die begin ovulasie - afrikaans.com · 36 kuier | 4 mei 2016 d ie menstruasiesiklus van ’n vrou is...

2
36 Kuier | 4 MEI 2016 d ie menstruasiesiklus van ’n vrou is haar vrugbaar- heidsiklus. Dis wanneer die opbou en afbreek van haar endometrium (binnevoering van die baar- moeder) in die voortplantingsorgane plaasvind. Dié siklus behels die vrystelling en uitskeiding van eierselle. Die begin van haar menstruasiesiklus (ook maandstonde genoem), dui aan dat sy vrugbaar is en kan swanger raak. Meisies se maandstonde begin gewoonlik tussen die ouderdom van 11 en 15 jaar oud en die siklus duur ongeveer 28 dae elke maand. Die begin Die menstruasiesiklus begin elke maand met die afbreek van die baarmoeder se binnevoering wat dan uit die liggaam geskei word deur bloeding deur die vagina. Dié bloeding word menstruasie genoem en dis die begin van die 28 dae-siklus. Bloeding is op die eerste dag die swaarste, en kan wissel van matig tot swaar. Die duur daarvan kan verskil, maar dit hou gewoonlik sowat 3 tot 5 dae aan. Estrogeenvlakke sal begin daal en progesteroonhormone sal afwesig wees as bevrugting nie plaasgevind nie. So die hele siklus begin dan weer van vooraf. Uitskeiding As die eiersel nie ná 14 dae bevrug word nie, hou die eiersel op om progesteroon te vervaardig en gaan dan dood. Die endome- trium se muur wat dikker geraak het om vir die embrio voor te berei, sal nou ook begin afbreek omdat die eiersel nie bevrug is nie. Die endometrium breek dan in stukkies af en word deur die vagina uitgeskei. Ovulasie Die eiersel word teen die 10de dag ryp en is dan gereed om bevrug te word. Wanneer die ryp eiersel uit die ovarium vrygestel word, word dit ovulasie genoem. Nou beweeg die eiersel uit die ovarium en af na die fallopiusbuis. Die eiersel bly hier vir 12 – 24 uur. Die Luteale fase (tussen dag 15 en dag 16) Die eier beweeg na die uterus, die estrogeen- en progesteroonhormoonvlakke verhoog om die uterusvoering dikker te maak ter voorbereiding van ’n moontlike swangerskap, terwyl die FSH- en LH-vlakke daal. UITSKUIDING BEVRUGTING

Upload: dinhkhue

Post on 15-Apr-2019

226 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

36 Kuier | 4 MEI 2016

die menstruasiesiklus van ’n vrou is haar vrugbaar-heidsiklus. Dis wanneer die opbou en afbreek van haar endometrium (binnevoering van die baar-

moeder) in die voortplantingsorgane plaasvind. Dié siklus behels die vrystelling en uitskeiding van eierselle. Die begin van haar menstruasiesiklus (ook maandstonde genoem), dui aan dat sy vrugbaar is en kan swanger raak. Meisies se maandstonde begin gewoonlik tussen die ouderdom van 11 en 15 jaar oud en die siklus duur ongeveer

28 dae elke maand.

Die beginDie menstruasiesiklus begin elke maand met die afbreek van die baarmoeder se binnevoering wat dan uit die liggaam geskei word deur bloeding deur die vagina. Dié bloeding word menstruasie genoem en dis die begin van die 28 dae-siklus. Bloeding is op die eerste dag die swaarste, en kan wissel van matig tot swaar. Die duur daarvan kan verskil, maar dit hou gewoonlik sowat 3 tot 5 dae aan.

Estrogeenvlakke sal begin daal en progesteroonhormone sal afwesig wees as bevrugting nie plaasgevind nie. So die hele siklus begin dan weer van vooraf.

UitskeidingAs die eiersel nie ná 14 dae bevrug word nie,

hou die eiersel op om progesteroon te vervaardig en gaan dan dood. Die endome-trium se muur wat dikker geraak het om vir die embrio voor te berei, sal nou ook begin afbreek omdat die eiersel nie bevrug is nie. Die endometrium breek dan in stukkies af

en word deur die vagina uitgeskei.

OvulasieDie eiersel word teen die 10de dag ryp en is dan gereed om bevrug te word. Wanneer die ryp eiersel uit die ovarium vrygestel word, word dit ovulasie genoem. Nou beweeg die eiersel uit die ovarium en af na die fallopiusbuis. Die eiersel bly hier vir 12 – 24 uur.

Die Luteale fase (tussen dag 15 en dag 16)

Die eier beweeg na die uterus, die estrogeen- en progesteroonhormoonvlakke verhoog om die

uterusvoering dikker te maak ter voorbereiding van ’n moontlike swangerskap, terwyl die FSH-

en LH-vlakke daal.

UITSKUIDING

BEVRUGTING

00 DATE 2013 | Kuier 37

JOU KIND EN SKOOLD

EUR: C

AM

REN JA

CO

BS ILLUSTR

ASIES: RYA

N C

ARO

LISEN B

RON

NE: W

WW

.CA

PETOW

N.G

OV.Z

A/;TH

E STORY O

F FUTU

RE YOU

, INLIG

TING

SBOEKIE

VESPREI D

EUR D

IE STAD

KA

APSTA

D; W

ES-KA

APSE D

EPAR

TEMEN

T VAN

GESO

ND

HEID

; EN.W

IKIPEDIA

.ORG

; WW

W.M

IELIESTRON

K.C

OM

.

HormoneNou werk die hormone oortyd. Die hipota-lamus in die brein begin die twee hormone, luteinising hormone (LH) en Follikel Stimule-rende Hormoon (FSH) afskei. FSH stimuleer

die hormoon estrogeen, terwyl LH die vlakke van progesteroon beheer. FSH veroorsaak

dat die eierfollikels gestimuleer word om eierselle te vervaardig.

Probleme met menstruasieVolgens dr. Michéle Youngleson ondervind tienermeisies die grootste probleme met hul maandstonde. Van die probleme wat hulle in ’n nuwe skole-projek uitgewys het, sluit in:• Meisies wat skaam is daaroor;• Tienermeisies wat nie weet wat menstrua-sie is nie;• Meisies wat gesê word hulle moet nou weg-bly van seuns, maar nie die redes hiervoor verduidelik word nie;• Meisies wat nie skool kan bywoon weens ’n tekort aan sanitêre doekies nie;• Swaar bloeding en menstruasiepyne; en • Geen geriewe by skole om sanitêre doekies weg te gooi nie.

Youngleson sê verder hulle het bevind by van die Wes-Kaapse skole wat deel was van die projek, dat van die opvoeders self onbe-wus was van die gebruik van pynmedikasie vir krampe. Van die skole gee ook vir meisies net een doekie (wat skole deur skenkings kry of uit hul eie sak koop) vir die hele skooldag en dit kan hulle ongemaklik laat voel. Volgens Youngleson sluit mediese probleme in:• Vertraging om jou menstruasie te kry• Swaar menstruasie• Pynlike krampe

Daar is ook ander probleme wat vroue met hul siklus kan ervaar. Dismenoreë: Wanneer vroue pynlike maandstonde ervaar weens erge krampe. Dit word veroorsaak wanneer die vrou se liggaam te veel van die prostaglandien- hormoon afskei. Die pyn kan egter verlig word met pynmedikasie of deur hitte op die blaas te plaas met bv. ’n warmwatersak of om in ’n warm bad te lê. Amenorree (afwesigheid van maand-stonde): Wanneer ’n vrou glad nie menstrueer nie. Redes hiervoor kan insluit: Eetversteurings, borsvoeding, menopouse, voorbehoed, kanker, probleme met skildklier of chemoterapie. Abnormale bloeding: Dit kan baie swaar bloeding wees of langer duur as nor-maal. Daar is behandeling beskikbaar, maar dokters sal eers die oorsaak daar-van moet vasstel.

Die follikelsSoos die eierfollikels groei en meer FSH vervaardig, word die eierfollikels in die eierstokke ryp om eierselle vry te stel. Ná die vrystelling

van die eiersel groei dit in die ovarium en dis weer

die veranderende hormoon-vlakke (LH daal en estrogeen ver-hoog) wat die eiersel uit die ovarium stoot.

Bevrugting As die eiersel wel deur die sperm-sel bevrug word, sal ’n sigoot vorm en teen die binnevoering van die baarmoeder vassteek. Hier sal dit groei tot ’n embrio, wat later ’n baba word.

PMS Die hormoon proges-teroon bereik nou sy hoogste vlakke om die baarmoeder se voering te verdik. Dit veroorsaak die PMS-simptome wat vroue tydens dié deel van hul siklus kan beleef. Simptome sluit in: Angs, depressie, woedebuie, moegheid, hoofpyne, spierkrampe, teerheid in die borste, hardlywigheid, diarree en lusteloosheid.