die fontein - kameeldrift

8
Die Fontein 18 April 2021 Jaargang 41 Uitgawe 15 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Kameeldrift 1 Oggenddiens: 09:00 Ds Zander van’t Zand Die dag van die Here bring ‘n einde aan sonde Ons ontmoet die Here Lied van toetrede: Psalm 20:1,2 (1936) Votum: Psalm 121:2 Seëngroet: 2 Timoteus 1:2 Loflied: Psalm 118:2,7 (2001) Geloofsbelydenis: Apostolies Lied van belydenis: Psalm 102:1,9 (1936) Ons word klein en besef ons benodig ‘n Redder. Ons wag vir vernuwing: 2 Petrus 3:11-14 Ons beywer deur die wet: Eksodus 20:2-17 Red ons tog gou Here: Psalm 38:7,8 Ons luister na die Here Gebed om verligting deur die Heilige Gees Skriflesing: Sefanja 1:1-2:3 Prediking: Die dag van die Here bring ‘n einde aan sonde. Ons antwoord die Here: Dankgebed Ons wag vir die Here se dag: Lied 595:1,2 Seën: Numeri 6 Amen: Skrifberyming 13-3 Aanddiens: 18:30 Proponent Izak vd Westhuizen Christus skenk aan ons troos dat ons in lewe en in sterwe aan Hom behoort! Ons ontmoet die Here Lied van toetrede: Psalm 27:1 (1936) Votum: Psalm 121:1 en 2 (1933) Seëngroet: 1 Kor 1:3 Loflied: Psalm 92:1-3 (1936) Ons luister na die Here Gebed om verligting deur die Heilige Gees Skriflesing: 1 Petrus 1:18-19a Johannes 10:27-30 2 Kor 1:21-22 Rom 8:14-17 (1933) Heidelbergse Kategismus Sondag 1 V&A 1 Prediking Ons antwoord die Here Dankgebed Lied om die seen van die Here: Psalm 134:4 (1936) Amen: Skrifberyming 13-3 Liedere te sing: Psalm 20:1,2 (1936) Psalm 118:2,7 (2001) Psalm 102:1,9 (1936) Psalm 38:7,8 (2001) Lied 595:1,2 Skrifberyming 13-3

Upload: others

Post on 31-Oct-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Fontein - KAMEELDRIFT

Die Fontein 18 April 2021 Jaargang 41 Uitgawe 15 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Kameeldrift

1

Oggenddiens: 09:00 Ds Zander van’t Zand

Die dag van die Here bring ‘n einde aan

sonde

Ons ontmoet die Here

Lied van toetrede: Psalm 20:1,2 (1936)

Votum: Psalm 121:2

Seëngroet: 2 Timoteus 1:2

Loflied: Psalm 118:2,7 (2001)

Geloofsbelydenis: Apostolies

Lied van belydenis: Psalm 102:1,9 (1936)

Ons word klein en besef ons benodig ‘n

Redder.

Ons wag vir vernuwing: 2 Petrus 3:11-14

Ons beywer deur die wet:

Eksodus 20:2-17

Red ons tog gou Here: Psalm 38:7,8

Ons luister na die Here

Gebed om verligting deur die Heilige Gees

Skriflesing: Sefanja 1:1-2:3

Prediking: Die dag van die Here bring ‘n

einde aan sonde.

Ons antwoord die Here: Dankgebed

Ons wag vir die Here se dag:

Lied 595:1,2

Seën: Numeri 6

Amen: Skrifberyming 13-3

Aanddiens: 18:30

Proponent Izak vd Westhuizen

Christus skenk aan ons troos dat ons in lewe

en in sterwe aan Hom behoort!

Ons ontmoet die Here

Lied van toetrede: Psalm 27:1 (1936)

Votum: Psalm 121:1 en 2 (1933)

Seëngroet: 1 Kor 1:3

Loflied: Psalm 92:1-3 (1936)

Ons luister na die Here

Gebed om verligting deur die Heilige Gees

Skriflesing: 1 Petrus 1:18-19a

Johannes 10:27-30

2 Kor 1:21-22

Rom 8:14-17 (1933)

Heidelbergse Kategismus Sondag 1 V&A 1

Prediking

Ons antwoord die Here

Dankgebed

Lied om die seen van die Here: Psalm 134:4

(1936)

Amen: Skrifberyming 13-3

Liedere te sing: Psalm 20:1,2 (1936) Psalm 118:2,7 (2001) Psalm 102:1,9 (1936) Psalm 38:7,8 (2001) Lied 595:1,2 Skrifberyming 13-3

Page 2: Die Fontein - KAMEELDRIFT

Kollektes vanoggend Kollekte volgende week

Diakonie: Barmhartigheid Diakonie: Barmhartigheid

Kerkraad: Emeritaatsfonds Kerkraad: Instandhouding

Teeskink vanoggend Teeskink volgende week

Wyke 1 & 16 Wyke 2 & 15

Afkondigings vir vandag:

Verlore breekware: Daar is ‘n tafel in die saaltjie met bake wat hul

eienaars soek. Gaan loer gerus of dit aan jou behoort.

Daar is nog Genade-onthouboekies in die voorportaal beskikbaar. As jou

gesin nog nie een ontvang het nie, neem gerus een of kontak die Kerk-

kantoor om vir julle een uit te hou.

Enige lidmaat wat bereid is om op die Genadedagkomitee te dien, moet

asb vir Kobus Vorster sê. Ons vergader vanaand na die diens.

Dankie aan elke suster van die bestuur wat gehelp het met die ete wat

ons vir die Klassis aangebied het. Hulle het die opreg waardeer.

Carike Labuschagne het met attestaat vertrek na Gereformeerde Kerk

Cachet in Potchefstroom.

LIEF EN LEED

Ons vra vir voorbidding:

Hercules Malan se moeder , met wie die steeds nie goed gaan nie.

Willie Lubbe wat hierdie week opgeneem word vir toetse.

Fanus van der Walt wat ontslaan is uit Unitas.

Martie Strydom wat opgeneem is vir toetse in Montana hospitaal.

Tannie Jossie Mertens wat by Jan en Marina Boshof woon, het geval en

‘n pen in haar heup gebreek. Sy wag ‘n operasie af.

Nuwe lidmate baie welkom!

Nuwe intrekkers, voltooi asb ook die vorm vir nuwe intrekkers wat beskikbaar is op die

webblad, en epos dit aan die kantoor: [email protected]

Page 3: Die Fontein - KAMEELDRIFT

Belangrike datums:

21 April:

Blymoedig Blok 2

23 April :

Skool sluit

3 Mei:

Skole open

Komitee vergaderings:

18 April:

19h15 Genadedagkomitee

19 April:

19h00 Kuierfunksiekomitee

19h00 Kammiedoppies beplanning

3 Mei:

19h00 Finansieskomitee

19h00 Kuierfunksiekomitee

19h00 Bedieningskomitee

KERK POSTE BESKIKBAAR:

Administratiewe beampte in die Kerkkantoor: Stuur jou CV aan Kobus van

der Merwe by [email protected] indien jy belangstel om die pos te beklee.

Koster: Stuur jou CV aan Kobus van der Merwe by [email protected] indien

jy belangstel om die pos te beklee.

God is my redding en my krag.

Hy is my rots, my sterkte,

God is my toevlug.

Psalm 62:8

‘n Briefie vanaf Blymoedig Ons wil net graag baie, baie dankie se vir die heerlike koek wat ons mensies tee tyd gaan geniet – ons waardeer dit opreg!

Page 4: Die Fontein - KAMEELDRIFT

Uit die Kinderhuis se kospotte!

Die Covid afsonderings-tyd het ons geleer om uit die boks te dink met betrek-king tot spesifiek fondsinsamelings inisiatiewe. Ons gewone funksies soos ‘Die Hart van jou Besigheid’ kon en kan nogsteeds nie onder die huidige om-standighede plaasvind nie. Die personeel en kinders het begin koukus oor wat sal ‘n goeie idee wees om fondse te in maar ook vir die wêreld daar buite te wys hoe ons as groot gesin funksioneer gedurende hierdie onsekere tye. Ons moes dringend ‘n kreatiewe plan maak! Verskeie dinkskrum sessies het gelei na watter geregte uit die Kinderhuiskom-buis die kinders as hul gunsteling geregte beskou. En daar begin die gedagte toe van ‘Die Kinderhuis se voorkeur Resepte uit die mond van ons Kinders’. Dit was absoluut ‘n spanpoging! Die Administratiewe, Versorgings, Kombuis Personeel en kinders het almal voorstelle gegee, weer en weer gekies, re-septe uitgedun totdat ons die perfekte ‘Watertand Happies’ vir ons eie Resep-teboek gekry het. Die boek bestaan uit 32 resepte, kombuis/kook wenke wat werk en ook som-mer ‘n paar kos-kwinkslae vanaf die alwysheid van ons jongstes. Paar voorbeelde van kinder sê-goed in die boek: Wat is jou gunsteling kos in die Kinderhuis? …..Ek weet dis nie reg nie…maar ek wil sê ‘sweets’ Wat sal jou raad aan die Kombuis-Tannies wees? ….Ek sal voorstel dat ons defnitief meer poeding kry! As jy die Kinderhuis hoofde vir ete nooi, wat sal jy vir hul voorsit om te eet? ….Jellie en daai geel-goed wat die Kombuis Tannie oorgooi! Koop een,twee, drie van ons boeke en ondersteun die kinders van ons huis. Hierdie fantastiese gebruiks-vriendelike boek en ideale vriendin-geskenk kos slegs R150.00. Kontak Marlene Spies gerus vir bestellings: 012 3321366/[email protected].

Vir aflewering: Posdiens kostes uitgesluit. Dankie by voorbaat vir elkeen se ondersteuning!!

(let wel: foto's nie van ons kinders)

Page 5: Die Fontein - KAMEELDRIFT
Page 6: Die Fontein - KAMEELDRIFT

Nuus van Ds Johannes se werk in Mosambiek

Vrydag 9 April: Terug in Nampula verloop die dag nie soos beplan nie nadat hulle

die verkeerde sleutels ontvang het vir ‘n voertuig waarmee hulle voorraad sou

saam ry na Mocuba, vanwaar die predikante van Milange gemeente dit na die

sendingstasie sou neem. Die middag was die laaste geleentheid waar daar be-

plande kontak met die gemeente en gesprekke met hulle plaasgevind het. In die

gesprek word dit duidelik dat mense, meestal vrouens, bang en onseker is. Heel

party van hulle se mans is nie ten gunste van die feit dat hul by die kerk is nie. Die

onrus in die land skep ook heelwat kommer en onsekerheid.

Saterdag 10 April: 04h00 vertrek hulle na Macuba. Oppad daarheen is twee be-

soekpunte. By Alto Molocue stop hulle vir huisbesoek by Ds Jussa en sy gesin.

Hulle oornag Saterdag aand by Bernadette en haar gesin in Mocuba. Bernadette

werk met weeskinders en het daar ‘n skooltjie begin. Sy is mamma vir 8 kinders in

haar sorg. Haar oudste seun , Izak, ry saam tot in Maputo waar hy verpleegkunde

gaan studeer.

Sondag 11 April: 07h15 Vertrek Danie, Ds Johannes en Izak na Nogorogosa.Teen

11h30 was hulle weer oor die Zambezi rivier by Caia. Teen 16h00 bereik hulle

Nogorogosa en oornag by Piet en Ria van Zyl.

Maandag 12 April: Die 3 vertrek net voor 05h00 oppad na Macea. Daar woon en

werk Willem Nel by Back to the Bible opleidings instansie. Daar lê so DV rondom

1000km se slegte teerpad voor vir vandag. Teen 21h30 bereik hulle hul bestem-

ming vir die aand by die Bybelskool / opleiding “Volta a Biblia” in Macia.

Dinsdag 13 April: Om 08h00 word daar weer in die pad gespring. Hulle laai vir Izak

in Maputo af. 13h30 op die grens by Lebombo/Komatipoort toets Danie en Ds Jo-

hannes negatief vir Covid en hulle word deur die grens gelaat , terug op Suid Afri-

kaanse grond.

Woensdag 14 April: Ds Johannes is veilig tuis. Danie het nog ‘n dag of wat op die

pad oor. Huis vir hom is in die Kaap.

Donderdag 15 April: Danie het Woensdag 1350km gery van Witrivier na Rietbron.

Hy oornag daar by Kobus en Nana Eksteen, predikant by Rietbron NG kerk. Hulle

was ook ‘n klompie jare sendelinge in Milanje Mosambiek en het by die sending-

stasie daar gewoon. Dit was nog in die tyd toe ons as gesin (die Auckamps) met

die blou lorrie in Afrika gereis en gewoon het met die TOPIA bediening. Daar het

ons hulle ontmoet. Danie se laaste been huistoe na Kuilsrivier is 520km.

Baie dankie vir die “saamreis”!

Page 7: Die Fontein - KAMEELDRIFT
Page 8: Die Fontein - KAMEELDRIFT

Nuttige inligting

Ds Zander van’t Zand: 076 278 6935

Marina van’t Zand: 072 596 3107

Koster: Susan Fourie 082 745 4117

Kantoor: Marina van’t Zand

(012) 819 1424

072 596 3107

Fax nommer: 086 272 6119

Epos: [email protected]

Bankbesonderhede by ABSA

Geref Kerk Kameeldrift: (1430340154)

Diakonie: (1430280135)

Susters: (1430810088)

BAIE BELANGRIK: Maak asb seker dat

u ‘n Naam en Doel van die betaling as

verwysing gebruik, sodat ons die geld

reg kan allokeer.