die veldgids vir die oes van veldblomme · baie van die plante wat hier groei, is kwesbaar (in...
TRANSCRIPT
DIE VELDGIDS VIR DIE OES VAN
VELDBLOMME
Inleiding tot Die Veldgids vir die Oes van Veldblomme
Baie mense in die Overberg maak ’n bestaan uit die streek se veldblomme, wat bekend staan as fynbos. Sommige pluk blomme vir markte waar dit verkoop word, party verwyder uitheemse indringerplante en ander is by bewaring en natuurtoerisme betrokke. Dis belangrik dat mense wat in die veld werk, fynbosplante ken. Hierdie sakgrootte Veldgids vir die Oes van Veldblomme beskryf 41 van die gewildste soorte fynbosplante wat in ons omgewing gepluk word vir die veldblommark. Dit verskaf ook nuttige inligting oor volhoubare oespraktyke, asook oor fynbosbewaring in die algemeen.
Die oes van veldblomme het ’n uitwerking of impak op die veld. As ons nie versigtig is nie, kan ons plante seermaak of selfs doodmaak. Dis waarom dit belangrik is om die volgende vrae te vra voordat blomme gepluk word:
• Watter blomme kan gepluk word?
• Hoeveel kan gepluk word?
• Hoe behoort blomme gepluk te word?
Hierdie gids help mense om te verstaan:
• wat die verskille is tussen die baie soorte fynbosplante wat in die veld groei; en
• watter fynbosplante gepluk kan word en watter skaars is en eerder in die veld gelaat moet word.
Hierdie veldgids is in al drie hooftale van die Wes-Kaap beskikbaar, naamlik Afrikaans, Engels en isiXhosa.
Plante van Suid-Afrika
Suid-Afrika het ’n groot aantal inheemse plantspesies: sowat 20 000 altesaam. Die Rooi Datalys van bedreigde spesies (http://redlist.sanbi.org/redcat.php) vertel ons watter van hierdie spesies bedreig word. Sowat driekwart (of 75%) van Suid-Afrika se bedreigde plante groei in die fynbosbioom.
Fynbos is ’n soort plantegroei of veld. Die naam kom van die Hollandse woord ‘fijnbosch’, wat beteken ‘fyn bos’. Dit beskryf hoe die plante lyk. Die meeste fynbosplante het klein (of fyn) blare en is struike (of bosse) eerder as bome.
Die fynbosbioom is ’n natuurgebied wat vanaf Vanrhynsdorp in die weste tot by Grahamstad in die ooste strek, in ’n 100 tot 200 kilometer wye strook langs die kus. Hierdie gebied het ’n Mediterreense klimaat met koue, nat winters en warm, droë somers. Die grootste gedeelte van die res van Suid-Afrika kry somerreën en die winters is droog. Fynbosplante moet taai wees om die lang somerdroogtes te oorleef.
Fynbos kom hoofsaaklik voor in grond wat arm is aan voedingstowwe, asook op plekke waar die water skaars voedingselemente uit die grond geloog (weggespoel) het. Dis nog ’n eienskap van fynbos aangesien baie min plante sulke onvrugbare grond verkies. Fynbos het by hierdie grondtoestande aangepas; daarom kan dit in areas groei waar baie ander plante nie kan nie.
In die warm, droë, winderige somers kom brande algemeen voor in fynbos. Fynbos moet in werklikheid elke 15 jaar of wat brand. Brande help om die veld te vernuwe omdat dit ou plante vernietig, terwyl die vuurrook veroorsaak dat saad in die grond ontkiem en in nuwe plante ontwikkel.
Fynbosplante word bedreig deur:
• vernietiging van hul habitat – as gevolg van stedelike, landbou- en industriële ontwikkeling;
• die verspreiding van uitheemse indringerplante;
• onvanpaste landboupraktyke;
• onvolhoubare plukpraktyke;
• veld wat te gereeld brand.
Pluk fynbos versigtig
Hier is ’n paar feite om oor na te dink:
• Wanneer fynbosblomme uit die veld verwyder word, verhoed ons die blomme om saad te maak waaruit nuwe plante kan groei. Dis waarom ons altyd van die blomme in die veld moet agterlaat.
• As ons nie weet watter plante gepluk mag word nie, kan ons dalk skaars spesies pluk wat gevaar loop om uit te sterf.
• As ons toelaat dat uitheemse indringerplante in die veld groei, kan hulle veroorsaak dat die fynbosplante wat in die skaduwee onder hulle staan, ophou groei. Ons moet hierdie indringerplante uit die veld verwyder.
• Omdat fynbos so waardevol is, word dit deur die wet beskerm (waaronder die Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteitswet 2004). Dit is byvoorbeeld onwettig om ongerepte fynbosveld (wat nog nooit vantevore skoongemaak is nie) te ploeg of skoon te maak (om bv. ander gewasse in die fynbos se plek te plant). Ons moet die reëls wat fynbos beskerm, ken en respekteer.
• Dit is onwettig om fynbos sonder die regte lisensies van bewaringsowerhede soos Kaapse Natuurbewaring te pluk. Hierdie lisensies verskaf riglyne wat ons help om fynbos op te pas.
Indien ons verstaan watter uitwerking die oes van fynbos op die veld het, kan ons die veld meer doeltreffend bewaar. As ons vanjaar al die fynbos pluk, gaan daar op die ou end geen fynbos wees om in die toekoms te pluk nie. Dit sal dit moeiliker maak vir mense om hul brood te verdien.
Wat is die beginsels van Volhoubare Oes?
Die Flower Valley Bewaringstrust, Kaapse Natuurbewaring, botaniste, markkundiges en die fynbosbedryf het almal saamgewerk om die Volhoubare Oesprogram (VOP) oor ’n tydperk van tien jaar te ontwikkel. Die VOP voorsien fynbosplukkers en -verskaffers van hulpmiddels om hulle te help om fynbos op ’n verantwoordelike manier te oes. ’n Belangrike hulpmiddel van die VOP is die VOP Kode vir Beste Praktyk vir Veldblomplukkers.
Die Kode vir Beste Praktyk het vier beginsels wat die omgewing beskerm:
1. Bewaar biodiversiteit
2. Gebruik fynbos in die natuur volhoubaar
3. Voldoen aan nasionale en provinsiale regulasies
4. Beskik oor ’n eiendomsbestuursplan
Daar is verdere besonderhede beskikbaar oor hierdie beginsels in die Veldgids vir die Oes van Veldblomme.
Plukspanne moet die beginsels van volhoubare oes toepas wanneer hulle blomme in die veld pluk. Hierdie beginsels is opgeteken in die Volhoubare Oesprogram.
Fynbosplante van die Agulhasvlakte en verder
Die res van hierdie sakgrootte Veldgids vir die Oes van Veldblomme beskryf 41 spesies (of tipes) fynbosplante wat op die Agulhasvlakte groei. Hierdie spesies is gekies omdat dit die fynbosplante is wat die meeste gepluk word. Baie van dié plante groei ook in ander dele van die Kaapse Blommeryk. Hulle word almal vir hul blomme of loof geoes.
Die Agulhasvlakte is ’n biodiversiteitsbrandpunt. Baie van die plante wat hier groei, is kwesbaar (in gevaar) weens uitheemse indringerplante, stedelike en landbou-ontwikkeling en omdat hulle geoes word. ’n Groot aantal plante is endemies (uniek) aan hierdie gebied. As hulle hier uitsterf, kan hulle nie vervang word nie.
Die 41 inheemse plantspesies behoort aan agt plantfamilies. Die plante word heel eerste volgens hul families in alfabetiese volgorde gerangskik: die lys begin by die Asteraceae en eindig met die Rutaceae. Daarna word hulle alfabeties volgens hul genus en spesiename gelys.
By elke plantspesie is daar ’n beskrywing en ’n foto wat jou sal help om dit in die veld te herken. Jy gaan uitvind waar elke spesie die meeste voorkom. Jy sal ook leer watter spesies algemeen is en gepluk kan word, en watter bedreig is en in die veld gelaat moet word.
’n Kleuretiket wat jou inlig of die plant algemeen of bedreig is, soos aangedui deur die Rooi Datalys:
• Groen etiket – hierdie plant is algemeen (die minste bedreig); dus kan dit vir die mark gepluk word, mét die betrokke lisensies van Kaapse Natuurbewaring.
• Oranje etiket – hierdie spesie neem af. Dit kan met die toestemming van Kaapse Natuurbewaring gepluk word.
• Oranje etiket – hierdie spesie is byna bedreig. Dit kan met die toestemming van Kaapse Natuurbewaring gepluk word.
• Rooi etiket – hierdie spesie is kwesbaar. Dit kan met die toestemming van Kaapse Natuurbewaring gepluk word.
Die oorblywende inligting vertel ons van die bewaringstatus van die spesies op die Agulhasvlakte, waar die Volhoubare Oesprogram heel aan die begin getoets is. Nie alle spesies het kwesbaarheidstellings nie. Dis omdat die meeste van dié spesies nie van nature op die Agulhasvlakte voorkom nie. Hulle kan egter hier groei en mag gepluk word indien hulle kunsmatig gesaai is.
Die telling van plante op die Kwesbaarheidsindeks dui aan:
• 1 – 4: Algemene spesies;
• 5 – 6: Spesies wat gemonitor moet word;
• 7 – 8: Dis baie belangrik dat hierdie spesies gemonitor word;
• 9 – 11: Spesies wat geensins gepluk moet word nie.
Die volgende dui aan hoe groot die geografiese verspreidingsgebied is waarin ’n spesie voorkom:
• Wydverspreid beteken dat die plant in ’n gebied groter as 500 km2 groei.
• Beperk beteken dat die plant in ’n gebied kleiner as 500 km2 groei.
Die volgende dui aan hoe volop ’n spesie is:
• Algemeen beteken dat die spesie in digte plantbevolkings in ’n verspreidingsgebied groter as 500 km2 groei.
• Beperk beteken dat die spesie in klein, verspreide groepe in ’n verspreidingsgebied kleiner as 500 km2 groei.
Elkeen van die plantbeskrywings sluit die volgende in:
• ’n Kleurfoto van die blom;
• Die naam van die familie waaraan die plant behoort;
• Die wetenskaplike naam van die plant (die genus en spesie);
• Gewone name van die plant;
• ’n Beskrywing van elke plant: sy struktuur, hoogte en wydte, hoe die blare en blomme lyk, en hoe dit groei;
• Waar die plant groei: die dele van die land;
• Waarvoor die plant gebruik word, bv. dit word gepluk vir die vars- of droëblombedryf;
• Bewaringsinligting ooreenkomstig die Rooi Lys van Suid-Afrikaanse Plante (wat die bewaringstatus van al die flora of plantegroei in Suid-Afrika beoordeel): bedreigings vir die oorlewing van die spesie;
Uitgesterf
Suid-Afrikaanse Rool Lys Kategorieë
Bedreigdespesies Spesies waarvan
die bewaringstatus sorgwekkend is
Uitgesterf
Bedreig
Ander Kategorieë van bewaringskommer
Ander Kategorieë
Toen
emen
de r
isiko
van
uitw
issin
g
Uitgesterf in die Natuur
Plaaslik Uitgesterf
Krities Bedreig, Moontlik Uitgesterf
Krities Bedreig
Bedreig
Kwesbaar
Byna Bedreig
Krities Skaars
Skaars
Dalend
Gebrek aan Data – Onvoldoende inligting
Gebrek aan Data – Taksonomies Problematies
Minste Bedreig
Uitgesterf
Suid-Afrikaanse Rool Lys Kategorieë
Bedreigdespesies Spesies waarvan
die bewaringstatus sorgwekkend is
Uitgesterf
Bedreig
Ander Kategorieë van bewaringskommer
Ander Kategorieë
Toen
emen
de r
isiko
van
uitw
issin
g
Uitgesterf in die Natuur
Plaaslik Uitgesterf
Krities Bedreig, Moontlik Uitgesterf
Krities Bedreig
Bedreig
Kwesbaar
Byna Bedreig
Krities Skaars
Skaars
Dalend
Gebrek aan Data – Onvoldoende inligting
Gebrek aan Data – Taksonomies Problematies
Minste Bedreig
Plantbeskrywings en verklarings Plantbeskrywings en verklarings
Plant beskrywings
Familie Genus & Spesie
1 Asteraceae Phaenocoma prolifera
2 Stoebe plumosa3 Syncarpha vestita
4 Bruniaceae Berzelia abrotanoides5 Berzelia lanuginosa6 Brunia albiflora7 Brunia laevis8 Brunia noduliflora9 Staavia radiata
10 Ericaceae Erica coccinea11 Erica imbricata12 Erica plukenetii
13 Proteaceae Aulax umbellata14 Leucadendron coniferum15 Leucadendron laureolum16 Leucadendron linifolium17 Leucadendron meridianum18 Leucadendron muirii19 Leucadendron platyspermum20 Leucadendron rubrum21 Leucadendron salicifolium
Plant beskrywings
Familie Genus & Spesie
22 Proteaceae Leucadendron xanthoconus
23 Leucospermum cordifolium
24 Leucospermum truncatulum
25 Mimetes cucullatus
26 Protea compacta
27 Protea cynaroides
28 Protea eximia
29 Protea longifolia
30 Protea neriifolia
31 Protea obtusifolia
32 Protea repens
33 Protea scolymocephala
34 Protea speciosa
35 Protea sulphurea
36 Protea susannae
37 Restionaceae Thamnochortus insignis
38 Rhamnaceae Phylica ericoides
39 Rubiaceae Anthospermum aethiopicum
40 Rutaceae Acmadenia heterophylla
41 Agathosma betulina
Verklaring van plantkenmerke Verklaring van plantkenmerke
Hoogte van plant Gebruik Geografiese voorkomsVoortplanting
Blomseisoen Bewaringstatus VolopheidWaar groei dit
Familie: Asteraceae Genus: Phaenocoma
Familie: Bruniaceae Genus: Berzelia
Familie: Asteraceae Genus: Stoebe
Familie: Bruniaceae – die brunia-familieGenus: Berzelia
Familie: Asteraceae Genus: Syncarpha
Familie: Bruniaceae Genus: Berzelia
Spesie: prolifera Gewone naam: Rooisewejaartjie, Strooiblommetjie
Spesie: abrotanoides Gewone naam: Bloed kol-kol
Spesie: plumosa Gewone naam: Slangbos
Spesie: lanuginosa – wat beteken ‘wollerig’Gewone naam: Kol-kol
Spesie: vestita Gewone naam: Sewejaartjie, Strooiblommetjie, Matras Sewejaartjie
Spesie: albiflora Gewone naam: Knopbossie, Koffiebossie, Stompies
Phaenocom
a proliferaStoebe plum
osaSyncarpha vestita
Berzelia abrotanoides
Berzelia lanuginosa
Berzelia albiflora
Skiereiland tot Bredasdorp Clanwilliam tot Port Elizabeth
Kaapse Blommeryk Clanwilliam tot Bredasdorp
Skiereiland tot George Hottentots Holland tot die Kleinrivierberge
1.2m
September tot Maart
Saaddraende plant, insekte
Droëblombedryf
Minste bedreig
VI= 4
Wydverspreid
Algemeen
1.5m
April tot Oktober
Saaddraende plant, insekte en heruitloper
Varsblombedryf
Minste bedreig
VI= 4
Wydverspreid
Gelokaliseerd
1m
April tot Junie
Saaddraende plant, insekte, wind
Vars- en droëblombedryf, medisyne
Minste bedreig
VI= 3
Wydverspreid
Algemeen
2m
Junie tot November
Saaddraende plant, insekte
Varsblombedryf
Minste bedreig
VI= 6
Wydverspreid
Gelokaliseerd
90cm
November tot Januarie
Saaddraende plant, insekte
Droëblombedryf
Minste bedreig
VI=5
3m
Maart, April
Saaddraende plant, insekte
Varsblombedryf
Minste bedreig
Familie: Bruniaceae – die brunia-familie Genus: Brunia
Familie: Bruniaceae Genus: Brunia
Familie: Bruniaceae Genus: Staavia
Spesie: laevis – wat beteken ‘glad’Gewone naam: Silwer Brunia
Spesie: noduliflora Gewone naam: Knopbossie
Spesie: radiata Gewone naam: Glasogies, Altydbossie
Brunia laevis
Brunia noduliflora
Staavia radiata
Caledon tot Bredasdorp
Suidwes- en suid-Kaap
Malmesbury tot Riversdal
90cm
Augustus tot Januarie
Saaddraende plant, insekte (heruitloper na ’n brand)
Vars- en droëblombedryf
Minste bedreig
VI= 6
Beperk
Gelokaliseerd
50cm-1.5m
Maart tot Junie
Saaddraende plant, insekte (heruitloper na ’n brand)
Vars- en droëblombedryf
Minste bedreig
VI= 2
Wydverspreid
Gelokaliseerd
90cm
September tot Desember
Saaddraende plant, insekte (heruitloper na ’n brand)
Varsblombedryf
Minste bedreig
VI= 3
Wydverspreid
Algemeen
Familie: Ericaceae Genus: Erica
Familie: Ericaceae Genus: Erica
Familie: Ericaceae Genus: Erica
Spesie: coccinea Gewone naam: Hangertjies, Vlakteheide
Spesie: imbricata Gewone naam: Kêr-kêr
Spesie: plukenetii Gewone naam: Hangertjie
Erica coccinea
Erica im
bricataErica plukenetii
Sederberge in die weste, tot die Kaapse Skiereiland, Agulhasvlakte en die Kamanassieberge
Gifberg tot Port Elizabeth
Kaapse Blommestreek
n.b E. plukenetii subsp. lineata is bedreig en het ’n VI van 8
1.2m
Deur die jaar
Saaddraende plant, insekte (heruitloper na ’n brand)
Varsblombedryf
Minste bedreig
VI= 2
Wydverspreid
Gelokaliseerd
80cm
Junie tot Desember
Saaddraende plant, insekte
Varsblombedryf
Minste bedreig
VI= 4
Wydverspreid
Algemeen
1m
Deur die jaar
Saaddraende plant, voëls
Varsblombedryf
Minste bedreig
VI= 3
Wydverspreid
Algemeen
Familie: Proteaceae Genus: Aulax
Familie: Proteaceae Genus: Leucadendron
Familie: Proteaceae Genus: Leucadendron
Spesie: umbellataGewone naam: Krismisblom
Spesie: coniferum Gewone naam: Duinegeelbos, Geelbos
Spesie: laureolum Gewone naam: Louriertolbos
Aulax um
bellataLeucadendron coniferum
Leucadendron laureolum
Kogelberg tot Stilbaai
Agulhasvlakte, kusgebiede van Kaapse Skiereiland en Bettysbaai
Kaapse Skiereiland tot Potberg, binnelands tot by Paarlberg
2.5m
September tot Februarie
Saaddraende plant, insekte
Vars- en droëblombedryf
Byna bedreig
VI= 2
Wydverspreid
Algemeen
4m
Augustus, September
Saaddraende plant, wind
Varsblombedryf
Kwesbaar
VI= 5
Wydverspreid
Gelokaliseerd
2m
Junie tot Augustus
Saaddraende plant, insekte en heruitloper
Varsblombedryf
Minste bedreig
VI= 3
Wydverspreid
Gelokaliseerd
Familie: Proteaceae Genus: Leucadendron
Familie: Proteaceae Genus: Leucadendron
Familie: Proteaceae Genus: Leucadendron
Spesie: linifolium Gewone naam: Tolle
Spesie: meridianum Gewone naam: Geelbos
Spesie: muiriiGewone naam: Kruiphout
Leucadendron linifolium
Leucadendron m
eridianumLeucadendron m
uirii
Kaapse Skiereiland en die Overberg
Gouritsriviermond tot die Agulhasvlakte
Bredasdorp en die Agulhasvlakte tot Stilbaai
2m
September, Oktober
Saaddraende plant, insekte
Vars- en droëblombedryf
Kwesbaar
VI= 4
Wydverspreid
Gelokaliseerd
2m
Julie en Augustus
Saaddraende plant, insekte
Vars- en droëblombedryf
Minste bedreig
VI= 7
Beperk
Gelokaliseerd
2m
November, Desember
Saaddraende plant, wind
Droëblombedryf
Minste bedreig
VI= 7
Beperk
Gelokaliseerd
Familie: Proteaceae Genus: Leucadendron
Familie: Proteaceae Genus: Leucadendron
Familie: Proteaceae Genus: Leucadendron
Spesie: platyspermumGewone naam: Tol, Tolle
Spesie: rubrum Gewone naam: Tolle
Spesie: salicifolium Gewone naam: Geelbos
Leucadendron platysperm
umLeucadendron rubrum
Leucadendron salicifolium
Kleinmond tot Villiersdorp en die Agulhasvlakte
Kaapse Blommestreek
Olifantsrivier tot die Langeberge by Riversdal
1.7m
September
Saaddraende plant, insekte
Vars- en droëblombedryf
Kwesbaar
VI= 7
Beperk
Gelokaliseerd
2.5m
Augustus, September
Saaddraende plant, wind
Droëblombedryf
Minste bedreig
3m
Julie tot September
Saaddraende plant, wind
Vars- en droëblombedryf
Minste bedreig
VI=5
Familie: Proteaceae Genus: Leucadendron
Familie: Proteaceae Genus: Leucospermum
Spesie: xanthoconusGewone naam: Blinkblaartolbos
Spesie: cordifolium Gewone naam: Luise, Luisies, Speldekussing
Leucadendron xanthoconus
Leucosperm
um cordifolium
Kaapse Skiereiland tot Potberg
Kogelberg, Groenlandberge, Houwhoek, Caledon Swartberg, Kleinrivierberge, Akkedisberg en Bredasdorpberge, en Soetanysberg
2m
Augustus
Saaddraende plant, insekte
Vars- en droëblombedryf
Minste bedreig
VI= 2
Wydverspreid
Algemeen
1.5m
Augustus tot Januarie
Saaddraende plant, voëls
Varsblombedryf
Byna bedreig
VI= 4
Wydverspreid
Gelokaliseerd
Familie: Proteaceae Genus: Leucospermum
Spesie: truncatulum Gewone naam: Buxi, Buxifolium
Leucosperm
um truncatulum
Kogelberg tot Agulhas
2m
Augustus tot Desember
Saaddraende plant, insekte
Vars- en droëblombedryf
Byna bedreig
VI= 6
Wydverspreid
Spesie: eximia Gewone naam: Broad-leaf Sugarbush
Familie: Proteaceae Genus: Protea
Spesie: compactaGewone naam: Botrivierprotea
Protea com
pacta
Familie: Proteaceae Genus: Protea
Spesie: cynaroides Gewone naam: Koningsprotea, Reuseprotea
Protea cynaroides
Sederberge tot Kogelberg en Agulhasvlakte tot Kougaberge
Kaapse suidweskus: Kleinmond, Houwhoek, Hermanus, Elim, Napier, Bredasdorp en Struisbaai
Kaapse Blommestreek: Sederberge tot Grahamstad
2m
Augustus tot Maart
Saaddraende plant, voëls
Varsblombedryf
Minste bedreig
VI= 2
Wydverspreid
Algemeen
3.5m
April tot September
Saaddraende plant, voëls
Vars- en droëblombedryf
Byna bedreig
VI= 7
Wydverspreid
Gelokaliseerd
2m
Deur die jaar
Saaddraende plant, voëls
Varsblombedryf
Minste bedreig
VI= 4
Wydverspreid
Gelokaliseerd
Familie: Proteaceae Genus: Protea
Spesie: longifolia Gewone naam: Swartbaard
Worcester oor Van Stadensberg tot Port Elizabeth
Hottentots-Holland, Du Toitskloofberge, tot die Agulhasvlakte
5m
Julie tot Desember
Saaddraende plant, voëls
Varsblombedryf
Minste bedreig
1.5m
Mei tot September
Saaddraende plant, voëls
Varsblombedryf
Kwesbaar
VI= 3
Wydverspreid
Algemeen
Familie: Proteaceae Genus: Mimetes
Spesie: cucullatus Gewone naam: Rooistompie
Mim
etes cucullatus
Kaapstad tot Port Elizabeth
3-5m
Februarie tot November
Saaddraende plant, voëls
Varsblombedryf
Minste bedreig
VI= 3
Wydverspreid
Algemeen
Familie: Proteaceae Genus: Protea
Spesie: neriifolia Gewone naam: Baardsuikerbos
Spesie: eximia Gewone naam: In Engels staan dit bekend as: ‘Broad-leaf Sugarbush’
Protea neriifolia
Familie: Proteaceae Genus: Protea
Protea exim
iaProtea longifolia
Familie: Proteaceae Genus: Protea
Familie: Proteaceae Genus: Protea
Spesie: repensGewone naam: Suikerkan
Spesie: scolymocephala Gewone naam: Skollie
Protea repens
Protea scolym
ocephala
Stanford tot Kaap Agulhas, Stilbaai en tot die Gouritsriviermond
Suidwes-Kaap tot oos van Grahamstad
Olifantsrivier tot Kaapse Skiereiland en deur die Overberg tot Hermanus
2-3m
April tot September
Saaddraende plant, voëls
Varsblombedryf
Byna bedreig
VI= 7
Beperk
Gelokaliseerd
2.5m
Deur die jaar
Saaddraende plant, voëls
Droëblombedryf
Minste bedreig
VI= 3
Wydverspreid
Algemeen
1.5m
Julie tot November
Saaddraende plant, insekte
Vars- en droëblombedryf
Kwesbaar
Familie: Proteaceae Genus: Protea
Familie: Proteaceae Genus: Protea
Spesie: sulphureaGewone naam: Skaamroos
Spesie: susannae Gewone naam: Stinkblaarprotea
Protea sulphurea
Protea susannae
Kaapse Skiereiland tot die Agulhasvlakte
Hexrivierberge tot die Swartberg en Waboomsberge
Stanford tot Albertinia
1.2m
Junie tot Januarie
Saaddraende plant, voëls (heruitloper)
Vars- en droëblombedryf
Minste bedreig
VI= 7
Beperk
Gelokaliseerd
50cm
April tot Augustus
Saaddraende plant, klein soogdiere (knaagdiere)
Vars- en droëblombedryf
Minste bedreig
2-3m
April tot September
Saaddraende plant, voëls
Varsblombedryf
Byna bedreig
VI= 7
Beperk
Gelokaliseerd
Familie: Proteaceae Genus: Protea
Spesie: obtusifolia Gewone naam: In Engels staan dit bekend as: ‘Limestone Sugarbush’
Protea obtusifolia
Familie: Proteaceae Genus: Protea
Spesie: speciosa Gewone naam: Bruinbaardsuikerkan, Bruinbaardprotea
Protea speciosa
Bredasdorp, Caledon en Mosselbaai
2m
September tot Maart
Saaddraende plant, insekte
Varsblombedryf
Minste bedreig
Familie: Rhamnaceae Genus: Phylica
Familie: Rubiaceae Genus: Anthospermum
Spesie: ericoidesGewone naam: Hardebos
Spesie: aethiopicum Gewone naam: Seeroogbossie, Katstert
Phylica ericoides
Anthosperm
um aethiopicum
Suid-Kaap (ook langs paaie van Port Elizabeth tot die Sederberge)
Saldanhabaai tot Port Elizabeth
Kaapse Blommestreek
2.5m
Maart tot April
Saaddraende plant, wind
Rietdakke
Minste bedreig
VI= 3
Beperk
Gelokaliseerd
90cm
Deur die jaar
Saaddraende plant, vlieë
Varsblombedryf
Minste bedreig
VI= 3
Wydverspreid
Algemeen
2m
Augustus tot Januarie
Saaddraende plant, wind
Varsblombedryf
Minste bedreig
VI= 3
Wydverspreid
Algemeen
Familie: Rutaceae Genus: Acmadenia
Spesie: heterophyllaGewone naam: Boegoe
Acm
adenia heterophylla
Calvinia, deur die Sederberg, Tulbagh en Ceres, tot by Piketberg
2m
Junie tot November
Saaddraende plant, insekte (heruitloper na ’n brand)
Medisyne
Byna bedreig
Familie: Restionaceae Genus: Thamnochortus
Spesie: insignisGewone naam: Mannetjiesriet, Albertinia-dekriet, Dekriet
Tham
nochortus insignis
Agathosm
a betulinaFamilie: Rutaceae Genus: Agathosma
Spesie: betulinaGewone naam: Boegoe, Rondeblaarboegoe
Skrywers: Gerhard van Deventer, Dr. David Bek, Dr Alice Ashwell
Redakteurs: Heather D’Alton, Ross Turner, Bronwyn Botha, Dr. Alex Hughes, Professor Cheryl McEwan
Erkennings
• Die Economic and Social Research Council (ESRC) Impact Acceleration Scheme van die Universiteit Newcastle het fondse beskikbaar gestel vir hierdie veldgids. Die gids is gebaseer op navorsing oor die volhoubare oes van veldblomme wat deur ESRC (toekenningsverwysing ES/K005626/1 onder leiding van dr.Alex Hughes) en deur Die Leverhulme Trust (toekenningsverwysing RF150138 onder leiding van prof. Cheryl McEwan) befonds is. Dr. David Bek en Gerhard van Deventer het hierdie projekte ten uitvoer gebring.
• Fernkloof Natuurreservaat en vriende, insluitend Sandy Jenkin en Ronnie Hazell, wat baie van die foto’s en botaniese inligting verskaf het.
• Tony Rebelo, Nicky van Berkel en Carina Lochner, wat foto’s verskaf het van die iSpot platform (http://www.ispotnature.org/communities/southern-africa).
• Kobus Tollig Fotografie en Heather D’Alton, wat baie van die foto’s verskaf het.
• Ronel Beukes wat die teks in Afrikaans vertaal het.
• Roger Bailey, Bewaringsbestuurder by die Flower Valley Bewaringstrust, wat vakkundige advies verskaf het.
• D Millenium Multi Events, Mntambo Nakwa, Londeka Zondi en Mkhululi Silandela, wat gehelp het om die teks in Xhosa te vertaal.
Hierdie sakgrootte Veldgids vir die Oes van Veldblomme is aanlyn beskikbaar by:
http://www.flowervalley.org.za/fieldguidecardsA6.pdf
’n Uitvoerige weergawe van Die Veldgids vir die Oes van Veldblomme is aanlyn beskikbaar by:
http://www.flowervalley.org.za/fieldguidebooklet.pdf
Hierdie veldgids is gelisensieer ingevolge die volgende Creative Commons Licence: Attribution-NonCommercial-No Derivatives
CC BY-NC-ND
Enige reproduksie is onderhewig aan die volgende lisensiebepalings:
Erkenning — Alle kopieë (of aangehaalde gedeeltes) moet meld: Kopiereg ©2015 Gerhard van Deventer Sandberg Fynbosreservaat, dr. David Bek Universiteit Newcastle, dr. Alice Ashwell, Heather D’Alton Flower Valley Bewaringstrust, Ross Turner Universiteit van KwaZulu-Natal, Bronwyn Botha Flower Valley Bewaringstrust, dr. Alex Hughes Universiteit Newcastle, prof. Cheryl McEwan Universiteit Durham
Nie-kommersieel – Kommersiële gebruik deur enige organisasie is verbode tensy gemagtig deur gevolmagtigde verteenwoordigers van die Universiteit Newcastle en die Flower Valley Bewaringstrust.
Geen afgeleide werke – Lisensiehouers mag slegs woordelikse kopieë van die werk fotokopieer, versprei, uitstal en uitvoer; nie afgeleide werke wat daarop baseer is nie.
Die produksie van Die Veldgids vir die Oes van Veldblomme word deur Die Economic and Social Research Council (ESRC) Impact Acceleration Scheme van die Universiteit Newcastle, die Europese Unie en die WWF Nedbank Groen Trust ondersteun. Die inhoud van hierdie publikasie is die uitsluitlike verantwoordelikheid van die Flower Valley Bewaringstrust en die skrywers, en daar kan geensins aanvaar word dat dit die beskouings van die Europese Unie of die WWF Nedbank Groen Trust reflekteer nie.
Flower Valley Bewaringstrust OWO-nr.: 930 011 712 OSW-nr.: 083-402-NPO
Kontakbesonderhede Posbus 354 Bredasdorp 7280 Suid-Afrika
Tel. +27 (0)28 425 2218 E-pos: [email protected] Webtuiste: www.flowervalley.org.za Facebook: Flower Valley Conservation Trust Twitter naam: @flowervalleyct