die tarentaal / the guineafowl april... · deur sy menswording, lydenspad en dood het hy homself...

28
Die Tarentaal / The Guineafowl Pretoria-Oos Areeoord / Pretoria East Rerement Village April / Mei 2019 April / May Vol. 5.2 Fotograaf: Gertjan Vahrmeijer

Upload: others

Post on 07-Sep-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

Die Tarentaal / The Guineafowl Pretoria-Oos A�reeoord / Pretoria East Re�rement Village

April / Mei 2019 April / May

Vol. 5.2

Fotograaf: Gertjan Vahrmeijer

Page 2: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

2

Page 3: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

3

Redaksioneel

Ons het, vir hierdie uitgawe, ‘n hondjie op ons voorblad. Honde is een van die omstrede onderwerpe in die Oord. Die honde-eienaars sal oor die voorblad in ekstase wees, terwyl die wat minder lief is vir honde en veral vir dit wat hulle agterlaat, nie so opgewonde sal wees nie. Tog het ons gedink dat dit ‘n welkome afwisseling van ons gebruiklike voorblaaie sal wees. Die res van die blad is ook oorwegend aan die hondjies en hulle eienaars gewy. Ek stel nou die redakteur vir hierdie uitgawe aan die woord:

Dit is hoogtyd dat ons honde, hier in die Pretoria-Oos Aftreeoord, bietjie aandag geniet. Per slot van sake is ons belangrike lede van die gemeenskap. Kyk nou maar na my: ek woon feitlik al van die begin van die Oord se bestaan hier. Om presies te wees vanaf 2015 in 152. Dis nou Annatjie de Graad en ek, Agie de Graad. Sy het voorheen ‘n Labrador en ‘n Wolfhond gehad maar sy soek toe vir my op die internet onder ‘n egte “African Breed” wat werklik getuig van my edel herkoms. Sy sê sy het vir die twee voriges hondepille gevoer – hoe aaklig! – maar vir my gee sy vleis, pampoen en met verjaarsdae, soms pannekoek of waarvoor ek ookal lus is.

Geniet maar my foto op die voorblad en as julle my poottekening soek, sal ek dit gee.

Agie de Graad (Honderedakteur)

Hierdie uitgawe kom net voor Paasfees. Dit is die tyd waarin ons weer besin oor ons verhouding met ons Hemelse Vader. Die tyd waarin ons weer dink aan die groot offer wat sy Seun vir ons gebring het en dat Hy deur Sy opstanding, as eersteling uit die dode, verseker het dat die dood nie die einde is nie. Hoe oneindig dankbaar is ons dat ons nog gespaar is om ook hierdie jaar dié herinneringsgeleentheid te kan beleef. Geseënde Paasfees vir u almal.

Olivia Steyn (Eenheid 94)

Ambulance/Fire Ambulans/Brand

086 010 1214

-------------

INTERNAL/INTERN

Reception/Ontvangs 2000 / 2001

Kitchen/Kombuis 2003

Laundry/Wassery Kiosk/Shop

2008

Salon 2006

Doctor/Dokter 2007

Frail Care/Sorgeenheid

2011 (Office hours)

Frail Care Emergency 9111 (24 hours) or 071 758 5776

Security/Veiligheid 9911 (24 uur)

Redaksie

Redakteur Olivia Steyn

Taalversorger Sannie Meiring

Bladuitleg Jean van Ravesteyn

Voorblad

Agie de Graad van eenheid 152, ons voorbladmodel

Page 4: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

4

Lewenstyl

As ‘n Christen is jy gereeld besig om godsdiens prakties te beoefen soos onder andere gebed, Bybelstudie, lofprysing, kerkgang, dienslewering, ensomeer. Dit vorm deel van jou Christenskap. Om watter redes presies doen jy dit? Is dit uit gewoonte en pligsbesef, uit liefde vir God of uit dankbaarheid teenoor Hom vir sy goeie gawes, of dalk uit vrees vir teenspoed en jy hét sy beskerming nodig? Is dit dalk om Hom te behaag, Hom te manipuleer of dalk om met jou godsdiens die ewige lewe te verkry of te probeer verdien? Daar kan baie ander redes ook nog wees. Maar wat is jou ware motief waarom jy God dien? Vir God is ons diens aan Hom slegs aanvaarbaar as dit om ‘n ware en opregte liefde, met ons hele wese, vir Hom gaan, om Homself en nie om sy gawes nie. God het egter ‘n droom en ‘n passie vir die gebroke wêreld, naamlik die herstel daarvan, die verandering en transformering daarvan; of, nog anders gestel, om sy Koninkryk hiér en noú in die stukkende skepping te vestig. By dié droom en passie van God moet ons met ons godsdiens inskakel. Ons word sy vennote (as sy kerk, gemeenskap van gelowiges) en dien Hom deur saam met Hom sy droom te help verwesenlik. Die herstel van die skepping loop soos ‘n goue draad deur die Bybel, vanaf Genesis tot Openbaring. Al God se woorde en dade is dáárop gerig. Uit sy groot liefde vir sy skepping wil Hy dit herstel, elke mens daarby insluit, niemand verloor nie. God begin met sy herstelplan by Abram (oervader van Israel) en Hy gaan daarmee voort met die Rigters, sekere Konings (bv. Dawid), die Profete, Jesus, die koms van die Heilige Gees en uiteindelik die kerk (ons, as gemeenskap van die gelowiges) tot met die wederkoms van Christus en die vestiging van ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde (Openbaring 21 en 22). Dan het die koninkryk van God gekom. Die koms van die koninkryk soos in die Onse Vader-gebed van Jesus gestel, is die omvattende uitdrukking van daardie droom en passie van God. Só ‘n skepping of wêreld is een van geregtigheid en vrede, gelei en gerig deur die liefde, waar die nuwe mensdom, as die nasies, “hulle swaarde tot ploegskare smee en hulle spiese tot snoeiskêre … en waar elke man onder sy wingerd sit, ongesteurd onder sy vyeboom” (Miga 4:1-4) – in mooi metaforiese taal gestel. Die Good News Bible gee aan dié gedeelte die opskrif: “The Lord’s universal reign of peace.” Dan sal Hy weer alleen die koning wees, en nie meer die konings, presidente en maghebbers van die wêreld nie. Dit sluit by uitstek die vernuwing van die mens in tot ‘n wese wat God se beeld so volledig moontlik sal vertoon en uitlewe. Dít, die koms van God se koninkryk, is die hart van Jesus se boodskap in die vier Evangelies. Beide Mattheus en Markus skryf dan ook van Jesus, en sê, met Hom “het die koninkryk van die hemel naby gekom”. Die primêre en oorkoepelende doel van Jesus se missie was die herstel van die gebroke skepping, wat uiteraard die vernuwing van die gevalle mensdom insluit. Nie net, en hoofsaaklik, die gevalle mensdom, soos wat baie mense en ook predikante, dink nie. Nuutgemaakte mense word God se vennote

om sy droom en passie te laat realiseer. Jesus se gebed, die Onse Vader, handel oor die heiliging van God se naam, die koms van sy koninkryk, sy wil wat moet geskied, ons daaglikse brood, die vergifnis van sondes en ons bewaring van die verkeerde. “The Lord’s Prayer,” sê Marcus Borg in Speaking (p.230) “is a summary of what matters most for Jesus. When we pray this prayer, we are praying for what He was passionate about. And because Jesus is the decisive revelation of God’s passion, we are praying for God’s dream for the world. To pray this prayer is to be invited, enlisted, into participation in God’s passion and the passion of Jesus.” Ons lewe en godsdiens word nie primêr bepaal deur die strewe om die hemel te haal nie, maar om as God se vennote, as nuwe bekeerde mense, saam met Hom te werk en te woel, ons met hart en siel te beywer vir die koms van sy koninkryk hiér en noú. Dít was waarvoor Jesus ‘n mens geword het, om ons tot nuwe mense te transformeer met die oog op ons medewerking aan ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde. Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat ons in Hom God se hart kon sien. In en deur Jesus, gee God Homself vir die transformering van ons bestel. Hy het aan die wêreld kom vertel en demonstreer hóé God se vernuwingsplan werk, naamlik vanaf die oue en sondige tot ‘n nuwe mens, van verknegting tot bevryding, vanaf teleurstelling tot blydskap, van blind tot sien, van dood tot lewe, van honger tot gevoed, dors tot dors geles, stukkend tot heel, verlore tot gevind, gebrek tot oorvloed, van onreg tot reg, en veel meer. Dit het Hy deur sy gelykenisse en wonderwerke aan ons kom leer. Daartoe was Hy die weg / roete/ pad, die waarheid en die ware lewe, tot volheid, vrede, geluksaligheid en liefde. As sy ware, nuutgemaakte, versoende en vergeefde volgelinge en dissipels is ons geroep om God se droom en passie vir die skepping onder leiding van die Heilige Gees te help verwesenlik, nie om net in die hemel te kom nie – dit ontvang ons as nuwe mense in elk geval uit genade en sonder verdienste – maar om God se droom te help realiseer. Dit is die ware gods-diens wat God van ons, sy kerk, verlang. Eers dan is ons motiewe met ons gods-diens reg en suiwer, en nie net om byvoorbeeld die hemel te haal of om Hom te manipuleer nie. As getroue vennote in die trans-formeringsproses en so die waarmaking van God se droom, sal Hy in elk geval aan ons die ewige lewe skenk, Ons gods-diens se doel is om saam met Hom ons met hart en siel uit ‘n opregte liefde vir Hom ons te beywer vir die koms van sy koninkryk. As die kerk (ons as gelowiges) die instansie is waar die nuwe aarde sigbare gestalte moet kry, sê Ferdinand Deist, “is die kerk se opdrag nie soseer sy geprekery nie, maar sy gedoenery”. En dan word ons gods-diens-beoefenry veel eerder ‘n gewerkery om in die nouste liefdesverhouding met God ons vir die koms van sy koninkryk, ‘n getransformeerde nuwe skepping, met ons hele hart te beywer. Ockie van Schalkwyk

Godsdiens behels meer as net “om in die hemel te kom”

Page 5: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

5

Life Style

Jesus is the Resurrection

“I am the resurrection and the

life. Anyone who believes in me

will live, even after dying.

Everyone who lives in me and

believes in me will never ever

die."

John 11:25-26 (NLT)

Prayer for an Easter Morning Sunrise

Lord we lift our hearts to you.

As the dawn breaks, may we

carry the unity we share into

every moment knowing that we

are one with the risen Christ.

Lord, we lift our eyes to you.

As the sun rises, may this

moment stay with us, reminding

us to look for the beautiful

colours of promise in your word.

Lord, we lift our prayers to you.

As the dew air falls, may we

breathe this morning in and

know that like the earth, you

sustain us, keep us and work

within us always.

And so, we lift our voices to you.

We celebrate the greatest day in

history, when Jesus rose from

death, defeated darkness and

bathed the world in stunning

resurrection light. May we ever

live to praise you!

Amen.

We’re all on the same team! “The way you treat others is the way you will be treated”

- Luke 6:38 CEV

Jesus said, “Don’t pick on people, jump on their failures, cri�cize their faults... That cri�cal spirit has a way of boomerang-ing” (Ma�hew 7:1-2 TM). Think about it. Do you really want to live your life judging and being judged? One Chris�an author puts it this way: “We were created to be in community... (Not) treat each other with a spirit of judgement... There’s something in us that permits us to vie for a be�er impression of ourselves by beli�ling someone else. It rages through the teenage years, and should end when we ‘grow up’ but instead it mutates... We judge each other’s rela�onships when our own are crumbling... or their paren�ng skills when our own are hanging by a thread… Someone who never exercises is ‘lazy’... Someone who hides his feelings is ‘cold’... we judge who has what job, who’s busier, who has more stress, who has it ‘rougher’. Someone tells us bad news and we secretly rejoice that it is not us… someone shares good news and we call him arrogant. But no one wins because we’re all on the same team.” Instead of judging and cri�cizing, Paul says, “When we have the opportunity to help… we should do it” (Gala�ans 6:10 NVC). So a) Look for a way to bless somebody who is not in a posi�on to reciprocate. b) Iden�fy someone you can encourage today. c) Go out of your way to make someone feel special. Jesus said, “If you give to others, you will be given a full amount in return… The way you treat others is the way you will be treated.”

The Word for today (January – March 2019, p. 52) – by Bob and Debby Gass

The Stone is Rolled Away - Christ is Risen Very early on Sunday morning the women went to the

tomb, carrying the spices they had prepared. They found

the stone rolled away from the entrance to the tomb, so

they went in; but they did not find the body of the Lord

Jesus. They stood there puzzled about this, when suddenly

two men in bright shining clothes stood by them. Full of

fear, the women bowed down to the ground, as the men

said to them, “Why are you looking among the dead for one

who is alive? He is not here; he has been raised. Remember

what he said to you while he was in Galilee: ‘The Son of

Man must be handed over to sinners, be crucified, and

three days later rise to life.’”

Luke 24:1-12 (GNT)

Page 6: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

6

Sweet tooth Real Food Revolu�on advises one to stop ea�ng sugar altogether. The reason is that if you just lessen your sugar intake, you are only fuelling the fire. The World Health Organiza�on (WHO) and the Bri�sh Na�onal Health Services’ official recommenda�on, allows seven teaspoons of sugar a day for adults and for children (from seven to eleven) five teaspoons. Do sugar with-drawal symptoms exist? Definitely. Otherwise people would easily give up sugar. Sugar replacements are a thousand �mes sweeter, therefore, no subs�tute please. The ideal scenario is that you should forget your love for sugar and sweeteners. Do not ignore the hidden sugar in foods bought in the supermarket. Be on the lookout for any kind of syrup or juice or any ingredient that ends with …ose on the container. Foods such as peas, beetroot, carrots, sweet potatoes and pumpkin contain natural sugars. The following sauces contain sugar: tomato, chutney, balsamic, sweet chilly and mayonnaise. Alternate foods are eggs, vegetables with no added sugar, milk, meat, chicken, fish, cheese, oats, maltabella, plain yogurt, spices and nuts. Nico Snyman’s ar�cle (The Guineafowl February/March 2019) on health and blood sugar gives a true picture of how important it is to curb your intake of sugar. Following his instruc�ons regarding your girth, will give you a good idea of your posi�on. Another important message to seniors is that refined carbo-hydrates found in white flour, potatoes, white rice and white pasta are immediately absorbed by the body and turned to sugar. Ea�ng pancakes, sweets, chocolates, cakes, biscuits, fast foods and drinking coffee and tea with sugar, will sa�sfy your sweet tooth but unfortunately increase your high blood pressure. This may lead to diabetes, strokes, cancer and heart disease. According to research cancer thrives on sugar. Last April the Government introduced sugar tax. The reason is that the sales of sweetened cooldrinks and fruit juices have risen from 2001 to 2015 by 65%. Always choose sugar free alterna�ves. A 340 ml can of fizzy drink contains fourteen teaspoons of sugar, and an 80 gram bar of chocolate eight teaspoons of sugar. 150 years ago, nobody was aware of sugar. Today we eat up to 1 kg of sugar per week. You steadily gain weight the older you get due to less mobility and exercise. Consuming sugar makes it harder to bounce back to weight loss, health and fitness.

Pietré Pieterse (Unit 161) This informa�on contains extracts from an ar�cle in the Rooi Rose (Feb.2019) wri�en by Salome Delport.

Medicine — has come a long way Consulting your doctor 3 000 years ago must have been a daunting experience, as reported in the Chronicles of the Reubeni Foundation:

Egyptian doctor reveals cause of paralysis

Considerable interest has been stirred up in medical-priestly circles by a dissertation delivered before a group of Cretan priests last week, in which an Egyptian physician described the internal structure of the human body. Much vital data – long known to the Egyptian order of magician-priests, but so far kept a jealously guarded secret – was thus made available to the world at large. One of the most startling revelations made by the doctor concerned the role played by the head in the functioning of the rest of the body. According to this physician, the brain (the material inside the human skull) controls the movements of the body. When, therefore, a portion of this brain is damaged, a portion of the body becomes paralyzed.

Surgeon punished for unsuccessful eye operation

A local surgeon had his right hand cut off today as a punishment for performing an operation on a nobleman that resulted in the loss of his sight in one eye. In a similar case, the same court yesterday ordered a physician to pay damages to the owner of a slave on whom the doctor had performed an unsuccessful eye operation. Execution of the latter judgment had been delayed pending the determination of the exact value of the slave. The Law of Hammurabi in such a case stipulates damages to the amount of one-half of the slave’s value.

What is leprosy? Leprosy is the most dreaded malady in our country. It is accompanied by a distortion of the features, violent itching, spots and blotches on the skin and – occasionally – the falling out of hair. This disease is an especial manifestation of divine punishment. Learn an honourable and profitable profession – Study: MEDICINE under the tutelage of the

famous goddess: NINKHARSAG Sent in by Valerie de Beer (Unit 75)

Health

Page 7: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

7

Beroemde mense Ramón y Cajal (1852 – 1934)

Ramón y Cajal, 'n Spaanse neuroloog, word beskou as die vader van die moderne neurologie. In 1906 ontvang hy, as die eerste Spanjaard, die Nobelprys in Fisiologie en Geneeskunde. Hy het reeds in die 19de eeu die samestelling en werking van die senuweeselle in die re�na van die oog beskryf.

Teen die middel van die 20ste eeu het navorsing die komplekse funksie van die re�na verder uitgeklaar. Onlangs het oogartse ook sonar van die oog bygekry wat die binnebeeld van die re�na en die s�pkykkol, die makula, duidelik kan uitwys. So kan gesien word of die lae onder die makula nog heel is, en of daar reeds losla�ng of verdunning begin. Dié a�akeling van die sensi�ewe selle wat 'n mens helder en skerp laat sien, begin by ou mense. Soos die jare verbysnel, word 'n mens geleidelik meer vatbaar vir dié agteruitgang - vir makulêre degenerasie: Van 60 tot 70 jaar, kry 5% van mense dit, en oor 80, 12% . Na 90 soveel as 20 %. Daar is gewoonlik nie ongemak of pyn nie. Behalwe ouderdom speel oorerwing ook 'n rol in makulêre degenerasie. 'n Ligte gelaatskleur maak jou meer vatbaar - dit kom selde voor in mense van Afrika en

Asië - en rook en oorgewig verdubbel jou kanse. Die makula - ook genoem fovea - wat skerp omlynde visie moontlik maak, beslaan slegs 'n klein gedeelte - omtrent 2.1% - van die re�na. Die grootste deel van die re�na word nie aangetas nie. Daarom kan iemand met makulêre degenerasie die persoon of onderwerp waarna hy kyk nie skerp sien nie, maar wel die omgewing langsaan. Dit veroorsaak dus nie totale blindheid nie - jy kan dele nog sien. Een van die eerste tekens dat die makula onder druk verkeer, is dat lyne of strepe gebuig word. 'n Mens kan dit sien as jy na straatname of telefoonpale kyk. Die Amsler-grafiek wys dit ook. Daar kan ook skaduwees of gapings in die gesigsveld wees. Ander tekens van afname van skerp visie is behoe�e aan sterker lig vir lees of naby werk, swakker aanpassing in 'n donker vertrek, en kleure word dowwer. Later word dit moeiliker om gesigte te herken. Daar is twee �pes makulêre degenerasie, droog en nat. In die droë een is die aartjies onder die re�na nog normaal, wat verdere a�akeling verhoed. Vetsug en hoë bloeddruk moet beheer word en sover moontlik 'n dieet met groente en vrugte en ryk viskosse gevolg word. Die Amerikaanse Akademie van Oogheelkunde beveel dié an�-oksidant vitamiene en minerale aan: Visolie ryk aan DHA en Omega 3, vitamine C, vitamine E, lutein, zeaxanthin, en sink. Dit is in 'n kapsule beskikbaar in apteke as Ocuvite Complete. Droë degenerasie kan soms oorgaan na die nat �pe waar ekstra bloedvate onder die makula ingroei en begin lek. Dit veroorsaak bloeding en versteuring in die re�na onder die makula, en maak die oë swakker. Vir dié gevorderde "nat" �pe kan gereelde inspui�ngs - elke maand - agter in die oog moontlik help. Inflammasie speel ook 'n belangrike rol in makulêre degenerasie. Dit is daar waar die ruma�ekmiddels, die cox pille, moontlik 'n plek in die voorkoming van makulêre degenerasie kry. Dié pasiënte wat gereeld die pille vir hul gewrigspyne gebruik, kry minder oogprobleme. Dit geld ook vir an�-inflammatoriese oogdruppels soos Acular. Nuwe navorsing oorweeg stamseloorplan�ng, spesiaal ontwerpte oogdruppels, gene�ese manipulasie en re�na oorplan�ng, waarvan twee suksesvolle gevalle so pas in Januarie 2019 beskryf is. Die goeie nuus is dus dat navorsing so vinnig vorder dat doeltreffende behandeling van makulêre degenerasie binnekort — moontlik teen 2020 — verwag kan

word.

Renier Holtzhausen (Eenheid 67)

Links: Foto van die

deursnee van ‘n oog

Page 8: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

8

Aktualiteit Behuisingskemas vir afgetrede persone

1. Wat is ‘n behuisingskema? Hier in Equestria (asook in groter Pretoria) is daar deesdae baie behuisingskemas. Rondom ons A�reeoord is daar Balwins, Papillon en die groendakkies langsaan. ‘n Behuisingskema word volgens voorgeskrewe wetgewing gebou. In baie komplekse is die wonings deel�tel-eenhede waar die kompleks omhein is en slegs die eenheid deur die eienaar besit word. Die res van die terrein en paaie is gemeenskaplike eiendom (“common property”) wat deur trustees, verkies deur eienaars, bestuur word. Wat is die verskil tussen hierdie behuisingskemas rondom ons en die Pretoria-Oos A�reeoord (PTAO)? Meeste behuisingskema-komplekse val onder gewone wetgewing wat op hulle van toepassing is. PTAO val egter onder die Wet op Behuisingskemas vir Afgetrede Persone. Hierdie wet en afgeleide regulasies definieer persone wat kwalifiseer as inwoners van ‘n a�reeoord asook die vereistes vir hul bewoning. Verder is daar bepalings in die Akte van Oprig�ng (AVO) van die huiseienaarsmaatskappy wat die bewonings-vereistes verder uiteensit.

2. Regulatoriese vereistes Persone moet bo 50 jaar oud wees. Persone moet selfversorgend wees en ona�anklik kan funksioneer. Die AVO s�puleer dat “All persons intending to occupy units are required to undergo health assessments in accordance with the provisions of the Older Persons Act 13 of 2006.” VOOR persone mag intrek moet gesondheids-inlig�ng verskaf word en evaluasie plaasvind. Verdere evaluering kan gedoen word deur die oordsuster om die agteruitgang van gesondheid en die impak daarvan op ‘n kwaliteitlewe te bepaal.

3. Maatskaplike aspekte Hoekom sodanige streng gesondheidsvereistes? Die oord bestaan nou amper vyf jaar en baie van die aanvanklike intrekkers was reeds oor die 70 en sommige oor die 80 jaar. Mense word ouer en hul fisiese en selfversorgingsvermoë neem af. Daar is ook agteruitgang op geestelike vlak (bv. demensie/Alzheimers). Eensaamheid en verwaarlosing neem toe. Die Oord (let wel dit is ‘n “village” en nie ‘n tehuis of inrig�ng nie!) is nie fisies-, struktureel- en

kapasiteitsgewyse in staat en wetlik geregistreer om fisies- en geestelik-afwykende persone te hanteer nie. Volgens die Wet op Ouer Persone en maatskaplike regulasies is die Huiseienaars-vereniging (HEV) VERPLIG en AANSPREEKLIK om op te tree wanneer sodanige gevalle onder hul aandag kom. Dit is ter beskerming van ouer mense wat verwaarloos raak.

4. Optrede deur bestuur en HEV Soos aangedui kan die HEV nie persone wat nie in staat is om hulself te versorg, behandel of oor hulle toesig hou nie. Hulle moet volgens wetgewing optree en in sulke gevalle eerstens die kinders/familie kontak en inlig oor die omstandighede. Daarna berus die aanspreeklikheid by die familie en/of die Staat. Waar die familie nie bereid is om die probleem te erken nie, reël die HEV dat ‘n maatskaplike werker betrokke raak. Indien die familie nie verdere reëlings vir die “pasiënt” tref nie, sal die maatskaplike werker dan die aangeleentheid verder volgens wet hanteer. Bogenoemde gevalle is eerstens trauma�es vir die “pasiënt”, die familie, die oordbestuur, die oordsuster asook bure. Tweedens neem dit tyd van die bestuur (en oordsuster) in beslag en derdens is daar gewoonlik ‘n impak op die finansies van die Oord. Vierdens is daar in baie gevalle die familie wat die HEV kwalik neem omdat dié toegelaat het dat hul ouer agteruitgaan. Sommige “pasiënte” verlaat die perseel sonder toesig want die HEV kan en mag nie hul bewegings beperk nie.

5. Nakom van voorskri�e Daar is verskeie inwoners (ook sommige wat nie kwalifiseer nie) wat nie die nodige dokumentasie vir ona�anklikheid ingedien het nie. Die Direksie oorweeg tans strenger maatreëls om die Akte van Oprig�ng te wysig sodat GEEN persoon mag intrek (sal by hek voorgekeer word) indien hulle nie ‘n toestemmingsbrief van die oordbestuurder het nie. In sulke gevalle sal al die voorskri�e nagekom moet wees. Die nodige wysigings sal hopelik by die volgende Algemene Jaarvergadering aan Eienaars vir goedkeuring voorgelê word .

Eugene Raath (Voorsi�er van HEV) (Eenheid 77)

Page 9: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

9

Geagte honde-eienaar Daar is ‘n spreekwoord wat lui dat ‘n hond ‘n mens se beste vriend is. Die verhouding tussen mens en dier is ook al so oud soos die berge. ‘n Liefdevolle interaksie tussen mense en veral hul honde lewer ‘n positiewe bydrae tot die mens se menswees! Navorsing het bewys dat bejaardes wat troeteldiere het ‘n meer positiewe uitkyk op die lewe het en die versorging van die diere hul gevoel van “nodigheid” verhoog. Die verantwoordelikheid en aktiwiteite wat daarmee gepaard gaan verlaag hul eensaamheid en die liefde wat hulle van hul troeteldier ontvang gee hulle lus vir die lewe.

Diere is wonderlike skepsels van ons Hemelse Vader en ons glo dat hulle werklik ‘n mens se lewe met vreugde en liefde vul en in soveel mense se lewens ‘n verskil maak. Dit is ook daarom dat die Huiseienaarsvereniging die aanhou van honde in die huise onder sekere omstandighede goedkeur.

Nou is die VRAAG: Hoekom, as die hond ‘n belangrike rol in u lewe speel, u nie behoorlik na die dier omsien nie? Verder neem u nie u mede-inwoners se belange in ag nie en u oortree die reëls waaronder u die hond MAG aanhou.

1. Daar is honde-eienaars wat blykbaar nie werklik vir die arme dier omgee nie. Hulle laat toe dat die hond los rondloop, grasperke besmet, onnodig blaf en afvalsakke skeur. Die Oordreëls stip duidelik aan “...must be on a leash and suit-ably controlled…” en ”owners must ensure that all litter is removed… “

2. ‘n Verdere aspek van die honde op die terrein is die probleem wat ontstaan wanneer eienaars vir ‘n ruk weggaan. Hulle kry oppassers van buite om na die honde om te sien. Sommige oppassers kom net in om die diere kos en water te gee; terwyl ander kom oorslaap (waarvoor bestuur se toestemming verkry moet word). Die honde blaf wanneer hulle alleen voel of wanneer die mense opdaag om hulle te voer. Oor die afgelope Desember het hierdie probleme tot konsternasie van die bure ge-eskaleer! U kan gerus ander reëlings probeer tref wat nie rusverstorend is nie.

3. ‘n Ander tendens wat die afgelope paar maande sy kop uitgesteek het, is dat al meer en meer honde deur tuisversorgers of huiswerkers geneem word vir ‘n wandeling. Baie van hierdie persone ignoreer die hond se “ruskansie” en tel nie gemors op nie.

Die Oordbestuur gaan in die toekoms die reëls streng toepas en sal geen ander keuse gelaat word as om die betrokke eienaars te versoek om hul honde van die terrein te verwyder nie. Indien die versoek geïgnoreer word, sal die bestuur volgens diskresie self reëlings tref vir die verwydering van sodanige diere. Eienaars sal vooraf daarvan in kennis gestel word. Dankie dat u in die toekoms u hond se gedrag sal kontroleer en volgens die reëls optree.

Oordbestuur

Dear dog owner There is a saying that a dog is man’s best friend. The bond between them has existed for many ages. The loving interaction between us and our dogs continue to enrich our lives. Research has shown that elderly dog owners have a more positive outlook on life. They need to be needed! The responsibilities and activities of being involved in another life and the love they receive from their pet relieve the feeling of isolation the elderly often experience. Animals are a wonderful gift from our Heavenly Father and we are aware of the difference they can make - they can truly fill our lives with joy and love. For this reason the Home Owners’ Association allows residents to keep dogs, under certain circumstances. The question, however, remains: If your dog plays such an important part in your life, why don’t you take proper care of the animal? And why do you not consider the interests of your fellow residents by keeping to the rules for keeping a dog? 1. It is apparent that a number of dog owners do

not really care for their poor pet. They allow their dog to run around unrestrained, litter on the lawns, bark unnecessarily and tear open garbage bags. The village rules are clear: dogs “must be on a leash and suitably controlled” and “owners must ensure that all litter is removed”.

2. Another problem ensues when owners leave for a while and get outsiders to take care of their dogs. Some of these helpers visit the animals to provide food and water; others sleep over (for which permission from management is required). The dogs start barking when they feel alone, or when people arrive to feed them. Last December the problem escalated, to the consternation of the neighbours. Owners are requested to find ways that will not disturb the peace.

3. A recent tendency has been for owners to leave it to care givers or domestic workers to walk their dogs. Some of them do not seem to notice when a dog relieves himself and neglect to pick up the litter.

In future the Management will see to it that the rules are strictly applied, and if left no choice, will request the offending owners to remove their dogs from the premises. If the owners do not comply, the Management will arrange for the removal of the dogs. Owners will be informed before any action is taken. We trust that in future you will control the behaviour of your pet, and act according to the rules.

Village management

Page 10: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

10

Page 11: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

11

Oordnuus / Village news

Die Leeskring was bevoorreg dat die skryfster, Erika Murray-Theron, op 4 Februarie 2019 haar eie werk ’n Skerfie glas kom bespreek het:

“Elke familie het ‘n storie.” So staan dit afgedruk op die buiteblad van hierdie boek. Die buiteblad het ook ‘n a�eelding van ‘n string krale en twee hande waardeur die krale gly. Dit versinnebeeld die verskillende geslagte vanaf Erika se ouma Issie en ook die aanmekaarskakel van oorlewerings, gewoontes en gebruike van geslag tot geslag – teken van die bande wat elke mens aan ‘n voorgeskiedenis bind.

Joan Potgieter het ter aanvang ‘n gedeelte uit die hoofstuk Tulbagh voorgelees, baie treffend — veral die toets van die hi�e by die ou swart strykysters.

Daarna het die vraag- en antwoordsessie begin. Erika het baie insiggewend gesels en so haar boek vir elke leeskringlid oopgemaak en laat

lewe! Verruimende gesprek het gevolg: vrae deur die voorsi�er, Sannie Meiring, gestel en Erika Murray-Theron met breedvoerige antwoorde.

“Van almal op die foto staan die pa en die dogtertjie uit. Sy verslaenheid. Haar isolasie.” Dit verwys na ouma Issie se ma en twee sussies se dood. Dit roep ook die verdere geskiedenis op: die pa wat toe uiteindelik met Nellie getrou het wat geen goeie s�efma vir die halwe wesies was nie.

“Die oë waarmee ek (dis nou die skrywer self) na hierdie storie kyk, is soms die van geheue. Ek het Issie immers geken. Soms kyk ek deur die loep van navorsing. Soms met die oë van intuïsie, soms met die oë van verbeelding. Soms net deur ‘n skerfie gebreekte, verwronge glas.”

“Wat kry ‘n mens van wie? Waar kom alles wat jý is vandaan?”

“‘n Naam kry jy nie gra�s nie.” “Belle of the ball” soos haar pa haar graag genoem het , maar later het sy toe Issie geword. “Ek soek na my ouma Issie deur opdrifsels papier. Deur handgeskrewe kookboeke, deur aantekeninge van onderhoude en gesprekke, foto’s en fotostate, herinneringe, albums, briewe, ‘n vorige Isabella se geestelike gedagtevlugte met hier en daar ‘n paar persoonlike notas in die kantlyn, geslagsregisters, knipsels, naslaanboeke. Ek soek ‘n kern. ‘n Beginpunt.”

Dit toon die wydlopende navorsing oor twaalf jaar wat Erika Murray-Theron in hierdie boek, ‘n Skerfie Glas, ingesit het.

“Ek raak aan elkeen van hulle. Ek ken hulle.” So sluit Erika ‘n Skerfie glas af. “Hulle” verteenwoordig die digte web van familie en vriende en kennisse wat geslag op geslag die land “bevolk, wat werk en lie�et, wat koop en verkoop en bou en kinders kry, wat begeer en hoop en ly en doodgaan.”

Dit was ‘n kragtoer, die genealogiese navorsing eerstens en dan hoe die hele storie ontvou teen die heersende poli�eke milieu van daardie tye. Olivia Steyn het juis in haar bedanking aan Erika daarna verwys.

In ‘n Skerfie Glas loop Erika Murray-Theron terug op die spoor van haar ouma. “Die verhaal word ‘n in�eme verkenning van ‘n lewe, ‘n era en ‘n deel van ons land se storie. Tydens hierdie soektog ontdek die skrywer dat sekere dinge van geslag tot geslag oorgedra word, en dat familiestories soms mi�ese afme�ngs aanneem. Die boek noop die leser om na te dink oor die opslagkoeëls van ons land se geskiedenis wat vandag steeds ons lewens beïnvloed.”

Ina van Schalkwyk (Eenheid 1224)

Leeskring 4 Februarie 2019 —’n Skerfie glas

Erika Murray-Theron

Oom Jan en tant Sannie stop by ‘n T-aansluiting. Hy vra “Kom daar ‘n kar aan?” Sy sê “Nee...” Hy trek summier weg en dan is daar ‘n geweldige slag. Tant Sannie word in die hospitaal wakker met oom Jan langs haar bed op ‘n stoel en sy sê “... dit was ‘n lorrie. ”

Page 12: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

12

‘‘n Mylpaal bereik / A milestone reached Congratula�ons to the following residents who turn 90 or older in April and May / Geluk aan die volgende inwoners wat in April of Mei 90 of ouer word.

Fay van Heerden (Unit 48) Fay had a bumpy ride into life. When her mother was in labour, she got onto the back of a horse, and rode three miles to a Swedish mission hospital. This is what Fay will be celebra�ng on 14 April – the nine�eth anniver-sary of this event. Fay grew up on a farm near Vryheid, the only child a�er the death of her brother in an acci-dent. Their fence was the border between Zululand and Natal. She had to learn Afrikaans very quickly when she was sent to primary school in Vryheid, then a�ended Pietermaritzburg Girls High. She and her husband (from Vryheid) had two daughters. Three years ago she followed her grandson to Pretoria.

Alet Pieterse (Eenheid 1144) Alet Pieterse word op 14 April 92, en is nog wonderlik gesond. Sy is een van daardie mense aan wie die Hemelse Vader besondere barmhar�gheid betoon, glo sy. Vertrou op die Here, is haar credo, en met wat die Here ook al vir haar beplan, is sy doodtevrede. Alet het, op aandrang van haar seun wat hier woon, via Bloemfontein, vanaf Hermanus na Pretoria toe gekom. Sy het nog twee dogters.

Chris Spoelstra (Eenheid 23) Chris en haar man Bouke woon in eenheid 23. Op 20 Mei sal sy 91 wees. Sy skryf self: “Op ‘n dag in Junie 2018 was dit met ons planne gedaan. Pretoria-Oos A�reeoord het ons veilige en versorgende skuiling gebied. Eensaamheid in die vreemde, sou ons deel wees. Dít was ‘n groot vergissing. Fyn begrip, omgee, hulpvaardigheid en vriendelikheid was soos ‘n helder reёnboog om ons en het ons gelok om tuis en gelukkig te wees. Ons name het in die legkaart gepas. Bouke en Chris sê dankie.”

Nuwe inwoners

Die Tarentaal verwelkom die volgende nuwe inwoners:

Nols en Sonja Malan (Eenheid 63) Nols en Sonja Malan was altwee op skool in Krugersdorp by Monument Hoërskool, en het saam begin uitgaan toe Sonja in standerd 9 was. Later het hulle vir 38 jaar in Groblersdal gewoon. Nols was ‘n juwelier en hersteller van horlosies (dit was ‘n stokperdjie wat oorgeneem het) en Sonja het vir hom gewerk. Toe hulle die besigheid verkoop, het hulle eers met hulle karavaan op reis gegaan en hulle toe in Faerie Glen geves�g. Hulle het ‘n dogter (wat op pad is na Amerika) en drie seuns in Suid-Afrika.

Christa Fiedeldey (Eenheid 1007) In die hele Suid-Afrika is daar net twee Fiedeldeys, en een van hulle het so pas by ons ingetrek. Christa het haar kinders in Pretoria grootgemaak, maar na haar man se dood is sy weer getroud, met ‘n Hollander, en hulle het Kaap toe getrek. Hulle het vir �en jaar nie ver van Bloubergstrand gewoon nie, en sy verlang nou nog na die sand en die koue water om haar voete, en daardie uitsig! Terug in Pretoria, het sy tot onlangs in Willow Estate gebly. Sy het ‘n dogter in Bela Bela en ‘n seun in Brits. Een van haar gunsteling tydverdrywe is blokraaisels, en om aan te hou totdat sy presies die regte woord het. Onlangs het sy R1 000, met so ‘n blokraai, losgeslaan.

Kom ons spog ‘n bietjie As jou kind of kleinkind iets spesiaals reggekry het, laat weet Die Tarentaal (Olivia by 3094) gerus daarvan. Ons kan mos maar ‘n bietjie spog.

Soos Thys en Elize van den Berg. Hulle kleinseun, Jayden, is in graad 8 in Monument Hoërskool. Toe hulle skool in Februarie by Affies teen spogskole in atletiek deelgeneem het, is hy aangewys as Junior Victor Ludorum. Hy was eerste in die 100 en 200 meter wedrenne, en hulle span het die aflos gewen.

Page 13: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

13

Honde: In memoriam Die gesegde “’n mens se beste vriend is sy hond”, word waar in hierdie huldeblyke wat inwoners aan hulle hondemaats bring.

My goue Labrador, Tasha My hart is gevul met diepe dankbaarheid vir ‘n getroue, geliefde hondemaat wat vir my geleen was. Sy was deur talle inwoners geliefd en getrou en tevrede in elke woonsituasie. Vir twee jaar het sy lang tye in die motor gewag terwyl ek my huismaat in die versorgingseenheid moes help. Sy het vriende gemaak met diegene wat daar verbygekom het, oral het sy saamgery, rus�g op my gewag. Sy was altyd reg vir vertroeteling, vir iets lekkers, stertswaaiend vir almal – ander honde en ook die werkers. Tasha, jou blaf was ongekend, jou lekkies mildelik uitgedeel. Jou oë was die vensters van jou hondesiel. Jy was ‘n beeld van vreedsaamheid, sagtheid en ontvanklikheid, jou menshondhart ‘n gelukkige vrolike hondehart. Hoe dankbaar is mens vir mooi herinneringe. Jy laat ‘n kosbare erfenis na vir elkeen wat vir jou lief was. Marietjie Bouwer (Eenheid 144)

Oortjies, my spierwit Maltees Ek het Oortjies op ses weke oud gekry. Hy was ‘n soet en gehoorsame hondjie en daarom kon ek hom van kleinsaf gewoond maak aan elke aand se tande borsel, elke week se bad en droogblaas met ‘n haardroër. Hy was my skaduwee en het altyd langs my geloop, ook op berguitstappies - selfs wanneer daar sneeu op die berge was. Hy het elke dag saam met my werk toe gegaan en stroopsoet onder my lessenaar gelê. Hy was so gedissiplineerd dat wanneer ons gaan stap het, hy by die sypaadjie se einde vir my gaan sit en wag het dat ek hom oor die straat kon dra. By die tennisbaan het hy langs die baan gesit en my dopgehou. My kinders het altyd gesê: “Ma is liewer vir Oortjies as vir ons.” Dan antwoord ek: “Oortjies kri�seer my nooit, hy vra nooit vir geld nie en gee my net onvoorwaardelike liefde.” Hy is op die ouderdom van �en jaar tragies deur ‘n “Staffie” doodgebyt. Pietré Pieterse (Eenheid 161)

My worshond, Bru�e Sy lyfie was pikswart. “Jy het my sonder woorde ‘n liefdeslied gebring” Gerrie Lubbe (Eenheid 51)

Saamgestel deur Pietré Pieterse (Eenheid 161)

GOODBYE TO MAN’S BEST FRIEND

If it should be that I grow frail and weak And pain should wake me from my sleep Then you should do, what must be done

For this last battle can’t be won.

You will be sad, I understand Don’t let your grief then stay your hand,

For this day, more than all the rest Your love and friendship stand the test.

We’ve had so many happy years

What is to come will hold no fear You’d not want me to suffer

So when time comes, please let me go.

Take me, where my needs they’ll tend Only stay with me till the end

And hold me firm, and speak to me Until my eyes no longer see.

I know in time, you too will see It is a kindness you do for me

Do not grieve, that it should be you Who has decided this thing to do.

We’ve been so close— all these years Don’t let your heart hold any tears

Page 14: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

14

3 4 5

6

7

8 9

1 2

6 8

9 10 11

1. Reulene Küsel en Mausi 2. Daleen van Rooyen se Gabby en Zoe 3. Sheilagh Jones and Daisy 4. Bokkie Badenhorst en Bobby 5. Fay van Heerden se Riley 6. S�enie Rörich se Lana 7. Susara & André Brand se Abie 8. Jean van Ravesteyn en Bella 9.

Tina Ma�hews se Roger 10. Jeanne�e Reitz se Lara 11. Gertjan Vahrmeijer se Vlooi

Page 15: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

15

12. Lauré Rolfes en Kosie 13. Johan Keuler en Michi 14. Mamie Mc Cabe and Maggie 15. Annie Lotz met Key Lee en Gucci 16. Jean Wessels en Vicky 17. Rosemarie Benne� and Chips 18. Jackie & Ria Grimbeek se Lilla

19. Olga de Villiers se Karools 20. Walda van Niekerk se Chi-ki

Baie dankie aan ons fotograaf Gertjan Vahrmeijer

12 13 14

15 16 17

18 20 19

14

19

Page 16: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

16

Tuinkomitee Baie dankie vir ure se werk wat deur die Tuinkomitee aan ons tuine bestee word. Veral wil ons vir Walda van Niekerk uitlig wat met onvermoeide ywer die organisasie en harde werk so pligsgetrou en selfs bo haar fisiese vermoë, uitstekend behar�g het. Hierdie fisiese harde werk sal gelukkig in die toekoms deur ons nuwe onder-voorsi�er, Norman Hill, behar�g word terwyl Walda altyd, in raadgewende hoedanigheid, byderhand sal wees. Die nuwe voorsi�er van die Tuinkomitee is nou Kobus Eloff, eienaar van eenheid 59, wat nog nie hier woon nie, maar sy volle gewig en veral sy kennis en ervaring tot ons beskikking stel. Olivia Steyn het, na vier jaar as sekretaresse uitgetree, maar bly nog op die komitee. Die ander lede van die komitee is Francois de Beer, Hannes van Reenen, Jeanne�e Reitz, Elise du Plessis, Ken Walters (Direkteur-Tuine), Wentzel Durand (Oordbestuurder), Daneel Swart (Tuindienste eienaar), Andre van der Vyver (PTAO se tuinetoesighouer). Verder is Ina van Schalkwyk gekoöpteer as nuwe sekretaresse. Hier is ‘n paar voorbeelde van mooi plekkies in ons Oord.

DIE KLIPLEGGING

Walda is bedrywig in die tuintjie agter Nellie en Louis Swart se huis teen die muur. Boumateriaal word uitgehaal en plante geplant in goeie aangekoopte grond en kompos. Selfs twee bome moet in. Dit moet mooi lyk en koelte gee as pasiënte van die sorgeenheid daarheen gestoot word. Ek maak ‘n voorstel: dit sal mooi lyk as daar ‘n hol klip langs die reuse aalwyn staan. Walda sien haar kans en vra: “Wil jy nie so ‘n bak skenk nie?” “Ja, met plesier”. Ek besoek C and M Landscaping supplies en verlus�g my in die bakke, po�e, kleure klippe en tuin- fieterjasies. Ek maak seker dat ek die klipbak kan omruil as hy nie reg is nie want Walda moet dit goedkeur. Die bak slaag die toets. Ek beduie waar en hoe die bak moet staan, maar Walda is vasbeslote dat ek by moet wees en die klipbak moet plaas. Hulle sal my Dinsdag kom oplaai. Walda, Norman en ek het ons sonhoede op en ons ruik na sonskerm. Ons is reg vir die ding. By die bedding is Lucky (tuinwerker en motorbestuurder vir “driving Miss Walda”) reeds besig. Alles lê gereed vir die klipplasing. Lucky kom help. Die klip word geplaas met klippies rondom. Walda bring ‘n gieter met water. Ek moet die eerste water ingooi. Die oomblik raak groot. Ons trek Lucky nader vir die neem van ‘n foto. Norman moet doer staan, Walda wil nie in wees nie en ek moet die water ingooi. “Het jy gewens?” vra Walda. “Oe, ek het vergeet”. “Gooi nog water in en wens”. Ek maak so. Ons staan terug en bekyk die resultaat. Vir ons lyk dit spiekeries. As jy dalk laatmiddag teen die muur agter eenheid 165 verbystap, vertoef ‘n bietjie by die beddinkie. Kyk na die kleurvolle blommetjies, die groot aalwyn en die klipbak met klippies en net miskien dink jy ook dit lyk sommer spiekeries. Barbara Bothma (Eenheid 87)

Regs: Norman Hill en helpers wat die sirkeltuintjie bo beplant het.

Bo: Tulbaghia (Knoffelblommetjies) blom welig tussen die woonstelle

Page 17: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

17

Eersteling vir Oorddokter Baie geluk aan dr. Annerie Boshoff en haar man, Mauritz, met die geboorte van hulle dogtertjie, Mariené, op 7 Februarie 2019. Sy was ‘n gesonde 3,48 kg (in die ou dae 7,65 lb). Sy het hulle verras en is deur middel van ‘n keisersnee gebore. Dr. Annerie se moeder, Rina van Tonder, sal ‘n wakende oog oor die kleinkind hou terwyl die dokter na ons kwale omsien.

Rachel se afskeid Rachel Loots was een van die eerste inwoners van Pretoria-Oos A�reeoord en het van die begin af wonderlik ingeskakel by die godsdiens�ge lewe alhier. Sy was van onskatbare waarde met haar begeleiding van die sang en haar tussen- en voorafspel tydens eredienste. Onder haar leiding het die Bybelstudiegroep op Donderdae ook heerlik saamgesing. Dit was dus met hartseer dat hierdie groep met ‘n gesellige tee van haar afskeid geneem het aangesien sy en haar dogter, Marthie Smit, na Vergelegen A�reeoord verhuis. Rachel, ‘n predikantsdogter, en haar man was ‘n groot deel van hul lewe in Malawi in die sending. Sy was altyd lief vir die klavier en het ook musiek gegee en altyd kerkbegeleiding gedoen. Later het sy haar klavier verkoop, maar tog nog groot heimweë daarna gehad. Sy het gesê dat dit nie saak maak hoe moeg sy is nie maar as sy haar hand op ‘n klavier sit, smelt die moeg- en tamheid sommer weg. Ons wens haar en Marthie ‘n aangename en gesonde verblyf toe in hulle nuwe tuiste. Foto links: Dulice oorhandig ‘n geskenk aan Rachel

Page 18: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

18

Valentynsliefde vir ons almal…

Die berggans het ‘n veer laat val van die hoogste krans by Woeperdal my hart staan tuit al meer en meer ek stuur vir jou die berggansveer mits dese wil ek vir jou sê hoe diep my liefde vir jou lê Boerneef

Chris Coetzer het die snaar van die liefde deeglik geraak met sy Valentynsdag-sanguitvoering!

Na sy Ray Dylan-liedjie, I love you, het Catch a falling star gevolg en ons kon heerlik saamsing: Catch a falling star and put it in your pocket save it for a rainy day...

Valiant Swart se hartseer Sonvanger het gevolg, en dit is gelukkig opgevrolik met die humoris�ese en gui�ge Roer jou voete van Jak de Priester.

The Rose van Beth Midler is vervolgens deur Chris roerend vertolk: Some say love it is a river... I say love it is a flower...

Daarna het Chris die nostalgie behoorlik aangespreek met Anneli van Rooyen se Soos ou vriende doen . . . Ons sal saamreis na môre soos ou vriende doen . . .

Chris Coetzer het ons heerlik vermaak met sy kwinkslae soos: Helmut Lo, Pavaro… en toe... Chris Co!

Hy het die program voortgesit met Die Slawekoor uit Nabucco van Verdi na hy eers self ook ‘n stukkie ballet gedoen het - grasieus nogal - moet ek byvoeg! Come what may, we believe in tomorrow, we only have one life�me! En ons beaam dit volmondig!

Hy het die mooi program afgesluit met die roerende lied van Josh Groban: You raise me up to more than I can be...

Eendag wanneer jy oud en ingetoë jou dink moeg buite kloosterperke dwaal vat my verse (liedere!) en verlig jou dowwe oë. Cas Vos

En Chris Coetzer het volledig daarin geslaag met hierdie Valentyns-musikale aanbieding om ons “dowwe oë te verlig”.

Ina van Schalkwyk (Eenheid 1224)

Page 19: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

19

Did you know?

The origin of the domestic dog, Canis familiaris is still not clear. The problem in attempting to identify when and where domestication of dogs occurred, is confounded by the possibility that the process occurred in a number of places and at a number of times throughout prehistory, with different wolf subspecies producing different dog lineages. Dogs are a member of the genus Canis, which includes part of the wolf-like carnivores, and their closest living relative is the grey wolf. Dogs are the very first animal species to have been domesticated by humans. Archaeo-logical records and genetic analysis show that the remains of an animal buried beside humans 14 200 years ago are those of the first undenia-ble dog, while remains thought to be those of a dog 36 000 years ago are still disputed. These dates imply that the earliest dogs arose in the time when humans were hunter-gatherers and before humans became agriculturalists. Wolves that were less aggressive and less wary of humans were probably attracted to human camp-fires by the smell of meat being cooked and by discarded refuse in the vicinity. At first, they probably attached themselves loosely to these campsites and thereafter started to consider these as part of their home territory where their warning growls would alert humans to the approach of outsiders. The most widespread form of between-species bonding occurs between humans and dogs. Dogs have evolved specialized skills for reading human social and communicative behaviour. These skills seem more flexible – and possibly more human-like – than those of other animals such as chimpanzees and other great apes. Dogs can infer the name of an object and have been shown to learn the names of over 100 objects. They can follow the human pointing gesture, and even nine-week-old puppies can follow a basic human pointing gesture without being taught. Charles Darwin was the first to recognize the difference between conscious selective breeding in which humans directly select desirable traits, and unconscious selection where traits evolve as a by-product of natural selection. In unconscious

natural selection, traits may take 1 000s of years and 1 000s of generations to evolve, whereas selective breeding for desirable traits may yield results within a few years and not many generations. Today 340 breeds of dogs are recognized by the World Governing Body of Dog Breeds, however, the American Kennel Club recognizes only 167 breeds. The various breeds can roughly be divided into five groups: The Toy group of small dogs that serve as human companions (Yorkies, Poms, Pekingese, Chihuahuas etc); the Working group (sled dogs, guard dogs, police dogs, sniffer dogs, dogs for the blind); Sporting dogs (Pointers, Setters, Weimaraners); Hounds (Bloodhounds, Beagles, American foxhounds); and Herding dogs (Border collie, Australian cattle dog; Belgian sheep dog, Malinois). It is remarkable that from a wolf-like ancestor humans have bred dogs as slender as whippets, as large as St Bernards (120 kg), as small as Chihuahuas (0,9 to 2,7 kg) and as long-eared as Bassets. “Humans did not develop dogs, they only fine-tuned them down the road”.

Ivan Horak (Unit 25)

Dogs: their origins, breeds and attributes

Geen produkte of dienste wat in Die Tarentaal geadverteer word, word onderskryf deur die direkteure of bestuur van Pretoria-Oos A�reeoord nie. Die menings en sienings van persone in berigte is nie noodwendig dié van die direksie of bestuur van Pretoria-Oos A�reeoord nie.

No product or service adver�sed in The Guineafowl is sanc�oned by the directors or management of Pretoria East Re�rement Village. The opinions and comments of people in ar�cles do not necessarily agree with those of the directors and management of Pretoria East Re�rement Village.

An Italian mastiff (90 kg) and a Yorkshire terrier (3 kg) yet

both are members of the same species

Page 20: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

20

Voëls van ons omgewing

Die Bontkiewiet (Blacksmith Lapwing/Vanellus armatus) word dikwels by ons oord gesien, en nog meer dikwels gehoor. Daar is 'n paartjie wat gereeld opgemerk word by die pragtige klein tuintjie met die rusbank oorkant die sirkel met die groot neutboom aan die einde van Tarentaalstraat. Dit wil voorkom asof hulle 'n nes het. Die nes van hierdie voëls bestaan eenvoudig uit 'n vlak holtetjie in die grond of op kort gras wat baie kunstig uitgevoer en omring is met gras, enkele blare, stokkies en klippies. Dis gewoonlik sommer oop en bloot maar so goed gekamoefleer dat mens dit nie sonder meer raaksien nie. As iemand dalk so 'n nes gewaar het, laat weet ons asseblief. Drie tot vier eiers word enige tyd van die jaar gelê, maar hier in ons omgewing hoofsaaklik Augustus-September. Die peervormige eiers is donker-geel tot ligbruin van kleur met groot swart en grys vlekke wat moeilik herkenbaar is teen die agtergrondkleure van die nes. Mannetjie en wyfie, wat eenders lyk en lewenslank getrou aan mekaar bly, bebroei die eiers beurtelings in skofte van ongeveer een uur vir sowat 30 dae. Die temperatuur van die eiers word noukeurig beheer. Vroeg soggens, as dit koel is, sit die broei-ouer ononderbroke op die eiers. Later in die dag as dit warmer word, mag die eiers alleen gelaat word om deur die son bebroei te word. As die son egter te warm word, mag die ouers hulle borsvere in water doop en die nat vere gebruik om die eiers af te koel. Die aanvoelbare temperatuur is voldoende om die temperatuur van die eiers te beheer, want hulle het geen termometers nie. Kuikens is op die been binne ure nadat hulle uitgebroei het want hulle moet vinnig saam met die ouers padgee na veiligheid. Kiewiete word bewonder vir die heldhaftige wyse waarop hulle hul neste en kleintjies beskerm. Jare gelede was daar 'n TV-advertensie waarin 'n video-opname gebruik is van 'n kiewiet wat 'n olifant so aggressief lastig val dat hy die paadjie waarin hy stap verlaat en daardeur nie op die kiewiet se nes in die paadjie trap nie. Die gewone kommunikasie roep van die Bontkiewiet is 'n deurdringende metaalagtige klink-klink wat herinner aan die slae van 'n hamer op 'n aambeeld, vandaar die beskrywende Engelse volksnaam "Blacksmith Lapwing". By alarm en aanval op vyande verander dit in 'n luide geskree. "Lapwing" verwys na die kenmerkende stadige vlerkslag waarmee hulle vlieg. Hulle is ook

bekend om vyande van hulle nes af weg te lok deur die “gebreekte-vlerk-vertoning” wat die indruk skep dat hulle beseer is en maklik gevang kan word. Predatore in die natuur wat eiers en kleintjies roof sluit roofvoëls, likkewane en meerkatte in. In stedelike gebiede word hulle bedreig deur honde, katte, grassnyers en voetgangers. Ten spyte van talle bedreigings het die bevolking van kiewiete oor die afgelope eeu aansienlik toegeneem in ons land hoofsaaklik as gevolg van gunstige lewensomgewings wat deur die mens geskep is soos damme, sportvelde, parke en tuine. Daar is tans geen kommer oor hulle voortbestaan nie.

Die Bontkiewiet (sowat 30 cm hoog, massa 175g en lewensverwagting 14 jaar) is een van sewe spesies van kiewiete wat in suidelike Afrika voorkom. Dis 'n algemene standvoël wat gebiedsgetrou of nomadies is. Die pragtige swart, wit en grys verekleed en rooi oë is onmiskenbaar. 'n Besondere eienskap is prominente vlerkspore. Die Kroonkiewiet (Crowned Lapwing) kom meer algemeen in ons omgewing voor maar is sover bekend nog nie by ons oord waargeneem nie. Die minder volop Lelkiewiet (Wattled Lapwing) kom wel naby ons by plekke soos die Nasionale Botaniese Tuin voor, maar is blykbaar ook nog nie by ons oord opgemerk nie. Almal van hulle leef van ongewerwelde diere soos weekdiere, skaaldiere, slakke, wurms en insekte waardeur hulle 'n waardevolle bydrae tot plaagbeheer lewer. Kiewiete herinner nogal aan dikkoppe (Die Tarentaal 3.4, 2017) maar hulle is nie naby- verwant nie. Daar is basiese verskille soos kiewiete wat dagvoëls is en dikkoppe nagvoëls.

Willie en Nora Grabow (Eenheid 105)

Ons brawe Kiewiete

Page 21: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

21

Blokraaisel

Dwars 1 Die spreker 3 Ons het hier ‘n veilige – gevind 8 Ons het – om betyds hier te kom 12 Makulêre - is ‘n oogsiekte 16 Werktuie 17 Studenteraad (afk.) 18 Ingenieur (afk.) 19 Edele (afk.) 20 ‘n – - is ‘n jaarlikse toekenning deur ‘n Afrikaanse

kultuurvereniging 23 ‘n Groot klomp mense 24 Nuusleser – Cruywagen 25 Ná sewes 26 Dit sê wie jy is 27 Stoomskip (afk.) 28 Jy het soveel vingers 30 ‘n Hollandse eier 31 Laagwater 32 Waar busse stilhou 37 Hy het eie – gebruik 39 ‘n Vark 40 Bêreplekke 42 ‘n Stuk brood 44 Kan jy nog – en strek? 46 Opgeruimde 49 ‘n Bybelse stad, - van die Galdiёrs 50 Sonder om te praat 53 Sluit ‘n gebed so af 54 Ons haarkapsters, Sharon en – 55 As die – uitgehaal is herstel die wond gou 56 Hy is 90, ‘n – man 57 Ek – nog nie al die inwoners nie 58 Die eerste twee klinkers 59 Delirium tremens (afk.) 60 ‘n Voorvoegsel wat ‘baie oud’ beteken 61 Nie ramme nie 63 Waar ons voorouers vandaan kom 66 Om te haat

67 Steek 68 Voor nege Af 1 Uitgawe van boek 2 Sondae in die saal 3 Regeerder 4 Machu Picchu lê in die hoё – in Peru 5 ‘n Spotklank 6 Tydperk 7 Ekskuus 8 Skenk 9 Voor ander dinge 10 Niksnut 11 Vreemd, snaaks 13 ‘n Groot binnehof 14 Hy skryf oor insekte in Die Tarentaal 15 Die eerste vrou 21 Ook 22 Vuurmaakplek 28 Tering (afk.) 29 Standerd (afk.) 33 Baie klein deeltjies 34 Eskader (afk.) 35 Klank uit meer as een rigting 36 Gereed en toegerus 38 Nie neem nie 41 Sondag is ‘n – 43 Werklus 45 Kan jy die – deurhak? 47 Iemand wat geld leen 48 Nie uit nie 51 Noukeurig meet 52 Alles het in – gestort 55 Ons bron van lig en krag 58 Noag se skip 61 - Tambo 62 ‘n E en nog ‘n e 64 Dit gee smaak aan ‘n bredie 65 ‘n Ouer Oplossing p. 24

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22

23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36

37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49

50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65

66 67 68

Page 22: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

22

Sudoku

Opgestel deur Corrie van Rooyen (Eenheid 53) (Oplossing p. 24)

Klippe kou (moeilik) Sommerso (maklik)

Wegneemetes

1. Slegs voorgeskrewe plastiekbakke wat by die kombuis aangekoop kan word, word vir wegneemetes gebruik.

2. Polistireenbakke word glad nie meer gebruik nie. 3. Geen vlekvryestaalbakke of glasbakke word toegelaat nie. Dit bemoeilik die pak van

bakke in die yskas en kaste. 4. Inwoners moet asseblief bakke skoon terugbring. 5. Persone moet asseblief nie mekaar se bakke gebruik vir kos afhaal nie. Dit skep

verwarring met nommers en name. 6. Let asseblief daarop dat as ‘n bak nie teruggebring is nie, maar kos wel vir wegneem

bestel is, is die beleid: Geen bak, geen kos.

Dankie vir u samewerking in dié verband. Kombuiskomitee.

Silver Violet

Rosa, ‘n haarkapster van Silver Violet, het vir ‘n skoueroperasie gegaan en Ma�hy Lerm staan vir haar in. Ons wens haar sterkte en ‘n spoedige herstel toe.

Gekleurde Die Tarentaal

Vir ‘n pragtig gekleurde uitgawe van Die Tarentaal, gaan na die oord se Webtuiste: www.ptao.co.za

Inlig�ngbrokkies

5 3 1 3 7

5 2 5 1 3 9 7

2 9 6 8 4 6 5 2

1 6 5 9 6 1 8

2 5 1 6 7 3 6 2

9 7 4 1 2 3 9

1 8 6 2 5 4 8 6

9 7 4 7 1 2 5

3 9 4 2 4

Page 23: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

23

Prac�ce no: 0502030

Ons, by Karien van Niekerk Fisioterapeute, behandel elke pasiënt na die beste van ons vermoë. Ons streef na ona�anklike, pynvrye-beweging en -funksie vir elke persoon. Ons doen ‘n volledige evaluering en die behandeling is gebaseer op die nuutste navorsing en is spesifiek daarop gerig om die beste moontlike uitslae vir elke individu te bereik.

Karien en Natasha 079 511 3743

Ouderdom Jou lyf raak totaal uit fatsoen jy sukkel en steun as jy buk.

Jy vergeet weer wat jy wou doen en jy vers�k ook as jy net sluk.

Dis pille en brille en winkeltande jy word moeg as jy ander sien werk. Jy’t pyne en plae in voete en hande en as jy eet, kry jou klere ‘n merk.

Ouderdom is ‘n vernederende ding dit bekruip jou stadig, maar seker.

Jy dink nog jy kan jou kant bring maar nee, dis jou beurt vir die beker.

Tog is daar soveel vreugde en pret jy leer om vir jouself te lag.

Jy’t vergeet van jou manie oor vet jou vel is gekreukel, maar jou oë is sag.

Jy leef elke dag uitbundig vol moed jy waardeer elke smaak in jou mond.

Jy kyk met nuwe ou oë na jou stokou-goed en jy’s dankbaar, want jy’s nog gesond.

Ouderdom is dié geleende tyd in jou lewe wat jou nader aan jou Skepper bring. Gryp genadetyd met hande wat bewe

en laat jou hart ‘n loflied sing. Ria Claassen

Page 24: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

24

Oplossings April / Mei 2019

E K H A W E A G E J A A G

D E G E N E R A S I E E E S R I R E D A T K V V E E R T J I E

S K A R E S R I A A N S A G S

I D S S T I E N S S E I E B B U S H A L T E S G

E R E G M O T S T O R E

S N Y R E K V R O L I K E U R

S W Y G E N D A M E N R O S A

S T E K E O U K E N A E D T

O E R O O I E E U R O P A N V E R P E S P R I K A G T

9 6 4 2 5 3 7 8 1 3 6 2 1 8 7 5 4 9 5 7 8 6 1 4 2 3 9 4 5 1 3 9 2 8 7 6 1 3 2 7 8 9 5 6 4 9 7 8 4 6 5 3 2 1

7 8 1 4 6 2 9 5 3 2 9 5 6 1 4 7 8 3 2 4 5 3 9 8 1 7 6 7 3 4 8 5 9 1 6 2 6 9 3 5 7 1 4 2 8 8 1 6 7 2 3 4 9 5

4 1 7 8 3 5 6 9 2 1 2 9 5 4 8 6 3 7

8 5 9 1 2 6 3 4 7 6 4 3 9 7 1 2 5 8 3 2 6 9 4 7 8 1 5 5 8 7 2 3 6 9 1 4

I dig, you dig, we dig, he digs, she digs, they dig…

It’s not a beautiful poem, but it’s very deep.

Page 25: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

25

Page 26: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

26

Woordkuns Prentjie van ‘n leeu en fotograwe

“Skryf ‘n storie wat deur dié prentjie geïnspireer word!” Dit was die opdrag wat Frances aan die Skrywerskring gegee het. Wa�er storie sou jý hieruit gemaak het? Wel, die lede van die Skrywerskring het gaan probeer en dit het gelei tot ‘n verskeidenheid uiteenlopende verhale. Hierdie verhale is aan Nico Snyman, voormalige professor in Afrikaanse Le�erkunde, voorgelê om drie verhale vir Die Tarentaal te kies. Hier volg die drie wat hy gekies het:

Die Leeu

Leeu (dink): Ek weet nie hoe smaak mensvleis nie, maar hierdie mannetjie op die stoel lyk nie heeltemal onaardig nie…

Koos (op stoel): Willem dink jy nie ons moet ‘n keng aan een van sy agterpote sit nie – net vir veiligheid?

Willem: Hy sal nie daarvan hou nie. Maar… doen jy dit as jy wil.

Koos: Nee, los maar.

Leeu (dink): Nie veel te kies tussen die twee nie. Altwee lyk maar baie maer.

Willem: Hoekom glimlag hy? Ek neem gou af. Dis ongewoon.

Koos: Dis nie ‘n glimlag nie. Hy GRYNS!

Leeu: GRR! BRUL!!!

Willem: Wat de…?

Koos: Pasop!!!

RSG-verkeersnuus: Verkeer dam op op die N1-Noord net na die Zambesi-tolhek. Twee motoriste het laat weet dat daar ‘n leeu op die pad is.

RSG-verkeersnuus: Daar is chaos op die N1-Noord voor die Se�lersafrit. ‘n Trop beeste het deur ‘n draad gebreek en maal rond op die pad. Dit lyk of hulle vir iets vlug…

Sannie Meiring (Eenheid 47)

Page 27: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

27

Die film

Marius van der Dussen laat die helikopter ‘n rukkie doods�l in die lug hang terwyl hy die toneel onder hom op die klein vliegveld inneem. Hy raak nou weereens dankbaar dat hy hierdie vliegveldjie naby die klein gehuggie, Rashoop, raakgeloop het. Dit is presies die plek wat hy in gedagte gehad het om “Simson, die Leeu”, te skiet. Hy laat sy oë oor die tente, die opgestelde kameratoerus�ng, die fotograwe en dan verderweg, die bos, gaan. Dan vang sy oog sy geliefde leeu wat stertswaaiende halfversteek in die bosse lê. Sy hart klop warm in hom as hy aan Simson, sy geliefde leeu dink wat hy as klein weeswelpie op een van sy jagtogte, verhongerd en gedehidreer, raakgeloop het. Hy kan nie wag om nou gou genoeg te land en weer met Simson verenig te wees nie.

Die oomblik dat hy uitklim, kom Simson aangestorm en spring hom amper onderstebo. “Wag nou, wag nou, Simson. Gee my net eers tyd om almal te groet.” Hy stap met uitgestrekte hand na sy kollegas maar die leeu probeer al tussenin dwing en toe hy naby die kameras kom wat in ‘n nagemaakte veld opgestel is, dwing Simson weer tussenin en hy struikel oor een van die groot stompe en val met sy arm waarmee hy sy val wil stuit, teen een van die kiste en ‘n uitstaande spyker ruk ‘n stuk uit sy arm uit. Die twee fotograwe storm verskrik op hom af en probeer die bloed keer, terwyl Simson snuiwend nader staan. Hulle bekyk die arm en wil hom dadelik na die naaste dorp, Brits, se hospitaal neem. Marius keer egter verwoed: “Nee, nee, net nie ‘n hospitaal nie. Ek haat hospitale, met my been moes ek, as klein seuntjie lank, ver van die huis af in een lê.” Hulle behandel dus net die wond na die beste van hulle vermoë met die noodhulptoerus�ng waaroor hulle beskik. Nadat hy ‘n paar pynpille in het, por hy hulle aan: “Toe, toe! Kom nou, dit is nie die einde van die wêreld nie. Tyd is geld en hierdie film moet op die mark kom.” Hulle werk dus die heeldag hard, kry die stel weer met moeite opgestel want die, gewoonlik saggeaarde gehoorsame en gewillige Simson is vandag half halsstarrig en neig al na Marius se kant toe waar hy telkens aan die wond ruik. Na ‘n aand om die kampvuur, sê Marius: “Die dag het sy tol geëis, ek is doodmoeg en gaan maar inkruip. Kom, Simson, ons gaan slaap.” “Lekker slaap, julle twee. Maar gee my sommer ‘n dubbel dosis van daardie pynpille want my arm is nogal seer en ook ‘n slaappil want ek wil tog nie vannag wakker word van die pyn nie.” Hy kry ‘n beker water en slaan die handvol pille weg en hy en Simson verdwyn in die tent.

Sesuur die volgende oggend is daar geen beweging by Marius se tent nie. Dit is later ver verby opstaantyd. Een van die fotograwe gaan staan voor die tent en roep: “Marius, Marius! Die son trek al water. Voel jy siek?” Toe daar geen reaksie kom nie, trek hy die tentseil oop en daar lê ‘n hopie bloederige bene terwyl Simson sy bek met genoegdoening lê en skoon lek. Die oerwoud het oorgeneem!

Olivia Steyn (Eenheid 94)

Die opdrag

Twee boe�e-fotograwe, Fanie en Jan van Pletzen, kry ‘n rare opdrag: Pagel’s Sirkus se eienaar wil ‘n video van sy spogleeu, Max, hê – met ‘n brul wat ontsag afdwing daarby. Hulle is nie so seker of hulle daarvoor kans sien nie. Jan kou sy naels: “Fanie, hoe op aarde gaan ons dit regkry?”

Maar Fanie sê, mnr. Pagel sê, Max is mak en hou van mense. Hy’s boonop baie intelligent en verstaan alles wat hy hoor.

En toe breek die bepaalde dag vir die groot gebeurtenis aan. Mnr Pagel en Max se afrigter is besig om hom staan te maak op twee houtkassies. Dit neem tyd en geduld; maklik ‘n halfuur. Uiteindelike staan Max reg: voorpote bietjie hoër en die laer kassie vir die agterpote. Nou’s dit net Max en twee verbouereerde fotograwe.

Max poseer redelik rus�g en die proses begin. Maar, hoe gemaak om hom te laat brul? Max se afrigter sê iets en nog meer. Mnr. Pagel vul aan… tevergeefs. Max sê niks. Fanie en Jan wag… en wag. Uiteindelik sê Fanie: “Mag�g, Jan, nou is ek moeg vir die nonsens! Gaan haal pa se geweer en ons wys dit net vir die dier wat ons so vir die gek hou.” En waar vererg Max hom vir Fanie se woorde en voor Jan nog die opdrag kan uitvoer, gaan hy aan’t brul en kan Fanie se kamera rol. Jan se klankopnemer wat gereed gestaan het, voeg toe ‘n tweede brul by … en die bomenslike opdrag is suksesvol voltooi.

Gerrie Lubbe (Eenheid 51)

Page 28: Die Tarentaal / The Guineafowl APRIL... · Deur sy menswording, lydenspad en dood het Hy Homself op-geoffer (offer: geskenk) en as ‘n geskenk vir God se saak en droom gegee sodat

28