die kompas - gkmosselbaai.co.za · ontmoet vir . . . tannie jane badenhorst sy is op 24 november...

4
Predikant: Ds Paul Lubbinge 078 396 8475 (bel) 073 286 1507 (WhatsApp) Posbus 795, Klein-Brakrivier 6503 [email protected] DIE KOMPAS Kollekte onder die erediens By die deure Diakonale Bystandsfonds GKSA Sustentasie LITURGIE Vooraf: Lied 537:1, 2 Lied 205:1, 2, 3 1. Ontmoeting met die Here Votum en seëngroet Psalm 33:1,11 Geloofsbelydenis Sb 12-3:1, 2 (Keuse Bylsma familie) 2. Reëls van dankbaarheid Psalm 42:1 (Keuse tannie Jane) Wet Psalm 86:6 3. Die Here spreek deur sy Woord Gebed Skrifberyming 14-3:1, 3, 4 Skriflesing: Efesiërs 6 Prediking Doop van Caitlynn Psalm 128:4 4. Antwoord Gebed Barmhartigheidsdiens 5. Afskeid, Lof en Seën Psalm 150:1, 3 Slotseën Skrifberyming 13-3 Skakel asseblief u selfoon af. Sondag 25 Augustus 2019 “Sola scriptura” Deur Die Skrif alleen KERKKANTOOR : Marié Schutte 079 865 6643 of 083 561 1055 E-pos : [email protected] Webtuiste: : www.gkmosselbaai.co.za Vandag se preek sal reeds teen Maandag op die webtuiste beskikbaar wees. Spertyd vir bydraes wat in die weekblad moet verskyn, is elke Woensdag voor 16:00 E-pos asseblief bydraes na bostaande e-pos adres Kassier : Lourens van der Linde 044 695 0145 of [email protected] Vir elektroniese oorbetaling van woordbedieningbydraes, is die rekeningbesonderhede soos volg: Gereformeerde Kerk Mosselbaai, rekeningnommer 404 865 7108 by ABSA takkode 632 005. Gee asb van en voorletters in verwysing aan begunstigde. Welkom by ons erediens. Ons vra alle besoekers om so gaaf te wees om ons besoekers- boek voor in die portaal te teken. Enige gedagtes, voorstelle of wenke kan in die kassie in die voorportaal geplaas word. Eredienstye: 09:30. Skinken diensbeurte Mosselbaai 4 Mosselbaai 5 Reebok 2 Ouderling: Karl Meissner-Roloff Nas Olivier Eeufesius Viljoen Diaken: Elmarie Meissner-Roloff Phoedelia Olivier Magriet Jansen Wyksuster: Chrissie van Tonder Phoedelia Olivier Annette Viljoen Diensbeurte vir volgende week: Danabaai 1, 2, & 3 Kollekte onder die diens: Die diakonie versorg lidmate wat in nood verkeer en verleen ook besondere hulp in die gemeenskap. By die deure: GKSA Sustentasie: Om kerke wat nie finansieel onafhanklik kan bestaan nie, by te staan sodat die Woordverkondiging steeds daar kan voortgaan en om nuwe voorposgemeentes te stig waar die woordverkondiging dringend noodsaaklik is. Maak ‘n knoop in jou vinger 3 September: Ordediensgroep 7 September: Resepteboek B4 11 September: Hospitaal B4 13 September: Kerkkoorfees, Reebok 20 September: Skole sluit 5 Oktober: Gemeente pretstap B2 Om te kan inskakel by die “live stream” van die erediens, moet u ingaan by die skakel www.twitch.tv/gkmosselbaai. OORFONE is in die swart sakkies teen die muur by die moederskamer beskik- baar vir persone met gehoorprobleme. BYDRAES AAN SUSTERSDIENSGROEP Kontant: Plaas kontantbydrae asb in ‘n koevert wat duidelik gemerk is : ”SUSTERS” en u naam en van in die kollektesakkie. Elektroniese bydrae: ABSA Geldmark- rekening no 913 691 0738. Gebruik u naam en van as verwysing. Ons is geweldig dankbaar vir elke persoon wat offergawes bydra tot uitbreiding van die konink- ryk van God! ‘n Vriendelike versoek: wees asseblief so gaaf om nie die note in enige vorm te vou\rol nie. Dit bemoeilik die tel van gelde aansienlik. Dankie vir jou same-werking! Ons

Upload: others

Post on 08-Jan-2020

20 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIE KOMPAS - gkmosselbaai.co.za · Ontmoet vir . . . Tannie Jane Badenhorst Sy is op 24 November 1917 in die Hopetowndistrik gebore en het ook daar skool gegaan. Na skool in Bloemfontein

Predikant: Ds Paul Lubbinge

078 396 8475 (bel)

073 286 1507 (WhatsApp)

Posbus 795, Klein-Brakrivier 6503

[email protected]

DIE KOMPAS

Kollekte onder die erediens By die deure

Diakonale Bystandsfonds GKSA Sustentasie

LITURGIE

Vooraf:

Lied 537:1, 2

Lied 205:1, 2, 3

1. Ontmoeting met die Here

Votum en seëngroet

Psalm 33:1,11

Geloofsbelydenis

Sb 12-3:1, 2

(Keuse Bylsma familie)

2. Reëls van dankbaarheid

Psalm 42:1

(Keuse tannie Jane)

Wet

Psalm 86:6

3. Die Here spreek deur sy Woord

Gebed

Skrifberyming 14-3:1, 3, 4

Skriflesing: Efesiërs 6

Prediking

Doop van Caitlynn

Psalm 128:4

4. Antwoord

Gebed

Barmhartigheidsdiens

5. Afskeid, Lof en Seën

Psalm 150:1, 3

Slotseën

Skrifberyming 13-3

Skakel asseblief u selfoon af.

S o n d a g 2 5 A u g u s t u s 2 0 1 9

“Sola scriptura”

Deur Die Skrif alleen

KERKKANTOOR : Marié Schutte 079 865 6643 of 083 561 1055

E-pos : [email protected] Webtuiste: : www.gkmosselbaai.co.za

Vandag se preek sal reeds teen Maandag op die webtuiste beskikbaar wees.

Spertyd vir bydraes wat in die weekblad moet verskyn, is elke Woensdag voor 16:00

E-pos asseblief bydraes na bostaande e-pos adres

Kassier : Lourens van der Linde 044 695 0145 of [email protected]

Vir elektroniese oorbetaling van woordbedieningbydraes, is die rekeningbesonderhede

soos volg: Gereformeerde Kerk Mosselbaai, rekeningnommer 404 865 7108 by ABSA

takkode 632 005. Gee asb van en voorletters in verwysing aan begunstigde.

Welkom by ons erediens. Ons vra alle besoekers om so gaaf te wees om ons besoekers-

boek voor in die portaal te teken. Enige gedagtes, voorstelle of wenke kan in die kassie

in die voorportaal geplaas word. Eredienstye: 09:30.

Skink– en diensbeurte

Mosselbaai 4 Mosselbaai 5 Reebok 2

Ouderling: Karl Meissner-Roloff Nas Olivier Eeufesius Viljoen

Diaken: Elmarie Meissner-Roloff Phoedelia Olivier Magriet Jansen

Wyksuster: Chrissie van Tonder Phoedelia Olivier Annette Viljoen

Diensbeurte vir volgende week: Danabaai 1, 2, & 3

Kollekte onder die diens: Die diakonie versorg lidmate wat in nood verkeer en verleen ook

besondere hulp in die gemeenskap.

By die deure: GKSA Sustentasie: Om kerke wat nie finansieel onafhanklik kan bestaan nie,

by te staan sodat die Woordverkondiging steeds daar kan voortgaan en om nuwe

voorposgemeentes te stig waar die woordverkondiging dringend noodsaaklik is.

Maak ‘n knoop in jou vinger

3 September: Ordediensgroep

7 September: Resepteboek B4

11 September: Hospitaal B4

13 September: Kerkkoorfees, Reebok

20 September: Skole sluit

5 Oktober: Gemeente pretstap B2

Om te kan inskakel by die “live stream”

van die erediens, moet u ingaan by die

skakel www.twitch.tv/gkmosselbaai.

OORFONE is in die swart sakkies teen

die muur by die moederskamer beskik-

baar vir persone met gehoorprobleme.

BYDRAES AAN SUSTERSDIENSGROEP

Kontant: Plaas kontantbydrae asb in ‘n

koevert wat duidelik gemerk is :

”SUSTERS” en u naam en van in die

kollektesakkie.

Elektroniese bydrae: ABSA Geldmark-

rekening no 913 691 0738. Gebruik u

naam en van as verwysing.

Ons is geweldig dankbaar vir elke persoon wat offergawes bydra tot uitbreiding van die konink-

ryk van God! ‘n Vriendelike versoek: wees asseblief so gaaf om nie die note in enige vorm te

vou\rol nie. Dit bemoeilik die tel van gelde aansienlik. Dankie vir jou same-werking! Ons

Page 2: DIE KOMPAS - gkmosselbaai.co.za · Ontmoet vir . . . Tannie Jane Badenhorst Sy is op 24 November 1917 in die Hopetowndistrik gebore en het ook daar skool gegaan. Na skool in Bloemfontein

Sinodale Bybelverspreiding

300 Bybels

Let asb dat ons teiken 507 Bybels is en

dat die prys R85 per Bybel is. Bybelver-

spreidingkoeverte/pillehouertjies moet

asb in die sakkie gegooi word. Deposi-

tos kan ook gemaak word in ABSA-

rekening no 404 865 7108, takkode

632005, met verwysing: “Bybelver-

spreiding”. 0

100

200

300

400

500

600

Werklik Teiken

B

Y

B

E

L

S

BORG-N-BYBEL2019

KENANI-UITREIK – BELANGRIKE NUUS –

Die tye van bogenoemde word aangepas na gelang van Winter en Somer.

WINTER: 10:00 (MEI, JUNIE, JULIE & AUGUSTUS)

SOMER: 09:00 (RES VAN DIE MAANDE)

Ons vertrou dat alle betrokkenes die tye in orde sal vind. Die

aanpassing is gemaak om inwoners tydens die koue winter-

maande beter te kan akkommodeer.

Groete! En dankie vir jul onvermoeide ywer

{Sustersbestuur}

TER APPROBASIE

Die name van brs Johan van Dyk, Hardus de Klerk en Steve Swanepoel word as ouder-

linge ter approbasie aan die gemeente voorgelê en as diakens br Franske Stenden en

srs Leira Coetzee en Marieta Reyneke.

Saterdagoggend 31 Augustus 'n oggendkursus oor gemeenskapsanalise

In 1 Korintiërs 9:19-23 verduidelik Paulus dat, hoewel hy vry is en van niemand afhanklik

nie, het hy hom diensbaar gestel om soveel mense as moontlik vir Christus te wen. Vir die

Jode het hy soos ’n Jood geword om Jode te wen. Vir die swakkes het hy swak geword

om die swakkes te wen. Vir almal het hy alles geword om in elk geval sommige te red.

Dit alles het hy gedoen ter wille van die evangelie, sodat God verheerlik kan word.

Hoe moet 'n kerk vandag die evangelie so bedien dat die vrae, nood en kwellinge van

die mense wat ons wil bereik regtig aangespreek word? Eenvoudig gestel: Hoe moet

ons met ons met ons boodskap krap waar dit regtig jeuk.

Dr John Koning van Oos-Londen het onlangs sy doktorsgraad deur die Fakulteit Teologie

van Noord-Wes Universiteit behaal oor hoe gereformeerde kerke in ontwikkelende

stedelike gebiede ‘n geskikte model van kontekstualisering kan gebruik om mense op

die mees effektiewe manier te bereik sonder om ontrou te raak aan die kernwaarhede

van die Evangelie.

Hy is genooi om op 31 Augustus ‘n praktiese kort kursus hieroor te kom aanbied.

Veels geluk!

25/08 Cobus du Plessis

083 447 8020 Diasstrand

25/08: Roelf Hamman

082 877 9221 Bayview 2

26/08: Anton Hamman

082 564 1566 Bayview 2

26/08: Martie Landman

072 427 5236 Heiderand 2

26/08: Ansie Niemand

082 458 4697 Reebok 1

27/08: Jaap Pretorius

082 551 3724 Hartenbos 3

27/08: Susan Venter

082 559 6067 Danabaai 2

28/08: Stefanie Wessels

082 579 4219 Voorbaai

29/08: Jan-Willem Feldtman

083 557 1547 Mosselbaai 1

30/08: Santie Lessing

082 338 1971 Diasstrand

Bybelstudies

Oostelike buitewyke om 10:00 Dinsdae:

Koördineerder: Petra Viljoen 084 510

0459.

Elke alternatiewe Dinsdagoggend om

10:00 by die kerk. Almal welkom. Skakel

Andries van der Walt (083 309 9787)

Elke alternatiewe Dinsdagmiddag om

15:00 by die kerk. Skakel Hannatjie Nel

(082 762 7987)

Elke alternatiewe Donderdagaand om

19:00 by Shell Voorbaai. Kontak Linette

Bisschoff 082 371 7267

Elke alternatiewe Donderdagaand om

18:00 by Shell Voorbaai. Kontak ds Paul

Lubbinge 073 286 1507

Elke alternatiewe Donderdagoggend om

10:00 Koördineerder: Anton & Magriet

Jansen 082 922 6836

Elke alternatiewe Donderdag om 10:00

Boggomsbaai. Kontak Skoozie Lessing

083 394 8212.

Hersham/Tergniet Elke tweede Donder-

dag 18:00 Kontak Ken Bain 082 820 8708

Elke tweede Dinsdag om 15:00 Kontak

Miemie Roets by 071 682 4003 / 044 696

6238

Elke alternatiewe Donderdag om 15:00.

Kontak Welma de Wet 084 206 7748

Lief en Leed

Dawid Kirsten het afgelope week be-

handeling in die hospitaal ontvang

en herstel tuis.

Sustersaamtrek fotos

Susters wat die susterssaamtrek bygewoon het, kan die foto’s

by onderstaande adres gaan besigtig of dit aflaai.

https://photos.app.goo.gl/qWaHYwV9em4HiotQ8

Page 3: DIE KOMPAS - gkmosselbaai.co.za · Ontmoet vir . . . Tannie Jane Badenhorst Sy is op 24 November 1917 in die Hopetowndistrik gebore en het ook daar skool gegaan. Na skool in Bloemfontein

Ontmoet vir . . .

Tannie Jane Badenhorst

Sy is op 24 November 1917 in die Hopetowndistrik

gebore en het ook daar skool gegaan. Na skool

in Bloemfontein verpleging-opleiding gedoen.

Getroud met Kallie Badenhorst in die oorlogsjare.

Woon baie jare in Kimberley. Sy was later jare

matrone van Elizabeth Conradie Skool vir lig-

gaamlik gestremdes. Hulle het in Welkom gaan

aftree omdat Hanna daar was. Na haar man se

dood, woon sy by Hanna en Fanus. Trek toe

saam met die Buyse na Mossel-baai. Nou is sy in

Hartenbos Versorgingsoord.

KOOK-N-DOEDEL

Betalings vir die respteboeke kan op die volgende maniere geskied.

Kontant-R80,00 per boek, by ons funksie wat plaasvind op 7 September,of…..

Oorbetaling in kerk se rekening:

Gereformeerde Kerk Mosselbaai

ABSA Mosselbaai

Rek nr:404 865 7108

Takkode:632005

Baie belangrik – As verwysing-KOOKBOEK EN JOU NAAM

Bewys van betaling moet asb aan die vlge epos gestuur word

[email protected] en moet inbetaal word voor of op 4 September 2019

“Snap Scan” is in die kantoor beskik-

baar.

Hoop leer ons sing

“Die Here het niks aan die krag van ’n perd of die liggaamskrag van ’n

soldaat nie, maar Hy stel prys op dié wat Hom dien, dié wat hulle hoop

vestig op sy trou.”

— Psalm 147:10-11 —

Psalm 147 sê: “Dit is goed om die lof van ons God te sing, dit is ’n genot om die loflied te sing wat

Hom toekom.” Om voluit te sing, is nie net, soos TV-lisensie betaal, die regte ding om te doen nie, dis

boonop ’n lekker ding om te doen. Daarom sê vers 7 dit nog ’n keer: “Sing tot eer van die Here ’n danklied, sing tot eer van ons God met die begeleiding van die lier …” En vers 12 doen dit weer: “Loof die

Here, Jerusalem, prys jou God, Sion!” Daarmee sluit die psalm ook af: “Prys die Here!”

Waarom moet ons die Here loof? Sommige mense sal sê dit is mos vanselfsprekend, omdat dit die

regte ding is om te doen. Maar in die verwarring van hierdie wêreld is lofliedere nie vanselfsprekend nie.

Oomblikke van verwondering kan jou dalk lus maak om te sing, maar verwarring kan jou so wurg dat sing

nie meer vir jou sin maak nie. Israel het ook tye geken toe die volk gevra het: “Hoe kan ons die lied van

die Here sing in ’n vreemde land?” (Ps. 137:4.) Daarom moet ons vra: Waarom? Psalm 147 is ’n antwoord

op hierdie vraag.

Eerstens – ’n Mens loof God omdat Hy aan jou goed gedoen het. “Kom,” nooi Psalm 34:9, “on­dervind en sien self dat die Here goed is!” Psalm 147:3 vat God se goedheid só saam: “Hy heel gebrokenes van

hart en verbind hulle wonde …” God maak nie net Jerusalem en die land heel nie, Hy maak ook mense

heel. God gee om as ons hart stukkend is, as ons lewe uitmekaar gebreek het. Hy buig af om te genees.

En Hy gee nie om hoe laag Hy moet buig om dit te doen nie.

Hieroor moet ’n mens jou verwonder, veral as jy hoor wat die tweede rede is waarom ons God moet

prys: sy grootheid soos ons dit in die skepping sien. “Hy besluit oor die getal van die sterre, en gee elkeen

’n naam.” Vir Israel was dit al ’n gedagte om van te steier; vir ons is dit so groot dat ’n mens dit skaars

kan bedink. Ons weet dat die sterre in die biljoene der biljoene tel. Vir God is elke ster ’n ou vriend met ’n

eie naam. Daarom sê vers 5: “Ons Here is groot en magtig, sy kennis is onbegrens.” As ’n mens dink hoe

onbegrens gróót God se gedagtes is, wil jou kop gaan stilstaan. ’n Mens word met ontsag gevul oor die Here wat so oneindig groot en almagtig is. Maar Psalm 147 sê dis dieselfde God wat ook onbegrens kléin

kan word in sy aandag aan gebroke mense. Niks is vir God te groot nie, en niks is vir Hom te klein nie.

God is oneindig hoog verhewe en oneindig nederig. Daarom sê Psalm 113:5-7: “Wie in die hemel of

op die aarde is soos die Here ons God, wat hoog woon en hieronder alles sien? Die geringe help Hy op uit

die stof, die arme laat Hy van die ashoop af opstaan …” God buig af om sy vingers in ons stof in te steek,

om met sy hande op ons ashope rond te krap, sodat Hy mense kan optel. Dink bietjie daaraan as jy weer

by ’n ashoop kom op verby ry: Ook híér is ons Ma­ker besig om te herskep. Wat ons konfronteer met die

vraag: As God daar werk, waar is ons? God is, lyk dit my, oneindig nederiger as sy kerk.

Lofprysing word nie net gebore uit jou verwondering oor God se grootheid nie. Dit word gebore uit die ervaring van God se nederigheid. Daarom, dalk, is dit dikwels mense wat self nie nederigheid alte goed

ken nie, wat sukkel om te sing. As jy nie ondervind het hoe die naelstring van die hoop geheimenis en

deurmekaarspul aan mekaar bind nie, sal jy nie lus wees vir sing nie. Maar as jy dit eers ondervind het, sal

jy nie kan stilbly nie. Hoop leer ’n mens sing.

Gebed: Here, U raak die pen aan en die woorde begin dans. U raak aan die fluit en die note skitter. U raak

aan die verfkwas en die kleure sing. So kom daar sin en skoonheid in alles wat bestaan – omdat Ú daar is.

Hoe sou ek dan enigiets van U kon terughou? Amen.

Hartlike Koffietafel-groete in Christus.

Ds. Hentie Krüger

[email protected]

Nms. en op versoek van Die Gereformeerde Kerk Mosselbaai.

Dit is wanneer ons onsself vergeet dat ons dinge doen waarvoor ons onthou word.

©

Page 4: DIE KOMPAS - gkmosselbaai.co.za · Ontmoet vir . . . Tannie Jane Badenhorst Sy is op 24 November 1917 in die Hopetowndistrik gebore en het ook daar skool gegaan. Na skool in Bloemfontein

Lidmate van Blok 1 het tydens ‘n Blokbyeenkoms in Febru-

arie 2019 besluit om bogenoemde sorgsentrum as pro-

jek vir die jaar aan te neem. So dikwels is ons as lid-

mate nié bewus van die bestaan van ‘n sorgsentrum

of Hospies in ons omgewing nie! Hier word palliatiewe

sorg, sub-akute sorg asook die versorging van sterwendes

gelewer in ‘n uiters liefdevolle omgewing. Twaalf pasiënte

word voortdurend versorg. ‘n Geneesheer lewer vrywillige dienste terwyl die Provinsiale Hospi-

taal onder-steunende dienste bied.

@ Peace is gedurende September 2010 deur die Brettenny-egpaar, Mark en Rogeline gestig.

Die egpaar het die roeping ontvang om hulle woning in Tarka-uitbreiding 6 vir hierdie reuse

taak beskikbaar te stel. Die sentrum vier binnekort hul 9de bestaansjaar.

Lidmate van Blok 1 het dit dus hulle taak gemaak om op Vrouedag die personeel te verras

met ‘n vrouedag-viering. Die heerlike eetgoed is goedgunstig deur dié blok verskaf.

Onderstaande skrywe is van me Brettenny ontvang:

“Wanneer ons die @ Peace Care Centre se berigte lees, gaan dit gewoonlik oor die

pasiënte, bedankings of die sentrum. Selde word die werk van die personeel erken.

Hierdie keer het dit oor die personeel en al die vroue werksaam by @ Peace gegaan.

Ons het dit lanklaas só gehoor en nie regtig besef nie! Jo Venter, Miens Willers, Erina

Nieuwoudt en Alet Botha van die Gereformeerde Kerk Mosselbaai het ons attent ge-

maak oor hoe spesiaal hierdie groep dames is!

Kom ons begin by die begin, hul is meestal vrouens (spesiale), dogters (wat nog na hul

eie ouers omsien), eggenotes (sommige nog enkel), moeders (amper almal), oumas (baie

ekstra liefde), verpleegkundiges (wat nie skroom om na ander se familie om te sien nie), bes-

tuurders (wat die sentrum-aktiwiteite vlot laat verloop), reisgenote (wanneer ons kan, hou ons

ons manne geselskap), beraders (verkondig die Woord wanneer nodig), en nog baie meer.

Wat n wonderlike dag om waardeer te word vir ons liefdesdiens by die werk. Groete en baie

dankie - Rogeline & personeel”

Die susters is op soek na ‘n

raakvatter-handige-kranige-

persoon W A A R V O O R? Ons wil graag ‘n hout-

bedieningsluik, soortgelyk aan

dié wat alreeds in gebruik is

by die luike in die saal laat maak, met die oog op

installasie onder “Die Kiosk”-area.

As jy jou weg oopsien, kontak Christa König asb:

072 316 0418. Dankie by voorbaat!

{Namens susters : GKMB}

AFSKEID VAN DIE ORRELISTE, SALóME BUYS

Die kerkraad en gemeente neem afskeid van Salóme Buys wat met onder-

skeiding die gemeente dertig jaar as orreliste begelei het.

Daar sal na afloop van die diens ‘n geleentheid in die kerk plaasvind en

daarna word die gemeente uitgenooi vir ‘n geselligheid saam met haar en

Fanus in die saal.

Geliefde lidmate van blok 3

Dankie weer eens vir die gebokste en geblokte groot hoeveelheid sop wat ons

vir die Kenani- en Hospitaal-uitreike ontvang het. Ons het alles met vreugde

verdeel en uitgedeel. Dankie ook vir die gewillige hande , voete en motors wat

die aankoop, indeel, aanry en aanbied met ‘n glimlag gedoen het.

Opregte en innige dankie

Phoedelia namens Elsa, Duba, Lea en Maretha