die skoenmaker en die elwe - wendy maartens · 2020. 4. 3. · 32 d ie skoenmaker en die elwe...

8
32 Die skoenmaker en die elwe Mededeelsaamheid Eendag lank gelede, toe perde nog horings gehad het, was daar ’n arm skoenmaker en sy vrou. Al het die skoenmaker van vroeg tot laat geswoeg, was daar baie dae nie eens brood in die huis nie. As daar die dag genoeg geld was om meel te koop, het die skoen- maker se vrou haar voorskoot aangesit en brood gebak. Die heer- likste brood met die bruinste korsies. Dan het sy dit in netjiese snye gesny en met ’n arm gesin gedeel wat langs hulle gebly het. Een aand laat haal die skoenmaker sy laaste stuk leer uit en sit dit op die werkstafel neer. Maar hy is so moeg dat hy nie kans sien om met die nuwe paar skoene te begin nie. “Môre is nog ’n dag,” sê sy vrou. “Eet jou brood en kom slaap. Jy het die rus nodig.” Die skoenmaker los die stuk leer op die werkstafel, blaas die kers dood en gaan slaap. Toe hy die volgende oggend by sy werkstafel kom, is die stuk leer weg. Op dieselfde plek is twee splinternuwe skoene. “Dit is die mooiste skoene wat ek nog ooit gesien het!” roep die skoenmaker uit. “Kyk net, elke stekie is op sy plek. Ek sal nooit sulke pragtige skoene kan maak nie.” Die skoenmaker het skaars sy werksplek se deur oopgemaak of ’n ryk man kom binne en koop die skoene. Hy is so in sy skik dat hy twee keer meer betaal as wat die skoene werd is. Die skoenmaker kan sy geluk nie glo nie. Hy gaan koop dadelik genoeg leer vir nog twee pare skoene. Sy vrou gaan koop meel, sit haar voorskoot aan en bak twee groot brode. Toe sny sy die brode in netjiese snye en deel dit met die arm gesin langsaan en die wedu- wee wat oorkant hulle bly.

Upload: others

Post on 28-Apr-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die skoenmaker en die elwe - Wendy Maartens · 2020. 4. 3. · 32 D ie skoenmaker en die elwe Mededeelsaamheid Eendag lank gelede, toe perde nog horings gehad het, was daar ’n arm

32

Die skoenmaker en die elweMededeelsaamheid

Eendag lank gelede, toe perde nog horings gehad het, was daar ’n arm skoenmaker en sy vrou. Al het die skoenmaker van vroeg tot laat geswoeg, was daar baie dae nie eens brood in die huis nie.

As daar die dag genoeg geld was om meel te koop, het die skoen-maker se vrou haar voorskoot aangesit en brood gebak. Die heer-likste brood met die bruinste korsies. Dan het sy dit in netjiese snye gesny en met ’n arm gesin gedeel wat langs hulle gebly het.

Een aand laat haal die skoenmaker sy laaste stuk leer uit en sit dit op die werkstafel neer. Maar hy is so moeg dat hy nie kans sien om met die nuwe paar skoene te begin nie.

“Môre is nog ’n dag,” sê sy vrou. “Eet jou brood en kom slaap. Jy het die rus nodig.”

Die skoenmaker los die stuk leer op die werkstafel, blaas die kers dood en gaan slaap.

Toe hy die volgende oggend by sy werkstafel kom, is die stuk leer weg. Op dieselfde plek is twee splinternuwe skoene.

“Dit is die mooiste skoene wat ek nog ooit gesien het!” roep die skoen maker uit. “Kyk net, elke stekie is op sy plek. Ek sal nooit sul ke pragtige skoene kan maak nie.”

Die skoenmaker het skaars sy werksplek se deur oopgemaak of ’n ryk man kom binne en koop die skoene. Hy is so in sy skik dat hy twee keer meer betaal as wat die skoene werd is.

Die skoenmaker kan sy geluk nie glo nie. Hy gaan koop dadelik genoeg leer vir nog twee pare skoene. Sy vrou gaan koop meel, sit haar voorskoot aan en bak twee groot brode. Toe sny sy die brode in netjiese snye en deel dit met die arm gesin langsaan en die wedu-wee wat oorkant hulle bly.

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 32 2014/09/01 4:23 PM

Page 2: Die skoenmaker en die elwe - Wendy Maartens · 2020. 4. 3. · 32 D ie skoenmaker en die elwe Mededeelsaamheid Eendag lank gelede, toe perde nog horings gehad het, was daar ’n arm

33

Toe die skoenmaker daardie aand aan die nuwe skoene wil be-gin werk, sê sy vrou: “Dit was so ’n goeie dag. Kom eet jou brood, dan gaan slaap ons vroeg.”

Die skoenmaker los die leer op die werkstafel, eet sy brood, blaas die kers dood en gaan slaap.

Die volgende oggend is die stuk leer weg en staan daar twee pare deftige skoene op die werkstafel. Hulle verkoop net so vinnig. Met die geld koop die skoenmaker genoeg leer om vier pare skoene te maak. Sy vrou gaan koop meel, sit haar voorskoot aan en bak vier brode. Toe sny sy die brode in netjiese snye en deel dit met die arm gesin langsaan en die weduwee oorkant. Daar is ook genoeg vir die blinde man wat op die hoek bedel en die verflenterde seuntjie wat soms by hulle op die stoep gesels.

Daardie aand besluit die skoenmaker om die stuk leer weer op die werkstafel te los en te kyk wat gebeur. En sowaar. Die volgende oggend is die stuk leer weg en blink daar vier pare deftige skoene op die werkstafel. Hulle verkoop net so vinnig. Met die geld koop die skoenmaker nog meer leer. Sy vrou gaan koop meel en kaas en wors. Die orige geld bêre sy in ’n trommel onder die bed. Toe sit sy haar voorskoot aan en berei ’n feesmaal vir almal wat honger is.

Nie lank nie of konings en prinse daag in koetse op om skoene te koop. Die skoenmaker en sy vrou word skatryk.

Boonop is nie mand in die dorp meer honger nie. Die arm gesin langsaan se kin ders groei soos pampoene. Die weduwee se wan-getjies word mooi rooi en rond. Die blinde bedelaar op die hoek begin sing vir almal wat verbystap. Selfs die verflenterde seuntjie wat soms op die stoep kuier, het genoeg energie om elke middag sy huiswerk te doen.

Maar die skoenmaker en sy vrou het nie vergeet van die ge heim-sinnige vriende wat hulle elke nag kom help nie.

“Dit is een van die dae Kersfees,” sê sy vrou. “Ons geheimsinnige vriende verdien elkeen ’n Kersgeskenk.”

“Hoe sal ons weet wie hulle is?” vra die skoenmaker. “Kom ons bly vannag wakker,” sê die vrou. “Dan vind ons uit.”

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 33 2014/09/01 4:23 PM

Page 3: Die skoenmaker en die elwe - Wendy Maartens · 2020. 4. 3. · 32 D ie skoenmaker en die elwe Mededeelsaamheid Eendag lank gelede, toe perde nog horings gehad het, was daar ’n arm

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 34 2014/09/01 4:23 PM

Page 4: Die skoenmaker en die elwe - Wendy Maartens · 2020. 4. 3. · 32 D ie skoenmaker en die elwe Mededeelsaamheid Eendag lank gelede, toe perde nog horings gehad het, was daar ’n arm

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 35 2014/09/01 4:23 PM

Page 5: Die skoenmaker en die elwe - Wendy Maartens · 2020. 4. 3. · 32 D ie skoenmaker en die elwe Mededeelsaamheid Eendag lank gelede, toe perde nog horings gehad het, was daar ’n arm

Daardie aand los die skoenmaker weer ’n stuk leer in die werks-kamer. Hy en sy vrou kruip agter die gordyne weg. Toe die klok twaalfuur slaan, spring twee klein mannetjies op die werkstafel en begin werk.

“Foei tog,” sê die skoenmaker. “Kyk hoe verflenterd is hulle. Daar is gate in hul klere en hulle is heeltemal te dun aangetrek vir die koue weer daar buite.”

Maar die mannetjies sny en stik en werskaf tot al die leer op is. Toe verdwyn hulle net so geheimsinnig as wat hulle gekom het.

“Ek het ’n plan,” sê die skoenmaker se vrou. “Ek sal vir elkeen ’n lekker warm broek en hemp maak en vir hulle sokkies en musse brei.”

Sy spring aan die werk. Die klere is net betyds klaar vir Kersfees. Daardie aand sit hulle twee stelle splinternuwe klere en heerlike Kerspoeding op die werkstafel neer.

Toe die horlosie twaalfuur slaan, is die mannetjies weer daar. Maar in plaas van leer kry hulle die klere en Kerspoeding.

Hulle spring op en af van blydskap en trek dadelik die klere aan. Toe dans hulle in die rondte en eet Kerspoeding totdat die suiker soos sneeu in hul lang baarde blink. En terwyl hulle dans sing hulle:

“Ons lyfies is nou warm en julle is nie meer arm.Die honger sal nie meer lol,want almal se magies is vol.Ons werk is nou klaar.Geseënde Kersfees en ’n vrolike Nuwejaar!”Dit was die laaste keer dat die skoenmaker en sy vrou die elfies

gesien het.

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 36 2014/09/01 4:23 PM

Page 6: Die skoenmaker en die elwe - Wendy Maartens · 2020. 4. 3. · 32 D ie skoenmaker en die elwe Mededeelsaamheid Eendag lank gelede, toe perde nog horings gehad het, was daar ’n arm

37

Hulle twee het lank en gelukkig gelewe. Die skoenmaker moes weer sy eie skoene maak, maar het glad nie omgegee nie. Hy het nou soveel bestellings gekry dat hy ’n fabriek kon oopmaak en al die arm mense kon werk gee. En hoewel hy en sy vrou ryk genoeg was om in ’n deftige huis met baie bediendes te woon, het hulle verkies om alleen in hul eenvoudige huisie te bly. Net ingeval die elfies weer eendag op Oukersaand lus kry vir Kerspoeding.

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 37 2014/09/01 4:23 PM

Page 7: Die skoenmaker en die elwe - Wendy Maartens · 2020. 4. 3. · 32 D ie skoenmaker en die elwe Mededeelsaamheid Eendag lank gelede, toe perde nog horings gehad het, was daar ’n arm

38

Vir die kindDis nie altyd maklik om te deel nie. Veral nie as dit lekker koeldrank of nuwe inkleurkryte is nie. Maar sodra jy jou maat se glimlag sien, is die lekker gevoel in jou hart amper net so lekker soos die koeldrank. Deel is ’n manier om te wys jy gee om. Amper soos om iemand te help of ’n drukkie te gee.

Om te deel is baie soos wipplank ry. Soms is jy bo en soms is jy onder. Net so is dit soms jou beurt om te gee en ander kere om te kry. Sonder ’n maat kan jy nie wipplank ry nie. Sonder deel kan jy nie vriende maak nie.

As lekkers gedeel word, is dit goeie maniere om jou maat toe te laat om self te kies. Moet nooit meer as een vat nie. As jy eers een ge vat het, is dit nie goeie maniere om dit vir ’n ander om te ruil nie.

Moenie iets deel of uitleen wat nie aan jou behoort nie.

Vir die ouer en onderwyserMededeelsaamheid help vorm die grondslag van stewige vriend-skaps bande. ’n Kind kan egter net deel as hy veilig, geborge en geliefd voel en genoeg gehaltetyd deurbring saam met iemand wat omgee. Dis ook noodsaaklik om dikwels saam met ander te lag, in iemand se arms te huil wanneer hy ongelukkig is, ingelig te word oor wat gebeur en hoekom dit gebeur. En laaste maar nie die min-ste nie, dat die kind se intelligensie gerespekteer word.

Teen driejarige ouderdom het ’n kind ’n redelike begrip van wat dit behels om beurte te maak. Die kans is egter goed dat ’n bohaai opgeskop sal word sodra iemand ’n voorwerp vat wat die kind graag wil hê. ’n Voorskoolse kind weet weer wat beurte behels, maar is nie altyd bereid om dit toe te pas nie. Teen die tyd dat kinders skool toe gaan, besef hulle almal voel nie soos hulle nie. Dit vergemaklik deel en beurte maak aansienlik. Die kind is ook geduldiger en gretig om die regte ding te doen. Versterk hierdie op trede deur presies vir die kind te sê wat hy reg gedoen het en hoe bly dit jou maak.

Vir die kindDis nie altyd maklik om te deel nie. Veral nie as dit lekker koeldrank

Vir die kindDis nie altyd maklik om te deel nie. Veral nie as dit lekker koeldrank

Vir die ouer en onderwyserMededeelsaamheid help vorm die grondslag van stewige vriend-

Vir die ouer en onderwyserMededeelsaamheid help vorm die grondslag van stewige vriend-

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 38 2014/09/01 4:23 PM

Page 8: Die skoenmaker en die elwe - Wendy Maartens · 2020. 4. 3. · 32 D ie skoenmaker en die elwe Mededeelsaamheid Eendag lank gelede, toe perde nog horings gehad het, was daar ’n arm

Deel en beurte maak verg oefening. Sommige kinders het meer oefening as ander nodig. Hou die volgende in gedagte:

Gee die kind genoeg geleentheid om te sosialiseer. Dit leer hom nie net om te onderhandel nie, maar ook om teleur stel-ling te hanteer. Wees ’n goeie voorbeeld en bied die kind die grootste porsie roomys aan of laat hom toe om jou nuwe skoene aan te pas. Bêre ’n gunsteling-speelding vóór maats kom kuier of berei die kind daarop voor dat hy dit sal moet deel. Sê vir die kind jy verwag van hom om te deel. Herinner hom veral daaraan voor maats kom speel. Moenie net sê “speel mooi” nie. Wys die kind hoe om te deel of beurte te maak. Maak hom bewus van ander se gevoelens deur byvoor beeld te vra: “Onthou jy hoe hartseer jy was toe Anita nie vir jou ’n beurt wou gee om met haar bal te speel nie?” Stel duidelike grense met gevolge, byvoorbeeld: “As jy nie deel nie, speel jy nie saam nie.” Of vir ouer kinders: “As jy nie beur te maak nie, kry jou maat twee beurte ná mekaar.” Bêre ’n speelding vir ’n rukkie sodra ’n stryery ontstaan. Haal dit later uit en gee hulle kans om te wys dat hulle kan deel sonder om te stry. Indien die kind sukkel om te deel, vra jouself af: Het die kind die afgelope paar uur die gevoel ervaar dat hy kosbaar is en iewers hoort? Het iets gebeur wat die kind herinner aan ’n tyd of voorval toe hy bang of alleen was?

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 39 2014/09/01 4:24 PM