die rondebossie julie 2018 · 2019-11-25 · tuin en terrein…. die opruimwerk aan die tuin het...

5
DIE RONDEBOSSIE Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com Maandblad van die NG Kerk Rondebosch Julie 2018 * Biddag vir Jeug en Kategese * Ansie Verjaar * Huis Lückhoff-Ontbyt * BADISA besoek * Rousmart * Leesrooster * U-turn Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik. We are an inclusive family who with open doors joyfully reach out to our community. Gebed.... Hemelse Vader, ons weet dat elke dag wat U vir ons gee, vol nuwe geleentheid is. Ons weet dat vandag geen uitsondering sal wees nie. Ons weet dat ons vandag die geleentheid sal hê om nuttige werk te doen en om ons bestaan in hierdie wêreld te regverdig. Help ons dan om die werk met al ons kragte te doen tot eer van U naam en tot uitbreiding van U koninkryk. Amen Gedagte.... Kerke met ʼn toekoms beweeg van... “Ons kan nie” na “ Ons kan” “Wat ons nie het nie” na “Wat ons het” “Ons/julle” na “Ons “ “Ons weet nie “ na “Ons weet nog nie” “Wat wil mense hê” na “Wat wil God hê “ “Oorleef” na “Voluit leef” * Gebed en Nuwe Byvoeging * Die Kerklike Jaar * Klereverkoping * Biddag vir Ekologie * Sop en Sjerrie * Netwerkkursus * Tuine en Terrein Nuwe Byvoeging.... Op 11 Junie word Dr Andre en Dr Maggie Swart se derde kind, ʼn seuntjie Johan Wilhelm Claasen Swart, gebore. Ons gemeente wil hulle baie gelukwens met die nuwe babatjie. Hy is DIE KERKLIKE JAAR In die postmoderne era waarin die Kerk haarself bevind, wil lidmate hulle geloof in God-drie-Enig opnuut ervaar en beleef. Veral in ons aanbiddings- geleenthede en viering in ons erediens het daar ‘n nuwe soeke na sin en betekenis gekom. Lidmate soek nuwe simbole om die verlossingswerk van Jesus Christus nuut te ervaar en beleef. Binne die liturgie moet die simbo- le die ontmoeting met God begelei. Simboliek lê verbande tussen hierdie werklikheid en ‘n ander werklikheid, dié van God. Die krag van die simbool lê in sy meervoudige betekenis wat jou emosies en gedagtes neem na die werklikheid agter die simbool. Die simbool en ritueel moet binne die liturgiese konteks in diens staan van die kommunikasie met God en mekaar. Natuurlik is die nagmaal en doop twee rituele wat gevul is met simboliek en wat baie meer uitgebou kan word. Ons wil in ons gemeente ook baie meer van simboliek gebruik maak. Gaan lees gerus weer die tekste in Eksodus 25–32 hoe die Here aan Moses opdrag gegee het oor die bou van die tent van ontmoeting. Gaan lees ook hoe ryklik dit alles versier was met kleure en simbole. In 2 Kron 3–6 met die bou van die tempel is daar selfs nog meer engele en beelde van beeste, vrugte en blomme. Die een manier hoe ons simboliek in ons gemeente wil laat lewe is deur aan te sluit by die kerklike jaar. Die tradisie van die kerklike jaar verkondig en vier die drie groot heilsdade van God, nl. sy menswording (Kerssiklus), die lyding, sterwe en opstanding van Christus (Paassiklus) en die uitstorting van die Heilige Gees (Pinkstersiklus). Hierdeur word ons as gelowiges herinner aan dit wat God uit liefde vir ons gedoen het en word ons verryk en versterk in ons geloofslewe. Die kerklike jaar of liturgiese jaar is die ritme van die Christelike feesdae en seisoene. Dit is die polsslag waarmee die Kerk van Christus lewe. Die kerklike jaar word veral met kleure en simbole uitgebeeld. Die liturgiese bande wat die leraar dra, is in die kleur van die seisoen waarin die kerk haarself bevind. Die tye in die jaar wat deur ons Kerk gevier word, is soos volg: Die vier Adventsweke en Kersfees Die lewe en werk van Jesus Christus in die wêreld (Epifanie – Begin van Januarie) Die sewe Lydensweke , Goeie Vrydag en Paasfees Hemelvaart Pinksterfees Drie-eenheidsondag Die uitbreiding van die kerk (Koninkrykstyd) Gaan kyk op die laaste bladsy van ons gemeentekalender na die kleure van die seisoene.

Upload: others

Post on 20-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Rondebossie Julie 2018 · 2019-11-25 · Tuin en Terrein…. Die opruimwerk aan die tuin het begin. Hou hierdie spasie dop vir mr foto’s ss ons werk om die vrkoms van die kerkkom-

DIE RONDEBOSSIE

Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com

Maandblad van die NG Kerk Rondebosch Ju l ie 2018

∗ Biddag vir Jeug en Kategese

∗ Ansie Verjaar

∗ Huis Lückhoff-Ontbyt ∗ BADISA besoek

∗ Rousmart

∗ Leesrooster

∗ U-turn

Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.

We are an inclusive family who with open doors joyfully reach out to our community.

Gebed.... Hemelse Vader, ons weet dat elke dag

wat U vir ons gee, vol nuwe geleentheid is.

Ons weet dat vandag geen uitsondering sal wees nie.

Ons weet dat ons vandag die geleentheid sal hê om nuttige werk te doen en om ons bestaan in hierdie wêreld

te regverdig. Help ons dan om die werk met al ons

kragte te doen tot eer van U naam en

tot uitbreiding van U koninkryk. Amen

Gedagte....

Kerke met ʼn toekoms beweeg van... “Ons kan nie” na “ Ons kan”

“Wat ons nie het nie” na “Wat ons het” “Ons/julle” na “Ons “

“Ons weet nie “ na “Ons weet nog nie” “Wat wil mense hê” na “Wat wil God hê “

“Oorleef” na “Voluit leef”

∗ Gebed en Nuwe Byvoeging

∗ Die Kerklike Jaar

∗ Klereverkoping ∗ Biddag vir Ekologie

∗ Sop en Sjerrie

∗ Netwerkkursus

∗ Tuine en Terrein

Nuwe Byvoeging....

Op 11 Junie word Dr Andre en Dr Maggie Swart se derde kind, ʼn seuntjie Johan Wilhelm Claasen Swart, gebore. Ons gemeente wil hulle baie gelukwens met die nuwe babatjie. Hy is

DIE KERKLIKE JAAR

In die postmoderne era waarin die Kerk haarself bevind, wil lidmate hulle geloof in God-drie-Enig opnuut ervaar en beleef. Veral in ons aanbiddings-geleenthede en viering in ons erediens het daar ‘n nuwe soeke na sin en betekenis gekom. Lidmate soek nuwe simbole om die verlossingswerk van Jesus Christus nuut te ervaar en beleef. Binne die liturgie moet die simbo-le die ontmoeting met God begelei. Simboliek lê verbande tussen hierdie werklikheid en ‘n ander werklikheid, dié van God. Die krag van die simbool lê in sy meervoudige betekenis wat jou emosies en gedagtes neem na die werklikheid agter die simbool. Die simbool en ritueel moet binne die liturgiese konteks in diens staan van die kommunikasie met God en mekaar.

Natuurlik is die nagmaal en doop twee rituele wat gevul is met simboliek en wat baie meer uitgebou kan word. Ons wil in ons gemeente ook baie meer van simboliek gebruik maak. Gaan lees gerus weer die tekste in Eksodus 25–32 hoe die Here aan Moses opdrag gegee het oor die bou van die tent van ontmoeting. Gaan lees ook hoe ryklik dit alles versier was met kleure en simbole. In 2 Kron 3–6 met die bou van die tempel is daar selfs nog meer engele en beelde van beeste, vrugte en blomme.

Die een manier hoe ons simboliek in ons gemeente wil laat lewe is deur aan te sluit by die kerklike jaar. Die tradisie van die kerklike jaar verkondig en vier die drie groot heilsdade van God, nl. sy menswording (Kerssiklus), die lyding, sterwe en opstanding van Christus (Paassiklus) en die uitstorting van die Heilige Gees (Pinkstersiklus). Hierdeur word ons as gelowiges herinner aan dit wat God uit liefde vir ons gedoen het en word ons verryk en versterk in ons geloofslewe. Die kerklike jaar of liturgiese jaar is die ritme van die Christelike feesdae en seisoene. Dit is die polsslag waarmee die Kerk van Christus lewe. Die kerklike jaar word veral met kleure en simbole uitgebeeld. Die liturgiese bande wat die leraar dra, is in die kleur van die seisoen waarin die kerk haarself bevind.

Die tye in die jaar wat deur ons Kerk gevier word, is soos volg:

• Die vier Adventsweke en Kersfees

• Die lewe en werk van Jesus Christus in die wêreld

(Epifanie – Begin van Januarie)

• Die sewe Lydensweke , Goeie Vrydag en Paasfees

• Hemelvaart

• Pinksterfees

• Drie-eenheidsondag

Die uitbreiding van die kerk (Koninkrykstyd) Gaan kyk op die laaste bladsy van ons gemeentekalender na die kleure van die seisoene.

Page 2: Die Rondebossie Julie 2018 · 2019-11-25 · Tuin en Terrein…. Die opruimwerk aan die tuin het begin. Hou hierdie spasie dop vir mr foto’s ss ons werk om die vrkoms van die kerkkom-

Klereverkoping

Op 1 Junie hou die dames van ons gemeente ʼn gebruikte klereverkoping.

Ons wil graag die gemeen-te bedank vir elke bydrae wat gemaak is ten opsig-te van die verkoping.

Die inkomste uit die ver-koping was R1155.

Regs verkoop die dames ʼn paar van die kleding-stukke. Anna Shaw, Lenie Chapman, Bettie van Heerden en Ina du Toit was die dag se verkoopspersoneel.

Biddag vir Ekologie: 3 Junie 2018

Daar is ’n bekende gesegde wat lui: “Geloof is om bome te plant sodat jou kleinkinders in die skadu kan speel en piekniek hou.”

Kom ons vat hande en maak ons planeet ’n beter, mooier en veiliger plek vir ons, ons kinders en ons kinders se kinders!

Links: Die twee esels met plakkate vol rommel was om die gemeente net weer bewus te maak van die in-pak wat ons op ons omgewing het. Dankie aan Ina en Arina vir die maak van die plakkate.

15 Junie hou die gemeente Sop en Sjerrieaand. 35 mense woon dié gesellige aand by. Die gemeente se dames het baie moeite gedoen.

Bo: is die bobaas-sjefs wat die lekker sop ge-maak het.

Regs-onder: Die lid-mate begin die aand met ‘n glasie sjerrie voor die sop.

Links-onder:

Juliette Kriel lewer verskeie klavier- items.

Page 3: Die Rondebossie Julie 2018 · 2019-11-25 · Tuin en Terrein…. Die opruimwerk aan die tuin het begin. Hou hierdie spasie dop vir mr foto’s ss ons werk om die vrkoms van die kerkkom-

Tuin en Terrein….

Die opruimwerk aan die tuin het

begin. Hou hierdie spasie dop vir

meer foto’s soos ons werk om

die voorkoms van die kerkkom-

pleks te vernuwe.

Baie dankie aan Hester en Arnold

Louw dat hulle die binne-

hof se plaveiselwerk gaan doen.

Ook wil ons baie dankie sê aan

Richard Dews (een van ons bure)

wat vir ons stene en bousand ge-

skenk het.

Bydraes ten opsigte van die tuin-

en terreinprojek kan by die kerk-

kantoor inbetaal word of via

internet bankdienste:

NG Kerk Rondebosch

ABSA Claremont

Rek: 2870141125

Ref: Tuin/Terrein

Biddag vir Jeug en Kategese

Marié Schoeman besoek ons gemeente op

10 Junie 2018. Dit was lekker om meer van

haar werk te hoor. Indien jy graag haar werk

wil ondersteun, kan ‘n donasie in die kerk se

bankrekening deponeer word met verwysing:

Marié Schoeman

Die Netwerk Kursus het oor vier weke gestrek en was leersaam

vir elkeen wat vir

hierdie kursus inge-

skryf het. Die lid-

mate hierbo het

hulleself beywer om

uit te vind wat hul-

le gawes werklik is.

Na aanleiding van

ʼn onderhoud met

een van hierdie lid-

mate was hierdie

kursus leersaam en

verbasend korrek

wat sy geaardheid

en gawes betref. Hy sal dit sterk aanbeveel by elke lidmaat van

die gemeente.

VLNR: Mariet en Stefan Opperman, Antoinette en Edward Coetzee,

Johan Marx, Florrie Kerschbaumer (voor), Johann Nieder-Heitmann,

Ds Jacob en Riëtte van der Merwe, klein Phillip, Albert en Naomi Wil-

lemse en Koos Venter (die man met wie ek ‘n onderhoud gevoer het.)

Page 4: Die Rondebossie Julie 2018 · 2019-11-25 · Tuin en Terrein…. Die opruimwerk aan die tuin het begin. Hou hierdie spasie dop vir mr foto’s ss ons werk om die vrkoms van die kerkkom-

OP 19 Junie verras die Lewende Woord- en Moria - bybel-

studiegroepe vir Ansie met haar verjaardag. Dit was ‘n gesellige

kuier-oggend.

“Ansie wil graag die gemeente opreg bedank vir die by-

draes vir die geskenke en vieringe met haar verjaarsdag.

Sy het groot waardering vir almal se liefde en omgee.”

HUIS LüCKOFF JAARLIKSE FONDS-

INSAMELING

Die ontbyt by Kelvin Grove vind Donderdag, 16 Augustus, om 09:00 plaas. Die koste beloop R300 pp en die spreker is Robin Jackman. Ons gemeente

samel elke jaar fondse in vir 3 tafels met 10 sitplekke.

Indien jy nie die geleentheid kan bywoon nie, is enige donasie welkom.

Kontak asb. Thea, Anna, Ina of Ester

Die kategete van ons gemeente het besluit dat al hulle munt-

legginginkomste aan BADISA-Wynberg gaan. Op 23 Junie, besoek

die jongmense BADISA-Wynberg en oorhandig die muntleggingin-

komste en gaan hoor meer van die werk wat BADISA doen.

Prof.Kay de Villiers Frances Liebenberg Lorna du Toit

07.03.1928 - 05.06.2018 20.11.1920 - 08.06.2018 10.12.1930 - 17.06.2018

Page 5: Die Rondebossie Julie 2018 · 2019-11-25 · Tuin en Terrein…. Die opruimwerk aan die tuin het begin. Hou hierdie spasie dop vir mr foto’s ss ons werk om die vrkoms van die kerkkom-

So 1 Julie 2018

Ma

Di Wo

Do

Vr Sa

2 Samuel 1:1, 17-27

2 Samuel 2:1-16

Psalm 130

2 Korintiërs 8:1-6

2 Korintiërs 8:7-15

Markus 5:1-20

Markus 5:21-43

So 8 Julie 2018

Ma

Di Wo

Do

Vr Sa

2 Samuel 5:1-16

2 Samuel 5:17-25

Psalm 48

2 Korintiërs 12:2-10

2 Korintiërs 12:11-21

Markus 6:1-13

Markus 6:14-16

So 15 Julie 2018

Ma

Di Wo

Do

Vr Sa

2 Samuel 6:1-16

2 Samuel 6:17-23

Psalm 24

Efesiërs 1:3-14

Efesiërs 1:15-23

Markus 6:17-29

Markus 6:30-34

So 22 Julie 2018

Ma

Di Wo

Do

Vr Sa

2 Samuel 7:1-14a

2 Samuel 7:14-29

Psalm 89:20-37

Efesiërs 2:1-10

Efesiërs 2:11-22

Markus 6:45-52

Markus 6:53-56

So 29 Julie 2018

Ma

Di Wo

Do

Vr Sa

2 Samuel 11:1-11

2 Samuel 11:12-27

Psalm 14

Efesiërs 3:1-13

Efesiërs 3:14-21

Johannes 6:1-15

Johannes 6:16-21

Baie dankie aan elkeen vir die bydrae wat jy gemaak het ten opsigte van ons Winter Warmte projek. Lise van den Dool besoek ons gemeente op 24 Junie 2018 en neem al ons dona-sies in ontvangs. Hulle spreek hulle dankbaarheid uit teenoor die gemeente vir die mooi wyse waarop ons hulle ondersteun.

Lise van den Dool

Occupational Therapist –

Head of First Phase

I joined the U-Turn team in July

2014. I was privileged to be accepted on the Vodacom

Change the World 2014 team, an initiative by Vodacom

to assist professionals to get involved in the NGO sector.

Vodacom CTW has made it possible for me to join the

U-Turn team in the capacity of 1stPhase Coordinator,

bringing rehabilitation services to 1st Phase. I am

passionate about seeing people’s personalities come to

life and seeing them actively partake in life. I am also

passionate about the outdoors. If I could spend every

day all day out of doors in the mountains or next to the

sea, I would be the happiest person in the world.

Contact: [email protected]

BO: Elizabeth Kluge en Lise van den Dool by die bussie waarmee sy alles kom

haal het.