.3
Verduidelik kortliks enige DRIE maatreëls wat geneem kan word om die omgewing te beskerm.
(9)
5.2.4
Noem EEN soort besoedeling.
(2)
5.3
Verduidelik enige VIER gevolge van globalisering.
(4 x 4)
(16)
[50]
VRAAG 6
Beantwoord die volgende vrae dienooreenkomstig:
6.1
Kies die mees korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs dié woord langs die ooreenstemmende vraagnommer (6.1.1 – 6.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
6.1.1
Huur vir grond en geboue, huise, ens. word (ekonomiese/handels- ) huur genoem.
6.1.2
Ondernemings wat meer gedesentraliseerde besluitneming en arbeids- spesialisasie het, word na verwys as (mikro/medium) ondernemings.
6.1.3
Bank mislukkings is noodlottig vir die (aandeelhouers /werkloses).
6.1.4
Inkome- en rykdomverdeling in ʼn mark-ekonomie is oor die algemeen (gelyk/ongelyk).
(4 x 2)
(8)
6.1.5
Noem enige DRIE elemente van SEB (BEE).
(3 x 2)
(6)
6.2
DATA RESPONS
Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Vandag word die tekort aan tegniese en professioneel-geskoolde mense as baie ernstig beskou in Suid-Afrika.
As Suid-Afrika homself as ʼn wêreldleier wil beskou, moet ons sekondêre en tersiêre sektor (vervaardiging, dienste en so aan) ʼn baie belangriker rol in die ekonomie speel. Verwerkte materiaal dra by tot hoër verdienste.
Om mee te ding met lande soos Japan, Brittanje, VSA en Duitsland, moet ons arbeiders hoër geskoold wees. ʼn Hoër geskoolde arbeidsmag sal Suid-Afrika in staat stel om meer doeltreffend te wees in die produksieproses en sodoende ook meer produktief. Hoër produktiwiteit sal lei tot laer produksiekoste en laer pryse. Geskoolde arbeiders sal ook verseker dat beter kwaliteit produkte vervaardig word.
[Aangepas uit ‘Fokus op Ekonomie’]
6.2.1
Definieer die begrip, ‘arbeid’.
(3)
6.2.2
Noem TWEE ander (geskoolde arbeid uitgesluit) kategorieë van arbeid.
(6)
6.2.3
Identifiseer uit die uittreksel DRIE voordele van ʼn geskoolde arbeidsmag in Suid-Afrika.
(9)
6.2.4
Wat het Suid-Afrika die meeste nodig (na aanleiding van die uittreksel) om dit moontlik te maak om met ander lande mee te ding?
(2)
6.3
Verduidelik kortliks enige VIER bankfunksies van die SARB.
(4 x 4)
(16)
[50]
TOTAAL AFDELING B:
100
AFDELING C (BEANTWOORD ENIGE TWEE VRAE UIT HIERDIE AFDELING)
VRAAG 7
‘Infrastruktuur is ’n integrale deel van Suid-Afrika se strategie om uitdagings in verband met ontwikkeling te aanvaar’.
Ontleed elkeen van die hoofelemente van Suid-Afrika se infrastruktuur.
[50]
VRAAG 8
‘Met die wêreldwye ekonomiese resessie, het die vraag na motors geval na ’n 10 jaar-laagtepunt – maar die vraag na mielies en koring het dieselfde gebly’.
Skryf ’n opstel oor die faktore wat die pryselastisiteit van vraag bepaal.
[50]
VRAAG 9
‘Die wêreld is verdeel in twee groepe lande, die ontwikkelde en die ontwikkelende lande. Daar is verskeie aanwysers of faktore wat gebruik word om te onderskei tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande.”
Verduidelik die eienskappe van ontwikkelende lande ten volle.
[50]
VRAAG 10
‘ARMOEDE RAAK ALLE GEMEENSKAPPE’
In die lig van bogenoemde, skryf ’n opstel oor die oorsake van armoede en sluit jou opstel af deur aan te dui watter maatreëls die Suid-Afrikaanse regering moet neem om armoede te verlig.
[50]
TOTAAL AFDELING C:
100
GROOTTOTAAL: 300
DIE OMGEWING
�
Baie giftige drinkwater, lood besoedelde grond en besoedelde lug is jammerlik die begin van die wêreld se vuilste plekke.
P1
P
c
b
a
Hoeveelheid
Hoeveelheid
d
H
H1
A
P
V
MK
GTK
V=MI
Prys
Grafiek A
Grafiek B