die pad saam - vkb · 2013-08-08 · die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. suksesvolle...

72
1 Uitgawe 20 Aug|Sep 2013 Pad Saam DIE Pad Saam DIE Die Pad Saam-bootrit Sojabone: ‘n groeiende vraag na proteïen Erdwurms Alzheimers Veevoerfabriek: Vrede

Upload: others

Post on 13-Jul-2020

8 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

1

Uitgawe 20 Aug|Sep 2013

Pad SaamDIE Pad SaamDIE

Die Pad Saam-bootrit

Sojabone: ‘n groeiende vraag na proteïen

Erdwurms

Alzheimers

Veevoerfabriek: Vrede

Page 2: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid.

Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik produkte. Soos Monsanto se Roundup PowerMAX®-produk wat deel uitmaak van ‘n onoortreflike onkruidbeheerprogram in mielies.

Roundup PowerMAX®:• Is effektief – as enkelproduk of in kombinasie met geregistreerde produkte!• Waarborg gewasveiligheid!• Is reënvas binne een uur na toediening – effektiewe, vinnige opname selfs onder ongunstige toestande!

Roundup PowerMAX® plaas jou in beheer.

Vir doeltreffende onkruidweerstandsbestuur, beveel Monsanto aan dat Roundup PowerMAX® met ander geregistreerde produkte gekombineer moet word in ‘n onkruidbeheerprogram.

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za

Kliënte is welkom om ons op ons kliëntediens-telefoonnommer of e-posadres te kontak: 011 790-8201 of [email protected]

Roundup PowerMAX® bevat glifosaat 540 g/l. Versigtig. Reg. No. L7769 (Wet No. 36 van 1947). Raadpleeg altyd die produketiket.

Roundup PowerMAX®, Roundup Ready®, Roundup Ready® Corn 2 en Monsanto is geregistreerde handelsmerke van Monsanto Technology LLC.

Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

Roundup Ready Corn 2

Roundup Ready® Corn 2

uppe

mar

keti

ng A

0924

1/PS

Page 3: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

Meer oor Monsanto MaatskappyMonsanto-maatskappy is ’n toonaangewende, globale verskaffer van tegnologiegebaseerde oplossings en landbouprodukte wat die produktiwiteit op die plaas en die kwaliteit van voedsel verbeter. Monsanto is daarop gefokus om boere by te staan om meer uit hul grond te kry terwyl hulle die wêreld se natuurlike hulpbronne, soos water en energie, toenemend bewaar.

Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: [email protected].

Om meer te wete te kom oor ons besigheid en ons verbintenisse, gaan na: www.monsanto.com. Volg ons bedrywighede op Twitter® by www.twitter.com/MonsantoCo, op Facebook® by www.facebook.com/MonsantoCo, of teken in op ons NewsRelease RSS Feed.

Monsanto is ‘n geregistreerde handelsmerk van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

DIT IS HOE ONS ’N GROEIENDE BEVOLKING GAAN VOED

15 jaar van produksie op meer as 2.5 miljard hektaar wêreldwydGEEN NADELIGE GEVOLGE GEDOKUMENTEER

Plantvariëteite wat die volgende bied:

Bron: http://www.worldometers.info/world-population/

A09

242

* Volgens Brookes en Barfoot, 2013, het biotegnologiese gewasse van 1996 tot 2011 bygedra tot voedselsekerheid en volhoubaarheid deur gewasproduksie met VSA$98,2 miljard te verhoog. Dit het ook bygedra tot ‘n gesonder omgewing deur die gebruik van insekdoders te verminder met 473 miljoen kg aktiewe bestanddele. In 2011 alleen is CO2-uitlating met 23,1 miljard kg verminder, gelykstaande daaraan om 10,2 miljoen motors van die pad af te verwyder.

** Regulatoriese liggame wêreldwyd, soos die Voedsel- en Landbouorganisasie, Wêreldgesondheidsorganisasie, die Europese Kommissie, die Franse Akademie vir Geneeskunde, die Amerikaanse Mediese Vereniging, en die Amerikaanse Genootskap van Toksikologie het bevind en gestaaf dat GM-voedsel veilig is vir die mens se gesondheid. http://www.sho.int/foodsafety/publications/biotech/20questions/en/ http://ec.europa.eu/research/biosociety/pdf/a_decade_of_eu-funded_gmo_research.pdf

PRO

BLEE

MO

PLOSSIN

G

VINNIGE BEVOLKINGSGROEI VOEDSELPRODUKSIE BEDREIGING

Klimaatsverandering

Beperkte en krimpende hulpbronne

Plae

* Voordele van GM-gewasse:

Verhoogde voedselsekerheidVerhoogde volhoubaarheid

• Groter oes• Doeltreffender gebruik van hulpbronne• Insekverdraagsaamheid• Onkruiddoderverdraagsaamheid• Groter biodiversiteit• Verhoogde opbrengs

Beter saad help boere om meer te produseer, terwyl hul minder gebruik

Verminderde kweekhuisgasseAfname in plaag- en onkruiddodergebruik

GENOEG GESONDE VOEDSEL**

MILJARD

238 babas word elke minuut gebore

MILJARD

GM-GEWASSE WAT KRY JY DAARUIT?

Page 4: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

4

INHOUD

5 Voorwoord6 Nuus7-18 Finansies20-21 wet22-24 Dieregesondheid: Skaap- brandsiekte26 Elke hond verdien ‘n pynlose dag32 Suiderkruisprojek33-39 Veevoere40-41 Hoenderbedryf42-45 Soja46-48 Stamvrot49-51 Erdwurms52-56 Tuin57-62 Gesondheid: Alzheimers63-66 VKB & NTK nuus69-69 Sleepwaens70 Die Pad Saam-bootrit

Dieregesondheid: Skaapbrandsiekte

22-24

Die jagbedryf deur die oë van ’n jong jagter

30-31

Alle regte van Die Pad Saam word voorbehou

ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg.

Die eienaar en uitgewer aanvaar nie

aanspreeklikheid vir enige uitlatings deur skrywers of

medewerkers nie.

VKB beskik oor ‘n kliëntedienssentrum wat bestuur word deur die

groep se skakelbeampte, me. Anelie Swemmer:Kontak haargerus by

058-863 8277 of per e-pos by

[email protected]

Uitgewer: VKB en NTK

Redakteur: Hannelie Cronjé

Posbus 100Reitz 9810

Tel.: 058 863 8223 [email protected]

Eindredakteur: Koos Janse van Rensburg

Ontwerp en Uitleg: Lokisa Enterprises

Taalversorging: Lize Mulder

Druk: Oranje Drukkers, Senekal

Advertensies: Hannelie Cronjé www.vkb.co.za

42-45

Soja

57-62Gesondheid: Alzheimers

52-56

Tuin

70

Die Pad Saam-bootritBespreek nou!

Page 5: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

5

Ons almal word so maklik vasgevang in ons eie lewe – elkeen met sy eie “probleme – en soms verg dit iemand van buite om ons anders na ons situasie te laat kyk sodat ons kan besef presies hoeveel ons het om voor dankbaar te wees. Die volgende verhaal

het my hieraan laat dink.

’n Jong man het aansoek gedoen vir ’n bestuurspos by ’n groot maatskappy. Hy het die eerste onderhoud suksesvol afgelê, en daar was ’n opvolgonderhoud gereël sodat hy die direkteur van die maatskappy kon ontmoet. Deur sy CV het die direkteur gesien dat die jong man se akademiese prestasies uitstekend was. Hy het na die jong man gekyk en vir hom gevra: “Het jy enige beurse gehad waarmee jy gestudeer het?” en die jong man het geantwoord: “Nee”.“Was dit jou pa wat al jou studiegeld betaal het?”“Nee,” sê die jong man weer, “my pa is oorlede toe ek een jaar oud was. Dit was my ma wat vir al my studies betaal het.”“ Waar het jou ma gewerk?”“My ma het ander mense se klere gewas.”Die direkteur vra toe die jong man om sy hande vir hom te wys. Die jong man het sy hande uitgesteek en verbaas na die direkteur gekyk. Wat sou sy hande met die onderhoud te doen hê? Die direkteur het na die jong man se gladde, perfek versorgde hande gekyk.“Het jy ooit jou ma gehelp om die wasgoed te was?”“Nooit. My ma wou altyd hê ek moes lees en studeer, en buitendien kan my ma wasgoed baie vinniger en skoner was as wat ek ooit kon droom om dit te doen.”Die direkteur sê toe vir die jong man, “Ek wil hê jy moet vandag huis toe gaan, en dan moet jy jou ma se hande met room smeer, en dan sien ek jou weer môreoggend hier.”Die jong man het gevoel hy kan dalk die werk kry, en hy is huis toe om vir sy ma te vertel van die onderhoud. Toe hy later by haar sit, sê hy vir sy ma hy wil graag haar hande met room insmeer. Vir sy ma was dit ’n snaakse versoek, maar met gemengde gevoelens het sy die buisie room na hom toe uitgehou, en toe haar hande uitgesteek na hom toe.Die jong man het sy ma se hande in syne geneem, en toe begin die trane oor sy hande

rol. Vir die eerste keer in sy lewe het hy gesien hoe vol plooie en eelte sy ma se hande was. Plek-plek was die hande oopgebars, en het sy ineengetrek toe hy dit saggies met room begin invryf.Dit was die eerste keer dat die jong man besef het dat daardie paar hande wat soveel bondels wasgoed gewas het, vir sy studiegeld betaal het. In ysige winterkoue en versengende somerhitte, het sy onverpoosd gewerk. Daardie vereelte hande het sy toekoms rooskleurig geverf. Daardie stukkende hande het gesorg vir ’n uitstekende geleerdheid.Nadat hy sy ma se hande goed gesmeer het, het hy die volgende bondel wasgoed opgetel en stil-stil daarmee verdwyn om dit vir haar te gaan was.Daardie aand het ma en seun tot baie laat gesels.Die volgende dag het die jong man weer aangemeld by die direkteur vir sy onderhoud. Hy het gesien die trane sit nog baie vlak in die jong man se oë. “Het jy toe gedoen wat ek vir jou gesê het?” het hy gevra.“Ja, ek het my ma se hande room gevryf, en toe het ek die res van die wasgoed vir haar gewas. Ek het nou eers besef dat ek nooit waardering gehad het vir dit wat sy al die jare vir my gedoen het nie. Sonder haar sou ek nie vandag vir hierdie pos kon aansoek doen nie. En toe ek gister daardie vreeslike bondel wasgoed was, toe voel dit asof my skouers wil afskeur. Toe besef ek eers hoe groot haar opoffering al die jare was.”“Die pos is joune. Eers as iemand waardering en

dankbaarheid kan betoon, is hy gereed vir so ’n pos.”Kyk vandag om jou rond, daar is baie mense wat baie opgeoffer het in die lewe om ons te gee wat ons vandag het. En dan is daar ’n Hemelse Vader wat alles

opgeoffer het, sodat ek en jy nie nodig het om gestraf te word vir al ons verkeerde dade nie. Kyk na Sy Hande vandag, Hulle

dra die merke van hoe Hy vir ons gely het, Sy liefde wat ons straf gedra het. Het ons al vir Hom die nodige dank en waardering gewys vir die merke op Sy Hande?Kom ons maak hierdie dag anders, Kom ons wys waardering aan al ons geliefdes, en kom ons wys dankbaarheid en waardering aan ons Hemelse Vader wat so mooi na ons kyk. Sonder Sy opoffering sou ons lewens baie anders verloop het. Mooi loop tot volgende keer.Hannelie

Voorwoord

Page 6: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

6

Nuwe LUR van Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling besoek Grain Field Chickens op Reitz

Me. Mamiki Qabathe, nuwe LUR van die departement van landbou en landelike ontwikkeling, het Grain Field Chickens se nuwe abattoir op Reitz besoek. Die doel van haar besoek was om haarself te vergewis van projekte in die Vrystaat waarby die regering betrokke is. Dit het twee plase, waar die regering twee boere befonds het as kontrakgroeiers vir die abattoir op Reitz, ingesluit.Sy was baie beïndruk met die hele projek. By die abattoir werk ongeveer 250 swart vroue. “Die ekonomiese impak wat hierdie projek op die Vrystaat en in Suid-Afrika het, is net ongelooflik,” het sy gesê en VKB gelukgewens met die inisiatief.

Voor: LUR Mamiki, Qabathe (Vrystaatse LUR van landbou en landelike ontwikkeling), een van die studente van Glen Kollege, Godfrey Mgomezulu (GFC produksiebestuurder)Agter: Dr. TJ Masiteng (hoofdirekteur: departement van landbou en landelike ontwikkeling), Moses Maine (VKB transformasiebestuurder), mnr. P. Thabethe (hoof van die departement van landbou en landelike ontwikkeling)

Boere van Suid-Afrika het die kundigheid en vaardighede om honger teen 2 025 in Afrika te help uitwis, sê Mulder

Afrikaleiers het belangrike standpunte gestel op ’n konferensie van die Afrika-unie (AU), die Lula-instituut van Brasilië en die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) oor die beëindiging van honger in Afrika.Haile Mariam Desalegn, premier van Ethiopië, het in sy openingsrede in Addis Ababa gesê met groter verstedeliking sal Afrika moet wegbeweeg van bestaansboerdery na kommersiële landbou.Volgens genl. Olusegun Obasano, voormalige staatshoof van Nigerië, sal die landbou in Afrika net slaag as dit as ’n sake-onderneming gesien word. Dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, meen die standpunte het ook betrekking op Suid-Afrika en dat die plaaslike regering daarop moet

ag slaan.Mulder het konferensiegangers luidens ’n verklaring ingelig dat sowat 2 000 Suid-Afrikaanse boere reeds in ander Afrikalande werksaam is en die bedryf help uitbrei. “Suid-Afrika kan ’n groot bydrae lewer om honger en ondervoeding in Afrika teen 2025 te help uit wis. Daarvoor het ons die kundigheid.”Honger in Suid-Afrika word volgens Mulder nie deur ’n tekort aan voedsel veroorsaak nie, maar deur armes se onvermoë om kos te bekostig. Regeringshulp en meer beskerming van Suid-Afrikaanse boere kan voedsel goedkoper maak.Op die konferensie is ’n duidelike verband tussen honger en konflik aangedui, asook ’n verband tussen voedselsekerheid en vrede. (Bron: www/landbou.com)

Limpopo-boere met onteiening gedreig

’n Onteieningsbevel is beteken aan ’n boer van die Levubu-distrik in Limpopo, sê die TLU SA. Die organisasie sê een van grondeienaars se grootste vrese kan bewaarheid word as die staat sy sin kry met dié spesifieke transaksie.Die boer, wat nie geïdentifiseer word nie, het sy grond luidens ’n verklaring in 2001 te koop aangebied nadat die Masakona-gemeenskap ’n restitusie-eis daarop ingedien het. Hy het die staat se aanvanklike aanbod vir verkoop in 2003 aanvaar, maar ’n dispuut het ontstaan omdat los toerusting nie by die waardasie ingesluit was nie.Die waarde van die toerusting word op sowat R200 000 bereken. ’n Span van die departement het verlede jaar weer ’n waardasie gedoen, en die aanvanklike aanbod is met R100 000 verhoog. Die aanbod is nie aanvaar nie, waarna die bevel van onteiening aan die eienaar beteken is.Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, sê verskeie boere is die afgelope tyd met onteiening in die provinsie gedreig. “Maar voor die nuwe Konsepwet vir Grondhervorming nie aanvaar is nie, geld die wet waarvolgens die beginsel van ’n vrywillige koper en ’n vrywillige verkoper in plek is.”As die proses nou deurgevoer word, sal dit dus volgens die bepalinge van die bestaande wetgewing moet plaasvind, wat op die ou end in die boer se guns kan tel, meen De Jager. “Dan sal die waardasie na behore gedoen moet word.”Volgens mnr. Dries Joubert, voorsitter van kommunikasie by die TLU SA Noord, het talle ander grondeienaars al van dieselfde gebeure getuig, “maar die meeste verkopers het nie kans gesien vir verdere vertragings nie en het hul transaksies deurgevoer”.Die TLU SA sê indien die inligting tot sy beskikking korrek is, “blatante grondroof” sal plaasvind as die staat met die saak voortgaan. Regsverteenwoordigers het nou ’n venstertydperk van 60 dae om meer duidelikheid oor die onteieningsbevel te verkry.

NUUS

Page 7: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

7

Die eerste twee maande van die nuwe finansiële jaar (April en Mei) was albei uitstekende maande wat die finansiële resultate aanbetref en dit kan in die omsette sowel as die netto wins waargeneem word. Die sojaboon- en sonneblomoeste is beter as verlede jaar. Die grootste deel van die mielie-oes is ook reeds gelewer en die aanduidings is dat die totale mielie-ontvangstes baie naby aan VKB se totale silo- kapasiteit van 770 000 ton kan eindig. Die resultate vir die eerste twee maande tot einde Mei 2013 vertoon uitstekend en oorskry die vorige jaar en die begroting. Vir die 2 maande behaal VKB ‘n omset van R1 049 miljoen wat R390 miljoen beter is as die vorige jaar se ooreenstemmende tydperk en ook heelwat beter as die begroting. Hierdie styging is hoofsaaklik veroorsaak deur Graanbemarking die bemarking van heelwat meer tonne om plek te maak vir die groot mielie-oes. Aan die kommersiële kant het verhoogde volumes asook prysstygings van landbou-insette bygedra tot die styging in omsette. Die nuwe bedrywe wat divisies binne VKB is, naamlik die veevoerfabriek op Vrede en die logistieke departement het ook begin bydra tot die omsetstyging.

Die netto wins van die VKB-groep vir die eerste twee maande van die finansiële jaar vertoon uitstekend en oorskry die vorige jaar en die begroting. Wat uitsonderlik is, is die feit dat alle afdelings binne VKB reeds vanaf die eerste maand ‘n wins toon na koste van kapitaal. Die groot mielie-oes is primêr verantwoordelik vir die feit dat die Graandienste-afdeling se resultate beter vertoon as verlede jaar asook die begroting. Graanbemarking se resultate word ook positief geraak

deur die groot oes aangesien heelwat meer tonne bemark is gedurende die eerste twee maande as wat gewoonlik die geval is. Die Kommersiële Dienste- afdelings het almal ook uitstekend presteer in die twee maande tot Mei 2013 en die netto winste is hoër as die vorige jaar. Daar kan net voortgebou word op hierdie uitstekende begin.VKB se winsdelingsmodel bly sy kompeterende voordeel en dit is een van die grootste redes vir die sterk groei in winsgewendheid.

Die VKB-groep se netto wins vir die twee maande geëindig 31 Mei 2013 is R34,4 miljoen teenoor die vorige jaar se R27,0 miljoen en die begroting van R23,7 miljoen.

Wat VKB se ander beleggings betref dra al die gevestigde besighede by tot die goeie resultate. Dit sluit in die NTK-groep en die Nu-Pro-groep wie se resultate beter is as die vorige jaar. Vanaf 1 April 2013 is NTK ‘n volfiliaal van VKB en word 100% van sy resultate ingesluit by die VKB- groep se resultate, in teenstelling met die 50% van voorheen. Wat die nuwe nywerhede betref maak Free State Oil reeds ‘n bydrae tot die winssyfer, maar Grain Field Chickens is nog in ‘n verliessituasie hoofsaaklik weens die negatiewe marktoestande. Die veevoerfabriek op Vrede asook die Logistieke afdeling wat albei divisies binne VKB is, is ook reeds winsgewend ten spyte van die feit dat volumes nog gebou word.

VKB se totale kapitaal is hoër as die vorige jaar asook die begroting soos in bostaande

grafiek waargeneem kan word. Die investerings in die nywerhede en ‘n groter debiteureboek is grootliks vir die styging verantwoordelik. Wat positief is, is die feit dat die uitstekende mielie-oes in die Oos- Vrystaat die debiteure- en veral die agterstallige debiteuresyfer gaan laat afneem. Weens die groeistrategie wat VKB volg is daar gevolglik ‘n behoefte aan addisionele bedryfskapitaal. Die totale kapitaal aan die einde van Mei beloop R2 267 miljoen waarvan 35% rentedraende skuld is. Hoewel die totale kapitaal toegeneem het teenoor die vorige jaar het die opbrengs op die kapitaal egter gestyg wat beteken dat die verhoogde kapitaal effektief aangewend word. Die opbrengs op totale kapitaal asook die opbrengs op eie kapitaal het gestyg teenoor die vorige jaar.

Vorige jaar

Huidige jaar

Opbrengs op totale kapitaal

7,7% 8,0%

Opbrengs op eie kapitaal (Ekwiteit)

15,1% 16,8%

Die resultate vir die eerste twee maande van die nuwe finansiële jaar is bo verwagting goed en daar word in afwagting uitgesien na die res van die jaar. Die bogemiddelde mielie-oes in die VKB-gebied het bygedra tot die uitstekende wegspring vir die huidige jaar. Soos genoem is van die nuwe nywerhede reeds winsgewend en hopelik kan die negatiewe marktoestande in die hoenderbedryf ook voor die einde van die jaar omswaai. VKB geniet ongekende ondersteuning en lojaliteit van sy aandeelhouers en is dit die hoofrede vir die goeie resultate.

VKB FINANSIëLE RESULTATEAPRIL 2013 TOT MEI 2013

Page 8: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

8

Global economic trends and a local focus on integration in the supply chain are favoring expansion in the South African agricultural sector.

Standard Bank Head of Agribusiness, Willie du Plessis, says that rather than being a threat, the prolonged economic slowdown in the rest of the world has created growth opportunities for the South African agricultural industry. “Standard Bank has been consistently recommending that farmers – and the industry more broadly – adopt innovative approaches to remain at the cutting edge. Taking proactive measures to do so is positioning the industry well for growth and expansion now.”

Firm commodity prices, strong global demand and a growing global population are creating confidence in the potential of agriculture, and supporting expansion strategies. These strategies are being bolstered by sustained low economic growth rates worldwide that are likely to keep interest rates equally low in the medium term. This will enable local producers to replace and upgrade assets and key operational equipment, and invest in additional properties and stock. “Good gross income levels and profitability enabled by high commodity prices, are also giving South African farmers a strong financial platform from which to launch expansion strategies,” says mr du Plessis.Figures released by the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries show that gross income levels in the sector saw a 14% year-on-year increase during 2012, and net farming profit increased by 21%. Maize was the major contributor to the higher income levels, with a year-on-year growth of 43% adding seven billion rand. The poultry and dairy industries also made a significant contribution towards growth.

Agriculture’s terms of trade, although under pressure, show a positive trend. This is due to improved income levels amidst firm commodity prices. Increased integration into the value chain is also playing a key role in allowing agribusinesses to obtain a bigger share of the consumer rand. A good example is a grain producer in the Free State (VKB Agriculture Limited) that recently invested in the value chain through vertical integration, by establishing a soy cake plant and a feed mill, an abattoir, and a new broiler grower scheme through various subsidiaries.

“It is clear that agriculture will not only continue to anchor the national economy but also actively help it to grow,” says mr du Plessis. “The value of total assets in the sector has more than doubled over the past decade, and we remain bullish about the agricultural industry’s growth in the coming months.”

He says while the view is bullish, the industry is also cognisant of the impact of the drought in the North West and Free State, labour unrest coupled with increasing labour and administered costs, and South Africa’s changed status from an exporter to a net importer of food.

He says however that the individual benefits of growth and expansion in the sector will be appreciably amplified if all players act collaboratively. “Circumstances are giving the industry the economic means to remove impediments to development and transformation. All that is left is for the sector to take coherent, unified action.“There has never been a better time for agriculture to make the strategic, structural, and policy changes necessary to become a preferred supplier globally,” he says.

Time for South African agriculture to expand, says Standard BankBullish about agriculture sector growth

Page 9: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

9

Gemagtigde finansiëledienste�verskaffer en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15)Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Reg.no. 1962/000738/06). SBSA 137305/G/R 02/13

Voluit Vorentoe is ’n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk.

Kom ons praat

BESIGHEID.

Die landbou-ondernemings wat by ons bank, waardeer hoe ons kundigheidswaarde toevoeg deur spesialiste wat woorde in dade omskep. Dit is hoe ons jou onderneming voluit vorentoe neem. Vir meer inligting oor voertuig- en batefinansiering, versekering en lenings, besoek jou plaaslike tak of www.standardbank.co.za/business

Voluit VorentoeTM

137305/G/R NL SB bus bank A4 afr.indd 1 2013/03/12 2:47 PM

Page 10: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

10

Veranderende landboulandskap verg beter risikobestuurBesparing op versekeringspremies noodsaaklik vir boere in moeilike tye

Die Suid-Afrikaanse landboulandskap is besig om te verander. Daar is bekende risiko’s soos droogtes, voedselsekerheid en veranderende weerpatrone, terwyk die uitspraak rakende die mineraalregte-saak en onsekerheid oor die moontlike veranderinge in die grondhervormingsbeleid ook risiko’s behels wat ons landbousektor beïnvloed. Dan is daar ook die rekordhoë brandstof- en dieselprys asook elektrisiteit wat ’n uitwerking op landboubedrywighede het. “Die meeste boere is steeds besig om te herstel van verliese wat verlede jaar weens verwoestende natuurrampe gely is; 2012 was een van die ergste rampjare wat Suid-Afrika nóg getref het. Uiterste weerstoestande, vloede en veldbrande wat buite beheer gewoed het, het yslike skade aan oeste en bates aangerig,” sê Riaan Louw, hoof van Santam Landbou. “Al dié finansiële druk noop boere om maniere te soek om kostes te besnoei en risikobestuur vir hul ondernemings te herevalueer,” voeg Louw by. Dit is uiters belangrik dat boere hul risiko’s verstaan ten einde goeie risikobestuur toe te pas.Die vyf mees algemene landbourisiko’s sluit in:

• Produksie: Dié risikobronne raak die hoeveelheid en gehalte van die produkte wat geproduseer word

• Mark/Pryse: Dié risiko’s verwys na die pryse wat

produsente vir hul produkte sal kry of die pryse wat hulle vir insette moet betaal

• Finansieel: Dit is wanneer die plaas geld leen en verplig is om die skuld terug te betaal. Ander risikobronne sluit in stygende rentekoerse, inflasie, kostestygings van belangrike insette en wisselings in rente- en wisselkoerse, waarde van finansiële bates en toegang tot krediet.

• Wetlik: Dit sluit in aanspreeklikheidsrisiko, veranderinge in plaaslike beleid en regulasies, veranderings in streeks- of nasionale beleid, omgewingslaagtepunte en landboubetalings.

• Menslike hulpbronbestuur: Risiko’s in verband met die dood, ongeskiktheid en die siekte van ’n eienaar, bestuurder of werknemer.

“As die land se grootste versekeraar is dit Santam se verantwoordelikheid om polishouers te help om goeie risikobestuur toe te pas. Boere behoort die volgende wenke te oorweeg om op hul versekeringspremies te bespaar: • Kombineer oes- en bateversekering. Jy kan vir

beter dekking op jou bates kwalifiseer. • Werk jou versekeringspolis jaarliks by. Doen ’n

risiko-opname van jou onderneming om seker te maak dat jy nie onderverseker is nie, aangesien baie boere geneig is om hul geboustrukture te onderwaardeer.

• Kies om die finansiële verantwoordelikheid vir sekere risiko’s self te dra. Boere wat ’n groter bybetaling kan maak, kan ook hul premies verlaag.

• Oorweeg die lang termyn. Aangesien boerdery ’n langtermynonderneming is, moet boere maniere oorweeg om op die lang duur op versekeringspremies te bespaar, en hul risiko jaarliks te herwaardeer.

• Boere kan ook geld spaar deur makelaars te versoek om die markwaarde van voertuie jaarliks aan te pas.

• Sluit by ’n brandbeskermingsvereniging (BVV) aan. Santam Landbou sal kliënte wat lede van BVVs is, beloon met meer mededingende versekeringspremies in die vorm van laer tariewe, asook premie- en bybetalingsaansporings. Deur by ’n BVV aan te sluit, bestuur jy jou risiko.

Vir meer inligting oor Santam Landbou kontak gerus jou makelaar of naaste Santam-kantoor.

Santam is Suid-Afrika se vernaamste korttermynversekeringsgroep met ’n markaandeel van 23%, meer as 4 000 personeellede en 4 500 makelaarsvennote landwyd, en MiWay as ’n direkte versekeraar. Die maatskappy verseker die meeste van die Top 100-maatskappye wat op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer is. Santam se mededingende voordeel lê in meer as 94 jaar se korttermynversekeringsadvies wat wetenskaplik bepaal is om by kliënte se behoeftes te pas. Die maatskappy word erken as die maatskappy met die mees bekwame tegniese personeel en het in die afgelope vyf jaar ’n reeks toekennings van die Financial Intermediaries Association (FIA) ontvang.

Page 11: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

11

24990/A_Apple ad 297x210.indd 1 2013/03/04 2:31 PM

Page 12: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

12

ʼn Groep studente wat vroeër vanjaar ʼn bestuurskursus by GIBS bygewoon het (Tukkies se nagraadse bestuurskool), het tydens die module oor makro-ekonomie ʼn taakonderwerp gekry waarin die voor- en nadele van ʼn wisselkoers-depresiasie na R10 per VSA dollar bespreek moes word.Daar gebeur dit toe sonder enige spesifieke beleidsinmenging deur die Reserwebank of Nasionale Tesourie! (ʼn Tweede deel van die taakopdrag was om beleidsinstrumente te identifiseer wat vir die doelwit van ʼn swakker geldeenheid aangewend kan word.)Ten tye van die betrokke lesings in Februarie het die rand teen sowat R8,90 verhandel, terwyl sowel die goud- as die platinumprys ʼn rapsie onderkant die vlak van $1 700 beweeg het ($ per ons).Intussen het die wisselkoers met sowat 11% verswak (aan die begin van Julie), terwyl die goudprys met meer as 28% teruggesak het. Platinum vaar ook swak, met ʼn prysdaling van meer as 20% oor die afgelope vyf maande.

Goudprys is sleutelTradisioneel bestaan daar ʼn noue verwantskap tussen die goudprys en die wisselkoers van die rand en enige vooruitskatting van die wisselkoers moet deeglik hiermee rekening hou.Die vuisreël is redelik eenvoudig om te verstaan: Indien die dollar-goudprys wesenlik verswak, sorg ʼn swakker geldeenheid dat goudmyne ten minste ten dele hierteen beskerm word, deurdat hulle rand-verdienste nie met dieselfde marge daal nie en andersom.Sedert die begin van die jaar het die wisselkoers nie ten volle vir die swakker goudprys vergoed nie. Die rede is eenvoudig dat die rand aan die begin van die jaar nog oorwaardeer was (in reële terme, soos gemeet aan Suid-Afrika se 14 belangrikste handelsvennote). Enige wesenlike ommeswaai in die goudprys behoort volgens dié teorie dan ook met ʼn verstewiging van die wisselkoers van die rand gepaard te gaan.

Die vraag is nou wanneer so ʼn ommeswaai verwag kan word. Antwoorde is ongelukkig afhanklik van talle onvoorspelbaarhede, maar die volgende aspekte dien nietemin as riglyn:• Eerstens verwag die Internasionale Monetêre Fonds

(IMF) dat Europa se ekonomie volgende jaar weer sal begin groei, terwyl die meeste ontluikende markte hoër groeikoerse as vanjaar sal aanteken.

• ʼn Tweede strukturele verskynsel is die kombinasie van snel-stygende inkomstevlakke in China (die wêreld se naasgrootste ekonomie) en die kultuur in dié land om geskenke met ʼn goudinhoud te gee. Die juweliersvraag na goud behoort hiervolgens aan te hou styg, ook in verskeie ander ontwikkelende ekonomieë waar per capita inkomstes besig is om toe te neem.

Daar bestaan derhalwe ʼn sterk moontlikheid dat metaal- en mineraalpryse teen die einde van 2013 of vroeg volgende jaar ʼn nuwe stygfase kan betree.

BetalingsbalansDie netto vraag na en aanbod van buitelandse valuta bepaal uiteindelik die waarde van geldeenhede in bykans alle vryemark-ekonomieë.Indien slegs die lopende rekening van die betalingsbalans in ag geneem word, sal die rand onder druk bly, aangesien Suid-Afrika se invoere tans aansienlik hoër is as die land se uitvoere.Die finansiële rekening het egter die afgelope dekade meer as vergoed vir ʼn stywe tekort op die lopende rekening en dit is onwaarskynlik dat hierdie neiging binnekort gaan verander.Hoewel die transaksies op die finansiële rekening meer wisselvallig is (veral weens winsneming nadat dividende betaal is), kan aanvaar word dat aantreklike opbrengskoerse op beleggings in Suid-Afrikaanse aandele en staatseffekte sal aanhou om as langtermyn-lokaas vir buitelandse beleggers te dien.Die somtotaal van die netto invloei op die finansiële rekening van Suid-Afrika se betalingsbalans was immers oor die afgelope tien jaar meer as R1,2 triljoen. Teen dié agtergrond sal die wisselkoers bes moontlik vir ʼn wyle teen ʼn nuwe (relatief) stabiele vlak van nagenoeg R10 per VSA dollar verhandel.Senuagtigheid oor die wisselvalligheid van die aandelebeurs sal ook hopelik iets van die verlede wees sodra die produksiepryse van metale en minerale weer begin styg. Die relatiewe goeie vertoning van die indeks van alle aandele (Alsi) op die Johannesburgse effektebeurs sedert die einde van die resessie is immers behaal ten spyte van die skerp daling in die goud- en platinumprys.Met lae rentekoerse aan die orde van die dag blyk die aandelebeurs en ondernemers se eie besighede tans die aantreklikste beleggingsopsies te wees.

Wisselkoers moontlik op nuwe vlakDeur dr. Roelof Botha, Ekonomiese Raadgewer, PwC

Page 13: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

Tel: +27 (18) 469-1331E-pos: [email protected]

www.senter360.co.za

MAATSKAPPY PROFIEL

SENTER 360 is ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy. Ons het ‘n eenvoudige beleid waarvolgens ons besigheid met die hoogste standaarde van integriteit doen. Ons is trots daar-op dat ons nie slegs produkte verkoop nie, maar dat ons ook langtermyn verhoudings kweek.

Die SENTER 360 spilpunt wat sedert 1994 in Suid-Afrika ontwerp en vervaardig word, is bekend vir sy uitmuntende kwaliteit en sterkte bo industrie-standaarde. Ons is ook bekend vir ons uitstekende verkope- en naverkoopsdiens.

Vir meer as twintig jaar is ons al deel van die be sproei ings-bedryf. Ons spesialiseer in landmeting, stelselontwerp, instal-lasie en afronding van besproeiingstelsels. Ons het groeiende besigheidsbelange in Suid-Afrika, Afrika en die res van die wêreld en ons bied ook ‘n sleutelklaar projekontwikkelings-diens aan – wat vanaf die lewensvatbaarheidstudie tot die implementerings- en projekbestuursfase strek.

Een van ons onlangse prestasies is die toekenning van ‘n Suid-Afrkaanse regeringstender om 55 spilpunte aan die Taung besproeiingsprojek te voorsien, wat ook die opgra-dering van die pyp- en pompinstallasies insluit.

Vanaf 1994

By SENTER 360 is spilpunte vir ons ‘n passie. Juis daarom bou ons nie net ‘n sterk en taai struktuur nie, maar ons be stee ook heelwat tyd en aandag aan die klein besonderhede wat ‘n groot verkil in jou alledaagse lewe kan maak.

STRUKTURELE STABILITEITSENTER 360 benut vakwerkysters van pyp wat ligter as die alge meen gebruikte hoekysters is. ‘n SENTER 360 het so doen de twee stelle vak-werkysters meer per toring wat sorg dat die struktuur ontsettend sterk is en buitengewone weerstand teen stormwinde kan bied. Langer basisbalke 4,5 m (5,8 m vir die hoë-pro el masjiene), toringstutte, stabiliseringstawe en diagonale dra by tot dié uitsonderlike standvastigheid.

INNOVERENDE BEHEERPANEEL REEKSDie beginsel van eenvoudige modulêre ontwerp word ook op ons be-heerpaneel reeks toegepas. Die basiese beheerpaneel, met direkte millimeter toedieningsverstelling, kan teen ‘n minimale koste deur ver-skillende vlakke van outomatisering en kommunikasie opgradeer word.

“LAASTE SPUIT” OPLOSSINGEen van die meer algemene probleme met spilpunte is dat die laaste spuit geneig is om verstop te raak. Ons het egter met ‘n innoverende dog eenvoudige oplossing vorendag gekom om die laaste spuit deurlopend skoonhou. SENTER 360 spilpunte word standaard toegerus met die druk-gereguleerde Senninger I-Wob sproeier wat op hangpype gemonteer is. Dit verseker uitstekende waterverspreiding in selfs die uiterste klimaats-toestande.

SWAARDIENS RATKAS EN MOTORSDie aandrywing van die SENTER 360 spilpunt bestaan uit ‘n standaard swaardiens wielratkas, met ‘n gratis opsionele vyf jaar waarborg* wat deur die UMC “Power Saver” motorrat kaskombinasie aangedryf word.

*Terme en voorwaardes geld

SENTER 360– Passievol oor spilpunte!

Afrika se

Afrika se

www.infoworks.biz

Page 14: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

14

Werk slim met krag en betaal minder

Die afgelope tyd het een van die plaaslike selfoonnetwerkverskaffers ’n veldtog geloods wat

gebruikers uitdaag om uit te vind wat hulle regtig betaal vir hul selfoonoproepe by hul onderskeie netwerkverskaffers. Dieselfde vraag kan egter gevra word oor elektrisiteitskoste, ook in die lig van die huidige herrie rondom stygende elektrisiteitstariewe.Sedert 2008, toe Eskom besef het dat hy drasties sy kapitaal- en bedryfskoste moet verhoog om uitbreidings te befonds, het elektrisiteitstariewe met ’n massiewe 163% verhoog tot en met 2012. Die verbruikersprysindeks (VPI), daarenteen, het met slegs 29% gestyg. Die uitwerking hiervan is dat elektrisiteitskoste vinniger gestyg het as wat inkomste kon groei, wat ’n geweldige impak het op die winsgewendheid van ’n besigheid. Sedertdien het NERSA nóg ’n 8% per jaar verhoging vir die volgende vyf jaar aan Eskom toegestaan. Hierdie verhoging beteken dat elektrisiteit teen 2017 byna 315% meer sal kos as in 2008. So, vra jouself af of jou inkomste ook dienooreenkomstig gegroei het en nog kan groei om by te bly?

Elektrisiteitstariewe is net soos selfoonkontrakte. Daar is verskillende tariefstrukture om by sekere behoeftes te pas en om sekere verbruikspatrone ook aan

te moedig. Met selfoonkoste is daar byvoorbeeld tariewe wat goedkoper is tydens naweke of ander wat weer ’n vaste koste hef ongeag van die tyd van die dag, ensovoorts. Die keuse van jou kontrak bepaal dus jou verbruikspatrone of andersom. Indien jy op ’n kontrak is wat jou toelaat om goedkoper te bel tydens naweke, sal jy oproepe eerder tot hierdie tye beperk om hoë koste of boetes tydens ander tye te vermy.Net soos selfoonkontrakte bied Eskom en munisipaliteite die eindverbruiker ook ’n keuse van tariewe om by sy behoeftes te pas en om bepaalde verbruikspatrone aan te moedig. Elektrisiteitstariewe kan in twee hoofkategorieë verdeel word, naamlik konvensionele en tyd-van-verbruik-tariewe. Konvensionele tariewe bevat ’n vaste koste per eenheid elektrisiteit

verbruik (c/kWh) wat in sommige gevalle ook in winter- en somer-tariewe verdeel word. Tesame hiermee is daar addisionele koste ook soos pieklasfooie, netwerkaansluitingsfooie en administrasiekoste. Hierdie tariewe is algemeen en die voordeel daarvan is dat elektrisiteit enige tyd van die dag dieselfde sal kos hoewel dit nie juis elektrisiteitsbesparing deur middel van operasionele veranderings aanmoedig nie.Die alternatief is tyd-van-verbruik- of sogenaamde time-of-use (TOU) tariewe wat verskillende kostes bevat afhangende van die tyd van die dag wat elektrisiteit verbruik word. Tydens piektye vroegoggend – tussen 07:00 en 10:00 – en vroegaand – tussen 18:00 en 20:00 – is elektrisiteit duurder wanneer die netwerk onder druk is, terwyl ander tye weer goedkoper is.

deur Ruhan Theunissen (M.Ing meganies)

Page 15: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

15

As voorbeeld kos ’n eenheid elektrisiteit gedurende piektyd in die winter R2,33/kWh en slegs R0,38/kWh gedurende die buitepiektye volgens Eskom se Miniflex-tarief. Hierdie tariewe is in plek gestel om verbruikers af te raai om elektrisiteit gedurende piektye te gebruik en dit eerder na ’n ander tyd te skuif indien moontlik om las op die netwerk te verminder, net soos vakansieoorde wat buiteseisoentariewe goedkoper maak om besoekers te lok. ’n Ontleding van ’n vervaardiger van plastiese elektriese ware wat op só ’n tipe tarief is, het getoon dat sy piektydelektrisiteitsverbruik slegs 16% van sy totale verbruik was, maar dat die koste daarvan 34% van die totaal beloop het as gevolg van die hoër prys per eenheid.

Tyd-van-verbuik-tariewe is as alternatief beskikbaar vir bykans alle kommersiële en industriële tariewe by Eskom of munisipaliteite en Eskom het reeds ’n groot aantal industrieë na tyd-van-verbruik-tariewe begin oorgeskakel om sodoende die nasionale pieklas soggens en saans te help beheer. Ongelukkig is daar weinig munisipaliteite wat dit al vir residensiële tariewe beskikbaar

het en die rede hiervoor is die gepaardgaande opgradering van meter-infrastruktuur wat benodig word, wat tydsaam en duur is. Tariefontledings het al getoon dat daar nie juis veel van ’n besparing is indien daar van konvensionele na tyd-van-verbruik-tariewe oorgeskakel word sonder om operasionele verandering ook aan te bring wat die tarief optimaal benut nie. Die sleutel tot sukses met tyd-van-verbruik-tariewe is om operasionele veranderings te maak om die piektye te vermy en dit eerder op ’n ander tyd te gebruik. Voorbeelde hiervan is om onnodige toerusting soos waterverhitters af te skakel tydens piektye of om produksie na aande of naweke te skuif.Elektrisiteitstariewe moet ook deeglik in ag geneem word wanneer energiebesparing onderneem word. Boere in die Oos-Vrystaat is tipies op Eskom se Landrate-tariewe wat saamgestel word uit ’n vaste koste per eenheid verbruik asook netwerkaansluitingsheffings en administrasiefooie. ’n Ontleding van ’n boer se rekening het egter aangetoon dat bykans die helfte van die rekening uit netwerk- en administrasiekoste bestaan. Hieraan kan ongelukkig niks gedoen word

nie en ’n energiedoeltreffende waterverhitter of ligte sal dus net die helfte van die rekening beïnvloed. ’n Gemiddelde huishouding se elektriese warmwatersilinder gebruik ongeveer 39% van die totale elektrisiteit en ’n sonwaterverwarmer of hittepomp behoort ongeveer 70% hiervan te bespaar, wat ’n totale besparing van 27% op die totale rekening tot gevolg het. In die geval van ’n plaas waar die helfte van die rekening uit netwerkheffings en administrasiekoste bestaan, sal die uiteindelike besparing slegs 15% wees. Die aannames wat energiebesparende toestelle maak, moet dus met ’n tariefontleding gepaard gaan om die werklike besparing te bepaal.

Elektrisiteit is ’n onlosmaaklike noodsaaklikheid van ons hedendaagse leefstyl en die koste van hierdie kommoditeit sal aanhou toeneem. Die kernboodskap is dus om hierdie hulpbron meer intensief te bestuur net soos wat bestuur rondom selfoontariewe toegepas word. Met die regte tariefstruktuur en genoegsame beplanning daar rondom kan onnodige elektrisiteitskoste noemenswaardig verminder word.

Met vergunning uit Eskom-tariefboek

Page 16: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

16

Die inkomstegaping in Suid-Afrika tussen ryk en arm word deur die Wêreldbank as die hoogste in die

wêreld beskou. Die probleem word aangewakker deur bestuurslui in die private, sowel as semi-staatsinstansies, wat buiten reuse-salarisse ook astronomiese bonusse verdien al is daar verliese gelei. Selfs politici sorg deeglik vir hulself in die vorm van buitensporige huis- en kantooropgraderings, tesame met uitspattige oorsese reise en luukse hotelverblyf. Kom dit egter by loononderhandelings van gewone werkers word swak ekonomiese toestande dikwels vir verliese, en gevolglik lae loonverhogings, as verskoning aangebied wat noodwendig tot stakings en geweldadige optrede lei.Die vergoeding van maatskappyhoofde in Suid-Afrika was in 2009 gemiddeld 36 keer meer as dié van die gemiddelde gewone werker se salaris. In die Oos-Vrystaat is boere se private uitgawes per afhanklike vier keer soveel as wat die loonuitgawe per arbeider is. In dieselfde asem is Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer 29%. Sosioloë beskou dit as ’n resep vir moeilikheid. Die Suid-Afrikaanse regering, met die president vooraan, vereenvoudig hierdie aangeleentheid tot ’n rassekwessie en spreek dit aan deur rasbegunstigde bevoordeling, opgedis as sogenaamde regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging. Dit blaas polarisasie aan en versteur

ook die ekonomiese kragte wat nodig is om die arbeidsmark sy eie ewewig te laat vind. In hierdie klimaat gedy uitsprake soos die nasionalisering van plase en myne. Dit skep ’n bose kringloop met beleggers wat afgeskrik word en werkloosheid wat weer verder groei.

RegverdigheidVergoeding gaan vir die meeste mense oor “regverdigheid” en nie noodwendig oor absolute rykdom nie. Uiteraard kan “regverdigheid” in hierdie konteks nou enigiets beteken wat ons wil hê dit moet beteken. Dit kan regverdige geleenthede beteken (“Ons speel almal volgens dieselfde reëls”), of dit kan regverdigheid van uitkoms beteken (“Solank ons almal uiteindelikheid op dieselfde plek eindig”).In ’n omgewing waar geleenthede vrylik beskikbaar is sal die regverdigheid van geleenthede van groter betekenis wees as die regverdigheid van uitkoms. Onder sulke omstandighede skep elkeen sy eie rykdom. Soos wat die omgewing mettertyd versadig raak, raak die geleenthede egter al minder en dan begin mense meer vir regverdigheid in die uitkoms omgee. Dit raak al moeiliker om rykdom te skep en gevolglik is dit al moeiliker vir mense om hul omstandighede te verbeter. Dan skep die mense hul eie owerhede wat allerlei reëls en regulasies neerlê om die geleenthede te probeer beskerm. In sulke gereguleerde omgewings raak die rykes gewoonlik al ryker en die armes al armer. Dit is

dan dat dié wat aan die kortste end trek, besorg begin raak oor die “gelykheid van inkomste” omdat hulle voel die verdeling is nie regverdig nie. Gewoonlik word “die stelsel” dan vir hierdie ongelykhede blameer.

Kapitalisme en kommunismeKort na die Tweede Wêreldoorlog was kapitalisme en kommunisme vir bykans ’n halwe eeu in ’n hewige stryd met mekaar gewikkel, bekend as die Koue Oorlog. Hierdie twee stelsels se ideologieë staan lynreg teenoor mekaar – die een die skepper van regverdige geleenthede en die ander die skepper van regverdige uitkomste:

• Kapitalisme is gegrond op die feit dat mense beloon moet word vir hul werk ooreenkomstig dit wat ander bereid is om te betaal vir die produk wat deur die werk geskep word. Vervolgens sal die begeerte om voordeel uit jou werk te trek die ekonomiese stelsel aandryf. Daar is geen waarborge onder kapitalisme nie. Elkeen moet homself onderhou en daarom moet jy kwaliteitprodukte of dienste lewer as jy ’n goeie lewe wil maak.

• Kommunisme is gegrond op die feit dat al die mense dieselfde vir hul werk beloon word sodat niemand bekommernisse oor hul basiese lewenstandaard hoef te hê nie. Die mens se altruïsme, sy natuurlike onbaatsugtigheid, sal elkeen aandryf om sy deel by te dra om kwaliteitprodukte of dienste tot voordeel van die groter geheel te lewer.

deur dr. Philip TheunissenComputus Bestuursburo

{ }Inkomstegaping

is relatief

Page 17: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

17

Onder ’n kapitalistiese stelsel word kapitale bates hoofsaaklik deur privaat persone besit en beheer. Arbeid word in die vorm van lone en salarisse “gekoop” om die kapitale bates in produksie te bring sodat dit winste vir die eienaar kan realiseer. Kommoditeite word dus bymekaar gegooi met die doel om surpluswaarde bó die koste van die kommoditeite te voeg sodat die surplus in die vorm van wins die kapitaaleienaar as beloning kan toeval. Die kernaspek is dat bestaande kommoditeite (grondstowwe) tydens die produksieproses in nuwe kommoditeite (verbruikersgoedere) omskep word sodat die nuwe kommoditeite teen ’n hoër waarde verkoop kan word as wat die onderlinge aankoopwaarde daarvan was.Kritiek teen kapitalisme is dat arbeid onder hierdie stelsel ook as ’n blote kommoditeit beskou word. Getrou aan die grondslag van kapitalisme móét arbeid dus ook so aangewend word dat dit ’n surplus bó die aanvanklike koste kan realiseer. Die ruilwaarde van arbeid, soos weerspieël in ’n loon of salaris, moet dus onvermydelik minder wees as die waarde wat dit vir die kapitaaleienaar realiseer. Dit stel die kapitaaleienaar in staat om surpluswaarde uit arbeid te onttrek en wins daaruit te akkumuleer wat onafwendbaar ’n groterwordende gaping tussen ryk en arm tot gevolg het. Die resultaat is dat, onder kapitalisme, daar ’n groot gedeelte van die mense is wat nie self oor kapitale hulpbronne beskik nie wat hulle in staat sou stel om ’n onafhanklike bestaan te kon maak. Hierdie groep mense het dus geen ander keuse nie as om hulle arbeid, teen ’n relatief lae loon, aan kapitaaleienaars te bly verkoop, net om te kan oorleef.Ware kommunisme daarteenoor kan weer net suksesvol wees as die hele gemeenskap onbaatsugtig genoeg is om tot elke individu se voordeel te werk of om genoeg visie te hê om te sien dat die gesamentlike poging van die gemeenskap oor die lang duur ook vir elke individu voordele inhou. Die menslike natuur is egter meer egoïsties en selfsugtig wat tot gevolg het dat hulle onder ’n kommunistiese stelsel weer geneig is om maniere te ontwikkel om

die stelsel tot hulle eie voordeel te ondermyn. Vir kommunisme om te werk móét elkeen sy regmatige deel tot die geheel bydra. Gevolglik het baie kommunistiese regerings aansporings ontwikkel waarmee lojale mense wat hul regmatige deel bydra, beloon word. Die strafmaatreëls vir dié wat nie hulle deel bydra nie, was tronkstraf of verwydering uit die samelewing. Kapitalisme is ook ’n aansporingstelsel met wins as die beloning. Hoewel ware kommunisme teoreties sin maak, ontaard dit mettertyd ook maar in ’n kapitalistiese beloningstelsel. Gevolglik is kommunisme nie noodwendig ’n teenvoeter vir kapitalisme nie. Die geskiedenis het getoon dat kapitalisme, met al sy gebreke, op die lang duur steeds meer volhoubaar as kommunisme is.

OnbaatsugtigheidOngeag die ekonomiese stelsel wat van toepassing is, is dit die mens se natuurlike selfsugtigheid wat enige stelsel ondermyn. Die mens is soos diere

maar ook geneties geprogrammeer om vooruit te wil boer, te vermeerder en uit te brei, ten koste van die ander. Die stelsel wat dus die suksesvolste is, is die een van “ek help jou, jy help my en beide van ons gedy”. Dit wil voorkom of die teenwoordigheid van geld ’n ander gedagtegang by ons aktiveer wat nie altyd versoenbaar met ons sosiale gedagtegang en norme is nie. Moderne samelewings kan kwalik sonder geld bly voortbestaan maar ons sal ernstig moet herbesin oor die negatiewe rol wat geld in ons sosiale strukture speel, veral die ongelykhede wat dit skep. Ons kan dit regstel deur ons werklike behoeftes eerder as blote begeertes na te jaag sodat ons waarde-afhanklik eerder as materieelbesitlik optree. Rykdom is na alles relatief: hy wat min het en minder verwag, is tóg ryker as hy wat baie het en nog meer wil hê.

Page 18: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

18

Hoeveel is jou mieliereste vir jou werd?

Die voedingswaarde van mieliereste is welbekend en dit is algemene praktyk dat boere in die somerreënvalstreek hul vee daarop laat oorwinter wanneer die natuurlike

weiding se voedingswaarde laag is. Boere is egter nie eenstemmig oor die finansiële waarde van oesreste nie. Dit geld veral wanneer daar op gehuurde grond mielies geplant word en die oesreste in- of uitgesluit moet word. Wie ook al die oesreste benut, voer aan dat dit in finansiële terme nie veel werd is nie en wie ook al die oesreste moet afstaan, voer aan dat dit baie geld werd is.Daar is twee metodes waarvolgens die finansiële waarde van mieliereste bereken kan word. Die eerste een, waarskynlik die akkuraatste, bepaal hoeveel oesreste daar oorbly, wat die samestelling daarvan is en wat die koste van elke komponent is.Weidingkundiges beraam dat mieliereste ongeveer 1,2 keer die gewig van die oes beloop. In die voorbeeld sal ‘n mielie-oes van 3 ton dus oesreste van 3,6 ton oplewer. Hulle voer verder aan dat daar ongeveer 25% se verwering plaasvind en dat 25% van die reste uiteindelik weer teruggeploeg word. Die hoeveelheid graan (pitte) beloop 5,5% van die reste sodat 94,5% dus as ruvoer beskou kan word. Die benutbare oesreste is dan 1,8 ton/ha en die finansiële waarde kan soos volg bereken word:Die prys van mielies as graan is in hierdie voorbeeld as R2 000,00 per ton aanvaar. Die koste van ruvoer

word as R500 per ton gebruik (ongeveer R200 per 1,5m rondebaal oulandsgras). Die benutbare hoeveelheid van die mieliereste beloop dan R1 045,50 per hektaar.Die tweede metode word op die weidingskapasiteit van die oppervlakte bereken. Hiervolgens word aanvaar dat die drakrag van mieliereste

een grootvee-eenheid per hektaar is en dat die mieliereste vir ‘n tydperk van 90 dae bewei kan word. ‘n Grootvee-eenheid wat 15 kg ruvoer per dag benodig, sal dan 1 350 kg oesreste in die tydperk van 90 dae kan benut. Dit is 500 kg minder as in die eerste metode.Indien die aankoopprys van ruvoer weer as R500 per ton aanvaar word, beloop die koste van die oesreste volgens hierdie metode R675 per hektaar. In hierdie geval word daar egter nie ‘n hoër koste aan die graankomponent van die mieliereste gekoppel nie en is die benutbare gewig ook minder as in die eerste metode.

Selfs al is daar ‘n verskil in die finansiële waardes van die twee metodes, moet dit nie sonder meer as die prys van mieliereste beskou word nie. Die rede daarvoor is dat oesreste nie ‘n verskuifbare produk is nie en gevolglik net op die land benut kan word. Die koper moet dus na die produk getrek word. Dit beteken dat mieliereste van boere in die Wes-Vrystaat nie aan boere in die Oos-Vrystaat bemark kan word nie, al is daar ‘n baie groot aanbod in die Wes-Vrystaat en ‘n groot tekort aan winterweiding in die Oos-Vrystaat. Die tweede beperking is dat oesreste nie vir latere gebruik opgeberg kan word nie. Dit kan hoofsaaklik in die laat wintermaande benut word en sodra die lente aanbreek en ander voeding beskikbaar is, wil diere dit nie meer vreet nie. Daar kan verder ook redes wees waarom ‘n boer nie sy oesreste wil verkoop nie soos om die waai van lande in Augustus teen te werk of om die humus in die land weer op te bou. Mieliereste het ongetwyfeld ‘n hoë voedingswaarde en daar kan beslis ‘n finansiële waarde daaraan gekoppel word. Die bemarkbaarheid daarvan voldoen egter nie aan dié van tipiese voedselkommoditeit nie en daarom realiseer dit nie die berekende prys in die praktyk nie. Dit bly egter ‘n inkomste, of dan verlies aan inkomste, wat by die huur of verhuring van lande in ag geneem behoort te word.

METODE 1Samestelling van oesreste:Graanopbrengs (Ton/ha) 3.0

Oesreste (Ton/ha) 3.6

Verwerking (%) 25.0

Terugploeg (%) 25.0

Graan as % van oesreste 5.5

Ruvoer as % van oesreste 94.5

Benutbare oesreste (Ton/ha) 1.80

Graan (Ton/ha) 0.10

Ruvoer (Ton/ha) 1.70

(R/ha) R 2 000.00

(R/ha) R 500.00

Waarde van graan(R/ha) R 198.00

Waarde van ruvoer (R/ha) R 850.50

Waarde van oesreste (R/ha) R 1 048.50

METODE 2Drakrag van oesreste:GVE/ha 1

Benutbare tydperk in dae 90

Voerbenutting (Kg/GVE/dag) 15

Voer beskikbaar (Kg/ha) 1350

Ruvoerprys (R/ton) R 500.00

Waarde van oesreste (R/ha) R 675.00

deur dr. Philip Theunissen, Computus Bestuursburo

Page 19: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

19

Page 20: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

20

In die vorige uitgawe het ons gekyk na vier vorme van diensbeëindiging. In hierdie uitgawe word daar gefokus op die volgende vorme van diensbeëindiging, naamlik: • Drosting • vrywillige bedanking • diensbeëindiging as gevolg

van gesondheidsredes, asook • die stappe wat gevolg moet

word wanneer ’n persoon onder die invloed van alkohol is en wanneer diefstal gepleeg is.

Drosting Die werkgewer se dissiplinêre kode skryf gewoonlik voor dat ’n werknemer as gedros geag word wanneer hy vir ’n sekere aantal dae afwesig was sonder om vir die werkgewer te laat weet van sy doen en late. Hoewel die dissiplinêre kode voorskryf dat ’n persoon se dienste na byvoorbeeld drie dae beëindig kan word, moet daar nog steeds ’n proses gevolg word. Die werkgewer moet kan bewys dat hy gedurende die persoon se afwesigheid probeer het om met hom kontak te maak, byvoorbeeld deur ’n brief by sy huis te laat aflewer waarin hy aangesê

word dat hy moet terugkeer werk toe binne ’n sekere tydperk anders kan sy dienste beëindig word. Dit kan ook per geregistreerde pos of selfs per SMS gedoen word. Die werkgewer moet net kan bewys dat hy met die persoon probeer kontak maak het. Indien die persoon nie binne die gestelde tydperk by die werksplek aanmeld nie, moet hy in kennis gestel word dat sy dissiplinêre verhoor op ’n sekere datum sal plaasvind. Indien hy nie vir die verhoor opdaag nie, word die verhoor in sy afwesigheid gehou en word die persoon ontslaan. Wat deesdae baie algemeen plaasvind, is dat die werknemer na die departement arbeid gaan om werkloosheidsversekering te eis. Hy word dan meegedeel dat hy as gevolg van drosting nie vir werkloosheidsversekering kwalifiseer nie. In die meeste gevalle beweer die werknemer dan dat die werkgewer hom weggejaag het en word die aangeleentheid na die CCMA verwys. Indien die werkgewer nie die voorgenoemde stappe geneem het nie, gaan die voordeel van die twyfel na

die werknemer en moet die werkgewer ’n skikkingsbedrag betaal.

Vrywillige bedanking Baie gevalle waar plaaswerkers ’n saak na die CCMA verwys, hou verband met vrywillige bedanking. Gewoonlik het die werknemer oortree en wanneer hy deur die werkgewer aangespreek word sê hy vir die werkgewer dat hy loop en hy soek net sy bloukaart (werkloosheidsversekering). Omtrent in alle sulke gevalle word die saak na die CCMA verwys wanneer hulle uitvind dat hulle in so ’n geval nie vir werkloosheidsversekering kwalifiseer nie. Wanneer daar geen bewyse is dat die persoon bedank het nie, sal die voordeel van die twyfel weereens deurgaan na die werknemer. Onthou net dat sy medewerkers wat by was toe die voorval plaasgevind het, gewoonlik nie bereid is om teen die persoon te getuig nie. Wanneer ’n werknemer aandui dat hy gaan bedank, moet dit verkieslik skriftelik gedoen word en moet hy ’n bedankingsvorm teken met ’n getuie wat later bereid sal wees

Wat sê die wet oor diensbeëindigingDeel 2deur Johan Strydom

Page 21: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

21

om te getuig. Daar kan ook van ’n selfoon gebruik gemaak word om ’n video-opname te neem van die gesprek. So ’n bewys sal staan by die CCMA. Indien die persoon sou weier om skriftelik te bedank maar hy bly net weg van die werk, moet dieselfde stappe geneem word as by drosting. Dit is verbasend hoe baie geld by die CCMA betaal word om sulke sake te skik bloot omdat die werkgewer nie die voorgenoemde stappe gevolg het nie.

Diensbeëindiging as gevolg van gesondheidsredes Wanneer ’n werknemer as gevolg van een of ander gesondheidstoestand nie meer sy kontraktuele verpligtinge kan nakom nie, kan so ’n persoon se dienste beëindig word nadat die volgende stappe geneem is: • Kry ’n mediese verslag van ’n mediese praktisyn om te bevestig dat die persoon nie weer in so ’n mate sal herstel om sy normale werksverpligting na te kom nie. Ons het ’n vorm ontwikkel wat vir die doel gebruik kan word en wat deur die dokter ingevul kan word. ’n Dokter by ’n staathospitaal kan ook die vorm voltooi. • Die volgende stap sal wees om die persoon in ’n ander pos aan te wend. Die persoon kan dalk nie meer swaar voorwerpe optel nie as gevolg van ’n rugprobleem, maar kan dalk wel as ’n veewagter aangestel word. • Indien die persoon nie elders aangewend word nie, moet hy 30 dae kennis gegee word van diensbeëindiging. So ’n persoon kan dalk gehelp word om aansoek te doen vir ongeskiktheidspensioen indien hy nog nie aftreeouderdom (65 jaar) bereik het nie. Die wet verplig nie die werkgewer om in sulke gevalle enige gelde aan die werknemer uit te betaal nie, maar die werkgewer kan sy eie diskresie gebruik om wel iets te gee na goeddenke, veral as die persoon dalk lang diens het. Hierdie tipe van diensbeëindiging word as ’n “nie fout”-ontslag gereken, wat beteken dat hy nie sy verblyfreg verbeur indien hy op die plaas bly nie.

Onder die invloed van alkohol Wanneer daar vermoed word dat ’n persoon onder die invloed

van alkohol is, moet die volgende gedoen word: • Neem ’n video-opname met

’n selfoon terwyl die volgende getoets word –

- Ruik hy na drank? - Is sy oë bloedbelope? - Praat hy sleeptong of onsamehangend?- Is hy aggressief of tree hy ongewoon op? - Is hy onvas op sy voete? • Kry ’n getuie indien moontlik. • As jy ’n alkoholtoetsapparaat

het, kan hy getoets word. As hy sou weier om te blaas, kom dit op skulderkenning neer.

• Gee die persoon kennis van ’n verhoor indien moontlik.

• Stuur die persoon huis toe sonder betaling vir die res van die dag want dit is een van die vereistes van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid.

• Moenie die persoon probeer dwing om bloed te laat trek nie. Dit het al gebeur dat die werkgewer daarvan beskuldig word dat hy bloed laat trek het om die persoon se HIV-status te bepaal. Dit is nie noodsaaklik om te toets vir alkohol nie, aangesien die omstandigheidsgetuienis soos hierbo uiteengesit meer as voldoende is en die video-opname kan dit bevestig.

Diefstal Wanneer ’n persoon van diefstal verdink word, is dit baie belangrik om eers die dissiplinêre verhoor te hou en dan te besluit of ’n kriminele klag gelê moet word. Die rede hiervoor is dat wanneer die saak aan die polisie oorgegee is en die saak nog sub judice is, wil die polisie nie verklarings wat geneem is, beskikbaar stel alvorens die saak afgehandel is nie. Baie min van die kriminele sake slaag weens tegniese gebreke in die saak. In die Arbeidsreg kan ’n sterk saak uitgemaak word wat gegrond is op omstandig-heidsgetuienis asook ’n oorwig van waar-skynlikheid. Dit is belangrik om daarop

te let dat indien die kriminele hof iemand onskuldig bevind of die saak uitgooi op grond van tegniese aspekte, so ’n saak wel gewen kan word met Arbitrasie by die CCMA of Arbeidshof. Wat baie belangrik is, is om die persoon reg aan te kla vir die dissiplinêre verhoor en die volgende is voorbeelde hiervan:

Diefstal – jy kan bewys die persoon het die item gesteel en dat hy dit verwyder het. Poging tot diefstal – die persoon word betrap met ’n item in sy besit maar het nog nie die perseel of werksplek verlaat nie. In hierdie geval kan daar ook ’n alternatiewe klag bygevoeg word naamlik - onregmatige besit. Dit kan gebeur dat iemand anders die item gesteel het maar die persoon gevra het om dit namens hom te verwyder. In hierdie geval kan die persoon ook aangekla word vir medepligtigheid aan diefstal. In al die voorgenoemde gevalle regverdig dit ’n ontslag. Indien daar nie 100% sekerheid is wat presies gebeur het nie, kan daar ook alternatiewe klagtes geformuleer word, byvoorbeeld “Diefstal, alternatiewelik medepligtigheid aan diefstal, alternatiewelik onregmatige besit”.Werkgewers is baie welkom om ons per e-pos te kontak vir enige verdere inligting of indien van die vorms, soos byvoorbeeld vrywillige bedankingsvorms of mediese uitfasseringsvorms, verlang word. Ons e-pos-adres vir landbou-aangeleenthede is [email protected].

Page 22: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

22

Skaapbrandsiekte word beheer deur die Wet op Dieresiektes, Nr. 35 van 1984 (“die Wet”) en die

regulasies daaronder gepubliseer. Die pligte van veeartsenydienste sowel as dié van die boere word daarin uiteengesit. Daar is algemene bepalings van die Wet en regulasies van toepassing op die beheer van skaapbrandsiekte, sowel as die spesifieke regulasies wat net handel oor skaapbrandsiektebeheer.

Boere se pligteDie Wet in artikel 11 bepaal dat boere ’n plig het om besmetting van hul diere met enige siekte te voorkom en verder om die verspreiding van siektes te verhoed, of te doen wat nodig is om dit uit te roei. Boere is verplig om die teenwoordigheid of vermoedelike teenwoordigheid van enige beheerde siekte dadelik by die staatsveearts aan te meld. Regulasie 12 handel oor die aanmelding van siektes en bepaal verder dat ’n boer sy bure asook enige voornemende kopers of kopers wat onlangs diere aangekoop het, van die voorkoms van die beheerde siekte moet inlig.Van die regulasies wat spesifiek

handel oor die beheermaatreëls van beheerde siektes, insluitende skaapbrandsiekte, bepaal dat alle skape wat van buite na ’n plaas ingebring word (te alle tye en ongeag of daar skaapbrandsiekte teenwoordig is in die omgewing) twee maal teen skaapbrandsiekte behandel moet word, voordat daardie skape mag meng met skape wat reeds op die plaas teenwoordig is. Hoewel dit ’n baie goeie biosekuriteitsbeginsel ook is, blyk dit dat bitter min boere hierdie regulasie gehoorsaam. Die beheermaatreëls vervang die vorige maatreël wat vereis het dat alle skape een maal jaarliks behandel moes word met ’n middel geregistreer vir die behandeling van skaapbrandsiekte.Die regulasie bepaal verder dat besmette skape geïsoleer moet word en twee maal met ’n middel wat vir die doel geregistreer is, behandel moet word met ’n tussenpose van nie minder as sewe dae nie, maar ook nie meer as tien dae nie. Presies dieselfde maatreëls geld vir diere op kontakplase. Dit is die boer se plig om die diere te behandel. Die regulasies het in Mei 2009 verander en waar behandeling

voorheen onder toesig van veeartsenydienste moes plaasvind, is dit nou nie meer die geval nie en is boere self verantwoordelik om toe te sien dat behandeling korrek gedoen word.Regulasie 25 maak dit verpligtend vir boere om dip- en hanteringsfasiliteite beskikbaar te hê en in stand te hou vir die behandeling van beheerde siektes.Boere moet akkurate besonderhede van die aantal diere en die spesie wat behandel was verskaf asook die identifikasie van die diere, die naam, lotnommer en registrasienommer van die middel wat gebruik was, en die datum en plek van behandeling soos uiteengesit word in regulasie 18. Boere moet die leë houers asook die aankoopkwitansies kan verskaf indien hulle versoek word om dit te doen.Neem kennis dat enige veltoestand of -siekte in skape wat gekenmerk word deur jeuk, gekoekte wol of hare, of kaal, skilferagtige kolle ook ’n beheerde siekte is, en dus ook aangemeld moet word. Dit is dus nie ’n verweer vir ’n boer om te sê dat hy nie gedink het sy skape het

Wetgewing oor skaapbrandsiekte is duidlik oor aanmelding en beheerdeur dr. Trudie Prinsloo (BVSc, Hons, MMedVet, LLB), adjunk-direkteur Veeartsenydienste

Daar is redelike onsekerheid en meningsverskille oor die pligte van die staat en boere rakende die beheer van skaapbrandsiekte. Hierdie artikel sit die huidige wetgewing in dié verband uiteen.

Page 23: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

23

brandsiekte nie, en dit daarom nie aangemeld het nie.Dokumente wat ingevolge die Wet op ’n persoon beteken word, moet deur die persoon aanvaar word, en weiering om dit te doen is ’n strafbare oortreding onder die Wet (sien artikel 32(1)(q).

Pligte en magte van VeeartsenydiensteVeterinêre amptenare in diens van die staat is verantwoordelik vir die toepassing van die Wet en die afdwing van die beheermaatreëls. Enige verdagte geval van skaapbrandsiekte moet deur ’n amptenaar ondersoek word en monsters vir bevestiging moet geneem word om ’n diagnose te bevestig. Die besmette plaas moet onder kwarantyn geplaas word, sowel as alle kontakplase. Amptenare moet verseker dat die twee behandelings, soos voorgeskryf, gedoen word. Amptenare mag teenwoordig wees tydens behandeling, maar dis nie hulle plig om teenwoordig te wees of om die behandelings te doen nie.Die kwarantynperiode word nie deur die regulasies voorgeskryf nie en elke provinsie het sy eie beleid in dié verband. Die kwarantynperiode sal verleng word indien die behandeling nie volgens voorskrif toegepas is nie, of indien diere steeds besmet is tydens die herinspeksie van die diere.Amptenare kan versoek word om vervoerpermitte vir diere onder kwarantyn te gee en dit kan teen die voorgeskrewe fooi gedoen word, indien die relevante staatsveearts dit goedkeur. Hierdie

vervoerpermitte word hoofsaaklik gebruik om diere onder kwarantyn na slagpales te neem.Dit is amptenare se plig om op te tree teen boere wat nie die voorskrifte van die Wet nakom nie. Die eerste stap is gewoonlik om ’n bevelskrif met spesifieke instruksies en tydperke vir nakoming uit te reik en te beteken op die oortreder. Indien die bevelskrif nie nagekom word nie, kan verskeie verdere aksies geneem word. In ernstige gevalle kan die betrokke beamptes beheer van die plaas oorneem soos in artikel 14 van die Wet uiteengesit word en die nodige stappe vir die beheer van die siekte kan deur amptenare geneem word. Die kostes verbonde aan so ’n oorname van beheer en behandeling is vir die oortreder se rekening. In sekere omstandighede, soos uiteengesit in artikel 17 van die Wet, kan die diere selfs

gekonfiskeer word. Kriminele klagtes kan aanhangig gemaak word en ’n skuldige persoon kan beboet word of tronkstraf opgelê word. Die oortredings en strawwe wat opgelê kan word, word uiteengesit in artikel 32 van die Wet.Amptenare wat hul plig moet uitvoer en inspeksie op ’n plaas, voertuig of perseel moet doen, het toegangsreg tot so ’n plaas, voertuig of perseel, selfs sonder die toestemming van die eienaar in sekere omstandighede soos bepaal in artikel 16.Artikel 27 bepaal dat die Staat en sy amptenare wat hul pligte in goeie trou uitvoer onder die Wet, kwytgeskel word van enige aanspreeklikheid wat moontlik sou kon ontstaan het as gevolg van die uitvoer van enige handeling wat nodig was vir toepassing van die Wet.

Page 24: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

24

Beskerm en behandel skape behoorlik teen brandsiekteJ du Plessis, Elsenburg/NWKV Port Elizabeth

Skaapbrandsiekte is gewis die gevaarlikste, mees verwoestende, gevreesde en bekendste van die siektetoestande wat deur myte veroorsaak word.Skaapbrandsiekte word veroorsaak deur die

skaapbrandsiektemyt. Die wyfiemyt lê 40 tot 90 eiers in haar leeftyd van sowat 30 dae. Uit die eier broei ’n larf, wat ontwikkel en vervel tot ’n nimf waaruit die volwasse myt ontwikkel. In gunstige toestande kan die lewensiklus vanaf die lê van die eiers tot ’n volwasse eierproduserende wyfie so kort as nege dae wees. Gevolglik kan ’n besmette skaap binne vier tot ses weke ernstige letsels toon. Die myte word deur regstreekse kontak tussen diere in die kudde versprei. Individuele myte kan egter so lank as 12 dae nadat dit van die skape af is, lewensvatbaar vir herbesmetting bly en deur voertuie, die skeer van die skape en hanteringstoerusting, die klere en slaapgoed van skeerspanne, ensovoorts, oorgedra word.Die volgende feite rondom brandsiekte moet in gedagte gehou word:• Hulle leef en voed op die veloppervlakte. Die myte

prik die vel met hul monddele en voed op die limf en weefselvloeistowwe wat uit die gaatjies vloei.

• Die limf en vloeistowwe meng met dooie weefsel, stof en vuilheid, sekresies van die myte en wolvesels en -olie. Daarna droog dit uit en vorm die kenmerkende skubbe of skurfte wat duidelik sigbaar is; vandaar die Engelse benaming scab.

• Letsels wat deur brandsiekte veroorsaak word, is rosetvormig omdat die skubbe voeding vir die myte bemoeilik en hulle voortdurend onder die skubbe uitbeweeg na nuwe dele van die vel.

• Latente myte oorleef tot 10 maande in die voue van die skaap se vel, om die horingbasisse en in die skaap se ore.

• Brandsiekte veroorsaak intense irritasie en laat die wol breek. Van die eerste sigbare simptome is wolpluise wat loskom wanneer die skape aan letsels krap of byt.

• Letsels is gewoonlik eerste op die skouers en flanke van die skape sigbaar. By ramme kom dit dikwels eerste op die bors en nekgedeeltes voor as gevolg van besmetting wanneer hulle ooie dek. In die dektyd sal besmette ramme weer veroorsaak dat ooie die eerste letsels op hul kruis en heupe toon.

• Tradisioneel word brandsiekte as ’n wintersiekte beskou. In die herfs, wanneer die temperatuur in die wolvag daal, die intensiteit van die sonlig afneem en wolvogtigheid toeneem, gedy die myte en loop die besmetting gewoonlik uit op ’n “uitbraak” in die vroeë tot middel winter.

Daar is bevind dat swak voedingstoestande ook verband hou met brandsiekte. Someruitbrake is nie onbekend in Suid-Afrika nie en hou gewoonlik verband met skape wat in ’n swak kondisie is of onder voedingstres verkeer.Skaapbrandsiekte is kragtens die Wet op Dieresiektes ’n aanmeldbare siekte en enige vermoede of

bevestigde gevalle van dié siekte moet by die naaste staatsveearts, dieregesondheidstegnikus, voorligtingsbeampte of polisiekantoor aangemeld word. Versuim om dit te doen mag tot vervolging lei. Omdat skaapbrandsiekte so gevaarlik is en maklik epidemiese afmetings kan aanneem, moet alles gedoen word om die verspreiding daarvan so vinnig moontlik te bekamp.’n Paar belangrike riglyne wat die boer kan volg, is:• Raadpleeg ’n veearts sodra enige velaandoening

of gejeuk by die skape waargeneem word sodat die organisme wat dit veroorsaak, vroegtydig gediagnoseer kan word.

• n die geval van skaapbrandsiekte moet geen diere van die plaas af vervoer of verskuif word nie. Dit sal die siekte versprei. Die plaas word ook dadelik deur ’n veearts of dieregesondheidstegnikus onder kwarantyn geplaas.

• Dip die skape twee maal (met ’n tussenpose van agt tot tien dae) met ’n geregistreerde skaapbrandsiektedip. Inspuitbare middels is ook beskikbaar. Wees egter bedag daarop dat diere wat per abuis behandeling met hierdie middels vryspring en in die behandelde trop beland, nie soos in die geval van die gedipte diere maklik uitgeken kan word nie. Sulke diere sal die kudde gou weer besmet. Dit is dus raadsaam om alle vee in die kraal te kol tydens ’n dipbehandeling (gebruik twee kleure verf, een vir elke behandeling). Vee wat nog glad nie of slegs een keer gedip is, word dus met die tweede dipproses of daarna geïdentifiseer. Hierdie vee kan dadelik uitgeken, afgesonder en gedip word om herbesmetting te voorkom. Dit voorkom voorts die koste van ’n derde of vierde dip.

Met dip ontvang elke dier ’n volle dosis dipstof in ooreenstemming met sy liggaamsgrootte. In die geval van inspuitbare middels is die dosis gegrond op die dier se gewig. Waar groot gewigverskille in troppe voorkom, moet seker gemaak word dat die swaar diere ’n volle dosis toegedien word. Net ’n paar myte wat nie gedood word nie, kan die hele kudde herbesmet.

Bron: www.elsenburg.com

Page 25: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

25

Page 26: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

Osteoartritis is ’n degeneratiewe gewrigsiekte en een van die mees algemene oorsake van kroniese pyn in honde wat deur veeartse gediagnoseer en behandel word, sê Liza. Wees op die uitkyk vir die vroeë tekens van osteoartritis in jou honde en maak ’n draai by jou veearts. “Artritis (gewrigsontsteking) veroorsaak net soos by mense pyn, mankheid en swelling van die gewrigte in honde. Indien dit nie vroegtydig gediagnoseer word nie, kan dit onomkeerbare skade veroorsaak in die gewrigte en verhoed dat honde ten volle mag deelneem aan alledaagse aktiwiteite soos stap, hardloop en swem. Die toestand steel dus ons honde se kwaliteit van lewe,” vertel sy. Volgens haar het navorsing getoon dat een uit elke vyf honde (20% van die volwasse hondebevolking) artritis het en soveel as die helfte van hulle bly ongediagnoseer en daarom onbehandel.Die bestuur en behandeling van hierdie toestand rus op drie bene: 1. Dieet-aanpassings om gewig te beheer.2. Leefstylaanpassings in terme van beheerde

oefening. Ons wil ’n mobiele gewrig hê, maar nie oorstremming van die reeds beskadigde gewrigte nie, en dan ook nie te min nie, want oorgewig honde plaas onnodige addisionele stres op die gewrig.

3. Behandeling met pynmedikasie: farmakologiese middels is beskikbaar om nie net die pyn en inflammasie te behandel nie, maar ook die progressie van kraakbeendegenerasie te vertraag, want osteoartritis is ’n kroniese degeneratiewe toestand.

“Kronies degeneratief beteken die toestand ontwikkel en word erger oor ’n tydperk. In mense

neem dit gewoonlik jare voordat pyn intree, maar in honde kan dit letterlik binne ’n paar weke vererger en pynlik word,” waarsku Liza. “Die rede daarvoor is dat die artikulêre kraakbeen wat die skokbrekers in die gewrigte is, afgebreek word of degenereer en nuwe been word neergelê daar waar kraakbeen moet wees. Met beweging word dit dan baie pynlik as been op been skuur.“Dit gebeur maar soos ons honde ouer word; die normale gebruik van die gewrigte eis sy tol, oorstremming van die gewrigte word vererger as die hond oorgewig is, en ook elmboog- of heupdisplasie in sekere rasse en vorige beserings kan predisponeer tot kraakbeendegenerasie en uiteindelik osteoartritis.” Die pynmedikasie wat die pyn en inflammasie rondom hierdie geaffekteerde gewrig behandel en sodoende mobiliteit teruggee aan die hond, val in die groep genoem “nie-steroïdale anti-inflammatoriese middels” en is slegs by jou veearts beskikbaar. “Die eienskap wat hierdie middels van mekaar onderskei is hul vermoë om kraakbeendegenerasie te onderdruk, maar ook ’n verdere pluspunt, naamlik om nuwe kraakbeenselletjies te vorm wat die skade wat aangerig is op sellulêre vlak te kan herstel. Hoe gouer die probleem gediagnoseer word, hoe beter natuurlik. Wanneer die proses al so ver gevorder het dat die been op been skuur, sal die gewrig nie weer tot sy oorspronklike vorm gebring kan word nie. Zoetis het so ’n koubare smaaklike nie-steroïdale anti-inflammatoriese produk beskikbaar wat langtermynpyn in honde veilig en effektief beheer. Vra gerus vir jou veearts vir meer inligting.”Verwysings is beskikbaar.

Elke hond verdien ’n pynvrye dag

Daar word nie verniet gesê dat die hond ‘n mens se beste vriend is nie. Daar is min dinge so lekker soos om by die huis te kom en deur jou hondevriend begroet te word. En in die winter is dit vertroostend as die warm hondelyf by jou op die bank voor die TV kom sit. Maar ons honde ly ook soms onder die koue en die ouderdom, en dis goed om ingelig te wees oor watter raad daar beskikbaar is om

hul pyne en ongesteldhede te verlig. Hannelie Cronjé het met met Liza le Roux (BVSc (Hons)), tegniese bestuurder van die Geselskapsdiere-eenheid van Zoetis gaan gesels oor osteoartritis.

26

Page 27: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik
Page 28: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

28

AgriCAD vat raak met tapkar’n Jong, dinamiese implementvervaardiger AgriCAD het pas hul 50ste dis in die mark vrygestel. Die progressiewe boer wat hierdie tandem gekoop het, is Walt Pretorius van die plaas Vêrsien in die Reitz-distrik. In AgriCAD se fabriek in Waltloo, Pretoria vervaardig hulle bekostigbare gehalte- implemente wat al hoe gewilder word soos boere die buitengewone gebruikersvriendelike implemente ontdek wat by VKB-handelaars en ander groot koöperasies beskikbaar is.Paul Pretorius, besturende direkteur van AgriCAD,

sê “die maatskappy se etos is om die boer se tyd te optimaliseer en hul arbeid te verminder”. “Ons vervaardig implemente wat die boer se bedryfsopsie vergemaklik,” sê Pretorius. Hierdie stelling word weerspieël in die feit dat ’n toenemende aantal kliënte ’n tweede implement aankoop. Walt Pretorius, wat nou sy tweede ligte tandem, LT360 gekoop het, is ’n sprekende voorbeeld hiervan.Tel: 078 095 7974 | 086 100 [email protected]

DH520 Kontrasnydis

In die drie jaar van AgriCAD se bestaan is meer as 200 implemente verkoop. AgriCAD het hulle produkreeks uitgebrei na 12 verskillende produkte wat 27 modelle verteenwoordig.In reaksie op die vraag wat die resep is vir hul sukses, het Paul geantwoord: “Nasorgdiens en die inkorporasie van ons kliënte se terugvoer. Ons produkte evoleer voortdurend. Die boere is ons navorsings- en ontwikkelingsafdeling.”

So lyk dit op ’n plaas met AgriCAD-implemente

LT360 Tandem

AgriCAD se markleier- tapkar en landsilo

Page 29: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

29

Page 30: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

30

Oral op wildplase wemel dit hierdie tyd van die jaar van jagters. Die jagbedryf het oor die afgelope dekade of twee geweldig uitgebrei in

Suid-Afrika wat ʼn ekonomiese inspuiting op vele terreine meegebring het. Dis is lankal nie meer net buitelanders en middeljarige mans wat jag nie. Delene Snyman het ʼn paar vrae aan ʼn jong, maar geensins onervare, jagter gestel. Chrisjan Bakker is ʼn tweedejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria waar hy studeer om sy kinderdae-droom te verwesenlik, naamlik om ʼn veearts te word.

Vraag: Van water ouderdom af jag jy?Ek het my eerste duif geskiet toe ek vyf jaar oud was.

Vraag: Vertel meer van hierdie vormingsjare as jagter. Ek onthou nog, toe ek ʼn kannetjie van so ses jaar was, was my hoogtepunt van die week as my pa gaan ladings toets op die skietbaan. Dan het ek kans gekry om met my windbuks te skiet en so my skietvernuf te verbeter. Ons is ʼn gesin wat baie lief is vir die bos en die natuur en het al baie tyd saam in die natuur deurgebring. Ek is bevoorreg om ʼn wonderlike pa te hê wat my van kleins af geleer

het van die veld en van etiese jag. Ook om ouer broers te hê wat altyd vir my ʼn voorbeeld is en was op die jagveld. En sonder my ma (die beste ma op aarde) wat sorg dat alles reg is vir die jagtog, sou dit net nie dieselfde gewees het nie. Toe ek op sewe jaar my eerste rooibok geskiet het, was ek gereed daarvoor.

Vraag: Wat was die lekkerste jagtog van jou lewe?Ongetwyfeld toe ons as gesin en oom Jan van Blerk in die Mier-gebied gaan jag het. Daar het ons gemsbokke en springbokke in hul natuurlike habitat gaan jag. Vir my, wat uit die Bosveld kom,

was dit ongelooflik om troppe van 200 plus gemsbokke en 300 plus springbokke te sien en om dan ʼn ram of bul uit die trop te identifiseer en te skiet. Maar, soos vir meeste jagters, was daardie eerste koedoebul ook iets wat ek lank sal onthou. Vraag: Wat was die vreesaanjaendste jagtog van jou lewe?Die jagtog wat my adrenalien vir seker nog die meeste laat pomp het, was die leeujag in 2012. Om na twee dae se spoorsny uiteindelik in ʼn leeu vas te loop, was so opwindend! Twee skote deur baie ruie bos was nie

Links: Chrisjan met die trofee wat hy gewen het.

Page 31: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

31

Die jagbedryf deur die oë van ’n jong jagterdoodskote nie en ek moes die bloedspoor volg. Uiteindelik het ek Afrika se gevaarlikste predatoor op 17 meter doodgeskiet waar sy reggemaak het om ons te bestorm.

Vraag: Wat het jy al gejag wat spesiaal is?Elke koedoebul is spesiaal. Ek het al ʼn paar geskiet groter as 52 duim. Dan die rooibokram van 25 en ⅞ duim, die bosvark van 7 en ⅞, die waterbokbul van 30 en ⅜ duim. Die fallow deer, elande en Rowland Award rietbok en beslis die swartwildebeesbul wat tans gelyk is aan die nr. 8 in die SA-rekordboek. En natuurlik die leeu!

Vraag: Is jy betrokke by ʼn georganiseerde jagtersvereniging? Watter een en hoekom?Ek is betrokke by die Bosveld Jagtersvereniging – Waterberg-tak. Behalwe dat dit lekker is om met mense wat ʼn belangstelling deel interaksie te hê, maak dit ook baie deure vir jou oop. Ek is 20 jaar oud en is ʼn toegewyde jagter en is dus bevoorreg om al sewe gewere op my naam te mag hê.

Vraag: Jy is ʼn skut van formaat. Hoe gereeld skiet jy teiken? Is dit nodig om te oefen? Watter erkenning het jy al ontvang vir hierdie vernuf?My pa het my geleer dat mens 10 skote op die skietbaan moet skiet vir elke skoot op die veld. Deesdae het ek nie so baie tyd nie maar sorg dat ek minstens een maal per maand op die skietbaan uitkom om seker te maak dat my gewere reg funksioneer. Ek laai my eie patrone. Behalwe dat dit goedkoper is, is dit meer akkuraat. Dit is baie belangrik om

vertroud te wees met jou wapen en ammunisie en om hul trajekte te ken. Ek skiet al drie jaar vir die BJV Waterberg-tak se A-span en is verlede jaar as topskut by die BJV-intertakskietkompetisie aangewys.

Vraag: Wat maak van jou ʼn suksesvolle jagter?Ek dink die feit dat ek nie opgee totdat ek die bok uitoorlê het in sy natuurlike habitat nie. Nie die eerste bok wat ek sien nie – maar die spesifieke bok of spesie wat ek wil skiet.

Vraag: Wat moet mens doen of nie doen in die jagveld nie?Wees wakker wanneer jy die onbekende betree. Wees reg en verwag enigiets. Ek glo mens moet nooit die bok of spesie wat gejag word, sonder respek benader nie. Jag op ʼn etiese manier of los dit eerder. Moet nooit die natuur beskadig nie; elke diertjie of organisme het ʼn doel.

Vraag: Watter rol speel ʼn jagter in bewaring/ekonomie?Ons jagters het ʼn sêding: “Conservation through utilization – hunters do it.” Ek glo ook jagters en jagplase speel ʼn belangrike rol in die ekonomie deur werkskepping, voeding en behuising. Die bydrae tot die BBP van ons land kan nooit gering geag word nie.

Vraag: Wat skep negatiewe persepsies in die jagbedryf?Baie mense dink jagters is moorddadig en wil net doodmaak. Dit is ʼn totale wanpersepsie. Ek dink inteendeel dat etiese jagters baie meer respek vir die natuur het as ʼn persoon wat die veld met bottels en papiere bemors of sigaretstompies by hul ruite uitgooi.

Jagters het ʼn definitiewe doel in die samelewing. ʼn Etiese jagter is een van die grootste bewaarders van die natuur.

Vraag: Wat is jou reaksie oor onwettige jag? Hoe kan die probleem aangespreek word?Vir my is onwettige jag onaanvaarbaar en gee sulke “cowboys” ons etiese jagters ʼn baie slegte naam. Meer padblokkades en strenger optrede deur natuurbewaring is nodig. Ongelukkig is daar onvoldoende fondse om die probleem in die kiem te smoor. Onwettige jag van ons renosters is ʼn kommerwekkende saak en daar behoort op hoë vlak samesprekings gehou te word deur alle betrokke partye in samewerking met die owerheid om ʼn daadwerklike plan op die tafel te sit voordat ons geen renosters oor het nie.

Die takbok was uniek.ʼn Koedoebul bly iets spesiaals. Gekamoefleer in die jagveld.

Chrisjan Bakker en die leeu wat hy op 17 meter geskiet het.

Page 32: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

32

Leon van Dijkhorst se passie sluit nie net sport (langafstandhardloop, fietsry en kanovaart) in nie, maar ook die landboubedryf waarvan hy 26 jaar se ondervinding het. Dit is danksy sy werk in dié sektor dat Leon besef het dat die plaasboere en -werkers ondersteuning benodig teen plaasaanvalle en -moorde. “Mense is onbewus van die enormiteit van die probleem. Dit verander lewens – nie net vir die boere en hul families nie, maar ook vir die plaaswerkers. Die aanvalle word gewoonlik nie volledig deur die media gedek nie,” sê Leon.Die Suiderkruis-projek lê Leon na aan die hart. Deur sy fondsinsamelingsinisiatief strewe hy daarna om bewustheid te skep en sodoende sekuriteit te verskaf aan plaasboere en hul werkers deur die organisasie Agri Securitas.Daar is twee ewe belangrike inisiatiewe wat deur die Suiderkruis-projek ondersteun word, naamlik die Stop Renosterstroping- en Bybelverspreiding in Suid-Afrika-projekte.“’n Mens kan altyd nóg ’n Taj Mahal bou,” sê David Sheperd, kunstenaar en natuuraktivis, “maar ’n mens kan nooit nóg ’n renoster bou nie.”’n Rekordhoeveelheid van 688 Suid-Afrikaanse renosters is verlede jaar deur stropers doodgemaak. Teen April 2013 is ’n verdere 150 renosters doodgemaak. Dit is moontlik dat selfs meer renosters gedurende 2013 doodgemaak kan word as gevolg van ’n toename in stropery. Dit beteken dat die renoster-populasie ’n kritieke laagtepunt kan bereik.Hoekom is dit so belangrik om

die renoster te red? “Net so sinoniem as wat die Taj Mahal aan Indië is, so is die renoster aan die wêreldnatuurlewe,” sê Leon. “Die renoster is méér as net een van die Groot Vyf; hulle is ’n wêreldskat wat vir ons almal betekenis het, al het almal van ons nie noodwendig al een lewendig gesien nie. Wat kan meer inspirerend wees as die feit dat duisende mense jaarliks van regoor die wêreld reis om hierdie argaïese, gepantserde monoliet te sien? Die renoster se majesteit herinner ’n mens aan ’n prehistoriese realiteit terwyl hulle die versinnebeelding van erfenis is. Hul voortdurende teenwoordigheid is ’n ewige simbool van die natuur in ’n tegnologies-aangedrewe samelewing.”Die Suiderkruis-projek se betrokkenheid by Bybelverspreiding in Suid-Afrika is Leon se ander passie.“Gideons Internasionaal is ’n interkerklike organisasie van Christelike ondernemings en professionele individue wat lidmate is van Protestante en Evangeliese kerke,” verduidelik hy. “Die toegewyde lidmate verkondig die woord van God deur persoonlike getuienis en verspreiding van die Bybel in meer as 190 lande wêreldwyd.Die meerderheid Gideonslidmate dien hul plaaslike gemeenskappe waar hulself ook bly. Sodoende is hul dienswerk baie effektief omdat:• Hulle die plaaslike taal en

gebruike ken,• Hulle die hotelle, skole, tronke,

hospitale en ander instansies waar Bybelskrifte versprei kan

word, moet ken, • Die soms moontlik is om

Gideonsgroepe te stig in lande waar tradisionele sendelinge nie toegelaat word nie.

Leon se passie om die bogenoemde diensleweringsinstansies te bevorder, is die dryfkrag wat die Suiderkruis-projek aanspoor. Aangesien die projek maande se voorbereiding eis, het Voermol en Agri SA hulself bevestig as voorlopende ondersteuners van die inisiatief. Die ondersteuning stel Leon in staat om die nodige blootstelling vir die Suiderkruis-projek te genereer.

Leon van Dijkhorst het dit op homself geneem om ‘n verskil te maak deur kruis en dwars deur Suid-Afrika aan verskillende sportaktiwiteite deel te neem. Hierdie aktiwiteite sluit hardloop, fietsry en kanovaart in. Tydens hierdie projek word fondse ingesamel vir die bogenoemde inisiatiewe. Die projek se doelwit is om ‘n bedrag van R2 miljoen in te samel, wat deur onafhanklike ouditeurs beheer sal word. Die totale afstand wat Leon sal aflê, is ongeveer 4 262km oor ‘n tydperk van 30 dae.Boere word aangemoedig om graan op die nommers te lewer wat dan verkoop word deur VKB / NTK en die geld word direk namens die Suiderkruis fonds in Agri Securitas se rekening geplaas.(Enige hoeveelheid )VKB N 3050264NTK N 449124

Suiderkruis-projek beywer hom vir beskerming van boere en evangelisasiewerk.

www.suiderkruisprojek.co.za

Page 33: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

33

uppe

mar

keti

ng A

0910

0

Skakel Molatek by Tel: +27 (0)13 791-1036 • Faks: +27 (0)13 790-0095 • E-pos: [email protected] • www.molatek.co.zaMeester 20 Reg. No. V5971 (Wet No. 36 van 1947), Namibiё: N-FF 0667 • Bypass Reg. No. V21556 (Wet No. 36 van 1947), Namibiё: N-FF 2425

MEESTER 20‘N MÓÉT VIR ELKE PLAAS

VERSEKER BETER DIEREPRESTASIE

Page 34: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

34

l i dv a n d i e

GROUP / GROEP

• Suiwel• Braaikuikens & Lêhoenders• Skape en beeste• Lekke

Ons vervaardig volledige reekse vir:

Noord van Bethlehem:George Delport - 073 255 0350Suid van Bethlehem:Jaco Delport - 082 889 7200

Bemarkers:

www.nupro.co.zaJoubertstraat, Bethlehem, 9700 • Tel: 058 303 9587/9 • Faks: 058 303 7062

C

M

Y

CM

MY

CY

CMY

K

Nu Pro - Flyer&Advert copy.pdf 2 2013/07/01 05:09:03 PM

BEES WEIDINGGeskik vir verbouing onder beide droëland en besproeiing. Bestaan uit verskillende spesies

insluitende peul en inheemse meerjarige weidings gewasse.

PLANT DATUM: September - MaartKLIMAAT: SubtropiesVOG BEHOEFTE: 400mm + per jaarGROND VOORKEUR: Vrugbare sanderige tot kleileem tipe grondPLANT DIGTHEID: Rye 10kg / ha; Breedwerpig 10kg / haOPMERKINGS: In gebiede waar jaarlikse reënval minder as 400mm is word aanvullende besproeiing benodig Diep vrugbare gronde word verkies. Dit kan die groei van die peulgewas komponent van die mengsel bevorder. In droeër gebiede van die land waar aanvullende besproeiing ontbreek, word aanbeveel dat hierdie weiding in 90cm rye gevestig word. KONTAK ONS: +27 11 762 5261 of www.advanceseed.com

JOU KUDDE VERDIEN DIE BESTE

AANBOD30 Bulle20 Vroulike Diere30 Dormerramme

n Teelwaardesn Geboorte baie laer as die rasgemiddeldn Groei die beste in die rasn Melk baie hoër as die rasgemiddeld

SUSSEXn Chris Nel Snr 078 245 4442DORMERSn Chris Nel Jnr 083 654 9638

BKBLouwidn Douw van Wyk

Besoek ons gerus en kom vergewis uself van ons top kwaliteit diere!

083 458 7353

Page 35: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

35

l i dv a n d i e

GROUP / GROEP

• Suiwel• Braaikuikens & Lêhoenders• Skape en beeste• Lekke

Ons vervaardig volledige reekse vir:

Noord van Bethlehem:George Delport - 073 255 0350Suid van Bethlehem:Jaco Delport - 082 889 7200

Bemarkers:

www.nupro.co.zaJoubertstraat, Bethlehem, 9700 • Tel: 058 303 9587/9 • Faks: 058 303 7062

C

M

Y

CM

MY

CY

CMY

K

Nu Pro - Flyer&Advert copy.pdf 2 2013/07/01 05:09:03 PM

Page 36: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

VOORDELE VAN DIE AANVULLING VAN 'N PRODUKSIELEK

• In 'n ondersoek wat deur Meaker et al. (1979) gedoen is waar slegs 'n soutfosfaatlek dwarsdeur die jaar verskaf is, was die kalfpersentasie 73 %. In dié groep wat 'n proteïenlek addisio-neel in die winter op droë veld ontvang het, was die kalfpersentasie 86 %. Die groep op 'n drie-faselekprogram, naamlik fosfaatlek op groenveld; proteïenlek op droë veld en 'n produksielek gedurende die laatwinter se kalfpersentasie was 95 %.

WANNEER MOET 'N PRODUKSIELEK AANGEVUL WORD?

• Gedurende die laatwinter is die gehalte en hoeveelheid van die natuurlike grasveld in die somerreënvalgebied, veral die suurveldgebiede, op sy laagste. Dit tesame met die baie koue wintertoestande gee tot verhoogde onderhoudsbehoefte aanleiding. In hierdie omstandighede gebeur dit dikwels dat 'n proteïenlek alleen nie in die diere se onderhoudsbehoeftes kan voorsien nie en moet energie addisioneel in die vorm van 'n produksielek voorsien word om ernstige massaverliese te voorkom.

• In die soeter grasveldstreke waar die voedingswaarde van die veld veel beter is en energieaanvulling normaalweg nie nodig behoort te wees nie, word die situasie dikwels deur oorbeweiding, laat aanvang van die lentereëns en droogtes gekompliseer. In hierdie gevalle is 'n proteïenlek soms ook nie voldoende nie en moet na 'n produksielek oorgeskakel word.

• Wanneer vroulike diere nie hulle teikenkondisie of -massa drie weke voor die aanvang van die paarseisoen bereik nie moet 'n produksielek as 'n prikkellek gevoer word. 'n Prikkellek word vanaf 21 dae voor paring vir 'n periode van 63 dae voorsien.

• Wanneer proteïenlekinnames skielik baie hoog styg, is dit ook 'n aanduiding dat daar nie meer voldoende weiding beskikbaar is nie en/of dat die koeie begin kalf het en die weiding nie in die stygende voedingsbehoeftes van die lakterende koeie voorsien nie. In hierdie stadium moet daar na 'n geskikte produksielek oorgeskakel word.

PRODUKSIELEKKE VIR VLEISBEESTE

• Voermol Produksielek (V10108) is 'n klaargemengde produksielek wat uitstekende resultate gee. Weens Voermol Produksielek se unieke samestelling bevorder dit weidingsinname en verplaas (substitusievoeding) dit nie weidingsinname soos produksielekke wat groot hoeveelhede graan bevat nie. In sekere omstandighede kan Voermol Super 18 (V355) ook as 'n produksielek gebruik word. Voermol Energieblok (V11456) kan as 'n produksielek gebruik word waar lekbakke nie beskikbaar is nie. Onderstaande produksielekke kan met Voermol se proteïenkonsentrate gemeng word.

Voermol ProduksielekReg. Nr. V10108 (Wet 36/1947)

Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) Bpk.Posbus 13, Maidstone 4380.

www.voermol.co.za

• 032 439 5599 • www.voermol.co.za • [email protected]

PRODUKSIELEKKE SLEUTEL TOT VERHOOGDE DIEREPRODUKSIE

GrondstowweProduksielekke

1 2 3 4

Voermol Premix 450 (V4676) (kg) 500 – –

Voermol Hoëveldlek (V16150) (kg) – 500 – –

Voermol Dundee Lekkonsentraatsonder P (V10737) (kg) – – 250 –

Bovelderlekkonsentraat (V19908) (kg) – – – 400

Gemaalde mielies/chop* (kg) 500 500 550 400

Voermol Rumevite 12P (V11994) (kg) 50 – 50 –

Sout (kg) – – 150 200

Totaal (kg) 1050 1000 1 000 1000

Aanbevole inname (g/bees/dag) 1.5 1.5 1.5 1.0

* Tot die helfte van die grane kan met Voermol Melassemeel (V1995) vervang word.

VOERMOL PRODUKSIELEK

Om munt te slaan uit jou koeie

• Voorsien proteïene, energie, vitamiene en spoorminerale vir optimale produksie by skape en beeste op droë veld

• Kan as 'n prikkelvoer vir koeie op droë veld gebruik word

• Help om oormatige massaverlies van koeie net na kalwing te voorkom

• Bevorder melkproduksie en vul energiereserwes by lakterende koeie aan

• Bevorder massatoename van jong groeiende diere op goeie gehalte droë veld

• Bevat 'n medikament wat energiebenutting van die droë veld bevorder

Indien meer inligting verlang word, raadpleeg u naaste Voermol Agent (sien www.voermol.co.za vir besonderhede) of stuur 'n e-pos aan [email protected]

www.voermol.co.zaVoermol Produksielek, Regnr. V10108, (Wet 36/1947). Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) Bpk., Posbus 13, Maidstone, 4380.

VOERMOL PRODUKSIELEK

Om munt te slaan uit jou koeie

• Voorsien proteïene, energie, vitamiene en spoorminerale vir optimale produksie by skape en beeste op droë veld

• Kan as 'n prikkelvoer vir koeie op droë veld gebruik word

• Help om oormatige massaverlies van koeie net na kalwing te voorkom

• Bevorder melkproduksie en vul energiereserwes by lakterende koeie aan

• Bevorder massatoename van jong groeiende diere op goeie gehalte droë veld

• Bevat 'n medikament wat energiebenutting van die droë veld bevorder

Vir meer inligting skakel 083 456 3636 of stuur 'n e-pos aan [email protected]

Page 37: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

VOORDELE VAN DIE AANVULLING VAN 'N PRODUKSIELEK

• In 'n ondersoek wat deur Meaker et al. (1979) gedoen is waar slegs 'n soutfosfaatlek dwarsdeur die jaar verskaf is, was die kalfpersentasie 73 %. In dié groep wat 'n proteïenlek addisio-neel in die winter op droë veld ontvang het, was die kalfpersentasie 86 %. Die groep op 'n drie-faselekprogram, naamlik fosfaatlek op groenveld; proteïenlek op droë veld en 'n produksielek gedurende die laatwinter se kalfpersentasie was 95 %.

WANNEER MOET 'N PRODUKSIELEK AANGEVUL WORD?

• Gedurende die laatwinter is die gehalte en hoeveelheid van die natuurlike grasveld in die somerreënvalgebied, veral die suurveldgebiede, op sy laagste. Dit tesame met die baie koue wintertoestande gee tot verhoogde onderhoudsbehoefte aanleiding. In hierdie omstandighede gebeur dit dikwels dat 'n proteïenlek alleen nie in die diere se onderhoudsbehoeftes kan voorsien nie en moet energie addisioneel in die vorm van 'n produksielek voorsien word om ernstige massaverliese te voorkom.

• In die soeter grasveldstreke waar die voedingswaarde van die veld veel beter is en energieaanvulling normaalweg nie nodig behoort te wees nie, word die situasie dikwels deur oorbeweiding, laat aanvang van die lentereëns en droogtes gekompliseer. In hierdie gevalle is 'n proteïenlek soms ook nie voldoende nie en moet na 'n produksielek oorgeskakel word.

• Wanneer vroulike diere nie hulle teikenkondisie of -massa drie weke voor die aanvang van die paarseisoen bereik nie moet 'n produksielek as 'n prikkellek gevoer word. 'n Prikkellek word vanaf 21 dae voor paring vir 'n periode van 63 dae voorsien.

• Wanneer proteïenlekinnames skielik baie hoog styg, is dit ook 'n aanduiding dat daar nie meer voldoende weiding beskikbaar is nie en/of dat die koeie begin kalf het en die weiding nie in die stygende voedingsbehoeftes van die lakterende koeie voorsien nie. In hierdie stadium moet daar na 'n geskikte produksielek oorgeskakel word.

PRODUKSIELEKKE VIR VLEISBEESTE

• Voermol Produksielek (V10108) is 'n klaargemengde produksielek wat uitstekende resultate gee. Weens Voermol Produksielek se unieke samestelling bevorder dit weidingsinname en verplaas (substitusievoeding) dit nie weidingsinname soos produksielekke wat groot hoeveelhede graan bevat nie. In sekere omstandighede kan Voermol Super 18 (V355) ook as 'n produksielek gebruik word. Voermol Energieblok (V11456) kan as 'n produksielek gebruik word waar lekbakke nie beskikbaar is nie. Onderstaande produksielekke kan met Voermol se proteïenkonsentrate gemeng word.

Voermol ProduksielekReg. Nr. V10108 (Wet 36/1947)

Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) Bpk.Posbus 13, Maidstone 4380.

www.voermol.co.za

• 032 439 5599 • www.voermol.co.za • [email protected]

PRODUKSIELEKKE SLEUTEL TOT VERHOOGDE DIEREPRODUKSIE

GrondstowweProduksielekke

1 2 3 4

Voermol Premix 450 (V4676) (kg) 500 – –

Voermol Hoëveldlek (V16150) (kg) – 500 – –

Voermol Dundee Lekkonsentraatsonder P (V10737) (kg) – – 250 –

Bovelderlekkonsentraat (V19908) (kg) – – – 400

Gemaalde mielies/chop* (kg) 500 500 550 400

Voermol Rumevite 12P (V11994) (kg) 50 – 50 –

Sout (kg) – – 150 200

Totaal (kg) 1050 1000 1 000 1000

Aanbevole inname (g/bees/dag) 1.5 1.5 1.5 1.0

* Tot die helfte van die grane kan met Voermol Melassemeel (V1995) vervang word.

VOERMOL PRODUKSIELEK

Om munt te slaan uit jou koeie

• Voorsien proteïene, energie, vitamiene en spoorminerale vir optimale produksie by skape en beeste op droë veld

• Kan as 'n prikkelvoer vir koeie op droë veld gebruik word

• Help om oormatige massaverlies van koeie net na kalwing te voorkom

• Bevorder melkproduksie en vul energiereserwes by lakterende koeie aan

• Bevorder massatoename van jong groeiende diere op goeie gehalte droë veld

• Bevat 'n medikament wat energiebenutting van die droë veld bevorder

Indien meer inligting verlang word, raadpleeg u naaste Voermol Agent (sien www.voermol.co.za vir besonderhede) of stuur 'n e-pos aan [email protected]

www.voermol.co.zaVoermol Produksielek, Regnr. V10108, (Wet 36/1947). Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) Bpk., Posbus 13, Maidstone, 4380.

VOERMOL PRODUKSIELEK

Om munt te slaan uit jou koeie

• Voorsien proteïene, energie, vitamiene en spoorminerale vir optimale produksie by skape en beeste op droë veld

• Kan as 'n prikkelvoer vir koeie op droë veld gebruik word

• Help om oormatige massaverlies van koeie net na kalwing te voorkom

• Bevorder melkproduksie en vul energiereserwes by lakterende koeie aan

• Bevorder massatoename van jong groeiende diere op goeie gehalte droë veld

• Bevat 'n medikament wat energiebenutting van die droë veld bevorder

Vir meer inligting skakel 083 456 3636 of stuur 'n e-pos aan [email protected]

Page 38: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

Veevoerfabriek

1. Weegbrug

Die afleweringstrokke met roumateriaal word

in- en uitgeweeg

3. Aflaai en

inname in die fabriek

Die roumateriale wat in grootmaat afgelewer word, word in die put afgelaai en na die

bunkers vervoer waar dit gestoor word.

2. Laboratorium vir

goedkeuringstoetse’n NIR, siftoets en

vogtoets word gedoen op alle roumateriale wat

afgelewer word om die gehalte te

kontroleer.

4. Stoor van sakke en losmaat

In die 8 bunkers word al die grootmaat roumateriale wat

afgelaai word, gestoor, en die sakvragte wat ontvang word, word in

die stoor op palette geberg.

5. “Batching”/

mengprosesAlles word met

rekenaars gedoenDie hele mengproses is

gerekenariseerd. Die hele fabriek word vanuit die kontrolekamer beheer.

6. 10 Roumateriaalbuise met hul

skaleDie roumateriale word in buise gestoor wat aan

skale gekoppel is, dit wil sê sodra ’n resep ingesit word

om gemeng te word, word die roumateriale

afgeweeg vanuit die stoorbuise

7.

Mikrobuise vol maak,

mikrobuise en skaleDaar is produkte in die fabriek wat in baie klein hoeveelhede benodig word. Dus word hulle in

mikrobuise (kleiner buise) gestoor en ook direk

afgeweeg wanneer die mengproses begin.

8. Menger

Alle roumateriale wat klaar afgeweeg is,

beweeg na die menger waar dit deeglik met

mekaar gemeng word. Daar kan voer van twee

tot vier ton op ’n slag gemeng word.

9.

“Conditioner”Die voer en stoom

word hier goed deur gemeng. Die stoom

veroorsaak dat die stysel in die voer gelatiniseer wat ’n verbetering in die pilgehalte

tot gevolg het.

10.“Expander”

Die voer gaan dan deur die “expander”. Die stysel gelatiniseer nou nog meer

en die pilgehalte sowel as die verteerbaarheid van die voer verbeter sodoende. Dit is ’n baie

warm proses.

Page 39: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

11. “Pellet press”

Die voer word dan deur die stempel (“die”)

van die “pellet press” gedruk om die pille te

maak wat die hoenders sal eet.

12. Verkoeler

Hierna word die pille afgekoel voordat dit na die “coaters” toe gaan. Wanneer die pille

te warm is, sal dit blus en pille wat te vinnig afgekoel

het, sal verkrummel. Die proses moet dus goed

gekontroleer word.

14. “Coating” van ensiemeDaar word dan ensieme

op ’n baie moderne manier bo-oor die pille

en krummels gespuit. Die ensieme dra by tot beter

vertering van die voer, wat dan beter groei en

verbruik van die voer tot gevolg het.

13. “Crumblers”

vir “Pre-starter”Die heel klein kuikens kan nie die groot pille

van 3,22 mm eet nie. Dus word van die pille weer in

kleiner stukkies opgebreek om vir die kuikentjies

voorsiening te maak.

15. Uitlaai

Trok moet skoongemaak word. Dit is

baie belangrik om “skoon” trokke na die plase uit te

stuur. Dus word alle trokke ontsmet wanneer dit van

die een plaas af terugkeer voordat dit na die volgende

plaas sal gaan.

16. Uitlaai in die trokke

17. Laboratorium vir uitstuur-

goedkeuringDie finale produkte

word dan weer op die NIR getoets en ook deur die

siftoets gestuur om te bepaal wat is die persentasie fyn dele teenoor die persentasie pille in die vrag wat

uitgaan. Ook die sterkte van die pille word deur die loop van die dag op ’n paar vragte getoets

om die pilsterkte te kontroleer. 18.

Trok vertrek na die plaasNadat die gehalte

nagegaan is, word ’n skoon trok na die plaas uitgestuur.

VKB Vrede Veevoere (Farmfield) VKB Vrede-voermeule is in Vrede langs die VKB Vrede-silo’s geleë. Hierdie uiters moderne fabriek fokus op die produksie van monogastriese voer. Met ’n produksiekapasiteit van 30 ton per uur produseer die voermeule tot 20 000 ton voer per maand. Die hoofrede vir die oprigting van die fabriek was

om hoendervoer aan die Grain Field Chickens-kantrakprodusente te voorsien. Daar word egter ook aan ander kliënte en lede van VKB van hierdie monogastriese voer voorsien. Die fabriek het pas ’n streng oudit van AFMA (Animal Feeds Manufacturing Association) geslaag wat hulle ’n trotse lid van AFMA maak

Page 40: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

40

echo

NOG ‘N SUKSESVOLLE PROJEK DEUR ECHO

VIR JACO WESSELSHiermee wil Echo vir Jaco Wessels en Jurie bedank vir julle besigheid in 2012. Echo het baie lekker saam met julle gewerk en sienuit om julle nuwe projek in 2013 te doen. Ons wil julle ook graag komplimenteer met julle netjiese boerdery en toewyding in die

braaikuikenbedryf. Echo glo en vertrou dat julle groot sukses en goeie prestasie sal behaal met julle braaikuikens.

Dit was vir my ‘n voorreg om saam

met Pieter en sy personeel by

Echo die projek aan te pak.

Met Echo se goeie en professionele

samewerking en flinke diens met

die projek het alles voorspoedig

afgeloop en ons is baie tevrede

met die skitterende gehalte huise

wat Echo ons gebied het. Echo se

onderhoud en naverkopediens op

die huise is van hoogstaande gehalte.

Hiermee wil ons dan net vir Echo

bedank en weet dat ons julle in die

toekoms weer sal gebruik.

UIT DIE KLIENT SË

MOND

Page 41: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

41

echo

Straatadres:Solidum-gebouMundtstraat 328, WaltooPretoria, Suid-Africa

Kantoornommers:+27 12 803 9490+27 12 803 0605

Webblad:www.echocoldrooms.co.za

Posadres:Posbus 1860, Silverton0127, Suid-Afrika

Faksnommer:+27 12 803 7621

Hannes NelTel.: 082 808 8353E-pos: [email protected]

Pieter BuitendagTel.: 082 803 1104E-pos:[email protected]

ECHO SMOOTH 200

Echo Smooth 200 en 100 albei met Chromadek-plafonne en afwerking van hoë gehalte.

Insulated Panel Manufacturers

As gevolg van ons uitstekende vakmanskap en goeie verwysings van bestaande kliënte, is ons voortdurend besig met die bou van nuwe hoenderhuise. Ons bou deur ons professionele en volhoubare diens goeie verwysings en vertroue in die hoendermark op.

“ ONS GEHALTE ONS TROTS, ONS PRODUK ONS PASSIE !”

Ook spesiale dank aan al ons voornemende kliënte wat so getrou ons unieke en baie suksesvolle opedae of bekendstellings bywoon en met ons kwaliteit en diens spog saam met die voordurend groeiende tevrede kliëntebasis van Echo.

Page 42: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

Sojabone kom oorspronklik uit Asië en word sedert 3000 v.C. in China as voedsel gebruik. Dit is wêreldwyd die goedkoopste bron van proteïene vir menslike en dierlike gebruik, aangesien dit 43 tot 47% proteïen en 18% olie bevat. Dis eers teen die einde van die 19de eeu – ná die oorlog tussen China en Japan – dat soja na Japan uitgevoer is en dat dit oor ander dele van die wêreld versprei is.In die Weste word soja hoofsaaklik as ’n bron van proteïene vir diereverbruik aangewend. Die moontlikheid van industrialisering van hierdie gewas bied ’n groot verskeidenheid subprodukte soos die sojaoliekoek vir dierevoedsel, tofu, wat wyd in Asië verbruik word, sojamelk, sojakoffie, sojaspruite en sojasous (5% van die totale sojaproduksie in die wêreld word gebruik vir die maak van sojasous). Sojaboonolie word suiwer of in mengsels saam met sonneblom-, palm- en olyfolie gebruik. Dit word ook as bymiddel gebruik in dierekos. ’n Ander byproduk wat uit soja verkry kan word, is lesitien, wat vir higiëniese produkte soos seep en sjampoe, farmaseutiese produkte en verf gebruik word. Soja kan ongelukkig nie in sy natuurlike vorm geëet word deur monogaste (organismes met net een maag, soos die mens) nie, want die urease-ensiem daarin, wat slegte spysvertering veroorsaak, moet eers gedeaktiveer word. Dit word gedoen deur die soja in stoom “gaar te maak” teen ’n temperatuur van 110 tot 120 grade Celsius.Die grootste produsent van sojabone is die VSA gevolg deur Brasilië en Argentinië. Argentinië is egter die grootste uitvoerder in die wêreld aangesien hulle baie min van die enorme 51 miljoen ton sojabone wat in die land geproduseer word, gebruik. Brasilië en Argentinië het reusebeleggings in sojaverwerkingsfasiliteite belê (rondom 10 biljoen Amerikaanse dollar) wat daartoe gelei het dat sowat 130 miljoen ton sojabone per jaar in beide lande verwerk word. Die grootste verwerkingskapasiteit in

die wêreld is in die VSA, maar hulle voer feitlik niks uit nie en moet soms selfs soja invoer om aan die vraag in die land te voorsien. Die tweede grootste verwerker van sojabone is China wat ’n klomp klein verwerkingsfasiliteite het. China vereis egter reuse invoere van oliekoek aangesien hulle nie kan voorsien in die bevolking se vraag na diereproteïen nie. Die moontlikhede vir soja as ’n produk is dus enorm in vergelyking met wat ons uit mielies kan verkry. In Suid-Afrika het navorsers van die Landbounavorsingsraad (LNR) in die sewentigerjare met proewe met soja begin. Die uitbreiding van die aanplantingsgebied van soja is altyd teruggehou deur die gebrek aan verwerkingskapasiteit in die land. In die laaste 25 jaar het Suid-Afrika egter massiewe groei ervaar wat gelei het tot ’n verhoging in die vraag na diereproteïen om sy bevolking van kos te voorsien. Invoere van sojaoliekoek het gegroei tot die huidige vlak van 1,5 miljoen ton per jaar. Hierdie situasie het ook die toename in grondgebied wat met soja beplant word, meegebring, maar Suid-Afrika moes sojakorrels na Thailand uitvoer omdat ons dit nie kon prosesseer nie. Hierdie situasie is besig om dramaties te verander weens die belegging in nuwe verwerkingsfasiliteite wat binnekort in staat sal wees om tot 90% van die Suid-Afrikaanse subprodukte van soja te prosesseer. Die tabel hieronder dui die situasie tot in 2018 aan. (Bron: SANSOR)

Sojabone kan in groeiende vraag na proteïen voorsien

deur Francisco J. Lafuente van Russelstone

42

Page 43: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

Sojaboonproduksie: Soja is ’n baie veelsydige gewas wat van Kanada tot Patagonië geplant word met ’n hoër konsentrasie rondom die tropiese gebiede. Soja word in groepe van nul tot 10 verdeel in terme van wanneer die plante wasdom bereik met die gevolg dat dit goed kan aanpas by die verskillende weerstoestande van die gebiede waar dit verbou word.Sojabone verskil van mielies en hul voorplantingsfase word aangebring deur die opeenhoping van nagure in kombinasie met hitte-eenhede en dit sal bepaal aan watter rypwordingsgroep die kultivar behoort. Soja is ook ’n selfbestuiwende spesie, nie ’n hibried nie, wat die klassifikasie van die verskillende rypwordingsgroepe moeiliker maak. Met die ontwikkeling van biotegnologie het maatskappye in soja die perfekte draer van al sy ontwikkelings gevind. Round Up-gereedheid was die eerste ontwikkeling wat in 1996 in soja bekendgestel is, en vandag dra die grootste gebied in die wêreld wat met soja beplant word, hierdie eienskap. Europa en van die Afrika-lande wil nog die tegnologie aanpas.Die eerste sarsie biotegnologiese ontwikkeling het gefokus op die produksiekant om te probeer om dit makliker te maak. Ons het dus soja wat reeds vir geruime tyd Roud Up-gereed is; dan is daar ook STS, die BT-soja, ensovoorts. Die biotegniese bedryf werk tans daaraan om ’n beter produk of ’n hoër waarde produk uit die soja te verkry. Hierdie ontwikkelings fokus op die verkryging van olies van beter gehalte (poli-onversadigde olies) en ook om die soja-kultivar te kry sodat dit in staat is om party antibiotika en ander farmaseutiese produkte te lewer. Maar hierdie ontwikkelings is nog in ’n baie vroeë fase. Ons moet noem dat al hierdie ontwikkelings ’n groot mate van wetlike aspekte het en dat die vordering deur gierige burokrate vertraag word.

Die situasie in Suid-Afrika: Die land is op die perfekte breedtegraad vir die verbouing van soja, maar dit bring sy eie probleme mee aangesien die hoogte bo seespieël van hierdie gebied in Suid-Afrika van so ’n aard is dat dit subtropiese toestande verander na gematigde klimaatstoestande. Soos voorheen genoem, is soja baie veelsydig en kan dit sonder baie probleme aanpas by die verskillende areas. Die hoogte het ’n groot invloed op nagtemperature en ons vind baie gebiede in Suid-Afrika waar ’n mens volgens die breedtegraad soja moet aanplant wat hoër groei, maar weens die effek van nagtemperature moet ons soja van middelmatige hoogte plant. Produksie in Suid-Afrika verg dus meer presisie as in die naburige lande. Ons moet egter altyd in gedagte hou dat elke hektaar waar tans mielies geplant word, ook gebruik kan word om soja te plant.Met dit in gedagte, is dit belangrik om te noem dat

die insetkoste van soja baie minder is as dié van mielies. Dit moet ook gesê word dat soja veel minder water verg as mielies, wat dit selfs nog veiliger maak. Met dit alles moet ook in aanmerking geneem word dat behoorlike produksiemetodes gebruik moet word.Suid-Afrika se opbrengs is in die lae gemiddeldes in vergelyking met ander lande op dieselfde breedtegraad. Dit gebeur weens ’n kombinasie van meer uitdagende toestande en die gebrek aan tegnologie wat deur al die belanghebbendes op die gewas toegepas word. ’n Mens kan ure gesels oor hoekom dit gebeur sonder dat ons enige vordering sal maak, maar dit het tyd geword dat hierdie gewas ernstig oorweeg word, en dat ons sojabone van goeie gehalte begin aanplant om die plaaslike produksie van soja te verhoog en nie meer op invoere staat te maak nie.In die grafiek hieronder kan ’n mens sien dat soja-opbrengste met ’n skamele 100 kg gegroei het oor die afgelope 25 jaar terwyl die lewering van mielies met drie ton toegeneem het oor dieselfde tydperk.

(Bron: SANSOR)Gevolgtrekking: Soja is die gewas wat in die toenemende behoefte en vraag na proteïen in die wêreld se groeiende bevolking gaan voorsien. Ons moet gereed wees om met die regte hulpmiddels hierdie uitdaging aan te spreek. Suid-Afrika bied ’n moeiliker omgewing met sy eie uitdagings vir die produksie van soja wat ons met die beste tegnologie moet aanpak om die hoogste moontlike opbrengste te lewer. Die land, wat ’n uitvoerder van mielies en ’n invoerder van sojabone is, moet hierdie tekort balanseer om ons buitelandse sektorprestasie te verbeter en die uitvloei van uitvoerreserwes te verminder. Die bedryf doen tans sy deel om verwerkingskapasiteit op te bou. Dit is nou boere se beurt om na vore te kom en die produksie te verhoog tot die vlakke waartoe Suid-Afrika in staat is.

43

Page 44: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

Program

Plekke: 3 Sept 2013 – Villiers Sandleem-saal 4 Sept 2013 – Vrede Golfklub 5 Sept 2013 – Warden Boereverenigingsaal 6 Sept 2013 – Danielsrus Boereverenigingsaal

Tyd: 10:00

• Opening en verwelkoming – André Odendaal-Uitvoerende bestuurder: Graan

• Jaco Heckroodt – Oorsig van Suid-Afrikaanse en wêreldmarkte – voorraad tot gebruik spesifiek soos van toepassing in die VKB- gebied.

• Sessie 1 - Francisco Lafuente 1. Die dryfvere wat gelei het tot die ontwikkeling en groei in verbouing van sojabone in Argentinië. Verskille en ooreenkomste. 2. Die wetenskap agter die saad.

• Teetyd

• Nita Peacock (Plantfisioloog) en Helga Dagutat (Mikrobioloog), Dagutat Science Gesonde sojaboonvaatweefsel lewer gesonde oesopbrengste deur biologiese beskerming

• Sessie 2 - Francisco Lafuente Die praktiese toepassing van die wetenskap in die streek – agronomiese praktyke, wydte van rye, plantdigtheid, plantdatum, toerusting, ens. Bemesting, onkruidbeheer, besproeiing, swamdoders Oes, berging, gradering Ploegpraktyk: geen ploeg, konvensionele ploeg en minimum ploeg.

• Sessie 3 – Vrae en antwoorde

• Braai en verversings

Deelnemers sal die geleentheid kry om verwante toerusting, wat uitgestal sal word, te besigtig.

R.S.V.P. voor of op 20 Augustus 2013 by Salome DavelTel. 058 863 8529 of 072 467 7225

Francisco J. Lafuente is ’n gebore Argentyn. Hy het in 1994 as landbou-ingenieur gekwalifiseer en sy MBA-graad in 2003 aan die gesogte IAE Business School verwerf. Voordat hy in 2006 na Suid-Afrika verhuis het, het hy vir Pioneer Seeds in die saadbedryf gewerk en eerstehandse ondervinding opgedoen van die Argentynse Groen Revolusie waartydens soja in Argentinië gegroei het van 40 miljoen tot 80 miljoen ton per jaar. Hierdie groei is hoofsaaklik meegebring deur die inkorporering van soja in ’n hoofsaaklik mielieproduserende land. Gedurende hierdie tydperk was hy aktief betrokke by nuwe ontwikkelings by Pioneer Seeds en was hy in 1995 en 1996 deel van die span wat landboutegnologie deur middel van soja wat Round Up-gereed gemaak is.In 1999 het hy in sy privaathoedanigheid ’n fonds in vennootskap met vier vriende gestig wat tot op hede steeds 5 000 hektaar soja op gehuurde grond in Argentinië en Uruguay plant. As internasionale verkoopsbestuurder van die Inplex-Venados-groep, ’n maatskappy wat spesialiseer in plastiekfilm vir landbou en ander bedrywe, moes hy na Suid-Afrika kom om die gebruik van silosakke vir graan te bemark. In Januarie 2005 was hy die eerste persoon op die Afrika-kontinent om graan in silosakke by Fouriesburg te plaas. In 2006 het hy na Suid-Afrika verhuis en by BKB-Grainco se stoor- en hanteringsafdeling in die Paarl naby Kaapstad aangesluit. In 2008 het hy na Pretoria verskuif om by Emvest aan te sluit – die eerste landboufonds deur buitelandse beleggers in Suid-Afrika.In 2011 was Francisco deel van ’n inisiatief wat gemik was op die bekendstelling van genetika vanaf verskillende verskaffers in Argentinië, Brasilië en Paraguay aan die Suid-Afrikaanse mark ten einde beter resultate te kry vir die verbouing van sojaboon in Suid-Afrika. Die stigting van Southern Hemisphere Seeds is aangespoor deur die behoefte om die beperkte en duur aanbod van 20 jaar oue saadvariëteite aan te spreek.

Francisco steun ’n gefokusde maar holistiese

benadering waar die korrekte kennis aan

die boer gebied word om te verseker dat die beste resultate deur die gebruik van die beste g e n e t i k a tesame met die beste praktyke

b e w e r k s t e l l i g word.

Soja-werkswinkel: Die suksesvolle verbouing van sojaboneOm sukses te behaal met sojaverbouing moet dit met ’n wetenskaplike en gefokusde benadering aangepak word. In teenstelling met mielieboerdery waar agronomiese en tegniese steun geredelik beskikbaar is, is sojaboerdery nog maar in sy

kinderskoene. Soja word egter al hoe belangriker as gewas in die VKB-gebied en daarom is Francisco Lafuente as gasspreker gereël om aan ’n aantal werkswinkels in die streek deel te neem. Die doelwit van sy deelname is om almal te help om die kernaspekte te verstaan wat suksesvolle verbouing van hierdie gewas sal paal.

44

Page 45: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

45

Page 46: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

46

Die oorsaak van omval by mielies word gewoonlik gesoek by een of ander s i e k t e v e r o o r s a k e n d e

organisme. Die rol van hierdie organismes moet nie onderskat word nie, maar in hierdie geval is hul teenwoordigheid dikwels eerder sekondêr as van primêre aard. Daar is egter verskeie omgewings- en fisiologiese faktore wat die ideale teelaarde skep vir hierdie organismes om die finale spyker in die kompleks in te slaan. Die effek van patogene wat primêr verantwoordelik is vir saailingsiektes, waar die jong wortels en stammetjies geïnfekteer word, is gewoonlik sigbaar kort na opkoms as geen of swak opkoms van saailinge. Die meeste stam- en wortelvrotte wat tot omvalprobleme lei, kom egter eers later voor in die reproduktiewe stadium van die mielieplant. Die kompleks van stam- en wortelsiektes kom dikwels saam in

dieselfde plant se stamme sowel as die wortels voor. Die siekte is ʼn komplekse samestelling van organismes, en in Suid-Afrika bestaan hierdie organismes meestal uit fusarium, diplodia en gibberella, maar ander organismes kan ook betrokke wees. (Figuur 1)

Daar word ook onderskeid getref tussen stamvrotte waar die stamweefsel disintegreer en knak (Figuur 2), en tweedens waar die hele wortelstelsel vrot, die stutwortels disintegreer en die hele plant met wortels en al omval (“root lodging”) (Figuur 3). Die organismes betrokke is gewoonlik dieselfde. Dit is die stadium van infeksie en die heersende toestande wat bepaal watter tipe omval plaasvind. Faktore wat bydra tot hierdie siektekompleks‘n Mielieplant se uiteindelike doel is om die potensiaal van die opbrengs waarvoor hy geteel is, te

OMVAL BY MIELIESDeur dr Frederik J. KloppersSenior plantpatoloogPannar Saad (Edms.) Bpk.

Figuur 1: samestelling foto (Gibberella, Diplodia Houtskoolvrot)

Page 47: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

47

bereik. In ‘n goeie seisoen, as alles reg loop, is dit ‘n natuurlike en eenvoudige proses, maar indien daar iets verkeerd gaan – wat baie dikwels kan gebeur – sal die plant alles in sy vermoë doen om in ʼn oorlewingsmode te gaan en daardie opbrengspotensiaal ten alle koste te probeer beskerm.Stam- en wortelvrot is by uitstek ‘n stremmingsverwante en baie komplekse probleem wat omval tot gevolg het. Dit word bevorder deur goeie toestande vroeg in die seisoen wat ‘n hoë opbrengspotensiaal vasstel, gevolg deur stremmingstoestande later in die seisoen. Wanneer koolhidrate vir kopvul as gevolg van een of ander voedingstekort weens een of ander stremming (vogtekort, bewolkte toestande, insekskade,

blaarsiektes, nematodes, hael, ʼn te hoë plantpopulasie of meganiese skade, ensovoorts) nie beskibaar is nie, word voedingstowwe uit die stam en wortels onttrek (stam-kannibalisme of ʼn sink-effek) en tree sekondêre siekte in. Voldoende grondvog vanaf plant tot bestuiwing skep ideale toestande vir ʼn hoë opbrengspotensiaal, maar kan ook bydra tot ‘n verlies aan beskikbare stikstof (N) in die graanvulperiode wanneer die hoogste aanvraag na stikstof geld. Ná bestuiwing gee mielies voorkeur om energie vir graanvulling te gebruik, ten koste van enige verdere vegetatiewe groei en nuwe wortelontwikkeling. Vlak wortels belemmer die mielieplant se vermoë om fosfor (P) en kalium (K) op te neem en met hierdie elemente wat nie in die grondprofiel beweeg nie, is die beskikbaarheid daarvan dan beperk. Dit is bekend dat die sterkte van die stam negatief deur onvoldoende kalium beïnvloed word. Gedurende die graanvulperiode kan die hulpbronne soos voedingselemente wat noodsaaklik is om die hoë opbrengspotensiaal te realiseer, beperk word as gevolg van bewolkte dae vroeg in die seisoen, beperkte N-, P-, en K-vlakke en ʼn vlak wortelstelsel. Hierdie situasie kan veroorsaak dat mielies voedingstowwe uit die stamme translokeer om pitte te vul. Dit veroorsaak dat die kern van die stam disintegreer en het ook ʼn impak op die hoeveelheid lignien in die selwande van die buitewand van die stam wat tot fisiologiese omval – selfs in die afwesigheid van ʼn siekte – kan lei. Stam-kannibalisme in kombinasie met stamvrot en sterk winde kan dramatiese omval van ʼn oes veroorsaak.

SkadeDie skade aan mielies as gevolg van stam- en wortelvrotte kan op verskeie maniere manifesteer: Abnormaal vroeë afdroging. Hierdie simptoom van vroeë dood word gewoonlik sigbaar na bestuiwing as die plant abnormaal ryp word, blare ʼn grys-groen voorkoms aanneem soortgelyk as wanneer rypskade voorkom. Die stam vrek gewoonlik na ʼn paar weke en die stam by die basis van die plant kan maklik tussen die duim en wysvinger plat gedruk word, en die plant kan maklik omval in winderige toestande. Die ontwikkeling van die swart lagie aan die basis van die pit, wat fisiologiese volwassenheid van die plant aandui, kan verhaas word deur omval van plante. Koppe aan omgevalde plante droog stadiger af teenoor staande plante. Dit kan vererger word indien hoë humiditeitstoestande geld weens laat reënbuie en mistige toestande. Die omgevalde plante word vinniger fisiologies ryp in vergelyking met staande plante.

Siektes.Stamvrot en sekondêre patogene sal waarskynlik die stam se kwaliteit vinniger laat agteruitgaan. Meeste van hierdie swamme is ook verantwoordelik vir kopvrotte wat ʼn onderwerp op sy eie is, maar ook groot verliese tot gevolg kan hê, direk of selfs indirek, aangesien hulle ook bekende mikotoksienproduseerders is. Die opbou van inokulumvlakke en die oorlewing van hierdiie organismes is ook nadelig vir sekere minimumbewerking en wisselboustelsels en die opvolggewasse.

Figuur 2: stamweefsel disintegreer

Figuur 3: “root lodging”

Page 48: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

48

Impak op die opbrengs. Fisiologiese opbrengsverliese kan as gevolg van ‘n verlaging in die aantal pitte (abortering van pitte) op die kop en kleiner pitte veroorsaak word. Die skepelmassa kan laer wees weens die impak van omval op die plant se vermoë om koolhidrate na die kop te vervoer. Dit is belangrik om kennis te neem dat in die duikpitstadium, ʼn pit se massa met nóg ʼn derde kan toeneem. Waar plante omgeval het, kom ʼn verlies aan opbrengs ook voor as gevolg van die koppe wat verlore gaan omdat dit nie deur die stroper opgetel word nie, en/of deur die stroperwiele platgetrap word.

Stroopbaarheid. Die stroopbaarheid van mielies kan deur swak staanvermoë nadelig beïnvloed word. Die impak daarvan kan direk gemeet word aan tyd en koste. Daar word baie addisionele arbeid en tyd gebruik om mielies op te tel en het ‘n baie groot finansiële impak vir die boer. In die geval van stamvrotte waar die plante hoër op knak kan in minder ernstige gevalle nog gestroop word, teen die rigting waarin die plante omgeval het. In die geval waar plante met wortels en al platval, is daar dikwels geen kans om eers te probeer stroop nie, hoe laag die tafel ook al gestel word.

Indien omval plaasgevind het, moet die volgende wenke in gedagte gehou word. • Lande met ʼn omvalprobleem moet vroeg en met

die eerste tekens daarvan gestroop word om die risiko van verdere verliese deur meer plante wat omval en kopvrotte te beperk. Hoewel drogingsonkostes vermy word, kan dit ʼn beter opsie wees as die potensiële oesverliese van verdere omvalskade.

• Mielie-opteltoestelle kan die doeltreffendheid van die stroopproses verbeter.

• Stroop téén die rigting waarin die mielies omgeval het om sodoende te verseker dat die stroperkop die meeste plante sal optel.

• Stel die stroper om die minimum pitte te breek en soveel as moontlik van die fyn en ongewensde materiaal uit te blaas.

• Maak tyd om die stroper in die land te verstel. • Volg die stroper se handleiding om die silinder/

drom se opening en spoed te verstel.

Bestuurswenkeʼn Begrip van die faktore wat tot omval van plante lei

en hoe om dit te bestuur, kan van waarde wees vir beplanning in die komende seisoen. Daar is egter nie ‘n enkele maklike oplossing of beheermaatreël vir stam- en wortelvrotte nie en ʼn geïntegreerde benadering moet gevolg word om die effek daarvan te verminder of te beperk. Die siektekompleks sal egter nooit volledig beheer of uitgeskakel kan word nie.Die volgende maatreëls kan die probleem beperk: • Enige vogbewaringspraktyke soos deklaag- of

stoppelbewerking verbeter die voghuishouding in die grond. Deklae is egter die teelaarde van swamme wat blaarsiektes veroorsaak.

• Wisselbou met onverwante gewasse sal die opbou van die swamme verlaag en die risiko van veral swaar besmettings beperk.

• Die opbreek van verdigtingslae of ‘n goeie bekalkingsprogram bevorder goeie wortelontwikkeling en ʼn gesonde plant.

• Sekere basters beskik oor beter staanvermoë en telers streef daarna om basters met die beste staanvermoë te ontwikkel. Plant basters wat goed aangepas is vir ʼn betrokke area. Moderne mieliebasters met ʼn hoë opbrengspotensiaal wat onder stremming sy potensiaal ten alle koste probeer verseker, kan baie erg geraak word en daar moet ʼn gesonde balans van opbrengs en stabiliteit in ʼn mieliepakket ingebou word. Indien die seisoen en omstandighede egter ongunstig is vir die gewas kan enige baster deur stam- en wortelvrot geaffekteer word.

• Plant basters teen die korrekte plantestand aan. Gebiedsindeling, grondvoedingstatus en opbrengsmikpunt is ook van belang.

• ‘n Gebalanseerde stikstof-kalium-bemesting, veral waar ‘n hoë peil van stikstof by hoë plantbevolkings toegedien word. Waar hoë peile van stikstof toegedien word, moet gepoog word om dit in meer as een topbemesting toe te dien.

• Goeie siekte en onkruidbeheer verminder stremming op die plant en gun die gesonde plant om kopvulling optimaal sonder nagevolge te bewerkstellig.

• Beheer insekte wat die stamweefsel verswak en infeksie-openinge in die stam en wortels kan skep waar patogene toegang kan kry.

• Vermy bewerking tussen wye rye na blomstadium. Indien nodig beperk dit tot ‘n vlak bewerking.Goeie besproeiingskedulering kan vogstatus van lande reg hou en stremming – veral in die kritieke tyd ná bestuiwing – verminder.

Page 49: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

49

Wanneer ’n mens op die internet na inligting oor erdwurms gaan soek, is daar maar net ’n paar resultate wat werklik oor erdwurms handel. Die res van die beskikbare inligting

gaan oor erdwurmboere en plekke waar ’n mens erdwurms kan koop om jou eie erdwurmboerdery aan die gang te sit. Wat het hierdie ietwat grillerige wurms skielik so op die voorgrond geplaas? Mense het eenvoudig besef dat erdwurms die boer– en enige tuinier – se beste vriend is!Toe die eerste ploeg ’n paar duisend jaar gelede ontwerp is, het dit die landboubedryf – wat in daardie dae die grootste bedryf was – totaal op sy kop gekeer, want skielik was daar ’n implement wat landbouers kon gebruik om die grond om te dolwe voordat hulle plant sodat daar meer lug en water tot die plantwortels kon deurdring. Baanbrekerswerk inderdaad!Maar op die webblad www.mieliestronk.com lees ’n mens dat lank voordat die eerste mees primitiewe ploegskaar die harde grond getref het, erdwurms met presies dieselfde taak ondergronds aan die woel was.In die 19de eeu sou Charles Darwin, die natuurkundige en vader van die evolusieteorie, lewenslank erdwurms bestudeer en besef dat dít die uitsluitlike doel van erdwurms was. Boonop het erdwurms plantmateriaal in die grond ingewerk, enersyds deur die plantmateriaal wat hulle onder die grond ingesleep het wanneer hulle vreet, en andersyds deur hul ekskresie. So word chemikalieë weer in omloop geplaas.“Erdwurm is die algemene naam vir die grootste lede van Oligochaeta (wat deur verskillende geleerdes as óf ’n klas óf ’n subklas beskou word) in die phylum Annelida, oftewel die gesegmenteerde wurms. Tot hierdie phylum behoort die klasse van die borselwurms, wat hoofsaaklik in die see woon; die bloedsuiers, wat in die see, vars water en op land voorkom; en die erdwurms, wat meestal landbewoners is,” lees ons op www.mieliestronk.com. “Van die sowat 6 000 erdwurmspesies kom slegs sowat 120 soorte wyd verspreid op die aarde voor. Hulle lewe ondergronds en verkies klam, humusryke grond. En die wurmbevolkings in die grond kan verstommend hoog wees. Na raming kan daar tot drie miljoen wurms – of drie ton – in minder as ’n halwe hektaar

woudgrond lewe. Dit kan piepklein wurmpies van minder as ’n halwe millimeter lank wees, tot Goliatte van tot drie meter. “Die grond word deur erdwurms binnegedring deurdat hulle hul voorste punte in enige openinkies tussen gronddele indwing en dit groter maak. As die grond baie kompak is, vreet die wurms hul pad daardeur.“Die erdwurm is ’n regte blindemol! Dit is ’n ‘mol’ omdat dit in die grond wroet en dit is blind deurdat dit geen oë of voelers het nie. Sekere selle in die wurm se vel is wel gevoelig vir die ultravioletstrale van die son. Blootstelling aan sonlig verlam die wurm en maak dit uiteindelik dood.”Erdwurms eet blare wat hulle gedeeltelik in hul gate insleep, of wanneer daar nie blare beskikbaar is nie, grawe hulle gaatjies deur die grond te vreet. Dan onttrek hulle voedingstowwe uit die grond.“Erdwurms soek net snags na kos wanneer die vogtigheidsgraad hoër is. Hulle kom selde heeltemal uit hul gate. Gedurende droogtes onttrek baie soorte hulle tot in die klam ondergrond. Ander soorte oorleef deur in ’n klein met slym uitgevoerde kompartementjie onder die aarde op te krul.“Party soorte wurms kom na die oppervlak om daar ontslae te raak van die grond wat hulle gevreet het. Die bekende wurmhopies word op hierdie manier gevorm. Ander raak ondergronds van die afvalstowwe ontslae. “Erdwurms is tweeslagtig, met ander woorde hulle het sowel manlike as vroulike geslagsorgane. Tog kan ’n erdwurm nie self die eiers bevrug wat dit voortbring nie en is ’n maat vir aanteling nodig. Die testis en ’n opening vorm die manlike orgaan, terwyl ovaria, eierleiers en ’n opening die vroulike orgaan uitmaak. Daarbenewens het hulle spermasakkies, waarin die sperma van die maat opgevang word.“Ná die paring en ’n ruk nadat elk van die erdwurms weer hul eie gang gegaan het, ontstaan daar ’n slymband by die saaltjie (kitellum). Die erdwurm kruip agteruit uit die slymband, wat meebring dat die eiertjies en die sperma in die slymband beland. Aan die einde van die proses wanneer die wurm uit die slymband glip, sluit die slymband en vorm dit ’n kokon. Nuwe wurmpies kruip ná enkele weke uit die kokon en ná nog ’n paar weke kan hulle hul onderaardse lewe as volgroeide erdwurms aandurf.”

deur Hannelie Cronjé

Page 50: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

50

Voordele van erdwurms

Die vernaamste voordele wat erdwurms aan die boer bied, kan volgens die webblad http://en.wikipedia.org/wiki/Earthworm onder drie hofies gelys word, naamlik biologies, chemies en fisies.

• Biologies: In baie grond speel erdwurms ’n vername rol in die omskepping van groot stukke organiese materiaal in ryk landbougrond, dus die verbetering van die vrugbaarheid van die grond. “Dit word verkry deurdat die wurms die organiese materiaal op die oppervlak, soos blare of diere se mis, as kos gebruik of om hul tonneltjies toe te stop. As dit in die tonnel is, kerf die wurm die plantmateriaal en verteer dit gedeeltelik en meng dit met die grond. Wurmhopies kan 40% meer humus bevat as die boonste 23 cm grond waarin die wurms leef.”

• Chemies: “Behalwe die dooie organiese materiaal neem die erdwurm ook enige ander gronddeeltjies in wat klein genoeg is. In sy spiermaag word alles tot ’n fyn pasta gemaal wat dan verteer word. Wanneer dit uitgeskei word, word minerale en plantvoedingstowwe verander tot ’n vorm wat weer deur plante opgeneem kan word. Navorsing in die VSA het bewys dat vars erdwurmhopies vyf maal ryker is in beskikbare stikstof, sewe keer ryker aan beskikbare fosfaat en elf keer ryker aan beskikbare kalium as die omliggende 15 cm grond. In gebiede waar daar baie landbougrond is, kan elke wurm gemiddeld sowat 4,5 kg wurmhopies lewer, wat ’n goeie aanduiding is van hoekom dit tot die tuinier of boer se voordeel is om soveel as moontlik erdwurms te hê.”

• Fisies: “Die erdwurms se gegrawe skep talle tonnels deur die grond en is van groot waarde vir die instandhouding van die grond se struktuur omdat dit belugting en dreinering verbeter.”

Erdwurmkokonne

Erdwurmparing

Erdwurms se grootste vyande is voëls wat hulle eet, hengelaars wat hulle vir aas gebruik en dan die boer wat met sy ploeg ’n einde aan hul lewe bring.Op http://en.wikipedia.org/wiki/Earthworm lees ons: “Die hoeveelheid erdwurms wat in ’n sekere stuk grond sal bly, sal afhang van die fisiese en chemiese eienskappe van die grond, soos temperatuur, vog, pH, soute, deurlugting en tekstuur, sowel as beskikbare kos en die vermoë van die spesie om voort te plant en te versprei. Een van die belangrikste omgewingsfaktore is pH, maar erdwurms wissel in hul voorkeure. Meeste van hulle verkies neutrale tot effense suur grond. Die Lumbricus terrestris kom nog voor in ’n pH van 5,4 en die Dendrobaena octaedra by ’n pH van 4,3 en party Megascolecidae sal in uiters suur landbougrond voorkom.”Die toediening van chemiese kunsmis en spuitmiddels het ’n groot nadelige invloed op erdwurms. In sulke gevalle sal die dooie erdwurms bo-op die grond aangetref word. “In Australië het veranderinge aan landboumetodes, soos die toediening van superfosfate op gewasse en die oorskakeling van saaiboerdery na veeboerdery ’n vernietigende effek gehad op die hoeveelhede Giant Gippsland-erdwurms wat in die grond voorgekom het – tot so ’n mate dat hierdie wurms nou as ’n bedreigde spesie geklassifiseer is.“Die mees betroubare manier om die vlak van jou wurmbevolking te handhaaf of te verhoog, is om die toediening van kunsmatige chemikalieë te vermy. Organiese materiaal wat verkieslik as ’n oppervlakdeklaag gebruik moet word, sal vir hulle ’n bron van voedsel en voedingstowwe wees en die beste temperatuurstoestande en vog skep wat hulle aktiwiteit sal verhoog.Die ekonomiese impak van erdwurms is verstommend. Verskeie spesies word gebruik om organiese afvalmateriaal te eet en dan kompos te verskaf. Die Mount Nelson-hotel in Kaapstad was een van die eerste bekende ondernemings wat al die plantaardige afval uit die restaurant se kombuis vir hul erdwurms begin voer het. Die wurmhopies word in die hotel se

tuine gebruik as kompos. Regoor die wêreld word daar groot hoeveelhede erdwurms verkoop. In die artikel op hierdie webblad word Doug Collicut aangehaal: “In 1980 is 370 miljoen erdwurms uit Kanada uitgevoer, met ’n Kanadese uitvoerwaarde van $13 miljoen en ’n Amerikaanse markwaarde van $54 miljoen.”Erdwurms word egter ook verkoop vir menslike verbruik. Noke is ’n kosterm wat deur die Maori’s van Nieu-Seeland gebruik word vir erdwurms wat as ’n fynproewersdis vir hul stamhoofde beskou word.Daar is dus soveel meer aan erdwurms as wat ’n mens op die oog af verwag.

Page 51: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

51

Stap 1: Was die bande mooi skoon en laat dit goed droog word. Verf nou kleurvolle patrone op die bande met die stensil.

Stap 2: Meet die deursnee van die bande en knip twee ewe groot sirkels uit die gaas. Maak sirkels van die pyp en werk die gaas met die rygnaald en -tou daaraan vas, sodat dit mooi stewig binne die bande pas. Dit sal verhoed dat die gaas deur die gate val, en laat ook die wurms toe om tussen die bande te beweeg.

Stap 3: Nou kan jy jou wurmplaas se deksel maak. Steek of boor dreineringsgaatjies in die bodem van een van die plastiekskottels, vul dit met potgrond en plant dit vol gras, laaggroeiende kruie of blomme.

Stap 4: Stel nou jou wurmplaas saam. Sit die leë skottel sonder gate in die onderste band en plaas dit in ’n beskutte, koel deel van jou tuin.

Stap 5: Plaas die tweede band met gaas bo-op.Stap 6: Pak ’n laag klam, gesnipperde koerantpapier,

’n paar hande sand en kompos, en organiese afval op die gaas.

Stap 7: Voeg die wurms by en pak nog groeimedium bo-op.

Stap 8: Bedek die wurmnes met ’n stuk klam goiingsak.

Stap 9: Plaas nou die grasdeksel in posisie en gee jou wurms kans om te vreet. Wag tot die band vol is en plaas dan die volgende voorbereide band bo-op. Sit weer die deksel op om die wurms koel en binne te hou. Hulle trek boontoe namate hulle vermenigvuldig en vars afval verwerk. Voeg die vierde band by wanneer nodig. Wanneer al die bande vol is, kan jy dit afhaal om die vloeibare en soliede kompos wat klaar deur die wurms verwerk is, te oes. Hervul en ruil die bande om soos nodig.Foto’s: NATALIE GABRIELS

Gesondheid uit die grond uitdeur Adele Myburgh

Het jy geweet dat jy goud van groenteskille kan maak, en dít met ’n handvol erdwurms?Dit klink miskien te goed om waar te wees, maar met ’n erdwurmplaas kan jy jou huishoudelike afval in “swart goud”, oftewel wurmkompos, omskep. Jou tuin sal jou ewig dankbaar wees. En as jy ou motorbande gebruik om die plaas te bou, doen jy die omgewing boonop ’n reuse-guns. In die boek Buitekuns, handwerkprojekte vir jou buiteleefareas, wat deur Metz Press uitgegee is, verduidelik handwerkkenner Angie Franke stap vir stap hoe om jou eie erdwurmplaas met motorbande te bou. Ons het die aanwysings effentjies aangepas vir ons eie projek.

Raadpleeg die geklassifiseerde kolomme in die plaaslike koerant of gaan loer by www.gumtree.co.za vir plaaslike verskaffers van die regte erdwurms.Let ook op die volgende om te verseker dat jou wurmkolonie floreer:• Jy kan nie gewone erdwurms vir hierdie projek gebruik nie; dit moet rooi erdwurms (Eisenia fetida) wees. Daar is verskeie handelaars wat dié spesifieke spesie verkoop.• Die wurms verkies ’n vegetariese dieet en is dol oor teesakkies, vrugte- en groenteskille, ou brood en ander graanprodukte. Moet dit egter nie waag om vir hulle suiwel, vleis, olierige oorskietkos, uie en sitrusskille te voer nie, want hulle hou nie van die suur daarin nie en dit vrot maklik.• Moenie die wurms te veel op ’n

slag voer nie. Begin met ’n 2 liter roomysbak vol afval elke drie dae. Kerf die afval goed fyn (die wurms kan dit dan vinniger verteer) en begrawe dit onder die deklaag, sodat dit nie ’n reuk afgee en vlieë lok nie.• Hou jou wurmplaas in die skaduwee. Sorg dat die deklaag klam bly (nie sopnat nie!) deur elke derde dag ’n bietjie water daaroor te sprinkel.• Die wurms wei altyd bolangs waar die varsste afval is. Om jou kompos te oes, moet jy dus die boonste gedeelte van die wurmplaas wegskep en die kompos uitskep wat onderin lê.• Die wurmkompos het taamlik skop en moet verkieslik verdun word voordat jy dit op jou plante gooi. Gebruik twee liter water vir elke handvol kompos.

Benodigdhede: vier ou motorbande, plastiekgaas, ou tuinslang of plastiekpyp, dik rygnaald en -tou, ’n stewige skêr, ’n stensil, verf, ’n verfkwas, stewige plakband, twee goedkoop plastiekskottels wat styf in die boonste en onderste bande pas, gras, kruie of blomplante van jou keuse, potgrond, groeimedium (koerantpapier, eierbokse, kompos, groente- en vrugteafval), goiingsak en rooi erdwurms.

Page 52: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

Anys en Koljander – Hierdie spesies floreer in ligte gronde met ’n goeie kalsiuminhoud. Beide is warmseisoenspesies en die beste tyd om te saai is in die lente of vroeë somer. Koljander

groei vinnig en sal binne 3 tot 4 maande klaar saad gevorm het. Die saad word gebruik in vleisgeregte en selfs in soetgebak. Daar is ’n steeds groeiende mark vir vars koljander

en die plante groei maklik en weelderig in ’n sonnige hoekie. Koljander kan ook onder beskerming, byvoorbeeld in nethuise, geproduseer word. Anys vorm ’n groter plant en produseer sy saadjies na ongeveer 5 maande. Anys word veral gebruik om geur aan soetgebak te verleen waarvan anysbeskuit sekerlik die bekendste is. Beide spesies word ook gebruik vir medisinale doeleindes.

Basilie – Basilie word in die lente, vanaf Augustus tot Oktober gesaai. Dit sal goed groei in feitlik enige grondsoort, maar die beste groei en loofontwikkeling kan verkry word in gronde wat goed bemes word. Die groen blare kan in enige stadium van die groeiseisoen gepluk word. Sodra die plante begin blom moet die plant ongeveer 15 cm bo die grond gesny word. Dit sal die plant stimuleer om nuwe takke en blare te vorm. Hierdie proses kan verskeie kere gedurende die seisoen herhaal word. Die vars blare kan in enige tamatiegereg gebruik word, asook in slaai waar daar van gekookte eiers gebruik gemaak is.

Dille – Dille groei in feitlik enige tipe grond en is tot ’n groot mate droogtebestand. Ten einde regdeur die jaar groen blare te kan oes, moet dit ten minste twee keer per jaar gesaai word. Die beste tye hiervoor is Julie tot September en weer Maart tot April. Die groen blare word gebruik in slaaie en visgeregte. Die semi-ryp saad word gebruik in gepekelde komkommers en ander piekels soos byvoorbeeld uitjies.

Kruidjie, roer my gerus maar by enige gereg in

Vars kruie maak net daardie verskil in enige gereg. As daardie kruie boonop uit jou eie tuin kom, is die smaak nog soveel beter! In die volgende twee aflewerings bespreek Sakata

die aanplant van kruie, die soorte kruie wat ons aantref en hoe om dit aan te wend. Oor die algemeen is dit relatief maklik om kruie aan te plant weens die aanpasbaarheid van die meeste soorte. Kruie groei relatief stadig en ontwikkel nie ’n oormaat blare en vrugte nie; hul behoefte aan vrugbare grond en water is ook heelwat laer as die meeste groentesoorte. Afgesien daarvan dat kruie die smaak van kossoorte verbeter, bevorder dit ook aptyt en spysvertering. Baie van die kruiesoorte word dan ook vir medisinale doeleindes gebruik. Kruie moet verkieslik vars gebruik word, aangesien dit dan maksimum smaak en aroma vrystel. Verskeie soorte soos tiemie, marjolein en mint kan gekerf en gedroog word vir latere gebruik. In die volkstaal is daar oor die jare verskeie name aan kruie toegedig, heel waarskynlik as gevolg van direkte vertalings en selfs verkeerde identifisering van die onderskeie spesies. Om verwarring uit te skakel is die volgende lys saamgestel wat die botaniese, Afrikaanse en Engelse name aandui:

Groeiwyse en eienskappe van kruieKruie kan in drie hoofgroepe verdeel word, naamlik eenjarige plante wat jaarliks gesaai moet word, meerjarige plante wat in die tweede jaar ná plant blom, en die meerjarige plante wat vir ’n aantal jare groei. In hierdie uitgawe bespreek ons eerstens die eenjarige groep. Alle kruie is moeilik om te verplant weens hul wortelstelsels. Goeie resultate word verkry deur vestiging met steggies of direkte saai, maar die beste opsie bly maar die gebruik van saailinge.

Botanies Afrikaans EngelsA lium schoenoprasum Grasui ChivesAnethum graveolens Dil DillAnthriscus carefolium Kerwel ChervilArtenisia dracunculis Dragon TarragonBorago officinalis Bernagie BorageCarum carvi Karwei CarawayCoriandru sativum Koljander CorianderFoeniculum vulgare Vinkel FennelLaurus nobilis Lourier Bay leafLevisticum officinale Lavas LovageMentha spicata Kruisement SpearmintMentha piperita Peperment PeppermintOcimum basillicum Basilie BasilOriganum majorana Marjolein BarmoramPetrosilinum hortense Pietersielie ParsleyPimpinella anisum Anys AniseRosmarinus officinalis Roosmaryn RosemarySalvia officinalis Salie SageSatureja hortensis Bonekruid Summary savoryThyus vulgaris Tiemie Thyme

Bron: Vegetable Production in South Africa Bulletin No 330

52

Page 53: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

53

Page 54: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

Teen Augustusmaand begin dit reeds soggens

so ’n effe vroeër reeds lig raak, en dis darem nie meer vyfuur in die namiddag al donker nie. Lente is aan die kom en een van die dae kom die voëls terug na die Suidelike halfrond en begin bye rondvlieg op soek na stuifmeel om plante te bestuif. Volgens Starke Ayres-kwekerye se webblad (www.starkeayres.co.za) is dit nou die tyd om Kaliforniese papawers, lobelia, sonneblomme, bone, preie, wortels, kropslaai, ertjies en skorsies te plant. Hier na die einde van die maand toe kan jy maar jou tamatie- en soetrissie-saailing ook in die grond kry.Ná die rustyd het die grond ook weer ’n bietjie hulp nodig en kan jy maar rojaal werk met die bemesting. Meng kompos in die beddings en verryk die bolaag met droë kunsmis soos beenmeel of organiese kunsmis. Grasperke sal ook so ’n bietjie aanvulling verwelkom, en daar waar die gras kol-kol gevrek het, kan nuwe sooie gras geplaas word om dit weer aan te vul.Plant kamelias, asaleas en primulas in skadukolle en waar daar meer son kom, beddings dahlias, amarillis en nerinas. Gesiggies en viooltjies is ook lieflike spatsels kleur wat, as hulle in die skadu geplant word, tot in Desember nog vrolikheid aan die tuin sal verleen.Dit is ook nou die laaste kans om rose met kalkswael te bespuit voordat die lenteblare hulle verskyning maak. ’n 3:1:5 organiese bemestingstof word ook hier kort voor die lente aanbeveel. Wees genadig met die wintertuin se plante, en breek maar gereeld die dooie blommetjies uit om die lushof te behou totdat die lente in volle

glorie aangebreek het. As jy jou tuin vanjaar in helder kleure wil tooi, is daar ’n wye keuse van blomme waarmee jy kan rondspeel. Die blomme in die Zinnia-familie, waarvan die jakobregop ’n lid is, bied ’n groot verskeidenheid met kleure in die rooi en oranje deel van die kleurspektrum. Dit wissel van piepklein blommetjies tot blomme so groot soos dahlias. Dan is daar ook al die verskillende kleure gousblomme om jou tuin op te vrolik.Sou jy besluit om hierdie jaar op sagter kleure blomme te fokus, kan jy kies uit asters in pienk, ligte oranje of selfs ligte pers. Ageratums met hul sagte blou kleure lyk mooi saam met skulppienk Begonia semperflorens. En dan is daar natuurlik ook die petunias in hulle verskillende sagte kleure om van jou tuin ’n sagte oase te maak. Dit is nou die aangewese tyd om eenjarige plante soos gipskruid, saponarias en ornamentele grasse te saai. Baie min mense is ingelig oor die verskeidenheid ornamentele grasse en hoe mooi dit ’n tuin kan afrond. Vind gerus meer oor hierdie lieflike plante uit by jou plaaslike kwekery.Sewejaartjies, Helichrysums (alle lede van die sonneblom-familie), Rhodanthe (die gousblom-familie), blomme uit die mosterd-familie, die Physalis-familie (waarvan die appelliefie een is) en ook die verskillende klokblomme kan almal ten die einde van Augustus gesaai word.Onthou ook dat Septembermaand boomplantmaand is. Dis ook die ideale tyd om struike en heinings aan te plant of te snoei. Selfs al begin daar al botsels hul koppies uitsteek, is dit goed om nou die dooie hout uit te sny sodat die plant nie al sy voedingstowwe soontoe stuur om dit te probeer herstel nie.

Moenie dat die gras aan die oorkant van die draad altyd groener lyk nieDis nou tyd vir die grasperk se lentebederf. Volgens http://www.mweb.co.za/gardening/MonthByMonth.aspxmoet die grasperk eers deeglik gehark word – eers van links na regs, en dan van “bo” na “onder” om van alle dooie stukke ontslae te raak. Gooi sommer die dooie stukke op die komposhoop. Sny daarna die stukke wat regop staan met ’n tuinskêr af. ’n Graspriem of tuinvurk kan dan gebruik word om elke 30 cm gate in die grasperk te druk (druk so diep as wat die punte van die vurk jou toelaat) en ’n bietjie te wikkel sodat die oppervlak bietjie lug inlaat en ook ruimte laat vir water en voedingstof wat jy later gaan toedien. As die suurgehalte van die grond hoog is, is dit

nou die tyd om landboukalk oor die oppervlak te strooi. Werk op sowat 50 g per vierkante meter. ’n Gebalanseerde kunsmis van 50 g 2.1.2(26 of 2.1.0(17) per vierkante meter kan toegedien word. Maak die grasperk deeglik nat. Hierna is dit tyd vir ’n bolaag indien nodig. Meng twee dele tuingrond, een deel riviersand en een deel kompos. Toets die mengsel deur dit nat te maak en ’n vuisvol in jou hand te klem. Laat dit droog word. As dit krummel wanneer dit droog is, is die mengsel geskik. As dit te kleierig is, sal dit net ’n kors bo-op die grasperk vorm sodat dit steeds ongelyk is. As jou mengsel wel geskik is, moet dit eweredig oor die grasperk versprei word met ’n plat stuk houtbord wat aan die hark vasgemaak word. Die bolaag moenie dikker as 2 cm wees nie.In September behoort die grasperk reg te wees vir sy eerste sny. Moenie die lemme te laag stel nie; net die bopunte moet gesny word. Later in die seisoen kan jy maar weer behoorlik kort sny.

TuinierSt

arke

Ayr

es

54

Page 55: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

55

Page 56: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

56

Doen-lysie vir Augustus en SeptemberAugustus

• Aangesien wind kenmerkend is van hierdie tyd van die jaar, is dit noodsaaklik om seker te maak dat rankplante, jong bome en rose stewig geanker is aan ‘n stutpaal om hulle teen die wind se aanslag te beskerm. Sit ‘n beskermende band van goiing of rubber om die bome se stamme om te verseker dat die materiaal waarmee die stutpaal aan die plant vasgemaak is, nie die stam verniel nie.

• Verdeel kruieplante sodat sterk nuwe groeisels op hul eie geplant kan word en gooi die kerngedeeltes van die plant op die komposhoop as dit al ‘n bietjie moeg is.

• Plant swaardlelies in winterrypgebiede sowat 10 cm diep.

• Klimplante kan nou aangeplant word. Sulke plante, soos purperwinde en Cobaes scandens, is ideaal vir nuwe heinings omdat dit so lekker vinnig groei.

September

• Daar is allerhande ongediertes wat ook in die lente hul kop uitsteek om van die nuwe plantjies in jou tuin te oes. Spuit die nuwe plante vroegtydig met insekwerende middels, want om te wag totdat hulle reeds die plante aangeval het, loop jy die gevaar om alles te verloor.

• Eenjarige plante van die meer geharde soorte kan nou gesaai word. Teen die tyd dat die saailinge uitkom, sal die weer nie meer hul voortbestaan bedreig nie. Petunias, Nicotiana, begonias en ander plante met fyn saadjies moet egter eers in blikkies geplant en in ‘n beskermde plek gehou word – selfs op die badkamer of kombuis se vensterbank is ‘n geskikte plek.

• Verwyder dooie blomme van die winterplante wat nog vir oulaas trots probeer staan. Knip ook saadknoppe af, anders verswak dit die plant.

• Wanneer jy dahlias plant, voeg bietjie rotsfosfaat by die grond aangesien hierdie blomme van lekker baie fosfaat hou. Fosfaat is in werklikheid baie goed vir alle blom- en vrugdraende plante aangesien dit help met die produksie van blomme, saad en vrugte. Fosfaat is boonop goedkoop en maklik verkrygbaar.

Bron: www.mweb.co.za/gardening/MonthByMonth.aspx

Plant ietsie vir die pot

Alle wortelgewasse en ook slaai kan hierdie tyd van die jaar gesaai word. Laasgenoemde hou van ‘n lang groeiseisoen, dus is dit goed om die saadjies

nou al te saai.Aspersies, beet, dwergbone, dwergspinasie,

eiervrug, ertjies, knoffel, koolrape, pietersielie, raapkool, radyse, rankboontjies, rape, soetrissies, tamaties, wortels, en alle

murgpampoene kan nou gesaai word.In die hoogliggende dele van ons

provinsie sal knoffel, koolrape, pietersielie, raapkool en rape nie so

lekker aard nie, terwyl kropslaai weer lekker hier sal groei.

Bron: http://www.mweb.co.za/gardening/MonthByMonth.

aspx

Page 57: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

Alzheimer se siekte is ewe erg vir pasiënte én naasbestaandesdeur Hannelie Cronjé

57

Page 58: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

58

Soos wat ’n mens ouer word en meer vergeetagtig raak, sluimer die vrees vir Alzheimer se siekte tóg maar in ’n mens se agterkop: “Sê nou ek het Alzheimers. Ek sien nie kans daarvoor nie”. Baie mense bespreek die moontlik daarvan met hul kinders en sê nou reeds wat die naasbestaandes moet doen wanneer hierdie aaklige lot hulle wel tref. Talle boeke en rolprente is al hieroor gemaak, en die naam The Notebook kom feitlik dadelik in my gedagtes na vore. Hierdie boek deur Nicholas Sparks, en ook die rolprent, gee vir ’n mens ’n baie goeie idee van hoe hierdie siekte nie nét die pasiënt nie, maar ook hul naasbestaandes ten seerste raak. Daar is ook talle grappies oor die siekte, maar wanneer iemand na aan jou daarmee gediagnoseer word, praat ’n mens nie meer so ligtelik daaroor nie.Volgens die webblad http://af.wikipedia.org/wiki/Alzheimer_se_siekte is Alzheimer se siekte “’n progressiewe neurodegeneratiewe siekte met kenmerkende kliniese en patologiese tekens” wat daarop neerkom dat die siekte nie net skielik op ’n dag deel van jou lewe is, soos griep nie, maar dat dit oor ’n lang tyd aankom voordat dit gediagnoseer raak, en dat die agteruitgang wat dit meebring, oor tyd erger word. “Dit mag in die vroeë stadia moeilik wees om Alzheimer se siekte te onderskei van kognitiewe agteruitgang in die normale brein verwant aan veroudering. Die deurlopende agteruitgang in geheue, vloei van spraak en ruimtelike oriëntasie lei egter tot toenemende inkorting in onafhanklikheid en uitvoerende vermoëns. In die vroeëre stadia mag depressie en angstigheid ook die beeld kompliseer, maar dit verminder soos toenemende verlies aan insig volg,” lees ons in hierdie artikel op die webblad.In die middelste stadium van die siekte raak dit volgens die webblad vir die pasiënt al moeiliker om hom- of haarself self te versorg en sal hulle dikwels vir dae aaneen loop sonder om te bad of te eet. Dokters sal aanraai dat hierdie persoon dan onder toesig moet bly – ook om die pasiënt se eie veiligheid te verseker, omdat hulle

vergeet om elektriese toestelle, soos die stoof of strykyster af te skakel, of om die huis se deure te sluit. Dit gebeur ook dikwels dat hulle op pad na ’n plek wat hulle baie goed ken, soos die winkel op die hoek, of kerk toe of op pad huis toe, verdwaal of skielik geen idee het hoe hulle op die spesifieke plek beland het, of hoe om te ry om by hul bestemming te kom nie. Sulke voorvalle kan lewensgevaarlik wees. In die laaste stadium van die siekte sal dokters aanbeveel dat die pasiënt onder voltydse verpleegsorg in ’n sorgeenheid geplaas word aangesien die liggaam en organe dan begin agteruitgaan. Volgens die blad kan die stadia van die siekte soos volg ingedeel word:1. Aanvanklik is daar geen duidelike simptome nie.2. Daarna volg subjektiewe vergeetagtigheid wat beteken dat net die persoon self agterkom dat hy/sy inligting vergeet, maar dis nog nie vir ander waarneembaar nie.3. In die volgende fase begin die persoon egter probleme by die werk ondervind deurdat hy/sy vergeet hoe om take wat hulle al vir jare lank uitvoer, te verrig. Hulle begin met hul spraak sukkel en kan nie bekende woorde onthou nie, en hulle verdwaal in bekende plekke. Dit is gewoonlik in hierdie stadium dat die gesin agterkom daar is ernstige fout en die persoon dan na ’n dokter neem.4. Die volgende vaardigheid wat dan gestaak of verbied moet word, is dat die persoon op sy of haar eie reis. Hulle sal ook nou begin sukkel om te tel en onlangse gebeure te onthou.5. Met verdere agteruitgang moet hul naasbestaandes vir hulle help om uitrustings saam te stel omdat die pasiënt nie meer kan bepaal wat bymekaar pas nie en ook onhandig raak om ritse en knope vas en los te maak. Daar sal ook gevalle wees waar hulle nie weet waar hulle is of hoe laat of watter dag dit is nie. Die pasiënt sal ook in hierdie fase

geneig wees om naasbestaandes se name te vergeet.6. In die sesde fase moet lyers onder toesig wees omdat hulle sal vergeet om te eet of te bad. Party sal ook met inkontinensie begin sukkel. Hulle kan selfs meer verward raak ook tyd en plek en nie altyd die persoon wat by hulle is, herken nie.7. Verdere spraakverlies, inkontinensie en motoriese styfheid tree in die volgende fase in. Party mense sal onherkenbare klanke vorm of net geluide maak en hulle sal al hoe minder beweeglik raak. Die patologiese veranderinge wat hierna intree, is die fisiese aftakeling van die liggaam en die organe. Volgens Wikipedia is dit “kortikale atrofie, sinaptiese en neuronale verlies, amiloïed angiopatie, neuritiese plake met amiloïed kerne, neurofibrillêre knope en akute fase reagense en lokale inflammatoriese reaksie”.Hoewel daar nog nie vasgestel kon word presies wat Alzheimer se siekte veroorsaak nie, is daar volgens Wikipedia ’n paar faktore wat klaarblyklik daartoe kan bydra, soos ouderdom, ’n familiegeskiedenis van die siekte, ’n vorige hoofbesering, ’n lae vlak van opvoeding, sistoliese hipertensie en ook Downsindroom. Volgens ’n artikel wat deur matrone Elize Mans geskryf is en op die webblad http://www.otmt.org verskyn, kan versorging

en behoorlike leiding die lyer en sy gesin help om die siekte te hanteer. “’n Gebalanseerde dieet is

belangrik en aktiwiteite moet normaal voortgaan. Sosiale kontak moet aangemoedig word,” sê sy.

Page 59: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

59

“Daar is geen genesende behandeling vir die siekte nie. Sekere middels mag slegs die gedragsimptome beheer, byvoorbeeld slaaploosheid, angs, geïrriteerdheid, ronddwaal en depressie. Navorsing toon dat vitamien E en ginko biloba, ’n ekstrak uit die blare van die ginko-boom, moontlik die siekte vertraag. Die effek van die gebruik van anti-inflammatoriese middels en estrogeen word bestudeer,” sê sy voorts.Volgens haar is die volgende tipiese gedragspatrone deel van die siekte se verloop:• “Algemene onvermoë om te onthou, wat nie aan alkoholmisbruik of kopbeserings te wyte is nie. Die persoon vergeet byvoorbeeld dat ’n lewensmaat reeds oorlede is en voel oortuig dat sy of hy iewers wag. Sommiges vergeet nie bloot net waar hulle die sleutels gebêre het nie, maar vergeet wat om met die sleutels te maak.• “Lomp en onsamehangende spraak. Hulle vergeet bekende voorwerpe se name en poog om ander woorde te gebruik om dit te beskryf. Haak dikwels vas by ‘die dinges’. In gevorderde gevalle verloor hulle die totale vermoë om ’n sin te kan sê en word taal ’n stotter van woorde.• “Zero of beperkte handvaardigheid. Lyers sukkel met aan- en uittrek. Knope en ritssluiters word met moeite vas- of losgemaak. Soms kan hulle

obsessief raak met knope deur dit die hele dag los en vas te maak of dit te draai totdat die knoop afbreek.• “Higiëne. Hulle gee nie meer om hoe hulle lyk of versorg is nie. In vroeë demensie word die versorger dikwels meegedeel dat hulle reeds klaar gebad en tande geborsel het terwyl hulle regtig niks gedoen het nie. In gevorderde stadiums van demensie kan die persoon aggressief optree omdat hulle beledig mag voel, byvoorbeeld: ‘Ek is nie ’n kind nie’ of ‘Lyk ek vir jou vuil?’. Hulle hou net mooi níks van bad nie.”• “Erg terneergedruk, bang, aggressief of buitengewoon opgewek. ’n Persoon sal byvoorbeeld hartverskeurend sit en huil oor ’n pa of ma wat onlangs dood is en die volgende oomblik hartlik saam met die groep begin dans of lag. (Die tragiese is dat die persoon moontlik reeds 90 jaar of ouer kan wees en dan huil oor ’n pa of ma wat dood is!)• “Inkonsekwente oordeelsvermoë. Sommige persone raak obsessief oor hul klerekas en pak die hele dag klere in en uit. Ander sal neig om klere oormekaar aan te trek of selfs (tot verleentheid van familie) in ’n geselskap ontklee.

• “Menige Alzheimer-lyer verdwaal in eens bekende plekke en selfs in hul onmiddellike omgewing. Familie vind dit baie ontstellend wanneer hul ouer verdwaal in hul huise. Die gevaar van verdwaal is baie groot en sou ’n persoon uit die huis dwaal sonder dat iemand dit agterkom, kan hy of sy straat toe gaan, afdwaal en dan nie weer sy of haar pad terugvind nie.• “Enige ou bekende, selfs gesinslede, se naam en voorkoms vervaag of verdwyn.• “Roep vroeë ervarings op asof dit gister gebeur het, maar vergeet wat ’n paar minute of ’n uur gelede gebeur het.• “Suspisie. Die persoon vertrou niemand nie. Steek dikwels geld of kosbaarhede weg en vergeet waar dit is. Ander word beskuldig dat hulle die goed gesteel het. Hierdie aanklagte kan lei tot konflik waar ’n groep persone saamwoon. Daar word gereeld gesoek na tande en brille en handsakke en beursies.”

Page 60: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

60

1. Drie pond, drie dele Jou brein is jou kragtigste orgaan, en weeg slegs sowat drie pond. Dit bestaan uit drie hoofdele, naamlik: 1.1 Die serebrum wat die grootste gedeelte van jou skedel vul. Dit laat jou onthou, probleme oplos, dink en voel. Dit beheer ook beweging. 1.2 Die serebellum sit aan die

agterkant van jou kop onder die brein. Dit beheer koördinasie en balans. 1.3 Die breinstam sit onder jou serebrum aan die voorkant van jou serebellum. Dit verbind die brein met die rugmurg en beheer outomatiese funksies soos asemhaling, spysvertering, hartklop en bloeddruk.

2. Toevoerlyne Jou brein word gevoed deur een van jou liggaam se rykste netwerke van bloedvate. Met elke hartklop dra are sowat 20 tot 25% van jou bloed na jou brein, waar biljoene selle sowat 20% van die suurstof en brandstof gebruik wat deur jou

bloed gedra word. As jy hard dink, kan jou brein tot 50% van die brandstof en suurstof gebruik. Die hele toevoernetwerk sluit are en kapillêre are in.

3. Die korteks: “Dinkplooie”

Jou brein se geplooide oppervlak is die buitenste laag van die serebrum wat die korteks genoem word. Wetenskaplikes het die korteks “gekarteer” deur die identifisering van areas wat aan sekere funksies gekoppel word. Spesifieke areas van die korteks • Interpreteer sensasies van jou liggaam, sig, klanke en reuke van die buitewêreld, • genereer gedagtes, probleemoplossing en formulering van planne, • vorm en stoor geheue, en • beheer willekeurige beweging.

4. Linkerbrein/regterbrein Jou brein is opgedeel in ’n linker- en regterhelfte. Kenners is nie seker oor die verskille in die funksies van die linkerbrein teenoor die regterbrein nie, maar is wel seker van die volgende: • Die linkerhelfte beheer die beweging van die liggaam se regterkant, • die regterhelfte beheer beweging aan die linkerkant van die liggaam, en

• by die meeste mense is die taalarea hoofsaaklik aan die linkerkant van die brein geleë.

5. Die neuronbondel’n Volwasse brein bevat ongeveer 100 biljoen senuselle , of neurone, met vertakkings wat verbind by meer as 100 000 biljoen punte. Wetenskaplikes noem hierdie digte vertak-kingsnetwerk ’n “neuronbondel”. Seine wat deur die neuronbond-el trek, vorm die

basis van herinneringe, gedagtes en gevoelens. Alzheimer se siekte teiken veral hierdie neurone.

Brein toersig sensasie gedagtes

reukeklankevorm/stoor

neurone Seine

senuselle

Page 61: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

61

6. Selsein

Seine wat deel vorm van herinneringe en gedagtes beweeg deur middel van ’n individuele senuweesel as ’n klein elektriese lading. Senuweeselle verbind met mekaar om sinapse te vorm. Wanneer ’n prikkel ’n

sinaps bereik, kan dit die vrystelling van klein sarsies chemikalieë, genoem neurotransmitters, vrystel. Die neurotransmitters reis oor die sinaps, en stuur seine na ander selle. Alzheimer se siekte ontwrig beide die manier waarop elektriese ladings binne selle reis en ook die aktiwiteit van neurotransmitters.

7. Seinkodering

100 Biljoen senuwee selle, 100 000 Biljoen sinapse en tientalle neurotransmitters. Dit alles vorm jou brein se roumateriaal. Met verloop van tyd skep ons ervarings patrone in seintipe en

-sterkte. Hierdie patrone van aktiwiteit verduidelik hoe ons breine op die sellulêre vlak ons gedagtes, herinneringe, vaardighede en ’n gevoel van wie ons is, kodeer. In die skandering hierby sien ons op die linkerkant tipiese patrone van breinaktiwiteit wat verband hou met lees, hoor, sê en dink oor woorde. Aktiwiteit is die hoogste in die rooi areas en dan af deur die ander kleure van die reënboog van geel na blou-violet. Spesifieke aktiwiteitspatrone verander ons hele lewe as ons nuwe mense ontmoet, nuwe ervarings beleef en vaardighede ontwikkel. Die patrone verander ook wanneer Alzheimer se siekte of ’n verwante siekte senuweeselle en hul verbindings met mekaar ontwrig.

8. Alzheimer se siekte verander die hele brein Alzheimer se siekte lei tot die afsterwe van senuweeselle en die verlies van weefsel regdeur die brein. Met verloop van tyd krimp die brein dramaties, wat byna al sy funksies beïnvloed.

Op hierdie foto’s sien ons ’n brein sonder die siekte, ‘n brein met gevorderde Alzheimers en hoe die twee met mekaar vergelyk.

9. Meer brein

Hier is ’n ander beeld van hoeveel die selverlies die hele brein verander in ‘n gevorderde stadium van Alzheimer se siekte. Hierdie grafika is ‘n dwarsdeursnit van die brein. • Die korteks verskrompel en van die gedeeltes wat

betrokke is by die denke, beplanning en geheue raak beskadig.

• Veral die hipocampus – ‘n gedeelte wat ‘n groot rol speel in die vorming van nuwe herinneringe, krimp baie.

• Die ventrikels (vloeistofruimtes in die brein) word groter.

10. Onder die mikroskoop Wetenskaplikes kan ook die verskriklike gevolge van Alzheimer se siekte sien wanneer hulle na breinweefsel kyk. By Alzheimer-lyers het die weefsel baie minder senuweeselle en sinapse as ’n gesonde brein. Geheueplate, abnormale trosse proteïendeeltjies, bou tussen die senuweeselle op. Senuweeselle wat besig is om dood te gaan, bevat knope wat bestaan uit gedraaide stringe van ’n ander proteïen. Wetenskaplikes is nie heeltemal seker wat die afsterwe van die selle en die verlies van weefsel in Alzheimer-lyers se brein veroorsaak nie, en navorsing word steeds daaroor gedoen.

neurotransmitters sinapse

klein elektriese lading

woorde lees luister na woorde

dink aan woorde praat

gesondebrein gevorderdeAlzheimer

ventrikels

hipocampus

Alzheimer selgesonde sel

knope geheueplate

Page 62: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

11. Meer oor geheueplate

Geheueplate vorm wanneer proteïenstukke, genoem beta-Amiloïed-groepies bymekaarkom. Beta-Amiloïed kom uit ’n groter proteïen in die vetterige membraan van senuweeselle. Beta-Amiloïed is chemies “taai” en bou geleidelik op in geheueplate. Die skadelikste vorm van beta-Amiloïed is groepe van ’n paar stukkies eerder as die plate self. Die klein bondels mag sel-tot-sel-sein by sinapse blokkeer. Hulle kan ook die immuunstelselselle aktiveer wat ontsteking en vernietiging van hierdie selle kan aktiveer.

12. Meer oor knope

Knope vernietig ’n belangrike selvervoerstelsel van proteïene. Die elektronmikroskoopfoto hierby toon ’n sel met ’n paar gesonde gebiede en ander gebiede waar knope besig is om te vorm. In gesonde areas is die vervoerstelsel georganiseer in ordelike parallelle stringe wat aan treinspore herinner. Kosmolekules, seldele en ander belangrike stowwe reis langs dié “spore.” Die proteïen TLU help dat die spore reguit bly. In gebiede waar knope gevorm word, stort die TLU in duie en draai in stringe, wat knope genoem word. Die spore kan dan nie langer reguit bly nie, en hulle val uitmekaar en disintegreer. Voedingstowwe en ander noodsaaklike voorrade kan

nie meer deur middel van die selle beweeg nie, wat daartoe lei dat die selle sterf.

13. Vordering deur die brein

Geheueplate en knope (in die blou-grys areas) is geneig om in ’n voorspelbare patroon deur die korteks te versprei soos wat Alzheimer se siekte vorder. Die tempo waarteen dit gebeur, wissel baie. Mense met Alzheimers lewe gemiddeld agt jaar, maar party mense kan tot 20 jaar daarmee leef. Die verloop van die siekte hang af van die ouderdom by die diagnose en of die persoon aan enige ander gesondheidsprobleme ly. In die skets hierby word die volgende aangetoon:1. Vroegste stadium van Alzheimers – veranderings kan 20 jaar of meer voor die diagnose al begin. 2. Ligte tot matige stadiums van Alzheimers – kan twee tot tien jaar duur. 3. Ernstige Alzheimers – kan een tot vyf jaar duur.

14. Vroegste Alzheimer-stadiums

In die vroegste stadium, voordat simptome met die huidige toetse waargeneem kan word, begin plate vorm in die dele van die brein wat betrokke is by: • Leer en geheue

• Denke en beplanning

15. Ligte tot matige Alzheimers In matige stadiums ontwikkel daar meer geheueplate en knope in die deel van die brein wat belangrik is vir belangrike tot matige geheue en denke as wat in die eerste stadium sigbaar was. As gevolg hiervan ontwikkel individue probleme met geheue of denke wat ernstig genoeg is om in te meng met die werk of sosiale lewe. Hulle kan ook deurmekaar raak en dit moeilik vind om geld te hanteer, hulself uit te druk en hul gedagtes te orden. Baie mense met Alzheimers word in dié stadium vir die eerste keer gediagnoseer. Geheueplate en knope versprei ook na gebiede wat betrokke is by: • spraak en begrip van spraak, en• jou sin van waar jou liggaam is tot verhouding tot voorwerpe rondom jou. Soos wat die siekte vorder, ervaar mense dat hul persoonlikhede en gedrag verander en dat hulle rondom familie en vriende sukkel om hulself te handhaaf. 16. Ernstige Alzheimer se siekte

By gevorderde Alzheimers is die meeste van die korteks beskadig. Die brein krimp dramaties as gevolg van wydverspreide selafsterwing. Lyers verloor hul vermoë om te kommunikeer, familie en geliefdes te erken en vir hulself te sorg.

geheueplaat

beta-Amiloïed

1 2

3

Page 63: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

63

Page 64: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

Vir die heel eerste keer het NTK en VKB se takbestuurders byeengekom om mekaar

beter te leer ken en om denkrigtings in lyn te bring.

Aangesien NTK nou deel uitmaak van VKB, is ons een onderneming – al is dit met twee name.Wynand Benadie en Kobus van Heerden van onderskeidelik NTK en VKB het saam die vergadering gelei. Daar is deur die loop van die vergadering baie klem gelê op aankope maar ander afdelings is ook bespreek. Dit was goed om te hoor van die sinergie tussen NTK en VKB. Ons het beslis dieselfde doel voor oë en as sterk vennote in een besigheid, kan dit net beter gaan.Die boodskap waarmee

takbestuurders terug na hul onderskeie takke gegaan het, is dat NTK en VKB nou een is, dat ons pyle in dieselfde rigting moet wees, dat dit voordeel vir almal inhou en dat ons nou net ʼn groter familie is!

NTK NUUSNTK Nylstroom het onlangs ʼn

boere-ontbyt by Koro Creek aangebied ten bate van

die beesboere wat besigheid by NTK doen. Hierdie inligtingsoggend was in samewerking met Bayer Dieregesondheid, en dr. Clint Austin van Bayer het as gasspreker opgetree. Die reëlings is behartig deur Barend Mocke van Nylstroom-tak en natuurlik Daan Swan,

welbekende bemarker van Bayer-produkte.Genooide boere het die lesing bygewoon waarna hulle ʼn heerlike ontbyt genuttig het. Die reëlings is behartig deur Barend Mocke van Nylstroom-tak en natuurlik Daan Swan, welbekende bemarker van Bayer-produkte. Dr. Clint Austin van Bayer saam met die

manne van Buffelskom Boerdery

Modimolle se beesboere kuier saam

NTK het vanjaar weereens as hoofborg van die streekberaad van die VLU

Noord opgetree. Dit was weer ʼn uitmuntende byeenkoms van knap dames van regoor Limpopo. Meer as 180 dames was vir drie dae byeen om sake van belang te bespreek. Gassprekers, uitstallers en ʼn puik sosiale geleentheid het

luister aan die konferensie verleen. Tienie Ras het die geleentheid gekry om die dames toe te spreek. Hy het die jaarlikse VLU-konferensie as ʼn persoonlike hoogtepunt op sy kalender beskryf. Nadat hy die verbintenis tussen NTK en VKB verduidelik het, het Tienie ʼn video van VKB vertoon.

Elana Greyling (VLU Noord se skakelbeampte), Tienie Ras, Marieta Eckard (voormalige VLU-presidente) en Allan Snyman (Westvalia)

NTK borg VLU

As daar nou een ding is waarvoor NTKners nie terugdeins nie, is dit ʼn

uitdaging. En ofskoon Hoofkantoor se personeel nie een juis rolbalspelers van formaat is nie, het hulle die balle opgeneem toe Ford hulle uitdaag vir ʼn wedstryd.Wie as wenners uit die stryd getree

het, is nie van belang nie. Wat wel saak maak is wie die beste op die baan gelyk het. En dit was beslis NTK!Die manne was die “Miskruiers” en die dames die “Miss Kruiers” en so saam-saam het hulle die balle gerol tot by die wit balletjie.

NTK se spanbestuurders Tienie en Wynand, Liezl en Danelle saam met Tokkie en sy span.

NTK aanvaar Ford-uitdaging

VKB en NTK stel hul pyle in dieselfde rigting

Erna Beyers van Cornelia en Estelle Benadie van Warmbad

Die twee groot takke Reitz en Pietersburg se Neels du Toit en Fanie

Schoonraad van Polokwane

64

Page 65: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

NTK en VKB betreur die afsterwe van Stephen Marais. Stephen was aan

stuur van NTK se finansiële afdeling sedert VKB betrokke geraak het by NTK. Voor dit was hy vir vele jare werksaam by VKB. Hy het in Februarie afgetree maar was op kontrakbasis by NTK om NTK se nuwe finansiële bestuurder, Andries

Ferreira, te ondersteun in die pos. Hoewel Stephen vir die afgelope twee jaar siek was, was sy afsterwe steeds ʼn skok vir sy gesin en vir NTK. Sy heengaan laat ʼn groot leemte in NTK. Medelye word betuig met sy vrou, Rina, kinders en kleinkinders. Sy tweede kleinkind is ʼn week na sy heengaan gebore.

Stephen

IN MEMORIAM: Stephen Marais 18/2/1953 - 11/6/2013

After a year of hard work the personnel of NTK who took part in the Leadership

Development Program got the recognition they deserved. A formal certificate ceremony was recently held at Weesgerus, Modimolle, the highlight being the announcement of the special merit awards.

After Peter Ndou opened the formalities with scripture reading and prayer, Johan Groenewald welcomed each and every one to the special occasion.

He urged each one who passed the course to be the best he or she can be.

He said that the 19 people who

completed the course got the same input through the program, but what each one makes with this input is up to the individual.Tienie Ras showed a video clip on VKB and brought them up to date with the status between NTK and VKB. He said that leaders are not always born as leaders but are sometimes cultivated to become leaders. No one will be a leader after one course, but it is a lifelong journey. He urged them to stay students for the rest of their life to be enriched and fulfilled.He wished them all a bright future, be it in NTK or elsewhere. He closed his address to them with the words: “Stay strong; hou koers.”Director of Batho Pele, Ernest Beck, gave another one of his motivational speeches. He said the learners who achieved success today must have an attitude that

doesn’t say “give me” but rather “how can I contribute?” He said they must be positive in life and be the best they can be.The following personnel received their certificates: Patrick Baloyi, David Kekana, Audrey Lehutjo, Joseph Lekalakala, Dan Letsebe, Lawrence Mabogo, Patric Madambiri, Simon Makhubela, Robert Manzere, Norman Masia, Welheminah Modiba, Solly Mooka Modise, Kgabo Mooka, Elvis Moremi, Patricia Mothiba, Peter Ndou, Edwin Nekhubvi, Converce Nekhwevha and Jacob Nkuna.The top achievers for Leadership Development 2012/2013 were:Merit Award Best Progress: Edwin Nekhubvi and Audrey Mokgadi.Best Leadership Abilities: Peter Ndou.Top Achiever: Norman Masia.

The group for 2012/2013

Johan Groenewald, Barbara Hoek, Tienie Ras and Ernest Beck of Batho

Pele with the winners Audrey, Norman, Edwin and Peter.

Formal certificate ceremony for Leadership Development students

Estelle Benadie, takbestuurder van NTK Warmbad, en haar personeel het onlangs, in

samewerking met verskaffers van besproeiingsprodukte, ʼn uiters suksesvolle boereaand aangebied.

Dit is by die lapa van die Warmbad-dam gehou en ten

spyte van die koue het ʼn groot getal boere die aand bygewoon. Dit was werklik ʼn suksesvolle geleentheid.Daar was nie veel meer formaliteite nie en besproeiingsverskaffers kon met boere op ʼn persoonlik vlak kommunikeer.

Koos van Rensburg (HUB VKB), Rina Erasmus (groepsekretaris), Pieter Snyman en Lourens van Aswegen (direkteur)

Boere bekyk besproeiing op Bela Bela

65

Page 66: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

66

No guts, No glory‘n Spesiale prys, “no guts, no glory” is tydens die o.13 VKB Rugbyweek op Frankfort toegeken aan ‘n spesiale speler, William Oosthuizen van die Moteo-span. Hy het ‘n gebreklike hand en voet, maar van rugby-speel kan jy hom niks vertel nie. Hy sê hy het van kleins af geleer rugby speel en dit is in sy bloed. Hy is ‘n skolier aan die St. Andrews Skool in Bloemfontein. Sy afrigter, mnr Jan Britz sê: “William is hier omdat hy ongelooflike goeie rugby speel”.

Uitstekende skolerugby tydens

VKB se o.19 rugbyweek op Reitz

Die rugbyspan van die Valke het die sentrale streek se houvas die afgelope paar jaar op die titel as kampioen op die VKB-week op Reitz, verbreek. Die Valke het die Luiperds 39-17 in die eindstryd van die week verslaan.

Twaalf provinsiale spanne het aan die toernooi deelgeneem. Sandveld se span is as die voortreflikste span van die toernooi aangewys.

Na afloop van die week is die beste speler in elke posisie aangewys wat dan ook die span is wat einde van die jaar na Frankryk toer. Hulle is: Arnold Kruger, Gracino Pienaar (albei Suid-Natal), Garth van der Merwe (Noord-Natal), Hendri Roodt (Suid-Vrystaat), Lee-hane Ontong (Kiewiete), Nakkie Naudé (Suid-Vrystaat), Louis van Zyl (Valke), De Wet Dirksen (Suid-Natal), Christo Laubscher (Luiperds), Gideon Fourie, Pierre Buitendach, JP Pienaar (almal Valke), Steven Brown (Noord-Natal), Willy Tarpley (Luiperds), Ryan Sim (Suid-Natal). Plaasvervangers: Koketso Bogoshi (Lynx-Noord), JP Burger (Oos-Vrystaat), Stephan Malan (Suid-Natal), Hein Conradie (Valke), Ruhan Goosen (Suid-Vrystaat), Siegie van Wyk (Sandveld), JP Moore (Suid-Nata)l, Wayne Davenyhill (Lynx-Suid).

Harde, goeie, skolerugby So beskryf mnr Spanjool Wessels, organiseerder van die o.13 en o.16 VKB Rugbyweke op Frankfort rugby wat daar plaasgevind het. Tydens die 2006 eerste rugbyweek vir 0.16’s op Frankfort was Heinrich Viljoen ‘n speler van die Vrystaat Kiewiete- span. hierdie jaar was hy terug as keurder. Weereens ‘n bewys dat dit die moeite werd is om die toernooi aan te bied.Die departement van Onderwys het ook die toernooi bygewoon en was baie opgewonde oor die toernooi wat meer geleenthede vir plattelandse rugbyseuns bied.Die spanbestuurder van die Motheo-span, mnr. Japie Victor, sê dit is ‘n baie suksesvolle toernooi waar harde en goeie rugby gespeel is. Seuns het geleentheid gekry om op ‘n hoë vlak te kompeteer en het baie geleer van rugby en menswees.Die afrigter van die Oos-span, mnr. Deon Taljaard, sê dit is lekker om te sien hoeveel talent daar op laerskoolvlak is. Hy bedank VKB en Hoërskool Wilgerivier vir al die moeite en geleenthede wat daar aan plattelandse seuns gebied word.

William Oosthuizen van die Moteo-span ontvang ‘n “no guts, no glory” toekenning van mnr. Frik Bekker,

takbestuur by VKB Landmark op Frankfort.

Wenspan van die o.16-week:

Page 67: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

67

Page 68: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

68

V-tec Sleepwaens is in 2001 begin as ‘n deeltydse besigheid maar het vinnig gegroei tot ‘n nasionale onderneming. Vandag versprei dié maatskappy, wat in Vanderbijlpark gesetel is, ‘n wye reeks sleepwaens landswyd en is bekend vir hul gehalte en duursaamheid. V-tec Sleepwaens het vinnig ‘n bekende naam in die boerderygemeenskap geword en is ‘n bekende gesig by skoue en uitstallings. Nie net vervaardig V-tec topgehalte sleepwaens nie, maar verkoop en verhuur ook hierdie sleepwaens aan die publiek. Die maatskappy moes sedert sy nederige ontstaan baie hindernisse oorkom, maar deur ‘n dekade van harde werk en baie seëninge kon hulle groei tot ‘n bekende handelsnaam wat sinoniem is met gehalteprodukte wat hard kan werk.Hoogtepunte van die afgelope 11 jaar sluit in die groei van die fabriek van ’n klein onderneming tot een wat internasionaal sleepwaens lewer. Die personeelomset is baie laag, met die oorgrote meerderheid personeel al deel van die V-tec-familie. Daar word gereeld personeelfunksies gehou, soos die jaarlikse Kerspartytjie saam met Kersvader – tot groot vermaak van die kinders, vleisbraai aan die einde van elke maand, en een waaroor die personeel nou nog praat: die 2010 Wêreldbekersokker-dag vol sokkerpret en plesier. In 2010 het die maatskappy ter viering van ’n dekade in die bedryf, 100 van sy uitgelese kliënte, verskaffers en genote op ’n uithalerfunksie by die Riverside Lifestyle Resort in Vanderbijlpark getrakteer waar daar tot laataand gedans en gekuier is. Die maatskappy weet dat die sleepwamark ‘n taai mark is. Juis hieroor verkies hulle om op die nutswa-mark te fokus en sleepwaens te bou wat take op die tawwe Afrika-terrein kan verrig. Hierdie veeldoelige sleepwaens word ook deur menige verhuringsmaatskappy in SA as vloot gebruik. In samewerking met National Trailers, een van Suid-Afrika se grootste eenrigtingverhuringsmaatskappye, word hierdie nutswaens oral in die land gesien en gebruik. Die eenrigtingsleepwaens is ook by die maatskappy se perseel beskikbaar in Vanderbijlpark, vir die gerief van kliënte. Hulle fokus ook op die vervaardiging van veesleepwaens wat daagliks deur boere gebruik word. Die African Wagon, die sleepwa waaroor almal praat, is tans die nuutste toevoeging tot die V-tec-reeks. Hierdie duursame beeswa, wat gestandaardiseer word met al die ekstras om die lewe van die boer te vergemaklik, sluit in ’n kanthek en ’n laai-area wat afgeslaan kan word, LED-ligte om sigbaarheid op stofpaaie te verhoog en is in drie standaardkleure beskikbaar om by enige trotse boer se bakkie te pas.

D i e maatskappy se gebruikersvriendelike webwerf met die maklike naam www.sleepwa.co.za is die beginpunt vir enige kliënt om te kry presies wat hy soek, met duidelike foto’s en vele spesiale aanbiedinge. V-tec Sleepwaens is ‘n trots Suid-Afrikaanse maatskappy wat glo in die ontwikkeling van die nasie en die ekonomie. Daarom is werkskepping en die welsyn van hul personeel van ongelooflike belang vir die maatskappy. Eerder as om in die rigting van meganisering en massaproduksie te beweeg, kies V-tec Sleepwaens om op duursaamheid en gehalte te fokus. Elke finale produk word met die hand aanmekaargesit om seker te maak dat die sleepwa ekstra sterk en duursaam is, en elke V-tec-personeellid is trots op die finale produk. Deur hierdie metode te volg, verseker V-tec Sleepwaens dat hulle nie te veel vertroue in masjinerie plaas nie, maar skep hulle ook werk sodat meer mense na hul gesinne kan omsien.Hierdie handelsnaam sal binnekort ook op die groot skerm te sien wees in die Afrikaanse rolprente Lank sal hy lewe en Vrou soek Boer. Beide films word later vanjaar vrygestel. V-tec Sleepwaens se meer as 60 sleepwa-modelle word landswyd deur agente en by verskeie handelspunte versprei. V-tec wil altyd hul aanbod en kliëntebasis verbreed, daarom ontwikkel hulle gedurig nuwe ontwerpe en word ou ontwerpe konstant aangepas. Agentskappe is beskikbaar aan kliënte wat doelgerig namens V-tec die produk landswyd verkoop. Kliënte wat die produk wil verkoop, kan ook as geassosieerdes vir soortgelyke voordele as agente, sonder om ander besigheidsbelange in te perk. Meer inligting in verband met hierdie voordele is by V-tec se hoofkantoor beskikbaar. V-tec Sleepwaens se doelwit is om te verseker dat die eienaar van ‘n V-tec-sleepwa met ‘n geruste hart sy sleepwa kan vertrou om op enige terrein hard te werk.

V vir vertroue

Page 69: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

69

Page 70: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

70

Kategorie 6 – 9

See-uitsigte R3 263 - R3 773p.p. Kategorie 10

Balkonkajuite R4 328p.p.

Op Aanvraag van ons lesers“DIE PAD SAAM-LESERSTOER”

VAAR VANAF DURBAN NA PORTUGUESE EILAND AAN BOORD

VAN DIE MSC OPERA

PLEKKE MOET DIREK BY SA CRUISES BESPREEK WORD EN GEMERK WORD ‘“DIE PAD SAAM”-LESERSTOER SPESIALE AANBOD’

Vir besprekings of inligting, kontak asseblief:

[email protected] of skakel 0861-SACRUISES (-722784).www.sacruises.co.za

of skakel Hannelie Cronjé by 058 863 8223 of [email protected]

3 NAGTE 14 – 17 Maart 2014

14 Maart - Vertrek vanaf Durban (ongeveer 2nm)15 Maart - Portugese eiland16 Maart - Op see17 Maart - Durban (vanaf 8vm)

*Minigholfbaan (“putt-putt”)*Spa *Gimnasium *Swembaddens *Jacuzzi’s *Kroeë *Winkels *Casino en 172 see uitsig kajuite en 28 Eenhede met hul eie private balkonne.met hul eie privaat balkonne *Potjie ringgooi * Skuifbord * Tafeltennis * Vlugbal * Belastingvrye inkopies *Crèche *Fliek * Komedie- of

kabaretvertonings *Disko

Let wel:• Bepalings en voorwaardes geld. BF&W.

• Hierdie aanbod is onderworpe aan beskikbaarheid en kan nie saam met enige ander afslagaanbod gebruik word nie.

• HIERDIE SPESIALE AANBOD HANG AF VAN HOEVEELHEDE EN KAN TE ENIGER TYD OPGESKORT WORD. Beperkte beskikbaarheid – op ‘n eerste daar, eerste klaar grondslag – SO MOENIE WAG NIE – BESPREEK VANDAG NOG!

Ingesluit by die tarief:• Akkommodasie in die kategorie bespreek• 3 etes per dag, plus middernaghappies daagliks• Partytjie vir enkellopendes• Vloervertonings elke aand• Diskoteek• Alle speletjies en daaglikse aktiwiteite• Toegang tot casino • Aërobiese oefeninge en gimnasium• Tariewe is per persoon wat dubbelakkommodasie deel.• ‘n Maksimum van 2 kinders (onder 18 jaar) reis GRATIS,

maar betaal slegs hawe- en baggasie-fooie en die boot se diensgelde as hulle ‘n kajuit met 2 betalende passasiers deel!

ADDISIONELE KOSTE PER PERSOON:Hawe, bagasie, Versekering & Diensfooie - R590 per persoon.

Kinders onder 18 jaar gratis

Familie en Vriende van VKB en NTK Welkom

Spaar tot 40% op normale pryse

Page 71: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

71

Page 72: DIE Pad Saam - VKB · 2013-08-08 · Die regte kombinasie in die stryd teen onkruid. Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies verg bloot die perfekte kombinasie van puik

72